Leon Lemmer: Jacques Pauw oor Suid-Afrika as ‘n ‘gangster’-staat

Jacques Pauw

In sy boek, The president’s keepers: Those keeping Zuma in power and out of prison (Cape Town: Tafelberg, 2017, 423p; Amazon Kindle $17,66) beskryf Jacques Pauw Suid-Afrika as “Zuma’s gangster state – the state within the state” (Kindle 3741). Suid-Afrika is glo “[on] the brink of a mafia state” (72). In ‘n land wat in so ‘n groot mate in kriminaliteit verval het, word “gangster” tot my spyt deesdae as ‘n Afrikaanse woord erken (AWS, 2017, p 323). Pauw openbaar merkwaardige talent vir ondersoekende joernalistiek. Hy verdien die finansiële voordeel wat sy arbeid oplewer en die publisiteit wat hy tans geniet, al toon die boek duidelike tekens van die haas waarmee dit geskryf is.

Wat in gedagte gehou moet word, is dat Pauw en sy boesemvriend/”gabba” (210) en “maverick” (869), Max du Preez, jare lank propaganda vir ‘n swart politieke bewind in Suid-Afrika gemaak het, bv toe hulle albei joernaliste by die Vrye Weekblad was en ook toe hulle aan die SABC verbonde was. In daardie sin is hulle daadwerklik mede-aandadig aan die huidige onverkwiklike situasie. Deesdae woon albei in Riebeeck-Kasteel, waar die tradisionele inwoners hulle teenwoordigheid kwalik sonder meer as ‘n aanwins kan beskou. Du Preez pleeg steeds aweregse joernalistiek en beveel die boek op die voorkant aan, terwyl Pauw sy boek benut om sy restaurant te adverteer.

“There were times during the writing of this book when I felt as though I was back in the late 1980s at the anti-apartheid newspaper Vrye Weekblad, where we exposed the police death squad at Vlakplaas. Then we lived under a white dictatorship” (45). Die boek kan help om Jacob Zuma en (sommige van) sy meelopers uit hulle magsposisies te ontsetel, maar die outeur en Du Preez sal niks doen om die land op ‘n heeltemal ander en beter grondwetlike grondslag te plaas sodat blankes en veral Afrikaners tot hulle reg kom nie. Pauw verwys na “our beautiful Constitution” (1120) en daarteenoor na die Boeremag as ‘n “gang of Afrikaner separatist right-wingers” (307).

“What I regard as the primary objective of Zuma’s presidency: to stay out of prison … This is closely followed by his greed to fill his and his family’s pockets. Cronies are welcome to help themselves but their priority is to assist him to retain his freedom. Only after Zuma has looked after himself comes the small little problem of governing the Republic and its millions and millions of hungry, uneducated and jobless voters who are looking to him for salvation and deliverance” (232). Hierdie tekort aan kos, onderwys en werk word deur die miljoene onwettige inkommers vererger, maar Pauw verwys nie daarna nie. “In the dying minutes of 30 March 2017, Zuma emptied his cabinet of his critics and replaced them with collaborators and keepers” (4873).

Wat dwarsdeur die boek opval, is hoe baie oudterroriste tans hoë poste beklee, selfs sonder dat hulle matriek as kwalifikasie het. Die resultaat is onvermoë om suksesvol te funksioneer. Immorele en misdadige gedrag kom in baie gevalle voor. As sulke javels se werksituasie plaaslik onhoudbaar word, gebeur dit glad te dikwels dat hulle ambassadeursposte in die buiteland kry. Hulle oorkompensasie word dus ten koste van die belastingbetalers voortgesit. Dit is verbasend hoe baie misdadigers van een pos na ‘n ander herontplooi word. Pauw verkwalik hulle net vir misdade van ‘n nie-politieke aard. Nêrens opper hy beswaar teen die politiek-gemotiveerde misdade wat hulle voor 1990/94 ten koste van die blanke bewind en die land gepleeg het nie. Twee ANC-“vryheidstryders” wat in topposte in die polisiemag ontplooi is, word deur Pauw geloof vir hulle “devotion to law and order. They are the faceless heroes of our police force” (4370). Elders sê hy egter van die polisiediens: “The rot is deep and wide” (4887) en “the last thing criminals in this country fear is the police” (4939).

