‘n Sogenaamde “taalwerkgroep” aan die Universititeit van Pretoria het, soortgelyk aan die Jonathan Jansen-beleid by Kovsies, “aanbeveel dat alle klasse en eksamens voortaan net in Engels aangebied word”. Volgens die werkgroep lei die huidige parallelmediumbeleid tot “rassesegrasie en indirekte diskriminasie”. Die werkgroep regverdig die afskaffing van Afrikaans aan die universiteit só:
“Weens die snel en toenemende diversifisering van personeel en studente aan die UP, is die parallelmediumtaalbeleid nie meer ekonomies verdedigbaar en prakties uitvoerbaar nie.”
Waarskynlik word die sinsnede “nie prakties uitvoerbaar nie” gebruik omdat die werkgroep verby artikel 29 van die grondwet wil stuur wat vir moedertaalonderrig “waar prakties uitvoerbaar” voorsiening maak.
Die aanbeveling is verlede naweek deur verskeie rolspelers op die kampus, waaronder radikale swart en Engelse groepe, opgestel. Afriforum Jeug het uit protes uit die vergadering gestap omdat hulle, volgens Henrico Barnard, woordvoerder van die organisasie op die kampus, “geïgnoreer is”.
Die idee is dat Afrikaans op die kampus tot op dieselfde vlak as Pedi afgeskaal sal word. Tydens ‘n oorgangsfase na volslae verengelsing, sal enkele tutoriale en studiemateriaal nog “in Afrikaans en Pedi” beskikbaar gestel word.
PRAAG het reeds vroeër ‘n petisie met meer as 14 000 name aan die universiteit voorgelê waarin geëis word dat Afrikaans op die kampus behoue moet bly.
Vanuit koekserwatiewe Afrikaanse kringe het ‘n geweeklaag opgeklink. Volgens Netwerk 24 het prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, gesê dat “die besluit ’n negatiewe invloed op Afrikaans as wetenskapstaal gaan hê. Dit voel asof daar nie genoeg geleentheid was vir raadpleging nie.”
Die ATKV het by monde van mnr. Japie Gouws gesê sy spyt uitgespreek dat “gesprekke (oor taal) gepolariseerd van aard is”.
Die universiteit het ook op sy webblad aangekondig dat voorleggings oor die taalbeleid tot Vrydag 3 Junie aan ‘n “Onafhanklike Transformasiepaneel” gemaak kan word:
Die Raad van die Universiteit van Pretoria het by sy vorige vergadering besluit om ‘n onafhanklike liggaam te skep om hom oor transformasie, insluitende taalbeleid en institusionele kultuur, te adviseer.
Hierdie liggaam is nou saamgestel en het op Vrydag 20 Mei 2016 vergader. Dit word die ‘Onafhanklike Transformasiepaneel’ (die Paneel) genoem.
Die voorsitter van die Paneel is regter Johann van der Westhuizen, voormalige regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika en die Noord-Gautengse Hoë Hof, wat ook betrokke was by die skryf van Suid-Afrika se tussentydse en finale Grondwette. Die ander lede is me Khanyisile Kweyama, hoof uitvoerende beampte van Business Unity South Africa (BUSA) en voorsitter van die Raad van Trustees van Brand South Africa; dr Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), besturende direkteur van die NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies en leier van die Voortrekkerbeweging; professor Sheila Mmusi, voorsitter van die Setswana-taalkommissie van die Academy for African Languages (ACALAN) van die Afrika-unie, lid van die direksie van Plus94Research en hoof van die departement Mediakommunikasie en Inligtingstudies aan die Universiteit van Limpopo; regter Jeremiah Shongwe, regter van die Hoogste Hof van Appèl en voormalige Adjunkregterpresident van die Noord-Gautengse Hoë Hof; asook professor Adam Small, filosoof, digter, dramaturg en Hertzog-pryswenner.
Die Paneel funksioneer onafhanklik van die bestuur van die Universiteit van Pretoria. Dit sal slegs aan die Raad verslag doen, by sy vergadering wat vir 22 Junie 2016 geskeduleer is. Die Paneel se aanbevelings sal, in oorleg met die Raad, ook aan die publiek bekend gemaak word.
Die Paneel se onmiddellike fokus is op die Universiteit se taalbeleid. Ander transformasiekwessies, soos institusionele kultuur en kurrikulumtransformasie, mag na 22 Junie 2016 aangespreek word.
Alle eksterne en interne belanghebbendes van die Universiteit word genooi om nie later nie as 16:00 op 3 Junie 2016 voorleggings aan die Paneel te doen by council.raad@up.ac.za oor –
- die huidige taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (die huidige taalbeleid is hier beskikbaar: http://www.up.ac.za/media/shared/409/taalbeleid.zp84977.pdf);
- voorstelle rondom ‘n nuwe taalbeleid;
- die redes vir enige voorstel onder (b); en
- voorstelle betreffende die regmatige en praktiese implementering van enige nuwe taalbeleid of veranderinge aan die bestaande beleid.
Voorleggings moet bondig en hoogstens agt bladsye lank wees. Veel korter voorleggings is welkom. Slegs een voorlegging per persoon of organisasie sal oorweeg word. Die Paneel se fokus sal op beredeneerde substansiële kommentaar en voorstelle wees, eerder as die getal, moontlik herhalende, voorleggings wat ‘n bepaalde standpunt ondersteun.
Die Paneel werk onafhanklik van huidige interne Universiteitsprosesse oor transformasie, soos die ‘werkstrome’ wat op ‘n lekgotla in Maart ingestel is. Ons sal dit egter waardeer as die uitkomste van daardie prosesse aan die Paneel voorgelê word vir oorweging en insluiting in sy verslag. Enige uitkomste van bogenoemde prosesse moet in elk geval die normale roete deur Universiteitstrukture volg, soos die Institusionele Forum, Senaat en Raad.
