Hiermee ‘n multi-navraag vir diegene wat my sou kon help met raad en daad asb.
- Het iemand al die roete wat die Voortrekkers oorspronklik in hul vasberade gang oor die Drakensberg gevolg het, nagevors en vandag, tersaaklik en ter bemoediging, op foto vasgelê? Dit was darem ‘n groot en merkwaardige struikelblok wat oorkom is, veral in daardie dae se perspektiewe!
- Kan iemand my asb. help met mnr. J. Malema se 24-uur-navraaglyn vir kitswerkskepping, gratis ten volle ontwikkelde besighede (dit neem gewoonlik van 3 tot 5 jaar om die hele besigheidsiklus onder die knie te kry, terwyl baie faal) en gratis plaag-, plunder- en siektevrye plase met toerusting, kennis, ondervinding, markte en winste in, om en vanuit SA. Vanoggend om 01:15 bel iemand my om werk te eis. (Nie vreemd nie – ek kry oproepe uit o.a. Malawi, Zambië, Zimbawe en die Kongo, en vonkposse van nog verder uit Afrika.) Ek noem toe geduldig dat SA nou reeds vir 20 jaar onder Afrikabeheer staan, wat spoedig ons SA ekonomie volhoubaar gaan herstel, saam met die nuwe Afrika-ekonomie. Die man (Mohammed) wil toe Malema se nommer ook nog by my vra.
- Laastens verneem ek graag wie die nuwe SA-Nigerië (Work in Nigeria) -migrasiekantoor vir die Eksodus na Nigerië se “grootste ekonomie in Afrika” hanteer. Mens kon moontlik die sowat 30 miljoen onwettige immigrante wat ons ekonomie plunder en verswelg wou aanmoedig om Mammon nou weer noordwaarts te volg, of hul sosio-ekonomiese verantwoordelikhede in rentmeesterskap in hul eie lande onder hul eie regerings op te neem.
Met dank en waardering vir u tyd en ons eie doelgerigde ekonomiese herontwikkelingsmomentum.
– Johan Meintjes, Pretoria

Johan jammer ek kan jou met niks wat jy hier vra help nie – maar so baie onlangs het ek na die berge en dale gekyk oppad George toe – van Kaapstad se rigting af en min of meer presies dieselfde vraag aan myself gevra oor die deursettingsvermoë van die Voortrekkers.
NS As iemand my wakker lui 1.15 in die nag – vang ek n kobra en laat die kobra in die ou aan die naderkant van die lyn se oog spoeg deur die telefoon.
More Johan, mbt tot punt no 1. kan ek jou verwys na Fransjohan Pretorius , wat lektor was aan die UOVS. Of hy nog daar is, is n ope vraag, maar ek glo dit sal n goeie persoon wees om te kontak vir hulp en leiding in hierdie verband.
Wat punte 2. en 3. betref kry ek so al die gevoel asof jy bietjie die draak steek met die situasie wat tans heers. Ek is natuurlik oop vir sulke kaperjolle al is ek al n bietjie lank in die tand. Ek gaan dus bietjie navraag doen vir jou, want dit prikkel my ook, en dan terugvoering gee sou ek iets konstruktiefs raakloop. Sou jy niks verder van my hoor nie , weet dan dat ek nie in staat was om iets te kry nie.
As my bietjie geskiedeniskennis oor die gebeurtenis korrek is, was die manne gladnie so vasberade om oor die Drakensberge te trek nie, maar was dit die vrouens wat hulle onvermoeid aangespoor het.
Kom, vrouens. Kan julle nie die willose en vrotsige mansmense kry om weer ‘n keer oor die Drakensberge te trek nie, al is dit hierdie keer ‘n berg van ‘n ander aard.