praag.co.za

Tag: Fidel Castro

  • Brief: Constand Viljoen kon Angola en Suid-Afrika bevry het

    Brief: Constand Viljoen kon Angola en Suid-Afrika bevry het

    Rapport Weekliks, “Laat Castro maar sy storie spin”, van 16 Februarie 2020 verwys. Leopold Scholtz skryf daarin dat Castro in 1988 met die vervalsing van die geskiedenis begin het. Want, Castro het volgehou die einddoel van die SAW in Angola was… om UNITA in Luanda aan bewind te bring, en sodoende die NP-regering se heerskappy oor die hele Suider-Afrika te vestig.

    Kan dit moontlik ‘n vervalsing van ons geskiedenis wees, om die geniale Castro nie gelyk te gee nie?

    Toe die SAW onderweg was na Luanda in 1975, wou die CIA wel vir UNITA en die FNLA aan bewind bring.  Constand Viljoen was die senior SAW-offisier saam met die CIA. Viljoen was destyds die SAW se Direkteur Operasies vir die CIA se resies na Luanda.

    Die CIA is in November 1975 verras. Die CIA het nie verwag dat Castro so groot in Angola sou ingryp nie. Die CIA het Castro onderskat.

    Dit is ironies dat die CIA vir Castro in 1975 in Angola onderskat het. In 1961 het die President van die VSA die CIA-hoof afgedank, juis omdat die CIA vir Castro onderskat het. Die man wat Castro se Afrika-strategie teen die CIA in Kuba bemark het, was bekend aan die CIA. Francis Parker Yockey het ook in 1960 die Kubaanse Misielkrisis van 1962 aan Castro bemark. Die CIA het Yockey se invloed op Castro dus goed geken. Die CIA in Angola moes dus beter op Castro bedag gewees het, dog in 1975 is die CIA getref deur bestuurskommelinge, terwyl Castro se pos oor dekades heen stabiel gebly het.

    Genl. Constand Viljoen

    Castro het vanaf November 1975 in Luanda, met lug- en seebrûe vanuit Kuba,  reg onder die neuse van die CIA, feite op die grond in Luanda geskep. Castro het veroorsaak dat die Amerikaanse Kongres die CIA vir 10 jaar uit Angola verban het. Voor 1975 was Fidel Castro reeds uiters ervare met CIA-operasies. Castro was teen 1975 die wereld se voorste kenner van CIA-operasies, sowel as die werkinge van die VSA-president en -Kongres. Wat die CIA betref, het Castro regtig al die wysheid in pag gehad.

    Dit is dus nodig, dat ons Leopold Scholtz se woorde met dié van Fidel Castro vergelyk, om by die waarheid oor Angola uit te kom.

    In Desember 1975 was die aangewese Hoof van die CIA, George H. Bush, saam met die President van die VSA in China om die Sowjetunie te ondermyn. Hulle het oor gesamentlike steun vir UNITA en die FNLA in Angola beraadslaag, om Luanda te wen. Kissinger het nog aan Deng Xioping gesê: “Ons is bereid om Suid-Afrika uit Angola te verdryf, sodra ‘n alternatiewe militere mag geskep kan word.”

    Die SAW het toe in 1976 uit Angola onttrek, maar glad nie volgens die CIA en Kissinger se plan nie. Daar was nooit ‘n alternatief vir die SAW in Angola nie.

    Castro en die Sowjetunie was nou in beheer van Luanda, en die CIA in ‘n verskriklike verleentheid. Hoe kon China die VSA vertrou om die Sowjetunie te ondermyn, as die CIA sulke fiasko’s in die Koue Oorlog veroorsaak het? Die CIA kon nie eens vir Castro in hulle eie agterplaas beheer nie.

    Castro het dus in Angola die derde grootste krisis in die bestaan van die CIA geskep. Die Kubaanse kernmisielkrisis, ook danksy Castro, was ‘n groter krisis vir die CIA. Die grootste krisis ooit in die CIA, was toe die CIA vir Castro in Kuba aangeval het, die sogenaamde “Bay of Pigs”-inval. Die topdriefiasko’s van die CIA, was almal danksy Castro.

    Die Koue Oorlog is deur President Reagan geëskaleer. Reagan wou die Koue Oorlog wen en klaarkry. Dus in 1985 gee die Amerikaanse Kongres vir die CIA toestemming om weer na Angola te gaan — maar slegs kovert, oftewel in die geheim.

    Om UNITA in Angola aan bewind te kry, gaan die CIA vir Kuba en Castro uit Angola moet kry. CIA-analiste sê dat UNITA nie as ‘n militêre mag op sy eie teen Castro in Angola kan wen nie.  Die CIA gaan net soos in 1975, in 1986 ook weer van die SAW moet gebruik maak.

    Die enigste alternatief vir die gebruik van die SAW in Angola is Amerikaanse magte. Daarvoor is toestemming van die Amerikaanse Kongres nodig — vir openlike oftewel overte CIA-steun aan UNITA. Die gebeure in 1975 het geleer dit is by verre die beste opsie om Amerikaanse magte in Angola te gebruik, indien nie die enigste nie.

    Die CIA reël dat UNITA se charismatiese Joseph Savimbi voorberei word vir ‘n bemarkingstoer na die Withuis. Savimbi word deur Reagan persoonlik in die Ovaalkantoor onthaal. Dr Savimbi kry ‘n persoonlike veiligheidspan van die VSA. Doktor dra ‘n Katolieke uitrusting wat perfek pas by konserwatiewe Katolieke senators. ‘n Professionele bemarkingsmaatskappy en die beste dinkskrum in die VSA bestuur Doktor se besoek, maar helaas, die CIA sukkel om sommige senators se steun te verkry vir die CIA om openlik in Angola met militêre mag te opereer om UNITA in gevegte te ondersteun.

    Reagan besluit dan moet die CIA weer kovert in Angola opereer, saam met die SAW. Soos in 1975, moet die SAW in 1986 ook onsigbaar in Angola veg. Reagan beveel dus dat die CIA weer die SAW in Angola gebruik, op die volgende voorwaardes: Die SAW kry nie die VSA se Stinger-vuurpyle nie. Die SAW in Angola moet tydens CIA-operasies onopsigtelik agter UNITA-magte opereer, dus altyd in die nag.

    Die CIA het reeds die twee grootste strategiese teikens vir die SAW in Angola met satelliete gefotografeer, en as nagoperasies ontwerp. Die twee nagoperasies is so geostrategies gekies, dat die SAW daarna ook slegs onsigbaar in die nag, agter ‘n sterk en opgegradeerde UNITA hoef te opereer. UNITA sal dan in Angola aan bewind kom, wat tot lewensbelangrike voordeel vir Suid-Afrika sal wees. Die SAW en NP kan nie die CIA-versoek weier nie. President Reagan self waarborg dat hy die Amerikaanse Kongres se sanksies teen Suid-Afrika sal afwater.

    Dus in Januarie 1986 gee die President van die VSA, Ronald Reagan, te kenne,  dat soos Afganistan, ook Angola en UNITA se vryheid benodig word om die Koue Oorlog teen die Sowjetunie te wen. Die VSA se President onthaal UNITA in die Withuis, en stuur UNITA Stinger-missiele om MIG-vegvliegtuie en Hind-helikopters hoog in die lug hou, ver van UNITA en SAW op die grond in Angola.

    Die VSA se President het die CIA-direkteur William Casey ‘n mandaat gegee om eers die oorlog en daarna die verkiesing in Angola te wen, sodat die wereld ‘n “victory that electrifies the world” in Angola kan sien.  Dit was President Reagan se woorde.

    Drie maande na President Reagan se “electrifying” woorde, ontplof Tsjernobil se elektriese stasie per ongeluk in die nag. Volgens Gorbatsjof was dit die eintlike begin van die beplande inploffing van die Sowjetunie.

    In dieselfde April van 1986, ontplof in die nag ook die belangrike hawe van Namibe in Angola. Namibe was die hoofverskaffingshawe vir Angola se weermagbasis en lugmagbasis in… Cuito Cuanavale. Vanaf die opgegradeerde Cuito Cuanavale-basis, wou die Sowjet-weermag en -lugmag in 1986 vir die CIA se UNITA aanval en uitwis.

    Die CIA het satellietfotos van Namibe aan die SAW verskaf. Die SAW is gevra om die inligting in die nag te gebruik. Skepe en ‘n duikboot van die SAW het ‘n span spesialiste in die nag na Namibe vervoer. Namibe se brandstofdepot het ontplof. Die hawe en al die vragskepe het aan die brand geslaan.

    Die CIA het ook satellietfotos van Cuito Cuanavale aan die SAW verskaf. Weereens is gevra om die inligting in die nag te gebruik. Net 5 Maande nadat President Reagan met UNITA in die Withuis vergader het, in Augustus van dieselfde 1986, vlieg 8 nuwe SAW-kannonne in die nag…. oor die Angolese grens na… Cuito Cuanavale.

    Binne 3 nagte skiet ‘n groepie Middelburgers die Sowjet-weermag en lugmag uit Cuito. Danksy die Stingers, bly Sowjet-MIGs hoog in die lug. Hulle kan nie die gekamoefleerde stilstaande SAW-kanonne sien om raak te bombardeer nie. Die SAW se G5-kannone het byna 4500 basis-bloeiprojektiele op die Cuito-basis afgevuur. Rewolusioenêre projektiel-tegnologieë het die SAW-kanonne in staat gestel om MIG-vegvliegtuie op Cuito se aanloopbaan vanuit die bos te beskadig.

    Die CIA wat die “electrifying” foto’s van UNITA in beheer van Cuito Cuanavale se lughawe aan die internasionale pers sou lek, het die SAW se naam vir die operasie om Cuito te verower, verander vanaf Southern Cross na Alpha Centauri. Met Cuito deur UNITA verower en beset, was die sterre binne bereik. Nie alleen was die Sowjet-inisiatief om UNITA te vernietig dan buite bereik nie, maar ook die Kubaanse besetting van Luanda was op risiko.

    Met die Cuito-lugmagbasis in besit van UNITA, was die SAW se logistieke probleme in Angola opgelos, en UNITA sou baie meer lugsteun kry, kompleet met moderne onbemande hommeltuie. Die CIA sou Menongue moes aanval om Cuito te beveilig. Lobito-hawe en die Benguala-korridor deur die hart van UNITA se Ovimbunduland met die ou UNITA-hoofstad Huambo sou volgende gewees het. Doktor Savimbi sou onder die omstandighede ‘n vrye en regverdige verkiesing kon wen. Luanda, en dus die hele Suider-Afrikastreek, sou in 1986 net soos in 1975 weer op die spel gewees het. Die CIA het Castro nie vergeef vir 1975 nie. Castro het dit geweet, en die Sowjetunie gewaarsku.

    Cuito Cuanavale in Augustus 1986, was weer soos Luanda in November van 1975.  Suid-Afrika se toekoms was op die spel. Die NP en SAW se lewe was op die spel. Die hele Suider-Afrika was op die spel. Die CIA en Castro was weer slaags. Hoekom was Constand Viljoen nie daar nie? Hoekom het hy op 52-jarige ouderdom uit- en afgetree, pleks van om soos Castro, die geveg om Angola wat in 1975 begin het, te wen?

    Die Hoof van die SAW moes die SAW gebruik het om Cuito se besetting te verseker soos oorspronklik beplan is. Anders as sy voorganger Constand Viljoen, het Jannie Geldenhyus as Hoof van die SAW gevegskompromieë aangegaan om sy politieke bestuurder ter wille te wees. Die deurslaggewende verskil tussen Viljoen en Geldenhuys was hulle persoonlikhede: Viljoen was geneig om nie saam te stem nie, en Geldenhuys geneig om saam te stem. Die eerste tipe maak geniale generaals soos Guderian, Rommel en Viljoen.

    Die Suid-Afrikaanse regering, op advies van die CIA om die VSA-Kongres ter wille te wees,  vra die Hoof van die SAW dat twee UNITA-brigades van 1500 man elk Cuito Cuanavale moet beset — ‘n historiese gebeurtenis wat wereldwyd “electrifying” opslae in die media sou maak.

    Kuba en die Sowjeunie in Angola was in vir ‘n elektrifiserende verrassing, waarteen Castro die Sowjetunie in 1986 ernstig gewaarsku het!

    Een UNITA-brigade van 1500 man het Cuito Cuanavale gemaklik beset en begin fees vier, terwyl die ander UNITA-brigade nie in die nag aangekom het nie. Die Sowjets en Kubane het met hulle oorblywende tenks ‘n teenoffensief teen UNITA begin, wat gou vir UNITA uit Cuito ontset het.  Die verrassing was verby.

    ‘n Geskiedkundige geleentheid is verspeel — en vervals. Cuito Cuanavale is in Augustus 1986 na baie harde werk deur vele Suid-Afrikaanse soldate en verkenners, skitterend gewen. Sonder SAW-lewensverlies. In die nag het nie ‘n taktiese ontrekking plaasgevind nie, maar ‘n leierskapsmislukking, ‘n irrasionele besluit, en gevolglike tragedie vir die hele Suider-Afrika en die welsyn van 300 miljoen mense.

    Hierdie klein stukkie nagtelike geskiedenis van Cuito Cuanavale is vervals, want vervalsing was nodig.

    Verdere CIA- en SAW-oorlogvoering in Angola, om UNITA uiteindelik in Luanda aan bewind te bring, sou onmoontlik gewees het, met die erkenning dat die suksesvolle verowering van Cuito in Augustus 1986, as gevolg van ‘n hoogs riskante polities-korrekte besluit verspeel is.

    Die Hoof van die SAW het slegs gelieg en gesê dat Cuito-besit nooit die doelwit was nie. Joseph Savimbi van UNITA het sy UNITA-bevelvoerder van daardie nag in Cuito tereggestel.

    Hierdie keer het het die Sowjets en die Kubane hulle deeglik by Cuito ingegrawe, pleks daarvan dat die SAW by Cuito ingegrawe het.  Dít het die geskiedenis van Angola en die hele Suider-Afrika verander. Politieke korrektheid pleks van militêre meriete het die ontwikkelling van Suider-Afrika gekelder.

    In Leopold Scholtz eie eufemistiese woorde: “Hierdie aanslag spreek van opperste naïwiteit en het verskeie nadelige gevolge gehad…” – bladsy 43 van sy boek Ratels aan die Lomba.

