Na aanleiding van Nelus Niemandt se beroep dat homoseksuele ook as predikante in die NGK toegelaat moet word, asook verskeie goeie skrywes onlangs op die Praagwerf wat die Moffia behoorlik kortgevat het, vergun my asb die geleentheid om te reageer op die flou verskonings wat deur diegene wat ten gunste van “vrolike” predikante is, op sosiale media en in die pers geopper word. Ek gaan in hierdie stuk kyk na die verskonings wat aangebied word deur diegene wat ten gunste van homoseksuele leraars is, onder andere Nelus Niemandt, en dit een vir een bespreek.
1. “Homoseksuele word so gebore en dit is nie ‘n blote keuse nie.”
Dié aanspraak is natuurlik ‘n omstrede een. Enige aangebore, en dus oorerflike, neiging, wat die lyers daarvan per definisie ontmoedig om voort te plant, sou noodwendig tot die gevolg lei dat die lyers daaraan mettertyd uitsterf, omdat homoseksuele pare per definisie geen kinders met mekaar kan verwek nie. Laasgenoemde sien ons egter nie. Diegene wat beweer hulle is oorerflik homoseksueel, word nie minder nie, want, vreemd genoeg, plant sommige homoseksuele wel op die gewone manier voort, en trou van hulle selfs met die teenoorgestelde geslag. Waarom? Want hulle kies om “tydelik” nie homoseksueel te wees nie. Hulle beweer hulle is kwansuis so gebore, maar trou dan tog wel dikwels met dieselfde geslag. Hoe ernstig kan mens die beweerde aangeborenheid dus opneem?
Selfs al aanvaar mens die sogenaamde oorerflike komponent van homoseksualiteit, het beide Downsindroom en soms skisofrenie ook ‘n oorerflike grondslag. Ek lees van niemand wat argumenteer dat skisofrene of Downsindroom-lyers ook tot die bediening toegelaat moet word nie.
2. “Benewens homoseksualiteit, verbied die Ou Testament ook die eet van skulpvis en daar is talle ander belaglike voorskrifte in die Bybel.”
Moord, steel en egbreek word egter ook deur die Ou Testament verbied. As jy jou nie wil laat voorskryf deur die Ou Testament nie, waarom jou dan steur aan enige iets daarin vervat, onder andere die gedeeltes wat jou verbied om moord te pleeg? Homoseksuele agtitators beskuldig Christene van die selektiewe lees van die Bybel, maar dit is presies wat hulle self doen. Hulle lees self die Bybel selektief . Hulle beskou Eksodus 20 se verbod teen moord as heeltemal geldig, maar ignoreer dan self ook dié gedeeltes wat hulle nie pas nie, onder andere Romeine 1:25-26.
3. “Ek het nie nodig om ‘n Bronstydperk-boek vol stories oor pratende donkies en maagdelike geboortes te lees om die verskil tussen reg en verkeerd te sien nie.”
Waarom jou dan hoegenaamd aan enige menslike geskrif, insluitende die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996, steur? Jy weet mos vanself wat is reg en verkeerd, en het dus geen wette of reëls vir jou nodig nie. Laat elkeen dan maar vir homself besluit wat vir hom reg of verkeerd is. As jy voel dis aanvaarbaar om iemand te besteel, kan jy immers ook argumenteer dat die grondwet ook ‘n mensgemaakte dokument is, en jy kan veral, as homoseksuele aktivis, dan aanvoer dat die verbod teen steel wat in Eksodus 20 voorkom, hom in ‘n boek bevind wat ook stories oor pratende donkies bevat. Waarom jou dus daaraan steur? Kies jy dan maar self wat jy wil glo en wat nie.
In beide (2) en (3) hierbo is daar egter ‘n veel, veel groter probleem vir die homoseksuele agitator, wat homself aan kerke soos die NGK wil opdwing. As jy dan die Bybel se gesag wil bevraagteken, waarom jouself dan wil opdwing aan ‘n instansie wat die Bybel as sy grondliggende brondokument beskou? As jy die Bybel wil afmaak as primitief of irrelevant, wat op dees aarde soek jy hoegenaamd naby enige organisasie wat per definisie die Bybel se gesag aanvaar, buiten as ‘n moeilikheidmaker?
4. “Die NGK diskrimineer teen gays in die bediening.”
