Bibberweer vir Gauteng die naweek

warmGauteng  kan die naweek snerpende koue verwag.

Saterdag, die laaste amptelike wintersdag voor lente aanbreek, gaan ‘n behoorlike wintersdag wees en Sondag, wat lentedag is, gaan dit oor groot dele van die land steeds bitter koud wees.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê ’n bielie van kouefront wat die laaste twee dae swaar reëns in die Wes-Kaap gebring het, sal Vrydagaand in Gauteng arriveer en sal Saterdag 11ºC kouer as Vrydag wees.

In dele van Johannesburg sal die kwik Vrydagnag en Saterdag-aand tot -2ºC daal. Drie mense is reeds dood weend die koue in die Kaap.

Die verwagte minimum- en maksimumtemperature vir Vrydag en Saterdag is -2ºC/13ºC en -2ºC/15ºC in Johannesburg en 2ºC/15ºC en 0ºC/18ºC in Pretoria.

Reën word nie vir die noordelike dele van die land voorspel by die bibberweer nie.

11 thoughts on “Bibberweer vir Gauteng die naweek”

  1. Op Maroela gelees:
    Doktor Louise Mabille, ‘n filosofiedosent, skryf in ’n rubriek wat
    onlangs op die Praag-webblad gepubliseer is, onder andere dat
    babaverkragtings ‘n kulturele verskynsel onder swart mense is.
    Kan Praag ons moontlik meer besonderhede gee?

  2. Met die koue weer op die horison kan ek nie help om terug te dink aan die Boerevroue en kinders se ontberinge in die konsentrasie kampe nie. Die koue het bendere gesny. Die Britte het die kampe in die ope opgerig sodat hulle enige Boere kon gewaar wat hulle vrouens en kinders van hierdie helkampe te verlos.

    Gee vrede en rus vir ons almal,
    wat lam is van swerwe,
    Moed en geduld vir ons almal, wat bang is te sterwe;
    Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome;
    Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
    Gee, dat ons lag, as die lewenslas druk op ons harte;
    Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
    Gee vrede en rus vir ons almal,
    wat lewe en erwe Smart en verdriet,
    met die reg om uiteindlik te sterwe.

    Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders,
    en luister Stil na die wind,
    wat so sag in ons ore kom fluister:
    “Moed, mense, hou moed!
    Die kwaad sal verander in goed:
    Die môrelig kom uit die duister.”

    1. Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie

      Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael —

      Jou enigste skuil in die nag teen die buie;

      Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal —

      Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie

      Gedrup van die reëndruppeltjies oor die paal.

      n Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe,

      Brand dof in n bottel hier vlak naas jou bed

      (n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe

      Daar lê n mens sag, en sy slaap is gered!) —

      En hier in die nag laat jou drome jou swerwe

      n Aaklige rondte met trane besmet.

      Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore;

      Hier sterwe die oumens te swak vir die stryd;

      Hier kom n gekerm en gekreun in jou ore;

      Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;

      Want elke sekond van die smart laat sy spore

      Gedruk op jou hart, deur n offer gewyd.

      Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?

      Die smarte, die angs het so baie gepla!

      Die yster het gloeiend n merk vir die eeue

      Gebrand op ons volk; en dié wond is te ná —

      Te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe —

      “Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”

      1. Jy, wat die hoop van ons nasie is;

        Jy, wat ons volk so min kan mis;

        Jy, wat moet opgroei tot n man;

        Jy, wat moet plig doen, as jy kan:

        Jy, wat geen deel aan die oorlog het;

        Jy; wat moet sing uit pure pret —

        Jy moet verdwyn in n kinderkamp,

        Jy moet vir vrede word uitgestamp:

        Vou maar jou handjies dig tesame,

        Sluit maar jou ogies, en sê ame!

        Kinkhoes en tering, sonder melk:

        Bitter vir jou is die lewenskelk!

        Daar is jou plek, by die graffies daar —

        Twee in n kissie, n bruilofspaar!

        Al wat jy wen, is dat ons onthou:

        Meer was die vryheid as kind of vrou!

        In die konsentrasiekamp

        (Aliwal-Noord, 1901)

  3. Kom ons blameer die koue weer ook sommer op die k4773rs! Hoekom nie? Dis weens hulle dat ek deur koue nat winters moet struggle!
    En niemand weet van my struggle nie, maar ek wil ook kerm oor my struggle soos hulle doen – want dis flippen lekker . Vra maar vir Oprah – n goeie struggle om oor te kerm kan selfs winsgewind wees.
    I also want to be a professional victim of something! It looks like a real fun job.
    😛

Maak 'n opvolg-bydrae