Ná die ondertekening van ‘n ooreenkoms rakende die toetrede van die Krim tot Rusland, bly die Russiese Federasie nog ‘n lid van die G8, het die Duitse kanselier Angela Merkel Dinsdag gesê.
Duitsland, Italië en Frankryk het behoorlik geskarrel om die skade van vroeëre anti-Russiese mediaverklarings oor samewerking tussen geïndustrialiseerde lande te beperk.
Al wat tans gebeur is die opskorting van die voorbereidings deur Westerse lande om die G8 -beraad in Sochi te hou in Junie, het Merkel benadruk.
“Behalwe dit is geen verdere besluite geneem nie,” het die Duitse kanselier gesê.
Merkel het bygevoeg dat wat die G8 betref, “is daar niks verder [gevorder] nie”.
Intussen het Italië se minister van buitelandse sake Federica Mogherini het ook beklemtoon dat “die G8-formaat nie afgeskaf is nie”.
“In die afgelope dae, het vennote uit die groot sewe reeds die besluit geneem het om deelname op te skort in die voorbereiding van die G8-beraad in Sochi. Maar dit verwys na werk in die groot agt-formaat, maar nie na die afskaffing van die formaat self nie,” het Mogherini gesê.
Sy het beklemtoon dat “pogings aangewend word om hierdie formaat te bevestig”.
Die hoof van die Italiaanse diplomatieke diens het ook gesê dat ‘n opsie bespreek bespreek is om honderde Europese waarnemers op ‘n OSCE-missie te stuur.
Vroeër, het die Franse Minister van Buitelandse Sake Laurent Fabius verklaar dat Westerse lande ooreengekom het om Rusland se deelname aan die G8 op te skort.
Fabius het tydens ‘n onderhoud met die radiostasie Europe1 gesê: ” Al sewe voorste wêreldmagte het besluit om Rusland se lidmaatskap op te skort.’
Die Franse minister van buitelandse sake se opruiende uitspraak is kort daarna heftig deur Franse ministerie van buitelandse sake se woordvoerder Romain Nadal ontken.
Rusland bly ‘n lid van die G8 het Nadal gesê. Volgens Nadal het Frankryk geen planne om sy wapenkontrak met Rusland vir die verskaffing van die Mistral-klas skepe te kanselleer nie.
Nadal het naarstiglik die uitspraak probeer kwalifiseer en gesê Fabius het net melding gemaak van ‘n gesamentlike besluit oor die skorsing van die voorbereidings vir die organisasie se beraad wat in Sochi gehou moet word.
Nadal het beklemtoon dat die status van die kontrak vir die lewering van die Mistral-klas skepe na Rusland absoluut nie in gedrang is nie.
Op 17 Maart egter, het die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius gewaarsku dat Parys kan die kontrak vir die lewering van die Mistral sal kanselleer na Rusland in geval sy beleid teenoor die Oekraïne nie verander nie.
Vandag het die Franse ministerie van buitelandse weereens teruggekrabbel. “Wat ons eintlik bedoel is net die opskorting van die kontrak en niks anders nie. Ons is vasbeslote om te doen wat moontlik is om dit te verhoed dat dit gebeur.” het Nadal by ‘n inligtingsessie gesê.
Nadal het beklemtoon dat net “die derde vlak van sanksies daarby bedoel word”, en dat die situasie nog nie sover gegaan het dat dit oorweeg word nie. Die Franse regering het hul uitnodiging aan president Poetin om Parys te besoek, herhaal.
Porsche-handelaar in Lagos. Maar misdaadsindikate voorsien veral in Afrika se vraag na luuksevoertuie
Westerse joernaliste popel deesdae aanmekaar oor die “nuutgevonde welvaart in Afrika”. Maar nie al daardie tekens van voorspoed soos selfone en luuksevoertuie word wettig bekom nie. Volgens Interpol word luuksemotors, veral viertrekvoertuie, wat in Suid-Europa en in Brittanje gesteel word hoofsaaklik in Afrika van die hand gesit.
Tesame met Rusland, waarheen Noord-Europese gesteelde motors uitgevoer word, is Afrika die belangrikste afsetgebied vir misdaadsindikate wat in motordiefstal spesialiseer. Suid-Afrika ontvang ook sy kwota gesteelde Britse motors met die stuurwiel aan die regterkant.
Ongeveer ‘n kwartmiljoen motors is die afgelope vyf jaar in Europa as gesteel aangemeld en nie teruggevind nie en daar word vermoed dat ‘n groot aantal van dié motors hul weg na die Afrikavasteland gevind het.
Die hoof van Interpol se spesialiseenheid vir voertuigdiefstal, Sebastian Schmucker, sê voertuie word nou op georganiseerde wyse gesteel. “Geïsoleerde gevalle van diefstal omdat ‘n motor mooi is, bestaan nie meer nie,” meen hy.
“Die smokkel van gesteelde motors is deel van georganiseerde misdaad, dwelms, wapens en selfs terrorisme, wat daardeur gefinansier word. Dit is betreklik eenvoudig en die risiko is laag,” sê hy verder.
Die aantal gesteelde voertuie het afgeneem, maar hul waarde het toegeneem omdat die diewe nou slimmer geword het. Hulle verkies om topklasvoertuie te steel, veral vierwielaangedrewe sportnutsvoertuie.
“Sulke voertuie is baie gewild in Afrika vanweë die toestand van die paaie,” sê Schmucker.
Voertuie word ook op bestelling gesteel. Volgens ‘n bron in Abidjan, die grootste stad in die Ivoorkus, plaas kopers ‘n bestelling by ‘n “invoerder” vir ‘n motor van ‘n spesifieke fabrikaat en model, wat selfs die kleur van die sitplekke mag insluit.
Hierna gaan die invoerder se span diewe in Frankryk te werk deur die geklassifiseerde advertensies in Frankryk vir die voertuig te fynkam. Die niksvermoedende verkoper word geflous deur hom met ‘n vervalste tjek te betaal. As die verkoper die gekrediteerde bedrag in sy rekening gewaar, teken hy die voertuig oor. Teen die tyd dat die banke agterkom dat die tjek vervals is, is die motor lankal landuit.
In Abidjan verkeer die koper onder die indruk dat hy ‘n tweedehandse motor teen ‘n goeie prys bekom het, sonder dat hy weet waar die voertuig vandaan kom.
Die Franse owerheid vermoed dat een Ivoriaanse bende reeds 400 motors in Frankryk gesteel het, maar die bendeleier kan nie vasgetrek word nie omdat hy noue bande met die regering van die Ivoorkus onderhou.
Slegs 160 gesteelde voertuie is in Afrikalande oor die afgelope vyf jaar opgespoor. Maar slegs in Duitsland is daar volgens Interpol in 2012 18 500 voertuie met ‘n waarde van 250 miljoen euro (R3 miljard) gesteel.
Daar word dikwels gesê dat die liberalisme een van die grootste ideologiese gevare vir Afrikaners inhou. Maar wat word hiermee bedoel?
Nou, alvorens misverstand alles beduiwel, wil ek dit hier reg aan die begin so duidelik as moontlik stel. Ek stem met hierdie uitspraak saam. Trouens, dit kan nog sterker verwoord word:
Die liberalisme (en in die besonder sy hedendaagse variant, die neo-liberalisme) is die grootste ideologiese uitdaging waarvoor ons – maar ook talle ander kultuur-gemeenskappe dwarsoor die wêreld – te staan gekom het. Selfs ’n veel groter bedreiging as dinge soos vyandige state; die korporatiewe globalisme met sy dwang tot eenvormigheid; die verkrummeling van gemeenskapstrukture en die gevolglike verlies aan politieke inspraak in eie sake; die tirannie van politieke korrektheid en die selfveragting waaraan die intellektuele elites in die Westerse wêreld (maar ook onder Afrikaners) ly; die onvermoë om ‘nee’ vir vreemdelinge te sê en grense tussen gemeenskappe, kulture en tradisies te respekteer; die druk waaronder die politieke lewe en ’n sin vir die goeie oordeel verkeer (onder meer vanweë die burokratisering van die alledaagse ervaring en die vertroue op die sogenaamde klas van eksperts), ensovoorts.