Die NGK het onlangs ‘n ondersoek geloods na die beweerde egbreuk van prof Piet Stauss, ‘n voormalige moderator van die NGK, nav die professor se beweerde egbreuk en egskeiding. As selfs ‘n voormalige moderator agv beweerde seksuele wangedrag verhoor kan word, wat maak homoseksuele en hul seksuele wangedrag meer of minder spesiaal as die moderator? Daar is dus geen sprake van diskriminasie nie.
5. “Daar is nie groot of klein sondes nie, en almal sondig.”
Presies. Almal is sondaars. Synde ‘n Calvinistiese kerk, is die sondige aard van die mens een van die grondslae van die NGK se teologie. Natuurlik is die mens in sonde ontvang en gebore! Dit is juis die hele punt! Dit is slegs agv God se genade dat die mens gered kan word. Verwys egter weer na die voormalige moderator hierbo. Die feit dat die mens inherent sondig is, bied nie aan enige mens ‘n vrypas om aan te hou sonde pleeg nie. Had die moderator volhard in sy sonde van egbreuk, sou hy ongetwyfeld permanent uit die bediening geskors word. Waarom dan homoseksuele toelaat om te volhard in hul sondige seksuele praktyke, maar nie heteroseksuele egbrekers nie?
6. “Homoseksualiteit doen niemand skade aan nie en dit vind plaas tussen instemmende volwassenes.”
Eerstens is dit ‘n twyfelagtige stelling dat homoseksualiteit niemand skade aandoen nie. Vigs is byvoorbeeld kwalik ‘n skadelose siekte, en manlike homoseksuele is onder die mees vatbares vir vigs. So ook kan mens presies dieselfde argument opper ten gunste van ander seksuele praktyke, onder andere veelwywery. Ek daag enige gay-aktivis uit om te argumenteer dat president Zuma se volwasse vrouens skade aangedoen word agv die president se veelwywery. Waarom dan nie ook die logiese ding doen en argumenteer ten gunste van veelwywery in die NGK nie? Geen hoofstroomkerk keur veelwywery egter goed nie.
Dus: Al die gewone regverdigings en verskonings wat ten gunste van gays in die NGK se bediening geopper word, is voorbeelde van leuens, mistastings en foutiewe logika wat maklik verkeerd bewys kan word. As Niemandt en sy trawante hul sin sou kry, sou dit onmoontlik wees om leraars wat hulself aan veelwywery of egbreuk skuldig maak, uit hul amp te ontslaan. Dit sou ook die finale einde van die NGK beteken, want ‘n kerk wat van sy morele gesag oor sake soos egbreuk of homoseksualiteit afstand doen, het geen bestaansreg nie.
– Jared van Niekerk

Hier is ds. Jan Louw se reaksie: http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1018-misleiding-van-ng-kerkleiers-oor-gays-jan-louw.html
Wie onreg pleeg voel verontreg!
As homoseksualiteit volgens die wette van die natuur of skriftuurlik geregverdig sou kon word, waarom dit dan verdedig?
Ek is glad nie ‘n goeie Christen nie, so God vergewe ydelheid, maar vir die NG Kerk het ek groot minagting, want hul mening is altyd ten gunste van die gees van die tyd. Wat sê die Bybel oor hierdie saak?
Gen 19:1-38
Levitikus 18:22
Lev 20:13-15
1Kon 12:24 ?
Markus 10:6-9
1 Kor 6:9-11
Romeine 1:26-28
Romeine 1:8-10 (wat is die implikasie van hierdie vers vir die hedendaagse kerk)
1 Tim 1:10-11
2 Tim 4:3
Judas 1:7
Die NG Kerk moet besluit of hulle die Bybel dien of populêre kultuur. Om dus ‘n praktiserende homoseksueel in die Kerk se ampte aan te stel is teen die wil van God, dit is soos om ‘n praktiserende moordenaar willens en wetens aan te stel. Hier kom jy gewoonlik die “David was ook ‘n moordenaar” strooiman tee, maar David het opgehou moor en vergifnis gekry. Dit geld ook vir die homoseksueles en alle sondaars. Soos ek gereeld sê: Die NG Kerk se morele kompas is so stabiel soos ‘n weerhaan in ‘n tornado.
Die kerk het ontaard in ‘n “klub” waar mense kan weghardloop van hulle wandade en daarvan “vergewe” word.
