Brief: Repliek op ‘Hou oog op die regse radikale’

Ek het onlangs geskryf dat rassisme ‘n verskynsel is waarmee linkses so graag mee wil wegdoen, maar terselfdertyd lewendig wil hou om sodoende lewe in hul bestaansreg as linkses te blaas. Na apartheid, is “anti-rassisme” tog al wat linkse dogma lewendig hou. Daarom, wanneer daar nie genoeg “rassisme” is om linkse skrywers, professore, ens mee besig te hou nie, ontstaan ‘n alternatiewe verskynsel, naamlik “virtuele rassisme”.

“Virtueel” word deur die Oxford woordeboek na Engelse woorde vertaal wat die term dalk beter beskryf: artificial, imitation, make-believe. Dus, ‘n kunsmatige, valse weergawe van iets wat werklik bestaan, maar wat nie so prominent voorkom as wat die skepper van die “virtuele” dit wil hê nie.

Linkse skrywers in Suid-Afrika verlang duidelik na ‘n samelewing waar rassisme volop is, en nie die teenoorgestelde nie, want rassisme bied aan hulle geleenthede om te skryf, verguis en die hele geskiedenis van die land in die naam van dié enkele term toe te takel en te verdraai. ‘n Wit kroegman wat byvoorbeeld vier swart vrouens by ‘n kroeg in Kaapstad uitboender verskaf byvoorbeeld ‘n gulde geleentheid aan linkses om die “hartseer van apartheid” weer te beklemtoon, en daarby hul salarisgeld te verdien.

Maar wat as daar nie só ‘n voorval gerapporteer word binne ‘n week lange tydperk nie? Dan oorskry die linkse skrywers mos hul sperdatum om ‘n sappige rassismesestorie op te diep en hiperbolies op te blaas om sodoende die hele blanke ras swart te smeer?

Dan bly daar twee opsies oor – skryf oor apartheid, of skep “virtuele rassisme”. Terwyl ander linkse skrywers soos Max du Preez nou al moeggeskryf is oor die “euwel van apartheid”, en verkies om “virtuele rassisme” te vervaardig wanneer Steve Hofmeyr byvoorbeeld Die Stem sing, verkies Anton van Niekerk om nog altyd te skryf oor apartheid. Hoewel dit nie heeltemal onanvaarbaar is nie, is dit wel heeltemal onaanvaarbaar dat hy lesers probeer mislei met halwe waarhede of meermale prontuit leuens. Op sy artikel wat, met die oog op apartheid, diskriminasie teen jong wit kinders regverdig, het ek reeds in Desember geantwoord. Ek sal dieselfde doen met sy artikel wat nou ’n samelewing van virtuele rassisme teenoor swartmense in Suid-Afrika fabriseer.

“Dit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroeër vermoed is.”

Van Niekerk probeer duidelik ‘n nuwe “gevaar” aan die land bekendstel – regse rassiste. Alhoewel ek self gekant is teen ekstremisme van enige soort, besef ek al te goed wat ekstremisme beteken. Die woordeboek beskryf “ekstreem” as “verste van die sentraal of ‘n gegewe punt; buitenste.”

Om dus “eksteem” en “groepe” in een sin te gebruik is ‘n paradoks. Veral in Suid-Afrikaanse konteks. Hoe is dit moontlik dat ‘n klein groepie “buitenstes”, waarskynlik minder as ‘n duisend mense in Suid-Afrika, in “groepe” kan “organiseer”? Omdat Van Niekerk weet dat die stelling van “georganiseerde groepe” onwaar is in die konteks van Suid-Afrika, verskuif hy die doelpale na internasionale gebeure om “regse rassisme” in Suid-Afrika aan bewegings soos Al-Kaïda gelyk te stel. Die dade van Barend Strydom (die enigste voorbeeld soortgelyk aan die Dylann Roof-voorval wat van Niekerk in Suid-Afrika kon opspoor) moet dus nou as “georganiseerd” beskou word.

Van Niekerk, wat ‘n professor in Filosofie is, behoort van beter te weet as om sulke denkfoute te maak?

“Dit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae op ’n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.”

Van Niekerk het hom hier weereens aan een van twee skryfmisdade skuldig gemaak – ondoelbewuste onkunde, of doelbewuste onkunde om sy argument te bevorder. Daar is nog geen konsensuele ooreenkoms bereik aangaande die vlae op Dylann Roof se baadjie nie. Die Amerikaanse hof sal waarskynlik nog daaroor beslis. Van Niekerk maak geen melding hiervan nie. Van Niekerk se poging om die ou Suid-Afrikaanse vlag, wat dekades voor apartheid reeds amptelike status verkry het, te diskrediteer grens aan desperaatheid – hy probeer om op ongegronde wyses die dade van Roof met die ou vlag te versoen. Van Niekerk is seker steeds nie daarvan bewus dat die swart bevolking in die hele geskiedenis nog nooit vermenigvuldig het soos wat dit onder die “apartheidsvlag” het nie. In dr. Verwoerd se twee termyne het die swart bevolking letterlik verdubbel (vanaf 8 tot 16 miljoen). Onder daardie vlag is moorde op swartmense, hetsy gepleeg deur swartmense self, of deur witmense, tot die minimum beperk. Die Amptelike Handboek van die RSA 1992 toon dat wit-op-swart moorde in 44 jaar van apartheid nie 7000 gevalle oorskry het nie. Hierdie syfer sluit ook in die dode gesterf in aanhouding, sowel as dode gesterf a.g.v. konfrontasie met blanke polisie- of weermaglede. Van Niekerk se woorde, “dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het” behoort dus eerder te lui dat dit belaglik is dat hy vir dié selfvertoon die (ou Suid-Afrikaanse) vlag gekies het. Dit sou baie meer treffend (en sinvol) wees indien Roof die nuwe Suid-Afrikaanse vlag vir sy eensame veldtog gekies het, aangesien die nuwe vlag die geweldadigste land in die wêreld verteenwoordig, waar ook die meeste swartmense per dag in die hele wêreld vermoor word (gemiddeld 43 per dag). Die ou vlag het egter die teenoorgestelde verteenwoordig, maar steeds gebruik van Niekerk die Roof-voorval om die regime, waaraan hy sy huidige sukses as professor te danke het, verder te verguis.

“Verskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om “Bophuthatswana” teen demokratisering te “vrywaar”), Barend Strydom (wat in Pretoria lukraak met ’n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met geweld wou keer en lang vonnisse opgelê is) herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”

Van Niekerk ondergaan hier ’n massiewe denkfout. Uit mislukking om werklike voorbeelde van wit-op-swart terreur op te spoor, verskuif hy weereens die doelpale om anti-demokratisering in te sluit. Die eerste deel van van Niekerk se artikel handel oor wit-op-swart terreur, soos deur Dylann Roof gepleeg. Hy vind slegs een Suid- Afrikaanse voorbeeld, Barend Strydom, maar sy volgende twee voorbeelde, die AWB en Boeremag, het niks met wit-op-swart terreur te make nie, maar eerder, soos hy terreg skryf, “teen demokratisering”. Om sy lesers te oortuig dat hier ’n wit-op-swart terreursituasie in Suid-Afrika ontwaak, verwys hy na voorbeelde van partye wat hul jare gelede verset het teen demokrasie, eerder as partye wat wit-op-swart terreur gepleeg het (want hulle bestaan nie!). Hy ondergaan dan ’n verdere hipotetiese denkfout deur die woord “wou” (“wat demokratisering met geweld wou keer”) te gebruik, aangesien die Boeremag nooit wit-op-swart terreur gepleeg het nie.

“herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”

Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners die laaste tyd vermoor is deur geweld wat uit “ekstreem-regse” sentiment ontspring het. Waarskynlik nog nie een die laaste paar jaar nie, anders sou Van Niekerk melding daarvan gemaak het? (daarom is hy gedwing om oor Amerikaanse Dylann Roof te skryf). Hieroor het ek geen statistiek nie, maar dit gebeur beslis nie “voortdurend” nie. Ek kan wel antwoord deur Van Niekerk daarop te wys dat daar voortdurend wit Suid-Afrikaners vermoor word deur geweld wat uit anti-wit, of linkse, sentiment spruit.

Die internasionale gemeenskap is vandag geskok deur die 1750 rasgemotiveerde plaasmoorde wat sedert 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Niekerk is duidelik baie selektief in sy identifisering van “geweld”, aangesien hy ’n enkele geval van wit-op-swart geweld vyftienduisend kilometer van Suid-Afrika identifiseer om mense bang te praat en witskuld te bevorder, maar die gemiddeld 14 plaasmoorde per maand ignoreer.

Dit is waarskynlik vir linkse skrywers soos van Niekerk sleg dat hulle so ’n droogte moet beleef – daar is geen wit-op-swart terreur om oor te skryf in Suid-Afrika nie. Daarom is hulle maar te dankbaar wanneer ’n tiener in ’n ander land by ’n kerk inloop en swartmense doodskiet – uiteindelik het hulle weer ’n geleetheid om witskuld onder wit Suid-Afrikaners se neuse te vryf. Die geluk wat hulle getref het toe die foto met die ou Suid-Afrikaanse vlag opgeduik het, was ongelooflik.

“Sodanige regse verset word oor ’n lang tyd gevoed – selfs aangeblaas – deur kru rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.”