Groepe en individue wat aan bogenoemde prosesse deelneem of deelgeneem het, of verkies het om nie daaraan deel te neem nie, is welkom om hulle sienings aan die Paneel voor te lê in ooreenstemming met paragrawe 6 en 7 hierbo.
Verdere inligting oor die Paneel en sy werk kan verkry word van die voorsitter, via me Thanyani Mahanya by thanyani.mahanya@up.ac.za of me Elzanie Slabbert by (elzanie.slabbert@up.ac.za).
Ons hoop dat sinvolle voorleggings ontvang sal word in ‘n gees van openheid, vertroue en samewerking, ten einde die Universiteit van Pretoria vorentoe te neem om die belangrike rol te speel wat hy in ons grondwetlike demokrasie moet speel. Dit mag van waarde wees om onsself te herinner aan die Aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika:
‘Ons, die mense van Suid-Afrika,
Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –
Die verdeeldheid van die verlede te heel en ‘n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die grondslag te lê vir ‘n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
‘n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ‘n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Die grondliggende waardes in artikel 1 van die Grondwet is:
Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede.
Nie-rassigheid en nie-seksisme.
Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.
… demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, ‘n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.’Die lede van die Onafhanklike Transformasiepaneel sien daarna uit om u waardevolle bydrae te ontvang.

Hoe onderrig in Afrikaans “rassesegregasie” en “diskriminasie” kan daarstel, gaan die verstand te bowe. Die soort sinsnede, “indien prakties uitvoerbaar”, kom telkens voor in beleidskrifte van hierdie aard, ook aan die Universiteit van Stellenbosch. Tereg wys Praag daarop dat die sinnetjie daarop gerig is om die skuiwergat wat in die “Grondwet” gelaat is, te benut om Afrikaans uit te kikker. . In die beleidskrifte van die Universiteit van Stellenbosch kom herhaaldelik voor sinsnedes soos “waar moontlik” of “indien prakties uitvoerbaar” en in die jongste geval “waar tyd dit toelaat”. En dan “onafhanklike transformasiepaneel”! Hoe op aarde kan ‘n transformasiepaneel “onafhanklik” wees as ons almal weet wat “transformasie” beteken. Hierdie mense hou ons vir die gek. Ek ken nie die samestelling van die “taalwerkgroep” nie, maar wil my verstout om te sê dat nuttige idioot Afrikanergatkruipers en hensoppers maar wel weer ‘n leidende rol daarin gespeel het. En ook die armsalige kommentare uit koekserwatiewe kringe: “Die besluit gaan ‘n negatiewe uitwerking op Afrikaans as wetenskapstaal hê” en “daar was nie genoeg geleentheid vir beraadslaging nie” en “dis jammer dat gesprekke oor taal gepolariseer is”. ‘n Mens kan amper van hulle verwag om te sê dat die nuwe taalbeleid minstens tot voordeel van Pedi as wetenskapstaal is.
Karel jy weet mos Afrikaans is die taal van die Boer en die anderskleuriges en sleg Afrikaners voel onderdruk deur ‘n Taal so mooi soos ons s’n. Hulle praat eerder die taal van die Vader van Apartheid en moordenaar van die Boer. Hulle het ‘n beter konetasie daarmee omdat hulle uit die staanspoor besef dat hule ons nooit gaan onderkry nie, ingebore Minderwaardegheids Komplex. Al wat hy in Afrikaans kan se is as hy met sy oop hand staan en bedel is “Asseblief my Baas ek es honger”
Mense of ons kinders nou in Afrikaans of Engels leer die
feit van die saak is – standaard. Kom
ons mors nie meer kosbare tyd nie – die engels waarop die “I inglish” op aandring
gaan geen blanke benadeel nie net hulle eie “I inglish” studente wat net
opsomming gaan leer (met punte aanpassing oor die agter geblewenheid) – teenoor
die Afrikanerkinders wat die opsommings lag-lag gaan baasraak en dan nog
navorsing in Afrikaans en n paar internasionale tale sal kan doen.
Die probleem is nie Afrikaans nie – die probleem is dat
hulle redelik magteloos is om ons jongmense se intellek te inhibeer tot op n
vlak waar die swartjongmense kan bykom.
Vandat Adam Small sy heelhartige steun aan die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch toegese het, het sy aansien as onafhanklike taaladviseur skielik merkwaardig toegeneem.
Ek verstaan waaroor die gesprek gaan en oor die uitwisting van ons taal. Maaf regtig my vriende. Al moet ons kinders nou in ingels leer is ons nog steeds hulle en die taal se baas. Dink hulle en julle nou regtig n slim boer kind gaan swaar kry onder die taalsverandering.
Mense Hulle kan ons op geen vlak baas raak nie. Letterlik op geen vlak nie. So laat hulle die taal verander dan presteer die boere nog steeds so goed indien nie beter nie. Elke liewe fliek en alles op tv is elkgeval engels. Sosiale media is engels. Alle items wat verkoop word is engels. Ons boere kinders raak elkgeval groot met engels in ons huis. Die boer sal hul baas in alle vlakke bly
Wel aangesien hulle ons kultuur wil opdonner kan ons student private studente huise skep wat kan fokus op alles wat Afrikaner is. Gee vir hulle die koshuise sodat hulle hul verkragtingskultuur daar verder kan uitbrei.
Ek glo nie dit gaan die 30% help nie. Hul modus operandi is om als verniet te kry,of iets word gebrand. Om oor te skakel in Engels,sal die gespuis net meet terug sit