Leon Lemmer: Hoe die Nasionale Party-Broeders Afrikaans verloën het

In 2015 is die volgende boek van Niël Barnard gepubliseer, Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Kaapstad: Tafelberg, 289p) – ook beskikbaar in Engels. Pas is Barnard se opvolgboek gepubliseer, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Kaapstad: Tafelberg, 328p, R280) – ook beskikbaar in Engels. Sonder om kommentaar te lewer, haal ek uit sy jongste boek aan oor wat hy oor Afrikaans skryf. Wat volg is alles aanhalings, gevolglik plaas ek die teks nie tussen aanhalingstekens nie.

Bladsy 110: Heel aan die begin ‘n persoonlike belydenis. Ek is onbeskaamd lief vir Afrikaans en dus subjektief oor die wonder van my moedertaal. Daarom het die flou lippediens van die NP-politici oor die plek van Afrikaans tydens die onderhandelinge my so dwars in die krop gesteek.

Oor taal in die algemeen en Afrikaans in die besonder het FW de Klerk, Roelf Meyer, Gerrit Viljoen, Dawie de Villiers, Leon Wessels, Pik Botha en al die ander geswore Broederbonders ‘n belangeloosheid getoon wat vir altyd op hul kulturele sonderegisters aangeteken behoort te staan. De Klerk het nogal op ‘n vergadering van die Uitgebreide Kabinet verklaar dat hy “heeltemal geneë sal wees om onderhandelinge te staak as praatjies teen Afrikaans as amptelike taal voortgaan.” Volgens die notule [12 Mei 1993] het hy
Bladsy 111: “bevestig dat hy sterk oor die aangeleentheid voel en dat ‘n miskenning daarvan die potensiaal vir ‘n revolusie het.”

Maar dit was lippediens aan sy moedertaal. Dit is aan my en Koos Pauw, ‘n adjunk-direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding, oorgelaat om oor die taalkwessie te onderhandel.

Die minister van Nasionale Opvoeding, Piet Marais, wat as Kabinetslid vir die taalklousule verantwoordelik was, was kennelik self in die duister oor wat hom te doen gestaan het. In skrywes wat hy in Julie en September 1993 aan Roelf Meyer gerig het, murmereer hy oor die taalonderhandelinge met die oog op die Grondwet en beweer dat Meyer nie die Kabinet se opdragte oor die taalklousule nakom nie. “U sal opmerk dat die taalbepaling in die Konsepgrondwet en die taalbepalings wat deur die Kabinet goedgekeur is, nie met mekaar ooreenstem nie.” …

De Klerk het meermale in eie kring sterk uitsprake oor die behoud van Afrikaans tydens en ná die skikkingsproses gemaak, maar dit was kamma-daadkragtigheid wat futloos toegepas en op baie min uitsonderings na skromelik deur die Regeringspolitici verwaarloos en aan praktiese en finansiële dienstigheid verpand is. …

Bladsy 112: Op kultuurgebied het die ANC ‘n eienaardige maar tog verstaanbare teenstrydigheid gehandhaaf. Wat taal betref, was hulle slaafse sendelinge van een van die grootste simbole van Britse imperialisme: die Engelse taal. Oor ander kultuursake het hulle ‘n passie vir die daarstelling van ‘n Afrikanistiese simboliek gehad.

Afrikaans moet beswadder word, maar Engels is cool. Wat uit die kolonialistiese buiteland kom, is goed, maar wat landgenote van meer as 300 jaar help opbou het, is sleg. …

Tydsdruk en die houding van die ANC het daartoe gelei dat Engels spoedig die gebruikstaal van die onderhandelinge geword het. …

Toe ek vroeg in 1992 die hoof van Staatkundige Ontwikkeling word, het die Regeringsonderhandelaars Engels reeds as die voertaal van die onderhandelinge gevestig. Dít terwyl ‘n gewaardeerde ikoon van die Afrikanerkultuur, dr Gerrit Viljoen, die minister belas met die onderhandelinge was. Hy, De Klerk, Meyer en ander
Bladsy 113: wat groot Afrikaners was toe dit hul politieke loopbane gepas het, was nou baie in hul dop gekruip oor die reg op Afrikaans.

Toe ek oor die gebruik van Afrikaans tydens die onderhandelinge begin agiteer, was van die politici sigbaar geïrriteerd, want sulke onbenullighede behoort nie onderhandelaars se tyd in beslag te neem nie. Pik Botha het my openlik meegedeel dat my gebrekkige Engels my tog nie moet verlei om so ‘n beuselagtigheid tot ‘n twispunt tydens die onderhandelings te verhef nie.

Die feit dat die gebruik van Afrikaans en ander inheemse tale tydens die onderhandelinge moes swig voor die praktiese oorheersing deur Engels, het geen geringe rol tydens die onderhandelinge gespeel nie. Onvermoë om jou genuanseerd in die fynste besonderhede uit te druk was vir vele ‘n ernstige struikelblok tydens die onderhandelinge. Dit het vrymoedigheid en spontane deelname aan bande gelê en intellektuele vlugvoetigheid beperk wanneer belangrike kwessies beredeneer moes word. …

Vir my was en is dit ondenkbaar dat ‘n mens oor jou toekomstige lewe en die toekoms van jou kinders moet onderhandel in ‘n taal waarin jy nie volkome tuis is nie.

Die baie bekwame politikus maar ook openlike Afrikaans-hater Pravin Gordhan het met onbeskofte geniepsigheid enigiemand wat iets in Afrikaans wou sê, onderbreek met: “I don’t follow that language.” …

Bladsy 115: Van vrye, moedertalige besprekings en debatte tydens die skikkingsproses het daar dadels van gekom. Nie ‘n enkele Afrikaanssprekende politikus van die Regering was bereid om vir Afrikaans en veeltaligheid in die bresse te tree nie.

Ons onderhandelaars is oor die gebruik van Afrikaans in vrede gelaat – behalwe wanneer iemand by die Kabinet die taalkwessie aangeroer het en ons dan van De Klerk via Meyer taalpatriotiese opdragte ontvang het, maar by die onderhandelinge waar dit prakties beslag kon kry, het geen Nasionale Party-haan daarna gekraai nie.

Net ná 1994 het Afrikaanssprekendes dit in my ervaring ontgeld. In owerheidsinstellings en die privaatsektor is ‘n mens bykans tot ‘n galeislaaf gedoem as jy dit durf waag het om Afrikaans te praat. …

Bladsy 231: Die onderhandelinge oor ‘n taalklousule vir die Grondwet word ten beste in syfers uitgedruk. Vir die Regering was dit 2 plus 9. Die ANC het 1 plus 10 voorgestaan. Byna is ‘n skikking op 4 plus 7 bereik. Uiteindelik is die bod op 11 teen 0 toegeslaan. …

Bladsy 232: Aan die Regering se kant is die taalonderhandelinge grootliks aan my oorgelaat. Kultuursake is slegs voor verkiesings vir politici belangrik. Die man wat aan ons kant die leeue-aandeel aan die taalonderhandelinge gehad het, was Koos Pauw, wat met sy toewyding, harde werk en sosiale vaardighede die spilpunt van die taalonderhandelinge was.

Volgens die 1991-sensus was die “huistaalpersentasies” van die vyf grootste taalgroepe: Zulu – 22; Xhosa – 17; Afrikaans – 15; Noord-Sotho – 9; en Engels – 9. Afrikaans was by verre die taal wat oor die grootste gebied van die land gepraat en verstaan word.

Ons standpunt aan Regeringskant – sonder ‘n duidelike mandaat, moet ek byvoeg – was die behoud van Afrikaans en Engels as die twee amptelike tale met die erkenning dat die 9 inheemse Afrikatale met staatsondersteuning tot volwaardige amptelike tale ontwikkel moes word.

Ek is nie vandag meer so seker of dié standpunt weldeurdag was nie. Klaarblyklik was dit kortsigtig om nie ‘n taal van elkeen van die twee groot swarttaalgroepe, Nguni en Sotho, in te sluit nie. Hoe kon ons hoop om vrede te bewerkstellig met dié voortsetting van “kolonialistiese taalimperialisme”? Die ANC was nog meer kolonialisties gedienstig. Hul voorstel was Engels as die enigste amptelike taal terwyl Afrikaans en die swart tale tot tweedeklastale afgekam word.

Ná talle debatte en byeenkomste het ‘n gesamentlike benadering begin ontwikkel om Afrikaans, Engels, Zulu en Noord-Sotho as die 4 amptelike tale te erken en die oorblywende 7 Afrikatale mettertyd tot volwaardige gelykheid te ontwikkel. Vanselfsprekend
Bladsy 233: het die taalonderhandelaars goed geweet dat die vestiging van al 11 tale as amptelike en gelykwaardige landstale nie prakties moontlik was nie. Dit is vandag steeds die geval.

Dis egter ‘n feit dat die taalklousule die potensiële ontwikkeling van al 11 tale grondwetlik geanker het. As die gebruikers van die inheemse Afrikatale in gebreke bly om dit in die praktyk gestalte te gee kan hulle net hulself, en nie die Grondwet nie, daarvoor blameer.

Die opsie van 4-plus-7 het veld gewen, maar uiteindelik polities gesneuwel. Die ANC kon dit om begryplike redes nie bekostig om Xhosa nie as ‘n amptelike taal te erken nie.

Onder die leiding van hoofsaaklik Pauw en [Albie] Sachs is ‘n beginselraamwerk opgestel wat die hoekstene van die taalklousule in die Grondwet geword het. Dit was ‘n vinding wat as ‘n model kan dien van hoe skaakmatsituasies tydens onderhandelinge oorkom kan word.

In dié raamwerk is veeltaligheid as grondslag aanvaar. Eerstens mag geen taal die ander oorheers nie. Tweedens kan alle lede in die Parlement en provinsiale en munisipale wetgewers die taal van sy of haar keuse besig, en tolkfasiliteite moet beskikbaar gestel word. Derdens moet die Grondwet die taalregte van individuele Suid-Afrikaners erken. Vierdens mag die bestaande amptelike status van Afrikaans en Engels nie op enige wyse verminder word nie.

Vyfdens moet die Grondwet verseker dat die swart tale met staatsondersteuning tot hul volle potensiaal ontwikkel. Sesdens sal die streeksbedeling die geleentheid bied om veeltaligheid in die land tot sy volle reg te laat kom. In die sewende plek moet die taalbeleid met funksionele en praktiese oordeel toegepas word met inagneming van plaaslike voorkeure en omstandighede.

Aan alle standaarde gemeet, was dit ‘n wyse en versoenende grondslag. Dit getuig ook van die insig dat Afrikaans in 1976 ‘n
Bladsy 234: vonk in die kruitvat was en dat alle Suid-Afrikaners om hul eie ontwil toeskietlik en versoenend moet wees. Die taalplan moes ruim bydra om die revolusie vreedsaam te hou.

Só is ‘n potensiële wen-wen situasie van 11 plus 0, oftewel 11 amptelike tale, geskep. Tydens die oorweging van wysigings aan die Grondwet drie jaar later het die ANC egter botweg geweier om die vierde punt van die beginselraamwerk – dat die status van Afrikaans (en Engels) nie afgeskaal word nie – te behou. Dit kom nie in die “finale” Grondwet van 1996 voor nie.

Leon Lemmer oor Helen Zille se outobiografie

Daar is al baie kritiek op sowel kommunisme as fascisme uitgespreek. Maar sulke ideologieë sou nie aanhang geniet het as daar nie ook voordele aan hulle verbonde was nie. Deesdae word slawerny, kolonialisme, imperialisme, rassesegregasie en apartheid wyd veroordeel, maar elkeen van hulle het sowel positiewe as negatiewe kenmerke gehad. As dit op die regverdiges reën, drup dit ten minste op die onregverdiges.

In Suidwes-Afrika/Namibië het die Duitse koloniale bewind aan die begin van die 20ste eeu ‘n spoorlyn van Swakopmund na Otavi en van Lüderitz na Aus gebou. Die Herero’s en Namas was die opstandigste etniese groepe, gevolglik is hulle soos krygsgevangenes of prisoniers aan gedwonge arbeid of slawerny onderwerp ten einde die spoorlyne vinnig en suksesvol te voltooi. Moeilikheidmakers is dus konstruktief besig gehou. Tot op hede dien die resultate van daardie slawe-arbeid ‘n nuttige doel en word die Namibiese bevolking steeds daardeur bevoordeel. Selfs die nuwe Suid-Afrika is nie net sleg nie. Al die blankes is nog nie uitgemoor nie, hulle het ook nog nie al hulle besittings verloor nie en wat die blankes opgebou het, is nog nie alles vernietig nie.

Helen Zille (gebore in 1951) het in 2006 die burgemeester van Kaapstad geword. Sy was van 2007 tot 2015 die leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Sedert 2009 is sy die Wes-Kaapse premier. Vroeër vanjaar het sy ‘n voor die hand liggende waarheid kwytgeraak toe sy getwiet het dat kolonialisme ook voordele gehad het; dus ook goeie gevolge, bv wat infrastruktuur betref. Haar opmerking het egter ‘n storm van protes uit swart geledere ontketen. Sy is deur haar eie party in ‘n staat van beskuldiging geplaas. Na bewering strek haar standpunt die DA tot oneer. Om alle positiewe opmerkings oor kolonialisme te probeer onderdruk, is myns insiens dwaas. By implikasie word die reg op die uitdrukking van objektiewe waarheid, wat ‘n elementêre mensereg behoort te wees, hiermee ontken. Voorkeur word aan subjektiewe waarheid gegee; dus aan dit wat die meerderheid, in hierdie geval die swartes, as die waarheid wil vestig.

Die volgende boek van Zille is in Oktober gepubliseer: Not without a fight: The autobiography (Century City: Penguin Books, 2016, 560p, R380; Amazon Kindle $13,67). Hoewel die outeur polities onredbaar links is, staan daar heelwat in haar boek wat toon dat sy nie sonder meer aan die meerderheidsmening uitgelewer is nie. Vir ‘n politieke party om die regerende party te word, moet hy hom egter na die wense van die meerderheid skik. Om in hierdie sin as politikus te slaag, sal Zille bereid moet wees om met populêre leuens saam te leef. Dit is onder meer om hierdie rede dat ek beweer dat die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika funksioneer, foutief is.

Zille kamoefleer geensins haar Duits-Joodse agtergrond nie. Heel aan die begin word dit duidelik dat haar familielede verspreid oor die Westerse wêreld woon. Van die “tattoos of memory” (Kindle 180) is dat haar familie geneig is om anti-nasionalisties (222, 435) en liberalisties (654, 724) te wees. Met daardie milieu as agtergrond moet dit nogal vir haar moeilik wees om deurgaans by die Suid-Afrikaanse politiek se oorheersende, of ten minste onderliggende, kraalmentaliteit in te pas. Van die ANC en die Nasionale Party skryf sy: “In essence, they were racial nationalist movements” (2618). Later verwys sy na “the ANC’s brand of racial nationalism” (3130; ook 3302). “Freedom, to my mother, meant a sense of belonging, a shared identity, based on values; and being able to be herself” (401). Vir my as Afrikaner is dit eintlik onmoontlik om patrioties oor die nuwe Suid-Afrika, eens my vaderland, te voel. My identiteit is heeltemal onversoenbaar met die soort nasie wat glo in wording is. Selfs om myself te wees, ten spyte van beweerde individuele regte, word al hoe moeiliker weens bv beperkte veilige bewegingsvryheid en die sabotasie van Afrikaans. Vir die ANC is ‘n kommersiële boer ‘n Boer en Afrikaans is ‘n sinoniem vir die Afrikaner.

Let op hoe radikaal Zille se siening van myne verskil.

“The story that remains to be told is how the majority of Afrikaners (and whites in general) made the [1994] transition, within the space of a few years, from defending an exclusive and oppressive ethnic nationalism to supporting a rights-based constitution, guaranteeing individual freedoms – and then surrendering exclusive power peacefully through the ballot box” (1823).

Dit is verregaande dat Zille ons onlangse geskiedenis in so ‘n mate doelbewus wanvoorstel. Die waarheid is dat die blanke kiesers nooit ingestem het tot magsoorgawe aan die swartes nie. Hulle het ook nooit die oorgangsgrondwet (1993) of die grondwet (1996) goedgekeur nie. Wat die meerderheid blanke kiesers wel gedoen het, was om in die 1992-referendum ten gunste van onderhalings met die oog op politieke magsdeling te stem. Zille sit soos volg die seël op haar wanvertolking: “FW de Klerk’s leadership in navigating [wangling/concocting?] our transition has yet to be adequately acknowledged” (1850). Sy noem De Klerk “South Africa’s patron saint of strategic compromise” (3518).

‘n Bewonderingswaardige eienskap van Zille is haar taalvermoë. In haar ouerhuis het sy Duits en Jiddisj geleer. Daarna was sy in ‘n Afrikaanse laer- en ‘n Engelse hoërskool. Heelwat later het sy Xhosa in so ‘n mate baasgeraak dat sy dit met die korrekte intonasie/stembuiging kan praat. By geleentheid het sy ‘n voordrag deels in Sepedi gelewer (9433). Sy reken dat sy ‘n “slight Afrikaans accent” het (708). Daar is Afrikaanse woorde waarvoor sy nie Engelse plaasvervangers het nie: aspris (338, 493, 1270), nogal (479), slap chips (1576), luisgat (5577), klaar (8899); dalk ook pondok (440) en selfs skinner (8674).

Na haar skoolloopbaan het Allister Sparks, haar mentor (1016) en redakteur van die Rand Daily Mail, haar beïnvloed om ‘n joernalis te word (761). Sy het in 1970 aan die Universiteit Kaapstad studeer (UK – 801) en daarna aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) (889). Sy het by die National Union of South African Students (Nusas) aangesluit (894). Daarna was sy “the national youth co-ordinator of the Progressive Party” (905), een van die voorgangers van die DA. Anders as die Progressiewe Party (voor 1978) was sy toe reeds ten gunste van (ongekwalifiseerde) algemene stemreg (922); iets wat uiters destruktiewe gevolge in die nuwe Suid-Afrika het. Sy het mede-linkses, soos Helen Suzman, “whom I revered,” ontmoet (905). Haar denke word ook deur Steve Biko beïnvloed (917). Zille se betrokkenheid by die Black Sash kom van haar ma af (793). Later: “I joined the End Conscription Campaign” (1941).

Maar Zille eet nie alles vir soetkoek op nie. “I often wondered what some white lefties were smoking that caused them to radiate such a self-righteous sense of moral superiority” (917). “The Progs always assumed, despite ample evidence to the contrary, that people were basically rational, decent and fair-minded” (1238). Soms verlang sy na die goeie ou dae. “In those days, when newspaper exposés of corruption were confirmed, politicians resigned” (1222). By implikasie bevestig sy dat die DA die ANC lite is: “Nelson Mandela’s vision still resonated, and the Democratic Alliance had become its heir” (10611). “Our party was becoming a mirror image of the ANC” (3589). “Die DA had to grow. And to do so, we had to extend our support among black voters” (4134). “The ANC’s claim of ‘ownership’ of black people’s political allegiance, and its determination to prevent them from exercising free political choice, is patronising and racist in the extreme” (4382). Die lysstelsel laat die bestuur van politieke partye, nie die partylede nie, toe om kandidate vir poste te benoem en te prioritiseer. As gevolg daarvan “politics became a cesspit of self-serving expedience” (3804). Diegene wat om opportunistiese redes van party verander, word “crosstitutes” genoem (3982).

Maar dit is absoluut onbegryplik hoe sy met reg verering vir iemand soos Ebrahim Rasool, voorheen die ANC se Wes-Kaapse premier, kan hê. “Because of my own history, I sometimes felt a greater affinity to certain people in the ANC than I did to some in my own party” (6022). Oor haar onsuksesvolle poging om Mamphela Ramphele as leier by die DA te betrek, ‘n geval van “rent-a-black-leader” (9118), skryf Zille: “I have often reflected on why I allowed the DA (and me personally) to be messed around to that extent by a single person pursuing a deluded agenda. I would never have tolerated it had she been white … I asked myself whether this wasn’t actually a pernicious form of inverted racism, to which white liberals are particularly prone” (8876). Dit is sekerlik ‘n geval van dubbele standaarde; dus van ongelykheid. Eintlik erken Zille die ongelykheid van mense: “All human beings are social animals who have the capacity to understand and respect hierarchies” (10849).

Toe sy haar man, Johannes Gerhardus Bester (Johann) Maree, in 1981 ontmoet, het hy sy politieke gesindheid met ‘n “Afro hairstyle” uitgestal (1450). Reeds in 1969 het Maree as ‘n anti-apartheidsaktivis, beurshouer van die Wêreldraad van Kerke (1608) en student aan Oxford University in Engeland teen die blanke Springbokrugbyspan betoog (1614). Hy is allermins ‘n “Boerseun” (1602), maar wel die kind van ‘n mediese dokter op Dealesville. Voorgraads het hy blykbaar aan Rhodes University in Grahamstad studeer. Daar was aksentverskille in die linksheid van Maree en Zille. “He saw class as the major fault-line in our society; I saw race” (1456). Maree se kommunistiese neigings (“socialist instincts” – 1520) is sekerlik versterk toe hy magisterstudie aan die University of Sussex, naby Brighton, gedoen het (1494); Thabo Mbeki se alma mater.

Maree “refused to attend anything that was segregated, which meant, for example, no movies” (1541). Die “apartheidsregime” het van hom geweet en meerdere kere geweier om ‘n paspoort aan hom uit te reik (1581). Hy was ‘n kort rukkie ‘n dosent aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, maar toe die rektor, Benedictus Kok, van sy linkse politieke gesindheid kennis neem, onder meer dat hy toe ‘n lid van Beyers Naudé se Christelike Instituut was (1701), is hy ontslaan. Maree het hierna ‘n dosent aan die UK geword (1746) “and began a one-man campaign for an international academic boycott against the University of the Orange Free State” (1768).

“Of far greater significance to him was his involvement, between 1973 and 1977, in the effort to resurrect the black trade union movement” (1784). Die Wiehahn-kommissie het in 1979 allerdwaas die wettiging van vakbonde vir swartes aanbeveel. Maree het sy doktorale proefskrif oor hierdie onderwerp geskryf (1818). Reeds voor dit het Maree aktiviste vir die “struggle for change” gewerf vir opleiding in die “‘education for liberation’ approach of Paulo Freire” (1921-1997) (1801). In 2010 is hierdie marxistiese benadering deur Russel Botman aan die Universiteit Stellenbosch ingevoer onder die vaandel van sy Hoop-projek sonder dat ‘n haan daaroor gekraai het. Toe Zille die burgemeester van Kaapstad was, is na die Maree-egpaar as “the Mayor and the Mayonnaise” verwys (8779).

Maree het voor sy troue ‘n swart gesin in sy woning gehuisves (1818). Zille het in 1982 weer aan die UK studeer (1547). Hulle is aan die einde van daardie jaar getroud (1581). “Leftie weddings in those days were low-key affairs” (1587). Dit was Maree se tweede huwelik (1493). Na die geboorte van hulle eerste kind was meertaligheid in hulle huis aan die orde van die dag: “Johann spoke only Afrikaans to Paul, I spoke English and Eunice spoke Xhosa” (1974). Met die tweede kind was daar minder sprake van Afrikaans in die huis. “We made one final attempt to get Tom bilingual, at least, by sending him to an Afrikaans pre-primary school” (2002).

“Eunice’s family became more and more involved with ours, especially her youngest daughter, Grace, a bright [?] young girl who battled to pass exams. She was at her happiest in our home, playing with Paul and Tom (and especially cooking for them). I can’t recall exactly how or when it happened, but at some point she stayed on, and has been with us ever since. She married Abel Mputing, one of Johann’s university students, and had two wonderful children, Chulumanco and NgoweNceba, who have been part of our family from the moment they were born” (2242). “Grace gave birth to Chulumanco on 27 December [1999]. His name means ‘joy’ in Xhosa, and rarely was a baby so aptly named. I cannot recall ever hearing him cry. Grace was a natural, relaxed mother to her ‘Joy Boy’, who brought a new and extra dimension to our family” (3049). “I brought Grace and her family to live in Leeuwenhof when I became premier” (8779).

Reeds as joernalis het Zille kennis gemaak met wat sy noem “the brutal edge of apartheid. I became increasingly radicalised politically” (1033). “I had become a fervent ANC supporter” (1049). Een van die hoogstepunte in haar herinnering is die stigting van die United Democratic Front (UDF) in Rocklands, Michells Plain, in 1983 (2007). “I was active in the Black Sash and regularly went to support shack dwellers (who were deemed to be in Cape Town illegally under the pass laws) to resist arrest and forced removal” (2007). By geleentheid was sy sonder ‘n permit in ‘n swart woongebied en is sy ‘n opgeskorte vonnis opgelê (2013). “Johann and I never comtemplated leaving … I did not fit comfortably anywhere. Even the Black Sash was riven by debates about how to respond to the growing Marxist ideological hold on the resistance movements, increasingly characterised by intolerence for alternative views and a justification of random violence” (2109). “Jill Wentzel, a long-time Sash member, sparked a timely and sometimes acrimonious debate when she wrote a paper criticising ‘the liberal slide-away’, about our collective failure of nerve to challenge acts of brutality and intolerance when they came from the liberation movements” (2114).

“Our home became a meeting-and-eating place for young struggle activists” (2029). “As young men tend to be, they were always hungry. I used to cook double portions of everything. And an extra pot too, so that they could take food with them when they left for their meetings” (2034). “The political discourse of resistance politics at the time was dominated by Marxist analysis” (2077). Zille se huis is dus in ‘n soort uitreikende losieshuis vir kamerade omskep. In hierdie verband word die name van Mcebisi Skwatsha (2029), Nyami Booi en Lizo Ngcokoto (2034) genoem. “One day in July 1987, Johann said to me, ‘Lizo and Mcebisi want me to rent a car for them. They need it for two weeks'” (2045). Die oorverligte Maree-egpaar het hulle dit laat welgeval. Die twee swart kamerade “handed the car to two young men [Leremo Kalako and Mike Coto] who wanted to join Umkhonto we Sizwe (MK), the ANC’s military wing” (2056). Reeds in Gugulethu was die motor in ‘n ongeluk. By die Lesotho-grens het die twee kamerade, seker as ‘n blyk van dankbaarheid aan hulle naïewe weldoeners, die Maree-egpaar, die motor eenvoudig agtergelaat.

Dit is die soort oorverligte blanke dwaasheid waarop die nuwe Suid-Afrika gebou is. Zille skryf: “This little vignette was part of the normal course of our lives during those successive states of emergency during the 1980s” (2066). Beyers Naudé het op ‘n soortgelyke manier aspirantterroriste oor die grens gehelp. Hierdie mense is medeverantwoordelik vir die dood en verwoesting wat MK gesaai het, maar dit lyk nie asof dit die Marees en Naudé ooit gehinder het nie. Zille soek regverdiging vir hulle onregverdigbare gedrag in ‘n opmerking soos die volgende: “Surely we should use whatever [!] means we could to prevent state institutions being entirely captured for the purpose of authoritarian and racist rule?” (2082).

Maar die Maree-egpaar het verder gegaan. “It was clear that we were being asked to provide safe havens for people who were on the run from the security police. I felt this was the least we could do in those times” (2120). “Soon we had Mama Dorothy [Shoes] Zihlangu and Mama Dorothy [Gogo] Mfaco staying with us” (2125). Daarby het dit nie gebly nie. “They lived in our cottage for a while and then spoke to me about needing space for more people. So Mama Mfaco and Mama Zihlangu moved into the house with us and vacated the cottage for use by others. They never told me who, and I never asked. We trusted [!] them enough to give them the gate key, so that they could use their discretion [!] in letting people into the garden to spend the night in our cottage. I often saw movement outside the window and knew they were bringing people in. I never asked questions. The less I knew, the better, I thought” (2130). In louter onskuld kom Zille later tot die gevolgtrekking: “Our house … had probably [!] been used as a hiding place for MK operatives” (2146). Die kamerade wat gratis van die Maree-buitehuisie vir hulle onwettige dade, soos terrorisme, gebruik gemaak het, sluit in: Cameron Dugmore (2130), Max Ozinsky, Tony Yengeni en Basil Kivedo (2221), die MK-vegter wat deur Jacques van der Elst geloof is omdat Kivedo bomme in Afrikaans geplant het (LitNet, Boeke en skrywers, 8 Maart). In die 1990’s het Zille Thandeka Kunene, ‘n opgeleide MK-soldaat, gehuisves. “I suggested she come to stay with us – which she did for three years, in the little cottage that had been the MK hideout during the states of emergency in the 1980s” (2688).

In 2008 kom Zille vir Bulelani Mfaco, ‘n kleinkind van Mama Gogo, teë. ‘n Mama het per definisie, of ingevolge haar naam, kinders. Die huislike opset van die Marees in die 1980’s word soos volg deur Zille onthou: “We ate together, laughed together and conversed like friends do. The only thing they did not share with me was the depth of their political engagement, and I did not go there. Whatever, we knew we were in it together” (2272). Om so ‘n diverse, multikulturele, uitgebreide familie te huisves, kan myns insiens kwalik tot ‘n kerngesonde gesinslewe bydra. Ek sou die een senu-ineenstorting na die ander kry. Johann Maree had “a severe bout of depression which had seen him take off work for several months to recover” (2999). Met Mamphela Ramphele het die Marees ook saamgeboer: “Our sons spent many a night sleeping over at each other’s homes” (2649). Oor haar seun Paul se multikulturele troue met Gretl skryf Zille: “Thomas and Chulumanco were best men, and Megan, Gretl’s sister, the bridesmaid, and little NgoweNceba, with Gretl’s young nieces, were flower girls” (9505).

