Europese en Amerikaanse maatskappye met bedrywighede in Suid-Afrika het gesê ANC-wetsontwerpe oor onteiening en belegging, is ‘n bron van kommer.
Die element van verpligte swart eienaarskap in die nuwe breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingskodes weeg op Amerikaanse maatskappye in die land.
Die uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Kamer van Koophandel SA, Carol O’Brien het gesê hulle sukkel om by die reëls te hou, aangesien die moedermaatskappye in die VSA nie “eienaarskap weggee” nie.
Daar is groot teleurstelling dat die e-tol-hersieningspaneel nie aanbeveel het dat die stelsel in Gauteng geskrap moet word nie.
Die meerderheid van mense en organisasies wat voorleggings gedoen het, het gemeen die stelsel is onregverdig en behoort laat vaar te word.
Die paneel se verslag, wat meer as 50 aanbevelings insluit, is gister deur die premier van Gauteng, David Makhura in Johannesburg bekend gemaak. Hy het gesê die stelsel plaas ʼn buitensporige las op lae- en middelklas inkomste huishoudings.
Die paneel is in Julie verlede jaar deur Makhura aangestel om die sosio-ekonomiese impak van die stelsel te ondersoek. Die paneel het sy verslag op 30 November reeds aan Makhura oorhandig, maar die inhoud daarvan is eers vandag bekend gemaak.
“In sy huidige vorm is die e-tolstelsel onbekostigbaar en onbillik,” het Makhura gesê. “Dit is ook ʼn administratiewe rompslomp.”
Makhura het die media in Johannesburg toegespreek. Hy het egter gesê die implementering van die stelsel het die ekonomie en inwoners van Gauteng bevoordeel.
Makhura het gesê die gehalte van die pad is beter, reistyd het verminder, brandstofdoeltreffendheid het verbeter, voertuie se instandhoudingskoste het verlaag en besighede se logistieke doeltreffendheid het verbeter.
“Die belangrikste aanbeveling van die paneel is dat elemente van die huidige e-tolstelsel hersien moet word om die vrae oor bekostigbaarheid, gelykheid, regverdigheid, administratiewe eenvoud en volhoubaarheid aan te spreek,” het hy gesê.
Openbare vervoerinfrastruktuur, omgewingsvolhoubaarheid en ruimtelike integrasie van die Gauteng-provinsie is ook onder die loep geneem.
Die Departement van Vervoer sê hy sal reageer op die bevindings en aanbevelings van die Gautengse hersieningspaneel deur middel van die raadplegende proses wat deur adjunk-president Cyril Ramaphosa gelei word.
‘n Woordvoerder van die departement sê hulle sal aan die proses deelneem en dat die nasionale regering daarna ‘n aankondiging sal doen.
Kan Afrikaners hul eie hoëtegnologie-ekonomie skep en in geprivatiseerde enklawes oorleef?
Miskien is dit net die gevolg van gisteraand se sokkerwedstryd toe Duitsland vir Brasilië afgeransel het, maar ek dink al geruime tyd dat ons Afrikaners veel kan baat by ‘n nouer verhouding met Europa.
In my vorige rubriek het ek van ons kulturele verhouding tot die Lae Lande, veral Nederland, gepraat.
Weens die kommunikasierevolusie en globalisering, bestaan daar nie meer grense nie, ten minste wat handel en kultuur betref. Die enigste grense wat oorbly, is eintlik taalgrense, want ons moet mekaar nog kan verstaan.
Ek is toenemend pessimisties oor die Suid-Afrikaanse ekonomie wat weens hebsug, korrupsie, gebrekkige infrastruktuur, swak onderhoud en bestuur gaandeweg sal agteruitgaan.
Daarom moet ons so vinnig as moontlik ons herposisioneer sodat ons aan die Europese dienste-ekonomie, maar ook landbou, kan deelneem. Ons vrugteboere in die Wes-Kaap en elders doen dit reeds! Ons land voorsien onder andere 70% van die sitrusvrugte van die Europese Unie.
Is dit nie eenvoudig ongelooflik nie? Dat ‘n paar duisend Afrikanerboere 70% van die lemoene, pomelo’s, nartjies en wat nog van die Europese Unie kan produseer nie? Trouens, sover ek verstaan, is ons die grootste produsent van pomelo’s ter wêreld.
Maar ons kan nog baie beter doen. Ons is goed opgelei en sodra ons ons nie meer blindstaar teen die VSA, VK en Australië nie, kan ons met veral Noord-Europa begin handeldryf, nismarkte ontgin en sodoende ‘n inkomste in euro begin verdien. Oor die afgelope paar jaar het internetverbindings in Suid-Afrika drasties verbeter en sodoende kan ons nou al amper op gelyke voet met die eerste wêreld begin meeding, wat kommunikasie, inligting en bemarking betref.
Die lughawe hier in Johannesburg vergelyk met enige lughawe in Wes-Europa en danksy ‘n klompie Afrikaner-ingenieurs wat die Gautrein laat bou het, is die lughawe verbind met die groot Afrikanerenklawe in Centurion, Pretoria en omliggende gebiede, om nie van die gewraakte tolpaaie te praat nie. Eintlik beskik ons oor alles om ‘n ekonomiese ontploffing te kan veroorsaak!
Duitsland en Nederland se gesamentlike ekonomie is iets soos $4,3 triljoen werd. Dit is omtrent elf keer so groot soos die Suid-Afrikaanse ekonomie. Daar bestaan geen regstellende aksie nie en elkeen is vry om daaraan deel te neem, mits ons ons by Europese standaarde hou soos die vrugte- en ander boere reeds doen.
Iewers het ek gelees dat Duitsland oor ‘n behoefte aan een miljoen programmeerders beskik. Al hierdie jong Afrikanerseuns wat so graag rekenaarspeletjies speel en met rekenaars grootword, kan mos opgelei word om vir Duitse maatskappye aanlyn programmering te doen, nie waar nie?
Programmering is egter nie grappies nie en die gemiddelde punt wat by Tukkies in een eerstejaarskursus vanjaar tydens die eerste semester aangeteken is, is 38%, hoofsaaklik deur blanke studente. Ons skole berei ons kinders eenvoudig nie genoegsaam voor op ‘n loopbaan in programmering en tegnologie nie. Die huidige rekenaarkursusse van die onderwysdepartement is uitgedien. Afrikaanse skole sal onderling iets hieraan moet begin doen. Al is dit hoe moordend aan die begin, sal ons kinders aan ontsettende druk onderwerp moet word wat hul kennis van rekenaars en programmering betref. Dis maklik om met swartes van Soweto mee te ding, maar as ons saam met die Duitsers en die Hollanders wil speel, sal ons ons spelpeil moet lig, om steeds by sportmetafore te bly.
Watter wonderlike uitdaging is dit egter nie! Om ons eie Afrikaner-ekonomie te skep wat sal “inprop” by die EU- en wêreldekonomie en ons toenemend onafhanklik van die SA ekonomie sal maak. Laat die ANC sy rassekwotas na hartelus toepas.
Sodra ons oor die inkomste beskik, sal ons vir ons geprivatiseerde enklawes oral in die land kan oprig waar ons in ons heerlike klimaat en met ons eie skole, universiteite, hospitale en ander inrigtings as ‘n satelliet van Europa kan funksioneer. Soos ons eintlik nog altyd was?
As Afrikaners oor ‘n eie etniese ekonomie soos byvoorbeeld die Baske met hul Mondragon beskik, sal die politiek vanself regkom. ‘n Verarmde Suid-Afrika, die “groot bantoestan” waarvan RW Johnson al gepraat het, sal ons nooit kan oorheers nie. Ons sal uiteindelik vir ons groot stukke grondgebied kan koop of terugkoop waar ons al ons aktiwiteite kan vestig. Selfs die buitelandse motormaatskappye mag uiteindelik verkies om gerobotiseerde motorfabrieke onder Afrikanerbestuur te bedryf as om langer met stakende massas geradikaliseerde en verpolitiseerde werkers te sukkel. In München werk heelwat blonde meisies in BMW se motorfabrieke en beman bloot die gerekenariseerde beheerterminale, terwyl die fisieke werk deur robotte behartig word. Só lyk dit:
Ek stel dit hier as ‘n debatspunt en sal graag mense se menings wil hoor.
