Obama word as held beskou in Europa

11:39:16 Swart Europeërs is verheug dat Obama op die punt staan om geskiedenis te kan maak in die Amerikaanse verkiesings, maar daar is min

Image

Blankes hou van Obama

hoop dat een van hulle binnekort dieselfde kan doen.

Vir sommige mense daar is Obama se kans om in die Withuis te beland net nog ‘n aanduiding van hoe ver hulle minderheidsgroepe daarvan is om een van die gesagsposisies te kan beklee.

“Hier is die hele sisteem in die pad. In Frankryk is die mense baie meer konserwatief,” het Massaryk Duclos, van Haiïi gesê. Sy winkel verkoop T-hemde met Obama se gesig op.

Naby staan ‘n vriend met rastalokke en ‘n Obamawapen aan sy pet vasgesteek en grinnik oor die gedagte aan ‘n swart presidentskandidaat in Frankryk. ”Die kultuur hierso is heeltemal anders,” sê hy.

Europa het ‘n groot en groeiende immigrante bevolking sedert die Tweede Wêreldoorlog, en lande soos Frankryk en Brittanje het redelike groot swart minderheidsgroepe.

Die gemeenskappe is nêrens goed genoeg verteenwoordig op nasionale vlak nie, en daar is geen Europese figuur van Afrika-afkoms met genoeg volgelinge om soos Obama in die hoofstroompolitiek as kandidaat te staan nie.

Christiane Taubira, ‘n LP van Franse Guyana wat in Frankryk se 2002-verkiesings gestaan het, het 2,2 % van die stemme gewen, maar het gesê dat dat hoewel die Franse gemeenskap reg was vir ‘n swart kandidaat, was die politieke partye nie reg nie. “Dit is die partye wat die saak gestop het,” het sy gekla.

Europese immigrante is baie minder verenig as die Afro-Amerikaanse gemeenskap, wat bestaan sedert die begin van Amerika se ontstaan, en so ‘n gemeenskaplike identiteit ontwikkel het onder die las van slawerny en die stryd vir menseregte, het Taubira verduidelik.

Politieke partye het gestry om lede en idees van voormalige kolonies te aanvaar, en is meer betrokke by tussenpartystryery as om die pynlike nasionale debat omtrent ras en identiteit aan te spreek.

“Ek dink eerlikwaar, vanuit my eie ondervinding in die 2002-verkiesing, dat Frankryk reg is om die wonderlike avontuur wat Obama vir die Amerikaners bied, te geniet,” het Taubira aan AFP gesê in ‘n onderhoud in Parys.

“Dit is nie te sê dat daar nie rassisme is in Frankryk nie. Daar is rassisme, daar is rassiste en daar is diskriminasie op grond van rassevooroordele. Dit is daar, maar ek dink dat Frankryk reg is vir die avontuur,” het Taubira gesê.

Die enigste swart vrou in Frankryk se kabinet, die minister van menseregte, Rama Yade, stem saam. “Die Franse self is gereed, maar die politieke stelsel sal verhoed dat ‘n Obama hier verskyn,” het sy aan Le Figaro gesê.

“Dis nie omdat hy swart is nie, maar omdat hy van ‘n agtergrond van onlangse immigrasie afkomstig is, Hier is integrasie baie moeiliker.”

Taubira het jong swartmense aanbeveel wat hulle inspirasie uit Obama se voorbeeld trek, om gemeenskaplike identiteitspolitiek te vermy, en eerder te fokus daarop om die kultuur van hoofstroompolitiek, soos die Sosialistiese Party, te probeer verander.

“Mens moet die leierskap oortuig om die debat oor diversiteit in Frankryk aan die gang te kry,” het sy gesê.


“Geen diversiteit in terme van meegevoel nie – as jy anders is, word daar teen jou gediskrimineer, ons hou van jou – maar diversiteit. Wat is die Franse bevolking vandag? Wat is die Franse mense?” het sy gesê.

“Wat is ‘n nasionale gemeenskap wat nie los kan staan van sy veelvoudige geskiedenis nie ? Omdat historiese kolonialisme steeds bestaan, maak nie saak wat enige iemand sê nie. Die afdruk van die geskiedenis is vandag steeds hier en ons moet dit so aanvaar.”

Jean-Leonard Touadi, wat die jaar as die enigste swart LP in Italië verkies is, het gesê dat linksgesinde Europa se liefde vir Obama meer gebaseer is op ‘n behoefte om die republikeinse bewind te beëindig as ‘n entoesiasme vir rasse-integrasie.

Touadi (49) van die Kongo af, is van mening dat hulle ‘n rukkie sal moet wag om ‘n Europese Obama te sien, as mens dit meet aan hoeveel swartmense tans die politiek betree.

“In Italië het ons steeds nie ‘n immigrantemiddelklas nie, en die wette wat spreek van vreemdelingehaat. Xenofobie gaan dit nog vir lank vertraag,” het hy aan AFP gesê, met verwysing na die immigrasiewette wat dit moeiliker maak vir immigrante om die land binne te kom.

Ondersoeke het getoon dat Europeërs Obama se sukses geniet en meeste kiesers wil hom in die Withuis sien.

‘n Stemming deur France 24-televisie het getoon dat Franse kiesers die swart kandidaat verkies bo sy Republikeinse teenstaander met ‘n faktor van 8 teen 1, Duitsers, Spanjaarde en Italiërs met ‘n faktor van 7 teen 1 en Britte met 5 teen 1.

Die klaarblyklike entoesiasme vir ‘n kandidaat wat oorkant die Atlantiese oseaan staan vir president word nie deur enige sukses van minderhede in die politiek op die ou kontinent weerspieël nie.

In Brittanje wat multikultureel is, waar 8 % van die bevolking van ‘n etniese minderheid is, wys dit op 15 uit elke 645 mense, of 2,3 % van die lede van parlement.

Nêrens in Europa het ‘n kandidaat van Afrika-afkoms ooit ‘n party gelei met enige kanse om ‘n regerende meerderheid te verkry of die staatshoof van die land te word nie.

Die vraag is dus of Obama se ondervinding, of hy wen of verloor, die Europeërs sal oortuig dat kinders van immigrante volledige burgers van die lande is, en die kinders sal inspireer om groter rolle in politiek te speel. Nie baie vinnig nie, is die antwoord.

“Ek is bly my dogter studeer in Amerika. Daar sal sy wanneer sy werk soek nie op grond van ras beoordeel word nie, maar op vermoë,” het Duclos gesê, wat Amerika gereeld besoek.

“Daar sien mens in TV-reekse swart dokters, regters, polisiehoofde. Hier sien mens buiten sport geen verwysing na swart nie. Al ons kulturele verwysings hier is wit,” het hy gekla.             

детская стоматологическая клиникаФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae