Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie.
President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog” oor die geweld en oproer in die gebied omdat 17 skole afgebrand is.
Mahlobo het ontken dat misdaadintelligensie misluk het, en dat dit die rede is hoekom die 24 skole wat aan die brand gesteek is, nie gered kon word nie.
Die minister van samewerkende regering, David van Rooyen het ook sê die regering gaan nie die besluit deur die Munisipale Afbakeningsraad omkeer nie.
Tsongas is woedend oor die samesmelting van Vuwani en Malamulele in Limpopo.
Hulle sê hulle wil nie onder Vendas se gesag wees nie. Oproer en onrus teister die gebied al maande lank terwyl die ANC leë beloftes maak oor inspraak en toegewings.
Verskeie skole is tydens gewelddadige protesoptrede afgebrand nadat die Hooggeregshof vroeër ten gunste van die Afbakeningsraad beslis het.
Van Rooyen het Donderdagaand in Thohoyandou gesê inwoners wat teen die besluit is, moet teen die hofbeslissing appelleer.
Intussen is nog sewe verdagtes in hegtenis geneem nadat 17 skole in die gebied afgebrand is.
Dit bring die aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is vir openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in Vuwani, op twaalf te staan.
Die Menseregtekommissie sê kommer heers oor 26 000 swart skoolkinders in Vuwani in Limpopo se reg tot toegang tot onderwys, wat geskend word.
Onderrig in die gebied is gestaak te midde van voortslepende gewelddadige betogings, en sowat 24 skole is al aan die brand gesteek en beskadig.
Die provinsiale Menseregtekommissaris, Victor Mavhidula het die geweld veroordeel. Hy sê mense kan ook sukses bereik deur om ‘n tafel te sit en hul griewe te spreek, eerder as om eiendom aan die brand te steek.
Nagenoeg 150 studente het op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit het Dinsdag betoog om ‘n memorandum van griewe aan die universiteitsbestuur te oorhandig.
Reform PUK, wat die belange van swart studente wil bevorder, het egter gesê dat indien hul klagtes nie aandag kry nie, hulle die kampus onregeerbaar sal maak.
Hul klagtes sluit onder meer die gebruik van tolkdienste in, wat hulle meen ondoeltreffend is en swart studente uitsonder as buitestaanders.
Volgens verteenwoordiger Ignatius Mokhatle skep die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal ‘n versperring wat verhoed dat swart studente aan die kampus kan of wil studeer.
Visekanselier Dan Kgwadi het ingestem om binne die volgende sewe dae terugvoer te gee.
Europa se komitee vir minderhede het kommer oor toenemende “rassisme” in Duitsland uitgespreek.
Voorbeelde is genoem van “verregse, anti-Islam betogings”, wat strydig is met uitsprake deur die land se leierskap dat sy grense vir duisende migrante oop is.
“Daar is kommerwekkende verwikkelinge van openbare manifestasies van rassisme en xenofobie,” het die Raad van Europa se komitee oor nasionale minderhede gesê in ’n verklaring wat in Straatsburg uitgereik is.
“Manifestasies van anti-Semitisme, anti-Moslem- en anti-immigrant sentimente asook aanvalle op asielsoekers is aan die toeneem,” lui die verslag.
Die verslag verwys spesifiek na die sogenaamde Maandag-optogte wat verlede winter deur die anti-Islamitiese Pegida-beweging gereël is.
Tydens die hoogtepunt het meer as 25 000 mense in die oostelike stad Dresden aan optogte deelgeneem, het AFP berig.
Koerdiese magte het die Islamitiese Staat-groep (ISIS) in die noorde van Irak aangeval in die jongste offensief wat daarop gemik is om jihadiste uit die olieryke stad Kirkoek te verdryf.
Koerdiese militêre bronne sê die aanslag het vroeg die oggend wes van Kirkoek in die rigting van die ISIS-bastion, Hawijah, begin om die al-Gurra-hooglande in te neem.
ISIS het verlede somer volle beheer van Kirkoek oorgeneem nadat Irakse soldate uit hul basisse gevlug het toe militante ongeveer ‘n derde van die land verower het.
Die Koerdiese pesjmerga het sedertdien ‘n buffer rondom die stad in ‘n reeks offensiewe verbreed en die afgelope ses maande beheer oor ongeveer 530 vierkante kilometer oorgeneem.
Benewens vordering rondom Kirkoek, het die frontlinie tussen die pesjmerga en ISIS byna glad nie in die afgelope maande verskuif nie.
ISIS kon nie daarin slaag om enige grondgebied van die pesjmerga af te neem sedert die Amerikaans-geleide koalisie begin het om die insurgente te bombardeer nie.
Die Koerde beheer reeds die grootste deel van die grondgebied wat hulle as hul eie eien, en het min aansporing om dieper in oorwegend Arabiese dorpe en nedersettings in te beweeg, behalwe waar dit ‘n regstreekse bedreiging vir hul streek bied.