Van Niekerk is tog sekerlik verward? Die enigste “kru rassistiese sentimente” wat ek daagliks in my gemiddeld 4 ure op die internet opmerk, is swart-op-wit. Van Niekerk slaag daarin om twee rassistiese kommentare op te spoor wat die intelligensie van swartmense as miderwaardig verklaar. Witmense in Suid-Afrika sou maar te dankbaar wees as dit dié tipe kommentaar was wat hulle in die gesig moet staar – eerder word hulle daagliks gekonfronteer met kommentaar op Facebook oor hoe hul kinders in olie gaan brand en hul vrouens verkag gaan word. Van Niekerk is dus weereens selektief. Dit is soos toe die Springbokke teen Engeland gespeel het, Engeland na aanleiding van baie vuil spel twee geelkaarte en ’n rooikaart opgedoen het, maar die Engelse media slegs berig het oor die vloektaal wat een van die Suid-Afrikaanse spelers een van die Engelse spelers na bewering toegesnou het. Dus, absolute eensydigheid.

In nog ’n eensydige skryfstuk het van Niekerk ook onlangs geskryf oor Bantoe-onderwys. Hy meen dat dit die “sistematiese ontneming van swartmense se reg tot onderwys was”. Besef hy dat Suid-Afrika onder apartheid omtrent die enigste land in Afrika was waar basiese onderwys en opleiding enigsins ’n reg was? Vir swart kinders in die res van Afrika was dit ’n voorreg.

’n Uitstekende skryfstuk deur Leon Lemmer het reeds op Praag.co.za verskyn waarin van Niekerk se uitlatings ontleed en verkeerd bewys word en daarom wil ek nie verder hieraan tyd spandeer nie.

Van Niekerk behoort homself egter dringend daarvan te vergewis dat daar voor apartheid geen sprake van onderwys vir swartmense was nie, en dat nou, 20 jaar na apartheid, onderwys vir swartmense in ’n voorreg, eerder as ’n reg, ontaard.

Selfs F.W. de Klerk vertel in hierdié onderhoud van die talle skole en universiteite wat onder apartheid ekslusief vir swartmense gebou is sonder dat hulle ’n sent daaraan spandeer het.

Ek het reeds in my vorige repliek aan van Niekerk die volgende geskryf:

“In 1985 het 43 000 swart studente aan blanke universiteite in die Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Medunsa ekslusief duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart universiteite deur wit belastingbetalers in die tuislande opgerig wat honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor 1948 was so ‘n resultaat slegs ’n swart droom wat, gegewe die onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het.”

As tienduisende (teenoor die handjievol voor apartheid) swartmense tot universiteitsvlak kon vorder en dokters en prokureers kon word, hoe bedenklik kon die gehalte van Bantoe-onderwys dan nou eintlik wees? Êrens moes iets gewerk het, aangesien die mees bekwame swartmense van vandag ouer as veertig is en dus onder apartheid opleiding ontvang het.

Ten slotte, swartmense in Suid-Afrika se lewensstandaard het teen die einde van apartheid gekontrasteer met ander swarmense in Afrika s’n. Daarom het nie minder as 40 000 (in 1985 110 000) swartmense van buurlande per jaar na apartheid Suid-Afrika gestroom. Vandag doen hulle dit steeds om te baat by die oorblyfsels van apartheid – stede met werk, skole en universiteite. Ook kos afkomstig van die boere wat vermoor word. Daar is geen “ekstreem-regse groepe” wat hulle, of enige swartmense in Suid-Afrika bedreig of sal bedreig nie. Miskien moet ons eerder wegbeweeg van Anton van Niekerk se gefabriseerde samelewing van virtuele rassisme, waar wit-op-swart terreur ’n werklikheid is, en besef dat die groep wat in die gevaar staan van uitwissing, wat bespoedig word deur terreur op plase en stede, hoegenaamd nie swartmense is nie. En geen versteurde (Amerikaanse) Dylann Roof, of die vlae op sy baadjie, kan hierdie harde werklikheid verdraai nie.

– John White

Anton van Niekerk se gewraakte artikel oor ‘regse radikale’

Prof. Anton van Niekerk se uitsprake oor ‘regse radikale’, wat ook  ‘n implisiete pleidooi vir sensuur verteenwoordig, het vandeesweek allerlei reaksies uitgelok, ook hier op PRAAG. Afgesien van Leon Lemmer se rubriek, is daar briewe van J.S. van der Merwe en John White. Omdat Van Niekerk se rubriek, wat oorspronklik blykbaar in Die Burger geplaas is, moeilik toeganklik is, haal ons dit hier volledig aan, ten einde die reaksies daarop te belig.

Hou oog op die regse radikale

deur Anton van Niekerk

Verstaan ons die verskynsel van regse radikalisme en die versugting na wit oppermagtigheid (white supremacy), soos dit sigself vandag in die wêreld voordoen, reg?

Die onlangse tragiese moorde in die Emanuel African Methodist Episcopal kerk in Charleston, Suid-Carolina, deur Dylann Storm Roof en sy fantasiewêreld van vrese vir ’n “volksmoord op wit mense” noop ons om opnuut oor hierdie vraag te besin.

In ’n insiggewende diepte-artikel deur Morris Dees en Richard Cohen, wat op 22 Junie in The New York Times verskyn het, voer die skrywers (myns insiens tereg) aan dat ons maklik geneig is om oor fundamentalistiese Islam-bewegings soos Al-Kaïda en die Islamitiese Staat te dink as bewegings wat internasionaal georganiseer en bedryf word.

Daarenteen is ons geneig om aan regse radikale soos Roof, Anders Behring Breivik en selfs ons eie “Wit Wolf” van die tagtigerjare, Barend Strydom, te dink as versteurde individue wat hul misdade op hul eie beplan en deurvoer. (Breivik is die Noor wat in 2011 meer as 70 mense in Noorweë vermoor het omdat hy “Europa van die Islam wou vrywaar”.)

Om só te dink is egter verkeerd. Dit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroeër vermoed is.

Dit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae op ’n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.

Ander foto’s van Roof is opgespoor op ’n webwerf wat veelseggend Last Rhodesian genoem word en wat in sy naam geregistreer was.

Op dié webwerf dreig Roof (die waarskynlike outeur) om oorheersing in Amerika en Europa vir die “wit ras” te herwin.

Daardeur lê Roof ’n band tussen homself, sy waardes en wat hy verstaan as soortgelyke sentimente en oriëntasies in ander dele van die wêreld.

Volgens Dees en Cohen sien deesdae se wit oppermagtiges al hoe minder grense tussen lande; hulle sien veeleer ’n “wit stam” wat oor die hele wêreld heen deur “anderskleuriges” bedreig word.

Wat met demokratisering in die voormalige Rhodesië en Suid-Afrika gebeur het, is vir hierdie regses onomstootlike bewyse van ’n apokaliptiese toekoms vir alle wit mense wêreldwyd: “. . . a white genocide that must be stopped before it’s too late.”

Hulle fulmineer veral teen die propagering van die begrip “diversiteit”. “Diversity means chasing down the last white person,” word op van hul webwerwe verklaar.

Die ou Suid-Afrikaanse vlag het ook al opgeduik in sogenaamde White Men Marches wat in die VSA gehou word om ’n bewussyn van die dreigende wit volksmoord te probeer kweek.

Die res van Dees en Cohen se artikel is ’n uitvoerige relaas van ’n hele aantal van die internasionale kontakte van hierdie regse bewegings. Hul gevolgtrekking lui dan:

“The days of thinking of domestic terrorism as the work of a few Klansmen or belligerent skinheads are over. We know Islamic terrorists are thinking globally, and we confront that threat. We’ve been too slow to realize that white supremacists are doing the same.”

Verskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om “Bophuthatswana” teen demokratisering te “vrywaar”), Barend Strydom (wat in Pretoria lukraak met ’n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met geweld wou keer en lang vonnisse opgelê is) herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.

Enigeen wat meen dat die gevaar van regse geweld en terrorisme in Suid-Afrika onbelangrik is, maak ’n groot fout.

Sodanige regse verset word oor ’n lang tyd gevoed – selfs aangeblaas – deur kru rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.

Hier volg slegs twee van die aansienlik makker voorbeelde van die tipe rassistiese uitsprake waarvan daagliks talle in die kommentaar-afdelings van regse webwerwe verskyn: “Die swartes se agtergeblewenheid en agterlikheid kan nie voor die deur van die blanke geplaas word nie. Dit is in hul natuur en gene. Hulle agtergeblewenheid is histories van aard. Hulle wil hulle self nie ophef nie. Hulle het nie die politieke wil om vooruit te gaan nie” Rooi Antjie Krog sê blankes ‘moet toilette in lokasies gaan skrop’

En: “Dit is nie in ’n swarte se geaardheid om geskool te moet word nie. Hulle werk slegs op instink. Die beste waartoe hulle in staat is, is om soos ’n sirkusdier ’n klompie truuks te leer. Laat daardie dier terug in sy habitat, en hy vergeet daardie truuks. Swartes handel presies op dieselfde wyse” Leon Lemmer: Anton van Niekerk se leuens weer aan die kaak gestel

Ook die internetkommentaar-afdelings van die hoofstroommedia (veral koerante) kan hierdie soort rassisme in hul kolomme moeilik vermy.

