praag.co.za

Tag: 2010

  • Prostitusie en dwelms kom saam met sokker

    Luidens ‘n berig op Nuus24 gaan mensesmokkelaars glo meer as 40 000 buitelandse prostitute vir WB 2010 “invoer”.

    Die regering verwag terselftertyd ’n verskerpte invloei van dwelms soos kokaïen en heroïen deur Suid-Afrika se grense, volgens ‘n woordvoerder van die sentrale dwelmgesag (CDA).

    Dié kommer is uitgespreek by die bekendstelling van die Verenigde Nasies se verslag oor internasionale dwelmhandel.

    Lees meer hier.

    промышленные насосы высокого давлениялобановский александр биография

  • Kondome vir 2010

    Voorrade van kondome gaan op groot skaal aangevul word vir die Wêreldbekersokker.

    Victor Ramathesele, mediese ampsdraer van die 2010 organiseringskomitee, sê daar gaan ‘n feestelike atmosfeer heers wat die aanvraag vir kondome gaan opstoot.

    Suid-Afrika het die eer behaal as een van die toplande ter wêreld waar Vigs maai onder die bevolking.

    Ten minste 5,7 miljoen mense is met die virus besmet volgens die VN se Vigsagentskap.

    Die voorsitter van die mediese komitee van FIFA, Michel D’Hooghe, sê die sokkerliggaam sal fokus op die bestryding van Vigs, malaria en tuberkulose.

    Hy het gesê die besoekende spanne sal ingelig word oor die gevare wat nie alleen in Suid-Afrika teenwoordig is nie.

    Suid-Afrika spog tans met die mees uitgebreide anti-retrovirale program ter wêreld.

    10 free no deposit slotsАлександр Фильчаков

  • Reaksie op die 2010/2011 begroting

    Mnr. Pravin Gordhan het daarin geslaag om te midde van baie moeilike finansiële omstandighede ‘n gebalanseerde begroting voor te hou.

    Die afgelope week was ‘n belangrike week vir Suid-Afrika deurdat die President in sy repliek aangedui het dat die nasionalisering van myne nie die regering se beleid is nie en dat minister Gordhan in sy begrotingsrede aangedui het dat die reserwebank onafhanklik moet bly met spesifieke inflasieteikens.  Hopelik sal dit die raserige ekonomiese debat binne die regerende alliansie stil maak en buitelandse beleggers se vertroue in Suid-Afrika herbevestig.

    Die VF Plus verwelkom die verhoging in ouderdomspensioen en die feit dat persoonlike inkomstebelasting nie verhoog is nie. Deurdat die Minister R70 miljard minder as verwagte inkomste kry, was daar wye bespiegeling dat daar geen verhoging van toelaes gaan wees nie en dat persoonlike inkomstebelasting sal moet verhoog.

    Die 25% verhoging van belasting op brandstof is ‘n fout wat groot druk op reeds swaar belaste motoriste en die inflasiekoers gaan plaas. Hierdie belasting gaan gebruik word om ‘n brandstofpypleiding te bou. Die vraag is of die motoriste werklik enige voordeel hieruit gaan kry. Dit is dieselfde verkeerde benadering as wat deur Eskom gebruik word waar tariewe verhoog word om ‘n kapitaalprojek te finansier.

    Die VF Plus verwelkom die groenbelasting op motoruitlaatgasse as ‘n eerste ernstige stap van die regering om ‘n werklike bydrae tot besoedeling en aardverhitting te maak.

    Vir sewentien jaar het Suid-Afrika nie ‘n resessie ondervind nie en was daar telkens ‘n oorskot belastinginkomste vir die staat. Vir die eerste keer word daar nou in die nuwe finansiële jaar van staatsamptenare verwag om ernstig te besnoei en meer te doen met minder geld. Die groot vraag is of die staatsdiens, wat vir dekades nie in so ‘n situasie was nie, hierin sal kan slaag. Met volgende jaar se begroting sal ons weet tot watter mate hierin en met die nuwe korrupsie-maatreëls geslaag is.