Uiteraard beteken dit nie dat die liberalisme van hierdie lys van ‘bedreiginge’ geïsoleer kan word nie. Trouens, hierdie dinge – vyandige state, globalisme, verlies aan politieke deelname, ensovoorts – kan juis as ’n effek van die ideologiese liberalisme beskou word. As ons hulle egter wil begryp, moet die liberalisme ten grondslag daarvan verstaan word. Laasgenoemde verteenwoordig die dikwels onuitgesproke ideële agtergrond wat genoemde dinge aanmoedig en bevorder. Trouens, die liberalisme maak hierdie dinge moontlik.
Maar, en hieroor gaan die artikel, wat bedoel ons as ons van die liberalisme praat? Gebruik ons dié woord korrek wanneer ons dit dikwels kwistig rondgooi? Nog erger, is ons nie dikwels net so liberaal soos diegene wat ons graag van liberalisme beskuldig nie?
Wat is die liberalisme? In die gewone omgangstaal word die liberalisme dikwels verbind aan politieke dinge soos ’n konstitusionele regeringsorde en alles wat dit kenmerk: die verdeling van regeringsmagte, die oppergesag van die wet, ’n handves van menseregte, ensovoorts. Die meeste van hierdie dinge was egter reeds kenmerkend van die sogenaamde pre- en dikwels anti-liberale Middeleeue. As sodanig kan dit nie die wese van die liberalisme verteenwoordig nie. Daarvoor sal verder gesoek moet word.
Ons gaan hieronder uit van die standpunt dat die wese van die liberalisme blyk uit die spesifieke opvatting van die mens wat ten grondslag daarvan lê. Gemeet aan hierdie mensbeeld is die liberalisme ’n moderne verskynsel, want dit is eers in die moderne era dat die liberale opvatting van die mens na vore kon tree. Tydens die Klassieke wêreld van die Grieke en die Romeine, maar ook tydens die Christelike Middeleeue (’n tydperk wat glad nie so donker was as wat die liberale cliché lui nie) was die liberale mensbeeld onbekend. Waarna verwys ons?
Die wese van die liberale mensbeeld blyk uit twee vooronderstellings wat ten grondslag daarvan lê. Volgens die liberale opvatting is die mens eerstens van nature ’n vryswewende individu en nie ’n gemeenskapswese nie, en tweedens is die mens vry wanneer hy oor die keusevryheid beskik om sy lewe volgens sy eie individualistiese wil in te rig.
Geleerd geformuleer: die liberalisme word deur sowel ’n atomistiese as ’n voluntatiewe opvatting van die mens gekenmerk. Volgens die liberalisme kan die menslike toestand met ’n alleenstaande eiland vergelyk word waarop die individu (’n soort Robinson Crusoe) kan maak soos wat hy wil, solank hy nie – en dit is die tipiese kwalifikasie van die liberalisme – ‘andere’ benadeel nie (Die feit dat die liberalisme ander mensbeskouinge as die liberale lewenshoudinge minag, word daarmee gerieflikheidshalwe vergeet).
As ons die liberalisme wil verstaan, moet die implikasies van hierdie mensbeeld – ’n rewolusie in die geskiedenis van mensbeelde – behoorlik onder oë gekry word. Wat presies word daarmee bedoel? Indien ons nie hierdie vraag antwoord nie, loop ons die risiko om onder die slagspreuk dat ons anti-liberaal is dieselfde mensbeeld te handhaaf.
Laasgenoemde gebeur juis dikwels in sogenaamde anti-liberale kringe. Soos onder neo-konserwatiewe politici en intellektuele in die Verenigde State. Alhoewel neo-konserwatiewes in dié land dikwels ’n stryd teen die liberalisme voer, is ook hulle tot ’n individualistiese opvatting van die mens verbind. Ironies genoeg gee hulle daarmee juis kontinuïteit aan die liberalisme. Geen wonder dat die stryd tussen die twee groot politieke partye in die VS ’n mens dikwels met die gevoel laat dat hulle geen werklike alternatiewe vir mekaar bied nie. Vanweë hulle gedeelde mensbeskouing lyk die Demokratiese Party (die sogenaamde liberale party) en die Republikeinse Party (waar die meeste neo-konserwatiewes hulself bevind) dikwels na spieëlbeelde van mekaar, kante van een en dieselfde dieperliggende ideologiese munt.
Ten minste die volgende kort opmerkings moet oor die liberale opvatting van die mens gemaak word. Hopelik sal iets van die wese van die liberalisme duideliker daaruit blyk.
1. Historiese oorspronge van die liberalisme
Die historiese oorspronge van die moderne individualisme kan na 17de eeue figure soos Thomas Hobbes en John Locke teruggevoer word. Die liberale rewolusie wat Hobbes en Locke ingelei het, rus op die gedagte dat die mens van nature as ’n vryswewende individu verstaan moet word. Alvorens ek as mens dus as ’n lid van enige familie, dorp, stad, etnos of kultuur beskou kan word, is ek ’n individu. Hiervolgens behoort my veelheid van gemeenskapsbinding nie tot die wese van my as mens nie. Inteendeel, hierdie bindinge word deur die liberalisme is sekondêr tot my eie self beskou, ’n soort toevallige addendum tot wie ek eintlik is.
Kortom, as my verbintenis tot bepaalde gemeenskappe – my familie, my etnos, my kerk, ensovoorts – hoegenaamd iets oor myself as mens te vertel het, is dit dinge wat bloot ekstrinsiek tot my menswees behoort. Hulle is nie intrinsiek deel daarvan nie. Trouens, as ek my menswees wil verstaan, moet ek hierdie dinge van my afgooi.
As sodanig verskil die liberale mensbeeld van die Klassieke Griekse, Romeine en uiteindelik Christelik-Middeleeuse opvatting van die mens. Volgens laasgenoemde is ons as mense van nature gemeenskapswesens. Vanuit hierdie perspektief beskou is my verskillende gemeenskapsbindinge daarom ook nie ’n toevallige – ekstrinsieke – toevoegsel tot my menswees nie. Inteendeel, hulle behoort intrinsiek tot wie en wat ek is. Die feit dat ek tot hierdie of daardie familie, dorp, stad of etnos behoort, vertel iets wesenlik omtrent myself as mens. My menswees bestaan nie in abstraksie daarvan (en dus in ’n soort gemeenskapsvrye sone) nie. Inteendeel, my menswees bestaan slegs in en deur hierdie gemeenskapsbindinge.
Indien hierdie bindinge dus misken word, word my menswees as sodanig daardeur misken.
Daarmee het die outyd natuurlik nie gesê dat ek met slegs een gemeenskapsbinding – soos byvoorbeeld die feit dat ek tot ’n bepaalde etnos of kultuurgemeenskap behoort – saamval nie. As mens word ek altyd weer deur ’n veelheid van sodanige bindinge gekenmerk. Maar hoeveel gemeenskapsbindinge ook al kenmerk, ek is nooit – soos in die liberale mensbeeld – daarsonder voor te stel nie. Ek bestaan in en deur my gemeenskappe.
2. Die liberale idee van vryheid
Die liberale mensbeskouing word deur ’n spesifieke opvatting van vryheid gekenmerk. Daarvolgens is ek vry wanneer ek oor die keusevryheid beskik om te handel soos ekself goeddink, en nie soos wat enige gemeenskap, tradisie of kultuur aan my voorskryf nie.
Laasgenoemde opvatting is vandag die mees gesaghebbende opvatting van vryheid. Nog meer, dié vryheidsopvatting word vandag – by grasie van die verlies aan alternatiewe – dikwels tot die ekstreme toe deurgevoer. Laasgenoemde blyk onder meer uit die feit dat selfs onvolwassenes vandag as vry geag word slegs wanneer hulleself (en nie bowe-individuele kragte soos die ouerlike gesag, die tradisionele skool, universiteit of kultuur nie) besluit hoe hulle opgevoed moet word, watter kurrikulum hulle op skool of universiteit moet volg, of watter dinge as reg/verkeerd, mooi/lelik of waar/vals beskou moet word. Onvolwassenes moet self oor hierdie dinge besluit.
