‘n Werker is in ‘n kritieke toestand nadat hy in ‘n masjien geval het, het paramedici gesê.
Die voorval het in Isithebe, noord van Durban, plaasgevind.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê dit is nie bekend hoe die man in die masjien geval het nie. Die masjien word gebruik om houtvorms te maak.
Die man is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die voorval. – Sapa