Die kerk is veronderstel om ‘n hawe vir mense te wees – nie om hulle te laat goedvoel nie maar waar gebroke mense werklike sielerus kan kry as hulle hul sondes bely en wegdraai van die verkeerde pad af.
‘n Hawe te wees waar jy in jou faal roem – nie in jou vaal nie…
Kalium_Chloraat: “Ek is glad nie ‘n goeie Christen nie…” Met ander woorde – jy probeer nogsteeds jou eie redding bewerkstellig? (Sien Paulus se skrywe oor wat hy wil en nie kan nie…)
Huh?
Dink na oor wat ek gesê het – jy sal dit dan eensklaps besef. 😉
????????????????
Nie een van ons is perfek nie, nie ek nie, nie jy en ander nie, want as ons was, sou ons soos Jesus gewees het en nie meer op aarde nie. Ons het ‘n stryd om te stry, maar ons is oorwinnaars wat bly vaskleef aan God ons Vader in die geloof. Staan net sterk en probeer om, soos ek, vas te hou aan Gal 5:22. As ek val erken en bely dit, God is regverdig en getrou, Hy vergewe soos Hy beloof het.
Ons is nie op aarde geplaas om mekaar te oordeel en te wantrou nie, nee. Ons is hier om bymekaar te leer en mekaar te vertel wat Christus in ons lewe vir ons gedoen het. Ja, ons sit met ‘n element wat ons geduld, geloof, hoop en alles wat normaal is die bosse in te stuur. Maar, my persoonlike mening is dat God dit toelaat om weer Sy kinders terug te trek na Hom sodat Hy ons kan seën.
Ai…., julle begryp my totaal verkeerd.
Jy aan my: “Nie een van ons is perfek nie, nie ek nie, nie jy en ander nie, want as ons was, sou ons soos Jesus gewees het en nie meer op aarde nie.”
Sien my skrywe aan hom hieronder B.M.: “Om mee te begin – ‘n “goeie” Christen bestaan nie.” – dit wat jy aan my skryf B.M. is net meer woorde – op wat ek aan hom geskryf het.
Jy aan my: “Ons is nie op aarde geplaas om mekaar te oordeel en te wantrou nie, nee. Ons is hier om bymekaar te leer en mekaar te vertel wat Christus in ons lewe vir ons gedoen het.”
Is dit nie (a.g.v.) jou (bedekte) hovaardige gesindheid jeens my dat jy dit kan aflei in ‘n enkele sin van my nie – sien jy nie dat ek in myself geen goed sonder Christus Jesus sien nie? Dat ek eerder op myself spu as om “te probeer” lyk na iemand wat gered is omdat ek kwansuis myself “wou” red?
Bad moon en andere…, sou ek sê dat “ek probeer om ‘n goeie Christen te wees”… Is dit nie roem in myself nie? (Wanneer ek swak is, kom God se krag na vore in my lewe…. Daarom roem ek in my mislukkings – want my sukses is nie daarop gegrond nie.)
Ai tog! Ek kritiseer nie enige medegelowiges nie – ek ondersoek slegs die geeste agter skrywes… (Dan en wan – soos in lukraak.)
Ek stem volkome saam met jou skrywes!
Ek is nie skeef nie, maar ek laaik jou en Andy. Hoe sê die Kleurling gemeenskap hier in die Kaap, ” Too much”
Die saak is reg B.M. ;)) Dis wedersyds.
Ek kom in vrede. Ons perspektief is selde sonder gate of ‘n dik vel…
Mnr. Andy is ‘n goeie voorbeeld vir menige mens… Vir my in die eerste plek – om nie so oor-entoesiasties met my hart op my mou te skryf – oor sekere onderwerpe nie. (Hehe..)
Het vanoggend hierdie van ‘n Pastoor vriend van my gekry en wil dit graag met jou deel.
A Soldier of the Cross
Paul instructs Timothy in 2 Tim. 2:3 (EMTV) to “…endure hardship as a good soldier of Jesus Christ.” I find it interesting that he would use the word “soldier” in this context. It is expected that soldiers must endure hardships. It comes with the job. Soldiers must be disciplined and loyal to their commanders, especially during the test of battle. Jesus expected the same discipline and commitment from His followers, and He made it clear in Mat 10:38 (EMTV) when He said that, “…he who does not take his cross and follow after Me is not worthy of Me.”