    справки в универ по болезниДанильченко Юрий Брониславович

  • Kommunikasiesentrum 2010 gestroop

    Tot die verleentheid van Sepp Blatter en FIFA, het die 2010-kommunikasiesentrum vir 900 joernaliste in Braamfontein, Johannesburg vanmôre omstreeks 9-uur onder ‘n grootskaalse rooftog deurgeloop. Kommunikasie- en videotoerusting van etlike miljoene rande is gebuit.

    FIFA se Blatter, wat reeds by herhaling plaaslike waarskuwings oor misdaad en gebrekkige polisiëring as blote “rassisme” afgemaak het, het gister nog TV-advertensies oor “Madiba” laat uitsaai. Die uitsaaisentrum in Smitstraat, Braamfontein, wat in die ou gebou van die YMCA ingerig word, was nog nie gereed nie en kontrakteurs was nog besig om aan die toerusting te werk. ‘n Groep swaar gewapende mans het hulle aangehou en groot hoeveelhede waardevolle kommunikasietoerusting is weggery.

    Veiligheidswagte is met vuurwapens oorval en aangesê om met hul gesigte op die grond te lê terwyl die gebou gestroop is. ‘n Woordvoerder het die operasie as “militêr van aard” beskryf. Sommige items wat geroof is, was so groot dat “vyf groot mans” nodig was om dit uit te dra. Die rooftog moes heelwat beplanning en organisasie geverg het, wat toon dat georganiseerde misdaad die sokkerwêreldbeker as ‘n meevaller beskou waarvan sommige vrugte nou reeds gepluk word.

    Volgens getuies wat in aanhouding verkeer het, was daar ongeveer 20 tot 25 rowers. Voertuie het stilgehou en gery, terwyl ander voertuie weer in aantog was. Satellietskottels, redigeermasjiene, rekenaars en videomonitors is geroof, genoeg om ‘n hele uitsaaistasie te begin.

    штукатурные смеси для наружных работАлександр Фильчаков прокурор

  • Pres. Jacob Zuma se staatsrede

    ‘n Staatsrede met ewe veel weglatings as belangrike sake wat gemeld is, met ‘n groot vraagteken oor of daar dié keer iets op grondvlak van goeie voornemens gaan gebeur.

    Terwyl baie gemaak is van die skep van werksgeleenthede en die ekonomie, het misdaad weinig meer as ‘n terloopse vermelding gekry. In die lig van sy later verbintenis tot rekonsiliasie was sy swye oor die omvang ban plaasmoorde hinderlik.

    Korrupsie is wel bietjie meer onder die loep geneem, maar daar was geen sterk standpuntinname dat korruptes in die pad gesteek gaan word nie. Trouens, die hele morailiteitskwessie het uitstaande gebly. Hiersonder is die teen-Vigsprogram se tande by voorbaat getrek.

    Aan die positiewe kant, is dit bemoedigend dat die skep van intensiewe groen werkgesleenthede is die oog is. In aansluiting hierby die standpunt dat privaat kragvoorsieners ook ‘n groter bydrae sal lewer, en ‘n mens kan maar net hoop dat dit hoofsaaklik na groen krag verwys.

    Plek-plek wil ‘n mens bekommerd raak dat van sy adviseurs eerder ideologies as met kennis dink. Met grondhervorming is die gedagte weer eens geopper van die vestiging en ontwikkeling van klein boere om hierdie sektor uit te brei en lewensvatbaar tye maak. Terwyl die president in bykans dieselfde asem na Suid-Afrika as waterarm land verwys, sou ‘n mens begrip verwag dat min dele van die land hom leen tot lewensvatbare kleinboerdery, veral ‘n boerdery wat ‘n betreklik seker inkomste van bokant die broodlyn sal lewer.