Die man waarna Thailand se owerhede nou soek, is opgemerk op kringtelevisie-beeldmateriaal naby die Hindoe Erawan-tempel waar die bom ontplof het.
‘n Polisiewoorvoerder, het aan AP gesê die man is nie slegs die verdagte nie, hy is die bomplanter.
Daar word vermoed dat die verdagte van Oeigoer-oorsprong is, maar premier Prayut Chan-o-cha het Woensdag die gerugte ontken. Die Oeigoere is ‘n Moslemminderheid van die weste van China wat streef daarna om outonomie van die vasteland te bekom.
Die Bangkok Post het die week gesê Oeigoermilitante het die bom geplant uit weerwraak na Thailand se deportasie van 109 Oeigoervlugtelinge na China.
Minstens nege van die slagoffers was burgers van verskeie Asiatiese lande, maar veral Chinese het omgekom.
Die regering het gesê die aanval Maandag tydens spitstyd in Bangkok se middestad was daarop gemik om die ekonomie en die toerismebedryf te vernietig.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die daad aanvaar nie.
Dinsdag het die spanning in die stad toegeneem toe ’n klein ploftoestel van ’n brug af in ’n rivier gegooi is, maar niemand is beseer nie, het ’n polisiebeampte op die toneel gesê.
Somyot Pumpanmuang, Thailand se nasionale polisiehoof, het egter toegegee dat die man ‘n buitelander kan wees.
“Daardie man het ’n rugsak gedra en verby die toneel gestap toe die voorval plaasgevind het. Maar ons moet na die beeldmateriaal voor én ná die voorval kyk om te bepaal of daar ’n verband is,” het Somyot op ’n mediakonferensie gesê.
Die polisie het die toneel van die ontploffing Dinsdag vir leidrade gefynkam. Die polisie het ook bevestig dat 22 mense dood en 123 in die aanval beseer is.
Volgens die polisie is die ontploffing deur ’n pypbom veroorsaak.
China se amptelike nuusagentskap, Xinhua, het berig dat vier van die slagoffers Chinese was.
Twee Maleisiërs, ’n Singapoerees, ’n Indonesiër en ’n Filippyn het ook omgekom. Talle van die gewondes is Chinese en Taiwanners.
Een van Brittanje se mees vooraanstaande aktrises het teater as ‘n “wit uitvinding” beskryf wat alleen in die DNS van die Kaukasiese ras bestaan.
Dame Janet Suzman, bekend vir haar Shakespeare-rolle, het gereageer op die menings van Meera Syal, ‘n Britse-Asiatiese komediant, wat verlede week teatermaatskappye gevra het om meer te doen om die Verenigde Koninkryk se Asiatiese gemeenskap te betrek.
Suzman het ook gekla dat etniese minderhede eenvoudig nie na die teater gaan nie, want dit is nie deel van hul kultuur nie. Sy is in Suid-Afrika gebore. Haar tante was Helen Suzman.
“Ek het pas ‘n Suid-Afrikaanse toneelstuk gedoen. My medester is ‘n jong swart man uit die krotbuurte van Kaapstad. Heeltemal ‘n briljante akteur! Ek het een swart gesig in die saal gesien, in die Print Room [Londonse teater],” het sy gesê.
“En hulle het nie blêddie opgedaag nie. Hulle is nie geïnteresseerd nie. Dit is nie in hul kultuur nie, dis hoekom. Net soos hulle goed nie in wit kultuur is nie,” het sy bygevoeg.
Haar uitlatings kom te midde van die Britse regering se waarskuwings dat kunste-organisasies hulle befondsing kan verloor as hulle nie diversiteit in hul instellings nastreef nie.
Nuwe planne deur die Verenigde Koninkryk se Kunsteraad, UK Art Council, sal organisasies dwing om planne te implementeer om meer inklusief te wees wat ander etniese groepe betref omdat hulle oor die algemeen swak in die kunste en die media verteenwoordig is.
In reaksie op Suzman se kommentaar, het Syal, een van Brittanje se mees prominente akteurs, gesê sy het nog “nooit van ‘n enkele ras of kultuur gehoor wat teater” as hul eksklusiewe uitvinding voorhou nie.
Sy het ook gesê daar is ‘n “meer diepgaande” bespreking ten opsigte van gehore nodig.
Ander bekendes in die Britse kunste was geskok deur Suzman se kommentaar, en het gesê teaters moet beter maniere vind om inklusief ten opsigte van etniese groepe te wees.
Suzman het na kritiek aan die BBC gesê sy stem eintlik saam dat teater getransformeer behoort te word en dat verhoogstukke aangebied word wat nie ‘n “ryk, wit middelklas” gehoor sal lok nie.
