Leon Lemmer: Politici met lang oë

Nadat Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, is sy lewensloop datumgewys in Die Burger aangestip. Omdat toegelaat is dat hy oornag van terroris tot vryheidsvegter en selfs heilige getransformeer is, is Mandela se eerste huwelik verswyg. Dat hy as getroude man en flambojante laventelhaan in sy groot Amerikaanse Oldsmobile-motor met vroue soos Winnie rondgeflenter het, is doelbewus weggelaat. Wat by Mandela opgeval het, is “his weakness for women … especially the pretty ones” (David James Smith, Young Mandela, London: Weidenfeld & Nicolson, 2010, p 109). Mandela het self erken: “I led a thoroughly immoral life,” maar op ‘n absurde manier word hy “widely regarded as … perhaps our greatest living beacon of moral authority” (97). “It was hard to accept that family was so unimportant in the scheme of his life” (161). Toe hoogs uitsonderlik ‘n onderhoud met Mandela se eerste vrou, Evelyn Mase, gevoer is, het sy opgemerk dat sy nie verstaan hoe enigeen hom as ‘n heilige kon beskou nie. Fred Bridgland “found her fuming gently at the manner in which her ex-husband’s release [from prison in 1990] was being compared to the second coming of Christ” (59).

Sedertdien is Mandela se drie huwelike in so ‘n mate deur Jacob Zuma getroef dat “die vader van ons jong demokrasie” skynbaar opnuut heilig geword het. Oor Zuma skryf Ben Turok: “Over the years there have been persistent rumours that he tended to be overfriendly with young female cadres in the camps and particularly at Somafco, the ANC school in Tanzania” (With my head above the parapet: An insider account of the ANC in power, Auckland Park: Jacana, 2014, p 78). Ook: “Zuma also came in for some ridicule over his personal life, especially his marriages and extra-marital affairs” (158).

Ronnie Kasrils skryf in sy boek, A simple man: Kasrils and the Zuma enigma (Auckland Park: Jacana, 2017), oor hulle terugkeer uit ballingskap: “My one-time friend Jacob Zuma had returned home to a previous wife in rural Zululand, and at least two wives from exile, with nine children between them, and several other offspring fathered over the years” (p 16). Een van laasgenoemde twee vroue was Kate Mantsho, wat Zuma in Maputo, Mosambiek, leer ken het. Sy het in 2000 selfdood gepleeg. Sy het ‘n nota nagelaat: “‘Life had been hell’ living with him; ‘bitter’ and ‘painful’, she wrote” (28). In Adriaan Basson se boek, Zuma exposed (Johannesburg: Jonathan Ball, 2012), is daar ‘n foto van Gloria Zuma, “Zuma’s sixth wife,” en langsaan ‘n foto van Sonono Khoza, “Zuma’s lover and mother of his child” (p xiv).

Oor die Khwezi- (eintlik Fezekile Ntsukela Kuzwayo) verkragtingsaanklag teen Zuma in 2005 skryf Kasrils: “I knew Zuma’s liking for female flesh” (106) en “knowing his notorious incapacity to control his libido” (112). Khwezi was lesbies en MIV-positief (109). Zuma was 61 en sy 31 jaar oud (113). Zuma is vrygespreek maar “he never apologised to Fezeka or to Beauty Kuzwayo [her mother]” (115). “In the court of public opinion there were no doubts. Zuma had escaped a guilty verdict on the charge of rape” (119-120). “Following the rape trial, the ANC leadership compelled Zuma to pledge that he would no longer engage in extramarital sex, which he soon flouted” (118).

In sy outobiografie skryf FW de Klerk van sy “commitment to Christian values,” wat in dieselfde asem genoem word as sy “responsibility for assuring the best possible future for my own people” (The last trek – A new beginning London: Macmillan, 1998, p xviii). “I had become an important role model in more than just politics” (367). De Klerk roem hierop onmiddellik nadat hy oor sy egskeiding van sy eerste vrou, Marike, weens sy owerspel met Elita Georgiadis, later sy tweede vrou, geskryf het. “Throughout my political career I sincerely tried to separate my personal problems from my political responsibilities” (368). Sedert 1994 ervaar ons daagliks eerstehands in hoeverre De Klerk sy verantwoordelikheid teenoor die blanke kiesers en hulle nageslag nagekom het.

FW de Klerk se ouer broer, Willem (Wimpie, van verlig/verkramp- en Boetman-faam), het destyds aan sy kleinboet die raad gegee dat hy sy egskeiding so vinnig moontlik moet afhandel. Willem was toe reeds self deur sy egskeiding van sy eerste vrou. Hy het toe met sy mede-dosent in kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit, Nina Overton,* getrou. Willem het graag vertel dat hy as dosent uit Potchefstroom weg is omdat hy gedans het, maar van sy studente het aan my genoem dat sy probleem was dat hy, soos Mandela, te lief vir mooi vroue was.

[* In die politieke literatuur kom ‘n mens dikwels die frase “Overton window” teë. Dit is nie na Nina vernoem nie, maar na Joseph Overton (1960-2003). Hierdie venster omraam die idees, veral van ‘n politieke (of breër: ideologiese) aard, wat in ‘n bepaalde (bv die huidige) geestesklimaat in openbare gesprekke aanvaarbaar is of geduld word. Tans is ons sekerlik uitgelewer aan politieke korrektheid, wat een van die manifestasies van kulturele marxisme is. Politieke inkorrektheid (en dus Praag) val buite die Overton-venster. Glenn Beck het ‘n gewilde roman hieroor geskryf: The Overton window (2010, 480p; Amazon Kindle $2,27). In die nuwe Suid-Afrika word al hoe groter beperkings geplaas op wat blankes mag sê. Hulle Overton-venster word al hoe kleiner. Die uitdrukkingsvryheid van swartes, daarenteen, word feitlik in geen opsig aan bande gelê. Vir hulle is daar eintlik nie ‘n Overton-venster nie. Dalk is hulle venster gesteel.]

Dit bring my by ‘n politikus wat vanweë sy tweede huwelik verwant aan hierdie De Klerks is. Ek verwys na Johannes Gerhardus (Hans) Strijdom (1893-1958), ‘n eertydse eerste minister (1954-1958). Strijdom het in 1931 met Susan, die suster van Willem en FW se pa, Jan de Klerk, getrou. Hiermee het Strijdom verwantskap met die Doppers verkry, wat ironies is omdat dit juis die Doppers was wat vergaderings van die Nasionale Party ontwrig het as die gehoor dit gewaag het om gesange te sing (Bloomberg, bron hier onder, p 147-148). Hoewel Jan teen 1954 nog geen politieke pos beklee het nie, het Strijdom sy swaer as ‘n minister in sy kabinet aangestel. Dit is wyd en tereg as nepotisme veroordeel. Hoe uiters nadelig so ‘n vergryp kan wees, blyk uit die feit dat Jan, Willem en FW se betrokkenheid by die politiek tot hierdie misstap teruggevoer kan word. In 1990/94 het dit tot die ondergang van die blanke bewind gelei; iets wat Strijdom sekerlik glad nie begeer het nie.

Oor Strijdom se eerste huwelik is meesal geswyg. Andersins is net vaagweg daarna verwys. Soms is beweer dat Strydom se eerste vrou ‘n Engelse aktrise was. Onlangs is ‘n boek gepubliseer wat in besonderhede oor die gebeure handel: David Bloomberg, The lion and the thespian: The true story of prime minister JG Strydom’s marriage to the actress Marda Vanne (Johannesburg: Bookstorm, 2017, 335p, R300). In Kaapstad was Bloomberg (gebore in 1932) as regspraktisyn bekend, asook in teatergeledere. As polities oorverligte was hy ‘n raadslid van Kaapstad en van 1973 tot 1975 ook die burgemeester. In 1988, toe dit waarvoor hy hom beywer het, naamlik ‘n swart regering, al hoe meer ‘n moontlikheid geword het, het Bloomberg eers na Engeland uitgewyk en hom daarna in Switserland gevestig.

Bloomberg is een van baie anti-apartheidsaktiviste wat die omstandighede in die nuwe Suid-Afrika as onleefbaar beskou en gevolglik geëmigreer het. Deel van Bloomberg se politieke byderwetsheid blyk uit die buitensporige mate waarin hy in hierdie boek homoseksualiteit goedpraat. Wanneer hy Strijdom laat sê: “Sexual preferences have no place in Afrikaner society” (p 148), dateer hy ‘n hedendaagse kwessie terug tot die 1920’s. Ook wanneer hy beweer dat Strijdom tydens ‘n politieke vergadering nie die aanspreekvorm “dames en here” gebruik het nie (152), maar soos die swartes deesdae van “brothers and sisters” gepraat het (148). Ook verwysings na mense wat meer ruimte/”space” in ‘n verhouding wil hê (170, 304), klink erg hedendaags.

Die leeu waarna in die boektitel verwys word, is Hans Strijdom, wat in politieke geledere as die Leeu van die Noorde bekend gestaan het. Die aktrise waarna verwys word, is Margaretha van Hulsteyn, wat die verhoognaam Marda Vanne aangeneem het omdat dit meer aanvaarbaar in Britse teatergeledere is. “A name that tripped a little more easily off the tongue might be more acceptable to English audiences” (61). Die “Vanne” is ‘n aanpassing van Van Hulsteyn (62). Daar word beweer dat Strijdom na aanleiding hiervan ook sy van na Strydom verander het (229), maar ek hou by die meer gebruiklike en oorspronklike spelling van Hans se van. “Thespian” is “a fancy name for an actor or actress … It comes from a fellow called Thespis, an early actor in Ancient Greece” (p 237). Die outeur stal deurgaans sy grondige kennis en ervaring van die teater uit.

Die werk word aangebied as “a biographical novel based on the true story of the marriage, in 1924, of JG Strijdom … to the actress Marda Vanne” (vii). Fiktiewe tonele en dialoog is bygevoeg, asook ‘n vyftal karakters (viii), om die boek meer leesbaar te maak. Hou veral die fiktiewe aard van die dialoog in gedagte. Dit lyk asof die navorsing oor die toneelspelers deeglik gedoen is; minder so wat Strijdom betref. Die outeur gaan taamlik loslit om met historiese gebeure, bv die Suid-Afrikaanse politiek. Hiervoor het hy skynbaar op sy algemene kennis en geheue gesteun. Byvoorbeeld, volgens Hermann Giliomee het die Franse Hugenote tussen 1688 en 1700 in die Kaap aangekom, terwyl Bloomberg wyd van die merk is met “with the arrival of the Huguenots in the 1830s” (148).

Margaretha (1896-1970) was die dogter van ‘n Pretoriase advokaat, sir Willem van Hulsteyn (gebore in 1865), wat as ‘n 15-jarige uit Nederland geëmigreer en hom in Pretoria gevestig het. Sy titel het hy van die Britte ontvang ter erkenning van die dienste wat hy aan hulle tydens die Anglo-Boere-oorlog gelewer het (5). Na die oorlog het Willem egter sterk Afrikaner- en Afrikaansgesind geword. Margaretha was egter ‘n “non-conformist” en ‘n “tomboy” met ‘n sterk wil (6). Haar aggressiwiteit het uiting in “many scraps” gevind, gevolglik het ‘n onderwyser haar die bynaam Scrappy gegee (7). Later sê sy: “I was never a committed Christian … I’m probably agnostic” (175). Ek gebruik voortaan die name Hans en Scrappy.

Scrappy was “flirtatious” en daar was van vroeg af twyfel “to which side of the divide” haar seksualiteit sou ontwikkel (16). Sy was versot op toneelspel en van jongs af “flirt with the actors and actresses” (19). Sy wou egter nie ‘n Afrikaanse aktrise wees nie. Sy het gedink Afrikaanse dramaturge se “outlook is too confined … British plays are far more cultured and cosmopolitan” (26). Sy wou na Engeland gaan vir opleiding as aktrise en bowenal om haar uitspraak van Engels te verbeter (26). Scrappy het op ‘n jong ouderdom die rookgewoonte aangeleer. “This habit gave her additional sophistication” (25).

Terwyl die Van Hulsteyn-gesin in 1912 in Muizenberg vakansie gehou het, het sy as 16-jarige ‘n seksuele verhouding met ‘n jong digter en skilder, Isaac Rosenberg (1890-1918), gehad. Rosenberg is homoseksueel (44) en Scrappy neig lesbies, maar “it’s not a sin” (45). Vir my is die irriterendste kenmerk van die boek die manier waarop Bloomberg vir Rosenberg en later vir Scrappy gebruik om nie net Joodse kultuur te verduidelik nie, maar om alles wat Joods is positief voor te stel en te propageer. Vir hierdie doel word Strijdom erg anti-semities uitgebeeld met Scrappy wat hom nie net oor die Jode teenspreek nie, maar ook oor sy anti-Britse en anti-swart gesindheid. Van Hans word gesê: “His vitriolic dislike of anything Jewish or English and his denigration of people whose skins were darker than his own suggested to Scrappy a person lacking culture and refinement” (164). “There are brilliant Jews in the world who have done much for humankind” (138).

Scrappy sê: “I’ve met a number of Jews and they have all been kind and understanding people, so wise. What makes them cleverer than others? Do you think they really are God’s Chosen People?” (211). Bloomberg dink sekerlik so. Hy laat Gerard Moerdijk sê: “The volk generally resent the Jews being more successful than they are” (212). Shakespeare word soos volg aangehaal: “Hath not a Jew eyes? Hath not a Jew hands, organs, dimensions, senses, affections, passions … If you prick us, do we not bleed?” (138, ook 35). Hans werp teë: “We Afrikaners have our own identity. We have no room for Jews; they cannot be assimilated into our volk … There is no such thing as a good Jew” (139). As teenvoeter verwys Bloomberg na die Boerejode, maar hy spel dit “Boerejoode” (138, 179). Bloomberg sorg dat Eugène Marais die volgende lof aan Jode toeswaai: “Jews … are an extraordinary race and their contribution to the cultural, intellectual, scientific and technological evolution of humankind has been immense … no other race or group of people has even come close in matching, proportionally, Jewish abilities and accomplishments” (178).

Hans is op die plaas Klipfontein in die distrik Willowmore gebore. Hy het hom aan die Victoria College op Stellenbosch in die regte bekwaam (20) en daarna op Nylstroom gepraktiseer (49). Hy was kaptein van die plaaslike rugbyspan (50) en lid van die onlangs gestigte Nasionale Party (21). Hans het die ná-oorlogse Afrikanernasionalisme onderskryf: een volk en een taal. “My people, the Afrikaners, have to be reborn and emerge young and creative and a force to be reckoned with – in business and in politics. If we are not able to do this, there is a fear that we will be wiped out as a people … I find it very difficult to develop any kind of loyalty towards the British. We are a different breed and it is my fear that unless we are very strong our people will be eliminated” (23).

Volgens Hans “the war is not over – it is only half-time. Afrikaner nationalism is on the rise. We suffered enough at the hands of the British. The war was caused by the British. They have lived off our land – and we will get it back” (51). Die laaste sinsnede is later deur Nelson Mandela met pro-swart en anti-blanke motiewe geëggo. Hans word beskryf as “honest … dedicated and incorruptible” (50, ook 133) en as “trustworthy, reliable, God-fearing and loving” (211). “A man of granite determination and huge confidence” (83). “An unabashed and unapologetic champion of white supremacy” (293).

Aan die begin van 1915 vertrek Scrappy, nie sonder aanvanklike teenstand van haar ouers nie, na Engeland en skryf as student in by die Central School for Speech Training and Dramatic Art in Londen (52). Sy is beïndruk met die toneelspel van ‘n opkomende aktrise, Gwen Ffrangcon-Davies (1891-1992), en skryf as ‘n bewonderaar ‘n brief aan haar. Gwen is lesbies en ‘n Christian Scientist (59, 121). Ná ‘n jaar het Scrappy weens die uitbreking van die Eerste Wêreldoorlog na Suid-Afrika teruggekeer. “You have made great strides in remedying your accent … you almost sound British” (60). Terug in Suid-Afrika sê sy: “I don’t speak Afrikaans any longer” (66). “She avoided speaking in her mother tongue” (80). Scrappy woon en sosialiseer in boheemse geledere (70, 80) en tree in ‘n aantal Engelse toneelstukke op. Sy het ‘n “angelic appearance” maar “beneath it lay an enfant terrible who was mischievous, opinionated, promiscuous and even rebellious” (70). In 1918 tydens ‘n besoek aan Kaapstad kom sy weer vir Rosenberg teë, wat ‘n gedig aan haar opdra, maar haar ‘attempt at seduction … failed” (77). Scrappy sê aan Rosenberg: “Perhaps my passion is stronger than yours. I, I have to confess, have probably been promiscuous … Favouring my own gender, I suppose. But I have enjoyed dalliances on the other side too” (75-76). “Her flirtations were many and varied” (80). Sy korrespondeer met Gwen (80).