The life of a Christian, like that of a soldier, is not a life of comfort. It is a life of sacrifice and endurance of hardships. This is what you have signed up for when you became a soldier, or a Christian. No victory is won without sacrifice. You may find yourself tested to the utter limits, engaged in a battle, whether it is a physical real-life battle or a spiritual one; the principle stays the same. Battle time is not a time for whining, it is a time for shining!
It is only during difficult circumstances that medals are won. It is only during times of suffering, sacrifice, and unselfish service that your testimony bears any significance. You cannot prove your loyalty in good times, your strength when the load is light, and your endurance when all is well. It is when all hell breaks loose around you and you stand strong as an oak tree in a storm, that God is glorified.
Bear up under the cross, soldier, this is your time to shine!
Baie dankies – so waar B.M.. Mense dink dat “Christene” geprys sal word vir hul geloof en om God lief te hê… Wat baie “Christene” (Laat staan nog heidene) nie besef nie is dat Satan hul verseker gaan besoek en laat swartsmeer. Om hom te weerstaan is ‘n stryd sonder gelyke – dis ook nie in stryd met die Woord nie.
Die EN GEE kerk is steeds kop en een mis met die katolieke kerk. daar is kerke wat vasklou aan sektariese beginsels i p v om dit wat die Woord van God sê te verkondig. Wat my baie kwel is dat die heidense gelowe ons voor is. In die sin dat die heidene, soos die moslem, hindu, boediste en ander ‘n passie het vir hul “god”, ‘n amper ongekende lojaliteit. Iets wat in die Christen geloof maar baie min van te sien is. En as daar ‘n waarlik opregte Christen in ‘n gemeenskap opstaan, word die gou gekritiseer en gou word gesê hy loop met die Bybel op sy arm, maar kyk hoe lyk sy/haar lewe. ‘n Goidvrugtige lewe, soos wat God dit beplan het.
Toe God die mens geskape het, het Hy gesê, dit is nie goed dat die mens alleen moet wees nie en vir hom ‘n maat geskape. Die maat was vroulik en nie manlik nie.
Wil ons nou in ons hoge alwysheid kom sê, God het ‘n fout gemaak.
Watter onge-ewenaarde arrogansie word daar aan die dag gelê deur so iets kwyt te raak, want volgens my mening is dit presies wat hierdie stryders vir die regte van homosesueles opper.
Hier sal verseker sterk standpunt ingeneem moet word.
Hoe ‘n man na ‘n ander man kan kyk asof hy ‘n vrou is, is nie net pervers nie – dit is in my beskeie oë onmoontlik! (Hoeveel wat dit lees sal begryp wat “natuurlike begeerte en hartstog” beteken…?!)
Na my mening is daar noue bande tussen manlike homoseksualiteit en narsisme – daarvan getuig die skrikwekkende bandeloosheid van gays (sien Joseph Secreve se rubriek hieroor). Ook is daar ongetwyfeld ‘n sterk verband tussen dit en pedofilie. ‘n Veel groter persentasie manlike gays is pedofiele as wat onder normale mans voorkom.
So ook vind mens die vreemde verskynsel dat lesbiërs beweer hulle is aangetrokke tot vrouens, maar dan doen hulle alles in hul vermoë om presies net mans te lyk.
” ‘n Veel groter persentasie manlike gays is pedofiele as wat onder normale mans voorkom.” So ‘n bietjie syfers uit Amerika om die stelling te steun: 2% of population commit 33% of pedophile acts.
Goeimore Dolk. Ek stem volkome met jou saam. Dit KLINK net eenvoudig nie vir my moontlik nie. My persoonlike mening is dat gays voor die voet n absolute gevoel van verwerping ervaar, en juis daarom “voorgee” dat hulle spesiaal is en dit aanvaarbaar moet wees.
(Tussen wie-almal gevra?) Waar staan daar geskrywe – “Jy mag nie jou naaste se man begeer nie?”
Inderdaad.
“God made Adam and Eve, not Adam and Steve.”
More Andy,ek stem 100% met jou saam, maar, ek wil iets byvoeg oor dit wat jy gesê het. As ons in 1 Kor 6 gaan kyk sien ons die in die ouer weergawe van die Lewende Bybel, staan daar die volgende ” Julle weet tog dat iemand wat sulke onreg doen, nie in God se nuwe ryk toegelaat sal word nie. Moet julleself nie dinge wysmaak wat nie so is nie. Mense wat onsedelik lewe of afgode aanbid of in die huwelik ontrou is of homoseksuele omgang (sodomie) het, sal nie in God se nuwe ryk inkom nie, ook die mense wat steel of geldgierig is of dronk word of van ander kwaadpraat of ander berowe nie.”