Soms is daar groot nugterheid by Zille:

“Today, [black] youngsters who were born long after the transition to democracy, and even some who have enjoyed excellent education and great opportunities, weave ongoing pain and victimhood into their narratives. Is it inevitably part of identity politics? Pain is for public display, not private processing. Perhaps [black] people have discovered just how powerful a weapon it is in a context of restitution and compensation for past disadvantage” (2278). Let op hierdie objektiewe waarneming van Zille tydens ‘n byeenkoms: “Many of the ANC members arrived dressed to the nines, with their envelopes containing the papers for the meeting (if they had them at all) still unopened. They sat through the meeting doing everything except concentrate on and debate the issues at hand” (3009). “At the break, my disillusionment with the rest of the parliamentarians turned to anger. A food trolley was wheeled into the meeting area, laden with delicacies, and I watched as members who had done absolutely no work all morning piled their plates. There was plenty left over. I then observed how several of them took the parliamentary table napkins, loaded them with as much food as they could, folded them up and then deposited them in cavernous handbags, along with several cans of cold-drinks. I was frankly gobsmacked at this literal feeding at the government trough” (3014).

In April 1989 oud-senator Dick Clark “convened a conference in Bermuda to bring together representatives of the ANC-in-exile with leading members of internal political parties and other organisations, to analyse the country’s political challenges and discuss options for the future” (2173). Die Maree-egpaar is daarheen genooi, wat toon dat albei in linkse politieke kringe gereken is. “Johann was a paid-up member of the ANC” (2607). Daar het Zille vir Thabo Mbeki ontmoet en met hom gesels (2189). “This conversation was to be the foundation of a long-term relationship of mutual understanding and respect … Many years later, I also got to know and respect FW de Klerk” (2194). Sy glo sonder meer die volgende fabel: “South Africa avoided a civil war by the serendipitous confluence of two great leaders” (2205), De Klerk en “an ANC leader with the stature and extraordinary moral authority of Nelson Mandela” (2200). “Like [Abraham] Lincoln, Mandela wove together the core values of freedom and equality with the sacrifices required to achieve them” (2580). Van Zille se kant is daar geen veroordeling van Lincoln en Mandela se gewelddadigheid en die dood en verwoesting wat albei veroorsaak het nie; daar is net bewondering.

Zille se familie is ‘n nes vol linkses. In 1990 “my brother Paul, who had spent fifteen years in voluntary exile in England, wanted to return to South Africa to support the transition to democracy” (2297). “He moved in circles that included South African exiles in the UK” (2335). Hy het ‘n huis in Johannesburg gekoop en dit aan Mac Maharaj verhuur, wat die kelder in ‘n plofstof-arsenaal en “weapons cache” met die oog op Operasie Vula omskep het (2308, 2346). Sy medepligtige was Siphiwe Nyanda, die hoof van MK en later die hoof van die Suid-Afrikaanse weermag (2324). Albei het die land via Swaziland binnegesypel (2357). Maharaj “knew about my mother’s role in the Black Sash, about her volunteering as an observer at political trials, and about my journalistic and political involvement” (2362). Op hierdie maniere het liberaliste voor 1994 geweld in Suid-Afrika aangehelp.

Die wapens is veral via Botswana en Swaziland ingesmokkel met die oog op ‘n “people’s war” wat voor die 1994-verkiesing so baie skade veroorsaak en derduisende lewens geëis het (2379). “Between FW’s historic speech in 1990 and the first democratic election in 1994, 14 000 South Africans died in politically related incidents, according to the report of the Truth and Reconciliation Commission (Chapter 7)” (2539). Hierdie mense is nie dood weens apartheid nie. Hulle was grootliks die slagoffers van die magshonger ANC. ‘n Mens sou dink sulke dade sou mense soos Maharaj en Nyanda vir aanstelling in enige hoë pos diskwalifiseer. Die teenoorgestelde het gebeur toe Nelson Mandela sy aanstellings in die “bevryde” Suid-Afrika gedoen het. Desnieteenstaande is terselfdertyd op hoë moraliteit aanspraak gemaak. In 1991 het diegene betrokke by Operasie Vula gedeeltelike vrywaring van vervolging van die De Klerk-regering ontvang (2405). Iedere ding wat die blanke regering afgetakel het, sien Zille as ‘n “step the country took in the right direction” (2411).

In die 1990’s was Zille aan die spits van die “One City initiative” in Kaapstad (2417), waarvolgens party inwoners (veral wittes en bruines), soos tot op hede, vir munisipale dienste en eiendomsbelasting betaal terwyl ander (by uitstek swartes) dit nie hoef te doen nie. Daar word van blankes verwag om sonder meer met hierdie en baie ander nuwe soorte “geregtigheid” vir lief te neem. Zille was bv die voorsitster van die Grove Primary School in Claremont (2705). “We introduced a bursary scheme which enabled middle-class parents to pay double fees to subsidise a child whose parents could not afford to pay any fees at all” (2710). “We appointed our first black teacher, Miss Busi Bout, and I ensured that my Thomas was in her class to signal to the school that the governing body had full confidence in her. We employed black graduates to do internships with our most experienced teachers to give them exposure to the best professional practice we could offer” (2715).

“I had now become irrevocably identified with one side of the conflict, and my continued role as mediator was impossible” (2500). Zille het ‘n vergesogte siening van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) se instorming by die Kodesa-onderhandelings: “Looking back, I think of this as the forerunner to the ‘poo protests'” (2585). Maar dit is sy wat vir Chumani Maxwele, die ontlastingstrooier by die Universiteit Kaapstad, regshulp probeer kry het (10250). Sy skryf ook van die “famous Regina Mundi church” (2671) wat terrorisme sterk ondersteun het.

Oor Stuart Saunders, die rektor van die Universiteit Kaapstad, skryf Zille: “Long before apartheid ended, he desegregated the university residences and initiated pioneering work in the field of student recruitment based on tests to determine a student’s inherent capacity to succeed at university, rather than merely measure their school-based knowledge (which severely compromised those students emerging from inferior apartheid education)” (2644). Hierdie ignorering van swart studente se akademiese skoolrekords word deesdae slaafs deur al die eens blanke universiteite nagevolg, met as resultaat ‘n buitensporig hoë uitsaksyfer teen groot koste vir die belastingbetalers. Verwant hieraan is die kwessie van die finansiële toestand van swart studente, ten spyte van die blatante rasgebasseerde voorkeur wat hulle by die toekenning van studiebeurse geniet. By geleentheid is die leë drankbottels, -blikkies en -bokse van ‘n koshuis van die Universiteit Kaapstad bymekaar gemaak en die volgende berekening is gemaak: “Over a single weekend, the students of Liesbeeck Gardens had spent R330 000 on alcohol” (2661). Zille skryf van ‘n UK “moving boldly towards inclusivity … We had just adopted a mission statement committing UCT to being ‘flexible on access, active in redress and rigorous on success'” (2904). Deesdae is dit baie duidelik wat hierdie beleid akademies en beskawingsgewys vir die UK in die sak gebring het.

Daar is verwysings na korrespondensie wat tussen Theuns Botha, toe ‘n DA-minister in die Wes-Kaap, en Dan Roodt gevoer is (5547, 5582, 6017). Zille word tereg as ‘n bedreiging vir die heil van Afrikaners beskou (5536, 5567, 5637). Vir my was die insiggewendste aspek van Zille se boek hoe die polisie hom openlik aan die kant van die ANC skaar, bv in die swart woonbuurte tydens verkiesingsveldtogte. “I had become accustomed to the provincial SAPS behaving as if it were the coercive arm of the ANC” (6151; ook 6294). Zille se foonoproepe is afgeluister (6909). Politici wat die ANC teenstaan, verkeer in ‘n lewensgevaarlike situasie. “The DA took out hefty life insurance policies for me and my children” (5734).Volgens Zille gaan haar volgende boek handel oor “how to build a ‘capable state’ in South Africa” (5207; ook 6597).

In die situasie waarin sy nou is, in ‘n staat van beskuldiging in haar eie party, sal Zille seker dink oor sekere passasies in haar boek. Sy verwys na haar “occasional indiscretions” (8695). Voorheen was daar al ‘n “Zille-gate” (6238). Aan haar is gesê: “You have to apologise” (6481). “‘No’, I replied. ‘What I said was true, and I am not going to withdraw it. Or apologise. I would rather resign'” (6486). Later erken sy iets kan “unforgivable (even if it was true)” wees (6870). “I put my head down, as I always did in a crisis” (6524). “I had a lot of explaining to do” (6250). “I knew I would just have to grit my teeth and get through this dip myself” (6427). “It is often important in life to stand for principle rather than seek popularity” (2490). Zille se ma het aan haar verduidelik “how a reputation could be destroyed overnight and take years to rebuild” (692). Zille verwys na ‘n “great bumper sticker”: “Rather be historically correct than politically correct” (1157, 8258).

“I believe it is best to acknowledge mistakes and seek to rectify them” (8557). “In politics a scandal can be created out of smoke and mirrors” (6111). “Your opponents are ceaselessly on the outlook for anything that can possibly be used against you, seeking any opportunity to manufacture outrage” (1186). Hierdie opponente/vyande kan uiteraard partygenote insluit. “There are no permanent friends in politics, only permanent interests” (3949). “In politics, friends come and go, but enemies accumulate” (5383). “The DA is tough on its leaders. You have to earn their respect. You have to justify your proposals and ideas. They call you to account when things go wrong” (7027). “Intentions don’t count in politics. Only results do” (7173). Later skryf sy egter: “Well-intentioned mistakes were seldom fatal in politics, just as success was never permanent” (9199).

“I thought my leadership was approaching its sell-by date” (7385). “The tough thing about politics is the insecurity. No position is ever secure. You can be in one day and out the next – not because you did a bad job, but because the terrain shifted” (7562). “Twitter is an away game – the crowd is largely hostile and willing you to make a mistake so that they could pounce” (7689). “It truly amazed me how many people are out there, searching cyberspace for any opportunity to feel insulted. Or to manufacture outrage … nowhere are race classification and double standards as entrenched as they are on Twitter. I started on Twitter without realising any of this. I strode forth where angels fear to tread” (7700). “My constitutional assumptions represented colonialism writ large, aggrevated by the fact that I was white” (7873). “It is cold outside” (1763). Zille kan nog ‘n “beached whale” in wording wees (5974). Dan word haar lot ‘n voorbeeld van “the unfairness of life” (2283, 8652).

Hier bo het ek nie oor die voorlaaste hoofstuk in Zille se outobiografie geskryf nie. Dit handel oor die kwessie van witheid. Dit is die onderwerp van my volgende rubriek.

Karel Combrinck: Ommer as ‘n brommer – die storie van Leon Wessels

“Elke keer wanneer ek De Klerk se 1990 toespraak lees, klop my hart van opwinding. ” So skryf Leon Wessels in sy boek Vereeniging; die onvoltooide vrede. En dan beskryf hy diegene wat die toespraak anders ervaar, as “brommers”.

Nou het die woord “brommer” natuurlik meer as een betekenis. Die een betekenis is klakous of morpot en die ander een is dié wat op Leon Wessels betrekking het.

Pas skakel ek vir die eerste keer na ‘n lang tyd my motorradio aan en daar is ‘n bruikbare-idioot-Afrikaanse-omroeper juis besig om met Leon Wessels ‘n “onderhoud” te voer. In die onderhoud spoel Wessels sy kieste uit oor wat alles in die aanloop tot die 1994-oorgawe “agter die skerms” gebeur het. (Die Kreole in Mauritius het juis ‘n uitdrukking: praat net sodat sy mond nie moet stink nie). Ons weet tog almal van beter as om te dink dat daar op die ANC-spreekbuis iets ewewigtigs oor ‘n onderwerp soos hierdie te wagte kan wees.

Die joernalis het dus sy vrae mooi gekies om mnr Wessels in staat te stel om FW de Klerk se oorgawepolitiek ten gunste van die ANC in die mees gunstige lig te plaas en mnr Wessels se betoog het ongeveer soos volg verloop:

Pas voor die referendum het de Klerk tot die, vir hom, bloedstollende ontdekking gekom dat die Nasionale Party waarskynlik ‘n tussenverkiesing wat in daardie stadium op hande was, sou verloor en dat dit die doodsklok vir sy oorgawepolitiek sou beteken. In sy paniek oor hierdie, vir hom, katastrofiese vooruitsig, het FW de Klerk, na “samesprekings met sy kabinet” besluit dat as hulle ‘n kans wou staan om hulle “hervormingsbeleid” deur te voer, hulle so spoedig moontlik ‘n referendum sou moes hou in die hoop dat hulle sodoende genoeg steun sou kon verkry om hulle planne tot uitvoering te bring. En daar werk dit toe.

Die mees verstommende van hierdie relaas is miskien dat Wessels sy eie binnegoed so blootlê. Is dit uit linkse vermetelheid? Of dink hy dalk ons almal wat na hom luister is naïef genoeg om te dink hy is maar net “eerlik”? Is dit miskien omdat hy weet dat die meeste Afrikaners teen hierdie tyd reeds so ontmoedig en suf en verslae is dat hulle maar gedweë na enigiets sal luister al is dit dan ook komende van een van FW de Klerk se mees weersinwekkende agterrryers? En dan is dit natuurlik ook so dat daar op die SABC-radio nie veel anders is om na te luister nie.

Die Afrikaanse SABC-joernalis sou natuurlik aan mnr Wessels kon vra, “maar mnr Wessels, as julle dan so bang was dat julle ‘n tussenverkiesing sou verloor, wat het julle dan laat dink dat julle ‘n referendum sou kon wen? Is dit omdat julle geweet het dat die verwysingsraamwerk vir ‘n referendum anders is as vir ‘n normale verkiesing en dat julle die verwysingsraamwerk vir die referendum sou kon plooi en bekonkel om die stemmers om die bos te lei en so u doel te kan bereik ?” In ‘n verkiesing stem die kiesers vir ‘n kandidaat, in ‘n referendum spreek hulle ‘n mening uit oor ‘n beginsel, of so moet dit wees.

Wessels gee hoog op oor die reuseprestasie van die Nasionale Party dat hulle ‘n eenheidstaat met een sentrale regering tot stand kon bring. Maar hy verduidelik nie, en die bruikbare-idiootjoernalis vra hom ook nie, wat nou eintlik die voordeel van ‘n eenheidstaat sou wees behalwe dat dit voldoen het aan die begeertes van die ANC en dus ook van die NP. Duidelik sou ‘n beter en meer logiese oplossing vir alle Suid-Afrikaners, wit en swart, gewees het om die land te verdeel in onafhanklike, selfbeskikkende volkstate. Die onverdeelde Suid-Afrika onder ‘n ANC-bewind wat mnr Wessels as ‘n seëning beskou, is ‘n gedrog wat duidelik besig is om op ‘n ramp af te stuur. Dis net ANC-idealiste en sterrekykers soos mnr Wessels wat dit nie kan insien nie.

En dan maak mnr Wessels die asembenemende opmerking dat Dawie de Villiers die deurslaggewende stukrag agter die skerms was wat FW de Klerk tot sy ruggraatlose en skandelike oorgawe beweeg het, ” iets waarvoor de Villiers nooit die erkenning, eer en waardering gekry het wat hy verdien het nie”!!! Dit was vir hulle ‘n ‘n eer om ons land aan die ANC present te gee! Dis om van te stik. Hoe siek en verwronge kan mense word?

Leon Wessels is een van daardie politieke vlieë wat sy lewe slyt op soek na ‘n bol om op te sit : Oud Rapportryer, oud Broederbonder, oud NP Volksraadslid, oud Voortrekker, oud Minister en nou Direkteur van die Sentrum vir Menseregte, met wat dit alles impliseer ten opsigte van wat links en beklekkerig en anti-Afrikaans is – so op die patroon van die ou brommer indoena RF Botha wat selfs op sy oudag nog probeer het om ‘n baantjie in die ANC los te slaan as beloning vir sy bydrae tot die oorgawe. Die grootste en mees onwelriekende bol wat hulle kon kry en waaraan hulle klou vir lewe en dood, is die groot bol van Afrikanerverraaiers en daarop sit hulle nog steeds.

Leon Lemmer: Die einde van die Afrikaner?

Daar is al boeke gepubliseer oor die einde van die wetenskap, die geskiedenis, die blanke ras, die Weste, die beskawing, die mensdom, lewe, die natuur, die planeet Aarde, ens. In die sintuiglike werklikheid is daar skynbaar niks wat blywend is nie. Dit is moontlik dat daar vroeër of later een of meer boeke oor die einde van die Afrikaner sal verskyn. Ek skryf hiermee ‘n artikel oor die moontlike einde van die Afrikaner; ‘n artikel omdat ek dink dat die Afrikaner meer werd is as bloot ‘n voetnoot by die geskiedenis.

Die term “Afrikaner” verwys in hierdie konteks na blanke Afrikaanssprekendes wat vertroue in hulle gees- en kultuurgenote behou het; dus diegene wat hulle nie deur politieke byderwetsheid tot oordrewe skuldgevoelens laat mislei het nie. Afrikaners weet dat hulle tot ‘n etniese groep behoort wat uitmuntend in Afrika gepresteer het. Die voorsate van die Afrikaner het Europese beskawing nie na Noord-Afrika, wat naby Europa is, gebring nie, maar na Suidelike Afrika, wat baie ver van Europa is. Die intog van Europese beskawing in Suidelike Afrika het meer as 360 jaar gelede ‘n aanvang geneem, toe dit uiters moeilik was om groot afstande te oorbrug. Hoewel Afrikaners nie volmaak is nie, is baie van hulle goed en edel. Hulle is nie naasteby so sleg soos hulle deesdae glad te dikwels uitgemaak word nie. Die slegsêery kom dikwels van individue en groepe wat relatief prestasieloos is en glad nie ‘n roemryke geskiedenis en selfs hede het nie.

Ek skryf dus nie oor verloopte Afrikaners nie, maar oor ware of egte Afrikaners. Verloopte Afrikaners se idees en gedrag is sodanig dat hulle die ondergang van die Afrikaner en ander blankes bevorder. Pleks van voluit Afrikaners te wees, wil hulle eerder Suid-Afrikaners as ‘n integrerende deel van ‘n Afrika-nasie wees. Vir verloopte Afrikaners hoef daar geen eksklusiewe lewens- en kulturele ruimte te bestaan nie en hulle moedertaal kan sonder swarigheid maar deur Engels verdring word. Ware Afrikaners, daarenteen, is Suid-Afrikaners slegs in die sin van (tweederangse) burgerskap. Hulle ras, hulle blankheid, is ‘n bron van regverdigbare trots. Om voor die hand liggende redes is blankheid wêreldwyd die norm waarna ander rasse streef. Binne die blankedom, hulle rasgroep, is ware Afrikaners se etnisiteit, hulle Afrikanerskap, vir hulle van deurslaggewende belang. Afrikanerskap is die onvervreembare kern van ware Afrikaners. Afrikanerskap behels ‘n bepaalde lewens- en wêreldbeskouing. Grondliggend is daar ‘n konstellasie van waardes wat eie aan of kenmerkend van ware Afrikaners is. Daardie waardes is nie oplosbaar in of verruilbaar vir Afrika-waardes nie. Afrikanerwaardes is wesenlik tradisionele Europese waardes, wat in baie opsigte sterk van Afrika-waardes verskil.

My skrywe word veral aan apatiese Afrikaners gerig; dus diegene wat eintlik kerngesonde Afrikaners is maar niks doen om ons huidige toestand te probeer verbeter en te help dat daar ‘n rooskleuriger toekoms vir ons nageslag is nie. Die werklikheid van hierdie onverskilligheid en onbetrokkenheid is onlangs weer by my tuisgebring. ‘n Groepie Russiese studente wat Afrikaans geleer het, het Suid-Afrika besoek. Ter beskaming van baie plaaslike Afrikaanssprekendes het hierdie Russe getoon dat ‘n mens Afrikaans kan praat sonder om onnodige Engelse woorde te gebruik (Beeld 6 Februarie). Riaan Cruywagen het twee dae later op Netwerk24 hierdie Russe geloof en hulle Afrikaans as navolgenswaardig voorgehou. Uit Afrikanergeledere was daar bykans geen reaksie nie. Waar is al die kultuurvaders, Broeders, kultuurvrate, ens, heen wat Afrikaners voorheen op die regte pad probeer hou het? Apatie is ‘n siekte tot die dood toe, vir sowel individue as groepe.

In die oë van die huidige politieke bewindhebbers is die blankes en veral die Afrikaners nie uitnemende presteerders wat met dank en erkentlikheid oorlaai moet word nie. Nee, hulle rol in Suid-Afrika se geskiedenis word tot dié van onderdrukkers en uitbuiters gereduseer. Die standpunt van Thabo Mbeki, oud-Broeder Willie Esterhuyse se held, is tiperend van die ANC se houding. Mbeki “skets ‘n geskiedenis van 350 jaar van menseslagting, verslawing, uitbuiting en die oordrag van siektes. Hoewel die swartes ‘the producers of wealth’ was, was dit nie vir hul eie voordeel nie, maar vir ‘appropriation by the white population'” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p xiii). Dit is ‘n tipies marxistiese stelling. Die wins wat die eienaar van ‘n plaas of fabriek maak, is volgens die kommuniste die bedrag wat te min aan die werkers betaal is. Die plaas- of fabriekseienaar is daarvolgens monetêr eintlik niks werd nie.

Mbeki en sy geesgenote verkeer in die waan dat swartes voor die koms van die blankes ‘n idilliese, vreedsame lewe gelei het. Dit word soos volg valslik in Nelson Mandela se outobiografie gestel: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelunga, the white people” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 27). Volgens Jacob Zuma het Suid-Afrika se probleme met die aankoms van die eerste blankes begin. Wat mense soos Mandela, Mbeki en Zuma nie verreken nie, is hoe agterlik Suid-Afrika sonder die positiewe bydraes van blankes sou gewees het. Voordat die huidige dwaasheid in 1990 begin het, was Suid-Afrika die ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika. Pleks van erkentlikheid vir blanke prestasie is daar in swart geledere meesal slegs verguising van blankes.

Die ANC is vasbeslote om rykdom vorentoe in selfs groter mate as voorheen te verdeel, dus van die blankes te steel en dit aan die swartes te gee; dikwels minus ruim kommissie (korrupsiegeld) aan swart tussengangers, soos politici en amptenare. Nie-wit werkers moet glo die helfte van alle plase besit. Blanke sake-ondernemings moet wat eienaarskap (bv aandele-besit) en personeel (op alle vlakke) betref, demografies grondig gerysmier word. Nie op grond van meriete nie maar suiwer rasgebaseer moet hierdie revolusionêre transformasie deurgevoer word. Daar is geen wigte of teenwigte om hierdie ontplooiende ramp te voorkom nie. Die veelgeroemde Grondwet bied geen doeltreffende verskansing van blankes se belange nie. Die Grondwet is die produk van die ANC-meerderheid in die parlement en kan in elk geval na willekeur deur die ANC- of ‘n ander swart regering met die steun van die verswelgende meerderheid swart kiesers verander word.

Wat behels transformasie in die Suid-Afrikaanse konteks? Die ANC-aktivis en -vertroueling, Jaap Durand (Praag 14 Januarie), skryf met gesag as hy sê: “Al het die woord ‘transformasie’ ‘n modewoord geword, sal ons hierdie oproep in ons land nouliks verstaan as ons die emosionele geladenheid van die woord nie begryp nie. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is diep en kragtige emosies in hierdie woord versteek. Dit het sy beslag gekry in ‘n tyd van protes en verset teen die politieke bestel van apartheid, toe daar gesoek is na die sterkste woord moontlik om uitdrukking te gee aan die soeke na verandering. ‘Verandering’, ‘hervorming’, en dergelike sinonieme is almal geweeg en te lig bevind, ongeag dat hulle dieselfde beteken; dat hulle werklik sinonieme is. Daar is gesoek na ‘n woord wat dit sou duidelik maak dat niemand [!] tevrede gaan wees met oppervlakkige veranderings en skynhervormings nie. Dít het die protesteerders en die versetstryders in die woord ‘transformasie’ gevind. Hulle het hierdie woord gelaai met al die erns en emosie waaroor hulle beskik het … Die indruk word geskep dat die eis van transformasie geen faset van die Suid-Afrikaanse samelewing onaangeraak wil laat bly nie” (Ontluisterde wêreld, Wellington: Lux Verbi, 2002, p 10).

Dáár het ons dit eerstehands uit die binnekring van die ANC. “Transformasie” beteken radikale “verandering” en nie (noodwendig) verbetering nie. Transformasie is wesenlik ‘n voortdurende irrasionele proses gelaai met die emosie van swart mag en sekerlik ook marxisme. Jacob Zuma het onlangse gesê transformasie gaan voortaan radikaal en revolusionêr toegepas word. Die uitgesproke ideaal is dat alles in die samelewing moet verander ten einde swartes te bevoordeel en blankes te benadeel. Alles kan maar opgedonder word. Byvoorbeeld, Wim de Villiers se ideaal aan die Universiteit Stellenbosch (US) is dat transformasie in iedere vesel van daardie inrigting moet indring. Daarom geniet swartes voorkeur by studentetoelating, studiebeurstoekenning, koshuisplasing, die aanstelling en bevordering van personeel, ens. Die kampus is van die name van blankes (bv DF Malan, HF Verwoerd en BJ Vorster) gesuiwer. In die plek daarvan het die name van ANC-kamerade, soos Beyers Naudé, Desmond Tutu en Russel Botman, gekom. Dit is gedoen sodat swartes eerder as wittes tuis op die kampus moet voel.

Les bes is ware Afrikaners doelbewus ontheem deur Afrikaans as US-onderrigtaal af te skaal, maar sonder om die elementêre integriteit te hê om openlik te erken dat Afrikaans ‘n mindere plek as Engels beklee. De Villiers sou by die onlangse vergadering van die US-Konvokasie nie bevredigend kon antwoord op die vraag of Jan Marais se US-stigtingsvoorwaarde steeds eerbiedig word nie. Om aan sy dilemma se ontsnap, het De Villiers geweier om enige vrae te beantwoord. Dit is per slot van sake ‘n erkenning dat wat die US onder De Villiers se leiding aanvang, nie geregverdig kan word nie. Dit is De Villiers se plig as rektor om die US se beleid te verduidelik en te probeer regverdig, maar hy kon en wou dit nie by die Konvokasie-byeenkoms doen deur vrae uit die gehoor te beantwoord nie. Dit kom myns insiens neer op doodgewone pligsversuim. De Villiers kom egter daarmee weg omdat die US-raad en by name die voorsitter, George Steyn, hom nie verplig om sy werk na behore te doen nie.

Volgens die uitgelese Anton van Niekerk mag die US nie ‘n enklave vir blanke Afrikaanssprekendes wees nie. Die US móét soos die res van die nuwe Suid-Afrika wees, dus onrusgeneig, eiendomsvernietigend, misdadig, ens. Wat die US is, word deesdae primêr polities bepaal. Wat die US akademies geword het, is vir die transformeerders van sekondêre belang. Die uitgesproke ideaal is van ‘n politieke aard: Dat die US in 2018, sy eeufeesjaar, of dan teen 2020, nie meer oorwegend ‘n blanke en Afrikaanse universiteit mag wees nie. Die US is tans meer as ooit in sy geskiedenis ‘n toonbeeld van rassisme – omgekeerde rassisme – en daarom ‘n gesalfde kleinood van die ANC-regering.

Dit is bekend dat FW de Klerk se ouer broer, Willem – van verlig/verkramp- en Boetman-faam, intellektueel meer begaaf as Frikkie was, hoewel kwalik minder verlig. Volgens Willem de Klerk is verwestering “nie meer die bestemming van die swart mense nie; ‘n oorwegend Afrikakultuur is die bestemming van die wit mense! By die nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis op Wellington, in Julie 1994, sê hy (sy beklemtoning): ‘Vroeër het ons die Afrikakultuur probeer verwesters. Ons uitgangspunt was Eurosentrisme. Nou is ons in die proses waar Afrosentrisme voorop gaan staan. My stelling is dus dat die skep van ‘n nuwe kultuur vir Suid-Afrika, afrikanisering van ons kultuur beteken. Vroeër was die Westerse kultuur die model, met so ‘n paar teksture van Afrika bygevoeg. Nou moet dit ‘n Afrikakultuur word met Westerse tradisies daarin saamgevoeg … ‘n Europees-getinte Afrosentriese kultuur'” (Attie van Niekerk, Anderkant die reënboog, Kaapstad: Tafelberg, 1996, p 3-4).

Let daarop dat Willem de Klerk dit gesê het in die “heilsjaar” 1994, dus kort nadat die eerste “demokratiese” verkiesing op 27 en 28 April plaasgevind het. Verpligte afrikanisering is ‘n opsie wat ware Afrikaners nie eens oorweeg nie. Druk ten behoewe van afrikanisering word egter toenemend uitgeoefen. Wat van Afrikanerkant noodsaaklik is, is kompromislose weerstand. Deesdae is daar armsalige insigloses wat terugverlang na die Mandela-era. Wat nie besef word nie, is dat Mandela as staatshoof hom veral besig gehou het met die paaiery van blankes. Mbeki en ander ANC-kamerade het toe die land regeer. Veral vir die Afrikaners het Mandela, histories heeltemal tereg, ‘n heilige ontsag en vrees gehad. Die vraag is of daardie gesonde vrees vir Afrikaners deesdae nog onder die swart massa en hulle leiers lewend is. Apatiese Afrikaners – en daar is baie van hulle – boesem geen vrees by swartes in nie. Natuurlik ook nie verloopte Afrikaners nie, want hulle is medepligtig aan die huidige politieke opset.