Scrappy se pa ken vir Hans en hulle woon een van sy politieke vergaderings in Pretoria by. “There was a fire and determination in the man’s eyes that Scrappy had not encountered before” (84). By die onthaal ná afloop van die vergadering word sy aan Hans voorgestel. Dit blyk toe dat Hans al vir Scrappy op die verhoog sien optree het, maar “I would be much happier if you were in the Afrikaans theatre” (85). Hans sê ook: “I have never left my fatherland … I have all the culture I need right here. Afrikaner culture” (86).

Scrappy keer in 1918 terug na Londen en verneem daar dat Rosenberg in Duitsland gesneuwel het (88). Haar Londense agent, Bernie Lewis, is ‘n karakter wat Bloomberg geskep het en hierdie Jood is te goed vir woorde. Lewis sê: “I am a mensch, I assure you … Yiddish. A man of integrity” (95). Scrappy ontmoet vir Gwen, maar hulle kan nie saambly soos Scrappy dit wil hê nie. Gwen sê: “There is a [married] man who has being paying me a lot of attention lately” (100). “This would not be my first choice – my body does not yearn for a man, but in its own way it’s quite thrilling to be in the arms of a handsome man” (101). “A thoroughly deflated and disillusioned Scrappy” gaan terug na haar Londense blyplek en drink sjerrie. “Her excessive drinking and smoking” (136, ook 206) sou ‘n al hoe meer vernietigende rol in haar lewe speel. “The Boers prefer brandy” (118); iets wat sy uitgeleef het (123, 125). Sy speel ses maande lank in toneelstukke in Birmingham (106). Werk is skaars omdat die gewildheid van radio inbreuk op teatergang maak en klankrolprente na verwagting spoedig lewende opvoerings ernstig sou kortwiek (105).

Hierna het Scrappy en Gwen saam in ‘n huurhuis in Londen gewoon (112). Die homoseksuele akteur, John Gielgud (1904-2000), was ‘n huisvriend. Hy het gesê: “Homosexual experience did not exclude those whose preferences lay elsewhere and that it was quite common for people to stray from their first gender of choice” (115). “The theatre … was regarded as a breeding ground for deviant behaviour” (116). “All forms of sexuality were accepted and tolerated by those in the theatre” (117). Maar Gielgud “in public … masquerades as a robust figure of the male sex” (118). Ook Gwen “chose to exercise discretion and presented to the public a much-feminised personality and lifestyle … Scrappy, on the other hand, was much less discreet” (116). Scrappy was nooit so bekend en beroemd soos Gielgud nie; ook nie in dieselfde mate as Gwen nie. “Scrappy did not achieve the same level of stardom as her companion” (114; ook 123). Haar agent sê aan haar: “You’re not the sex-kitten type” (274). Alec Waugh (1898-1981) skryf: Scrappy “lacked sex appeal on stage … She did not look embraceable” (Wikipedia). Soveel te meer vra ‘n mens jou af: Waarom het Hans aangetrokke tot haar gevoel? – hoewel sy dalk as jong meisie aantrekliker as later was.

Na ‘n afwesigheid van vyf jaar het Scrappy na Suid-Afrika teruggekeer om haar pa se 60ste verjaardag te vier (124). “After the sophistication of London [she] found it difficult to fit in to essentially Afrikaner provincial life in Pretoria in 1923 [1925?]” (127). “In her youth, father and daughter had had a special relationship but the more she became involved in theatre, the more they drifted apart” (128). Bloomberg doen deurgaans moeite om die Britse lewenswyse te verheerlik en te beklemtoon hoe agterlik Afrikaners is. Scrappy se pa sê aan haar: “I now know where my roots are and I stand tall as a proud Afrikaner. The move in this country is towards Afrikaner solidarity and nationalism, and the volk, at least, are not going to tolerate [Jan] Smuts’s love affair with foreign countries, particularly the British” (131).

Scrappy ontmoet weer vir Hans nadat haar pa gesê het: “Whenever he sees me he asks about you … He made me promise you’d call him when you got home” (132). Scrappy is pro-Brits, maar Hans sê: “I cannot forgive. And I refuse to forget. Feelings here run very deep. The British are still here – but this is our country; it belongs to the volk” (134). “[I] am prepared to give my life to ensure that this country remains a white Afrikaner nation” (140). Wat het Hans van Scrappy verwag? “To be my partner in building a new country for the Afrikaner people. A South Africa that would be able to compete with other great countries of the world” (142).

Op ‘n politieke vergadering sê Hans: “The white man must rule, and rule firmly with an iron fist” (150). “This is a white man’s country and it has to stay that way” (151). Dan lê Bloomberg hierdie woorde in Hans se mond: “I will propose that we get rid of all the Jews!” (154). Hans en Barry Hertzog stem saam “racial separation is imperative to the interests of our volk … [It] is also in the best interests of Native culture and traditions … it is in their own interest too” (202).

In Nylstroom is die digter, Eugène Marais (1871-1936), en die argitek, Gerard Moerdijk (1890-1958), Hans se grootste huisvriende (162). Soos van Scrappy verwag kon word, word haar verhouding met Hans in Nylstroom dadelik van ‘n intieme seksuele aard. Hulle “rapidly moved from park to first gear” (167). Hoe is dit moontlik dat twee sulke teenoorgesteldes mekaar kon vind? Scrappy het dit later soos volg verduidelik. “When I first met him I did not believe we could even be friends … while I was astonished at his abilities as an orator, I have to confess that I found him a little arrogant and bombastic. And I certainly didn’t share many of his political views. Since then, I’ve got to know him much better … He is undoubtedly a strong man – something I admire – fiercely patriotic, a nationalist, and uncompromising in his politics. He is also, of course, anti-British, anti-Native and anti-Semitic … he is also very intelligent, kind. And he seems to like me – a lot! There are two sides to the man. When addressing a meeting, he is like a lion; politically ruthless, he seems to cast a spell over his audience … He believes every word he says. Off stage, with me, he is gentle and tender” (193-194).

Hans vra haar om met hom te trou (196). Scrappy reageer: “I need time to sort myself out” (196). “I do not share many of the views that define your manifesto” (197). “I don’t hate the British the way you do” (198). Sy hou ook nie van sy “hatred of the Jews” nie (198). “I would worry about your irrational fear of the Natives. You see them very differently to the way I do, as partners in the new Union” (199). Hier het Bloomberg nuwe Suid-Afrika-retoriek tot die 1920’s terugdateer. “We do have these fundamental differences” (199). “I find many of his political views abhorrent” (210). “She did not agree with many of his extreme right-wing views” (207). Sy gaan terug na Londen.

Wanneer Scrappy terugkeer na Pretoria en Nylstroom is daar in kerklike en politieke geledere beswaar teen die sonde van “premarital and extramarital sex” (217) waarin sy en Hans lewe en ook teen haar gehegtheid aan die Engelse (222). Druk word uitgeoefen dat hulle moet trou (223). Hulle raak verloof en Scrappy wil dáár die streep trek. “Why can’t we just go on being engaged?” (233). Daarna stel sy voor: “Say I agree to marry you for a year” (235). Grondliggend aan haar twyfel is nie net Hans se politiek nie maar ook die aard van haar seksualiteit. Hans aanvaar hierdie kompromie in die hoop dat sy hulle huwelik onbepaald sou voortsit (236).

Die huwelik buite gemeenskap van goedere word op 7 Januarie 1924 volgens Scrappy se voorkeure voltrek voor ‘n magistraat, genaamd Wollaston, te Caledonplein, Kaapstad (239). Hans se ouers en sy ouer broer, Matthys, daag vir die onthaal in die Hotel Alexandra in Muizenberg op; nie sy drie ander broers en suster nie (239, 241). In ‘n tydskrifartikel word Hans se ouers as “one of the old pioneer families that settled at Oudshoorn” beskryf (244). Bloomberg noem dat Hans se ouers van Willowmore gekom het en het die vermetelheid om die Strijdoms “unsophisticated farmers” te noem (241). Alles wat Joods is, is volgens Bloomberg wonderlik. Hy vertel, blykbaar met smaak, dat Hans tydens die huweliksonthaal roomys wou hê en toe meegedeel is dat dit nie in ‘n “kosher hotel” verskaf kon word nie. Bloomberg verduidelik wat dit beteken: “We follow the Jewish dietary laws, ‘Kashrut’, which is the separation of meat and dairy. You have already eaten meat and this cannot be followed by ice cream, which is dairy” (245).

Die egpaar bring hulle wittebrood in Hermanus deur (245), gevolg deur ‘n geselligheid in Pretoria (246). Scrappy lig Gwen per brief in oor die gebeure: “I just got used to the relationship and I guess I must now admit to myself, at least, that I am attracted to both men and women … I have told Hans that I will stay married to him for at least one year but I don’t think he takes that seriously” (247). Gwen skryf terug: “I have difficulty in visualising you being married to a politician and living in a small country village. I never thought that you had the capacity to make such a volte-face from the life you were used to and were such a part of in London” (261).

Scrappy woon selde kerk saam met Hans by (252). “Scrappy had not been very successful in making friends with any of the women in Nylstroom. Those she did meet tended to be narrow-minded churchgoers entirely caught up in white nationalistic politics, and she found she had little in common with any of them” (254-255). “There isn’t a woman in this village with even the intellectual capacity of a bobbejaan for me to befriend” (258). Bloomberg sê dit via Scrappy van Afrikanervroue, maar hy durf dit nie van swartes skryf nie. “I’m bored stiff … life here for me is just so dreary” (255). “Dull in the extreme” (259). “The public knows me there [in London]; here I’m a nonentity – the wife of a politician … I don’t see myself as the demure, prim, conforming, churchgoing wife of an ultra-conservative nationalist member of parliament” (256-257). “Being his wife is a lonely experience” (260). “In order to alleviate the depression that had descended on her, she had to find a way of ending the marriage. It had all been a dreadful mistake and she felt that if she acted now she could return to London, pick up the pieces, retrieve her position as a successful actress, possibly resume a private life with Gwen” (263).

Scrappy bespreek haar situasie met Hans. Sy openbaar dat sy lesbies is. “That’s the way I am really … It’s just the way some people are born” (264). “Who knows how better to make love to a woman than another woman? Who knows a woman’s body better than another woman?” (266). Hans se standpunt is bybels gegrond: “It says that women who commit unnatural sexual acts behave immorally and shamefully. It describes sexual impurity as an act that degrades our bodies” (265). “He was grim-faced, clearly hurt and in shock” (265). “I am devastated, Scrappy … Shame on you that you could be so deceitful. You perpetrated a fraud on me … I am mortified” (267). Scrappy reageer: “What I’ve done to her [Gwen] – and to you – is despicable beyond words, I know, and I am deeply ashamed of myself. I have hurt the two people that I care most about” (267). “This life is not for me … I can’t allow myself to be condemned to Nylstroom – or even Pretoria – for the rest of my life. I have no real interest in politics; frankly, I’m bored out of my mind … I’m a city girl and … my future lies on the stage there [London]” (268). “I cannot go on living this lie” (270).

Scrappy is terug na Londen (270). “Her love for Gwen was undiminished” (271). “Heterosexual experience does not preclude a lesbian identity” (295). Tot haar spyt het sy Gwen ‘n jaar lank verruil “for an Afrikaner with whom she had little in common” (272). Gwen neem haar nie dadelik terug in haar huis nie. Gwen stel voor “we both keep our separate homes, certainly for the time being” (295). Gwen voer onder meer hierdie rede aan: “You seem to have a greater need for carnal pleasure than I do” (294).

“A distressed but not embittered Hans Strydom entered the process of adjusting to life without Scrappy” (275). “He … was living the lie that his wife’s absence was no more than temporary” (276). Hy besef egter dat Scrappy nie na hom sal terugkeer nie, gevolglik skryf hy aan haar dat hy om ‘n egskeiding op grond van verlating aansoek gaan doen (277). Sy stem in (278). Op 24 Desember 1924 slaag die aansoek om egskeiding (281). Hierna tree Scrappy in Amerika in ‘n toneelstuk op. Op 1 Februarie 1926 word die egskeidingsbevel skriftelik deur haar in New York City aanvaar (282). Op 12 November 1926 word hulle amptelik geskei (286). “Thus ended a marriage that had lasted some seven months of the parties living together, but which legally endured for two years before termination” (286). Scrappy se reaksie was: “That regretful period of my life is over. I am now a gay divorcee” (289).

“On 14 January 1931, JG Strydom MP, aged thirty-seven, married for the second time. His bride was the twenty-one-year-old Susanna (Susan) de Klerk, who had been born in Aliwal North. She came from a long, well-established line of Afrikaner political stock. Her father was the Reverend Willem Johannes de Klerk, who in 1914 was a founder member of the National Party, and her mother was Aletta Johanna van Rooy. Susan’s brother was Johannes (Jan) de Klerk, who had been born in Burghersdorp but grew up in Potchefstroom” (297). “In 1927, [Jan] de Klerk had married Hendrina Cornelia Coetzer whose father was also involved in Afrikaner politics” (298). Hulle het twee kinders gehad, Willem en FW.

Gwen en Scrappy het mettertyd ‘n eiendom “near Stambourne, about five miles from Finchingfield” (302), genaamd Tagley Cottage, in Essex gekoop. In 1936 het hulle na Suid-Afrika gekom (307) en onder meer Scrappy se ouers besoek. Ná ‘n afwesigheid van drie en ‘n halwe maand was hulle terug in Londen (309). “Although Gwen’s physical needs had waned, their relationship remained a loving one, despite Gwen knowing full well of Scrappy’s affairs with their joint friends, the novelist Angela du Maurier [1904-2002] and the stage director Margaret Webster [1905-1972], among others. Scrappy rationalised her behaviour by convincing herself that her strong libido required attention and that her relationship with Gwen had become an open one. Mutual friends long believed that Gwen’s life was dominated by her work, while Scrappy’s life revolved around her sexuality” (311).

In 1940 het Scrappy en Gwen weer na Suid-Afrika gekom om die gevare van die Tweede Wêreldoorlog te ontduik (314). Hulle het in die stede en op die platteland toneel gespeel (319), “but we know our own professional standards are not being met” (318). “The ladies were invited to have tea in Pretoria with King George VI and Queen Elizabeth during their 1947 royal visit to South Africa” (321). Ná die stigting van die Nasionale Toneelorganisasie het Scrappy van 1948 af in die NTO-raad gedien en van 1950 af as die NTO se artistieke adviseur gewerk (322). In 1950 is Gwen terug na Engeland (322). Scrappy het haar later gevolg maar eers nadat sy weens dronkbestuur gearresteer is (323). In 1952 was albei vir ‘n wyle terug in Suid-Afrika (324). Scrappy het die res van die jare vyftig plaaslik deurgebring. In 1954 het sy Hans per telegram geluk gewens met sy verkiesing as eerste minister (325). Volgens Bloomberg “Strydom was a naked racist and intransigent, and ruled his cabinet with an iron fist” (329). In 1965 het Scrappy Britse burgerskap aanvaar (325). Sy en Gwen het saam in Tagley Cottage gewoon. Na Scrappy se dood in 1970 (325) het Gwen in 1971 vir oulaas weer vir ‘n wyle in Suid-Afrika toneel gespeel (333).