Hiermee ‘n multi-navraag vir diegene wat my sou kon help met raad en daad asb.
Het iemand al die roete wat die Voortrekkers oorspronklik in hul vasberade gang oor die Drakensberg gevolg het, nagevors en vandag, tersaaklik en ter bemoediging, op foto vasgelê? Dit was darem ‘n groot en merkwaardige struikelblok wat oorkom is, veral in daardie dae se perspektiewe!
Kan iemand my asb. help met mnr. J. Malema se 24-uur-navraaglyn vir kitswerkskepping, gratis ten volle ontwikkelde besighede (dit neem gewoonlik van 3 tot 5 jaar om die hele besigheidsiklus onder die knie te kry, terwyl baie faal) en gratis plaag-, plunder- en siektevrye plase met toerusting, kennis, ondervinding, markte en winste in, om en vanuit SA. Vanoggend om 01:15 bel iemand my om werk te eis. (Nie vreemd nie – ek kry oproepe uit o.a. Malawi, Zambië, Zimbawe en die Kongo, en vonkposse van nog verder uit Afrika.) Ek noem toe geduldig dat SA nou reeds vir 20 jaar onder Afrikabeheer staan, wat spoedig ons SA ekonomie volhoubaar gaan herstel, saam met die nuwe Afrika-ekonomie. Die man (Mohammed) wil toe Malema se nommer ook nog by my vra.
Laastens verneem ek graag wie die nuwe SA-Nigerië (Work in Nigeria) -migrasiekantoor vir die Eksodus na Nigerië se “grootste ekonomie in Afrika” hanteer. Mens kon moontlik die sowat 30 miljoen onwettige immigrante wat ons ekonomie plunder en verswelg wou aanmoedig om Mammon nou weer noordwaarts te volg, of hul sosio-ekonomiese verantwoordelikhede in rentmeesterskap in hul eie lande onder hul eie regerings op te neem.
Met dank en waardering vir u tyd en ons eie doelgerigde ekonomiese herontwikkelingsmomentum.
Nigerië het Suid-Afrika verbygesteek as Afrika se grootste ekonomie nadat die land syfers oor sy bruto binnelandse produk bekendgemaak het.
Volgens Nigerië se minister van Finansies was die BBP vir 2013 gelykstaande aan 510 miljard dollar, het RSG berig.
Dit is 40 persent meer as die vorige berekening van 292 miljard dollar. Suid-Afrika se BBP staan op 353 miljard dollar.
Nigerië sluit nou bedrywe in soos telekommunikasie, inligtingstegnologie, musiek, lugrederye en rolprentproduksies wat voorheen nie deel van die berekeninge was nie.
Nigerië se onlangse groeikoers van ses persent is ook ver beter as Suid-Afrika wat sukkel om ‘n groeikoers hoër as drie komma vyf persent te bereik.
Waarnemers het egter gewaarsku dat die syfers misleidend kan wees.
Die BBP per kapita is in Suid-Afrika aansienlik hoër en dat die verspreiding van welvaart in albei lande uiters oneweredig is.
Heelwat gesprekke rondom ekonomie word in Suid-Afrika gevoer. Mens kan amper sê dis ’n soort sport. Neem nou die ekonome wat jaarliks die mees akkuraate voorspellings maak vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Daar is nooit een ekonoom wat homself regtig onderskei van die ander nie, alhoewel daar baie interessante ekonome is en hulle meesleurende toesprake kan lewer.
Na die ressesie het IHS Global se Europese ekonoom ’n toespraak gelewer oor ’n twee-spoed wêreld waar die ontwikkelde lande ekonomies stadig is en ontwikkellende lande ekonomies vinnig groei. Maar nie al die ontwikkelende lande kry dit reg om vinnig te groei nie. Meksiko en Suid-Afrika is twee sulke gevalle.
Vandeesweek het McKinsey se Globale Instituut ’n verslag oor Meksiko bekendgestel waarin hulle verwys na ’n twee-spoed Mexico.
Die vinnige Meksiko is die groot belangegroepe soos industrieë en buitelandse beleggers, terwyl die stadige Meksiko die tradisionele groep bevat. Hierdie twee-spoed interne ekonomie affekteer die groeikoers van Meksiko in die sin dat hulle sedert 1981 nooit ’n gemiddelde groeikoers van beter as 2.3% per jaar kon behaal nie. Dit beteken dat in 30 jaar van ’n moderne “oop ekonomie” was basies geen vordering sigbaar nie. Dit klink mos amper soos Suid-Afrika?
Dit is al bekend dat Suid-Afrika se Luthuli-huis produktiwiteit ignoreer en dit lyk of produktiwiteit in Meksiko ook ’n probleem is. Volgens McKinsey het produktiwiteit in die industriële kompleks gegroei teen 5.8% terwyl dit in die tradisionele groep gedaal het met 6.5%. Algemene groei word dus gekanselleer.
Die ooreenkoms tussen Meksiko Suid-Afrika is dat werknemers in die tradisionele groep verhoog (amper soos kader-ontplooiing in Suid-Afrika). Die verskil by ons is dat kaders slegs “goeie” en hoogbetaalde werk kry en die gemene grond in Suid-Afrika is dat kader-ontplooiing produktiwiteit nie verhoog nie.
Net soos in Suid-Afrika sê die Sentralebank dat die groeikoers “volgende jaar” 3.5% sal wees terwyl onafhanklike ekonome reeds argumenteer vir ’n 2% koers vir 2014. Dit is natuurlik geen verassing dat die IMF Meksiko se bankwese wil uitbrei nie. In Suid-Afrika is ons klaar daar en kan ons reeds bewys dat meer banke – al is dit die mees kreatiewe bank ter wêreld – niks help nie.
Waarnatoe nou?
McKinsey se aanbeveling om die 3.5% te haal, is onder andere om die tradisionele groep meer “formeel” te maak sodat meer belasting ingevorder kan word. Suid-Afrika kan reeds getuig dat ’n goeie belastinggaarder wel meer belasting invorder, maar dit help ook nie vir produktiwiteit of groeikoers nie.
Wat nou gemaak? Moet ons ander ekonome kry?
Een goeie voorstel is dat ’n vars, altruistiese politieke benadering nodig is en dat hierdie realistiese benadering mededingendheid as die eerste prioriteit moet stel, met inbegrip van die probleme wat Suid-Afrika met sy hulp-bronne het.
Want dit is juis hierdie probleem wat die bestaande bestel (in SA sowel as Meksiko), nie verstaan nie. Soos ons bekende ekonome reeds weet, is mededingendheid ’n “maklike” probleem en sal hulle voorspellings soveel meer raak en in die kol lyk.
Die alternatiewe ekonomiese uitsig vir Suid-Afrika is dat sy ekonomie op 20% van sy historiese maksima sal funksioneer, of swakker. Hier is dit dus werklik ’n geval van jou stem raak jou saak.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal volgens die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitskatting vanjaar met 2,8% groei.
Die IMF het in sy verslag oor groeivooruitsigte vir die jaar Suid-Afrika se groei afwaarts aangepas van sy vorige projeksie van twee komma nege persent.
Groei in ander ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë sal na verwagting vanjaar tot vyf komma een persent styg, grootliks weens toenemende beleggings en groter uitvoere.
Die hoofekonoom van die IMF, Oliver Blanchard sê lande soos Suid-Afrika sal voordeel trek uit groter groei in ontwikkelde lande, maar sal moeiliker finansiële toestande ervaar weens die normalisering van die Amerikaanse ekonomie.
Die IMF beraam sy groeivooruitsig vir Afrika suid van die Sahara op 6,1 persent. – RSG
In die jaar 2024 vind die Olimpiese Spele in Parys plaas. Dié stad het presies ‘n eeu gelede, in 1924, die Spele aangebied en daarom het die Olimpiese Komitee gevoel dat die Franse hoofstad verdien om weer as gasheer vir die Somerspele op te tree.