Die probleem is nie eenvoudig nie, want ons leef in ’n demokrasie en is genoodsaak om die reg op vryheid van spraak en gewete te erken.

Laasgenoemde is eenvoudig een van die pryse wat ons vir demokrasie moet betaal.

Die kritiese vraag aan die hoofstroomkoerante is egter waarom soveel rassistiese sentimente in internetkommentare onder skuilname toegelaat word.

Ons het sekerlik die reg op vryheid van spraak. Maar het mense die reg om hul diepgesetelde rassisme te laat botvier in openbare uitsprake sonder om hul naam daaraan te koppel? Waarom moet ordentlike media ’n platform skep vir regse (of ook linkse) ekstremiste wat enigiets wil kan kwytraak, maar weier om enige verantwoordelikheid daarvoor te dra?

Hoofsaak is dat ons sal verstaan dat regse radikalisme lankal nie meer ’n verskynsel is wat slegs broei en aangestook word in private sitkamers en langs braaivleisvure nie – en daarom relatief onskadelik bly nie. Ons het toenemend te make met ’n verskynsel wat versterk word deur internasionale kontakte en daarom omgeef word met die allure van groter geloofwaardigheid.

Ons moet ons oog in die seil hou oor hierdie saak, anders is daar die gevaar van ’n groot addisionele probleem in ’n land waarvan die probleme dreig om heeltemal te veel te word.

Bron: M. Dees en J.R. Cohen: “White­ Supremacists without Borders”, The New York Times, 22 Junie 2015.

Brief: Prof van Niekerk se eensydige nuwe ‘kakie gevaar’

Die vlak van debatvoering in Suid-Afrika moet ons bekommer. Die artikel deur Prof Anton van Niekerk, “Hou oog op die radikale”, VB, 7 Julie, soortgelyk aan die artikel van Max du Preez ‘n week of wat voor dit verwys. Alhoewel beide van hulle ‘n sterk punt maak, is dit asof hulle net die helfte van die prentjie wil sien en dit skep ‘n totale verwronge idee.

Die artikel van Prof van Niekerk laat mens dink aan dieselfde geykte propaganda wat die ou regering gebruik het om die publiek te waarsku teen die “Swart-“ en “Rooi gevaar”. Om mee te begin- as die voorbeelde van die sogenaamde radikalisme waarna Prof Anton verwys beperk is tot Roof, Breivik en Barend Strydom kan mens nie help om te dink die skrywer gryp na strooihalms nie. Barend (1988), Roof (Amerika) en Breivik (Europa) word nou gekoppel om hierdie “kakie gevaar” bekend te stel wat soos Prof van Niekerk skryf: “… nie meer ‘n verskynsel is wat slegs broei en aangestook word in private sitkamers en langs vleisbraaivure…” nie.

Sou mens as buitestaander die artikel lees sou mens sweer daar is ‘n netwerk van regse radikale blankes wat besig is om te mobiliseer om Apartheid terug te bring, ander volke in slawerny te plaas, die ou vlag te wapper en die stem te sing voor hulle bote vol ander ekstremistiese wit regses van oraloor na die Zuid-Afrikaanse Republiek nooi en dan een moerse “White Supremacist braai” reel.

Die realiteit is baie vaal in vergelyking met die oordrewe radikalisme waarna Prof van Niekerk verwys. Die groter deel van die konserwatiewe Afikaners, regses, Boere of watter titel hulle en julle verkies poog om ‘n dialoog met die regering vol te hou oor die moontlikheid van selfbeskikking. ‘n Behoefte wat nie nuut, uniek of verregaande is nie. Nie een van hierdie groepe het al ooit ten doel gestel om weer oor ‘n ander volk te regeer soos in Apartheid nie en al wat hulle vra is ‘n stukkie aarde waar hulle oor hulle self kan regeer.

Wat wel waar is, is dat blankes in Amerika en Europa al meer bedreig voel. Die nadraai van die Roof-skietery is dat die “Confederate” vlag, die Rebellevlag van Amerika wat gewapper het in hulle burgeroorlog, nou in die slag bly. Vir een groep ‘n simbool van vryheid, vir ‘n ander ‘n simbool van verdrukking. Rassespanning is besig om oral nuwe hoogtes te bereik omdat groepe gefrustreerd raak met mekaar. Daar is groepe wat voel hulle was te nagekom en dit moet ten alle koste reggestel word en daar is groepe wat voel dat die prys te hoog is. Dieselfde gebeur in Suid-Afrika en dit is slegs wanneer daar gesonde en oop debat is waar albei kante van die saak gehoor word, waar daar moontlik ‘n middelgrond gevind kan word. In so ‘n debat moet die vrese van beide groepe aandag geniet en moet daar gekyk word na die oorsaak van die frustrasie. Om bloot een groep se frustrasie te ignoreer, is ‘n eensydige debat en sal net lei tot nog frustrasie.

Dit is hierdie frustrasie wat lei tot die kommentare op die internet wat prof Van Niekerk so bekommerd maak. In plaas daarvan dat hy as akademikus dieper delf in hoekom hierdie frustrasie daar is, word dit eenvoudig afgemaak as blote radikalisme. Nog minder is hy bereid om voorbeelde van radikale stellings deur ander groepe teen die “wittes” deel te maak van die argument. Dit is moontlik uit die frustrasie waar Langenhoven gewonder het hoekom is my politiek jou rassisme en jou rassisme my politiek. As dit die vlak is van debatvoering in Suid Afrika, wanneer jy bloot jou opponent as ‘n ekstremis kan afmaak en elke keer die debat wen, dan is ons in dieper moeilikheid as wat ons dink.

Die groot vraag oor die media sluit hierby aan. Is die media veronderstel om die realiteit te reflekteer of te manipuleer? Die radikale kommentare op die internet is die realiteit vir sommiges en om dit te begin modereer is ‘n baie gevaarlike speletjie, want waar hou jy op? Wanneer begin jy grens aan propaganda deur sekere opinies te verwyder en ander toe te laat? Is die verantwoordelike opsie nie eerder om die debat verder te voer en ondersoek in te stel oor waar hierdie sentimente vandaan kom nie? Moet ons nie dalk eerder meer reguit praat met mekaar sodat die frustrasie op die tafel gesit word, eerder as om mense bloot te stereotipeer as radikales nie?

Die idee om ‘n paar gefrustreerde kommentare op die internet, ‘n Amerikaner, ‘n Europeër en ‘n paar randeiergevalle in Suid-Afrika te gebruik om mense te waarsku teen blanke radikalisme en ‘n kakie gevaar grens op sy eie aan radikale denke. Dalk moet ons hierdie tipe radikalisme ook maar bietjie dophou.

– J.S. van der Merwe

Lees ook: Leon Lemmer: Anton van Niekerk oor regse radikale en Bantoe-onderwys

Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

Meneer Mantashe,

In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook ʼn wettige landstaal van die land is.

Dit was my twyfelagtige voorreg om namens TLU SA, die landbou-organisasie wat al vanaf 1897 (dus nog voordat daar ʼn gedagte van ʼn ANC was) in diens van die boere en landbou in Suid-Afrika staan, u Afrikaanse beraad by te woon.

Ter wille van die rekord is dit nodig dat ek u tog voorsien van my indrukke van die beraad, veral in die lig daarvan dat u gevra het vir voorstelle.

My eerste voorstel sal wees dat ʼn behoorlike sakelys opgestel moet word waaroor gesprek gevoer moet word. So ʼn oop gesprek rafel uit deurdat die beperkte tyd in beslag geneem word deur instansies wat graag hulle goeie hoedanighede op rekord wil plaas.

Dit is seker teen hierdie tyd gemene saak dat dit nie goed gaan met Suid-Afrika nie. Ten spyte van allerhande regeringsbeloftes ly die land onder werkloosheid, misdaad, korrupsie, gebrekkige dienslewering, kragonderbrekings, dalende onderwysstandaarde en nog vele meer, wat die land se ekonomie laat stagneer, en wat lei tot swak graderings deur gesaghebbende graderingsagentskappe. Bekwame en gesaghebbende ontleders voorspel dat die land tussen twee en vyf jaar van nou af ʼn ongekende krisis gaan beleef.

Terwyl dit die realiteit is, verdoesel u dit met die oogklappe van u politieke retoriek, soos verwoord in die Freedom Charter, die NDR en die ANC se “Strategy & Tactics” – ʼn soort politiek wat ander lande al ten gronde gerig het.

By die beraad het u die Freedom Charter op ʼn baie hoër vlak gestel as die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Is u nie besig om die burgers van die land daardeur te mislei nie? Waarom sê u nie reguit en onomwonde waarheen u die land neem nie. Sê reguit en eerlik dat u u nie steur aan die land se Grondwet nie, maar dat u u laat lei deur ʼn revolusionêre partydokument, wat dateer uit die “struggle”-tyd waarin mense omgekom het? Waarom is u nie openlik oor die NDR en die Strategy & Tactics nie, sodat mense kan weet waarheen u op pad is nie? Dit is immer niks anders nie as politieke bedrog?