Hans het weens sy troue met Scrappy spreekwoordelik ‘n perd opgeklim wat hy nie kon ry nie. Maar hy het nie ander mense benadeel nie en die skade aan sy openbare beeld redelik gou oorkom. FW de Klerk het egter met sy grondwetlike onderhandelings met terroriste en kommuniste, wat toegelaat is om feitlik ongesteurd hulle gewelddadige bedrywighede voort te sit, ‘n perd opgeklim wat die Europese beskawing, die land en blanke inwoners en hulle nageslag onberekenbare skade aangedoen het. Hans se misstap is mikroskopies klein in vergelyking met De Klerk se kolossale dwaasheid.

Sydney Gregan: Ramaphosa, held van die geldmagte … en die toekoms van die Afrikaner

Die Anglo-Amerikaanse geldmagte is verheug oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot leier van die ANC. Hy is immers ‘n pion van hulle en deur hulle oornag supperryk gemaak. Ja, hy het oornag (vanuit niks!) een van die rykstes in Suid-Afrika geword. Hy is dus diep in die skuld by hulle. “It’s payback time”, soos hulle op Engels sal sê!

Maar wat beteken sy verkiesing vir die Afrikaner se vryheidstryd?

Wel, eerstens moet besef word dat alles in die werking gestel is om die BRICS-greep op Suid-Afrika te verbreek. Jacob Zuma en sy volgelinge se groot misstap was nie soseer staatskaping nie, maar staatskaping deur die verkeerde magte. Deur sy rug op die Anglo-Amerikaanse geldmagte te keer en vir hulp by China, Indië en Rusland aan te klop, was vir seker die grootste rede waarom Zuma deur die geldmagte se media (met Netwerk24 aan die spits) meedoënloos geteiken is. Dit wil voorkom asof hulle in hulle doel geslaag het. Ramaphosa en sy luitenante sal nou alles in werking stel om die VSA en Brittanje se greep op die Suid-Afrikaanse ekonomie te “herstel”. Dat dit op dieselfde neerkom (naamlik staatskaping) skeel hierdie magte min, solank húlle net die beheer kan kry.

Daarmee saam sal Ramaphosa Suid-Afrikaners probeer oortuig dat ‘n lening deur die IMF nou lewensnoodsaaklik gaan wees om die ekonomie te red. Mense wat wakker is weet wat hierdie lenings (met die voorwaardes waarmee dit gepaard gaan) vir die inwoners van verskeie state (waarvan Griekeland seker die beste voorbeeld is) tot gevolg gehad het. ‘n IMF-lening is die sekerste wyse waarop die verknegting van die burgers van hierdie land verseker sal word. Dit sal die geldmagte help, maar dit sal die gewone Suid-Afrikaner se armoede bestendig deurdat sy geld elke dag minder werd sal word en sy las groter.

Ramaphosa sal natuurlik moet hoop dat die NUK van die ANC hom in hierdie stappe gaan steun deur hom ten eerste dadelik president te maak (deur Jacob Zuma te herroep) wat beteken dat hy daar die meerderheidsteun sal moet kry, wat nog gesien sal moet word. Daarby is dit ‘n vraag of die Zoeloes die huidige toedrag van sake gaan aanvaar waar ‘n lid van ‘n klein minderheidsvolkie, die Vendas, nou die lakens gaan uitdeel, terwyl hulle droëbek moet toekyk.

Die persepsie sal natuurlik deur die media geskep word dat Ramaphosa die redder van die nasie is; dít terwyl hy onder die banier van “radikale sosio-ekonomiese transformasie” leier van hierdie terroristebeweging geword het en met alle besluite wat sedert 1994 geneem is, steeds onveranderd en waaraan hy volkome deelagtig is en waartoe hy hom verbind het. Dit sluit in die onteieining van die Afrikaner, die ekonomiese ontmagtiging en identiteitsvernietiging van die Afrikaner — natuurlik part en deel van die Anglo-Amerikaanse geldmagte se plan vir hierdie land!

Ramaphosa is ‘n pion van die geldmagte en is soos Mandela gekoop om die plan van hierdie magte in Suid-Afrika deur te voer. In daardie opsig is hy ‘n groter vyand van die Afrikaner as wat die Zumas ooit kon wees. Hy sal die gedaante van ‘n vriend aanneem terwyl sy werklike agenda telkens bedek en verswyg sal word.

So is die Afrikaner se vryheidstryd deur die keuse van hierdie marionet in werklikheid ‘n reuseterugslag toegedien omdat die Afrikaner opnuut gesus sal word deur ‘n geldeenheid wat tydelik sal verbeter en idiotiese liberale kommentators (libdiote) wat elke dag sy lof sal besing, terwyl pryse van noodsaaklike lewensmiddele net verder sal styg, misdaad steeds sal toeneem onder druk van werkloosheid en onwettige buitelandse immigrante en sal die gewone Afrikaner wat homself buite hierdie geldmagkliek bevind, net verder ontmagtig word.

Ons vryheidstryd is dus op 18 Desember 2017 ‘n geweldige knou toegedien en sal dit ‘n reusepoging verg om die Afrikaner onmiddellik van hierdie bedenklike toedrag van sake bewus te maak!

Volksgeloftefees: Laat die sirenes loei – laat die Volk maar bloei!

Toe kyk ek, en daar was ‘n hand na my toe uitgesteek, en daarin ‘n boekrol! En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee. (Esegiël 2:9-10 OAV)

Dit is vanjaar 179 jaar sedert 16 Desember 1838, – op ‘n baie lang trekpad.

Die Eksodus, deur Horace William Petherick

Wat kan die Boere-Afrikanervolk oortuigend en in verantwoordelike rentmeesterskap voorhou aan mekaar en aan ander, – of aan ons Messias van Nasaret as Hy môre weer sou kom met ons belonging vir wat ons gedoen het in die vlees?

Dit wil voorkom asof ‘n eiesinnige en wederstrewige herversamelde Europese nasie in SuidAfrika nog besig is met “Empiretjies” bou en nie met Koninkryksbou nie. Sou ons as Koninkryksmedewerkers en ‘n Oorblyfsel, – met groot moeite deur Gods hand tot hier gebring, – nie die Koninkryk laat kom op aarde soos in die hemel nie, wie sal dan? Wanneer?

Die belangstelling in die Geloftefees is besig om te groei soos wat eie Christelike volksidentiteit, roeping en plig weer in gebed en verootmoediging onder die druk van die wêreld en van ongeregtigheid in die Nuwe SA herbesoek word en verlore geskiedenis, – inderdaad, ‘n kritiese goue draad – weer in oënskou geneem word.

Steeds egter, lei dit nog nie tot tasbare en oortuigende, volgehoue Godsvrug in en om SA nie.

Die sirenes loei. Die Volk bloei en verarm, – fisies, ekonomies en geestelik. “Leiers” pronk, knoei en lei ons op verdeelde, onboetvaardige maar roemryke en verdrukkende paaie.

Monumente, kerktorings en die laaste tapisserie in die Voortrekkermonument, so tussen die erfgoed van ons vaders, dui op misleidings. Konsentrasiekampkerkhowe toon dieselfde vervallenheid as die hart van Volksgenote,  verward en vervalle in elke lering onder die son.

Geen Volkskerk dui die smal weg in suiwer Skrifgerigtheid meer aan nie. Die Bybel is vir talle nie meer ‘n lig vir die pad en ‘n lamp vir die voet nie. Waarom is die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier gemaak? Waarheen was die Groot Trek-eksodus van die strewende Verbondsvolk op pad?

Waar het ons afgedwaal, en waar gaan ons eindig?

Die Slag van Bloedrivier: 16 Desember 1838

Eer jou vader en jou moeder (en hulle ondernemingsgees, waaronder die Bloedriviergelofte en die Godgegewe uitkoms daarvan), dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. (Eksodus 20:12)

Leon Lemmer: Homoseksuele: Weerstand van die weerloses?

Deesdae word sekere neigings aan ons voorgehou asof dit wêreldwyd korrek sou wees. Die drie belangrikste polities byderwetse gebooie is dat jy bevoordeel moet word as jy nie-wit, vroulik en homoseksueel (insluitende talle variasies) is. Hierdie groepe het ‘n buitengewoon positiewe aansien verwerf. Dit maak nie saak of die mense in hierdie drie kategorieë ‘n minderheid of die meerderheid in ‘n land of die wêreld is nie. Wie bevoordeel moet word, is hulle. Verdienste/meriete word nie as ter sake geag nie. Die ander kant van die munt is dat teen blankes, mans en heteroseksuele gediskrimineer mag en moet word. Ek ervaar dit daagliks as ‘n drievoudige terugslag. Blanke, heteroseksuele mans het skurkstatus verwerf. Feitlik enigiets mag hulle toegevoeg of aangedoen word. Die teenoorgestelde geld egter nie. Wat jy ‘n nie-witte, vrou of homoseksueel toevoeg of aandoen, is aan uiters strenge sensuur en sanksies onderworpe. Jy móét groter simpatie met hierdie drie groepe openbaar as met dié waaraan jy teen wil en dank behoort of jy word ‘n sosiaal uitgeworpene.

Hierdie onverkwiklike werklikheid dien as agtergrond vir my bespreking van die teoloog André Bartlett se boek, Weerlose weerstand: Die gaydebat in die NG Kerk (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017, 304p, R200). In die motto word alle mense asof vanselfsprekend waardig verklaar (p 5), dus ook diegene wat (moontlik) onwaardig is. Van die begin af word eintlik van die veronderstelling van die gelykheid en wesenlike eendersheid van mense (ten spyte van ongelykheid en andersheid) uitgegaan. Daarom word selfdegeslag-verhoudings en “huwelike” (kragtens Wet 17 van 2006 – 263) sonder meer aanvaar. Die enigste manier waarop polities byderwets van gelykheid en eendersheid afgewyk mag word, is om nie-wittes, vroue en homoseksuele meer of hoër of beter as blankes, mans en heteroseksuele te ag.

Die boektitel is ontleen aan Ernst van Heerden (1916-1997) se gedig “Ontsnapping” waarin die frases “weerlose weerstand” en “onbeholpe vlees” voorkom (6). Die woord “weerloos” het ‘n simpatie-dimensie wat deesdae dikwels in die konteks van die armes gebruik word. In dieselfde konteks is daar die stemloses. Die neiging is om sulke weerloses (die armes en stemloses) ten minste histories met nie-wittes en vroue te assosieer. Daarteenoor word homoseksualiteit histories in groter mate met mans as vroue geassosieer. Soos Bartlett gebruik ek die benaming “gay” as ‘n wisselvorm vir “homoseksueel” (33).

Die weerstand wat in die praktyk uit hierdie oorde ervaar word, is dikwels allermins weerloos. Hierdie weerstand kan deesdae uiters aktivisties, militant, gewelddadig en destruktief of ten minste demonstratief, onaangenaam en opdringerig wees. Gayweerstand is al lank nie meer weerloos nie. Die boektitel is nie ingestel op feitelike korrektheid nie. Dit gaan om die opwekking van simpatie in ooreenstemming met die outeur se radikale oortuigings. Die punt is dat die gaydiskoers talle ooreenkomste toon met wat in die politiek gebeur. Diegene wat op die snypunt van die byderwetse (bv linkse, liberale, humanistiese, progressiewe, marxistiese) politiek wil wees, is geneig om sterk pro-gay te wees. As jy daarbenewens ook predikant of teoloog is, word dit eintlik ‘n onverbloemde poging om religie, kerk en evangelie (meer) relevant en aanvaarbaar in ‘n gesekulariseerde wêreld te probeer maak; dus soortgelyk aan die bevrydingsteologie.

Bartlett noem dat die uitgewer Nicol Stassen “voorgestel het dat ek die boek skryf” (304). Op die agterkant beveel Waldimar Pelser, die redakteur van Rapport, die boek aan. Neels Jackson, die redakteur van Kerkbode, het die voorwoord geskryf. Hy plaas die boek dadelik in die politieke arena met verwysing na die slawe en die oopverklaring van die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk vir alle rasse in 1986 (9). Daarna het die NG Kerk by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke aangesluit, wat onder die leiding van mense soos Desmond Tutu, Beyers Naudé en Frank Chikane vóór 1994 openbare onrus gestook en terrorisme aangepor het. Sedert 1998 is die NG Kerk ook lid van die Wêreldraad van Kerke. Nasionale en internasionale aanvaarding van die NG Kerk gaan egter gepaard met ‘n drastiese afname in lidmaatskap. Dit is omdat Afrikaners/Boere kultureel fundamenteel van die deursnee-Suid-Afrikaner en -Afrikaan verskil en verkies om nie wêreldburgers te wees nie.

Die tradisionele standpunt van die NG Kerk was: “Jy gaan hel toe, want jy is skeef” (60). Die toegewings wat die NG Kerk sedert 1986 aan gays gemaak het, word “normalisering” genoem: “die aanvaarding dat heteroseksualiteit nie die enigste normale vorm van seksualiteit is nie. Dit gaan om die groeiende besef dat die spektrum van lesbies, gay, biseksueel, transgender, interseksueel [LGBTI] en dies meer ‘n groter en komplekser werklikheid is as die eenvoudige binêre skema van man en vrou waarmee in die verlede gewerk is” (9). Toe die algemene sinode van die NG Kerk in 2015 besluit het dat homoseksuele in sy kerke burgerlike verbintenisse/huwelike kan aangaan en predikante sowel gay as nie-selibaat mag wees, “het die NG Kerk nie net die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika én in Afrika geword om so ‘n besluit te neem nie, maar ook gedoen wat nog net in ‘n handjievol ander kerke wêreldwyd reggekry is” (13).

Ek aanvaar dat daar in uitsonderlike gevalle mense is wat anatomiegewys (ooglopend en andersins) nóg man nóg vrou is. Daar is ‘n groter groep wat anatomiegewys nie duidelik van die genoemde binêre skema (man/vrou) afwyk nie maar wat in hulle seksuele gedrag voorkeur aan dieselfde geslag gee. Hulle is homoseksueel in funksionering. Wat Bartlett doen, is om sonder meer telkens te beweer dat homoseksuele só gebore is; selfs al voor geboorte só was. Daarmee word die bestaan van fundamenteel verskillende soorte homoseksualiteit ontken. Ek dink dat daar ten minste duidelik tussen aangebore en aangeleerde homoseksualiteit onderskei moet word. Ek kon nie verstaan dat Bartlett enersyds na die interaksie van aangebore en omgewingsfaktore verwys (35) en daaraan voortgaan asof daar slegs aangebore homoseksualiteit is nie. Later verduidelik hy: “Sosiale faktore kan wel ‘n rol speel om ‘n oriëntasie wat reeds vasgelê is te bevestig en die ontplooiing daarvan te bevorder” (50). Wat hy soos die pes vermy, is enige poging om homoseksuele se gedrag te verander.

In 1986, na aanleiding van ‘n 1980-verslag, het die NG Kerk wel tussen kern- en pseudo-homoseksualiteit onderskei (19, 51). Die hedendaagse propagering van die voortreflikheid van gayverhoudings en die buitensporige uiterstes waartoe gegaan word om diesulkes te beskerm en simpatie vir hulle te wek, bring mee dat homoseksualiteit ‘n gesogte modeverskynsel geword het wat deur sommige heteroseksuele nagevolg word. Dit het skynbaar ‘n prestige-saak geword as jy kan sê jy het ‘n selfdegeslag-lewensmaat eerder as wat jy ‘n verstokte, binêre skema, getroude man of vrou is. Sommige mense is nie homoseksueel gebore nie. Hulle word homoseksueel. Dit is dus foutief en doelbewus misleidend om te beweer dat almal wat hulle homoseksueel gedra só gebore is en nie kan verander nie. Die klimaat word deesdae geskep dat hulle nie hoef te verander nie omdat ‘n homoseksuele leefwyse in dieselfde mate as dié van heteroseksuele sosiaal aanvaar behoort te word.