    Castro sou van sy generaals teregstel as daar ooit weer so-iets sou gebeur, soos wat by Cuito in Augustus 1986 gebeur het. Dog geen SAW-generaal is ooit tereggestel, of het prerogatiewe selfmoord gepleeg,  na dom besluitnemings soos tydens hierdie strategies belangrike SAW-geleentheid in 1986 nie. SAW-soldate is daarna gedood, in die latere 1988 SAW-aanslag op Cuito, wat teen daardie tyd al ‘n onineembare UNITA-vesting en SAW-aanloopbaan sou gewees het, was dit nie vir die leierswaansin, dat die SAW onsigbaar in Angola moes veg nie.

    Pik Botha… het onder die invloed met die Kubane onderhandel

    Bostaande geskiedenis, sê ek graag aan Leopold Scholtz, is deur Hoof van die SAW “vervals”, want hy moes hierdie CIA-geskiedenis noodwendig geheim gehou, om verder te kan veg, en weer te probeer. In Scholtz se eie boek oor die Grensoorlog, noem hy egter dat UNITA wel vir Cuito in Augustus van 1986 na die G5-bombardement beset het, pleks van die SAW self.

    ‘n Jaar later, in 1987, wou PW Botha al vier Sowjettenkbrigades in ‘n offensief van UNITA vanaf Cuito by die Lombarivier vernietig — dit ek in Scholtz se Ratels aan die Lomba gelees.

    Die vernietiging van al vier aanvallende Sowjettenkbrigades by die Lombarivier in 1987, en daarna noodwendig nog vier oorblywende brigades in die omgewing en by Cuito, sou 1988 ook heeltemaal verander het.

    Die SAW sou Cuito weer verower het.

    Kuba en Rusland sou mekaar beskuldig het oor 1987 se Mavinga-maneuverfiasko, en algehele paniek sou die MPLA in Luanda oorval het.

    Pik Botha sou nie saam met die Kubane alkohol gedrink het en onder die invloed met hulle onderhandel het nie.

    Vlug PanAm 103 na New York, waarop Pik Botha aanvanklik saam met die CIA-lede bespreek was, sou nie bo Lockerbie ontplof het nie. Daar sou geen PanAm 103 met passasiers na die New York-ooreenkomste vir Libië se Gadaffi gewees het, om in sy oorlewingstryd teen die VSA te saboteer nie.

    Pleks dat die MPLA vir UNITA se elite, en later Joseph Savimbi self vermoor het, sou UNITA se Ovimbundu-meerderheidsbevolking die MPLA tydens ‘n demokratiese verkiesing verslaan het.

    Angola en Suid-Afrika as sy buurland sou streeksprojekte ingestel het, met 40 000MW se Inga-hidrokrag vanaf die DRK na die hele Suider-Afrika. Só sou Suider-Afrika ekonomies geëntegreer geraak het. Die ANC wil dieselfde saam met mede-kameraad MPLA doen, maar teen 2020 is nog niks gebou nie.

    Daar bestaan geen kameraadskap tussen die MPLA en die ANC nie, slegs koue oorlog volgens George Friedman se Stratfor, ook bekend as die private CIA.

    Met militêr ondersteunde, demokraties verkose regerings in ‘n Luanda-Pretoria As, sou die Suider-Afrikaanse Unie vandag ‘n welvarende Westerse China met Afrika-kenmerke gewees het.

    Vandag is dit duidelik, dat die vernietiging van al vier Sowjettenkbrigades in die bosse naby die Lombarivier, pleks van slegs een, ook tot die vernietiging van die ander vier brigades in die omgewing sou gelei het. Daarna sou alles anders verloop het.

    Uit jou Scholtz se boek, Ratels aan die Lomba, blyk dit dat die SAW se Hoof nagelaat het om meer tenks vroeër veggereed by die Lomba te kry.  Sonder genoeg tenks betyds aan die Lomba is die kans om al vier Sowjettenkbrigades in 1987 te vernietig, verspeel.

    Die titel van Scholtz se boek, Ratels aan die Lomba, sê dit alles.

    In die boek Mobility Conquers, deur Steenkamp en Heitman, staan daar:

    “General Geldenhuys (always) wanted to avoid inflicting a major defeat on a Cuban force… lest that cause Castro to deploy additional assets .”

    Die geskiedenis is: Geldenhuys het die vernietiging van die Kubaanse magte vermy, deur te klein magskonsentrasies en maneuvers te vereis. Castro het desondanks in 1988 sy beste en mees ervare bykomende magte op die SAW gekonsentreer.

    “The government had given (Geldenhuys) firm instructions that South African forces were not to occupy any town in Angola…”

    Sou Generaal Viljoen as Hoof van die SAW na sulke leunstoelwaansin vanuit Pretoria geluister het? Viljoen sou sy CIA-kontak opdrag gegee het om vir die President van Amerika te gaan sê, 2 uit 3 van jou eie raadgewers het vir jou bereken UNITA kan nie so wen nie. Ek is nie so onverantwoordelik dat ek weer gaan misluk met my soldate se lewens teen Castro nie. Moenie gruwelike grappe stuur nie, stuur nog Stingers.

    Roland de Vries se boek Eye of the Firestorm, bevat dieselfde boodskap: die Hoof van die SAW gebruik nie sy rang as Hoof om die westelike opsie — wat hy wel in opmerkings erken die wen-antwoord is — te kies nie. Hy werk aanhoudend met te klein magskonsentrasies. Hy het geen geopolitieke oogmerke soos Castro nie.  Daarom verras Castro hom. Castro uitmaneuvreer hom, want die Hoof van die SAW werk nie vir die groot idee van ekonomiese welvaart vir 300 miljoen Afrikane in die streek van Suider-Afrika nie. Die nodige grootsheid van die streekstoekoms, en die onvanpaste kleinheid van Jannie Geldenhuys se oorlog, laat Roland de Vries se kop soms duisel.

    Dit was die plig van die Hoof van die SAW om binne-in Castro se kop in te klim. Castro was sy opponent. Ken jou opponent.

    Magnus Malan lag effens vir Castro op YouTube, omdat Castro self die oorlog in Angola vanaf einde 1987  vanuit Kuba gelei het. Castro het dit in 1975 ook suksesvol gedoen. Persoonlik 24 uur per dag in Luanda ingegryp vanuit Havana. Castro se bestuur was beter as die SAW se hoofkwartier op hoofkwartier op hoofkwartier, via SWA en politieke Pretoria, en dan die ellelange ketting terug na die front toe.

    Magnus Malan sê op YouTube hy het Castro nie geken nie.  Na 1975, en teen 1988 moes die SAW vir Castro bestudeer en geken het. Castro se geopolitieke insig in Afrika, en Castro se voortdurende stryd teen die VSA en CIA was legendaries.

    Die Hoof van die SAW in 1985 was ook legendaries, en die magtigste man in Afrika.

    Hierdie skrywe is daarom ook aan Generaal Constand Viljoen gerig. Op 86 was hy net soveel jare op aarde as Castro.

    Ek het met Constand Viljoen oor sy voortydige SAW-bedankingsredes gepraat en geskryf tydens my besoek aan hom op sy plaas in 2015. Constand het aan my antwoorde verskaf, per e-pos, en mondellings. Hy het ook iets oor Castro aan my geskryf, asook oor Geldenhuys, oor waarom Geldenhuys en nie Viljoen nie in 1988 teen Castro te staan gekom het in Angola.

    Viljoen — ‘n ervare politieke operateur, geniale generaal en CIA-deskundige in Angola sedert 1975 — se voortydige aftrede op 52 as magtigste man en beste Generaal in Afrika, het die Suider-Afrikaanse domino’s laat val.

    Viljoen het in 2015 aan my gestel dat generaal Geldenhuys goeie verhoudings met politici in 1985 gehad het. Verder het Viljoen gesê dat hy by ‘n gentleman’s agreement gebly het om na vyf jaar as Hoof van die SAW te bedank. Volgens hom was dit na aanleiding van ‘n destydse gewoonte in die Israelse weermag — maar dit was vir swak generaals bedoel. Geniale generaals mag nooit bedank nie. Verder het Viljoen aan my geskryf dat Geldenhuys en later ook Liebenberg, in elk geval van die beste, en goed genoeg was om hom op te volg.

    Sou Constand egter nie na vyf jaar as Hoof van die SAW in 1985 op ‘n baie vroeë ouderdom van 52 afgetree het nie, sou hy kort daarna in 1986, asook in 1987 en 1988, weer teen Fidel Castro in Angola te staan gekom het.

    As Viljoen nes Castro in sy pos aangebly het, in die groot streeksgeveg om die hele Suider-Afrika, waartydens beide leiers was in 1975, dan sou die SAW in 1986 tot 1988 onder Viljoen se leiding geveg het.

    Angola sou vry gewees het.

    Suid-Afrika sou vry gewees het.

    Suider-Afrika rondom die SA-Angola-as sou as Afrika-eenheid gegroei het.

    Cuito was ‘n mylpaal, en die SAW het Cuito vir een nag gewen.

    Ek het nou net verneem dat Constand Viljoen net soveel jaar soos Castro op aarde geleef het. Hulle twee is nou saam, want hulle hoort saam. Beide was die wêreld se beste.

    “Without the defeat of Cuito Cuanavale our organizations would not have been unbanned! …Cuito Cuanavale was a milestone in the history of the struggle for southern African liberation!” het Nelson Mandela gesê.

    —Beert Mouw

  • Leon Lemmer: Graham Greene se besoek aan Liberië in 1935

    Leon Lemmer: Graham Greene se besoek aan Liberië in 1935

    Graham Greene (1904-1991) is ‘n bekende Britse skrywer. Hy het ‘n graad in geskiedenis aan die Universiteit Oxford verwerf, waar hy volgens eie erkenning meer gedrink as studeer het. Hy was toe ook vir ‘n wyle ‘n kommunis. Mede-skrywer Evelyn Waugh (1903-1966) was een van sy mede-studente wat, soos Greene, bekend vir sy alkoholisme en Rooms-Katolisisme was. Volgens Greene is Rooms-Katolisisme nie met (politieke) konserwatisme verenigbaar nie. Greene was geestelik onstabiel en het aan depressie gely en veral in sy jeug verskeie kere selfdood probeer pleeg. Hy het ‘n onderskeid tussen sy romans/”novels” en “entertainments” (minder ernstige werke) getref. Sy skryfwerk is beskryf as “readable, lean, realistic prose.” ‘n Hele aantal van sy boeke is verfilm en het tot sy finansiële welgesteldheid bygedra. Veral in sy latere lewe het Greene na talle lande gereis en dan in koerantberigte daaroor verslag gedoen.

    Greene se briewe

    Die eerste boek van Greene wat ek gelees het, is Richard Greene se Graham Greene: A life in letters (London: Abacus, 2008. 446p). Richard skryf in die inleiding Graham “chronicled the suffering of the world’s most oppressed people” (p xiv) en “[he] wanted to be on the side of victims and that victims change” (xi), soos ons deesdae in Suid-Afrika besef. In 1970 het Graham tereg geskryf: “I have small respect for those who wished to protect themselves by a majority opinion” (308). In Suid-Amerika het Graham met die bevrydingsteoloë geïdentifiseer (xxii). In Mexiko kon hy egter nie die Mexikane verdra toe daar teen die Rooms-Katolieke gediskrimineer is nie (xxiv). Maar dit is die (blanke) Amerikaners wat hy bowenal verpes het (xxviii).

    In hierdie boek blyk Graham se Suidelike Afrika-verband uit sy vrou, Vivien (1904-2003), wat in Rhodesië gebore is (10). Hulle is in 1927 getroud, het twee kinders gehad, maar sedert 1947 nie meer saam gewoon nie. Op 22 November 1934 skryf Graham: “On Jan 5 I leave on the most absurd trip. I’m going to Liberia; Heinemann [publishers] have contracted for a travel book” (65). The Times sou van sy artikels publiseer (68). Hy laat sy Nazi-teenkanting blyk deur na die Duitsers as “that nice, sentimental, abysmally stupid race” te verwys (66). Kommuniste meet hy nie met dieselfde maat as die Duitsers nie. “I liked [Salvador] Allende [Chile’s president, 1970-1973] very much and I liked the type of communists who were around him” (328). In Nicaragua het Graham in 1980 probeer bemiddel met die kommunistiese Sandinista-rebelle wat die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Eddie Dunne, gyselaar gehou het, maar dit was tevergeefs (367-368, 378).

    In sy skryfwerk het Graham politieke en morele kwessies aangespreek. “Making the work of the State a degree more difficult – and that is a genuine duty we owe society” (155). “Literature has nothing to do with edification. I am not arguing that literature is amoral, but that it presents a personal moral, and the personal morality of an individual is seldom identical with the morality of the group to which he belongs … As a novelist, I must be allowed to write from the point of view of the black square [of the chess board] as well as of the white” (151-152). Op 8 Desember 1949 skryf Graham in Dakar, Senegal, aan ‘n vriendin: “I have loved no part of the world like this [West Africa] & I love no woman as I love you. You’re my human Africa … I am happy talking nonsense about Africa” (168).

    In 1954 skryf Graham: “I loved Haïti” (212), wat sedert 1804 polities onafhanklik onder ‘n swart bewind is en reeds eeue lank die agterlikste land in die Weste is. Oor Fidel Castro in Kuba skryf Graham: “I like him a lot … Raul Castro, Fidel’s brother, gave me a military plane to take me to the Isle of Pines” (286). In 1953 het Graham Kenia besoek: “Although Graham was always sympathetic to rebels, he was struck by the cruelty of the Mau Mau and by the courage of the white settlers” (213). In 1959, toe die volle invloed van Afrika se “bevryding” van kolonialisme al hoe meer aangevoel kon word, skryf Graham terwyl hy op besoek in die Kongo is: “One rather feels the end of European Africa is coming quickly” (242). Tydens die Viëtnam-oorlog (1954-1975) skryf Graham in 1968 aan ‘n Moskouse vriendin: “[I am] on your side if the world has to choose between America and Russia” (296). ‘n Jaar later verander hy sy mening nadat hy kennis van die Russiese strafkampe geneem het: “I am afraid my honeymoon with the Russians is over!” (301).

