praag.co.za

Tag: groei

  • Trump-effek: Dow behaal mylpaal

    Trump-effek: Dow behaal mylpaal

    Die Amerikaanse hoofaandele-indeks, die Dow Jones, het die eerste keer deur die 20 000 gebreek.

    Dit word onder meer toegeskryf aan die verkiesing van Donald Trump as president wat ‘n hupstoot aan Amerikaanse aandelemarkte gegee het.

    Volgens berigte verwag beleggers `n besigheidsvriendelike agenda van die nuwe regering. Finansiële reuse soos Goldman Sachs en JPMorgan Chase trek in hierdie stadium die meeste voordeel.

    Trump se beleid sal na verwagting tot vinniger ekonomiese groei en hoër rentekoerse lei.

    Die S&P 500 en die tegnologie-belaaide Nasdaq het ook nuwe hoogtepunte getoets, aangevuur deur die hoop dat die beleid van President Trump die Amerikaanse ekonomie sal stimuleer.

    Die Dow, wat nader aan die 20 000-mylpaal gedurende Januarie opgekruip het, het met 0,8 persent gestyg tot 20,068.51.

    Beleggers se verwagtinge van belastingverlaging en hoër groei is in aandele uitgestort.

    ‘n Senior adviseur van Trump, Kellyanne Conway het getwiet dat die mylpaal toegeskryf kan word aan “die Trump-effek”.

    Praag is die enigste nuuswerf in Afrikaans wat pro-Trump is en die enigste op die kontinent om president Trump se oorwinning te voorspel en ondersteun het.

  • Brasilië se nuwe president is nog ongewilder as Rousseff

    Brasilië se nuwe president is nog ongewilder as Rousseff

    Brasilië se nuwe, waarnemende president, Michel Temer, wat pres. Dilma Rousseff vervang, is ‘n lakei van Amerikaanse banke sê sy kritici.

    Brasiliane hoop hul regering kan die land se probleme begin oplos na maande se gekibbel om Dilma Rousseff­ in ‘n staat van be­skuldiging te laat plaas.

    Rousseff (68) is Donderdag vir 180 dae geskors deur die senaat en in ‘n staat van beskuldiging gestel. Sy het glo begrotings­aangeleenthede verswyg om tot president herkies te word.

    Die ergste resessie in jare, die Zika-virusplaag en reëlings vir die Olimpiese Spele wat in Augustus begin, bly nogtans ‘n kopseer vir regeringslui, ten spyte van die stap om van haar ontslae te raak.

    Brasilië is in sy tweede jaar van ‘n resessie en sal na verwagting eers teen 2018 groei toon.

    Hoewel Temer (75) die steun van sakelui het, meen ontleders dat hy met ‘n bedekte coup d’etat aan bewind gekom het, sonder die steun van kiesers.

    Temer is nog minder gewild in Brasilië as Rousseff. Haar gewildheid het tot onder 10% gedaal, maar Temer sal slegs 1% of 2% van die stemme in ’n presidentsverkiesing kan inpalm, is in ’n onlangse peiling bevind.

    Rousseff het hom beskuldig van ‘n “staatsgreep” om van haar ontslae te raak en hy moet nou die open­bare vertroue herstel in ’n politieke stelsel wat Brasiliane as korrup beskou.

    Die Temer-administrasie­ hoop op die herstel van die sukkelende ekonomie omdat die sakewêreld hom as markvriendeliker beskou.

  • Moody’s gradeer SA af van stabiel na negatief

    Moody’s gradeer SA af van stabiel na negatief

    President Jacob Zuma het die besluit van die graderingsagentskap Moody’s verwelkom om nie Suid-Afrika se oorhoofse kredietgradering te verlaag nie.

    Moody’s het bevestig dat die land se kredietgradering dieselfde bly, maar egter gesê dat die uitkyk van stabiel na negatief verander is met ‘n Baa2-gradering.

    Volgens Moody’s sal Suid-Afrika steeds twee kerwe bokant sub-beleggingsgraad gegradeer word.

    Zuma sê die kredietagentskap se besluit toon dat die regering vordering maak met transformasie, maar die rand het weer teruggesak nadat dit aanvanklik effens herstel het toe die nuus uitgekom het.

    Die sentiment op die markte was gemeng met vrese dat Fitch en Standard & Poor steeds die land se kredietgradering afwaarts kan aanpas.