‘n Saak wat glad nie afdoende in die openbare diskoers verreken word nie, is die mate waarin homoseksuele gedrag vir heteroseksuele afstootlik kan wees. Dit gaan nie (noodwendig) om vooroordeel en ‘n gebrek aan verdraagsaamheid (woorde met ‘n sterk politieke konnotasie) nie. Dit kan ‘n heeltemal natuurlike reaksie wees. Dekades gelede het ek die rolprent Deliverance (1972) gaan kyk. Die berugte, uitgerekte verkragtingstoneel van ‘n man deur ‘n man bly my tot vandag toe by as uiters afstootlik. Ek sou te graag nie daardie rolprent wou gesien het nie. Homoseksualiteit is tradisioneel met geslagsverkeer tussen mans geassosieer. Dit is terselfdertyd homoseksualiteit in sy afstootlikste vorm. Dit kom neer op die gebruik van die anus en kolon op ‘n ander manier as wat gewoonlik die geval is. Die verweer is dat homoseksualiteit nie noodwendig so beoefen word nie. Maar die feit is dat dit soms/dikwels hierdie vorm aanneem en vir baie heteroseksuele is dit heeltemal onaanvaarbaar en kan hulle nie hulle seën daaroor uitspreek nie. Daar is al beweer dat (sommige vorme van) homoseksuele gedrag, soos kolonisme, eintlik nie seks is nie maar die nabootsing daarvan. Ek gebruik die term “kolonisme” omdat sodomie ook ander homoseksuele praktyke insluit.

In die mediese vakliteratuur word verduidelik dat die homoseksuele gebruik van die anus en kolon ongewens is omdat die subjek verlies aan ontlastingsbeheer kan ervaar; dermate dat ‘n operasie nodig kan wees. Dit is dus vals om te beweer, soos dikwels gebeur, dat ‘n gay leefwyse niemand skade berokken nie. Daar is ook die kwessie van die verspreiding van veneriese siektes, insluitende die dodelike MIV/Vigs; ‘n aangeleentheid wat glad nie deur Bartlett aan die orde gestel word nie omdat dit hom in die propagering van sy pro-gay standpunt nie pas nie. Die verweer is dat heteroseksuele gedrag óók veneriese siektes versprei. Maar dit is geboekstaaf dat homoseksuele mans ‘n leidende aandeel in die vinnige internasionale verspreiding van MIV gehad het, onder meer weens die neiging by sommige homoseksuele om dikwels geslagtelik te verkeer en daarby met ‘n groot verskeidenheid mense.

Wat Bartlett doen, is dat hy homoseksuele praktyke (sekerlik insluitende kolonisme) goedkeur en propageer. Hy doen dit op grond van sy vertolking van die Bybelboodskap in sy geheel (die liefdesgebod, wat aanvegbaar is – kyk hier onder) en sekere Bybelteksverse. Hierdie teksverse verplig Bartlett om promiskue gedrag by almal (hetero- en homoseksuele) af te keur. Ingevolge die gelykheids- of eendersheidsdogma is homoseksuele gedrag as sodanig volgens Bartlett egter wesenlik nie meer promisku as dié van heteroseksuele nie. Soos oor swartes in die verligte politiek, word deurgaans gehamer op hoe homoseksuele se gevoelsens seergemaak word en die pyn wat hulle moet verduur weens die afkeurenswaardige gesindheid van sommige heteroseksuele. Wat Bartlett nie noem nie, is dat die gaydebat in die NG Kerk uit die staanspoor anders as ander kwessies benader is. Wanneer die NG Kerk voorheen uitsluitsel oor iets (bv doop of dobbel) wou hê, is eerstens nagegaan wat die Bybel sê en daarna hoe dit lidmate of mense in die algemeen raak. In die gaydebat is die prosedure breedweg omgekeer. Die gevoelens en heil van homoseksuele word as uitgangspunt gebruik, of ingevolge menseregte as primêr beskou, en daarna word gepoog om skriftuurlike gronde vir ‘n pro-gay standpunt te vind.

Waarvoor ek onder meer pleit, is dat daar gerus groter begrip kan wees vir heteroseksuele se natuurlike reaksie op die aard van ten minste sommige vorme van homoseksualiteit. Dit beteken op sy minste dat homoseksuele liefs minder demonstratief en uittartend te werk moet gaan. Dit sal ongetwyfeld seksuele harmonie en verdraagsaamheid bevorder. Ek ontken nie dat daar iets soos homoseksualiteit bestaan nie. ‘n Mens moet ook nie sonder simpatie wees vir die klein minderheid wat só gebore is nie. Maar dit is vir baie heteroseksuele swaar om saam te leef met die mate waarin hierdie (ongewone) soort leefwyse deesdae gepropageer en oorpositief voorgestel word. In werklikheid is homoseksualiteit in baie gevalle ‘n sielsongelukkige toestand wat onbestendigheid en selfs selfdood in die hand werk. Die American Psychiatric Association het in 1973 beweer “homosexuality is not an … emotional problem” (35), maar dit veroorsaak sekerlik groot emosionele onstabiliteit in gay geledere. Een gay beweer: “Ek dink ek is bevoorreg om gay te wees” (56) terwyl ‘n ander een daarteenoor sê: “Jy sal nie só [‘n] keuse maak as jy ‘n keuse gehad het nie” (58).

In sommige gevalle het ek hier bo woorde soos “gewoonlik” en “natuurlik” gebruik. Dit is omdat die gewoonte gevestig is dat die woorde “abnormaal” en “onnatuurlik” liefs nie in die konteks van seksualiteit gebruik moet word nie. Dit is ‘n subverskynsel van die gelyk- en eerdersverklaring van mense. Maar homoseksuele as ‘n groep, wat alle vorme van homoseksualiteit insluit, is in alle samelewings ‘n minderheid. Sommige van hulle seksuele praktyke is ongewoon. Dwarsdeur Bartlett se boek word erken dat hulle anders is ten spyte van al die pogings tot gelyk- en eerdersverklaring. In ‘n sin kom dit daarop neer dat gays afwyk van die normale of gewoon gangbare in die samelewing. Bartlett strewe na die assimilasie of insluiting (dikwels “omarming” genoem) van homoseksuele op alle vlakke en oral; dus nie net as gemeentelede nie, maar ook as kerkraadslede en predikante. Soos in die hedendaagse politiek is inklusiwiteit en nie-diskriminasie die wagwoorde.

Selfdegeslag-verhoudings en -huwelike bring nie kinders voort nie. Die vraag is of dit nie ‘n aanduiding kan wees dat die geslagsverhoudings van gays ten minste in daardie opsig onnatuurlik is nie. Die verweer is dat heterogene huwelike soms ook kinderloos is en dat seks nie uitsluitlik met die oog op voortplanting beoefen word nie. Maar die punt is dat voortplanting noodsaaklik vir die voortbestaan van die spesie is en dat gay verhoudings dit verydel en in daardie opsig teenstrydig met die natuurlewe is. Bartlett onderskryf egter die standpunt dat homoseksualiteit “as [‘n] normale variasie van menslike seksualiteit beskou” word (50). “Homoseksualiteit kan beoordeel word as ‘n wisselvorm van normale menslike seksualiteit en is dus ‘n simptoom van die ryke verskeidenheid [diversiteit] wat in God se skepping opgesluit is – vergelykbaar met iets soos linkshandigheid wat voorheen ook as abnormaal beskou is en terapeuties probeer ‘herstel’ is” (87-88).

Dit is seker nie moontlik om meer radikaal pro-gay as Bartlett te wees nie. Die kinders van gay egpare (uit vorige verhoudings, kunsmatige bevrugting of aanneming) behoort volgens hom in die kerk gedoop te kan word. Geen gays, insluitende predikante, hoef selibaat (geassosieer met die Rooms-Katolieke Kerk) te lewe nie omdat dit nie van heteroseksuele verwag word nie. Selfdegeslag-huwelike of “burgerlike verbintenisse” behoort soos tradisionele huwelike in kerke voltrek te kan word. Homoseksuele moet hiervolgens volle en nie tweedeklas-lidmate wees nie (99). Bartlett versuiker die pil van absolute gelyke regte vir almal met die toegewing dat gemeentes self kan besluit wie gedoop of getrou word en of hulle gay kerkraadslede of predikante wil kies. Maar hy weet baie goed as sommige gemeentes ‘n pro-gay gesindheid uitleef en ander dit nie doen nie, daar by laasgenoemdes dadelik ‘n bohaai oor diskriminasie en liefdeloosheid opgeskop sal word. Wat nodig is maar nog nie deur die NG Kerk gedoen is nie, is om omvattend ondersoek in te stel na die gedrag van gay lidmate sodat geweet kan word wat alles deur Bartlett as (Bybels) aanvaarbaar verklaar is.

Diegene wat polities links (oa humanisties) is, hou daarvan om die kernboodskap van die Bybel tot die sogenaamde liefdesgebod te reduseer. Maar dit gaan moeilik om die Ou Testament eerder met liefde as wreedheid te assosieer. In die Nuwe Testament gaan dit ietwat makliker maar die hel bly ‘n baie warm plek. Volgens Levitikus moet jy jou naaste so lief soos jouself hê. Maar hierdie woorde “referred only to fellow Israelites, not to people in neighboring nations” (Robert Wright, The evolution of God, London: Abacus, 2009, p 235, ook 257). “‘Love your neighbor’ is a recipe for Israelite social cohesion, not for interethnic bonding” (260). Van die oudste boek in die Nuwe Testament word gesê: “In the book Mark, the word ‘love’ appears in only one passage” (257). Ons het “reason to doubt that the real Jesus actually uttered the phrase ‘Love your enemies'” (260). “Paul’s ‘brotherly love’ wasn’t truly ‘universal.’ It focussed more heavily on fellow Christians than on outsiders” (299). In die vroeë christelike kerkgeskiedenis was die christen se naaste “his fellow Christian” (283).

Die huidige manie dat ons almal moet liefhê, is onnatuurlik. Ons is (feitlik) noodwendig geneig om diegene naaste aan ons (dus eerder familie as totale vreemdelinge) lief te hê en aangetrokke te voel tot diegene met wie ons kulturele bande het (bv Afrikaners, Europeërs, Westerlinge). Om van ‘n Afrikaner ‘n halsoorkop Afrikaan-liefhebber te maak, kan onmoontlik blyk te wees. Kulturele verskille, soos ander verskille (bv tussen hetero- en homoseksuele), moet eerder erken as ontken word. Insgelyk is die ons/hulle onderskeid so natuurlik soos water. ‘n Mens moet onderskei/diskrimineer om te kan lewe; sekere dinge is goed en gewens terwyl ander dinge sleg is en vermy moet word. Dit hoef nie vooroordeel of benadeling te behels nie.

Tot duser het ek oorsigtelik met Bartlett se boek gehandel en min bladsyverwysings verskaf. Van nou af gaan ek meer spesifiek wees. Ek gaan hoogs selektief te werk en poog om nie te herhaal nie.

In hoofstuk 1 gaan dit vir Bartlett, soos in die politiek, om gelykwaardigheid en menswaardigheid (13). Gays het pyn en verwerping ervaar en verskoning vra is dus aan die orde van die dag (14). Gays is verguis en aan verontmenslikende veroordeling blootgestel en dít weens “valse stereotipering en die gebruik van denkbeelde wat lank reeds verkeerd bewys is, om ‘n uitgediende siening van homoseksualiteit staande te hou” (15). Later word in dieselfde asem genoem: “rassisme, gender-ongelykheid en die miskenning van die menswaardigheid van gays” (42).

In hoofstuk 2 toon Bartlett aan dat die gaydebat in die NG Kerk in dieselfde jaar, te wete 1986, begin het toe die algemene sinode rasse gelyk verklaar het (21) en hierdie kerkgenootskap hom van apartheid gedistansieer het (23). ‘n Bedenklike aspek van hierdie hoofstuk is Bartlett se insinuasie dat diegene wat die luidste teen homoseksualiteit beswaar maak juis diegene is wat gay verhoudings begeer (24, 26).

In hoofstuk 3 word genoem dat homoseksualiteit tydens die grondwetlike onderhandelings van 1990/94 gedekriminaliseer is. In die 1996-grondwet “is daar uitdruklik voorsiening gemaak dat daar teen geen persoon op grond van seksuele oriëntasie gediskrimineer mag word nie” (28). Dit is seker ook toe dat prostitute as sekswerkers ontpop het. Nelson Mandela het die algemene sinode van die NG Kerk in 1994 toegespreek en waaragtig apartheid as ‘n “verskroeide aarde-beleid” bestempel, terwyl dit die ANC se beleid was dat Suid-Afrika tot op die grond afgebreek kon word ten einde dit vir swartes moontlik te maak om die politieke mag in te palm.

Voortaan sou die sinode nie meer peiltrek op “die onfeilbare en letterlike betekenis van elke spesifieke woord en teks” in die Bybel nie (29). Daar sou ‘n “meer genuanseerde hantering van die Bybel” wees, wat die hek wyd ooplaat aan aktiviste soos Bartlett om inlesing van hulle voorkeure in die Skrif te doen; dat dit eerder moet gaan om “die breë [deesdae verpolitiseerde] heilsboodskap” en dat die “proeftekste” (daardie teksverse wat hulle uitdruklik en ondubbelsinnig teen homoseksualiteit uitspreek) “na sekere homoseksuele praktyke verwys, maar nie na homoseksualiteit as sodanig soos ons dit vandag verstaan nie” (29). Dit is glo net “perverse vorme van homoseksualiteit, byvoorbeeld verkragting, tempelprostitusie, afgodery en pederastie [pedofilie – 53]” wat veroordeel word (45). Die term “proeftekste” laat dit klink asof hier voorlopige of hipotesiese stellings gemaak word. In werklikheid is hulle dik spykers in die doodskis van gay lewenswyses.

In hoofstuk 4 word daar soos volg aangehaal: “God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie: (Hand. 10:28)” (49). Die tersydestelling van die onderskeid tussen Jood en nie-Jood word vertolk as “die algemene opheffing van alle uitsluitingskategorieë” (49). Gevolglik mag gays ook nie uitgesluit word nie. Teen niemand mag gediskrimineer word nie. Almal moet so gelukkig moontlik gehou word. Dit lei bv tot Desmond Tutu se gebod dat alle gelowiges, afgesien van die religie waaraan hulle behoort, tot die hemel toegelaat word. Almal is goeie mense. Sondaars word skaars. Bartlett beweer “dat homoseksualiteit … in alle samelewings, op alle vlakke van die samelewing en alle periodes van die geskiedenis voorkom” (50). Dit geld ook misdadigers, sondaars, ens, en verskaf dus slegs ‘n bevestiging van teenwoordigheid en geen kwalitatiewe aanduiding nie.

In hoofstuk 5 word van Levitikus 18:22 en 20:13, wat homoseksuele dade uitdruklik verbied, gesê: “Klaarblyklik geld meeste van hierdie uitsprake … nie meer in letterlike sin vir ons vandag nie” (71). In 1 Korintiërs 6:9 en 1 Timoteus 1:10 word glo “woorde gebruik waarvan die presiese betekenis omstrede is. Hoewel dit duidelik is dat homoseksuele gedrag hier sterk veroordeel word … daar verskillende menings is oor watter spesifieke gedrag ter sprake is” (71). Oor Romeine 1[:26-27]word beweer “dat die betekenis daarvan nie so vanselfsprekend is as wat soms gedink word nie. Hoewel die gedeelte sterk afwysend teenoor homoseksuele praktyke staan, is dit nie die eintlike punt van Paulus se kritiek nie, maar eerder die selfverheffing van die Jode teenoor die heidene” (72). “Net soos die skerp oordeel oor seksuele losbandigheid in die algemeen (soos in vs 24-25) nie beteken dat seksualiteit as sodanig daarmee as sondig afgewys word nie, hoef die skerp oordeel oor homoseksuele losbandigheid in vs 26-27 ook nie sonder meer as ‘n veroordeling van homoseksualiteit as sodanig geïnterpreteer te word nie” (86). Dit lyk na gevalle van: Daar staan nie wat daar staan nie. In hierdie konteks loof Bartlett die teoloog Flip Theron se “kreatiewe vermoë om Bybelse tekste te ontsluit” (76).

