FW de Klerk was reg!

FW de Klerk verdedig toenemend sy magsoordrag aan die ANC. Soos krisis in Suid-Afrika eskaleer, so groei die verduidelikings van FW de Klerk se aksies van die verlede.

25 Jaar gelede was De Klerk se aksies korrek. Die Berlynse muur het geval, en kort daarna het die Weste se vyand in duie gestort. Die globale magsbalans het vinnig verander. Die VSA was skielik die wêreld se almagtige alleenheerser sonder enige noemenswaardige teenstander.

Die groot gebeure rondom die 1990’s was uniek. Sulke politieke aardbewings gebeur slegs een keer in ‘n paar duisend jaar, en is histories van beperkte duur.

Die Amerikaanse tipe universele Kerk sonder eksklusiewe kultuur, met individue uit alle volke en tale wat die uitsonderlike supermagtige en welvarende VSA vrees, moet die Amerikaanse Ryk gehoorsaam vir universele voorspoed en vrede. Dit was die goeie nuus en evangelie. Dit is ‘n “redelike” godsdiens, en Gereformeerdes is redelike mense. FW de Klerk was rasioneel.

Afrikanerstaatsverset teen die heersende Judeo-Christelike Amerikaanse Kerk-Ryk, sou tot verdere ekonomiese sanksies sowel as rewolusionere omverwerping van die Afrikanerstaat lei, omdat die NP gestroop van Afrika-streeksmag deur die implementering van VN Resolusie 436, nie meer enige globale magsbalans kan benut, met oliargistiese Rusland, omsingelde en ekonomies geintegreerde China, Taiwan, besette Japan en besette Europa-Duitsland, asook die ANC en meneer Mandela, almal onderdane van die seëvierende Amerikaanse Ryk. Dit was die 1990’s.

President FW de Klerk, die pragmatiese NP, en professionele NI se opsomming van die 1990’s was korrek. Slegs irrasionele waarnemers en waansinniges sou kon beweer dat die almagtige Amerikaanse Ryk binne ‘n eeu nie meer absolute wereldheerser sou wees nie.

Dog 25 jaar later het die Amerikaanse Vrede-Ryk op aarde verdamp, met onophoudelike afstandbeheerde oorlog en gepaardgaande chaos op meerwordende plekke. Pleks van die Christus en vrede, het die Duiwel en chaos na verskeie plekke op aarde neergedaal.

China weier om die VSA se alleenmag te aanvaar. Die “bose” Rusland ook nie meer nie. Skielik is die wêreld weer multipolêr, met sterk kompeterende magte. Selfs die regerende SAKP-ANC is diep verdeeld weens die onverwagte magsbalans in die multipolêre wereld.

‘n Eeu van totale kompetisie op alle gebiede lê voor, op aarde, oor grondstowwe en kennis, asook in die ruimte.

Van gelowige nasionalistiese Afrikaners se Nuwe Eenwêreldorde, met een heerser, een geldmag, een geldstelsel en een staat het daar dadels gekom. Vergeleke met die 20ste eeu, bring die 21ste eeu nog groter moondheidmededinging en nog meer verskillende soorte konflik tussen state.

Hoe kon so baie Afrikaners, die Gereformeerde Kerk, FW De Klerk en vele ander kenners en spesialiste se rasionele insig in die wereld van die Amerikaanse Ryk, binne 25 jaar so onverwags verkeerd bewys word?

Watter fout het die magtige Amerikaanse Ryk oor die afgelope 20 jaar gemaak? Hoe op aarde is dit moontlik dat die VSA so ‘n fatale flater begaan het, dat sy absolute alleenheerskappy daarmee heen is, en dat hel pleks van hemel menige mense se voorland is?

Wat is die implikasie van en verklaring vir die Amerikaanse Ryk se irrassionele fout?

Madelein Louw

14 thoughts on “FW de Klerk was reg!”

  1. Jip, FW was reg as hy in die oggend die gevreet in die spieel aanskou en tot poepol verklaar.
    Dikgat moet bietjie in die platteland rond reis met sy 8 wagte, dan sal hy sien wat verval is. of dalk n nag in Loadshedding kom beleef.
    Miskien aansoek kom doen vir werk met sy witvel. Nog beter, sy pensioen opgee, hy het mos klaar al sy voordeel geterek.
    Kom ry soos die normale man op straat en probeer deur die verkeer vleg sonder jou blouligte. Of lekker slaap sonder alarms en wagte. FW…sharraaaaaaap!!!

