Inval van die imbesiele

Deel op

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Ek dink nie daar was al ooit ‘n tydvak wat só deur dom mense oorheers is soos Suid-Afrika oor die afgelope aantal dekades nie. Dit geld sowel die land as Afrikanerinstellings en -kultuur.

Om die braaivleisvuur word daar veel neerhalends gesê oor Jacob Zuma se standerdvierkwalifikasie, maar dis die minste van ons probleme. Wat as die skole en universiteite self die standerdviermentaliteit hul eie gemaak het en as die hele land in kinderlike sotterny verval het?

In Afrikaans het ons die mediagroep Naarpers wat dag na dag, week na week, sy ongeneeslike onnoselheid op ons uitstort. Jacob Zuma met sy standerd vier is veel slimmer as enige Naarpersrubriek- of hoofartikelskrywer. Naas hulle lyk die dansende Zoeloe van Nkandla na ‘n genie. Boonop beheer Naarpers vanuit Kaapstad die Afrikaanse letterkunde, kunstefeeste en alles wat daarmee saamhang. Sedert die sestigerjare het skrywers soos André P. Brink en Antjie Krog wat deur Naarpers as groot geeste voorgehou word, almal die kluts kwytgeraak. ‘n Hele gekkekoor het meegewerk om van die Afrikaner en van Suid-Afrika karikature te maak. Soos die hanswors in die sirkus wat ‘n ander hanswors naboots, het die sienings wat die land vanuit die media, die universiteite en in boeke en films oorspoel, al hoe eenvoudiger en gekker geword.

500px-Erasmus_logo.svgDaar is ten minste twee sienings van domheid. Een, wat in die sestiende eeu deur Erasmus in sy Lof der sotheid verwoord is, sien dit as ‘n wesentlike deel van die lewe, wat vir humor sorg en waarmee ons vir lief moet neem. Desiderius Erasmus (1466-1536) was ‘n Nederlander en dus Eurokaner wat in sy tyd een van die invloedrykste denkers in Europa was. Almal, van Duitse prinse tot die Pous in Rome, het sy boeke gelees. Hy word ook as die vader van die moderne onderwys beskou, van die gedagte dat die hele bevolking aan denke en kennis blootgestel moet word. In die Europese Unie is ‘n uitruilprogram vir studente dienooreenkomstig na hom vernoem.

Dwaasheid kan skadeloos en lagwekkend wees, maar kan ook tot rampspoed lei. Erasmus was geneig tot pasifisme en het daarom gesê dat diegene wat so maklik oorlog bepleit juis die onervarenes in oorlog is.

In Suid-Afrika en onder Afrikaners is domheid nie meer snaaks nie. By ons is dit die sinistere, gevaarlike sy van onnoselheid wat oorheers. Iemand wat meer onlangs oor domheid geskryf het, is die Fransman André Glucksmann wat in 1985 ‘n boek daaroor, La bêtise, die lig laat sien het. Glucksmann is een van die Franse intellektuele wat ook felle kritiek op kommunisme en die voormalige Sowjetunie gelewer het, iets wat hom sekerlik nie in die hedendaagse Suid-Afrika gewild sou maak nie. By ons word kommunisme as “die nuwe swart” gesien! Omdat die goddelike Mandela ‘n kommunis was, kan dit nie heeltemal sleg wees nie, redeneer mense in hul erbarmlike onkunde. In die Naarpersmedia en op voormalige Afrikaanse kampusse is marxistiese denke in die geesteswetenskappe tot die heersende ideologie verhef.

Erasmus, hoewel hy van Rotterdam was, het nie in Nederlands nie, maar wel in Latyn geskryf. In daardie dae was Latyn nog die taal van die geleerdes, maar nie lank ná sy dood nie, sou die volkstale van Europa ‘n sterk opbloei beleef. Die woord wat hy gebruik het, was stultitia wat “domheid” of “dwaasheid” beteken.

André Glucksmann
André Glucksmann

Soms sê ons in Afrikaans: “Hy is gevaarlik dom.” Moontlik is die Franse bedag op die gevaarlike sy van domheid omdat hul woord daarvoor, la bêtise, juis verband hou met die dierlike. La bête beteken immers “die dier”, ook in ‘n Bybelse sin. Om jou te verdom, beteken dus letterlik om jou te verdierlik of om so onnadenkend soos ‘n dier op te tree.