In die Stade de France ten noorde van Parys word daar oor die luidsprekers in die volgepakte stadion op Frans afgekondig: “Dames en here, verwelkom asseblief die atlete vir die Olimpiese Spele van 2024 in Parys!” Die skare juig asof op bevel en stadig begin een span na die ander die stadion binnestap. Soos die tradisie bepaal, neem die span van Griekeland die voortou, met hul blou en wit vlag wat onder die spreiligte wapper. “La Grèce!” kondig die omroeper hulle aan.
Daarna verskyn een land ná die ander alfabeties in die stadion. Ná Griekeland kom Afghanistan met hul swart, rooi en groen vlag verbygeloop. Daar is uiteindelik vrede in die land, ná jare van konflik en hul mans en vroue glimlag oënskynlik gelukkig vir die kameras.
Aan die suidekant van die stadion sit ‘n opgeskote Franse seun langs sy vader wat ‘n ingenieur by France Télécom, een van die plaaslike telekommunikasiemaatskappye is. Soos dit die Franse se geneigdheid is, is albei netjies aangetrek. Die seun dra ‘n kakiekleurige katoenlangbroek en ‘n wit langmouhemp waarop die groen krokodilltjie van Lacoste, die nasionale obsessie, pryk Gendaglik dra die vader nie ook Lacoste nie, maar ‘n vlootblou Italiaanse linnepak, met daaronder insgelyks ‘n wit linnehemp.
“Kyk pa, wie is daardie land, net agter Afghanistan?” Terwyl die skare en die aankondiger nog hul aandag by Afghanistan bepaal en Algerië reeds agter die onbekende groep atlete sigbaar is, spekuleer pa en seun enkele oomblikke lank oor wie dit kan wees.
“Dis ligte mense, waarskynlik Skandinawiërs. Miskien Denemarke,” sê die pa aan sy seun met daardie soort alwysheid wat eie aan ‘n Parysenaar en ‘n ingenieur daarby, is. Skielik val dit die vader by dat die letter D eers ietwat later in die alfabet volg en glad nie tussen Afghanistan en Algerië inpas nie.
“Maar kyk hoe hoe bruingebrand is hulle! Dit lyk nie asof hulle van ‘n koue land af kom nie?” sê-vra die seun ietwat snipperig aan sy pa.
“Ons sal seker binne enkele oomblikke hoor,” meen die pa, ietwat verleë ná sy skoot in die donker.
Die skare lawaai en dan kom die eerste eggogeluide uit die luidsprekerstelsel. Die aankondiger sê: “En al die pad vanuit…”
* * *
Elf jaar tevore in Suid-Afrika, in die jaar 2013 om presies te wees, gaan dit baie ver van Parys en die Stade de France, nie goed nie. Daar word wel rugbywedstryde in die verskeie ewe beroemde stadions van die land gespeel, maar sport is geen plesier meer nie. Rassekwotas is onlangs strenger gemaak en die toeskouers van Loftus Versfeld dreig om hul geliefde Blou Bul-span te boikot omdat die Blou-Bul-bestuursmaatskappy sonder om te blik of te bloos die rassekwotas instel en eerbiedig.
Die meeste blanke Afrikaners voer ‘n bittere stryd om oorlewing. Hulle is reeds stelselmatig uit die staatsdiens, die banke en die groot maatskappye geweer. Baie werk nou vryskut en deeltyds, boer hier en daar, of maak ‘n bestaan as knutselaars, klein vervoerkontrakteurs of eienaars van vulstasies. So pas het die politieke party waarvoor die meeste stem, egter tesame met die ANC ‘n selfs strenger swartbemagtigingswet in die parlement aanvaar wat alle maatskappye dwing om tot 40% swart aandeelhouding te hê. Diegene wat die wet oortree, sal tronkstraf op die hals haal.
Daagliks bereik die nuus van plaasmoorde en ander vorme van sadistiese geweld die moedelose volk wat in hul verslete klein motortjies op die snelweë rondry terwyl hulle ‘n groot deel van hul besteebare inkomste in die vorm van peperduur petrol letterlik verbrand. Rondom hulle jaag swartmans en -vroue in luukse Duitse sedans en viertrekvoertuie verby, met ‘n argeloosheid wat spreek van mag en die weelde wat dit moontlik maak. Af en toe kom een so ‘n voortuig met blou ligte verbygejaag en moet al die verslete klein motortjies padgee as ‘n BBP in die regering of die munisipaliteite, tesame met sy voertuie vol lyfwagte en handlangers, die ander voertuie so te sê van die pad afdruk.
Rooi Oktober, die 10de, 2013
Op Krugerdag 10 Oktober 2013 vind die Rooi Oktober-optog na die Uniegebou plaas. Slegs 600 Afrikaners neem daaraan deel, maar vir elkeen wat op ‘n Donderdagoggend opdaag, sou ‘n duisend graag daar wou wees. Via sosiale media versprei foto’s en kommentaar oor die gebeurtenis soos ‘n veldbrand. Benewens ‘n negatiewe hoofartikel in Beeld, ignoreer dié koerant, asook die Sondagkoerant Rapport, die betoging geheel en al, hoewel dit gaan om geweld teen hul eie lesers.
Dit verteenwoordig min of meer ‘n keerpunt. In die daaropvolgende maande neem ontevredenheid oor sadistiese geweld, regstellende aksie, korrupsie en wanbesteding van openbare fondse drasties toe. ‘n Proses van verandering in die openbare mening wat voorheen jare of selfs dekades sou geneem het, geskied binne enkele maande, danksy Facebook, Twitter, Disqus en ander sosiale media. Afrikaners verdeel in twee groepe: die meer fatsoenlikes wat praat van “keelvol” en die ander wat sommer prontuit vir almal wat wil hoor, vertel: “Ons is gatvol.”
Tussen Krugerdag en Geloftedag van 2013 vind ‘n stille revolusie plaas waaroor die HSM (hoofstroommedia) nie eens berig nie. Soos alle revolusies begin dit klein: in kafees, in huise, komiteekamers, vergadersale waar geen joernalis of TV-kamera ooit kom nie; daar word intens gepraat, met mekaar koppe gestamp, planne beraam en strategieë bedink.
Op die duur besef almal wat hulle te doen staan. Onder die voorwendsel van demokrasie, is die land deur plunderaars oorgeneem. Die wetteloosheid en korrupsie strek hulle ten goede, want almal is omkoopbaar en die staatskas waar al die geld versamel, is die plek waar elke misdadiger en oneerlike sakeman kan kom “skep”. Selfs buitelandse rampokkers is welkom, net nie Afrikaners nie. Dit geld ook die munisipaliteite waar bedrog en korrupsie aan die orde van die dag is.
Jare lank voer mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie reeds hofsake in ‘n poging om munisipaliteite te dwing om hul wanbesteding te staak en behoorlike dienste aan dorpe en stede te verskaf. Hy versprei vergeelde boeke van Leon Louw en Frances Kendall van die Vryemarkstigting waarin ‘n kantonstelsel vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel word.
Tydens ‘n vergadering van aktiviste iewers in Pretoria, staan iemand op en sê: “Hierdie korrupte Afrikastaat en sy groep plunderaars sal vanself in duie stort. Om te oorleef, kort ons twee goed: kapitaal en veiligheid.”
Daar word aan die werk gespring. Landwyd word honderde koöperatiewe spaarverenigings gevestig en binne enkele maande vloei miljarde rande uit die banke daarheen. Agterna word dit in produktiewe toerusting, geboue, goud en buitelandse valuta omgesit. By die Reserwebank van Suid-Afrika, wat deur ‘n Litause goewerneur, me. Gill Marcus, beheer word, word daar kop gekrap oor waarom die land se geldvoorraad skielik met twintig persent gedaal het. Die groot vier banke sukkel om genoeg deposito’s te in en die sentrale bank weet nie of hy rentekoerse moet laat styg of daal nie.
“Hierdie is ‘n oorlog, ‘n lae-intensiteitskonflik,” sê nog iemand in ‘n kafee in Randburg. “Daar is die semantiese oorlog, die daaglikse propagandakanon met woorde soos ‘apartheid’ en ‘rassisme’ wat oopgetrek word, maar dan ook die terreur in die vorm van plaas- en huisaanvalle wat voortwoed. Ons is besig om die semantiese oorlog op die internet en op sosiale media te wen, maar die fisieke oorlog teister ons steeds. Die gruweldade en uitwissing vind deurlopend plaas.”