Volgens Pauw word die Staatsveiligheidsdiens op so ‘n manier gelei en beman dat Zuma en sy meelopers beskerm word. “The problem with the recent history of crime intelligence is this: there is little honour, no moral compass, a complete lack of integrity. And this is why South Africans should be very, very concerned” (4723). Aanvanklik was wat by die Staatsveiligheidsdiens gebeur het nie kenmerkend van die Inkomstebelastingsdiens nie, maar deesdae is die situasie daar dieselfde. Nie net word Zuma se nie-nakoming van sy belastingverpligtinge met ‘n sagte hand benader nie, maar ook dié van kriminele elemente, bv gangsters; dermate dat baie minder belasting ingevorder word as wat moontlik is.

Wetstoepassingsagentskappe, bv die Nasionale Vervolgingsgesag en die Polisiediens, span ook saam om die Zuma-kabaal te beskerm. “The government’s law enforcement agencies have been disembowelled to guard the politically connected cronies of our rulers” (4017). “The police have declined into a bunch of fractured, bungling and hopeless law enforcers who are fast losing the war against crime” (4273). Blykbaar is die howe nog redelik vry van hierdie verderflike invloed.

Die finansiële mag en gevolglik invloed van die Guptas word uitgebeeld as wesenlik deel van die staatskaping; dus dat Zuma en sy meelopers na hulle pype dans. Thuli Madonsela se verslag “unmasked the Zuma presidency as oozing Gupta puss from virtually every state orifice” (4796). Hierdie probleme begin by en sprei uit van Zuma, onder meer omdat hy finansieel roekeloos en gierig is – “a financial leech and sycophant” (973), “a financial problem child” (1014) – terwyl hy as staatshoof ‘n voorbeeld behoort te stel. In sy private lewe is Zuma ook nie gedissiplineerd nie. Pauw verwys bv na Zuma se “polygamy and serial philandering” (973). “[He] had scant control over his carnal urges” (1080).

Die opset geskets in die vorige drie paragrawe bring mee dat by uitstek pro-Zuma-mense hulle in daardie topposte bevind en dat staatsgeld op groot skaal en op misdadige maniere vermors word. Pauw skryf van “squads of hooligans that are prepared to harass and hound any Zuma adversary into submission” (571). Daar is geen manier hoe Suid-Afrika in sy huidige situasie ekonomies vooruit kan gaan en voorspoedig kan wees nie. Dit gaan om baie meer as ‘n “klein fokôppie” (617). In politieke geledere word daar graag beweer hoe immoreel die blanke bewind was, maar deesdae is die swart regering sekerlik in groter mate immoreel.

Pauw gaan eintlik (of grootliks) van die standpunt uit dat hierdie immoraliteit met Zuma se staatshoofskap begin het en korrupsie veral in sy tweede termyn buite beheer geraak het. Myns insiens het baie van die ANC-kamerade van 1994 af eerder na hulle eiebelang as die landsbelang omgesien, “using state resources and agencies all the way for their own benefit” (4409). Immoraliteit is ‘n wesenskenmerk van die ANC en het met verloop van tyd bloot al hoe meer momentum gekry. Dieselfde verskynsel kom in ander Afrikalande voor, bv Kenia. Lees in hierdie verband bv Michela Wrong se boek (wat ek nog wil bespreek): It’s our time to eat: The story of a Kenyan whistle-blower (2009, 371p; Amazon Kindle $11,83).

“The state’s integrity is in peril. Our state institutions have been hijacked for the benefit of the elite few … the state, the government, the ANC and the president have been infiltrated and turned into enablers of the violation of our sovereignty. This has impoverished the nation, crippled key state institutions and jeopardised our security. This is nothing but treason, a breach of the allegiance that every citizen owes to his or her country. It becomes more serious when committed by those entrusted by the Constitution, and by law, to prevent this” (4504). “Zuma is the ‘ultimate traitor’ for having subverted the police, the Hawks, the National Prosecuting Authority (NPA) and the intelligence agencies” (4517). “Perhaps the greatest wound that Zuma has inflicted upon our Republic is that he has buried decency and accountability under rubbish heaps of sleaze and corruption” (5041).

Waarin Pauw slaag, is om talle ongure dinge waarvan ons oor die afgelope jare in die politiek en openbare lewe kennis geneem het – “an orgy of depravity and venality” (757) – met mekaar in verband te bring; ‘n tafereel waarin geen ordentlike, beskaafde mens behae het nie, maar waarvan verantwoordelike burgers kennis behoort te dra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.