praag.co.za

Tag: Bert Oosthuizen

  • ‘Hanteer’ neo-Nazi’s deesdae die polisie?

    Die hele sage rondom die arrestasie van Uhuru Guru van South Africa Sucks is nog lank nie verby nie en vandag het ons ‘n lang brief deur hom gepubliseer waarin hy sy kant van die saak stel.

    Iets wat egter ook vorendag gekom het, is die rol wat mnr. Fred Rundle, ‘n bejaarde neo-Nazi wat insgelyks bande met die AWB het, in die vervolging van die webmeester van South Africa Sucks gespeel het. ‘n Dertigtal polisiemanne het naamlik op Rundle se aandrang (of dalk sy bevel?) die voordeur van UG alias Bert Oosthuizen se huis oopgeskop, agterna al sy rekenaartoerusting, waaronder hardeskywe van sy kliënte, gekonfiskeer en sy hele gesin geterroriseer.

    Ook het die polisie sorgvuldig foto’s geneem van alle boeke wat die uwe geskryf het en wat op Bert Oosthuizen se boekrak verskyn het. Die vraag het nou by my ontstaan: het dit weereens, soos destyds onder die NP-regering, onwettig geword om boeke van Dan Roodt op jou rak aan te hou?

    Die gevaar wat my roman en opstelle vir die samelewing inhou, is moontlik presies waaroor dit gaan. Want Rundle en diverse aanhangers van die Israelvisie, asook die eerste wegbreekfaksie van die HNP – daar bestaan ook ‘n tweede wegbreekfaksie van die HNP, waaroor binnekort meer – is lank reeds besig met ‘n veldtog teen my en veral sekere satiriese gedigte wat ek op die ouderdom van twintig geskryf het. My juvenilia word gesien as ‘n voorbeeld van “ontaarde kuns” oftewel “entartete Kunst” soos die Nazi’s gesê het. Joost, wat by geleentheid kokaïen snuif en met ontkleedanseresse verkeer, of Steve word al hulle sondes vergewe; al praat Steve se kinders ook Engels, bly hy ‘n “trotse Boer” soos vanmôre se Beeld berig. Maar dít wat ek meer as dertig jaar gelede as student geskryf het, is onvergeeflik.

    Daar is egter nog ‘n groter skandvlek wat ek (asook Bert Oosthuizen se vrou en kinders) moet dra. Want sien, “Rooi Danie Roodt” soos Jeanette Koekemoer van die HNP se tweede wegbreekfaksie, die Afrikanervolksparty, na my verwys in e-posse en op dié party se webwerf, is nie raseg nie… Soos sy in ‘n epos aan haar vriend Fred Rundle op 28 September 2009 skryf:

    “Luister mooi Fred… jy mag ook weet dat dit nie ‘mense’ is wat beweer dat Rooi Daan Roodt Joodse bloed in hom het nie – dit is feite.

    Sy ouma, – ‘n meisie uit ‘n stoere boerefamilie wat trots was op hul nasionalistiese herkoms en van wie die oupa (Daantjie se oupagrootjie, Pik (Botha) se oupa) die hele Anglo Boere-oorlog as held deurgeworstel het (boek beskikbaar by Bienendell),  – is getroud met die Jood der Jode destyds toe geld skaars was en sy verblind is deur hierdie man (wat) sy slaafs aanbid het vir die weelde wat hy haar gebied het. Net daar het hierdie Jood haar help ophou kerktoe gaan en so is tot haar kleinkinders kerkloos…

    Hoef seker niks meer te sê?”