    Die agentskap het gesê Suid-Afrika is by ‘n keerpunt na ‘n paar jaar van dalende ekonomiese groei.

    Die Internasionale Monetêre Fonds het intussen die ANC geloof vir hul verhoogde samewerking met die privaatsektor.

    Die IMF sê dit kan die implementering van transformasie aanhelp en ekonomiese groei ondersteun.

    Maar dit is nie seker of vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) oor Afrika 2016 in Rwanda hierdie week volkome sal herstel nie.

    Beleggings in staatsinstellings deur die privaatsektor is Maandagaand op ‘n hoëvlakvergadering in Pretoria bespreek op die vooraand van die Rwanda-byeenkoms.

    Zuma en sy adjunk, Cyril Ramaphosa het met bestuurshoofde van maatskappye en vakbondleiers by die Uniegebou in Pretoria vergader oor die kwessie.

    Die president het van die maatreëls wat beleggersvertroue sal aanwakker, toegelig.

    Die regering sê hy bly daartoe verbind om besteding aan energie, infrastruktuurontwikkeling, landbou en die veredeling van minerale te verhoog.

  • Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

    Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag.
    Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet.

    Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vroeër vanjaar aangedui het dat groei vooruitskattings afwaarts aangepas sal word.

    Inflasie, wat net meer as 4% is, is volgens Mellet tans ook nie ’n probleem nie, wat die repokoersverhoging nog vreemder maak.

    Mellet het aan OFM gesê die verwagting bly steeds dat Suid-Afrika swakker groei sal toon, en heelwat swakker as in die begin van die jaar.

    Hy het gesê die besluit is daarom teleurstellend.

  • ‘SA se groeivooruitsigte nie rooskleurig’

    Suid-Afrika se medium-termyn vooruitsigte lyk nie rooskleurig nie sê ‘n ekonoom van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

    Groei lyk nie besonder bemoedigend nie en die ekonomie gaan ernstige probleme tegemoet, sê Jorge Maia. Maia sê dit is omdat Suid-Afrika op buitelandse handel in veral mynbou en vervaardiging steun.

    Maia het aan sakelui wat die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se jaarkongres in Johannesburg bywoon, gesê wêreldtoestande sal Suid-Afrika se toekomstige ekonomiese groei beïnvloed.

    Hy sê staatsinkomste is onder druk weens swakker ekonomiese groei.

    Die minister van Finansies, Nhlanhla Nene het pas aangekondig dat belastings verder sal verhoog word om die armes tegemoet te kom.

    Volgens Nene, sal amper 10,5% voorts van volgende jaar se belastinginkomste bestee word om skuld te delg.

    Die land se begrotingsbeleid beperk veral nie die groei van die Suid-Afrikaanse welsynstaat nie en skuld bly toeneem. Die wit belastingbetaler beur reeds onder die las weens wanbetaling.

    In KwaZulu-Natal alleen skuld staatsdepartemente en belastingbetalers munisipaliteite meer as 10 miljard rand.

    Die LUR vir finansies in die provinsie, Belinda Scott wat die munisipale finansies-verslag vir 2013/2014 ter tafel gelê het, sê huishoudings skuld sowat helfte van dié bedrag.

    Sy sê staatsinstellings se skuld het meer meer as 30 persent tot 697 miljoen rand toegeneem.

    Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat die groei van Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk volgende jaar die derde stadigste in Suider-Afrika sal wees.

    Die voorspelling is ten spyte van die verwagting dat dit van 1,4% vanjaar na 2,3% sal styg.

    Die IMF sê onvoldoende kragvoorsiening, swak arbeidsverhoudinge asook ‘n gebrek aan sakevertroue kortwiek die land.

    Die gemiddelde groeikoers vir lande in Suider-Afrika in 2015 sal volgens die IMF sowat vyf persent wees.

  • Rand sukkel met tekort op lopende rekening

    Suid-Afrika se tekort op sy lopende rekening maak beleggers bekommerd oor die invloei van buitelandse kapitaal.

    China, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, se ekonomiese verlangsaming sal Suid-Afrika negatief beïnvloed, sê ekonomiese ontleders.

    Die rand het sy laagste vlak in sewe maande teen die Amerikaanse dollar bereik as gevolg van die swak ekonomiese groei in een van die wêreld se grootste ekonomieë.

    Die swak groei in China plaas druk op die geldeenhede van ontwikkelende lande. Die rand het Maandag teruggesak tot R11.18 teenoor die dollar.