Die prokureur, FW de Klerk, het twee ander prokureurs, Roelf Meyer en Leon Wessels, en ‘n Springbokskrumskakel, Dawie de Villiers, in die veld gestoot om as NP-politici met hulle sagte handjies met die terroristies-kommunistiese ANC te onderhandel. Dit is gedoen pleks van blankes te betrek wat bedrewe in onderhandelinge met swart vakbonde in bv die mynbedryf was. Wat die NP-onderhandelaars basies gedoen het, was om – soos deesdae so graag goedkeurend gesê word – met die magte van die bose “hande te vat.” Daar was in werklikheid niks in die situasie wat so ‘n strategie geregverdig het nie. Die NP-regering was toe in beheer van die land en het ‘n sterk weermag en polisiediens gehad wat die magte van die bose lank in toom kon hou. Hoedanig was die insig van die hoofonderhandelaar? Nadat die NP in bykans elke opsig boedel aan die ANC oorgegee het en daar van magsdeling tot algehele magsoorgawe gevorder is, was Roelf Meyer waaragtig steeds in staat om ‘n kompliment vir homself en die ander patetiese NP-onderhandelaars op te diep: “Ons het uitstekend gedoen, omdat ons nie enige bedingingsmag gehad het nie” (Giliomee, p 598). Dit sou akkurater wees om te bieg dat verloopte Afrikaners, wat terselfdertyd ANC-simpatiseerders was en is, die onderhandelings gevoer het. Hulle is sekerlik nie ware Afrikaners nie. Die buitensporige skade wat die Afrikanersaak aangedoen is, kan nooit herstel word nie.

Kan hierdie onverkwiklike situasie enigsins ten gunste van ware Afrikaners verbeter word? Van bereddering, van die terugdraai van die horlosie, is daar geen sprake meer nie. Die aanduidings is veeleerder dat Afrikaners se posisie stelselmatig gaan verswak totdat hulle – dood of lewend – heeltemal in die Afrikagrond ingeboor word. Wat nodig is, is eerstens Afrikaner-eenheid. Alle ware Afrikaners moet doelgerig saamstaan. Tweedens moet verloopte Afrikaners ondubbelsinnig verwerp en apatiese Afrikaners geaktiveer word. Derdens sal hierdie proses daadwerklik aangehelp word as ‘n visioenêre Afrikanerleier uit eie geledere te voorskyn tree. Vierdens moet ‘n realistiese doel nagestreef word, bv aanvanklik groter inspraak in eie sake en mettertyd ‘n eie tuisland in ‘n deel van wat eens ons vaderland was. Vyfdens is hiervoor uiteraard ‘n oorwoë strategie noodsaaklik. Met hierdie voorgestelde herontplooiing van die Afrikaner word gepoog om ‘n basiese historiese fout van die Nasionale Party reg te stel: “In plaas daarvan om ‘n wit … tuisland te soek, het die Afrikaners [eintlik die NP] tuislande vir swartes gesoek” (Giliomee, p 512).

Die apartheidsbeleid “het op die Bybelse opdrag berus om aan ander te doen soos wat jy aan jouself gedoen wil hê. As ons vir onsself ‘n vaderland gun, moet ons die swartes dit ook gun, en hulle help om dié vaderlande te ontwikkel en leefbaar te maak” (Nico Smith, Die Afrikaner-Broederbond, Pretoria: Lapa, 2009, p 155). Die situasie is intussen omgekeer. Waarom geld die teenoorgestelde nie, dus dat die swartes nou aan die blankes ‘n vaderland moet gun? Ware Afrikaners is nie hulpbehoewend nie. Uit eie krag kan ons ‘n wonderbaarlike tuisland vir onsself skep. Die voorsiening van “gelyke geleenthede” is ‘n polities byderwetse en daarby ‘n algemeen aanvaarde frase. Waarom geld sodanige gelyke geleentheid nie vir ‘n Afrikanertuisland of -vaderland nie?

‘n Klein groepie verloopte Afrikaners het in 1990/94 mandaatloos oorgegee. Dit behoort ware Afrikaners nie tot inskiklike oorgawe, tot moedopgee, te verplig nie. As ‘n volk só eerloos ondergaan, het hy dit nooit in hom gehad om te oorleef nie. Demografiese verswelging is ‘n kernprobleem. ‘n Eie tuisland vir ware Afrikaners is ‘n moontlike oplossing. Apatie, daarenteen, gaan die ondergang van die Afrikaner verseël. In blanke geledere is daar feitlik geen gesonde weerstand teen die swart gety nie. Blankes en veral Afrikaners moet in hulle diepste wese oortuig daarvan wees dat hulle kultuur, hulle lewenswyse, indien nie in absolute terme nie, dan ten minste vir hulle beter as afrikanisering is. Voorts sal hulle die moed van hulle oortuiging moet hê om hulle kultuur nie net in stand te hou nie maar dit verder uit te bou.

Afrikanerdiaspora is binne enkele geslagte in Argentinië, Angola en Kenia uitgewis. Dieselfde proses is besig om hom in Zimbabwe, Namibië en Suid-Afrika te voltrek. Tensy doelteffende teenmaatreëls betyds getref word, is kulturele, etniese en rasuitwissing alle Afrikaners en alle blankes se voorland in Afrika. Ek beoog om in komende rubrieke hierdie stelling te staaf met verwysing na wat elders met minderheidsgroepe gebeur het.

Leon Lemmer: Jaap Steyn se ‘Afrikanerjoernaal’

Teen die einde van verlede jaar het daar ‘n uitsonderlike publikasie verskyn, JC Steyn se Afrikanerjoernaal: ‘n Vervolgverhaal in 365 episodes (Pretoria: FAK, 2016, 414p, R297). Die boek is, soos in die geval van Steyn se vorige werk, Ons gaan ‘n taal maak (2014), op dik glanspapier gedruk, wat die boek swaar maak, maar die formaat is kleiner en die boek is gevolglik makliker hanteerbaar. Soos dit deesdae met monografieë oor Afrikaans gaan, sou hierdie werk nie sonder subsidies van die Verwoerd Trust, die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Hiemstra Trust verskyn het nie.

Die teks bestaan uit 365 inskrywings, een vir elke dag van die jaar. ‘n Mens sou hulle soos Uit die beek kon lees, ‘n stukkie ter stigting per dag. Ek het ‘n maand se inskrywings op ‘n slag gelees omdat elke maand ‘n onderwerp het wat aan die begin aangekondig word. Die volgorde is min of meer chronologies. Die fokus is op “die hartroerende en meesleurende storie” (p 17) van Afrikaners en Afrikaans in historiese konteks. Aan die begin van elke hoofstuk of maand is daar swart en wit foto’s. Aan die einde van die teks is daar ‘n foto van Nelson Mandela as president met sy adjunkpresidente, Thabo Mbeki en FW de Klerk, wat by die lesers tuisbring in watter troostelose situasie ons ons sedert 1994 bevind. Die boek word met ‘n bibliografie en ‘n onbevredigende (bv hoogs onvolledige) naam- en saakregister afgesluit.

Daar is sekerlik baie min mense soos Jaap Steyn wat die deursettingsvermoë, toewyding en liefde vir Afrikaners en Afrikaans het om ‘n projek soos hierdie aan te pak en só suksesvol deur te voer. Die “dagstukkies” is aanvanklik vir publikasie op die FAK-webwerf geskryf. Dit is ook hier op die PRAAG-webblad beskikbaar. Daarna is besluit om hulle in boekvorm te publiseer. Die bladspieëls sou esteties meer bevredigend gewees het as die teks aangepas is sodat elke inskrywing op ‘n enkele aparte bladsy kon verskyn. Maar dit is ‘n onderhoudende teks wat die moeite werd is om van voor tot agter te lees. Die boek word tereg “‘n eietydse erfenisskat” genoem (17).

Ek vestig vervolgens die aandag op ‘n aantal van die sake wat in die boek geopper word. Ten einde die lengte van my teks te beperk, veronderstel ek dat lesers ‘n mate van kennis oor ons geskiedenis het. Let veral op hoe lank voor 1948 en hoe dikwels skeiding as dié oplossing vir die rassevraagstuk voorgehou is en hoe baie kere gewaarsku is dat die afskaffing van apartheid tot die ondergang van die blankes kan lei.

In die eerste hoofstuk val dit op hoe onbetroubaar Herry en sy mede-Khoi was en hoe onlonend die Kaapse halfwegstasie aanvanklik vir die HOIK was. ‘n Klein groepie Europeërs het in uiters moeilike omstandighede pionierswerk verrig, waarvoor daar deesdae glad te min waardering in veral nie-Westerse geledere is. As daar maar in 1717 ag geslaan is op Dominique de Chavonnes se ernstige pleidooi vir eerder wit immigrante as swart slawe (42-43) sou die blankes vandag demografies in ‘n gunstiger situasie gewees het. “Khoi-Afrikaans het in die 18de eeu ‘n moedertaal van die Khoi geword. Hierdie taal het anders gelyk as die [blanke] veeboere se taal wat nie die Khoi-onderbou gehad het nie” (49).

Na aanleiding van HW Claassens se boek, Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806, skryf Steyn:

“Dit is ‘n fabel dat dit eintlik die Oosterse slawe was wat die Kapenaars geleer het om kos met speserye voor te berei … Die slawe was nie ‘n homogene groep nie. Hulle het uit armoedige streke gekom en vir baie was kook met speserye onbekend. Van die geregte wat aan die slawe toegedig is, soos bobotie, was nie ‘n Oosterse dis nie. Wat wel by die slawe ontstaan het, is die Oosterse name soos kerrie, bladjang, sambal en sosaties. Dié woorde is egter gebruik vir ander kosse as dié uit die slawe se lande van herkoms” (53).

Die revolusionêre gees in Europese lande, bv Frankryk, het teen die einde van die 18de eeu ook aan die Kaap weerklank gevind, bv “dat die volk die reg besit om sy owerheid self aan te wys en hom desnoods weer van sy mag te onthef as omstandighede dit noodsaak” (61). “In 1776 het die Britse kolonies in Noord-Amerika hulle vry van die Britse gesag verklaar en ‘n oorlog teen Engeland begin. Frankryk het in 1779 ‘n bondgenoot van die Amerikaanse kolonies geword” (62). “Die grensboere het waarskynlik geredeneer dat as ander volke die reg het om van onpopulêre regerings ontslae te raak soos in Frankryk gebeur het [1789], ook hulle daardie reg het” (65). Dit lyk nie asof die plaaslike blankes en veral die Afrikaners in 2017 steeds in beduidende en realistiese mate hierdie elementêre reg behou het nie.

“Wit veeboere het gekla omdat swartes hul vee laat wei op grond wat hulle in besit geneem het. Goewerneur Joachim van Plettenberg, wat in 1778 op sy reis deur die kolonie by die oosgrens aangekom het, het gemeen om die moeilikheid uit die weg te ruim deur ‘n duidelike grens tussen die twee groepe vas te stel. Hy was die eerste bewindhebber wat gebiedskeiding gesien het as oplossing vir wrywing tussen wit en swart. Die swartes wou egter nie die gebied wes van die Visrivier verlaat nie. In 1779 het Xhosas veewagters van die boere vermoor en troppe beeste geroof” (64). Voorvalle soos hierdie het aan die grensboere getoon dat Jean-Jacques Rousseau (1712-1778) se idee van die “edele barbaar” nie (algemeen) geldig was nie (65). Rassesegregasie kan onteenseglik ‘n manier wees om rassekonflik te verminder. Insgelyks kan gedwonge rasse-integrasie ongetwyfeld ‘n manier wees om rasseharmonie te versteur.

Volgens John Barrow, wie se boek, Travels into the interior of South Africa, in 1801 en 1804 in twee dele verskyn het, “was die Afrikaners almal lui, dom, onsedelik, wreed, oneerlik en lafhartig … Sy negatiewe bewerings is weerlê deur twee ander Europese reisigers, MHK Lichtenstein en WBE Paravicini di Capelli. Baie Afrikaners het in die 20ste eeu van die vorige eeu gepraat as die ‘eeu van onreg’ van die Britte teen die Afrikaners. Met Barrow begin die groot Britse lasterkampanje teen die Afrikaner wat tot in die 20ste eeu voortgesit is” (68).

Na die eerste Britse besetting in 1795 het lady Anne Barnard (1750-1825, aan die Kaap 1797-1802) “help verseker dat die sosiale lewe van die Afrikaner, wat voorheen sterk onder Franse invloed gestaan het, ‘n Engelse karakter kry. Lady Anne het in 1798 met genoegdoening geskryf dat die Engelse offisiere ‘at a great rate’ trou met die ‘Dutch vrows’. Tog was daar ook ander Engelse wat die ‘Dutch’ met minagting behandel het, meld sy in ‘n brief in 1797. Volgens ‘n memorandum wat in 1801 opgestel is, was daar vier groepe Afrikaners. Hulle was die Britsgesindes of ‘Anglomanne’, ten tweede die aanhangers van die Huis van Oranje [prins Willem V van Oranje het van Nederland na Engeland gevlug], wat met die Britsgesindes saamgewerk het, maar nie hul landgenote vervolg het nie, in die derde plek die ‘gemodereerde partij’ wat aan Nederland getrou wou bly en ongetwyfeld die meerderheid Afrikaners omvat het, en ten slotte ‘n groep wat onder die invloed van die heersende Franse revolusionêre denkbeelde was” (70-71). Frankryk was toe in beheer van ‘n deel van Nederland.

Die Graaff-Reinetters het hulle teen die Britse bewind verset en wou nie ‘n eed van getrouheid aan die Britse koning afê nie. Hulle het gehoop dat hulle hulp van die Nederlandse Bataafse Republiek sou kry (70, 71) en “planne beraam om in die naam van ‘Het Algemeen Volkstem’ ‘de Colonie weer tot sig te neemen'” (71). “Die skip wat hulp sou bring, Het Haasje, is in Saldanhabaai deur die Engelse gevang en die troepe moes hulle oorgee” (70). In 1802 is die vrede van Amiens gesluit, wat bepaal het “dat die Kaap teruggaan na ‘die Bataafse Republiek'” (73).

Reeds in 1707 het Hendrik Biebouw in Stellenbosch gesê: “Ik … ben een Africaander” (39). “Die Kompanjie het gemeen dat ‘n [druk]pers aan die Kaap ‘n instrument van revolusie kon word … Johannes Henricus Redelinghuijs (1756-1802) … het homself ‘n ‘Afrikaan’ genoem en die Kaap as sy ‘vaderland’ beskou … In Nederlandse koerante het hy die Kapenaars teen die Engelse gewaarsku en ‘n beroep op hulle gedoen om deur middel van ‘n revolusie ‘n volksregering tot stand te bring” (72).

Op 23 Desember 1802 het kommissaris-generaal Jacob Abraham de Mist en generaal Jan Willem Janssens as amptenare van die Bataafse Republiek in Kaapstad aangekom. “Op 31 Desember het die Britse goewerneur, genl-maj F Dundas, ‘n proklamasie uitgevaardig dat almal wat die eed van trou aan die Britse koning afgelê het, daarvan ontslaan sou wees” (73). “Nadat Janssens met die vraagstukke aan die grens kennis gemaak het, het hy besef dat die verhouding tussen wit en swart kon baat vind by die beperking van kontak tussen die twee groepe. Hy het bepaal dat geen wit mens ‘n swarte in sy diens mag neem nie, onder meer omdat verskille tussen individue tot algemene twiste kon lei. Janssens het ‘n klein klompie soldate onder kapt L Alberti by Algoabaai gelaat om die vrede aan die grens te probeer handhaaf. Alberti het later in ‘n boek geskryf dat daar twee grondbeginsels vir rus en welvaart is: dat die swartes binne hulle grense bly en dat alle omgang tussen wit en swart mense beëindig moes word” (74).

Na Janssens se terugkeer na Kaapstad het De Mist “eers noord- en daarna ooswaarts gereis. Op die reis kon De Mist tot ander insigte oor die Kaapse samelewing kom. Sowel De Mist as Janssens was voorheen sterk onder die invloed van die leerstellings van Rousseau oor die ‘edele barbaar’. De Mist het toegegee dat hy te maklik geglo het aan John Barrow en die Fransman L Degrandpére wat die grensboere so ongunstig beskryf het. Toe De Mist in 1803 self die toestand aan die grens kon waarneem, het hy geskryf hy kon nooit vermoed dat skrywers soos dié twee ‘enkel uit nationale nijd’ soveel lasterlike onwaarhede kon verkondig nie” (74).

In 1803 het die oorlog tussen Engeland en Frankryk (en dus ook sy bondgenoot die Bataafse Republiek) weer uitgebreek. In 1806 het die tweede Britse besetting van die Kaap begin (79). “Hoewel die Afrikaanstaliges die een of ander vorm van Afrikaans gepraat het, was hul kultuurtaal Nederlands of Hollands, soos dit indertyd genoem is. ‘n Soort ‘diglossie’ het bestaan – die volk het een taal [proto-Afrikaans] gebruik as omgangstaal, dus vir ‘lae funksies’, en ‘n verwante taalvorm [Hollands] as kultuurtaal, vir ‘hoë funksies’ soos die onderwys en die godsdiens” (80).

Vroeg in die 19de eeu het reste van Khoi-stamme, bekend as die Oorlams, die huidige Namibië binnegetrek. “Hul trek was deel van ‘n algemene beweging van die Khoi om so ver moontlik van die wit mense af weg te kom” (84). Die eerste Britse goewerneur, graaf Caledon, het gelas dat iedere Khoi ‘n pas moet dra. Op sy versoek het Richard Collins ‘n verslag opgestel. “Algehele skeiding tussen wit en swart het hy as die enigste oplossing vir die grensmoeilikheid beskou” (85).

‘n Rondgaande hof het in 1812/13 bewerings van onder andere die sendelinge J Read en JT van der Kemp ondersoek waarvolgens “Afrikaners moorde op Khoi pleeg … geen enkele moord op Khoi [is] bewys nie” (85). Van die sendingstasie Bethelsdorp sê die regters dat “luiheid en ledigheid en derhalwe morsigheid en smerigheid daar opgroei tot perfeksie” (86).

Met die koms van die Britse setlaars in 1820 was lord Charles Somerset met verlof. Hy het die waarnemende goewerneur, sir Rufane Dunkin, “gevra om die Engelse, Skotte en Iere apart te plaas” (87). Die Britte het klaarblyklik naas rasseskeiding ook etniese skeiding voorgestaan. (Ek onderskei tussen ras, bv blank, en etnisiteit, bv Afrikaner.) Byvoorbeeld, in 1860/61: “Die Engelse van die ooste het Afrikaner-oorheersing deur die Wes-Kaap gevrees en wou van die weste afskei” (125). Maar daar was ook hierdie verskynsel: “Op die platteland het al hoe meer Britse setlaars Afrikaans begin leer” (93). Die half-Switserse, half-Engelse Louis Henri Meurant, maar gebore Kapenaar, het in Afrikaans oor onder meer die moontlike afskeiding van die Oos-Kaap geskryf. “Mense soos Meurant het Afrikaners onbedoeld en onbewus gereed gemaak vir ‘n Afrikaanse taalbeweging om van die volkstaal ‘n kultuurtaal te maak en weerstand te bied teen die verengelsing van die gemeenskap” (126-127). Die skeiding van die Oos- en Wes-Kaap het eers baie later onder die ANC-regering werklikheid geword.

Andries Stockenström het in 1825 in Graaff-Reinet aan twee Britse sendelinge en ‘n Britse setlaar gesê: “Ons moet óf weghardloop, óf stilsit en ons kele laat afsny, óf ons moet verdedig wat ons het” (94). Daar was “‘n ondraaglike gebrek aan sekuriteit” (94). Steyn verwys in hierdie konteks heel gepas na Rudolf Dreyer, die hoofkarakter in FA Venter se roman, Geknelde land (1960), wat sê: “Hier sal ons altyd slawe bly. Hier sal ons altyd vir die swarte werk. Ons sal ons lewens hier nooit seker wees nie” (94). Steyn voeg skuins by: “Hy gebruik die destydse neutrale k-woord vir swarte” (94). Enkele bladsye later noem Steyn: “Hans de Lange het ‘n mak bobbejaan gehad wat volgens oorlewering selfs kon toulei!” (97).

Veral Skotse predikante is ingevoer om Afrikaners te verengels. Hulle is vooraf “na Nederland gestuur om die taal te leer” (87). “Die Afrikanerbevolking was tien keer so groot as die Engelse deel” (91) maar Kaapstad het “lank voor 1850 al hoe meer ‘n Engelse stad en al hoe minder ‘n Hollands-Afrikaanse stad geword … Baie Afrikaners het die Anglikaanse kerk besoek en was in Engelse skole” (89). Die Morawiese Sendinggenootskap op Genadendal het egter die “druk van die Kaapse regering weerstaan om die sendingskool te verengels” (128). “By sendingstasies, selfs noord van die Oranjerivier, was Khoi-Afrikaans die omgangstaal, al het die sendelinge dit nie altyd gebruik nie, want sommige het hulle van Hollands bedien” (129). ANE Changuion skryf dat “Nederlands geen kans het om [die] volkstaal van die Afrikaner te word nie” (90), onder meer vanweë die groot verskille tussen (geskrewe) Nederlands en (gesproke) Afrikaans. “Hy noem vier skakerings van Kaapse Nederlands teen 1840: suiwer Nederlands, die Hoog-Hollands van Kaapse burgerkringe, die Platkaaps van ander wit mense en die Platkaaps van die Khoi en ander bruin mense” (90).

Tydens die Groot Trek was die lewensverlies weens gewelddadige aanvalle deur swartes skrikwekkend. “Die meeste trekkers wat in vyandelikhede dood is, se waens was in klein groepies uitgespan en nie in ‘n laer saamgetrek nie” (98). Maar deesdae moet Afrikaners dikwels smalend aanhoor dat ons nie ter selfbeskerming laer mag trek nie. Van die Afrikanerkenmerke wat vroeg opgemerk is, is “dwarstrekkery en onderlinge vyandskap” (78). Om suksesvol te wees, “moes daar ‘n Afrikaner opstaan met die nodige leiersgawes om hulle te verenig en na ‘n bepaalde bestemming te lei” (106). ‘n Ander negatiewe kenmerk is dat Afrikaners op swaar hande-arbeid neergesien het. GD Scholtz noem dit “waarskynlik die grootste skadukant van die Afrikaanse volkslewe” (165). Orania werk tans hierdie persepsie teë deur ‘n toonbeeld van volkseie arbeid te wees. President MT Steyn het ‘n ambagskool “‘n tempel van edele arbeid genoem” (166).

Lank voor die Anglo-Boere-oorlog was daar al hanskakies. Voordat Natal in 1843 deur die Britte geannekseer is, is Josias Cloete daarheen gestuur. Hy het “aan die Zoeloes die reg gegee om beeste en perde van die trekkers af te neem en teen betaling na hom te bring” (119). Reeds “van 1842 af het die trekkers Natal begin verlaat” (119). Dit is in hierdie situasie dat Susanna Smit gesê het dat die vroue eerder kaalvoet oor die Drakensberg sal loop as om hulle onder die Britse vlag te berus.

“Die vordering van Engels in die Kaapse kerk was ‘n natuurlike gevolg van die verengelsing van die onderwys, veral vanaf 1865” (187). MER[othmann] noem dat “Afrikaanse meisies … veral weens die onderwys en die aansien van Engels graag dié taal onder mekaar gepraat” het; nie die seuns nie (129). “Sy skryf ook dat goeie ouers na goeie onderwys vir hul kinders gesoek het wat loopbane toeganklik sou maak. En daarvoor was Engels onmisbaar” (129). Hierdie argument moet ons steeds aanhoor. “Name is verengels … ‘n Vrou wou haar seuntjie Sydney doop. ‘Sit nie? Mag hy dan nie sit nie?’ Die vrou het die naam maar gelos. Ouers en kinders, of kinders onderling, het van 1875 af in die Kaapkolonie toenemend in Engels met mekaar gekorrespondeer. Afrikaners het in gesprekke al meer Engelse uitdrukkings oorgeneem” (129). Tans is die situasie dalk veel erger. Kyk gerus hoeveel Afrikaans daar op die studentewebwerf Bonfiire Stellenbosch is.

“Onderwysers het Afrikaanse kinders probeer skaam maak vir hulle voorouers” (130). Deesdae is daar bv Afrikaanse dosente wat dieselfde doen. Daar is dikwels geen goeie woord vir die destydse blanke politieke bewind, Afrikaners of Afrikaans nie. In 1935 het MER geskryf:

“Ons het in Transvaal geleer wat dit beteken om ‘n Afrikaanse volk te wees, ‘n suiwer Afrikaanse volk. So sal ons seker nie weer kan wees nie, maar wie dit gevoel het, kan dit nooit vergeet nie” (168).

SJ du Toit, later ‘n leidende lid van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), het in 1874 oor verengelsing aan Afrikaners geskryf: “Vreemdelinge neem u plek in, en – u swyg … U het gebou, vreemdelinge neem u plek in … sonder taal, geen nasie. Daarom Afrikaners, hou u land, u volk, en u taal in ere!” (139). Johannes Brill het gesê dat Afrikaans “die ware landstaal van Suid-Afrika” is (139). In die manifes van die GRA, gestig op 14 Augustus 1875, staan: “Want as jy een volk syn taal afneem, dan maak jy hom tot een doofstomme; jy ontneem hom die wysheid van syn voorvaders … daar is mar één moedertaal, die taal van ons hart” (142).

Die Patriot, die eerste koerant in Afrikaans, is van 1876 tot 1904 gepubliseer. Frans Lion Cachet het “geskryf dat dit ‘bitter smartelik’ was dat hy bly moes voel oor die blad se einde” (182), onder meer omdat SJ du Toit later pro-Brits en anti-Afrikaner gesind was. Du Toit het “Engeland openlik aangespoor om oorlog teen Transvaal te verklaar” (193). Dit is soos Afrikaners later oor die ondergang van die Nasionale Party gevoel het, wat in die jare negentig soos handomkeer verander het en in die ANC opgeneem is. Oorspronklik was die NP bedoel “as die Afrikaner se politieke wapen om sy taal, kultuur, tradisies en nasionale identiteit te handhaaf” (276). Teen die einde het niks van hierdie oogmerke oorgebly nie. “Die Nasionale Party het ‘n eerlose dood gesterf” (400).

Na die ontdekking van diamante en goud het Cecil Rhodes deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid geword. Een van sy biograwe het geskryf: “Only one race, so it seemed to him, approached God’s ideal type, his own Anglo-Saxon race; God’s purpose then was to make the Anglo-Saxon race predominant, and the best way to help on God’s work and fulfil His purpose in the world was to contribute to the predominance of the Anglo-Saxon race and so bring nearer the reign of justice, liberty and peace” (147). ANC-leiers kom deesdae met soortgelyke vergesogte metafisiese uitsprake oor swartes en die ANC.

Onze Jan Hofmeyr “was nie ten gunste van Afrikaans nie, maar het in sy koerant [De Zuid-Afrikaan] ‘n kampvegter geword vir ‘n kultuurtrots by Kaapse Afrikaners en die behoud van Hollands in die kerk en skool. Ten dele was dit ‘n reaksie op die GRA se publikasies en sy strewe na die erkenning van Afrikaans” (149). “‘n Groot nasionalis was Hofmeyr nooit, maar hy was volksbewus genoeg om die Transvalers aan te spoor tot lydelike verset as ‘n manier waarop hulle hul Britse heersers kon uitput” (150). In 1899 het Hofmeyr “verklaar dat hy liewer ‘n verenigde Suid-Afrika onder Britse as onder republikeinse bestuur verkies” (190). In “1882 is Hollands naas Engels vir die parlement erken … later het Hofmeyr erken dat die ‘hooggeroemde’ taalgelykheid van die Kolonie eintlik nie ‘n feit was nie, maar fiksie. Hoewel Hofmeyr nie anti-Afrikaans was nie, was hy die Afrikaanse beweging nie goedgesind nie. Hy het gemeen dat dit tot verbrokkeling van kragte en mislukking van die taalstryd sou lei” (154). In 1893 is ‘n taalmonument vir Hollands op Burgerdorp onthul uit erkenning van Hollands as parlementstaal (177).

Marie Koopmans-De Wet (1834-1906) se huis in Kaapstad het as die “Strandstraatse salon” bekend gestaan en is as “‘n voorportaal van die Afrikanerbond” van Hofmeyr beskou (177). Die kasteel in Kaapstad is in daardie tyd “‘n hele paar keer met sloping of skending bedreig … Vir baie mense was dit die bakermat van die Afrikaanse beskawing” (177). Onlangs is vier demografies onverteenwoordigende beeldhouwerke, dus net van swartes, in die kasteel onthul. Dit lyk nie asof die kasteel deur die ANC-regering as die bakermat van Afrikanerbeskawing eerbiedig word nie.

Ek vind dit interessant dat toe president Paul Kruger met die Pruisiese vors Bismarck gesels het, geen tolk nodig was nie. Bismarck het agtergekom dat sy kennis van Platduits* voldoende was om te volg wat Kruger sê (155). In 1883 het Paul Kruger in Londen “vir sir Hercules Robinson, Britse Hoë Kommissaris, voor die bors gegryp … nadat dié aan lord Derby, minister van kolonies, gesê het dat Kruger lieg! Derby en Robinson het Kruger toe om verskoning gevra” (155). Hierdie voorval herinner aan Tertius Delport se reaksie toe FW de Klerk se beloofde magsdeling geblyk het eintlik algehele magsoorgawe te wees. Delport vertel: “Ek het toe na FW se kantoor gestap en aan sy deur geklop. Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat ons nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor'” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 424). Anders as die genoemde twee Britte het De Klerk nie verskoning gevra nie; hy spog eerder oor wat hy met sy katastrofiese onderhandelings bereik het. [* Die rol van Platduits in die ontstaan van Afrikaans word myns insiens onderskat. Platduits was “in die 16de eeu die handelstaal van Europa … waarin die Hansestede vanaf Rusland tot Engeland en vanaf Swede tot Duitsland transaksies gesluit het” (Ernst Kotzé, Kaaps in fokus, reds Frank Hendricks en Charlyn Dyers, Stellenbosch: Sun Media, 2016, 145p, R225, p 39.]