Glucksmann verbind domheid ook aan totalitarisme. As ‘n land hoofsaaklik deur dom mense beheer word, móét dit uiteindelik in outokrasie, korrupsie en dwingelandy verval. In La bêtise som Glucksmann domheid soos volg op:

“Quiconque réduit la bêtise à une simple faiblesse d’esprit la sous-estime: active, jalouse, conquérante, elle classe, ordonne, exclut; elle change d’avis, mais jamais s’avoue se tromper; elle promet divers avenirs radieux et se propulse comme le moteur de l’histoire.”

Overgezet synde:

Wie ook al domheid tot ‘n eenvoudige swakheid van die gees reduseer, onderskat dit: (dit is) aktief, jaloers, verowerend, dit klassifiseer, orden, sluit uit; domheid verander van mening, maar erken nooit dat sy ‘n fout gemaak het nie; dit belowe verskeie rooskleurige toekomste en dryf sigself soos die enjin van die geskiedenis aan.

By elke gedeelte van dié sin kan ‘n mens stilstaan en erken dat dit op ons en ons toestand van toepassing is:

  • Ons onderskat domheid. Daar is soveel dom, onbekwame mense wat deesdae in gesagsposisies verkeer dat ‘n mens jou nouliks ál die funeste gevolge hiervan kan voorstel!
  • Aktiewe domheid. Dis nie vir die dommes genoeg dat hulle dom is nie; hulle neem jou kwalik dat jy nié dom is nie! Daarom moet almal verdom word en diegene wat nie hierby inval nie, word uitgesluit, dus tot ketters verklaar en selfs vervolg.
  • Domheid verander van mening. Is dit nie só waar nie?! Hoeveel kere hoor ‘n mens nie iemand sanik oor hoe verskriklik apartheid was nie en dan dink jy by jouself: “Maar hoekom het jy dan vir die NP gestem?” Insgelyks vind ek dit onnosel verby dat soveel mense wat dink dat “FW die regte ding gedoen het” deesdae steen en been oor ANC-regering kla. Al gaan dit hóé sleg, sal die domme nooit erken dat hy ‘n fout begaan het nie.
  • Dit belowe ‘n rooskleurige toekoms. Weereens, alles wat ons tans in Suid-Afrika moet verduur, word geregverdig in die naam van die rooskleurige toekoms wat op ons wag. Eendag sal almal gelyk wees, almal sal matriekwiskunde slaag en almal sal wetsgehoorsame burgers wees. ‘n Mens moet klipdom wees om so iets te glo, maar dit is so min of meer wat die media en hul meningsvormers elke dag aan ons voorhou.

Gustav Venter is lief om die uitdrukking “die skrander Afrikaner” te gebruik. En dit is waar, op ‘n sekere vlak is ons steeds skrander; ‘n mens sien dit in die jaarlikse matriekuitslae en die vele prestasies wat Afrikaners steeds lewer. Maar danksy die invloed van Naarpers en die geesteswetenskappe aan ons universiteite wat in elke moontlike sin van die woord korrup geraak het, is ons as volk verdom. Met ‘n doel natuurlik, want dit is makliker om dom, onkundige mense te oorheers as slimmes en ingeligtes.

Die Franse koester ‘n heilige vrees vir domheid. Onnoselheid is ‘n konstante gevaar waarteen gestry moet word. Heel pessimisties het die skrywer Flaubert gesê:

“Dwaasheid is iets standvastigs, niks kan dit aanval sonder om daarteen verbrysel te word nie.”

Só is dit ook vandag in Suid-Afrika, ‘n land van stommerikke en idiote! Byna tevergeefs verset ‘n mens jou daarteen, want die dommes daarbuite verstaan niks behalwe die links-liberale propagandaslagspreuke wat reeds dekades lank die land oorspoel nie. Hulle val op hul knieë voor Madiba en aanbid die niet waaromheen hul eie verwarde gedagtes wentel en dwarrel.

Dog ‘n ander skrywer, digter en filosoof, Paul Valéry, het ook die opstand teen dwaasheid verwoord toe hy gesê het:

“La bêtise n’est pas mon fort.” (Domheid is nie my sterk punt nie.)

