Afrikaners behoef ’n politieke ommekeer

In voorafgaande artikels in die Geskiedenisafdeling van dié webwerf is gepoog om kortliks (ja, baie kortliks!) en oorsigtelik na politieke tendense te kyk binne vier periodes:

Die indruk kan nie ontsnap word nie dat, met hier en daar ‘n suiwer uitsondering (dr. D.F. Malan en dr. H.F. Verwoerd), daar deurlopend gebrekkige leierskap voorgekom het. Generaal Louis Botha, generaal Jan Smuts en F.W. de Klerk val in die kategorie van meelopers met die Afrikaner se tradisionele vyande.

Die konflik tussen Afrikaner en Engelsman is in die demokratiese politiek sedert 1948 binne die konteks van Afrikanerregerings versus die Engelse opposisiepartye en pro-Britse pers volgehou.

Die Engelse anneksasie van Natal en die Kaap asook die twee Vryheidsoorloë is ‘n tragedie wat moeilik uitgewis kan word.

Tewens, die Engelse politiek, meer as enige iets anders, het die stryd teen sg. “apartheid” geïnternasionaliseer. Dit is die Engelse sakesektor wat die oorsaak is dat die Verwoerdiaanse ekonomiese beleid van grensnywerheidsontwikkeling en op die agentskapsbasis in die tradisionele swart tuislande misluk het. Ook die onbeheersde instroming van swartes na die vier provinsies, in die soeke na werk, is die resultaat van ‘n Engelse ekonomiese beleid. Insgelyks was die verabsolutering van die Engelse Westminsterstelsel die groot dryfveer agter die revolusionêre politiek van die swart bevrydingsorganisasies. Daar kan vandag gekonstateer word dat die ANC die Engelse koloniale politiek van die groot imperialiste – Cecil John Rhodes en andere – waarmaak. Vandaar die beroepsdiskriminasie teen Afrikaners, die onsimpatieke verandering in die name van historiese dorpe, geboue en straatname, asook die verengelsing van die onderwys.

By terugskoue moes die Suid-Afrikaanse politiek totaal anders ontplooi het. Die tendens van groter afstand tussen SA (die Afrikaner) en die Britse Gemenebes (die Engelse politiek) moes regdeur gehandhaaf gebly het. Groter kontak moes bewerkstellig met Nederland en Duitsland gewees het. Vandag in die jaar 2010 het die Britse invloed in die internasionale politiek dermate getaan dat SA se betrokkenheid by die Britse Gemenebes ‘n holle gebaar is. Tans is Duitsland een van die sterkste lande van die Europese Unie.

Die Rhodesiese Engelse het tot ‘n groot mate hulle gat gegrawe. Jan Smuts het gedurende sy regeringstyd gepoog om Suid-Rhodesië by SA te laat aansluit. ‘n Referendum is gehou, maar die kortsigtige Engelse het oorwegend gestem om nie deel van SA te word nie. Hulle redes was grootliks die teenwoordigheid van Afrikaners in die Republiek!

Die daadwerklike optrede van Ian Smith om met Brittanje te breek en UDI (Unilateral Declaration of Independence) uit te roep, was egter ‘n heldedaad. Die feit dat SA vir Ian Smith in die steek gelaat het, was ‘n daad van verraad. ‘n Alliansie tussen SA en Rhodesië, met al die opofferinge wat dit sou vra, sou die regionale geskiedenis anders geskryf het as wat tans die geval is. By terugskoue het Robert Mugabe die ontwikkeling van Zimbabwe dermate geknak dat dit dekades sal neem om te herstel – indien ooit!

Die fout met die hantering van Rhodesië (onder Vorster en Pik Botha) is in die hantering van SWA (onder P.W. Botha en Pik Botha) herhaal. Namibië is in die hande van SWAPO se Nujoma oorgegee.

‘n Alliansie tussen SA, Rhodesië en Suidwes-Afrika kon die Suider-Afrikaanse politiek op ‘n totaal nuwe model en rigting laat ontplooi het.

Die feit dat die onafhanklikheid van die TBVC-state deur F.W. de Klerk (weer met die steun van Pik Botha) opgehef is, was die grootste daad van lafhartigheid denkbaar.

‘n Alliansie tussen Verwoerd se SA, Ian Smith se Rhodesië, dr. Savimbi se Angola, Lukas Mangope se Bophuthatswana en ander goedgesinde swart leiers in die TBVC-state kon ‘n Suider-Afrikaanse konfederale regstaat tot stand gebring het, wat tot seën vir Afrika en vir die Europese gemeenskap sou gewees het.

Wanneer ons fokus op die politieke geskiedenis van SA moet ons ruiterlik erken dat ons “leiers” ons in die afgrond in bestuur het. Daar was en is nog steeds ‘n kortsigtige politiek onder ons waarneembaar. Wat in die omstandighede nodig is, is om ‘n nuwe kader leiers behoorlik op te lei. Dit is dus nog nie te laat om ‘n ander koers in te slaan nie. Maar, dan sal die rigting duidelik uitgespel moet word en ‘n strategie uitgewerk moet word om dit waar te maak. Dit is nooit te laat om ‘n politieke ommekeer te maak nie.

воздухаданильченко юрій броніславович

Chris Louw se dood so tragies soos Verwoerd s’n

Die nuus dat Chris Louw vandag dood op sy plasie anderkant die Hartebeestpoortdam aangetref is ná ‘n skynbare selfmoord, het vir my persoonlik as ‘n geweldige skok gekom. Nie net omdat ek Louw goed geken het nie, maar omdat ek ‘n spesiale band met hom gevoel het.

In baie opsigte het ons ‘n gedeelde geskiedenis gehad: as rebelle of opstandelinge in die ou Suid-Afrika wat sterk krities teen die destydse Broederbond, Afrikaanse koerante en Nasionale Party was, maar wat toenemend ook deur die huidige bestel ontnugter is. Vandaar die feit dat PRAAG se heel eerste boekpublikasie in 2000 ‘n uitgawe van die volledige “Ope brief aan Willem de Klerk” was wat Louw destyds aan die broer van FW de Klerk gerig het.

Tydens gesprekke oor die afgelope weke was ek en Chris dit ook eens oor die huidige penarie waarin die Afrikaner hom bevind en ek het gevoel dat hy veel nader aan my eie standpunt beweeg het, dat ons as volk teen die geweld en verdrukking moet begin saamstaan. Hoewel hy dit volkome met my eens was, het hy gesê dat hy op die oomblik nie te regstreeks met PRAAG kon assosieer nie omdat sy “laaste bron van inkomste” die vryskutartikels was wat hy vir Rapport en Beeld geskryf het. Omdat hy bekend was met die sensuur en onverdraagsaamheid van Naspers en die verraderlike Afrikanerheersersklas, het hy geweet dat hy in sy woorde, “sy eie keel sou afsny” indien hy te ooglopend tot ons webblad sou bydra.

Ek het ook vir Louw gevra of ek van sy boekpublikasies aanlyn beskikbaar kon stel en hy het geredelik daartoe ingestem. Tesame met Patti Waldmeir, die voormalige Suid-Afrika-korrespondent van die Britse Financial Times, het Louw in Boetman en die swanesang van die verligtes die skryendste onthulling oor die jammerlike oorgawe van FW de Klerk en Roelf Meyer gepubliseer.  Louw, wat die onderhandelings by Kemptonpark bygewoon het, was ‘n persoonlike getuie van die naïwiteit, onbekwaamheid en boosheid van die Afrikanerheersersklas se verteenwoordigers wat ons volk aan die ANC en sy buitelandse prinsipale uitverkoop het.

Die eerste gedagte wat by my opgekom het toe ek van Louw se dood verneem het, was: “Die Afrikanerheersersklas het Louw vermoor.” Louw is geestelik en waarskynlik finansieel geknak deur die huidige bestel waaroor die oorblywende lede van die Afrikanerheersersklas en die ANC se bende korruptes soos aasvoëls waak en alle kritiese denke en dissidensie as bedreigings beskou wat met wortel en tak uitgeroei moet word.

Terwyl Louw by die SAUK as regisseur van die aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum werksaam was, het ons dikwels oor ‘n drankie of koppie koffie in Melville die korrupsie en onbekwaamheid by daardie instelling bespreek. Louw het ‘n persoonlike stryd teen Snuki Zikalala wat destyds nuushoof was, gevoer en was konstant aan die ontvangkant van maatreëls teen hom soos dissiplinêre verhore en allerlei besware wat uit die lug gegryp was. Zikalala was ‘n alkoholis wat onder andere in sy dronkenskap ‘n ongeluk in die parkeergarage van die SAUK gemaak het, iets waaroor geen haan gekraai het nie.

Vandag oor RSG het sy voormalige kollegas van hom ‘n polities korrekte en ‘n linkse probeer maak; watter belediging vir hom. In wese was Louw liberaal in sy uitkyk en daarom het hy geglo dat daar meer as een sy van die waarheid is. Maar Louw was ook ‘n onbeskaamde Afrikaner wat die beste uit ons onderdrukte Afrikaanse tradisie van vrye en onverskrokke denke verpersoonlik het. Hy het ‘n lewendige belangstelling in die Afrikanergeskiedenis gekoester en was lief om uit die dagboek van Louis Trichardt aan te haal.

In die onlangse tyd het Louw hom openlik met die boeregemeenskap van Brits vereenselwig en deelgeneem aan gemeenskapspatrollies teen geweldsmisdaad en plaasaanvalle. In enkele van sy laaste gepubliseerde kommentare in Beeld en Rapport het Louw diplomaties maar ondubbelsinnig sy mede-Afrikaners tot verset opgeroep deur die vraag te vra: “Wat lê anderkant kla?”

Persoonlik het ek gevoel dat Louw juis nou – in die Afrikaner se huidige krisis – soos ‘n verlore seun wat huis toe kom sy beste werk as joernalis en meningsvormer sou kon lewer.

Louw was nie iemand wat ek met selfmoord sou verbind nie; daarvoor was hy te lewenslustig, te moedig en te stoïsyns om ooit deur probleme ondergekry te word. Soos Lamé Ebersohn van Café Riche waar Louw onlangs ‘n filosofiekafee bygewoon het, aan my gevra het: “Watter Boereman wat in die ‘army’ was, skiet homself met ‘n AK-47?”

In alle opsigte is Louw se heengaan ‘n tragedie wat ‘n mens amper met die dood van Verwoerd kan vergelyk. Die moontlikheid van vuilspel, ook deur die staat en sy geheime vertakkings, is sekerlik nie uitgesluit nie. Louw het self besef dat sy beredeneerde aanval op Jonathan Jansen in Rapport een van die belangrikste oomblikke in sy hele loopbaan was en dat hy daarmee eintlik ‘n stuk kettery teen die nuwe orde gepleeg het. As ‘n mens verder dink aan die georkestreerde veldtog rondom die Reitz-vier, wat regstreeks tot Jansen se aanstelling by Kovsies gelei het, dan is hier dalk sprake van ‘n groter anti-Afrikanerkomplot wat agter geslote deure gesmee is. Wie weet of Chris Louw se Rapport-artikel nie ‘n andersins soomlose operasie in gevaar gestel het nie?

Indien dit wel selfmoord was, was dit geen fisieke mes wat deur ‘n Tsafendas gehanteer is nie, maar ‘n geestelike dolk wat die Judasgeslag van die De Klerks in sy siel gesteek en hom uiteindelik geknak het.

Louw was te reguit en te eerlik vir die nuwe Suid-Afrika. Hierdie koninkryk van leuens was sy woning nie; vandaar sy skielike en raaiselagtige dood.

In Louw se heengaan met ‘n AK-47 – teken van die verskrikkings van die Afrikakontinent – was daar iets simbolies, asof hy ook deur die toenemende barbarisme en hopeloosheid van hierdie land verteer is.

Dit sou egter verkeerd wees om sy dood as ‘n oproep tot oorgawe te beskou, want Louw se dissidensie – tóé en nóú – noop ons om sy vraag van onlangs ernstig op te neem: “Wat lê anderkant kla?”

Ons moet sy nagedagtenis eer deur sy borrelende en kritiese denke voort te sit. Persoonlik sal ek sorg dat Louw se geskrifte vir die Afrikaanse leser beskikbaar bly.

Die beweging wat met sy Boetmanbrief begin het, mag nie doodloop nie. Al is sy stem nou stil, sal sy woorde aanhou om by ons te spook en ons te inspireer.

справку пндДанильченео

Die terreur van plaasmoorde

Die stelling van die ondervoorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha, dat plaasmoorde niks anders as terreur is om boere van hul plase te intimideer nie, is nie ‘n nuutjie nie. Sy reaksie kom nadat adjunkpresident Kgalema Motlanthe opnuut boere vir die plaasaanvalle geblameer het.

Die syfers na alle kante dui daarop dat mense wat meen plaasmoorde is terreur ‘n punt beet het. Suid-Afrika se amptelike moordkoers is in die omgewing van 40 per 100 000 per jaar teenoor die wêreldgemiddeld van 5, terwyl die syfer onder boere en hul gesinslede by tye in die omgewing van 130 per 100 000 per jaar is. Saam met normale landbouverwante ongevalle, maak dit boer wees in Suid-Afrika ‘n gevaarliker beroep as om ‘n Chinese steenkoolmynwerker te wees.

Daar is nog ‘n manier van hierna kyk. In die ooreenstemmende tyd is ongeveer dubbel soveel mense deur plaasmoorde in Suid-Afrika afgemaai as wat Britse soldate in die oorloggeteisterde Afganistan omgekom het.

Veel is al geskryf oor die wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan.

