Drie nuwe universiteite

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys. Solank dit swart is, dra dit sy goedkeuring weg.
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys. Solank dit swart is, dra dit sy goedkeuring weg.

deur Leon Lemmer

2014 kan ‘n belangrike jaar in die geskiedenis van Suid-Afrika wees omdat daar met onderrig aan drie nuwe universiteite begin is. Die vraag is of hierdie instansies die land se akademiese aansien gaan verhoog, of gaan hulle toonbeelde van nog onhaalbare “uitdagings”, dus mislukkings, wees?

Een van die nuwe universiteite is in Kimberley gesetel. Dit is in 2013 na Sol Plaatje (1876-1932), die eerste sekretaris-generaal van die ANC, vernoem. Die rede vir hierdie vernoeming is, volgens die nasionale minister van hoër onderwys en die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Blade Nzimande, dat Plaatje na ‘n eeu vereer is vanweë sy veldtog teen die wet op die grondbesit van swartes (wet no 17 van 1913). (Die Universiteit van Suid-Afrika/Unisa het in 2013 die biblioteek op sy Florida-kampus ook na Plaatje vernoem.) Kimberley geniet dus die twyfelagtige onderskeiding dat hy die tuiste van die derde universiteit is wat na ‘n ANC-aktivis vernoem is. Die ander twee aktiviste (en universiteite) is Nelson Mandela (Port Elizabeth) en Walter Sisulu (Umtata/Mthatha). Die grondlegging van die Kimberley-universiteit is klaarblyklik foutief omdat dit openlik sterk ideologies pleks van akademies gemotiveerd is.

Vanjaar sou net 135 studente toegelaat word. Die bekendstelling van die universiteit verlede jaar is oorheers deur drie swartes: Nzimande, die premier van die Noord-Kaap en die burgemeester van Kimberley. In die universiteitsraad dien hoofsaaklik swartes en ‘n Indiër, ‘n ingenieur, is as rektor aangestel. Op die webwerf word hulde aan oorlede Nelson Mandela gebring. Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) was betrokke by die aanvoorwerk vir die universiteit. (Wat ek interessant vind, is dat onderrig in mynbou in 1896 in Kimberley begin is, maar dat onderrig hierin in 1904 na Johannesburg verskuif is. In 1922 het hierdie instansie Wits geword.)

Die aansoekvorm wat studente moet voltooi (en wat vereis dat etnisiteit aangedui moet word) en die brosjure is uitsluitlik in Engels. Nzimande het die vermetelheid om in die brosjure gunstig na die ANC se vryheidsmanifes te verwys. Nêrens word die onderrigtaal van die universiteit genoem nie. Blykbaar word dit vanselfsprekend geag dat dit Engels moet wees. Daar word gewag gemaak van “diversity” en “inclusiveness”, maar dit geld sekerlik nie Afrikaans as onderrigtaal nie en dít in ‘n provinsie waar die inwoners oorheersend eerder Afrikaans- as Engelssprekend is. Nêrens op die internet kon ek ‘n teken van Afrikanerinvloed op die universiteit opspoor nie, al dien Suid-Afrika se geskiedenis van skool- en hoër onderwys as bewys dat Afrikaners op hierdie terrein uitmuntend presteer het. My gevolgtrekking is dat dit vir die ANC en by name Nzimande nie in die eerste plek om die akademie gaan nie, maar om ideologie.

Die Universiteit Mpumalanga in Nelspruit (Bbombela genoem) is die tweede nuwe universiteit wat vanjaar begin funksioneer het en wel met 140 studente. Die aansoekvorm en brosjure is soortgelyk aan dié van Sol Plaatje. Die rektor is ‘n swart medikus en die universiteitsraadraad is oorheersend swart, maar daar is een wit Afrikaanssprekende, Chris de Beer. Die universiteite Johannesburg, Pretoria en Wits is by die aanvoorwerk betrek. Nzimande herhaal in die brosjure sy vermetele verwysing na die ANC se vryheidsmanifes. ANC-politieke retoriek is erger as by Sol Plaatje, bv: inclusive, progressive, justice, equality, transformation. “The New university will ensure that the inbalances and injustices of the past are redressed.” Hierdie universiteit is sekerlik ook eentalig Engels. Hy word gekarakteriseer as ‘n “African university” wat vir sowel Suid-Afrika as Afrika bestaan. Dit gaan om die “African experience” waarin “African languages” vir spesiale aandag uitgesonder word. Sy inklusiwiteit sluit klaarblyklik nie Afrikaans in nie.

Die derde nuwe universiteit wat vanjaar begin funksioneer het, is die polisie-universiteit in die Paarl. Wat in die berigte verswyg word, is dat dit ‘n herlewing is van die opleidingsfasilteit wat deur die NP-regering aan die begin van die jare negentig in Graaff-Reinet gevestig is. Opleiding in Unisa se graad BA (Polisiekunde) is aan ‘n veelrassige groep studente verskaf. Die dosente was (hoofsaaklik) wit. Dit is moontlik om hierdie rede dat die ANC-regering in 1997 besluit om hierdie fasiliteit te sluit. Die punt is, die universiteit in die Paarl is nie iets wat die ANC-regering uitgedink het nie. Dit is veel eerder ‘n poging van die ANC-regering om een van sy baie blapse reg te maak.

Die Burger (31 Jan, p 4) het ‘n foto van die amptelike opening van die Paalse universiteit gepubliseer, wat die vorige dag plaasgevind het. ‘n See van uitsluitlik swart studente kan gesien word. In die bygaande berig word genoem dat 125 studente gekeur is, waarvan slegs 23 vroue is. Generaal-majoor Vusi Nyalunga het verduidelik dat die ideaal is om aan ‘n gelyke getal mans en vroue die geleentheid te bied om Unisa se baccalaureus-graad in polisiëring te verwerf, maar dat daar nie meer geskikte vroue kandidate gevind kon word nie. Nathi Mthethwa, die nasionale minister van polisie, het gesê “daar sal iets aan dié ongelykheid gedoen moet word.” Hy is klaarblyklik sterk ten gunste van ‘n seksistiese keuringsgrondslag. Die nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega, het gesê die opening van die universiteit is “die begin van transformasie” in die polisie. Mandla Makhanya, die rektor van Unisa, was ook daar.

Let op die skynbare algehele afwesigheid van blankes. Die genoemde vier dik spykers is almal swart, terwyl dit algemeen bekend is dat blankes, maar veral Afrikaners, hulle as voortreflike funksionarisse in skool en naskoolse onderwys bewys het. Dit lyk asof hierdie universiteit van die begin af op ‘n rassistiese en seksistiese grondslag bedryf gaan word. Hierdie ideologiese propaganda word deur Phiyega in die woord “transformasie” (verandering, distansiëring van blanke leiding, ontwitting) saamgevat.

Maar ek sal nie verbaas wees as daar tog enkele blankes onder die studente is nie. Daar sal nie twaalf of dertien wittes wees soos wat deur die magiese demografie (10%) vereis word nie. Ook nie ‘n meerderheid blanke studente soos daar seker ingevolge bekwaamheid en toewyding behoort te wees nie. As daar enkele blankes deur die sif gegaan het, is hulle die spreekwoordelike simbole (“tokens”). Hulle is dan bloot daar om as verweer te dien teen die oorweldigende rassediskriminasie teen blankes wat in die naam van transformasie gepleeg word.

Die skandaligste aspek van die koerantberig is dat verslag oor die getal vrouestudente gedoen word, maar dat hierdie Naspers-publikasie geen poging aanwend om sy lesers oor die getal blanke studente in te lig nie. Sou dit wees dat feminisme aanvaarbaar is, maar dat die koppe-tel van blankes rassisties geag word? Of word sonder meer aanvaar dat die studente en dosente swart sal wees en dit maar in orde is? Ek het my beswaardheid in ‘n teksboodskap gelug, maar dit is nie deur die koerant gepubliseer nie.

Wat opval in al die koerantberigte (ook op die internet) wat ek onder oë gehad het, is dat daar geen belangstelling is of (en indien wel, in hoeverre) wittes en Afrikaans ingesluit word nie. Fatalisties word sonder meer aanvaar dat wittes en Afrikaans deur die ANC-regering sover moontlik uitgesluit word en dat daarin berus behoort te word. Ons het hier te make met ‘n geslag joernaliste wat te vrot is om opstandig te wees; iets waarteen NP van Wyk Louw gewaarsku het.

Unisa se studiemateriaal is tradisioneel in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar gestel. Die Afrikaanse materiaal was in werklikheid meesal beter omdat die oorspronklike teks gewoonlik in Afrikaans geskep is omdat die oorgrote meerderheid dosente Afrikaanssprekend was. Die Engelse studiemateriaal was meesal vertalings wat nie altyd goed was nie. Dit behoort moontlik te wees om die Paarlse studente van Afrikaanse Unisa-studiemateriaal te voorsien, maar die dosente in die Paarl sal waarskynlik eentalig Engels wees en nie klaswerk in Afrikaans toelaat nie.

Wat ook nie in die persberigte genoem word nie, is dat hierdie universiteit in die Paarl streng gesproke ‘n onnodige inrigting is. In die vorige eeu het veral blankes oor dekades die graad BA (Polisiekunde) aan Unisa verwerf deur in hulle private tyd op hulle eie en op hulle eie koste te studeer. Hulle is nie deur die polisiediens vir hierdie doel gekeur nie. Hulle het hulleself deur eie inspanning en toewyding akademies bewys. Nou word lede van die polisie, wat salarisse ontvang, ooreenkomstig die ANC se ideologie gekeur en geniet hulle die luukse om voltyds onder die leiding van dosente te studeer. Hulle word dus bevoordeel bo studente wat self hulle studiegeld betaal en op hulle eie aan Unisa studeer. Blykbaar mag ‘n mens se brood maar aan albei kante gebotter word; natuurlik (veral) as jy swart is.

Ek het verlede jaar, toe dit bekend geword het dat nuwe universiteite in die vooruitsig gestel word, talle kere Afrikaanse koerante versoek om ‘n veldtog te voer om te verseker dat die voertaal van hierdie inrigtings Afrikaans moet wees. Nie ‘n enkele keer is my teks gepubliseer nie. Geen veldtog van enige aard is hiervoor deur enige koerant gevoer nie. Die saak is doodgeswyg asof dit onbelangrik is.

Wat opvallend in die pers is, is hoe min aandag hierdie drie nuwe universiteite ontvang. Dit is asof besef word dat alles wat met formele onderrig in die nuwe Suid-Afrika te make het, tot tweederangsheid gedoem is; dat hierdie inrigtings, pleks van prestige-waarde te hê, eerder bronne van verleentheid gaan wees. Die rede hiervoor is dat naskoolse, dus tersiêre, insluitende universitêre, onderrig ‘n verlengstuk van skoolonderrig is. Dit word deesdae al hoe meer aanvaar dat skoolonderrig in die nuwe Suid-Afrika baie vrotter as bv die destydse dikwels verdoemde bantoe-onderwys is. Soos op 4 deser op LitNet geskryf is: “Die akademiese standaarde is dermate aan die daal dat ‘n leerling dalk eersdaags ‘n A-simbool sal kry deur bloot vir die eksamen op te daag; en hy sal nie benadeel mag word deur van hom te vereis dat hy betyds moet wees nie.”

Die ANC-regering speel ‘n ideologiese spel met onderwys. Al is die resultate wat skoliere behaal hoe vrot, ag die regering dit polities noodsaaklik dat die slaagsyfer verkieslik elke jaar met punte-aanpassing verhoog word. Daar is ook die sotlike maatreël waarvolgens die skoolleergang van 12 jaar in vier fases van drie jaar elk verdeel word en geen skolier, hoe vrot hy akademies ook al mag wees, meer as ‘n enkele keer per fase mag druip nie. Die resultaat is dat ‘n skolier graad 12 kan slaag maar bv literêr en wiskundig in groot mate funksioneel ongeletterd kan wees.

Van universiteite word verwag om hierdie akademiese noodgevalle as studente te aanvaar. Wat akademies op skoolvlak agterweë gebly het, moet op universiteitsvlak in die vorm van “oorbruggingskursusse” reggemaak word. Afgesien daarvan dat akademiese standaarde noodwendig ten behoewe van die meerderheid (wat ook in die politiek die kitaar slaan) verlaag word, is daar ook heftige verset as “oorbruggingskursusse” nie as volwaardige akademiese krediete gereken word nie.

In hierdie konteks beteken die tirannie van die meerderheid dat die meeste studente wat tot universiteite toegelaat word (1) akademies nie op universiteitstandaard is nie, (2) desnieteenstaande om etniese en geslagsredes voorkeur by toelating, finansiële hulp en koshuisplasing kry, (3) gesamentlik veroorsaak dat akademiese standaarde verlaag word en (4) na graduering voorkeur by aanstelling en bevordering geniet. Dan is daar mense wat wonder waarom kennis-, kundigheid- en diensstandaarde in die nuwe Suid-Afrika so drasties gedaal het. Vrot skool- en naskoolse onderrig kan hierdie verskynsel in groot mate verklaar.

Wat kan hierdie nuwe universiteite doen om hulle deur akademiese voortreflikheid van die ouer universiteite te onderskeid? (Dit is terselfdertyd ‘n resep vir die verbeterring van al ons universiteite.)

* Eerstens is dit noodsaaklik dat die toelating van studente suiwer akademies moet geskied. Rassistiese en seksistiese oorwegings moet nie soos by die ander plaaslike universiteite ‘n (deurslaggewende) rol speel nie. Net studente wat akademies volgens bewese prestasie op peil is, moet universiteitstoelating kry. Deur die deursnee akademiese gehalte van die studente te lig, word dit moontlik om hoër akademiese standaarde in die onderrig en eksaminering te stel.

* Tweedens moet die personeel op ‘n nie-rassistiese en nie-seksistiese grondslag ingevolge bekwaamheid aangestel en bevorder word. Dit is die enigste manier waarop ‘n doeltreffende en suksesvolle universiteit daargestel en uitgebou kan word. Veral die personeel wat onderrig verskaf en navorsing doen, moet op suiwer akademiese gronde (bv formele kwalifikasies, ondervinding, publikasies) aangestel en bevorder word.

* Derdens behoort studente eers algemeen vormende kursusse suksesvol te voltooi voordat hulle aan gespesialiseerde kursusse blootgestel word. So ‘n strategie is onontbeerlik in ‘n land waar die skoolonderrig vrot is. Die universiteit moet teruggaan na sy historiese wortels, toe dit ‘n plek was waar voorgraadse studente as mense geestelik gevorm is. Vir hierdie doel kan die sewe vrye kunste, die trivium en die quadrivium, of Robert Hutchins en Mortimer Adler se Great Books Program, in aangepaste vorm in ‘n verpligte aanvangskernleerlang benut word. Daarna kan die studente toegelaat word om in bepaalde vakrigtings, individuele vakdissiplines of beroepe te spesialiseer. Aan die drie nuwe universiteite word net gespesialiseerde kursusse in die vooruitsig gestel. Dit is om van te ween.

* Vierdens behoort dit duidelik te wees dat ‘n onderliggende en rigtinggewende akademiese teorie of filosofie, geformuleer in ‘n eksplisiete beleid wat genadeloos toegepas word, noodsaaklik vir akademiese sukses is. Dit moet onder meer twee ononderhandelbare beginsels insluit:

Enersyds is universitêre outonomie noodsaaklik. Dit beteken dat slegs die universiteit seggenskap oor akademiese sake het. Geen inmenging van die staat (die departement hoër onderwys) en die regering (die president, kabinet, minister van hoër onderwys, premiers) moet geduld word nie. Die betrokke minister moet bv nie die reg hê om, soos tans, universiteite met die terughouding van owerheidsubsidie af te dreig sodat hulle na sy pype moet dans nie.

Andersyds is akademiese vryheid noodsaaklik. Anders as (sommige van) die ouer universiteite wat openlik en eensydig bronne van ANC-/kommunitiese propaganda is, behoort die nuwe inrigtings hulle ondubbelsinnig by ideologiese (politieke en godsdienstige) neutraliteit te skaar. Dit beteken dat studente op ‘n ewewigtige, objektiewe manier aan verskillende ideologieë blootgestel moet word.

Al drie die nuwe universiteite het op ‘n verkeerde, dwase, ideologie-gedrewe ANC-manier begin. Alles is nie noodwendig vir altyd verlore nie. As die bogenoemde riglyne gevolg word, kan daar mettertyd egte akademiese inrigtings ontwikkel waarop die land trots kan wees. Maar dit is helaas hoogs waarskynlik ‘n tevergeefse hoop.

Rampie toe net ‘n DAGGAdampie

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Die afgelope paar dae was ‘n besonder vermaaklike week in die Suid-Afrikaanse partypolitiek. Ek geniet niks meer as om te sien hoe ‘n linksliberale naïeweling sleg sesde kom nie, en Rooi Helen se val was gróót.

Dit is slegs enkele dae gelede dat Rooi Helen met geweldige fanfare aangekondig het dat daar ‘n grondverskuiwende gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse politiek plaasgevind het. Mampie Rampie, die voormalige minnares van Steve Biko, sou by die DA aansluit as presidensiële kandidaat. Die DA en Agang sou onderhandel oor hoe om die twee partye saam te smelt, vermoedelik in ‘n nuwe party by name DAGGAng. Rooi Helen en Rampie was lankal maatjies, aangesien dit Rooi Helen was wat as destydse joernalis by die Rand Daily Mail, verslag gedoen het oor die ongelukkige lot wat Rampie se minnaar in polisieaanhouding getref het.

