
‘n Suid-Afrikaanse kameraman en fotograaf, Adil Bradlow, word in Egipte aangehou, het Al Jazeera berig.
Bradlow word glo saam met drie ander kollegas deur die militêre junta in Kaïro aangehou.
Al vier joernaliste Wayne Hay, Russ Finn en Baher Mohammed werk vir Al Jazeera en is sedert Dinsdag in aanhouding.
Al Jazeera het die Egiptiese owerhede versoek om die vier onvoorwaardelik vry te laat.