Dit beteken nie die regering het gaan sit en ‘n beleid geformuleer dat boere deur plaasmoorde van hul plase af geïntimideer moet word nie. Dat die regering egter dade en uitsprake stilswyend gekondoneer het wat ongeveer dieselfde impak het, is egter ook so. Dit het byvoorbeeld ‘n appèl teen ‘n bevinding van die Menseregtekommissie gekos om die slagkreet “Kill the Boer, kill the farmer” tot haatspraak verklaar te kry.

‘n Vorige minister van Landbou, Lulu Xinwana, was deurlopend by boere in onguns oor uitsprake. Haar Kerkplein-uitbarsting teen boere wat hul plaaswerkers sou mishandel was gebaseer op ‘n verslag van ‘n enkele voorval in die Wes-Kaap. Hierdie insident het boonop geblyk die gevolg van fabrikasie van ‘n Nie-regeringsorganisasie te wees wat ‘n vroulike plaaswerker voorgesê het. Sy het later tot bekering gekom, en erken dit was vals en die boer om vergifnis gevra.

Nog later het dit geblyk dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat dié beweerde voorval ondersoek het, en dit as vals bevind het, en dat die regering reeds sewe maande in besit van hierdie OKD se verslag was toe die minister haar opmerkings gemaak het. Ook die langdienende adjunk-minister van Landbou en Grondsake, wyle Dirk du Toit, was bekend vir sy gelaaide uitsprake.

Nou het Motlanthe ook die skuld vir plaasaanvalle op die boere self gepak. Sy stellings oor hoe boere hul werkers sou behandel is nie net grof veralgemeend nie, dit is al deur verskeie amptelike ondersoeke onder die loep geneem, en as ‘n vals aanname bevestig. Een so ‘n ondersoek was ‘n gesamentlike poging van Agri Wes-Kaap en die destydse ANC-beheerde provinsiale departement van Landbou, en die ander ‘n peperduur ondersoek deur die destydse Vrystaatse Premier, Winkie Direko wat onder meer behels het dat getuies op staatskostes van heinde en verre aangery is.

Die Wes-Kaapse ondersoek was skaars afgehandel of ‘n string NRO’s en politici uit die Wes-Kaap gaan eenvoudig voort met die aantygings tydens ‘n nasionale grondberaad. Die waarheid word gewoon te maklik vir politieke munt opgeoffer.

Statistieke SA het pas weer syfers bekend gemaak oor hoe die aantal kommersiële boerdery-eenhede in Suid-Afrika deurgaans verminder. Verskeie faktore speel ‘n rol, maar dat baie mense nie meer kans sien vir die blootgestelde lewe op plase nie, is ook waar. Die ironie is dat verskeie boere wat vir hul veiligheid op die dorp gaan woon het – waaronder ‘n vroueboer van Boshof en ‘n boer van Paul Roux, kort na mekaar in hul dorpshuise vermoor is.

Grusame aanvalle soos hierdie kan as niks anders nie as terreur beskryf word, selfs al sou dit nie spesifiek of deurgaans politieke terreur wees nie – is die kommandostelsel ontbind.

торшеры интернет магазинtopcargo отзыв

Blankes se skuldgevoelens

Een van die mees gewilde mites wat daagliks in Suid-Afrika gebesig word, is welke geweldige voordeel apartheid kwansuis aan blankes sou verskaf het en steeds aanhou verskaf. Dikwels is daar amper ‘n soort aanname, gesproke of ongesproke, dat die meerderheid blankes ryk geërf het en op een of ander manier opvoedkundig bevoordeel is, en dit gevolglik maklik vind om byvoorbeeld ‘n kasarm van ‘n huis te koop.

Daar is ook ‘n aanname dat die vorige bedeling dit op een of ander manier vir blankes moontlik gemaak het om sonder veel moeite in bestuurs- en professionele poste te beland. Skryf bloot jou matriek en stap dan summier in ‘n bestuurspos in, sou mens kon glo. Hierdie mededingende voordeel wat na bewering sou bestaan het, word aangevoer as die rede waarom blankes permanent deur rassistiese praktyke soos regstellende aksie benadeel moet word. Die verskuilde agenda hieragter is dikwels dat daar ‘n verwagting is dat blankes moet bekhou en hul bates sonder teëspraak moet oorhandig. Dit maak staat op die verwekking van misplaaste skuldgevoelens onder blankes.

Ek lees byvoorbeeld hierdie stuk op Moneyweb se werf, wat handel oor hoe die sogenaamde swart diamante sukkel om huise gekoop te kry in tradisionele blanke gebiede. Die subteks is dat blankes minder sou sukkel, want almal “weet” immers hoe “apartheid blankes bevoordeel het”.

Dit ly geen twyfel dat daar welvarende blankes in Suid-Afrika is nie. Alhoewel ‘n groot persentasie van hulle van Engelse of Joodse herkoms is, is daar ook kennelik ryk Afrikaners en, ja, ook diegene wat die wynplaas in Stalinbos geërf het. Hulle is egter deel van ‘n baie klein minderheid.

Ek praat hier uit ‘n persoonlike oogpunt, maar dit is duidelik dat ek hetsy die buurt waarin ek grootgeword het, hetsy my familie swak gekies het, want min kennisse of familielede van my kan as ryk bestempel word. Van ‘n erwery en ‘n silwer lepel in die mond was daar by ons geen sprake nie. Die oorweldigende meerderheid Afrikaners het nie die familieplaas gekry toe hul ouers oorlede is nie, maar stam veel eerder van armblankes af. Daar was pogings om armblankes op te hef, wat sommiges probeer beweer soortgelyk aan die hedendaagse SEB was, maar dit was niks van die aard nie.

Swart ekonomiese bemagtiging, SEB, is in wese ‘n oorhandiging van bates op ‘n skinkbord aan diegene wat die regte mense ken. Wanneer SEB gekritiseer word, is die verweer dus dikwels dat Afrikaners dit ook in die verlede gedoen het. Hiermee verskil ek ten sterkste. Anton Rupert het baie, baie beslis nie die Engelse en Joods mynmagnate se bates, met ander woorde ander mense se rykdom, op ‘n skinkbord gekry nie. Daar was nie ‘n geplundery soos die R400 miljoen wat deur Telkom aan Smuts Ngonyama in ruil vir absoluut geen teenprestasie oorhandig is nie. Rupert het sy ondernemings letterlik van die grond af opgebou.

Wat die opheffing wel behels het, was dat maatskappye soos Sanlam gestig is vir Afrikaners, met Afrikaners se spaargeld. Dit was dus ook nie in hierdie opsig ‘n soort Afrikaner-SEB nie, want dit het nie op die plundery van ander mense, die staat of organisasies se geld berus nie.

Van grootskeepse baantjies vir boeties, bevoordeling en voortrekkery dra ek nie persoonlike kennis nie. Dit kon weliswaar met kinders van die paar duisend Afrikaners wat deel was van die Broederbond gebeur het, maar ek kan eerlikwaar sê dat nie een van my vriende of familielede wat uit my generasie kom, uit die skool of uit die universiteit gestap het en ‘n huis gaan bewoon het wat gekoop is met geldelike hulp van ryk ouers nie. Die patroon was veel eerder dat ons vir jare in plekke soos Sunnyside (vóórdat dié buurt ‘n vuil misdaadnes geword) in huurwoonstelle gewoon het, en uiteindelik genoeg geraap en skraap het om ‘n woning van ons eie te koop. Van my ouers se generasie is daar vandag steeds kennisse van ons wat in woonstelle woon.

Alhoewel daar werkreservering was vir laaggeskoolde blankes, byvoorbeeld in die goudmyne, was dit geensins algemeen dat iemand soos Jacob Maroga aangestel kon word in ‘n plek ver bokant sy vuurmaakplek nie. ‘n Afgetrede medelid van Praag, wat soos ek ‘n ingenieur is, het my vertel dat Afrikaneringenieurs wat van sy generasie kom, nie toevertrou is met ontwerpwerk alvorens hulle nie deeglike opleiding onder Engelse ingenieurs ontvang het nie. Van die hedendaagse obsessie met die rampspoedige aanstellings van gepigmenteerdes in senior poste waarteen hulle geensins opgewasse is nie, was daar stellig min sprake.

Ek is eweneens seker dat ‘n baie groot aantal professionele Afrikaners uit gewone huishoudings gekom het en self vir hulle studies moes betaal. Dit was boonop dikwels uitsonderlik dat mense universiteit toe kon gaan, veral van my ouers se geslag. Dit was beslis nie die geval dat Afrikaners soos swartes vandag by die Universiteit van Kaapstad slegs 70% moes haal om toelating tot die Fakulteit Geneeskunde te kry nie. Jy was nie bevoordeel tydens die nasien van vraestelle bloot omdat jy ‘n blanke was nie. Weer eens, miskien het die Broederbond sulke onderduimshede gepleeg, maar dit het nie met die gewone Afrikaners wat saam met my op universiteit was, gebeur sover ek bewus was nie.

Benewens die feit dat baie vir hul eie studies moes betaal, moes mans van my generasie ook twee jaar van ons lewens afstaan om diensplig te doen, teen ‘n absurde besoldiging. My eerste soldy as ‘n sappeur in die Geniekorps was ‘n volle R171 per maand.

Die gevolge van blankes wat nie gelukkig genoeg was om dikwels karige geleenthede te kon aangryp nie, word toenemend duidelik. Daar is reeds tientalle blanke plakkerskampe rondom Pretoria. Alhoewel suksesvolle blankes se inkomste sedert 1994 gestyg het, is dit ‘n noodwendige gevolg van die ANC se rassistiese praktyke wat blankes op Darwiniaanse wyse gedwing het om hul by omstandighede aan te pas en entrepreneurs te word. Die Gini-koëffisiënt onder blankes kom daagliks nader aan 1, want daar is ‘n vinnig groeiende blanke onderklas, wat stelsematig verarm.

Ek verwerp dus die aantyging dat SEB bloot is wat die Afrikaners gedoen het en gun die begunstigdes daarvan soos Smuts Ngonyama en Tokyo Sexwale gevolglik nie hulle rykdom nie. Hulle is niks meer as gewone parasiete nie, omdat hulle geen snars waarde toevoeg nie en hul rykdom in terme van gewettigde korrupsie bekom het. Ek gun Afrikaners soos die Ruperts wat deur middel van harde werk welvarend geword het, wel hulle rykdom. Ook aan diegene wat nie Ruperts is nie, maar deur harde werk, entrepreneurskap en die neem van risiko’s suksesvol geword het, veral sedert 1994, wil ek sê: welgedaan! Ek is seker die groot meerderheid van hierdie mense sal saamstem dat dit meestal aan hul eie harde werk toe te skryf is en niks met die sogenaamde bevoordeling wat apartheid sou gebied het te make het nie.

Laat staan dus gerus jou skuldgevoelens, meneer en mevrou die suksesvolle Afrikaner of, as jy dan móét skuldig voel, sorg dat jy jou medeblankes wat swaarkry bystaan, en nie die lede van ander volke wat reeds ‘n onregverdige voordeel geniet nie.

Lees Anton Barnard se woernaal SAmizdat.

игри для детей 6 летДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die betowering van die DA se koloniale droom

Eergister het ek die grootste deel van die dag, van vroegoggend tot ná sononder, by die Vryheidsfront Plus se stalletjie by Tijgerpoortlaerskool naby Silver Lakes in Pretoria deurgebring. Die geleentheid was ‘n munisipale verkiesing wat in wyk 2 van die Bronkhorstspruit- (“Kungwini”-) munisipaliteit gehou is.

Gister het die uitslae bekend geraak en dit blyk dat die VF+ eintlik besonder swak in dié besondere tussenverkiesing gevaar het. Die VF+ het naamlik ‘n skamele 66 stemme teenoor die DA se 1079 behaal:

DA 1079

ANC 214

VF  66

Onafhanklik (gesteun deur belastingbetalersunie) 37

Soos ‘n briefskrywer op PRAAG gister met waarskynlike verwysing na hierdie wyk geskryf het, is “(d)ie demografie in die wyk… seker 70% blanke Afrikaanssprekendes, 25% blanke Engelsprekendes en 5% swart Sothosprekendes”.

Vir diegene van ons wat onwrikbaar glo in die idee van Afrikanervryheid en dat ons taal, kultuur en ideniteit eendag weer sal herleef om tot sy volle reg te kom, kan so ‘n uitslag nie anders as uiters teleurstellend ervaar word nie.

In my geval, ná ongeveer 10 ure buite op ‘n koue en reënerige dag – ek het agtergekom dat ek nie warm aangetrek was nie – is die teleurstelling sekerlik veel erger. Die onmiddellike vraag wat by ‘n mens opkom, is: waarom stem Afrikaners deur die bank vir die party van die ultraliberale of “progressiewe” mev. Zille, met sy boodskap van assimilasie en integrasie binne die sogenaamde “reënboognasie”?

Aan die ander kant was ek voorbereid op ‘n swak vertoning deur die Vryheidsfront. Deur die dag was dit duidelik dat die meeste blanke Afrikanerkiesers hulself meer geredelik tot die DA-stalletjie gewend het. Sekerlik beskik die DA oor ‘n meer “herkenbare handelsmerk” as die Vryheidsfront en geniet dit meer aandag in die nasionale media.

Gedurende die dag het ek egter baie tyd gehad om die petalje van ‘n munisipale tussenverkiesing dop te hou en ek meen ek het ‘n paar gevolgtrekkings om met my lesers te deel.

Ons Vryheidsfrontstalletjie was slegs drie of vier meter van die DA s’n aan die oorkant van die skool se inrypad verwyder. As ‘n mens tien ure lank na die DA-embleem met sy NSA-vlag en NSA-kleure moet staar, dan voel jy jy begin iets van die groepering aan die oorkant verstaan, benewens natuurlik mev. Zille se onlangse toespraak oor die Progressiewe beweging in Suid-Afrika.