Ten grondslag van hierdie vryheidsopvatting staan die idee dat die individu outonoom (en dus onafhanklik van enige ander gesag) oor homself kan besluit. In die proses word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsopvatting ’n pure fiksie is. Waarom? Omdat die liberale individu, in weerwil van sy pretensie om self te besluit, inderwaarheid deur ’n magdom liberale kragte voorgeskryf word wat om te doen en wat nie: dit is kragte soos die liberale staat, die liberale ekonomie, die liberale regswese, die liberale akademie, die liberale media, ensovoorts.
Kortom, daar word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsidee deur ’n verlammende kontradiksie gekenmerk word. Terwyl die outonome individu dink dat hy oor alles besluit, word hy deur ’n netwerk van liberale kragte – tot in die fynste detail rondom dinge soos lewenstyle, beroepskeuses, etiese voorkeure, hoogste waardes, godsdienstige oortuigings, ensovoorts – ingelig, bestuur, voorgelig, voorgeskryf.
Teenoor die liberale vryheidsopvatting staan die tradisionele vryheidsopvatting vanuit die ou wêreld. Daarvolgens is ek vry wanneer ek saam met my gemeenskapsgenote deelneem aan die verwesenliking van wat as die gemeenskaplike goed beskou word. Laasgenoemde vryheidsidee vooronderstel nie, soos in die liberalisme, dat daar ’n spanning is tussen my vryheid en wat die tradisie as ‘goed’ aan my as individu voorhou nie. Inteendeel, volgens die tradisionele opvatting is ek as individu eers vry wanneer ek juis in ooreenstemming lewe met wat deur die tradisie (familie, skool, universiteit, kerk, ensovoorts) as goed beskou word.
’n Tipiese voorbeeld hiervan kan in die ou republikeinse tradisie (waaronder ook onder Afrikaners in veral die vroeë Boererepublieke) opgespoor word. Republikeine is nie vry omdat hulle in die eerste plek self besluit oor hoe hulle hul lewe as individue wil inrig nie, maar omdat hulle op ’n gesamentlike grondslag (en op die ‘verhoë’ van die eie gemeenskap, soos die eie parlement, die eie gemeenskapsraad, die eie stadsraad, die eie skool en universiteit, ensovoorts) deelneem aan die verwesenliking van wat hulle as die gemeenskaplike goed beskou. Laasgenoemde sluit onder meer dinge in soos ’n eie taal, kultuur en tradisie, asook die ‘waardes’ wat deur laasgenoemde dinge oorgedra word (dit is dinge soos dapperheid, geregtigheid, waarheid en skoonheid).
Liberale woordvoerders, ook in Suid-Afrika, wat aanvoer dat die beroep op individuele regte ook vir ’n volk soos die Afrikaners voldoende is, verstaan glad nie bogenoemde republikeinse vryheidsidee nie. Trouens, die mensbeeld waarop die republikeinse gedagte rus, naamlik dat ons gemeenskapswesens is wat op ’n gesamentlike grondslag aan die openbare sake deelneem, val volledig buite hulle verwysingsraamwerk. ’n Blote beroep op regte – en die gevolglike juridifisering van die politieke lewe – is vir hulle voldoende.
Uiteraard beteken dit nie dat die tradisie die belangrikheid van ‘keusevryheid’ ontken het nie. Maar die keusevryheid van die individu is altyd weer ondergeskik geag aan wat deur die tradisie as goed, waar en skoon beskou is. Trouens, ’n mens kan praat van ’n goeie wisselwerking tussen individu en gemeenskap in die outyd: Sonder die gemeenskap was die individu nie moontlik nie, maar die gemeenskap is op sy beurt ook hernieu deur die skeppingskrag en ondernemingsgees van die individu.
Alhoewel die liberale vryheidsopvatting vandag dominant is, is die tradisionele vryheidsopvatting orals aanwesig waar protes teen die hegemonie van die bestaande orde aangeteken word; waar nuwe vorme van gemeenskaplike deelname, inspraak en saamwees opgesoek word; waar die strewe na die gemeenskaplike goed wakker gehou word. Sowel onder sogenaamde ‘linkse’ as ‘regse’ populistiese groeperinge kan dit raakgesien word.
3. Liberalisme en die moderne territoriale staat
Omdat die artikel nou reeds te lank is, sluit ons met ’n laaste eienskap van die liberale mensbeeld. Dit hou met die politieke en ekonomiese orde verband wat deur dié mensbeeld vooronderstel word.
Geen ander politieke orde pas so by die liberale mensbeeld as die moderne territoriale staat nie. Trouens, die staat wat Hobbes en Locke, grondlêers van die moderne liberalisme, in die vooruitsig gestel het, was juis die moderne territoriale staat. Ons kan sê dat laasgenoemde ‘ontwerp’ is om aan die behoeftes van die moderne individu te voldoen.
Waarom? Ten diepste is die moderne liberale staat in wese niks anders as ’n kontrak tussen vryswewende individue nie. Laasgenoemde kontrak het ten doel om die ruimte vir die individu te skep waarbinne hy, nou onder die beskerming van die almagtige staat, ‘vrygestel’ word om sy lewe volgens sy eie individualistiese voorkeure in te rig.
Anders as wat dikwels gedink word, is dit daarom ook nie die individu wat die grootste historiese vyand van die territoriale staat is nie, maar eerder die gemeenskappe. Robert Nisbet het in sy onvergelyklike The Quest for Community die rede daarvoor gegee. Volgens Nisbet het die veelheid van gemeenskappe met hulle tussenliggende instellings (kerke, skole, dorpsrade, gilde, universiteite, ensovoorts) nog altyd in die pad van genoemde kontrak gestaan. Daarom moes hulle ook verwyder word.
Hoe het die liberale state te werk gegaan? Die antwoord daarop hou verband met die feit dat die state hulle onderskeie grondgebiede aan ’n soort kille en lewelose vorm van standaardisering onderwerp het. Ons kan ook sê dat die moderne state hulle onderskeie grondgebiede geometries ingedeel en so aan ’n abstrakte ruitpatroon onderwerp het. Waarom? Alhoewel dit ’n verwikkelde antwoord verg, hou dit verband met die feit dat die state met behulp van standaardisering daarvoor gesorg het dat die ruimte vir die individu vrygestel word waarbinne hy vrylik kon rondbeweeg. Kortom, in die geskiedenis van die moderne staat het standaardisering en individualisering hand aan hand geloop.
Alhoewel die proses van standaardisering om vanselfsprekende redes ook groot voordele gebring het, het gemeenskappe met hulle tradisies, tale en instellings in die pad daarvan gestaan. Daarom het die moderne liberale territoriale state ook uit hulle pad gegaan om die plekke en instellings van gemeenskappe te verwyder. Enigeen wat die geskiedenis van die territoriale state ken, sal weet dat dit presies is wat vanaf die 16de en 17de eeue in die moderne Europa gebeur het.
Kyk in hierdie verband na die wyse waarop die moderne liberale Engeland en Frankryk (vanaf die eerste dekades van die 16de eeu) ter wille van die standaardisering oorlog teen ’n groot hoeveelheid tale, kulture en tradisies binne hulle onderskeie grondgebiede aangeknoop het. In die proses het beide state onder meer van die meerderheidstale, naamlik Engels en Frans, gebruikgemaak om een standaard op alles af te dwing.
In Suid-Afrika voltrek dieselfde logika homself vandag. (Interessant dat apartheid-Suid-Afrika, anders as die territoriale state, juis die veelheid van tale erken het). In naam van ’n liberale verdraagsaamheid jeens die veelheid van tale (‘elf amptelike tale’) word Engels op ’n bruut onverdraagsame wyse as instrument gebruik om ’n abstrakte eenvormigheid op alles af te dwing. Die staat se teoretiese pretensie om elf amptelike tale te hê, word deur die praktyk van radikale eentaligheid ontbloot vir wat dit is, naamlik ’n liberale pretensie van openheid.
Gepraat van die kontradiksies van die liberalisme! Terwyl dit voorgee om ruimtes van vryheid te wees, voer dit ’n verstikkende onverdraagsaamheid jeens die gemeenskappe by die agterdeur in. Alhoewel verskeie state intussen aan die hand van federale beginsels inderdaad ruimtes vir ’n veelheid van gemeenskappe geskep het (dink maar aan Switserland, Spanje, België en Kanada), gee die Suid-Afrikaanse staat min blyke daarvan dat hy dit begryp. Inteendeel, die proses van standaardisering (een taal, een ideologie, een gesentraliseerde gesagstruktuur, ensovoorts) gaan onverpoosd voort.