    Uiteindelik – baie voornemens vir regruk, maar so was daar ook voornemens en selfs ‘n nege man ministeriële taakspan om Balfour se probleme aan te spreek.

    Skynbaar was dit ‘n geval van waar een blinde ‘n ander lei, val beide in die sloot.

    By Balfour het die hoë vlak span skynbaar dadels vermag en het die dorp maar weer gebrand.

    Die land kan maar net hoop dat die staatsrede meer konkrete suksesse as ‘n sterk ministeriële taakspan sal oplewer.

    Crime Sceneданильченко юрій Харків

  • Terwyl Rome brand

    Pres. Jacob Zuma verseker met ‘n besoek aan Switserland die wêreld dat Suid-Afrika se veiligheidsplan vir die 2010-wêreldskokkerbekertoernooi in plek is.

    Of dit nóg ‘n geval van ambisieuse planne is wat nie op grondvlak neerslag vind nie, soos verskeie onderwysplanne, sal nog gesien moet word. Op grondvlak is daar nog nie veel tekens dat die plan reeds in plek is nie, gegewe die vlaag wrede moorde, plaasmoorde ingesluit, wat die land ruk.

    Om ‘n plan, of dan ‘n strategie, te laat vlot is dit nodig om al die eendjies in ‘n ry te kry. Wanklanke soos dié van Julius Malema en die status wat hy in die ANC geniet, van die ANC in Pretoria om juis nou die naamkwessie op ‘n spits te dryf, mense in die gasvryheidsbedryf wat hul pryse vir die toernooi – waarskuwings ten spyt – die hoogtes laat in styg het en nou vir ‘n lae besprekingskoers geblameer word, dra alles daartoe by dat die land nie in een juk oor hierdie saak trek nie.

    Trouens, ‘n ellelange lys kan opgestel word. Provinsiale paaie en selfs strate in dorpe wat meer gat as pad word terwyl superstadions verrys laat suur sop deurloop. In die Vrystaat is die beskikbare begroting om die paaie op ‘n aanvaarbare standaard te kry ongeveer net een tiende van wat nodig is, selfs nadat die AA verlede jaar gewaarsku het dat die land teen die huidige tempo oor dertig jaar nie meer teerpaaie gaan hê waaroor gekla kan word nie.

    Hoewel die land se Vigs-besmettingskoers die vernaamste oorsaak is, help die standaard van gesondheidsorg ook nie dat Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting, 47 jaar, nou maar net meer as die helfte van Europa se ongeveer 80 jaar is nie.

    Dit verg geen wiskundige of statistiese vernuf om die ongevalle onder die sokkerbesoekers te bereken as die moordkoers ongeveer 40 per 100 000 van die bevolking, die aangemelde verkragtingskoers 150 per 100 000 en die werklike volgens maatskaplike werkers tussen tien en dertig keer hoër is, aanranding met die opset om ernstig te beseer meer as 400 per 100 000 en gewapende roof 250 per 100 000 is nie. Hierdie syfers sou onder normale omstandighede geld, maar omdat soveel aan ‘n veiligheidsplan gespandeer word, kan dit beïnvloed word. Dit wil egter ook voorkom, en sommiges sê selfs so, dat misdadigers juis hul planne gereed kry om die buitelanders te teiken.

    Die foefie om te paai dat dit in ander lande ook maar onveilig is hou nie steek daarmee nie dat die wêreld se gemiddelde moordkoers in die orde van 5 per 100 000 is nie. Suid-Afrika s’n is dus ‘n netjiese agt keer hoër, en hoër as dié in verskeie oorlogsgeteisterde gebiede.

    Dat die geweldsmisdaad in Suid-Afrika met soveel grusame sadisme gepaard gaan help ook nie om die misdaadprentjie uit die buitelandse oë te hou nie.