Ook het ek geredelik met lede van die DA gesels, van mnr. Dennis Peach wat saam met kollegas hul stalletjie beman het, tot die pas verkose leier van die DA in Pretoria, mnr. Brandon Topham, wat in sy silwer Porsche Boxster opgedaag het om sy troepe te kom inspekteer.

As ‘n mens eerlik is, moet jy erken dat die DA die historiese telg van die ou SAP-beweging in Suid-Afrika is. Trouens, hoewel wyk 2 ‘n Afrikanermeerderheidsgebied is, was die meeste DA-werkers Engelssprekendes vanuit die Pretoria-omgewing. Hulle praat wel goed Afrikaans, maar ‘n hele paar het erken dat hulle ‘n lang pad in die politiek geloop het, van die Verenigde Party, deur die Progressiewe Party of PFP tot by die DA. Oud-Nasionaliste was nie eintlik onder die partywerkers verteenwoordig nie. Om sy liberale, reënbooggetuigskrif gestand te doen, was daar ook ‘n Indiër- en ‘n swart medewerker.

Indien enigiemand tussen die jare 1948 en 1994 sou gesê het dat die meeste Afrikaners eendag weer vir die Sappe of Oudsappe sou stem, sou so ‘n persoon as ‘n naïweling uitgekryt gewees het. En tog was dit in wyk 2 van “Kungwini” wel die geval. Afrikanerkiesers het uit beleefdheid soms by die Vryheidsfrontstalletjie getalm, ons petisie vir beter dienslewering geteken of ‘n geselsie aangeknoop en natuurlik was daar 66 mense wat wel vir ons gestem het, maar oor die algemeen het ek die indruk gekry dat die kiesers veel eerder met die DA en sy NSA-kleure geassosieer het as die oranje en groen van die VF+.

Die wortels van die probleem lê egter veel dieper. Die ANC het deur propaganda aan bewind gekom, propaganda wat ook die DA bevoordeel – ten minste by die rasseminderheid of -minderhede. Die situasie in die Weskaap verskil hemelsbreed van dié in Pretoria of Bronkhorstspruit en daarom is die redes waarom kleurlinge in die Kaap vir die DA steun heel anders as waarom Afrikaners in die ou Transvaal insgelyks die party ondersteun. Terloops, selfs in die Noord-Transvaal of Limpopo – eertydse bakermat van die HNP, KP en ander regste partye – het die DA in vanjaar se parlementêre verkiesing die Vryheidsfront Plus ver uitgestof. Terwyl die HNP se ondersteuners volhou dat hulle nie die wettigheid van die Nuwe Suid-Afrika erken nie, stem hulle lustig vir die liberales in die DA!

In die minderheidspolitiek – en diegene wat nie glo dat blankes deesdae ‘n toenemende minderheid is nie kan gerus maar na die bevolkingstatistieke gaan kyk – bou die DA spoed op in die vaarwaters van die ANC. Trouens, mev. Zille beskou haarself as ‘n getrouer bewaker van die huidige SA grondwet en maatskaplike stelsel as die ANC self. Hoe meer die regime se propagandiste uitvaar teen rassisme en die historiese skuld van apartheid, hoe meer stem die Afrikaners vir die DA. Want hoewel sy die ANC in pragmatiese terme opponeer, ondersteun mev. Zille en haar Progressiewe – met ‘n hoofletter – geesgenote die ANC se waardestelsel, van “nasiebou” tot die aftakeling van die Afrikaneridentiteit en -instellings.

Die arme Afrikanerkieser wat dus gister soos ‘n nat hoender in die reën opgedaag het om sy ietwat futiele stem te kom uitbring – want danksy swart getalle beheer die ANC feitlik elke munisipaliteit in die land, buite die Weskaap – se wil is geknak deur ‘n dubbele aanslag. Sowel die ANC as die DA het hom reeds oortuig dat hy hom oor sy geskiedenis, volkskap, kultuur en identiteit behoort te skaam.

Een van die DA-amptenare in ‘n blou hempie het heel dag lank die kiesers op gemaak vriendelike manier verwelkom – meesal op Engels, hoewel hy ook Afrikaans magtig was. En die Afrikaners praat met hom Engels terug. Soos Wilco Labuschagne in sy brief aan PRAAG skryf, het “die DA… baie lamppale versier, uit Kaapstad gebel en op Engels gevra of hulle op my kan staatmaak en ‘n pamflet versprei oor hoe sleg die VF+ is”. As ons daaraan dink, maak dit tog baie sin. Die Britse ambassade is steeds in Kaapstad, ná al die jare. En mev. Zille, wat is sy anders as ‘n soort “Kaapse goewerneur”, Haar Majesteit se politieke verteenwoordiger in Suid-Afrika wat soos die ou Sappe ‘n Engelse nasie, lid van die Britse Gemenebes, wil bou? Net dié keer gaan dit nie meer oor ‘n blanke nasie van Europese afkoms nie, maar om ‘n multikulturele, veelrassige – of dan “nie-rassige” – nasie.

Ook die verengelsing van Suid-Afrika onder die ANC bevoordeel die DA. Die Vryheidsfront Plus, wat sy veldtog in Afrikaans voer en ‘n spesifieke appèl op die Afrikanerkieser rig, bevind hom dus in ‘n posisie waar hy as minderheidsparty moet meeding teen ‘n party wat weens sy Engelstaligheid voorgee dat hy ‘n “nasionale” of “universele party” is.

Wat is die DA se boodskap nou eintlik, op die keper beskou? “Ons, die DA, kan die land doeltreffender volgens ANC-beginsels regeer as die ANC self!” Die DA wil die Xhosas vinniger in die Weskaap vestig en vir hulle meer en beter huise bou as wat die ANC kan doen. Net so wil die DA die Zimbabwiërs en ander vreemdelinge met groter warmte in die land verwelkom as wat die ANC-ministers reeds doen. Op geen fundamentele politieke kwessie verskil die DA wesentlik van die ANC nie.

In gister se reën en koue, voor die hek van Tijgerpoortlaerskool, terwyl ek toekyk hoe die Engelse van die DA hul Afrikanerstemvee met ‘n mengsel van hovaardigheid, minagting en aangeplakte vriendelikheid in die kraal jaag, het ek by myself gedink: Miskien moet ons Afrikaners dankbaar wees dat die ANC die land regeer en nie die “ware progressiewe” (mev. Zille se term) van die DA nie. Want hulle sou dalk veel meer doeltreffend die “apartheidsbuurte” opgebreek en geïntegreer, die Afrikaanse skole vinniger verengels en hul “reënboogpatriotisme” met groter ywer en fanatisme op ons afgedwing het.

Wat ek hier sê, is allermins suur druiwe oor die Vryheidsfront eergister verloor het. Want dis nie net die Vryheidsfront wat verloor nie; dis die hele Afrikaanse beweging, die Afrikaner, die taalstryd, ons voortbestaan, ons geskiedenis wat tans besig is om skipbreuk te ly. Die kragte aan die ander kant, hetsy swart demografie, hetsy die Sap-ideologie van ‘n heengegane geslag Britte en verengelsde Afrikaners, was veel sterker as wat ons gedink het. My pa se geslag het vuisgeslaan met Sappe en het geweier om op te staan as “God save the King” in die bioskope gespeel word. Maar vandag sing die Afrikaners lustig “God save Africa” saam met die ANC en gaan stem in opdrag van sms’e wat vanuit Goewerneur Zille se kantoor in Kaapstad na Pretoria versend word.

Die Vryheidsfront, asook elkeen wat hom- of haarself steeds as ‘n Afrikaner of ‘n Boer beskou, sal baie hard moet gaan dink wat ons nou te doen staan. Ons tyd is besig om uit te loop en oor ‘n paar jaar gaan die Afrikanervolk in dié land net ‘n vae herinnering wees. Daar sal nie meer ‘n enkele Afrikaanse pleknaam in dié land oorbly nie en soos ons al gesien het, word selfs die Afrikaanse boeke in die biblioteke by tye verpulp. Sowel die ANC as die DA werk baie hard aan ons verdwyning.

Die gemiddelde Afrikaner is so banggepraat, geïntimideer, verguis, gebreinspoel, geestelik afgetakel en geknak dat hy soos ‘n elektries geskokte hond in ‘n sielkunde-eksperiment reageer. As hy die geel liggie sien aangaan, nog voor hy die pyn voel, begin hy al tjank en sy eie stert byt. Om met sy mede-Afrikaners te assosieer en – ‘n strafbare sonde – ‘n Afrikanerparty of selfbeskikking te ondersteun, is vir hom amper taboe.

Die oorlog wat daar vir ‘n groot deel van die afgelope twee eeue op meer as een manier teen ons gevoer is, is nog lank nie verby nie. Gedurende die tweede helfte van die twintigste eeu was dit ‘n terreuroorlog, maar veral: ‘n propagandaoorlog. Hoewel, wat is die huidige vlaag geweld in die naam van “misdaad” anders as terreur?

Tot dusver het Afrikanerleiers en -intellektuele geen doeltreffende teenvoeter vir die vyand se diaboliese en ophoudelike propaganda gevind nie. Ons is gedurig op die verdediging en beskik nie oor die Machiavelliaanse sin vir die leuen, die halwe waarheid en gemaakte verontwaardiging waarvoor ons vyande ‘n natuurlike aanleg het nie.

Die Vryheidsfront behoort ernstig te besin oor die vorm van politieke opposisie wat hy wil beoefen. Daar is ‘n ou debat oor “samewerkende” of “regstreekse” opposisie teenoor die ANC. Ná enkele maande lyk dit nie asof daar enige voordeel vir die Afrikaner of vir die Vryheidsfront geleë is in die adjunkministerskap van Pieter Mulder nie. Enersyds bied dit ‘n gerieflike stok aan die DA om die VF+ mee te slaan, andersyds het geen verdere toegewings van die ANC aan die Afrikaner gevolg nie en word ons met groter minagting as ooit deur die owerheid behandel.

Daar is egter ook die verhouding teenoor die DA. By die gewone kiesers, asook lede van sowel die DA as die Vryheidsfront, is daar ‘n gevoel dat “die opposisie moet saamwerk teen die ANC”. Die vraag is egter op watter basis dit kan geskied as die ideologiese verskille onbrugbaar groot blyk te wees. Hoewel die DA ‘n verenigde opposisie en koalisievorming predik, beskou hy tog op ‘n manier die Vryheidsfront, eerder as die ANC, as sy “ware vyand”. Mev. Zille het in ‘n verbasende erkenning gesê dat sy die Marxistiese Barbara Hogan van die ANC en SAKP as ‘n “geesgenoot” beskou vanweë haar “begrip vir die grondwet” terwyl sy diegene wat hulle aan etniese of rassedenke skuldig maak as ‘n verskynsel beskou wat liefs tot die buitenste ruim – of ‘n ander oewer – verban behoort te word.

Hoewel daar pragmatiese en opportunistiese redes daarvoor mag bestaan, is samewerking met die DA myns insiens nie vir die Vryheidsfront moontlik nie. Net soos wat mev. Zille die Vryheidsfront en die swart-nasionalistiese vleuel van die ANC as twee sye van dieselfde munt beskou, behoort die Vryheidsfront en Afrikaners in die algemeen die DA en die ANC as twee aansigte van dieselfde “reënboogmonster” te beskou. Albei is integrasionisties, assimilasionisties, Engels en wesentlik gekant teen Afrikanervoortbestaan.

Die ANC beheer die staat, die weermag, die polisie, asook die grootste deel van die media, waaronder die SAUK. Op hierdie stadium kan ons kwalik genoeg kragte teen die ANC monster. Maar die “ANC lite” wat as die DA bekendstaan, kan effektief beveg word, as die kleinere manifestasie van ‘n veelkoppige monster wat ons voortbestaan bedreig. Indien ons sukses teen die DA behaal, mag uiteindelike sukses teen die ANC nie uitbly nie.

Dit maak nie saak hoeveel slim planne Afrikanerleiers en -intellektuele beraam om vryheid en selfbeskikking internasionaal te bevorder en selfs te beding indien Afrikaners op voetsoolvlak in elke verkiesing ten gunste van hul oplossing in die reënboognasie met sy onderbroekvlag stem nie.

Die geskiedenis in Suid-Afrika herhaal hom blykbaar oor en oor. Die stryd tussen die Vryheidsfront en die DA het al die eienskappe van die Nat-Sap-stryd van destyds. In ‘n hoë mate verskaf die Afrikanerkieser vandag die getalle om die Engelstalige se fantasieë oor koloniale beheer moontlik te maak. Die DA verbeel hom dat hy – in weerwil van die land se demografie wat vanweë onwettige immigrasie konstant versleg – ‘n “alternatiewe regering” kan wees en dat hy verder op die horison steun vanuit die Westerse wêreld en veral Brittanje en Amerika geniet. Hierdie is alles illusies en drome wat nog nie aan die toets van die harde werklikheid onderwerp is nie. Ongelukkig is dit ‘n verleidelike droom, ‘n politieke piramideskema wat die skyn van ‘n oplossing aan die kieser voorhou. Weereens skep die kulturele oorheersing van die Engelstalige die indruk dat hy iewers steeds ‘n onsigbare hand op die hefboom van mag het, wat die Afrikaner in sy toenemende identiteitskrisis lok om sy gewig by die koloniale droom van die DA in te gooi.

Afrikaners kon een keer in die onlangse geskiedenis teen die Britse Suid-Afrikanisme mobiliseer en seëvier. Heel moontlik kan hulle dit nou vir ‘n tweede keer regkry om die Sappe op hul baadjie te gee. Maar dan sal ons die stryd met groter skerpte en kragdadigheid moet aanpak. Getalle is op dié stadium nie so belangrik nie. Dit gaan meer oor die integriteit en veral die intensiteit van ons teenkanting teen hierdie bose bestel waarvan die DA vir seker ook ‘n pilaar is.