Geen ander ekonomiese orde pas egter ook so goed by die liberale mensbeeld as die hedendaagse globale ekonomiese orde nie. Soos met die territoriale state poog die globale ekonomiese orde om die geheel – nou die ganse internasionale orde – aan ’n eenvormige standaard te onderwerp. Waarom?
Net soos met die territoriale staat gaan dit vir die globale ekonomiese orde oor die ambisie om ’n soort abstrakte ruimte te skep waarbinne die individu en hulle goedere vrylik oor die grense van gemeenskappe, kulture en tradisies kan beweeg. Indien hier nog enige vorm van erkenning jeens laasgenoemde kragte opgesluit lê, gaan dit slegs oor die mate waarin dit binne die ekonomiese logika van die orde betrek en daaraan dienstig gestel kan word.
Anders as wat dikwels gesê word, verteenwoordig die staatlike liberalisme vanuit hierdie perspektief beoordeel nie ’n alternatief op die globale orde nie. As daar van ’n verskil sprake is, is dit slegs kwantitatief van aard: ruimtelik gesproke is dit veel groter as die territoriale state. Ten diepste deel hulle egter dieselfde wil tot standaardisering en vyandskap teen die veelheid van gemeenskappe.
4. Steve Hofmeyr as kontra-liberale krag
Bogenoemde opmerkings bring ons by Steve Hofmeyr. Nou, die private persoon is nie hier ter sake nie. In weerwil van die hedendaagse obsessie met die private lewe van sterre is laasgenoemde eintlik die mins interessante aspek van enige mens, Steve ingesluit. Trouens, net ’n wêreld wat deur verveling bedwelmd is, kan die private lewe van sterre boeiend vind.
Steve Hofmeyr
Nee, ek wil eerder teen die agtergrond van bogenoemde opmerkings oor die liberalisme na die openbare Steve Hofmeyr verwys. Wat verteenwoordig Steve? My vermoede is dat die openbare aandag op die private die aandag aflei van ’n betekenisvolle openbare feit, naamlik dat Hofmeyr ’n belangrike – miskien selfs die heel belangrikste – kontra-liberale krag onder Afrikaners verteenwoordig. Waarna verwys ek?
Een van die boeiendste verskynsels in die politieke lewe vandag is die populistiese bewegings vanuit sowel ‘links’ as ‘regs’. In verskeie Wes-Europese lande geniet hulle – tot groot ontsteltenis van die liberale establishement – reeds ’n beduidende deel van die kiesersteun. Gebore uit ’n diepe ontevredenheid met die liberale staat en die globale ekonomiese orde, maak talle populistiese groepe vandag juis vir groter vorme van deelname en inspraak in eie sake voorspraak.
In aansluiting by die uiteensetting hierbo, die nuwe populisme word gevoed deur anti-liberale oortuigings, en in die besonder deur die idee dat die reduksie van ons as mense tot blote individue nie voldoende is nie. Ons is in die eerste plek gemeenskapswesens wat selfstandig oor ons eie sake wil besluit, lui sy boodskap.
Geen wonder dat die populisme so negatief deur die liberale establishment (en in die besonder deur liberale intellektuele, die ‘voorhoede’ van die status quo) ontvang word nie. Laasgenoemde weet bykans instinktief (as hulle nog ’n instink het), dat die populisme ’n wesenlike gevaar vir hulle inhou. In die besonder daag die nuwe populisme die antropologiese, politieke en ekonomiese vooronderstellings van die orde uit. Kortom, dit stel ’n era anderkant liberale staat en ekonomie in die vooruitsig, ’n era waarin gemeenskappe tot hulle reg kan kom.
Steve Hofmeyr moet vanuit hierdie konteks verstaan word. Soos waarskynlik geen ander figuur onder Afrikaners nie versinnebeeld hy die wete dat ons as volk, kultuur-gemeenskap of groep deur die liberale orde met sy dwang tot standaardisering uitgesluit word; dat ons geen sinvolle inspraak in sake het wat vir ons van belang is nie; dat ons deur die bestaande ordes tot ’n posisie van radikale onmag gereduseer word;
En soos in die nuwe populistiese bewegings wêreldwyd besef Hofmeyr dat indien die eie gemeenskap nie by wyse van protes van homself laat hoor nie, die staatlike orde eenvoudig sy wil tot standaardisering roekeloos sal deurvoer. Teenoor die abstrakte wêreld van staat en ekonomie word daarom ook die partikuliere gemeenskap, die spesifieke plek, die besonder instelling geplaas. Deur hierdie dinge op te eis, kan die tirannieke abstraksie wat die ordes is, weggedruk en weer ruimtes vir kollektiewe vryhede oopgemaak word.
Kortom, ten grondslag van die populistiese Hofmeyr lê die gedagte dat gemeenskappe ruimtes sal moet oopmaak tussen die staat en die individu waar gemeenskappe ’n gemeenskaplike lewe kan voer; waar hulle selfstandig oor hulself kan besluit, en vanwaar hulle op ’n sinvolle wyse kontinuïteit aan hulself sal kan gee.
Geen wonder dat Hofmeyr met soveel agterdog deur die media bejeën word (of die aandag dikwels weg van die openbare sake na sy persoonlike lewe verplaas word) nie. In die populistiese kragte wat hy beliggaam, lê ’n enorme uitdaging vir die bestaande kontrak opgesluit.
In die hart van die argument teen die populisme staan die gedagte dat dit ‘onverdraagsaam’ is (hoor wie praat!). In der waarheid word die populisme gevoed deur die gedagte van ’n plurale demokrasie waarin die veelheid erken en nie aan die verstikkende dwang tot eenvormigheid onderwerp word nie.
Laasgenoemde is ook van Hofmeyr waar. In weerwil van die dikwels moedswillige indruk wat van hom geskep word asof hy ’n soort onverdraagsame politiek voorstaan, word die ‘Hofmeyr-populisme’ deur radikale demokratiese – of pluraal-demokratiese – impulse gemotiveer. In hierdie sin verteenwoordig hy ’n alternatief op sowel die era van apartheid as die bestaande liberale hegemonie.
Enigeen wat soek na alternatiewe op die liberale bedeling van vandag, moet in die populisme bemoedigende tekens van ’n alternatief raaksien. Dit is ook waar van Steve Hofmeyr en die populistiese kragte wat hy beliggaam.
Dit word allerweë erken dat kommunisme nie bevorderlik vir letterkunde is nie, veral in voormalige kommunistiese lande soos die eertydse Oos-Duitsland en Sowjetunie. Skoppensboer wonder nog oor die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar dis vir hom glashelder dat die Afrikaanse kultuur tans feitlik geheel en al in ‘n kommunistiese dwangbuis vasgeknel word.
Voor in die koor van die gedrogtelike vorme wat Afrikaanse uitdrukking op soveel gebiede inneem, sing diegene wat dr. Dan Roodt onlangs die “snode snotkoppe” by die Naarpers-koerante genoem het. Maar agter hulle kweel daar ook ‘n mindere koor van konformistiese Kruiperkaners, die sogenaamde “Afrikaanse skrywers”. Hoewel, aangesien soveel van hulle deesdae Afrikaans afgesweer het of geradbraak kwytraak, kan ‘n mens kwalik meer van “Afrikaanse” skrywers praat. Hulle is eerder “Engfrikaans” of kreools.
Antjie Krog is ‘n boorling van die Vrystaat, die distrik Kroonstad om presies te wees, dog wie se neiging tot skouspelagtige verraad en aangebore domheid haar verhoed om ‘n Afrikaanse skrywer te wees. Gelukkig is ons van haar ontslae.
Behalwe nou waar een van die Naarpers-organe die skielike behoefte opdoen om in hul ongeletterde boekbylaes een of ander berig oor die eksotiese te plaas, in dié geval ‘n relaas deur die aardige Antjie self. Enkele dae gelede berig die Drog-Beeld dus oor die “Louter bekorende plesier van ’n poëtiese skrywer” wat mev. Samuel blykbaar op staatsbesoek – of ‘n besoek wat deur Franse staatsamptenare gereël is – aan Frankryk oorgekom het. Samuel is haar getroude van, wat meer Engels klink, dus verwonder ‘n mens jou dat sy nie dié van gebruik nie? Of is Krog korter om te skryf en moeiliker om verkeerd te spel? Want Skoppensboer se indruk van Krog is dat dit ‘n “loutere” wonderwerk dat sy haar eie naam kan spel.