Generaal Christiaan de Wet het in 1897 gesê “dat die verwaarlosing van ‘n taal die onafhanklikheid van ‘n nasie ondermyn” (182). DC Hesseling het hom in dieselfde jaar “heel profeties oor Nederlands in Suid-Afrika uitgelaat. Hy het gesê dat hy dit nie as moontlik beskou dat ‘n skryftaal wat van buite aangevoer is en deur ‘n kloof van twee eeue van die spreektaal geskei is, ooit die voertuig kan word van ‘n nasionale letterkunde nie – iets wat die enigste bolwerk is teen die mag van Engels wat al hoe meer veld win” (182). In 1908 het DF Malan die volgende oproep gedoen:

“Verhef die Afrikaanse taal tot skryftaal, maak dit die draer van ons kultuur, ons geskiedenis, ons nasionale ideale, en u verhef daarmee ook die volk wat dit praat. Hou egter die volkstaal op die voet van ‘n half beskaafde provinsiale dialek, en u hou daarmee ook die volk op die peil van ‘n half beskaafde ongeletterde volksklas” (287).

In die aanloop tot die Anglo-Boere-oorlog is generaal sir William Butler in 1898 as opperbevelhebber van die Britse troepe na Suid-Afrika gestuur. Hy het “sy verbasing uitgespreek oor die wyse waarop die Engelse pers alles wat ‘Dutch’ was, beskimp en belaster” het (188). Alfred Milner, die goewerneur van die Kaapkolonie en Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, “was gretig om die oorlog gou te laat begin. Hy het die lot van die uitlanders voorgehou as betreurenswaardig onder ‘die drukkende en verrotte bestuur van ‘n koppige en agterlike ou Boerepresident [Kruger] met sy kliek'” (189). Volgens president MT Steyn van die Vrystaat was “die uitlandergriewe … net ‘n dekmantel om die republieke, waar die Afrikanergees lewend gehou word, uit te wis en die Afrikanervolk te vernietig” (190). Milner wou die Boere verslaan “and ultimately getting rid of them as a separate, exclusive caste” (215). Sy strategie was “to admit Dutch until the Anglicizing process is consummated” (216). Die ANC volg ‘n soortgelyke strategie ten koste van Afrikaans.

President Steyn het in die Vrystaatse volksraad verklaar: “Ek sê egter nou met ‘n vry gewete en openlik voor die volk: ek verloor liewers die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat met eer as om dit te behou deur oneer of ontrou. Ek weet wat dit vir twee swakke republieke is om te stry teen die magtigste ryk wat die wêreld ooit geken het, maar ek weet dat indien dit tot oorlog mag kom, ons nie stry vir die stemreg nie, maar vir die bestaan van die Afrikanervolk” (190). Vergelyk hierdie gesindheid met die mandaadlose magsoorgawe aan die ANC deur FW de Klerk en sy groepie meelopers.

Olive Schreiner het in 1899 haar lesers in Engeland gewaarsku “dat Brittanje met sy oormag dalk wel die Afrikaner kon verpletter, maar dat as ‘n paar van hulle die gruwele van die oorlog oorleef, geweld nooit die liefde vir vryheid in hul harte sal kan uitdoof nie” (191). Toe die oorlog ‘n voldonge feit word, het Paul Kruger geprewel: “Red toch uw volk uit zijn verdriet” (Psalm 108, vers 8). Daarna was dit, in die woorde van generaal Ben Viljoen, “God en die Mauser” (192). “Die Britte was beroepsoldate” (194) terwyl “party burgers … eerder boere as Boere” was (193).

Winston Churchill “was gekant teen die metodes wat die Britte teen die einde van die oorlog gebruik het [bv verskroeide aarde en konsentrasiekampe] en het in ‘n brief aan Milner verwys na die barbaarsheid daarvan” (197). Toe Pretoria later in die oorlog in die hande van die Britte val en hulle intog in die stad deur die inwoners verwelkom is, het die Boerespioen JJ Naudé opgemerk: “Hoeveel van die lafhartige vis-nog-graatagtige ellendelinge tel ons soms onder die naam Afrikaner!” (205). “NP van Wyk Louw skryf daar was goeie argumente vir en teen die oorlogsverklaring. Maar ‘as ons nie geveg het nie, sou die Afrikaanse [eerder: Afrikaner-] volksgevoel van slapheid en feitlik van skaamte gesterf het, want wie behoort dan graag tot ‘n volk wat sy nek buig as dit nuttig is om nederig te wees. Maar uit die trots van die driejarige stryd teen ‘n wêreldmag is ‘n nuwe Afrikaanse [Afrikaner-] nasionalisme gebore wat nie langer te keer was nie” (207).

Myns insiens hoef daar by Afrikaners nie danig skaamte oor apartheid te wees nie. Wie in oortreffende mate skaam behoort te wees, is diegene wat in die jare negentig en daarna roemloos oorgegee het. Vergelyk dit met wat die Nederlandse digter, Albert Verwey (1865-1937), oor die Boere gesê het: “‘n Ander en beter mensesoort het opgestaan, ‘n beter volk as ons stry in Suid-Afrika vir sy bestaan” (211). Louwrens Penning het graag daarop aanspraak gemaak dat die Boerevolk “een loot van de Oud-Nederlandse stam” was (212). “Afrikaans was die spreektaal op kommando” (215). Die vyand het na Afrikaans as bv die “ox-waggon vernacular” verwys (224). “Maar hoe nuttig die kennis van Afrikaans tog was, blyk daaruit dat Milner dit kort ná sy aankoms geleer het” (224).

Generaal Louis Botha het president Steyn “die siel van die vryheidstryd” genoem (212). Anders as deesdae is “verraad en ontrou” destyds ten sterkste afgekeur (213). “Wapenneerlêers, of hensoppers, en veral Boere wat in diens van die Britte was, national scouts of joiners, het groot bitterheid veroorsaak” (220). Hulle word “verloopte Afrikaners” genoem (220); ‘n spesie wat steeds in ons midde is. “Ná die oorlog was die joiners sosiale uitgeworpenes en hul dade is dekades lank onthou” (220). Deesdae is verloopte Afrikaners in die voorste gestoeltes en word hulle ingevolge ubuntu, versoening, transformasie, nasiebou, handevat, ens, as moreel voortreflik voorgehou.

In 1901 het die Transvaalse generaal Jan Smuts “aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. [President] Steyn was, in sy eie woorde, ‘diep verontwaardig en bitter teleurgesteld.’ Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou voortsit, maar dat die volk sou oorgee. In die Vrystaat kon die regering en die offisiere oorgee, maar die volk sou dit nie doen nie. Dit sou ‘n ramp vir ons nasionale bestaan wees indien die Vrystaat wat sy goed en bloed maar ook sy vryheid vir Transvaal opgeoffer het, in die steek gelaat word. Dit sou die einde meebring van alle vertroue of Afrikanersamewerking. Aan Smuts het Steyn geskryf dat hy nie saamstem dat die volk ná oorgawe weer in opstand sal kom nie. ‘Indien ons ons onafhanklikheid wil behou, moet ons veg tot die bittere einde, want as daar eenmaal vrede is, sal die burgers nie weer oorlog wil maak nie.’ As die republieke die Kaapse rebelle in die steek laat, sal dit die nekslag vir die Afrikanervolk wees” (223).

“Die oorlog het dus nie net Vrystaters en Transvalers geraak nie, maar ook Kaapse Afrikaners. So het die oorlog een van die kragtigste faktore geword om die eenheidsgevoel onder Afrikaners in alle dele van die land te versterk en ‘n gees van nasionalisme aan te wakker” (226). Die Afrikanervroue het bankvas agter die Boere gestaan, al het ruim ‘n kwart van die konsentrasiekampbevolking omgekom (219). Die Britte het gedink of gehoop dat die vroue sou moedverloor, wat Paul Kruger laat opmerk het: “Dit is merkwaardig hoe weinig die Engelse die innerlike wese van ons volk ken” (219).

Gideon Scheepers is in 1902 by Graaff-Reinet deur die Britte tereggestel omdat hy gewapende swartes in Britse diens laat teregstel het. Scheepers het geskryf: “Doch wy Afrikaners zullen onder de Engelsman nooit recht zien … Hoe de vyand ook moge juigen, het Afrikaner Volk zal leven en niet sterven!” (227). “Die swart elite het Brittanje gesteun,” maar vir ‘n swart joernalis, John Tengo Jabavu, was dit “moreel onregverdigbaar om die republieke te vernietig om Britse heerskappy te vestig” (230). “David Lloyd George het beweer dat daar tot 30 000 gewapende gekleurdes in Britse militêre diens was – meer as die aantal bittereinder-Boere in Mei 1902. Ná die oolog het die Britte meer as 50 000 vuurwapens van swartes in Transvaal gekonfiskeer” (230).

“Die Kaapse bruin mense was in die oorlog van die vurigste ondersteuners van die Britte … Die Britte het in Maart 1901 vier Afrikanerburgerlikes op grond van valse getuienis van bruin mense tereggestel” (229). Is daar al ooit uit bruin geledere verskoning hiervoor gevra? “Die historikus CFJ Muller sê dat die ‘oorgrote meerderheid’ van die Stellenbosse bruin mense Britsgesind was, maar die Afrikanerintelligentsia, -boere, -studente en -dorpsbewoners daar Boergesind” (229). Dat die politieke klimaat daar toe heeltemal anders as tans was, blyk daaruit dat die raad van die Victoria-kollege (die voorganger van die Universiteit Stellenbosch) “die kollegesaal geweier het vir ‘n konsert om geld vir siek en gewonde Britse soldate te in” (228).

Generaal JBM Hertzog het in 1902 “daarop gewys dat die grondwette van die twee republieke nie aan die regerings die reg gee om aan die onafhanklikheid te torring nie. Net die volk kon die regerings magtig om die onafhanklikheid prys te gee” (234). Sou die blanke kiesers nie ook oor hierdie reg in die 1990’s beskik het nie? Hulle het immers nooit tot magsoorgawe ingestem nie. President Steyn het gesê: “Die volk moet nie in so ‘n toestand gebring word dat hy sy selfrespek verloor en in ‘n posisie beland waarin hy hom verneder sal voel in die oë van die Britte nie” (234). Maar het die De Klerk-onderhandelings die blankes nie heeltemal onverdiend juis in so ‘n hoogs vernederende posisie laat beland nie? Lord Kitchener het probeer om die Boere te sus met die opmerking: “Dit is onmoontlik dat ‘n volk wat gestry het soos die Boere sy selfrespek kan verloor” (234). Maar die blankes het nie in die jare negentig gestry nie. Die veiligheidsmagte (weermag en polisie) is deur FW de Klerk grootliks geneutraliseer. Die huidige geslag blankes hoef nie noodwendig hulle selfrespek te verloor nie, maar hulle behoort beslis nie respek te hê vir diegene wat hulle (grootliks) uit hulle toekoms verneuk het nie.

Tydens die vredesonderhandelings het Milner te kenne gegee: “Ek wil slegs een taal in Suid-Afrika hê.” Hierop het Hertzog geantwoord: “Ek ook!” (236). Hierdie onderhandelings met Brittanje het nie in die kruipend toegeeflike gees plaasgevind wat kenmerkend van die NP se onderhandeling met die ANC was nie. Jan Smuts het die erns van die onderhandelings besef; dat die onderhandelaars ‘n dure verantwoordelikheid het teenoor diegene wat hulle verteenwoordig: “Ons verteenwoordig die bloed en trane van ‘n ganse volk” (237). Daar was geen welwillende kameraadskap met die vyand soos in die onlangse jare negentig nie. Onmiddellik nadat die Vrede van Vereeniging onderteken is, het FW Reitz, die Transvaalse staatssekretaris, “na ‘n hoek geloop en in trane uitgebars” (238). Smuts het aan Emily Hobhouse geskryf: “I sometimes ask myself whether South Africa will rise again” (241). In 1906 het Smuts geskryf dat hy teen stemreg vir swartes is. “When I consider the political future of the natives … I must say that I look into shadows and darkness” (271). Daardie donkerte sak sedert 1994 met mening op die blankes toe. Teen die einde van sy politieke loopbaan het Smuts rassesegregasie verwerp “omdat die stroom swartes na die nywerhede nie gestuit kon word nie” (342).

Tydens die Nasionale Konvensie, wat in 1908 ‘n grondwet vir ‘n Unie van Suid-Afrika moes opstel, het die Afrikaners vasgestaan. Oud-president Steyn het gesê: “Die Konstitusie wat ons nou gaan opstel, sal ons eie daad wees, en niemand kan verwag dat ons vanself ons taal en ons volk in ‘n onderdanige posisie sal gaan plaas nie” (267). In vergelyking hiermee, hoe anders en diep bedenklik was die benadering van die NP-onderhandelaars nie tov Afrikaners en Afrikaans nie. Dit laat ‘n mens aan Louis Leipoldt se Oom Gert dink: “Jy wil die storie van ons sterfte hoor” (272), of: “Ons het ons nasie in die see gesink; ons het geen land meer nie” (273). In 1912 het Hertzog “gesê dat ‘die Afrikaner’ nie deur vreemdelinge regeer moet word nie. Die Afrikaners, en dit sluit Engelssprekendes in wat in die land gewortel is, moet baas wees in die politiek, die onderwys en administrasie” (275-276). Smuts het in 1917 gesê “dat [rasse]skeiding nodig is om te verhinder dat ons ‘ondergaan in die welsand’ van Afrika soos ander beskawings wat eenmaal in Afrika gebloei het en waarvan net ruïnes oor is” (316).

Na die oorlog het JD Kestell geskryf: “Die Afrikaner-sin en -gees bestaan nog … Die Afrikanervolk bly ‘n onuitdelgbare element” (243), maar “vir die Afrikaners het dit ‘n vreemde land geword” (244). Byvoorbeeld: “Daar was dikwels niemand op spoorwegstasies en treine en in pos-, magistraats- en ander kantore wat Afrikaners in hul eie taal kon bedien nie … Openbare kennisgewings op stasies en elders was net in Engels, soms ook ‘n Afrikataal, maar selde in Hollands” (244-245). Herken lesers ons huidige situasie? Smuts het na-oorlogs getransformeer en praat nou van “konsiliasie” en hy het daarby ‘n nuwe siening: “Ons moet vergeet en vergewe, nie alleen ons eie mense nie [bv die joiners] – hulle allereers – maar ook die Engelse” (248). In sy laaste boodskap skryf Paul Kruger in 1904: “Veel van wat opgebou is, is tans vernietig, verniel, geval. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgerig word wat tans terneer lê” (253).

By die na-oorlogse Afrikaners is “die gedagte ingegrif dat dit die Afrikaner se nasionale, morele en selfs godsdienstige plig is om sy taal te behou. Taal het deel geword van die identiteit van die Afrikaner. Taalgetrouheid het die primêre toets vir Afrikanerskap geword” (256). “Die standaardtaal wat langsamerhand ontwikkel is, is gegrond op Oosgrensafrikaans” (264); daardie soort Afrikaans wat tydens en na die Groot Trek oor die hele Suid-Afrika versprei is. “Die sprekers van Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans [die twee ander hoofvariëteite van Afrikaans] was oor die algemeen pro-Brits en die Afrikaners in die Kaapkolonie dikwels sterk anti-Brits. Die belangrikste bruin leier van dié tyd en die dekades daarna was Abdullah Abdurahman, wat bitter anti-Afrikaner en sonder doekies omdraai teen Afrikaans was” (264-265). Jakes Gerwel se houding was: “Óns het nie die Boere-oorlog geveg nie en ons hoef dit nie voort te sit nie” (265). Jaap Steyn skryf: “Dit was verstaanbaar dat Afrikaners die standaardisering van Afrikaans aangepak het sonder om kulturele leiers van ander skynbaar vyandiggesinde Afrikaanse groepe te raadpleeg” (265).

Volgens GD Scholtz het Afrikaners na die oorlog een van drie koerse ingeslaan. “Die eerste koers was dié van die Afrikanernasionaliste. Hulle het hulle met moeite aan die veroweraar onderwerp, wou slegs Afrikaners wees, wou getrou bly aan hul taal, kultuur, tradisies en godsdiens, en was bereid om die stryd vir die behoud daarvan aan te knoop. [Sonder enige sweem van onderwerping of berusting, verwoord dit ook my koers in die nuwe Suid-Afrika.] ‘n Tweede koers was dié van mense wat bereid was om hulle aan anglisasie te onderwerp en geestelik heeltemal Brits geword het [die neo-hanskakies]. Die derde koers is gegaan deur mense wat hulle onderwerp het aan omstandighede wat na hul mening nie verander kon word nie. Hulle het die beste van die saak probeer maak en het so min as moontlik ‘n stryd aangeknoop [deesdae die polities korrekte godswater-oor-godsakker-brigade] (266).

In Johannes van Melle se roman, Bart Nel (1936), word die hoofkarakter ‘n voorbeeld van die Afrikanernasionalis wat alles verloor maar sy siel behou het. “Hulle het nou alles, hulle het my grond, my vrou, my kinders. Maar my het hulle nie. Hulle kan maar kom, hulle kan my maar in die tronk gooi en hulle kan maar my grond vat; hulle kan my maar doodskiet ook, maar my sal hulle nie kry nie … My kry hulle nooit. Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy” (288).

Naas die term “taalgetrouheid” (256) gebruik Jaap Steyn ook die term “volksgetrouheid” (326). Hy haal NP van Wyk Louw aan (woorde wat my as Afrikaner in my verset teen die ANC inspireer): “dat ons nie kon gebuig word / soos hul geweld dit wou” (320) en “As jy ‘n trotse volk verkneg, / word ópstand teen die reg sy reg” (329). In 1942 skryf Van Wyk Louw oor nasionale Afrikaners: “Nasionaal sal vir my beteken iemand wat Afr[ikaans] in sy huis, in die opvoeding van sy kinders, in sy skryftaal en oral bly” (336). Heelwat later sê hy oor die toekoms van Afrikaans: “Oor wat ons taal sál word, of oor wat ván hom sal word, kan ons … nie praat nie – behalwe met hartstogtelike verlange” (354).

Volgens die Sauer-kommissie, wat deur die NP aangestel is en in 1947 verslag gedoen het, was “daar net twee rigtings in Suid-Afrika … dié van apartheid en gelykstelling. Laasgenoemde moet lei tot die vernietiging van die wit mense as selfstandige en selfregerende nasie. Gelykstelling sal op die duur vir die wittes nasionale selfmoord en vir die ander groepe vernietiging van hul eie identiteit meebring. Apartheid beskerm en beveilig elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied en gun aan elke ras in sy eie tuiste volle geleenthede om te ontwikkel; apartheid verseker aan almal ‘die onvervreembare reg van selfhandhawing en selfbeskikking'” (342). Daardie “onvervreembare reg” is sedertdien van die blankes weggeneem en selfs die katastrofiese “gelykstelling” bestaan nie; vir blankes het dit agterstelling geword, insluitende die “agterstelling van Afrikaans” (343, 349). In ‘n 1954-hoofartikel in Die Burger staan: “Suid-Afrika kan alleen Suid-Afrika bly as hy deur alles heen trou bly aan sy taal en die Afrikaanse poësie … en dit as die siel van die volk erken” (352).

Volgens Hendrik Verwoerd gee taalregte erkenning aan die menswaardigheid van mense. “Wat is meer verbonde met die waardigheid van ‘n mens as dat hy sy moedertaal erken kry en ten opsigte daarvan nie verdruk voel nie?” (357). “Taal en nasiewees is nóú met mekaar verbonde. Elke keer wanneer ‘n veroweraar die selfstandigheid van ‘n volk wou wegneem, het hy hom toegelê op die ontneming van die taal van ‘n volk” (357). In 1960 het Verwoerd verklaar dat die regering en leiers “soos mure van graniet moet staan omdat die voortbestaan van die volk op die spel staan” (357). ‘n Skrale drie dekades later was hierdie graniet kwalik spookasem.

In 1975 is die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl onthul (371). Skaars 15 jaar later is begin om ‘n bedeling te skep waarin Afrikaans drasties aan status sou inboet en 10 ander tale (veral Engels) aan status sou wen. In 1991 was Engels die enigste onderhandelingstaal by Kodesa (385). Voor dit is geredeneer: “Liewer agt swart tuislande as een swart tuisland – die hele Suid-Afrika” (373). In 1969 het Die Beeld in ‘n hoofartikel geskryf dis “‘n ‘alte lekker geloof’ om te verkondig dat skeiding nie so noodsaaklik is vir die sukses van die skeidingsbeleid nie” (373). Terreurveldtogte is deur die ANC/UDF en die PAC gevoer. “Van die veiligheidsmagte is verwag dat hulle steeds streng binne die raamwerk van die wet optree. Vir revolusionêres het dié beperking nie gegeld nie. Die veiligheidsmagte moes dus sien hoe die revolusionêre bewegings na willekeur organiseer en hul teenstanders intimideer of doodmaak” (380). Bevrydingsteoloë het hierdie dubbele standaarde geregtigheid genoem.

FW de Klerk het, na bewering “sonder bedreiging of verdrukking van die minderheidsgroepe,” in 1990 ‘n “kwantumsprong” of “paradigmaverskuiwing” aangekondig (385). Die voorsitter van die Afrikaner-Broederbond,* Pieter de Lange, het reeds in 1992 beweer dat “magsoorgawe” ‘n “gesuiwerde” staanplek aan wit mense sal gee. “Al sê die politici ook wat, blankes moet aanvaar dat hul magsprysgawe permanent sal wees” (386). “Joe Slovo, leier van die Kommunistiese Party, het gekraai: ‘Hulle het oor alles ingegee!'” (386). Was De Klerk se sprong in landsbelang? Suid-Afrika was in 1975 die 18de grootste ekonomie in die wêreld en die 15de grootste handelsland. Dertig jaar later was hy onderskeidelik 28ste en 37ste (363). [* Die Afrikaner-Broederbond was eintlik ‘n parodie op Hofmeyr se Afrikanerbond.]

Hennie Aucamp het geskryf: “Wie die siel van ‘n volk of groep wil vernietig, begin by sy taal. Verdiskonteer ‘n man se geestesbesit en hy begin vervreem raak van homself” (387). Nelson Mandela het in sy volle valsheid “verskeie kere versekerings aan Afrikaners gegee dat Afrikaans nie afgeskaal gaan word nie … Afrikaans het niks te vrees in die nuwe Suid-Afrika nie” (388). Maar: “‘n Gevolg van transformasie is ‘n ingrypende inkorting van die funksies van Afrikaans” (390). Daarteenoor word Engels as die “taal van versoening” voorgehou (394). ‘n “Politiek van vergelding” (393) is aan die orde van die dag, gemik teen blankes in die algemeen en veral teen Afrikaners en Afrikaans. Heel gepas word DJ Opperman se woorde aangehaal: “Ons is geroepe om ‘n groot afspraak / met die dood te maak” (393) – tensy ons weerstand bied.

FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. “Fidel het oor ‘n ongewone charisma beskik wat ‘n groot uitwerking op sy land en op die wêreldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om ‘n einde aan die Grensoorlog te maak.”

De Klerk het ‘n huldigingsdiens aan Castro van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Khayelitsha bygewoon en het persoonlik ‘n ruiker voor ‘n reusefoto van die Kubaanse revolusionêr gelê. Die onderleier van die ANC, Cyril Ramaphosa, het tydens sy toespraak ter ere van Fidel Castro gesê:

“Ons eer hom, want hy was vreesloos, hy was dapper, hy was beginselvas, hy was gedissiplineer. En as ons aan sy lewe dink, dan begin ons ons ook ‘n ander ikoon verbeel wat ons in ons eie lewens gehad het, en dis Nelson Mandela.”

Die voorsitster van die ANC-vroueliga het tydens haar toespraak gesê: “Ons het gekom om vandag te sê: Dankie aan kameraad Fidel, die regte El Commandante. Ons het gekom om vandag dankie te sê aan die vrywilligers wat bygedra het om ons kamerade by Cuito Canavale te verdedig.”

Mnr. De Klerk het agterna teenoor joernaliste om verskoning gevra dat Suid-Afrika ooit weerstand teen Kuba in Angola gebied het en het PW Botha daarvoor geblameer. “Dit was sinneloos van ons om ‘n groot man, ‘n wêreldleier soos Fidel teen te gaan,” het FW de Klerk gesê. “Dis jammer dat ons nie al die bevrydingsbewegings reeds in die sestigerjare toegelaat het om Suider-Afrika te regeer nie, net ná die Kubaanse revolusie. Uiteindelik het die MPLA, SWAPO, ZANU PF en die ANC in elk geval getriomfeer. Maar ons moes rekening hou met die regses. Dit was die probleem.”

Mnr. De Klerk het hom ook oor die presidentsverkiesing in Amerika uitgelaat en gesê: “Trump moes nooit toegelaat gewees het om hom verkiesbaar te stel nie. Hy is ‘n regse en ‘n rassis. In ons land sou hy lankal agter tralies gewees het, met sy uitsprake. Dit is so jammer dat mev. Clinton nie gewen het nie.”

Volgens mnr. De Klerk het Fidel Castro hom vir gelykheid, versoening en nasiebou beywer, drie ideale wat hom en sy Stigting na aan die hart lê. “Ons het nog ‘n pad om te stap om by ‘n verenigde nasie uit te kom waarin almal soos in Kuba gelyk sal wees. ‘n Revolusie is nodig, dis die les wat Fidel ons geleer het. Ek verootmoedig my voor sy groot gees.”

Ook mnr. Roelf Meyer, wat in die vroeë negentigerjare saam met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika ‘n nuwe grondwet onderhandel het, het hulde aan Fidel Castro gebring. “Ek kan nie meer met my vriend Cyril saamstem nie, het hy gesê. “Fidel was soos Mandela: ‘n revolusionêr wat nie geskroom het om geweld te gebruik nie, maar terselfdertyd vrede gemaak het as dit die geskikte strategie was. Ek is trots daarop dat die Nasionale Party Namibië aan Fidel Castro en SWAPO kon oorhandig; dit was destyds die logiese ding om te doen.”

Leon Lemmer: Die kultuur van kultuurvernietiging

‘n Mens kan geneig wees om te dink dat Afrikaners geen vriende in ander lande het nie. In werklikheid is daar al hoe meer ingeligte, denkende mense wat die situasie van blankes in sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika goed verstaan. Dit is veral die geval in lande wat reeds lank ‘n aansienlike (oproerige) swart bevolking het, bv Amerika. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die grootskaalse immigrasie uit die Derde Wêreld na Brittanje en die Europese vasteland begrip vir die dilemma waarin Suid-Afrikaanse blankes verkeer aansienlik aangewakker. In tradisioneel (grootliks) monokulturele lande was daar tot enkele dekades gelede geen werklike besef van die sosiale probleme wat die saambestaan van radikaal verskillende etniese denk- en leefwyses veroorsaak nie. Weens dure eerstehandse ervaring het insig hierin in baie Europese lande eers in hierdie eeu merkbaar geword. Heldersiende blankes in Westerse lande besef deesdae toenemend dat dit nie meer net gaan om die behoud van hulle tradisionele kultuur in hulle eie land nie, maar ook om die voortbestaan van die blanke groep as sodanig. Blankes het wêreldwyd ‘n bedreigde spesie geword, soos aangetoon deur bv Lothrop Stoddard (Praag 28.02.2015). Hierdie insig het ongelukkig eers na 1994 werklik in die buiteland posgevat, dus nadat die blanke politieke bewind in Suid-Afrika weens verraad in eie geledere reeds ondergegaan het.

Wat die blanke bewind in Suid-Afrika gedoen het, word deesdae dikwels tot rassesegregasie verskraal. Wat andersins tot stand gebring is en deesdae deur die nuwe bewindhebbers benut en deurgetrek word, word geïgnoreer. In die koloniale era was rassesegregasie die standaardbeleid wat ontwikkeling en vooruitgang in ‘n ordelike samelewing moontlik gemaak het. Apartheid het uit kolonialisme voortgespruit en het as afsonderlike ontwikkeling die potensiaal gehad om verskillende etniese groepe polities en kultureel tot hulle reg te laat kom. Dit is waarom daar groot begrip in veral die suidelike state van Amerika vir apartheid is en toenemend in ander Westerse lande, wat die erge negatiewe gevolge van die invloei van immigrante uit die Derde Wêreld ervaar.

Die huidige energie- en planloosheid van die plaaslike blanke politiek spruit nie soseer voort uit skaamte oor apartheid nie, al is dit wat die nuwe bewindhebbers ons probeer wysmaak, gerugsteun deur “meningsvormers” soos Leopold Scholtz (Praag 29 Mei). Die blankes en veral die Afrikaners is verdwaas en skaam oor die verraderlike manier waarop hulle eie mense hulle mandaatloos aan swart mag uitverkoop het. Dit kan ‘n geruime tyd duur voordat genoeg blankes tot verhaal kom en strategieë bedink en deurvoer wat sowel hulle voortbestaan as die behou van hulle kultuur verseker.

Wat Suid-Afrikaanse blankes (veral Afrikaners) deesdae daagliks in toenemende mate ervaar, is pogings tot kulturele uitwissing. ‘n Sprekende aktuele voorbeeld is die afskaling en selfs afskaffing van Afrikaans. Hierin neem verloopte Afrikaners dikwels die leiding. Wêreldwyd ervaar blankes ook reeds in ‘n mate hierdie kultuur van kultuurvernietiging, maar in die Weste tans nog op ‘n baie kleiner skaal as plaaslik. In die Weste is blanke kultuurvernietiging dus in groot mate toekomsmusiek. Soos in die res van Afrika (Kenia, Zimbabwe, Namibië) is blanke kultuurvernietiging in Suid-Afrika, met sy verswelgende 80%+ swart meerderheid, egter ‘n eietydse dodemars. Veral Afrikaners is hopelik bestem om hierdie doodsmusiek met die uitbundige sing van bv ‘Die Stem’ te verdring.