оптовые цены трековыеОлександр Фільчаков прокурор

Breek die regte mure af!

Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het vele liberale met jubeling laat terugdink aan die val van die apartheidsmure, ook so 20 jaar gelede.

Die twee gebeurtenisse word aan mekaar gekoppel as sou die “bevryding” van die swart “verdruktes” en die instelling van ’n demokraties verkose regering in Suid-Afrika ’n wonderwerk wees op die skaal van die bevryding van die Oosbloklande en die beëindiging van die Koue Oorlog.

Ja, die Kommunisme is dood, lank lewe die Kommunisme in Suid-Afrika!

“Die gebeure in Berlyn, die einde van die Koue Oorlog en die koms van die Nuwe Suid-Afrika is onlosmaaklik verbind,” skryf Willem Pretorius in ’n middelbladartikel in Die Burger van 14 November 2009. Hy verwys na ’n peiling in Duitsland waarvolgens 12 persent van die respondente wens dinge het nooit verander nie. Mnr. Pretorius reken ’n mens kan met taamlike sekerheid aanneem dat die persentasie mense met ’n soortgelyke versugting baie hoër in Suid-Afrika sal wees.

“Dit bring die vraag na vore wat in ’n groep moet gebeur om ’n kritieke massa te vorm sodat die skaal na die ander kant oorhel. Wat is nodig sodat die Afrikaanse kwessies waarna Krog verwys [Antjie Krog se onlangse toespraak by die Goethe-Instituut in Johannesburg] bygelê kan word sodat ons vrede met die verlede kan maak, ophou met mekaar baklei en na ’n gesamentlike toekoms met die res van Suid-Afrika kan streef?”

Dus, wat is nodig om die “muur” in die Afrikaanse kop wat volwaardige toelating tot die Nuwe Suid-Afrika bemoeilik, te laat val?

Is dit nie erg retoriese vrae nie? Is die antwoorde nie vanselfsprekend nie? Is ’n mens nie al dodelik moeg vir dié vingerwysing na die Afrikaner (of Afrikaanse, in die politiek korrekte terminologie van mnr. Pretorius) as sou hy die vark in die verhaal wees nie?

In net in één koerant, Rapport van 15 November 2009, vind ek met ‘n vinnige deurlees meer as 20 redes waarom die meeste blankes, en seker ’n groot gros swartes, hulle vervreemd voel van die utopie van ’n vry en demokraties bemagtigde Suid-Afrika:

  • Die Franse bars uit van die lag toe die rasta-sanger Ras Dumisani die Suid-Afrikaanse volkslied by die Springbok-rugbytoets in Toulouse, Frankryk, opmors. Die Franse sê die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys het Dumisani aangewys om die volkslied te sing; die ambassade ontken dit.
  • ’n Jong vrou is op die N2 by Chatsworth deur motorkapers van die brug oor die Umkomaasrivier gestamp (bl. 2). Sy het 60 m ver geval, in vlak water geland, is erg beseer en het ure gedryf voor sy gered is.
  • Jacob Maroga vaar uit teen “wit toesighouding” nadat ’n blanke konsultant hom in ’n verslag gewaarsku het oor die komende energiekrisis.
  • Prof. Jonathan Jansen vertel aan die Kaapse Persklub dat Julius Malema eintlik baie slim is (bl. 2).
  • ’n Ondersoek deur Rapport dui op ’n kultuur van skietlustigheid, misdadigheid en menseregtevergrype onder die polisie.
  • Eise teen die polisie beloop R7,5 miljard – met dié bedrag kan die salarisse van 75 000 bykomende polisielede betaal word.
  • Minstens 568 mense is in die jaar tot April 2009 deur die polisie doodgeskiet en nog 44 mense is in 2008/2009 dood in ongelukke met polisievoertuie. Sedert 1997 het die polisie al minstens 4 681 mense doodgeskiet. ’n Beduidende getal van die “verdagtes” wat doodgeskiet is, was nie wie die polisie gedink het hulle is nie.
  • Die polisie op Alberton sien die middeljarige blanke egpaar Jan en Millie Kotzé aan vir rowers en skiet 30 skote op hul motor (bl. 4). Albei word ernstig gewond. Blykbaar het die verwarring ontstaan omdat betroubare statistiek daarop dui dat die oorgrote meerderheid rowers moorddadige middeljarige blanke egpare is.
  • In Rustenburg verkrag vier polisielede na bewering ’n vrou in polisieselle nadat haar gewese verloofde haar weens diefstal aangekla het (bl. 4). “Ek is nie meer mens nie,” sê sy.
  • By die Wierdabrug-polisiekantoor word ’n driejarige kind 14 uur lank in ’n sel aangehou saam met sy pa, wat van verkragting verdink word. Die kind kry na bewering vir tien uur geen kos nie (bl. 4).
  • In Midrand word ’n vrou en haar 23 maande oue baba ses uur aangehou nadat sy weens ’n spoedoortreding vasgetrek is (bl. 5).
  • In Kemptonpark verkrag twee polisielede in uniform na bewering die 29-jarige mev. Martie Olivier, ma van drie jong kinders (bl. 5).
  • Twee polisiemanne, glo dronk, skiet ’n straatverkoper in Pretoria dood tydens ’n rusie omdat hulle nie vir hul kos wou betaal nie (bl. 5).
  • Die polisie soek na ’n moordenaar, begin sonder waarskuwing vanuit ’n ongemerkte voertuig op ’n geparkeerde voertuig skiet en tref ’n driejarige swart kind in die bors (bl. 5). Die kind se oom wat by hom in die motor was, is in hegtenis geneem, maar ’n paar uur later vrygelaat. Die kind se pa sit drie dae in die tronk en word dan vrygelaat sonder om aangekla te word. Die polisie bied geen verskoning aan die verpletterde ouers nie.
  • ’n Regskenner beveel aan dat jy moet glimlag, glimlag, glimlag as die polisie jou gryp (bl. 5).
  • ’n Chaos heers in die nuwe ministerie van vroue, kinders, jeug en mense met gestremdhede (bl. 15). Min. Noluthando Mayende-Sibaya word beskuldig van onbevoegdheid en besluiteloosheid. Die grootste deel van die departement se begroting van R23 miljoen word glo aan salarisse bestee.
  • Onbetaalde skoolgeld word toenemend ’n kopseer vir skole.
  • Die regering wil die naam van Nelspruit, hoofstad van Mpumalanga, verander na Mbombela (bl. 17).
  • Rook is nou een van die grootste misdade in Suid-Afrika. Jy kan ’n boete van R100 000 opgelê word as jy lekkergoed verkoop wat lyk soos sigarette of pype.
  • Jacob Rooi vra in sy rubriek Die ander kant of die doodstraf nie-amptelik terug is. Hy wys daarop dat Fikile Mbalula verlede Maart as leier van die ANC-jeugliga hom sterk uitgespreek het teen die herinstelling van die doodstraf. Op 12 November 2009 het hy as nuwe adjunkminister van polisie in ’n toespraak voor die parlementêre persgalery gesê: “Ons hou by ons uitspraak: Skiet die wetters!” Hy meen ook dis aanvaarbaar en “onvermydelik” as onskuldige mense in kruisvuur doodgeskiet word.
  • Pollux (bl. 21) vertel van ’n landboukenner wat politici ingelig het oor geneties aangepaste landbouprodukte. ’n ANC-LP hou aan om hom daarvan te beskuldig dat dit geneties gemanipuleerde kos is wat swart vroue deesdae so swaar in die onderlyf maak. Kitskos het volgens haar niks daarmee te doen nie.
  • ’n Leser, Rémi van Rooyen van Port Elizabeth, skryf op die Brieweblad (bl. 23) dat as jy die SA Inkomstediens se tolvrye nommer bel, ’n blikstem jou taalvoorkeur vra. Ná ’n rukkie kom die antwoord: Daar is nie ’n Afrikaanse diens beskikbaar nie.
  • ’n Leser, Pienkes du Plessis, wys in ’n brief (bl. 23) daarop dat die stelling in die vorige week se hoofartikel dat “net sowat 50% van ons leerlinge ’n matriekkwalifikasie verwerf” verkeerd is. In werklikheid is dit net 23%. Van die 1 558 600 leerlinge wat in 1996 skool toe is, skryf 550 000 in 2007 matriek en net 359 300 slaag.

Sou bogenoemde dalk ’n effense aanduiding vir mnr. Pretorius & Kie. wees waarom die Afrikaner hom nie hart en siel by die Nuwe Suid-Afrika tuis voel nie?

Waarom blaf mnr. Pretorius & Kie. gedurig by die heining van die Afrikaner? Waarom betoog hulle nie by die regte adres, breek híér die mure van vooroordeel, rassehaat, diskriminasie, laertrek, skuldverplasing, ensovoorts af nie?

As ’n mens die stories moet glo oor die reuse-aanhang van Julius Caesar Malema, die grootste aanstoker van rassehaat in die land – volgens gerugte sal hy Zuma ontsetel as ’n verkiesing vandag gehou word – wil ’n mens by die Afrikanerhatende artikelskrywers van Nasionale Pers smeek: Asseblief, span elke greintjie energie en oortuigingsvermoë van jul skrywerspenne in om ’n kritieke massa onder die swartmense te vorm sodat die skaal betyds kan swaai om ’n bloedbad te voorkom.

Waarom gedurig die klein – getallewys eintlik niksbeduidende – groep Afrikaners voor stok kry? Mnr. Pretorius hamer weer daarop: “Die heel eerste stap is sekerlik om die verlede vierkant in die oë te kyk, ophou om ander te blameer en gesamentlik werk daarvan te maak om die foute van die verlede te herstel.”

Presies watter verskil gaan dit aan die huidige landstoestande doen? Hoe gaan dit geweldsmisdade verminder? Hoe gaan dit die Afrikaner – alle blankes – volle toegang tot die land se ekonomie en politiek gee? Watter verskil gaan dit aan die muishondstatus van Afrikaans maak?

Hierdie gehamer op die “skuld” van die Afrikaner en sy “foute” van die verlede, die verwyte dat hy hom onttrek, dat hy niks met die belofteryke Reënboogland te doen wil hê nie, dat hy aandring op ’n eie staat waar ordelikheid en rede weer seëvier … myns insiens is dit maar ’n bedekte manier om te erken: Kyk, sonder julle is hierdie land verlore. Dóén iets!

Maar geen enkele praktiese voorstel uit die monde van die liberale koerantfilosowe en Afrikaner-afkrakers oor presies wát die Afrikaner moet doen nie … behalwe nou om aanhoudend voete te was, sy bek te hou en sy taal te laat vertrap en verguis.

’n Mens wonder of hierdie mense besef dat die Afrikaners en ander blankes wel nog die land aan die gang hou, op derduisende sigbare en onsigbare maniere: deur swartes en bruines uit barmhartigheid in diens te neem of in diens te hou, selfs al kan hul dienste nie meer bekostig word nie; deur aan te bly in staatsdiensposte en te sorg dat dinge nog min of meer vlot, al is die werkomstandighede hóé onaangenaam en/of gevaarlik; deur sake-ondernemings te begin en aan die gang te hou en mense in diens te neem ondanks alle struikelblokke wat deur die regering in hul pad gewerp word; deur sopkombuise, uitreikingsaksies, opheffingsprojekte en geletterdsheidskursusse vir veral bruines en swartes; deur eerlik en hoopvol voort te gaan om die staat te betaal wat hom nie toekom nie: inkomstebelasting, BTW, munisipale gelde vir dienste wat glad nie of power gelewer word; deur in te gryp in haglike omstandighede waar munisipaliteite geen dienste meer lewer nie en self gate in paaie vul, waterpompe regmaak sodat daar drinkwater is, drinkwater aanry, damme skoonmaak, vullis verwyder … ook tot voordeel van die swart inwoners, wat merkwaardige inisiatief aan die dag lê deur te toi-toi, klippe te gooi en af te brand.

Wat van al die brugbou-inisiatiewe van Solidariteit, wat alle kleure werkers verteenwoordig en voortdurend bereid is tot gesprekvoering met die regering? Wat van die stille diplomasie van Pieter Mulder van die VF+? Wat van al die Afrikaner-organisasies en hoogaangeskrewe Afrikaner-individue, van boere tot sakemanne tot taalorganisasies, wat maar te gretig is om met die regering te praat en uit te reik na swartes?

Wie onder die Afrikaners, of blankes in die algemeen, stook soveel rassehaat soos Malema en sy kaders in die ANC-Jeugliga; soos Jonathan Jansen en sy bruin Afrikaanshatende kollegas; soos die kaders in die Black Management Forum en die Young Communist League; soos feitlik elke swart burokraat in ’n bestuurspos? Met elke haatlike uitlating vervreem hulle die Afrikaners nog meer, bou hulle die mure van erger as ooit apart-hate tussen wit en swart nog hoër op.

Op die hoofartikelblad reg langs mnr. Pretorius se artikel skilder Dawie ’n donker prentjie oor hoe Suid-Afrika ná die jubelinge van 1994 agteruitgegaan het. Wie se skuld is dit? Die Afrikaner wat halsstarrig weier om die “apartheidsmure” in sy kop af te breek en volwaardig deel van die Nuwe Suid-Afrika te word?

Nee, Dawie maak hom, tipies Afrikaner, skuldig aan blaamverplasing. Hy glo dis die regering se skuld: “Dit is die skuld van ’n president wat nie kragtige leiding kan gee nie. Van ’n regering wat nie die onderwys behoorlik kan regruk, korrupsie in eie geledere kan hokslaan of vir doeltreffende plaaslike regering kan sorg nie.”