In die Drog-Beeld-artikel is daar ook eienaardige taalgebruik, maar meer daaroor later. Dit maak seker sin dat een of ander sosialistiese staatsamptenaar wat laas nog vir Francois Hollande, die mees ongewilde Franse president in die geskiedenis, gestem het, vir Antjie Krog Frankryk toe moes stuur. Nie om die Franse van letterkunde te vertel nie, want daarvan weet sy niks nie, maar om een of ander vorm van voorspelbare rassepolitiek te gaan bedryf. Soos sy dit stel:
Die land is duidelik bekommerd oor die toenemende rassisme (onlangs is hul minister van justisie, Christiane Taubira, ’n swart vrou, in die openbaar as ’n slim aap deur jong mense gehoon) en dus word Suid-Afrika se apartheid en transformasie dringend deel van baie streke se leerplanne.
Lesers van praag weet heelwat van die polemiek rondom Christiane Taubira, dus sal Skoppensboer nie verder oor dié onderwerp uitwei nie. Behalwe miskien om te sê dat analfabetiese Antjie, synde een van Naarpers se werfbobbejane, seker in die gesig gevat voel oor verwysings na ape, bobbejane en ander primate. Die mens synde insgelyks ‘n primaat, verstaan Skoppensboer moeilik die gevoeligheid rondom sulke metafore. Maar sedert Kameraad Nelson se hemelvaart is almal seker kreasioniste en glo dat die mens na die beeld van “Madiba” geskape is en die ape na die beeld van die Afrikaner, soos gefotografeer deur Roger Ballen en David Goldblatt.
Iewers dig Peter Blum mos in sy bekende “Nuus uit die binneland”:
Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos ‘n stok
in ‘n miershoop – in die palms blaai
nes ‘n barbaar in ‘n keurige boek –
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan –
Die beeld wat Skoppensboer veral hier tref, is dié van die “barbaar wat in ‘n keurige boek blaai” – wat anomiese Antjie se toeristiese omgang met die Franse letterkunde goed opsom. Want daar struikel die Naarpers-werfbobbejaan wat laas nog kerse vir Biskop Tutu aangesteek het in Country of my skuld oor die Franse skrywer Julien Gracq. Of liewer, die sosialistiese staatsamptenare ken vir haar “by Saint-Florent-de-Vieil… die pasgerestoureerde huis van die Franse skrywer Julien Gracq letterlik op die wal van ’n verbysterend vinnig vloeiende Loire” toe om vyf dae lank met haar filistynse teenwoordigheid te onteer.
Le comble de l’ironie, soos die Franse sê – as Skoppensboer nou sy hoërskool-Frans onthou – oftewel die toppunt van ironie, is dat Julien Gracq ‘n hoë premie op verfyndheid geplaas het. In dié opsig was hy ‘n geesgenoot van sowel Nietzsche as Van Wyk Louw se “aristokratiese ideaal”. Trouens, in die aanvanklike tonele van die boek wat hom beroemd gemaak het, Le rivage des Syrtes, is daar sprake van jong aristokrate wat hul lewens aan “verhewe verveling” wy. Vir dié boek het Gracq die belangrikste Franse boekprys, die Goncourt-prys, ontvang. En dit geweier, omdat hy allerlei beginselbesware daarteen had.
Hier by ons weier niemand natuurlik ‘n prys nie. Trouens, die Naarpers-werfbobbejane ken pryse aan mekaar toe! In die filistynse tydvak waarin ons leef, is dit genoeg om ‘n vetsugtige vriendin in die Afrikaanse departement van die Universiteit van Stalinbos te hê om as ‘n literêre genie “bekroon” te word. Nie dat Skoppensboer dié sake noukeurig volg nie, maar hy meen Antjie Krog, die kommunistiese koek uit Kaapstad, het al meer as een prys vir haar kreoolse digkuns of onbeholpe witskuldbelydenisse ontvang.
As dit alles nie so tragies was nie, sou dit nogal snaaks gewees het. Laas het Krog nog soos ‘n viswyf op die Kaapse vlakte in haar Engfrikaans aanklagte teen die rassistiese Afrikanerman – binne haar versteurde toestand is alle Afrikanermans per definisie rassisties – gekrys. Nou staan sy skielik in ‘n verfynde Franse skrywer se ouerhuis vol tradisie en herinneringe en bevuil die milieu met haar polities korrekte, platvloerse gedagtes. Terloops, dis “Saint-Florent-le-Vieil”, nie “de-Vieil” nie. Dus het die baar toeris Krog-Samuel of Madikizela-Mandela – of watse nieu-Suid-Afrikaanse naam sy ook al soos ‘n gekoopte ID van binnelandse sake dra – in haar anti-rassistiese roes… “sur-Loire”, nie mooi agtergekom hoe heet die skilderagtige dorpie waarin sy haar bevind nie. In sy roman oor die ondergang van die Westerse beskawing, wat in Afrikaans deur Naomi Morgan as Omsingel die laer van die heiliges vertaal is, praat Jean Raspail iewers van “vreemde, skurwe hakke wat oor ons lakens van fyn linne kom skuur” en ek stel my voor hoe die Naarpers-werfbobbejaan Saint-Florent-le-Vieil met haar dors na Engels, vaaljapie en toasted cheese moes binnegeval het.
Verbeel jou hoe sy soggens in die Franse bakkery met sy welriekende croissants, brioche en chaussons aux pommes na dít alles moes gestaar het, op soek na haar vetterige, Engelse spek-en-eier soos net die Zimbabwiese personeel van die Wimpy dit kan gaarmaak. Of hoe sy woedend op die plattelandse Franse, wat helaas nie haar geliefkoosde Rooitaal magtig sou wees nie, moes geskree het, in daardie aksent van iewers tussen Kroonstad en Mitchellsplein: “But where’s my friggin’ toasted cheese?!”
Soos sy in haar toeristiese vinjet in die Drog-Beeld kla: “Al vertaling wat ek in Parys te koop kon kry, was Château d’Argol.” En dan haal sy uit ‘n ander boek van Gracq op’t Ingels aan, ter illustrasie van wat sy sy “poëtiese styl” noem. Trouens, in ‘n enkele sin gebruik sy die woord “poëties” sommer twee keer, net om seker te maak haar klippies-en-Coke-lesers van die Drog-Beeld het die “groot woord” raakgesien:
“Sy poëtiese styl is sentraal, maar hy slaag daarin om sowel die karakters as die omgewing so aan te bied dat mens voel asof jy slegs deur die poëtiese werklik toegang tot hul essensie kan kry.”
Dis diep, hoor. Baie diep. Skoppensboer is seker ‘n paar van die Franse skoolkinders vir wie sy sedelesse oor rassisme en transformasie gaan leer het, sou haar met logika en ontleding kon reghelp, om van ‘n paar matriekleerlinge hier in die Transvaal nie te praat nie. Maar die punt omtrent ‘n anglofiele epigoon soos Krog-Samuel is dat alles maar net nabootsing, na-apery is. Sy wat met haar mimiek en pretensie en pseudo-intellektualisme besig is, is nie eens – soos Madame la ministre Taubira – ‘n “slim aap” nie. Sy is ‘n dom aap. ‘n Bobbejaan. ‘n Naarpers-werfbobbejaan wat in enige ander land onder enige ander bewind nie eens ‘n behoorlike hoërskoolonderwyser – soos Julien Gracq jare lank was – sou kon uitmaak nie.
Naarpers maak ‘n mens gewoonlik naar; dis so min of meer die raison d’être van hul publikasies en die mense wat daarin skryf. In die betrokke braaksel oor Julien Gracq is daar dan so ‘n hoogtepunt of laagtepunt, afhangend van hoe ‘n mens daarna kyk – naarpunt is dalk die gepaste woord – waar sy die woord “bootse” gebruik. Skoppensboer het eers gewonder of dit gaan oor ‘n boot of bote op die rivier, die “verbysterend vinnig vloeiende Loire” – dalk digterlike vryheid, bote, bootse – maar toe kom hy agter dis kreools vir “stewels”. Soos in die Engelse woord boots, die meervoud van boot.