In hoofstuk 6 skryf Bartlett: “Die sogenaamde veroordelende tekste in die Bybel nie noodwendig met die verskynsel van homoseksualiteit as sodanig te doen het nie, maar waarskynlik met geperverteerde vorme van homoseksuele uitlewing soos verkragting (in die Sodom-verhaal), tempelprostitusie (in die Levitikus-tekste) en seksuele losbandigheid (in die Korintiërs- en Timoteus-tekste). Oor die saak van homoseksualiteit sê die tekste eintlik baie min” (80). Dit kan daarop neerkom dat Sodom en Gomorra volgens Bartlett behoue moet bly. Ook: “Dat daar redelike eenstemmigheid onder kundiges is dat homoseksualiteit nie aangeleerde gedrag is nie, maar ‘n wesenlike oriëntasie wat baie vroeg reeds (moontlik selfs voor geboorte) vasgelê is en wat slegs in hoogs uitsonderlike gevalle gewysig kan word” (81). Hy praat van “konstitusionele homoseksualiteit (dit wil sê homoseksualiteit as ‘n vaste oriëntasie)” (83). Nêrens stel Bartlett homoseksualiteit as modeverskynsel aan die orde nie.

In hoofstuk 7 word genoem dat Frits Gaum “hom voorheen reeds sterk negatief teen ‘n homoseksuele leefwyse uitgespreek het” (104). Sedertdien het hy ‘n lojale ondersteuner van sy gay predikantseun Laurie geword. Wat as anti-gay tekste beskou is, het “verouderde Skrifuitleg” geword (106). Daar word egter na “eksgays” (109, 110) verwys, wat daarop dui dat gay gedrag wél in heteroseksuele gedrag omskep kan word. Soos in die politiek (dink bv aan die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie) is daar die oproep, “let the gay people tell their own stories” (110). Daar moet nie net óór gays gepraat word nie maar ook en veral mét hulle. Dan móét daar geluister word. Soos in die politiek moet daar eerder op ooreenkomste as verskille gelet word (88).

In hoofstuk 8 kom daar nie eintlik nuwe gesigspunte aan die lig nie. Daar word voorgestel dat die algemene sinode nie in daardie stadium (2007) ‘n meerderheidsbesluit afdwing nie: “dat daar in die plek daarvan eerder gekies sal word vir die verantwoordelike bestuur van die diversiteit in die kerk” (124).

Hoofstuk 9 staan in die teken van die Belydenis van Belhar (1986) waarin daar die tydgenootlike vertolking is van God wat “op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is.” Om in dieselfde asem as hierdie belydenis genoem te word, is vir Bartlett ‘n kompliment (101). Johan Symington, die redakteur van Kerkbode, skryf: “Gemeentes behoort nou, nog meer as ooit, pastoraal uit te reik na hulle wat gemarginaliseer word” (95). Dit gaan om inklusiwiteit. Geen mens moet as heilig of onrein beskou word nie (93). “Dit beteken dat geen menslike kwaliteit, anders as ongeloof, as uitsluitingskategorie deur die kerk hanteer mag word nie” (87). Die “Seisoen van Menswaardigheid” het aangebreek (144).

In hoofstuk 10 word beweer “dat ‘n groot deel van die bevolking so [gay] is” (156). Wanneer gays lewensmaats kies, kan dit gaan om “duursame langtermynverhoudings … en nie om selfsugtige bevrediging nie” (157). Die ideaal is die “normalisering van die posisie van lesbiërs, gays, biseksuele en transseksuele persone binne die kerk” (160). Bartlett erken dat hy “die saak van die kerk se gaylidmate so sterk as moontlik bevorder” (167). Soms het hy hom “onnodig skerp uitgespreek” (173).

In hoofstuk 11 word kant gekies teen “eksklusiewe en ongenaakbare” Skrifvertolking (169). Liefdeloosheid en overdraagsaamheid moet plek maak vir deernis en omgee (170). ‘n “Liefdevolle, barmhartige” vertolking van die Bybel is nodig (171). Daar word verwys na 1 Johannes 4:7-8 waar gesê word: “Liefde kom van God” en “God is liefde.” (173). Dan gly Bartlett na hierdie (gevaarlike) vertolking: “Ek het die mening uitgespreek dat as ware liefde van God kom, en nie van een of ander twyfelagtige bron soos die duiwel nie, ons ons die vraag moet afvra of ons dan die reg het om mense te verhinder om aan hierdie [!] liefde uitdrukking te gee in die vorm van ‘n vaste verhouding van wedersydse trou” (173).”Ten diepste [word] van ons gevra … om uitvoering te gee aan die Bybelse liefdesgebod” (178). In 2015 het die algemene sinode van die NG Kerk wesenlik Bartlett se pro-gay standpunt met 102 stemme teen 88 aanvaar (180). Vier lesbiërs is toegelaat om “elke dag met T-hemde met die logo #liefdeisliefde daarop op die galery van die sinodesaal” te sit (182).

In hoofstuk 12 word vertel van die reaksies op die 2015-besluit waarmee die NG Kerk ‘n “fundamentele skuif gemaak” het (189). “Die mooiste koerantstorie” was van Jean Oosthuizen onder die opskrif, “NG Kerk se eie 2 Februarie” – ‘n verwysing na FW de Klerk se noodlottige toespraak in 1990. “Daarmee het die kerk nou uiteindelik sy eie Rubicon oorgesteek – iets wat die toekoms van die kerk onherroeplik gaan verander” (191). Daar word genoem dat die pro-gay besluit “lotsbepalend” vir die NG Kerk kan wees (189). “Dis ‘n geveg om die siel van die NG Kerk” (203) volgens ‘n predikant, Johannes de Koker. Bartlett meen dat daar nou “op ‘n meer verantwoordelike wyse” met die Bybel omgegaan word (196). ‘n Predikant, Danie Mouton, skryf: “As God gays vir die bediening bly roep, wie kan hulle belet?” (197). Die eintlik vraag is egter: Het God hulle werklik geroep? ‘n Behoudende ouddiplomaat skryf dat ingekoop is “in die kompromie-denke om van die NGK ‘n humanistiese mens-georiënteerde ‘spyskaart-kerk’ te maak … Die kerk moet as roeping van God die waarheid verkondig téén die tydsgees in … Die genade & liefde word nou humanisties-eensydig beklemtoon” (201-202).

Hoofstuk 13 handel oor die gevolge van die spanning en verdeeldheid wat die 2015-besluit in die NG Kerk veroorsaak het. In November 2016 is daar “vir die heel eerste keer in die geskiedenis van die NG Kerk ‘n buitengewone vergadering van die algemene sinode byeengeroep” (203). Soos in Amerika word daar nou gepleit vir “veilige ruimtes” waarin gesprekke oor verskille gevoer kan word (206, 211). Bartlett is beswaard oor die “klandestiene aard” van sommige van die anti-gay gesprekke (216), maar dit is duidelik dat hy aktief betrokke is by soortgelyke “netwerking” ten einde pro-gay resultate te verkry. Myns insiens word daar tereg kommer uitgespreek oor die soort opleiding wat sommige teologiese fakulteite aanbied (217).

Wat ek ontstellend vind, is dat regsmenings wat deur die NG Kerk ingewin is, ook dié deur sy eie regsverteenwoordiger, in Engels is (226, 228, 230, 236, 237). In die Andrew Murray-gemeente in Johannesburg word omsendbriewe aan gemeentelede in Engels gestuur (287). Dan besef ‘n mens dat die NG Kerk deesdae nooit amptelik vir Afrikaans in die bres tree nie; dat hereniging met die Verenigende Gereformeerde Kerk ‘n groot terugslag vir Afrikaans as kerktaal sal wees maar dat dit die NG Kerk skynbaar in geen opsig daarvan weerhou om na kerkeenheid te streef nie.

Bartlett se politieke onderrok hang ver uit wanneer hy oor die opskorting van die 2015-besluit skryf: “Vir my gevoel het ons ‘n situasie soortgelyk aan dié van die 1857 sinode van Kaapse kerke. Die kerk neem [in 2015] met oortuiging ‘n beginselstandpunt, maar besluit dan [in 2016] om ‘ter wille van die swakheid van sommige’ nie uitvoering te gee aan die beginselbesluit nie. Soos in 1857 is dit weereens ‘n besluit ten koste van die meer weerlose en kwesbare lidmate van die kerk” (231). Wat Bartlett doelbewus verswyg, is dat die skeiding van wit en bruin gemeentes in 1857 vrywillig was. Bartlett wil hê dat “ons getrou” moet wees “aan ons beginsels en ons oortuigings” (231), wat uiteraard nie noodwendig Bybels gegrond is nie. Volgens Bartlett word “die [2015-]besluite van die algemene sinode verontagsaam … en die belange van die weerloses in die kerk ondergeskik gestel … aan die belange van die magtiges en die invloedrykes” (232). Bartlett wou ‘n verskil maak (232) maar sy pogings is deur konserwatiewe en fundamentaliste verydel.

Hoofstuk 14 handel oor die 2016-sinode. Bartlett is vol lof vir die 2015-besluit. Oor die 2016-sinode haal hy egter Beeld se karakterisering, “Haat vermom as liefde,” aan (239). “Ek sou nie noodwendig presies hierdie selfde woorde gebruik om my belewenis van die sinodesitting te beskryf nie, maar as ek terugkyk op die meer as dertig jaar van my bediening as predikant in die NG Kerk, staan hierdie sinode seer sekerlik uit as een van die uiterste laagtepunte wat ek nog beleef het. Dit het nie net te doen gehad met die feit dat die 2015-besluit op skokkende wyse van die tafel gevee is nie, maar ook met die toksiese atmosfeer van onderlinge wantroue en ‘n ondertoon van aggressiewe onverdraagsaamheid wat ek aangevoel het” (239).

Meer as 130 dokumente het voor die sinode gedien. Bartlett gooi enige poging tot ewewigtige verslagdoening oorboord deur te erken: “Ek wil wel ‘n paar [dokumente] uitlig wat ‘n besondere indruk op my gemaak het en wat tot ‘n groot mate uitdrukking gee aan my oortuigings” (244), bv die (gevaarlike) onderskeid tussen “Christengelowiges” en “Bybelgelowiges.” Ons moet glo in die eerste plek christengelowiges wees pleks van ongekwalifiseerd Bybelgelowiges te wees (248-249). ‘n Teologiestudent, Stefan de Klerk, het ‘n e-pos, wat sy pa aan hom as sy gay seun gestuur het, voorgelees. Daar word tot hierdie gevolgtrekking gekom: “Ek is ‘n Koningskind se pa – wat ‘n voorreg!” (253).

“Die een voorlegging wat waarskynlik die mees deurslaggewende bydrae gelewer het tot die terugwaartse besluit van die buitengewone algemene sinode, was die gravamen [beswaarskrif] wat deur Chris van Wyk van die Oos-Kaap ingedien is” (257). Hierop is Bartlett se kommentaar: “Die vraag wat Chris myns insiens … nie behoorlik verreken nie, is of dit wat in die Bybel beskrýf word ook vandag as normatiéf beskou moet word. Die Bybel verwoord byvoorbeeld net ‘n patriagale wêreldbeeld” (259). Anders as in 2015 het die 2016-sinode ondubbelsinnig besluit dat “vaste lewensverbintenisse tussen mense van dieselfde geslag vir die kerk onaanvaarbaar is en dat predikante van die kerk op geen manier by die bevestiging van sulke verbintenisse betrokke mag wees nie” (266).

In hoofstuk 15 het Bartlett dit teen die “heteronormatiewe diskoers,” wat hy soos volg verduidelik: “Die manier van dink en redeneer wat daarvan uitgaan dat heteroseksualiteit die enigste norm vir intieme interpersoonlike verhoudings is, en dat alles wat nie daarmee ooreenstem nie as afwykend beskou moet word” (269). Bartlett is erg suur oor die herbesinning wat tot die 2016-besluit gelei het. Hy noem dit ‘n “regsomkeer” (270). Die lesbiërs is nie soos in 2015 toegelaat om met hulle T-hemde die logo #liefdeisliefde uit te stal ten einde die afgevaardigtes tot ‘n pro-gay besluit te intimideer nie. Die huisreëls bepaal: “Geen mense met kleredrag of plakkate of enigiets dergeliks wat standpunte oor selfdegeslagverhoudings verteenwoordig of propageer word toegelaat in die vergadering nie” (270).

Jurie van den Heever en Chris Jones het in Rapport, onder die opskrif “Meer eenders as anders,” ‘n pro-gay betoog gelewer (275). Martie Potgieter dink egter dit is verkeerd om “die NG Kerk die vark in die verhaal te maak” (277). Wannie Carstens het ‘n ander siening en het uit die NG Kerk bedank. Hy dink die sinode het die Bybel selektief gebruik: “My kerk het my in die steek gelaat en verraai” (282). LiMari Louw skryf oor haar “diepste, natuurlike, God-geskape menswees” en pleit vir “liefde … en die aanvaarding van alle mense” (285). Daar was ‘n hofuitspraak waarvolgens “godsdienstige instellings die reg het om in sekere sake wat verband hou met hulle leerstellings teen persone te diskrimineer” (295).

In hoofstuk 16 onderneem Bartlett om aan te hou om weerstand te bied (303).

Ek gee graag erkenning aan die insette wat my broer gelewer het. Hy beskik oor grondige kennis van baie onderwerpe. Elke week lê ek my teks voor publikasie aan hom voor vir die opsporing van tik- en ander foute en kommentaar. Ek is groot dank aan hom verskuldig.

 

Verwoerd se rede oor Bloedrivier

Jaap Marais het oor Verwoerd geskryf dat sy nalatenskap so groot was, dat sy opvolgers nie sy werk kon voortsit nie. Dus, dat daar geen leier was wat opgewasse was vir die taak nie.

Dit is onwaar. Ons ras het die roustof van reuse, — maar is tot nog toe deur geen helder gedagte besiel nie, slegs deur Christenskap.

Hier volg Verwoerd se Geloftedagrede van 16 Desember 1958 soos weergegee in: Verwoerd aan die woord, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964, bl. 189-194.

— Pierre Fouché

Dr H F Verwoerd: Geloftedagrede by Bloedrivier, 16 Desember 1958

Liewe vriende, ek wil praat van toe en van nou. As ons die gees van die wêreld van die tydsgewrig van die Voortrekkers nagaan, dan vind ons dat dit ‘n periode van beroering was in die gemoedere van mense. Daar het destyds ‘n geestestroom oor die wêreld beweeg wat ‘n nuwe atmosfeer geskep het, wat sy invloed gehad het tot so ver as hier in die suide van Afrika. Ons weet almal hoe tydens die Franse Rewolusie ‘n gees van bevryding onder die mensdom ontstaan het; ‘n gees van vryheid en broederskap en gelykheid van alle mense. Dit was gebore uit die omstandighede van die Europa van daardie tyd en is toe verkeerd toegepas op die wêreld daarbuite wat anders was.

Die toepassing van die idee van vryheid en gelykheid en die broederskap van alle mense het aanleiding gegee tot geweldige geskille en twiste en die wanbegrip openbaar van die lewe van mense in ander lande in ander omstandighede. In Europa is geskryf van die edele barbaar, terwyl die mens rondom hulle, die blanke in sy beskawing van daardie tyd, nie geag is nie. In daardie gees is die blankes wat besig was om lande te beskaaf en om die barbaar van homself en van sy verdrukker uit eie geledere te red, as verdrukker beskryf.

Dieselfde het met ons eie nasie en die Voortrekkers gebeur. Geweldige wanvoorstellings het in Europa geheers oor ons mense en die dade wat hier verrig is. Uit daardie lande het vreemde predikante, die Philipse en die Van der Kemps, besiel met die gees wat oor Europa versprei het, gekom na ‘n gebied wat hulle nie geken het nie. Hulle het nie net die Evangelie gebring nie, maar ook die steurnis van die misverstand. Hulle het ‘n ondiens bewys, nie net aan die blanke wat destyds met die Bybel in die hand die binneland ingedring het nie, maar ook aan die heidendom deur hom aan te hits teen die blanke met al sy goeie wil en sy kennis van die toestande hier. Hulle het die weg beswaar en heelwat van die bloed wat vergiet is en die stryd wat veroorsaak is, was die gevolg van die goedbedoelde maar misplaaste oordra van ‘n gees wat in die omstandighede van daardie tyd hier nie gepas het nie.

Daardie gees was nie gerig teen die Afrikanervoorsate alleen nie, maar teen alle blankes. Ook die Engelssprekendes het besef dat die kersteningsproses vir Afrika nodig is en dat die heerskappy van die blanke nodig was om hier in Suid-Afrika die beskawing en die Christendom te bring en uit te bou.