Hy eindig sy rubriek met die woorde: “Dit is nog nie te laat nie. Maar nes ’n vis van sy kop af vrot, is dit die kop wat vir ’n gesonde liggaam moet sorg. Daardie kop is pres. Jacob Zuma en sy regering. Vandaar Dawie se oproep vandag: Asseblief, mense, begin eindelik volgens beproefde beginsels regéér!”

Is die “mense” aan wie Dawie hierdie pleidooi rig, die koerantlesers? Sou dit die rassistiese en onbetrokke Afrikaners met die mure in die koppe wees?

’n Mens wonder waarom hierdie stuk van Dawie in Die Burger verskyn. Watter nut het dit nou eintlik, behalwe dat dit ’n Afrikaner soos ek nog net méér woedend en wantrouig teenoor die ANC-regime maak, nóg minder lus vir die paradys van die Nuwe Suid-Afrika?

Wie in die ANC wat enige sê oor beleid het, lees Die Burger? Wie steur hom hoegenaamd daaraan? Het ’n vertaalde weergawe van die stuk in ’n paar swart koerante verskyn? Op Jacob Zuma se lessenaar beland? Wroeg hy en die NUK daaroor?

Om terug te keer na die holruggeryde vergelyking tussen die val van die Berlynse Muur en die val van apartheid:

  • Waarom moes die Weermag Suid-Afrika se grense tydens die apartheidsjare patrolleer om swartmense van Afrika UIT die land te hou? Waarom het hulle hul eie vry lande, bestuur deur hul eie mense, bevry van die juk van die blanke baas, verlaat? Waarom wou hulle hul met mag en mening onderwerp aan die verskriklike lot van hul swart broers en susters in Suid-Afrika?
  • Is enige mens – wit, swart, bruin, Chinees, Indiër – belet om die land te verlaat, om te emigreer, om ’n beter toekoms elders in die bevryde Afrika of die wêreld te gaan soek soos dit die geval in die Oosbloklande was?
  • Hoe is dit dat Suid-Afrika se ekonomie, tegnologie, landbou, infrastruktuur, onderwys, hospitale – noem maar op – gegroei en gedy het onder apartheid in teenstelling met dié van die Oosbloklande? Ons polisiemag (ja, dit wás geïntegreerd, maar mét meriete) en Weermag kon met die beste ter wêreld vergelyk word.
  • Hoekom het Suid-Afrika sedert die val van apartheid teruggesak in 16 van 20 internasionale indekse?
  • Waarom is soveel minder mense tydens die verdrukkende apartheidsjare in polisiegeweldpleging dood as vandag onder die vry en demokraties verkose swart regering?

Vryheid is ’n onding, ’n monsteragtige, aftakelende mag as mense nie die innerlike dissipline het om dit te hanteer nie. Is die swartmense vandag beter daaraan toe as tydens die diskriminasie en onvryheid van afsonderlike ontwikkeling? Wat beteken ’n stem as jy geen werk het nie, geen kos of huisvesting, as jou lewe voortdurend in gevaar is, as die “leiers” wat jy verkies het en wat jou moet dien, jou besteel, bedrieg en ontmagtig, en jou land in die ellende dompel?

Hoe erg was blanke “verdrukking” teen die verwoesting van 15 jaar van swart vryheid? En dis nog maar 15 jaar …

Dít wat vandag in Suid-Afrika gebeur, wat ons aan eie lyf voel, wat ons elke dag sien en hoor en lees, wat ons getraumatiseerd, bevrees, verdeeld, hatig en dislojaal maak – dít wat ’n beskaafde mens mure laat bou teen barbaarsheid en gekheid – dít is die kwessies waarmee mnr. Pretorius & Kie. hulle moet bemoei.

Die stelselmatige uitmoor van die blankes in Suid-Afrika, met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regime en sy vennote, ja, dít is ’n misdaad teen die mensdom, dít moet wêreldwye protes en agitasie uitlok, sanksies tot gevolg hê.

Dít is wat mnr. Pretorius & Kie. onophoudelik op elke forum moet laat skuimbek.

лепнина из гипса на заказдепутат лобановский

Regstellende aksie in die spervuur

Regstellende aksie se Engelse naam, affirmative action, kan waarskynlik naatloos toegepas word wanneer dit ingespan word waarvoor dit bedoel is – die beskerming van minderheidsregte. Dan maak dit immers deel uit van ‘n belangrike volkeregtelike beginsel, naamlik die beskerming van minderhede wat in ‘n gewone een-mens-een-stem-stelsel aan die kortste end sou trek.

Die beskerming van minderheidsregte en selfs die toestaan van selfbeskikking en wisselende vlakke van outonomie word in die meeste moderne grondwette erken. Dit word onder meer in die Europese Unie se grondwet vasgelê wat Turkye, wat graag lid wil word, reeds gedwing het om verreikende toegewings aan die Koerdiese minderheid te maak. Die Baske wat onder Franco se bewind erg onderdruk is, geniet in die moderne Spaanse staat aansienlike outonomie, terwyl Brittanje die Skotse en Walliese parlemente heringestel het.

Indië, op wie se grondwet Suid-Afrika s’n grootliks geskoei is, erken verskeie staatkundige minderheidsbelange, soos ‘n aantal gereserveerde setels in die nasionale parlement vir die voor-Indiese inboorlingbevolking. Nieu-Seeland het weer ‘n Maori-kongres, in die handel en wandel bekend as die Maori-parlement.

Tog doen die staatkundige outonomie nie genoeg om werkplekdiskriminasie teen te werk nie. Maatreëls om hierdie skeeftrek teen te werk word dan in die grondwet ondervang, en in veral arbeidswetgewing uitgespel.

Juis omdat dit in die Suid-Afrikaanse grondwet gegrondves is – weliswaar as beperkende kwalifisering van die hoofbeginsel dat nie op grond van ras, etnisiteit, geslag en vele meer onbillik teen iemand gediskrimineer mag word nie – moet Suid-Afrika ingevolge die grondwet self sy oog op verwikkelinge in die buiteland hou. Die buitelandse regspraak wat in die oog gehou moet word, word volgens die grondwet nie beperk tot lande met ‘n Romeins-Hollandse regstelsel nie en die arbeidsreg in Suid-Afrika neem juis vele presedente vir uitleg uit die Engelse reg.

In die VSA, wat ‘n hibride vorm van die Romeins-Hollandse reg handhaaf, was daar vroeër vanjaar ‘n insiggewende regstellendeaksie-uitspraak in die hoogste hof. Dit het in wese daarop neergekom dat standaarde – in daardie geval by ‘n brandweerstasie – nie verslap mag word ter wille van raskwotas nie. Noodsaaklike dienslewering op die vereiste standaard tel meer.

In Suid-Afrika, waar regstellende aksie ontwerp is om die meerderheid te bevoordeel, sou dit onverantwoordelik wees om die terminologie, affirmative action te gebruik omdat dit nepotisme of rasnepotisme in die hand kan werk.

Buitendien sluit die Suid-Afrikaanse arbeidsreg slegs nie-gestremde blanke mans van regstellende aksie uit.

In die geval wat nou deur Solidariteit hof toe geneem word, is ‘n blanke polisievrou bevordering geweier, terwyl arbeidswetgewing hierdie kategorie mense juis onder die bevoordeeldes van regstellende aksie uitlig. Die SAPD verweer hom op sy kwotabeleid. Geen wonder nie dat grondwetkenners soos Cachalia, Davis en ander verkies om ook in Engels na corrective action eerder as affirmative action te verwys.

Word egter na die grondwet self teruggegaan, is dit duidelik dat die grondslag vir regstellende aksie nie primêr kwotas, en allermins raskwotas, in die oog het nie, maar alle individue teen wie daar in die verlede onbillik gediskrimineer is. Hier is ‘n grys area. Sedert 1994 – en eintlik in afwagting op die nuwe bedeling toe poste voor 1994 bevries is – is reeds teen blanke mans gediskrimineer.

In watter stadium sou daar dan aangevoer kan word is daar in die verlede, dws sedert 1994, onbillik teen hulle gediskrimineer?

Regstellende aksie, en veral affrimative action, is ontwerp om minderhede te beskerm; en selfs daar moet die regstoepassing gereeld in die howe hersien word.

Dit is nie ontwerp om ‘n meerderheid te bevoordeel nie, en lei tot talle ooglopende onbillikhede, in ooglopende teenstelling met die veronderstelde grondslag van natuurlike geregtigheid van die Suid-Afrikaanse regstelsel. In die huidige toepassing ontstaan die absurde situasie dat die kind van ‘n swart magnaat wat die beste privaat skole en die beste universiteite kon bywoon, steeds weens vermeende onbillike diskriminasie in die verlede voor ‘n wit kinderhuisseun wat deur deeltydse studies sy kwalifikasie behaal het, bevoordeel moet word. Teen dié agtergrond was die uitspraak voor ‘n bruin gehoor van Tokyo Sexwale, ‘n magnaat, dat hy sy bruin kinders ook nog die voordeel van affirmative action wil laat trek, uiters ongelukkig. Dit was egter as stemwerwery vir die betrokke gehoor bedoel.

Dit is egter noodsaaklik dat begin word met regsopruiming en Solidariteit se huidige regsaksies is van die uiterste belang.

справку 046-1александр лобановский харьков

Kosie sukkel vreeslik in Toulouse

{jathumbnail off}

Die ANC se kenwysie, Nkosi Sikelel’ iAfrika, oftewel Kosie Sukkel Vreeslik in Afrika, is ‘n treurige, eentonige tweeslagkinderkransliedjie, waarvan die vertaling ”God seën Afrika” is. Dis met ander woorde ‘n Christelike of godsdienstige liedjie (in die mate waartoe Afrika se tribalistiese sinkretisme as ‘n Christelike godsdiens bestempel kan word) in teenstelling met ‘n volkslied in die tradisionele sin van die woord. Siende dat die Almagtige klaarblyklik juis nié die ewige verloorderkontinent seën nie, en hom klaarblyklik versaak het, is Kosie Sukkel Vreeslik uiteraard ‘n riel wat baie ryk is aan ironie.

Dit is voorts ryk aan ironie omdat Afrikaners en die meeste blankes, uitgesonderd ‘n paar liberale tipes uit die noordelike voorstede van Johannesburg, hoegenaamd geen aanklank met Kosie Sukkel Vreeslik kan vind nie. Ek was al langs die veld by ‘n hele paar Springboktoetse, en by almal van hulle het die oorgrote meerderheid van my medetoeskouers nie saamgesing nie, en selfs gesit terwyl Kosie Sukkel Vreeslik gespeel is. Dit het op dees aarde niks met ons te make nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: ‘n Suid-Afrikaanse volk bestaan nie en dis gevolglik slegs die ANC wat met nostalgie terugdink aan die dae toe hulle in luukse ballingskap in Londen Kosie Sukkel Vreeslik gesing het. Kosie Sukkel Vreeslik kan insgelyks vir die koddige swart Engelsmannetjie in sy pers rokkie en met sy skril stemmetjie, Desmond Tutu, tot trane wil stem, maar met my het dit niks uit te waai nie. Soos Jimmy Kruger met Steve Biko se dood in aanhouding, laat Kosie Sukkel Vreeslik my en stellig die meeste ander Afrikaners koud.

Vir die redes hierbo aangevoer, het ek my absoluut verkneukel in die verkragting van Kosie Sukkel Vreeslik deur die rastafariër Ras Dumisani vóór die Springbokke se toets teen Frankryk in Toulouse die pas afgelope Vrydagaand. Ek het dit só geniet dat ek skoon bereid is om hom te vergewe dat hy mý volkslied, Die Stem, insgelyks in die proses verwoes het.

{japopup type=”youtube” content=”http://www.youtube.com/v/AxAc6O_WBFE&hl=en_US&fs=1&” width=”640″ height=”380″ title=”Springboks / National Anthem”}Springboks / National Anthem
Springboks / National Anthem
{/japopup}

Want sien, die boorling van Natal, Ras Dumisani, se aanslag op ons ore is ‘n perfekte metafoor vir een van die fundamentele probleme van die sogenaamde reënboognasie. Dis nie dat swartes nie kan sing nie; inteendeel. Ek verstout my om te sê dat die cliché waar is: witmense het nie soveel ritme of musiektalent as ons donkerder medeplaneetbewoners nie. Daar is heelwat swartes wat ‘n hond uit ‘n bos uit kan sing. Whitney Houston kan byvoorbeeld die noot kennelik hou, en so ook kon Nat King Cole.

Die probleem is egter dat Ras Dumisani juis nié ‘n boombenewelde weergawe van Whitney Houston of Nat King Cole is nie, al is dit ‘n weergawe met ‘n beduidende parasietlading in sy gevlegde kroese. Inteendeel; hy kan nie eens die noot so goed hou soos Jurie Els nie… Ras Dumisani se musiektalent is in dieselfde liga as Julius Malema se standaardgraadaanleg vir houtwerk. Dumisani is stellig nié gekies van die lys van sangers wat deur die SA ambassade in Parys verskaf is omdat hy kon sing nie, maar bloot omdat hy swart was, en juis daarom het slim sy baas gevang. Klink dit nie bekend nie – mense wat in poste aangestel word, mense wat take gegee word, nie omdat hulle opgewasse is daarvoor nie, maar bloot omdat hulle velle donker genoeg is?

Dumisani is die presiese eweknie van Jacob Maroga en bykans al die ander swart bestuurders van semistaatsorganisasies, staatsdepartemente, asook maatskappye in die privaatsektor, wat insgelyks gekies is, nie omdat hulle bestuursvaardighede het nie (en weer eens: ek ontken nie dat daar wel sulke swartes is nie), maar bloot omdat hulle swart was.

