Rooi Antjie Krog sê blankes ‘moet toilette in lokasies gaan skrop’

Deel op

Die digteres Antjie Krog, wat in Engels skryf al is haar Engels baie vrot, het Saterdagaand in ‘n tirade teen Suid-Afrikaanse blankes uitgebars toe sy die Sunday Times-prys vir Engelse poësie ontvang het. Soos ‘n wafferse Rosa Luxemburg, die beroemde Duits-Joodse vrouekommunis van ‘n eeu gelede, het Krog voorgestel dat “blankes toilette in die lokasies moet gaan skrop, geboue moet oppas, onderwys gee en vraestelle merk”, alles sonder betaling as straf vir “apartheid en kolonialisme”.

Sy meen verder dat alle middelklaswoonbuurte vrylik deur plakkers beset behoort te word om van Suid-Afrika ‘n “roereier” te maak en sodoende die gevolge van “apartheid en kolonialisme” ongedaan te maak. “Bevryding bly onvoltooid as die apartheids- en koloniale stad nie geherorganiseer word nie…” het Krog gesê.

Vir ‘n tydperk van twee jaar moet eiendomswette opgeskort word sodat plakkers vrylik plase, voorstede en selfs parke kan beset  en oor die ruimtes met eienaars kan “onderhandel”. Dit sal Krog se droom van ‘n “roereier”-Suid-Afrika bespoedig. Die twee jaar van revolusie wat aan Pol Pot se Kambodja of Mao se “kulturele revolusie” in Rooi China herinner, noem Krog die “Tydvak van Radikale Heropbou”. Tydens “Radikale Heropbou” moet “alle energie, hulpbronne, asook elke Suid-Afrikaner, gebruik word om massiewe strukturele verandering te bewerkstellig”. In die praktyk sou dit beteken dat inwoners op die klassieke kommunistiese manier van die twintigste eeu as “slawe van die revolusie” gratis dienste aan die staat en sy revolusionêre leierskap moet lewer.

Volgens Krog het blankes “drie eeue lank skade aan die land aangerig” waarvoor “niks ooit sal vergoed nie”. Sy meen dat dit nou “die tyd vir woede is” en dat swartes rede het om blankes te wil doodmaak. Daar moet meer begrip wees vir waarom swartes blankes doodmaak, verklaar sy. “Ek respekteer woede,” sê Krog. “Woede is dikwels waar belangrike verandering begin. Nie die woede van blinde vernietiging nie, maar die woede wat helderheid van rigting en deurdagte doelwitte bring. As iemand kwaad is en sê: ‘Ons moet die blankes doodmaak sodat…’ dan is dit tyd vir reële reaksies, soos: ‘hoe? of op grond van watter beginsel? of belangriker: en wat dan?’.”

Studente wat afstudeer of mense wat afgetree is, moet ook gratis “in hul geboortedorp of -stad gaan werk om tekorte of agterstande in die howe, hospitale, skole, administratiewe kantore, korrupsie-ondersoeke, kindersorg werk… Sonder salaris. Die dorp sal kos en slaapplek verskaf.”

In kommentaar op sosiale media, het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê:

Dit wys jou net hoe die mees idiotiese verloopte Afrikaners deur “die media” tot openbare figure opgebou word, net om agterna in dié kwasi-kommunistiese retoriek te verval.

Weet sy ooit wat sy sê? Sy het nie ‘n benul van ekonomie, politiek, filosofie of enige ander ingewikkelde onderwerp nie. Sy skryf rympies oor “wit Afrikanermans met boepense” waaroor die linkse Engelse (en Beeld) gaande is.

Sy behoort ‘n voorbeeld te stel en al haar besittings en sommer die kopiereg op haar derderangse “digkuns” op te skort sodat die werkersklas dit gratis kan lees.

Kom nou, Antjie, wys vir ons hoe Rooi jy regtig is!

Die Rosa Luxemburg van Kroonstad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.