    In Richard Greene se boek is daar ‘n brief wat Graham in 1972 aan die Afrikaanse skrywer, Etienne Leroux (1922-1989), geskryf het (318-319), “a nice South African writer and friend” (325). In 1973 het Graham vir Leroux op sy plaas by Koffiefontein besoek. Die teks van een van die briewe wat Graham op daardie plaas geskryf het, is in Richard se boek (326). Graham het hierna ‘n boek, The human factor (1978), geskryf waarin hy onder meer apartheid betrek. Dit is die verhaal van ‘n MI6-agent wat voorheen in Suid-Afrika was en weens ‘n verhouding wat hy toe aangeknoop het nou met sy swart vrou in Londen woon. ‘n Kommunis het gehelp dat hierdie vrou uit Suid-Afrika kon ontsnap, gevolglik ondersteun die MI6-agent hierna kommuniste wat swart mag in Suid-Afrika bevorder. Ek het nie hierdie roman gelees nie en wil ook nie, om redes wat ek in die volgende paragraaf verstrek.

    Graham erken: “I am not a literary man” (369). Daarom skryf hy: Charles “Dickens always sooner or later fails” (243) en “I find myself unable to reread Virginia Woolf and [EM] Forster” (369). Hy verkies die skryfwerk van bv mede-Rooms-Katoliek, Muriel Spark (xiii, 206, 281). Oor Joseph Conrad skryf hy: “I would place him faraway above Virginia Woolf” (164). James Joyce se Ulysses word “one of the most overrated classics” genoem (288). Naas sy eiesoortige benadering tot die letterkunde is daar Graham se onvermoë om die natuur te waardeer. “Anyone like myself who doesn’t care for nature” (92) en “Nature doesn’t really interest me” (182). Ek dink Graham het by die kern van die saak gekom toe hy skryf: “He soon came to realise that I was not an intellectual” (338). Hierdie selferkende gebrek aan geestelike en seker ook ideologiese dieptegang moet myns insiens by die beoordeling van Graham se skryfwerk in ag geneem word.

    Journey without maps

    In 1935 het Graham as dertigjarige deur Sierra Leone, Guinee en Liberië gereis en ‘n boek oor sy wedervaringe geskryf. Hy is vergesel deur sy niggie/”cousin”, Barbara Greene (1903-1991). In Guinee en Liberië is sy in ‘n hangmat gedra terwyl Graham die reis te voet afgelê het. Soos Graham het Barbara ‘n boek oor hulle ondervindige gepubliseer: Land benighted (1938), hergepubliseer as: Too late to turn back (1981). Ek het ongelukkig nie toegang tot haar boek nie. ‘n Vergelyking van hierdie twee verslae oor dieselfde avontuur behoort interessante leesstof te wees. Twee mense wat albei boeke gelees het, het tot verskillende gevolgtrekkings gekom. Volgens die een vul die boeke mekaar aan, terwyl die ander een beweer dat die boeke mekaar teenspreek. In Graham se boek word daar bitter min na sy niggie verwys. In 2009 het Tim Butcher die twee Greene’s se roete herreis en ‘n boek daaroor gepubliseer: Chasing the devil (2010). Reeds in 2004 het Butcher dieselfde met Henry Morton Stanley (1841-1904) se Kongo-roete (1874-1877) gedoen en ‘n boek daaroor geskryf: Blood river (2007). Vir die Amerikaner Stanley het ek baie meer respek as vir sy mede-ontdekkingsreiser, die Skot, David Livingstone (1813-1873). Kindle-weergawes van laasgenoemde twee boeke is beskikbaar. Volgens Amazon woon Butcher in Kaapstad.

    Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Graham Greene na Wes-Afrika teruggekeer toe hy in Freetown, Sierra Leone, vir die Britse Geheimediens, MI6, gewerk het (1941-1943). Die res van hierdie rubriek word gewy aan Graham Greene se boek oor sy 1935-besoek aan Sierra Leone, Guinee en veral Liberië: Journey without maps (London: Vintage, 1936/2010, 256p; Amazon Kindle $14,48). Tim Butcher het die voorwoord by hierdie uitgawe geskryf. Na Graham Greene word voortaan as Greene verwys omdat sy reisgenoot, Barbara Greene, feitlik nooit in hierdie reisboek ter sprake kom nie. Ek het reeds oor Sierra Leone (Praag 11.11.2018) en Liberië (Praag 18.11.2018) geskryf.

    Butcher vestig die aandag op foute wat in Greene se weergawe voorkom en ook dat dit Greene se eerste besoek aan lande buite Europa was (Kindle 78). “I came to see Greene as a man not just of considerable physical toughness, but also of enormous mental strength” (85) – hoewel Greene teen die einde van sy staptog vertel hoe naby hy aan algehele liggaamlik en veral geestelike ineenstorting was. Naas die fisiese of geografiese reis was daar vir Greene ook ‘n “metaphysical trip” (91), wat sy delikate geestesgesteldheid tot die uiterste beproef het. Greene skryf in sy 1946-voorwoord by die 2de uitgawe: “I can look back now with a certain regret at the hard words I used about Freetown” (105). “I have begun to forget what the visitor noticed so clearly – the squalor and the unhappiness and the involuntary injustices of tired men” (112).

    Voordat Greene per skip uit Liverpool, Engeland, vertrek, lees hy die amptelike inligting wat die Britse regering oor Liberië verstrek: die algemene voorkoms van koors weens malaria/tsetsevlieë, die peste weens rotte, die gebrekkige mediese dienste, die afbrand van hutte weens dispute en die moorddadigheid van die inwoners. In die hoofstad, Monrovië, is daar net twee geneeshere en in die res van die land enkele sendelingdokters (179). Greene verstrek die volgende agtergrondsinligting oor Liberië: “The Republic was founded as an example to all Africa of a Christian and self-governing state. An American philanthropic society at the beginning of the nineteenth century (many of its directors, it is said, were slave-owners who found it convenient thus to get rid of their illegitimate children) began to ship released slaves to the Grain Coast of Africa. Land was bought from the native rulers and a settlement established at Monrovia. ‘The love of liberty brought us here,’ but one can hardly blame these first half-caste settlers when they found that love of their own liberty was not consistent with the liberty of the native tribes” (186). Die Liberiese kus was bekend as die plek waar Europese skepe peperkorrels kon koop, vandaar die benaming “Grain Coast”; ook “Windward Coast” genoem..

    Die interessante verskynsel wat ons hier het, is dat die Amerikaanse setlaars swart of basters is en hulle teenwoordigheid nie deur die inheemse Liberiese swartes geduld is nie. Ook, al het die setlaars die grond gekoop wat hulle beset het, hulle eiendomsreg nie deur die inheemses erken is nie. Vergelyk dit met Jan van Riebeeck en sy geselskap se aankoms aan die Kaap en wat daarop gevolg het. In Liberië was daar nie net weerstand by die inheemses teen die Amerikaanse beskawing wat die setlaars gebring het nie, maar ook teen die christelike godsdiens, wat deel van die setlaars se kultuur was. Naas inheemse godsdienste was daar reeds die uitgebreide aanwesigheid van Islam in Liberië. Die grootste bron van wrywing was egter dat die setlaars as oud-slawe sterk teen slawerny gekant was, terwyl die inheemse opperhoofde ten gunste van slawerny was as hulle bron van inkomste uit slawehandel en ook omdat slawe goedkoop arbeid voorsien het. Die huidige propaganda dat dit (uitsluitlik) die blankes was wat slawerny ten koste van swartes bedryf het, word hiermee teengespreek.

    Greene verwys na die volgende voorval: “The black Quakers from Pennsylvania, teetotallers and pacifists, who when they were attacked by Spanish slavers, depended on prayer and were massacred. Only a hundred and twenty escaped and settled in Grand Bassa” (193) – tans bekend as Buchanan, die plek waar Greene se epiese staptog in 1935 geëindig het. Desnieteenstaande het hierdie idealistiese oud-slawe in 1847 hulle grondgebied onafhanklik verklaar (200). “There seemed to be a seediness about the place [Monrovia/Liberia] you couldn’t get to the same extent elsewhere” (206). Hierdie onguurheid het vir Greene ‘n eienaardige bekoring ingehou (of moet ek eerder skryf: Vir die eienaardige Greene …). Die outeur assosieer Liberië dikwels met die “heart of darkness” (206, 2508, 3663), verwysende na die titel van Joseph Conrad se 1899-novelle oor die Kongo. (Ek wil nog oor Chinua Achebe se kritiek op Conrad se boek skryf.) Greene haal Conrad aan en skryf dan: “Today our world seems peculiarly susceptible to brutality” (227), bv “the pleasure of cruelty” (481).

    Behalwe twee hoogs onvolledige landkaarte, die een Brits en die ander een Amerikaans, kon Greene vooraf geen betroubare inligting opspoor om hom met die beplanning van sy staproete te help nie. Op die Amerikaanse kaart staan daar in die leë ruimte: “Cannibals” (625). Greene beskryf die heenreis via Madeira en die Kanariese Eilande. In Bathurst/Banjul, Gambië, is daar ‘n uitbraak van geelkoors en in Dakar, Senegal, is daar pes (283). “In Dakar the young negroes simply die, not of tuberculosis, plague, yellow fever, but of ananition, of hopelessness” (434). Daarna doen die skip aan by Conakry, Guinee, en uiteindelik by “the shabby town”, Freetown, Sierra Leone, waar Greene in “heat and damp” aan land gaan (489). Hy noem die “tin roofs and peeling posters and broken windows” en die baie roofvoëls (496). Die klein groepie blanke inwoners woon “at the hillside [in] smart bungalows” (502), dus apart. In 1935 was Sierra Leone ‘n Britse kolonie (sedert 1808). By die goewerneur-generaal se tuinparty “white and black keeping sedulously apart” (544).

    Die volgende eienaardige beskrywings is deur ‘n outeur wat (aanvanklik) geneig was om hom by die inheemses/onderdruktes te skaar: “They [Europeans] had planted their seedy civilization and then escaped from it as far as they could. Everything ugly in Freetown was European: the stores, the churches, the Government offices, the two hotels; if there was anything beautiful in the place it was native” (502). Hierdie inheemses “had been educated to understand how they had been swindled, how they had been given the worst of two worlds, and they had enough power to express themselves in a soured officious way; they had died, in so far as they had once been men, inside their European clothes” (509). Die swartes “were funny … to the heartless prefect eye of the white man. If they had been slaves they would have had more dignity; there is no shame in being ruled by a stranger, but these men had been given their tin shacks, their cathedral, their votes and city councils, their shadow of self-government; they were expected to play the part like white men and the more they copied white men, the more funny it was to the prefects. They were withered by laughter; the more desperately they tried to regain their dignity the funnier they became” (516). “A few Creoles make money out of their prefects, by deliberately playing the inferior, the lower boy” (557).

    “The … men in the City bar, prospectors, shipping agents, merchants, engineers, had to reproduce English conditions if they were to be happy at all. They weren’t the real rulers; they were simply out to make money; and there was no hypocrisy in their attitude towards ‘the bloody blacks’. The real rulers came out for a few years, had a long leave every eighteen months, gave garden parties, were supposed to be there for the good of the ruled” (585). “This was perhaps the meanest economy among the many mean economies … The economies were nearly all at the expense of the coloured man … there had been only one sanitary inspector for the whole colony and protectorate … he would apply in vain for assistants. Forced labour is illegal in a British Colony, but the sanitary inspector without a staff had to choose between breaking the law or leaving villages as dirty as he found them” (591).

    Greene het per uiters stadige trein dwarsoor Sierra Leone gereis, van Freetown in die noordweste tot by Pendembu in die noordooste (652). In Freetown het hy drie kreole, bv ‘n kok, as reisgenote gewerf (672). Tydens sy treinreis kon hy die landelikheid waarneem van bv “babies rolling in the dust, the men lounging in torn hammocks hung under the thatch” (733). Spoedig was die aanskouing van naakte liggame nie meer vreemd nie: “It was curious how quickly one abandoned the white standard” (740). Kom die afrikanisering van die nuwe Suid-Afrika nie ook wesenlik neer op die versaking van tradisionele Europese lewensstandaarde nie? Die eerste dag se treinrit het in Bo geëindig, waar Greene in ‘n “rest-house” oornag het. “There was a cockroach larger than a black beetle in the bathroom” (760).

    “The Englishmen here didn’t talk about the ‘bloody blacks’ nor did they patronize or laugh at them; they had to deal with the real natives and not the Creole, and the real native was someone to love and admire. One didn’t have to condescend; one knew more about some things, but they knew more about others. And on the whole the things they knew were more important. One couldn’t make lightning like they could, one’s gun was only an improvement on their poisoned spear, and unless one was a doctor, one had less chance of curing a snake-bite than they. The Englishmen here were of a finer, subtler type than on the Coast; they were patriots in the sense that they cared for something in their country other than its externals; they couldn’t build their English corner with a few tin roofs and peeling posters and drinks at the bar” (747).

    Die volgende dag het Greene se treinreis, soos die spoorlyn, by Pendembu geëindig. Met ‘n vragmotor is hy na Kailahun, op die grens van Guinee, waar hy in “the Government rest-house” gebly het (794). Hier het Greene die draers vir sy safari gewerf. “Kailahun, in memory, has become a clean village, one of the cleanest we stayed in, but what impressed me at the time was the dirt and disease, the children with protuberant navels relieving themselves in the dust among the goats and chickens, the pock-marked women smeared about the face and legs and breasts with some white ointment they squeezed from a plant in the bush and used for beauty and for medicine. They used it for smallpox, for fever, for toothache, for indigestion; for every ailment under their bleak sun; when they were young it soothed their headaches; when they were older they smeared it on their big bellies to bring ease in their confinement; when they were dying it lay like a sediment of salt on their dried-up breasts and in their pitted thighs. Here you could measure what civilization was worth; looking back later to Kailahun from the villages of the Republic [Liberia], where civilization stopped within fifty miles of the Coast, I could see no great difference … why should we pretend to talk in terms of the world when we mean only Europe or the white races? … Civilization here remained exploitation; we had hardly, it seemed to me, improved the natives’ lot at all, they were as worn out with fever as before the white man came, we had introduced new diseases and weakened their resistance to the old” (847).

    Gedurende sy staptog het Greene veral gevalle van geslagsiektes en melaatsheid teëgekom. Die inheemses was vir gesondheidsdienste op die beperkte getal sendingstasies aangewese. “One couldn’t help comparing the manner of these nuns living quite outside the limits of European protection with that of the English in Freetown who had electric light and refrigerators and frequent leave, who despised the natives and pitied themselves” (1163).