Die tweede voorstel rondom so ʼn beraad is dat u moet besluit watter hoed u dra as u so ʼn gesprek aanlê. Dalk sal u u kan herinner dat ek u gevra het wie nou werklik in beheer van die land is? Watter status het u as hoofbeampte van die ANC om so ʼn gesprek aan te lê? Beteken dit dat die ANC besluite maak? Maak die SAKP die beleid en besluite? Cosatu en die vakbonde? Of het die President en sy kabinet as regering van die land ook nog iewers inspraak in beleid- en besluitneming?

Van die ander kant gesien: vir wie moet die burgers en die kiesers tot verantwoording roep vir die gemors wat ek hierbo aangestip het? U antwoord dat “almal in beheer” is, is onaanvaarbaar en in terme van ʼn demokratiese bestel belaglik. Die ANC het die stemme gekry: nie die SAKP of Cosatu nie. Die ANC stel die regering saam, en dié behoort die verantwoordelikheid op hom te neem. Nou word verwarring gekweek deur die verantwoordelikheid van die een na die ander te verplaas, sodat uiteindelik niemand verantwoordelik is nie.

Tydens die beraad het ek dit aan u gestel dat dit wil voorkom of die SAKP in wese in beheer is, in die lig van die groot aantal ministers wat Kommuniste is. U sarkastiese antwoord dat ons weer net die Rooi Gevaar sien, is tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op grond van feite nie, maar deur snedigheid en vernedering punte wil aanteken. Die feit is dat die Kommunisme ʼn ideologie is wat uitgedien is in die res van die wêreld. TLU SA het noue kontakte met Georgië. Daardie land lek nou nog sy ekonomiese wonde van die vernietigende effek van die Kommunisme onder die Sowjet-Unie. Dit is soms goed om oogklappe te verruil vir ʼn wyer visie, en te leer uit die lesse wat ander al uit dure ervaring geleer het! Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig aan u dat u beleidsrigting en veral die toepassing daarvan vir Suid-Afrika net armoede gaan skep.

Wat die land nou nodig het, is eerlikheid. Juis dit ervaar ons nie, hetsy van die regering, die ANC of enige van sy vennote nie. Aan die een kant meld u by die beraad dat u die boere nodig het aangesien landbou ʼn sleutelbedryf is. Net daarna dreig u ons met grondgrype en onwettige grondbesettings. Is u nou al skoon ʼn propagandis vir die EFF se beleid? Skep u daarmee die klimaat vir verdere geweld en onrus in die land, en is dit u bedekte opdrag dat boere van die plase verdryf moet word, al is dit deur besettings en selfs plaasmoorde? U is besig om die klimaat hiervoor te skep!

Maar as u so bekommerd is oor die landbou, waarom dan al meer en meer stremmende wetgewing op die wetboek plaas? Tans is daar al meer as 16 wette op die tafel wat landbou gaan strem. Trouens, nie net landbou nie: wette wat private besitreg oor ʼn wye spektrum insluit en wat uiteindelik ekonomies katastrofale gevolge vir die land gaan inhou.

As u weer wil gesels, laat ons oor die ekonomie gesels. Ek wil nie weer met u oor politiek praat nie, want ons sal bly by mekaar verby praat. Ekonomie is realiteit: laat ons dit ʼn slag op tafel sit! Indien u erns het met die toekoms van Suid-Afrika sal u besef dat daar met boere gepraat moet word oor kos en die verskaffing daarvan en dat al die ander geykte retoriek wat so vrylik gebruik word en wat veroorsaak dat beleggersvertroue geskend word nie tuishoort by enige verantwoordelike instansie nie. Ek kan ook nie met u oor kultuur praat nie. Ek het u tydens die beraad gewys op die dokument wat deur u persoonlik onderteken is nadat u destydse jeugleier skuldig bevind is aan haatspraak, waarin u die Afrikaner die reg op sy kultuur- en gemeenskapslewe erken het. U het daardie dokument, met u eie handtekening en al, by die beraad van die tafel af gevee.

As ek praat van toekomstige gesprekke, sê ek dit eintlik met huiwering. Dit is nodig dat daar oor die toekoms gepraat moet word, en dat die verlede agtergelaat moet word. Maar as u handtekening in u eie woorde en optrede niks beteken nie, en as u selfs ʼn geskrewe ooreenkoms nie die papier werd maak waarop dit geskryf is nie, wat help gesprekke? Waarom sal ons enige mondelinge stelling, ooreenkoms of onderneming ernstig neem as ons u nie eens kan vertrou met u handtekening op skrif nie? Dit is eweneens politieke bedrog!

Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die Regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ʼn passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.

Ons het nie ons grond gesteel nie. Ons was nooit deel van die koloniale stelsel nie. Ons is inheems aan Afrika, ʼn stam wat hier gebore en gevorm is tot uniekheid, net soos enige ander stam. Daarmee sal ons voortgaan, ongeag of u ons ʼn regmerkie daarvoor wil gee of nie.

Dis ons reg, wat ons sal bly opeis!
Louis Meintjes
President TLU SA

Brief: Kritiek op homoseksuele in die bediening

Na aanleiding van Nelus Niemandt se beroep dat homoseksuele ook as predikante in die NGK toegelaat moet word, asook verskeie goeie skrywes onlangs op die Praagwerf wat die Moffia behoorlik kortgevat het, vergun my asb die geleentheid om te reageer op die flou verskonings wat deur diegene wat ten gunste van “vrolike” predikante is, op sosiale media en in die pers geopper word. Ek gaan in hierdie stuk kyk na die verskonings wat aangebied word deur diegene wat ten gunste van homoseksuele leraars is, onder andere Nelus Niemandt, en dit een vir een bespreek.

1. “Homoseksuele word so gebore en dit is nie ‘n blote keuse nie.”

Dié aanspraak is natuurlik ‘n omstrede een. Enige aangebore, en dus oorerflike, neiging, wat die lyers daarvan per definisie ontmoedig om voort te plant, sou noodwendig tot die gevolg lei dat die lyers daaraan mettertyd uitsterf, omdat homoseksuele pare per definisie geen kinders met mekaar kan verwek nie. Laasgenoemde sien ons egter nie. Diegene wat beweer hulle is oorerflik homoseksueel, word nie minder nie, want, vreemd genoeg, plant sommige homoseksuele wel op die gewone manier voort, en trou van hulle selfs met die teenoorgestelde geslag. Waarom? Want hulle kies om “tydelik” nie homoseksueel te wees nie. Hulle beweer hulle is kwansuis so gebore, maar trou dan tog wel dikwels met dieselfde geslag. Hoe ernstig kan mens die beweerde aangeborenheid dus opneem?

Selfs al aanvaar mens die sogenaamde oorerflike komponent van homoseksualiteit, het beide Downsindroom en soms skisofrenie ook ‘n oorerflike grondslag. Ek lees van niemand wat argumenteer dat skisofrene of Downsindroom-lyers ook tot die bediening toegelaat moet word nie.

2. “Benewens homoseksualiteit, verbied die Ou Testament ook die eet van skulpvis en daar is talle ander belaglike voorskrifte in die Bybel.”

Moord, steel en egbreek word egter ook deur die Ou Testament verbied. As jy jou nie wil laat voorskryf deur die Ou Testament nie, waarom jou dan steur aan enige iets daarin vervat, onder andere die gedeeltes wat jou verbied om moord te pleeg? Homoseksuele agtitators beskuldig Christene van die selektiewe lees van die Bybel, maar dit is presies wat hulle self doen. Hulle lees self die Bybel selektief . Hulle beskou Eksodus 20 se verbod teen moord as heeltemal geldig, maar ignoreer dan self ook dié gedeeltes wat hulle nie pas nie, onder andere Romeine 1:25-26.

3. “Ek het nie nodig om ‘n Bronstydperk-boek vol stories oor pratende donkies en maagdelike geboortes te lees om die verskil tussen reg en verkeerd te sien nie.”

Waarom jou dan hoegenaamd aan enige menslike geskrif, insluitende die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996, steur? Jy weet mos vanself wat is reg en verkeerd, en het dus geen wette of reëls vir jou nodig nie. Laat elkeen dan maar vir homself besluit wat vir hom reg of verkeerd is. As jy voel dis aanvaarbaar om iemand te besteel, kan jy immers ook argumenteer dat die grondwet ook ‘n mensgemaakte dokument is, en jy kan veral, as homoseksuele aktivis, dan aanvoer dat die verbod teen steel wat in Eksodus 20 voorkom, hom in ‘n boek bevind wat ook stories oor pratende donkies bevat. Waarom jou dus daaraan steur? Kies jy dan maar self wat jy wil glo en wat nie.

In beide (2) en (3) hierbo is daar egter ‘n veel, veel groter probleem vir die homoseksuele agitator, wat homself aan kerke soos die NGK wil opdwing. As jy dan die Bybel se gesag wil bevraagteken, waarom jouself dan wil opdwing aan ‘n instansie wat die Bybel as sy grondliggende brondokument beskou? As jy die Bybel wil afmaak as primitief of irrelevant, wat op dees aarde soek jy hoegenaamd naby enige organisasie wat per definisie die Bybel se gesag aanvaar, buiten as ‘n moeilikheidmaker?

4. “Die NGK diskrimineer teen gays in die bediening.”

