Frankryk steun SA se setel op Veiligheidsraad

hollande2
Hollande

Pres. Jacob Zuma sê Suid-Afrika reken op Frankryk se steun vir die implementering van ‘n besluit deur die Verenigde Nasies (VN) om nouer samewerking tussen die Veiligheidsraad en die Afrika-Unie se Veiligheidsraad te verseker.

Zuma sê beter samewerking is noodsaaklik om blywende vrede en veiligheid in Afrika te bewerkstellig.

Hy het Maandagaand in Pretoria gepraat by ‘n gala-dinee ter ere van die Franse president, Francoise Hollande, wat op besoek aan Suid-Afrika is.

Hollande het tydens dieselfde dinee gesê dat Frankryk Suid-Afrika se aanspraak op ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad ondersteun. 

Hollande, wat met die hulp van ‘n tolk gepraat het, sê dit is hoogtyd dat Suid-Afrika die vasteland verteenwoordig.

Hy sê daar is talle uitdagings waarmee Suid-Afrika se hulp waardevol sou wees. – RSG

11 thoughts on “Frankryk steun SA se setel op Veiligheidsraad”

  1. Zuma sê beter samewerking is noodsaaklik om blywende vrede en veiligheid in Afrika te bewerkstellig.

    Begin by die land wat jy verteenwoordig – PATEET !

    Steeds word die Blankes uitgemoor deur jou volk en jy druk jou neus in ander Afrika-lande – los die spul laat hulle mekaar regsien.

    1. Trippie jy se iets wat belangrik is.

      Zuma voel dat as hy bloot die swart massas in die NSA kan verteenwoordig is dit goed genoeg. Die blankes is ‘n bysaak en ‘n oorlas, en tot op hierdie stadium is hulle ‘n noodsaaklike euwel, want hulle het nog te veel besittings wat of met geweld of met wetgewing ontneem moet word. Dit sal natuurlik help as hulle net hulle besittings wil oorhandig en hamba, want dit sal die taak en oordrag vergemaklik.

      Maar as dit net nie was vir die dwarstrekkerige Afrikaner wat netnie die game wil speel nie. Kyk wat hulle byvoorbeeld nou die dag aangevang; hulle het wragtag die internasionale kykers gewys hoe hulle uitgemoor word, en dit is nie in die regte gees gedoen nie.

  2. Goeie idee, almal het dan iets in gemeen……VOLKSMOORD!!!

    Wat soek Hollande van ons???

    Frankryk, Rwanda volksmoord
    VSA, Nagasaki en Hiroshima, Irak, Afghanistan, Sirie, Sudan, Libie. Lebanon, Vietnam, Korea, ……
    China, Mao se Volksmoord
    Rusland, Guhlags
    Engeland, Boere oorlog en verskeie ander
    Nuwe Suid Afrika, …..Huidige Volksmoord

  3. Die algemeenste taal in Afrika is Frans. so-iets soos 35 lande is Franssprekend.
    Natuurlik wil hy kom uitvind van ons wapengraad verrykte Uraan – of dit nog hier in Pelindaba is?
    Weet iemand?
    Daar kan 20 kernbomme gemaak word van die hoeveelheid uraan wat deur dr Wally Grant verryk is.

Maak 'n opvolg-bydrae