Aan die einde van haar onbeholpe “Franse brief” wat toe Engels-kreools blyk te wees, praat sy oor Houellebecq en sê iets neerhalends oor “’n soort ossewa-letterkunde”. Weereens moet ‘n mens bekend wees met Engels-Suid-Afrikaanse stereotipes om iets daarvan te begryp. Enigiets wat met die Voortrekkers of die Boererepublieke te make het, is mos agterlik. Soos die “laager” of die ossewa.
Overgezet synde: Ek aspireer na Engels, dus is ek ‘n slim na-aper. En ek haal Franse boeke en titels in Engels aan. Waarvoor ek ‘n bekroning of ten minste ‘n kloppie op die skouer verdien.
As Skoppensboer enige raad aan Krog-Samuel en die marxistiese soustantes doer in die Kaap waar die wind so waai verskuldig is, sou dit wees: Vergeet liewer van die Franse, van Julien Gracq en Saint-Florent-le-Vieil. Ook van vorige geslagte Afrikanerskrywers wat vrylik vreemde tale gelees en daaruit vertaal het. Vervolg liewer ‘n paar andersdenkendes of lewer histeriese pleidooie vir sensuur, soos u gewoonte is. Verheerlik Bertolt Brecht, Pablo Neruda of ander kommunistiese skrywers. Of die compagnons de route (reisgeselle) van die Kommunistiese Party waarteen Gracq te velde getrek het. Polities korrekte skrywers wat so min of meer deur die staat of die universiteite onderhou word, is die “weg en die waarheid”.
Onderhou die chateau van illusies wat Naarpers aan ons bied en messel uself daarin toe sodat die nuus uit die binneland, dié van babaverkragtings en plaasmoorde, u veral nie bereik nie.
Nog Europese lande sal binnekort soldate stuur om die Franse Afrikavredesending in die Sentraal Afrikaanse Republiek te versterk.
Dit is deel van Frankryk se pogings om ‘n Europese mag te skep wat die EU voortaan sal kan verdedig.
Sommige ontleders sê die Franse wil NAVO daarmee troef en kritici sê dis ‘n manier vir Frankryk om sy weermag met ander lande se geld te befonds.
Die Franse minisiter van buitelandse sake, Laurent Fabius het hulp versoek om die geweld in die SAR te probeer keer, het RSG berig.
Frankryk het 1.600 soldate in die S.A.R ontplooi om te voorkom dat die geweld tussen die Christen ekstremiste en grootliks Moslem Seleka rebelle verder uitbrei.
Pole, Brittanje, Duitsland, Spanje en België het hulp aangebied. Intussen het Franse soldate vir die tweede keer vanjaar in Mali ingegryp in ‘n poging om insypelaars in die noorde te stuit.
Intussen het die VN berigte ontvang dat tussen 400 en 500 mense in die jongste geweld in Suid-Soedan dood en tot 800 beseer is.
Die regering in Suid-Soedan sê 10 politici is in hegtenis geneem in verband met ‘n mislukte staatsgreep.
Die regering soek nog na die gewese visepresident Riek Machar wat daarvan beskuldig word dat hy die mislukte staatsgreep aangevoer het.
Geweld tussen twee faksies in die weermag het die naweek uitgebreek en die president Salva Kiir het ‘n aandklokreël ingestel.
Die geweld weerspiëel die ernstige verdeeldheid in Afrika se jongste staat, net meer as twee jaar nadat dit van Soedan afgestig het.
Die VSA het intussen sy burgers aangeraai om Suid-Soedan te verlaat en het werksaamhede by sy ambassade in die land opgeskort.
Suid-Afrika en die Kongo-Brazzaville sê die tyd het aangebreek vir Afrika-leiers om oplossings vir Afrika- probleme te vind.
Afrika-leiers berei voor om volgende maand se Veiligheidskonferensie oor Afrika in Frankryk by te woon.
President Jacob Zuma het ‘n vergadering met sy eweknie van die Republiek van die Kongo Denis Sassou Nguesso Saterdag in Pretoria gehou. Die Kongo is die DRK se buurland en tuiste van stamme wat ook in die DRK woon.
Zuma sê wat hulle nodig het is om eenheid te wys in die soeke na oplossings vir die vasteland se probleme.
“Die tyd het aangebreek dat ons moet werk aan oplossings vir Afrika se probleme. In plaas daarvan dat mense ons te vertel wat om te doen, moet mense ons ondersteun as sê wat ons gaan doen.”
Sassou – Nguesso se sê Afrika-leiers moet ondersteuning van buite kry.
“Op die kollektiewe kwessies, veiligheid en vrede, stem al die Afrika-leiers saam. In die SAR is ons besig met optredes en ons wag vir die ondersteuning van ons vennote. Ons hoop die Afrika-Unie (AU) sal die voortou neem en sal later bygestaan word deur die Verenigde Nasies (VN ),” sê Sassou – Nguesso .
Die Veiligheidskonferensie oor Afrika sal onder andere die verslegtende situasie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR ) bespreek.
Frankryk gaan soldate na die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) stuur om stygende chaos in die land te verhoed.
Die aankondiging deur die Franse minister van verdediging, Jean-Yves Le Drian, volg ‘n dag nadat ‘n amptenaar van die Verenigde Nasies (VN) gewaarsku het teen grootskaalse menseregteskendings asook die gevaar van ‘n moontlike burgeroorlog wat dreig in een van die wêreld se armste lande.
Sedert die Seleka-rebellegroep in Maart kragte saamgespan het om pres. François Bozizé uit die kussings te lig, het die krisis in die SAR handuit geruk.
Frankryk sal die aantal soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek verdriedubbel tot 1200 ná maande van geweld.
Die mineraalryke, maar arm land van 4,6 miljoen mense verkeer in chaos met baie rebelle wat uit die naburige Tsjad en Soedan die land instroom.
Die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius het gesê die versterkings sal opdaag nadat die Veiligheidsraad van die VN ‘n resolusie ingestem het.
“Frankryk het 410 soldate nou in Bangui en dit sal versterk word na 800, wat die aantal na 1200 verhoog.”
Die VSA skat dat byna 400.000 mense ontwortel is en 68.000 het na buurlande gevlug sedert Selekaleier en tussentydse president Michel Djotodia beheer oor sy los koalisie van krygshere verloor het.
Die konflik word deur Seleka se hoofsaaklik Moslemvegters teen die Christene gevoer. Christene maak die helfte van die bevolking uit en Moslems net sowat 15 persent.
Die rebelle word deur menseregtegroepe van moord, verkragting en die opleiding van kindersoldate beskuldig. – Reuters/Sapa/AP
EU se Catherine Ashton en Iran se minister van buitelandse sake Mohammad Javad Zarif
Gesprekke tussen Iran en ses wêreldmagte oor Teheran se kernambisies kan sloer nadat die linkse, Sosialistiese regering van Frankryk probeer het om die konsensus tussen die VSA en Iran te ontspoor, het diplomate gesê.
Ministers van Iran en die groot moondhede het laat Saterdag ‘n reeks vergaderings gehou om ‘n ooreenkoms te bereik wat dele van Iran se kernprogram bevries in ruil vir die verligting van sanksies.
Iran het reeds herhaaldelik gesê dat hulle nie in ‘n kernbom belangstel nie, maar slegs in kernenergie.
“Pogings om ‘n ooreenkoms te verseker is nog steeds met groot intensiteit aan die gang, ” het ‘n Westerse diplomaat naby aan die gesprekke gesê.
Die laaste rondte van gesprekke het Donderdag begin en die Amerikaanse minister van buitelandse sake John Kerry het onverwags Vrydag opgedaag om die gesprekke te laat vlot. Terwyl ‘n handdruk Saterdag nog onwaarskynlik gelyk het, het Westerse diplomate gesê die gesprekke sal na verwagting binne ‘n paar weke afgehandel wees.