Suid-Afrika sal waarskynlik nooit van domheid genees kan word nie. Die vele plagiaatskandale rondom swart akademici is maar net die top van die ysberg, want die meeste blankes koester insgelyks ‘n afsku in oorspronklike of skeppende denke. Die Suid-Afrikaanse Engelse aap die Britte en Amerikaners na en deesdae – onder invloed van die anglofiele Naarpers – aap Afrikaners op hul beurt die Engelse na. Ons sit dus met ‘n land vol na-apers en napraters wat al prewelende oor Madiba soos slaapwandelaars oor die afgrond stort.

betiseDie beste wat ons kan doen, is om te probeer om ten minste ‘n gedeelte van Afrikaners se koppe weer vir kritiese denke oop te stel. Ná alles is Erasmus darem ook ‘n Afrikaanse van! Onder ons voorsate was daar briljante mense wat groot wetenskaplike prestasies gelewer het, wat die land met wysheid geregeer het en nie daarvan teruggedeins het om feite en waarhede uit te wys wat hulle ongewild sou maak nie.

Domheid was nog nooit die Afrikaner se sterk punt nie. Ongelukkig was Afrikaners goedgelowig genoeg om hul lot aan die domste politici in die geskiedenis toe te vertrou. Niemand hoef meer oortuig te word dat FW de Klerk en Roelf Meyer twee hopelose onderhandelaars was wat geensins die werklikhede van Afrika en Suid-Afrika in ag geneem het toe hulle ons land sonder rmeer op ‘n skinkbord aan ‘n misdadige, ekstremistiese groep soos die ANC oorhandig het nie. Die boek deur die Nederlandse akademikus, Stephen Ellis, External mission: the ANC in exile, 1960-1990, bevestig dit, want dit ontbloot die hopelose onbekwaamheid van die veel geroemde ANC wat op sigself ‘n klomp narre was. ‘n Vooraanstaande lid van die SAKP het die sogenaamde “gewapende stryd” as ‘n “klugspel” (charade) beskryf; nietemin het die klugspel Suid-Afrika verower, waar sodanige klug tans voortgesit word.

Steeds foeter ons mense egter agter dom leiers aan, asof hulle nou as’t ware aan dwaasheid verslaaf is! Helen Zille was ‘n middelmatige joernalis wat destyds nie deur insig nie, maar deur Boerehaat geïnspireer is om ‘n mindere rol in die ANC se propaganda-oorlog teen die NP te speel. Sy en haar baas, daardie horingdom Engelsman Allister Sparks, wat steeds af en toe sy stommiteite in die Business Day verkondig, het omtrent in stuiptrekkinge van Afrikanerhaat in die destydse Rand Daily Mail verval. Tipies aap sy ook die Britte in hul aanbidding van die swartman na. Blykbaar is daar meer plakkate wat Mandela vereer in Kaapstad waar haar party regeer as in die res van die land. Hoe meer sy in haar blou tekkies saam met swart vroue dans, hoe meer hou die blanke kiesers daarvan. Dis asof sy en Jacob Zuma gesamentlik ‘n nasionale dodedans uitvoer, en bietjie vir bietjie sterf Suid-Afrika. ‘n Wolk van reddelose onnoselheid sweef oor Zille wat waarskynlik nog nooit agtergekom het dat Suid-Afrika nie Engeland is nie — en Kaapstad nog minder die res van Suid-Afrika.

Lenin het mos gepraat van die “nuttige idioot” van wie polities misbruik gemaak kan word. As ons nou praat van die destydse Dakar-gangers, sulke verloopte Afrikaners wat hulle verbeel het dat hulle skrywers of akademici was, dan is ons geneig om die klem op “nuttig” te plaas. Ons dink gewoonlik daaraan hoe Joe Slovo, Thabo Mbeki en wie ook al die spul patete net gebruik het. En ons vergeet dat hul idiotika hul nuttigheid by verre oortref het!

Oorlede Van Zyl Slabbert, wat ook in Dakar was, is verreweg een van die domste mense wat ek ooit die twyfelagtige voorreg gehad het om te ontmoet. In die jare voor sy dood het Slabbert sulke hippie-poncho’s of los hemde gedra om sy groot boeppens weg te steek. Indien hy ooit ‘n brein gehad het, het dit tot in sy maag afgesak en is daar deur die maagsappe halfpad verteer, wat die stommiteite sou verklaar waarmee hy dikwels vorendag gekom het. Natuurlik beskou Naarpers hom vandag as ‘n “groot leier” of iets omdat hy soortgelyk aan soveel ander die verpersoonliking van die Verraaierkaner was. “As jy verraad kan pleeg, is jy slim,” is een van die slagspreuke van die moderne moroon.

Van Zyl Slabbert het egter ‘n ander rol ook gehad: Hy het as ‘n soort hofnar vir die stomonnosele plaaslike Engelse liberale opgetree. Hy is openlik uitgelag omdat selfs hulle kon sien hoe dom hy was, maar dit het hom soos enige hofnar net ‘n gevoel van vervulling gegee!

