
‘n Suid-Afrikaanse kameraman en fotograaf, Adil Bradlow, word in Egipte aangehou, het Al Jazeera berig.
Bradlow word glo saam met drie ander kollegas deur die militêre junta in Kaïro aangehou.
Al vier joernaliste Wayne Hay, Russ Finn en Baher Mohammed werk vir Al Jazeera en is sedert Dinsdag in aanhouding.
Al Jazeera het die Egiptiese owerhede versoek om die vier onvoorwaardelik vry te laat.

Baie beroepe is lewensgevaarlik. Hierdie een is een van dit. Nou is dit ‘n lang pad om hulle vrygelaat te kry en hierdie regering se onderhandelaars is bekend daarvoor om hulle tyd te vat indien hulle enige hond haar af maak. Hoop op sukses.
‘n Engels sprekende SA’er (wat ookal hulle hulsef deesae noem – seker ‘n Saffa). Kan nie dink dat hy nie die Anglo-Amerikaanse agenda gedien het nie. Ek wonder net hoe Aljazeera daarin pas of word hulle ook deesdae vanuit London/Washington beheer?
Ja, ‘n wolf in skaapklere kry meer reg as een daarsonder..