Of sou Rampie ‘n DA-lid word? Die DA se grondwet maak dit immers duidelik dat geen persoon aan ‘n ander party mag behoort en terselfdertyd ‘n DA-LP wees nie. Luidens berigte het Rooi Helen en Rampie, sonder om hetsy die DA, hetsy Agang se gewone lede te raadpleeg, hul ooreenkoms oor ‘n paar drankies in ‘n Kaapse restourant beklink. Was die drankies die oorsaak van die passievolle soen op die verhoog tydens die aankondiging later daardie dag? Na die tipiese fatsoen van die Afrikaan, het Rampie se woord egter nie beteken wat Rooi Helen gemeen het dit beteken nie. Daar is diegene wat beweer dat daar nie in ‘n Afrikaan se kultuur ‘n begrip gelykstaande aan ‘n Westerling se belofte of woord van eer bestaan nie. As ‘n Afrikaan jou dus iets belowe, beteken dit straks: “Ek sal so maak. As ek daarna voel. As dit my pas op daardie tydstip. En as ek nie intussen van gedagte verander het nie.” Soos beide Piet Retief en Rooi Helen te laat agtergekom het.

Rooi Helen het egter klaarblyklik geen begrip vir ‘n Afrikaan se waardestelsel gehad nie, iets wat verbasend is vir ‘n Xhosaspreker en voormalige joernalis, wat sekerlik al lank genoeg in die land is om sinies te wees. Die waarskuwingstekens oor Rampie was eweneens lankal reeds daar. Meer as ‘n jaar gelede het die Oxford-akademikus, RW Johnson, ‘n stuk oor Rampie op Politicsweb geskryf, waarin hy uitgewys het dat Rampie ‘n arrogante, onbevoegde en swak bestuurder is, soos wat die meeste aanstellings op grond van velkleur maar geneig is om te wees. Sy is by verskeie instansies aangestel as ‘n professionele “token black” (“beroepswarte” in Nederlands), maar het klaaglik misluk in al haar RA-aanstellings. Volgens Johnson het die hoof van die Wêreldbank byvoorbeeld binne enkele weke ná Rampie se aanstelling, besef dat sy ‘n fout was.

Ek het my net so verlekker aan die klakkelose en voorspelbare lofsangery aan hierdie wonderlike huwelik wat uit Naspers se redakteurs se penne gevloei het. Díé liggewigte het nie die treinramp sien kom nie, en was gaande oor watter wonderlike gebeurtenis DAGGAng sou wees, en hoe DAGGAng nóú darem vir die ANC sou ore aansit. Omdat ‘n Naspersredakteur byne per definisie ‘n oningeligte liggewig is, wat bloot daar is om die NSA se lof te besing, en veral wat politieke ontledingsvermoë betref, het hulle nie die voor die hand liggende probleme met hierdie DAGGAng-huwelik ingesien nie.

Eerstens moet mens jou die vraag afvra: Vir ‘n party wat hoog en laag opgee oor sy verbintenis tot anti-blanke rassisme; wat die Madibatopiese mite van transformasie tot partyreligie verhef het, nes die ANC, is dit nie skokkend dat daar nie een RA-kandidaat binne die DA was wat ‘n geskikte kandidaat sou wees om as ‘n “token black” op te tree in Rampie se plek nie? Lyk vir my al te veel of die DA self nie glo aan rassistiese regstellende aksie waar dit kom by sy interne kandidate nie. Was sy onlangse en skokkende bevestiging dat hy wel rassistiese RA steun, eintlik maar ‘n siniese poging om swart stemme te koop? Toe Rooi Helen op paniekerige wyse na ‘n swart gesig gesoek het, was dit buite haar party, en vergete was al die mooi broodjies oor die DA se eie, interne transformasie.

Voorts het beide Rooi Helen en Naspers glad nie besef watter tipe kat in die sak Rampie is nie.

Ek haal aan uit ‘n stuk Vrydag in Beeld, geskryf deur ene André le Roux: “Ramphele is allermins ’n opportunistiese ‘bootstrapper’. Sy het sonder regstellende aksie al die geloofsbriewe: dokter, direkteur van die Wêreldbank, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, sakevrou.” Ai, tog. Duidelik het meneer Le Roux nie die vaagste begrip oor presies hoe ‘n groot opportunis Rampie, die professionele RA-voordeeltrekker, eintlik is nie.

Die grootste mistasting aan die kant van Naspers se liggewigte is egter om hulle te verbeel dat Rampie noemenswaardige steun vir die DAGGAngparty sou inwin. Rampie kom uit ‘n swartbewussynsagtergrond. Daar is reeds ‘n swartbewussynsparty in Suid-Afrika, een met ‘n swart leier boonop. Sy naam is die PAC. Die PAC kry egter deesdae minder stemme in verkiesings as wat die VF+ kry, en die PAC se poel van kiesers is veel, veel groter as die VF+ s’n. Hoe hetsy Rooi Helen, hetsy Naspers hulle kon verbeel dat Rampie swart steun sou kry, gaan die verstand te bowe. Is Agang immers nie gestig juis omdat ontnugterde swart kiesers juis níé vir die DA wou stem nie?

Regstellende aksie en identiteitspolitiek het liederlik in DAGGAng se gesig ontplof. DAGGAng gaan nie gou weer sy aansien terugwen nie, veral nie onder swart kiesers nie. Rooi Helen se dae is insgelyks getel as gevolg van hierdie Ramp. Die messe binne DAGGAng moet sekerlik uit wees vir Rooi Helen, en sy sal nie as leier die verkiesing van 2019 binnegaan nie. Ek is skoon lus en koop vir Rooi Helen Piet Retief se biografie as ‘n Valentynsgeskenk, maar deesdae soen sy hoeka eerder swart vrouens.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

Dr. Gerda Odendaal, nadoktorale navorsingsgenoot van die Universiteit van Stellenbosch
Dr. Gerda Odendaal, nadoktorale navorsingsgenoot van die Universiteit van Stellenbosch

deur Leon Lemmer

In sy eerste rede as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2012 het Wannie Carstens (Praag 17 Nov) getoon hy is ‘n mens van die oomblik deur na uitdagings te verwys en die laertrekmentaliteit af te keur. Hy het genoem dat die Akademie die gehalte van Afrikaans wil bevorder, maar hiervan het nog absoluut niks in bv die Afrikaanse Taalraad (ATR) tereg gekom nie.

Toe hy sy voorsittersrede in 2013 gelewer het, was Carstens meer rammetjie-uitnek. Die Akademie gaan die foute en ongeregtighede van die verlede regmaak en volwaardig deel van die nuwe Suid-Afrika wees. Daarom gaan transformasie daadwerklik bevorder word. Dit sluit teenkanting teen wit mans in deur te buig voor die demografiese profiel wat betref ras, geslag en ouderdom. Die sug na diversiteit en inklusiwiteit word deur hom sonder meer aanvaar. (Die teks van hierdie twee voordragte is op die webwerf van die Akademie beskikbaar.)

Dit is die agtergrond vir die byeenkoms van die Akademie en die ATR wat op 17 deser in Garsfontein, Pretoria, onder die vaandel van “Afrikaans: Almal se taal!” gehou is (Beeld, Die Burger, ATR-webwerf, 18 Jan). Om die ideaal van inklusiewe Afrikaans te bevorder (en om in die proses besorgdheid oor die gehalte van Afrikaans links te laat), was dit natuurlik nodig om die vier sprekers (twee wit en twee bruin) sorgvuldig uit te soek. Suiwer demografies is die Akademie se ideaal sekerlik om vorentoe by sulke geleenthede ‘n oorwig nie-wit sprekers uitsluitsel oor die lot van Afrikaans te laat gee. Daar sal demografies/demokraties seker nie toegelaat word dat hierdie ideaal verwater word deur die veel groter en meer substansiële bydrae wat wittes/Afrikaners tot Afrikaans gelewer het nie.

Die twee bruin sprekers was die opvoedkundige Michael le Cordeur (Praag 26 Jan) en die taalkundige Frank Hendricks. In albei voordragte is Carstens se ideale ondersteun. Die twee wit sprekers was Ernst Kotzé en Gerda Odendaal. Teen Kotzé het ek geen wesenlike beswaar nie. Hy het reeds lofwaardige taalkundige werk gedoen. Ek het gehou van sy skynbare onwilligheid om die nie-akademiese Mandela-naam te aanvaar deur voort te gaan om sy werkplek die Universiteit Port Elizabeth te noem. Die res van my skrywe handel oor Odendaal.

Dit behoort gou duidelik te wees waarom Odendaal (afgesien daarvan dat daar uit vier sprekers demografies eintlik twee vroue móét wees) as spreker genooi is. Haar taalkundige en politieke standpunt pas die Carstens-Akademie en die ATR soos ‘n handskoen. Ek verlaat my op twee inligtingsbronne. Albei is te vinde op die Universiteit Stellenbosch (US) se SLiP (Stellenbosch Literary Project). Hierdie voorkeur vir ‘n Engelse benaming is kenmerkend van die Botman-US. Odendaal se eerste teks is in Engels.

As Praag-lesers na Nelson Mandela se dood na die US-webwerf gegaan het, sou hulle seker nie hulle oë geglo het nie. Afgesien daarvan dat ‘n mens via die Engelse webwerf by die een in Afrikaans uitkom (pleks van andersom), was die heel eerste skakel of naslaankeuse “Madiba”. Dit kon seker niks anders as ‘n Botmanistiese foefie wees nie. Hierdie skakel is intussen verwyder. In die plek daarvan heet Botman op ‘n video die nuwe Maties welkom teen die agtergrond van ‘n prominente Mandela-foto. Russel Botman, die US-rektor, het blykbaar op eie inisiatief Mandela postuum tot die US se beskermheilige verklaar.

Botman klou naïef vas aan die valse ná-1989-beeld van Mandela as “die wyse, versoeningsgesinde, vriendelike oupa van die nasie”. Leopold Scholtz vestig uiteindelik ook die aandag op die vroeëre militante marxistiese Mandela (Die Burger, 31 Jan, p 14). Scholtz kon gerus anti-blank by sy karakterisering van Mandela gevoeg het. As ANC-aktivis sal Botman voortgaan om sy akademiese posisie tot voordeel van sy politiek te misbruik, tensy die US-raad hom, verkieslik met ‘n ultimatum, tot orde roep. Uit sy eie sal Botman nie hoor nie. Hy het die spreekwoordelike haas in sy oor. Sy legkaart bestaan uit net een stuk en dit is die ANC. Die komitee van universiteitshoofde behoort ook sodanige politieke vrypostigheid en absolute gebrek aan ideologiese neutraliteit te verbied, maar dit is ‘n ydele hoop.

Ek het die Madiba-skakel op die US-webwerf gebruik om te lees oor wat Mandela te sê gehad het oor die etniese samestelling van die US (klaarblyklik studente en personeel), naamlik dat dit die demografie moet weerspieël. Ook dat Afrikaans as onderrigtaal afgeskaal moet word: “Die belangrikste uitdaging vir die US is om weg te beweeg van die bevoordeling en bemagtiging van die Afrikaner-minderheid.” Daar kan myns insiens geen twyfel wees nie dat Botman alles in sy vermoë doen om aan Mandela se wens te voldoen.

Gaan gerus ook die huidige personeelsamestelling van die departement Afrikaans en Nederlands op die US-webwerf na. Dit is die departement waarin hoogleraars soos Willem Kempen en Meyer de Villiers in taalkunde en WJ du P Erlank (Eitemal), WEG Louw en Dirk Opperman in letterkunde eens dosente was. In die afdeling Afrikaans van die fakulteit opvoedkunde was daar dosente soos Ernst van Heerden en Hennie Aucamp. Besin oor hoeveel akademiese skade aangerig word as dosente aan die Botman-US in groot mate ingevolge nie-akademiese oorwegings (etnisiteit en geslag) aangestel word. Op die vlak van professor het daar net een wit man as voltydse professor in die departement Afrikaans oorgebly en hy tree eersdaags af. Dit is wat gebeur as geswig word voor die ANC-dogma dat almal wesenlik gelyk of eenders is; dus dat mans en vroue, asook wittes en nie-wittes, sonder skade uitruilbaar is.

In hierdie milieu was Odendaal ‘n student. Die ATKV het in 2010 ‘n studiebeurs van R20 000 aan haar toegeken. In 2012 het sy ‘n doktorale proefskrif voltooi: Die herstandaardisering van Afrikaans: ‘n Praktiese benadering met die AWS [Afrikaanse Woordelys en Spelreëls] as gevallestudie. Odendaal se standpunt stem ooreen met dié van Magdaleen Kruger, die hoof van RSG. Kruger beywer haar vir transformasie, sodat RSG nie ‘n “ou, wit stasie” moet wees nie (Praag 10 Feb). Standaardafrikaans is een van die dinge wat volgens Kruger moet verander. Afrikaans moet glo geherstandaardiseer word; “teruggegee” word aan die eerste praters van hierdie taal, naamlik die bruines.

By sowel Odendaal as Kruger is daar ‘n groot skeut linkse (spesifiek ANC-) politiek. Oor Kruger se politiek het ek voorheen geskryf. Hierdie keer beperk ek my teks tot Odendaal s’n. Sy is blykbaar nou ‘n dosent in die US se departement Afrikaans. Soos haar kollegas sal sy sekerlik ook polities korrek in gebreke bly om Botman se beleid van verengelsing openlik teen te staan. Odendaal se politiek blyk duidelik uit haar huldeblyk aan Neville Alexander en ook uit haar pleidooi vir die herstandaardisering van Afrikaans.

In die nuwe Suid-Afrika het dit mode geword om gewig aan ‘n Afrikaans-argument te gee deur na Alexander se verwys. Sy cv word as onbesproke geag omdat hy ‘n dekade lank op Robbeneiland aangehou is. Niks negatiefs word deur Odendaal oor hom geuiter nie. Dat hy oor Afrikaans in Engels gepraat en geskryf het (soos Jakes Gerwel wat sy intreerede as hoogleraar in Afrikaans in Engels gelewer het), word nie genoem of teen hom gehou nie. Dit is vir Odendaal voldoende dat Alexander pleks van ‘n werklike pleitsbesorger vir Afrikaans veel eerder ‘n voorstander van moedertaalonderrig en meertaligheid was. Wat Alexander betref was Afrikaans maar net een van die tale wat in Suid-Afrika aangetref word en sekerlik nie sy taal van voorkeur nie.

Odendaal noem Alexander ‘n “idol”; as iemand wat die wêreld ‘n bietjie beter agtergelaat het. Hoe het hy dit reggekry? Deur hom met “political activism” via die bevordering van “guerrilla warfare” vir “South Africa’s democratic revolution” te beywer. Alexander was ‘n marxis en ‘n “revolutionary activist” en lid van Steve Biko se radikale Black Consciousness Movement. Met so ‘n getuigskrif het hy ‘n buitengewone professor in die US se departement Afrikaans en Nederlands geword. Dit moet ‘n mens wees wat nie die onbeskaafdheid van die “bevrydingstryd” se bomme en landmyne, van mense wat lewendig verbrand is, ens, beleef het nie, wat vir so ‘n stryder net bewondering kan hê. As Odendaal naasbestaandes weens hierdie misdadigers se optrede verloor het, sou sy ‘n ander deuntjie gesing het. Gelukkig erken sy haar onkunde: “Being part of the ignorant youth …” Hierdie mense word gevoer op ‘n dieet waarvolgens apartheid ongoddelik sleg was en Mandela en sy kamerade nooit ‘n vlieg skade aangedoen het nie. Ek verpes dit ook as iemand van ‘n “so-called Coloured” praat of skryf. Daar is werklik ‘n gekleurde of bruin etniese groep.

Oor taal skryf Odendaal dat Alexander dit teen die “racialisation of Afrikaans as belonging to any group of speakers” gehad het. Soos dat Afrikaans aan die bruines “teruggegee” moet word, soos Magdaleen Kruger wil doen? Alexander wou al die Suid-Afrikaanse swart tale harmonieer (seker tot een taal konsolideer) en Afrikaans omvorm tot “a language of reconciliation, restitution [teruggee?] and nation building”. Lees gerus die teks van Alexander se voordrag wat heel gepas op die webwerf marxists.org te vinde is. Oor Standaardafrikaans skryf hy: Nasionalistiese Afrikaners “fabricated it as a deliberately racially exclusive way of speaking, writing, feeling, thinking and communicating.” Daarteenoor het die aktivis Alexander die gebruik/misbruik van taal vir sy en die ANC se politieke oogmerke bepleit.

Ek kom nou by die kern van Odendaal se taalkundige standpunt, naamlik die herstandaardisering van Afrikaans, soos gevoed deur haar linkse politiek. Ek gebruik Pieter Odendaal se opsomming van Gerda Odendaal se lesing, want dit is heeltemal onprakties om die hele proefskrif hier te bespreek. Die begrip “standaardtaal” word glo deesdae bevraagteken. Taalstandaardisering word na bewering “altyd” deur ideologiese oorwegings gedryf. Die elite verhef glo dikwels hulle taalvariëteit tot die standaardtaal om daarmee ten koste van die res hulle eie belange te dien. Sy erken vervolgens dat ‘n standaardtaal voordele het: “Dit dien as ‘n medium vir bo-dialektiese en geskrewe kommunikasie, hoërvlak-beroepsbeoefening en algemene sowel as tweedetaal onderrig. Dit is ook die taal van die media en besit ook ‘n ideologiseringsfunksie wat help om groepsolidariteit onder ‘n spraakgemeenskap te bewerkstellig.”