Die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius, wat ‘n stok in die wiel probeer steek, het ook gesê dit was nie duidelik of die afvaardigings dadelik die tussentydse ooreenkoms sal sluit nie,
“Die Amerikaners, die EU en die Iraniërs werk intensief saam nou al vir maande aan hierdie voorstel, en dit is niks meer as ‘n poging deur Fabius om homself op dié laat stadium te voeg in die onderhandelinge as synde ‘n relevante party nie,” het ‘n diplomaat aan Reuters gesê, op voorwaarde van anonimiteit.
Buitelandse ministers van vier van die vyf permanente Veiligheidsraadlede – Brittanje, Frankryk, Rusland en die Verenigde State van Amerika – asook Duitsland het deelgeneem in Saterdag se gesprekk . China, wat ook ‘n permanente lid is, het ‘n adjunk- minister van buitelandse sake gestuur wat laat opgedaag het.
Maar dit is die Amerikaners en Iran wat die mag het om te maak of te breek aan ‘n ooreenkoms, alhoewel hulle reeds vir drie dekades nie diplomatieke bande het nie.
John Kerry het Vrydag van Tel Aviv gereis na ‘n gespanne vergadering met die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu , wat ‘n ontluikende kompromie met Iran totaal verwerp. Die VSA se vredespogings word met algehele konsternasie in Israel begroet wat reeds ontstoke is dat Sirië nie aangeval is deur die VSA nie.
Netanyahu het Kerry en sy Europese eweknieë gewaarsku dat Iran “die transaksie van die eeu” gaan sluit as sanksies gedeeltelik opgehef word. Israel is bang dat Iran se invloed in die streek uitbrei en span saam met Soennie-Moslems wat bereid is om terreur te pleeg, om dit te verhoed.
Israel, wat die Midde-Ooste se enigste kernarsenaal het, beskou Iran as sy aartsvyand en het reeds herhaaldelik met militêre optrede teen Teheran gedreig as die land se hele kernenergieprogram nie afgeskaf word nie. Die meeste lande dink Israel se oorlogsugtige houding is nie realisties of haalbaar sonder die hulp van die VSA nie.
Iran verwerp sulke eise en sê elke soewereine land het die reg om op kernenergie staat te maak. Die meeste diplomate erken dat Teheran se kernkapasiteit – wat eksponensieel uitgebrei het sedert 2006 – maak dit onrealisties om die bedryf heeltemal af te sluit.
Woede oor die VSA se spioenasie op bondgenote is fel aan die toeneem. Meksiko en Brasilië het ook reeds beswaar daaroor aangeteken.
Kort op die hakke van Frankryk dié week, het Duitsland het die Amerikaanse ambassadeur, John B Emerson, ontbied oor die meeluisterskandaal wat dreig om verhoudinge tussen die twee lande te versuur.
Merkel se woordvoerder Steffen Seibert het gesê so iets is onaanvaarbaar en dit moet onmiddellik gestaak word. Die Duitse regering beskik glo oor klinkklare bewyse dat die kanselier se selfoon afgeluister word.
Duitse bronne beweer dat slegs Merkel se amptelike foon afegluister word en nie haar privaatfoon nie.
Die VSA het intussen die broeiende skandaal met vleitaal probeer besweer. ‘n Voormalige werknemer van die Amerikaanse geheimediens sê indien dit waar is behoort Duitsland dit as ‘n “kompliment” te sien.
Hy het gesê die tydskrif Forbes het Merkel as die wêreld se magtigste mens, naas Obama, aangewys. Die werknemer voer aan dat Veiligheidsagentskappe om dié rede haar kommunikasie sal wil monitor.
Hy het egter nie uitgebrei oor hoekom vorige slagoffers van meeluistering in sy eie land soos onder die huidige Demokratiese president of voormalige president Nixon, nie gewoonlik dié stap as ‘n kompliment beskou nie.
Onder Nixon was dieWatergate-meeluisterskandaal‘n politieke atoombom in die VerenigdeStateindie 1970’sas‘ngevolg vaninbraak op 17 Junie 1972bydie DemokratieseNasionale Komitee se hoofkwartier bydieWatergatekantoorkompleksinWashington, DC.
Die Republikeinse Nixon-administrasie sepoging om sybetrokkenheid weg te steek, het uiteindelik gelei totdiebedanking van president RichardNixonop9 Augustus 1974.
Dit was die enigstebedankingvan ‘n Amerikaansepresidenttot op datum.Die skandaalhet ookdaartoe gelei dat 43persone tronkstrafgekry het, endosynevan hulle wasNixonsetopadministrasie amptenare.
Die Duitse minister van Buitelandse Sake wil die bewerings oor meeluistering van kanselier Angela Merkel se selfoon met die Amerikaanse hoogste gesant bespreek.
Dit volg net ‘n dag nadat Merkel met die Amerikaanse president Barack Obama geskakel het om ‘n verduideliking oor die meeluistering te eis.
Volgens berigte het sy aan Obama gesê indien die bewerings waar is, sal dit tot ‘n ernstige vertrouensbreuk lei.
Obama het ontken dat Merkel se kommunikasie tans afgeluister word.
Frankryk het ook intussen hul weersin uitgespreek oor die VSA se spioenasie op bondgenootlande.
JohnKerry, Amerikaanse sekretaris van Buitelandse Sake,het skaarsinFrankrykMaandag geland, toedie koerantLeMondehom verwelkom het met hoofopskrif oor die spioenasie op Franseburgers sowelasFransediplomate.
Woedend oor die onthullings het die Fransedie Verenigde Statese ambassadeur,CharlesH.Rivkin, ingeroep en hul “uitersteafkeur” oor die insameling van70.000.000digitale kommunikasiestukkevanaf10 Desember 2012tot8 Januarie 2013 uitgespreek.
In‘nverklaring aanlyn het James Clapper, diedirekteur van nasionale intelligensie,LeMondeseverslaggewing in twyfel probeer trek en dit “misleidend enverkeerd” opongespesifiseerdemaniere genoem.
Pres. Jacob Zuma sê Suid-Afrika reken op Frankryk se steun vir die implementering van ‘n besluit deur die Verenigde Nasies (VN) om nouer samewerking tussen die Veiligheidsraad en die Afrika-Unie se Veiligheidsraad te verseker.
Zuma sê beter samewerking is noodsaaklik om blywende vrede en veiligheid in Afrika te bewerkstellig.
Hy het Maandagaand in Pretoria gepraat by ‘n gala-dinee ter ere van die Franse president, Francoise Hollande, wat op besoek aan Suid-Afrika is.
Hollande het tydens dieselfde dinee gesê dat Frankryk Suid-Afrika se aanspraak op ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad ondersteun.
Hollande, wat met die hulp van ‘n tolk gepraat het, sê dit is hoogtyd dat Suid-Afrika die vasteland verteenwoordig.
Hy sê daar is talle uitdagings waarmee Suid-Afrika se hulp waardevol sou wees. – RSG
Die Afrika-Unie (AU) se versoek dat die Internasionale Strafhof die saak teen Kenia se leierskap uitstel, sal nie deur die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad ondersteun word nie, maar skep ‘n dilemma die Westerse moondhede, sê ontleders.
‘n AU-beraad verlede Saterdag het dringend gevra vir die uitstel van die sake teen die Keniaanse president Uhuru Kenyatta, en sy adjunk, William Ruto, sodat hulle hul pligte kan volvoer.
“Hierdie verklaring stuur die verkeerde boodskap dat politici in Afrika hul politieke belange sal plaas bo dié van slagoffers van die oorlog, misdade teen die mensdom en volksmoord,” het Amnestie Internationaal se adjunk-direkteur gesê.
Die Keniaanse leiers is aangekla van misdade teen die mensdom weens etniese geweld waarin ten minste 1100 dood is nadat betwiste verkiesings in 2007 plaasgevind het. Geregtigheid vir die slagoffers en ‘n duidelike standpunt teen immuniteit vir staatshoofde is onder die sleutelargumente teen ‘n verhooruitstel, sê ontleders.
“Daar is geen kans dat immuniteit verleen sal word nie. Dit is ‘n kernbeginsel van die hof. Almal moet antwoord vir sy dade en veral diegene wat die meeste verantwoordelik is,” sê Herman van der Wil , ‘n internasionale regsprofessor by die Universiteit van Amsterdam .
Frankryk en Brittanje was nog altyd baie ondersteuners van die internasionale reg en as permanente lede van die Veiligheidsraad kan hul vetoreg gebruik.