    1. Dit is juis omdat daar so ‘n kloof tussen “heerser:” en “onderdaan” is dat die heersers ‘n veer vir die mense voel – hulle leefwêreld is so anders hulle kan nie die probleme van die gewone mense verstaan nie.
      Die groter probleem is dat die mense hulleself as “heersers” sien – asof die gepeupel hulle “onderdane” is – ons leef in ‘n demokrasie (of so word ons vertel) maar die leiers tree op as heersers. Verryk hulleself, vertrap die gewone mense, maak en breek soos hulle lekkerkry sonder enige verantwoordbaarheid. Die mense is veronderstel om as LEIERS op te tree – maak dit moontlik vir gewone mense om te oorleef, Sorg vir infrastruktuur sodat gewone mense kan besigheid doen en sodanig geld maak dat hulle vir hulleself en hulle families kan sorg. In so ‘n samelewing is daar nie onrus nie.

  2. Beste Madelein – ek het na-graadse kwalifikasies in teologie en filosofie, maar ek begryp werklik nie die trant van jou stuk nie. Paragraaf 4 en veral paragraaf 5 (wat eintlik net een moeilike sin is, is vir my onverstaanbaar). Wil jy nie asseblief tyd spandeer en die dinge in ‘n verstaanbaarder vorm beskikbaar stel nie?

    1. Het al vir Madelein gese sy moet korter sinne skryf.

      Para 4: VSA het geen hoe kultuur soos Europa gehad het nie. VSA het wel universele en rasionele waardes, soos gelykheid, geluk en geld. Enige volk of ras se individue kan tot die uitverkore Amerikaanse volk of kerk behoort. In Gereformeerde Kerk bestaan uitverkore Israel ook uit individue van enige volk of taal. Gereformeerdes is ook rasionalisties. Gereformeerde Kerk Suid-Afrika het boonop gesien dat VSA die wereld alleen regeer en almagtig is rondom 1994. Die VSA was per definisie waarlik God of Aarde rondom 1994. Vrede en voorspoed was vir SA gewaarborg onder VSA-wereldorde, volgens die politieke wet van Gehoorsaamheid en Beskerming. In 1994 was dit gewis redelik om te verwag dat alles goed sal verloop in Suid-Afrika, deur die almagtige VSA te gehoorsaam en ook sy suksesvolle en voorspoedige model te volg.

    2. “Afrikanerstaatsverset teen die heersende Judeo-Christelike Amerikaanse Kerk-Ryk, sou tot verdere ekonomiese sanksies sowel as rewolusionere omverwerping van die Afrikanerstaat lei,…”
      Bostaande is wat FW de Klerk gereeld sê.
      “..omdat die NP gestroop van Afrika-streeksmag deur die implementering van VN Resolusie 436,..”
      Sonder Suidwes, was SA se landbrug na sterk en ryk Angola, en so ook SA se invloed op Zambie en Zimbabwe baie minder.
      “… nie meer enige globale magsbalans kan benut, met oliargistiese Rusland, omsingelde en ekonomies geintegreerde China,”
      In 1994 was Rusland nie soewerein nie, en China ook nie sterk genoeg om Amerikaanse wereldekonomie uit te daag nie, soos nou in 2015 nie. China nog steeds omsingel, vandaar sy Silk Road projek om see-omsingelling te oorkom.
      ” Taiwan, besette Japan en besette Europa-Duitsland,”
      Sedert WOII beset VSA vir Japan en Duitsland, en beheer ook Taiwan. Afrikanerstaat kon dus nie staatmaak op vriendskaplike Taiwan sonder Amerikaanse toelating nie.
      “…asook die ANC en meneer Mandela, almal onderdane van die seëvierende Amerikaanse Ryk. Dit was die 1990’s”
      Sonder sterk Rusland en China, was ANC totaal gedienstig aan VSA, ook Mandela. Dus was daar destyds geen bedreiging vir Afrikanerelite vanaf ANC-SAKP wat sy eie wil kan volg en doen nie, soos wat vandag nou wel gebeur danksy sterk China en soewereine Rusland.