    Greene het sowat twee dosyn draers afkomstig van Bolahun vir sy safari gewerf (632). Gedurende die staptog het die getal draers gewissel, maar Greene se geselskap het uit sowat dertig mense altesaam bestaan. “I could see the full extent of the luggage we had brought with us: the six boxes of food, the two beds and chairs and mosquito-nets, three suitcases, a tent we were never to use, two boxes of miscellaneous things, a bath, a bundle of blankets, a folding table, a money box, a hammock” (934). “I was able to average more than twelve miles a day over a period of four weeks” (961). Die totale afstand afgelê, was sowat 350 myl (3270). Dit was problematies om die grens tussen Sierra Leone en Liberië met so baie besittings oor steek. “It was impossible to bribe an official who probably took a lion’s share anyway of what he exacted” (1082). “I enjoyed the first day’s trek into the Republic [of Liberia] because everything was new … the smell of the carriers; it wasn’t an unpleasant smell, sweet or sour; it was bitter, and reminded me of a breakfast food I had as a child after pleurisy, something vigorous and body-building which I disliked” (1082).

    In die Liberiese binneland was Greene verplig om in hutte te oornag. Voor sy vertrek uit Freetown het iemand gevra: “Had we ever considered what a native hut meant? The rats, the lice, the bugs” (686). Daar was ook vlieë, muskiete, vlermuise (wat die muskiete jag), motte, miere, kewers, kakkerlakke en spinnekoppe. Op die werf was daar honde, katte, hoenders, bokke en koeie. Die swartes het hulle aan die blankes vergaap omdat hulle sulke mense selfde indien ooit gesien het. “This intent unamused stare got on the nerves. And they were so ugly, so diseased” (1860). “There was nothing you could do without their noticing it; to draw a handkerchief from the pocket caused a craning of necks. It worked a little on the nerves, this constant stare … We were as good as a circus” (2248). Toiletgeriewe het nie bestaan nie. In die riviere kon nie gebad word nie weens die gevaar van infeksie en siektes. Ten einde veral van die rotte te ontsnap, het Greene in ‘n hangmat geslaap. “When [the] lamp went out the rats came. They came all together, falling heavily down the wall like water” (1845). “I would chiefly remember as Africa: cockroaches eating our clothes, rats on the floor, dust in the throat, jiggers under the nails, ants fastening on the flesh” (2104).

    Maar Greene beweer: “I never wearied of the villages in which I spent the night” (1103). “The timelessness, the irresponsibility, the freedom of Africa began to touch us at last” (1942). “I remember wandering round the village listening to the laughter and the music among the little glowing fires and thinking that, after all, the whole journey was worth while: it did reawaken a kind of hope in human nature. If one could get back to this bareness, simplicity, instinctive friendliness, feeling rather than thought, and start again …” (2791). Toe Greene uiteindelik die kus en ‘n mate van beskawing bereik, skryf hy: “Civilization might not have seemed quite so desirable in comparison with what I was leaving: the complete simplicity on the edge of subsistence … But civilization, for the moment, I was ready to swallow whole” (3270).

    Hierdie gehuggies en dorpies “never varied, only their kindness to strangers, the extent of their poverty and the immediacy of their terrors. Their laughter and their happiness seemed the most courageous things in nature … One was aware the whole time of a standard of courtesy to which it was one’s responsibility to conform” (1109). “It was no good protesting later that one had not come across a single example of dishonesty from the boys, from the carriers, from the natives in the interior: only gentleness, kindness, an honesty which one would not have found, or at least dared to assume was there, in Europe. It astonished me that I was able to travel through an unpoliced country with twenty-five men who knew that my money-box contained what to them was a fortune in silver” (1116). Sy pistool was in die geldhouer. “There wasn’t an instance of even the most petty theft, though in every village the natives swarmed into the hut where all day my things were lying about” (1123). “It was as if suddenly one saw what Africa might be if she were left to herself to choose from Europe only what would beautify her” (1497).

    By iedere plek wat hulle aangedoen of oornag het, moes Greene kennis met die hoofman maak. Hy het dikwels ‘n klein fooi aan die manhoof gegee en hulle het saam van Greene se whisky gedrink. Die samewerking van die hoof het dit vir Greene moontlik gemaak om kos aan sy werkers te voorsien.Die inheemses het graag musiek gemaak, gesing en gedans; “a music hard for a European to understand” (1243). Tatoeëring kom algemeen by hierdie swartes voor, maar dit is eerder ‘n geval van sny- of kerfmerke wat in die vel aangebring is (1256).

    Greene verskaf ‘n interessante karakterisering van sy draers. “The character of a carrier is childlike. He enjoys the moment. He cannot connect cause and effect. He is used to one meal in the day at evening, he lives on the edge of subsistence and it would be a hard master who grudged him the unexpected pleasure of an extra meal … It was always the same throughout the four weeks of marching; whenever they had a breakfast they worked badly, grumbled and made palavers; when food became scarce they worked well and were happy” (1671). Die draers “could be distracted, too, as easily as children, and when a man presented me with a small grey monkey on a string they were temporarily happy again. They liked something to torment. They poked it with sticks. They turned it upside down. They dragged it head first in the dust … they left it in peace for a moment it sat with its head in its wrinkled hands as if it were weaping … they were like bullies at school with a new boy who couldn’t hit back”1677).

    In die roete deur die woude en veld was daar skoenlappers, bloedsuiers en ander insekte, bv spinnekoppe, asook voëls, paddas, slange, ape, bobbejane, luiperds en olifante. “The man in front was in the greater danger from a snake, but the man behind from a leopard” (1784). Die oorsteek van riviere was gevaarlik. Die hangbrue het dikwels uit gevlegde klimop bestaan, is nie altyd goed in stand gehou nie en het heen en weer geswaai as daarop beloop word. ‘n Enkele keer is ‘n rivier met ‘n vlot oorgesteek (2208).

    In die binneland van Liberië is daar feitlik geen winkels nie; net smouse. “The black Government distrusts them [whites] and no European firm has any trading posts in the Liberian hinterland” (1177). “No white man is allowed to own land in the Republic, the missions are at the mercy of the Government” (1183). Elke distrik het ‘n swart (of baster) regeringsaangestelde kommissaris gehad wat belasting moes invorder. Oor een van hulle skryf Greene: “I found plenty of evidence: stories of his house built by forced labour and paid for by the seizure of the natives’ produce; stories of how his messengers flogged the men working on the road” (1196). “I never came across a single native in the interior who had a good word for the politicians in Monrovia [the capital]. If they preferred one ruler to another it was simply because they were happier under one Commissioner than another. Everywhere in the north I found myself welcomed because I was a white, because they hoped all the time that a white nation would take the country over. This attitude is unreasonable, but their minds do not move on the level of reason. To accept a black overlord offended some deep communal instinct which was unaffected by the fact that under the worst black Commissioner they had not suffered what the natives in French West Africa had suffered under white Commissioners” (1530) – ‘n Brit wat beweer die Britse koloniale owerhede was beter/mensliker as dié van die Franse.

    Greene het aanvanklik dieselfde roete gevolg as Alfred Sharpe in 1919, dus ooswaarts deur die noorde van Liberië en ‘n suidelike deel van Guinee (wat voorheen Liberiese grondgebied was) en dan terug in Liberië, sonder dat hulle daar doeaneposte teëgekom het. Daarna was die roete suidwaarts tot by die kus te Grand Bassa/Buchanan. Aan die kus en omliggende gebiede verander die ingesteldheid of gesindheid van die inheemse swartes: “the coastal civilization had corrupted the natives, in which I found nothing to admire” (1874). Oor die Bassa-stam wat in die kusstreek aangetref word, skryf Greene: “I developed a bitter dislike of the very appearance of Bassa men … The Coast had corrupted them, had made them liars, swindlers, lazy, weak, completely undependable” (3188). “The beach is the most dangerous road in all Liberia to travellers, because its people have been touched by civilization, have learnt to steal and lie and kill” (3290).

    In die kusstreke is daar winkels (2416). Ook huise: “A few seedy houses appeared, definitely houses now and not huts, with a first floor and tin roofs but without glass in the windows, with the air of old-fashioned chicken coops magnified to take men” (3263). Verduidelik dit dalk waarom vandale ‘n voorliefde vir glasruite het? Die binneland van Liberië is hoogliggend en bedek met woude. Namate die kusstreek deur Greene se geselskap genader is, was die gebied al hoe meer moerasagtig en die temperatuur al hoe warmer. Greene het sy staptog in die middel van die winter begin en moes vinnig vorder, nie net om koste te bespaar nie maar ook omdat vroeë somerreëns die roete moeiliker begaanbaar sou maak, bv: “the first few miles of path were flooded waist-high” (3101).

    “I was paying them three shillings a week and that sum paid, not only for an eight-hour day or more of heavy carrying, but for their loyalty” (1771). By geleentheid het die draers meer geld as vergoeding geëis, maar tog nie vir Greene in die steek gelaat nie. Hy erken: “After all, the carriers were disgracefully underpaid” (2167). “The Government wage for a carrier was a shilling a day” (2174), maar dit was as hulle op ‘n daaglikse basis gehuur is. “I said that the Government wage didn’t include food, and I was paying for their food. They could not tell that their food only came to about twopence a head … I was exploiting them like all their other masters” (2181). “A moment later they were laughing and joking as if there had been no disagreement; they were like children who had tried to get an extra holiday but bear no grudge because they never really believed they would succeed … they began to work together happily and smoothly” (2187). Dit laat my dink aan die ANC wat spog dat die swartes in 1990/94 in die grondwetlike onderhandelinge baie meer ontvang het as wat hulle regmatig kon verwag.

    Teen die einde van die staptog was Greene se skoene flenters maar hy het die opsie om in die hangmat gedra te word, probeer weerstaan: “It was too close to using men as animals for me to be happy” (3135). Baie van die gehuggies wat hulle teëgekom het, kan op geen kaart gevind word nie. Die draers het Greene probeer mislei of ontmoedig deur dikwels te beweer dat die plek wat hy daardie dag wou bereik te ver sou wees. “I nursed the idea that a black always exaggerated, when the fact was they had so hazy an idea of time that they were just as likely to minimize” (1723). “All the white men I had met in Sierra Leone had told me how blacks must be driven, how they lied and humbugged, and it was not unnatural that I should believe they were lying now, ‘trying it on’, like schoolboys who are testing a new master’s discipline” (1757).

    Teen die einde van die staptog het Greene gehoop hulle kon eerder van vervoer gebruik maak, maar: “There was only one car in Grand Bassa and that had broken down some months before, and they doubted whether it had been repaired” (3257). Maar die laaste skof het hulle wel per vragmotor afgelê; die enigste voertuig in die omgewing. In Grand Bassa het Greene aan die draers hulle vergoeding betaal en hulle moes self hulle weg terug na Bolahun vind en die ander drie, die kreole, na Freetown. ‘n Plaaslike ingesetene het die draers gewaarsku: “To be gone as quickly as possible from Grand Bassa, for the police would be after their money. I felt sorry for the end of something which was unlikely ever to happen again. One was never likely to live for long in a company so simple and uncorrupted; they had none of them before seen so many stores, the sea, a motor-lorry; their eyes were full of excitement and wonder at Grand Bassa, and they didn’t even know the way back” (3284). Maar sommige van hulle het eerder palmwyn gekoop en te veel gedrink en in Grand Bassa ten prooi van die polisie geval.

    Greene is per boot na die hoofstad, Monrovië. Hy verneem toe daar is iemand daar wat ‘n kaart van Liberië van die ontdekkingsreisiger Anderson het. Daar is talle halfvoltooide geboue en nie eens ‘n telefoondiens nie. “No one can pretend they have made much of their country” (3402). “To me it seems remarkable that they have retained their independence at all: a kind of patriotism has emerged from the graft and the privation. England and France in the last century robbed them of territory; America has done worse, for she has lent them money” (3408). “Nor can you wonder at their hatred and suspicion of the white man. The last loan and the last concession to the Firestone Company of Ohio all but surrendered their sovereignty to a commercial company with no interests in Liberia but rubber and dividends” (3415). “Apart from the Firestone employees, who lived outside in European comfort on the plantation, there were not more than three dozen whites in Monrovia … There was not such a thing as a water-closet in Monrovia” (3442). “What the Whites suffered, they suffered with the whole population, from lack of drainage, medical services, communications and the desire to intervene was an expression of boredom rather than of imperialism” (3488). “At the end of several hours’ rough driving from the capital, live the Firestone men in houses containing shower baths and running water and electric light, with a wireless station, tennis courts and a bathing pool, and a new neat hospital … They, more than the English or the French, are the official Enemy” (3508). En die politici en plaaslike inwoners glo dit. “The Government owns both the newspapers” (3515).

    In 1935 het Westerse beskawing ‘n onsekere houvas op Liberië gehad. “It was the democracy of men and women wrecked together on a deserted coast” (3449). “There was no ambition, for Liberia, whether to the diplomat or to the storekeeper, was about the deadest of all ends” (3462). “Even in the capital town of Liberia one was aware only of a settlement, a very chancy settlement that might be wiped out at any time by yellow fever” (2104). Die swart politieke bewind was nie gewild by die breë massa, die swartes in die binneland, nie. “There was not a carrier who would not have welcomed white intervention; patriotism in their minds had nothing to do with who ruled them, it was love of a certain territory” (2482). Blankes is deur die inheemses beskou as simbole van hoop vir ‘n beter toekoms. Greene verwys bv na ‘n swart man wat vir hom medisyne vir sy geslagsiekte gevra het: “The sight of a white man had made him hope; he just stood there waiting for the magic pill, the magic ointment” (3216).

    Per skip op pad terug na Engeland “we drank ourselves free from Africa” (3669). “It isn’t that one wants to stay in Africa” (3683). “After the long push of the Atlantic sea, the lights of Dover … the only loot I had brought with me, was as far back as one needed to go, was Africa: the innocence, the virginity” (3689).