Odendaal bepleit ‘n herstandaardisering van Afrikaans en gryp daarvoor terug na Alexander se taalharmonisering om eenheid tussen die variëteite van Afrikaans te bewerkstellig. “Dit gaan gepaard met die demokratisering van ‘n taal, ‘n respek vir taaldiversiteit en die erkenning van die fundamentele gelykheid wat elke taalvariëteit behoort te geniet.” Hier is sy dik in die politiek in. Sy maak gewag van die “demokratiese samelewing … waar die grondwet gelyke mense- en taalregte aan almal waarborg.” Sy noem natuurlik nie dat wittes mindere menseregte as nie-wittes in die nuwe Suid-Afrika het nie, bv dat daar suiwer etnies/rassisties teen wittes (en net wittes) gediskrimineer word. Sy verswyg ook om te meld dat Afrikaanssprekendes in die praktyk nie naasteby gelyke/dieselfde taalregte as Engelssprekendes het nie.

By sowel mense as tale en taalvariëteite is gelykheid myns insiens ‘n gevaarlike mite. Daar is geen noemenswaardige “eenheid tussen die variëteite van Afrikaans” moontlik nie. Daar is ook nie “fundamentele gelykheid” by taalvariëteite nie. Hulle is bloot gelyk in die sin dat hulle almal in die werklikheid aangetref word. Hulle verskil en is fundamenteel ongelyk in die sin dat party net gepraat en ander sowel gepraat as geskryf word. Sommige variëteite is net (of hoofsaaklik) vir laer funksies geskik, terwyl ander ook hoër funksies (bv in die akademie, wetenskap, ens) kan vervul. Hierdie “laer” en “hoër” dui op klipharde feite al is sodanige onderskeid heiligskennis in ons “jong demokrasie”. Nog ‘n duidelike geval van ongelykheid is dat sommige variëteite van Afrikaans (bv Standaardafrikaans) as verskansing teen die ondergang van die taal kan dien, terwyl ander variëteite (soos die mengeltaal Kaaps) die oorheersing van Engels en die ondergang van Afrikaans sienderoë bevorder.

Na Odendaal se beoogde herstandaardisering sal mense steeds verskillende Afrikaanse taalvariëteite praat. Daardie hergestandaardiseerde Afrikaans kan in die praktyk minder geslaagd as die huidige Standaardafrikaans wees om verskille in die variëteite mettertyd af te skaal. Herstandaardisering kan ook onnodige verwarring skep oor wat amptelik aanvaarbaar is en gevolglik sommige Afrikaanssprekendes vervreem. Waarmee Odendaal besig is, is om (soos Alexander in die politiek gedoen het) teen evolusionêre taalverandering te wees en die revolusionêre verandering van Standaardafrikaans te bepleit. Dit geskied met dieselfde destruktiewe en anti-wit- (veral anti-Afrikaner-) gesindheid as bv die verandering van plekname in die nuwe Suid-Afrika.

Dat Odendaal se pleidooi polities gemotiveerd is, is duidelik. Tog beweer sy dat dit nie so is nie; dus dat haar herstandaardisering ‘n “fokusverskuiwing van ideologiese na normatiewe taalbeplanning” is. Hierdie beplanning gaan glo van bo na onder én van onder na bo plaasvind: “taalinstansies en die spraakgemeenskap op voetsoolvlak moet by die herstandaardisering van ‘n taal betrokke wees”. Wat waarskynlik in die praktyk sal gebeur, is dat ‘n paneel van “kenners” saamgestel sal word. Hierdie paneellede sal nie soseer taalkundig opgewasse vir die taak wees nie, maar hulle sal polities korrek (dus volgens die demografie en gevolglik met ‘n “demokratiese” oorwig van nie-wittes) uitgesoek word. Hulle sal dan poog om Standaardafrikaans sover moontlik te ontwit, veral te ont-Afrikaner. Die gepeupel sal, soos in die politiek, hulle deur hierdie “kenners” laat voorsê en manipuleer sonder om ‘n sinvolle voetsoolbydrae te lewer.

“Herstandaardisering is die doelbewuste hersiening van die vorm, funksie en status van ‘n standaardtaal in ‘n poging om ‘n bo-dialektiese taalvorm daar te stel wat verteenwoordigend is van die hele spraakgemeenskap. Die behels gewoonlik dat een of ander ongeregtigheid in die taalgemeenskap reggestel word, deurdat die standaardtaal meer inklusief gemaak word om daardeur diegene wat voorheen benadeel of onderdruk is, te bemagtig.”

Hier is Odendaal se “fokusverskuiwing van ideologiese na normatiewe taalbeplanning” heeltemal afwesig. Dit is ‘n mite dat haar herstandaardisering verteenwoordigend van “die hele spraakgemeenskap” gaan wees, verkeerde dinge gaan regstel, werklik “inklusief” gaan wees en sommer ook gaan “bemagtig”. Dit gaan net so min waar van ‘n nuwe Standaardafrikaans wees as van die huidige grondwet en die nuwe volkslied en landsvlag. Die essensie van die ANC se beleid en van Odendaal se pleidooi is transformasie, dus eerder verandering as verbetering.

Odendaal bevestig dat dit (veral) bruines is wat op die herstandaardisering van Afrikaans aandring; dus dat Afrikaans nog ‘n terrein is waar hulle benadeel is. In hierdie konteks gebruik Odendaal die term “diglossie”. Die betekenis van hierdie woord word soos volg in die HAT verduidelik: “Vorm van tweetaligheid wat daarin bestaan dat daar ‘n hoër en laer vorm van dieselfde taal voorkom, een vir formele en een vir informele gebruik.” Standaardafrikaans is kennelik ‘n hoër en Kaaps ‘n laer vorm van Afrikaans. Maar dit is hierdie onomstootlike werklikheid wat Odendaal wil verander, want alle taalvariëteite word deur haar gelyk geag en hulle moet, indien nodig, gelyk geploeg word.

Sy kom met die argument dat by diglossie die standaardtaal van die omgangstaal vervreemd is; dat die standaardtaal nie meer deur die omgangstaal gevoed word nie. Taaldestandaardisering en taalsterfte kan hierop volg. Die punt is egter dat daar ‘n enkele Standaardafrikaans en verskeie gesproke variëteite is. Daar is altyd gapings tussen ‘n standaardtaal en minstens sommige van sy variëteite. Deesdae hoor ‘n mens die argument dat niemand Standaardafrikaans praat nie. Dit is ‘n uiting van dislojaliteit teenoor Standaardafrikaans. Dit is ook ‘n onjuiste stelling, want ek (en sekerlik ander) poog om altyd Standaardafrikaans te benut. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die term “standaardtaal” in die plek van die polities inkorrekte “algemeen beskaafde taal” gekom het. Dit is ‘n feit dat mense individueel en groepgewys in hulle graad van beskaafdheid verskil. In die nuwe Suid-Afrika, anders as in die oue, word die woord “beskawing” egter selde gebruik.

Standaardafrikaans is nader aan sommige van sy gesproke variëteite as ander en word steeds deur hulle gevoed. Maar Standaardafrikaans is ver verwyderd van die mengeltaal Kaaps, wat net deels Afrikaans is. Uit die nie-Afrikaanse deel van Kaaps moet die standaardtaal liefs nie gevoed word nie. Maar Odendaal se teenargument is dat mense wat hierdie mengeltaal praat verwyderd van Afrikaans voel en hulle dan tot Engels wend. Hierop kan ‘n mens antwoord dat hulle hulle ook met vrug tot Afrikaans kon wend, wat uit die moedertaaloogpunt ‘n makliker weg sou wees.

“Odendaal het drie redes vir die diglossiese situasie in Afrikaans geïdentifiseer: die vernederlandsing van Afrikaans tydens die ontwikkeling van Standaardafrikaans in die laat negentiende eeu; die miskenning van die invloed van Engels op Afrikaans; en die miskenning van ander Afrikaanse variëteite.” Ek dink nie die invloed van Engels word misken nie. Dit word erken, maar daar is ook die gesonde besef dat Afrikaans deur Engels oordonder kan word en gevolglik op die lange duur kan uitsterf. Wat nodig is, is dat die gevaar wat Engels (en die mengeltaal Kaaps) vir Afrikaans inhou, ruiterlik erken moet word. Enigeen wat die belang van Afrikaans op die hart dra, sal dit doen. As iemand egter, soos Odendaal, sterk politiek-gedrewe is, sal daar nie wesenlike besware teen die toenemende verengelsing van Afrikaans (en die US) wees nie. Dit is immers in ooreenstemming met wat die ANC begeer.

Dat my karakterisering van Odendaal en haar idees nie onbillik of vergesog is nie, blyk uit haar betoog teen taalsuiwerheid: “Volgens hierdie konsepsie word sekere taalvorme as ‘suiwerder’ of ‘beter’ as ander beskou. ‘n Natuurlike uitvloeisel hiervan is die Stammbaum-teorie (Duits vir stamboom) waarvolgens een taal gebruik word om ‘n sekere ‘suiwerheidstatus’ aan ‘n ander taal te verleen. In die geval van Afrikaans is Nederlands natuurlik gebruik om hierdie funksie te vervul, met die gevolg dat die kreoolse aard van Afrikaans heeltemal misken is.” Ek verskaf ‘n viervoudige teenspraak. Eerstens kan geen taal op absolute suiwerheid aanspraak maak nie. Terselfdertyd is dit gesonde taalkundige praktyk as gepoog word om Engelse invloed op Afrikaans te beperk. Die voortbestaan van Afrikaans hang hiervan af. Tweedens moet gelet word op hoe Odendaal haar opponente met die Nazi’s se eugenetika (rassuiwerheids- en -verbeteringsleer) probeer assosieer. Derdens het Afrikaans ongetwyfeld uit Nederlands ontstaan. Dit volg dat dit sinvol is om by die uitbouing van Afrikaans by voorkeur eerder aan Nederlands en sy verwante taal Duits as aan Engels te ontleen.

Vierdens verkondig Odendaal doelbewus die valsheid dat Afrikaans ‘n kreoolse taal is en dat hierdie kreoolsheid “heeltemal” misken is. “Odendaal meen dat dit vir vroeë taalkundiges om ideologiese oorwegings belangrik was om die kreoolse aard van Afrikaans te versteek deur die Nederlandse wortels van Afrikaans te oorbeklemtoon … hierdie ‘kunsmatige’ worteling van Afrikaans in Nederlands het veroorsaak dat die standaard nog altyd vêr verwyder van die daaglikse gebruik van Afrikaans was.” In die HAT word “kreools” gedefinieer as: “Mengeltaal ontstaan tussen ‘n Europese taal en ‘n taal in ‘n ander wêrelddeel.” Afrikaans het uit Nederlands ontstaan met die tale van die Khoi-San en dié van veral Asiatiese slawe wat saam ‘n geringe invloed op bv die woordeskat gehad het; só gering dat Afrikaans nie sonder buitensporige oordrywing ‘n kreoolse of mengeltaal genoem kan word nie. Die beperkte invloed wat nie-wittes op Afrikaans gehad het, word nie in verantwoordelike taalkundige geledere ontken of misken nie. Byvoorbeeld, die Afrikaanse Taalmonument is in 1975 tydens die hoogbloei van apartheid opgerig en in die struktuur daarvan word objektiewe, sigbare erkenning aan die bydrae van nie-wittes gegee.

Die Anglo-Boere-oorlog (1899-1902) word deur Odendaal die skuld gegee vir die voorliefde om in Afrikaans eerder Germaanse (bv Nederlandse en Duitse) as Engelse en Romaanse (bv Franse) woorde te gebruik, “al was die [Engelse en] Romaanse vorm in sommige gevalle die algemener beter vorm”. (Engels is ‘n Germaanse taal, maar Odendaal hanteer Engels asof dit ‘n Romaanse taal is.) Maar is een van Odendaal se dogmas dan nie dat die etiket “beter” nie gebruik mag word nie? Omdat daar met reg omsigtig met Engelse invloed te werk gegaan word, beweer Odendaal dat Afrikaans as gevolg daarvan verarm is of (onnodig) kwyn.

Odendaal se linkse politiek word al hoe meer sigbaar: “Omdat die standaardisering van Afrikaans ‘n eksplisiete ideologiese affêre [!] was, is die taal van sy ‘slawe’ … -elemente gereinig [!] … Die skepping van Standaardafrikaans het daarom direk bygedra tot die stigmatisering [!] van die ander variëteite en die vervreemding van die meerderheid van die taalgemeenskap.” Odendaal boer hier met halwe waarhede. Dit is algemeen bekend dat baie bruines na die Britse besetting van die Kaap Nederlands/proto-Afrikaans toenemend oorboord gegooi en verengels het. Dit het nie met die standaardisering van Afrikaans te make nie. Verder is ander variëteite as Standaardafrikaans nie in die vorm van ‘n doelbewuste, langdurige veldtog gestigmatiseer nie. Dit is egter presies wat met Standaardafrikaans gedoen is onder die vaandel van anti-apartheidsveldtogte. Hierdie veldtogte teen Standaardafrikaans word tot op hede voortgesit. Pleidooie vir herstandaardisering deur Odendaal en Magdaleen Kruger is deel hiervan. Let ook op na Odendaal se verwysing na “die meerheid” in die ANC/demokrasie-idioom. By Odendaal kry kwantitatiewe oorwegings voorkeur omdat kwalitatiewe verskille (goed en sleg, reg en verkeerd, hoër en laer, ens), wanneer dit haar pas, geïgnoreer word.

Dat Afrikaans op so ‘n wyse geherstandaardiseer kan word dat “alle sprekers ‘n tuiste in hulle eie taal [Jaap Steyn se frase] sal hê”, is ‘n hersenskim.

Die akademiese skollie Pierre de Vos

roodt_dan_wikideur Dan Roodt


Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Daar is seker min mense wat so goed vir die Afrikaanse term “suurstofdief” kwalifiseer soos die pseudo-regsgeleerde Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad. De Vos dra niks tot die samelewing by behalwe halfgebakte interpretasies van die Suid-Afrikaanse grondwet met ‘n onderliggende toon van Boere- en antiblanke haat nie.

Pierre de Vos kan gerus my rubriek oor die Inval van die imbesiele lees, want hy behoort beslis tot die pes van onnoselheid wat hierdie land onder die ANC se korrupte skrikbewind getref het. Hy is by uitstek ‘n aap en ‘n na-aper. Maar selfs as ek dít sê, voel ek sterk dat ek die orde van die primate beledig! Eugène Marais, skrywer van Burgers van die berge en Die siel van die aap, sou my gelyk gee dat die gemiddelde blouaap of bobbejaan interessanter as Kaapstad se sogenaamde “Claude Leon Foundation Chair in Constitutional Governance” is. Dis blykbaar wat De Vos is: ‘n langnaamstoel. Hulle het net vergeet om die suffiks “-gang” by te voeg, dan sou dit ‘n goeie Afrikaanse vertaling kon wees!

Pretensie is waarskynlik die naamwoord wat Pierre de Vos die beste opsom. Iewers het ek al kommentaar gelewer oor die “Dunning-Kruger-effek“, wat slim mense onseker maak en die onintelligentes van selfvertroue laat oorloop. Die dom persoon wéét eenvoudig nie wat hy nie weet nie, daarom glo hy dat hy “volleerd” is. De Vos se presieuse politiekery onder die vaandel van sy o so Ingelse woernaal, “Constitutionally Speaking” popel van die uiterste pretensie. Dis nog ‘n eienskap van die horingdom Afrikaner, sy voorliefde vir Engels, die Britse koningsgesin, soos hulle in die Naarpers-tydskrif Die Huisgenoot opgehemel word – en alles wat daarmee saamhang. Hulle ondersteun ook Britse sokkerspanne en droom van ‘n lewe in ‘n council flat waar hulle saam met ander bleek halfgeletterdes bier kan drink terwyl hule na Tottenham Hotspur op die kroegtelevisie kyk.

In Afrikaans praat ons, ietwat chauvinisties, van “die Engelse ghwar”. Soos Oscar Wilde egter sou kon sê: “Daar is een ding wat erger as ‘n Engelse ghwar is, en dis ‘n Afrikaanse ghwar wat Engels geword het.”

Die grinnikende Pierre de Vos straal sy nuutgevonde status as Engelse ghwar met trots uit. Tesame met ghwarskap, het hy ook – dit spreek vanself – ‘n stewige dosis Boerehaat ingekry. Volgens Wikipedia het “Pierre Francois de Vos” aan die Pietersburg High School gematrikuleer. Is daar so iets op Pietersburg en het dit iets met Hoërskool Pietersburg te make? Blykbaar was daardie ander verloopte Afrikaneridioot, Van Zyl Slabbert, insgelyks in Pietersburg op skool. In Inval van die imbesiele het ek hom beskryf as “verreweg een van die domste mense wat ek ooit die twyfelagtige voorreg gehad het om te ontmoet”.

Weereens stem dit my ongemaklik om Pierre de Vos enigsins met ‘n verloopte Afrikaner – al was hy ook ‘n volslae moroon soos Van Zyl Slabbert – te vergelyk. Dit impliseer ‘n vorm van “erkenning” vir Pierre de Vos, wat gereeld op “Radio Sonder Mense” gehoor word, waarskynlik omdat die Britse geheimediens ‘n mol daar geplant het om die Afrikanerbevolking deur nie-mense te laat teister. Hy word uitgenooi om sy onsinnige, polities korrekte opinies met die arme luisteraars te deel. Moenie lag oor die “Britse-geheimediens”-deel nie: ek het my vermoedens oor sekere omroepers van Radio Sonder Mense!