    Jeanette Koekemoer en Fred Rundle wat deesdae die SAPD se klopjagte op dissidente webmeesters orkestreer in die ware sin van die woord, want daar daag ‘n hele simfonieorkes van polisiemanne en polisieafdelings by jou huis op, se standaarde van rasegtheid is egter so hoog dat hulle s’n selfs dié van die Nazi’s oortref. Enigeen wat Anna M. Louw se pragtige roman Wolftyd gelees het, sal weet wat die woord “Mischling” beteken, met ander woorde Duitsers wat ook Joodse voorouers gehad het. My oupa aan moederskant was slegs ‘n halwe Jood omdat my oupagrootjie met ‘n Skotse vrou getroud is. Terloops, hoewel my oupagrootjie ‘n Jood was, het hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog wapens en ammunisie aan die Boeremagte verskaf en het die Engelse ‘n prys op sy kop gesit sodat hy eers jare ná 1902 dit kon waag om weer sy voete in die land te sit. Vergelyk dit nou met die horde verraaiers aan Boerekant wat deur die Engelse vir hul verraad beloon is…

    Dis algemeen bekend dat die Nazi’s se raswetenskap allesbehalwe wetenskaplik was en dat dit merendeels uit ‘n soort “potloodtoets” bestaan het. Trouens, as daar onsekerheid oor ‘n persoon se “voorkoms” was, is daar na die geloof van sy grootouers gekyk. Al vier my grootouers was egter Christene, al het sommige van hulle (soos my “stoere” Boere-ouma) eienaardige interpretasies van die Bybel gehad wat nie noodwendig met die hoofstroomteologie gestrook het nie.

    Die berugte Nürnberger Gesetze van 1935 het die Nazi’s se reëls oor Mischlinge of mense van “gemengde afkoms” vasgestel. Amusant genoeg, kon “kwart-Jode” (soos my ma) met rasegte Duitsers trou en hulle kinders (agste-Jode, soos ek) is as “Deutschblütiger” (Duitsbloediges) beskou. Huwelike van kwart-Jode met mekaar is egter nie toegelaat nie.

    Dít alles om te sê dat Fred Rundle ‘n soort super-Nazi is wat hoë ideale van rassuiwerheid aanhang as hy en Jeanette Koekemoer my “onsuiwere” afkoms as “feite” bespreek. Sy hele aksie teen Bert Oosthuizen word daarom ten dele ook gemotiveer deur Oosthuizen se huwelik met ‘n Christen-vrou, maar met ‘n kwart Joodse bloed in haar are…

    In ‘n erg gekruide e-pos vaar Rundle teen Bert Oosthuizen en sy gade uit deur te sê: “And also you admit that the disgusting whore you are married to is a dirty Jew bitch! I have no time for dirty Jews they are worse than kaffirs… I never trusted you for betraying our people and so dirtying our blood. Your wife is a dirty Jew and your children are half-breed spawn from the synagogue of Satan. I wish the kaffirs will teach you a lesson and rape and kill your children you sick twisted perverted bastard.”

    Fred Rundle gaan in dieselfde e-pos voort deur my, Bert Oosthuizen en Frikkie Potgieter as “verraaiers” te bestempel wat by ‘n AWB-vergadering aan die kaak gestel sal word:

    “For the third time I invite you to show your face at Trim Park in Ventersdorp to come and face the people on Saturday. When I take the podium the people will find out who real the enemies and traitors of rhe Boervolk are. Bert Oosthuizen, Dan Roodt and Frikkie Potgieter, joiners and traitors of the Boervolk! They are working hand in hand with the ememy towards our downfall. But they have a big surprise coming. When the day comes when the Boervolk regains its freedom, these traitor bastards will be hanging from the trees with ropes around their necks.

    Stay strong people our day is coming. We must fight the enemy wherever he is, even if the enemy is some of our own people.”

    Is dit nie insiggewend dat die SA Polisiediens, waarvan een kwart van die lede oor misdaadrekords beskik en sommige in uniform blanke vroue verkrag, nou ook ag slaan op neo-Nazi’s en “Ariërs” soos Fred Rundle wat die wêreld van mense met hoogstens ‘n breukdeel Joodse bloed wil suiwer nie? Daar bestaan natuurlik heelwat raakpunte tussen swart nasionalisme en nasionaal-sosialisme. Marcus Garvey, die vader van swart nasionalisme wat by geleentheid ook deur Mbeki aangehaal is, was ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler.