  • Leon Lemmer: Ronnie Kasrils oor Jacob Zuma

    Leon Lemmer: Ronnie Kasrils oor Jacob Zuma

    Jacques Pauw se boek, The president’s keepers (Praag 11 November), het opslae gemaak. Vandeesmaand het Adriaan Basson en Pieter du Toit se boek, Enemy of the people, ook verskyn (nadat Basson in 2012 Zuma exposed gepubliseer het), asook Ronnie Kasrils (gebore in 1938) se A simple man: Kasrils and the Zuma enigma (Auckland Park: Jacana, 2017, xxvi, 283p, R260). Al vier hierdie boeke handel breedweg oor dieselfde onderwerp: Jacob Zuma en staatskaping. Die drie wat in November gepubliseer is, het onafhanklik van mekaar tot stand gekom. Red Ron (p 164) Kasrils verwys na “Syndicate Zuma and the Guptas” (xiv). Sy boek is die enigste van die genoemde vier wat uit die binnekringe van die ANC gepubliseer is.

    Spreekwoordelik is Kasrils die kommunis se kommunis. Wat hy skryf, moet krities benader word. Ek dink die boek sou moontlik nie geskryf gewees het as Zuma vir Kasrils in sy kabinet behou het nie. Hy het na sy aftrede in 2008 twee ander boeke gepubliseer. Soos hy dit stel: “retirement” was in sy geval “refirement” (xiii). Gee die duiwel wat hom toekom: Kasrils kán skryf; vloeiender, duideliker en meer sistematies/kronologies as die genoemde drie joernaliste. In 36 kort, maklik leesbare hoofstukke stel hy sy saak maar, soos te wagte, nie sonder om groot ingenomenheid met homself, “ever the polite one” (xxiii), te openbaar nie. “I had received numerous national and international medals and decorations” (199). Hy lys hulle (267).

    Die boek begin met ‘n Nelson Mandela-aanhaling (v). Anders as in die meeste ander boeke is daar egter nie ongekwalifiseerde lof vir Mandela nie. In Januarie 1990, dus kort voor sy vrylating, het Mandela ooreenkomstig die Vryheidsmanifes van 1955 gesê: “The nationalisation of the mines, banks and monopoly industries is the policy of the ANC, and a change or modification of our views in this regard is inconceivable” (238). Teen 1992 het oud-kommunis Mandela ‘n ander deuntjie begin sing (32). Kommuniste soos Joe Slovo en Chris Hani het ook hulle benadering tot ekonomiese sake aangepas. Slegs Pallo Jordan en Kasrils wou al die landbougrond en ander private eiendom aan die “regmatige” eienaars “terugbesorg” (230).

    Alles moet aan die “mense”/massa behoort; dus staatseiendom word. “A return of the wealth of the land to the people as a whole” (226). Hy wil hê dat “the basic wealth and the basic resources are at the disposal of the people as a whole” (226). Kasrils kies bv soos volg kant teen kapitalisme en vir kommunisme: “The free market formula has had a disastrous effect around the world, ruining domestic economies and creating massive unemployment, poverty and misery. The other side of that coin has been enormous profits for global corporations, the all-engulfing financial system and the very wealthy” (232). Maar wie het ekonomies die beste gevaar, die kommunistiese Sowjetunie of die kapitalistiese Weste?

    ‘n Ander aanhaling aan die begin is van Neville Alexander (v), met nog een later (213), ‘n kommunis wat as veroordeelde misdadiger jare op Robbeneiland deurgebring het. Hy wou Engels- en nie Afrikaanssprekend nie wees. Daar is sekerlik baie mense wat eerbaar as Afrikaansrolmodelle kan funksioneer. Om bedenklike politieke redes hemel die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl Alexander as ‘n Afrikaansrolmodel op. By die jaarlikse Alexander-gedenklesing het Afrikaansdislojale sprekers soos Russel Botman en Nico Koopman al opgetree. Uit Afrikanergeledere behoort daar baie sterker teenstand teen sulke dwaasheid te wees.

    Eintlik is Kasrils se boodskap die teenoorgestelde van wat in die boektitel staan. Zuma “was far from being a simple man of the people” (x). “The enigmatic Jacob Zuma is not the simple man of the people he enjoys portraying himself as … he has become driven by a lust for wealth and power” (241). “If we allow the far-from-simple man and his cabal to win, then beware the apocalypse” (243). Kasrils wil in die boek die volgende vraag beantwoord: “What were the factors that transformed Zuma the freedom fighter, and ostensibly a simple man of the people, into a corrupt and disreputable figure who surrounded himself with a load of creepy kleptocrats?” (xiv).

    Kasrils vind die grondliggende fout nie by Zuma nie maar by die aard van die grondwetlike ooreenkoms wat die ANC met FW de Klerk en sy groepie Afrikaanssprekende blankes aangegaan het. “Our problems have not started with Zuma or Zupta, for he is a consequence of errors made during the transformational arrangements of the early 1990s” (xiv); “the compromises and trade-offs made at the time of the negotiated settlement” (177). Kasrils noem dit die “Faustian pact” (xiv, 176, 223, 238, 241, 243), dus ‘n ooreenkoms wat die ANC met die duiwel (die blankes) aangegaan het. “The salient economic concessions that were made in the Mandela era … bedevil his legacy” (223). “This meant allaying the fears of the powerful white minority and economic elite by not fundamentally changing land and property ownership” (225). “Our failure to hold a militant course for economic transformation at the time of mass activism in my view opened the gates to the disaster that has overtaken us” (240).

    My standpunt is die teenoorgestelde: Dat die grondwetlike ooreenkoms van 1990/94 die swartes buitensporig oorgekompenseer het. ‘n Beskaafde, suksesvolle, vooruitstrewende land, wat danksy blanke inisiatief, kundigheid, toewyding en deursettingsvermoë ontwikkel is, het in die skoot van ‘n magshonger, gierige bende geval, waarin daar ‘n sterk teenwoordigheid van immoreles, misdadigers, kommuniste en onbekwames was en is.

    “This book points out the nightmare that may await us all if the thieves and racketeers get their way” (xvi). Kasrils begeer ‘n kommunistiese Suid-Afrika, soos “the inspiring country,” Kuba (xviii). Soos dikwels gebeur, probeer hy sy kommunistiese pleidooi verdoesel deur sy voorkeur ‘n sosialistiese staat te noem (hoofstuk 32). Hy verwys bv na Antonio Gramsci (1891-1937) en Fidel Castro (1926-2016): “What is vital is to keep alive the spirit of revolutionary hope” (xvi). Soos die gewoonte deesdae is, begin die (positiewe of outentieke) geskiedenis van Suid-Afrika vir Kasrils in 1990/94. Hy het bitter min oor die Zuma van vóór 1990 te sê. Die ontaarding het later plaasgevind. Kasrils regverdig die ANC-terreur (bv Operasie Vula) tydens die grondwetlike onderhandelings soos volg: “The realistic possibility that the De Klerk regime might negotiate in bad faith meant the ANC needed to retain its insurrectionary capacity” (16). Dit is net hoogs immorele, magshonger kamerade wat gelyktydig onderhandelings en terrorisme sal bedryf maar, toegegee, FW de Klerk het oogluikend toegelaat dat dit gebeur.

    Kasrils beweer hy is in 2004 as minister van intelligensiedienste aangestel want Thabo Mbeki “had become concerned about the ineffectiveness and pro-Zuma politicisation of the security and intelligence sector” (6). In 2006 het Kasrils die Matthews-kommissie aangestel. In 2008 is daardie verslag ter tafel gelê. “Its main finding was that the institutional culture of intelligence agencies in South Africa was not sufficiently respectful of the rule of law or of lawful political opposition to the government. Instead, the intelligence services had been politicised and thus ‘drawn into the realm of party politics, requiring them to monitor and investigate legal political activity and, as a result, undermining political rights that were entrenched in the constitution’ … it found that the National Communications Centre (NCC) ‘appears to be engaged in signals monitoring that is unlawful and unconstitutional’ and that ‘some senior officials believe that it is legitimate to break the rules when dealing with serious security threats’” (179).

    “Zuma would manipulate the security and intelligence system in his own interests” (31). Mbeki en Zuma het meegeding om die leierskap van die ANC. Daar is beweer dat staatsagenskappe tydens Mbeki se presidentskap saamgespan het om Zuma uit die pos van ANC-leier te hou. Daar was bv van die kant van die Nasionale Intelligensie-agentskap ‘n “email plot … to give credibility to [the] anti-Zuma plot” (124). “In the end, the NEC [National Executive Committee of the ANC] resolved that there was no conspiracy against Zuma originating from within the ANC, though he might have been subject to what it called ‘hostile action of forces opposed to the National Democratic Revolution’” (97).

    “A serious problem was the politicisation of ANC officers in the public service” (9). Dit was te wagte weens die verderflike beleid om voorkeur aan die aanstelling van ANC-kamerade in topposte te gee. Let op waar hulle sit: “Long-time peers and comrades-in-arms during the liberation struggle, the police commissioner, the chief of the defence force, the head of the National Intelligence Coordinating Committee, and the directors general of defence, justice and the intelligence services” (89-90). “There was a great deal of backbiting among former comrades, who tended to fall out … particularly because of rivalry over top positions” (56). Maar Kasrils erken: “I had not purged MK cadres working in the intelligence services when I was minister” (200).

    “ANC operatives were relying on an outer show of competence that hid inner deficiencies and fear of failure … I found the country’s intelligence services in a poor state. The officers were of questionable ability and had politically compromised allegiances” (10). “Naïve and primitive reasoning persisted in the services. Anyone of Western association critical of the ANC leadership was damned as a ‘foreign agent’ serving a ‘counter-revolutionary’ agenda” (11).

    Deel van Kasrils se ideologiese oriëntasie is dat Westerse veiligheidsagentskappe, soos die Amerikaanse CIA, “that rather infamous agency” (59), en die Britse M16, “guilty of brutal human rights abuses” is. Sommige van die ANC-kamerade in die intelligensiedienste is deur die Britte opgelei (59). Islam, daarenteen, is “one of the world’s most venerated and respected religions” (13). Aansluitend hierby kies die Jood Kasrils kant vir die Palestyne teen die Israeli’s (60). Eleanor, sy eerste vrou, blykbaar ‘n Jodin, is in 2009 oorlede. In 2012 het Kasrils met Amina Frense, ‘n Moslem, getrou.

    Sommige ANC-kamerade beskou hulleself as bo die wet verhewe en verwag dat die president hulle teen regsprosesse moet beskerm. Tony Yengeni was “a courageous MK commander” (82) maar het wederregtelik afslag op ‘n motor ontvang. Hy het ‘n jaar tronkstraf uitgedien. “His antipathy to Mbeki stemmed from a resentment that the president had failed to prevent the criminal proceedings against him” (83). Ngoako Ramatlhodi was die premier van Limpopo. “At some point the Scorpions began to investigate him for possible corruption, which never was proved, but it appeared to me that he, like Yengeni, believed Mbeki should have interceded to quash any investigation from the outset” (83).

    Toe Zuma in 2005 aangekla is van die verkragting van Khwezi (eintlik Fezekile Ntsukela Kuzwayo), ‘n MIV-positiewe lesbiër (109), het Mbeki besluit: “Let the law take its course” (110). By daardie geleentheid het Kasrils aan Mbeki gesê: “Mr President, there is a monster walking the land and his name is Jacob Zuma” (110). Buite die hof het Zuma-ondersteuners “Bring me my machine gun” gesing. Kasrils veroordeel nie die anti-blanke sentiment in hierdie lied nie: “That stirring warrior song, which had inspired so many in the struggle against apartheid, was debased by Zuma for all time” (114). Zuma is vrygespreek, maar Kasrils skryf: “Zuma must be the most ridiculed head of state of modern times” (115). Iemand het aan Khwezi gesê: “You have become a powerful symbol to women around the country” (208). Toe sy in 2016 sterf, Kasrils “felt as though my own daughter had died … Fezekile … emerges as a martyred woman of our liberation struggle” (211).

    Kasrils se venyn teen Zuma is byna grenseloos. “His degenerate behaviour and lack of moral integrity, which pointed to a grossly flawed character, would have penalised him from membership – never mind leadership – in any half-decent organisation. Despite obvious shortcomings, his adherents turned a blind eye to his shameless faults and touted him as a credible leader. At the expense of the ANC and the country, many in this broad grouping, with no ideological axes to grind, were prepared to ignore his follies, for they saw in him the man who could topple the despised Mbeki” (126). “Former liberation struggle personalities within the state … took entitlement to the extreme levels of ‘it’s our turn to eat’ or ‘payback time’ for the sacrifices they and their families had endured during the struggle. They perceived, or so it was perceived, that they were above the law and that Mbeki was duty-bound to protect them from unwelcome investigation by apartheid-era sleuths. Since he had not met such expectations, the already flawed Zuma was their star” (127-128). Kasrils beweer “a disease of corruption was already embedded within the apartheid state” (220). Hy verskaf geen bewyse vir hierdie aanklag nie. Sy beskuldiging ignoreer die groot graadverskil in korrupsie tussen die apartheidsera en die ANC-bewind.

    Wat Kasrils in die vorige paragraaf kwytraak, kan op karaktermoord neerkom. Hy gaan ook van die twyfelagtige standpunt uit dat die ANC ‘n ordentlike instansie is. Mbeki was ook nie ‘n toonbeeld van onpartydige wetsgehoorsaamheid nie. Dit het bv geblyk toe die polisiekommissaris, Jackie Selebi, van korrupsie verdink is: “What some perceived as Mbeki’s action in protecting Selebi from prosecution was that in the ANC there was a culture … of ‘covering up for comrades’. Mbeki’s actions did not assist perceptions that while he protected Selebi, he was unwilling to lift a finger for others, Zuma chief among them” (129-130).

    Mbeki se leierskap van die ANC is deur Zuma suksesvol uitgedaag tydens die ANC se Nasionale Konferensie in Polokwane in Desember 2007. “Little did I imagine that in our democratic South Africa those who had fought for freedom would have to watch their own backs as the inner-party struggle for position took hold with particular venom in the run-up to Polokwane” (131-132). ANC-lidmaatskap (133) en stemme (136) is gekoop. “There were suggestions that his [Zuma’s] most ardent supporters, top politicians in the country, were illegally bringing in the money from Colonel Gaddafi, the Libyan ‘Brother Leader’, as well as from the Angolan president, Eduardo dos Santos, both of whom admired Zuma and were hostile to Mbeki” (183-184; ook 185). “Zuma received 2 329 votes to Mbeki’s 1 505” (135).