“Wel, ons is goed op pad om ‘n nuwe finansiële stelsel vir Afrikaners te vestig,” antwoord sy gespreksgenoot. Hy is effens bles, met ‘n welige goudbruin snor. “Ons het reeds meer as 100 miljard rand se deposito’s en met al die geld wat nou in Afrikaner-mikrobedrywe belê is, begin ons ‘n tekort aan mannekrag ondervind en ons wil nie volksvreemdes begin aanstel nie. Dit laat ons met ‘n probleem, ook wat veiligheid betref. Wie gaan ons oppas? Ons kan nóg op die polisie, nóg op privaatveiligheidsmaatskappye vertrou. Ons moet so gou moontlik gemeenskapsveiligheidsdienste vestig, saamwerk met buurt- en plaaswagte. Die resep is reeds daar: dit moet net uitgebrei word.”
Via die internet, sms’e en ander alternatiewe media word ‘n reuseveldtog geloods. Met behulp van amptelike demografiese statistiek oor taal en ras, word min of meer bepaal waar Afrikaners in die land woon en só word sektore afgebaken en die veiligheidsbehoeftes bepaal. In rustige landelike gebiede sonder veel volksvreemdes is slegs monitoring en nooddienste nodig. Maar in stedelike gebiede met groot plakkerskampe, asook landbougebiede waar plaasmoordenaars deur radikale akademici en buitelandse NRO’s aangehits word, is privaatreaksie-eenhede met wapens, voertuie en kommunikasietoerusting nodig. Dit kos ‘n paar honderd miljoen rand.
Geloftedag op 16 Desember 2013 is die eerste keer in die geskiedenis dat Afrikaners nie net toesprake maak en koffie drink nie, maar ook – soos Jode by sinagoges – onder mekaar aandele in veiligheidsmaatskappye en -koöperasies verkoop. Teen Maart 2014 is groot dele van die land reeds baie veiliger. Die ANC-minister van veiligheid en sekuriteit verskyn op TV om aan te kondig dat die misdaadkoers gedaal het, “vanweë die volgehoue harde werk van my amptenare”. Die meeste Afrikaners hoor dit egter nie, want hulle kyk nie meer SAUK nie en lees ook nie die Nasperskoerante wat reeds jare lank ‘n semantiese oorlog teen hul eie lesers voer nie.
Gedurende 2014, 2015 en 2016 ontwikkel daar geleidelik ‘n nuwe kultuur onder Afrikaners. Teenoor die selfvernietigende individualisme en spreekwoordelike broedertwis van die verlede, ontstaan nou ‘n gees van saamstaan en “kom ons word sáám sterk en vry”. Die groot statussimbool is nie meer dié van die Bantoe, “kyk hoe duur is my motor” nie, maar “kyk hoeveel doen ek vir my volk”. ‘n Soort Spartaanse gees van oefening en paraatheid, dog ook trots op Afrikaans-wees, neem oor by die ou, leë materialisme en masochisme waarmee hulle só lank deur die hoofstroommedia en die korporatiewe adverteerders gebreinspoel is.
In dié jare verrys nuwe supermarkte en kafees, maar ook hoëtegnologiebedrywe. By Kleinfontein, oos van Pretoria, word een wolkekrabber ná die ander gebou wat kantore huisves van waar ‘n horde jong Afrikaanse programmeerders IT-dienste aan veral Duitsland verskaf. Afgetrede Duitse onderwysers word opgekommandeer om verkoopsmense taalvaardig te maak. Maar in Duitsland self word kantore in al die vernaamste stede geopen waar die toegewydheid, die hardwerkendheid en professionaliteit van die Afrikaner-Silicon-vallei besig word. Boonop daal die rand aanmekaar en is die Afrikaners se tariewe uiters mededingend as dit in euro omgereken word.
Insgelyks op Kleinfontein, word ‘n hospitaal en opleidingsentrum vir verpleegpersoneel gebou wat nie net mediese sorg aan Afrikaners verskaf nie, maar operasies teen mededingende tariewe aan Britte verskaf. Oral in Brittanje verskyn geteikende internetadvertensies: “Need an op? Come to Kleinfontein, your medical paradise.”
Iewers bestuur ‘n finansiële komitee die toevloei van buitelandse valuta en kapitaal na die Afrikanerekonomie. Heelwat daarvan word op allerlei vindingryke maniere geneutraliseer sodat die res van Suid-Afrika op sy gewone trant voortsukkel, met ‘n swak rand, stagflasie, vervallende infrastruktuur en staatskuld wat hand oor hand toeneem.
Tekens van voorspoed en welvaart begin onder Afrikaners sigbaar raak. Maar hulle ry steeds verslete klein motortjies en bakkies, met ‘n horde volkseie werktuigkundiges wat hul voertuie onderhou. Rondom Orania in die Noord-Kaap verrys ‘n tweede tegnopool waar veral laboratoria opgerig word, wat globale navorsingsdienste aan maatskappye in die Noordelike halfrond verskaf. Daar word ook hotelle, vakansie-oorde en konferensiesentrums opgerig wat toeriste van oor die aardbol aanlok, met goeie diens en volmaakte veiligheid.
Teen 2020 is Suid-Afrika se staatskas so byna-byna leeggesteel. DIe begrotingstekort beloop 30% en die staatskuld trek by 120% van BNP. Tyd om van die staat se bates te begin aankoop. Van die vervalle staatshospitale word vir ‘n appel en ‘n ei aan Afrikaners verkoop, met natuurlik ‘n bietjie omkoopgeld wat die transaksie olie, soos dit maar gewoonlik die geval met ‘n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar is. Desperate ANC-amptenare verkoop selfs van hul tolpaaie om inkomste te verkry.
Vanaf 2015 begin Afrikanerkantonne een ná die ander onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar, kragtens artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet wat luil:
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
In wese is dit ou blanke munisipaliteite, tesame met omliggende plase, wat afstig. Die sentrale regering staan magteloos om die proses van afstigting te keer, want sowel die grondwet as die internasionale reg maak daarvoor voorsiening. Een van die eerste dorpe wat tot dié stap oorgaan, is Heidelberg, hoofsaaklik om die Hoër Volkskool van ondergang te red. Toe die Heidelbergkanton tot stand kom, is dit asof ‘n sluis oopgetrek word en oral in die land vind vergaderings plaas waar selfbeskikking uitgeroep word. In plaaslike en internasionale howe woed allerlei hofsake, maar intussen steur gemeenskappe hulle nie meer aan die ANC-munisipaliteite, die staat of, les bes, die Ontvanger van Inkomste nie. Groot verwarring heers in die Suid-Afrikaanse howe, wat geen saak van die Ontvanger teen ‘n oud-Suid-Afrikaanse belastingbetaler kan aanhoor alvorens daar uitsluitsel kom oor watter hof in die nuwe kantonne oor jurisdiksie beskik nie.
Die Kantonale Bank van Heidelberg doen fluks sake en begin selfs sy eie geldeenheid uitreik wat so min of meer aan die euro gekoppel is. Die eerste wolkekrabber is reeds in Heidelberg in aanbou om in die vraag na kantoorruimte en verblyf te voldoen.
Binne die eerste paar jaar van die nuwe Afrikanerbeweging, ontstaan ‘n groot mannekragtekort. Pensioenarisse word heropgelei, van skootrekenaars voorsien en selfs tieners op skool begin op ‘n vroeë ouderdom deeltyds werk omdat die ontluikende Afrikanerekonomie voortdurend nuwe werknemers benodig. Volgens beskikbare syfers, behaal die groeikoers in sommige jare ‘n ongehoorde 20 persent! Soos wat Afrikaners loskom van die parasitiese, korrupte stelsel van Suid-Afrika, is hulle soos atlete wat met gewigte aan geoefen het en nou skielik vry kan hardloop.
Vliegtuie uit Australië, Nieu-Seeland en Kanada is skielik volgepak met terugkerende Afrikaners wat onmiddellik in die netwerk van kantonne opgeneem word. Hul kinders word weer aan Afrikaans blootgestel met dubbelmediumonderrig in Afrikaans en Engels, met ‘n geleidelike oorskakeling na Afrikaans.
