Brief: Repliek op ‘Hou oog op die regse radikale’

Deel op

Ek het onlangs geskryf dat rassisme ‘n verskynsel is waarmee linkses so graag mee wil wegdoen, maar terselfdertyd lewendig wil hou om sodoende lewe in hul bestaansreg as linkses te blaas. Na apartheid, is “anti-rassisme” tog al wat linkse dogma lewendig hou. Daarom, wanneer daar nie genoeg “rassisme” is om linkse skrywers, professore, ens mee besig te hou nie, ontstaan ‘n alternatiewe verskynsel, naamlik “virtuele rassisme”.

“Virtueel” word deur die Oxford woordeboek na Engelse woorde vertaal wat die term dalk beter beskryf: artificial, imitation, make-believe. Dus, ‘n kunsmatige, valse weergawe van iets wat werklik bestaan, maar wat nie so prominent voorkom as wat die skepper van die “virtuele” dit wil hê nie.

Linkse skrywers in Suid-Afrika verlang duidelik na ‘n samelewing waar rassisme volop is, en nie die teenoorgestelde nie, want rassisme bied aan hulle geleenthede om te skryf, verguis en die hele geskiedenis van die land in die naam van dié enkele term toe te takel en te verdraai. ‘n Wit kroegman wat byvoorbeeld vier swart vrouens by ‘n kroeg in Kaapstad uitboender verskaf byvoorbeeld ‘n gulde geleentheid aan linkses om die “hartseer van apartheid” weer te beklemtoon, en daarby hul salarisgeld te verdien.

Maar wat as daar nie só ‘n voorval gerapporteer word binne ‘n week lange tydperk nie? Dan oorskry die linkse skrywers mos hul sperdatum om ‘n sappige rassismesestorie op te diep en hiperbolies op te blaas om sodoende die hele blanke ras swart te smeer?

Dan bly daar twee opsies oor – skryf oor apartheid, of skep “virtuele rassisme”. Terwyl ander linkse skrywers soos Max du Preez nou al moeggeskryf is oor die “euwel van apartheid”, en verkies om “virtuele rassisme” te vervaardig wanneer Steve Hofmeyr byvoorbeeld Die Stem sing, verkies Anton van Niekerk om nog altyd te skryf oor apartheid. Hoewel dit nie heeltemal onanvaarbaar is nie, is dit wel heeltemal onaanvaarbaar dat hy lesers probeer mislei met halwe waarhede of meermale prontuit leuens. Op sy artikel wat, met die oog op apartheid, diskriminasie teen jong wit kinders regverdig, het ek reeds in Desember geantwoord. Ek sal dieselfde doen met sy artikel wat nou ’n samelewing van virtuele rassisme teenoor swartmense in Suid-Afrika fabriseer.

“Dit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroeër vermoed is.”

Van Niekerk probeer duidelik ‘n nuwe “gevaar” aan die land bekendstel – regse rassiste. Alhoewel ek self gekant is teen ekstremisme van enige soort, besef ek al te goed wat ekstremisme beteken. Die woordeboek beskryf “ekstreem” as “verste van die sentraal of ‘n gegewe punt; buitenste.”

Om dus “eksteem” en “groepe” in een sin te gebruik is ‘n paradoks. Veral in Suid-Afrikaanse konteks. Hoe is dit moontlik dat ‘n klein groepie “buitenstes”, waarskynlik minder as ‘n duisend mense in Suid-Afrika, in “groepe” kan “organiseer”? Omdat Van Niekerk weet dat die stelling van “georganiseerde groepe” onwaar is in die konteks van Suid-Afrika, verskuif hy die doelpale na internasionale gebeure om “regse rassisme” in Suid-Afrika aan bewegings soos Al-Kaïda gelyk te stel. Die dade van Barend Strydom (die enigste voorbeeld soortgelyk aan die Dylann Roof-voorval wat van Niekerk in Suid-Afrika kon opspoor) moet dus nou as “georganiseerd” beskou word.

Van Niekerk, wat ‘n professor in Filosofie is, behoort van beter te weet as om sulke denkfoute te maak?

“Dit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae op ’n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.”