Die NGK het onlangs ‘n ondersoek geloods na die beweerde egbreuk van prof Piet Stauss, ‘n voormalige moderator van die NGK, nav die professor se beweerde egbreuk en egskeiding. As selfs ‘n voormalige moderator agv beweerde seksuele wangedrag verhoor kan word, wat maak homoseksuele en hul seksuele wangedrag meer of minder spesiaal as die moderator? Daar is dus geen sprake van diskriminasie nie.

5. “Daar is nie groot of klein sondes nie, en almal sondig.”

Presies. Almal is sondaars. Synde ‘n Calvinistiese kerk, is die sondige aard van die mens een van die grondslae van die NGK se teologie. Natuurlik is die mens in sonde ontvang en gebore! Dit is juis die hele punt! Dit is slegs agv God se genade dat die mens gered kan word. Verwys egter weer na die voormalige moderator hierbo. Die feit dat die mens inherent sondig is, bied nie aan enige mens ‘n vrypas om aan te hou sonde pleeg nie. Had die moderator volhard in sy sonde van egbreuk, sou hy ongetwyfeld permanent uit die bediening geskors word. Waarom dan homoseksuele toelaat om te volhard in hul sondige seksuele praktyke, maar nie heteroseksuele egbrekers nie?

6. “Homoseksualiteit doen niemand skade aan nie en dit vind plaas tussen instemmende volwassenes.”

Eerstens is dit ‘n twyfelagtige stelling dat homoseksualiteit niemand skade aandoen nie. Vigs is byvoorbeeld kwalik ‘n skadelose siekte, en manlike homoseksuele is onder die mees vatbares vir vigs. So ook kan mens presies dieselfde argument opper ten gunste van ander seksuele praktyke, onder andere veelwywery. Ek daag enige gay-aktivis uit om te argumenteer dat president Zuma se volwasse vrouens skade aangedoen word agv die president se veelwywery. Waarom dan nie ook die logiese ding doen en argumenteer ten gunste van veelwywery in die NGK nie? Geen hoofstroomkerk keur veelwywery egter goed nie.

Dus: Al die gewone regverdigings en verskonings wat ten gunste van gays in die NGK se bediening geopper word, is voorbeelde van leuens, mistastings en foutiewe logika wat maklik verkeerd bewys kan word. As Niemandt en sy trawante hul sin sou kry, sou dit onmoontlik wees om leraars wat hulself aan veelwywery of egbreuk skuldig maak, uit hul amp te ontslaan. Dit sou ook die finale einde van die NGK beteken, want ‘n kerk wat van sy morele gesag oor sake soos egbreuk of homoseksualiteit afstand doen, het geen bestaansreg nie.

– Jared van Niekerk

Sieklike Nederlandse skoolhandboek wys SA is ‘vry’

Asof dit was nie heeltemal erg genoeg is om volwassenes te breinspoel nie, moet Nederlandse kinders ‘n baie vreemde kaart van die wêreld op skool leer.

Dié kaart is glo om tieners te help verstaan ​​watter lande “goed” en “sleg” is, en watter “vry” en “onvry”.

Suid-Afrika onder die ANC word gelys as ‘n ligte groen “vry”.

Maar wat word as “vry” en “goed” beskou? Blykbaar sluit dit onder meer in gedwonge rasvermenging soos ons tans by Curro-skole sien, hebsug, onsmaaklike gayvertoon, xenofobie en toenemende polisiegeweld.

Kinders glo wat hulle sien in hul handboeke. Hulle aanvaar dit as evangelie. Die inhoud moet dus gebalanseerd wees, en verkieslik streng by die feite hou.

Enigiets anders moet nie toegelaat word in ‘n klaskamer nie.

In Suid-Afrika se geval is die Nederlandse voorstelling doelbewus daarop gemik om ‘n soort uiterste of gevaarlike politieke siening te bevorder dat swart aansprake altyd regmatig is, ook waar dit om moord, volksuitwissing, etniese suiwering en ander ekstremistiese houdings en uitsprake gaan.

Maar wat maak ‘n land “vry” of “goed”, en wie besluit daaroor? Volgens die handboek het die begrippe iets te doen met “menseregte” in die VSA en Europa.

Nie die VSA òf Europa stel belang in menseregte vir blankes nie. Dit geld alleen vir swart of Arabiese “vlugtelinge” of “migrante”. Die VSA is ook die plek waar sowat 550 mense, meestal blankes, vermoor is deur polisiebeamptes in die eerste helfte van hierdie jaar alleen.

Volgens die mees onlangse (2011) FBI-statistiek was die slagoffers swart in van die 2695 moorde, en 91% daarvan is gepleeg deur mense van dieselfde ras. Blankes en wit Latino’s was in net 193 (7%) gevalle die daders.

Dubbel soveel blankes word deur swartes vermoor in die VSA, naamlik 14%, waar dit nie gaan om intra-rassige geweld nie.

Interessant genoeg, het die Nederlandse premier Mark Rutte aangevoer dat die beperking van regte vir gays in Rusland onvryheid veronderstel.

Poetin het Rutte daarna gevra waarom organisasies wat pedofilie ondersteun toegelaat word om te funksioneer in Nederland.

Dit is duidelik dat ‘n baie eng begrip van vryheid in die VSA en Europa heers en die begrippe van wat goed en kwaad verteenwoordig geen morele basis het nie.

Carlien Greyling

Brittanje in krisis nadat Zuma IS aflag

Die Statuut van Rome, die grondslag vir die oprigting van die Internasionale Strafhof (IS), het aan die hof ‘n spesifieke mandaat gegee wat beteken die IS kan net reageer op misdade wat sedert 2002 plaasgevind het.

Die jurisdiksie van die Hof is verder gebaseer op die beginsel van komplementariteit. Dit beteken dat die IS slegs jurisdiksie het wanneer ‘n lidstaat nie in staat is nie of onwillig is om ‘n internasionale misdaad aan te spreek.

Daarom meen internasionale regskenners dat die potensiële sake wat voor die hof gebring kan word, nie veel is nie.

Tans word misdade in Colombia, Zimbabwe, en Verenigde State van Amerika oorweeg na laasgenoemde se inval in Irak.

Die besluit van die Suid-Afrikaanse regering om die hoërhof in Pretoria te omseil en skynbaar toe te laat dat Omar al-Bashir, die Soedannese president wat beskuldig word van volksmoord en oorlogsmisdade, vertrek, is dus nie noodwendig ‘n oortreding in die lig van die IS se beperkte jurisdiksie nie.

Die herrie gaan eerder oor die ANC se verbintenis tot sy sogenaamde “sleutelbondgenote”, naamlik die VSA en Brittanje, as die lasbriewe wat in 2009 uitgereik is deur die IS teen Bashir.

Die daad van verset deur president Jacob Zuma – en daar kan min twyfel bestaan dat hy direk betrokke is – plaas hom aan die spits van Afrika-leiers wat argumenteer dat die IS bevooroordeeld teenoor Afrika optree en bloot ‘n onderdrukkende instrument van Westerse magte is.

Zuma se skynbare “anti-imperialistiese” houding is besonder gewild in die ontwikkelende wêreld en ‘n deurbraak in voortgesette pogings om Soedan se diplomatieke isolasie te beëindig.

Die feit dat Zuma ‘n gesogte beraad van die Afrika Unie gehou het in ‘n land wat die Roomse Statuut bekragtig het, maar de facto immuniteit verleen het van Britse vervolging en skotvry daarvan afgekom het, verteenwoordig ‘n krisis vir die VSA en sy bondgenoot Brittanje.

Amerika is die land wat die grootste legitimiteit aan die ANC verleen, naas die VK.

Bashir het soortgelyke maar minder dramatiese eskapades in Egipte, Libië en Saoedi-Arabië, gehad, maar sy vertrek uit Suid-Afrika is ‘n beduidende terugslag vir die hof.

Die IS staar ‘n volskaalse rebellie in die gesig van baie van die Afrikalande wat oorspronklik ‘n mandaat onderteken het, gelei deur Suid-Afrika.

Zuma se regering het nie net versuim om saam te werk nie. Hulle het die departement van justisie se regspan in effek, namens Bashir laat optree.

In ‘n duidelike stekie na die VSA, wat soos China, Rusland en Indië nie ‘n IS-ondertekenaar is nie en beskuldig word van dubbele standaarde, het die ANC gesê “groot menseregtevergrype deur nie-ondertekenaars word nooit ondersoek nie”.

Gebeure Maandag het kommer in die VSA en Brittanje verhoog oor hul eie nie-wit minderhede se houding teenoor Suid-Afrika en Afrika en hul eie internasionale vooruitsigte in ontwikkelende lande. Van Nelson Mandela se “menseregte” en hul mooiklinkende beloftes, het nou duidelik dadels gekom.

Die IS wat nog herstel van sy onvermoë verlede jaar om Kenia se president, Uhuru Kenyatta te vervolg, se ondersoek is boonop bevries in Darfoer in die westelike Soedan, waar Bashir se menseregtevergrype na bewering plaasgevind het, as gevolg van ‘n gebrek aan VN-ondersteuning.

Fatou Bensouda, die IS-aanklaer, het intussen gekla dat die geloofwaardigheid van IS as ‘n instrument van internasionale vrede en veiligheid, aangetas is. Sy egter hou vol dat die hof ook “misdade van seksuele voorkeur en gender” moet ondersoek, nog ‘n ongewilde tema in Afrika.