Met die staatskas wat leeg bloei, verklaar die ANC-bewind hom bereid om van sekere kampusse ook ontslae te begin raak. Pretoria, Potch en Bloemfontein word sommer gelyk aan ‘n Afrikanerkonsortium verkoop. Die bestaande kleurlingrektore en blanke apparatsjieks wat dié instellings oor die jare probeer verengels en venietig het, word voor die voet afgedank. Hulle word nie eens toegelaat om hul lessenaars leeg te maak nie, maar word deur veiligheidspersoneel van die perseel verwyder. Die akademiese personeel word insgelyks gesuiwer van marxiste, feministe en ander geestelik versteurdes wat met ‘n pakkie valium huis toe gestuur word.
Teen 2020 doen Der Spiegel die eerste groot artikel oor “Das Afrikanerwirschaftswunder” en ‘n horde internasionale TV-joernaliste sak op die Afrikanerkantonne toe om ondersoek in te stel na die geheim van hul verbysterende sukses. Hulle kom agter die spaarkoers is omtrent dertig persent en daar bestaan ‘n stelsel van permanente opleiding waaraan almal deelneem, van kleuters tot bejaardes in hul sewentiger- of tagtigerjare – alles in Afrikaans. Meesal loop mense in kortbroeke, tweekleurhemde en vellies rond en stel meer in hul finansiële beleggings as in verbruik belang. Kort-kort skenk ‘n ryk Afrikaner ‘n vleuel aan ‘n hospitaal, skool of universiteit wat aangebou word en waar nog werk vir sy volksgenote geskep word.
Selfs met die diaspora-Afrikaners terug in die vaderland, raak die arbeidstekort egter nypend. Soos in Japan, is daar oral outomate wat koffie, tee en koeldranke bedien. Selfbedieningsrestaurante wat deur een of twee mense bedryf word en wat slegs van weggooibare borde en eetgerei gebruik maak, is die norm.
Daarom word ‘n nuwe immigrasieplan soos laas in die vyftigerjare van stapel gestuur. Lande en gebiede in Europa word geïdentifiseer waar armoede en werkloosheid heers en werwingskantore word geopen om jong immigrante na die Afrikanerkantonne te lok. Tot ‘n honderdduisend Europese immigrante word jaarliks met skepe na Suid-Afrika gebring, met Afrikaanse lesse en ‘n inburgergeringskursus wat reeds op die skip begin, nes in die vyftigerjare. Die nuwe immigrante word deur die Afrikanerekonomie geabsorbeer en van die vervalle stedelike gebiede in Pretoria, Roodepoort en Randburg word herwin om hulle te kan huisves. Die Gilde van Afrikaanse argitekte hou jaarliks ‘n groot kongres waar nuwe boustyle en tegnologie wat die minimum arbeid vereis, bespreek word. Dit gaan egter ook daaroor om ‘n nuwe Afrikaanse omgewing te skep, wat tegelyk modern en inheems Afrikaans is. In die kafees waar jy self jou koffie by ‘n masjien moet gaan tap en jou koeksister uit ‘n outomaat val, argumenteer filosowe, kunstenaars en teoretici oor presies wat suiwer Afrikaanse argitektuur of kuns sou wees en wat nie.
Intussen ploeter Suid-Afrika op sy ingeslane weg voort. Die utopie van gelykheid, kollektiwisme, nie-rassigheid, regstellende aksie, diversiteit, bemagtiging en die eerwaarde Jesse Jackson se “reënboognasie” word gaandeweg verwesenlik. Dit lyk min of meer soos Zimbabwe met werkloosheid in die orde van tagtig tot negentig persent. Trouens, vele Zimbabwiese immigrante begin noordwaarts emigreer omdat omstandighede daar beter as in Suid-Afrika is.
Omdat die ekonomiese koek – of eerder ‘n kolwyntjie – al hoe kleiner word, is daar ook meer politieke konflik tussen die lede van die regerende elite. Sluipmoorde tussen leiers van partye, maar ook binne partye neem toe. Mevrou Zille word tussen die oë deur ‘n Zoeloe-sluipskutter uit Nkandla gepot en die gemiddelde standaard van politieke dans op die verhoog styg ‘n paar kerwe.
NAVSFED se embleem, wat reeds vir internasionale byeenkomste gebruik is
Die Afrikanerkantonne het hul eie probleme en word ietwat multikultureel, want al hoe meer Pools, Frans, Duits en Nederlands word op straat gehoor soos wat nuwe immigrante aankom.
Teen 2022 word die netwerk van Afrikanerkantonne die grootste ekonomie in Afrika en steek dié van Suid-Afrika verby. Groot dele van wat steeds Suid-Afrikaanse grondgebied is, word deur Afrikanerboere en -entrepreneurs opgekoop met die oog op herwinning en uitbreiding.
Om lid van die Olimpiese Komitee te word, het mens nie ‘n onafhanklike staat nodig nie. Daarom is die eerste stappe om ‘n Afrikaner- Olimpiese Komitee te vestig reeds in 2012 deur organisasies wat met volkseie sport gemoeid was, soos die Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie (NAVSFED) geneem om ‘n aansoek om lidmaatskap in te dien.
In 2014 is die aansoek ingedien en reeds vanaf 2016 neem ‘n Afrikanerspan aan die Olimpiese Spele deel.
* * *
“En al die pad vanuit Suider-Afrika (op Frans praat die aankondiger van Afrique australe wat so min of meer die hele streek beteken, dus van geen spesifieke land nie, want daar is atlete vanuit Namibië ook in die span), die Afrikaners!”
Skielik word die hele Stade de France stil, ademloos. Die skare staar hulle aan, asook die anderhalf miljard televisiekykers wat op daardie oomblik na die openingseremonie van die 2024-spele kyk. Met ligte tred, gemaklik, stap ‘n sestigtal vreemde wesens uit die verre Suide die stadion binne. Hulle dra gemaklike klere: wit linnebroeke, groen kleurbaadjies met ‘n Springbokembleem op, maar – knipogie na ‘n oorlog lank gelede – vilthoedens met die een rand opgeslaan. Die vroue-atlete dra ‘n soort postmoderne kappie, met lang wit linnerokke wat by die mans se broeke pas. Hulle sweef soos Walkurebruide die stadion binne.
Dan haal die mans hul hoedens van hul koppe af en wuif vir die skare, om ‘n verskeidenheid blonde en donker haardosse, met selfs ‘n rooikop onder hulle, te ontbloot.
Die applous is oorverdowend. Nie net is die verwagtinge groot vir die span uit die Suide van Afrika nie, maar met hul ligte dog sonbruin velle, straal hulle iets besonders, amper goddeliks, uit. Voor stap ‘n jong meisie in haar lang rok en stylvolle kappie. Aan ‘n stok dra sy die eeue oue oranje-blanje-blou, waarvan die kleure skokkend helder onder die flitsende kameras vertoon.
In die span is daar ‘n Pool of twee wat inderhaas kantonale burgerskap moes verkry en Afrikaans nog bietjie krom en skeef praat, maar soos wat eers Albanië en dan Algerië agter die Afrikanerspan inval, bestaan daar min twyfel oor wie in dié geledere die ware A-span is.
Op die pawiljoen sê die Franse seunskind aan sy pa: “Natuurlik, dis die Afrikaners!”
“Mais oui, dis hulle,” antwoord die vader, ietwat verleë. “Hoe kon ek hulle met Skandinawiërs verwar? Aan die ander kant, vir Afrikane lyk hulle só… wit. Ek wens die Franse span kon só gelyk het.”