Weereens sukkel ek om Pierre de Vos te kategoriseer. Dat hy nie tot die spesie homo sapiens behoort nie, is gewis. Selfs nie ‘n primaat nie, nee. Hy laat my dink aan daardie kortverhaal van Jorge Luis Borges oor antieke Chinese klassifikasies, waaronder “diere wat van ver af soos vlieë lyk”. Dan eerder: reptiel.

Pierre de Vos is inderdaad ‘n dinosourus wat iewers uit die Jurassic Park van politieke korrektheid ontsnap het. Hy verlang na Oos-Duitsland en die dae toe die hoof van die Stasi, Markus Wolf, en Joe Slovo nog iewers in Oos-Berlyn in ‘n kantoor bomme vir Suid-Afrikaanse Wimpy-restaurante beplan het. In perverse Pierre se stiksienige klein universum is enige misdaad of gruweldaad geregverdig solank dit teen blankes, verkieslik Afrikaners, gepleeg word. Of gepleeg is.

Want in sy jongste lispelende gesis op Konstitoesjinillie spiekieng, nogal oor sy geesgenoot Robert McBride, verdedig die Rooi Reptiel van Rondebosch die gebruik van terreur teen burgerlikes in Suid-Afrika! Hy skryf oor die dronklap McBride se aanstelling as hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat:

But my guess is that many people who are horrified by McBride’s appointment, are motivated by other, completely irrelevant, considerations.
People who believe in the moral equivalence of acts committed in pursuit of the struggle against Apartheid and acts committed to defend and protect the minority Apartheid regime, will invariably point out that McBride was involved in the planting of a bomb outside Magoo’s Bar, which killed three people and injured 69 others.
However, I would argue that such a belief in the moral equivalence between those who fought Apartheid and those who enforced it is itself morally despicable. One side was fighting injustice. The other side was fighting to protect injustice.
Judging McBride for his involvement in the Magoo’s Bar incident is a bit like judging Winston Churchill for his involvement in the bombing of Dresden or judging Harry Truman for ordering the bombing of Hiroshima and Nagasaki. (Although it must be said that this analogy is unflattering to McBride – in the latter two examples, hundreds of thousands of people were killed, while only three people were killed in the Magoo’s Bar bomb.)
Unless you believe the Apartheid state was a legitimate state and that any illegal acts of resistance against it was illegitimate, you cannot judge McBride for his involvement in this case. In any event, like many others, McBride received amnesty from the Truth and Reconciliation Commission for his actions, which wiped the slate clean.

Uit hiedie idee-arm klein betoog (betogie?), sien ons helder die beperkinge van die reptielbrein. Die reptielbrein, die oerbrein, dink naamlik binêr: óf-óf. Veg of vlug. Óf wit óf swart. Wit sleg, swart goed. Apartheid sleg, kommunisme goed.

Mao het gesê dat as mense oor “kultuur” praat, haal hy sy pistool uit. Ek voel omtrent dieselfde oor mense wat in Suid-Afrika oor “moraliteit” praat. In die mees immorele, perverse, gewelddadige, misdadige, korrupte, leuenagtige en esteties afstootlike bestel op aarde, kry verraderlike slange soos De Vos dit reg om oor “moraliteit” te praat. Selfs om ‘n argument – nee, dis die verkeerde woord, want praatsieke Pierre is nie tot argumente in staat nie, noem dit ‘n verwyt, ‘n gekyf – selfs om sy gekyf op “moraliteit” te begrond, verg darem een of ander begrip van moraliteit of morele waardes, waaroor nóg De Vos nóg kriminele Azanië beskik. Anders as Mao, kry ek nie lus om my pistool uit te haal as ‘n laer vorm van lewe sy “moraliteit” uitpluk nie; dit sou goeie ammunisie vermors. Eerder ‘n byl of iets dergelike waarmee zombies gewoonlik uit hul halfdooie bestaan verlos word. Lees gerus ook episode 23 van Gustav Venter se Bodem elders hier.

In sy newelagtige reptielbrein sonder nuanse, poneer die konstitoesjinil hanswors sy totalitêre teleologie van: die doel heilig die middele: One side was fighting injustice. The other side was fighting to protect injustice.

Ek is seker dis wat Beria gesê het toe hy die Katynwoudmassamoord op Poolse nasionaliste gerasionaliseer het. McBride se lafhartige bom in Magoo’s Bar wat “maar net drie mense gedood” en ‘n verdere 69 beseer het, word daarmee geregverdig. Ek herinner my dat selfs die vader van kultuurmarxisme, Herbert Marcuse, teenoor die Baader-Meinhof-terreur in die toenmalige Wes-Duitsland in ‘n Time-onderhoud opgemerk het dat “die etiek van jou einddoelwit ook uit jou optrede moet spreek”. Soos die voormalige polisiekommissaris, Johan van der Merwe, in sy outobiografie skryf, het die ANC hom nie aan die Geneefse Konvensie en verwante protokolle oor aanvalle op burgerlikes gesteur nie. “Propaganda deur die daad”, die slagspreuk van elke terroris, was die enigste beginsel wat die bose Joe Slovo en sy ewe bose handlangers soos McBride se optrede gerig het. Om Churchill en Dresden of Horosjima by te sleep, is net nog ‘n voorbeeld van De Vos se algemene sofisme en voorliefde vir drogredenasies. Dis seker daarmee dat hy al die pad van Pietersburg-hoërskool af in Kaapstad kon gaan stoel.

En dan kom ons by die finale bewys dat die Groot Stoel byna niks van die volkereg verstaan nie, want hy beweer:

Unless you believe the Apartheid state was a legitimate state and that any illegal acts of resistance against it was illegitimate, you cannot judge McBride for his involvement in this case. In any event, like many others, McBride received amnesty from the Truth and Reconciliation Commission for his actions, which wiped the slate clean.

Soos die horde dom kommunistiese dinosourusse en Berlynsemuur-nostalgiste in dié land gewoonlik maak, gebruik De Vos hier die begrip “apartheidstaat”. Op sigself is dié gedagte terug te voer na die gevleuelde woorde van Marx en Engels, naamlik dat die staat bloot ‘n “komitee is om die sake van die burgery (bourgeoisie) te reël”. Die apartheidstaat, dus die Westers georiënteerde staat met Rormeins-Hollandse en Engelse gemenereg wat tussen 1652 en 1994 bestaan het, was weens sy “gebrek aan legitimiteit” as’t ware “vrye wild” vir McBride of enige ander terroris, sadis of aanvaller van vroue en kinders om na willekeur aan te val, die bloed van sy burgers te vergiet of les bes, soos die fameuse Winnie, die “halssnoer” te laat botvier.

Pierre de Vos... grinnikend
Pierre de Vos… grinnikend

Onderliggend aan die brandsiek, grinnikende Pierre de Vos se stelling is geen logika of argument nie, dog bloot leedvermaak. Die vieslike klein tor verlekker hom in die pyn en lyding van sy held, McBride, se terreurdaad. Dit spreek nogal boekdele oor die gehalte van akkademiese akkedisse in die Nuwe Suid-Afrika, die element van sadistiese perversie wat aan soveel universiteite uitslaan. Nie net is McBride deur Tutu se lieg-en-bieg-kommissie kwytgeskeld nie, maar ons mag nie eens die uitvaagsel se afskuwelike optrede “oordeel” of veroordeel nie!

Wat Tutu se lieg-en-biegkommissie betref, het ek destyds in my boekie Om die waarheidskommissie te vergeet so min of meer die vooroordeel daarvan uitgewys. In welke mate was daardie kommissie en sy werksaamhede “legitiem” terwyl dit die metodes van ‘n Stalinistiese “vertoonverhoor” gevolg het? Die veelgeroemde kommissie is bloot opgerig om die destydse veiligheidsmagte te veroordeel, amnestie van sommiges te weerhou en voor die voet ANC- kommunistiese terreur kwyt te skeld. Voorbeelde van die Tutu-kommissie se juridiese mistastinge is legio en ons hoef nie nou weer daarop in te gaan nie.

In die oë van alle regdenkende mense sal Robert McBride se terreur egter nooit regverdigbaar wees nie, ongeag hoeveel linkse propaganda in die Oos-Duitse en Sowjetstyl daar tans op ons deur die regime en sy meelopers soos De Vos uitgegiet word.

Gepraat van kommunisme, bring dit my by die ergste van sy fantasmagoriese uitsprake, die gedagte dat die staat vóór 1994 “oor geen legitimiteit beskik het nie”. Op sigself is so ‘n uitspraak gegrond op die kommunistiese idee dat slegs die finale, sosialistiese staat van die toekoms, die kommunistiese utopie, enige bestaansreg of “legitimiteit” het. Die wette van die parlement tussen 1910 en 1994 beteken niks en kan maar geïgnoreer word. Hoewel, tans sien ons hoe dikwels selfs ANC-advokate soos Gilbert Marcus, broer van die reserwebankgoewerneur Gill Marcus, hul op uitsprake van regters in die verlede beroep en hoe die jurisprudensie van die “onlegitieme apartheidstaat” in die hede voortduur.

Toegegee, hierdie land is deur propaganda verower. Daarom is die openbare mening sedertdien insgelyks vergiftig teen alles, hoe goed bedoel ook al, wat voor 1994 plaasgevind het. Die soort algehele veroordeling van selfs die onskuldigste uitinge van vóór ’94 spreek insgelyks van die gebrek aan nuanse of rasionaliteit van die heersende ideologie wat deur ywerige napraters en Boerehaters soos De Vos onderhou word.

Die blote feit dat ‘n sekere aantal gebreinspoelde mense aan ‘n idee glo, maak dit nog nie wáár nie. Dis tog die aanvangspunt van enige vorm van logiese denke.

Terloops, het ‘n peiling deur die staatsradio in Rusland wat kort ná Mandela se dood in Desember gehou is, bevind dat 83% van Russe glo dat “Mandela ‘n terroris was”; boonop was 86% insgelyks van mening dat “apartheid ‘n legitieme regeringsvorm is”. Kennelik werk die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se propaganda nie so goed in ‘n land wat self vir 70 jaar aan kommunisme blootgestel is nie. Asof dit nog nodig is, wys dit die absurditeit van De Vos, die anti-apartheidsreptiel, se stomonnosele argumentum ad populum uit. Immers is daar meer inwoners van Rusland as van Suid-Afrika. Moet ons daarom hul mening as die waarheid aanvaar; hulle is dan ‘n meerderheid? Of is die waarheid meer as ‘n meningspeiling?

Dit ly geen twyfel dat Suid-Afrika vóór 1994 universeel as ‘n staat erken is nie. Die Montevideo-konvensie van 1933 het die volkereg uiteengesit wat die erkenning van state betref. Die eerste artikel daarvan bepaal die vier elemente wat nodig is vir ‘n staat om erkenning te geniet:

“Die staat as ‘n persoon binne die volkereg behoort oor die volgende kwalifikasies te beskik: (a) ‘n permanente bevolking; (b) ‘n gedefinieerde grondgebied; (c) ‘n regering; en (d) die vermoë om met ander state verhoudings aan te gaan.”

Veel meer as enige ander Afrikaland, het Suid-Afrika destyds aan elkeen van dié kwalifikasies voldoen en is universeel as ‘n staat erken, selfs deur vyandelike lande. Waar kom De Vos daaraan dat ons land destyds een of ander seerowerseiland of tydelike afstigting deur ‘n groepie gewapende Afrika-rebelle was? Dis tog loutere snert!

De Vos se skryfsels word ook op die webblad The Daily Maverick geplaas. Meer nog as die Mail & Guardian of selfs die naargeestige Naarperspublikasies, verteenwoordig die Daily Maverick tans die uitgesproke mondstuk van Boerehaat in Suid-Afrika. Dit is daar waar Afrikaners selfs in hul huidige verarmde, gewonde, verstote, verdrukte en magtelose toestand verder beswadder en tot vyand, nie net van die swart meerderheid nie, maar selfs van die mensdom gemaak word! Plaasmoorde en ander geweld word vergoeilik of geringgeskat deur Pierre de Vos en sy Engelstalige Boerehaat-kamerade.

Africa Check, wat laas vir Steve Hofmeyr met fanfare gekritiseer het weens sy uitspreek dat Afrikaners “soos vlieë in hierdie bedeling sterf”, het so pas ‘n stuk op die Daily Maverick geplaas waarin geargumenteer word dat Suid-Afrika eintlik glad nie die “verkragtingshoofstad van die wêreld” is nie. Weereens wemel die artikel van absurde gevolgtrekkings:

In South Africa, a study in 2010 by Gender Links and the Medical Research Council found that in South Africa’s Gauteng province only one in 13 women reported non-partner rape and overall only one in 25 rapes had been reported to the police.

Given these variables “no international comparisons will be accurate,” Lizette Lancaster, manager of the Institute for Security Studies crime and justice hub, told Africa Check.

Met ander woorde, omdat die eintlike verkragtingskoers waarskynlik dertien keer hoër as die amptelike syfer is, mag ons nie van Suid-Afrika as die “verkragtingshoofstad” van die wêreld praat nie! Sulke terme is taboe, maar nie die aanhoudende verguising van Afrikaners as Nazi’s, rassiste, oorlogsmisdadigers en ongewenstes in die land nie.

Wat presies is hier aan die gang? wonder ‘n mens. Waarom vind De Vos en sy Boerehaat-juigkommando van die Daaglikse Nar dit nodig om soveel haat en nyd teen ons aan te blaas?

Sluit aan by PRAAG!

Niekie word getransformeer

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Ek was nog nooit ‘n groot bewonderaar van inbelprogramme op die draadloos nie. Dis ‘n goedkoop asook ‘n lui manier vir radiostasies om andersins leë lugtyd te vul met dikwels niksseggende bydraes van mense wat baie lief is vir hul eie stemme. Van sinvolle debat tydens sulke programme is daar dikwels min sprake, omdat die aanbieders se eie oortuigings hulle noop om die gesprekke in ‘n sekere rigting te stuur.

In die dae toe Niekie van den Berg dus ‘n omroeper op Radio Sonder Mense was, het ek paar keer per ongeluk na dele van sy program geluister, maar meestal eerder vinnig na die musiek op my MP3-speler/radio oorgeskakel as onse Niekie aan die beurt gekom het. Nie net het sy aanbiedingstyl dikwels as selfvoldaan, bombasties en arrogant oorgekom nie, maar was sy duidelike linkse vooroordele genoeg om ernstige spysverteringsprobleme so kort ná middagete te veroorsaak. Menige inbeller wat ongemaklike punte geopper het, wat heiligskennis gepleeg het deur Niekie se afgode soos Mandela of die NSA te bevraagteken, enige iets wat Niekie se linkse ewewig kon versteur, is summier stilgemaak, en die irritasie in sy stem was dikwels hoorbaar. Sulke vermetele inbellers, wat so met die Groot Niekie se linkse storietjies durf verskil het!

Niekie van den Berg
Niekie van den Berg

Dit was dus ‘n blye dag vir radio-uitsendings in Suid-Afrika toe Niekie die dag besluit het sy kop staan parlement toe. Hy sou as DA-kandidaat staan. Die DA, wat destyds nog effens, vêrlangs in Afrikanerkiesers belanggestel het, het sekerlik gehoop Niekie se berugtheid (askies, bekendheid) kon darem, o, ek weet nie, ‘n hele vyftien ekstra stemme vir die DA inwin. En siedaar! Niekie die onbeskofte radio-aanbieder, word Niekie die meer beskofte (is daar so ‘n woord?) LP. Niekie word toe nie net ‘n LP nie, maar sommer ook adjunk-skadu-tweede-in-bevel-agterspeensuier-minister van Kuns, Kultuur, Rieldanse, Klopse en enige ander sake wat vaagweg vir jou gemiddelde DA-lid as kultuur kan deurgaan. Die opwinding was geweldig. Oftewel minstens in Niekie se woonplek se binnekamer.

Nóú kon Niekie ‘n verskil maak! Nóú sou Niekie ou omies wat na Radio Sonder Mense ingebel het, darem maar vir eens en vir altyd op hul plek sit, deur vir hulle te wys hoe hy wat Niekie is, die NSA kon maak kook deur ‘n yster in die Madibatopiese demockracy te word!  Maar helaas, toe gebeur daar… absoluut niks nie. Tik ek Niekie van den Berg se naam in Google in, is daar slegs enkele meldings van Niekie die DA se adjunk-skadu-minister van Klopse en Rieldanse. Een is ‘n bedeesde verklaring oor ‘n kleinerige toegewing oor die Talewet, en ‘n ander is Niekie wat die arrestasie van ‘n paar obskure ANC-jeugagentskapslede verwelkom.  Niekie se stilte was dawerend toe Dianne Kohler-Barnard soos ‘n viswyf gegil het dat sy eerder Spaans as Afrikaans sou wou praat. Niekie was toe nou nie heeltemal so formidabel sonder sy radiomikrofoon nie.