Die groot geheim hier is dat sondige mense hul sonde moet laat staan, wegdraai daarvan, vergifnis vra en nie weer toelaat om in daardie situasie te kom nie. Op ons eie kan ons nie, maar met die hulp van die Here kan ons. Hoe sê Gods woord, ” ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Met enige sonde insluitend die homo’s is die woord ook duidelik dat jy nie met sulke mense mag omgaan nie, want as mens kan jy in die versoeking kom, party weerstaan dit maar ander is swak en val weer. Die feit bly egter staan dat homo’s, soos ander sonde ‘n gruwel in God se oog is, so erg dat HY Sodom en Gomora verwoes het en dat Hy al gesê het dat Hy die mens geskape het.
Ek sê net vandag, dankie Here vir vergifnis. Maar as ‘n mens nie die dinge wil laat staan nie, keer jy jou rug op God en dan gebeur wat God in Sy woord sê keer die Heilige Gees ook Sy rug op jou. Ouch eina.
Laastens wil ek net noem dat ek jou kommentare altyd geniet, jy praat met soveel wysheid en insig.
Middag Bad Moon,
dankie vir dit wat jy bygevoeg het. Jy is presies reg, maar die ergste is dit wat jy sê van wat die HG sal doen sou jy nie tot inkeer kom nie,
In Rom 1 staan dit ook baie duidelik dat die Here hulle oë sal sluit en hulle sal toelaat om hulleself oor te gee aan wellus.
Die eerste tree is joune, met jou hand uitgestrek na God.
Wat jy sê in jou laaste sin,,,,, al wat ek kan sê is dan,dankie Vader dat U my nog steeds gebruik as ‘n werktuig om die goeie saad te saai.
Ek self is ‘n sondaar nes jy en Dolk en die volgende ou. Ek deel maar my gevoelens ook met julle, en ween oor ons volk se verval.
Dankie ou vriend, ek neem dit in die gees waarmee jy dit sê.
Andy, ek onderneem om jou spoedig van die gedeeltes te voorsien, maar kyk gerus na Matt 18:15-19.
Dit is bemoedigend om Christen mense soos jy ook op die blad te kry., ek is bewus van ‘n paar van ons. Dink tog dit maak ‘n verskil.
Daar is jy verseker reg.
More Andy, Het hierdie vanoggend van ‘n Pastoor vriend van my gekry en wil dit ook graag met jou deel.
A Soldier of the Cross
Paul instructs Timothy in 2 Tim. 2:3 (EMTV) to “…endure hardship as a good soldier of Jesus Christ.” I find it interesting that he would use the word “soldier” in this context. It is expected that soldiers must endure hardships. It comes with the job. Soldiers must be disciplined and loyal to their commanders, especially during the test of battle. Jesus expected the same discipline and commitment from His followers, and He made it clear in Mat 10:38 (EMTV) when He said that, “…he who does not take his cross and follow after Me is not worthy of Me.”
The life of a Christian, like that of a soldier, is not a life of comfort. It is a life of sacrifice and endurance of hardships. This is what you have signed up for when you became a soldier, or a Christian. No victory is won without sacrifice. You may find yourself tested to the utter limits, engaged in a battle, whether it is a physical real-life battle or a spiritual one; the principle stays the same. Battle time is not a time for whining, it is a time for shining!
It is only during difficult circumstances that medals are won. It is only during times of suffering, sacrifice, and unselfish service that your testimony bears any significance. You cannot prove your loyalty in good times, your strength when the load is light, and your endurance when all is well. It is when all hell breaks loose around you and you stand strong as an oak tree in a storm, that God is glorified.
Bear up under the cross, soldier, this is your time to shine!
Dis reg, staan regop, kyk op, en weet wwar jou heil vandaan kom.
Ek het dit onmiddellik gaan oplees. Dit is ‘n baie bekende gedeelte vir my.
Ek bevestig dit hier aan jou, dat dit VERSEKER ‘n verskil maak.