    “Polokwane saw the beginning of possibly an irretrievable rot in the ANC” (135). “As Zuma’s presidency unrolled, the signs of the rot marking the decline of the ANC became ever more frequent” (189). Later: “The rot in the ANC was too far gone to save it from within” (192). “The emergence of a corrupt and vindictive strongman able to purchase loyalty on the basis of fleecing the state, crooked deals and a network of patronage, wrought irreparable damage and paved the way for the later so-called state capture by the Gupta family” (136). “The final resolutions [at Polokwane] look impressive but tend to be a ritual where wordsmiths create a quasi-revolutionary spin, on the one hand, and a bland, all-encompassing rhetoric, on the other, under the rubric of the NDR – the National Democratic Revolution. Whatever the fine words, the proof of achievement must be in the implementation, and that is where the ANC has had woeful results. Mocking the optimistic claims of the 2007 conference were dire organisational shortcomings, growing unemployment, lack of economic growth, rising poverty, a widening gulf between rich and poor, deteriorating health and educational facilities, a rise in corruption and crime, police brutality and a relentless slide into a security state” (137).

    Op 12 September 2008 is Zuma deur regter Chris Nicholson vrygespreek van korrupsie-aanklagte (139). “Mbeki consequently immediately appealed against the decision with his cabinet’s backing” (139). Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het hierna vir Mbeki versoek om as president te bedank, wat hy op 20 September gedoen het. Kgalema Motlanthe is tussentyds in sy plek aangestel. “Within the week twelve ministers tendered their resignations. Trevor Manuel was one of us, but not for long. He was soon back in office, the only one among us, as the country’s minister of finance” (140). “The Nicholson judgment, which let to Mbeki’s recall, was subsequently thrown out by the Supreme Court of Appeal (SCA) in January 2009, thereby vindicating Mbeki” (142).

    Hierna het die direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mokotedi Mpshe, alle aanklagte teen Zuma teruggetrek op grond van spioenasiebande van afgeluisterde telefoongesprekke opgeneem van November 2007 tot April 2008. Mpshe en Willie Hofmeyr, die hoof van die Spesiale Ondersoek-eenheid in die Nasionale Vervolgingsgesag en “one-time comrade-in-arms” (174), het hierdie gesprekke vertolk as “clear evidence of conspiracy against Zuma on behalf of, and allegedly acting on the orders of, Mbeki” (154). Kasrils skryf oor hierdie “Spy Tapes”: “It resonates with conjecture about spying, smear campaigns and disinformation from the apartheid era through to our democratic dispensation” (170).

    In Mei 2017 het Zuma steeds geglo “there exists a conspiracy by Western governments to oust him as president of the ANC and of the country” (154). “Zuma had long shown he was adroit at the blame game and at playing the victim” (112). Die Demokratiese Alliansie (DA) het weens Zuma se vertragingstaktiek eers in Maart 2015 toegang tot hierdie bande verkry (152). Kasrils skryf: “I never discuss business on the phone” (153). As oudminister van intelligensie behoort hy te weet hoe algemeen staatsmeeluistering voorkom. Ons lewe dan seker in ‘n polisiestaat? Des te meer as Kasrils skryf: “The militarisation of the police, reinstituting their ranking system among other things, by his [Zuma’s] administration after the civilian-type reforms of our new democracy was a reflection of the apartheid-style kragdadigheid (reliance on force) that typified that mentality” (189-190). “I had forecast that we were moving into a police state” (190).

    Die (omstrede) grondwetkenner, Pierre de Vos, sê van die Nasionale Vervolgingsgesag: “The NPA is completely politically compromised, has been for a long time and that won’t change” (176). ‘n Ander skrywer “expressed disappointment at Hofmeyr’s being ‘susceptible to political pressure in performing his constitutionally mandated legal duties’ and being ‘so ambition driven’ in his quest for more senior positions” (176). Kasrils skryf: “It is the corruption of a whole movement that really troubles me … how ego and ambition overrode the foremost principle of all that we had grown up with – the principle of service to the people and not to one’s self” (176).

    “Zuma’s penchant for directly controlling the police, and particularly security and intelligence, has proved disastrous for the services. The appointment of men like David Mahlobo [as minister of state security in 2009] was in keeping with his need to put in place pliable loyalists whom he could dominate and instruct … cabinet reshuffles, most notoriously in the mining, energy, communications and finance sector, and executive appointments in state-operated entities such as at Eskom, the SABC and South African Airways, ensured that almost all strategic posts came under his thumb. Rumours gained ground that Zuma directly ran internal intelligence units, particularly of the political and surveillance type, which reported directly to him” (182).

    “I had often warned the SACP [South African Communist Party] to watch out for Zuma’s inclination regarding the gathering and control of information, and the drift towards a security state. Under Zuma, the intelligence services were transformed into a restructured security establishment, with Mahlobo designated minister of state security. Then followed the surprising appointment in September 2016 of Arthur Fraser as a new ‘super’ director general of the restructured State Security Agency incorporating NIA [National Intelligence Agency], SASS [South African Secret Service] etc” (182-183). Jacques Pauw het in sy veelbesproke boek heelwat oor Fraser te sê en Fraser het spoedig met regstappe gedreig. Hy is die broer van ‘n vorige ANC-minister, Geraldine Fraser-Moleketi, ‘n kommunis wat in die jare sewentig onrus op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland gestook en toe uit die land gevlug het.

    Kasrils skryf oor Arthur Fraser: “He had been under investigation within the department for the alleged improper utilisation of funds, but the case apparently disappeared. Then his surprising recall took place and his appointment at the highest possible level. Nevertheless, a cloud still hangs over him. A security company partly owned by Arthur Fraser stands accused of flouting tender processes and submitting a false tax certificate in order to score a R90 million contract from PRASA (the Passanger Rail Agency of South Africa), a National Treasury investigation has found. Resurgent Risk Managers, a company co-founded by Fraser and the former NIA chief Manala Manzini, may also have bribed their way into the contract, investigators concluded [in 2017]” (183).

    “One wonders whether there is anyone in South Africa’s security and intelligence community immune to the lure of power and wealth. Not, it seems, when the cancer is allowed to spread unchecked by leaders who appear to reward those ready to sell their souls” (183). Barney Pityana sê: “The ANC has in fact been captured by a clique that has turned it into an instrument of self-enrichment, and for the control of the state – not for the common good, but for personal benefit” (195-196).

    In 2016 het die Grondwethof bevind Zuma “failed to abide by his oath of office and uphold the Constitution” (203). Desnieteenstaande is hy steeds die staatshoof. Maar Kasrils se hoofbeswaar is en bly teen die mate waarin die ANC (nog) nie kommunisme genoegsaam uitleef nie. “The economic failures that arose as a result of the [1990/94] settlement, the collapse of revolutionary resolve, have allowed a pack of criminals and charlatans to hijack the ANC and masquerade as the proponents of radical economic transformation” (241). Die “state capture” en Zuma se “shadow state” kom neer op ‘n “silent coup” (242). “We are reminded of Marx’s observation about state capture: government is the executive committee of the bourgeoisie” (243).

    Soos die Joodse marxis, Rosa Luxemburg (1871-1919), dink Kasrils blykbaar die keuse vir Suid-Afrika is sosialisme of barbaarsheid (243): “Bourgeois society stands at the crossroads: either transition to socialism or regression into barbarism” (269). Kasrils verlang ‘n “People’s Pact” (244), “Peoples Power” (247), “re-inventing true people’s power” (244), “a new united front” met die werkersklas as “the decisive driving force” (246). Van die gevolge sal glo wees: “Increasing the corporate tax rate … would create further funds for social and infrastructural investment, and for example provide for free university education for needy students and the long-delayed National Health Insurance” (245). “Once mobilised and inspired the masses who are the true creators of history have the creativity and strength to storm the heavens” (247).

  • Malema sit steeds vas in Kuba

    Malema sit steeds vas in Kuba

    EFF-leier Julius Malema, wat Havana besoek het om betrekkinge met die oorlede Fidel Castro se oorblywende kommuniste te gaan sement by sy begrafnis aan die begin van die maand, is reeds ‘n paar keer in die straat van die stad opgemerk en hy is blykbaar nog steeds nie van plan om terug te keer na Suid-Afrika nie.

    Of miskien duur die houtwerk-savant se kommunistiese opvoeding langer as gewoonlik. Kuba het ‘n een-oes ekonomie van suikerriet met ‘n uiters beperkte binnelandse mark. Die kleurlingbevolking word gekenmerk deur chroniese werkloosheid en diep armoede.

    Onder Castro, ‘n Jesuïet, het die plek stelselmatig agteruitgegaan en sy kritici is opgesluit en gemartel. Van spraak- en persvryheid was daar nog nooit sprake in Kuba nie.

    Malema het op sy Instagram rekening die foto gedeel onder sy aanhangers met die opskrif “Stap in die strate van #Havana met my broer Jesus Mora.”

    Die Mores karakter was onlangs deel van ‘n Kubaanse afgevaardiging wat ‘n uitgebreide werksprogram in België en Luxemburg onderneem het met vergaderings in die wetgewende liggame van die twee lande, sowel as ‘n vergadering in die hoofkwartier van die Europese Parlement in Brussel.

    Intussen stroom Europese besoekers, ideologies verblind deur die popelende propaganda van die “wonderlike leier” na die haglike eilandjie waar die voertuie in die begrafnisstoet van die ontslape Castro ook gebreek het tydens die lewendige uitsending van sy staatsbegafnis.

  • FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

    FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

    Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. “Fidel het oor ‘n ongewone charisma beskik wat ‘n groot uitwerking op sy land en op die wêreldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om ‘n einde aan die Grensoorlog te maak.”

    De Klerk het ‘n huldigingsdiens aan Castro van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Khayelitsha bygewoon en het persoonlik ‘n ruiker voor ‘n reusefoto van die Kubaanse revolusionêr gelê. Die onderleier van die ANC, Cyril Ramaphosa, het tydens sy toespraak ter ere van Fidel Castro gesê:

    “Ons eer hom, want hy was vreesloos, hy was dapper, hy was beginselvas, hy was gedissiplineer. En as ons aan sy lewe dink, dan begin ons ons ook ‘n ander ikoon verbeel wat ons in ons eie lewens gehad het, en dis Nelson Mandela.”

    Die voorsitster van die ANC-vroueliga het tydens haar toespraak gesê: “Ons het gekom om vandag te sê: Dankie aan kameraad Fidel, die regte El Commandante. Ons het gekom om vandag dankie te sê aan die vrywilligers wat bygedra het om ons kamerade by Cuito Canavale te verdedig.”

    Mnr. De Klerk het agterna teenoor joernaliste om verskoning gevra dat Suid-Afrika ooit weerstand teen Kuba in Angola gebied het en het PW Botha daarvoor geblameer. “Dit was sinneloos van ons om ‘n groot man, ‘n wêreldleier soos Fidel teen te gaan,” het FW de Klerk gesê. “Dis jammer dat ons nie al die bevrydingsbewegings reeds in die sestigerjare toegelaat het om Suider-Afrika te regeer nie, net ná die Kubaanse revolusie. Uiteindelik het die MPLA, SWAPO, ZANU PF en die ANC in elk geval getriomfeer. Maar ons moes rekening hou met die regses. Dit was die probleem.”

    Mnr. De Klerk het hom ook oor die presidentsverkiesing in Amerika uitgelaat en gesê: “Trump moes nooit toegelaat gewees het om hom verkiesbaar te stel nie. Hy is ‘n regse en ‘n rassis. In ons land sou hy lankal agter tralies gewees het, met sy uitsprake. Dit is so jammer dat mev. Clinton nie gewen het nie.”

    Volgens mnr. De Klerk het Fidel Castro hom vir gelykheid, versoening en nasiebou beywer, drie ideale wat hom en sy Stigting na aan die hart lê. “Ons het nog ‘n pad om te stap om by ‘n verenigde nasie uit te kom waarin almal soos in Kuba gelyk sal wees. ‘n Revolusie is nodig, dis die les wat Fidel ons geleer het. Ek verootmoedig my voor sy groot gees.”

    Ook mnr. Roelf Meyer, wat in die vroeë negentigerjare saam met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika ‘n nuwe grondwet onderhandel het, het hulde aan Fidel Castro gebring. “Ek kan nie meer met my vriend Cyril saamstem nie, het hy gesê. “Fidel was soos Mandela: ‘n revolusionêr wat nie geskroom het om geweld te gebruik nie, maar terselfdertyd vrede gemaak het as dit die geskikte strategie was. Ek is trots daarop dat die Nasionale Party Namibië aan Fidel Castro en SWAPO kon oorhandig; dit was destyds die logiese ding om te doen.”

  • ANC se ‘Castro-besingende’ SANW laat soldate sonder kos

    ANC se ‘Castro-besingende’ SANW laat soldate sonder kos

    Suid-Afrika se huidige weermag, wat meesal deur oud-Umkhonto-offisiere gelei word, het ‘n hofsaak vermy deur noodrantsoene voedsel aan drie weermagbasisse te verskaf waar soldate begin honger ly het.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-vakbond het die weermag tot Woensdag tyd gegee om sy versoek terug te trek dat soldate in Zeerust, Middelburg en Mafikeng huis toe gestuur word omdat hul kos opgeraak het.

    Ter elfder ure het die twee partye in die hofaansoek egter ‘n ooreenkoms bereik met die SANW wat besluit het om voedselvoorrade aan die betrokke basisse te stuur.

    Die sekretaris van die SANW-vakbond, Pikkie Greeff, het Dinsdag ‘n afskrif van ‘n finale aanmaning aan die weermag op sy Twitter geplaas. Die brief is aan die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, asook aan die weermaghoof genl. Solly Shoke, die verdedigingsekretaris, Sam Gulube en bevelvoerders van die betrokke basisse gestuur.

    Woensdag het Greeff verklaar dat die vakbond se regslui besig was om met die weermag te onderhandel om die kwessie op te los, hangende ‘n hofaansoek wou sou volg.

    Hy het egter later getwiet:

    In die aanmaningsbrief sê die vakbond dat die SANW verplig is om “afdoende rantsoene” aan die betrokke soldate te verskaf.

    In ‘n verdere twiet het Greeff die ANC-bewind kwalik geneem dat hulle Kuba toe vlieg om hulde aan Fidel Castro te bring, maar nie na hul eie soldate omsien nie.