“Domheid is nie my sterk punt nie,” het Paul Valéry gesê. Maar domheid was júís Van Zyl Slabbert se sterk punt. Hy het ‘n besondere talent daarvoor gehad. Die Universiteit van Stellenbosch sou hom selfs postuum ‘n eredoktorsgraad in dwaasheid kon toeken, soos hulle postuum ‘n eredoktorsgraad aan die kommunis Bram Fischer uitgeloof het.

Ek wil nie eens oor die Universiteit van Stellenbosch, daardie setel van alles wat substandaard en stomonnosel is, begin uitwei nie. Domheid word op Stellenbosch met ‘n soort blye bombasme gepleeg, iets waaroor Leon Lemmer ons al heelwat ingelig het. Die gemiddelde professor in filosofie of staatsleer op Stellenbosch het nog nooit van Desiderius Erasmus gehoor nie. Wat nog te sê Flaubert of Valéry. Selfs al sou hulle, is dit nie vir hulle belangrik nie. Hulle woon in Madibië en is Madibiese sotte vir wie slegs die valse clichés (“lewenswaarhede”) van Mandela oor enige waarde beskik.

Sodra ‘n mens jou radarskerm vir domheid aanskakel, wemel dit van liggies in die ruwe Suid-Afrika. Die Daily Maverick is natuurlik berug vir sy pretensieuse, dom Engelse joernaliste en rubriekskrywers. Dié webblad herinner my onvermydelik aan Nietzsche se woorde in Also sprach Zarathustra:

“…und auch jetzt noch ist der Mensch mehr Affe, als irgend ein Affe.” (…en nou nog is die mens meer aap as enige aap.)

Maar natuurlik “vat” Naarpers se versameling werfbobbejane telkens “die koek”, soos hulle sê. Leon Lemmer het al daarop gewys hoe min Naarpers-redakteurs, asook lede van hul topbestuur, oor tersiêre kwalifikasies beskik. Nie dat ‘n universiteitsgraad hoegenaamd intelligensie waarborg nie. Ek kry die gevoel hulle deel deesdae Ph.D.’s in gelukspakkies uit wat jy by Checkers kan koop. Ook skryf eerstejaarstudente op die kampusse tans sommer terselfdertyd vir ‘n “geletterdheidskursus” in saam met die res van hul vakke, dus kan ons aanneem dat selfs ongeletterdes deesdae by die universiteite welkom is. Met Jonathan Jansen en Russel Botman aan die stuur van sake, kan ons maar ophou om van standaarde te praat en eerder na “laagdalings” verwys en trots wees op hóé laag ons kan daal!

Ek kan nie wag dat Beeld en Die Burger weens die stommiteite waarvan hul blaaie daagliks wemel, finaal sluit nie. Dit sal die Afrikaner van ‘n voedingsbron van dwaasheid verlos. Die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, lyk by uitstek na ‘n na-aper. Ek kan sien hy verlang terug na die dae toe hy by ‘n Engelse koerant was en toe hy belangriker gevoel het. Hy twiet ook naarstiglik op Ingels vir al wat dowwe ster aan die firmament van plaaslike Engelse domheid is, in die hoop dat hulle hom sal raaksien. Hy verpersoonlik die Madibiese moroon wat ‘n soort narsistiese behae in sy eie stuipagtige vertraagdheid skep. Hy is ‘n post-Afrikaner- Afrikaanse of Afrikaan à la Van Zyl Slabbert. Om dit te verstaan moet ‘n mens ‘n rolprent soos The last king of Scotland kyk of die meer onlangse Deense dokumentêr, The ambassador, waarin ‘n Deense joernalis ‘n string swartes omkoop om uiteindelik die Liberiese ambassadeur in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te word sodat hy vrylik diamante met diplomatieke immuniteit kan smokkel. Dit beeld die klugtige aspek van Afrika-regering op besonder treffende wyse uit en ‘n mens kan sien dat Adriaan Basson en sy geesgenote – eintlik buikgenote, want oor ‘n gees beskik hulle nie – uitsien na ‘n tyd in die nabye toekoms wanneer Suid-Afrika ewe korrup en dom as die Sentraal-Afrikaanse Republiek gaan wees.

Só wurg die werfbobbejane aan hul kettings en sê vir hulself bôgom in die spieël van hul onkunde.

Bestry domheid: Ondersteun PRAAG!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.