Van Niekerk het hom hier weereens aan een van twee skryfmisdade skuldig gemaak – ondoelbewuste onkunde, of doelbewuste onkunde om sy argument te bevorder. Daar is nog geen konsensuele ooreenkoms bereik aangaande die vlae op Dylann Roof se baadjie nie. Die Amerikaanse hof sal waarskynlik nog daaroor beslis. Van Niekerk maak geen melding hiervan nie. Van Niekerk se poging om die ou Suid-Afrikaanse vlag, wat dekades voor apartheid reeds amptelike status verkry het, te diskrediteer grens aan desperaatheid – hy probeer om op ongegronde wyses die dade van Roof met die ou vlag te versoen. Van Niekerk is seker steeds nie daarvan bewus dat die swart bevolking in die hele geskiedenis nog nooit vermenigvuldig het soos wat dit onder die “apartheidsvlag” het nie. In dr. Verwoerd se twee termyne het die swart bevolking letterlik verdubbel (vanaf 8 tot 16 miljoen). Onder daardie vlag is moorde op swartmense, hetsy gepleeg deur swartmense self, of deur witmense, tot die minimum beperk. Die Amptelike Handboek van die RSA 1992 toon dat wit-op-swart moorde in 44 jaar van apartheid nie 7000 gevalle oorskry het nie. Hierdie syfer sluit ook in die dode gesterf in aanhouding, sowel as dode gesterf a.g.v. konfrontasie met blanke polisie- of weermaglede. Van Niekerk se woorde, “dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir dié selfvertoon die vlae gekies het” behoort dus eerder te lui dat dit belaglik is dat hy vir dié selfvertoon die (ou Suid-Afrikaanse) vlag gekies het. Dit sou baie meer treffend (en sinvol) wees indien Roof die nuwe Suid-Afrikaanse vlag vir sy eensame veldtog gekies het, aangesien die nuwe vlag die geweldadigste land in die wêreld verteenwoordig, waar ook die meeste swartmense per dag in die hele wêreld vermoor word (gemiddeld 43 per dag). Die ou vlag het egter die teenoorgestelde verteenwoordig, maar steeds gebruik van Niekerk die Roof-voorval om die regime, waaraan hy sy huidige sukses as professor te danke het, verder te verguis.

“Verskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om “Bophuthatswana” teen demokratisering te “vrywaar”), Barend Strydom (wat in Pretoria lukraak met ’n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met geweld wou keer en lang vonnisse opgelê is) herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”

Van Niekerk ondergaan hier ’n massiewe denkfout. Uit mislukking om werklike voorbeelde van wit-op-swart terreur op te spoor, verskuif hy weereens die doelpale om anti-demokratisering in te sluit. Die eerste deel van van Niekerk se artikel handel oor wit-op-swart terreur, soos deur Dylann Roof gepleeg. Hy vind slegs een Suid- Afrikaanse voorbeeld, Barend Strydom, maar sy volgende twee voorbeelde, die AWB en Boeremag, het niks met wit-op-swart terreur te make nie, maar eerder, soos hy terreg skryf, “teen demokratisering”. Om sy lesers te oortuig dat hier ’n wit-op-swart terreursituasie in Suid-Afrika ontwaak, verwys hy na voorbeelde van partye wat hul jare gelede verset het teen demokrasie, eerder as partye wat wit-op-swart terreur gepleeg het (want hulle bestaan nie!). Hy ondergaan dan ’n verdere hipotetiese denkfout deur die woord “wou” (“wat demokratisering met geweld wou keer”) te gebruik, aangesien die Boeremag nooit wit-op-swart terreur gepleeg het nie.

“herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.”

Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners die laaste tyd vermoor is deur geweld wat uit “ekstreem-regse” sentiment ontspring het. Waarskynlik nog nie een die laaste paar jaar nie, anders sou Van Niekerk melding daarvan gemaak het? (daarom is hy gedwing om oor Amerikaanse Dylann Roof te skryf). Hieroor het ek geen statistiek nie, maar dit gebeur beslis nie “voortdurend” nie. Ek kan wel antwoord deur Van Niekerk daarop te wys dat daar voortdurend wit Suid-Afrikaners vermoor word deur geweld wat uit anti-wit, of linkse, sentiment spruit.

Die internasionale gemeenskap is vandag geskok deur die 1750 rasgemotiveerde plaasmoorde wat sedert 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Niekerk is duidelik baie selektief in sy identifisering van “geweld”, aangesien hy ’n enkele geval van wit-op-swart geweld vyftienduisend kilometer van Suid-Afrika identifiseer om mense bang te praat en witskuld te bevorder, maar die gemiddeld 14 plaasmoorde per maand ignoreer.