En toe word die DA se kandidaatlys vir die 2014-verkiesings vrygestel. Die DA se adjunk-skadu-minister van Klopse en Rieldanse, Niekie, is prakties nêrens nie. Hy sal nie in 2014 verkies kan word nie. Niekie is te wit. Te oud. Te Afrikaans. Te manlik. Hy is veral te wit, oud, manlik en Afrikaans vir die DA, wat halsoorkop besig is om Frantz Fanon na ‘n blanke suprematis te laat lyk, so vinnig skuif die DA na die linkerkant toe, en so desperaat is die DA om homself in ‘n swarter party as die ANC te verander. Niekie is gevolglik deur die DA getransformeer, etnies gereinig, reggestel, oorbodig gemaak, geskors, gerooikaart (of is dit gewitkaart?), skoon uit die parlement uit. Volgende jaar is Niekie dus werkloos.

Ek wil nie leedvermakerig wees nie (goed, ek lieg, ek wil), maar die transformasie en nie-rassigheid waaroor jy so op die draadloos gepredik het, is darem maar ‘n pynlike ding wanneer dit jy self is wat te wit vir die ANC-Lite is, of hoe, ou Niekie? Ek wonder tog – gegewe jou rou transformasiewonde, en jou bittere teleurstelling omdat jou linkse kaartehuis so wreed in duie gestort het, gaan jy daardie ou, blanke omies wat jy so afgejak het oor die draadloos, eendag om verskoning vra? Want sien, Niekie, daardie ou, blanke, “rassistiese”, “regse” omies wat jou wou reghelp op Radio Sonder Mense, was toe al die tyd reg.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

praag, jou internet-feuilleton

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Verlede week het ek geskryf oor die groot probleem van domheid in Suid-Afrika. Trouens, die gemiddelde IK in die land staan volgens internasionale kenners op 77, selfs laer as dié van Zimbabwe, die DRK of Zambië. Maar ek wil nie hier in een of ander IK-debat vasval nie en eerder iets oor die media en ‘n volk se selfbeeld sê.

Een van die goeie herinneringe van my destydse verblyf in Parys, was naweke toe ek drie koerante in verskillende tale kon koop. Gewoonlik was dit die naweekuitgawe van die deftige (hoewel sosialisties gesinde) Franse koerant Le Monde, asook die Financial Times Weekend en die Duitse koerant Die Zeit. In daardie dae het ‘n dosent in klassieke geskiedenis aan Cambridge, Nigel Spivey, elke naweek ‘n rubriek in die FT Weekend geskryf, met ‘n sprankelende, ironiese styl wat ‘n genot was om te lees. Só anders as die afgryslike, onbeholpe Engels wat ‘n mens in SA koerante aantref en wat op sy beurt as’t ware deur die Naarpers-werfbobbejane in Afrikaanse vertaling geplagiariseer word. Die Naarpers-joernaliste en -redakteurs is almal aspirant-Engelse of hul kinders is reeds op Engelse skole waar hulle met ons disfunksionele, derdewêreld-Engelse kultuur (en dwelms) besmet word.

Die beste wat ‘n mens van Le Monde kan sê, is dat die klassieke tipografie baie mooi is. Tot onlangs toe het die koerant nooit enige foto’s geplaas nie, net hier en daar pensketse van openbare figure of ‘n spotprent deur die kunstenaar Plantu. Vele beroemde en slim mense skryf egter ook af en toe iets in Le Monde, dus kan ‘n mens tog soms iets interessants daarin ontdek. Dit wemel ook van werkwoordtye wat net goeie Franse skrywers nog gebruik, soos die eenvoudige verlede tyd en die verlede konjunktief.

Wat Die Zeit betref, het ek afgekom op dié oulike beskrywing van die koerant op die Engelse Wikipedia. wat ek hier in die oorspronklike aanhaal:

The paper is considered to be highbrow. Its political direction is centrist and social-liberal, but has oscillated a number of times between slightly left-leaning and slightly right-leaning. Die Zeit often publishes dossiers, essays, third-party articles and excerpts of lectures of different authors emphasising their points of view on a single aspect or topic in one or in consecutive issues. It is known for its very large physical paper format (Nordisch) and its long and detailed articles.

Die punt omtrent Die Zeit is egter ook dat dit oor ‘n besonder uitgebreide feuilleton-gedeelte beskik. ‘n Mens soek tevergeefs na die betekenis van dié Franse leenwoord in Afrikaans in die HAT, wat jammer is. Maar gelukkig staan dit darem in die WAT:

“feuilleton, feuilletons, (F.) Deel van ‘n dagblad gewy aan ligte leesstof, vervolgverhale, toneel- of letterkundige beoordelinge of ander belletristiese werk of spesiale stof wat nie tot die nuus behoort nie; in Europa gewoonlik aan die voet van die bladsye onder die streep gedruk, of elders op die blad, deur ‘n dik streep, die sg. feuilletonstreep, van die orige inhoud geskei; ook, artikel of verhaal wat so gedruk is.”

Toe ek aanvanklik aan ‘n naam moes dink vir die algemene afdeling op die praag-webblad, het my gedagtes ver teruggegaan na naweke in Parys, iewers in ‘n kafee waar ‘n kelner met ‘n swart strikdas vir jou “Goeiemiddag, meneer” sê en jy ‘n koppie koffie kan bestel en die res van die dag met jou drie koerante wat jy so pas by die kiosk op die naaste strraathoek gekoop het, kan deurbring. Drie koerante waarin iets van die Europese beskawing weerspieël word en waarin jy oor alles van die politiek – plaaslik en internasionaal – maar ook oor museumtentoonstellings in Italië, boeke en idees, mode of kookkuns, kan lees.

Daarom het die benaming “feuilleton” vir die afdeling waar Gustav Venter se vervolgverhaal tans elke dag verskyn, vir my reg geklink. Terloops is ‘n feuilleton op Frans juis ‘n vervolgverhaal, dít wat in Afrikaans deesdae in navolging van Amerikaanse Engels soms ‘n “sepie” genoem word.

Dit is só moeilik om, te midde van die verloedering van Afrikaans deur die magtige Naarpers-groep met sy horde vulgêre joerrnaliste wat blykbeer met Afrikanerhaat vervul is, ‘n perspektief op jou eie mense te verkry. Want anders as die beeld van ‘n beskaafde, wellewende Europa wat die FT, Le Monde en Die Zeit uitdra, gee Beeld, Die Burger en Rapport bloot aan ons weer dat “Afrikaanses” taamlik dom, platvloers, polities korrek en amper wêreldvreemd is. Terwyl die Afrikaner se sportprestasies een van die min dinge is waarop ons nog trots kan voel, word dit deur die Naarpers-groep – soos deur Mandela trouens – uitgebuit in ‘n desperate poging om nog belangstelling by hul verveelde lesers te skep.

Daarom verbly dit my dat daar nog Afrikaners is wat, soos daar destyds gesê is, “kerngesond” gebly het. Dit is mense wat steeds verbete aan beskaafde norme vasklou, vir wie die tierende geweld in ons land glad nie aanvaarbaar is nie en wat na iets hoërs aspireer as om net soos ‘n ANC-politikus of tenderpreneur met materiële vertoon tevrede te wees.

Dis natuurlik nog iets waarin die afskuwelike Naarpers-mense uitblink: ‘n soort agterlike kwasi-Engelse snobisme. My motor het meer as joune gekos, my selfoon is nuwer of, les bes, my kind is op ‘n Engelse skool, so whê!

Is hulle gelobotomiseer of wat?

Maar om links te wees, het reeds jare lank in Suid-Afrika insgelyks snobwaarde. Dis byna ongelooflik, maar baie mense is trots daarop om kommunistiese vriende te hê en sê dit ook sommer vir jou!

Iewers in die vroeë tagtigerjare het daar mos ‘n paar boekies in Afrikaans verskyn wat mense destyds “grensliteratuur” genoem het. Een daarvan, deur Etienne van Heerden, had die titel, My kubaan.

Mandela was, soos Fidel Castro en Joe Slovo, ‘n trotse kommunis en seker ook in sy hart ‘n “Kubaan”. Iewers in Kaapstad, in die hoofkantoor van die Naarpers-groep, sit daar egter ‘n hele gebou vol “Kubane” wat elke dag soos wafferse Moslems met gesigte op die grond bid vir Madiba en Fidel Castro. Met die verskil dat hulle nie in die rigting van Mekka gekeer is nie, maar in die rigting van Havana, daar waar die sigare vandaan kom.

Metafories het elkeen van ons in Suid-Afrika ‘n Kubaan present gekry. My Kubaan is seker Koos Bekker, die Castro van die Afrikaanse media wat met ‘n staatsgreep op Naarpers geslaag het en die maatskappy deur A-klas-aandele beheer. Elke A-klas-aandeel beskik by ‘n Naarpers-jaarvergadering oor 1000 stemme teenoor ‘n N-klas-aandeel se enkele stem. Die koerante in die Naarpers-stal braak elke dag gal oor “apartheid” – wat hulle destyds ondersteun het – maar het niks teen aandeelhouersapartheid nie.

‘n Ander interessante feit is dat die meerderheid van Naarpers se aandeelhouers glo buitelanders is. Dus word die niksvermoedende Afrikaner van Pretoria of Bloemfontein elke dag met propaganda gevoer deur ‘n maatskappy waarvan die besit in die buiteland gesetel is. Dié buitelandse aandeelhouding het ter sprake gekom in ‘n hofsaak tussen Naarpers en Caxton waaroor die Mail & Guardian berig het. Naarpers argumenteer egter dat sy A-aandele plaaslike beheer verseker.

Naarpers ondersteun deesdae die DA, nie die Zuma-ANC nie, maar dan moet ‘n mens onthou dat die DA in 2008 toe die parlement hulde aan die Kubaanse magte by Cuito Canavale gebring het, hom by die ANC en Kuba téén die ou SAW geskaar het. Op ‘n foto verskyn die destydse hoofsweep van die DA, Davidson Orniston, saam met die ANC waar hulle kranse op die graf van ‘n MK-soldaat lê wat na bewering tydens die slag van Cuito Canavale aan die Kubaanse kant dood is.

Miskien is Fidel Castro en broer Raúl nog die hoofaandeelhouers in Naarpers wat dit iewers vanuit ‘n belastingparadys oorsee beheer? In die omgewing van Kuba op ander Karibbiese eilande is daar mos sulke plekke. Wie weet? In die klug wat Suid-Afrika geword het, is enigiets moontlik. Die kommuniste leef soos kapitaliste en die kapitaliste heul met die kommuniste, maar almal steel sáám! Dis skep en gryp, waarna Naarpers elke pasryk gesteelde glanspersoonlikheid in hul tydskrifte en koerante uitstal as mense waarna ons behoort op te sien! Soos Malema met sy Breitling-horlosie en eertydse herehuis in Sandton. Of Kenny Kunene, die soesji-liefhebber, wat van 1997 tot 2003 vir bedrog in die tronk was. Dis regtig iets uit Keiser Nero se dekadente Rome, kompleet met sluipmoorde, want vele mense gaan net só maklik in Suid-Afrika dood, soms ook aan “natuurlike” oorsake… Of “misdaad”. Wat in Suid-Afrika insgelyks as iets natuurliks geag word, want sien: “Almal ly daaronder.”

Suid-Afrika is ‘n land wat menselewens verwoes, deur moord of verkragting of belastering. Waar jy eensklaps jou werk kan verloor omdat jy jou teen babaverkragtings of plaasmoorde uitspreek. Dis ook ‘n land waar sowel die onderwysstelsel as die media soos Naarpers meewerk, nie om mense op te hef nie, maar om hulle te verdom en met sport of drank af te stomp. Panem et circenses, soos die Romeine gesê het.

Omdat ek Europa ken, kan ek nie daardie vasteland veridealiseer nie. Europeërs het ook hul stel probleme, waarvan baie insgelyks deur die multikulture samelewing veroorsaak word! In die Paryse voorstede of banlieues steek jong Arabiere en swartes elke jaar duisende voertuie aan die brand, sommer net vir die lekker.

Hoe mense hulself sien, is egter belangrik. Die spieël wat jy na jouself toe ophou en die beeld wat jy daarin gewaar, bepaal in ‘n hoë mate jou verwagtings, jou toekoms en selfs die standaarde wat vir jou aanvaarbaar is. Die media verteenwoordig in ‘n hoë mate die spieël van ‘n volk of ‘n gemeenskap.

Ná alles is dit die grootste beswaar wat ek teen die Kubaanse, sjiek-radikale, liederlik linkse, platvloerse, vulgêre, vloekende, met anglismes belaaide, Naarpers het: Ek herken my as Afrikaner glad nie daarin nie. Trouens, ek is goddank bly dat die Kubaan, Koos Bekker, blykbaar ‘n klompie jare gelede die gebruik van die woord “Afrikaner” in die blaaie van Die Burger, Beeld en Rapport verbied het. Sedertdien het hulle mos die belaglike term “Afrikaanses” ingevoer om na ‘n denkbeeldige kultuurgroep – of is dit nou juis ‘n gedekultureerde groep? – te verwys.

Vir Naarpers, soos vir vele ander mense trouens, het die Afrikaner opgehou om te bestaan. En soveel te beter! Dit is verkieslik dat ons deur dié mense verloën word as wat hulle ons sou omhels en ons op die duur vind dat ons op ons beurt die adder aan eie boesem vertroetel het.

Nou die dag is ek lus om ‘n nuwe Afrikaanse roman te lees, behalwe nou Gustav Venter se vervolgverhaal op praag. Nêrens op die webblaaie van Afrikaanse uitgewers kan ek egter enigiets nuuts behalwe liefdesverhale vind nie. Dit wil lyk asof ‘n groot deel van die Afrikaanse kultuur oor die afgelope paar dekades deur Naarpers en ‘n paar has-been- Afrikaanse skrywers soos André P. Brink en Antjie Krog – wat sedertdien nie meer in ons taal skryf nie – verloeder of selfs vernietig is. Waarom? Om die plaaslike Engelse of swartes beter te laat voel? Om die Britte of die Swede, wat die ANC as die wonderkuur vir Suid-Afrika se politieke vraagstukke gesien het, ter wille te wees?

So pas het ek Max du Preez se jongste prul van ‘n boek, A rumour of spring, gelees. Of stel dit so: ek het etlike bladsye oorgeslaan waar hy in die gewone Mandela-aanbidding verval en daarom in ‘n rekordtyd op my tablet daaroor geskeer. Dit is so stereotiep en idee-arm dat ek eintlik maar bly is Max du Preez skryf in Engels. In Afrikaans sou dit vir ons ‘n verleentheid gewees het, nog ‘n bydrae tot die Naarpers-werfbobbejaan-plagiaatkultuur.

“Laat ons nie roem nie,” het NP van Wyk Louw op ‘n stadium oor die Afrikaanse letterkunde gesê. Nietemin voel ek trots op wat vandag in Afrikaans, op webblaaie en op sosiale media besig is om te gebeur. Alles is nie ewe stylvol of in goeie Afrikaans verwoord nie. Maar ten minste het duisende Afrikaners daarbuite begin om weer krities te dink, wat onder die huidige omstandighede amper ‘n wonderwerk is!

PRAAG is die anti-Sophiatown. Ek het ‘n teorie dat die kultuur van Sophiatown in die veertiger- en vyftigerjare uiteindelik die hele Suid-Afrika verower het. Dit was ‘n bendekultuur, van materiële vertoon (dikwels met gesteelde goedere), van ontmoetings tussen wit en swart in ‘n demi-monde waar kommunisme en ‘n dweepsieke bewondering vir alles wat swart en Amerikaans is die norm was. Mandela en selfs die Mandela-kultus was reeds in Sophiatown se sjebiens teenwoordig.

Ons is egter besig om die teenvoeter vir die afryslike wêreld van Sophiatown te skep. Naarpers en Koos Bekker met hul miljarde dien Sophiatown se afgode, terwyl ons bloot op onsself aangewese is. Maar net soos Sophiatown se dekadensie, rasse-ideologie en misdadige waardes op die duur dié van Suid-Afrika self geword het, sal Afrikanertrots en -skranderheid weer eendag in ons land oorheers.

Dit kan nie anders nie. Soos Toynbee iewers skryf, was daar maar tot dusver iets soos 28 beskawings op aarde, oor ‘n tydperk van vyf millennia of meer. Die duisende onbeskawings het almal spoorloos verdwyn. Beskawing en geleerdheid móét, soos by Bloedrivier, oor onbeskawing seëvier.

Mag ons gou van Naarpers en sy Sophiatown-gode verlos word. En mag ons beskeie webwerf, ‘n noodsein teen die barbarisme, gelees word en van krag tog krag gaan!

Sluit aan by PRAAG en help ons om die Naarpers-monopolie te beëindig!

‘n Dik spyker gaan rieldans toe

'n Gedeelte van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl
‘n Gedeelte van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl

deur Leon Lemmer

Met kultuur mag nie gemors word nie, maar dit kan nogal snaaks wees as ‘n werklik belangrike persoon daaroor skryf; ‘n krummeltjie wat ‘n brood geword het, soos dit onlangs so mooi op praag gestel is. Kort nadat Michael le Cordeur as’t ware die vloer op die hoofbladsye van Die Burger met sy forumartikel oor die klopse gevat het (2 Jan, p 13; Praag 5 Jan), plaas hierdie koerant as ‘n forumartikel sommer nog ‘n teks van hom oor die bruines se kultuur. Die opskrif is: “Verenig deur die riel” (Die Burger, 7 Jan, p 9). Feitlik onvermydelik is albei artikels ook op die Afrikaanse Taalraad se webwerf gepubliseer. Die onderskrif van laasgenoemde koerantartikel lui: “‘n Aand van rieldans het Michael le Cordeur oortuig dié dans is die ideale manier om brûe tussen taalgemeenskappe te bou en alle Afrikaanssprekendes te verenig.” Sy onderwerpe is dus dans, taal en politiek.