In hierdie konteks skryf ek vandag na aanleiding van ‘n Amerikaanse publikasie, The great erasure: The reconstruction of white identity, edited by Richard B Spencer (Whitefish, MT: Washington Summit Publishers, 2012, 300p; Amazon Kindle $9,11).

In die inleiding beskryf Spencer die inhoud van hierdie bundel opstelle soos volg:

“Its theme is the deconstruction of European, White identity worldwide – in terms of culture, politics, and historical heritage. It ultimately entails the destruction of Europeans as a unique biological entity. Though it was not planned this way at the outset, South Africa – and the Boer people in particular – serves as a Leitmotif throughout the collection. It seems that in the ghettos and security fences of contemporary Johannesburg, and in plucky Boer ethno-communities like Orania, one sees the worldwide status of the White man laid bare. He faces formidable challenges; the greatest of which is not, in fact, demographic decline, but that he has become the Zeitgeist‘s favorite villian” (Kindle 38).

“Beyond the crisis in South Africa, the experience of European peoples worldwide can be said to be distinctly ‘post-Apartheid’, ‘post-colonial’, and ‘post-national’. The White man lives in a world his race once dominated – and in which Black and Brown are now colonizers, in which European heritage is being taken away piece by piece: cultural heroes, literature, popular icons, identity – ultimately, everything. The Boers themselves can be counted as exceptional in this regard, for … they are actively resisting these trends and have not lost their self-respect and will to survive” (46).

Dít is waar van die regte Afrikaners; nie van die verlooptes nie. ‘n Verloopte Afrikaner is iemand wat bv sy eie mense doelbewus benadeel en ander mense bevoordeel; wat bv sy eie mense onnodig slegmaak en ander mense haas onherkenbaar goedpraat en onvoorwaardelik ondersteun.

Alex Kurtagic skryf: “‘Immigration’ is no longer an adequate term to describe the social, political, and racial transformation resulting from mass migration” (57). “Immigration” het ‘n eufemisme vir “invasion” geword. “Guillaume Faye calls it ‘colonization'”* (60). Faktore wat hierdie verskynsel vertroebel, is die omvang, permanensie en nie-assimileerbaarheid van hierdie immigrante. “It is well known that Third World settlers in the West … take advantage of the indigenous’ welfare state and concessionary provisions, and that these benefits are often a reason for immigrating in the first place; indeed, on the whole, these settlers consume more than they produce” (213). [Die verwysing is na Faye se boek, The colonisation of Europe, (2016, 330p; Amazon Kindle $12,53).]

Die frase “settler colonialism” is aanvanklik gebruik vir die baie positiewe dinge (uit die Westerse oogpunt) wat histories voortvloeiend uit blanke immigrasie in bv Suid-Afrika, Israel en Amerika gebeur het. “Among the characteristics of settler colonialism is that settlers come to stay and do not appeal to the established indigenous sovereignty, but rather deny it and seek to remove it in order to replace it with a reproduction or regeneration of their own society” (145).

Hierdie blanke setlaars het die genoemde drie lande dramaties ontwikkel/verbeter. Wat opgebou is, word deesdae deur revolusionêre magte bedreig. Die oogmerk is “to recast European society in their image” (201). Sedert 1990/1994 is Europese beskawing in Suid-Afrika al hoe meer deur afrikanisering verdring. In Israel word die Joodse beskawing aktief deur Palestyne/Arabiere/Moslems ondergrawe. Sedert veral die jare sestig word die blanke beskawing in Amerika deur gewelddadige swartes gyselaar gehou. Anders as die Hispaniste, Asiate en Indiane is die swartes die enigste Amerikaanse minderheidsgroep wat hulle (by voorkeur) tot geweld wend om politieke oogmerke te bereik. Lees gerus John D Skrentny se gesaghebbende boek, The minority rights revolution (Cambridge, Mass: Harvard University Press, 2002, 496p; Amazon Kindle $28,16). Die gewelddadige voorbeeld wat deur Amerikaanse swartes gestel word, is en word steeds slaafs deur swartes in Suid-Afrika nagevolg. Kurtagic beweer selfs: “Indigenous Others are rarely virtuous” (190) en hy vestig die aandag op die “often dysfunctional nature of Third World societies” (236).

In Suid-Afrika het die blankes aanvanklik per skip hier aangekom terwyl die swartes dit ongeveer dieselfde tyd te voet gedoen het. In die Weste (Amerika en Europa) het die swartes ná die blankes daar aangekom. “Most likely, given the multiracial character of settler colonization in the West, is that one ethnicity would gain the ascendancy over all the others, and it would be they who become the new indigenous. The Bantus in South Africa provide a historical example” (265).

Kurtagic sonder Jode, veral “radical Marxist Jews,” uit as diegene “that subjected traditional European identity and institutions to radical critiques. Their effect was die gradual deprecation of European tradition and racial identity and the development of universalism to its logical extreme. Interacting with guilt as the primary method of social control in the West, this made it possible even for genetically distant immigrants eventually to become legislators because it had become impossible for the indigenous to argue against exclusion based on race” (283). Kurtagic dink hier veral aan Brittanje, Wes-Europa en Amerika. Hy noem “changes in legislation that privilege settlers over the indigenous, abdication of indigenous racial consciousness as a morally legitimate cognitive structure, or discrimination policies against the indigenous designed disproportionately to enchance settlers’ access to higher education and the job market” (288).

“Third World settler colonization of the West is possible only as a result of a uniquely Western ideology (egalitarianism) and an autochthonous political system (democracy), both of which morally and ideologically disarm the indigenous against settler ascendancy and predation” (300). “Settler colonization is … a game of erasure: settlers erase or are erased” (318). “The single biggest impediment to Whites’ avoiding erasure is the hegemonic belief in the West in equality as an absolute moral good … Whites in Europe and North America, as well as in former colonies … currently lack a moral theory … with which to justify and secure their continuity. Unless a new moral theory of difference can be formulated to support an ideology and legal framework that both justifies and enables its self-preservation as a unique biological entity in their own homelands, the White race faces complete erasure from the earth” (323).

In sy essay skryf Andy Nowicki: “Compared to the rest of Africa … Blacks actually prospered in Apartheid-era South Africa” (364). Hy verwys na rolprente se “simplistic cinematic morality … with noble and magic Negro/White liberal heroes and hateful, mean-faced, invariably Afrikaner villians” (356). Wat literatuur betref is daar diegene “who want to dethrone the ‘Dead White Male’ Western canon and have us all reading crappy books written by semi-literate Aboriginal Eskimo albino lesbian hunchbacked cripples out of deference to a specious ‘inclusivity'” (376). Sedert 1994 “Johannesburg is newly notorious … as the rape and murder capital of the world” (395).

“Blacks have turned on the Boer nation – their former rulers – with particularly hateful ferocity … The democratically-elected ANC government changes the names of Afrikaans roads and cities in a transparent effort to punish the people who they felt oppressed them in the past, and imposes ruthless and insane racial quotas upon businesses and social services – even to the point where, for example, prospective black doctors in medical school are held to far less rigorous standards than their White counterparts, in order to increase the representation of Black doctors … White farmers (predominantly Afrikaner) are asked to cede ever more of their private property in the interests of agricultural affirmative action; meanwhile, farm murders continue apace in a steady, dreary campaign of terror” (428).

Nowicki verwys na “irresponsible, vindictive anti-White rhetoric and propaganda, creating an atmosphere of hate” (434). Die blankes “accept responsibility” vir wat hulle doen. Die swartes, daarenteen, “replace responsibility” (452). Byvoorbeeld, daar is “mounting Black frustration over unemployment and poverty, which haven’t improved and have in fact largely worsened since Mandela’s election in 1994, but both of which are still commonly blamed on the ‘legacy of Apartheid’ and White racism and colonialism” (476).

Tydens sy besoek aan Suid-Afrika het Nowicki met Dan Roodt, “a distinguished writer and long-standing Afrikaner activist,” gesprek gevoer. Hy haal Roodt soos volg aan: “In South Africa, we have the most violent peacetime society in the world … It’s almost like a low-intensity war” (501). “Roodt blames the ‘climate of hate’ created by an ANC-dominated education system. ‘South African Blacks are more anti-White than any population in the world … It’s a part of this whole “victim” mentality. The ANC has created a fictional past “reality” that feeds the present violence'” (501). “Foremost among the goals of Roodt and others like him is to forge an authentic Afrikaner homeland, a place where the descendents of the historic ‘Boers’ can feel safe and can be assured of their legitimate interests being protected” (538).

Sommige Afrikaners “have staked their hopes on the prospect of seceding from the current wreck of a ‘Rainbow Nation,’ and constructing a kind of Boer ethno-state in its very midst, with the intention of reclaiming their genetic and cultural self-determination, and saving the Afrikaner identity from dilution and eventual extinction” (558). Nowicki verwys na twee konkrete voorbeelde van etniese gemeenskappe: Orania en Kleinfontein (558). Die refrein wat hy daar gehoor het, is “self-reliance” (575) en “self-sufficient” (580).

Daar is sowat 5 miljoen blankes wat 9% van die Suid-Afrikaanse bevolking van meer as 50 miljoen uitmaak (580), “with the untold numbers of non-White illegal immigrants pouring in daily through the porous northern border, rendering the Whites of the country even more racially outnumbered. Of that five million, it’s estimated that around three and a half million are of Afrikaner descent – the rest being chiefly British. With such dwindling minority status, Afrikaners zealous to maintain their heritage must take particular precautions” (587). Hy skryf goed ingelig oor die trotse geskiedenis van die ou Suid-Afrika, maar kom dan tot hierdie gevolgtrekking: Die Afrikaner se “country, in essence, no longer exists” (792).

In sy artikel bevestig Derek Turner wat Nowicki geskryf het: In die ou Suid-Afrika “life for the ordinary people was infinitely better than anywhere else between the Limpopo and the Sahara” (878). Hy meld “the British had introduced laws discriminating against Blacks as early as 1847” (1019). Daar is hierdie verwarrende sin: “In 1994, the world had its way, and White voters voted two to one in favour of power-sharing” (1057). In 1992 was daar ‘n referendum waarin toestemming van die blanke kiesers vir onderhandeling met die oog op politieke magsdeling verkry is. Daar is toe plegtig maar valslik belowe dat enige ooreenkoms in ‘n latere referendum aan die blanke kiesers vir goedkeuring voorgelê sou word. Dit is nooit gedoen nie. FW de Klerk het sy flagrante versuim probeer regverdig met die redenasie dat magsoorgawe en sy belofte van magsdeling eintlik maar dieselfde is. In 1994 was daar ‘n een mens, een stem verkiesing wat nie politieke magsdeling as resultaat gehad het nie maar revolusionêre oorheersing deur swart mag.

“Gallant writers (always too few), like Dan Roodt, Philip du Toit, and Ilana Mercer*, have written powerfully of what had happened since – the increasing inefficiency and corruption of government, the decline in public health, the coarsening of culture, the humiliations visited upon the former masters by the former servants, the symbolic renaming of landmarks – the carjackings, the robberies, the rapes, the drive-by shootings, and, most symbolically of all, the farm murders. The proud pioneers who persuaded the deserts to bloom … are being picked off one by one” (1063). “A few … lounge Lenins are even now attempting to assure Afrikanerdom’s extirpation … Many have already outspanned overseas – strangely enough, often those who decided not to be racists, not to be fools, and so voted for power-sharing. But many others have nowhere to go or cannot afford to leave, and must take their chances in a country which has already changed hugely and will every year become less familiar and less safe” (1080). [* Ilana Mercer, Into the cannibal’s pot (Praag 29.12.2013).]

“Afrikaners … for the foreseeable future exist on sufferance, playing a loaded game by alien rules, swimming in an ocean of Others … For the foreseeable future, they are constrained to do what persecuted peoples have always done in evil times – inspan into Bantustans of their own, look in on themselves and heal their hurts, tend the groves and mend the walls, teach the children and make plans. But howsoever hurt, they still have strengths – their tried and tested faith, their cultural identity, their shared history, their close links to the landscape – and inside the timidest heart subsists something of the psalm-singing corduroy commandos who once set the world at defiance, and may one day ride again” (1085).

In sy hoofstuk skryf KR Bolton: “While Washington pursued its decolonization agenda, the White peoples of Africa simply became collateral damage,” bv vir “the thugs who hold sway today in former Rhodesia and South Africa. Washington not only left the Whites to their fate but actually empowered their Black enemies and usurpers” (1203), bv met studiebeurse uitsluitlik vir swart studente. “The strategy to destroy White rule in Rhodesia [was] … a pincer movement of terrorism from below and economic pressure from above” (1305). “In former Rhodesia, 4 000 farmers have been driven from their land” (1332).

“South Africa, the final redoubt of White rule anywhere in the world, lost its vision after the assassination of Prime Minister Hendrik Verwoerd in 1966” (1317). “Since ‘liberation’ in 1994, over 3 000 White farmers have been killed. The old ANC slogan is again popular: ‘One settler, one bullet!’ ‘Kill the Boer, kill the farmer!’ ‘Maak dood die wit man'” (1332).

Ek verskaf slegs twee aanhalings uit Colin Liddell se opstel. “One of the functions of civilization is to shape its people, to give them a collective set of precepts, a way of looking at the world, and an identity” (2754). Die Weste het sy morele kompas verloor. “The morality of the West becomes the enforcement of the anti-morality: gay rights, the mass murder of fetuses, a culture of divorce and one-parent families, the privileges of the immigrant over the rights of the indigenous, the enforced equivalence of all forms of dysfunction with normalcy; while its identitarianism becomes a negative one of not belonging to the despised groups, the ‘racists,’ ‘neo-Nazis,’ and ‘haters,’ who crave a positive civilizational identity” (2761).

Samuel Francis delf in die geskiedenis van die eerste blankes en gebruik gevolglik die term “Ariërs”. Hy verwys na Jared Taylor se mening: “Every other race tends to think in terms of its own race and group, and, ‘Only whites pretend that pluralism and displacement are good things and that the measures necessary to ensure group survival may be immoral.’ We tend to think that way because we are naturally prone to transcend subjective and particular interests and to idealize what is objective and universal. But this misapplication of a natural and healthy Aryan instinct is not in itself natural but rather the result of ethical and philosophical confusions that have arisen in modern times” (3286). Die “Aryans … never confused honor with equality or sameness” (3308).

“I do not see that such traits as missionary activity, the passion to improve or change the world, the elimination of hereditary class differences, competition according to individual ability, concern for the natural environment are particularly characteristic of Aryans, however. Some of these may be desirable traits, though they have obviously gone far beyond what was really characteristic of early Aryans and what can be useful for white racial survival. Nevertheless, some of them, such as missionary activities and crusading to change or reform society, may well ultimately derive from Aryan dynamism and expansionism, while competition according to individual merit may be a modern form of single combat and a reflection of Aryan individuality. The modern demand to eliminate hereditary class distinctions may be an exaggerated but not very healthy version of this instinct” (3314). Ek is geneig om teen oorgeërfde klasse (soos die koninklikes en aristokrate) te wees, maar die uitwissing van alle klasse, insluitende meriete gebaseerde klasse, is ‘n simptoom van die ongesonde gelykverklaringsmanie.

“What is important to understand, however, is that Aryans, because of their Faustian dynamism and individuality, seem to be especially prone to misapplications of their most ennobling traits, and when the modern ideologies of egalitarianism, leveling, feminism, and universalism are joined to forces such as modern capitalism and technology, the danger of losing contact with and understanding of the natural propensities of our own racial character and of misunderstanding their limits and proper functions is great” (3325). Blankes/Afrikaners moet hulle nie laat intimideer deur diegene wat skynbaar skaam oor hulle etnisiteit is nie. Eeue lank was blankheid die aanvaarde norm waarna ander etnisiteite gestreef het. Ons kan en behoort ons steeds trots op blankheid te beroep wanneer dit ons pas.

Wat plaasgevind het, is “the alienation of modern European man from his natural inclinations and ancient heritage … we can work to correct the misapplications of our talents and traits, to eradicate the confusions and degenerations of modern mass democracy and culture, and eventually to restore or create anew a social, political, and cultural order that incorporates and reflects the healthy and natural instincts of our race” (3330). Dus, “we can make the enduring characteristics of our race serve us again in our endless quest to meet the destiny of European man” (3336).

Dan Roodt: Marlene van Niekerk, die FW de Klerk van die letterkunde

As iemand wat nou presies twee dekades lank by die taalstryd betrokke is, van daardie fatale eerste oomblik af toe ek ‘n ietwat huiwerige praatjie oor taalregte doer in 1996 by die Franse Instituut in Johannesburg op uitnodiging van Johann Rossouw gelewer het, moes ek eers my Linux Ubuntu-rekenaar herlaai om seker te maak dat daar nie ‘n onbekende virus daarop toegesak het en ‘n Trojaanse boodskap daarop laat flits nie: In ‘n Engelstalige artikel op LitNet spreek Marlene van Niekerk haar ten gunste van die behoud van Afrikaans op universiteit uit. Kan dit waar wees?!

Verkeer haar naam nie op die lys van meer as 200 US-akademici wat hulle reeds by wyse van petisie ten gunste van ‘n Engelse Stellenbosch uitgespreek het nie? Aangevoer deur ene Sandra Liebenberg, as ek reg onthou. Ek bewaar die lys hier iewers op my rekenaar, vir die dag wanneer ons hulle almal summier gaan afdank en wegjaag soos hulle al soveel kere met ons gemaak het. Dink maar aan hoe dr. Piet Croucamp die jong Nietzsche-kenner, Louise Mabille, verneder en by Tukkies laat verdryf het, bloot omdat sy die werklikheid van verkragtings in ons land durf noem het. En “moontlike kulturele faktore” wat aanleiding daartoe mag gee.

Ek weet nie of LitNet dié sal publiseer nie, want doer in 2000 toe ek aan die KKNK op Oudtshoorn ‘n ewe huiwerige, versigtige pleidooi vir taalregte gegrond op die 1996-grondwet gelewer het, is ek vir ‘n “Nazi” uitgeskel en letterlik met Adolf Hitler vergelyk. ‘n Nog amusanter element was die berig wat iewers in ‘n Nasperspublikasie verskyn het – dit kon die ontslape Insig gewees het – dat ek by die einste KKNK “in die geselskap van ‘n jong man met blou oë en wat Afrikaans met ‘n Duitse aksent gepraat het” gesien is… Stel jou voor: ‘n jong man met blou oë! En dan die “Duitse aksent”. Dat ek nie onmiddellik na die naaste heropvoedingskamp gestuur is nie, is ‘n raaisel. Ek dank altyd die sterre dat my kinders, anders as hul vader, een en almal bruin oë het, dus sal hulle seker nie deel uitmaak van die eerste golf suiwerings van “fasciste” as die Rooiwagte, Stellenbosse professore en ander progressiewe linkses uiteindelik op skerppuntaksie besluit nie.

Vanweë my oogkleur en pro-Afrikaanse standpunt, asook kritiek op die uitverkore party, die ANC, het Peet Kruger, toenmalige redakteur van Beeld, jare lank ‘n verbod geplaas op enige artikel of selfs brief uit my pen. Marlene van Niekerk was mos self deel van die groep antifa’s wat my met geweld gedreig het tydens 2005 se Woordfees toe ek ‘n onskuldige bekendstelling van my roman Moltrein, nie eens op die kampus van Stellenbosch nie, maar in ‘n privaat boekwinkel wou bywoon, nie waar nie? Soveel mensliewende verdraagsaamheid, soveel waardering vir spraakvryheid. Maar die grusame verhale van Stalin, Pol Pot, asook Mao se kulturele revolusie, moes ons seker voorberei het op wat uit Joe Slovo se gebalde vuis sou ontspring (sien foto hier onder).

Onder die verskriklike apartheid kon ‘n sogenaamde “dissident” soos André P. Brink elke Sondag in Rapport, mondstuk van die Nasionale Party, skryf terwyl hy luidkeels in Brittanje en Frankryk gekla het oor die sensuur waaronder hy gebuk gaan. Ai, die arme man. Hoe het hy nie gely nie.

achtung_west-berlinStadigaan het ons, die taalstryders en “fasciste” wat vir Afrikaans omgee, egter gewoond geraak aan linkse sensuur. Dis ‘n sensuur wat hom in die naam van “vryheid” en “progressiwiteit” aanbied, ‘n bietjie soos Oos-Duitsland wat as die “Duitse Demokratiese Republiek” (DDR) bekendgestaan het. Jy was baie vry en het reeds in die paradys gelewe, behalwe as jy probeer het om die “anti-fascistiese skandmuur” oor te steek. Ja, dis wat dit genoem is! Die Muur is gebou, nie om mense binne in hul “progressiewe, linkse, bevryde” utopie te hou nie, sien, dit het bestaan om hulle teen die slegte invloede van buite – die “fascistiese” Wes-Duitsland – te “beskerm”. En as jy jou nie aan dié beskerming wou onderwerp nie, dan is jy met ‘n masjiengeweer neergevel. Al was jy nou ongewapen en sonder uniform. Want die revolusie is die revolusie en die onderskeid wat tussen soldaat en burgerlike in die Geneefse Konvensies staan, geld mos nie vir linkses nie. Nes vir die ANC-SAKP wat bomme in ons land gestel het, op straat of in winkelsentrums. Diegene na wie strate vernoem is of waarvan die name met eerbied geprewel word: Joe Slovo, asook Winnie en Nelson Mandela. As u vergeet het hoe hulle lyk:

winnie-mandela-slovo_flagMoontlik wil LitNet professor Van Niekerk – ‘n hoogleraar sonder ‘n doktorsgraad, helaas – ook teen my slegte invloed beskerm en sal dié skrywe nie geplaas word nie. Maar, raai wat, tot verdere kennisgewing, geld daar vryheid van spraak op die internet. Miskien nie in ons land nie, maar in die VSA waar daar iets soos ‘n “eerste wysiging” aan hul grondwet bestaan, kan jy sê wat jy wil. Jy mag selfs die N-woord gebruik, soos vele swart kletsrymers gereeld doen. Is dit nie skokkend nie? Dis seker waarom Amerika gereed maak om hul eie “Adolf Hitler”, Donald Trump, tot president te verkies, tot die konsternasie van linkse progressiewes wêreldwyd.

Maar kom ons los maar die Amerikaanse verkiesing; my punt is bloot dat die internet selfs iemand soos ek wat van meet af aan geëtiketteer en verguis is omdat hy dit durf waag het om die oppermag van Engels in Azanië te bevraagteken, van ‘n spreekbeurt voorsien. Want Engels is mos die taal van die nasionale demokratiese revolusie en alle revolusies wat nog kom, waaronder #RhodesMustFall, #AfrikaansMustFall, #KillABoer en wat nog. Professor Van Niekerk noem dit “fallisme”. In my studentedae het ek gelees van “fallogosentrisme” en sulke dinge, dus wonder ek nou hoe die twee bymekaar uitkom.

Ek kan sien hoekom professor Van Niekerk nie ‘n doktorsgraad nodig had om in die universitêre hiërargie te vorder nie: sowat van ‘n opeenstapeling – nogal in die Rooitaal – van kultuurmarxistiese, postmoderne gemeenplase het ‘n mens lanklaas in Suid-Afrika gesien. Dit bring vir my slegte herinneringe aan Yeoville of ‘n vervalle huis in Parktown, Johannesburg waar een of ander jong Duitse dosent en haar Griekse man “seminare” oor die (((Frankfurt-skool))) aangebied het.

Nou gaan ek seker reguit by die Menseregtekommissie verkla word, met die gebruik van die “altregse” drie hakies om die Joodse etnisiteit van die here Marcuse, Horkheimer, Adorno et al aan te dui. Benewens woorde, kan selfs punktuasie deesdae “haatspraak” verteenwoordig. Maar die hakies kan ook ironies gebruik word, en daar is sommige wat dit deesdae op hul Twitter-profiele rondom hul name aanbring, regs, links of in die middel van die spektrum. Professor Van Niekerk is blykbaar ‘n boorling van Leeu-Gamka of iewers in die Karoo en hoewel sy, soos dit elke linkse betaam, ‘n verbete Nazi- en fascis-jagter is, is sy kennelik nie Joods nie. Sy dig darem een of ander Semitiese identiteit aan die Universiteit van Stellenbosch toe, want dit mag nie Christelik wees nie, dog wel moslems:

I find it extremely unfortunate, for example, that currently some pro-Afrikaans groups are once again clamouring for a Christian Afrikaans university at Stellenbosch. This is just not okay. They must go and build their own university somewhere else. Many of the people in the Western Cape who speak Afrikaans are Muslim or agnostic. Public universities are secular institutions and should remain so. That does not mean that religion as a phenomenon of social cohesion cannot be studied and discussed in anthropological or sociological or philosophical academic contexts.

Sou mens wel ‘n departement van Joodse studies aan die Universiteit van Stellenbosch kon verdra, wonder ‘n mens? Dit klink vir my soos ‘n benadering wat ewe gemaklik by die DDR sou kon gepas het: amptelike marxistiese ateïsme, maar Judaïsme en Islam is darem welkom. Ek wil nou nie te diep in die geskiedenis van linkse revolusies ingrawe nie, maar onder Lenin is Christene by die miljoene doodgemaak, terwyl daar in Moskou ‘n spesifiek Joodse teater opgerig is. Ook aan die Universiteit van Kaapstad bestaan daar die Kaplan-sentrum vir Joodse studies waaroor die volgende op sy webblad gesê word:

The centre seeks to stimulate and promote the whole field of Jewish studies and research at the University with a special focus on the South African Jewish community. Multi-disciplinary in scope, scholars are encouraged to participate in a range of fields including history, political science, education, sociology, comparative literature and the broad spectrum of Hebrew and Judaic studies. The centre is engaged in research and acts as a co-ordinating unit in the University.

Dr. Max Price, die rektor van die Universiteit van Kaapstad, het ook so pas die Deense joernalis, Flemming Rose, verbied om ‘n lesing oor akademiese vryheid op sy kampus te lewer, vanweë sy betrokkenheid by die spotprente oor Mohammed wat in die Jyllands-Posten verskyn het. Oor die Christendom en Christus kan enigiets gesê word, maar wee diegene wat dit waag om sonder eerbied met Islam en Mohammed om te gaan.

Dus: ons salueer u, professor Van Niekerk. Hou koers! U het verstaan dat Christelike fasciste of fascistiese Christene uitgesluit moet word. Maar wat nou van die agnostiese fasciste, wonder ‘n mens? Hoewel, enige agnostiese fascis is seker per definisie ‘n nasionaal-sosialis, dus kan hulle sommer dadelik Katyn-woud toe vir ‘n skoot in die kop, nie waar nie?

Weereens het u ‘n bondgenoot in dr. Piet Croucamp, die vermaarde linkse metafisiese teoretikus wat aan die “University of Johannesburg” (die voormalige RAU waar Afrikaans helaas volledig gesneuwel het) teen die Christelike godheid as “breindood” uitgevaar het. Darem het hy niks oor Allah te sê gehad nie, want ek is seker u sou aanstoot geneem het.

Ek lag nou hardop as ek dit skryf, maar die gedagte aan ‘n “agnostiese Afrikaanse Moslem” soos u dit voorstaan, vind ek nogal amusant. Terloops, is dit voor of ná Mohamed Lahouaiej Bouhlel se heldedaad in Nice geskryf? Nice, waar die plaaslike dialek hardnekkig gepraat word en die kiesers in die 2014- munisipale verkiesing met 48% vir die sentrumregse kandidaat, Christian Estrosi, en 21% vir Marie Christine Arnautu van die Front National gestem het, is seker te regs en het daarom Allah se woede verdien, soos toegedien met ‘n twintigtonvragmotor… Toemaar, ons weet, blanke lewens het geen waarde vir Links nie. Heteroseksuele Franse gesinne op die Franse nasionale dag – by uitstek ‘n fascistiese ritueel – verdien om uitgewis te word. Only Black Lives Matter. Of Moslemlewens. Die Franse Sosialistiese regering het die publikasie van foto’s wat dalk simpatie vir die kinderslagoffers mag skep, streng verbied. Terwyl die foto van die Turkse of Arabiese drenkelingseuntjie op die strand tot vervelens toe gebeeldsend is om die “hartelose” Europeërs te laat skuldig voel dat hulle nie onmiddellik hul grense oopgooi nie. En natuurlik Hector Pieterson se foto wat al om die twee dae voor ons koppe gegooi word. Terwyl die horde Afrikanerkinders wat in die onlangse verlede deur swartes vermoor is (Willemientjie Potgieter, Danielle Esterhuizen, Kayla Meyer, Wiehan Botes, om maar enkeles te noem), in die vergetelheid bly.

Soos Van Niekerk ook vir ons suggereer, is alle blankes kollektief skuldig aan al die wandade van die geskiedenis, asook die “cultural damage wrought by European colonialism”, soos sy dit stel. Skuldig, skuldig is ons almal, aan onnoembare oortredings, soos Josef K. in Kafka se Die verhoor. Aan die ander kant dra Mohamed Lahouaiej Bouhlel of die APLA-moordenaars wat goedsmoeds met outomatiese wapens op die gemeentelede van die St. James-kerk op 25 Julie 1993 losgebrand het, geensins tot die “kollektiewe skuld” van onderskeidelik Moslems of swartes by nie. In elk geval is die APLA-“kaders” – ja, dis hoe hulle genoem word, die Franse woord vir ‘n “middelvlakbestuurder” – deur die Waarheidskommissie (WVK) kwytgeskeld. Dis nou dieselfde WVK wat soos Robert Creig bevind het dat die blanke Afrikaanssprekendes oor ‘n “outoritêre persoonlikheid” à la Theodor Adorno beskik (sien hier onder). As ons nie heropgevoed kan word nie, moet ons seker maar van kant gemaak word, want ons dra die “fout” van ons herkoms, taal en kultuur.

