SA-kameraman in Egipte aangehou

‘n Suid-Afrikaanse kameraman en fotograaf, Adil Bradlow, word in Egipte aangehou, het Al Jazeera berig. Bradlow word glo saam met drie ander kollegas deur die militêre junta in Kaïro aangehou. Al vier joernaliste Wayne Hay, Russ Finn en Baher Mohammed werk vir  Al Jazeera en is sedert Dinsdag in aanhouding. Al Jazeera het die Egiptiese

Lees verder: SA-kameraman in Egipte aangehou

KykNET, Beeld en die jongste heksejag oor ‘rassisme’

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Soos daar vandag in beide Beeld en die Engelse dagblad The Times berig word, is ‘n kunsmatige uitbarsting rondom ‘n rubriek van dr. Louis Mabille wat op hierdie webblad verskyn het, geskep. ‘n Naspers-rubriekskrywer en dosent van UJ, dr. Piet Croucamp, het

Lees verder: KykNET, Beeld en die jongste heksejag oor ‘rassisme’

SANDF kan nie skerpskutteraksie bevestig nie

Die weermag kon nie bewerings bevestig of ontken deur die militêre vakbond SANWU dat Suid-Afrikaanse skerpskutters, wat in diens van die Verenigde Nasies is, ses M23-rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo doodgeskiet het nie. Die vakbond se nasionale sekretaris, Pikkie Greeff, sê die voorval het in die Goma-gebied gebeur. ‘n

Lees verder: SANDF kan nie skerpskutteraksie bevestig nie

Beloon misdaadinligting

“‘n Plan om ‘n belonging te betaal aan mense wat inligting oor beplande misdaad in die Stad Kaapstad aan die polisie verskaf, is positief en kan lei tot pro-aktiewe optrede om misdaad te bekamp,” sê mnr. André Fourie, Vryheidsfront Plus-raadslid vir die Stad Kaapstad. Hy sê dit was lankal nodig aangesien Suid Afrika se publiek

Lees verder: Beloon misdaadinligting

VF+ vra dat Aarto dadelik afgeskaf word

Dit is nou duidelik dat Aarto ‘n mislukking is en niks minder is nie as ‘n peperduur Wit Olifant en die Vryheidsfront Plus versoek opnuut dat dit afgeskaf word om verdere onnodige vermorsing van geld te vermy, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer. Die VF Plus het ‘n parlementêre

Lees verder: VF+ vra dat Aarto dadelik afgeskaf word

SA-skerpskutters maai onder rebelle

Suid-Afrikaanse skerpskutters wat deur die Verenigde Nasies in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, het ses M23-rebelle doodgeskiet. “Skerpskutters het teikens op minstens ses geleenthede raakgeskiet,” het adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesê. “In een geval was die teiken 2,2 km weg.”  Brig. genl. Xolani Mabanga,

Lees verder: SA-skerpskutters maai onder rebelle

Bibberweer vir Gauteng die naweek

Gauteng  kan die naweek snerpende koue verwag. Saterdag, die laaste amptelike wintersdag voor lente aanbreek, gaan ‘n behoorlike wintersdag wees en Sondag, wat lentedag is, gaan dit oor groot dele van die land steeds bitter koud wees. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê ’n bielie van kouefront wat die laaste twee dae swaar reëns in

Lees verder: Bibberweer vir Gauteng die naweek

Petrolprysskok vir Oktober verwag

Die verswakkende rand en die stygende olieprys het gelei tot baie bespiegelings dat die Suid-Afrikaanse motoris ‘n massiewe brandstofprysstyging in die gesig staar. Die ekonoom Mike Schüssler sê die toename in September sal ‘n paar sent wees, maar het gewaarsku dat ‘n massiewe toename vir Oktober te wagte is. “Dit is baie donker op die

Lees verder: Petrolprysskok vir Oktober verwag

SA vra dat VN tyd gegun word met Sirië

Die Suid-Afrikaanse regering sê die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs moet meer tyd gegun word om hulle ondersoek na bewerings dat chemiese wapens in Sirië gebruik is, te voltooi. Die regering sê hy is bekommerd oor wat hy noem die gevaarlike retoriek deur Westerse regerings soos Amerika en Brittanje oor die moontlikheid van militêre ingryping in

Lees verder: SA vra dat VN tyd gegun word met Sirië

Beeld kry nuwe redakteur

Die assistant-redakteur van City Press, Adriaan Basson, is as die nuwe redakteur van Beeld aangestel, het Sapa Woensdag berig. “Ek is baie opgewonde om by Beeld aan te sluit. Die koerante is ‘n bedryf wat deur reuse-uitdagings in die gesig gestaar word wat betref die sakemodel,” het Basson gesê. “Ongeag in watter taal jy skryf,

Lees verder: Beeld kry nuwe redakteur