PRAAG het die volgende vrae van ene Thorsten, wat ons aflei voorheen by MI (Militêre Inligting) in die ou Suid-Afrika werksaam was, ontvang, n.a.v. dr. Niël Barnard se outobiografie wat onlangs op dié blad resenseer is en waaroor Leon Lemmer insgelyks kommentaar gelewer het. Sommige van die vrae lees meer soos kommentaar op die boek of kritiek op Barnard, maar ons plaas hulle te goeder trou soos ons hulle ontvang het. Uiteraard aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van Thorsten se bewerings en sinspelings nie. – Die Redaksie.
Ek het bepaalde vrae wat ek aan dr. Barnard sou wou stel. Dalk kan hy of sy adjunkte hulle hier aanlyn beantwoord.
- Ten eerste: In u boek beweer u dat u tydens ‘n privaatgesprek met oudpresident PW Botha in Mei 1988 die volgende sou gesê het: “Meneer die president, ons moet besef waarvoor ons te staan kom as ons met Nelson Mandela begin onderhandel. Die uitkoms is onvermydelik en sal ‘n meerderheidsregering wees, met hom as president.” U sê dat Botha geantwoord het met: “Ek begryp dit baie goed. Dis nie nodig om vir my te preek nie.” Ons vind dit eienaardig dat u “memoirs” nou uitgegee word, met beide Botha en Mandela wat oorlede is. Na alles kan die dooies nie meer praat nie. Sou u hierop wou antwoord?
- Nog iets. Waarnemers het die opmerking gemaak dat Kobie Coetzee die voorstel gedoen het dat u as NI-baas aangestel word omdat hy vir sy eie Nasionale Party-leiersposisie in die Vrystaat gevrees het en u toenemende ambisie rondom dié pos. Sou u hierop kommentaar wou lewer?
- U is op die ouderdom van 34 op die vlak van direkteur of in militêre taal as brigadier aangestel. Toentertyd het vele waarnemers opgemerk dat u nóg oor die verlangde ervaring nóg oor die beroepsgerigte opleiding beskik het om die aansienlike uitdaging van so ‘n pos die hoof te bied. Wat sou u hierop antwoord?
- U het ons eie SA militêre inligtingsagente op ‘n onophoudelike en onbeholpe wyse in die buiteland deur NI-agente laat agtervolg. Dit het dikwels tot uitgebreide, duur sekondêre operasies deur bevriende buitelandse agentskappe gelei om u onprofessionele optrede te neutraliseer. Onder andere was daar verskeie moontlike rampe wat net-net afgeweer is aangesien u beleid van “die dophouers dop te hou” die ongewenste en dikwels lewensbedreigende aandag van vyandelike agentskappe teenoor SA militêre inligtingsoprasies getrek het. Sou u hierop wou kommentaar lewer?
- Slegte praktyke in die veld en swak dekking het dikwels daartoe gelei dat buitelandse agentskappe knaend teenoor Militêre Inligting gekla het oor, onder andere, u openlike aankomste by internasionale lughawens met hele weermagte van lyfwagte wat bakarm u persoon beskerm het, asook fisieke optrede waar lede van die publiek eenkant toe gedruk is. Wat is u reaksie daarop?
- NI het konsekwent en kinderagtig SA Militêre Inligting daarvan weerhou om die toenemende “MK-bevryde gebiede” binne Suid-Afrika onder president PW Botha se aandag te bring, meer spesifiek teenoor die einde van die 1980’s. Sou u hierop kommentaar wou lewer?
- Dis algemeen bekend dat u (NI) meeste van die lêers oor die SAP en die SAW se koverte operasies selfs voor die Kemptonpark-onderhandelings aan die ANC oorgehandig het, waarmee vele lede van die veiligheidsmagte se lewens in gevaar gestel is. Hoe reageer u hierop?
- Waarom het u luitenant-generaal PW van der Westhuizen in u boek met sy “informele skryfstyl” aangeval? Was hy nie die man wat gepoog het om u op te lei alvorens u uself oortuig het, asook blykbaar ‘n paar twyfelagtige aanhangers, dat u ‘n “superbaasspioen” was nie? Hoe sou u daarop kommentaar lewer?
- Mnr. PW Botha het teen die einde van sy lewe sterk vermoed dat u met koverte verraad teen Suid-Afrika besig was en het dit dikwels teenoor nabye vriende genoem? Was hy verkeerd?
- U “informele skryfstyl” in die boek is opvallend… het u dieselfde ongesofistikeerde skryfstyl in u Engelse kommunikasie met buitelandse inligtingsagentskappe gebruik? Indien u het, was u onder verskeie vertroude waarnemers bekend dat u uiters onprofessioneel opgetree het! Hoe reageer u op dié beskuldigings?