Kennelik verteenwoordig professor Van Niekerk se wêreld ‘n postmoderne, diverse, identiteitsondermynende soort trans-belewenis waar gewone logiese kategorieë opgehef word. Dis die mengelmoes, die menigte, die oplossing van die persoonlikheid wat Herbert Marcuse vir ons so welsprekend in An essay on liberation beskryf het. Of in daardie opstelletjie van Michel Foucault waarin hy ingeslyks die voortreflikheid van die dwelm besing en waarin Gilles Deleuze in ‘n voetnoot bygevoeg het: “Wat sal die mense van ons dink?” Dwelms help natuurlik mee om die “persoonlikheidsoplossing” en saambestaan van logies uitsluitende kategorieë te bewerkstellig. In die Kaap is daar glo geen tekort aan dwelms nie, hoor ‘n mens. Trouens, dis een van die gevolge van die De Klerk-Mandela-revolusie: ‘n dwelmsmous of twee naby elke skool. Baie “progressief”.

Maar dis deel van my beswaar teen die geagte professor Van Niekerk: sy is vir my so ‘n… outydse linkse. Het Koos Kombuis nie iewers iets oor “ou hippies” gesê nie? Dit ruik na die uitskot van Mei 1968 en die ver-linkse buitensporighede van die sewentigerjare. Anargisme, Kropotkin, ai. Hoe sleg het ons nie aangetrek toe sulke idees destyds by partytjies bespreek is nie.

Soos ek al so dikwels gesê het, het die Berlynse Muur nog nie in Suid-Afrika geval nie, want die kritiek op marxisme soos dit in Europa en veral Frankryk in die sewentigerjare gelewer is, het nog nie by ons plaasgevind nie. Veral die deel wat ‘n noodwendige verband tussen die idees van Marx en Lenin en totalitarisme, massamoord, konsentrasiekampe en alles wat daarmee saamhang, vaslê.

Vermoedelik het professor Van Niekerk in haar onsamehangende epistel van 7000 woorde vir ons alles neergeskryf wat sy weet of waarvan sy al gehoor het. Dis ongelukkig nie veel nie. As sy 22 was, sou dit miskien destyds in 1977 of iewers “potensiaal” getoon het. Hier in die nuwe millennium, met die ontploffing van idees en inligting op die internet, doen dit as intellekuele tuiste net so verslete en ghwarrerig soos die huisie in Triomf aan wat sy in haar fameuse, gelyknamige allegorie van die Afrikaner beskryf. Daardie herhalende teks waarin haar Boerehaat-onderrok so ver uithang. En waarvoor die Engelse resensente en elkeen wat die “bloedskandelike, ingeteelde Afrikaners” minag, haar só tot teen die plafon aangeprys het.

In dié opsig sou ‘n mens professor Van Niekerk as die FW de Klerk van die letterkunde kon beskryf: eers het sy sonder huiwering verraad gepleeg, maar nou ontwikkel sy so ‘n mosterd-na-die-maal-sentiment vir Afrikaans. Spyt kom altyd te laat. Of het sy en dr. Theuns Eloff van die FW de Klerk-stigting haar “verklaring” saam gekoukus? So ‘n rammelende, “progressiewe” – haar gunstelingwoord wat sy nie minder as tien keer gebruik nie! – ode aan veeltalige, anti-wit, antifa-, agnostiese, Moslem-Nie-standaardafrikaans. ‘n “Bevryde”, “fynsinnige”, soos sy dit noem, Afrikaans maar wat nogtans sy hidjab dra. Dit sou seker by die Duitse politieke stigtings groot byval vind! Dis iets wat mev. Angela Merkel, gebore in die DDR en voormalige lid van die Kommunistiese Jeugbeweging, self kon uitgedink het. Die jongste spruit van die Germaanse taalfamilie wat nou, gepas vermeng en met ‘n paar Fred Astaire-passies deur die riel gestuur, met trots die hidjab of dalk bietjie later die boerka begin dra. Hier in Johannesburg in al die streng eentalig Engelse winkelsentrums sien mens al hoe meer die dames in hul swart kleding waarvan net die oë sigbaar is. Islam is seker die nuwe feminisme.

Aan die ander kant is ek van mening dat dit nou te laat is om vir Afrikaans uit die kas te klim, by wyse van spreke. In 2000 toe dit nog gewaagd was en jy maklik as ‘n fascis, ‘n rassis en ‘n Nazi uitgeskel is as jy die Grondwet van 1996 aangehaal het, sou dit sin gemaak het. Dr. Leopold Scholtz het ‘n hele loopbaan daarop gebou en sodoende mense laat vergeet dat sy pa, G.D. Scholtz, Verwoerd se biografie geskryf het en hyself ‘n ywerige NP-propagandis was. Maar noudat die Rooiwagte van die revolusie en #AfrikaansMustFall die arme blanke bloedjies uit die biblioteke by Tukkies verjaag met gepaardgaande doodsdreigemente, wonder ‘n mens of daar nie ander motiewe daaragter skuil nie?

Eie belang, byvoorbeeld. Akademici krap mekaar se oë uit vir poste en logies is professor Van Niekerk – die hoogleraar sonder ‘n Ph.D. – nie eintlik opgelei vir enigiets behalwe die doseer van Afrikaans en Nederlands, tesame met ‘n pot-pourri van geykte linkse idees nie. Indien #AfrikaansMustFall sou slaag en die US môre geheel en Engels en Afrosentries word, dink ek nie daar gaan meer plek vir Afrikaans wees nie, selfs nie eens in die “Department of Afrikaans and Dutch” nie. Al begin professor Van Niekerk ‘n hoofbedekking of selfs ‘n boerka dra. Dis in die aard van politieke korrektheid dat dit toeneem tot op die punt waar slegs die mees ekstreme en “suiwer” gedrag aanvaarbaar is. Dit het al die revolusies sedert 1789 bewys. Jammer om u ore seer te maak met ‘n Franse aanhaling – daardie fascistiese land waar ‘n derde van die bevolking die verregse mevrou Marine Le Pen en haar ewe fascistiese niggie, Marion Maréchal-Le Pen, ondersteun – maar soos die beroemde woorde van Pierre Victurnien Vergniaud lui:

“La Révolution est comme Saturne : elle dévore ses propres enfants.”

Ten minste het die Linkerbond en die Broederbond dít in gemeen dat hulle altyd oor hul eie posisies begaan is. Vandaar dus die nuwe “konsensus” rondom die red van “veeltalige, anti-wit, antifa-, agnostiese, Moslem-Nie-standaardafrikaans”. Want terwyl die gewone Afrikaanssprekende lankal sy “grondwetlike reg om sy eie kultuur uit te leef” kwyt is, geniet die oorblyfsels van die ou Afrikanerelite steeds daardie voorreg, tesame met die kultuurmarxiste op die kampusse. Voor ons oë sien ons dus ‘n nuwe alliansie verrys, maar wat op die duur Standaardafrikaans wil vernietig ter wille van ‘n nuwe “variëteit” of kultivar wat onder die druiwepriële van Stellenbosch tot stand moet kom. Die byna Lisenkoïstiese taalkundige, dr. Gerda Odendaal, is mos onlangs by die WAT aangestel, waar die taal van binne af gerysmier gaan word, net soos hy reeds van buite af gesensureer, onderdruk en gemarginaliseer is.

Wat die heer Robert Greig betref, het ek sy onsterflike woorde gerig aan mev. Samuel elders hier op Litnet aangehaal, ‘n klassieke stukkie Boerehaat wat sleg afsteek by sy huidige pleidooi vir Afrikaans:

“I suppose this is why, when Afrikaans writers get all steamed up — as Antjie Krog does — about ‘the land’, and equate being steamy about the land or ‘belonging’ with virtue, I want to gag. It’s foreign and seems spurious …

Play it is not, and at the risk of being impertinent, one of the reasons is that Krog is not interested in individuals. The Afrikaner nationalists, horrifyingly, spoke and acted as if human beings were only members of groups, with no inherent value or interest as individuals. Their view of the human being resembles that of the Stalinists, the fascists, the Nazis. (The African ubuntu notion that “a man is only a man in relation to others” at least makes the individual the subject of the sentence.)

Krog, on the evidence of this work, and parts of Country of my Skull, does not care much for individuals — her own psyche apart — except as representatives of a class or group. To that extent she is an Afrikaner nationalist waving a new flag. The authoritarian personality remains intact.”

Wel, daar het ons dit: mev. Samuel alias Antjie Krog is ‘n fascis! Net soos die res van ons: fasciste en Nazi’s almal. ‘n Mens kan amper simpatie vir haar kry, totdat jy onthou dat sy óók ten gunste van verengelsing is, die verstek-linkse standpunt in Suid-Afrika. Krog, Max du Preez, Piet Croucamp, Anton van Niekerk, selfs Neels Blom die hengelrubriekskrywer van Business Day wat in standerd sewe my koshuiskamermaat aan die Hoër Seunskool Helpmekaar was, is almal ten gunste van uitsluitlik Engelse kampusse vir almal. Die “nuwe lords” en ‘n “lady”, sou mens hulle kon noem.

As ‘n mens nou so onder die woordryke en dikwels pretensieuse boerka van professor Van Niekerk se epistel – ‘n betoog sou ek dit nie noem nie, weens die gebrek aan enige logiese samehang – inloer, sien ‘n mens die sentrale teenstrydigheid raak. Sy probeer ‘n apologie vir die taal of dan “veeltalige, anti-wit, antifa-, agnostiese, Moslem-Nie-standaardafrikaans” konstrueer, maar sonder om van haar sentrale marxistiese veronderstellings ontslae te raak. Ten minste is ons “fasciste” konsekwent: die taal is tegelyk vir ons ‘n estetiese kleinood à la Nietzsche en ‘n wesentlike deel van ons identiteit. Skakel die Wagner aan, of Mimi Coertse wat “Heimwee” in haar pragtige sopraanstem sing.
Daarteenoor is Marlene van Niekerk soos ‘n Sowjet-tenkbestuurder in Estland wat marxistiese internasionalisme op die singende, nasionalisties begeesterde skares tydens daardie land se “sangrevolusie” probeer afdwing. Omtrent al die voorbeelde van “minderheidstale” of -kulture wat sy opnoem, het al intense tydperke van nasionalisme beleef, soortgelyk aan Afrikaans tydens die twintigste eeu. “Elke vrou is lief vir ‘n fascis”, het Sylvia Plath gesê. Geen van die kleiner kulture het nog ooit oorleef sonder ‘n saambindende nasionalisme nie. Hier is ‘n kort YouTube-video oor die Estiese sangrevolusie:

In ‘n wesentlike sin teer elkeen van ons steeds op Afrikanernasionalisme. Daarsonder sou daar geen standaardtaal, geen letterkunde, geen tradisie gewees het nie.

Van Niekerk se stuk verbale vertoon vol logiese teenstrydighede is nie veel meer as ‘n prul nie. ‘n Ewe groot prul is haar Stellenbosse geesgenoot, Gerrit Olivier, se doktorale proefskrif waarin hy die argument uitmaak dat N.P. van Wyk Louw ‘n Nazi-simpatiseerder was. Dieselfde digter waarna Robert Creig op Engels verwys as “one of the great world poets”, was dus ‘n fascis, volgens die Stellenbosse kliek van kultuurmarxiste en “laat postmoderniste”. Hulle ontdek alles ‘n bietjie “laat”, selfs die taalstryd wat al twintig jaar lank woed.

Ironies genoeg is “nasionalistiese liedere” in Estland en ander Oosseestate aan die einde van die kommunistiese tydvak verbied, net soos Steve Hofmeyr en ander Afrikaners tans verbied word om C.J. Langenhoven se “Die Stem” te sing… Gaan die Groot Verseboek wat reeds onder André P. Brink se bedenklike polities korrekte smaak deurgeloop het, voortaan geheel en al van Langenhoven en ander patriotiese, dus “fascistiese”, digters gesuiwer word? Of is “Die Stem” op papier aanvaarbaar, mits dit nie gesing word nie? Daar is altyd soveel taboes en voorskrifte as die linkses regeer, nè? Amper soos ‘n godsdienstige owerheid, kardinale of ajatollas. Nietzsche het gewaarsku dat die mens op die troon van God geplaas sou word. Toe is dit nie die witmens nie, maar die swartmens. En wee jou as jy teen jou nuwe gode sou laster… Om nie van holokos-ontkenning te praat nie, dan is dit sommer reguit tronk toe met jou, ten minste in die voorbeeldige Duitsland.

Dieselfde mense wat Steve Hofmeyr wil vervolg omdat hy C.J. Langenhoven in die openbaar met musiekbegeleiding aanhaal, het op hul gewone histeriese stemtoon gegil dat “apartheidsontkenning” tot ‘n misdaad verklaar moet word. Dit sal ons nog ‘n tree verder op die pad na ‘n totalitêre samelewing plaas, waar jy nie meer rasioneel en onbevange oor die geskiedenis mag redeneer nie, maar bloot die neergelegde waarheid, die pensée unique, soos die Franse sê, klakkeloos moet herhaal.

Ek veronderstel as ‘n mens links is, lees jy net die een helfte van alle letterkunde, filosofie, biologie, noem maar op. Die negentiende eeu, die Romantiek, Céline, Ezra Pound, Van Wyk Louw, C.M. van den Heever, die hele vroeë tydvak van Afrikaans, dít alles is “fascisties” en dus verbode. Dink maar aan Van Melle se simpatieke uitbeelding van die Rebellie in Bart Nel. Die grootste deel van die Afrikaanse letterkunde, trouens, moet brandstapel toe, behalwe nou vir ‘n handjie vol skrywers wat hulle as genoegsaam links en anti-Afrikaner onderskei het. Die triomf van Triomf, want slegs uiters negatiewe en karikaturale voorstellings van die Afrikaner sal voortaan op skrif toegelaat word.

Die “fasciste” aan die ander kant, lees alles. Dit verbaas my altyd hoe min die nuwe geslag van “gereformeerde marxiste” – wat so glad die oorskakeling van Calvinisme na kommunisme gemaak het – van hul eie helde (Marx, Engels, Lenin, Lukács, Gramsci, ens.) af weet. Ek het al gedink ek kan begin geld verdien deur klasse in marxisme op die kampusse aan te bied vir diegene wat lyk my met die grondbegrippe sukkel en moontlik hul poste gaan verloor as hulle “uitgevang” word.

Op die gevaar af dat hierdie teks nog méér onpubliseerbaar gaan raak, as ons nou regtig na die regterkant van die intellektuele spektrum toe beweeg, het ek nou die dag ‘n fassinerende stukkie raakgelees in Alain de Benoist se Vu de droite (“Vanaf Regs gesien”) oor die “oorsprong van kommunisme”. Nog ‘n eienskap van fascistiese Frankryk is dat selfs liberale politici hulself geredelik as “regs” tipeer, terwyl “links” natuurlik vir sosialiste en kommuniste uitgehou word. Só anders as hier by ons in die “Demokratiese Republiek van Suid-Afrika”, die reïnkarnasie van die DDR, waar “regs” en “regses” so ‘n konnotasie van die ontoelaatbare en sensureerbare het, nie waar nie? Is daar enigiemand behalwe ‘n paar ou omies in die HNP wat die moed sou hê om te bely: “Ek is regs”? Ek twyfel.

Die Franse skryfster Elisabeth Lévy het ‘n soort negatiewe definisie gemunt deur te sê: “My enigste politieke identiteit is dat ek nie links is nie.” Wat seker ook kan beteken: “Ek is regs.” Dis seker ‘n skandelike erkenning, binne ons konteks, maar nie in haar land, die fascistiese Frankryk nie. Enigeen wat hom vandag aan ‘n SA universiteit as “regs” tipeer, sal seker net daar deur die veiligheidsdienste van die kampus af begelei word, met sy afdankingsbrief wat per e-pos sal volg.

Nietemin moet ons erken dat elkeen wat hom vir Afrikaans beywer, eintlik binne die groter prentjie wel “regs” is. Marx en Engels se Kommunistiese manifes eindig, soos ons weet, met die woorde: “Werkers van die wêreld, verenig u!” Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het nog altyd die standpunt ingeneem dat Engels as internasionale taal al medium is waardeur stamgebondenheid en verdeeldheid in “die nasie” beveg kan word. Maar dit strek veel dieper as dit, as mens nou Alain de Benoist se opsomming van ‘n Franse boek uit die dertigerjare deur Gérard Walter lees. Dit heet Les origines du communisme.

Walter het later ‘n heel deeglike geskiedenis van die Franse Kommunistiese Party geskryf en het dus iets van die onderwerp af geweet, weereens só anders as ons “gereformeerde marxiste” wat hulle somaar deur die tydsgees laat meesleur. Volgens hom – en hou maar die vlugsout byderhand, want dit mag skokkend wees – het die kommunisme sy oorsprong in die Ou Testament en die Talmoed, dus in die Judaïsme, maar ook in sekere apokriewe Joodse én Christelike boeke.

Dwarsdeur dié geskrifte loop die gedagte dat die armes en eenvoudiges van gees die enigstes is wat guns in die oë van God vind, asook die idee dat daar wraak op die rykes in die hiernamaals gaan wees, “wanneer die laastes eerste gaan wees, en die eerstes laaste”. Dis maklik om te sien hoe kommunisme bloot die sekulêre toepassing van daardie “wraak van die armes” in die hier en nou kan wees.

Professor Van Niekerk spreek haar teen die idee van ‘n Christelike Afrikaanse universiteit uit, terwyl universiteite in die Middeleeue juis uit die kloosters ontstaan het. Maar haar hele argument en dweepsug met die “agtergeblewenes” en “voorheen benadeeldes” spreek van ‘n besliste links-kommunistiese inslag, wat terug te voer is na die oudste godsdienstige geskrifte. Ook haar afwys van privaatbesit (anargisme), tegnologie en kapitalisme – terwyl sy waarskynlik ‘n rekenaar met ‘n bedryfstelsel van Microsoft of Apple gebruik – behoort tot dieselfde oer-godsdienstige ideologie wat hom in die negentiende en twintigste eeue as die kommunisme gemanifesteer het. Nietzsche het dit baie mooi in Der Antichrist opgesom:

Was ist schlecht? Aber ich sage es schon: alles, was aus Schwäche, aus Neid, aus Rache stammt. – Der Anarchist und der Christ sind Einer Herkunft…

Swakheid, nyd, wraak… Ons het gesien hoe lyk die “wraak op die blankes” in Zimbabwe, en waartoe dit lei. (Hoewel, die New York Times se korrespondent in Suid-Afrika tot onlangs, Lydia Polgreen, het gedink dat Zimbabwe ‘n klinkende sukes is. Dis net “regse” vooroordeel wat ons laat dink dat Zimbabwe nie geslaag het nie.) Die wraak wat die linkse Afrikaner insgelyks teen die meer republikeinse, onafhanklikgesinde Afrikaner sedert 1994 gepleeg het, is nie minder verskriklik nie. Voeg daarby hul leedvermaak en bose verkneukeling in alles wat ons oorkom: verengelsing, verkragting, moord, vernedering deur naamsveranderings, uitsluiting uit die stelsel, sensuur, heksejagte, strawwe vir allerlei beuselagtige ideologiese oortredings…

Van Niekerk vind ook die “Afrikaner nationalist overtones of some of the advocacy groups extremely offensive”. Ek veronderstel die blote gebruik van die “A-woord” (Afrikaner) soos Fransi Phillips dit al genoem het, “gee aanstoot”. Ons moet verdwyn, oplos in die groot menigte van agtergeblewenes, self agtergeblewene word, na die model van haar argetipiese “Afrikanerfamilie” in Triomf.

Wel, ek het nuus vir u, professor Van Niekerk. Ons “mense van die Noorde” – en ek gebruik dit om sowel ons ligging hier in die PWV as ons afkoms vanuit Noord-Europa met ons Wes-Frankiese taal aan te dui – gaan nie verdwyn om dit vir u makliker te maak om by Kylie Thomas en haar plaaslike weergawe van die Amerikaanse Black Lives Matter-beweging te flikflooi nie. Ons gaan aanhou om onverbiddellike Standaardafrikaans te praat en te skryf. Ons gaan nie die riel dans nie. Miskien sal ons volkspele doen, met ons tradisionele drag wat insgelyks aansluit by soveel ander volkere in Noord-Europa, nasies waar daar besig is om ‘n herontwaking plaas te vind en wat hulle nie langer deur aardig besoldigde, globalistiese burokrate in Brussel laat oorheers nie.

Dink ook daaraan dat ons u politieke korrektheid, u oerlinkse en onnosele konformisme, asook u ellendige gekruip by die jeugmilisie van die EFF, die sogenaamde “Student Command” op die kampusse, ewe aanstootlik vind. U en die NP-Broederbond is vinkel en koljander; u dislojaliteit en verraad is van dieselfde gehalte.

Ons droom daarvan dat die kampusse van alle vyandelike kultuurmarxiste gesuiwer sal word. Ons is siek en sat vir die gedweep en gesanik oor apartheid wat vergeleke met die 500 000 gewelddadige sterftes en die vyf miljoen aan Mbeki se “alternatiewe vigshipotese” sedert 1994 ‘n vulletjie was. Om nie te praat van die astronomiese bedrae wat verduister of gewoon gesteel is nie. Totdat ‘n wet gemaak word om “apartheidsontkenning” strafbaar te maak, sal ons dit sê. En miskien selfs daarna, vanuit ons tronkselle, terwyl ons Solsjinitsin en Arthur Koestler lees.

‘n Mens wonder: Waarom kan al die anti-blanke en anti-Afrikaanse revolusionêre nie bloot die Limpopo oorsteek en hul in die bevryde Zimbabwe gaan uitleef nie? As die utopie bevry van koloniale, rassistiese blanke invloed reeds bestaan, waarom nog talm? Waarom doseer Achille Mbembe by Wits te Jan Smutslaan 1, Milnerpark, en nie aan die Universiteit van Harare nie? Een van daardie Smutsskilderye wat deur die “progressiewe” studente aan die Universiteit van Kaapstad aan die brand gesteek is, was mooi en het ongeag die man se status as Boeregeneraal wat koloniale agterryer geword het, verdien om vir die nageslag bewaar te word. Maar Max Price het net sy handjies gewring en die “nuwe intellektuele” toegelaat om hul gang te gaan.

Daar word reeds ‘n streng soort “apartheid” tussen Regs en Links in Suid-Afrika en onder Afrikaners gehandhaaf, daarvoor sorg die linkse uitsluiting, sensuur en aggressiewe onverdraagsaamheid, amper ‘n soort gebiedshandhawing. Ons bevind ons in twee kampe; dalk praat ons binnekort soos die Serwiërs en Kroate twee verskillende tale: Kaaps en Afrikaans. Waarom nie maar in twee aparte lande woon nie, soos Serwië en Kroasië of die twee Koreas? Of die voormalige BRD en DDR? ‘n Linkse Zimbabwe en ‘n regse Suid-Afrika, siende dat elke hektaar van dié “wye en droewe land” onherroeplik en onherstelbaar deur apartheid vergiftig of beskadig is… Dit was so min of meer my insig in Moltrein: dat Suid-Afrika vir altyd deur apartheid, soos deur radioaktiwiteit, besmet is. Dis nie ‘n politieke probleem nie, maar veel erger: ‘n semantiese probleem. Ons hou daarvan hier, in ons besmette land met al sy besmette Afrikaanse name, boerewors, koeksisters, melktert, vellies (ek besit twee pare en dra dit met perverse genoegdoening; dalk word ek binnekort gearresteer vir my “rassistiese skoene”), ons fascistiese digters en skrywers uit die bose verlede, alles dinge wat aan u “aanstoot gee”.

U het die Afrikaanse tradisie afgesweer en dit vir ‘n papiersakkie gemorskos uit die VSA verruil: feminisme, “witheid”, die blanke man as boosdoener, metafisiese rassisme in al sy gedaantes, die hele vervelige, voorspelbare litanie.

Ek hou daarvan dat u u in Engels uitdruk. Doe zo voort. Mev. Samuel het reeds die wonderskone van Engels ontdek; hoekom het dit u so lank geneem? Om van u ressentiment teen alles vanaf 6 April 1652 tot nou toe ontslae te wees, is reeds vir Afrikaans ‘n besondere aanwins.

Dan Roodt: Ná Nice lyk ANC-terreur en NP-oorgawe nóg skrikwekkender

Donderdag se bloedige terreuraanval in Nice deur die Moslemvragmotorbestuurder Mohamed Lahouaiej-Bouhlel het oor die aardbol weergalm. Die aaklige gewetenloosheid van terrorisme is opnuut onder die kollig. Ironies genoeg het die leier van die ANC en president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, sy medelye aan die Franse volk betuig.

Ironies, want nie lank gelede nie het die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty lustig van dié lafhartige metode van “oorlogvoering” gebruik gemaak. Die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom, Magoo’s Bar en baie ander voorvalle is nog vars in ons geheue.

za-nl_roodt-danDie enigste verskil met die huidige voorvalle in Frankryk (Parys, Nice) en die VSA (Orlando) is dat die hoofstroommedia terreur afkeur, waar hulle dit nie aan die “beskikbaarheid van wapens” toeskryf nie. Ná Nice sal van die meer liberale en linkse meningsprekers seker argumenteer teen “die beskikbaarheid van gehuurde vragmotors”.

Feit is egter dat daar onder gewone mense ‘n wêreldwye afkeer van terreur aanwesig is. Maar danksy die medepligtigheid van die hoofstroommedia, veral in Londen, met die ANC-SAKP in die tagtigerjare, is daardie terroristegroep se aanvalle op burgerlikes nie met dieselfde afgryse verwerp as wat tans die geval is nie. Selfs koningin Elizabeth II van Brittanje het oor die afgelope paar dae haar meegevoel met die Franse Republiek uitgespreek. Ek herinner my nie dat sy dieselfde meegevoel met die Republiek van Suid-Afrika ná 20 Mei 1983 betoon het toe die ANC die Kerkstraatbom in Pretoria laat ontplof het nie.

Gebeure wat so skokkend en radikaal is soos Nice of verlede jaar se aanvalle op die Bataclan-kafee en ander plekke in Parys, wat ongeveer 130 mense gedood het, verander die geskiedenis. Die hele verhaal van derdewêreldopstand teen die Weste is besig om voor ons oë herskryf te word. Die Westerling, die blanke, is skielik nie meer die dader of booswig nie, maar die slagoffer en lid van ‘n bedreigde spesie.

Wat vir die Franse geld, geld ook vir ons. Die terreur waarmee die ANC en die SA Kommunisteparty die land se futlose leiers destyds oorrompel het, was ewe immoreel en afskuwelik as Mohamed Lahouaiej-Bouhlel wat hele gesinne met hul ewe onskuldige kinders voor die voet met sy vragmotor en vuurwapen afgemaai het.

Mev. Marine Le Pen, die opkomende regse Franse politikus wat aanstaande jaar gaan poog om in die presidentsverkiesing die leisels by die uiters ongewilde Sosialis François Hollande oor te neem, het nie gehuiwer om ‘n baie sterk boodskap uit te stuur dat Frankryk haar met alle mag teen radikale Islamterreur moet verdedig nie. Sy eis dat die minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, wat ook met veiligheid belas is, moet bedank. Ook wil sy hê dat die militêre begroting tot 3% van die land se bruto nasionale produk verhoog moet word, dat die inligtingsdienste moet verbeter en dat daar ‘n spesiale polisie-eenheid teen terrorisme in die lewe geroep moet word.

Ons as Afrikaners kan net hoop dat sy, asook mnr. Donald Trump wat hom insgelyks teen Islamitiese terreur uitgespreek het, in hul onderskeie presidentsverkiesings sal slaag. Terselfdertyd kan ons nie anders as om weer die hoofstuk van mnr. FW de Klerk se onbesonne kapitulasie voor ekstremistiese terreur deur die ANC en Kommunisteparty te open nie.

Daar waar ander volkere bereid is om saam te staan en terreur met wortel en tak uit te roei, het die Afrikanerelite onder invloed van linkse buitelandse meningsvormers en die plaaslike media – wat nog altyd anti-Afrikaans en selfs anti-Suid-Afrikaans was – besluit om aan die duiwelse geweldenaars oor te gee.

Daardie oorgawe het geen vrede gebring nie, inteendeel. ‘n Mens kan die afgelope twee dekades van regering deur die voormalige terroristeorganisasie as die “voortsetting van terreur met ander middele” bestempel. In die plek van bomme op straat en in winkelsentrums het plaasmoorde, huisaanvalle en ongebreidelde misdaad gekom. In haar reaksie op die terreur in Nice, het mev. Le Pen ook klem gelê op die deels misdadige element van die terreur wat haar land tans teister sodat Franse gevangenisse “universiteite vir terreur” geword het. Arabiere en swartes wat vir gemeneregoortredings gevonnis word, word in die tronke verpolitiseer en geleer om die inheemse Franse te haat. Mohamed Lahouaiej-Bouhlel is so ‘n geval, wat reeds vir gewone misdaad gevonnis is, maar wat as immigrant nie uit die land gesit is nie en hom toe tot Islamitiese terreur gewend het.

Die uitgebreide bedrog, diefstal, korrupsie en ander misdaad wat die ANC-terroristegroep pleeg sedert hy aan bewind gekom het, spreek van dieselfde “vloeibaarheid” tussen misdaad en politiek in Suid-Afrika. Die rede waarom “regimeverandering” in die vroeë negentigerjare hier by ons moes plaasvind, had min te make met die “politieke regte van gekleurdes” en meer met die wil om die staat, die munisipaliteite en selfs privaat bates na willekeur te kom stroop.

Terreur verteenwoordig ‘n internasionale misdaad, maar terreur werk ook ander soorte misdaad en geweld in die hand wat op die oog af nie polities of ideologies gemotiveer is nie. Dit maak van terreur inderdaad ‘n tweesnydende swaard wat op die duur vir state en volkere vernietigend is. Indien die Afrikanervolk in Suid-Afrika ophou bestaan, sal dit regstreeks aan terreur en die gevolge daarvan te wyte wees.