    Maar soos wat Suid-Afrika uitrafel, sal ons seker nog vreemder ideologiese manifestasies aanskou. Want terwyl die Jodin Gill Marcus vir Tito Mboweni as goewerneur van die Reserwebank opvolg en die Joodse gemeenskap in Johannesburg die aantal Jode in ANC-magsposisies vier, het die ANC se departement van buitelandse sake ‘n onverbiddelik pro-Palestynse standpunt ingeneem. Terselfdertyd is die polisie besig om hand om die blaas met neo- of super-Nazi’s teen Afrikanerwebmeesters op te tree wat dalk iewers ‘n baie vae verband met Jode het.

    Noudat ek daaraan dink, Max du Preez het mos ook op ‘n stadium beweer dat ek nie van “suiwer Afrikanerafkoms is nie”. Sy kinders se huistaal is egter… reg geraai, Engels.

    Wat ‘n sirkus! En die aartsnar Malema is nog nie eens president nie.

    насосная станцияданильченко юрий брониславович прокурор

  • Waarheid oor Uhuru Guru gaan opspraak verwek

    Mnr. Fred Rundle, wat bande met die AWB en ander verregse organisasies het en die klag van kubermisdaad teen Uhuru Guru gelê het, het die volgende brief aan ons gerig:

    Anton Barnard is een van die intelligente mense wat die storie reg lees en sien dat daar meer agter hierdie storie steek as wat Bert Oosthuizen beweer. Sy nuutste pos op sy blog, is van alle waarheid ontbloot en in sy desperaatheid is hy net besig om nog spykers in sy kis te slaan.

    Die waarheid gaan wel geopenbaar word en dit is 100% anders as wat Uhuru Guru (Bert Oosthuizen) voorgee. Bert probeer simpatie verwek, of sweep hy die mense op om geldelike bydraes te kry vir dít wat gaan volg? Laat die gereg sy gang gaan en dan sal almal kan lees wat die werklike waarheid is, want dit gaan opspraakwekkend wees. Die anonieme mense wat my nou so verdoem en probeer uitmaak as ‘n verraaier sal nog hulle woorde moet eet.

    free slots onlineАлександр Фильчаков

  • My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru

    In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer, asof hy reeds in die hof verskyn het en aangekla is. Hier volg sy brief:

    Ek kan u verseker dat my arrestasie onregmatig én onwettig was. Ter verduideliking in pynlike detail:

     

    Gedurende 1993 was ek werksaam as gekontrakteerde IT konsultant by ‘n rekenaarfirma in Cresta, Johannesburg. Ek (ongetroud op daardie stadium) het ‘n ruim meenthuis besit te Castle Hill in Ferndale / Windsor. Een van die tegnici wat saam met my gewerk het (jong blanke Afrikaanse man van 21) het by my loseer vir ongeveer 5 maande. Hy het egter nie ‘n sent huur betaal in die HELE periode nie en ek het hom uiteindelik uitgegooi. ‘n Week later het hy (by die kantoor waar ons werksaam was) my motorsleutels gegaps terwyl ek in ‘n vergadering was, ‘n hardeskyf (40Mb ek dink) geneem uit sy eie werkswinkel en dit in my meenthuis gaan plant om wraak te neem teen die feit dat ek hom uitgeskop het terug na sy ouers toe.

    Hy het toe teruggekom en na die eienaar van die firma gegaan en hom meegedeel dat ek komponente gesteel het. Hy het toe die eienaar na my meenthuis geneem om hom te wys. Ek was salig onbewus hiervan terwyl ek besig was met my sake-voorlegging. Hulle kom toe beide terug, waarop die eienaar my gekonfronteer het. Ek het woedend gereageer en het onmiddelik en summier bedank. Tot vandag toe skuld hulle my baie duisende rande vir werk waarvoor ek nooit betaal is nie.

    Etlike jare later vind ek uit dat daar ‘n klag van diefstal en bedrog teen my is, sowel as ‘n lasbrief van my arres. Ek was stomgeslaan en het my prokureur instruksie gegee om dit dadelik uit te sorteer. Hy het oproepe gemaak na die polisie. My prokureur het my later meegedeel dat dit ‘n onbesonne en niksseggende klag was waaroor ek nie hoef te bekommer nie. Dit het geblyk dat die klag nie op die polisie databasis was nie.