Die IS ondersoek tans nege kwessies, almal in Afrika, en elkeen word deur die vasteland as “rassisties” afgemaak.

Weens die volgehoue kritiek van rassisme het die IS sedertdien begin met voorlopige ondersoeke na beweerde misdade in die Oekraïne, Palestina, Irak en Honduras.

Vroeër het Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu gesê die versuim deur sommige van die magtigste lande om hulle te onderwerp aan die Internasionale Strafhof, het ‘n klimaat geskep vir Suid-Afrika om toe te laat dat Bashir die land verlaat. Tutu het kennelik na die VSA verwys.

Die leier van die EFF, Julius Malema het ‘n beroep gedoen dat die president van Soedan, Omar al-Bashir, vervolg word, máár deur ‘n Afrika-hof. Malema het gesê dat sy party nie die “sameswering” gesteun om Bashir in hegtenis te neem nie, omdat dit ‘n opdrag was van ‘n “imperialistiese organisasie”.

Hy sê Bashir moet vervolg word deur ‘n regverdige regstelsel, nié die Internasionale Strafhof nie. Daarmee het hy Robert Mugabe se gewilde oproep gesteun.

Koerdiese minderheid wen groot in Turkse verkiesing

Meer as 50 miljoen Turkse burgers het teen die regering van president Tayyip Erdogan in die nasionale verkiesing gestem.

Die regerende AKP-party het sowat 10% steun verloor, wat veroorsaak het dat hulle hul parlementêre meerderheid verloor het.

Baie Turke het in die pasafgelope stemmery as ‘n waterskeidingsverkiesing vir dié land se nasionale politiek beskou.

Een uit elke vyf kiesers in Turkye is Koerde. Die Koerde is die mees godsdienstige gemeenskap in die land, en tog het hulle nie Erdogan se Islamitiese party ondersteun nie.

Dit was ten spyte van die feit dat dit Erdogan was wat gesorg het vir ‘n dramatiese verandering van status vir Koerdiese minderheid Turkye, iets wat selfs sy politieke teenstanders erken.

Die Sowjet-Unie het die Koerde in hul opstand teen die sentrale mag voorheen deur die verskaffing van wapens ondersteun.

Ná die USSR se ineenstorting, het Israel geleidelik verhoudinge met Koerdiese minderhede in die Midde-Ooste versterk.

As die Koerde se nuwe beskermheer in die streek, met die troefkaart van ‘n onafhanklike Koerdiese staat teen sy teenstanders, is die uitslag van die verkiesing ‘n groot oorwinning vir Israel.

Israel ondersteun Koerdiese nasionalisme as ‘n nuttige instrument om Turkye en sy ambisieuse leier in toom te hou.

Die gay-gemeenskap in Turkye se aandrang op regte het verdamp en die verkiesing het bewys dat etniese minderhede belangriker vir kiesers was as seksuele voorkeure.

Ek skaam my!

Hoe moet het zijn geweest? Nederland achterlatend, maanden doorbrengen op een schip en niet wetende wat je uiteindelijk zult aantreffen en of je de reis überhaupt wel overleeft. Het zijn vragen die ik zou willen stellen aan Jan van Riebeeck en de zijnen. Het zijn vragen die het lot van mijn volk verbindt aan dat van de Afrikaners.

Het is onze geschiedenis, van jullie en van mij. Het is tijd dat de broeders zich met elkaar verzoenen.

Het Krugerplein, de Transvaalbuurt en de De la Reystraat. Vervlogen herinneringen aan een grijs verleden waarin Nederland trots was op haar verwanten in Zuid-Afrika, tijden waarin Nederlanders de Boeren steunden in hun oorlogen en tijden waarin kabinetten hun zorgen uitspraken over het lot van de Afrikaners.

De band tussen de Afrikaners en hun Nederlandse bakermat was zo sterk dat na de verloren Tweede Vryheidsoorlog Paul Kruger zijn heil zocht in Nederland. Opgewacht door duizenden Nederlanders wachtte hem een warm welkom, de beelden spreken voor zich. Hoe schril kan het contrast zijn met het heden en hoe pijnlijk is de constatering dat de Afrikaners aan het lot overgelaten zijn?

Er wordt mij dan ook vaak gevraagd waar mijn fascinatie voor Zuid-Afrika vandaan komt, waarom ik sympathiseer met de Afrikaners en of ik ‘dus’ voorstander ben van Apartheid door het ANC openlijk een ‘communistische terreurbeweging’ te noemen.

Het is een Pavlov-reactie van de weldenkende Gutmensch: een ieder die een niet in hun denkbeelden passende ideologie steunt demoniseren en moreel uitschakelen. Dat je zowel tegen Apartheid alsmede tegen het ANC kunt zijn, past niet in het straatje van deze mensen.

Dat Afrikaners niet gelijkstaan aan Apartheid ook niet, laat staan het feit dat de Engelsen als eersten een vorm van Apartheid invoerden, als onderdeel van hun koloniale wetgeving.

De banden waren ooit zo sterk, maar zijn nu flinterdun. De ophemeling van Mandela’s ANC ging zelfs zo ver dat, zoals PVV-Kamerlid Martin Bosma schrijft in zijn nieuw uitgebrachte boek, ‘links Nederland’ openlijk terreur steunde.

Het Nederlandse volk keerde zich eensgezind tegen haar broeders in Zuid-Afrika, openlijk verraad tegen de verwanten met wie wij zoveel historie en cultuur delen. Ek skaam my.

In tijden waarin onze culturele identiteit belangrijker dan ooit is neemt het belang om banden te koesteren met de aan ons verwante volkeren toe. Nederlanders, Vlamingen, maar ook zeker Afrikaners, kennen tot op zekere hoogten gedeelde kenmerken.

Zij die ooit ons land verlieten op zoek naar een beter bestaan verdienen beter dan wat zij nu krijgen. Ze verdienen onze aandacht, onze vriendschap en politieke erkenning van hun bestaan.

Dennis de Witte

FW de Klerk was reg!

FW de Klerk verdedig toenemend sy magsoordrag aan die ANC. Soos krisis in Suid-Afrika eskaleer, so groei die verduidelikings van FW de Klerk se aksies van die verlede.

25 Jaar gelede was De Klerk se aksies korrek. Die Berlynse muur het geval, en kort daarna het die Weste se vyand in duie gestort. Die globale magsbalans het vinnig verander. Die VSA was skielik die wêreld se almagtige alleenheerser sonder enige noemenswaardige teenstander.

Die groot gebeure rondom die 1990’s was uniek. Sulke politieke aardbewings gebeur slegs een keer in ‘n paar duisend jaar, en is histories van beperkte duur.

Die Amerikaanse tipe universele Kerk sonder eksklusiewe kultuur, met individue uit alle volke en tale wat die uitsonderlike supermagtige en welvarende VSA vrees, moet die Amerikaanse Ryk gehoorsaam vir universele voorspoed en vrede. Dit was die goeie nuus en evangelie. Dit is ‘n “redelike” godsdiens, en Gereformeerdes is redelike mense. FW de Klerk was rasioneel.

Afrikanerstaatsverset teen die heersende Judeo-Christelike Amerikaanse Kerk-Ryk, sou tot verdere ekonomiese sanksies sowel as rewolusionere omverwerping van die Afrikanerstaat lei, omdat die NP gestroop van Afrika-streeksmag deur die implementering van VN Resolusie 436, nie meer enige globale magsbalans kan benut, met oliargistiese Rusland, omsingelde en ekonomies geintegreerde China, Taiwan, besette Japan en besette Europa-Duitsland, asook die ANC en meneer Mandela, almal onderdane van die seëvierende Amerikaanse Ryk. Dit was die 1990’s.

President FW de Klerk, die pragmatiese NP, en professionele NI se opsomming van die 1990’s was korrek. Slegs irrasionele waarnemers en waansinniges sou kon beweer dat die almagtige Amerikaanse Ryk binne ‘n eeu nie meer absolute wereldheerser sou wees nie.

Dog 25 jaar later het die Amerikaanse Vrede-Ryk op aarde verdamp, met onophoudelike afstandbeheerde oorlog en gepaardgaande chaos op meerwordende plekke. Pleks van die Christus en vrede, het die Duiwel en chaos na verskeie plekke op aarde neergedaal.

China weier om die VSA se alleenmag te aanvaar. Die “bose” Rusland ook nie meer nie. Skielik is die wêreld weer multipolêr, met sterk kompeterende magte. Selfs die regerende SAKP-ANC is diep verdeeld weens die onverwagte magsbalans in die multipolêre wereld.

‘n Eeu van totale kompetisie op alle gebiede lê voor, op aarde, oor grondstowwe en kennis, asook in die ruimte.

Van gelowige nasionalistiese Afrikaners se Nuwe Eenwêreldorde, met een heerser, een geldmag, een geldstelsel en een staat het daar dadels gekom. Vergeleke met die 20ste eeu, bring die 21ste eeu nog groter moondheidmededinging en nog meer verskillende soorte konflik tussen state.

Hoe kon so baie Afrikaners, die Gereformeerde Kerk, FW De Klerk en vele ander kenners en spesialiste se rasionele insig in die wereld van die Amerikaanse Ryk, binne 25 jaar so onverwags verkeerd bewys word?