Sy het gesê haar opmerkings was nie “genuanseerd” aangebied nie. Sy het bygevoeg dat ras nie “goeie” teater beïnvloed nie.
Nou die dag is Skoppensboer uitgenooi na Afriforum se multimiljoenrandhoofkantoor in Centurion. Buite lyk dit soos ‘n motoruitvoerterminaal in Europa, soveel splinternuwe luukse Duitse motors is daar wat in die Hoëveldse somerson staan en skitter.
Binnekant is dit net marmer en graniet waar jy kyk. Skoppensboer wou-wou nog sy donkerbril afhaal met sy oë wat nog herstel van die skerp lig op silwer BMW’s toe moet hy hom staal teen ‘n nuwe aanslag op sy kykers: oral wals mooi, jong blondines in kort, stywe rompies rond. Mens sou sweer jy is by Hugh Hefner se Playboy Mansion iewers in Beverly Hills of Malibu, Kalifornië. Hulle kort nog net effens laer halslyne, haasore en die bekende Playboy-handelsmerk.
Maar Afriforum het darem ‘n handelsmerk, wat oral groen en oranje vir jou glimlag. Twee sulke androgene figuurtjies langs mekaar wat lyk asof hulle hande vashou.
“Het u ‘n afspraak, meneer?” vra die ontvangsdame, wat seker ook deeltyds diens as Bloubulmeisie by Loftus doen. Maar vandag dra sy groen en oranje.
“Ja, juffrou, ek is hier om mnr. Kallie Kriel, die HUB, te sien.”
“Sekerlik, meneer, hy is op die heel boonste vloer. Neem net die hysbak na bo, dáár.”
So gesê, so gedaan. Skoppensboer neem die hysbak wat hom geluidloos na bo katrol.
Daar gekom, ontmoet nog een van die Afriforum-skoonhede hom en sê:
“Mnr. Kriel verwag u. Wil u solank ontklee? Hy het gemeen u kan sommer in die jacuzzi vergader.”
Kyk, dis nou byderwets. Gewoonlik assosieer ‘n mens nie burgerregte-organisasies met jacuzzi’s nie, maar Kallie is besig om die handboek te herskryf. Honderdduisend lede, tien miljoen rand se debietorders per maand wat instroom. En dít alles op die rug van ‘n polisiekapteine, Renate Barnard, wat toe nooit bevorder is nie. En natuurlik die Malema-saak. Dit was bietjie soos die DA se slagspreuk: “Stop Zuma.” Toe sê Afriforum: “Stop Malema.” Dit was ‘n reusesukses. Lugtyd, TV-tyd, koerantvoorblaaie en ‘n ontploffing op sosiale media.
Met al die doedies wat mediaverklarings uitstuur en die ouens by RSG en Naarpers konstant vir onderhoude teister, is Kallie heel tyd besig om onderhoude te voer. Die man is ‘n ster en daarom stroom die debietorders in.
Skoppensboer word na die groot, gemaklike borrelbad geneem waar die water reeds bruis, helderblou en wit met die geur van chloor. Die Afriforum-reklamekonsultant leen vir hom ‘n groen-en-wit Afriforum-swembroek en woerts-warts glip hy in die jacuzzi in.
Brian Dennehy as Stourley Kracklite in ‘Belly of an Architect’
Skielik gaan daar ‘n deur van ligte hout aan die oorkant oop, met walms stoom wat uit die opening begin warrel. Dis amper soos daardie toneel in Peter Greenaway se fliek Belly of an Architect, waar die gesette held en ‘n paar ander mans in wit handdoektogas in Rome na ‘n warm openbare bad toe aansweef.
Eers die stoom wat lui-lui na die plafon dryf, toe ‘n stewige wit arm – as dit nou nie ‘n rassistiese beskrywing is nie, bygesê – wat vanuit die deuropening te voorskyn kom, daarna ‘n ietwat toegewasemde bril. En toe: Kallie, die groot man self, die HUB van Afriforum.
Hy gee so ‘n laggie en sê: “Jammer, man, ek het eers gou gesauna.”
Natgesweet kom hy na die borrelbad toe aangestap.
“Môre, môre,” sê hy. Skoppensboer en Kallie Kriel skud blad, ‘n bietjie glibberig van stoombad en borrelbad.
“Het een van ons meisies al iets vir jou te drinke aangebied?” vra hy.
“Nee, nog nie, is ek bevrees. Maar dit maak nie saak nie,” antwoord Skoppensboer.
“Nee, nee, hier doen ons dinge nie só nie,” antwoord hy ferm. “Ons betaal ‘n klomp salarisse hier en daarom verwag ons goeie diens, veral hier op die boonste vloer in die uitvoerende ontspanningsarea. Haai, Véronique, kom neem ‘n bestelling hier.”
Binne sekondes trippel Véronique, die soort Franse meisiesnaam wat deesdae in Centurion gewild is, in haar einarompie en Afriforum-gholfhempie nader.