    Ek het dit daar gelaat en aangegaan met my lewe. Nou, sestien jaar later kom byt hierdie ding my en veroorsaak dat ek ‘n nag in die selle moes deurbring met geharde misdadigers. Die Linden SAPS het alles in hul vermoe gedoen om te verseker dat ek nie dadelik mog hof toe gaan nie, ten spyte van die feit dat my advokaat gereel het met een van die senior aanklaers om wel my borgaansoek aan te hoor.

    Indien die beskuldigde NIE voor 10h00 by die hof is nie, weier die hof om die saak aan te hoor. Die advokaat het skriftelike toestemming gekry hiervoor.

    Die advokaat is terug na kaptein en het hom die brief van die staatsaanklear gewys. Sy het hom toe gevra om my te stuur, en hy het toegestem. In haar teenwoordigheid het hy twee polisielede opdrag gegee om my hof toe te neem. Dit was Woensdag ongeveer 1NM.

    My prokureur was op daardie stadium by my en het my gegroet en gesê “ek sien jou oor 30 min by die hof”. Kortliks na hy uitgestap het, het die een inspekteur die

    dossier neergegooi en aan my gesê “ek kan jou nie hof toe neem nie, jy is nog nie aangekla nie.” Ek was verbyster en het aan hom genoem dat ek reeds 16 jaar gelede “aangekla” is. Hy het egter aangedring hy moet my eers aankla. Toe vlieg hy op en sê “ek moet gou met die kaptein (Van der Linde) gaan praat, ek kom terug oor 5 minute.

    Ek wag toe vir twee ure in die selle se aanhouding area. Teen 3NM het ek paniekbevange begin word en het toe die aanhoudingselle se bevelvoerder gevra of ek my “konstitusioneel gewaarborgde” oproep mag maak. Ek wou my prokureur bel om hom mee te deel wat aan die gang is. Dit was geweier. So 3:10 NM het ‘n swart inspekeur na my toe gekom, my gevra of ek Oosthuizen is. Ek het bevestigend geantwoord. Toe vra hy my of ek my selfoon by my het (nee) en of ek geld aan my het (nee). Toe kyk hy na sy horlosie en se “eish, I’m not going to rush to get you to court now”. Ek het by hom gepleit en aan hom genoem dat die SAP my deur afgeskop

    het en dat my huis tans baie onveilig is, en dat my vrou en drie dogters se veiligheid op die spel is. Hy het my egter geïgnoreer en iets in ‘n swart taal aan die sel-bevelvoerder gesê, wat my toe dadelik terug na die selle geneem het en toegesluit het.

    Intussen het my prokureur en advokaat niksvermoedend by die Randburg hof gesit en wag vir my. My advokaat het etlike kere vir Kapt van der Linde gebel wat eers gesê het, hy sal terugbel, wat hy nie gedoen het nie. Toe my advokaat weer bel sê hy dat ek binnekort op pad is, dat ek geprosesseer word, aldus my regspan. Intussentyd sit ek in die selle…

    Teen 3.15 NM was die hofpersoneel wie my saak sou aanhoor, weg. Hierna het my regspan teruggekeer na Linden SAP en my meegedeel dat ek die nag in die selle gaan deurbring.  Die volgende oggend om 8:30 is ek geboei aan ‘n swart dwelmsmous en winkeldief, agter in ‘n vangwa gelaai en hof toe geneem. Die bestuurder het geweldig gerem, hard petrol getrap en draaie gegooi met die voertuig. Die boeie was geweldig styf en het my seergemaak, en ek het gesukkel om asem te haal omdat die twee ander gevangenes vreeslik gestink het agter in die vangwa.