Dumisani het Kosie Sukkel Vreeslik dus onafwendbaar getransformeer – getransformeer na ‘n volslae grap, ‘n gekkespul, ‘n sirkus; kortom in sy moer in. Om te skryf hy was so vals soos ‘n kat tydens sy geskree van Kosie Sukkel Vreeslik, sou wees om bronstige mannetjieskatte tydens die paarseisoen te beledig. Bronstige mannetjieskatte is Pavarotti’s in vergelyking met Dumisani. Nie net was hy, die orkes, die wysie en die ritme onbekend aan mekaar nie, maar het hy ook plek-plek die woorde vergeet, veral met Die Stem. Weer eens is sy vals gekerm ‘n perfekte analogie vir regstellende aksie en SEB.

Jacob Maroga, wat stellig minder boom gerook het as Ras Dumisani (wat op sy beurt waarskynlik sleg afsteek by Koos Kombuis en kie waar dit by die misbruik van verbode middels kom), maar eweneens aangestel in ‘n pos wat hopeloos ver bokant sy vuurmaakplek was, het Eksdom ook getransformeer na ‘n simfonieorkes waarin die musikante elkeen hul eie wysie, in hul eie musikale sleutel speel, indien nie ‘n sirkus nie. Dumisani is glo ‘n professionele musikant wat ‘n reggae-orkes gehad het. Maroga is ‘n gekwalifiseerde elektriese ingenieur. Nie een van die twee kan dus op agtergelate status aanspraak maak nie. (Dit moet agtergelate wees want agtergeblewenheid sou sinspeel daarop dat die fout by hulle is.)

Toe die onvermydelike gebeur en Dumisani gestriem is oor sy vals gesingery, het hy totaal voorspelbaar opgetree. Hy het, volgens hom, pragtig gesing – wat is dus die probleem? Dit herinner weer eens aan Jacob Maroga, wat sy transformasie van Eksdom ook as ‘n groot sukses beskou het. Maroga het immers daarin geslaag om al wat ‘n blanke bestuurder is met ‘n swarte te vervang, en dís wat tel, nie waar nie? Wat maak dit nou saak as die krag dan en wan af is, of as pryse met 300% moet styg? Al wat steeds skort, is dat Dumisani sy kritici as rassiste gaan bestempel. Dit kan nie ver wees nie.

Soos Gustav Venter voorspel het in sy berig, gaan Ras Dumisani se weergawe van Kosie Sukkel Vreeslik klassieke YouTube kykmateriaal word.

how to promoteФильчаков прокуратура харьков

Die kanker is nie in 1989 genees nie

Vandag, twintig jaar gelede, het die Berlynmuur geval. Soos Dan Roodt dit stel, was daar nie juis groot blydskap hieroor te bespeur by die Xhosagodjie Mandela of die Slovo’s van die lewe nie. Jakes Gerwel, vandag ‘n grootkop in Naspers, het selfs ‘n traan gestort toe hy die beeldmateriaal gesien het, bid jou aan!

Dit sou naïef wees om ons te verbeel dat die kommunisme verdwyn het op daardie heuglike dag. Dit was weliswaar ‘n gevoelige slag vir daardie uitgediende en simplistiese ideologie, maar soos ‘n onkruid of kanker was dit nie so maklik om dit uit te roei nie. Die kommunisme van die gees het bloot baie meer subtiel geword, maar is vandag nog net so aktueel en kwaadaardig soos die kanker wat dit voorafgegaan het.

Vandag noem mens dieselfde kwaadaardige gewas politieke korrektheid en multikulturalisme. Uitgesonderd die meer gewelddadige aspekte van sy voorganger, het dit al die kenmerke daarvan.

Die grootste beskrywings van die kommunisme is deur iemand wat self ‘n voormalige kommunis was, George Orwell, geskryf. Sy boeke 1984 en Animal Farm is uitstekende gelykenisse vir die lewe onder die kommunisme. In die boek 1984 was Engels getransformeer (bekende woord, transformasie, nie waar nie?) na ‘n nuwe taal, Newspeak. Nie net moes die mense reg praat nie, maar ook reg dink. Dit maak nie saak of die feite die ideologie weerspreek nie, jy durf nie die verkeerde denke, wat Big Brother nie aangestaan het nie, gekoester het nie.

Politieke korrektheid en multikulturalisme is presies so verdrukkend as die Sowjet-regime. Jy kon voor 1989 na die koelak gestuur word as jy “teen-rewolusionêre” uitlatings gemaak het. Dis steeds met ons. As jy dit vandag waag om byvoorbeeld te sê dat die swart-op-wit geweldskoers buitensporig hoog is, kan jy jou eweneens in ‘n virtuele koelak bevind. Jy sal as rassis gebrandmerk word (in die ou Sowjet-Unie was jy ‘n “vyand van die rewolusie”) en jy kan maklik jou werk kwyt wees.

Durf jy protes aanteken teen die Rooi Rewolusie (in SA noem ons dié rewolusie transformasie) soos die Reitzhuis-studente, sal jy deur die hedendaagse Prawdas uitgekryt word as ‘n rassis, uit die universiteit geskop word en van crimen iniuria aangekla word. Die Rooi Wagte (in SA is hulle swart) wat op die Kovsiekampus dreig om “wit tewe” te verkrag, en op Tukkies se kampus dreig om blanke studente dood te maak, word egter toegelaat om hulle haatspraak te besig. Presies nes skrywers soos Solzhenitsyn gedemoniseer is en inderdaad geterroriseer is, word skrywers wat durf waag om afvallige opinies te huldig, deur die hedendaagse KGB geterroriseer.

Die wiel draai egter. Daar was ‘n groot heksejag in Pole en Duitsland op informante vir die gehate geheime polisie, die Stasi in Oos-Duitsland. Vandag is daardie einste informante steeds met ons; agterlike dinosourusse wat nie die vermoë het om vir hulself besluite te neem nie, diegene wat meegevoer word en gebreinspoel word deur die heersende ideologie en dus gedienstig, soos die breinlose robotjies wat hulle is, die Party se ideologie spu.

Die vraag is: hoe lank gaan dit neem voor ons onsself ook genees van die kanker van die nieu-kommunisme bekend as politieke korrektheid en multikulturalisme?

watch thunderstruck onlineДанильченко Юрий Харьков

‘Hanteer’ neo-Nazi’s deesdae die polisie?

Die hele sage rondom die arrestasie van Uhuru Guru van South Africa Sucks is nog lank nie verby nie en vandag het ons ‘n lang brief deur hom gepubliseer waarin hy sy kant van die saak stel.

Iets wat egter ook vorendag gekom het, is die rol wat mnr. Fred Rundle, ‘n bejaarde neo-Nazi wat insgelyks bande met die AWB het, in die vervolging van die webmeester van South Africa Sucks gespeel het. ‘n Dertigtal polisiemanne het naamlik op Rundle se aandrang (of dalk sy bevel?) die voordeur van UG alias Bert Oosthuizen se huis oopgeskop, agterna al sy rekenaartoerusting, waaronder hardeskywe van sy kliënte, gekonfiskeer en sy hele gesin geterroriseer.

Ook het die polisie sorgvuldig foto’s geneem van alle boeke wat die uwe geskryf het en wat op Bert Oosthuizen se boekrak verskyn het. Die vraag het nou by my ontstaan: het dit weereens, soos destyds onder die NP-regering, onwettig geword om boeke van Dan Roodt op jou rak aan te hou?

Die gevaar wat my roman en opstelle vir die samelewing inhou, is moontlik presies waaroor dit gaan. Want Rundle en diverse aanhangers van die Israelvisie, asook die eerste wegbreekfaksie van die HNP – daar bestaan ook ‘n tweede wegbreekfaksie van die HNP, waaroor binnekort meer – is lank reeds besig met ‘n veldtog teen my en veral sekere satiriese gedigte wat ek op die ouderdom van twintig geskryf het. My juvenilia word gesien as ‘n voorbeeld van “ontaarde kuns” oftewel “entartete Kunst” soos die Nazi’s gesê het. Joost, wat by geleentheid kokaïen snuif en met ontkleedanseresse verkeer, of Steve word al hulle sondes vergewe; al praat Steve se kinders ook Engels, bly hy ‘n “trotse Boer” soos vanmôre se Beeld berig. Maar dít wat ek meer as dertig jaar gelede as student geskryf het, is onvergeeflik.

Daar is egter nog ‘n groter skandvlek wat ek (asook Bert Oosthuizen se vrou en kinders) moet dra. Want sien, “Rooi Danie Roodt” soos Jeanette Koekemoer van die HNP se tweede wegbreekfaksie, die Afrikanervolksparty, na my verwys in e-posse en op dié party se webwerf, is nie raseg nie… Soos sy in ‘n epos aan haar vriend Fred Rundle op 28 September 2009 skryf:

“Luister mooi Fred… jy mag ook weet dat dit nie ‘mense’ is wat beweer dat Rooi Daan Roodt Joodse bloed in hom het nie – dit is feite.

Sy ouma, – ‘n meisie uit ‘n stoere boerefamilie wat trots was op hul nasionalistiese herkoms en van wie die oupa (Daantjie se oupagrootjie, Pik (Botha) se oupa) die hele Anglo Boere-oorlog as held deurgeworstel het (boek beskikbaar by Bienendell),  – is getroud met die Jood der Jode destyds toe geld skaars was en sy verblind is deur hierdie man (wat) sy slaafs aanbid het vir die weelde wat hy haar gebied het. Net daar het hierdie Jood haar help ophou kerktoe gaan en so is tot haar kleinkinders kerkloos…

Hoef seker niks meer te sê?”

Jeanette Koekemoer en Fred Rundle wat deesdae die SAPD se klopjagte op dissidente webmeesters orkestreer in die ware sin van die woord, want daar daag ‘n hele simfonieorkes van polisiemanne en polisieafdelings by jou huis op, se standaarde van rasegtheid is egter so hoog dat hulle s’n selfs dié van die Nazi’s oortref. Enigeen wat Anna M. Louw se pragtige roman Wolftyd gelees het, sal weet wat die woord “Mischling” beteken, met ander woorde Duitsers wat ook Joodse voorouers gehad het. My oupa aan moederskant was slegs ‘n halwe Jood omdat my oupagrootjie met ‘n Skotse vrou getroud is. Terloops, hoewel my oupagrootjie ‘n Jood was, het hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog wapens en ammunisie aan die Boeremagte verskaf en het die Engelse ‘n prys op sy kop gesit sodat hy eers jare ná 1902 dit kon waag om weer sy voete in die land te sit. Vergelyk dit nou met die horde verraaiers aan Boerekant wat deur die Engelse vir hul verraad beloon is…

Dis algemeen bekend dat die Nazi’s se raswetenskap allesbehalwe wetenskaplik was en dat dit merendeels uit ‘n soort “potloodtoets” bestaan het. Trouens, as daar onsekerheid oor ‘n persoon se “voorkoms” was, is daar na die geloof van sy grootouers gekyk. Al vier my grootouers was egter Christene, al het sommige van hulle (soos my “stoere” Boere-ouma) eienaardige interpretasies van die Bybel gehad wat nie noodwendig met die hoofstroomteologie gestrook het nie.

Die berugte Nürnberger Gesetze van 1935 het die Nazi’s se reëls oor Mischlinge of mense van “gemengde afkoms” vasgestel. Amusant genoeg, kon “kwart-Jode” (soos my ma) met rasegte Duitsers trou en hulle kinders (agste-Jode, soos ek) is as “Deutschblütiger” (Duitsbloediges) beskou. Huwelike van kwart-Jode met mekaar is egter nie toegelaat nie.

Dít alles om te sê dat Fred Rundle ‘n soort super-Nazi is wat hoë ideale van rassuiwerheid aanhang as hy en Jeanette Koekemoer my “onsuiwere” afkoms as “feite” bespreek. Sy hele aksie teen Bert Oosthuizen word daarom ten dele ook gemotiveer deur Oosthuizen se huwelik met ‘n Christen-vrou, maar met ‘n kwart Joodse bloed in haar are…

In ‘n erg gekruide e-pos vaar Rundle teen Bert Oosthuizen en sy gade uit deur te sê: “And also you admit that the disgusting whore you are married to is a dirty Jew bitch! I have no time for dirty Jews they are worse than kaffirs… I never trusted you for betraying our people and so dirtying our blood. Your wife is a dirty Jew and your children are half-breed spawn from the synagogue of Satan. I wish the kaffirs will teach you a lesson and rape and kill your children you sick twisted perverted bastard.”

Fred Rundle gaan in dieselfde e-pos voort deur my, Bert Oosthuizen en Frikkie Potgieter as “verraaiers” te bestempel wat by ‘n AWB-vergadering aan die kaak gestel sal word:

“For the third time I invite you to show your face at Trim Park in Ventersdorp to come and face the people on Saturday. When I take the podium the people will find out who real the enemies and traitors of rhe Boervolk are. Bert Oosthuizen, Dan Roodt and Frikkie Potgieter, joiners and traitors of the Boervolk! They are working hand in hand with the ememy towards our downfall. But they have a big surprise coming. When the day comes when the Boervolk regains its freedom, these traitor bastards will be hanging from the trees with ropes around their necks.

Stay strong people our day is coming. We must fight the enemy wherever he is, even if the enemy is some of our own people.”

Is dit nie insiggewend dat die SA Polisiediens, waarvan een kwart van die lede oor misdaadrekords beskik en sommige in uniform blanke vroue verkrag, nou ook ag slaan op neo-Nazi’s en “Ariërs” soos Fred Rundle wat die wêreld van mense met hoogstens ‘n breukdeel Joodse bloed wil suiwer nie? Daar bestaan natuurlik heelwat raakpunte tussen swart nasionalisme en nasionaal-sosialisme. Marcus Garvey, die vader van swart nasionalisme wat by geleentheid ook deur Mbeki aangehaal is, was ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler.