    Die rand sukkel reeds geruime tyd as gevolg van Suid-Afrika se swak ekonomiese grondbeginsels waar miljarde verkwis word om ‘n bevolkingsontploffing te skep van onderpresteerders.

    Die Minister van Energie, Tina Joemat-Petterson, het intussen gesê kernkrag sal ‘n belangrike faktor vir die land se ekonomiese groei wees.

    Sy het op die aankondiging van die Russiese atoom-energie-agentskap Rosatom gereageer wat agt kernreaktors aan Suid-Afrika gaan voorsien.

    Die direkteur-generaal van Rosatom, Sergei Kirienko, sê die strategiese ooreenkoms van meer as R500 miljard tussen Suid-Afrika en Rusland sal duisende plaaslike werksgeleenthede skep.

    Die ooreenkoms wat in die Oostenrykse hoofstad, Wene onderteken is, maak ook voorsiening vir Rusland om te help met die opbou van infrastruktuur in Suid-Afrika.

    Kirienko sê dit sal ‘n inspuiting van bykans `n R100 miljard vir die plaaslike ekonomie beteken.

  • Morgan Stanley verlaag groeivooruitsig vir Suid-Afrika

    Die internasionale beleggingsbank Morgan Stanley het gister sy vooruitskattiong vir Suid-Afrikaanse groei in die bruto nasionale produk (BNP) tot slegs 1,3% vir vanjaar verlaag.

    In die eerste kwartaal vanjaar het die ekonomie met 0,6% gekrimp, maar het in die tweede kwartaal tot 0,6% groei verbeter. Dit is egter steeds baie laag en sal geen indruk op die hoë werkloosheidsyfer maak nie.

    ‘n Ekonoom van Morgan Stanley, Michael Kafe, meen dat die voortdurende arbeidsonrus, swakker vooruitsig vir reële toename in lone, die verwagtinge van strenger krediet en moontlike verhogings in persoonlike belasting die oorsake van die laer groei is.

    Hy verwag dat die BNP aanstaande jaar tot 2,5% groei sal verhoog, wat laer is as die vorige voorspelling van 2,8%, terwyl dit in 2016 “nie meer as 3%” sal wees nie.

    Ook die Wêreldbank het onlangs sy vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie afwaarts aangepas tot 2,7% van ‘n vroeër voorspelling van 3,2% af. Dié voorspelling was egter vóór die vyf maande lankge staking en ‘n daling in die land se kredietgradering van Standard & Poor, asook die bankrotskap van African Bank.

    Die ander groot Amerikaanse graderingsagentskap, Moody, het ook intussen die land se groot banke afgegradeer in reaksie op die African Bank-debakel.

    ‘n Ekonoom van Citigroup, Gina Schoeman, is nie verbaas oor die afwaartse aanpassings in Suid-Afrikaanse groeivooruitsigte nie. Terwyl Citi tans voorspel dat die land teen 1,7% gaan groei, meen sy dat daar “aansienlike risiko na benede bestaan”.

    Nog ‘n groot probleem is die hardnekkige tekort op die handelsbalans, wat weer na die betalingsbalans deurvloei. Volgens Barclays sal ‘n lopende rekening wat hoër is as die tekort van R161 miljard in die eerste kwartaal vir die rand baie negatief wees. Die rand is tans swakker op 10,74 teen die dollar, teenoor 10,70 wat die vorige sluitingskoers was.

  • IMF: SA-ekonomiese groei afwaarts aangepas

    IMF: SA-ekonomiese groei afwaarts aangepas

    imfDie Suid-Afrikaanse ekonomie sal volgens die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitskatting vanjaar met 2,8% groei.

    Die IMF het in sy verslag oor groeivooruitsigte vir die jaar Suid-Afrika se groei afwaarts aangepas van sy vorige projeksie van twee komma nege persent.

    Groei in ander ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë sal na verwagting vanjaar tot vyf komma een persent styg, grootliks weens toenemende beleggings en groter uitvoere.

    Die hoofekonoom van die IMF, Oliver Blanchard sê lande soos Suid-Afrika sal voordeel trek uit groter groei in ontwikkelde lande, maar sal moeiliker finansiële toestande ervaar weens die normalisering van die Amerikaanse ekonomie.

    Die IMF beraam sy groeivooruitsig vir Afrika suid van die Sahara op 6,1 persent. – RSG