Dié artikel verwys na die ATKV se jaarlikse rieldanskompetisie wat verlede jaar die agste keer aangebied is en wel op 7 Desember by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Op 15 Desember het ek op Praag beswaar teen die etniese eensydigheid van die aanbiedinge by die monument gemaak en onder meer die bevordering van boeremusiek voorgestel. Op 25 deser het ‘n uitvoering van boeremusiek inderdaad daar plaasgevind. ‘n Mens is uiteraard dankbaar dat daar in hierdie opsig erkenning aan Afrikanerkultuur gegee word. Hopelik dui dit op groter ewewig by wat die monumentbestuur vorentoe oor bruin- en Afrikanerkultuur gaan doen. Die ATKV het die rieldansbyeenkoms finansieel ondersteun, maar nie die een vir boeremusiek nie. Dié boeremusiek het wél ondersteuning van kykNet gekry, sodat hierdie byeenkoms seker verfilm is en later gebeeldsend sal word.

Baie joernaliste het oor die Kerstyd vakansie gehou en die enkeles wat in die “enjinkamer” oorgebly het, het teks gesoek om die wit bladsye van die koerant vol te maak. Le Cordeur is ‘n dosent en het die vakansietyd verwyl deur “akademiese bydraes” te lewer. Wat kan meer gepas wees as dat hy put uit die bruines se kultuur en dit aan die breë publiek bekend maak? Maar hy hoef sekerlik nie in hierdie proses Afrikaners af te kraak nie.

Die Burger het weer ‘n foto van die outeur by sy artikel geplaas en genoem dat Le Cordeur die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad én die ondervoorsitter van die Taalmonument is. Ons het dus hier ‘n geval van twee gewigtige poste wat op een mens se skouers rus. Daarby gaan dit om ‘n kulturele saak soos Afrikaans, wat Afrikaners na aan die hart behoort te lê. Dat Le Cordeur hierdie publisiteitskans in ruime mate misbruik om politieke houe teen die blankes in te kry, skeel Die Burger min. Die “bruin stem” moet mos gehoor word en daarom word polities korrek baie dinge oorgesien.

Maar hou deurlopend dop hoe Le Cordeur in sy relaas en heeltemal teenstrydig met sy strewe na inklusiwiteit (dus rasse- en kulturele, insluitende taal-, integrasie) by implikasie en heeltemal onbedoeld ‘n sterk saak daarvoor uitmaak dat bruin- en Afrikanerkultuur liefs apart uitgeleef moet word.

Le Cordeur begin sy artikel op ‘n lekker persoonlike loslitnoot. Hy en sy vrou is nogeens deur die ATKV na die rieldanskompetisie genooi. Hy noem dat mede-bruine Danny Titus die kultuurbestuurder van die ATKV is. Titus “probeer ons reeds geruime tyd daar kry, maar ons program is so vol dat die geleentheid nie daar was nie. Hierdie keer sou niks ons keer nie.” In Desember het Le Cordeur heel terloops opgemerk: “In die onlangse verlede het ek dikwels oorsee gereis” (Praag 5 deser). Gewone mense besef nie hoe sterk die wind is wat deur ‘n werklik hoë boom getrotseer moet word nie. Omdat hy so hoog is, laat so ‘n boom hom ook nie maklik snoei om hom ‘n bietjie aarde toe te bring nie.

Die goeie nuus is dat hierdie dik spyker uiteindelik tyd gevind het om die rieldanskompetisie by te woon. Wie word in Michael se motor gelaai? “Vroulief” Sonia en “my broer Clarence en sy vrou, Jowenen”; dus nie ‘n groepie Afrikaners met flou Afrikaanse name soos Piet en Koos en Anna en Sarie nie. Le Cordeur bely: “Ek slurp die name op soos moerkoffie.”

By die monument loop Le Cordeur, naas Titus, die volgende swaargewigte raak: Japie Gouws, die uitvoerende hoof van die ATKV, Ria Olivier, die projekkoördineerder van die Afrikaanse Taalraad, en Danie van Wyk, die uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Afgesien van Gouws is hulle almal bruin. Le Cordeur noem hierdie uitgelese groepie, waarby hy homself insluit, “die ‘Wie is Wie’ van Afrikaans”. Dalk eerder die “krummeltjies”? Pleks van Standaardafrikaans te bevorder, word dit as ‘n witmanstaal geëtiketteer en steun aan ‘n getransformeerde Afrikaans verleen. Le Cordeur verwys ook na die twee bruin aanbieders van die verrigtinge: Lynette Francis en Elias Nel.

Dan begin Le Cordeur met sy stekies na Afrikaners.

“Daar is ‘n lekker vibe in die gehoor. Niemand is te styf of te bang om te glimlag en te gesels nie. Jy ervaar ‘n heerlike inklusiewe gevoel; anders as by ander Afrikaanse feeste waar die gehore – ongelukkig – dikwels eksklusief wit is. Selfs die direksies – met die uitsondering van die Suidoosterfees – gaan mank aan verteenwoordiging uit die bruin en swart gemeenskappe.”

Wat Cordeur sê, is dat wanneer daar hoofsaaklik bruines teenwoordig is, hy tuis by so ‘n “inklusiewe” samekoms voel. Afrikaners word deur hom negatief, as “styf” en “bang”, gestereotipeer. Hulle word gekontrasteer met wat Jakes Gerwel in sy doktorale proefskrif (1983) die “jolly Hotnots” genoem het. Le Cordeur: “Jy voel dit aan die kielie op jou rug en die loslitgeit in jou tekkies [nie veldskoene nie, Praag 19 deser]: Hier kom ‘n ding!”

Die Suidoosterfees is ‘n Naspers-uitvindsel ten bate van die uitlewing van veral bruin kultuur. Daar is geen Naspers-teenhangerfees vir wittes nie. Die soort “inklusiwiteit” wat vir Le Cordeur by die jaarlikse Suidoosterfeeste sal aanstaan, is die mengsel van Afrikaans en (al hoe meer) Engels in die aanbiedinge. Volgens die webtuiste is dié feesbestuur nie in Roggebaai of op die Kaapstadse strandgebied gesetel nie, maar op die “Foreshore”.

Ons word vervolgens ingelig dat die Le Cordeurs, soos dit seker hoort, hulle in die voorste gestoeltes bevind. Met verwysing na die stof wat letterlik deur die rieldansers opgeskop word, skryf Le Cordeur: “Om heel voor te sit het ook sy nadele.” Uit die name van die rieldansgroepe blyk dit dat hulle, synde van die platteland, Afrikaanse name het; dus anders as die klopse wat uit die stedelike of halfstedelike gebiede van die Wes-Kaap kom en Engelse name verkies. Vanweë sy etnies gedrewe geesdrif oorskat Le Cordeur waarskynlik die verdienste van die rieldansgroepe: “Dit sal my min verbaas as een van hierdie name eendag gehore in die Kunstekaap vermaak.” Die Kunstekaap was vooheen die Nico Malan-teater, maar Afrikanername word mos deesdae uitgevee.

“Dis die mooi van dié fees. Afrikaanse woorde en Afrikaans as taal herleef soos selde tevore.” Maar dit is blykbaar nie vir Le Cordeur moontlik om sy opmerkings tot taal en dans te beperk nie. Hy móét eenvoudig sy anti-Afrikaner-sentiment lug:

“En anders as in 1975, toe die Taalmonument ingewy is en bruin en swart mense uitgesluit was, het die knap leierspan van die ATKV en die inspirende bestuurspan van die Taalmonument gewys dat Afrikaans in sy nuwe inklusiewe gedaante die basis vir nasiebou en versoening kan vorm.”

Le Cordeur noem dit nie hier nie, maar die “nasiebou en versoening” waarna hy verwys, het onder meer ingesluit dat hierdie byeenkoms aan sy held Nelson Mandela opgedra is; nogal deur die ATKV se Japie Gouws (Praag 15 Des). Hoe ver kan verloopte Afrikaners agteroor buig? En dit het gebeur by die Afrikaanse Taalmonument, ‘n plek wat vir tradisionele Afrikaners heilige grond is. Anders as die verloopte Afrikaners is dit die tradisionele Afrikaners wat (in die woorde van NP van Wyk Louw) “nie kon gebuig word soos húl [die ANC se] geweld dit wou.”

Le Cordeur verkies ‘n ander Van Wyk Louw-aanhaling:

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind; dit vorm ‘n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika – die soms nog so ón-helder Afrika; wat daar groots aan hulle vereniging kan ontspruit – dít is miskien wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek”

Dit is moeilik om vas te stel in hoe ‘n mate hierdie woorde ter ondersteuning van Le Cordeur se standpunt vertolk kan word. Die kern van wat Van Wyk Louw sê, is dat Afrikaans wesenlik ‘n Europese taal is wat in Suid-Afrika ontwikkel het. Dit is onwaarskynlik dat daar veel ruimte vir groot nie-blanke (bv Khoi- en slawe-) invloed op Standaardafrikaans gelaat word, maar Wannie Carstens (Praag 17 Nov) is fanatiek begeesterd om juis dit te boekstaaf.

“Die rieldans is die ideale geleentheid om brûe tussen taalgemeenskappe te bou en alle Afrikaanssprekendes te verenig.” Dit kom neer op die bekende voorskrif dat wittes, veral Afrikaners, moet verander en ander se kultuur, bv rieldans, moet omarm, maar dat bv bruines nie hoef te verander en entoesiasties oor bv boeremusiek hoef te raak nie. Le Cordeur verwys na “alle Afrikaansprekendes”, maar voorts dink hy (veral) aan bruines:

“Diegene in die suide op die Kaapse Vlakte en diegene in die noorde van Namakwaland en Boesmanland. En dalk, wie weet, kan ons begin om die magiese krag van die enigste taal wat die naam van ons vasteland dra te herontdek.”

Hoekom herontdek? Le Cordeur dink seker aan die talle bruines wat vanweë apartheid hulle rug op Afrikaans gekeer het. Tradisionele, dus nie-verloopte, Afrikaners hoef nie op so ‘n herontdekkingsreis te gaan nie. Afrikaans was en is wesenlik deel van regte of ware Afrikaners. Dit is in hulle geledere dat die “Wie is Wie” van Afrikaans in 1875, in 1975 en ook op 7 Desember 2013 gevind kan word; nie by diegene wat met ‘n mengsel van lojaliteit en dislojaliteit vorendag kom nie. Lees bv Danny Titus se rubriek oor “ons taaltjie” (Beeld/ATR 23 deser).

Le Cordeur borduur soos volg voort:

“In daardie opsig [nasiebou en versoening] is die Rieldanskompetisie dus ‘n fees wat die ware vryheid van Afrikaans vier. Maar dan Afrikaans met al sy variëteite, kleure en geure. En anders as in 1975 het die Taalmonument nou, bykans 40 jaar later, eers waarlik die doel bereik waarvoor dit aanvanklik opgerig is.”

Waarom die politieke term “vryheid” hier insleep? Daar is nie groter of “ware” vryheid vir Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika nie. Afrikaans is die enigste van die elf amptelike tale wat in die nuwe Suid-Afrika baie aan status ingeboet het en wat deur die ANC-regering waar en wanneer enigsins moontlik benadeel word.

Dit is ‘n wanindruk by Le Cordeur dat daar na die “bevrydingstryd” vryheid in die nuwe Suid-Afrika is. Gedwonge etniese segregasie het plek vir gewonge etniese integrasie gemaak. Le Cordeur se voorliefde vir inklusiwiteit en hibriditeit is deel hiervan. Mede-bruine Jonathan Jansen vereis van studente aan die Universiteit Vrystaat dat hulle ten gunste van gedwonge integrasie (bv van al die koshuise) moet wees en ook homoseksualiteit moet omarm (Die Burger, 20 deser, p 3). Is dit “ware vryheid”? Wat sou Jansen en Le Cordeur se reaksie gewees het as die “apartheidsregime” ideologiese vereistes aan studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland gestel het toe hulle daar studeer het?

“Afrikaans met al sy variëteite” is die frase wat Le Cordeur keer op keer in sy geskrifte ophaal. Dit is deel van die inklusiwiteit wat hy voorstaan. Maar hy is selektief oor waar hy die klem lê. Hy is ‘n geswore apologeet vir Kaaps en het op LitNet neerbuigend na Standaardafrikaans as “maar een van die variëteite van Afrikaans” verwys. Hierdie dik spyker oor Afrikaans ag Standaardafrikaans dus nie hoër of belangriker as Kaaps nie. Daarby doen Le Cordeur nie eens die moeite om te onderskei tussen idiomatiese, eiesoortige, vindingryke Kaaps soos Bo-Kaaps (en bv Griekwa-Afrikaans) en die morsige mengeltaal Kaaps wat met Engelse woorde besoedel is en die voortbestaan van Afrikaans bedreig nie. Klaarblyklik veroorsaak etniese hibriditeit dat bruines maklik ten prooi van taalhibriditeit val. Die onderliggende probleem is ook dat Le Cordeur se etniese verknogtheid meebring dat hy alle taalvariëteite wat bruines voortbring onkrities aanprys en propageer.

Die struktuur van die monument toon ‘n realistiese bewustheid van die bydrae wat nie-wittes tot Afrikaans gelewer het, maar nie ‘n oordrewe entoesiasme daarvoor nie. Dit is te betwyfel of Le Cordeur die doel waarvoor die monument aanvanklik opgerig is, korrek vertolk. Dit is onwaarskynlik dat in 1975 voorsien is dat rieldanskompetisies daar aangebied sou word. Die verband tussen Afrikaans en rieldans is immers nie danig direk nie. Taal en dans verskil.

Maar daar word ‘n politiek gemotiveerde poging aangewend om die bron van sowel rieldans as Afrikaans op dieselfde plek en by dieselfde mense te soek, naamlik aan die Kaap by die Khoi-San. Eerstens word veronderstel dat die Khoi-San altyd hier sou gewees het. Tweedens dat rieldans by die Khoi-San ontstaan het. Derdens dat Afrikaans ingevolge die kombuistaalhipotese simbioties-osmoties by die Koi-San en die slawe ‘n aanvang geneem het. Daar is min historiese getuienis hiervoor, maar dié soort redenasie munt uit in politieke korrektheid. Dit word dus deesdae graag in linkse geledere as die waarheid aanvaar. Waarom hierdie beweerde vindingrykheid van bruines nie ook op ander terreine weerklank gevind het nie, kan sulke apologete nie verklaar nie; of die wittes word soos gebruiklik verwyt dat hierdie bruines se inisiatiewe deur wittes weens rassediskriminasie (segregasie, apartheid) gesmoor is.

Kom ons veronderstel dat rieldans as ‘n kulturele uitdrukking van sommige Afrikaanssprekendes indirek ook Afrikaans kan dien, onder meer omdat die invloed van Afrikaanse lirieke en boeremusiek in sommige gevalle by rieldans waarneembaar is, waarmee rieldans dan inklusiewe oftewel hibriditeitstatus verwerf. Boeremusiek se verband met Afrikaans is meer direk as dié van rieldans, want daar is eksplisiete Afrikaanse lirieke wat daarmee saamgaan en Afrikaners is meer ingebed in Afrikaans as bruines; dus, Afrikaners is meer Afrikaansgetrou. Die Afrikaanse Taalmonument is myns insiens dus ‘n meer natuurlike tuiste vir boeremusiek as vir rieldans. Tog word veel eerder rieldans as boeremusiek daar aangebied. Dit dui op ‘n etnies gedrewe voorkeur by die “inspirende bestuurspan” van die Taalmonument.

Maar Le Cordeur sleep politiek by. Hy wil Afrikaans en die monument vir bv nasiebou en versoening benut; ideale waaraan die ANC lippediens betuig. Dit was sekerlik nie die doel waarvoor die monument aanvanklik opgerig is nie. Die monument het veral in die vorige eeu Afrikanernasiebou onderskraag. Die bedoeling was sekerlik nie dat hierdie monument van 1994 af ‘n bydrae moes lewer tot die bou van ‘n (fiktiewe) nasie wat deur swartes oorheers word nie. Voorheen en tans kon die monument moontlik wél ‘n bydrae lewer deur alle Afrikaanssprekendes saam te snoer.

Rieldans is volgens Le Cordeur ‘n bruikbare instrument vir sowel nasiebou as versoening. Ek dink nie boeremusiek leen hom tot sodanige politieke gebruik in die nuwe Suid-Afrika nie. Dit is waarom Le Cordeur die monument se rieldans- en ek die boeremusiekbyeenkomste bywoon. Ten spyte van al die propaganda oor inklusiwiteit, nasiebou en versoening, is daar wesenlike verskille tussen mense, insluitende etniese en kulturele (dus ook taal-) verskille. Ons moet realisties genoeg wees om dit te erken.

Voetsole en veldskoene: Chris Jones oor versoening

revolution-360x564deur Leon Lemmer

Chris Jones is ‘n teoloog verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy het onlangs ‘n artikel oor versoening in Die Burger (28 Des, p 15) gepubliseer. Daar word berig dat hy die hoof van die US se kantoor vir moraliteit en morele leierskap is. ‘n Mens mag hom dus seker op sy spesialiteitsgebied toets. ‘n Probleem wat hom dadelik voordoen, is dat Jones ‘n eienaardige soort teoloog is. Sy benadering kan seker as na-modernisties beskryf word, as vloei-saam-met-die-stroom; dus as iets in die mode is, kan dit maar onderskryf word.