    Presies in hoe ‘n mate alle eendjies in ‘n ry is, kan tereg gevra word as die polisie ‘n verslaggeefster wat vir Le Monde verslag doen in, soos sy skryf, ‘n oorvol vuil sel gaan prop? Dié beriggewing het sommer saamgeval met die aanval op ‘n Duitse toeris in die gastehuis in Kaapstad waarin hy tuisgegaan het.

    Om sake te vererger, is die regering suinig én selektief met die veroordeling van gevalle van grusame geweldsmisdaad. Terwyl die regering skynbaar volstruispolitiek speel, kry die leier van ‘n baie klein politieke party twee oproepe van die media uit Europa om kommentaar oor ‘n plaasmoord te lewer. Dit vereis geen Einstein-intelligensie om te verstaan waarom die media in Spanje, byvoorbeeld, nou so in nuus oor ‘n plaasmoord belangstel nie.

    Terwyl van die “gewone” aanstigters tot verdeeldheid,  soos Komphela en Neels van Rooyen, nou skynbaar voorlopig takties die swye opgelê is, is geen muilband vir Malema en kie in sig nie.

    Kom die eendjies nie in ‘n ry nie kan die aanval tydens die Konfederasiebekertoernooi op die Brit, Midge Fergusson, vir Suid-Afrika ‘n reuse kopsorg baar.

    how to promote your businessалександр лобановский класс

  • Afriforum sal hof toe oor Pretoria

    Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangedui dat sy regspan gereed staan om enige poging om Pretoria se naam te verander, in die hof te stuit.  Dié organisasie is ook van voorneme om grootskaalse protesaksies voor, tydens en na die Wêreldbekersokkertoernooi te loods, sou die naam verander word.  AfriForum se reaksie volg nadat die ANC in Pretoria volgens mediaberigte begin het met gesprekke met die regering om Pretoria se naam voor die Wêreldbekersokkertoernooi te verander.

    Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, voldoen die proses wat gevolg is om Pretoria se naam te probeer verander, nie aan die wetlike vereistes vir openbare deelname nie.  “Die howe het reeds op dieselfde gronde Louis Trichardt se naamsveranderingsproses ongeldig verklaar en AfriForum sal toesien dat dieselfde met enige poging om Pretoria se naam te verander, gebeur,” het Kriel bygevoeg.

    Kriel het daarop gewys dat die feit dat sowat 30 000 mense verlede jaar ʼn byeenkoms bygewoon het wat deur AfriForum ter behoud van Pretoria se naam gereël is, wys dat mense sterk voel oor die behoud van die naam.  Baie van die voorstanders van Pretoria se naam, voel volgens Kriel emosioneel en kultureel gebonde daaraan en sien pogings om die naam te verander as ʼn daad van kulturele aggressie.  “Die polarisering wat die Pretoria-dispuut veroorsaak, kan nie bekostig word in ʼn land met sensitiewe intergroepverhoudings soos Suid-Afrika nie – nie nou nie, nie tydens die Wêreldbekersokkertoernooi nie en ook nie daarna nie,” het Kriel gesê.

    AfriForum het volgens Kriel vanoggend ‘n dringende skrywe aan die president en die minister van Kuns en Kultuur, Lulu Xingwana, gerig, waarin die regering versoek word om nie in te stem tot die naamsverandering nie.  AfriForum is ten gunste van ʼn wen-wen-oplossing, in terme waarvan die Metroraad se naam Tshwane bly en die stad se naam steeds Pretoria is.

     

    casino slotДанильченко Юрий отзывы

  • SAPD-werwing is krisisbestuur

    “Die werwing van oud-lede van die Polisie is ‘n poging om die krisis in die Polisie te probeer verlig met die oog op die Sokker Wêreldbeker later vanjaar.

    “Die krisis in die Polisie is dat hy uit bykans 200 000 lede bestaan, maar nie beskik oor die nodige kundigheid nie.”