  3. Madelein se stuk is natuurlik ironies. Sy sê De Klerk was reg, maar betoog dat hy eintlik verkeerd was. Miskien het wat hy gedoen het redelik gelyk toe hy dit gedoen het. Miskien. Vir baie van ons, dié wat “Nee” gestem het, was hy in 1992 al verkeerd, verkeerd. Die fout wat die Amerikaanse ryk gemaak het, was om te dink dat hulle die wêreld met geld kan beheer. en dat hulle nie rekening hoef te hou met sekerlik die sterkste dryfveer van die menslike samelewing nle nl. nasionalisme. Het hulle FW De Klerk ook so beheer? Die ANC bewind in Suid-Afrika is ook ‘n soort empire, hoewel nasionalismes soos die Zoeloes, Xhosas en natuurlik Afrikaners, hier ook latent is. Oral in die wêreld steek “nuwe” nasionalismes kop uit, Frankryk, Rusland Sjina, Hongarye, Pole ens. Daarteen het die Amerikaanse geld empire net nie raad nie. En natuurlik is daar ook ‘n kentering binne die Amerikaanse samelewing self, want moenie vergeet nie, baie miljoene Amerikaners dink en reageer net soos ons.
    (“Ons”, bedoelende behoudende nasionalistiese Afrikaners;)

  4. Ek het FW de Klerk se hele toespraak gaan lees. Natuurlik skerm hy verwoed, en gee baie redes vir hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het.
    In nie soveel woorde nie, sê hy ook nou dat ons “in opstand” moet kom teen hierdie euwels wat teen ons aangewend word.
    Dit klink vir my maar net na ‘n Eugene Terreblanche toespraak wat “Polities Korrek” geskryf is.
    Ek wil dit waag om te voorspel dat de Klerk nog meer “radikale” toesprake gaan hou binnekort. Hy het baie geraamtes êrens in ‘n kas wat afgestof en weer uit die dode opgewek moet word.
    As hy enigsins ‘n gewete het, dan is dit besig om hom nagmeries te gee.

  5. in een land met een volk wat zijn eigen echte gekwalificeerde leider zoals Hendrik Verwoerd of J.F. Kennedy niet kan of wil beschermen kan niet beter worden verwacht. Geldt ook voor Nederland met Pim Fortuyn die de hele zelfgenoegzame heersende politieke linkse volksvijandige opvreetkliek in z’n eentje opzij zette.

    Kijk eens hoe de hedendaagse schurken op de tronen wel worden beveiligd in deze ‘vrije wereld’.

    p.s. de moord op Heydrich en Rabin kunnen qua betekenis in deze worden toegevoegd waarbij Hitler een paar keer ‘geluk’ had

  6. Madelein Louw, jou tydlyn is verkeerd. Na die ineenstorting van die Sowjet Unie en De Klerk se aankondiging het ‘n nuwe wereld vir Suid Afrika oopgemaak onder die state wat pas die kommuniste se juk afgeskud het. In plaas daarvan om daardie geleenthede te ontgin het daar ‘n obsessie bestaan om die goedkeuring van die VSA en die se keffertjie, Britanje te kry.

  7. Ek probeer weer. Dit sal verskriklik wees as FW De Klerk nou weer begin witvoetjie soek by “sy” mense nadat hy hulle twintig jaar in die buitenste duisternis laat sit het. Maar dit sal nog verskrikliker wees as hulle hom weer glo.

  8. De Klerk het besluit dat hy geen keuse had as totale onvoorwaardelike oorgawe nadat hy kennis geneem het van die biologiese / chemiese wapens van Basson. et al en ander geheime wapens van massa vernietiging.

    Dis waarom hy korrek was dat die VSA verseker ons sou aanval soos wat later met Sadam gebeur het. en met Gaddafi ..

    Maar hy het voorheen alreeds sy eie en ons graf gegrawe met die valse Inligting skandaal en so ons in ‘n hoek geverf – skaakmat. Die moord op Verwoerd was die achilles tendon van ons hele bestaansreg maar die Rapport projek van boetie Wimpie was die ‘final cut’ – finale doodskoot.

    FW was gelyk die voorbok na die slagpale van ‘verlore sake’ as die laksman en selfs die balju en eksekuteur van die Volks boedel.

    Die afgryslike verraad raak nou duidelik dat hy hoegenaamd GEEN troefkaart / verskuilde wapen het nie. Absoluut geen reddings plan nie geen ontsnappings konsep nie. Niks!!

    Inteendeel het hy ook uiters gemeen gesorg dat niemand anders enigiets beplan vir ons oorlewing nie.
    Die CVO skole was hartlik beveg deur die Broeders NP
    Die APK se grootste vyande was die NP Teokrasie
    Orania was en is die teiken van boosaardige NI kontrakteurs.

    Me Louw se poging om poilimiek te stoot met hierdie een is maar baie rafelrig en niksseggend / irrasioneel. Amper soos die grootmeester van polimiekpompery Matt Heyns.

Maak 'n opvolg-bydrae