Jones gun homself hierdie skynbaar bandelose vryheid deur anders as tradisionele teoloë nie na die Bybel te verwys nie. By geleentheid het hy beweer “truths – and in particular Bible truths – are not fixed but wax and wane with the ebb and flow of each new society and culture”. Daarmee pluk Jones enige sprake van ‘n bonatuurlike mat onder die Bybel uit. Die Bybel is volgens hom blykbaar ‘n suiwer mensuitgedinkte en mensgeskrewe teks. Die rots waarop Jones gevolglik eerder bou, is Chris Jones. Op dié manier het hy voorheen sy mening oor bv die doodstraf en homoseksualiteit gelug.

Hierdie keer sê hy dat ons van ons troontjies moet afklim, ons afgode moet agterlaat en mekaar as gelykes moet omhels. Versoening vind glo net tussen gelykes plaas. Dit lyk vir my na ‘n doodloopstraatopsie, want die praktyk toon baie duidelik dat, ten spyte van al die propaganda wat die teendeel beweer, ons in baie opsigte (die opsigte wat wesenlik saakmaak) nie gelykes is nie. Ons moet ons nie laat mislei deur gelykverklaring eers voor die reg en daarna in die politiek (een mens, een stem) nie.

Selfs voor die reg is mense nie gelyk nie, want rykes kan beter regshulp as armes bekostig, sommige mense verstaan hofprosedure beter as ander, kan hulle beter as ander uitdruk en dus hulle belange beter beskerm, ens. Een mens, een stem is in baie opsigte ‘n gevaarlike klug, want mense verskil hemelsbreed in bv ingeligtheid en insig. Die meeste plaaslike kiesers, baie van hulle funksioneel ongeletterd, het geen benul van wat werklik belangrik is in die hede of met die oog op die toekoms nie. Hulle stem op grond van ras, propaganda/hoorsê, intimidasie, ens, in die waan dat hulle hier en nou bevoordeel gaan word.

Waar Jones wei en waarnatoe hy mik, is duidelik, want hy voer sy betoog met woorde soos weerloses, gemarginaliseerdes, verwondes, magteloosheid, uitsluiting, geregtigheid en waardigheid. Al die genoemde woorde word deesdae gebruik (eintlik misbruik) om ‘n saak ter bevoordeling van nie-wittes uit te maak en om wittes te benadeel. Dit is omdat die wittes vir nie-wittes, en veral swartes, se beweerde benadeling verantwoordelik gehou word. Jones se standpunt laat ‘n mens dink aan Sergey Nechayev (1847-1882) en François Furet (1927-1997) se frase “revolusionêre kategismus”. Volgens die HAT beteken kategismus: “Kort begrip … van die vernaamste leerstellinge van ‘n godsdiens.”

Jones gebruik ook ‘n woord wat ons nie in die ou Suid-Afrika gehoor het nie, naamlik voetsoolvlak. Deesdae word die destydse bevoordelingshiërargie soos volg voorgestel: veldskoenvlak heel bo, gevolg deur plakkie- en tekkievlak, en dan die heel laagste, voetsoolvlak. In die nuwe Suid-Afrika is dié piramide, soos dit ‘n revolusie betaam, omgekeer. Diegene op voetsoolvlak (swartes) is nou bo en kry ongekwalifiseerd simpatie, dié op plakkie- en tekkievlak (Asiate en bruines) ‘n mate van simpatie, terwyl dié op veldskoenvlak (wittes, veral Afrikaners/Boere, insluitende boere) verguis word.

Hierdie rondte verwys Jones darem wél na die Bybel, naamlik na die storie van Rispa wat aan God, en nie aan die koning nie, gehoorsaam was. Sy neem nie wraak nie, maar waak eerder oor die lyke van haar kinders. Hierdie verhaal kan op verskillende maniere vertolk word. Jones se uitleg is: Rispa “wórd die gesig van versoening en herstellende geregtigheid.” Godsdiens moet, volgens Jones, nie vir politieke doeleindes misbruik word nie. In hierdie opsig lê daar vir hom op die US-kampus ‘n groot sendingveld braak, want daar is van die rektor en die studentedekaan tot by die dekaan van die fakulteit teologie en ook in daardie fakulteit baie bevrydingsteoloë vir wie dit in die eerste plek nie om religie gaan nie, maar om politiek.

Op die US-kampus is die frase “herstellende geregtigheid” ‘n gewilde mode-frase by veral bevrydings- en (as daar van hulle oor is) ander teoloë. Met “herstellende geregtigheid” word beweer dat daar tydens apartheid (eintlik) geen geregtigheid was nie en dat hierdie positiewe waarde nou teruggebring moet word. Dit word in dieselfde konteks as transformasie, bemagtiging, regstellende aksie, ens, gebruik; dus ter bevoordeling van nie-wittes en benadeling van wittes.

Die revolusionêre aard van hierdie soort geregtigheid word deur Jones belig wanneer hy afwisselend ook die (blykbaar sinonieme) frase “radikale geregtigheid” gebruik; ook “radikale versoening”, wat plaasvind as mense “plekke met die ‘ander’ ruil”. Jones se ideaal van absolute gelykheid word hiermee bereik. Daarom plaas hy “ander” tussen aanhalingstekens. In die salige staat waarin almal gelyk/eenders is, word alle andersheid ontken. Die probleem is dat dit ‘n illusie is; dat (soos die tuin van Eden) so ‘n opset nie in die werklikheid aangetref word nie.

Naas “geregtigheid” vereis terme soos “agtergeblewe” en “gemarginaliseer” ook kwalifisering voordat hulle ondubbelsinnig tuisbring wat bevrydingsteoloë wil sê. Vir bevrydingsteoloë is die probleem dat “agtergeblewe” en “gemarginaliseer” nie duidelik maak of die betrokkenes deur eie toedoen of deur die laakbare gedrag van ander mense agter geraak het of uitgeskuif is nie. Om seker te maak dat dit nie op eersgenoemdes se eie slegtigheid dui nie, word daar dan by voorkeur van “agtergesteldes” gepraat. Dan is die bedoeling duidelik, naamlik dat hierdie mense agtertoe gedwing is, dus dat wittes verantwoordelik gehou word as nie-wittes nie op peil is nie.

Jones se vervreemding van die werklikheid blyk duidelik uit wat hy skryf: “Radikale versoening lei tot ‘n nuwe mensheid … Hierdie núwe mensheid word dikwels gebore in die moeilikste situasies – deur te vergewe, te herstel en te genees.” ‘n Voorbeeld hiervan vind hy dan waaragtig in die naloop van die Reitz-4-episode, wat in werklikheid ‘n geval van grootliks onskuldige studentepret was. In daardie episode is niemand gedood of beseer nie en niemand het werklik skade gely nie, maar die gebeurtenis is ter inkriminering van blankes gewetenloos uitgebuit.

Maar Jones stu voort met nog frases: “deernisvolle geregtigheid” en “radikale transformasie”. Ook: “Deur radikale versoening en herstellende geregtigheid kry mense al meer heelheid.” Jones verwys ook na “ware versoening, genesing en herstel.” Dit sluit aan by die gewilde sinspeling dat daar tydens apartheid (net) gebrokenheid was en dat die wittes siek was en genees moet word.

Soos baie ander skrywers kon Jones in Desember nie iets publiseer sonder om gunstig na Nelson Mandela te verwys nie: “Mandela was iemand wat op profetiese wyse sy lewe vir vryheid en versoening geoffer het, en as president politieke integriteit en sterk waardes soos geregtigheid, vergifnis en menswaardigheid vir ons nagelaat het.” Let op die onnodige gebruik van die tipiese teologiese term “profetiese”. Let ook op die insinuasie dat Mandela soos ‘n messias/verlosser gesterf het om vir ons daardie rits wonderlike waardes te laat beërwe. In die Wikipedia word daarenteen beweer dat Mandela aan ‘n longkwaal dood is.

Wat ek ironies vind, is dat die militante Mandela, wat deur Jones as die toonbeeld van versoening opgehemel word, dit baie duidelik gemaak het dat versoening nie van albei kante, wit én swart, moet kom nie, maar net van die blankes se kant af. Nog meer ironies is dat Mandela ‘n “Reverend Jones” direk teenspreek: “Over and over, he [Jones] preached the importance of reconciliation – implying that it was we who needed to reconcile ourselves to the whites” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 537).

Jones se gevolgtrekking is: “Ons land sal meer effektief op die pad van radikale versoening moet vorder.” Is die idealistiese absolute gelykheid van die gespreksgenote hiervoor ‘n noodsaaklike voorwaarde, soos Jones beweer? ‘n Voorspoedige, veilige land sou myns insiens veel eerder die teelaarde vir die versoening van sy gelukkiger inwoners kon wees. Vir so ‘n land is ‘n heeltemal ander politieke grondslag as die huidige een egter noodsaaklik.

Dit sou versoening bevorder as ook van die dwaasheid van politieke korrektheid afgesien word en daar direk gesê word hoe sommige van ons landgenote kan verbeter. Daar het die onsinnige gewoonte posgevat dat net die wittes sonder ophou sleggesê kan word. Daarenteen mag nie-wittes nie op hulle ooglopende tekortkominge gewys word nie. Dit is heeltemal moontlik dat die een party meer rasioneel oor versoening kan dink en dus beter weet hoe om te versoen as die ander party, wat geneig kan wees om instinktief te reageer en te roem op etniese meerderheidsteun. Kwantiteit as sodanig kan egter nie ‘n tersaaklike bydrae tot versoening lewer nie.

‘n Bekende beeld wat dikwels gebruik word, is dié van die handgeweefde mat. Die koper wat die mat ontvang, kyk graag na die bokant, die mooi kant. Die arbeider wat die weefwerk gedoen het, is baie bewus van die onderkant, wat nie so mooi is nie. Suid-Afrika het grootliks onverdiend in die skoot van die swartes geval. Jones skaar hom aan hulle kant en dink wat hulle doen, is mooi. Daarenteen word diegene onder wie se leiding die land opgebou is, die wittes, deur Jones minder mooi voorgestel, al word ondernemingsgees en voortreflikheid veral by hulle aangetref.

‘n Variasie hierop is diegene, soos Jonathan Jansen, wat bekommerd is oor hoe die relatief talentloses die skoolstelsel ervaar. Daarenteen bekommer ek my oor die begaafde leerlinge wie se talente in ‘n uitsiglose skoolstelsel versmoor word; daardie mense wat die leiding kan neem om die land uit die moeras te sleep.

Dit lyk asof Jones net vir die wittes preek. Dit verbaas my altyd as iemand ernstig voorgee dat hy sy etnisiteit dermate ontgroei het dat hy geen poging aanwend om vir sy identiteitsgenote in die bres te tree nie. Dat daar militante, hardegat swartes is, soos hierbo uitgewys is, is ‘n feit. Hoekom nie direk vir nie-wittes, veral swartes, sê dat sommige van hulle moet ophou om af te breek wat onder wit bewind opgebou is en dat hulle gerus ook kan ophou om die wittes te treiter, te besteel, te benadeel en uit te moor nie? As daar wesenlike resultate na sodanige oproep is, sal dit ‘n hupstoot aan versoening gee.

Die reg op lewe is die fundamenteelste mensereg. Slegs lewende mense kan al daardie ander mooi klinkende menseregte geniet. Dít gee ‘n ander perspektief op die woorde van Antjie Krog waarmee Jones sy artikel afsluit: “Stukkie vir stukkie sterf ons in versoening.”

Inval van die imbesiele

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Ek dink nie daar was al ooit ‘n tydvak wat só deur dom mense oorheers is soos Suid-Afrika oor die afgelope aantal dekades nie. Dit geld sowel die land as Afrikanerinstellings en -kultuur.

Om die braaivleisvuur word daar veel neerhalends gesê oor Jacob Zuma se standerdvierkwalifikasie, maar dis die minste van ons probleme. Wat as die skole en universiteite self die standerdviermentaliteit hul eie gemaak het en as die hele land in kinderlike sotterny verval het?

In Afrikaans het ons die mediagroep Naarpers wat dag na dag, week na week, sy ongeneeslike onnoselheid op ons uitstort. Jacob Zuma met sy standerd vier is veel slimmer as enige Naarpersrubriek- of hoofartikelskrywer. Naas hulle lyk die dansende Zoeloe van Nkandla na ‘n genie. Boonop beheer Naarpers vanuit Kaapstad die Afrikaanse letterkunde, kunstefeeste en alles wat daarmee saamhang. Sedert die sestigerjare het skrywers soos André P. Brink en Antjie Krog wat deur Naarpers as groot geeste voorgehou word, almal die kluts kwytgeraak. ‘n Hele gekkekoor het meegewerk om van die Afrikaner en van Suid-Afrika karikature te maak. Soos die hanswors in die sirkus wat ‘n ander hanswors naboots, het die sienings wat die land vanuit die media, die universiteite en in boeke en films oorspoel, al hoe eenvoudiger en gekker geword.

500px-Erasmus_logo.svgDaar is ten minste twee sienings van domheid. Een, wat in die sestiende eeu deur Erasmus in sy Lof der sotheid verwoord is, sien dit as ‘n wesentlike deel van die lewe, wat vir humor sorg en waarmee ons vir lief moet neem. Desiderius Erasmus (1466-1536) was ‘n Nederlander en dus Eurokaner wat in sy tyd een van die invloedrykste denkers in Europa was. Almal, van Duitse prinse tot die Pous in Rome, het sy boeke gelees. Hy word ook as die vader van die moderne onderwys beskou, van die gedagte dat die hele bevolking aan denke en kennis blootgestel moet word. In die Europese Unie is ‘n uitruilprogram vir studente dienooreenkomstig na hom vernoem.

Dwaasheid kan skadeloos en lagwekkend wees, maar kan ook tot rampspoed lei. Erasmus was geneig tot pasifisme en het daarom gesê dat diegene wat so maklik oorlog bepleit juis die onervarenes in oorlog is.

In Suid-Afrika en onder Afrikaners is domheid nie meer snaaks nie. By ons is dit die sinistere, gevaarlike sy van onnoselheid wat oorheers. Iemand wat meer onlangs oor domheid geskryf het, is die Fransman André Glucksmann wat in 1985 ‘n boek daaroor, La bêtise, die lig laat sien het. Glucksmann is een van die Franse intellektuele wat ook felle kritiek op kommunisme en die voormalige Sowjetunie gelewer het, iets wat hom sekerlik nie in die hedendaagse Suid-Afrika gewild sou maak nie. By ons word kommunisme as “die nuwe swart” gesien! Omdat die goddelike Mandela ‘n kommunis was, kan dit nie heeltemal sleg wees nie, redeneer mense in hul erbarmlike onkunde. In die Naarpersmedia en op voormalige Afrikaanse kampusse is marxistiese denke in die geesteswetenskappe tot die heersende ideologie verhef.

Erasmus, hoewel hy van Rotterdam was, het nie in Nederlands nie, maar wel in Latyn geskryf. In daardie dae was Latyn nog die taal van die geleerdes, maar nie lank ná sy dood nie, sou die volkstale van Europa ‘n sterk opbloei beleef. Die woord wat hy gebruik het, was stultitia wat “domheid” of “dwaasheid” beteken.

André Glucksmann
André Glucksmann

Soms sê ons in Afrikaans: “Hy is gevaarlik dom.” Moontlik is die Franse bedag op die gevaarlike sy van domheid omdat hul woord daarvoor, la bêtise, juis verband hou met die dierlike. La bête beteken immers “die dier”, ook in ‘n Bybelse sin. Om jou te verdom, beteken dus letterlik om jou te verdierlik of om so onnadenkend soos ‘n dier op te tree.

Glucksmann verbind domheid ook aan totalitarisme. As ‘n land hoofsaaklik deur dom mense beheer word, móét dit uiteindelik in outokrasie, korrupsie en dwingelandy verval. In La bêtise som Glucksmann domheid soos volg op:

“Quiconque réduit la bêtise à une simple faiblesse d’esprit la sous-estime: active, jalouse, conquérante, elle classe, ordonne, exclut; elle change d’avis, mais jamais s’avoue se tromper; elle promet divers avenirs radieux et se propulse comme le moteur de l’histoire.”

Overgezet synde:

Wie ook al domheid tot ‘n eenvoudige swakheid van die gees reduseer, onderskat dit: (dit is) aktief, jaloers, verowerend, dit klassifiseer, orden, sluit uit; domheid verander van mening, maar erken nooit dat sy ‘n fout gemaak het nie; dit belowe verskeie rooskleurige toekomste en dryf sigself soos die enjin van die geskiedenis aan.

By elke gedeelte van dié sin kan ‘n mens stilstaan en erken dat dit op ons en ons toestand van toepassing is:

  • Ons onderskat domheid. Daar is soveel dom, onbekwame mense wat deesdae in gesagsposisies verkeer dat ‘n mens jou nouliks ál die funeste gevolge hiervan kan voorstel!
  • Aktiewe domheid. Dis nie vir die dommes genoeg dat hulle dom is nie; hulle neem jou kwalik dat jy nié dom is nie! Daarom moet almal verdom word en diegene wat nie hierby inval nie, word uitgesluit, dus tot ketters verklaar en selfs vervolg.
  • Domheid verander van mening. Is dit nie só waar nie?! Hoeveel kere hoor ‘n mens nie iemand sanik oor hoe verskriklik apartheid was nie en dan dink jy by jouself: “Maar hoekom het jy dan vir die NP gestem?” Insgelyks vind ek dit onnosel verby dat soveel mense wat dink dat “FW die regte ding gedoen het” deesdae steen en been oor ANC-regering kla. Al gaan dit hóé sleg, sal die domme nooit erken dat hy ‘n fout begaan het nie.
  • Dit belowe ‘n rooskleurige toekoms. Weereens, alles wat ons tans in Suid-Afrika moet verduur, word geregverdig in die naam van die rooskleurige toekoms wat op ons wag. Eendag sal almal gelyk wees, almal sal matriekwiskunde slaag en almal sal wetsgehoorsame burgers wees. ‘n Mens moet klipdom wees om so iets te glo, maar dit is so min of meer wat die media en hul meningsvormers elke dag aan ons voorhou.