- ‘n Bekende en hoogs gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse politieke wetenskaplike het eenkeer na u PhD-proefskrif verwys as “nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en dat dit met die uitsluitlike doel geskryf is om ‘n uitverkore groepie selfgesentreerde akademici en welaf Afrikaners in Bloemfontein te probeer beïndruk…” Hy het sy mening gestaaf deur die proefskrif met heelwat swier en oor ‘n hele paar meter in die snippermandjie te gooi voor ‘n goed bygewoonde klas van senior studente met dié slotwoorde: “‘n nuttelose stuk werk wat deur iemand geskryf is wat net as ‘n hekwagter gekwalifiseer het”. Hoe reageer u hierop?
- Watter rol het u gespeel om die SAW te verbied om aan die Kemptonpark-onderhandelings deel te neem, asook die daaropvolgende verlies van geheime sakelyspunte van die ANC (wat slegs aan die SAW bekend was) waarin ‘n algemene amnestie met geen verdere vervolgings ter sprake was, asook ‘n kulturele tuisland vir die Afrikaner? Wat is u kommentaar hierop?
- In u boek neem u volle verantwoordelikheid vir die vernietiging van die bandopname van die eerste vergadering tussen PW Botha en Nelson Mandela. Watter gedeelte van die inhoud was volgens u te plofbaar op die vooraand van die onderhandelings? Was die feit dat die bandopname met sy getuienis van twee persoonlikhede wat mekaar waardeer en respekteer problematies vanuit die heersende perspektief wat u en u medesamesweerders help skep het, agter die linies?
- Verskeie ingeligte kommentators glo tot vandag toe dat u deel was van ‘n uitgebreide komplot om president PW Botha te vermoor wat met die tegniese hulp van die CIA uitgevoer is en dat hy nooit beroerte vanweë natuurlike oorsake gehad het nie, maar dat dit nageboots is deur die koverte aanwending van ‘n deskundig ontwerpte chemiese wapen. Hulle beweer dat u deur senior lede van sy personeel bygestaan is. Wat sou u antwoord hierop wees?
- Die Israeli’s is hoogs gerespekteerde beoefenaars van inligtingsoperasies in ‘n dodelike omgewing, iets wat u duidelik nooit begryp of verstaan het nie. Sou u kommentaar wou lewer daarop of u van plan is om u “informele” boek te vertaal wat vele onvleiende opmerkings oor hul inligtingsdiens bevat, gepaard met dikwels kru terminologie sodat hulle u mening oor hul fisieke statuur (“kortgatsindroom”) en inligtingswerk sal verstaan?
- Toe u by Elize Botha se begrafnis opdaag, het u skielik en ongemaklik gedurende die verrigtinge verdwyn. Gerugte wil hê dat u in die openbaar weggejaag is. Hoe reageer u hierop?
- Was die rede dat u nie PW Botha se begrafnis bygewoon het nie, daaraan verwant dat u by Elize se begrafnis in die openbaar weggejaag is?
- U “informele” boek toon geen begrip of kommer oor die minderheidsgroepe nie, bv. die Afrikaner se huidige totale gebrek aan politieke invloed of seggenskap en veral die blanke boerderygemeenskap se haglike toestand, veral nadat hul R4-gewere van hulle afgeneem is deur die ontbinding van die kommandostelsel. Dit het hulle met min of geen verdediging gelaat, teenoor hul dikwels swaar gewapende aanvalllers – ook met Kalasjnikof-aanvalsgewere – gelaat nie. Sou u dalk wou uitwei of u enige verantwoordelikheid hoegenaamd voel vir dié tragiese en onomkeerbare situasie ná u selfverklaarde triomfantelike en suksesvolle loopbaan as NI-baas – soos dit in u “informele” boek beskryf word?
- Ambisieuse en “suksesvolle” mense soos u word dikwels deur die geskiedenis geoordeel lank nadat hulle hierdie sterflike plek verlaat het. Sou u wou reageer op die vraag of u dalk onthou sal word as “‘n dapper kryger vir die Afrikaner se uiteindelike oorlewing as groep” of as ‘n “selfgesentreerde en ambisieuse man wat ver bokant sy vlak van bekwaamheid en kulturele verfyndheid aangestel is”?
– Thorsten

http://www.dcdave.com/article5/110211.htm
Multiculturalism is over: http://blogs.wsj.com/washwire/2015/05/03/u-s-split-along-racial-lines-on-backlash-against-police-poll-finds/
As leek t.o.v. die inligting waaroor hierdie vrae handel , net dit : lieflike beheer van die Afrikaanse taal . My tone krul van lekkerte .