Die Suid-Afrikaanse debat poog om die algemene gesprek te bevorder, om sodoende die land self te verbeter. Suid-Afrika is moontlik ‘n organisasie, waarvan afgelei word dat gewone organisatoriese verbeteringstegnieke aangewend kan word soos byvoorbeeld:
1. Leiding of leierskap met hernude energie en nuwe benaderinge
2. Prosesverbetering en optimisering
3. Kapasiteitsopbouiing met behulp van opleiding
‘n Alternatiewe benadering is egter moontlik vanuit ‘n oorlewingskonteks, waar eienskappe soos lewensverwagting van toepassing gemaak kan word op organisasies. Die gedagte dat nie net mense nie, maar ook organisasies tot sterwe kan kom is nie meer nuut nie en word beskryf in boeke oor “The decline of the Roman Empire”, “Why Nations Fail”, “How the Mighty Fail”, “Why Big Projects Fail” ensovoorts. Die motivering hoekom ‘n oorlewingsbenadering meer van toepassing vir hierdie debat is, is gegrond op die feit dat Suid-Afrika nog nooit ‘n organisasie is of was nie met die gevolg dat leierskap, prosesse en opleiding nog nooit ‘n sentrale rol vervul het nie. Iets wat nie bestaan nie, kan dus nie verbeter word nie. ‘n Alternatiewe “begin” word dus benodig en die eerste doelwit is om te oorleef (volgens Maslow).
Die geskiedenis van Suid-Afrika wys hoofsaaklik dat die ANC vir oorlewing baklei het en dat hulle suksesvol oorleef het deur die gebruik van 2 handvatse
1. Die stryd tussen Engelse en Afrikaners
2. Twyfel in die Kerk
Aangesien die Afrikanerregering die apartheidswette opgeskryf het, het die ANC onwillekeurig, maar ook willekeurige, voortdurende geteikende aksies teen die Afrikaner wat noual (amper) landuit is, (amper) sonder ‘n Kerk sit en met nog steeds die stryd teen die “plaaslike” Engelse. Geen wonder hulle (en die Engelse) dink die Afrikaner is “stupid” nie.
Om ‘n oplossing te soek wat die Afrikaner (oral) sal laat oorleef, moet na ‘n universele benadering gesoek word – iets wat sal werk vir almal. In beginsel is ‘n “scenario” gebaseer op fundamentele onstuitbare aspekte oor tyd.
Dit moet in ag neem dat die balans tussen kerk en staat vervaag en geleidelik vervang word met kommunikasie soos musiek en tegnologie, waarna finansies en globaliteit alles insluk totdat mense besef dat kultuur en natuur wesenlik is vir menslike voortbestaan. Die balans (spanning) word hier gehou deur kultuur/natuur teenoor geld en globaliteit. ‘n Toekomsaanduiding vir die Afrikaner soos afgelei hiervan is dat die Staat, asook die kerk, minder belangrik word en dat ‘n gemeente of buurt-fokus versterk moet word.
Die gemeente of buurte stem ooreen met vandag se wydverspreide meenthuiskomplekse (verwys ook na die Franse “Bastides”) en word ook ondersteun deur die opkoms van “gemeentes” wat in tente vergader. Die verdonkering van die NG Kerk (Organizational Darkness – Howard F Stein) ondersteun die gedagte dat die kerk tot ‘n einde gaan kom en dat die Kerk-Staat balans dus iets van die verlede is. Populasiegroei is vandag minder ‘n probleem as wat geldgroei is en globaliteit se ondersteuning van arbeiders wat nie meer produktief (hoef te) wees nie dra by tot die afbreek van kultuur. Die verwagting is dat mense sal aktiveer om natuur en kultuur weer op te bou omdat die gewone familie nie daarsonder kan nie (tensy kinders in broeikaste grootword).
Die voorwaardes vir oorlewing gaan dus in beginsel daaroor dat kommunikasie en prosesse in plek moet wees om gemeentes/buurtes te ondersteun en nie die Staat of die Kerk nie (dit geld vir almal).
Die kommunikasie vereistes is as volg:
Indien mens aanvaar dat die basiese bestuursmodel van die samelewing bestaan uit makro, mikro en mikro-mikro vlakke, waar byvoorbeeld regerings op makro-vlak is, maatskappye op mikro-vlak en gemeentes op mikro-mikro vlak, kan mens aandui dat in die geval van minderhede moet kommunikasie die brug vorm tussen die gemeente/buurte en makro-vlak deelnemers oor die aardbol. Daarvoor is ‘n platform nodig, nie noodwendig soos ‘n rekenaarplatform nie, maar meer soos ‘n verhewe gesag wat seker maak alles word aangespreek op alle plekke wanneer dit nodig is.
Die proses vereistes is as volg:
1. Strategie bepaling: dit behels die oorlewingsstrategie van die gemeente/buurt in die normale verwysingsraamwerk van visie, missie, reputasie, beleid, implementering, uitkomste. Hierdie klink moeilik maar as mens onthou dat daar reeds meenthuiskomplekse is met toepaslike wetgewing dan raak dit makliker. Die hoof addisionele eienskap ter oorweging is onafhanklikheid of onafhanklke denke en aksies. Hiervoor is ook voorbeelde met verwysing na “intentional communities” met opleidingsgeleenthede aan plaaslike universiteite ens. Verder is Strategiese Konsultante beskikbaar (veral vanaf Amerika) wat dmv simulasies en kompeterende intelligensie heelwat bydrae kan maak tot die oorlewing van gemeentes/buurtes.
2. Batebestuur: dit behels normaalweg menslike/finansiele/fisiese bates, maar hier word hoofsaaklik verwys na fisiese bates. Die gemeente/buurt moet sy “eie” fisiese bates effektief bestuur oor die lang termyn, of te wel lewensiklusbestuur toepas. Hierdie aanwendingsveld is gedefinieer en beskikbaar in SA vanuit finansiele, tegniese en operasionele perspektiewe. Huidiglik word dit verkeerd aangewend wat nou lei tot ‘n erge oorlewingsrisiko.
3. Kultuurmeting: Alhoewel daar heelwat navorsing oor kultuur en ekonomie is, was dit in die verlede moeilik om kultuur te bestuur omdat niemand dit kon meet nie. Dit kan vandag gedoen word en daarom is dit moontlik om die gemeentekultuur so te bestuur dat dit ekonomies voordelig bly.
Die stappe soos bogenoem is op hoë-vlak beskryf maar dit is (nou) prakties uitvoerbaar (met bietjie hulp) deur enige gemeente/buurt, agv ‘n verskeidenheid voorbeelde plaaslik en oorseë.
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) het Dinsdag gewaarsku dat plaasaanvalle voedselsekuriteit bedreig.
Elke plaasaanval se koste aan die land se ekonomie word konserwatief geraam op sowat R1,9 miljoen per jaar.
Die organisasie het in ’n verklaring gesê indien die plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per maand.
Tussen 1997 en 2007 is 1 248 moorde landwyd op plase gepleeg. Die meeste van die slagoffers was volgens die polisie plaaswerkers.
Die SAKHN sê gegrond op die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die land se groeisyfer bygedra het en met die 39 982 plase wat daar in 2007 was, kos plaasaanvalle die land jaarliks sowat R1 932 869 per plaas wat daardeur geraak word.
Die organisasie meen hulle berekening is ’n konserwatiewe een, omdat die grootte van plase en hul produksievermoë uitgesluit is.
Ook die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe word nie in ag geneem nie.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal Woensdag sy besluit oor Eskom se tariefaansoek aankondig.
Eskom het aansoek gedoen vir ’n tariefverhoging van 35% per jaar vir drie jaar met die doel om R385 miljard in te samel vir ’n kraguitbreidingsprogram.
Eskom het voor dit aansoek gedoen vir ’n jaarlikse verhoging van 45% vir die volgende drie jaar, maar het sy aansoek hersien ná teenstanding van groot maatskappye.
Eskom het verlede jaar sy tariewe met 31% verhoog.
Nersa het in Januarie openbare verhore gehad in alle provinsies oor die tariefverhoging.
Mpho Makwana, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het by ’n verhoor in Polokwane gesê dat Suid-Afrikaners maar die skok van die verhoging moet absorbeer.
“Ons weet ons vra die land om ’n bitter pil te sluk, maar ons sal almal voordeel trek oor die langtermyn,” het hy gesê.
Business Unit South-Africa (Busa) se uitvoerende hoof, Jerry Vilakazi, het gesê as die verhoging aanvaar word deur Nersa, “dan kan ons maar totsiens sê vir ’n dadelike herstel van Suid-Afrika se ekonomie”.