Gustav Venter is lief om die uitdrukking “die skrander Afrikaner” te gebruik. En dit is waar, op ‘n sekere vlak is ons steeds skrander; ‘n mens sien dit in die jaarlikse matriekuitslae en die vele prestasies wat Afrikaners steeds lewer. Maar danksy die invloed van Naarpers en die geesteswetenskappe aan ons universiteite wat in elke moontlike sin van die woord korrup geraak het, is ons as volk verdom. Met ‘n doel natuurlik, want dit is makliker om dom, onkundige mense te oorheers as slimmes en ingeligtes.

Die Franse koester ‘n heilige vrees vir domheid. Onnoselheid is ‘n konstante gevaar waarteen gestry moet word. Heel pessimisties het die skrywer Flaubert gesê:

“Dwaasheid is iets standvastigs, niks kan dit aanval sonder om daarteen verbrysel te word nie.”

Só is dit ook vandag in Suid-Afrika, ‘n land van stommerikke en idiote! Byna tevergeefs verset ‘n mens jou daarteen, want die dommes daarbuite verstaan niks behalwe die links-liberale propagandaslagspreuke wat reeds dekades lank die land oorspoel nie. Hulle val op hul knieë voor Madiba en aanbid die niet waaromheen hul eie verwarde gedagtes wentel en dwarrel.

Dog ‘n ander skrywer, digter en filosoof, Paul Valéry, het ook die opstand teen dwaasheid verwoord toe hy gesê het:

“La bêtise n’est pas mon fort.” (Domheid is nie my sterk punt nie.)

Suid-Afrika sal waarskynlik nooit van domheid genees kan word nie. Die vele plagiaatskandale rondom swart akademici is maar net die top van die ysberg, want die meeste blankes koester insgelyks ‘n afsku in oorspronklike of skeppende denke. Die Suid-Afrikaanse Engelse aap die Britte en Amerikaners na en deesdae – onder invloed van die anglofiele Naarpers – aap Afrikaners op hul beurt die Engelse na. Ons sit dus met ‘n land vol na-apers en napraters wat al prewelende oor Madiba soos slaapwandelaars oor die afgrond stort.

betiseDie beste wat ons kan doen, is om te probeer om ten minste ‘n gedeelte van Afrikaners se koppe weer vir kritiese denke oop te stel. Ná alles is Erasmus darem ook ‘n Afrikaanse van! Onder ons voorsate was daar briljante mense wat groot wetenskaplike prestasies gelewer het, wat die land met wysheid geregeer het en nie daarvan teruggedeins het om feite en waarhede uit te wys wat hulle ongewild sou maak nie.

Domheid was nog nooit die Afrikaner se sterk punt nie. Ongelukkig was Afrikaners goedgelowig genoeg om hul lot aan die domste politici in die geskiedenis toe te vertrou. Niemand hoef meer oortuig te word dat FW de Klerk en Roelf Meyer twee hopelose onderhandelaars was wat geensins die werklikhede van Afrika en Suid-Afrika in ag geneem het toe hulle ons land sonder rmeer op ‘n skinkbord aan ‘n misdadige, ekstremistiese groep soos die ANC oorhandig het nie. Die boek deur die Nederlandse akademikus, Stephen Ellis, External mission: the ANC in exile, 1960-1990, bevestig dit, want dit ontbloot die hopelose onbekwaamheid van die veel geroemde ANC wat op sigself ‘n klomp narre was. ‘n Vooraanstaande lid van die SAKP het die sogenaamde “gewapende stryd” as ‘n “klugspel” (charade) beskryf; nietemin het die klugspel Suid-Afrika verower, waar sodanige klug tans voortgesit word.

Steeds foeter ons mense egter agter dom leiers aan, asof hulle nou as’t ware aan dwaasheid verslaaf is! Helen Zille was ‘n middelmatige joernalis wat destyds nie deur insig nie, maar deur Boerehaat geïnspireer is om ‘n mindere rol in die ANC se propaganda-oorlog teen die NP te speel. Sy en haar baas, daardie horingdom Engelsman Allister Sparks, wat steeds af en toe sy stommiteite in die Business Day verkondig, het omtrent in stuiptrekkinge van Afrikanerhaat in die destydse Rand Daily Mail verval. Tipies aap sy ook die Britte in hul aanbidding van die swartman na. Blykbaar is daar meer plakkate wat Mandela vereer in Kaapstad waar haar party regeer as in die res van die land. Hoe meer sy in haar blou tekkies saam met swart vroue dans, hoe meer hou die blanke kiesers daarvan. Dis asof sy en Jacob Zuma gesamentlik ‘n nasionale dodedans uitvoer, en bietjie vir bietjie sterf Suid-Afrika. ‘n Wolk van reddelose onnoselheid sweef oor Zille wat waarskynlik nog nooit agtergekom het dat Suid-Afrika nie Engeland is nie — en Kaapstad nog minder die res van Suid-Afrika.

Lenin het mos gepraat van die “nuttige idioot” van wie polities misbruik gemaak kan word. As ons nou praat van die destydse Dakar-gangers, sulke verloopte Afrikaners wat hulle verbeel het dat hulle skrywers of akademici was, dan is ons geneig om die klem op “nuttig” te plaas. Ons dink gewoonlik daaraan hoe Joe Slovo, Thabo Mbeki en wie ook al die spul patete net gebruik het. En ons vergeet dat hul idiotika hul nuttigheid by verre oortref het!

Oorlede Van Zyl Slabbert, wat ook in Dakar was, is verreweg een van die domste mense wat ek ooit die twyfelagtige voorreg gehad het om te ontmoet. In die jare voor sy dood het Slabbert sulke hippie-poncho’s of los hemde gedra om sy groot boeppens weg te steek. Indien hy ooit ‘n brein gehad het, het dit tot in sy maag afgesak en is daar deur die maagsappe halfpad verteer, wat die stommiteite sou verklaar waarmee hy dikwels vorendag gekom het. Natuurlik beskou Naarpers hom vandag as ‘n “groot leier” of iets omdat hy soortgelyk aan soveel ander die verpersoonliking van die Verraaierkaner was. “As jy verraad kan pleeg, is jy slim,” is een van die slagspreuke van die moderne moroon.

Van Zyl Slabbert het egter ‘n ander rol ook gehad: Hy het as ‘n soort hofnar vir die stomonnosele plaaslike Engelse liberale opgetree. Hy is openlik uitgelag omdat selfs hulle kon sien hoe dom hy was, maar dit het hom soos enige hofnar net ‘n gevoel van vervulling gegee!

“Domheid is nie my sterk punt nie,” het Paul Valéry gesê. Maar domheid was júís Van Zyl Slabbert se sterk punt. Hy het ‘n besondere talent daarvoor gehad. Die Universiteit van Stellenbosch sou hom selfs postuum ‘n eredoktorsgraad in dwaasheid kon toeken, soos hulle postuum ‘n eredoktorsgraad aan die kommunis Bram Fischer uitgeloof het.

Ek wil nie eens oor die Universiteit van Stellenbosch, daardie setel van alles wat substandaard en stomonnosel is, begin uitwei nie. Domheid word op Stellenbosch met ‘n soort blye bombasme gepleeg, iets waaroor Leon Lemmer ons al heelwat ingelig het. Die gemiddelde professor in filosofie of staatsleer op Stellenbosch het nog nooit van Desiderius Erasmus gehoor nie. Wat nog te sê Flaubert of Valéry. Selfs al sou hulle, is dit nie vir hulle belangrik nie. Hulle woon in Madibië en is Madibiese sotte vir wie slegs die valse clichés (“lewenswaarhede”) van Mandela oor enige waarde beskik.

Sodra ‘n mens jou radarskerm vir domheid aanskakel, wemel dit van liggies in die ruwe Suid-Afrika. Die Daily Maverick is natuurlik berug vir sy pretensieuse, dom Engelse joernaliste en rubriekskrywers. Dié webblad herinner my onvermydelik aan Nietzsche se woorde in Also sprach Zarathustra:

“…und auch jetzt noch ist der Mensch mehr Affe, als irgend ein Affe.” (…en nou nog is die mens meer aap as enige aap.)

Maar natuurlik “vat” Naarpers se versameling werfbobbejane telkens “die koek”, soos hulle sê. Leon Lemmer het al daarop gewys hoe min Naarpers-redakteurs, asook lede van hul topbestuur, oor tersiêre kwalifikasies beskik. Nie dat ‘n universiteitsgraad hoegenaamd intelligensie waarborg nie. Ek kry die gevoel hulle deel deesdae Ph.D.’s in gelukspakkies uit wat jy by Checkers kan koop. Ook skryf eerstejaarstudente op die kampusse tans sommer terselfdertyd vir ‘n “geletterdheidskursus” in saam met die res van hul vakke, dus kan ons aanneem dat selfs ongeletterdes deesdae by die universiteite welkom is. Met Jonathan Jansen en Russel Botman aan die stuur van sake, kan ons maar ophou om van standaarde te praat en eerder na “laagdalings” verwys en trots wees op hóé laag ons kan daal!

Ek kan nie wag dat Beeld en Die Burger weens die stommiteite waarvan hul blaaie daagliks wemel, finaal sluit nie. Dit sal die Afrikaner van ‘n voedingsbron van dwaasheid verlos. Die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, lyk by uitstek na ‘n na-aper. Ek kan sien hy verlang terug na die dae toe hy by ‘n Engelse koerant was en toe hy belangriker gevoel het. Hy twiet ook naarstiglik op Ingels vir al wat dowwe ster aan die firmament van plaaslike Engelse domheid is, in die hoop dat hulle hom sal raaksien. Hy verpersoonlik die Madibiese moroon wat ‘n soort narsistiese behae in sy eie stuipagtige vertraagdheid skep. Hy is ‘n post-Afrikaner- Afrikaanse of Afrikaan à la Van Zyl Slabbert. Om dit te verstaan moet ‘n mens ‘n rolprent soos The last king of Scotland kyk of die meer onlangse Deense dokumentêr, The ambassador, waarin ‘n Deense joernalis ‘n string swartes omkoop om uiteindelik die Liberiese ambassadeur in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te word sodat hy vrylik diamante met diplomatieke immuniteit kan smokkel. Dit beeld die klugtige aspek van Afrika-regering op besonder treffende wyse uit en ‘n mens kan sien dat Adriaan Basson en sy geesgenote – eintlik buikgenote, want oor ‘n gees beskik hulle nie – uitsien na ‘n tyd in die nabye toekoms wanneer Suid-Afrika ewe korrup en dom as die Sentraal-Afrikaanse Republiek gaan wees.

Só wurg die werfbobbejane aan hul kettings en sê vir hulself bôgom in die spieël van hul onkunde.

Bestry domheid: Ondersteun PRAAG!

Om die verkeerde probleem op te los

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Ons gaan eersdaags weer, soos elke jaar, van die Kaapse pers verneem hoe dit baie beslis hierdie jaar die Kaapse span se jaar in die Super 15 gaan wees, nádat die Stormers ‘n paar wedstryde vroeg in die seisoen wen. En dan, iewers in Mei, gaan die Stormers weer vasval teen iemand, soos wat hulle laasjaar teen die Haaie vasgeval het in die eindstryd, teen die Bulle in Soweto en ook weer teen die Haaie in ‘n ander halfeindstryd.

Vroeg in 2015 gaan Allister Coetzee en sy afrigtingspan dus opnuut kajuitraat hou, vir die soveelste keer, en besluit om aan die Stormers se verdediging te werk. Die probleem is uiteraard dat, alhoewel dit goed en wel is om effektief te kan verdedig, rugbyspanne punte móét kan aanteken, veral in eindstryde wanneer die ander spanne ook hul eie verdediging opskerp. Allister Coetzee verstaan dus nie net die fundamentele probleem nie, maar mors boonop ook tyd om die verkeerde probleem te wil oplos, deur op verdediging te fokus. Jaar ná jaar sukkel die Stormers se 60kg-tuinkaboutertjies in sy agterlyn gevolglik om drieë aan te teken, en elke jaar styg die drankverkope op Nuweland soos hul ondersteuners toenemend gefrustreerd raak.

Die Stormers se afrigters se wanbegrip oor die aard van die probleem, en hul pogings om die verkeerde probleem op te los, word ook in die res van Suid-Afrika weerspieël.

Almal wil byvoorbeeld as op hul hoofde strooi oor die swak matriekuitslae. Die probleem word dan moedswillig misverstaan (‘n gebrek aan voorskoolse opleiding) en die verkeerde oplossings (‘n addisionele 2 jaar voor skool) word oorweeg. Niemand het die politieke moed om eerlik te wees oor die ware probleme nie. ‘n Akademiese matriek is byvoorbeeld nie vir almal beskore nie. Veral nie in Suid-Afrika nie. Die feit dat die meerderheid leerlinge uitsak voor matriek, toon aan dat daar deur die groot gros skoliere en hul ouers onrealistiese verwagtinge gekoester word. Veel minder as 10% van alle leerlinge in SA hoort enigsins op universiteit of selfs in ‘n akademiese matriek. Selfs in ‘n ontwikkelde land soos Duitsland word diegene wat duidelik nie universiteit toe sal kan gaan nie, na meer gepaste opleiding gekanaliseer. So ook is die SADOU-vakbond ‘n reusefaktor in die Madibatopiese skole se onderprestasie, maar om politieke redes sal SADOU nie geneutraliseer kan word nie. ‘n Werkbare oplossing vir die probleem, synde die hokslaan van SADOU asook meer gepaste tipes opleiding as ‘n akademiese matriek vir die groot meerderheid, word nie eens oorweeg nie.

As gevolg van rassistiese RA en kaderontplooiing is die meeste plaaslike owerhede se infrastruktuur op breekpunt. Die inwoners van Brits gooi gevolglik klippe, want hulle sit dae lank al sonder water. As die bewind bloot begryp het dat, om ‘n onbevoegde kader stadsingenieur te maak, die grondoorsaak van die probleem is, het Brits vandag drinkwater gehad. Die regering se reaksie, na die tipiese fatsoen van ‘n sadistiese regime, is egter nie om die grondoorsaak – rassistiese aanstellings van onbevoegde kaders – aan te spreek nie, maar om gewapende polisie in te stuur om sy eie kiesers bokveld toe te skiet. Die ware probleem word dus geïgnoreer en die verkeerde probleem word op totaal die verkeerde wyse, met koeëls, aangespreek.

Ek kan so aangaan; daar is byvoorbeeld nie te veel werkloosheid in die land nie, maar eerder ‘n ooraanbod van hopeloos te veel onopleibare mense asook miljoene onwettige immigrante. Die regering sal egter nie die ware probleem aanspreek soos China gemaak het nie, deur die geboortekoers te beperk, meer gepaste onderrig op skool te verskaf of die grense effektief te polisieer nie, maar sal eerder die spreekwoordelike weermag kry om gate te grawe wat die werkloses dan moet opvul, en dan aanspraak maak daarop dat hy miljoene werksgeleenthede geskep het.

Suid-Afrika se kampioene met die wanbegrip oor die ware probleem, en die gepoogde oplossing van die verkeerde probleem, is egter nie Allister Coetzee of die ANC-bewind nie. Nee, dit is eerder die blanke kiesers, wat steeds hul hoop op die een-bok-tien-leeus-demockracy vestig. Mens hoor dikwels hoe die blanke kiesers sug dat, as die ANC se stemvee net beter opgevoed was, daar hoop sou wees vir die Madibatopiese demockracy. Gelukkig het onlangse verwikkelinge binne die DA, spesifiek die DA se omhelsing van rassistiese RA en SEB, daardie illusie heeltemal vernietig, want ‘n DA-regering sal net so rassisties soos die ANC wees, omdat anti-blanke rassisme uiters gewild onder swart kiesers is. Daar is eweneens geen rede om te dink dat ‘n DA-kader wat na Brits ontplooi word, hom beter van sy taak sou kwyt as ‘n ANC-kader sou maak nie.

Jou en my vriende, gesin en familie begryp dus nie die ware aard van die probleem – Afrika-regerings – nie, maar bluf hulself boonop dat deelname aan ‘n Afrika-demokrasie op een of ander wyse Madibatopië se probleme gaan oplos. Die enigste werkbare oplossing vir blankes, selfbeskikking, word nie net doodgeskree as sogenaamde rassisme nie, maar is ook ‘n moeitevolle punt om te bereik en sal onkonvensionele denke vereis. Daarom gaan die meeste blanke volstruise weer eens hul koppe in die sand begrawe, en in 2014 aan die sinnelose demockracy deelneem.

Vir hulle sê ek: Gaan stem gerus, as dit jou dan beter laat voel. Julle gaan wel op een of ander stadium moet begin eerlik wees en die ware probleem moet konfronteer. Hopelik vóór dit te laat is.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.