Dit is waarskynlik vir linkse skrywers soos van Niekerk sleg dat hulle so ’n droogte moet beleef – daar is geen wit-op-swart terreur om oor te skryf in Suid-Afrika nie. Daarom is hulle maar te dankbaar wanneer ’n tiener in ’n ander land by ’n kerk inloop en swartmense doodskiet – uiteindelik het hulle weer ’n geleetheid om witskuld onder wit Suid-Afrikaners se neuse te vryf. Die geluk wat hulle getref het toe die foto met die ou Suid-Afrikaanse vlag opgeduik het, was ongelooflik.

“Sodanige regse verset word oor ’n lang tyd gevoed – selfs aangeblaas – deur kru rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.”

Van Niekerk is tog sekerlik verward? Die enigste “kru rassistiese sentimente” wat ek daagliks in my gemiddeld 4 ure op die internet opmerk, is swart-op-wit. Van Niekerk slaag daarin om twee rassistiese kommentare op te spoor wat die intelligensie van swartmense as miderwaardig verklaar. Witmense in Suid-Afrika sou maar te dankbaar wees as dit dié tipe kommentaar was wat hulle in die gesig moet staar – eerder word hulle daagliks gekonfronteer met kommentaar op Facebook oor hoe hul kinders in olie gaan brand en hul vrouens verkag gaan word. Van Niekerk is dus weereens selektief. Dit is soos toe die Springbokke teen Engeland gespeel het, Engeland na aanleiding van baie vuil spel twee geelkaarte en ’n rooikaart opgedoen het, maar die Engelse media slegs berig het oor die vloektaal wat een van die Suid-Afrikaanse spelers een van die Engelse spelers na bewering toegesnou het. Dus, absolute eensydigheid.

In nog ’n eensydige skryfstuk het van Niekerk ook onlangs geskryf oor Bantoe-onderwys. Hy meen dat dit die “sistematiese ontneming van swartmense se reg tot onderwys was”. Besef hy dat Suid-Afrika onder apartheid omtrent die enigste land in Afrika was waar basiese onderwys en opleiding enigsins ’n reg was? Vir swart kinders in die res van Afrika was dit ’n voorreg.

’n Uitstekende skryfstuk deur Leon Lemmer het reeds op Praag.co.za verskyn waarin van Niekerk se uitlatings ontleed en verkeerd bewys word en daarom wil ek nie verder hieraan tyd spandeer nie.

Van Niekerk behoort homself egter dringend daarvan te vergewis dat daar voor apartheid geen sprake van onderwys vir swartmense was nie, en dat nou, 20 jaar na apartheid, onderwys vir swartmense in ’n voorreg, eerder as ’n reg, ontaard.

Selfs F.W. de Klerk vertel in hierdié onderhoud van die talle skole en universiteite wat onder apartheid ekslusief vir swartmense gebou is sonder dat hulle ’n sent daaraan spandeer het.

Ek het reeds in my vorige repliek aan van Niekerk die volgende geskryf:

“In 1985 het 43 000 swart studente aan blanke universiteite in die Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Medunsa ekslusief duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart universiteite deur wit belastingbetalers in die tuislande opgerig wat honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor 1948 was so ‘n resultaat slegs ’n swart droom wat, gegewe die onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het.”

As tienduisende (teenoor die handjievol voor apartheid) swartmense tot universiteitsvlak kon vorder en dokters en prokureers kon word, hoe bedenklik kon die gehalte van Bantoe-onderwys dan nou eintlik wees? Êrens moes iets gewerk het, aangesien die mees bekwame swartmense van vandag ouer as veertig is en dus onder apartheid opleiding ontvang het.

Ten slotte, swartmense in Suid-Afrika se lewensstandaard het teen die einde van apartheid gekontrasteer met ander swarmense in Afrika s’n. Daarom het nie minder as 40 000 (in 1985 110 000) swartmense van buurlande per jaar na apartheid Suid-Afrika gestroom. Vandag doen hulle dit steeds om te baat by die oorblyfsels van apartheid – stede met werk, skole en universiteite. Ook kos afkomstig van die boere wat vermoor word. Daar is geen “ekstreem-regse groepe” wat hulle, of enige swartmense in Suid-Afrika bedreig of sal bedreig nie. Miskien moet ons eerder wegbeweeg van Anton van Niekerk se gefabriseerde samelewing van virtuele rassisme, waar wit-op-swart terreur ’n werklikheid is, en besef dat die groep wat in die gevaar staan van uitwissing, wat bespoedig word deur terreur op plase en stede, hoegenaamd nie swartmense is nie. En geen versteurde (Amerikaanse) Dylann Roof, of die vlae op sy baadjie, kan hierdie harde werklikheid verdraai nie.

– John White

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.