“Wat sal dit wees, meneer?”
“Wat van ‘n bietjie bruiswater?”
“Sekerlik, meneer. En vir meneer Kriel?”
Kallie dink ‘n oomblik daaroor na, vryf oor sy natgeswete hare, salig na die heerlike sauna.
“Maak dit ‘n bottel van daardie ingevoerde Duitse witbier.” En, terwyl hy na Skoppensboer draai: “Deesdae drink ek omtrent net Duitse witbier, dis lekker lig, nie te veel alkohol nie, veral so vroeg in die oggend.”
Véronique lewer hul bestellings af en Kallie skink sy witbier in ‘n oordadig lange bierglas, waarna hy daaraan begin teug.
“Lekker man, lekker,” sê die Afriforumbaas.
Die water borrel en die witbier vloei, so op ‘n Dinsdagoggend in Centurion.
“So, Kallie, hoe gaan dit met die besigheid?” vra Skoppensboer.
“Lekker man, lekker,” herhaal hy. “Eers het ons gedink ons kan net vir Malema en die ANC-jeugliga van rassisme en haatspraak aankla. Toe hou ons ‘n bosberaad op ‘n vyfsterwildplaas en besluit: ons moet nou kreatief en vernuwend raak. Wie kan ons nog aankla of dagvaar? Wat van die Afrikaanse organisasies wat ons kliënte afrokkel? Toe neem ons ‘n groot strategiese besluit: van nou af aan dagvaar ons sommer almal voor die voet, veral die Afrikaanse organisasies wat nog nie die nuwe bedeling aanvaar het nie. Naarpers is in die hemel daaroor! Adriaan Basson van Beeld het my persoonlik gelukgewens en gevra om sommer die PUK ook by te kom. Die spul Nazi’s. Kan jy glo? Nazi-saluut.”
Hy neem weer ‘n sluk van sy Duitse witbier wat iewers vanuit Beiere al die pad na Suid-Afrika verskeep is.
“Wie is nog op jou teikenlys, Kallie?” vra Skoppensboer versigtig.
“Wel, daar is ou Jaap Kelder van die NBU. Hy pla ons al lankal met sy belastingbetalersverenigings. Ons is juis nou besig om in die munisipale mark in te beweeg, dus kan ons nie langer sulke kleiner spelers in die mark verdra nie. Ons sal hom regsien.”
Weer ‘n sluk witbier, dan gaan Kallie voort: “Ons kyk nou na strategiese vennootskappe van links. Ek vlieg juis aanstaande week Amerika toe om met die Southern Law Poverty Center te gaan gesels. Weet jy hoeveel geld het hulle in die bank? Driehonderd miljoen dollar! Dis drie miljard rand, ou maat. Alles uit anti-rassisme-veldtogte. Daar is groot geld in anti-rassisme, dis die nuwe produk in burgerregte.”
“Maar wat van ‘nuwe vorme van diskriminasie’, dié teen minderhede, Kallie? Ek dag dis julle slagspreuk?” vra Skoppensboer versigtig.
“Kyk, ons is nie téén minderhede nie,” sê Kallie na ‘n oomblik van nadenke. “Maar dis ook nie goed vir ons beeld en ons handelsmerk as ons heel tyd net ‘n klomp wit staatsamptenare se regte verdedig of teen Afrikaanse naamsveranderings skop nie. Die media hou nie daarvan nie. Rassisme is die groot euwel in ons land, daarom posisioneer ons onsself nou ook as sterk anti-rassisties. Ek sê jou: dit gaan werk! Dit werk reeds.”
“Gepraat van wit amptenare,” begin Skoppensboer. “Ek sien nou jul sustersvakbond, Solidariteit, verdedig daardie twee blanke bestuurders wat nou by die Johannesburgse lughawe geskors is omdat hulle die lugverkeerbeampte mnr. Patrick Sithole ‘n tugverhoor wou gee. Blykbaar het Sithole amper twee vliegtuie deur sy nalatigheid laat bots. Nou word die twee wit bestuurders van rassisme beskuldig.”
Kallie bly ‘n oomblik stil, met sy halfvol bierglas wat in die lug huiwer.
“Wááát? Wat vertel jy my nou? Ek het vir Flip Buys en Dirk Hermann vertel dat ons strategie nou verskuif het. Ons wil niks meer met rassiste te make hê nie. Kan jy glo; die twee bevraagteken mnr. Sithole se bekwaamheid en optrede? Hulle verdíén om geskors te word! Véronique, Véronique, waar’s my iPhone?”
Enkele sekondes later kom Véronique inderhaas ingetrippel met Kallie se selfoon en ‘n spierwit, vars handdoek. Die hoof van Afriforum droog vinnig sy hande en sy hare af, neem die iPhone en druk ‘n enkele nommer. Snelbel.