Te midde van dit alles word die optrede van die Voortrekkers deur drie duidelike gesindhede gekenmerk. Die een word gesimboliseer deur die gereedheid van Piet Retief om, waar hulle oop gebied hier gevind het, dit tog deur behoorlike onderhandelings as besit te verkry. Piet Retief was gereed om ‘n ooreenkoms met Dingaan aan te gaan. Hy was gereed om te vertrou en saam te werk. Hy het in die hande van die barbaar die lewens van sy klein groepie metgeselle geplaas. Die vertroue van die blanke, die eerlike opregtheid van die blanke, die onderhandelingsgereedheid van die blanke, die bereidheid om regte toe te ken soos dit pas, elkeen na sy soort en op sy plek, is gesimboliseer met daardie daad van Piet Retief. Verder voortvloeiend uit die gebeure te Moordkoppie, sien ons dat die mense daar vergader nie gereed was om deel te hê aan die selfmoord van ‘n nasie nie. Hulle was nie bereid om pad te gee of om te vermeng nie. Hulle was gereed om te bly of om te trek as dit nodig was na Transvaal, maar waar hulle ook al sou gaan, was hulle gereed om te stry tot die oorwinning toe, te stry om ‘n nasie te help bou. Of die Voortrekker getrek het, of hy geveg het, en of hy die hand aan die ploeg geslaan het wanneer hy in vrede gelaat is, was hy altyd besig om te bou aan sy nasie. Nooit was hy gereed om te verbreek, te vernietig of te verloor nie.

Kenmerkend van daardie stryd was dat die Voortrekker altyd sy kind en sy vrou by hom gehad het. Dit was nie ‘n stryd van mans alleen nie. Dit was nie ‘n stryd net met die wapen in die hand nie. Dit was ‘n stryd van die hele gesin – man, vrou en kind – sy aan sy om die toekoms vir hulle nageslag te beveilig en die suiwerheid van die bloed van die volk te bewaar. Was dit mans alleen wat ‘n land so binnegestroom het, was daar vandag miskien nie ‘n blanke nasie nie. Omdat dit ‘n gesinstrek was en omdat die eenheid van die familie die basiese band was van die demokratiese bestuur van die state wat toe gestig is, kon orde en vrede so gou daar gevind word. Dit was die gesin wat getrek het, die gesin wat gestry het, die gesin wat gebou het.

Dit is wat toe gebeur het. Wat is die posisie vandag?

Daar bestaan ‘n merkwaardige ooreenkoms. Is dit nie so dat ‘n liberalistiese stroom weer vandag besig is om oor die wêreld te beweeg, baie soortgelyk aan 120 jaar gelede nie? ‘n Gees wat in die Tweede Wêreldoorlog, miskien alreeds in die Eerste Wêreldoorlog, sy oorsprong het; ‘n gees wat gebore is uit die ervaring van die mense elders en hulle belange alleen; ‘n gees van liberalisme wat veroorsaak het dat die blanke state so onder mekaar verdeel geraak het dat elkeen vir die welslae van sy oogmerke die steun van die nie-blanke wêreld – hetsy in Asië, hetsy in Afrika – probeer soek het; ‘n gees nie gebore soos dit dikwels voorgestel word uit die hoogste morele oorwegings nie, want dan sou dit nie so verdoemend neersien op die eie blanke in ander dele van die wêreld nie maar teenoor hom ewe begrypend kon staan as teenoor die swarte.

Dit is eienaardig dat die wêreldgees, net soos destyds, nie gerig is teen die Afrikaner nie, maar teen alle blankes. Daardie gees is deurdring van verheerliking vir die edele barbaar. Alles wat die nie-blanke sê of doen, is goed of word goedgepraat. As hy ru of dwaas optree, word dit beskryf as maar net kenmerkend van die oorgangsperiode. Maar as die blanke deur vas te staan, moet sorg dat die beskawing behoue bly, dan is dit verdrukking en word hy gesmaad. Die wêreldgees is ook gerig teen al die koloniale moondhede in Afrika, of dit nou die Portugese of die Engelse of die Belge of die Franse is, en of dit die Suid-Afrikaners is – wie ook al die beskawing hier gebring het, wie ook al die mense gered het van onderlinge uitdelgery, wie ook al dak en voedsel besorg het vir groter massas as wat die land eers kon dra – aan hulle word nie dank gesê vir lewe, vir voorspoed, vir kennis, vir die Godsverryking van hulle gemoed nie. Dit is ook eienaardig dat juis nou weer predikante uit die vreemde moes kom wat die wanbegrippe verder dra – die Huddlestons, die Collinse, die Scotts, die De Blanks – mense miskien met goeie bedoelings, mense besiel deur die gees wat in Europa deur hulle ingedrink is, sommige selfs besiel met ‘n gees wat uit die verwerplike Kommunisme afkomstig is. In hierdie land waar ons as ‘n Christelike volk met kennis van ons geskiedenis en van die natuur van die Bantoevolkere en die peil van hulle ontwikkeling, probeer om te doen wat reg is en wat goed is en wat Christelik is, word ons verdoem uit monde wat eers moes leer voor hulle praat.

Hulle sien nie raak nie dat net soos 120 jaar gelede, daar die duidelikste bewyse bestaan van ons gereedheid om billikheid en reg te laat geskied. Ek het verwys hoe Piet Retief gereed was om ‘n ooreenkoms aan te gaan. Ek voeg daarby dat ná daardie Moordkoppiegebeurtenis onderweg nog ‘n boodskap na Dingaan gestuur het dat as hy berou sou openbaar, die Voortrekkers nog vergewensgesind sou wees en die stryd nie tot die uiterste voer nie. Omdat die boodskap met minagting bejeën is, moes Bloedrivierslag plaasvind.

Net so is die blanke vandag op allerlei wyse gereed om geregtigheid aan die Bantoe te laat geskied. Die beleid van Suid-Afrika is om regte aan die nie-blanke in sy eie gemeenskap en in sy eie gebied te gee waar dit pas.

Weer is dit die blanke volk van Suid-Afrika wat die toestande ken, wat die enigste metode ontwerp het en volg wat vrede kan bring en geregtigheid aan almal bewys. Maar daarin word hy nie gesteun deur diegene wat van buite kom en hom nie begryp nie. Hulle het die verdwyning van die blankedom reeds aanvaar as onvermydelik. Wanneer gepraat word soos in Europa en ook deur sommige in ons eie land dat die oplossing van hierdie stryd geleë is in die samevoeging van alle mense – sogenaamde integrasie – begryp hulle nie dat dit nie eenwordings is nie. Al wat sal gebeur, is die vernietiging van die blankedom. Nie integrasie nie, maar disintegrasie – disintegrasie van die blankedom, van die beskawing en van die godsdiens wat ons geërf het, is die enigste gevolg. Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekker van ouds: „Ons kan nog stry.” En ons sal veg, al sou ons moet ondergaan, maar ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika en die godsdiens wat aan hom gegee is om hier te versprei. En ons sal dit doen net soos hulle – man, vrou en kind. Ons sal veg vir ons bestaan en die wêreld moet dit weet. Ons kan nie anders nie. Ons staan soos ‘n Luther met die Hervorming, met die rug teen die muur. Ons veg nie om geld of goed nie. Ons veg vir die lewe van ons volk.

Maar ons veg nie net vir ons volk nie. Ek is diep sielsoortuig dat ons veg vir die voortbestaan van die blanke beskawing. As ooit ‘n stryd tussen Oos en Wes moet kom, as Afrika ooit êrens sy gewig moet ingooi en dit ‘n beslissende gewig sal wees, dan sal Afrika se gewig aan die kant van die blanke en die Westerse nasies wees aleen as die idee waarvoor ons as ‘n volk staan, kan bly seëvier. Die blanke is aan die suidpunt van Afrika ‘n voorpos van die blanke beskawing en as sodanig die krag van die vegtende massa, vooruitgeskuif daar waar die eerste aanvalle moet kom. Ons weet ons is ‘n klein nasie maar ons weet ook dat ons in ons het die staal en die krag wat by Bloedrivier-triomf teweeggebring het. Wanneer jy in ‘n voorpos is en die gevaar sien wat kom, het jy die reg om boodskappe agtertoe te stuur na die leërs wat nog agter jou skuil. Daarom stuur ons die boodskap aan die wêreld daarbuite en sê ons vir hulle weer eens daar is net een redding vir die blankedom van die wêreld. Dit is dat blank en nie-blank in Afrika elkeen sy regte beoefen binne sy eie gebiede.

Ons veg met alles wat in ons is want ons weet ons is ‘n nasie in wording. Ons weet ons is nog nie die mas halfpad op nie. Ons weet ons is nog maar fondamentlêers net soos die helde van Bloedrivier was. Ons weet ook ons is gewone mense met baie swakhede. Maar ons weet diegene wat geskiedenis maak soos hulle, en soos ons nou, geskiedenis maak van ‘n jong volk wat nog in die lente van sy lewe staan. As die fondamente reg gelê word, kan die mure sterk gebou word. En die fondamente wat ons lê, probeer ons heg en sekuur lê. Ons probeer deur die klei grawe tot op die gruis en die rots, want die nasie van Suid-Afrika moet bestaan tot in verre tye voorentoe. Daarom laat ons ons ook nie tot oorhaastigheid of tot paniek drywe nie. Daarom bou ons op die enigste rots van nasies, nl. die geloof en dieselfde reddende Hand wat Bloedrivier aan ons voorvaders besorg het. Ons bou in geloof, ons bou met krag want ons weet ons is nie doelloos hier geplant nie. Waarom sou driehonderd jaar gelede blankes na die suidpunt van Afrika gelei gewees het? Waarom was die helfte van die land onbeset, waarom kon klein getalle mense so vermeerder en versprei raak oor die hele land? Waarom kon hulle, nieteenstaande hulle Moordkrans en Italeni, ook hulle Bloedrivier verkry? Waarom kon hulle hul vryheidsooloë deurmaak en wen of verloor, tog as ‘n nasie bly voortbestaan? Waarom is dit alles aan ons gegee as daar nie ‘n doel is nie? En ek glo dit is die doel dat ons hier vir die Westerse beskawing en vir die Christelike godsdiens ‘n anker en ‘n stutpunt moet wees. Die Westerse beskawing en die blankedom deurloop ook ‘n krisis, al sien hulle dit nie raak nie. Nog nooit in die geskiedenis, in elk geval die geskiedenis van die afgelope tweeduisend jaar, was die blankedom se posisie so in gevaar soos nou nie. Nie in gevaar weens sy gebrek aan kennis of mag nie, maar in gevaar vanweë dit wat in sy eie gees omgaan: sy innerlike verswakking en verkeerde begrip van wat sy taak op aarde is. En daar moet soms klein groepe wees wat teenstand bied wat uitgebou word totdat dit die hele volkeredom omgryp.

Miskien is dit die doel met ons dat ons hier aan die suidpunt geplant is, binne-in die plek van krisis, om van hierdie weerstandsgroep uit weer die oorwinning te laat uitbou waardeur alles wat opgebou is sedert die dae van Christus, sal staande bly tot heil van die ganse mensdom. Mag u krag hê, volk van Suid-Afrika, om die doel te dien waarvoor u hier gestel is!

Karel Combrinck: Met Jerusalembesluit haal Trump hom argwaan op die hals

So pas het mnr Trump aangekondig dat hy Jerusalem erken as die hoofstad van die staat Israel en die Amerikaanse ambassade daarheen verskuif. Daarmee het hy die gramskap van die grootste deel van die aardbol teen hom verenig. In die jongste stemming van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het al die verteenwoordigers, behalwe Amerika, teen die besluit gestem. Amerika staan dus met hierdie besluit alleen. Tog aanvaar hulle die situasie so en bly by hulle besluit. Waarom?

Eestens is daar die Amerikaanse binnelandse politiek. Mnr Trump se presidentskap is nie bo aanvegbaarheid verhewe nie en ‘n baie groot persentasie van die Amerikaanse volk is trouens teen sy presidentskap gekant. Mnr Trump moet dus klou aan die konserwatiewe kant van die spektrum ten einde sy greep op die presidentskap te behou. En hierdie konserwatiewe kant is in sy geval die fundamentalistiese, oftewel Sionistiese Christenfaksie wat van harte glo dat die bestaan van die staat Israel Bybels gegrond is en dus die wil van die Here is. Hierdie onderwerp behandel ek binnekort breedvoeriger in ‘n afsonderlike artikel.

Benewens die Bybelse argument motiveer die “konserwatiewe” Amerikaanse openbare mening, soos ook natuurlik die linkses, die steun aan Israel op grond daarvan dat dit “die enigste demokratiese staat in die gebied” is. Nogal. In watter opsig is die staat van Israel dan nou meer demokraties as wat bv die apartheidstelsel was wat universeel deur die linkses en konserwatiewes van die Amerikaanse, asook wêreldpolitiek verdoem is? En wat nou van die talle ander lande in die Midde-Ooste wat dan noodwendig minder “demokraties” is as Israel, soos bv Saoedi-Arabië met wie die Amerikaners die hartlikste van verhoudings handhaaf? Wanneer is demokrasie dan belangrik en wanneer nie?

Feit van die saak is dat die Christenfundamentaliste, aangespoor deur hulle goedgelowigheid oor Bybelse beloftes en lobbygroepe wat mnr. Trump gemanipuleer het om die posisie van wat die Amerikaners noem, die “fall guy” in te neem. Met ander woorde, wat Israel betref, is hy nou die sondebok wat in die oë van die wêreldmening die skuld dra vir die rampspoedige besluit om Jerusalem die amptelike hoofstad van die staat Israel te maak. Daarmee het mnr. Trump, soos soveel ander voor hom, die status van die bruikbare idioot bekom.

Dan Roodt: Gaan die EU apartheid najaag of Afrika oplaas onafhanklik maak?

Vir baie Afrikaners het die onlangse Europese-Afrika-spitsberaad in Abidjan ‘n gevoel van déja vu ontlok. In die laat veertigerjare is sulke konferensies ook in Suid-Afrika gehou waar vrese uitgespreek is dat die Europese bevolking in dié land uiteindelik deur swart bevolkingsgroei en migrasie vanaf die tuislande verswelg mag word. Suid-Afrika in 1950 was ‘n mikrokosmos van Europa vandag.

Apartheid, wat binnelands amptelik bekend gestaan het as “afsonderlike ontwikkeling” was ‘n skema waardeur die etniese tuisland van swartmense ontwikkel sou word ten einde die snel groeiende bevolkings in daardie gebiede te oorreed om “tuis te bly”. Soos ons almal weet, en ondanks die miljarde dollar wat op Suid-Afrika se binnelandse weergawe van “Afrika-ontwikkelingshulp” bestee is, is daardie beleid uiteindelik as ongeslaag laat vaar en vervang deur ‘n soort laissez-faire-beleid wat migrasie betref. Binne ‘n dekade of twee het Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad oorbevolkte, misdaadgeteisterde hole geraak wat deur krotbuurte omring word. Dít wat Europeërs tans as hul toekomstige nagmerrie sien, as hul stede deur die instromende Afrikane met hul eie reëls en kultuur oorgeneem sou word, het reeds in Suid-Afrika gebeur.

Die jongste uitgawe van die Britse Economist vertoon SA korrupsie op die voorblad.

As ‘n voorheen eerstewêreldse nywerheidsland, is dit verby met Suid-Afrika. Dit is “verafrikaniseer” in die negatiewe sin en die daaglikse histerie in die media oor korrupsie, ‘n gebrek aan water, moord en gewapende roof, verteenwoordig bloot getuienis van ons nuwe status as “net nog ‘n Afrikaland”.