Maar soos wat Suid-Afrika uitrafel, sal ons seker nog vreemder ideologiese manifestasies aanskou. Want terwyl die Jodin Gill Marcus vir Tito Mboweni as goewerneur van die Reserwebank opvolg en die Joodse gemeenskap in Johannesburg die aantal Jode in ANC-magsposisies vier, het die ANC se departement van buitelandse sake ‘n onverbiddelik pro-Palestynse standpunt ingeneem. Terselfdertyd is die polisie besig om hand om die blaas met neo- of super-Nazi’s teen Afrikanerwebmeesters op te tree wat dalk iewers ‘n baie vae verband met Jode het.

Noudat ek daaraan dink, Max du Preez het mos ook op ‘n stadium beweer dat ek nie van “suiwer Afrikanerafkoms is nie”. Sy kinders se huistaal is egter… reg geraai, Engels.

Wat ‘n sirkus! En die aartsnar Malema is nog nie eens president nie.

насосная станцияданильченко юрий брониславович прокурор

Verdere gedagtes oor ‘n Afrikanersekerheidsmag

Ek het in ‘n vorige rubriek die noodsaaklikheid van ‘n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van ‘n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging nie.

1. Missie

Dit was ‘n aantal jaar gelede hoogmode vir maatskappye om pragtige, geraamde missiestellings in hul voorportale aan te bring, wat in hogere terme praat van edele ideale wat die maatskappy nastreef. Die missie van die Afrikanersekerheidsmag is egter meer beskeie: dis eenvoudig om Afrikaners teen geweld en misdaad te beskerm, en om woongebiede wat deur Afrikaners bewoon word, te beveilig.

2. Openlikheid en wetsgehoorsaamheid

Die grondbeginsel behoort te wees dat die Afrikanersekerheidsmag nie die landswette self mag verbreek nie. In teenstelling met baie van diegene waarmee Afrikaners ‘n grondgebied deel, is die oorweldigende meerderheid Afrikaners wetsgehoorsame burgers.

Ek het persoonlik geen behoefte om in konflik te raak met die fundamenteel-korrupte Azaniese regstelsel nie, want geen Afrikaner kan ‘n regverdige verhoor voor ‘n “regter” soos Nkola Motata te wagte wees nie, laat staan nog om in ‘n Azaniese tronk te wil beland.

Enige lid wat wel die wet verbreek, behoort onmiddellik geskors te word en van sy konsessie ontneem word. Geen persoon mag voorts ‘n konsessiehouer of werknemer wees van ‘n konsessie as hy ‘n kriminele rekord het nie. (Meer oor konsessies hieronder.)

Tweedens moet die Afrikanersekerheidsmag openlik en sonder enige geheimhouding bedryf word. Ek stel beslis nie ‘n privaatweermag met enige verskuilde agenda in die vooruitsig nie – dit is ‘n wetsgehoorsame sekerheidsmag om Afrikaners en ander blankes te beveilig teen die groot gevare inherent aan Suid-Afrika.

3. Raad van trustees

Ek sou voorstel dat die Afrikanersekerheidswag ‘n raad van trustees behoort te hê, wat beleid formuleer en sorg dat daar goeie korporatiewe bestuur plaasvind. Voormalige polisie- of weermagoffisiere of diegene met kundigheid in die sekerheidsbedryf sou die aangewese persone wees om op die raad te dien.

4. Samewerking met ander organisasies

Daar is reeds bestaande organisasies wat buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums en burgerlike organisasies soos Afriforum insluit, waarmee daar natuurlike sinergie is. Die Afrikanersekerheidsmag behoort as ‘n saak van beginsel alles in sy vermoë te doen om met hierdie organisasies saam te werk.

5. Konsessies (“franchises”)

Die Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening op ‘n konsessiegrondslag te werk. Die grootte van die gebied wat aan ‘n konsessiehouer toegeken word, moet deur die aantal Afrikaners in die gebied bepaal word. Daar is 287 munisipaliteite in Suid-Afrika. Kleiner munisipaliteite sal waarskynlik slegs een konsessie lewensvatbaar maak, maar groter munisipaliteite en die metro-areas sal beslis meer as een konsessie elk moet bevat.

Konsessiehouers sal hulle eie motors en vuurwapens moet verskaf.

Die betaling aan konsessiehouers behoort te geskied op grond van die aantal intekenare in die konsessiehouer se geografiese gebied. Dit is die konsessiehouer se plig om intekenare te werf. Hoe meer intekenare die konsessiehouer kan werf, hoe groter sy inkomste. Die sentrale administrasie hieronder genoem, sal die administratiewe deel hanteer en uitbetalings aan die konsessiehouers maak. Die tipiese maandelikse fooi in ‘n stedelike gebied vir gewapende reaksiemagte is sowat R300-R400 per maand. As ‘n persentasie van hierdie bedrag verhaal word vir administratiewe kostes, bied 50 intekenare in ‘n gebied steeds ‘n goeie maandelikse inkomste.

Om dit so maklik as moontlik te maak vir arm en werklose Afrikaners om ‘n konsessie op die been te bring, behoort daar na my mening die minimumonkoste te wees om ‘n konsessie te verkry. Die konsessiehouers behoort slegs vir hulle uniforms, moontlik plakkers vir hulle motors en opleiding te betaal.

6. Opleiding

Konsessiehouers moet verpligte opleiding ondergaan alvorens hulle begin met hulle werksaamhede, en ook ‘n eksamen en praktiese toets aflê. Daar is reeds selfverdedigings- en skietkursusse wat deur lede van PRAAG-landelik aangebied word, maar hierdie opleiding sal aangepas moet word om te voldoen aan die vereistes van stedelike beveiliging. Elke lid van elke konsessie sal ook die statutêre Sekerheidsoffisiereraad (Security Officer’s Board) se eksamen moet aflê.

7. Personeelbeleid

Lidmaatskap moet beperk word tot diegene wat tans benadeel word deur die ANC-regime se rassistiese wetgewing, en veral Afrikaners. (Ek sou persoonlik Engelssprekende blankes wat wou deelneem, ook toelaat.) Dié beleid kom as’t ware neer op regstellende aksie in trurat – ten bate van Afrikaners wat aan die ontvangkant is van die ANC se skreiende diskriminasie teen ons.

8. Sentrale administrasie

‘n Sentrale administratiewe funksie moet geskep word, om byvoorbeeld intekenare te registreer, uitbetalings aan konsessiehouers te maak en om die inbelsentrum te beman. Sy bedrywighede moet befonds word deur ‘n persentasie van die intekenare se maandelikse intekengelde.

Daar moet ‘n 24×7 inbelsentrum wees, verkieslik met ‘n tolvrye, nasionale nommer. Die beheerkamer ontvang noodoproepe en verwittig die toepaslike konsessiehouer van die noodgeval per selfoon of na sy landlyn toe.

Ten slotte: Soos ek hierbo aangedui het, is ek geen kenner op die gebied van polisiëring of beveiliging nie. Ek is oortuig daarvan daar is mense wat die Afrikanersekerheidsmag veel beter sal kan struktureer as my lekepoging, maar weer eens sou ek persoonlik veel eerder my R400 per maand per debietorder betaal vir beveiliging as ek weet dat dit Afrikaners is wat my buurt patrolleer.

светодиодные светильникиФильчаков прокуратура харьков

‘Rassisme’-geskel verraai swart minderwaardigheidsgevoel

Die bohaai oor die Vrystaatse kampus het min te make met die voorvalle wat daar plaasgevind het. Sowel die onsmaaklike poets as die optrede van professor Jonathan Jansen gaan nie oor “rassisme” en die menswaardigheid van die skoonmaaksters nie maar spreek eerder van swartmense se swak selfbeeld en werklikheidsontvlugting.

Die woede en emosie oor ‘n skadelose voorval – asof ‘n ramp die swart ras of die land oorgekom het – staan in skrille kontras met die ongeërgdheid te midde van miljoene swartmense wat aan voorkombare siektes sterf of in erge armoede in onmenslike woonplekke krepeer wat hul status tot byna dierlike vlakke verlaag het.

Betogings is besig om orals los te bars teen sulke onmenslikheid en tog behou dieselfde intellektuele en “anti-rassisme”-woordvoerders hul afstand, eer hulle aan die verkeerde kant van die regering se gunste en gawes beland, ‘n regering wat eers hierdie onmenslike toestande geskep en daarna laat vererger het. Dieselfde skreeuers teen rassisme bly stil as die regering die outonomie van universiteitsowerhede en dus van demokratiese instellings bedreig.

Betogings teen rassisme is geregverdig, daar waar blankes hulle aan werklike of skynbare pogings skuldig maak om mense van ‘n ander ras af te kraak of te verneder. Waar skendings van menswaardigheid ook al manifesteer, behoort diegene wat hulle oor sulke kwessies bekommer op te tree of hulle daarteen uit te spreek. Daarom behoort ons veel meer kommer en betrokkenheid by die aanspreek van die toenemende ellende van swartes te gesien het. Daardie ellende tas hul menswaardigheid veel meer aan as wat ‘n ligsinnige studentegrap ooit kon doen.

Die grootste tragedie van die rassismekwessie is die amperse nalatigheid of gekonkel van swartmense waar dit by hul eie vernedering as ‘n ras kom, asook hul gebrek aan selfrespek. Die meeste vernietiging, aftakeling en lyding wat die menswaardigheid van swartes aantas, word deur hul eie swart regering veroorsaak. En tog word niks hieroor gesê of gedoen met dieselfde hartstog as wat naastenby met die gejil kan vergelyk waarmee selfs geringe misstappe van blankes jeens swartes begroet word nie.

Omdat hulle in gebreke bly om die vernedering, pyn en selfs vernietiging van binne te hanteer, het swartes behoefte aan sondebokke en om in ‘n hoë mate te oorkompenseer. Blanke rassisme – feit of fantasie – is ‘n nuttige voertuig om aan frustrasies uiting te gee wat van binne af opbou.

Indien die energie en kragdadigheid wat vir “rassisme” uitgesonder word eerder aan kritiek jeens die volgehoue onderontwikkeling of selfs vernietiging deur hul regering gewy sou gewees het, sou daar baie vooruitgang onder swartes gewees het. Daar sou ‘n bestekopname van hul historiese erflating, hul huidige ellende en toekomstige vooruitsigte gewees het. Selfbesinning, om verantwoordelikhede te aanvaar en om selfbeskikking te laat seëvier, is  wat tot die algemene vooruitgang van ander rasse, nasies en streke bygedra het.

Snert oor “driehonderd jaar van rassisme” is ‘n baie maklike verskoning en boonop grootliks vals. Swartes en wittes het mekaar minder as tweehonderd jaar gelede ontmoet toe groot swart koninkryke wat deur die Sjakas en Sekoekoenies gevestig is, verrys en tot laat in die negentiende eeu gebloei het. Sulke onsin laat sekere dade deur blankes as die bepalende dade voorkom wat swart onderontwikkeling moet verklaar. Dit laat die voorafgaande onafhanklike swart bestaan in die vergetelheid verdwyn, afgesien en anderkant swartes se interaksies met blankes wat ‘n diepgaande en blywende uitwerking op hul bestaan gehad het. Ironies versterk hierdie siening van hulpelose swart slagoffers die rassistiese aannames oor die “blanko swart primitiewe verlede”, van passiewe en parasitiese swartes sonder onafhanklikheid, inisiatief, erfenis en rigting.

Die konstante beskuldigings teen blankes oor “rassisme” en onregte uit die verlede moet opgeweeg word teen die revolusionêre veranderinge wat blankes teweeggebring het, in die vorm van swart state wat bestaan, ekonomieë, staatsdienste, intellektueles, ens., waarvan die verskyning grotendeels aan die blanke teenwoordigheid en bemoeienis toegeskryf kan word, veral in Suid-Afrika. Dan praat ‘n mens nie eens van die dorpe en stede, die tegnologie en nywerheid, opvoeding, gesondheid, politiek, godsdiens en ander elemente en aktiwiteite wat deur blankes op hierdie vasteland bekendgestel is nie…

Die kreet van “rassisme” word gebruik om die gepeupel op te sweep en te manipuleer, ten einde die aandag af te lei van die toenemende krisisse waarvoor swartmense te staan kom. Dit verteenwoordig die projeksie van ‘n minderwaardigheidskompleks wat uit swartes se swak selfbeeld spruit. Ook swartes se gevoel van onmag en mislukking in die aangesig van toenemende probleme en ‘n gebrek aan werklike, mensgedrewe transformasie speel ‘n rol. Voeg daarby swart afhanklikheid van blankes se kulturele, intellektuele, materiële en geestelike bydraes en ‘n mens begryp die obsessie oor rassisme soveel beter.

Die lawaai rondom die gebeure op die Vrystaatse kampus – soos die algemene lawaai oor “rassisme” – verteenwoordig die projeksie van ‘n diepgewortelde angs wat spruit uit die leemtes en gebreke van swartes as dit by hul eie oorgeërfde probleme en vooruitsigte as ‘n ras kom. Sulke reaksies sal voortduur en die krete van “rassisme” sal toeneem soos wat die huidige krisisse verdiep en vermenigvuldig en die stelsel begin wankel.

Meshack Mabogoane is ‘n skrywer en gemeenskapsleier aan die Oosrand. Hy dra gereeld meningsartikels by tot die Mail & Guardian, City Press en ander koerante en staan ‘n federale stelsel in Suider-Afrika voor.

casino online freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Botswana se selfbeeldprobleme

‘n Suid-Afrikaanse man is in Botswana in hegtenis geneem omdat hy na bewering vir ‘n werker gesê het dié is dommer as die president. Vroeër is vier Suid-Afrikaanse vrouens ook in Botswana in hegtenis geneem, nádat hulle gesê het Ian Khama lyk soos ‘n Boesman. Hoekom sou dit ‘n belediging wees vir die president, wonder ek? Is Boesmans moontlik in die oë van die Tswanas ‘n minderwaardige ras?