    By die hof aangekom het die bestuurder (‘n swart sersant) my in die hofselle ingebring en toe die boeie verwyder. Toe sê hy op Engels dat as die hof nie my saak aanhoor nie, dat ek dan nie na Linden teruggeneem word nie maar “Sun City” toe gaan. Ek was oorbluf oor sy stelling wat ek geen kop of stert van kon uitmaak nie. Wat het Sun City tog te doen met my saak? Ek dink toe vlugtig aan die crimen injuria saak van die ou wat Shane “Sies jou vark” se CD gespeel het en gearresteer is vir Crimen injuria teen Nelson Mandela, by Sun City.

    Ek gesels toe met een van die ander gevangenes wat my laggend meedeel dat “Sun City” eintlik die bynaam vir Diepkloof gevangenis is. Ek was natuurlik toe uiters bekommerd dat dit nou miskien die plan met my is. Diepkloof is tans onder kwarantyn en niemand word toegelaat om hof toe te kom of enigsins die gevangenis te verlaat nie.

    My regspan was op daardie stadium besig om te prober uitvind watter hof my saak gaan aanhoor. Na ‘n vreeslike gesukkel sien hulle toe my naam op ‘n bord met die woord “NOR” aangeteken langs dit. NOR beteken “Not On Roll”. Hulle kry toe die senior aanklaer wie, nadat sy my dossier bestudeer het, besluit het om nie voort te gaan nie. Die resultaat is date k onmiddellik vrygelaat moes word.

    ‘n Konstabel het my uit die selle kom haal en toe ek teen die trappe van die hof opstap het ek dit vreemd gevind dat dit doodstil is. Ek het verwag om in ‘n vol hofsaal in te stap en in die aangeklaagdebank te gaan staan om te kan pleit en ook vir borg aansoek te doen.

    Daar was egter nie ‘n enkele siel in die hof nie, en ek het uitgestap in die gang in, heeltemaal oorbluf van wat aan die gang was. Nadat ek vir ongeveer 20 minute op en af gestap het op soek na my advokaat en prokureur, het ek hulle uiteindelik in die gange opgespoor. Ons is dadelik weg daar. Ek wil dit benadruk dat ek op GEEN stadium voor enigiemand verskyn het nie, geensins gepleit het of selfs enigiets op enige stadium met enige aanklaer of landdros te make gehad het nie. Die saak teen my was nie op enige stadium eers op die rol geplaas nie!

    Die berig in Beeld, sowel as die feit dat my naam genoem het is feitelik verkeerd en grens aan kwaadwilligheid en laster.

    Al my rekenaartoreusting is gekonfiskeer en ek kan tans gladnie my besigheid bedryf nie. Die lasbrief wat Woensdag oggend om 6:15VM op my gedien is toe my deur hardhandig en onnodiglik afgeskop is in tipiese Gestapo styl, is ‘n lasbrief op sterkte van crimen injuria sowel as klagtes van ongespesifiseerde kuber-misdade. Ek is nie vir enigiets anders aangekla nie maar is deur ‘n superintendent van georganiseerde misdaad gewaarsku dat afhangende van wat op my rekenaars ne bedieners gevind word, daar verdere klagtes teen my gelê gaan word. In die lig hiervan was ek dus huiwerig om publieke uitsprake te maak en was geadviseer om liefs niks te sê nie.

    My skrywe hier is nou teenstrydig met my regsadvies en ek hoop nie dat ek myself verder benadeel hierdeur nie. Ek voel egter genoop om my kant te stel deur die kuber-ruim vrae wat nou die rondtes doen en veral die vals en bedrieglike wyse waarop Beeld die artikel gepubliseer het, wat soos u tereg opgemerk het, ‘n duidelike agenda van mistasting en moedswillige verdraaiing toon. My integriteit word kwaai aangetas en ek kan nie langer die vrae ignoreer nie.

    Ek is nie ‘n krimineel, dief of bedrieër nie. Ek is voorts ook nie ‘n kranksinnige Al Queda terroris of Boeremag styl bedreiging vir die staat nie, maar wel ‘n dood-gewone rekenaarkonsultant vies vir hierdie vervallende kriminele land. Steeds steier ek onder die feit dat nie minder as 5 SAPS spesialis-eenhede, ondersteun deur polisiemanne van Fairland, Linden en Honeydew polisiestasies my deur kom afskop het asof my residensiele tuiste ‘n swaar-verdedigde terroristebasis is. Die aanvanklike kontingent was ongeveer 18 na 20 polisimanne, meeste in siviele drag. Later het meer polisie opgedaag en ek sou raai dat daar ten minste dertig in totaal betrokke was hierby.