Pasop vir dit wat die mens behaag – want dít, is as ‘n reël ‘n gruwel vir ons Skepper…
Naspes is weer die homoseksuele agitators se voorste juigkommando.
http://www.netwerk24.com/stemme/2015-07-06-die-burger-s-ng-moderator-gee-dapper-leiding-oor-gays?google_track_login=1&google_track_paid=0
Wie is Nelus Niemandt presies? http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/860-nelus-niemandt.html
niemand
hehe Kalium C, zou die iemand, die zich niemand laat noemen ,de ‘niemand’ van Odysseus kennen als iemand. Omdat hij ook in Cyclops gelooft ?
Van die NG kerk se teoloë het die Bybel verruil vir die UVMR [Universele Verklaring van Menseregte], om die klomp gatkruipers te akkommodeer!
As hulle so behep is met die UVMR, waarom verduidelik hulle nie aan hul lidmate die verskille tussen die Kores-silinder en Jesaja 44 en 45?
Waar lees mens oor hierdie verskille ?
http://www.nuwe-hervorming.co.za/koning-kores-herder-messias-en-menseregte- perspektiewe-vir-ons-tyd/
Die gatkruip-tema blom .
Net ter syde : Oor ekonomie , politiek en kerke . In Bloemfontein se CRC is vele ‘ voorheen benadeeldes ‘ nou ‘ ekonomies voor-in-die-koor-welvarend’ . Guns wat volg nadat jy jou tiende gegee het . . . . ? So maklik soos dit .
Sou die tiende nou op jou bruto of netto inkomste betrekking hê ? Wonder hoe gaan dinge dan in Antjie se werk-sonder-inkomste-jaar lyk .
Na bewering gaan die CRC ook sterk vorentoe in Zimbabwe .
Jip Betzie, hulle maak “franchises” orals oop
Jammer ek het http:// weggelaat
http://www.nuwe-hervorming.co.za/koning-kores-herder-messias-en-menseregte-perspektiewe-vir-ons-tyd/
Ek sal probeer: Jesaja is in die Bybel en die Kores-silinder vat ‘n Kores-suier en jy kry dit ‘n ‘n Kores-positiewe-verplasings-pomp?
Nee dit is die Kores-silinder van Kores die Grote, stigter van die Achaemeense Persiese Ryk.
Volgens die Kores-silinder word na Kores verwys as die gunsteling wat deur Mardoek uitverkies is om hom in die jaarlikse prosessie te lei, en volgens Jesaja 45:1 “So sê Jahwe aan sy gesalfde, aan Kores”
Ja, ek ken ‘n groot Kores-verplasings-pomp, dit Pers olie saam.
Binnekort by ‘n NGK naby jou.
Labradors GEE net … liefde en liefde en nogmaals liefde . Donker humor .
More Betzie,
ja die situasie is vir my ook krapperig. ek weet nie presies wat moet ek hierin “lees” nie.
of is ek nou weer skuins van die wa af, dan is ek nou maar jammer daaroor, en dit is dit.
Goeiemore Andy. Ek dink nou weer ek verstaan presies wat Manfred met hierdie foto wil sê. As dinge so aangaan, gaan die malles eersdaags bestialiteit wil wettig, of liewers dit wil normaliseer…
daarbij kan men zich afvragen of bv. een meneer Lavrentia Beria in de Sovjet Unie niet al zover was gekomen dat hij zijn schandknapen die hij liet castreren, niet meer als jonge jongens zag, Riaan.
Goeiemiddag Hans. Nes jy daar sê. Lol…ek van die woord “schandknapen”.
Die Bybel (Ou Testament, OAV) verwys na skandeseuns,
Middag Riaan,
ja jy is reg, ek het so-iets vermoed maar was nie seker nie.
Manfred, ek hoop regtig nie jy het aanstoot geneem met dit wat ek gesê het nie. Ek het respek vir dit wat jy hier op Praag deurgee, maar veral ek moet soms mooi lees en bedink oor wat jy sê, want jy het jou eie styl om jouself uit te druk wat soms soos ‘n swaard twee kante toe kan sny.
jy is ook ‘n persoon wat nie doekies omdraai wanneer die situasie dit vereis nie, en daarmee het ek ook verseker geen probleem nie. Ek hou daarvan.
Ja ek reken ook maar so. Dit is vir my ewe absurd om met jou hond te trou as vir ‘n man om met ‘n ander man te wil trou, VERAL in die kerk. Dis seker maar wat die prentjie bedoel: Dit maak ‘n bespotting van die instansie van die huwelik en die blote feit dat die moderator van NGK dit eens kon voorstel, is ‘n klap in die gesig vir al sy lidmate. Niemandt moet onmiddelik agv die verkondiging van ‘n ernstige dwaalleer op verpligte verlof geplaas word, hangende die uitslag van ‘n kerklike tugverhoor.