  • Ramaphosa, Media24 bring hulde aan kommunistiese Fidel Castro

    Ramaphosa, Media24 bring hulde aan kommunistiese Fidel Castro

    Sowel Media24 as Cyril Ramaphosa, die ANC-politikus wat deur die Suid-Afrikaanse oligargie gesteun word om Zuma te vervang, het gister hulde aan die ontslape Kubaanse leier Fidel Castro gebring. News24, wat deesdae onder redaksie van die linkse Boerehater Adriaan Basson staan, het ‘n lowende berig oor Castro en Ramaphosa se hagiografie aan die kommunistiese revolusionêr geplaas.

    Volgens Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika behoefte aan “beginselvaste en vreeslose” leiers soos Castro en Nelson Mandela. Hy was diep bedroef om hulde te bring aan “een van die grootste revolusionêre van ons tyd”, het Ramaphosa gesê.

    Die linkse hoofstroommedia van Suid-Afrika, waaronder Media24, maar ook die Primedia-groep wat 702 en Hoëveld besit, het die afgelope paar dae gepopel oor die “Kubaanse oorwinning oor Suid-Afrika in Angola en Namibië”, asook “hoe Castro Suid-Afrika (militêr) bevry het”.

    Ramaphosa het Castro gister geprys omdat hy “saam met die revolusionêre bewegings in Angola, Namibië en Suid-Afrika gedurende hul bevrydingsoorloë gestaan het”.

    Die swart Suid-Afrikaanse sakeman en politikus het ongeveer 1000 mense in Khayalitsha naby Kaapstad toegespreek tydens ‘n huldigingseremonie aan Fidel Castro.

    President Jacob Zuma bevind hom tans in Kuba waar hy insgelyks Castro se rol in die ANC se oorwinning oor die Nasionale Party van Suid-Afrika geloof het.

    In ‘n bydrae op die Europese webblad Free West Media, stel Karin Bredenkamp van PRAAG egter die prentjie reg in die artikel Fidel Castro’s bitter legacy in Angola.

     

  • Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier

    Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier

    Kubane ter slagting
    Kubane ter slagting

    President Jacob Zuma sal Dinsdag vieringe in die Kongo-Brazzaville bywoon vir die 25ste herdenking van die Brazzaville-vredesverdrag wat die burgeroorlog in Angola beëindig het.

    Verteenwoordigers van die regerings van Angola, Kuba en Suid-Afrika het die vredesakkoord op 13 Desember 1988 in Brazzaville, Kongo onderteken.

    Na die slag van Lomba waar die Russe en Kubane ‘n finale afranseling toegedien is deur Suid-Afrikaanse soldate, is die vyandelike magte by Cuito Cuanavale vasgekeer.

    Die Brazzaville-protokol het ‘n mandaat vir die onttrekking van verslane Kubaanse troepe uit Angola geskep.

    Nie Kuba of die Sowjet-Unie het destyds die middele gehad om die Kubaanse soldate dadelik te repatrieer nie. Kuba was ‘n vasalstaat van die Sowjet-Unie en geheel en al afhanklik van skenkings en hulp van die moederland.

    Die teenwoordigheid van Kubaanse troepe in Angola – die destydse platsak Sowjet-Unie se duurste buitelandse militêre avontuur – sou dus nog tien jaar duur en die onafhankllikheid van Namibië vertraag.

    Nadat die Sowjet-Unie in duie gestort het, lê Kuba se heil glo by die VSA as dwelmnodus. Die land is steeds ‘n ekonomiese puinhoop na dekades van Fidel Castro en sy broer Raoel se narrediktatuur.

    Castro is ook deesdae een van Rusland se felste kritici nadat hy Gorbatsjof as ‘n uitverkoper uitgekryt het. Sy broer het onlangs by Nelson Mandela se roudiens egter met president Barack Obama van die VSA blad geskud.

    Namibië se onafhanklikheid is deur die New York-ooreenkoms moontlik gemaak.

    Afrika-lande en Kuba sal tydens die Brazzavile-vieringe hulde bring aan Nelson Mandela, wat 24 jaar gelede uit die tronk vrygelaat is, alhoewel Kuba deelgeneem het aan die oorlog in Angola met die uitsluitlike doel om kommunisme te “internasionaliseer”.

    Ander sogenaamde “bevrydingsbewegings” in die streek sal ook aan die Brazzaville-verrigtinge deelneem ten spyte daarvan dat hulle byna geen rol in die oorlog gespeel het nie.

    Die ANC sal deel wees van dié herdenking omdat hulle “aangesluit het by Kuba in Angola om te help veg”.

    Volgens die SABC het “hierdie oorlog die apartheidsregering uit Angola verdryf, wat die weg baan vir Namibië se onafhanklikheid asook die ontbanning van die ANC en die vrylating van Nelson Mandela”.

     

  • praag, jou internet-feuilleton

    praag, jou internet-feuilleton

    roodt_dan_wikideur Dan Roodt

    [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

    Hou van Dan Roodt se Facebookblad

    Verlede week het ek geskryf oor die groot probleem van domheid in Suid-Afrika. Trouens, die gemiddelde IK in die land staan volgens internasionale kenners op 77, selfs laer as dié van Zimbabwe, die DRK of Zambië. Maar ek wil nie hier in een of ander IK-debat vasval nie en eerder iets oor die media en ‘n volk se selfbeeld sê.

    Een van die goeie herinneringe van my destydse verblyf in Parys, was naweke toe ek drie koerante in verskillende tale kon koop. Gewoonlik was dit die naweekuitgawe van die deftige (hoewel sosialisties gesinde) Franse koerant Le Monde, asook die Financial Times Weekend en die Duitse koerant Die Zeit. In daardie dae het ‘n dosent in klassieke geskiedenis aan Cambridge, Nigel Spivey, elke naweek ‘n rubriek in die FT Weekend geskryf, met ‘n sprankelende, ironiese styl wat ‘n genot was om te lees. Só anders as die afgryslike, onbeholpe Engels wat ‘n mens in SA koerante aantref en wat op sy beurt as’t ware deur die Naarpers-werfbobbejane in Afrikaanse vertaling geplagiariseer word. Die Naarpers-joernaliste en -redakteurs is almal aspirant-Engelse of hul kinders is reeds op Engelse skole waar hulle met ons disfunksionele, derdewêreld-Engelse kultuur (en dwelms) besmet word.

    Die beste wat ‘n mens van Le Monde kan sê, is dat die klassieke tipografie baie mooi is. Tot onlangs toe het die koerant nooit enige foto’s geplaas nie, net hier en daar pensketse van openbare figure of ‘n spotprent deur die kunstenaar Plantu. Vele beroemde en slim mense skryf egter ook af en toe iets in Le Monde, dus kan ‘n mens tog soms iets interessants daarin ontdek. Dit wemel ook van werkwoordtye wat net goeie Franse skrywers nog gebruik, soos die eenvoudige verlede tyd en die verlede konjunktief.

    Wat Die Zeit betref, het ek afgekom op dié oulike beskrywing van die koerant op die Engelse Wikipedia. wat ek hier in die oorspronklike aanhaal:

    The paper is considered to be highbrow. Its political direction is centrist and social-liberal, but has oscillated a number of times between slightly left-leaning and slightly right-leaning. Die Zeit often publishes dossiers, essays, third-party articles and excerpts of lectures of different authors emphasising their points of view on a single aspect or topic in one or in consecutive issues. It is known for its very large physical paper format (Nordisch) and its long and detailed articles.

    Die punt omtrent Die Zeit is egter ook dat dit oor ‘n besonder uitgebreide feuilleton-gedeelte beskik. ‘n Mens soek tevergeefs na die betekenis van dié Franse leenwoord in Afrikaans in die HAT, wat jammer is. Maar gelukkig staan dit darem in die WAT:

    “feuilleton, feuilletons, (F.) Deel van ‘n dagblad gewy aan ligte leesstof, vervolgverhale, toneel- of letterkundige beoordelinge of ander belletristiese werk of spesiale stof wat nie tot die nuus behoort nie; in Europa gewoonlik aan die voet van die bladsye onder die streep gedruk, of elders op die blad, deur ‘n dik streep, die sg. feuilletonstreep, van die orige inhoud geskei; ook, artikel of verhaal wat so gedruk is.”

    Toe ek aanvanklik aan ‘n naam moes dink vir die algemene afdeling op die praag-webblad, het my gedagtes ver teruggegaan na naweke in Parys, iewers in ‘n kafee waar ‘n kelner met ‘n swart strikdas vir jou “Goeiemiddag, meneer” sê en jy ‘n koppie koffie kan bestel en die res van die dag met jou drie koerante wat jy so pas by die kiosk op die naaste strraathoek gekoop het, kan deurbring. Drie koerante waarin iets van die Europese beskawing weerspieël word en waarin jy oor alles van die politiek – plaaslik en internasionaal – maar ook oor museumtentoonstellings in Italië, boeke en idees, mode of kookkuns, kan lees.

    Daarom het die benaming “feuilleton” vir die afdeling waar Gustav Venter se vervolgverhaal tans elke dag verskyn, vir my reg geklink. Terloops is ‘n feuilleton op Frans juis ‘n vervolgverhaal, dít wat in Afrikaans deesdae in navolging van Amerikaanse Engels soms ‘n “sepie” genoem word.

    Dit is só moeilik om, te midde van die verloedering van Afrikaans deur die magtige Naarpers-groep met sy horde vulgêre joerrnaliste wat blykbeer met Afrikanerhaat vervul is, ‘n perspektief op jou eie mense te verkry. Want anders as die beeld van ‘n beskaafde, wellewende Europa wat die FT, Le Monde en Die Zeit uitdra, gee Beeld, Die Burger en Rapport bloot aan ons weer dat “Afrikaanses” taamlik dom, platvloers, polities korrek en amper wêreldvreemd is. Terwyl die Afrikaner se sportprestasies een van die min dinge is waarop ons nog trots kan voel, word dit deur die Naarpers-groep – soos deur Mandela trouens – uitgebuit in ‘n desperate poging om nog belangstelling by hul verveelde lesers te skep.

    Daarom verbly dit my dat daar nog Afrikaners is wat, soos daar destyds gesê is, “kerngesond” gebly het. Dit is mense wat steeds verbete aan beskaafde norme vasklou, vir wie die tierende geweld in ons land glad nie aanvaarbaar is nie en wat na iets hoërs aspireer as om net soos ‘n ANC-politikus of tenderpreneur met materiële vertoon tevrede te wees.

    Dis natuurlik nog iets waarin die afskuwelike Naarpers-mense uitblink: ‘n soort agterlike kwasi-Engelse snobisme. My motor het meer as joune gekos, my selfoon is nuwer of, les bes, my kind is op ‘n Engelse skool, so whê!

    Is hulle gelobotomiseer of wat?

    Maar om links te wees, het reeds jare lank in Suid-Afrika insgelyks snobwaarde. Dis byna ongelooflik, maar baie mense is trots daarop om kommunistiese vriende te hê en sê dit ook sommer vir jou!

    Iewers in die vroeë tagtigerjare het daar mos ‘n paar boekies in Afrikaans verskyn wat mense destyds “grensliteratuur” genoem het. Een daarvan, deur Etienne van Heerden, had die titel, My kubaan.

    Mandela was, soos Fidel Castro en Joe Slovo, ‘n trotse kommunis en seker ook in sy hart ‘n “Kubaan”. Iewers in Kaapstad, in die hoofkantoor van die Naarpers-groep, sit daar egter ‘n hele gebou vol “Kubane” wat elke dag soos wafferse Moslems met gesigte op die grond bid vir Madiba en Fidel Castro. Met die verskil dat hulle nie in die rigting van Mekka gekeer is nie, maar in die rigting van Havana, daar waar die sigare vandaan kom.

    Metafories het elkeen van ons in Suid-Afrika ‘n Kubaan present gekry. My Kubaan is seker Koos Bekker, die Castro van die Afrikaanse media wat met ‘n staatsgreep op Naarpers geslaag het en die maatskappy deur A-klas-aandele beheer. Elke A-klas-aandeel beskik by ‘n Naarpers-jaarvergadering oor 1000 stemme teenoor ‘n N-klas-aandeel se enkele stem. Die koerante in die Naarpers-stal braak elke dag gal oor “apartheid” – wat hulle destyds ondersteun het – maar het niks teen aandeelhouersapartheid nie.

    ‘n Ander interessante feit is dat die meerderheid van Naarpers se aandeelhouers glo buitelanders is. Dus word die niksvermoedende Afrikaner van Pretoria of Bloemfontein elke dag met propaganda gevoer deur ‘n maatskappy waarvan die besit in die buiteland gesetel is. Dié buitelandse aandeelhouding het ter sprake gekom in ‘n hofsaak tussen Naarpers en Caxton waaroor die Mail & Guardian berig het. Naarpers argumenteer egter dat sy A-aandele plaaslike beheer verseker.

    Naarpers ondersteun deesdae die DA, nie die Zuma-ANC nie, maar dan moet ‘n mens onthou dat die DA in 2008 toe die parlement hulde aan die Kubaanse magte by Cuito Canavale gebring het, hom by die ANC en Kuba téén die ou SAW geskaar het. Op ‘n foto verskyn die destydse hoofsweep van die DA, Davidson Orniston, saam met die ANC waar hulle kranse op die graf van ‘n MK-soldaat lê wat na bewering tydens die slag van Cuito Canavale aan die Kubaanse kant dood is.

    Miskien is Fidel Castro en broer Raúl nog die hoofaandeelhouers in Naarpers wat dit iewers vanuit ‘n belastingparadys oorsee beheer? In die omgewing van Kuba op ander Karibbiese eilande is daar mos sulke plekke. Wie weet? In die klug wat Suid-Afrika geword het, is enigiets moontlik. Die kommuniste leef soos kapitaliste en die kapitaliste heul met die kommuniste, maar almal steel sáám! Dis skep en gryp, waarna Naarpers elke pasryk gesteelde glanspersoonlikheid in hul tydskrifte en koerante uitstal as mense waarna ons behoort op te sien! Soos Malema met sy Breitling-horlosie en eertydse herehuis in Sandton. Of Kenny Kunene, die soesji-liefhebber, wat van 1997 tot 2003 vir bedrog in die tronk was. Dis regtig iets uit Keiser Nero se dekadente Rome, kompleet met sluipmoorde, want vele mense gaan net só maklik in Suid-Afrika dood, soms ook aan “natuurlike” oorsake… Of “misdaad”. Wat in Suid-Afrika insgelyks as iets natuurliks geag word, want sien: “Almal ly daaronder.”