“Hallo, Willie. Ek is net hier in die jacuzzi saam met Skoppensboer. Maak jou reg vir ‘n elfuurvergadering. Kry die hele regspan bymekaar. Ons vat vir Solidariteit Gelykheidshof toe. Het jy gehoor wat het hulle teen mnr. Sithole aangevang? Hulle is rassiste! Verdedig twee verregses wat hom ‘n tugverhoor wou gee oor ‘n klein foutjie daar by die lughawe. Hulle steek ons in die skande. Sulke Nazi’s.”
Dan draai Kriel na Véronique toe om: “Kry vir Anita Visser van RSG op die lyn. Sê vir haar ons reik dagvaarding teen Solidariteit uit weens haatspraak, diskriminasie en erge rassisme. Sy gaan hiervan hou!”
Vir enkele minute ontspan Skoppensboer en Kallie Kriel nog in die borrelbad terwyl Véronique en ‘n hele span skakelbeamptes en kopieskrywers die mediastorm teen Solidariteit ontketen. Kort-kort biep Kallie se iPhone as nog ‘n afspraak op radio of TV in sy digitale dagboek registreer.
“Jammer, ou Skoppensboer,” sê hy oplaas, met ‘n skewe glimlag. “Ek het gedink dit gaan ‘n rustige oggend wees. Maar dankie vir daai wenk oor die lughawebesigheid. As jy ‘n rassis gewaar, moet jy vinnig op hom spring voor iemand anders dit doen. Dis hoe ons rol in die burgerregtebesigheid.”
Amerika het onder die dekmantel van NAVO sy aggressiewe beleid van uitbreiding in Oos-Europa bevestig met hernude aanvalle teen Rusland.
Kenners waarsku reeds geruime tyd dat die VSA afstuur op ‘n kernoorlog met Rusland weens ‘n Neo-konserwatiewe kliek in die Withuis se eiegeregtige houding teenoor die hulpbronne van soewereine state.
Terwyl die Oekraïense weermag hergroepeer mbv Amerikaanse raadgewers en wapentuig om Russiese dele van die land etnies te suiwer, het Amerika Rusland daarvan beskuldig dat hy die skietstaking in die Oekraïne ondermyn.
Rusland het dit ten sterkste ontken.
Dié beskuldigings volg nadat Rusland nuwe radarbesonderhede vrygestel het wat daarop dui dat militêre vliegtuie in die lug naby vlug MH17 was toe dit neergestort het in die ooste van die Oekraïne op 17 Julie.
Dit is ‘n verleentheid vir die VSA en hul bondgenote wat Rusland as die sondebok probeer voorhou.
‘n Radarstasie in Rostov, naby die Oekraïense grens, het kort voor en sowat 20 minute ná die MH17-ongeluk getuienis van die vegvliegtuie se teenwoordigheid bevestig.
Volgens Sergey Melnitsjenko, hoof uitvoerende beampte van Aviation Safety Consultancy, was daar een of twee vegvliegtuie in die lug naby aan die Maleisiese vliegtuig.
Die bewysstukke laat ernstige twyfel oor die weergawe van die tragedie wat deur Westerse lande voorgehou word, wat beweer die vliegtuig is afgeskiet deur pro-Russiese magte met ‘n gesofistikeerde oppervlak-tot-lug missiel.
Die rebelle besit geen lugmag van hul eie nie, en Rusland en die Oekraïne is die mees logiese partye wat vegvliegtuie sou stuur na die gebied, het kenners gesê.
Indien dit Russiese vegvliegtuie was wat oor die grens gevlieg het, sou hulle dadelik op beide die Oekraïene sowel as NAVO se radarstelsels opgeduik het.
NAVO en die Oekraïne het nog nie gereageer op die inligting nie.
Die deskundige het bygevoeg dat die teenwoordigheid van militêre vliegtuie noord van die Boeing hulle in ‘n posisie aan die linkerkant van die passasiersvliegtuig sou geplaas het. Sommige foto’s van die ongeluk het skade aan die kajuit se linkerkant getoon, in ooreenstemming met ‘n scenario van só ‘n aanval.
Die Minsk-ooreenkoms wat in September onderteken is, is reeds stelselmatig deur Kiëf ondermyn.
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het vroeër gewaarsku dat ‘n Russiese militêre teenwoordigheid die ooreenkoms in die gedrang sal bring, maar nie kommentaar gelewer oor hul eie militêre opbou in Oos-Europa nie.
Rusland ontken dat hy troepe in die ooste van die Oekraïne ontplooi om separatiste te steun.
Die VN se Veiligheidsraad het intussen ‘n noodvergadering in New York gehou, maar weens Rusland se vetoreg het die vergadering nie veel opgelewer nie.
Pro-Russiese magte sê Poolse soldate is opgemerk noord van Donetsk. Kiëf het ook wapentuig en troepe die afgelope paar dae in die ooste van die land gekonsentreer.
Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Samantha Power het weer die kans benut om ‘n tirade teen Rusland van stapel te stuur.
Haar beskuldigings dat die land ‘n nuwe koue oorlog wil begin, het egter op dowe ore geval, aangesien dit reeds duidelik is dat die VSA ‘n regimeverandering in die mou voer.
Die raad van die San-gemeenskap in samewerking met die Werksgroep vir Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (Wimsa) het ‘n pamflet oor San-kinders se reg tot onderwys bekend gestel, het die Republikein berig.
Die pamflet getiteld “Inclusive Education for San Children in Namibia” is in samewerking met die Finse ambassade onderneem wat die projek geborg het.
Die saakgelastigde van die Finse ambassade, me. Anne Saloranta, het gesê die doel van die insluitende onderwysprojek wat hulle borg, is om die gaping tussen beleid en realiteit te vernou. Saloranta het gesê vanweë die verskil in taal en kultuur bestaan ’n groter kans dat San-leerlinge die skool sal verlaat voor hulle graad 12 voltooi het. Dit maak hulle meer weerloos vir maatskaplike uitsluiting.
“Ekstra ondersteuning en sorg is nodig om die kinders te help en hul skoolbywoning te fasiliteer,” meen Saloranta.
Die pamflet verduidelik onder meer wie die San-raad is wat ook na onderwys vir San-kinders omsien. Dit bevat ook inligting aangaande voorskrifte oor onderwys in die Grondwet, beleidrigtings oor onderwys vir gemarginaliseerde gemeenskappe en internasionale onderwysooreenkomste. Volgens Saloranta is dit belangrik dat gemeenskappe die belangrikheid van onderwys verstaan sodat kinders die nodige ondersteuning kry om klasse by te woon.
“Opgeleide lede van die San-gemeenskap kan as rolmodelle optree en ’n positiewe voorbeeld stel deur te wys wat kan gebeur as jy jou opvoeding met erns bejeën,” meen sy.
’n Student aan die Universiteit van Namibië, me. Elsarien Katiti, het gesê ’n veilige omgewing waarin skole bygewoon kan word, is ’n kwessie wat aandag moet geniet.
Volgens haar is daar mense wat vir San-leeringe lag en spot, omdat dié kinders ’n kultuur het wat die wat spot nie verstaan nie. Katiti meen sulke voorvalle belemmer “die veilige omgewing” en kan tot skoolverlating lei.
“Ons moet kinders leer om vir hulself lief te wees en selfrespek te hê. Dit maak dit moeiliker vir ander mense om te oordeel,” het sy gesê.
Volgens Katiti word nie genoeg voorspraak vir die San-gemeenskap gedoen nie.
“Baie mense weet nie dat daar verskillende groepe en tale in die San-gemeenskap is nie. Dit is nie hulle skuld nie, want daar moet meer opvoeding gedoen word.”
Katiti is voorts van mening kinders moet geleer word daar is niks daarmee verkeerd om van ander mense te verskil nie.
Het Verenigd Koninkrijk erkent de ‘Cornish people’ als nationale minderheid, in navolging van de andere Keltische bevolkingsgroepen in Schotland, Wales en Noord-Ierland, aldus de BBC donderdag.
De Cornish leven in het Engelse graafschap Cornwall, de uiterste zuidwestpunt van Groot-Brittannië. Er zijn nog zo’n 300 mensen over die het Cornish vloeiend spreken. 1000 à 2000 mensen zeggen een basiskennis van de Keltische taal te hebben.
De oorspronkelijke bewoners van de Britse Eilanden zijn Kelten. De Angelsaksen kwamen pas in de 5e eeuw naar Engeland. Veel Kelten trokken zich daarop terug naar Schotland, Wales en Ierland.
De barden van Cornwall verwelkomden de erkenning als „historische bekendmaking”. Barden zijn in de Keltische cultuur lyrische dichters en zangers. De Grootbard van Cornwall verklaarde: „De mensen in Cornwall hebben een trotse eigen identiteit.” Hij hoopt dat het Cornish „een regulier schoolvak” gaat worden.
Die minister van sport, Fikile Mbalula, het gesê ʼn kwota van 60% swart spelers in sekere nasionale sportspanne waar Afrikaners verteenwoordig is, sal nie voor die verkiesing afgedwing word nie.
Mabalula het nadat hy Woensdag met die vakbond Solidariteit, die burgerregte-organisasie AfriForum en die Vryheidsfront Plus ontmoet het, klaarblyklik begin bekommer oor eenheid in die ANC.
Dit wil voorkom asof die VF+ en Solidariteit sekere toegewings oor transformasie aan die minister belowe het wat hom van plan laat verander het.
Alhoewel Solidariteit tydens die vergadering ‘n petisie met 52.000 handtekeninge aan Mbalula oorhandig het, het vorige petisies weinig invloed gehad om die doelwit van verswarting te keer.