Watter fout het die magtige Amerikaanse Ryk oor die afgelope 20 jaar gemaak? Hoe op aarde is dit moontlik dat die VSA so ‘n fatale flater begaan het, dat sy absolute alleenheerskappy daarmee heen is, en dat hel pleks van hemel menige mense se voorland is?

Wat is die implikasie van en verklaring vir die Amerikaanse Ryk se irrassionele fout?

Madelein Louw

Universiteit Stellenbosch: Oplaas ‘n werklik sinvolle brief

Iemand het uiteindelik daarin geslaag om ‘n werklik sinvolle brief oor die toestand aan die Universiteit Stellenbosch (US) in Die Burger (25 deser, p 8) gepubliseer te kry. Taalrealis van Stellenbosch skryf soos volg – ek haal die brief in sy geheel aan:

“Volgens ‘n senior akademiese bestuurder aan die US geniet die beweging Open Stellenbosch die steun van ‘hoogstens 100 studente’ op die US-kampus met sy 11 000 studente. Dit beteken dat dié beweging, wat minder as 1% van die studentekorps verteenwoordig (en gelei word deur beeldestormers en drekgooiers ingevoer vanaf die Universiteit van Kaapstad se kampus), die hele US as gyselaar aanhou, met Afrikaans as losprys.

“Ek glo ek verwoord die mening van heelwat meer as 1% van die huidige US-studentekorps. Dus eis ons dat:

● Engels nie gebruik sal word as uitsluitingsmeganisme aan die US nie;

● Engels nie beskou word as die Heilige Graal vir die ontsluiting van en toegang tot kennis nie;

● alle voorgraadse lesings teen 2016 in Afrikaans beskikbaar sal wees;*

● die mislukte T-opsie [gesamentlike klasse met sowel Afrikaans as Engels as onderrigtaal], wat deur ‘n vorige kanselier as ‘pedagogiese onsin’ beskryf is, afgeskaf word;

● waar die T-opsie nog tussentyds gebruik word, verseker word dat minstens 50% van die aanbieding in Afrikaans sal geskied;

● waar lesings in Engels aangebied word, intydse tolking na Afrikaans beskikbaar sal wees;

● alle kommunikasie van die bestuur, personeel en in die onderskeie US-departemente, asook alle webwerwe, in Afrikaans beskikbaar moet wees;

● alle toets- en eksamenvraestelle in Afrikaans beskikbaar moet wees en studente vraestelle in Afrikaans moet kan beantwoord;**

● alle kennisgewings in Afrikaans beskikbaar moet wees; en

● die viserektor (leer en onderrig) amptelik verskoning vra vir sy verklaring dat die US nie langer ‘n Afrikaanse universiteit is nie, en die stelling terugtrek.***

“Bostaande eise is in ooreenstemming met die US-raad se taalbeleid en -plan en die Grondwet.”

* Dit behoort ook vir nagraadse lesings te geld.

** Afrikaanssprekendes word benadeel as die dosent nie Afrikaans magtig is nie.

*** Ek hoop om teen die einde van hierdie week oor hierdie en ander onlangse gebeure aan die US te berig.

Johan Botha: ANC se terreurdade was misdaad teen die mensdom, nie apartheid

Die redes wat deur Jane Mufamadi, uitvoerende hoof van die Vryheidspark, aangevoer word waarom die name van die lede van die voormalige Suid-Afrikaanse Lugmag wat in die 1983 Kerkstraatbomvoorval gesterf het nie op die gedenkmuur aangebring kan word nie, maak ‘n bespotting van die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet wat ook die hoeksteen vir die huidige Grondwet is.

‘n Aanhaling uit die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet lees soos volg “

“….. Die aanvaarding van hierdie Grondwet lê die vaste fondament vir die mense van Suid-Afrika om die verdelings en tweespalt van die verlede, wat gelei het tot growwe skendings van menseregte, die verbreking van menslikheidsbeginsels in gewelddadige konflik en ‘n nalatenskap van haat, vrees, skuld en wraak, te oorbrug.

Die geleentheid is daar om dit nou reg te stel op die grondslag dat daar ‘n behoefte bestaan aan begrip en nie wraaksug nie, ‘n behoefte aan herstel en nie vergelding nie, ‘n behoefte aan medemenslikheid en nie viktimisering nie….”

Die klakkelose stelling deur Jane Mufamadi dat die lede van die lugmag wat gesterf het deel van die haatlike apartheidstelsel was wat tereg deur die internasionale gemeenskap as ‘n misdaad teen die mensdom beskryf word, maak dit noodwendig ook van toepassing op die kerk, openbare sektor en talle instellings wat deel van die vorige bedeling was. Hierdie stelling misken die feit dat die Kerkstraatbomvoorval as sodanige ‘n growwe skending van die bepalings van die Geneefse Konvensie was en volgens alle internasionale omskrywings self ‘n misdaad teen die mensdom was. Daarbenewens kan bykans alle dade wat deur lede van Umkhonto weSizwe as deel van die ANC se beleid gepleeg is, volgens internasionale beginsels as ‘n misdaad teen die mensdom beskou word.

Dit is ironies dat Jane Mufamadi enersyds weier om die name van voormalige lugmaglede op die gedenkmuur te plaas bloot omdat hulle deel van die sogenaamde haatlike apartheidstelsel was sonder om van enige daad melding te maak, maar dit andersyds betreur dat die name van die twee bomplanters wat ‘n afgryslike daad gepleeg het, nie vir goedkeuring om op die gedenkmuur geplaas te word, voorgelê is nie.

Solank as wat die ANC die bepalings en wese van die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet misken, is daar geen hoop op daadwerklike versoening nie.

– Johan Botha, voorsitter, Stigting vir Gelykheid voor die Reg

Het Nasionale Intelligensie die land destyds verraai? vra Thorsten

Mnr. PW Botha het teen die einde van sy lewe sterk vermoed dat u met koverte verraad teen Suid-Afrika besig was en het dit dikwels teenoor nabye vriende genoem? Was hy verkeerd?

PRAAG het die volgende vrae van ene Thorsten, wat ons aflei voorheen by MI (Militêre Inligting) in die ou Suid-Afrika werksaam was, ontvang, n.a.v. dr. Niël Barnard se outobiografie wat onlangs op dié blad resenseer is en waaroor Leon Lemmer insgelyks kommentaar gelewer het. Sommige van die vrae lees meer soos kommentaar op die boek of kritiek op Barnard, maar ons plaas hulle te goeder trou soos ons hulle ontvang het. Uiteraard aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van Thorsten se bewerings en sinspelings nie. – Die Redaksie.

Ek het bepaalde vrae wat ek aan dr. Barnard sou wou stel. Dalk kan hy of sy adjunkte hulle hier aanlyn beantwoord.

