
Die weermag kon nie bewerings bevestig of ontken deur die militêre vakbond SANWU dat Suid-Afrikaanse skerpskutters, wat in diens van die Verenigde Nasies is, ses M23-rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo doodgeskiet het nie.
Die vakbond se nasionale sekretaris, Pikkie Greeff, sê die voorval het in die Goma-gebied gebeur.
‘n Weermagwoordvoerder, brigadier Xolani Mabanga, het bevestig dat Suid-Afrikaners betrokke was, maar wou nie sê of hulle skerpskutters is nie.
Meer as 1 300 Suid-Afrikaanse soldate is deel van ‘n VN-eenheid, wat ‘n mandaat het om teen Kongolese rebelle op te tree. – RSG

Die soldate het seker geslaap en is toe in hul slaap dood geskiet.
Skerpskutters? Is daar nog skerpskutters? Seker daai wat so skerp skiet wat die plaaslike bevolking verwagtend maak.
waarom rebeleer die rebelle?
kan ons asb die waarheid kry???
nie n VN liegstorie nie
Die laaste Suidafrikaanse soldate wat deur rebelle afgemaai was in die SAR is almal in die rug geskiet deur die kinders op bromponies met AK’s omdat hulle weg gehardloop het en nie plate in hulle koelvaste baadjies gedra het nie! Die M23 rebelle het sommer lag lag die Suid Afrikaners se toerusting ook gebuit! Wat ‘n grap!