Te oordeel aan die naïef optimistiese uitsprake oor die “skep van ‘n Afrika-ekonomie van die toekoms”, wil die Europese leiers graag Suid-Afrika se apartheidseksperiment herhaal, net op ‘n veel groter skaal. Ten minste kon Afrikaners swart tale praat en het die toestande op dié vasteland begryp, iets waarmee hulle hul ontwikkelingsplanne kon aanpas wat deur vele onafhanklike waarnemers van buite as realisties en prakties gesien is. Selfs die vorige Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Dag Hammarskjöld het dr. Verwoerd die voordeel van die twyfel gegee sover dit sy afsonderlike-ontwikkelingsbeleid betref. In weerwil van die verguising waaronder Suid-Afrika in die verlede gebuk gegaan het, en ongeag die land se huidige verval in derdewêreldstatus, verteenwoordig dit steeds die enigste voorbeeld van suksesvolle ontwikkeling op die Afrikavasteland. Dít op sigself behoort die EU te oorreed om ten minste na Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis te kyk en daaruit te leer.

Aan die ander kant kan geen Europese of Westerse ingryping in ‘n Afrikaland oor die afgelope vyftig jaar as ‘n sukses bestempel word nie. Met ‘n demografiese krisis wat momentum opbou soos gereeld in die internasionale media berig word, het mev. Angela Merkel, die heersende grande dame van Europa, bloot meer hulp in Abidjan belowe:

“Dis baie belangrik dat ons gewoon Afrikane ondersteun om ‘n einde te maak aan onwettige migrasie, sodat mense nie in die verskriklike kampe in Libië hoef te ly of selfs gekoop en verkoop hoef te word nie.”

Duidelik het mev. Merkel nog geen boeke oor die ondwerp van hulp aan Afrika gelees nie. Anderins sou sy daarvan bewus gewees het dat swartmense op die vasteland hulp mag verlang of nie mag verlang nie. Maar ongeag die hoeveelheid hulp wat hulle ontvang, wil hulle nie voorgesê word oor hoe om dit te bestee nie. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is teëgekom tydens die naloop van die EU-AU-beraad, toe Ghana se president Nana Akufo-Addo vir sy Franse eweknie Emmanuel Macron by die presidensiële paleis te Accra in geen onduidelike terme laat verstaan het dat “ons nie langer kan aanhou om beleid te maak vir onsself, in ons land, in ons streek, op ons vasteland, op grond van watter ondersteuning die Westerse wêreld of Frankryk, of die Europese Unie ook al aan ons kan bied nie. Dit het nie gewerk nie en dit sal nie werk nie.”

Akufo-Addo het verder gesê: “Ons moet wegkom van die afhanklikheidsmentaliteit. Dié mentaliteit behels ‘wat kan Frankryk vir ons doen?’. Frankryk sal doen wat hy ook al in sy eie belang wil doen, en wanneer dit met ons s’n ooreenstem, ‘tant mieu’ (soveel te beter) soos die Franse sê… Ons vraagstuk behoor te wees wat ons in die een-en-twintigste eeu behoort te doen om Afrika daarvan weg te kry om hoed-in-die-hand te moet staan en vir hulp, vir liefdadigheid, vir gunste en gawes, te bedel. Die Afrikavasteland, as jy na sy hulpbronne kyk, behoort geld aan ander plekke te skenk… Ons moet die mentaliteit wat sê dat ons nie daartoe in staat is nie verander… en as ons eers daardie benadering het sal ons sien daar is ‘n bevrydende faktor vir onsself.”

Dog terselfdertyd, en teenstrydig met sy verklaarde standpunt dat hy van die “afhanklikheidsmentaliteit” wil wegkom, het Akufo-Addo gesê dat hy nie aanbiedinge van hulp van die hand sal wys, of ‘n “gegewe perd in die bek sal kyk nie”, soos hy dit gestel het.

Maar die keuse vir Europa is onverbiddelik: Óf die vasteland gaan ‘n apartheids- of afsonderlike-ontwikkelingsoefening deurmaak, waardeur meer hulp aan korrupte Afrikaregerings uitgedeel gaan word, wat bloot hul eie sakke gaan vul, óf Europa sal moet beantwoord aan die swart kontinent se oproep dat hy geheel en al onafhanklik en selfgenoegsaam wil wees.

Geld wat opsy gesit word om migrasie te keer behoort eerder bestee te word om Europa se grense dig te maak, pleks daarvan dat nog ‘n rondte hulpgeld uitgedeel word aan lande wat al vele Marshallplanne oor en oor opgeslurp het, sonder enige sigbare verbetering.

Leon Lemmer: ‘n Manifes vir Afrikaans

Johan van Wyk skryf in sy rubriek, Van Alle Kante (Die Burger, 2 Desember, p 10): “‘n Onaangename verrassing … wag op die naïewe, goedgelowige optimiste wat glo en verkondig dat ons niks [oor Afrikaans] te vrees het nie. Volgens hulle sal Afrikaans voortbestaan en selfs gedy solank as wat dit gepraat word. Regtig? Glo hulle ook aan die tandemuis en dat die maan van kaas gemaak is? Ek kan onthou dat hierdie idealistiese maar onwetenskaplike, vals siening ook in die aanloop tot die oorname in 1994, toe daar ernstige kommer oor Afrikaans se toekoms was, met groot bravade verkondig is. Nogal deur bekende Afrikaanse skrywers, digters, letterkundiges, taalgeleerdes, kunstenaars en natuurlik politici, die groot eksponente van die kuns van die moontlike, die leuen. Die waarheid is dat ten spyte daarvan dat ‘n paar miljoen mense dit sedert die oorname in 1994 aangehou praat het, het Afrikaans se posisie as akademiese en saketaal sedertdien dramaties verswak. Die ironie is dat dit met die hulp en ondersteuning uit Afrikaanse geledere bewerkstellig is. ‘n Nog groter ironie is dat dít wat veronderstel was om Afrikaans lewend te hou, naamlik om dit te praat, nog nooit so morsig soos in die afgelope 23 jaar gedoen is nie. As dit is hoe Afrikaans in die toekoms gebesig gaan word, gaan ek leer Engels praat en net in Afrikaans bid … Die suiwer, keurige, welluidende Afrikaans van 50, 60 jaar gelede [soos onlangs ter herdenking deur RSG heruitgesaai] het my opnuut geïnspireer om dit na te streef. Ja, ek weet ‘n taal is nie staties nie. Maar wanneer het ons dan so loslit en so slapgat geword?”

Gerhard van Huyssteen

Ek onderskryf Van Wyk se mening. Maar kontrasteer die joernalis Van Wyk se standpunt met dié van die Afrikaanstaalkundige Gerhard van Huyssteen, wat sedert 2013 die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se Taalkommissie is. Hierdie kommissie is verantwoordelik vir die samestelling van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS). Die 11de uitgawe van die AWS in vroeër vanjaar gepubliseer. Oor die bekendstellingsgeleentheid skryf Van Huyssteen: “Dit was Magdaleen Kruger [die uitvoerende hoof van RSG] se spitsvondige opening wat die koek gevat het.” (Netwerk24, 2 Desember). Kruger het gesê: “Oukei, gentlemen en dames, kom ons begin vanaand hier by die mooi venue gesels, waar ons ‘n scoop met die eerste bekendstelling van die nuwe AWS het. En ek hoop al die tuisnywerheid-anties wat dalk nou besig is om brownies en muffins te bak, luister ook saam. Neem dáár ‘n selfie van jou en jou muffin.” Wat Kruger gedoen het, is om doelbewus woorde te gebruik wat die invloed toon wat Engels deesdae het op wat in die AWS as Standaardafrikaans erken word: oukei, gentlemen, venue, scoop, anties, brownies, muffins en selfie. Van Huyssteen noem Kruger se poging “spitsvondig”. Maar hy gaan verder deur anglisisties te verklaar dat haar inleiding “die koek gevat het.” Dalene Müller skryf dat “it takes the cake” in Afrikaans bv “dit span die kroon” is (Skryf Afrikaans van A tot Z, Kaapstad: Pharos, 2003, p 124).

Van Huyssteen en Kruger is in poste wat die verpligting meebring dat hulle wat Afrikaans betref die wagters op Sionsmure moet wees. Wat albei hier doen, is om die verengelsing van Afrikaans as prettig te beskou. Van Huyssteen is bekend daarvoor dat hy van Afrikaans ‘n woordspeletjie probeer maak pleks van hierdie uitnemende taal ernstig te benader. Kruger se kennis van die ontwikkeling van Afrikaans is so gebrekkig dat sy by geleentheid beweer het dat blankes/Afrikaners Afrikaans van bruin mense gesteel het; dus net soos blankes glo grond van nie-wittes gesteel het. Verengelsing is dié groot bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaans terwyl mense soos Van Huyssteen en Kruger verkies om eerder polities byderwets die ondergang, of ten minste die verbastering, van Afrikaans te bevorder. Sulke mense gee by implikasie blindelings voor dat die mengeltaal Kaaps geen bedreiging vir die voortbestaan van agbare Afrikaans inhou nie.

Jan Rabie

In haar outobiografiese boek, Reisiger (2009), vertel Elsa Joubert dat die skrywer, Jan Rabie (1920-2001), geweier het om Engels te praat (Praag 10 Junie). Hy was sekerlik nie ten gunste van die verbastering van Afrikaans weens verengelsing nie, soos blyk uit sy boeke en ander publikasies. Rabie was getroud met die Skotsgebore skilderes, Marjorie Wallace (1925-2005). Daar is jaarliks ‘n skrywersbeurs beskikbaar uit die opbrengs van geld wat Rabie en Wallace nagelaat het. Vir 2018 bedra die beursgeld R400 000. Dit is voor die hand liggend dat die Afrikaansgesindheid van Rabie eerder as dié van Wallace (wat ‘n eienaardige maar nogtans verbete poging aangewend het om Afrikaans te praat) deurslaggewend by die toekenning van die beursgeld behoort te wees. Maar hierdie beursfonds word deur die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) geadministreer. Wanneer die beursgeld aan ‘n blanke toegeken word, klink daar telkens rumoerige besware op. Bruines voel dat hierdie beurs elke keer aan iemand uit hulle geledere toegeken moet word. Dan weeg daardie etnisiteit swaar in die konteks van die UWK as ‘n universiteit wat eens uitsluitlik vir bruin studente toeganklik was. Dít terwyl die UWK sedert 1987 (toe Jakes Gerwel die UWK tot die universiteit vir polities linkses verklaar en daarmee weggekom het) gewoonlik as uitnemend veelrassig voorgestel word. Blanke skrywers behoort daarvolgens ten minste gelyke aanspraak op hierdie beursgeld te hê.

Aan wie is die beursgeld vir 2018 toegeken? Aan Nathan Trantraal (LitNet 28 November), die outeur van bv Chokers en survivors (2013). In 2014 is hierdie bundel deur die ATKV met ‘n Woordveertjie vir poësie bekroon eerder as Marlene van Niekerk se Kaar. Dit toon die mate waarin die ATKV hom deesdae teen die belange van ordentlike Afrikaans skaar. Daardie “en” in die boektitel dui glo daarop dat die teks Afrikaans is. In werklikheid skryf Trantraal ‘n uiterste vorm van die mengeltaal Kaaps, soos bv blyk uit sy rubrieke wat Rapport wys ag om te publiseer. Trantraal steur hom nie aan wat deur die AWS as Afrikaans erken word nie. Hy het geen Afrikaanse woordeboek nodig nie omdat hy soveel moontlik “kreatief” van die Afrikaanse spelreëls afwyk. Al woordeboek wat hy vir gebruik nodig het, is ‘n Engelse een omdat geen Engelse woord vir hom in sy “Afrikaanse” teks taboe is nie. Jan Rabie het rede om in sy graf om te draai. Daar is geen moontlikheid dat Trantraal die heil van Afrikaans bevorder nie.

Adam Small

Daar is nog ‘n onlangse gebeurtenis wat ‘n skadu oor die toekoms van Afrikaans werp. Voorheen het ek uitgewys hoe die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) eerder Kaaps as Standaardafrikaans bevorder en dat hulle gevolglik nooit ‘n veldtog ten gunste van taalsuiwerheid voer nie; dus dat Afrikaans maar kan verengels. Hierdie Afrikaansinstansies is daarop ingestel om geen Kaapsspreker aanstoot te gee nie. Dit is eerder Standaardafrikaans wat maar in sy swernoot kan gaan. Ek het soms ook genoem dat die SAAWK en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) ‘n meer behoudende benadering tot Afrikaans het. Maar ook daar is agteruitgang te bespeur.

In November is die volgende boek gepubliseer: Adam Small: Denker, digter, dramaturg; ‘n huldiging (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017, 248p, R200), met Jacques van der Elst as redakteur. Van der Elst was die hoofuitvoerende beampte van die SAAWK en ook ‘n direksielid van die ATR. Hy het ‘n loflied vir die vorige Small-huldigingsbundel, gepubliseer in 2016, aangehef (LitNet 8 Maart; Praag 25 Maart). Dit sluit lof in vir die opgeleide terroris Basil Kivedo wat “in Afrikaans ‘n kleefmyn gemonteer en gedetoneer” het. Van der Elst noem daarin dat die SAAWK oorweging daaraan skenk om die geskiedenis van bruin mense na te vors en te boekstaaf. Vergelyk sy uitlatings met myne: “‘n Adam Small-huldigingsbundel wat drup van die gif” (Praag 2 April). Die inisiatief vir die 2017-Small-hagiografie het waarskynlik van Van der Elst uitgegaan. Daarmee het die SAAWK ‘n Afrikaans-buiteperd (of “-buitestander” – p 194) opgesaal. Van der Elst verskil skerp hiermee: “Hierdie publikasie is ‘n eerbetoon aan Small – ‘n gebaar van die SA Akademie om Small se voorste plek in die ry van Afrikaans se belangrikste literêre kunstenaars te bevestig” (p 10).

In die flapteks van die 2017-Small-huldigingsbundel staan: “Hierdie publikasie is die eerste in ‘n reeks wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns beplan word om hulde te bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het.” Small maak onder meer daarop aanspraak dat hy die skepper van die taalbenaming Kaaps is en dat Kaaps “nou soos ‘n groot boom staan binnekant die volle boord van Afrikaans” (30). Kaaps word gekarakteriseer “as simboliese afwerping van die hegemonie van Standaardafrikaans” (49). Kaaps is volgens André P Brink opgestel “teen Standaardafrikaans as ‘n oorwegend ‘ideologiese konstruksie’ (as verkose taalvariëteit van Afrikanernasionalisme)” (49, ook 56). By Small was daar “die ‘amperse verwerping’ van Afrikaners en hul selftoegeëiende taal” (50-51).

Steun vir Small impliseer steun vir Kaaps, insluitende die oorvloedige gebruik van Engelse woorde in “Afrikaanse” tekste. Van der Elst bevestig dit: Die toekenning van die Hertzog-prys aan Small was glo “‘n simboliese erkenning van Kaaps as digterlike taal” (8) en daardie taal as sodanig (82). Van der Elst erken: “Die erkenning van Kaaps het nie gestrook met die Akademie se jare lange intense bemoeienis met die standaardisering van Afrikaans [nie]” (82). Dit is ‘n voorbeeld van wat Fanie Olivier “kulturele ‘regstellende aksie'” noem (58). Volgens Van der Elst het “die Akademie dekades lank binne ‘n onregverdige politieke dampkring geopereer” (86).

In die geval van Small het die Akademie eintlik heeltemal oorboord gegaan. In 1995 het Small ‘n volle lid van die Akademie geword, maar in 2001 het sy lidmaatskap weens nie-betaling van ledegeld verval (78). In 2009 het Small as ‘n “kultuurpresteerder” ‘n eeufeesmedaljie van die Akademie ontvang (78). In 2016 is erelidmaatskap postuum aan hom toegeken (88, 153). Toe 90 jaar van die erkenning van Afrikaans as amptelike taal in 2015 herdenk is, het Small ‘n toekoms vir Afrikaans van véél langer as nog 90 jaar voorsien, “met bruin mense, die groot Afrikaanspraters, dominant natuurlik” (30). Die probleem is dat Small daarmee ‘n lang toekoms vir die mengeltaal Kaaps voorspel het; nie vir Afrikaans as ‘n taal uit eie reg wat duidelik van Engels onderskeibaar is nie. Small se toekomsvisie is soos dié van Hein Willemse: “Die bruisende toekoms van Afrikaans … reeds in ons veeltalige stedelike strate soos dié van Kaapstad en sy townships vorm aanneem” (Kaaps in fokus bron hier onder, p 75). Bernard Odendaal verwys in die jongste Small-huldigingsbundel erg oordrewe na Small as “‘n waarskynlike vaderfiguur vir die Afrikaanse letterkunde- én taalontwikkelinge van die toekoms,” asook na “Small se huidige onbetwiste [!] statuur as Afrikaanse kultuurvader” (67).