Bostaande is uiteraard ‘n teken van ‘n uiters agterlike piesangrepubliek, waar die staatshoof en politici se selfbeeld so swak is, dat kritiek teen hulle ‘n misdaad is.

Die vier vrouens is egter heel moontlik reg. Dit is ‘n feit dat die Bantoe-invallers wat uit Wes- en Sentraal-Afrika suidwaarts gemigreer het, dikwels met die Boesmans ondertrou het. Daar is heelwat Koisangene in die swart bevolking. As ek nou nie bang was dat ek soos daai ou wat by Sun City ‘n plaat oor die afgod Mandela gespeel het, aangekla gaan word nie, kon ek die opmerking gemaak het dat Mandela nogal baie na ‘n Boesman lyk. Ek is egter heeltemal te bang en verklaar hiermee vir die rekord en in die openbaar dat, indien Mandela na enige groep lyk, hy ongetwyfeld op blonde Noorweërs trek.

Die arrestasie van die man wat meen dat die werker dommer is as Ian Khama, is insgelyks skreeusnaaks. Probeer die owerhede stellig daarmee te kenne gee dat die werker juis nié dommer is as mnr Khama nie? Waarom so sensitief? Soos Shakespeare gesê het: “the lady doth protest too much”. Mens sou sweer hulle woon op ‘n kontinent waar die gemiddelde IK tussen 70 en 80 is, te oordeel aan hoe dun die nerfies oor sulke opmerkings is. Ons almal weet egter dis nie so nie, en vir die rekord verklaar ek dat ek glo dat al die mensdom se mees briljante ontdekkings deur Afrikane gemaak is, en dat Afrikane in der waarheid enige ander nasie ver uitstof wanneer dit by intellek kom.

Om terug te keer na die ou wat gevang is: CJ Langenhoven het op ‘n stadium gesê dat helfte van die parlementslede bobbejane is. Toe hy gedwing is om sy woorde terug te trek, het hy gesê die helfte is nié bobbejane nie.

As ek nou die aangeklaagde Suid-Afrikaner was, het ek my woorde in die openbaar teruggetrek en gesê dat die werker inteendeel nie dommer is nie, maar in der waarheid slimmer is as die president.

магазин велосипедов киевОлександр Фільчаков прокурор

‘n Wêreld sonder grense

Toe ek ‘n ondergraadse student was, het ek in die anargisme as politieke filosofie belanggestel. Op daardie stadium was Suid-Afrika ‘n blanke republiek met streng reëls en is daar selfs morele voorskrifte oor naaktheid in tydskrifte en die taalgebruik van romanskrywers soos Etienne Leroux en John Miles toegepas.

Indien enigiemand twintig of dertig jaar gelede sou voorspel het dat die toepassing van reëls en wette in ons land teen die jaar 2009 eerder die uitsondering as die reël sou word, sou so ‘n persoon waarskynlik van waansin beskuldig gewees het. Nietemin het die land vandag in ‘n staat van kwasi-anargie verval en bendelede, dwelmhandelaars, korrupte politici en staatsamptenare, om van moordenaars en verkragters nie te vergeet nie, is grotendeels vry om te maak soos hulle wil.

Ons Afrikaners stam van Noord-Europese Protestante af. In Nederland, ons vernaamste stamland waarvandaan Jan van Riebeeck gekom het, bestaan ‘n kultuur van Calvinistiese orde wat sorg dat elke vierkante sentimeter van die land netjies en skoon daar uitsien. Die hele Nederland is sogenaamd “ruimtelik georden”, wat beteken dat elke moontlike menslike en ekonomiese aktiwiteit soos boerdery, nywerheidsproduksie, opvoeding, ontspanning, vervoer volgens vasgestelde reëls in vooraf bepaalde ruimtes plaasvind. ‘n Magdom regulasies beheer die omgewing, die veiligheid van werkers en ‘n aansienlike gedeelte van die bevolking is “ongeskik om te werk” verklaar weens geringe psigiese steurings, liggaamlike tamheid of chroniese maar behandelbare siektes en ontvang ruim toelaes van die staat.

In weerwil van ‘n liberale gees, is Nederland ‘n land waar alles begrens en afgebaken is, sowel ruimtelik as geestelik. In teenstelling met hierdie Westerse en Noord-Europese sin vir reëls en wette wat spontaan deur die bevolking nagevolg word sodat wetstoepassing byna nie nodig is nie, bevind die Afrikaner, die grootste Westerse volksgroep in Afrika, hom tans inderdaad in “‘n wêreld sonder grense”, wat ook die titel van ‘n bundel kortverhale deur Alexander Strachan is. Geweld, anargie, misdaad, korrupsie, het alledaagse verskynsels geword en soos meneer Kurtz in Joseph Conrad se Heart of Darkness kan ons ook die keuse uitoefen om self aan die geweld en wetteloosheid te begin deelneem.

Terwyl ons elke dag op tipiese Westerse – en blanke – wyse ons lot bekla omdat ons aan ‘n wêreld sonder reëls of met teenstrydige reëls blootgestel word, kan ons ook op ‘n ander manier daarna kyk. Anders as in Nederland, Duitsland of Switserland, kan die staat ons nie meer teen die sosiopate met hule messe, pistole en AK 47’s beskerm nie. Riool loop in die riviere, die paaie is vol gate en vir R800 kan jy ‘n “regte vals” ID-boekie op straat gaan koop wat deur amptenare binne die departement van binnelandse sake uitgereik word.

Gestel egter hierdie toestand van anargie en wetteloosheid wat ons as ‘n bedreiging sien, is eintlik ‘n potensiële bron van vryheid? As die staat in duie stort of misluk, soos in Zimbabwe, maar toenemend ook in Suid-Afrika, is dit werklik so ‘n groot ramp as wat ons geleer is om te dink?

Vir sowel die politieke anargis wat glo dat die mens vry van staatlike oorheersing behoort te lewe as die vryemarkekonoom soos Milton Friedman of Gary Becker is hierdie toestand van ‘n staat wat beheer oor sy burgers en sy grondgebied verloor eintlik ‘n positiewe ontwikkeling. Pleks van die kunsmatige vryheid van ‘n Nederland wat oor sy burgers soos kinders  van die spreekwoordelike “wieg tot die graf” waak, het ons die geleentheid om waarlik vry te wees. Ons kan amper soos Nietzsche se Übermensch volgens ons eie innerlike reëls handel, juis omdat die samelewing rondom ons die pad byster geraak het.

Die Britse romanskrywer William Golding het in sy boek Lord of the flies, wat wel in die sestigerjare in Afrikaans vertaal is as Ryk van die vlieë, aan ons ‘n allegorie van menslike degenerasie geskets wat plaasvind as ‘n groep seuns op ‘n verlate eiland van die normerende invloed van die staat en die samelewing ontneem word. Soos die groep seuns in Ryk van die vlieë, word ons insgelyks vandag blootgestel aan ‘n land waarin elke soort hartstog en misdadige impuls botvier.

As ons die vertroude reëls en wette van Romeins-Hollandse reg agterlaat, gaan ons noodwendig agteruitgaan en in barbarisme verval soos die kindersoldate van Charles Taylor se Liberië of die rebellegroepe van die Kongo wat hul teenstanders en veral pigmeë opeet?

Ek meen van nee. Waarskynlik beskik die Afrikaner as blanke en as Noord-Europese immigrant in Afrika oor ‘n aangebore gewete en sin vir gehoorsaamheid aan reëls. Ons weet dit uit ons geskiedenis, want in die agtiende en negentiende eeue het ons voorouers vir lang periodes buite bereik van staatlike beheer gewoon en nogtans het ons nie in barbarisme of wetteloosheid verval nie.

Die maatskaplike eksperiment wat “die nuwe Suid-Afrika” genoem word, is bestem om te misluk. Maar ons mislukkende staat kan ons heel moontlik vrystel van die verstikkende burokrasie en beheer wat die meeste moderne Westerse samelewings kenmerk en hul burgers tot verkinderlikte staatsafhanklikes reduseer. ‘n Nuwe Afrikaner, ‘n vrye, sterk en soewereine mens wat geen oppergesag meer erken nie, maar slegs deur sy innerlike sin vir geregtigheid gemotiveer word, kan dalk uit die huidige smeltkroes verrys.

Vir Christene wat voel dat die mens in terme van die Bybel en veral die Tien Gebooie moet handel, is die idee van so ‘n bevryde Afrikaner, wat hom bokant die wette van die vervallende nuwe Suid-Afrika ag, dalk angswekkend en immoreel. Maar die houvas van die Christendom op die staat was nog altyd taamlik prekêr, behalwe miskien tydens die Middeleeue toe die Katolieke kerk se invloed op sy grootste was. Die staat is op sy beste ‘n heidense maaksel wat van die Grieke en Romeine afstam en in sy mnderne gedaante deur die Verligting en die ateïstiese Franse revolusie geskep is.

Onlangs by die volksvergadering by Vegkop het ek enkele sprekers aangehoor wat ‘n teokrasie in ‘n nuwe Afrikanerstaat bepleit het. Die kanse dat so iets sal realiseer, is uiters gering, want vir die afgelope paar honderd jaar is dit slegs in Moslemlande waar daar hoegenaamd sprake van teokrasie oftewel “regering deur God” was.

Soos wat die staat rondom ons kwyn, mag dit wees dat ons innerlike ooruigings en uiterlike bande met die res van ons Afrikanergemeenskap gesterk word. Soos die ou Voortrekkers wat noodgedwonge in die laer moes saamstaan om teen die vyand daarbuite te kon oorleef, sal ons in die afwesigheid van beskerming deur die staat ook moet leer dat ons mekaar behoort te help ten einde nie deur die misdadigers en vryheidsvegters van Afrika oorweldig te word nie.

Om dus jou eie reëls te bepaal, beteken nie noodwendig dat mens voortdurend slegs in eie belang sal optree nie, maar kan ook die natuurlike bande van bloed, taal en kultuur versterk terwyl die kwynende staat juis daardie bande wil afbreek.

Die huidige Suid-Afrika kan beskryf word as: “Hong Kong ontmoet Charles Taylor se Liberië.” Enersyds leef ons in ‘n totaal geprivatiseerde, handelsgedrewe omgewing met privaatveiligheidsmaatskappye, privaatgesondheidsdienste, privaatskole (selfs staatskole word grootliks deur ons ouers onderhou) en tolpaaie, andersyds het die staat ontaard in ‘n soort mafia wat die grondslag vir plundery en etniese of rasseoorheersing verskaf.

Terwyl die ideaal van ‘n bevryde grondgebied of volkstaat vir ons almal op die horison wink, kan ons reeds te midde van die nuwe Suid-Afrika se chaos en anargie begin om ons vryheid op te eis deur eenvoudig afsydig en selfs ongehoorsaam teenoor die staat te raak. Die manier waarop vele plattelandse gemeenskappe reeds hul eie vorme van dorpsverenigings naas – en in mededinging met – die amptelike munisipaliteite bedryf, wys die rigting aan.

Met behulp van moderne kommunikasietegnologie en die internet ontkom ons ook toenemend aan die invloed van die staat en sy muwwe, totalitêre patriotisme – hoewel sommige mense nog die onderbroekvlag by krieketwedstryde swaai. Die virtuele Afrikanergemeenskap bestaan reeds – op Facebook, Twitter, Praag, Litnet, geselsforums en oral waar Afrikaners in Afrikaans met mekaar in die kuberruim assosieer.

Ons voorouers was Germaanse barbare wat tot ‘n Semitiese godsdiens bekeer is en daarna deur Spaanse Katolieke verdruk is totdat hulle in gewelddadige opstand teen die heersende ideologie en geloof van hul tyd – die Katolisisme – gekom het. Dieselfde oranje-blanje-blou vlag wat opstandiges vandag op amptelike naamborde verf het ons voorouers ter see gehys toe hulle in ‘n oorlog teen die Spaanse vloot gewikkel was. Daarna het ons in die Kaap van die V.O.C. en die Britse Ryk se beheer weggetrek en in die binneland grootliks vry van enige staatlike beheer gewoon, soos aristokrate wat slegs hul eie gesag op hul landgoed erken het. Dit was slegs gedurende die twintigste eeu wat ons “die jaloerse god van die staat” – ‘n frase waarvoor ek Koos Malan moet bedank – begin aanbid het. Die staat is ‘n jaloerse god omdat hy geen mededinging van ander gode op sy grondgebied duld nie en daarom die monopolie op belastinggaarding en geweld deur sy amptenare in uniform wil behou.

Omhels ons tans die vryheid wat die kwynende staat van Suid-Afrika vir ons inhou? Of deins ons van vryheid terug? Eintlik bevind ons ons terug in die paradys – weliswaar ‘n “wrede paradys” soos Stephen Smith van Negrologie-faam dit benoem het – waar ons hartsbegeertes vervul kan word en waar ons kan skep, boer en handel dryf terwyl ons die staat en sy onbekwame amptenare soos lastige vlieë wegklap.

Miskien was dit die “ryk van vlieë” waarna Golding verwys het: polisiemanne en soldate sonder petrol of waarvan die voertuie onklaar geraak het.

En: indien ons as kinders van die Aandland, erfgename van die lig, by dié unieke situasie kan aanpas, kan ons heel moontlik die sterkste en voortreflikste beskawing ooit tot stand bring.

поверхностный самовсасывающий насос для водыАлександр Фильчаков