‘n Werker is in ‘n kritieke toestand nadat hy in ‘n masjien geval het, het paramedici gesê.
Die voorval het in Isithebe, noord van Durban, plaasgevind.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê dit is nie bekend hoe die man in die masjien geval het nie. Die masjien word gebruik om houtvorms te maak.
Die man is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die voorval. – Sapa

Die eienaar het beslis probleme. Wetgewing is in plek dat alle bewegende dele op so ‘n manier afgesper moet wees dat geen liggaamsdeel daaraan kan raak terwyl dit operasioneel is of in beweging is nie.
Hoop vir die werkgewer se part dat hy of sy voldoen aan NOSA se veiligheidstandaarde.