Anders as die negatiewe beeld wat die hoofstroommedia van haar skets, is mev. Marine Le Pen ‘n uiters bekwame politikus wat met streng logiese argumente poog om kiesersteun te werf. Enigeen wat Frans verstaan, kan haar TV- en radio-onderhoude aanlyn volg en moet onder die indruk van haar bedrewenheid as debatsvoerder kom. Dikwels ontwapen sy haar teenstanders met haar welsprekendheid, kwinkslae en kennis aangaande politieke en maatskaplike kwessies.

Dog mev. Marine Le Pen word gerugsteun deur honderde en selfs duisende Franse intellektuele, skrywers en meningsvormers wat te velde trek teen die dekadente toestand waarin dekades van lakse sosialistiese en hoofstroom- regse regering die land gelaat het.

In dié opsig kan Afrikaners maar net die Franse beny, al het ons nie onlangs onder ‘n massaterreuraanval deur die ANC-SAKP, APLA of ander ekstremistiese organisasies deurgeloop nie. Frankryk staar baie groot probleme in die gesig en word van alle kante bedreig, maar nogtans is daar sprake van ‘n rasionele reaksie by die bevolking en hul leiers.

Hier by ons is Afrikaners, ná twintig jaar van histeriese propaganda deur die einste gewetenlose terreurbeweging, soos slaapwandelaars wat besig is om op ‘n afgrond af te stuur. Van rasionele denke is daar min tekens. Erger, die oorblyfsels van die Afrikanerelite wat nog nie deur die meedoënlose “transformasies” van die ANC-SAKP-terroriste vernietig is nie, het vir alle praktiese doeleindes na die vyand toe oorgeloop.

Waar hulle nie letterlik by die ANC aangesluit het nie, tree hulle as meelopers van die huidige bewind op. Sulke meelopers maak jag op die enkele oorblywende figure of groepe wat poog om nog ‘n kersie van insig in die duisternis al flikkerende te laat brand.

Geen wonder dat die terreuraanval in Nice binne ‘n dag of so vanuit die plaaslike media verdwyn het nie, want ons joernaliste en meningsvormers verkies om as apologete vir terreur niks oor die aangeleentheid te sê nie. Hulle hoop dat niemand die parallel tussen die huidige Frankryk en Suid-Afrika in die tagtigerjare sal trek nie.

Die definisie van terrorisme soos dit in vele internasionale wette en konvensies, asook woordeboeke, opgesom word, is:

“Die gebruik van geweld en dreigemente om te intimideer of te dwing, veral vir politieke doeleindes.”

Tot Suid-Afrika se groot skande, is die land deur lafhartige terreur en intimidasie tot oorgawe gedwing. Sekerlik het die verraad van die Afrikanerelite ‘n groot rol daarby gespeel, maar dit neem nie weg dat ons in die eerste plek – soos Frankryk en ander lande tans – met terreur te kampe gehad het nie.

Daardie joernaliste, skrywers, akademici en meningsvormers wat aanhou om die ANC op te hemel en sy aanhoudende terreur en misdade te verskoon of te regverdig, is as meelopers ewe medepligtig aan terreur as die ANC en sy verwante organisasies self. Max du Preez, Adriaan Basson, Piet Croucamp, Christi van der Westhuizen, selfs meer “gematigde” of “behoudende” figure soos Leopold Scholtz of Tim du Plessis, is almal terroriste of terroristemeelopers. In vele Europese lande bestaan daar deesdae wetgewing wat terroriste en hul apologete of diegene wat terreur verdedig of aanhits, oor dieselfde kam skeer.

Dat ‘n kentering in die Westerse wêreld besig is om plaas te vind, is gewis. Sowel Donald Trump as Marine Le Pen mag dalk nie aan bewind kom nie. Nogtans sou ek uiters verbaas wees indien albei teen die gediskrediteerde links-liberale establishment in die VSA en Frankryk sou verloor, gegewe die tragiese terreurdade wat kort-kort plaasvind.

Die wiel draai stadig, maar hy draai. Die dag is dalk nie meer ver dat ons nie langer in die media gaan verneem dat Joe Slovo, Ronnie Kasrils en Aboobaker Ismail, asook Solomon Mahlangu na wie etlike strate in Pretoria vernoem is, nie blote “anti-apartheidsaktiviste” was nie, maar terroriste soortgelyk aan Mohamed Lahouaiej-Bouhlel.

As daardie dag aanbreek, sal ons ook met die terroristemeelopers afreken, wat elkeen etlike jare in die gevangenis verdien.

Karel Combrinck: Britse onttrekking geen verlies vir Europa

Die besluit van die Britse volk om hulle land uit die Europese Unie te onttrek is, saam met die val van die Berlynse muur, sekerlik die belangrikste politieke gebeurtenis in die Westerse wêreld sedert die tweede wêreldoorlog.

Die goeie nuus is dat daar vir die eerste keer in sewentig jaar ‘n betekenisvolle, selfs beslissende bres geslaan is teen die Nuwe Wêreldorde wat sedert die tweede WO volksidentiteite stelselmatig onderdruk het, grense probeer uitwis het en nasionale soewereiniteit ondermyn het, alles ten bate van ‘n finansiële en burokratiese oligargie wat vir die wil van die mense en dus vir werklike demokrasie geen flenter omgee nie. Dis eienaardig dat die deurbraak sou kom van die Engelse van wie ‘n mens die teendeel sou kon verwag. Die stempatroon toon egter duidelik dat dié wat gestem het om in die Europese Unie te bly, hoofsaaklik woonagtig is in die groot finansiële sentra in en rondom Londen, terwyl die plattelandse gebiede oorwegend ten gunste van wegbreek gestem het. Dis ‘n patroon wat in die komende maande ook op die Vasteland gevolg gaan word..

Die Europese Unie het in 1957 tot stand gekom met die ondertekening van die Verdrag van Rome deur (Wes)-Duitsland, Frankryk, België, Nederland, Luxemburg en Italië. Ses lande dus met ‘n sewende lid, Brittanje, wat in 1973 toegetree het.

Die Franse President, genl. De Gaulle, het die toetrede van Brittanje tot die Unie jare lank teengestaan en selfs sy veto meer as een keer gebruik om Britse toetrede te verhoed. Sy motivering het daarop neergekom dat Britse politieke en finansiële instellings, tradisionele handelspatrone en verbintenisse nie met dié van die Europese vasteland versoenbaar was nie. Die Engelse het van die begin af eintlik ook maar langtand aan lidmaatskap van die EU gebyt en hulle deelname was deurgaans halfhartig en louwarm. Die Engelse het nou uiteindelik ingesien en toegegee dat genl De Gaulle uit die staanspoor reg was: hulle plek is nie in Europa nie.

Nogtans is die besluit van Brittanje, die tweede grootste ekonomie in Europa en vyfde in die wêreld, ‘n genadelose slag vir die EU. Ekonomies sal die Britse uittrede verreikende gevolge hê, maar die grootste verlies vir die EU is egter die politieke implikasies. Die voortbestaan van die Europese Unie is oral onder druk met groot dele van hulle bevolkings wat die Europese Unie net nie meer aanvaarbaar vind nie. In 2005 het beide die Franse en Nederlandse bevolkings oortuigend téén aanvaarding van die Europese grondwet gestem. In ‘n sin het hierdie volkstemmings reeds gedui op die begeerte om nie lid van die Europese Unie te wees nie. Die volkswil is egter nie deur die regerings van die onderskeie lande eerbiedig nie, wat ‘n ernstige vergryp teen die demokrasie was, waarvoor die Franse en Nederlanders hulle regerings nie vergewe het nie. Dit is dus duidelik dat die Europese Unie geruime tyd reeds op wankelmoedige bene staan en dat Brittanje uit die staanspoor die Achilleshiel was.

Die gedagte van ‘n Europese unie is gebore uit die ontsaglike lewensverlies en materiële skade van die twee wêreldoorloë. Die hoofoogmerk was om toekomstige konflikte te voorkom deur die Europese lande, vyande van gister, sover as moontlik ekonomies en polities saam te snoer om sodoende oorlog eintlik onmoontlik te maak. Dit was ‘n lofwaardige oogmerk, maar in die proses is egter onherstelbare foute gemaak.

Waar die Europese Unie aanvanklik uit ses en later, met die toetrede van Brittanje, uit sewe lidlande bestaan het, het dit mettertyd aangegroei tot 28 lidstate. Dit beteken dat terwyl die Unie oorspronklik bestaan het uit lande wat nagenoeg dieselfde ekomiese peil van ontwikkeling en die dieselfde kulturele waardes gehad het, dit ontwikkel het tot ‘n roesemoes van lande wat in al hierdie opsigte uitlopend en selfs onversoenbaar was.

Maar daar was nog foute. Van die bedoeling om van die Europese Unie ‘n hegte eenheid te maak wat op ekonomiese en politieke gebied ‘n magsblok kon uitmaak vergelykbaar met die VSA en die voormalige Sowjetunie het min gekom. In stede daavan het die Europese Unie ontwikkel in ‘n klub wat vir groot finansiële instellings, veral banke en ander rykes en superrykes ‘n geleentheid geskep het om nog meer geld te maak. Die Europese politieke klas het nooit daarin geslaag om van die EU ‘n bolwerk te maak met ‘n eie gesamentlike buitelandse beleid en verdedigingstelsel nie. Inteendeel het Europa, veral na die uittrede van genl De Gaulle net nog meer aan die rokspante van die VSA verknog geraak, waaronder lidmaatskap van die Noord-Atlantiese Verdragsorganissie, iets wat genl De Gaulle met hand en tand beveg het. Die gevolg is dat Europa vandag bloot ‘n verlengstuk van Amerikaanse ekonomiese, militêre en politieke belange is. ‘n Voorbeeld is die totaal kunsmatige en aangestigte vyandskap van Europese lande teenoor hulle natuurlike bondgenoot, Rusland, ten einde die Amerikaners ter wille te wees.

Meningsopnames dui nou daarop dat die bevolkings van ‘n halfdosyn Europese lande ten gunste is van referendums met die oogmerk om die Europese laer te verlaat. Kortom, staan ons op die vooraand van die ineenstorting van die EU. In ‘n situasie waar die wêreldekonomie weens die vraatsugtigheid van die geldmagnate reeds in ‘n haglike toestand verkeer, kan ‘n ineenstorting van die Unie rampspoedige gevolge hê. Dis egter ‘n prys wat volkere skynbaar bereid is om te betaal vir vryheid en selfbeskikking. Mag die nuwe lente van vryheid en nasionalisme ook na ons oorspoel.

Die ernstigste klag teen die Europese Unie is egter die ondermyning van indiwiduele lidlande se reg om op demokratiese wyse oor hulle eie lot te kan beskik. Talle Europese lande vra hulleself die vraag af watter sin dit het om nasionale verkiesings te hou en dan regeer te word deur gesigloses in Brussel wat deur niemand verkies is nie. Die sogenaamd verkose regerings van indiwiduele lidlande dien weinig doel meer as om rubberstempels te wees vir besluite, opdragte en dekrete van die Brusselse burokrate.

Die EU het net nooit ontwikkel in ‘n instansie wat die openbare verbeelding aangegryp het of wat daarin kon slaag om die hart en hande en lojaliteite van die mense te wen en te inspireer nie. Die enigste beskrywing van die EU waaraan ‘n mens kan dink, is ‘n siellose klub van burokrate en bankiers.

Onder die eindelose lys moontlike gevolge van Britse onttrekking is die interessante situasie van Skotland. Lesers sal onthou dat die Skotte nie te lank gelede nie ‘n referendum gehou het oor die vraag of hulle nog deel van die Verenigde Koninkryk wil wees en dat hulle ja gestem het. Nou is die eienaardige posisie dat die Skotte binne die VK is, maar nie die Europese Unie wil verlaat nie. Is dit ‘n geval van jou brood aan albei kante gebotter te wil hê? Soortgelyk is die situasie in Noord-Ierland wat ook deel is van die VK, maar binne die EU wil bly en ten einde dit te bewerkstellig, by Ierland wil aansluit. Nog ‘n interessantheid is dat die Spanjaarde begin geluide maak dat hulle Gibraltar binne die EU wil hou, dws onafhanklik van Brittanje aan wie Gibraltar meer as tweehonderd jaar behoort.

Die teenwoordigheid van Brittanje in die EU was nooit sonder sy absurde momente ook nie, meesal voorspruitend uit ingebore Engelse opportunisme. As agterlike en onproduktiewe landbouland is Engeland nogtans geregtig op reuselandbousubsidies van die Europese Unie. Hiervan kry die Queen as grootste grondeienaar in Brittanje die leeue-aandeel. «Landbousubsidies» dus vir «landbougrond» waar die rykstes onder die rykes perdepolo kan speel en weerlose jakkalsies met honde en perde kan jag tot hulle longe bars, subsidies waarvoor die Europese belastingbetaler moet betaal.

Om gedurende die jare tot die aanloop van FW de Klerk se Uhuru in 1994 te wou praat van Afrikanernasionalisme of die Afrikanervolk was om jouself onmiddellik aan bespotting en verguising bloot te stel. Of miskien kan ‘n mens sê dat dit dieselfde effek gehad het as om te erken dat jy melaats was. Die gety in die Weste is aan die draai. Nasieskap en nasionalisme is weer aan die orde van die dag. FW de Klerk en sy lakeie, saam met ‘n swerm bruikbare idiote het gemaak dat ons die geleentheid wat gebied is deur die val van die Berlynse muur verpas het. Die Brexit kon vir ons ‘n tweede geleentheid gewees het, maar toe het ons mos gaan staan en kapituleer. Kom ons bly maar nogtans hoop dat daaruit vir ons ook iets goeds gebore sal word.

Karel Combrinck: Taalverraad

Enigeen wat kon glo dat die verraad van FW de Klerk en sy trawante maar net beperkte gevolge sou hê wat ons op die een of ander manier tog sou kon «bestuur», het in ‘n droomwêreld en gekkeparadys gelewe, want die verraad het deurgesuur tot alle vlakke van ons bestaan. Sal diesulkes dalk eendag weer uit hulle droomwêreld wakker word, of gebeur dit dalk reeds? Kom ons hoop so. Mag hierdie artikeltjie ‘n beskeie bydrae daartoe lewer.

Die sage rondom die uitfasering van Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria wat besig is om voor ons oë af te speel, bevat omtrent al die elemente van die bedrogspul wat oor ‘n lang tyd reeds aan die gang is en waarvan die aanslag teen ons taal, veral onder aanvoering van verloopte Afrikaners, die erfgename van FW de Klerk, slegs een uitvloeisel is. Slegs een uitvloeisel, maar waarskynlik die belangrikste.

Lees in hierdie verband eers die berig op Praag van 31 Mei waarin verwys word na ‘n aanbevelings van ‘n «taalwerkgroep» van die Universiteit van Pretoria om die akademiese taal na Engels om te skakel.

Die “taalwerkgroep” voer as motivering aan dat Afrikaans “segregasie” en “diskriminasie” in die hand werk Hoe onderrig in Afrikaans “segregasie” en “diskriminasie” kan daarstel, moet die here van die UP tog ‘n slag aan ons verduidelik. Dit help nie om dit maar net keer op keer klakkeloos te herhaal omdat dit polities korrek klink nie. Dit is skynbaar nou eenmaal ‘n linkse mode-slagspreuk wat deel van Afrikanerakademici se intellektuele mondering geword het. Miskien die hoofdeel.

In beleidstukke oor die posisie van Afrikaans op universiteit (ewe skielik ‘n legio), kom die soort sinsnede, “indien prakties uitvoerbaar”, telkens voor. Tereg wys Praag daarop dat die sinnetjie daarop gerig is om die skuiwergat wat in die “Grondwet” gelaat is, (moedertaalonderrig waar prakties uitvoerbaar) te benut om Afrikaans onder te ploeg. In die beleidskrifte van die Universiteit van Stellenbosch kom soortgelyke sinsnedes ook herhaaldelik voor, soos “waar moontlik” of “indien prakties uitvoerbaar” en in die jongste geval “waar tyd dit toelaat”. Ons Afrikaanse taal kan dus nou aan universiteite geduld word «waar uitvoerbaar», waar dit «ekonomies» is en waar «tyd dit toelaat». Feit is dat die gebruik van Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Stellenbosch heeltemal moontlik sou wees indien die wíl by die ruggraatose universiteitsowerhede bestaan het om dit moontlik te maak. En as hulle nie die wil het nie, of bang is vir die ANC, moet hulle waai.

Voorts het die Universiteit van Pretoria nou ‘n “onafhanklike transformasiepaneel” in die lewe geroep om onder meer oor die taalkwessie te beraadslaag .

En dis hier waar die hoogheiligheid en geveinsdheid in alle erns begin.

Eerstens, hoe kan die universtieit ons nou die rat voor die oë wil draai dat hulle, rakende die voortbestaan van die Afrikaanse taal, onbevange, «demokraties», oop en ewewigtig is as die kampus van die universiteit reeds besaai is met plakkate en slagspreuke wat lui: «Afrikaans must fall»?

Hoe op aarde kan ‘n transformasiepaneel “onafhanklik” wees as ons almal weet wat “transformasie” beteken? Die sg. voorleggings wat hulle nou in ‘ n gees van «openheid» bereid is om te oorweeg, is niks anders nie as ‘n rookskerm waaragter hulle kan doen wat hulle by voorbaat reeds besluit he : Afrikaans moet weg. En die armsalige kommentare van die aard: “Die besluit gaan ‘n negatiewe uitwerking op Afrikaans as wetenskapstaal hê” en “daar was nie genoeg geleentheid vir beraadslaging nie” en “dis jammer dat gesprekke oor taal gepolariseer is”, maak ditvir die universiteit net makliker: hulle kan mos nou sê: «Kyk, daar was ander menings ook in die «demokratiese» gesprek.

Die bedoeling, soos in die aanbeveling van die «taalwerkgroep» uiteengesit, is dat Afrikaans op die kampus tot op dieselfde vlak as Pedi afgeskaal sal word. Tydens ‘n oorgangsfase na volslae verengelsing, sal enkele tutoriale en studiemateriaal nog “in Afrikaans en Pedi” beskikbaar gestel word. Dat die sg «transformasiepaneel» tot enige ander gevolgrtrekking sal kom as die «taalwerkgroep», kan ons, ten spyte van die UP se poging tot oëverblindery, maar op ons maag skryf. Die hele proses herinner aan die verhore teen afvalliges in die voormalige Sowjetunie: Al die uiterlike tooisels van ‘n regverdige verhoor, maar die oomblik dat die arme drommel by die hofsaal instap, weet hy reeds sy doppie is geklink.

‘n Verklaring van die universiteit rakende die «transformasiepaneel» lui :

«Die Paneel se onmiddellike fokus is op die Universiteit se taalbeleid. Ander transformasiekwessies, soos institusionele kultuur en kurrikulumtransformasie, mag na 22 Junie 2016 aangespreek word.»

Die eerste aanslag is dus teen die Afrikaanse taal en die ander aangeleenthede sal daarna, onheilspellend, volg. (‘n Mens sidder by die gedagte aan wat dit alles gaan behels).

Dan nooi die Universiteit alle eksterne en interne belanghebbendes om voorleggings aan die Paneel te doen oor –

« die huidige taalbeleid van die Universiteit van Pretoria ;

voorstelle rondom ‘n nuwe taalbeleid;

die redes vir enige voorstel onder (b); en

voorstelle betreffende die regmatige en praktiese implementering van enige nuwe taalbeleid of veranderinge aan die bestaande beleid. »

Voorstelle word dus ingewag oor ‘n «nuwe taalbeleid». L.W. Die uitnodiging het ‘n strekking. Daar word insette verlang oor ‘n «nuwe» taalbeleid (d.w.s. sonder Afrikaans natuurlik, wat anders?) en wyses waarop dit so pynloos as moontlik geïmplementeer kan word. Mense wat nie hulle steun verleen aan die «nuwe» taalbeleid nie moet liefs nie insette lewer nie, want dit sal nie «sinvol» wees nie en hulle sal ‘n «gebrek aan samewerking» openbaar.

Wat inderdaad «nuut» is in die situasie, is dat die universiteit duidelik besig is om sy taalbeleid te hersien en te rig ooreenkomstig die wil van hulle ANC-opdraggewer. Hoekom sê hulle dit dan nie maar prontuit nie ?

«Die Paneel werk onafhanklik van huidige interne Universiteitsprosesse oor transformasie».

So beweer hulle.

Hulle moet tog dink ons is totale idiote om so-iets te wil glo.

En dan volg die volgende politiek gelaaide paragraaf :

«Ons hoop dat sinvolle voorleggings ontvang sal word in ‘n gees van openheid, vertroue en samewerking, ten einde die Universiteit van Pretoria vorentoe te neem om die belangrike rol te speel wat hy in ons grondwetlike demokrasie moet speel.»

Eerstens, wie bepaal wat «sinvolle voorleggings» sal uitmaak ? Is «sinvolle voorleggings» nie net maar dié wat die «transformasiemodel» onderskryf nie? Het die universiteit nie dus die aangeleentheid reeds by voorbaat beslis nie? Slegs ‘n resultaat sal aanvaarbaar wees wat volgens hulle «sinvol» is. Van watter «vertroue» kan in sulke omstandighede sprake wees? En dan, wat is presies die rol wat die universteit in «ons grondwetlike demokrasie» moet speel? Is dit deel van die rol van die universiteit in «ons grondwetlike demokrasie» om Afrikaans as akademiese taal gelyk te stel aan Pedi ?

Ten slotte haal die verklaring breedvoerig aan, kwylend van gedienstige vroomheid, uit die aanhef tot die Suid-Afrikaanse grondwet. (Die houding is klaarblyklik «as ons die grondwet aanhaal, veral die aanhef, dan is ons op veilige grond en kan ons vir die res maar in onsin verval») :

‘Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het, ens. Ens…… »

Feit is egter dat, soos met alle grondwette, die aanhef tot die SA grondwet ook bestaan uit ‘n vae, idealistiese en hoogdrawende relaas van goeie bedoelings waarmee niemand eintlik kan verskil nie, d.w.s. grootliks niksseggend.

Voorts kan daar sekerlik nie gesê word dat hierdie grondwetbeginsels in die Suid-Afrikaanse samelewing werklik nagestreef of eerbiedig word nie. Talle basiese regte van mense word hier op daaglikse grondslag vertrap en rassediskriminiasie van die «regte soort» is aan die orde van die dag. Die reg op ons taal is bv. («waar moontlik» !) ‘n grondwetlike reg waarvan die Universiteit van Pretoria ons nou wil ontneem.

In die stad van Paul Kruger en Andries Pretorius wil hulle ons taal, Afrikaans, ‘n nekslag toedien om hulle «nuwe» meesters te behaag. Hulle moet net die moed aan die dag lê om dit te erken en ons die Pilatustoertjies en sedeprekery oor «demokrasie» maar gespaar laat bly. Dit beledig ons intelligensie.

Miljarde verkwis met wapenaankope, maar Nkandla pla meer

Dat Suid-Afrikaners nie somme kan maak nie, raak al hoe duideliker.

Terwyl ‘n Duitse konsortium net €27,5 miljoen belê het in Suid-Afrika, maar krediet gekry vir €1,285 miljard, is die land se belaglike media besig om histeries te raak oor ‘n paar miljoen verkwiste rande op hoenderhokke en derglike by Nkandla.

Die skokkende ouditverslag oor die korrupsie met die omstrede wapentransaksie se sogenaamde beleggingsprogramme wat nooit gerealiseer het nie, en waarby miljarde betrokke is, kan Nkandla se opgraderings klaarblyklik nie troef nie.

Die regering het met hul wapenaankope toegelaat dat buitelandse maatskappye miljarde afskryf wat hulle Suid-Afrika geskuld het.

Van die onthullings waaroor Die Vryburger vroeër berig het, sluit die volgende in:

1) Slegs 3,815 van die beloofde 56,531 werksgeleenthede het gerealiseer;

2) Nuwe kontrakte is met wapenfirmas gesluit nadat daar oor teenbeleggingsprogramme ooreengekom is, wat in effek daarop neergekom het dat die miljoene wat hulle aan Suid-Afrika geskuld het, afgeskryf is;

3) ’n Mislukte projek van British Aerospace/SAAB is nooit aangemeld nie en is eers in die ope gebring toe die ouditspan daarna gevra het;

4) Die Franse wapenmaatskappy Thales het krediet gekry vir $171,2 miljoen se beleggings vir ’n mislukte aanleg vir mediese afval wat hulle sowat $1,2 miljoen gekos het, en die Duitse duikboot-konsortium het €15,2 miljoen te min belê.

FW de Klerk, voormalige staatshoof, was glo ten nouste betrokke by die wapenskandaal.

In ‘n opspraakwekkende boek, het vlootadmiraal Anthony Howell (Paul Holden is mede skrywer van die boek), “The Devil in the Detail: How the Arms Deal Changed Everything” onthul dat de Klerk, Thabo Mbeki en Chippy Shaik, vlootkontrakte in `n bepaalde rigting gestuur het.

Howell en ander militêre offisiere het in 1995 die Spaanse bod aanbeveel en voorleggings in dié verband gedoen.

De Klerk het glo die Duitse bod teen die vloot se aanbevelings, verkies. Die duikbote is glo vandag niks beter as skroot nie.

Die Duitse owerhede het ‘n betaling ondersoek van $22 miljoen (R1.7 miljard) [van die Duitse konsortium] aan ‘n Libiese front maatskappy, Mallar Inc., en dié geld het regstreeks na Suid-Afrikaanse amptenare en kabinetslede gevloei.

Maar De Klerk het nogtans by monde van sy Stigting uitgevaar teen die “ontstellende” kwessie van selfverryking betreffende Nkandla.

Oproepe vir President Jacob Zuma om te bedank neem toe, ook uit dieselfde geledere wat ten nouste betrokke was by die wapenskandaal weens die “verdoemende Nkandla-uitspraak”.

Ironies genoeg het Zuma juis met die Seriti-kommissie se aanstelling oor die wapenskandaal gehelp om die onverkwiklikhede onder die mat in te vee.

Die weermagvakbond, Sandu het geëis dat Zuma sy amp ontruim.

Die vakbond het ‘n verklaring uitgereik waarin die “laakbaarheid van hoe die president die grondwet geskend het, maar wat die weermag veronderstel is om te handhaaf” hulle onthuts.

Sandu sê dit is ook “verwerplik dat die parlement die president ondersteun het in sy ongrondwetlike optrede”. Die vakbond sê “die parlement het die demokrasie uitverkoop”.

Intussen meen die DA se hoofsweep, John Steenhuisen dit is noodsaaklik dat die parlement ‘n boodskap aan President Zuma en die land stuur dat die skending van die Grondwet nie geduld sal word nie.

Hy sê die beste manier om dit te doen, is om môre ten gunste van die DA se mosie te stem om die president in ‘n staat van beskuldiging te plaas.

Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

Op 1 Maart is David Coltart se boek, The struggle continues: 50 years of tyranny in Zimbabwe (Auckland Park: Jacana, 2016, 647p, R380; Amazon Kindle $20,51) gepubliseer. Ek was verbaas om so ‘n lywige boek oor Rhodesië/Zimbabwe, gepubliseer deur ‘n plaaslike uitgewery, in die boekwinkel te sien. Ek onthou dat Ian Smith (1919-2007, Rhodesiese eerste minister 1965-1979) geen hoofstroom- of Suider-Afrika-uitgewer vir sy outobiografie (The great betrayal: The memoirs of Ian Douglas Smith, London: John Blake Publishing, 1997, 418p; 2de uitgawe in 2001: Bitter harvest: The great betrayal) kon vind nie, al het hy daarin geskryf: “We have in Nelson Mandela a leader with the maturity, wisdom, compassion and courage that derives from great experience” (p 412). Dít was by Smith ‘n voorbeeld van (soos Rhodesiërs graag sê) “leaning too far blackwards”. Uiteindelik het dit niks gehelp nie. In 2012 het die Mugabe-bewind op sy plaas beslag gelê.

Hoekom sou Jacana hierdie boek gepubliseer het? Coltart is ‘n regsgeleerde wat lank ‘n Zimbabwiese parlementslid en selfs ‘n minister in Robert Mugabe se kabinet was. Maar in bv Suid-Afrika is hy minder bekend as Ian Smith. Ek dink politieke korrektheid was dié faktor wat die besluit ten gunste van publikasie deurslaggewend beïnvloed het. Coltart het met verloop van tyd baie van sy aanvanklike gesonde politieke beginsels versaak en aangepas by die brutale werklikheid van Mugabe se swart meerderheidsregering. “I have changed from a teenager who thought that Ian Smith was a hero into an adult who believes his policies were both disastrous and morally wrong” (Kindle 177).

Die halfeeu van tirannie waarna in die boek se newetitel verwys word (1965-2015), begin met Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring. Soos toe die blanke bewind in Suid-Afrika op ‘n einde gekom het, het “die wêreld” grootliks belangstelling in Zimbabwe verloor toe Mugabe se swart bewind in 1980 die politieke mag oorgeneem het. Nuus oor wat in daardie land gebeur, het sedertdien skaars geword. Daarom is dit insiggewend as Coltart se eerstehandse waarnemings krities gelees word.

Coltart is in 1957 in Gwelo gebore met ‘n Skotse pa en ‘n Suid-Afrikaanse ma. In sy ouerhuis was die politieke klimaat links-liberalisties, wat skeptisisme, selfs vryandigheid, teenoor die Smith-bewind ingesluit het. Maar sy ouers se politieke oortuigings was nie bodemloos pro-swart nie. Toe Mugabe in 1980 die staatshoof geword het, het hulle hulle spoedig in Suid-Afrika hervestig.