  1. Ten eerste: In u boek beweer u dat u tydens ‘n privaatgesprek met oudpresident PW Botha in Mei 1988 die volgende sou gesê het: “Meneer die president, ons moet besef waarvoor ons te staan kom as ons met Nelson Mandela begin onderhandel. Die uitkoms is onvermydelik en sal ‘n meerderheidsregering wees, met hom as president.” U sê dat Botha geantwoord het met: “Ek begryp dit baie goed. Dis nie nodig om vir my te preek nie.” Ons vind dit eienaardig dat u “memoirs” nou uitgegee word, met beide Botha en Mandela wat oorlede is. Na alles kan die dooies nie meer praat nie. Sou u hierop wou antwoord?
  2. Nog iets. Waarnemers het die opmerking gemaak dat Kobie Coetzee die voorstel gedoen het dat u as NI-baas aangestel word omdat hy vir sy eie Nasionale Party-leiersposisie in die Vrystaat gevrees het en u toenemende ambisie rondom dié pos. Sou u hierop kommentaar wou lewer?
  3. U is op die ouderdom van 34 op die vlak van direkteur of in militêre taal as brigadier aangestel. Toentertyd het vele waarnemers opgemerk dat u nóg oor die verlangde ervaring nóg oor die beroepsgerigte opleiding beskik het om die aansienlike uitdaging van so ‘n pos die hoof te bied. Wat sou u hierop antwoord?
  4. U het ons eie SA militêre inligtingsagente op ‘n onophoudelike en onbeholpe wyse in die buiteland deur NI-agente laat agtervolg. Dit het dikwels tot uitgebreide, duur sekondêre operasies deur bevriende buitelandse agentskappe gelei om u onprofessionele optrede te neutraliseer. Onder andere was daar verskeie moontlike rampe wat net-net afgeweer is aangesien u beleid van “die dophouers dop te hou” die ongewenste en dikwels lewensbedreigende aandag van vyandelike agentskappe teenoor SA militêre inligtingsoprasies getrek het. Sou u hierop wou kommentaar lewer?
  5. Slegte praktyke in die veld en swak dekking het dikwels daartoe gelei dat buitelandse agentskappe knaend teenoor Militêre Inligting gekla het oor, onder andere, u openlike aankomste by internasionale lughawens met hele weermagte van lyfwagte wat bakarm u persoon beskerm het, asook fisieke optrede waar lede van die publiek eenkant toe gedruk is. Wat is u reaksie daarop?
  6. NI het konsekwent en kinderagtig SA Militêre Inligting daarvan weerhou om die toenemende “MK-bevryde gebiede” binne Suid-Afrika onder president PW Botha se aandag te bring, meer spesifiek teenoor die einde van die 1980’s. Sou u hierop kommentaar wou lewer?
  7. Dis algemeen bekend dat u (NI) meeste van die lêers oor die SAP en die SAW se koverte operasies selfs voor die Kemptonpark-onderhandelings aan die ANC oorgehandig het, waarmee vele lede van die veiligheidsmagte se lewens in gevaar gestel is. Hoe reageer u hierop?
  8. Waarom het u luitenant-generaal PW van der Westhuizen in u boek met sy “informele skryfstyl” aangeval? Was hy nie die man wat gepoog het om u op te lei alvorens u uself oortuig het, asook blykbaar ‘n paar twyfelagtige aanhangers, dat u ‘n “superbaasspioen” was nie? Hoe sou u daarop kommentaar lewer?
  9. Mnr. PW Botha het teen die einde van sy lewe sterk vermoed dat u met koverte verraad teen Suid-Afrika besig was en het dit dikwels teenoor nabye vriende genoem? Was hy verkeerd?
  10. U “informele skryfstyl” in die boek is opvallend… het u dieselfde ongesofistikeerde skryfstyl in u Engelse kommunikasie met buitelandse inligtingsagentskappe gebruik? Indien u het, was u onder verskeie vertroude waarnemers bekend dat u uiters onprofessioneel opgetree het! Hoe reageer u op dié beskuldigings?
  11. ‘n Bekende en hoogs gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse politieke wetenskaplike het eenkeer na u PhD-proefskrif verwys as “nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en dat dit met die uitsluitlike doel geskryf is om ‘n uitverkore groepie selfgesentreerde akademici en welaf Afrikaners in Bloemfontein te probeer beïndruk…” Hy het sy mening gestaaf deur die proefskrif met heelwat swier en oor ‘n hele paar meter in die snippermandjie te gooi voor ‘n goed bygewoonde klas van senior studente met dié slotwoorde: “‘n nuttelose stuk werk wat deur iemand geskryf is wat net as ‘n hekwagter gekwalifiseer het”. Hoe reageer u hierop?
  12. Watter rol het u gespeel om die SAW te verbied om aan die Kemptonpark-onderhandelings deel te neem, asook die daaropvolgende verlies van geheime sakelyspunte van die ANC (wat slegs aan die SAW bekend was) waarin ‘n algemene amnestie met geen verdere vervolgings ter sprake was, asook ‘n kulturele tuisland vir die Afrikaner? Wat is u kommentaar hierop?
  13. In u boek neem u volle verantwoordelikheid vir die vernietiging van die bandopname van die eerste vergadering tussen PW Botha en Nelson Mandela. Watter gedeelte van die inhoud was volgens u te plofbaar op die vooraand van die onderhandelings? Was die feit dat die bandopname met sy getuienis van twee persoonlikhede wat mekaar waardeer en respekteer problematies vanuit die heersende perspektief wat u en u medesamesweerders help skep het, agter die linies?
  14. Verskeie ingeligte kommentators glo tot vandag toe dat u deel was van ‘n uitgebreide komplot om president PW Botha te vermoor wat met die tegniese hulp van die CIA uitgevoer is en dat hy nooit beroerte vanweë natuurlike oorsake gehad het nie, maar dat dit nageboots is deur die koverte aanwending van ‘n deskundig ontwerpte chemiese wapen. Hulle beweer dat u deur senior lede van sy personeel bygestaan is. Wat sou u antwoord hierop wees?
  15. Die Israeli’s is hoogs gerespekteerde beoefenaars van inligtingsoperasies in ‘n dodelike omgewing, iets wat u duidelik nooit begryp of verstaan het nie. Sou u kommentaar wou lewer daarop of u van plan is om u “informele” boek te vertaal wat vele onvleiende opmerkings oor hul inligtingsdiens bevat, gepaard met dikwels kru terminologie sodat hulle u mening oor hul fisieke statuur (“kortgatsindroom”) en inligtingswerk sal verstaan?
  16. Toe u by Elize Botha se begrafnis opdaag, het u skielik en ongemaklik gedurende die verrigtinge verdwyn. Gerugte wil hê dat u in die openbaar weggejaag is. Hoe reageer u hierop?
  17. Was die rede dat u nie PW Botha se begrafnis bygewoon het nie, daaraan verwant dat u by Elize se begrafnis in die openbaar weggejaag is?
  18. U “informele” boek toon geen begrip of kommer oor die minderheidsgroepe nie, bv. die Afrikaner se huidige totale gebrek aan politieke invloed of seggenskap en veral die blanke boerderygemeenskap se haglike toestand, veral nadat hul R4-gewere van hulle afgeneem is deur die ontbinding van die kommandostelsel. Dit het hulle met min of geen verdediging gelaat, teenoor hul dikwels swaar gewapende aanvalllers – ook met Kalasjnikof-aanvalsgewere – gelaat nie. Sou u dalk wou uitwei of u enige verantwoordelikheid hoegenaamd voel vir dié tragiese en onomkeerbare situasie ná u selfverklaarde triomfantelike en suksesvolle loopbaan as NI-baas – soos dit in u “informele” boek beskryf word?
  19. Ambisieuse en “suksesvolle” mense soos u word dikwels deur die geskiedenis geoordeel lank nadat hulle hierdie sterflike plek verlaat het. Sou u wou reageer op die vraag of u dalk onthou sal word as “‘n dapper kryger vir die Afrikaner se uiteindelike oorlewing as groep” of as ‘n “selfgesentreerde en ambisieuse man wat ver bokant sy vlak van bekwaamheid en kulturele verfyndheid aangestel is”?

– Thorsten

Xenofobie net soos plaasmoorde is ‘misdaad’

Die ANC-regime pas tans maksimaal skadebeheer toe nadat beeldmateriaal van ‘n xenofobiese moord op ‘n Mosambieker, ene Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het.

Net soos met plaasmoorde, het die die SAPD verklaar dat dit gewone misdaad was, maar net soos met plaasmoorde is dit klinkklaar dat die ANC nie streef na enige oplossings nie.

Jacob Zuma het Maandag uitgevaar teen die media wat nie wil saamspeel om die jongste onverkwiklikhede toe te smeer nie. Die ANC is nou skielik aan die ontvangkant van linkse mediagif en “morele” verontwaardiging.

Zuma se amptenare het inderhaas allerlei mooi “morele” beloftes oor samesyn en vrede gemaak, sonder die vaagste idee oor wat die land nou eintlik getref het.

Dis eintlik eenvoudig: Hoe meer Afrika-immigrante oor die grense stroom, hoe groter word die mededinging vir skaars hulpbronne. Dat dit toenemend op geweld gaan uitloop, is so seker soos wat die son more aan die oosterkim gaan skyn.

Die Zoeloekoning is staande toegejuig by die imbizo in Durban Maandag nadat hy vroeër sy broers uit Afrika met miere en luise vergelyk het. Sy volgelinge is klaarblyklik nie goed ingelig oor wat die media deesdae as “moreel” voorhou nie, maar heeltemal op hoogte van die felle stryd wat daar buite woed tussen etniese groepe.

Pravin Gordhan, die minister van Samewerkende Regering, was die ANC se vroom gesig na buite, teen die nuwe media-aanslag. Hy het tydens sy besoek aan Alexandra verklaar dat Suid-Afrika die “hoop” van die vasteland moet verteenwoordig, dws net soos voorheen ‘n magneet moet bly vir immigrante. Dít is die “morele” hoëgrond.

Duidelik gaan die ANC niks kan doen aan die kwessie nie, want hulle verkeer tussen Scylla en Charybdis. Dus gaan gods water maar oor gods akker bly loop, tot die volgende grusame hoofstuk.

Die voortslepende geweld teen wit boere het die getal kommersiële boere in die land met byna die helfte verminder sedert 1994.

Die voorsitter van Institute for Poverty, Land and Agrarian Studies (PLAAS), Ben Cousins het tewens Maandag aan afgevaardigdes by ‘n internasionale konferensie by die Universiteit van Wes-Kaap gesê omdat die oorblywende boere so produktief is, is daar geen bedreiging vir voedselsekerheid nie.

Daar is net 35 000 kommersiële boere in die land oor en vyf tot sewe persent van dié boere produseer sowat 80 persent van die kos in die land.

Daar is natuurlik ‘n ekonomie van skaal by landbouverwikkelinge betrokke, maar PLAAS het ‘n ideologiese projek wat ten uitvoere gebring moet word om “gelykheid” te bevorder. Dis ‘n ou kommunistiese slagspreuk wat beteken dat almal ewe arm moet word om die armes te plesier.

PLAAS wil naamlik toesien dat dié wit boere wat sukkel, hul grond aan swartes oorhandig “om armoede op te los”. En aangesien hulle nou verklaar het dat voedsel ‘n sekerheid is, is daar plaasaanvalle om die halsstarriges te oorreed om af te sien van eienaarskap.

‘n Mens begin wonder of die oorblywende boere dalk ewe tevrede is met die stand van PLAAS-sake. Na die Russiese rewolusie was daar ook diegene wat jammerlik gedink het hulle kan voordeel trek uit ‘n kommunistiese bewind. Toe nie.