Petrolprysskok vir Oktober verwag

randelasDie verswakkende rand en die stygende olieprys het gelei tot baie bespiegelings dat die Suid-Afrikaanse motoris ‘n massiewe brandstofprysstyging in die gesig staar. Die ekonoom Mike Schüssler sê die toename in September sal ‘n paar sent wees, maar het gewaarsku dat ‘n massiewe toename vir Oktober te wagte is.

“Dit is baie donker op die oomblik vir Oktober, maar synde alles politieke dinge, is dit baie moeilik om te voorspel wat gaan gebeur met die olieprys, maar ek dink in alle waarskynlikheid gaan ons ‘n baie groot toename in die prys sien van brandstof vanaf Oktober, waarskynlik 40 tot 50 sent.“

Oor die voortgesette stakings in die land, sê Schüssler hulle nie help om die geldeenheid bestendig te hou nie.

“Ek dink dit is meer as net ‘n staking. Daar is beslis ‘n bekommernis oor alle ontluikende markte op die oomblik. So die meeste ontluikende markte is tans onder druk. Sekerlik sal die stakings nie help om die Suid-Afrikaanse geldeenheid te bestendig nie.“

Die rand het voortgegaan om te sleg presteer. Die geldeenheid het ‘n nuwe vier–jaar laagtepunt bereik vroeër in die sessie met R10,51 teenoor die Amerikaanse dollar Woensdag.

”n Rukkie gelede was die rand op R10,31 teenoor die dollar. Die rand se wisselvalligheid het voortgegaan omdat beleggers senuagtig is oor die krisis in Sirië en daarom ontluikende markte se geldeenhede verkoop het.

11 thoughts on “Petrolprysskok vir Oktober verwag”

  1. Die omdraai punt is nou finaal bereik. Hiervandaan is dit slegs afdraënde pad.
    Hier en daar sal daar verbetering wees, maar dit gaan alles “window dressing” wees.
    Hierdie simptome van bankrotskap is al lankal sigbaar.
    Druk nog mandela note. Die goed het meer simpatie waarde as koop waarde.

    1. Jy sal net genoeg spaar en belê sodat die middele toets jou die staatspensioen ook ontsê. Teen daardie tyd is jou eiendom ook met soveel belas dat daardie gespaarde rykdom dit nie meer uit die staat se besit kan hou nie. Vra maar vir enigiemand wie se rakleeftyd met ‘n dekade of wat verstryk het.

  2. Wat vir ‘n ding is ‘n “ontluikende mark”?? Afrika (en nou ook Suid Afrika) is ‘n “ontluikende mark” al vandat die woord “mark” uitgedink is en sal verewig so bly. Is dit nou maar ‘n liberale manier van sê, “‘n derde wereldse sukkelgat ekonomie wat nooooit sal regkom” ?

    1. Dit gee my ook n pyn as hulle praat van Suid Afrika as n ‘opkomende’ of ‘ontluikende’ ekonomie. Good grief! Ons het beter onderwys en ekonomie en infrastruktuur as Australia en NZ gehad maar weens die laaste 20 jaar se agteruitgang is SA nou weer n developing country. Developing towards the stone age instead, or ‘ontluikend’ forever more…
      Ek wonder partykeer of die huidige golf van liberalisme sedert die 60s, eendag gaan oorwaai. Of liewer, of ek die einde daarvan in my leeftyd sal sien.

  3. Wat kry mens vandag uit jou rand wat jy verdien nadat alle belastings en heffings afgetrek is?
    Dit is nie meer lank in die toekoms in nie dan sal baie mense nie meer kan bekostig om brandstof te bekostig nie.
    Ek kan julle seg dat dit nie vir sussies is om vandag op pension te gaan nie. Met net ‘n pension kan mens nie oorleef nie, nie eers jou basiese behoeftes nie. Dit wat jy in annuïteite of polisse belê het is ook nie meer genoeg indien jy die inflasie en prys stygings in ag neem nie. Ek raai enige iemand aan om te werk tot hy/sy gedwing word om op pension te gaan. Dit sal ook net swaarder gaan en verseker nie finansieel of anders makliker nie

    1. Net hier kan jy vir jou een wit hings aanskaf.
      Jy het wel koring en ander brandstof nodig om die dier te laat beweeg – dit kan jy slegs by die boerbevolking aanskaf.

      Miskien het jy reg – die wit hings het nodig om weer op die pad te stap.

Maak 'n opvolg-bydrae