Die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport Anton Alberts het trouens na die vergadering verklaar dat ontwikkeling die sleutel is tot die verwesenliking van transformasie in sport.
Hy het daarmee die VF+ se verbintenis tot transformasie beklemtoon.
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld waar sportboikotte teen spelers geld en waar ‘n minderheid “uitgetransformeer” word met die volle samewerking van partye wat sogenaamde minderhede verteenwoordig.
Lande waar openlike menseregtevergrype hoogty vier, burgeroorlog woed, diktature heers en kindersoldate opgelei word, neem die afgelope eeu heeltemal ongehinderd deel aan alle byeenkomste.
Die sporte wat in Suid-Afrika uitgesonder word, is veral sporte waaraan Afrikaners deelneem en presteer.
Nie Solidariteit of die VF+ het hierdie onverkwiklike toedrag van sake verwoord of aangespreek nie, maar hul verbintenis tot “ordelike” transformasie bevestig sonder om die belaglike beginsel of die wenslikheid van algehele verswarting in gewilde wit sporte te toets.
Dit is in alle waarskynlikheid die rede waarom Mbalula bes gegee het om die verswarting van sport tot na die verkiesing uit te stel.
“As ontwikkeling behoorlik gedoen is en die regering stort die behoorlike finansiële bydraes in die regte plekke, sal sportsterre natuurlik ontwikkel en daar sal genoeg talentvolle sportlui in die toekoms wees, ongeag hul velkleur,” het Alberts gesê.
In wese het Alberts dus die toewysing van fondse aan blanke kinders ge-veto.
Die vakbond Solidariteit het onderneem om enige kwota in sport in die howe te toets. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, sê die partye het ooreengekom het om verdere samesprekings oor kwotas en transfomasie te voer en daarmee het die vakbond ook duidelik die onverkwiklike beginsel van transformasie aanvaar.
Mbalula het voorheen gesê daar moet dringend ’n transformasieplan opgestel word om veral die grootste sportsoorte te verswart.
Prof. Somadoda Fikeni, die voorsitter van ’n spesiale afvaardiging wat handel oor die transformasie in sport in Suid-Afrika, het die voorstel gedoen.
Hy is deel van ‘n afvaardiging van Belangrike Persone wat die transformasie in sport glo ondersoek, maar duidelik op politiek fokus eerder as sport.
Fikile Mbalula, die minister van Sport en Ontspanning, het in 2012 die sogenaamde “afvaardiging” saamgestel om druk toe te pas oor sporttransformasie.
Die afvaardiging het ook in ’n verslag opgestel met redes waarom transformasie nie na wense vorder of toegepas word nie.
Behalwe vir Fikeni, bestaan die afvaardiging ook uit persone soos Ria Ledwaba, ’n sakevrou, Silas Nkanunu, ’n voormalige president van SA Rugbyraad, prof. Tim Noakes, ‘n sport wetenskaplike, dr. Willie Basson, Peter de Villiers, en Sam Ramsamy, die huidige president van die SA Olimpiese Komitee.
Die Kleurling rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê wit Afrikaanse skole en universiteite hou ’n ernstige gevaar vir rasverhoudinge in Suid-Afrika in.
Prof. Jonathan Jansen, wat sy tweedehandse multikulturele idees uit die VSA kry om sy anti-wit agenda te dryf, het tydens ‘n lesing by die universiteit dié mening uitgespreek.
In Suid-Afrika is wit Afrikaners ‘n minderheid, in teenstelling met Amerika waar swartes ‘n minderheid is. Die Kleurling is duidelik nie bewus van dié belangrike onderskeid waar minderhede beskerming behoort te geniet nie.
Die uitgesproke Afrikanerhater Jansen sê jongmense moet saam leer en leef om die “letsels en die rowe van ons verlede te verreken”. Daarom moet “Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees”.
Dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur by die ATKV en ’n lid van die Taalraad, sê Afrikaanssprekendes en Afrikaners het Jansen se uitlatings ondersteun. Hy het gesê mense moet na kritiese stemme soos dié van Jansen luister.
“Afrikaans het inderdaad ’n groot bydrae om te maak, al is dit net om van sy skynheiligheid ontslae te raak,” het Titus gesê.
Jansen het as oplossing vir swak prestasie deur die leerlinge wie se inheemse moedertaal swak onderrig word, voorgestel dat Engels as onderrigtaal ingestel word – van die grondslagfase tot op universiteitsvlak.
“Hier is een groot langtermynoplossing vir die onderwyskrisis: onderrig elke onderwyser en elke kind van dag een af in Engels, pleks daarvan om die las te verswaar wat veroorsaak word deur swak moedertaalonderrig in die grondslagfase.”