    Dat sulke ongelooflike hupbronne ingespan word teen ‘n onbelangrike, onbenullige nietige man soos ek is verbysterend, veral gesien in die lig van die ondenkbare wrede moorde, verkragtings en martelings van onskuldige blanke vrouens, mans en kinders wat nooit ondersoek word agv ‘n kastige “tekort aan hulpbronne” nie. Die vrae wat aan my gestel is deur die twee blanke Afrikaanse veiligheids manne (een is nogal ook ‘n Oosthuizen!) herinner aan die Sowjet-Unie en Oos Duitsland era se modus vivendi.

    Hulle was geweldig geinterresseerd in my skakel met Dr Roodt, maar my regsverteenwoordiger het dadelik ‘n stokkie voor hulle ongelooflike vrae gesteek.

    Wat opmerklik was, was die belangstelling (deur AL die polisiemanne) veral in die boeke geskryf deur Dr Dan Roodt, wat hulle in my kantoor in die boekrak langs my lessenaar gevind is. Al die boeke is sorgvuldig gefotografeer en enige ander boeke wat te doen het met geskiedenis (bv ek het kopiee van David Irving se werke) sowel as ‘n boek deur Richard Dawkins is versigtig gefotografeer. Ek het handleidings wat aan my gegee is gedurende my nasionale diensplig op die SWA grens in 1983, onder meer “mynbewustheid” en ander SAW materiaal, wat gemerk is “restricted”. Hierdie SAW handleidings is gekonfiskeer en daar is aan my genoem dat ek in onwettige besit is daarvan.

    Daar is ook afgekom op rekenaarspeletjies, MP3-musiek en dies meer, en toe voeg die ondersoekbeamptes by dat hulle my selfs vir besit van roofprogramme (piracy) sal aankla. Dat hulle instruksies gegee is om “throw the book at him” is duidelik en ek het geen twyfel dat alles polities geinspireer is nie.

    Ergste van alles, die hele aanslag op my is geïnisieer deur Fred Rundle, met wie ek ‘n lelike argument gehad het toe hy na aanleiding van Dan se Heilbron ontmoeting weereens ‘n lelike aanval op Dan geloods het. Ek en hy was (hoewel ons vriende was) gereeld haaks oor sy ongeoorloofde en onnodige aanvalle op Dan. Rundle het die polisie gekontak en verklarings afgele wat my van kuber-misdade beskuldig het.

    My vrou en kinders is ongelooflik getraumatiseerd maar dis vir my ‘n riem onder die hart dat ek sulke fantastiese ondersteuning vanuit alle oorde en veral PRAAG ontvang het. Ek wil graag vir Dr Dan persoonlik bedank vir sy moeite en bewusmaking van my onregmatige arrestasie en ook aan u Anton, my dank betuig – die artikel waarop ek nou reageer is besonder goed geskryf en u is 100% korrek oor die afleidings wat u gemaak het. Ek is spyt ek het nie vroeer my mond oopgemaak om al die onsekerheid uit die weg te ruim nie maar u sal verstaan dat dit vir my ‘n skrikwekkende en skokkende ervaring was.

    Vir die eerste keer in my lewe (behalwe vir ‘n verkeersoortreding ook in die ’90’s) is ek gearresteer, boeie aan my polse gevoel en was soos ‘n gewone rampokker saam met drie swart misdadigers vir die nag toegesluit, in ‘n stinkende sel om dit deur te bring op ‘n harde, koue sement vloer met honde komberse.

    Ek vrees egter dat dit nog net die begin is, en verwag om die slagoffer van verdere klopjagte en arrestasies te wees, aldus my regspan.

    Beste wense,

    Bert Oosthuizen

    ресивер для компрессора этоалександр лобановский харьков класс