praag.co.za

Kritiek teen BMW oor ‘steel’-advertensie

Written by

in

,

Die voertuigvervaardiger BMW moes kritiek verduur weens ‘n omstrede reklamebord waarin ‘n Mini Cooper verskyn, berig die Johannesburgse koerant The Times vandag.

Op die advertensie verskyn die buitelyne van ‘n Mini Cooper, met ‘n groot gat waar die motor behoort te wees. ‘n Banier oor die advertensie lui: “Ry hom asof hy gesteel is!”

Twee inwoners van Soweto het ‘n klag by die Owerheid vir Advertensiestandaarde aanhangig gemaak omdat die advertensie “die steel van motors bevorder en ophemel, asook spoedoortreding en roekelose bestuur”.

Die twee klaers, Macbeth Ngema en Candice Nene meen die reklamebord is veral in swak smaak omdat dit naby die plek verskyn waar die swart musikant Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy vriend Themba Tshabalala vier skoolkinders doodgery en twee ander ernstig beseer het terwyl hulle in 2010 met hul Mini Coopers op straat resies gejaag het. Hulle is in 2012 tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Verlede maand is die uitspraak voorbehou in hul appèl teen dié vonnis.

Maar in ‘n nuwe verwikkeling blyk dit dat die reklamebord van BMW self intussen gesteel is.

Ook het die motormaatskappy laat blyk dat hy op dié advertensie besluit het nadat sy vorige reklamebord met ‘n beeld van ‘n Mini Cooper insgelyks gesteel is. Die nuwe reklamebord was dus ‘n ironiese verwysing na daardie gesteelde reklamebord, sê BMW.

Comments

4 responses to “Kritiek teen BMW oor ‘steel’-advertensie”

  1. Andy Avatar
    Andy

    Ag foeitog, nou maak “ons” ook skielik beswaar teen goed wat dan nou sodanig aanstoot gee.
    Iemand voel dalk n bietjie skuldig, of hoe. Ek dink BMW druk die regte knoppies en iemand hou nie daarvan nie.
    As jy nie oppas nie word die melk uit jou koffie gesteel.

    1. JAVR Avatar

      Wel die kar was eers uit die gat gesteel en nou is die gat ook gesteel! wha ha ha ha!! Wragtig ‘n GAT gesteel! Nou’s dit nie eens meer veilig by ons nie! Dog dis net die broek aan die gat wat in gevaar is nou is dit die gat ook!

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    “die steel van motors bevorder en ophemel, asook spoedoortreding en roekelose bestuur”.

    Wanneer kla hulle oor die taxi-bestuurders wat hulle daagliks skuldig maak aan spoedoortreding en roekelose bestuur, met dikwels rampspoedige nagevolge.

    Net so tussen ons, wie is altyd betrokke by die diefstal van motorvoertuie ? Black Sams.

    Die gestelery het my nou lekker aan’t lag gehad – dankie Praag, ek geniet die wyse waarop die boodskap oorgedra word !

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Feite – gegee hoe die taxis daagliks teen die verkeer op neuk. Hoe hulle soos maniakke ry – sommer op die snelweg se skouer aftrek en mense op- en aflaai en dan sommer voor aankomende verkeer induiwel.

Leave a Reply