Ek weet wel daar is konserwatiewe dominees wat hierdie trouery van Adam en Steve of Steve en Wagter sal beveg, en al wat nodig is, is om dit aan die NGK se gewone lidmate vir ‘n stemmery voor te hou, soos hulle met die Boesakbelydenis gemaak het.
Manfred, weet jy hou kyk ek na wat gebeur…? Hoe ek dit gade slaan… Daarna tuur… (Ek sê dit met innige respek uit my siel uit!) Dis vir my soos – toe Judas Iskariot opgestaan het van die tafel af…
Kan jy al die ander verdoem? Soos toe Petrus woedend geraak het… Waar was Paulus toe? My bede is dat Damaskus die volgende spilpunt vir hulle is…
AG EK DINK DIS MAAR NET DIE MANIER WAT VADER GEBRUIK OM DIE HEILIGE BOOMSTAMME EN HUISGODE VAN “DIE ” VOLK AF TE BREEK WANT DIE MENS OF satan IS NIE INSTAAT OM IETS SELF TE DOEN NIE. DIS TYD DAT AL DIE KERKE EN HULLE VERLEIERS WAI. ONS SOEK NET N KAMEELDORINGBOOM EN N NEDERIGE VOLKIE DAARONDER.
BOEK UIT BRONSTYDPERK OF NIE JY SAL NOOIT WEET WAT REG IS AS SY WET NIE IN JOU HART GESKRYF IS NIE
Wat my die meeste grief is dat diesulkes hul aksies de6r die Woord probeer regverdig
Ek het hierdie gedig raakgelees in een van my boeke op die boekrak en wil dit graag met u almal deel. Iets hierin praat met elkeen………….
“Getuienis”
“My hande sal ek ophef en getuig
voor God en mens van hierdie wonderlewe:
sal dan in hierdie Skepping ek alleen
gevind word wat Sy wil durf wederstrewe?
Uit die voorste kranse van die ewigheid
het Hy Sy hoë Woord tot my gespreek,
en kyk: Sy sterre vlam getuienis,
Sy Wet is dit waarteen my wil hom breek!”
W.E.G. Louw
Na die seksuele bevryding van die vrou met kontrasepsie en gesinsbeplanning het vroulike sekslawe soos Isam plek gemaak vir manlike sekslawe wat soos teelramme en teel bulle gebruik word. Die vroue laat hulle dek en maak die aanteel alleen groot. Egskeidingsyfer enkel ouers van > 50% !
Ons menslikheid word gestroop en ons raak almeer soos diere…..
Gaan die homo-ding die NGK in Oktober skeur, is die vraag. Lê daar ‘n antwoord hierien: In Oktober hierdie jaar sit die NGK se algemene sinode weer. Die gay-kwessie gaan weereens bespreek word. (Kyk ook Ope byeenkoms van die NGK se Taakspan oor Homoseksualiteit in Maart 2015 te Stellenbosch.) Die feit dat die NGK se moderator openlik pro-gay is, voorspel niks goeds vir die komende sinode nie. Neem kennis dat die algemene sinode hierdie jaar ‘n verkleinde sinode gaan wees. Sommige mense spekuleer dat die sinodegangers met die hand uitgekies is. ‘n Mens sal moet sien wat gebeur… ds. Jan Louw op glodiebybel
Mediese keuring vir werksgeskiktheid is so normaal wettig soos bestuurs lisensies en vlieëniers lisensies.en mediese registrasie ens
Ter wille van veiligheid en sekuriteit vir almal moet daar standaardisering van lisensiering en kwalifikasies sertifisering ens wees in beskaafde lande.
Soos altyd is die Duisters los voor met alles – goed en sleg en het sopas die afgryslike voorbeeld gestel met die Germanwings ramp. : wat die gevolge is van lagwekkende mediese keuring – wat ‘n uiters disfunksionele man in beheer geplaas het.
Die rampspoedige gevolge van belaglike keuring vir geestelike leiers in Kerke sal nog oneindig groter wees as wat Germanwings veroorsaak het. Daar kom reuse eise..
Maart teen wie sal gemeentelede kan eis as hul kinders vir die hel gepreek word…