    Suid-Afrika is ‘n land wat menselewens verwoes, deur moord of verkragting of belastering. Waar jy eensklaps jou werk kan verloor omdat jy jou teen babaverkragtings of plaasmoorde uitspreek. Dis ook ‘n land waar sowel die onderwysstelsel as die media soos Naarpers meewerk, nie om mense op te hef nie, maar om hulle te verdom en met sport of drank af te stomp. Panem et circenses, soos die Romeine gesê het.

    Omdat ek Europa ken, kan ek nie daardie vasteland veridealiseer nie. Europeërs het ook hul stel probleme, waarvan baie insgelyks deur die multikulture samelewing veroorsaak word! In die Paryse voorstede of banlieues steek jong Arabiere en swartes elke jaar duisende voertuie aan die brand, sommer net vir die lekker.

    Hoe mense hulself sien, is egter belangrik. Die spieël wat jy na jouself toe ophou en die beeld wat jy daarin gewaar, bepaal in ‘n hoë mate jou verwagtings, jou toekoms en selfs die standaarde wat vir jou aanvaarbaar is. Die media verteenwoordig in ‘n hoë mate die spieël van ‘n volk of ‘n gemeenskap.

    Ná alles is dit die grootste beswaar wat ek teen die Kubaanse, sjiek-radikale, liederlik linkse, platvloerse, vulgêre, vloekende, met anglismes belaaide, Naarpers het: Ek herken my as Afrikaner glad nie daarin nie. Trouens, ek is goddank bly dat die Kubaan, Koos Bekker, blykbaar ‘n klompie jare gelede die gebruik van die woord “Afrikaner” in die blaaie van Die Burger, Beeld en Rapport verbied het. Sedertdien het hulle mos die belaglike term “Afrikaanses” ingevoer om na ‘n denkbeeldige kultuurgroep – of is dit nou juis ‘n gedekultureerde groep? – te verwys.

    Vir Naarpers, soos vir vele ander mense trouens, het die Afrikaner opgehou om te bestaan. En soveel te beter! Dit is verkieslik dat ons deur dié mense verloën word as wat hulle ons sou omhels en ons op die duur vind dat ons op ons beurt die adder aan eie boesem vertroetel het.

    Nou die dag is ek lus om ‘n nuwe Afrikaanse roman te lees, behalwe nou Gustav Venter se vervolgverhaal op praag. Nêrens op die webblaaie van Afrikaanse uitgewers kan ek egter enigiets nuuts behalwe liefdesverhale vind nie. Dit wil lyk asof ‘n groot deel van die Afrikaanse kultuur oor die afgelope paar dekades deur Naarpers en ‘n paar has-been- Afrikaanse skrywers soos André P. Brink en Antjie Krog – wat sedertdien nie meer in ons taal skryf nie – verloeder of selfs vernietig is. Waarom? Om die plaaslike Engelse of swartes beter te laat voel? Om die Britte of die Swede, wat die ANC as die wonderkuur vir Suid-Afrika se politieke vraagstukke gesien het, ter wille te wees?

    So pas het ek Max du Preez se jongste prul van ‘n boek, A rumour of spring, gelees. Of stel dit so: ek het etlike bladsye oorgeslaan waar hy in die gewone Mandela-aanbidding verval en daarom in ‘n rekordtyd op my tablet daaroor geskeer. Dit is so stereotiep en idee-arm dat ek eintlik maar bly is Max du Preez skryf in Engels. In Afrikaans sou dit vir ons ‘n verleentheid gewees het, nog ‘n bydrae tot die Naarpers-werfbobbejaan-plagiaatkultuur.

    “Laat ons nie roem nie,” het NP van Wyk Louw op ‘n stadium oor die Afrikaanse letterkunde gesê. Nietemin voel ek trots op wat vandag in Afrikaans, op webblaaie en op sosiale media besig is om te gebeur. Alles is nie ewe stylvol of in goeie Afrikaans verwoord nie. Maar ten minste het duisende Afrikaners daarbuite begin om weer krities te dink, wat onder die huidige omstandighede amper ‘n wonderwerk is!

    PRAAG is die anti-Sophiatown. Ek het ‘n teorie dat die kultuur van Sophiatown in die veertiger- en vyftigerjare uiteindelik die hele Suid-Afrika verower het. Dit was ‘n bendekultuur, van materiële vertoon (dikwels met gesteelde goedere), van ontmoetings tussen wit en swart in ‘n demi-monde waar kommunisme en ‘n dweepsieke bewondering vir alles wat swart en Amerikaans is die norm was. Mandela en selfs die Mandela-kultus was reeds in Sophiatown se sjebiens teenwoordig.

    Ons is egter besig om die teenvoeter vir die afryslike wêreld van Sophiatown te skep. Naarpers en Koos Bekker met hul miljarde dien Sophiatown se afgode, terwyl ons bloot op onsself aangewese is. Maar net soos Sophiatown se dekadensie, rasse-ideologie en misdadige waardes op die duur dié van Suid-Afrika self geword het, sal Afrikanertrots en -skranderheid weer eendag in ons land oorheers.

    Dit kan nie anders nie. Soos Toynbee iewers skryf, was daar maar tot dusver iets soos 28 beskawings op aarde, oor ‘n tydperk van vyf millennia of meer. Die duisende onbeskawings het almal spoorloos verdwyn. Beskawing en geleerdheid móét, soos by Bloedrivier, oor onbeskawing seëvier.

    Mag ons gou van Naarpers en sy Sophiatown-gode verlos word. En mag ons beskeie webwerf, ‘n noodsein teen die barbarisme, gelees word en van krag tog krag gaan!

    Sluit aan by PRAAG en help ons om die Naarpers-monopolie te beëindig!

  • Fidel Castro se stryd teen die VSA in Afrika

    Fidel Castro se stryd teen die VSA in Afrika

    fidelDeur Madelein Jacobs

    Onlangs was Fidel se broer Raul Castro in Suid-Afrika vir die begrafnis van Mandela. Hier het President Obama sy blad geskud.

    VSA President John F Kennedy sou dieselfde gedoen het. JFK het op 23 Oktober 1963 gese:

    “… there is no country in the world including any and all the countries under colonial domination, where economic colonization, humiliation and exploitation were worse than in Cuba, in part owing to my country’s policies during the Batista regime. I approved the proclamation which Fidel Castro made in the Sierra Maestra, when he justifiably called for justice and especially yearned to rid Cuba of corruption. I will even go further: to some extent it is as though Batista was the incarnation of a number of sins on the part of the United States. Now we shall have to pay for those sins.”

    Vir lesers wat nie weet nie: Amerika, Amerikaners en Amerikaanse maatskappye het hul Kubaanse buurland, ekonomie en bevolking, insluitend vrouens en jong meisies, verkrag en misbruik tydens die Batista-bewind.

    Soos President John F. Kennedy laat blyk het: Amerikaanse besigheidbeleid jeens Kuba, het die Afrikanerbewind se apartheidsbeleide in Afrika en Suid-Afrika mede-menslik en Christelik laat lyk.

    As mens die ANC moet glo, het Fidel, Raul en hulle rewolusionere Kuba ‘n deurslaggewende rol in die “bevryding” van Suid-Afrika gespeel. U, liewe leser, moet die ANC glo.

    Die Afrikaner-Republiek het ophou bestaan weens die sondes van die VSA in Kuba.

    Kuba is ‘n relatief klein buur-eilandjie van die VSA. Kuba behoort geografies tot Suid-Amerika, die VSA se agterplaas. Kuba is soos Rusland, baie ver gelee vanaf Suid-Afrika.

    Gedurende 1959, net na die Kubaanse Rewolusie, het die verregse wit Amerikaner, Francis Parker Yockey, Kuba besoek. Yockey het linkse staatsleiers soos Fidel Castro geadviseer om met Rusland saam te werk, en om die VSA-Weste se globale imperiale mag op sy swakste plek, dit is in Afrika te verminder.

    Fidel Castro het die politieke wette soos uiteengesit in Yockey se boek, Imperium, ter harte geneem, en die geweldige groot magsvakuumgeleentheid in Angola in 1975 met beide hande aangegryp. Fidel het vas geglo, of Kuba vul die magsvakuum van 1975 in Luanda, Angola, of die VSA doen dit deur middel van sy streekslakei, Suid-Afrika.

    Sou die SAW Luanda in 1975 bereik het, sou die geskiedenis heeltemaal anders verloop het vir Afrikaners. Suid-Afrika sou ‘n bestendige imperiale supermoondheid geword het, en vir Fidel het dit beteken dat die VSA-Weste se wereldmag nog groter sou geword het.

    Fidel Castro het die SAW se besetting van Luanda in 1975 gestuit, en so Suid-Afrika verhoed om die magsvakuum in strategiese Angola te vul. Dit het deterministies gelei tot die einde van die Afrikanerstaat binne minder as 2 dekades. Alles wat na 1975 met die Afrikanerstaat se geopolitieke mag gebeur het, was die gevolg van Fidel Castro se strategie in Angola.

    Tot en met 1987, het Fidel vas geglo dat Suid-Afrika Luanda en Angola moet beset om polities te oorleef. Fidel Castro was reg. Fidel se geopolitieke analise van Angola was korrek. So ook China se analise van Angola, in 1975, sowel as in die 21ste eeu.

    President Zuma besef ook die belang van Angola. Hy het gedurende 2013 hard gewerk om Angola tussen die DRK en Suid-Afrika deur middel van Inga III te integreer. Die VSA is bewus daarvan, en het nou uit die bloute aangebied om die helfte van die koste van Inga III te finansier.

    Die globale geopolieke spel vorder onverpoos, maar sonder Afrikaners, wat ter versagting darem instinktief twee keer probeer het om beheer oor Luanda en Angola te verkry. Beide kere het een leier, Fidel Castro, die politieke insig en wilskrag van die hele Afrikanerkabinet geklop.

    Was Fidel Castro ‘n Afrikanerleier, sou Suid-Afrika ‘n supermoondheid gewees het.

    Geopolities gesien, het President Zuma meer insig as alle oorlede en lewende Afrikanerintellektuele saam. Dog Zuma se onlangse suksesse in Suider-Afrika hang ten nouste af van Afrikaner-Rooivalke, hulle vlieniers, en logistieke ondersteuning, waaronder Russiese vervoerstelsels.

    Al is die Afrikanerstaat totaal vernietig beginnende in Angola, kan Afrikaners vandag nog steeds ‘n bydrae maak tot die globale politieke magspel.

    U hoef nie as u nie wil nie, maar sommiges sal en doen dit reeds. Vir maksimum effektiwiteit in die geskiedenis, is die aangewese weg om Fidel Castro se geopolitieke insig in Angola te volg.

    Lees Fidel Castro se mening oor die stryd in Angola, Mandela en apartheid hier.

  • Samesweringsteorieë

    Die afgetrede Kubaanse diktator, Fidel Castro, het pas weer begin oë wys, of hy begeef hom weer op die terrein van omstredenheid.

    In ‘n pas-verskene skrywe spreek hy die mening uit dat die Bilderbergkonferensie ‘n sameswering is om die wêreld in ‘n kernuitwissingsoorlog te dompel. Hy skryf die bestaan van die konferensie toe as ‘n nalatenskap van Hitler.

    Die Bilderbergkonferensie is ‘n informele instansie wat in 1954 in Nederland tot stand gekom het met die doel om trans-Atlantiese betrekkinge te verbeter. Dit was na kommer ontstaan het oor sterk anti-Amnerikaanse sentimente wat in Europa posgevat het.

    Niemand kan betwis dat die Bilderbergkonferensie se eie styl grootliks vir die samesweringsoersepsies verantwoordelik is nie. Dit bestaan uit 130 invloedryke lede wat uitgenooi word, en die jaarlikse konferensies is nie oop vir die media of die publiek nie. Mediaverklarings oor waaroor besin is, is so skaars soos hoendertande.

    Wat wel bekend is, is dat daar – in die laaste tyd minstens – geen resolusies bespreek of geneem word nie. Geen stemmings word gehou nie. Die gedagte dat dit ‘n wêreldregering voorstaan, is deur ‘n jarelange lid as oordrewe maar nie heeltemal ongegrond nie, beskryf. In ‘n seldsame mediaverklaring is verduidelik dat dié konferensie maniere probeer vind om te voorkom dat oorloë, veral kernoorloë plaasvind.

    Dat Castro, van alle mense, hom oor die Bilderbergkonferensie uitspreek is pikant, om die minste te sê. Castro het immers self ‘n internasionale krisis veroorsaak deur Russiese kernwapens op die VSA se voorstoep te ontplooi, en dit is eers verwyder na ‘n oorlog gedreig het. Trouens, met die Bilderbergkonferensie in 2008 was ‘n kernvrye wêreld een van die hoofbesprekingspunte naas sake soos kuberterrorisme, proteksionisme, Afganistan, Afrika, die Islam en Iran.

    Castro self was deel van die wêreldkommunistiese ryk, en die doelstellings van wêreldoorheersing was kwalik bedek.

    Dat hy uitgesluit gevoel het van ‘n instansie wat nouer samewerking tussen die demokrasieë weerskante van die Atlantiese Oseaan bevorder het, is te verstane. Sy ondergrawing van demokrasie, nie net in sy eie land nie maar as Rusland se soldaat met afstandbeheer in lande soos Ethiopië en Angola, kan darem nie op die demokrasieë se brood gesmeer word nie.

    Omdat sommige mense floreer op samesweringsteorieë sal die wêreld nooit daarsonder wees nie. Intussen is Suid-Afrika ingetrek in ‘n veel meer sigbare samesweringsteorie van sy eie – die georkestreerde aanslag teen die media, die publiek se reg op vrye uitdrukking en dus die wese van die demokrasie. Dit oorheers ons dagblaaie nou so, dat ander nuus, veral saakmakende nuus uit die buiteland wat die land se toekoms op ander wyses raak as moontlike sameswerings, skaars is.

    Dit is goed dat die bedreiging van uitdrukkingsvryheid baie aandag kry, maar ook nie tot die punt dat dit tot selfopgelegde kennis-isolanisme lei nie. Daar is lewe buite ons landsgrense.

    free bet casinotopcargo отзывы