    Die Vryheidsfront Plus het in die verlede gewaarsku dat die blote vermeerdering van lede nie ‘n oplossing is sonder die nodige standaarde van opleiding nie. Die werwing van oud-lede met kundigheid is ‘n bewys hiervan en dui op krisisbestuur in die Polisie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

    “Oud-lede sal ook skugter wees om weer aan te sluit weens die swart-op-wit rassisme in die Polisie. Tans is verskeie sake aan die gang waar swart polisielede vals klagtes teen wit polisielede gelê het. Dit word gedoen om teen wittes te diskrimineer. Wit lede word vir die geringste klagte geskors en verloor hulle salarisse en mediese voordele totdat die sake afgehandel is, maar baie swart lede kan net voortgaan met hulle werk. Hoewel die Vryheidsfront Plus die aanstelling van oud-lede en hulle kundigheid verwelkom, sal hierdie rassisme eers gestaak en uitgeroei moet word,” het Groenewald gesê.

     

    blood suckers slotФильчаков прокурор харьков

  • Sokkerkaartjies verkoop nie

    Minder as 100 000 kaartjies is aan aanhangers van die ses Afrika-lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, verkoop, het die uitvoerende hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Danny Jordaan, Dinsdag gesê.

    Jordaan is ook bekommerd omdat min plaaslike aanhangers kaartjies vir Bafana Bafana se Groep A-wedstryde koop.

    “Dit sal die eerste keer in Wêreldbekergeskiedenis wees wat die gasheerland nie bo aan die lys van kaartjieverkope is nie,” het hy by ‘n persverklaring in Johannesburg gesê.

    “Ongelukkig is Bafana nie eers in die top 10 nie. Engeland sal in hierdie stadium meer ondersteuners by hul land se wedstryde hê as wat by Bafana-wedstryde sal wees.”

    “Dit sal hartseer wees as hierdie verskynsel voortduur en ek versoek plaaslike ondersteuners om hulle land te kom ondersteun.”

    Bafana gaan die toernooi by Soccer City op 11 Junie teen Meksiko afskop.

     

    купить детский гольф для мальчикаАлександр Фильчаков Васильевич

  • Kom ons help bou aan praag.co.za in 2010!

    Vanoggend toe ek so deur Rapport, Beeld en Die Burger kyk, merk ek op hoe hierdie Nasperskoerante 360 grade omgeswaai het van beriggewing deur hulle beeld na buite aan te pas om steeds in beheer van die Afrikaner se denke te bly.

    Ons moet onthou dat Naspers deur die ANC beheer word met behulp van swart eienaarskap en swart direkteure.

    As getroue Praag-ondersteuners het ons as blankes ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself deur bewusmaking van ons Praagkoerant se bestaan so wyd menslik moontlik te versprei – veral deur e-pos en die net.

    Vervolgens moet ons verdraagsaamheid toon teenoor andersdenkendes deur met respek vir hulle standpunt te reageer met goeie, eerbare argumente.

    Ons het elke blanke Afrikaner nodig om ons selfbeskikking te realiseer en ons gaan dit nie bereik deur besoekers te vervreem met aggressie nie – maar wel deur diesulkes in te trek in gesprek deur logies beredeneerde argumente.

    Kom ons help bou aan Praag tot die sterkste Afrikaanse koerant vir die Afrikaner deur Afrikaners in 2010!

    Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om almal ‘n baie voorspoedige en geseënde Nuwejaar in 2010 toe te wens.

    погремушкиФильчаков прокуратура харьков

  • Hulle stink so lekker want hulle drink so lekker

    Volgens die verkeersowerhede is altesaam 2 500 mense reeds sedert die aanvang van Desember landswyd wens beweerde dronkbestuur aangekeer.

    Dit is 2 500 mense wat vooraf gewaarsku is om nie agter die stuur in te skuif tensy hulle sober is nie. Dit is twee en ‘n half soveel as wat weens onpadwaardige voertuie voorgekeer is.

