Dit is nou duidelik dat Aarto ‘n mislukking is en niks minder is nie as ‘n peperduur Wit Olifant en die Vryheidsfront Plus versoek opnuut dat dit afgeskaf word om verdere onnodige vermorsing van geld te vermy, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer. Die VF Plus het ‘n parlementêre vraag in die verband aan die minister gerig.
Volgens adv. Alberts is dit duidelik dat Aarto (die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe) nie in sy doelwit slaag om paaie veiliger te maak nie, en dit kan nie meer ontken word dat die projek nie lewensvatbaar is nie.
In die media is nou berig dat Aarto-boetes van meer as R2 miljard nog nie ingevorder is nie. Dit is luidens ’n verslag wat vandeesmaand aan Dipuo Peters, minister van vervoer, oorhandig is.
Die probleem met die invordering van verkeersboetes word veroorsaak deur die verouderde eNatis-stelsel wat motoriste se kontakbesonderhede bevat en wat veroorsaak dat boetes ingevolge Aarto nie by oortreders uitkom nie, lui die verslag.
Volgens adv. Alberts word feitlik geen boetes meer ingevorder nie en die verslag aan minister Peters bevestig dit. “Dit maak geen sin om daarmee te volhard nie. In die boekjaar 2011-12 is byna 90% van boetes nie betaal nie en in 2012-13 slegs 87%.
“Die VF Plus het onlangs ook gewaarsku teen ‘n voorstel om met verhoogde verkeersboetes die publiek te dwing om die mislukte stelsel van ondergang te red. Dit was nadat die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) voorgestel het dat verkeersboetes verdubbel word om Aarto te red.
“RTIA het toe ook erken dat die Johannesburgse metro-polisiediens (JMPD) sedert Desember verlede jaar meer as R60 miljoen bestee het om 2,4 miljoen Aarto-verkeersboetes per geregistreerde pos uit te stuur. Nie eens 5% daarvan is binne die erste maand betaal nie.
“Hierdie boetes het verval aangesien RTIA nie die posgeld kan bekostig nie. Dit is duidelik ‘n chaotiese stelsel wat van die begin af gedoem was tot mislukking.
“Aarto is niks meer nie as ‘n sinlose vermorsing van geld sonder enige resultate, en ons versoek die minister om dit nou stop te sit,” sê adv. Alberts.

Vryheidsfront plus vra dat die Aarto stelsel afgeskaf moet word.
Vryheidsfront Plus vra nie vir die Boerevolk se selfbeskikking nie!
Is julle nou een toesighouer oor die ANC se doen en late, of is julle een Afrikanervryheids vegters! Julle leiers het julle prioriteite verpas – sell by date het expire!
Staan een kant toe vir Boerevegters – manne wat een volk eerste stel!
Word vervolg. En ek wag nog steeds vir ‘n antwoord op die Heidelberg storie.
Jy mag hier gaan lees – dan mag jy my vertel vir watter rede die VF+ leiers sloer om die Afrikaner sy eie Vryheid en Volkstaat te gee.
http://praag.co.za/?p=10854
‘n Breë massa Afrikaners, van alle politieke oortuigings, is hulle intellektuele leiers voor uit. Hulle vereenselwig nie eens met die nasionale simbole nie. Trouens, ons Afrikaners se gebrekkige vereenselwiging met die sogenaamde reënboog nasie van daai Toetoe Tata, die Afrika renaissance, die nasionale lied en vlag is so laag en nie moontlik om te identifiseer nie. Die proefneming om ‘n nasie te bou het misluk daarom sal die nuwe werkswyse (Nasionale Burgerregte Raad) om die Afrikanervolk se selfbeskikking te bewerkstellig versnél moet word. Ons weet mos die huidige bestél gaan nie die Afrikaner volk akkomodeer nie. Die stélsel van manke demokrasie en interne kolonialisme het vinnig gefaal in die belangrikste toetse vir ‘n geslaagde demokrasie. Die meeste Afrikaners stél beslis nie belang om by die huidige politieke orde in te bind nie. Pogings om hulle te betrek het binne die eerste vyf jaar skip breuk gelei; gouer as wat doem profete kon voorspél. Selfs Nelson Mandela se raad, om by die meerderheid aan te sluit, het bykans net ou Pik Boedha se stem gekry.
Nelson Mandela het ons Boere volk
minderheid destyds versoek om by die Swart meerderheid aan te sluit. Hierdie politieke dwergie het nie beséf so ‘n versoek verhoog net sy morele dilemma nie. Om ‘n
Boere minderheid te vra om deel te word van die Swart meerderheid spreek ‘n verfoeilike
oordeel uit oor die politieke stelsel in SA en verraai ‘n skromelike onkunde oor die
werking van ‘n moderne demokrasie in ‘n multi kulturele samelewing. Ware demokrasie
verskaf juis sekuriteit en ook sin en betekenis vir politieke optrede aan
minderhede sonder om hoegenaamd in meerderhede op te gaan om ‘n sê te kan
hê. Wat soek dr PM by
die ANC.
En het ons nie almal (teen ons sin) bygedra vir die verouderde eNatis stelsel?
Iemand het hier met baie geld verwyn.
Net weer ‘n bewys dat enige stelsel wat hulle probeer van die grond af bring loop uit op ‘n royal f#$op!
Moenie boetes betaal wat sommer in die pos aankom nie! Laat hulle baie geld spandeer aan balju gelde en gerigestreerde pos! Dan raak hulle stelsel onbekostigbaar!
Teoreties was Cameron in staat om deur te druk. Maar die politieke prys wat hy sou betaal, sou baie hoog wees – moontlik die val van sy regering. Hierdie gebeure verskaf ’n uitstekende voorbeeld van die moderne demokrasie in werking. Hoe skril is die kontras nie met Suid-Afrika nie! Hier probeer die ANC-regering naarstig elke stukkie inligting toe smeer wat die parlement nodig het om sy toesig rol uit te oefen.