Suid-Afrika het onlangs uit sy eerste resessie in 17 jaar beweeg.
Baie vakbonde beweer klaar dat Nersa reeds besluit het om Eskom se 35%-tariefverhoging te aanvaar en dat die openbare verhore net gehou is om aan die wet te voldoen.
Intussen verwag die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid dat die 35%-tariefverhoging inflasie met ongeveer 0,3% kan opstoot.
“Dit sal inflasie buite die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van tussen 3% en 6% sit,” het die Kamer gesê, en bygevoeg dat die tariefverhoging sowat 500 000 poste ook in gedrang is.
‘n Staatsrede met ewe veel weglatings as belangrike sake wat gemeld is, met ‘n groot vraagteken oor of daar dié keer iets op grondvlak van goeie voornemens gaan gebeur.
Terwyl baie gemaak is van die skep van werksgeleenthede en die ekonomie, het misdaad weinig meer as ‘n terloopse vermelding gekry. In die lig van sy later verbintenis tot rekonsiliasie was sy swye oor die omvang ban plaasmoorde hinderlik.
Korrupsie is wel bietjie meer onder die loep geneem, maar daar was geen sterk standpuntinname dat korruptes in die pad gesteek gaan word nie. Trouens, die hele morailiteitskwessie het uitstaande gebly. Hiersonder is die teen-Vigsprogram se tande by voorbaat getrek.
Aan die positiewe kant, is dit bemoedigend dat die skep van intensiewe groen werkgesleenthede is die oog is. In aansluiting hierby die standpunt dat privaat kragvoorsieners ook ‘n groter bydrae sal lewer, en ‘n mens kan maar net hoop dat dit hoofsaaklik na groen krag verwys.
Plek-plek wil ‘n mens bekommerd raak dat van sy adviseurs eerder ideologies as met kennis dink. Met grondhervorming is die gedagte weer eens geopper van die vestiging en ontwikkeling van klein boere om hierdie sektor uit te brei en lewensvatbaar tye maak. Terwyl die president in bykans dieselfde asem na Suid-Afrika as waterarm land verwys, sou ‘n mens begrip verwag dat min dele van die land hom leen tot lewensvatbare kleinboerdery, veral ‘n boerdery wat ‘n betreklik seker inkomste van bokant die broodlyn sal lewer.
Uiteindelik – baie voornemens vir regruk, maar so was daar ook voornemens en selfs ‘n nege man ministeriële taakspan om Balfour se probleme aan te spreek.
Skynbaar was dit ‘n geval van waar een blinde ‘n ander lei, val beide in die sloot.
By Balfour het die hoë vlak span skynbaar dadels vermag en het die dorp maar weer gebrand.
Die land kan maar net hoop dat die staatsrede meer konkrete suksesse as ‘n sterk ministeriële taakspan sal oplewer.
In die volkstaatdebat moet mens een oog voortdurend op die werklikheid hou sodat vals hoop en persepsies nie geskep word nie. Ons moet dus realisties bly…
Net soos ander volke op aarde is die Afrikanervolk ten volle geregtig op territoriale selfbeskikking. Hy sal sodanige eis egter slegs suksesvol kan handhaaf mits die nodige volkswil daartoe bestaan.
Ek voorsien dat die aanhoudende demonisering van alle aspekte van apartheid, asook die Afrikaners se betrokkenheid daarby, enige vorm van selfbeskikking of die opeis van enige volkeregtelike regte deur Afrikaners vandag deur die populiste en liberalistiese media as ‘n terugkeer na apartheid bestempel sal word.
Vir die sakesektor is politieke stabiliteit vir ekonomiese groei verkieslik bo die potensiële politieke spannings en onstabiliteit wat deur opwelling van volksnasionalisme teweeggebring kan word. Vir die sakesektor en die mediamagnate is dit dus kritiek belangrik dat Afrikaners deur ‘n proses van de-etnifikasie moet gaan sodat daar in die toekoms van ‘n Afrikaanstalige gemeenskap en nie meer van Afrikaners gepraat sal word nie. Daar is weinig twyfel dat hierdie strategie aanleiding tot die 1994 magsoorgawe gelei het en nou volvoer word.
“Transformeer om te oorleef”- is hul strategie en daardie plan word nou deur die media en sakelui as die enigste haalbare oorlewingsplan vir Afrikaners aangebied.
Die vraag is dus hoe invloedryke Afrikaners enige inisiatief vir enige vorm van territoriale outonomie sal steun – iets wat lynreg teen hul eie strategie is, as so ‘n inisiatief noodwendig die herrysing van Afrikaners se eie bewustheid mag ontlok en selfs ‘n moontlike migrasiestroom van Afrkaners na ‘n bepaalde gebied kan veroorsaak.
So iets kan moontlik op ‘n onstabiele menseverskuiwing binne die landsekonomie uitloop. Die feit dat ‘n miljoen blankes reeds die land verlaat het beskou hulle as ‘n natuurlike ekonomiese proses waar individue beter ekonomiese geleenthede gaan soek het.
Sterk teenstand en heftige reaksies kan dus uit daardie oord verwag word aangesien Afrikanernasionalisme deur sowel die ANC as die Demokrsatiese Alliansie, asook die Afrikaanse sakesektor as ‘n gemeenskaplike vyand beskou word. Die media, wat aan hierdie groepering behoort, sal dus elke truuk speel om ‘n herskikking van provinsiale grense deur verdagmakery en disinformasie te verongeluk.
Tydens gesprekke met politici word veral die volgende argumente deur hulle geopper:
– Die belastingbasis vir tweedevlak en derdevlak ekonomiese herverdeling sal wesenlik verklein word met ‘n gebied buite beheer van die ANC.
– Die oorkoepelende onuitgesproke beleid dat Engels die lingua franca van die hele land moet word, sal benadeel word.
– ‘n Wit enklawe sal swart bemagtigting, veral t.o.v. amptenare wat Afrikaans nie magtig is nie, benadeel. (bv. Xhosa- en Zoeloepraters)
– Nasiebou sal volgens hulle verydel word aangesien ander etniese groeperings op dieselfde regte mag aandring, ‘n proses wat op balkanisering van die land mag uitloop.
– Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners mag vertolk word dat daar na apartheid teruggekeer word en die mite perpetueer dat Afrikaners ‘n meerderwaardige groep in Afrika is.
– Dit mag ook vertolk word dat ten spyte van SA se liberale grondwet, die ANC– regering misluk het omdat hy nie daarin geslaag het om sy wit minderheid op ander maniere te akkommodeer nie.
– Met die uitsondering van die VF+, is al die opposissiepartye heftig gekant teen enige inisiatiewe wat as rasseskeiding vertolk kan word, aangesien sulke inisiatiewe hul groeipotensiaal by ander gemeenskappe sal beduiwel.
– Swart aktiviste kan die regering oor hierdie hoogs emosionele saak selfs tot ‘n val bring, omdat die regering weer die aMaburu, “hul eertydse onderdrukkers,” as ‘n spesiale groep erken.
Die droom van territoriale selfbeskikking sal uit ‘n politieke oogpunt bykans onhaalbaar wees, tensy ‘n radikale paradigmaverskuiwing by die populiste asook by die sakesektor ontstaan wat so ‘n proposisie vir hulle aanloklik sal maak. Die kanse daarvoor is egter baie skraal.
Intussen moet daar aan ander strategieë gewerk word voordat die geldmagnate en die ANC se gemeenskaplike strategie, wat ten doel het om die volgende geslag Afrikaners heeltemal te de-etnifiseer, volvoer word.
Verskeie opsies is tans besikbaar vir Afrikaners om as enkelinge in die NSA voort te bestaan.
Word deel van die meerderheid: Dit is een opsie wat deur die media, asook deur die liberale establishment en akademici verkondig word. Daar word geargumenteer dat etniese verdelingslyne mettertyd gaan verdwyn en dat die smeltkroesproses van nasiebou net sowel nou reeds kan begin. Gemeenskaplike belange soos onderwys, sport, taal en die ekonomie word hiervoor ingespan. Dit verskaf die filosofiese begronding waarop rassisme tans as ‘n groter misdaad beskou word as verkragting, roof of moord. Baie Afrikaners het reeds op hierdie opsie besluit en voed hul kinders as NSA-burgers op.