Gaan loer na hulle bank state net na 94.
Hulle sal nie die fluitjie blaas nie, anders word hulle koppe weg geblaas.
4 “U het ons eie SA militêre inligtingsagente op ‘n onophoudelike en onbeholpe wyse in die buiteland deur NI-agente laat agtervolg. Dit het dikwels tot uitgebreide, duur sekondêre operasies deur bevriende buitelandse agentskappe gely om u onprofessionele optrede te neutraliseer.”
En welke lynchpraktijken na de ‘verzoening’ zijn daar wel geslaagd Arnieann? (m.m.v. met medeweten van/met medewerking van bevriende buitenlandse diensten)
Jip, het al met die NI van ouds koppe gestamp – hulle was maar iewat onbeholpe, se maar amateuragtig.
Iets pla oor die naam van die outeur Thorsten? Dis seker ‘n oud-MI-agent se goeie reg om ‘n alias te gebruik. Maar ek is bewus van slegs een ander MI-agent wat so onomwonde in die openbaar standpunt ingeneem het oor MI-werksaamhede: Die (nou gewese?) waterkundige Turton.
Onder die aanname dat hierdie goed nou waar is beteken dit dat my vuil vermoede dat hier ‘n ander groep aan die werk was ager die skerms waar is. Kyk maar na die spul Dakar gangers. Hoe was die broederbont hierby betrokke? Was dit ‘n ander groep? Die een ding wat wel al hier op Praag uitgespring het is dat baie van die oorname gedryf is deur ryk besigheidslui omdat hulle groter markte wou oopmaak en ook toegang kry tot ‘n groter en goedkoper arbeidsmag. Was dit hulle wat hieragter gesit het?
Die ou was op 34 aangestel in ‘n posisie waarvoor hy nie werklik bekwaam was nie – ek ken heelwat mense wat op ‘n vroeë ouderdom so vinnig en hoog geklim het, veral in wetenskaplike kringe – snaaksgenoeg was een elk en almal van hulle baie pro die oorgawe.
Een ding is seker ons het ‘n groot groep afrikaansprekendes gehad in ons midde wat hierdie ding gedryf het ten gunste van hulleself en/of een of ander andere duistere spul met wie se agenda hulle saamgestem het. Hulle het ‘n veer vir die gewone man op straat gevoel – maar weer ‘n Smuts en Botha van voor af. Slim mense wat veronderstel is om die volk te lei en vir hulle eie mense op te staan maar op die ou ent net nuttige idiote wat vir die kwien werk.
Dankie vir die skrywe.
Vraag 20, tot watter mate het MI5 julle beheer? en ook tans.
Antwoord op vraag17 : Barnard was wel op PW se begrafnis – donkerbril en al, maar het na die diens soos n groot speld verdwyn.
Dit gaan nie soseer daarom of dit NI was wat ons verraai het nie. Dit was die Nasionale Party establishment in sy geheel wat ons verraai het. In hierdie grootskeepse uitverkopery, verraad en hensoppery was Barnard en die NI net maar ‘n rat in die masjien wat sy deeltjie met ywer bygedra het. Die hoofimpetus vir die verraad is gegee deur Keeromstraat, die Nasionale Pers, Die Burger en Die Beeld.
Here is the smoking gun: Max’s denial. http://mg.co.za/article/2012-11-09-00-pw-bothas-secret-stroke-blocked-path-of-reform
It was Barnard, by his own admission, who instructed Mandela against PW: http://www.independent.co.uk/news/world/africa/mandela-and-botha-the-crocodile–the-saint-744730.html
Barnard also issued Mandela with a warning prior to entering the great crocodile’s company. He said to him: “Listen, this is an ice-breaker meeting. It is not about fundamental issues. Come to learn about the man. Talk about all those easy things in life. And don’t mention the issue of Walter Sisulu… if you mention the release again of Walter Sisulu, Mr Botha will say no. I know him. And if he says no, it’s no… Leave that aside. There’s another way to tackle the issue. Furthermore, don’t tackle difficult issues, that’s not the reason for the first meeting.
“What Botha never imagined that fateful day in Cape Town was how brilliantly Mandela would play the game, nor how soundly Mandela would beat him. If Mandela remained unfailingly generous towards him down the years, it was because he won, and PW Botha – a growler to the end – lost.”
http://www.google.com/search?client=safari&rls=en&q=thorsten&ie=UTF-8&oe=UTF-8
To answer your question Thorsten: Yes, Barnard obviously did. But time is running out. https://www.youtube.com/watch?v=gf9ya9F2hGE