    ‘n Kwart miljoen mense is vir spoed beboet. Meer as seshonderd mense het reeds op die paaie gesterf. Meer as 200 hiervan was voetgangers, en tradisioneel speel alkohol ook ‘n groot rol by baie gevalle waar voetgangers in die Kerstyd voor verkeer beland.

    Word na die grootskaalse rommelstrooiery kort voor die 2010 Wêreldsokkerbekertoernooi gekyk, lyk dit nie asof Suid-Afrikaners meer vatbaar is vir opvoedkundige aksies om positiewe gedrag aan te kweek nie. Dit lyk onafwendbaar dat die roede, by wyse van spreke, uit die kas gehaal, afgestof en ingespan moet word om weer aanvaarbare gedragspatrone vas te lê.

    In sommige provinsies, soos die Vrystaat en Limpopo, lyk dit uit statistieke asof daar in die reël werklik slap gelê word met wetstoepassing vir dronkbestuur. Die land se gemiddeld per 100 000 aangekeerdes is meer as 115, maar in Limpopo is dit 32 per 100 000, in Mpumalanga 53, die Vrystaat 57, en Noordwes 64. Met die uitsondering van die Wes-Kaap waar alkoholmisbruik ‘n uitsonderlike probleem is wat ook op die moordsyfers veral op die Kaapse Vlakte neerslag vind, is dit darem dik vir ‘n daalder om te verwag dat die publiek moet glo die motoriste in belangrike deurryprovinsies soos die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo is soveel nugterder as in provinsies soos die Wes-Kaap waar 242 mense per 100 000 vir dronkbestuur aangekeer word, Gauteng waar dit 124 is en die Oos-Kaap waar dit 135 is.

    Die vreemde is dat die vier provinsies met die laagste syfers vir die aankeer van dronkbestuurders toevallig ook die provinsies is waar die aantal padsterftes per 100 000 van die bevolking hoër is as die aantal moorde per 100 000. Omdat drank by baie moorde ‘n rol speel, maak hierdie syfers maalvleis van argumente dat motoriste in sommige provinsies met besonder droë lippe ry.

    Trouens, in sommige van die provinsies lyk dit asof ‘n bestuurder eers ‘n ongeluk moet maak voor sy alkoholvlak getoets word.

    Toevallig is hierdie provinsies ook die provinsies waar motoriste met voertuie met die hoogste gemiddelde ouderdom oor die weg kom, en is hulle ook gereeld weens swak padtoestande in die nuus.

    Inligting oor die impak wat onpadwaardige voertuie, te vinnig ry en dronkbestuur op ongeluksyfers het is volop, en word nie betwis nie. Voeg hierby die herhalende vakansieverhale van motoriste wat so haastig is dat hulle nie skroom om stadige verkeer teen blinde hoogtes verby te steek nie, en ons het ‘n resep vir ‘n padslagting. Gelukkig is daar baie motoriste, moontlik die meerderheid, wat dit erns het om veilig by hul bestemmings te kom.

    пескоструйный станоклобановский александр биография

  • 2010: Nie plek vir toetsrugby nie

    Volgende jaar se toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk op die 12de Junie, kan nie in Suid-Afrika aangebied word nie, weens die Sokkerwêreldbekertoernooi wat dan reeds begin het. Die wedstryd, wat deel van die Franse se seisoeneindetoer uitmaak, sal na Europa verskuif word. Dit blyk dat die Wembley-stadion in Engeland die aangewese plek is.

    Benewens die Springbokke, sal die Franse ook teen ‘n Suid-Afrikaanse A-span speel voordat hulle die toer teen Argentinië afsluit. Die toer is deel van Frankryk se voorbereidings vir die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland in 2011. Hulle sal ook teen Ierland in Augustus en Ierland speel.

    Frankryk is geskeduleer om teen die All Blacks in die groepwedstryde van die Wêreldbeker te speel. Hulle het Saterdag ‘n loesing van 39-12 teen dié span op die lyf geloop.

    001-гс/уФильчаков прокурор