Die aanval verlede maand deur die Somaliese al-Shabaabgroep op ‘n Nairobi-winkelsentrum het die dinamiek en die politiek rondom Kenia verander en waarskynlik die prioriteite vir die twee lande verskuif, sê die Instituut vir Sekerheidstudies se Anton du Plessis in Johannesburg.
Alex Vines, hoof van die Afrika-program by Chatham House, wys ook op die dilemma waarmee die Weste sit op die Veiligheidsraad.
Kenia is “ekonomies en strategies belangrik vir Westerse lande” en hulle “kan ook nie ignoreer dat Kenyatta verkies is deur ‘n geloofwaardige verkiesingsproses” in Maart nie, het Vines gesê.
“Dit is nuwe grond vir die Westerse vennote oor hoe om hul belange versus waardes in hierdie geval te bestuur.”
Kenia het onsuksesvol probeer Mei aksie te kry van die Veiligheidsraad, wat kan uitstel ICC verrigtinge vir een jaar.
Die hof het sedert sy oprigting in 2002 beslissings wat verband hou met konflikte in agt lande, almal in Afrika, gegee.
Du Plessis sê dat hy “baie verbaas” sal wees as die Veiligheidsraad instem om uitstel. Maar hy het gesê dat die AU “nie so ver gegaan het as om te onttrek nie”, die hof se oppergesag dus erken en “besef dat hulle nodig het om regsroetes te volg”.
Tog, is dit steeds onduidelik watter optrede die AU volgende oorweeg indien die Veiligheidsraad sy versoek afkeur. Die blok het gewaarsku dat hulle Kenyatta ondersteun as hy gaan wegly as ‘n uitstel geweier word. Sy verhoordatum is 12 November.
Suid-Afrika en Frankryk sal tydens die linkse, Sosialistiese Franse president se besoek aan Suid-Afrika probeer om die stram verhouding tussen dié twee lande te verbeter.
President Jacob Zuma en Francoise Hollande vergader vandag in Pretoria. Die twee lande het verskillende standpunte ingeneem oor Frankryk se optrede in die Ivoorkus en Libië, sowel as oor wie aan hoof van die Afrika-Unie moet staan.
Frankryk het Jean Ping van Gaboen gesteun wat teen Nkosazana Dlamini-Zuma van Suid-Afrika te staan gekom het. Suid-Afrika was egter ten gunste van Frankryk se ingryping in Mali.
Sedert Hollande aan hoof van die Franse regering staan het sy verhouding met Suid-Afrika begin “normaliseer” met anti-wit uitsprake. Dit sal Hollande se eerste besoek aan Suid-Afrika wees.
Tydens sy besoek sal verskeie ooreenkomste op verskeie gebiede onderteken word aangesien Frankryk hoop op ruim kontrakte om sy sukkelende ekonomie te help.
President Zuma het intussen weer die Afrika-Unie se besluit dat dienende staatshoofde nie voor die Internasionale Strafhof moet verskyn nie verdedig.
Afrikaleiers, wat die afgelope naweek in Addis Ababa in Ethiopië vergader het, het ‘n resolusie aanvaar waarvolgens die VN gesteunde hof versoek sal word om Afrikaleiers vrywaring van vervolging te gee solank as wat hulle staatshoofde is.
Die hof sal ook versoek word om die saak teen die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta en sy adjunk, William Ruto te laat vaar. – RSG/praag
PresidentJacobZumahet dieVerenigdeNasies se Veiligheidsraadas‘oud‘ en ‘ondemokraties‘ bestempel voor‘n beraad van wêreldleiersinNewYork.
Die Business Day het Zuma aangehaal waar hy sê die huidigeVeiligheidsraad is “uitgedien“.
Ontwikkelende landehet ‘n oproepvir die hervormingvan dieVeiligheidsraad gedoen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is vetoreg oor wesenlikebesluitetot vyfpermanente lede beperk, naamlik die VerenigdeState van Amerika, Brittanje, Frankryk, Rusland enChina.
“Jy het ‘nsituasie waardiegene watoor vetoreg beskik meer oor oorlogasvrede praat,” hetZumagesê aan Suid-Afrikaansejoernaliste by die aanvang van die byeenkoms van dieVN se Algemene Vergaderinghierdieweek.
“Jy het ‘nminderheid watdie laaste sê heten ongelukkignie meerhelp nie.Dit is eintlikbesig omdeel van die probleem te word,” het hy gesê,en dieRaad se optredeoor diekonflikteinIrak enLibiëoor die afgelopetien jaar afgekeur.
“Asklein landeglo ons dat diereëling onregverdig is,ditisondemokraties, dit is niegoednie.” Sapa/AFP
Buitelandse militêre magte ondersteun sedert 2011 Keniaanse troepe teen die al-Shabab-rebelle in Somalië. Al-Shababis aan Al Kaida verbonde.
‘n Keniaanse militêre woordvoerder, majoor Emmanuel Chirchir, het twee jaar gelede gesê “een van die vennote”, moontlik die Verenigde State van Amerika of Frankryk, het lugaanvalle geloods wat die dood van ‘n aantal al-Shabab-militante veroorsaak het. Die Franse vloot het rebelle se posisies vanaf die see aangeval, het die Keniaanse weermag destyds in ‘n verklaring gesê .
Twee senior Amerikaanse amptenare in Washington het egter gesê dat nóg die Verenigde State van Amerika of die Sentrale Intelligensie-agentskap lugaanvalle teen Somalië geloods het.
Amerikaanse amptenare in Kenia het geweier om kommentaar te lewer . ‘n Franse diplomaat in die Verenigde State van Amerika het nie op telefoonoproepe gereageer nie.
Indien Western militêre magte inderdaad die konflik betree het, sê ontleders, kan dit ‘n keerpunt verteenwoordig. Die groep beheer die suide van Somalië.
“Almal is in die [oorlogs]teater,” het Chirchir in ‘n telefoniese onderhoud bevestig. Die Amerikaanse weermag het voorheen aanvalle in Somalië geloods.
Amerikaanse amptenare was in 2011 bekommerd oor die vooruitsig dat al-Shabab militante in Kenia se hoofstad, Nairobi, sal wraak neem, en moontlik op Westerlinge fokus en het waarskuwings gerig dat inkopiesentrums moontlike teikens mag wees..
Die Keniaanse leër is tans gewikkel in ‘n stryd om die jongste gyselaarsdrama in ‘n winkelsentrum in Nairobi te ontlont. Ontploffings en geweervuur is sedert gisteraand al ‘n paar keer gehoor. ‘n Onbekende aantal mans, wat aan die militante groep al-Shabab verbonde is, hou nog sowat 10 gyselaars aan.
Die jongste dodetal is 69, maar polisiebronne vrees dat die dodetal baie hoër kan wees. ‘n Suid-Afrikaner is ook in die aanval dood.
Die Suid-Afrikaanse burger, James Thomas van Kaapstad, is glo tydens die aanval doodgeskiet. Thomas was in Kenia op ‘n sakebesoek vir die maatskappy, EcoVentures International.
Ander Suid-Afrikaners wat aanvanklik in die winkelsentrum vasgekeer was, is luidens berigte later bevry.
Sowat 10 gyselaars word nog in die winkelsentrum aangehou. Die Keniaanse weermag sê hulle doen alles in hul vermoë om die oorblywende gyselaars lewend uit te bring.
Die meeste van die gyselaars wat in die winkelsentrum vasgekeer was, is gered en die grootste gedeelte van die kompleks is beveilig.
Al-Shabab het in Januarie vanjaar ‘n fotovan ‘n vermeende Fransespesmagsoldaat wat vermoor is inmislukteaanval, op Twitter rondgestuur om die Franse president te tart.
Die dooieFransesoldaatis met sy vermeende wapensen toerustingafgeneem.
Driefoto’sopgelaai wat‘n witman toon geklee in ‘n militêrebroek en‘n bloed-deurweektehempomring deur driegewere, ammunisieenbeskermende toerusting.‘n Helmlê tussensy bene.
Inelk vandie foto’s is ‘n silwerhangertjie, ‘n kruisie,om diesoldaat seneksigbaar.Al-Shababhet in syboodskap gesê:“‘n Terugkeervan die Kruistogte, maar diekruiskonhom nie redvan die swaard nie.“