Coltart het egter in Rhodesië opgegroei, daar skoolgegaan en ook ‘n tyd lank in die veiligheidsmag (polisie) gedien. In sy jeug was hy polities meer konserwatief as sy ouers, onder meer omdat hy eerstehandse ondervinding van die dade van die terreurbendes gehad het. Hy het egter met die goedkeuring van sy ouers spoedig sy militêre plig teenoor sy geboorteland versaak en aan die Universiteit Kaapstad regte studeer. In Suid-Afrika het hy hom van die begin af by anti-apartheidselemente geskaar deur bv gratis regshulp aan swartes te verleen. Dit het as voorbereiding gedien vir sy toenemende politieke verligtheid nadat hy sy regsloopbaan in Bulawayo begin het.

Die boek volg dieselfde patroon as die van sommige ander skrywers. Byvoorbeeld, as RW Johnson, Anthea Jeffery, Peter Godwin of Leopold Scholtz die swartes kritiseer, doen hulle dit eers nadat hulle hulle bona fides probeer bewys het deur apartheid so sleg moontlik te sê. Coltart doen dieselfde. Hy vrek omtrent van politieke korrektheid. Wanneer hy uit ou geskrifte aanhaal, laat hy die hele woord (wat met ‘n k begin) weg sodat baie lesers moontlik nie eens sal weet watter woord gesensor word en waarom nie (256).

'n Britse spotprent uit 1964 waarin Ian Smith en HF Verwoerd voorgestel word.
‘n Britse spotprent uit 1964 waarin Ian Smith en HF Verwoerd voorgestel word.

Hy het die grootste moontlike waardering vir die ANC se Waarheids- en Versoeningskommissie en voel sterk daaroor dat Zimbabwe ook die gewaande voordele van so iets moet beleef. By Engelssprekende Rhodesiërs, soos Coltart en Godwin, is daar, ten spyte van hulle gewaande verligtheid, die bedenklike neiging om hulle kultureel beter en moreel hoër as Afrikaanssprekende Rhodesiërs – en natuurlik ook Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners (as apartheidsapologete) – te ag.

‘n Ander kwaal waaraan Coltart ly en wat dikwels by regsgeleerdes aangetref word, is dat meer oor regskwessies uitgewei word as wat gewone lesers graag verduur. Soos die ANC-bewind in Suid-Afrika is die Mugabe-regering voortdurend in regsgedinge betrokke, wat baie belastinggeld tap. Die koms van ondoeltreffende en korrupte swart regerings in Suidelike Afrika het vir die regsberoep finansieel ‘n bloeityd ingelui. In regsgeledere word hierdie wantoestand uit eiebelang nooit gekritiseer nie, al is dit sekerlik in die openbare belang dat sulke buitensporige duur aktiwiteite besnoei word. Dieselfde kan gesê word van die nuwe Suid-Afrika se onnodige aanvulling van die Appèlhof met die Grondwethof.

In die ou Suid-Afrika was daar ‘n oormaat van kritiek op die regstelsel. Deesdae is daar veel meer rede vir kritiek (bv gebrekkige skeiding van die politieke en regsbedeling, dus ANC-gedienstigheid, en aanstellings en bevorderings op grond van ras en geslag, wat ‘n laer bekwaamheidsvlak tot gevolg het) maar dit gebeur selde dat kritiek hierop in die openbaar uitgespreek word. In Zimbabwe is die regspleging selfs in groter mate sy onafhanklikheid van die politiek kwyt. Die Grondwethof se uitspraak oor Nkandla op 31 Maart sal nie in Mugabe se Zimbabwe gebeur nie.

Soos in die nuwe Suid-Afrika reis Zimbabwiese kabinetslede baie graag in die buiteland. Coltart het hieraan meegedoen, al weet hy die staatskas is leeg. As minister van onderwys het hy donasies vir skole by Westerse lande gewerf. Toe hy sy ministerskantoor betrek, het die gebou nie watertoevoer of werkende hysers gehad nie. Hy moes hierdie sake self regstel omdat sy swart voorganger en sy personeel versuim het om dit te doen, of gewoon nie die vermoë het om so iets te doen nie. Wat wel goed funksioneer, is die voorsiening van luukse motors aan ministers. Tot sy eer het Coltart op sy eerste werksdag as minister geweier om ‘n nuwe, luukse Mercedes-Benz as ampsmotor in ontvangs te neem. Later het hy ‘n Nissan gekry wat meer geskik was vir die besoeke wat hy in onherbergsame gebiede by skole afgelê het.

As ‘n mens ten spyte van katastrofiese politieke veranderings in jou geboorteland aanbly, kan dit positief vertolk word. Die probleem is dan om te besluit in watter opsigte en in hoeverre jy bereid is om aan te pas; dus te verander. By Coltart neem dit myns insiens oordrewe afmetings aan. Hy skaam hom byvoorbeeld omdat hy in die Smith-bewind se veiligheidsmagte gedien het. Hy het die grootste bewondering vir die Nieu-Seelander Garfield Todd (1908-2002, eerste minister van Suid-Rhodesië, 1953-1958) en sy dogter Judith (gebore in 1943), wat albei fanaties teen die blanke bewind gekant was. Albei het die terroriste aktief gesteun (Peter Godwin, When a crocodile eats the sun, Northlands: Picador, 2006, p 195). Coltart poog om die anti-Mugabe-opposisie te verstrek, maar verdeeldheid en verkiesingsbedrog veroorsaak dat opposisiepolitici eerder in die Mugabe-kabinet opgeneem word as wat daar ‘n grondige bewindsverandering is.

Met sommige Mugabe-kornuite kom Coltart beter klaar as met ander. Sulke pro-Coltart-kamerade word in sy boek beter voorgestel as die anti-Coltart-kamerade. Maar onder dié waaroor net gunstig berig word, is daar diegene wat die allerverskriklikste misdade as terroriste gepleeg het, blanke plase daarna gratis ingepalm het en deur en deur korrup is. Coltart se politieke korrektheid, verligtheid en bereidwilligheid om saam te werk, word myns insiens erg oordryf. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld.

“My own year ended on a high with a visit to Malawi to celebrate my elder son Douglas’s marriage to a Malawian, Chloë McGrath. One of the thoughts I have tried to instil in my children has been to think of Southern Africa rather than Zimbabwe, because its successful future, I believe, is dependent on its integration. It was pleasing for me to see this principle being put into practice through this SADC [Southern African Development Community – 15 countries] marriage. The wedding itself was a celebration of hope in the future – three of my son’s groomsmen were young black Zimbabweans, a scenario almost unthinkable in my generation because of racial segregation” (10711).

Coltart verpolitiseer hierdie troue. As drie van die strooijonkers swart was, hoeveel was daar altesaam? Dit is duidelik dat die troue op ‘n groot en seker duur skaal gedoen is. Deur te verafrika is daar glo hoop, ook vir die blankes. Dit klink darem asof die bruid wit is. Soos by Coltart se ouers is sy seun se pro-swart ingesteldheid dan seker ook nie bodemloos nie.

Soos in Suid-Afrika was die oorgang van politieke mag in Zimbabwe van wit na swart hoogs skandalig. Ook daar kon dese en gene by enige verkiesingslokaal stem omdat geen kieserslys bestaan het nie. Ook daar het intimidasie hoogty gevier. Blykbaar word daar sonder meer aanvaar dat wat in die ANC se Vryheidsmanifes van 1955 staan evangelie is: “South Africa belongs to all who live in it.” Dit is ‘n kommunistiese idee dat daar nie private besit is nie; dat die staat of bevolking alle grondgebied besit en oor alle eiendomsreg beskik. ‘n Land moet nooit aan al die inwoners behoort nie; sekerlik nie aan diegene wat hulle onwettig in die land gevestig het nie.

Desnieteenstaande kon alle onwettige immigrante en ander misdadigers in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika stem toe daar van die blanke bewind ontslae geraak is. Blykbaar is dit net wanneer swartes moontlik benadeel kan word dat daar eties gehandel moet word. In die nuwe Suid-Afrika is dit steeds iedere misdadiger se heilige reg om te stem, terwyl stemreg in beskaafde lande tydelik of permanent van misdadigers ontneem kan word. Eerstens gee ek toe dat die nuwe Suid-Afrika in vergelyking met die ou Suid-Afrika kwalik ‘n beskaafde land genoem kan word. Tweedens gee ek toe dat as alle (oud)misdadigers hulle stemreg ontneem word daar mense in leidende posisies in politieke partye sou wees wat geen stemreg sou hê nie. Maar hoort sulke mense in die politiek? Is dit nie in landsbelang dat vereis word dat politici aan hoë morele standaarde moet voldoen nie? Toon dit nie duidelik dat die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika en Zimbabwe staatkundig funksioneer fundamenteel foutief is nie?

Die punt waarby ek wil uitkom, is dat Coltart geen wesenlike beswaar het teen die manier waarop van die blanke bewind in Zimbabwe ontslae geraak is nie. In Suid-Afrika het FW de Klerk die dwaasheid gepleeg om die veiligheidsmagte (polisie en weermag) voor die 1994-verkiesing grootliks te neutraliseer/ontmagtig. Die gevolg was dat opgeleide terroriste in groot getalle die land binne gestroom het en kiesers geïntimideer het om vir die ANC te stem. Die terroriste het terselfdertyd groot hoeveelhede ammunisie ingesmokkel. As die ANC die verkiesing verloor, sou hy sy terrorisme uit strategies beter posisies kon voortsit.

Anthea Jeffery bied in haar boek, People’s War (Johannesburg: Jonathan Ball, 2009, 634p; Amazon Kindle $11,96), ‘n deeglik nagevorste, gesaghebbende relaas hiervan. Sedert ek hierdie boek gelees het, is dit vir my onmoontlik om respek te hê vir hoogs immorele kamerade wat leidende posisies in die ANC beklee het (soos Nelson Mandela) en ander wat steeds sulke posisies beklee (soos Cyril Ramaphosa). Laasgenoemde het blanke sakelui pas verseker dat die ANC sal sorg dat hulle ingevolge swart ekonomiese bemagtiging deur die regering beroof word totdat die ekonomie oorwegend in swart besit is (Netwerk24, 24 Maart). Dit is die tema van Anthea Jeffery se uitstekende boek, BEE: Helping or hurting? (Kaapstad: Tafelberg, 2014, 507p; Amazon Kindle $12,53).

Die uitgangspunt is dat swartes die reg het om blankes van hulle welvaart te ontneem eerder as om self welvaart te skep. Waarop dit neerkom, is: “The race engineers annihilate what’s left of the economy” (Ciaran Ryan, “How SA slept through the BEE revolution,” Moneyweb Today, 7.12.2015). Alle landbougrond sal na verwagting deur die ANC-regering genasionaliseer word, ter bevoordeling van swartes en ter benadeling van blankes en Suid-Afrika (Anthea Jeffery, “Die kruipende nasionalisering van grond bied nie ‘n antwoord vir armoede nie,” Maroela Media, 9.03.2016; ook BizNews.com, 1.03.2016). In die hoofstroommedia word die feite wat Jeffery in haar navorsing opgediep het egter verswyg, seker omdat dit polities inkorrek ongunstig op die ANC reflekteer. Of is die twee Jeffery-boeke vir sulke joernaliste te dik en moeilik om te lees?

Terug na die oorgang van blanke na swart bewind in Rhodesië en Suid-Afrika. Veel vroeër (in 1980) was die situasie in Rhodesië (‘n terrorisbesmette land) soortgelyk aan dié in 1994 in Suid-Afrika. Die De Klerk-regering het geen verskoning vir hierdie ernstige flater (verkiesing in chaotiese omstandighede, een van sy menige flaters) wat in 1990/1994 begaan is nie. Vir ‘n objektiewer beskrywing as Coltart s’n van Zimbabwe se “eerste demokratiese” verkiesing in 1980 verwys ek na George Selby (1937-2006) se boek, From safari suit to camouflage: The memoirs of George Selby (edited by Lillian van Velden, Partridge Publishing, 2015, 276p; Amazon Kindle $4,55). Die Selbys het hulle kort na die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning in 1948 in Rhodesië gevestig omdat hulle op soek was na ‘n opset wat meer Brits was. Maar soos Coltart se ouers het George Selby en sy gesin hulle in 1980 in Suid-Afrika hervestig. Anders as Coltart het George Selby egter die hele duur van die stryd teen terrorisme in aktiewe militêre en veiligheidsdiens meegemaak. Anders as Coltart was Selby glad nie ‘n politieke dier nie.

Tydens die drie dae lange 1980-verkiesing in Februarie 1980 het Selby as polisiereservis diens gedoen om te verseker dat die hoofpad van Beitbrug tot Fort Victoria oop en veilig is. “With an estimated 35 000* insurgents flooding into the country to vote, and to cause trouble if the outcome was not to their liking, the security forces certainly had to be on their toes” (Kindle 4498). “It was amazing just how many blacks had already gathered for the next day’s voting, many of them carrying weapons: RPG-7s, machine guns, and rifles” (4557). [* Ek kon nie inligting oor die getal terroriste in Ian Smith se outobiografie of in Peter Godwin se vier boeke opspoor nie. In Suid-Afrika is die getal terroriste wat voor die 1994-verkiesing die land binnegekom het op 13 000 gestel (Jeffery, People’s War, Kindle 8091, 14416). Kan dit wees dat FW de Klerk voor ‘n veel kleiner getal terroriste as Ian Smith geswig het en daarby in ‘n veel groter mate? In die Zimbabwiese parlement van 100 lede het 20 blankes sewe jaar lank gewaarborgde sitting gehad. De Klerk het glad nie daarin geslaag om iets soortgelyks te beding nie.]

Die terroriste waaroor dit hier gaan, verstaan bv AK47-gewere maar daar moet nie van hulle verwag word om doeltreffend boek te hou van enigiets nie. Oor die getal terroriste is daar dus nie eenstemmigheid nie. ‘n Ander polities korrekte Jacana-publikasie, Janet Cherry se boek, Umkhonto weSizwe (Auckland Park: Jacana, 2011, 156p), kan hieroor geraadpleeg word. Cherry erken: “There is … a bias in the framing of the book, stemming from my own involvement as an ANC and an anti-war activist” (p 12).

“By May 1995, some 15 000 of the 35 000 non-statutory [!] forces members (comprising 28 000 MK and 6 000 APLA soldiers) had reported to assembly points. While they are referred to by some analysts as guerrillas, it should be noted that many thousands had not been formally trained nor engaged in guerrilla operations; they included some of those informally trained inside South Africa, including SDU [Self-Defence Units] members” (127-128). Laasgenoemdes verwys na terroriste wat danksy die toegeeflikheid van FW de Klerk in 1990/1994 in Suid-Afrika as terroriste opgelei is, bv in Bantu Holomisa se Transkei. In haar boek verskaf Jeffery heelwat inligting hieroor. Volgens bostaande statistiek is moontlik net soveel terroriste binne as buite Suid-Afrika opgelei, wat op uiters laakbare versuim van die De Klerk-regering dui.

In 1990/1994 is 15 000 mense in die gewapende stryd gedood (Jeffery 14301), veral omdat dit die ANC se verklaarde beleid was om nie terrorisme te staak terwyl grondwetlike onderhandelinge gevoer word nie. Die doel was om voor die verkiesing die invloed van sowel Inkatha as die blankes te neutraliseer. Hoewel Mandela een van die hoofargitekte van hierdie beleid was, het hy op sy grenseloos immorele manier gelieg: Dit was ‘n “universally recognised fact that the ANC has not killed a single person since the peace process began” (Jeffery 7476). En “die wêreld” het hom geglo, want “die wêreld” wou hom glo. Die getal kamerade wat aanspraak op terrorisstatus gemaak het, het heelwat meer geword nadat die ANC-regering besluit het om hulle met staatstoelaes te vergoed vir niksdoen/ledigheid of vir die dood en verwoesting wat hulle gesaai het.

“By June 1995, nearly 12 000 members of the non-statutory forces members had been integrated into the SANDF [South African National Defence Force]. It was expected that in the end around 14 000 MK members would be integrated into the SANDF. If Motumi’s* estimate that there were no more than 10 000 to 12 000 MK members who received formal training outside South Africa is accurate, then most of this number were absorbed into the new army” (Cherry 128). [* Tsepe Motumi, “Umkhonto we Sizwe: structure, training and force levels (1984-1994)”, African Defence Review, 18, 1994.]

Die 13 000 buitelandsopgeleide terroriste waarna Jeffery verwys, stem dus min of meer ooreen met die tot 12 000 waarvan Motumi gewag maak. Dit is hierdie elemente wat die kern van die weermag van die nuwe Suid-Afrika uitmaak. Cherry erken: “In military terms MK has to be judged one of the least effective armies in modern history” (141). Dit maak De Klerk se algehele politieke magsoorgawe des te meer skandalig. Cherry se erkenning wek noodwendig twyfel oor die gehalte van die nuwe Suid-Afrika se weermag. Sy merk ligweg op dat die terroriste in die weermag geïntegreer is. Wat sy verswyg om te noem, is dat dit ten koste van blankes geskied het, terwyl FW de Klerk voor die 1992-referendum plegtig belowe het dat geen blanke sy werk sou verloor nie.

Die populêre opvatting is blykbaar dat toi-toi sommer maar net ‘n onskuldige uitdrukking van swart kultuur is. Die HAT is nader aan die waarheid deur toi-toi te beskryf as ‘n “militêre dans, veral tydens ‘n optog uitgevoer, waardeur die skare opgesweep (kan) raak.” Toi-toi is histories uitdruklik anti-blank en pro-terrorisme. Hier volg ‘n laaste aanhaling uit Cherry se boek: Toi-toi-danse is “simulation of the military training that MK soldiers underwent, which they had in turn learned from ZIPRA [Joshua Nkomo’s Zimbabwe People’s Revolutionary Army] cadres in Zimbabwe” (67). As die ANC-regering werklik versoening begeer, sou hy toi-toiery verbied.

‘n Lid van die Britse vredesmag het voor die 1980-verkiesing in Rhodesië vir Selby (as lid van die Rhodesiese veiligheidsmag) gevra: “Don’t you think your presence here is provocative? With all these freedom fighters and the local population around here, anything could spark off trouble” (4564). Selby skryf: “Much as I have always liked the British, this one definitely annoyed me intensely, and I thought to myself, You stupid arsehole! This is not even your country. You haven’t risked your life fighting for it” (4564). Daardie aand in die kroeg het ‘n Britse polisieman, wat ook deel van die buitelandse vredesmag was, darem ‘n ander deuntjie gesing: “The Bri’ish guv’ment is be’aving like a bluidy ostrich with its ‘ead stuk up its arse!” (4573).

“As more and more insurgents came out of the bush, so did intimidation and beatings of the locals, who had no choice but to vote for whom they were told. Despite the monitors being aware of the problem, they said they were unable to pinpoint anything specific” (4580). “The three days of polling were full of tension as many heavily armed insurgents loitered around the polling station … Once the elections were over, the ballot boxes were flown to Britain to await the outcome of what many believed was a rigged election” (4617).

In die 1994-verkiesing in Suid-Afrika het dit selfs meer chaoties daaraan toe gegaan. Die finale uitslag, soos beskryf deur Jeffery, is deur die politieke partye onderling beding (13962, 13973). Die uitgebragte stemme het bloot as ‘n riglyn gedien. Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Johann Kriegler, het gesê: “The election is about national reconciliation, not ballot reconciliation” (13880). Hierdie chaoties verkose parlementslede het die Grondwet goedgekeur waarmee ons steeds moet saamleef. De Klerk vra deesdae gereeld dat ons aan hierdie Grondwet moet vasklou, asof dit sy blywendste bydrae of prestasie is. Leon Wessels skryf egter: In 1996 “flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (Vereeniging, Kaapstad: Umuzi, 2010, p 279).

Selby skryf: “The war had been lost, and a sense of betrayal hung heavily in the air. It was ironic to see how many Rhodesians eventually went off to live in the very same countries they felt had betrayed them. Zimbabwe’s loss was to be their gain as talented, innovative, and hardworking people left the country in droves” (4656). “We had fought for a good cause” (4699). Dít is die teenoorgestelde van Coltart se gevolgtrekking. Die titel van Ian Smith se outobiografie verwys ook na die verraad wat daar teen Rhodesië en sy blankes gepleeg is. Dit is ‘n historiese feit dat John Vorster se regering ‘n prominente bestanddeel van daardie verraad is. Ian Smith haal in sy outobiografie een van sy bewonderaars soos volg aan: “There is no dishonour in a lost cause – the shame is with those who betrayed you” (p 327) en ook vir Cicero: “A nation can survive its fools and even the ambitious. But it cannot survive treason from within” (320).

Ek onthou hoe Vorster destyds beweer het dat dieselfde lot (swart meerderheidsregering) nie Suid-Afrika sou tref nie, want Suid-Afrika was glo, anders as Rhodesië, “‘n soewerein, onafhanklike land.” Deesdae is dit die Suid-Afrikaanse swart meerderheidsregering se Onafhanklike Verkiesingskommissie wat keer op keer ‘n Mugabe-verkiesingsoorwinning, teen al die feite in wat op die teenoorgestelde dui, “vry en regverdig” verklaar. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld van wat in Zimbabwiese verkiesings gebeur: “As the candidates were waiting for the ballot counting to begin, they heard the results being announced on the radio” (Peter Godwin, The fear: The last days of Robert Mugabe, London: Picador 2010, p 214).

Karel Combrinck: Ope brief aan FW de Klerk

Mnr De Klerk, nou wil ek u eers ‘n guns vra : U is nou tagtig jaar oud. Moet tog asseblief nie iets onbesonne aanvang soos om lepel in die dak te steek voor die boere kan organiseer om u onderstebo op te hang nie.

Dis verbysterend dat daar nog mense is wat die vermetelheid en dikvelligheid kan hê om u skandelike oorgawe aan ‘n kommunistiese ANC-terroristebende te probeer verdedig. Lyk baie na ‘n nostalgiese uitstappie van ‘n paar van u lakeie na die dae toe u nog «president» was. Of miskien is daar mense wat sleg slaap oor wat hulle aangevang het.

Kom ons kyk na ‘n paar van hulle patetiese pogings :

In Die Burger van 18 deser verskyn ‘n artikel deur ene Alet Janse van Rensburg wat ondermeer soos volg lui :

«Diegene wat oudpres. FW de Klerk se hantering van die destydse onderhandelinge vir ’n demokratiese Suid-Afrika kritiseer, moet besef daar was geen alternatief vir die bestel wat hy suksesvol onderhandel het nie.

Só het oudkollegas van De Klerk hom Vrydag op sy 80ste verjaardag geprys vir die leierskap wat hy in ’n kritieke tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het .»

U sal merk, mnr de Klerk, dat die berig, wat in beginsel veronderstel is om objektief en neutraal te wees, in kenmerkende Burger-styl duidelik in u guns bevooroordeeld is. Die inleidende paragraaf, wat sg die mening van u oudkollegas weergee, stel onomwonde u beleidsrigtings in ‘n positiewe lig. «Leierskap wat hy in ‘n kritieke tyd tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het» bevat ook duidelik ‘n oordeel dat u beslissings reg en tot voordeel van die land en sy mense was. In belang van ewewig sou ‘n mens kon verwag het dat die berig ook die menings sou dra van mense wat minder lof vir u «onderhandelde» oorgawe het. Maar Die Burger, soos ons weet, het geen voorliefde vir objektiwiteit of ewewigtigheid nie.

En dan, mnr De Klerk, die ewige getokkel oor ‘n «onderhandelde» skikking: Hoeveel onderhandelingsvermoë en hoeveel diplomasie is nodig om ‘n land weg te gee?

«Dr. Kraai van Niekerk, destydse minister van landbou in die oorgangskabinet, het gesê ondanks kritiek teen De Klerk sou Suid-Afrika nie die demokrasie gehad het wat hy vandag het as dit nie vir De Klerk was nie.» Nogal ‘n taamlik onbeholpe sin, maar toemaar.

Maar die vraag is watter soort demokrasie het Suid-Afrika vandag en is dit die soort demokrasie wat enigiemand wil hê, een onder meer waar die Guptas besluit wie kabinetsministers moet wees? «Oorgangskabinet»! Watter soort gedrog is dit? Oorgawekabinet miskien. As ek die sin ietwat kan wysig: «Sonder De Klerk sou Suid-Afrika nie die katastrofiese en totaal mislukte demokrasie gehad het wat hy vandag het nie.»

En van die kant van die ou aartsbedrieër en vermaakliheidskunstenaar, Pik Botha :

“Hoewel daar baie ekonomiese en politieke druk teen apartheid was, was dit ’n etiese en morele motivering wat De Klerk daartoe gedryf het om ons daaruit te lei. Ons het besef dat dit waarmee ons besig is («apartheid»), sonde is en ons kon dit nie langer doen nie.”

Ons was nie in staat om ons land te behou nie, maar ons het darem die tweede prys gewen: Ons was «moreel». Mnr De Klerk u weet tog dat wanneer ‘n mens wil swig voor druk dan klink dit beter om te sê dis weens «morele redes» as om te erken «ek gooi die tou op». En dan, asseblief , wil Pik Botha sowaar vir ons kom preek oor wat «sonde» is? Kan ‘n mens grotesker!

Maar dan gaan die ou amateurgoëlaar voort :

“Daardie referendum het aan die ANC gewys dat twee derdes van die wit mense in die land verkies het dat De Klerk en sy regering die toekoms namens hulle onderhandel. Dit het ons gered toe alles in die weegskaal was. Ons sou nie uit ’n swakkere posisie kon onderhandel nie.”

U het dus uit ‘n posisie van krag onderhandel. Maar wat het u dan nou juis in u posisie van krag bereik? U sou, uit ‘n posisie van krag, ‘n vorm van selfbeskikking vir ons kon beding het. Maar dit is nie ‘n «alternatief» waarin u belang gestel het nie. U het net niks vir ons beding nie behalwe spookasems. Geen wonder Cyril Ramaphosa en die ANC-onderhandelingspan kon hulle gelag vir u nie beteuel nie. ‘n Mens sidder by die gedagte aan wat u sou «beding» het uit ‘n posisie van swakheid! Soos Pik Botha dit duidelik maak, die gedagte met die referendum was om die ANC te beïndruk en instede daarvan dat hulle beïndruk was, het hulle vir u gelag.

«Dr. Stoffel van der Merwe, oudminister van inligting en die uitsaaiwese, het gesê «mense vergeet dat ’n kompromis van nature iets is waarmee beide partye nie heeltemal tevrede is nie, maar waarmee albei kan saamleef. Daar was geen alternatief vir die stelsel wat hy suksesvol onderhandel het nie».

Weer die mite van «suksesvolle» onderhandeling en «geen ander alternatief nie». U hartsbegeerte was, soos u self sê, om die mag aan die ANC oor te gee, die mooiste dag in u presidensie. Het u hoegenaamd na ander alternatiewe gekyk? Wees tog vir een keer eerlik en erken kapitulasie was die enigste alternatief wat u oorweeg het. U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief» nie. Volgens u was die enigste keuses apartheid of totale oorgawe. Dis net nuttige idiote wat dit kon glo. En ongelukkig is hulle altyd in die meerderheid.

En waar in hemelsnaam is die kompromis ? Dis tog bloot politiekery. Kompromis beteken in gewone taal «iets vir jou en iets vir my». Hulle het ‘n land present gekry en ons?

Nog Stoffel:

“Dit was grootliks te danke aan De Klerk wat in 1990 die sameloop van omstandighede – wat ’n unieke geleentheid geskep het vir ’n vreedsame oorgang – berekend benut het.”

Vreedsame oorgang miskien, maar vreedsame oorgang na wat? En hoe kon dit anders as vreedsaam wees as u die land eenvoudig verniet weggegee het? Waar is dus nou die wonderwerk?

(Kraai) Van Niekerk het ook gesê dat Suid-Afrika «gelukkig was om iemand soos De Klerk te hê wat die moed van sy oortuiging gehad het om die land op ‘n verantwoordelike wyse vorentoe te neem».

Die «moed» gehad om die land «vorentoe» te neem! Maar, mnr De Klerk, u weet dit tog, alles het inteendeel sedert u oorgawe agteruit gegaan en gaan nog steeds verder agteruit. Die «moed» wat u openbaar het en die «vorentoe» waarvan Van Niekerk en Van der Merwe praat, is moed en vooruitgang uit die oogpunt van die New York Times.

Die knaende refrein van «suksesvolle onderhandelings» laat ‘n mens ook noodwendig wonder wat «suksesvolle» onderhandelings mag beteken. As ‘n mens mooi lees en mooi luister, beteken dit oorgawe aan die ANC sonder bloedvergieting. Vanselfsprekend sal niemand bloed vergiet wat ‘n land verniet kry nie. As bloed vergiet moes word om ons selfbeskikking te waarborg, dan moes dit gebeur. Ons bloed is herhaaldelik deur ons geskiedenis heen vergiet, in die Anlo-Boere-oorlog, jare lank in Angola en elders, ter wille van ons vryheid. Om te sterf ter wille van ons vryheid sou tog eindeloos meer moreel gewees het as hierdie eerlose en vernederende oorgawe. En dan, mnr De Klerk, wat van al die bloed van witmense wat nou op plase en elders vergiet word? Alles deel van u «demokratiese» oorgang ?

U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief nie». Daar was ander keuses ook behalwe apartheid of oorgawe en u weet dit, maar u het nie die wil en die «moed» gehad om hulle te oorweeg nie. U het net uitgesien na die grootste dag in u presidensie.

Baie van ons, Mnr De Klerk, en ek glo al meer en meer, is oortuig daarvan dat u motivering nie moraliteit was nie, maar eerder lafhartigheid, soeke na internasionale gewildheid en eiebelang. U het die wêreld gewen deur u siel te verkwansel. Nelson Mandela het van u ‘n wêreldfiguur gemaak: Die grootste hensopper in die geskiedenis.