Emigrasie: Honderde duisende Afrkaners het reeds die emigrasie-opsie gekies, of berei hul kinders voor om dit te doen. Sommige Afrikaners, veral op landbougebied, het die werklikheid van ‘n swart regering in Suid-Afrika aanvaar en het besluit om ‘n swart regering te kies onder wie hulle die voordeligste bestaan sal kan maak. Een so ‘n land is Zambië, ‘n ander is Mosambiek waar honderde Afrikanerboere reeds hervestig het.
Om te veg vir eie grondgebied: Dit is ‘n feit dat regerings slegs toegee aan druk om hul beleid te verander wanneer sodanige druk onhoudbaar word in terme van verlies aan lewens en bates. Hierdie opsie beteken dat Afrikaners, soos die swart aktiviste voorheen, ondergronds sal moet gaan en hulself op ‘n lang, bloedige stryd voorberei. Geografiese afskeiding vind selde plaas sonder ‘n bloedige stryd. Daarenteen is ‘n bloedige stryd ook nie ‘n waarborg vir sesessie nie, soos baie minderheidsvolke in Europa en elders kan getuig.
Die stigting van ‘n virtuele volkstaat: ‘n Verteenwoordigende Afrikanerowerhyeid is tans waarskynlik die haalbaarste opsie en vereis dat Afrikaners hulself moet orden op politieke, opvoedkundige en kultuurgebiede. Deur hul eie buiteparlementêre instellings sou hulle egter druk op die regering van die dag kan uitoefen. Sodanige druk kan deur die howe asook met buitelandse verbintenisse op die regering toegepas word sodat Afrikaners se belange gerespekteer word.
Die AO se vermoë om druk uit te oefen sal in verhouding staan tot die hoeveelheid steun wat die struktuur onder Afrikaners geniet. So ‘n geglobaliseerde volkstaat hou Afrikaners deur die kuberruimte in verbinding met mekaar.
Tegnologie –, handels – en werksgeleenthede kan op hierdie wyse vryelik uitgeruil en benut word.
Hierdie struktuur kan as voorloper dien om later geografiese selfbeskikking op ‘n kerngebied in te stel, selfs al is dit dan aanvanklik net op derde vlak.
Die groeipuntvolkstaatgedagte. ‘n Bonsaiboompie lyk in elke opsig net soos sy groot boom eweknie, maar hy bly egter klein omdat sy voedingsbron beperk word. Bonsai-volkstaatjies soos in Kleinfontein en Orania kan oral verrys en mettertyd selfs op ‘n federale basis met mekaar skakel om in mekaar se tegnologie, handel en skoolopvoedingstelsels te deel. Afrikaners wat binne hierdie groeipunte woon bevind hulle sodoende in ‘n mini-volkstaat deurdat hul onmiddellike omgewing vir hulle as Afrikaans vertoon. Maar soos wanneer ‘n Bonsaiboompie se potjie buite tussen kakiebosse geplaas word, is sulke groeipunte altyd deur ‘n groter vyandige omgewing omring.
Vraag is nou wat binne hierdie politieke werklikhede nog gedoen kan word om nogtans ons vryheid te verkry?
Volgens bostaande ontleding sal territoriale selfbeskikking met of sonder ‘n oorlog moeilik haalbaar wees binne Suid-Afrika se grense, maar groepsregte wat deur ‘n AO afgedwing word sal wel moontlik wees. Maar waarheen sal ons vlug wanneer die finale aanslag teen blankedom eendag om ons losbars? ‘n Afrikanertuisland is dus ‘n strategiese noodsaaklikheid vir ‘n volk om te oorleef.
Om nou buite die kassie te dink, wil ek ‘n scenario ontwikkel wat meer lewensvatbaar mag wees as ‘n langdurige stryd met ‘n vyandige plaaslike swart bevolking aan wie die land onherroeplik op ‘n skinkbord weggegee is. Dit is bloot ‘n gedagte waaraan ek reeds vir geruime tyd soos aan ‘n taai stuk biltong kou.
Die toekomsbeeld is ‘n gebied buite Suid-Afrika van ongeveer 100 kilometer kuslyn by 200 kilometer die binneland in. Die gebied is tropies en sub-tropies, met natuurlike mededingende ekonomiese voordele, waar ‘n landbougebaseerde ekonomie soos in verskeie Europese lande en Amerikaanse state gevestig kan word. Die hooffokus kon val op biobrandstof en voedselproduksie en verwerking. Daar sal ‘n uitvoerhawe wees om die voedsel en brandstof na internasionale markte uit te voer. Benewens pad en lugvervoer sal die gebied maklik per see vanaf enige Suid-Afrikaanse hawe of vanaf Maputo bereik kan word.
In so ‘n gebied is twee seisoene per jaar die reël en met Suid-Afrikaanse tegnologie en kundigheid kan ‘n lewensvatbare ekonomie binne die bestek van vyf tot tien jaar reeds gevestig wees.
Die gebied kon buite Suid-Afrika se grense wees, glad nie onderhewig aan die benouende neo-apartheidswette van die ANC-regering nie. Die projek sal in samewerking met die betrokke regering aangepak word en deur die yl plaaslike bevolking verwelkom word. Die nuwe intrekkers sal as beleggers en nie as setlaars beskou word nie en sal as ‘n ekonomiese groeikern vir die hele land beskou word. Die gebied is misdaadvry en vriendelik teenoor witmense.
Voordat die eerste intrekkers voet aan wal sit, sal die volgende ooreenkoms tussen die AO en die regering asook plaaslike tradisionele owerheid bereik moet word:
Beleggers sal die afgebakende gebied as hul nuwe vaderland mag beskou.
Hulle sal die alleenseggenskap vir oorkoepelende gebiedsontwikkeling en owerheidsgesag oor hul mense hê. Bestaande inheemse inwoners sal hul demokratiese regte by hul tradisonele plaaslike owerheid soos tans, kan uitoefen.
Alle ontwikkelings sal aan internasionale omgewingsbewaringsvereistes moet voldoen.
Die gebied sal as Outonome Gebied alleenseggenskap hê oor kultuursake soos onderwys, gesondheidsdienste, sport en arbeidspraktyke, wat hulle self sal oprig en befonds.
Die gebied sal sy eie polisie – en ander sekuriteitsdienste op die been bring, befonds en bedryf, maar sal by die nasionale veiligheidstelsel ingeskakel bly.
Die nuutgestigte Gebeidsowerheid sal grond en eiendom op 99 jaar huurpag gratis aan nuwe intrekkers registreer. Alle verbeterings sal beleggers se eiendom bly.
Belasting sal aan die nuut gestigte gebiedsowerheid betaal word om infrastruktuur en algemene dienste te lewer.
Geen inkomstebelasting sal vir die eerste vyf jaar aan die sentrale regering betaal word nie.
Beleggers sal aangemoedig word om hul Suid-Afrikaanse bates na die gebied te verskuif en geen invoerbelasting sal daarop gehef word nie. Beleggers sal hul bates weer sonder enige beletsel die land mag uitneem.
Beleggers mag hul jaggewere behou nadat dit by die plaaslike owerheid geregistreer is.
Die hervestigingsprojek sal onder die reeds bestaande bilaterale ooreenkoms wat tussen die Suid-Afrikaanse regering en die betrokke land se regering bestaan, sorteer. In hierdie ooreenkoms word die onaantasbaarheid van beleggers se bates wedersyds gewaarborg.
Beleggers sal verantwoordelik wees om hulself te onderhou en sonder staatshulp hul eie huisvesting op te rig.
Hulle sal hul eie dorpe beplan stig en en finansier.
‘n Nuwe toerismebedryf sal aangemoedig word.
Hulle sal hul eie bank met of sonder die samewerking van ander banke kan oprig, en sal hul eie kredietstelsel kan bedryf.
En so meer
Nadat die breë ooreenkoms afgehandel is, sal die werwingsaksie vir beleggers van stapel gestuur word. Die projek sal ekonomies en nie ideologies gedrewe wees nie – die ideologiese vrugte sal vanself groei.
Ek praat van ‘n gebied noord van Pemba in Mosambiek.