Jansen het gister by navraag gesê die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing wat hy op 18 September gelewer het, “gaan eintlik meer oor Engels as oor Afrikaans”.
In dié lesing het hy verwys na die “dilemmas van taal in skool- en universiteitsopleiding”.
“Swart ouers verkies dat hul kinders in Engels leer… hulle maak die korrekte berekening dat die hele ekonomie in Engels georganiseer is en daarom is hul kinders se kans op sukses soveel groter in die koloniale taal.”
Jansen het in die lesing aangevoer Afrikaanse taalaktiviste verstaan dié beginsel glad nie en probeer daarom om nie-Engelse tale onder ’n “politieke sambreel” in te skuif “in ’n baie simplistiese poging om die enigste taal te bevorder wat (benewens Engels) as ampstaal vir dekades onder apartheid status en finansiering geniet het.”
Hy het uitgewys moedertaalonderrig waarborg nie beter uitslae nie.
Jansen het aan Beeld gesê hy verwys na ’n “rewolusie” oor taalgebruik op die UV-kampus, waar “menseverhoudings uitgepluis is vóór taalverhoudings. Deur swart en wit studente saam te bring as mense… het die harde lyne rondom mededingende tale begin vervaag.”
Jansen het gesê dit beteken nie “die einde van Afrikaans” nie, maar bloot dat Engels die speelveld gelyk maak vir gewone gesprekke in historiese Afrikaanse universiteite.
Hy het gesê as Engels die gedeelde taal is, moet daar ook ernstige vrae oor dié taal as ’n politieke kultuur in Suid-Afrika gevra word.
Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gister gesê min van Jansen se stellings “is op wetenskap gegrond”.
Hy het Jansen se uitsprake as “onverantwoordelik” beskryf omdat dit “nie behoorlik gegrond en deurdag is nie”.
Welklinkende beloftes oor die beskerming van minderhede se regte het twee derdes van Suid-Afrika se witmense in 1992 oorreed om te stem ten gunste van ‘n nuwe politieke bestel.
Van daardie beloftes het niks gekom nie en die wrange vrugte daarvan word vandag gepluk, sê mnr. André Fourie, oud-minister en die Vryheidsfront Plus se raadslid vir Stad Kaapstad.
Mnr. Fourie is tans besig met ‘n toer deur Swellendam, George (17 September) en Mosselbaai (18 September) waar hy praat oor hierdie en ander onderwerpe wat elke minderheidsgroep in Suid-Afrika direk raak en tans baie aktueel is.
Oor die destydse onderhandelinge sê mnr. Fourie dat die belofte van politieke regte en daarmee gepaardgaande beskerming van gemeenskappe nooit gerealiseer het nie en dat die ANC vir alle praktiese doeleindes ‘n blanko tjek gegee is om mee te handel.
“Die res is ongelukkig nie net geskiedenis nie. Ons sien vandag die tragiese gevolge daarvan in die vorm van regstellende aksie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), werkloosheid onder minderhede weens transformasie, swak dienslewering, bankrot munisipaliteite, korrupsie en bedrog, toesmeerdery, toenemende misdaad…. Die lysie is eindeloos.
“Dit het reeds daartoe gelei dat sowat 20% van die land se witmense al sedert 1994 geëmigreer het.
Opnames wat onlangs gedoen is, toon aan dat tot 25% van jongmense geen toekoms sien nie en die land wil verlaat. Dit is skrikwekkend,” sê mnr. Fourie.
Oor die DA se beloftes om ‘n beter alternatief te bied, sê mnr. Fourie die naakte waarheid, soos uitgespel deur die DA self, is dat hy al die ANC se beleidsrigtings omarm asof dit sy eie is.
“Die DA is ten gunste van regstellende aksie en pas dit self toe, hulle steun SEB, aborsie, is gekant teen die doodstraf, swyg oor stakings wat die land lamlê… Ook hier hou die lysie net aan. Tot so ‘n mate dat mense al van die DA praat as die ANC-light.
“Onder DA-bewind sedert 2006 is Kaapstad se belastings al met meer as 100% verhoog, salarisse in die provinsie maak meer as 31% van die stad se totale begroting uit, daar was die peperduur fiasco met die Groenpunt-stadion, ‘n luukse busdiens is ingestel wat die belastingbetaler nou R38 per persoon per rit kos om te subsidieer… Ook hier hou die lysie net aan.
“U het gelukkig nog ‘n keuse. Die Vryheidsfront Plus is die enigste party wat nog opstaan en veg vir die regte van die Afrikaner en alle minderheidsgroepe.
“Die party het hom nou verbind tot samewerking met ander partye wat die ANC op sy vernietigingspad wil stuit, en om die regte van alle groepe in Suid-Afrika te waarborg. Dit kan gedoen word indien almal hande vat en ingelig oor hul stem besluit in aanstaande jaar se verkiesing,” sê mnr. Fourie.