Die publikasie van twee Small-huldigingsbundels so kort na mekaar is eerder deur politieke as literêre oorwegings gemotiveer. Vir Small het die meetsnoere om die verkeerde redes in lieflike plekke geval. Neem bv in ag dat Small (1936-2016) in die laaste jaar van sy lewe hom openlik vir die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit Pretoria beywer het. Desnieteenstaande het hy soos volg gedig: “ek was Afrikaans in my hele wese … ek het daardie belofte aan myself gestand gedoen” (7). Maar soos so baie Afrikaanssprekende maar Afrikaansdislojale, ontwikkelde bruines het Small doelbewus Engels as sy huistaal gekies (51). ‘n Tyd lank was daar ook “die bewustelike keuse … om voortaan net in Engels te skryf” (97). In die jare sewentig het Small daarna gestreef “om Afrikaans van sy bekrompenheid te bevry … om die taal van die eksklusiewe besit van die Afrikaner te bevry en dit binne ‘n Afrika-konteks te plaas” (98).

Small se bekroning met die Hertzog-prys in 2012 het laat in sy lewe en skoorvoetend van die SAAWK gekom. Van der Elst noem dit ”’n ongewone besluit … Hiermee het die SA Akademie die spreekwoordelike Rubicon oorgesteek – nie dat die verlede van vooroordele en politiekery uitgewis is nie” (82). Van der Elst beweer oordrewe dat Small die Hertzog-prys “meer as vyftig jaar” na die verskyning van sy “meesterwerk” ontvang het (8). Later word dit 47 jaar (76). Die bekroning het hoofsaaklik om sy drama, Kanna hy kô hystoe (1965), gegaan. Soos JC Kannemeyer dit stel: “Die res van Small se oeuvre is van mindere allooi” (Die Afrikaanse literatuur, 1652-1987, Pretoria: Academica, 1988, p 261).

Wie is op die SAAWK se kortlys vir ‘n volgende huldigingsbundel in die reeks, wat volgens Van der Elst oor “Afrikaans se belangrikste literêre kunstenaars” handel? (8). Die linkse, polities korrekte Elsa Joubert (Praag 2 Desember). Onmiskenbaar het daar ook by die SAAWK vermurwing ingetree. Soos in die geval van die jongste Small-bundel gaan hierdie reeks huldigingsbundels waarskynlik gepubliseer word “danksy ‘n ruim subsidie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns” (4). Hopelik sal die SAAWK in sy ná-Van der Elst-era groter omsigtigheid aan die dag lê en hom in groter mate eerder deur taal- en letterkundige as politieke oorwegings laat lei.

Ná my omvattende bespreking van die 2016-Small-huldigingsbundel is dit werklik nie die moeite werd om ‘n afsonderlike rubriek aan die jongste huldigingsbundel te wy nie. Die lees daarvan was vir my ‘n teleurstellende ervaring. Daar word beweer dat nege van die elf hoofstukke “eweknie-geëvalueer” is (6). As dit die geval is, het die gehalte van akademiese werk sedert die vorige eeu in groter mate agteruitgegaan as wat ek vermoed het. Byvoorbeeld, hoe kan Willy Martin se wesenlik outobiografiese geselsie, wat hy in ‘n agtermiddag kon skryf, as ‘n volwaardige akademies-wetenskaplike bydrae beskou word? Small word as ‘n denker en filosoof gehuldig, maar hy het nooit verder as senior lektor in die wysbegeerte gevorder nie en nooit ‘n doktorsgraad in filosofie (of enige doktorsgraad behalwe eregrade) verwerf nie, al het hy studiebeurse ontvang om eers in Londen (16) en daarna in Oxford (17) te studeer. Daar word dikwels genoem dat Small in Londen onder Karl Popper (1902-1994) studeer het, maar hulle kon mekaar glad nie vind nie. Popper het Small geweeg en te lig bevind. Small noem Popper “die mees óndemokratiese mens” wat hy ooit ontmoet het (38).

‘n Belangrike punt word ivm Kanna genoem: “Volgens ‘n brief van die redakteur Berta Smit het ‘n regisseur van formaat wel insette met die teksversorging gelewer: Robert Mohr” (20). Desnieteenstaande skryf André P Brink: “Ek beskou Kanna hy kô hystoe van Adam Small as die hoogtepunt van die Afrikaanse drama” (150). “In 2009 [eintlik 2008 – 80, 88] het Adam die eerste Suid-Afrikaanse digter geword vir wie ‘n bronsbeeld by die Taalmonument in die Paarl opgerig is” (26) – iets wat van die oorregstellende ATM te wagte is.

Hein Willemse se hoofstuk handel oor Small se gedig “Vryheid”. Die aanleiding hiervoor was toe Small se eerste vrou (1959-1968), Julia, in 1960 toe sy ses maande swanger was, in ‘n bus sewe myl lank moes staan toe die sitplekke vir nie-blankes beset was en sy nie toegelaat is om op ‘n sitplek gereserveer vir blankes te sit nie. Dit laat Small gal af gaan teen apartheid/blankes. Hy rig nie sy hoon op die nie-blankes, bv kleingoed, wat al die sitplekke vir nie-blankes beset het en nie vir Julia ‘n sitplek afgestaan het nie.

Jacomien van Niekerk se navorsingsbelangstellings sluit “orale literatuur in Afrika, kritiese rasteorie en postkoloniale teorie” in (180). In haar hoofstuk word woorde soos wit, bruin en ras deurgaans tussen aanhalingstekens geplaas. Dit is seker gedoen vanweë die besondere insig wat sy verwerf het, maar dit het my as leser geïrriteer. Sy is blykbaar ‘n “gewetensvolle” mens (163), wat selfs die lede van die gehoor wat ‘n opvoering van Small se drama bywoon, skuldig verklaar (167). Sy maak gewag van “die absurditeit van diskriminasie op grond van velkleur” (161); blykbaar sonder om te besef dat apartheid wesenlik op kultuurverskille gegrond was en nie op wat Frantz Fanon (1925-1961) die “epidermilization of inferiority” noem nie (94).

Soos te wagte het Michael le Cordeur ook ‘n hoofstuk bygedra. Hoe sien hy die behuising wat goedgunstiglik deur die blanke regering aan bruin mense beskikbaar gestel is? “Die woonstelle simboliseer vir die gemeenskap al die onreg wat hulle deur die apartheidsregering aangedoen is” (184). Met verwysing na ‘n artikel van Hein Willemse skryf Le Cordeur: “Deur sy werk het Small Kaaps as ‘n volwaardige taal uitgelig en waardigheid aan die taal gegee” (191). Hy verwys ook na: “Die respek en status wat Kaaps op die Kaapse Vlakte geniet” (195). Bruines is glo “mense wat deur apartheidswette verdoem is na die Kaapse Vlakte en in die proses hul identiteit verloor het” (195).

Kaaps in fokus

Ek het voorheen die bundel, Kaaps in fokus (Stellenbosch: Sun Media, 2016, 145p, R225), met Frank Hendricks en Charlyn Dyers as redakteurs, bespreek (Praag 11 Februarie). Dit is veral aan die UWK dat Kaaps as ‘n volwaardige variëteit van Afrikaans gepropageer word; ‘n standpunt wat polities korrek deur ander Afrikaanstaalkundiges ondersteun word. In die voorwoord staan: “da’ pra-djy régte Afrikaans” (p i). Ernst Kotzé noem Kaaps “een van die ontstaansvariëteite” (38) oftewel die “bakermatvorm” (47) van Afrikaans en dat dit “progressief modern” is (ii, 45). Ook dat Moslemafrikaans die kerndialek van Kaaps (37, 45) en Kaaps dié ontstaansvariëteit van Afrikaans is (38). Christo van Rensburg beweer dat Kaaps sinoniem met “Vroeë Afrikaans” is (55) en selfs dat Afrikaans as Kaaps reeds vóór 1652 gepraat is (ii, 49, 54). “Die vroegste Afrikaans was die taalgevolg van die Khoi-Khoin se eerste kennismaking met … Seemansnederlands” (50). Kaaps is glo “ingeburger in elkeen van Afrikaans se variëteite, ook in Standaardafrikaans” (50, ook 56). “Hier word van die standpunt uitgegaan dat Afrikaans nie gesien moet word as Nederlands wat mettertyd verafrikaansings ondergaan het nie, maar eerder andersom: dit is sosiolekte van Afrikaans wat vernederlands is” (55). Daarvolgens bestaan Afrikaans eerder danksy nie-wittes as blankes. Kan ‘n mens dan ‘n aktivistiese naprater soos Magdaleen Kruger verkwalik as sy Kaaps as die eintlike Afrikaans beskou wat deur die blankes/Afrikaners van die Khoisan, slawe en bruines gesteel is?

Maar hoedanig is die gehalte van Kaaps, die “Afrikaans-variëteit” wat blykbaar deur alle Afrikaanssprekendes as ‘n kleinood en heilsaam aanvaar behoort te word? Frank Hendricks erken, soos FA Ponelis, dat Kaaps “diep onder Engelse invloed” staan (2), dus die “ontsettende hoë mate van Engelse invloed” (7), asook “Een van die mees opvallende kenmerke van Kaaps is die inspeel van Engels op sy Nederlands-Afrikaanse basis” (6). Ernst Kotzé verwys na die “massiewe mate” waarin Kaaps deur Engels beïnvloed word (47). Michael le Cordeur loof per slot van sake die oorvloedige aanwesigheid van Engels in Kaaps deur te verwys na “die vaardigheid om taalkodes te wissel” (93). Anastasia de Vries meld die buitensporige mate waarin “direkte ontlenings uit Engels” in Kaaps aanwesig is (132). In Kaaps in fokus word die gelykwaardigheid van Kaaps aan (ander) Afrikaans-variëteite en dus ook aan Standaardafrikaans herhaaldelik beklemtoon. Maar dit behoort duidelik te wees dat Engelsbesoedelde Kaaps, anders as Standaardafrikaans, glad nie verskansing teen verengelsing bied nie. Deur Kaaps pleks van Standaardafrikaans te bevorder, word die verswelging van Afrikaans deur Engels aangehelp.

Afrikaansmanifes

Die SAAWK behoort die voorbeeld van die Académie Française (gestig in 1635) na te volg in die manier waarop daar oor die Franse taal gewaak word. Die Académie Française is bv gekant teen enige verengelsing en vervrouliking van Frans, dus anglisismes en feminismes. Bowenal word Standaardfrans bevorder en nie variëteite van Frans nie omdat daar in eenheid krag is (Wikipedia).

Op Praag (15 November) het Johannes Comestor geskryf oor die rubicon wat Afrikaans moet oorsteek; dat tussen Standaardafrikaans en Kaaps gekies moet word ten einde die vooruitsigte van Afrikaans te verbeter. Dit is teleurstellend dat nie ‘n enkele Afrikaansinstansie of Afrikaanstaalkundige of -letterkundige die moed van oortuiging het om na vore te kom en te erken dat hierdie keuse noodsaaklik is nie; selfs nie dat ‘n veldtog vir taalsuiwerheid ten bate van Afrikaans gevoer moet word nie. Dit is bedroewend dat politieke korrektheid vir diesulkes swaarder as die belange van Afrikaans weeg. So ‘n houding verseël heel moontlik die ondergang van Afrikaans as ‘n eerbare taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is. Soos tydens die grondwetlike onderhandelings word die verkeerde strategie met Afrikaans gevolg, wat insgelyks katastrofiese gevolge gaan hê.

WAM Carstens en EH Raidt se boek, Die storie van Afrikaans, Deel 1: Uit Europa en van Afrika (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017, 639p, R450), is in November gepubliseer (Praag 26 November). Daarin staan: “Die kommer oor die invloed van ander tale, veral Engels, op Nederlands het in Julie 2015 gelei tot ‘n belangrike manifes oor die Nederlandse taal. Hierdie manifes, wat saamgestel is deur ‘n aantal invloedryke persone in die Nederlandse tersiêre sektor, druk die bekommernis uit oor die invloed wat (‘n taal soos) Engels kan hê op die gehalte en volhoubare gebruik van Nederlands in die onderwys en aan universiteite. Een van die stellings in die manifes dui aan dat die ‘beheersing van de Nederlands taal het zwaarst wegen: zij is de noodzaaklike basis om andere talen goed te kunnen leren.’ En verder: ‘Het hoger onderwijs – en dus ook de universiteit – heeft een bijzondere verantwoordelijkheid met betrekking tot het onderwijsgebouw als geheel. De cultivering van het Nederlands als de instructietaal in ons onderwijs is om die reden een kerntaak van de desbetreffende wetenschappelijke vakdisciplines'” (p 399). “Die volledige teks van die manifes is te lees by http://beteronderwijsnederland.nl/taalmanifest” (516).

Die twee aanhalings gee die kern van die manifes weer in soverre dit op Afrikaans betrekking het. Die fokus is op die toenemende gebruik van Engels as onderrigtaal aan Nederlandse universiteite en maniere om ‘n omkering van hierdie neiging te bewerkstellig. Die afskaling van Nederlands in hierdie sektor kan vertolk word as ‘n weerspieëling van gebrekkige taaltrots by Nederlanders. Ander onderliggende redes is internasionalisering/globalisering, met Engels as die leidende voertaal in die Weste, asook politieke korrektheid deurdat die eie opgeoffer word ten bate van bv uitlanders/inkommers wat aan Nederlandse universiteite studeer. Dit is die soort mentaliteit wat ook in Suid-Afrika hoogty vier in die verengelsing van die tradisioneel Afrikaanse universiteite, met as bykomende motivering kroniese kruipsug van universiteitsbesture by die ANC en die swart meerderheid.

Die situasie in Suid-Afrika is veel erger as in Nederland. ‘n Andersoortige manifes is nodig. Afrikaans word nie net aan universiteite deur verengelsing bedreig nie; dit geld ook skoolonderrig. En Afrikaans word nie slegs in die onderwyssektor afgeskaal nie, maar in alle staats-, openbare en selfs private sektore. Dit is die resultaat van die dwase strategie wat ‘n groepie Afrikaanssprekendes tydens die grondwetlike onderhandelings gevolg het. Die belange van blankes in die algemeen en Afrikaners in die besonder, hulle eie soortige kultuur, insluitende Afrikaans, het in 1990/94 nooit ernstige voorkeur of selfs die nodige aandag geniet nie. Sedertdien is die situasie vererger deurdat sommige Afrikaanssprekendes die leiding neem in die vertrapping van Afrikanerkultuur en Afrikaans. Oor hierdie sake heers daar ongelukkig wydverspreide onverskilligheid in Afrikanergeledere. Dit is waarom Johan van Wyk hier bo tereg vra: Wanneer het ons so slapgat geword? Apatie kenmerk selfs baie van dié wat Afrikaansonderrig verskaf. In ‘n poging om die situasie te beredder, word ‘n konsep Afrikaansmanifes hiermee as werks- of gespreksdokument vir kommentaar voorgelê.

Afrikaansmanifes

Ons as Afrikaners verklaar hiermee dat

  • ons trots is op wat Afrikaners tot stand gebring het
  • ons groot waarde heg aan Afrikaans as volwaardige taal
  • ons eis dat Afrikaans as amptelike taal tot sy reg kom
  • ons Afrikaans oral en altyd gebruik waar en wanneer dit enigsins sinvol is
  • ons bereid is om telkens vir Afrikaans in die bres te tree
  • ons daarop aandring dat skool- en naskoolse onderrig in Afrikaans beskikbaar moet wees
  • ons Afrikaans so suiwer moontlik hou en gebruik
  • ons veral teen die verengelsing van Afrikaans waak
  • ons Standaardafrikaans as rigsnoer koester
  • ons volhard met die Europees-vastelandse grondslae van Afrikaans
  • ons Kaaps verwerp in soverre dit Engels is.

Dan Roodt: Waarom verengelsing so erg sleg vir ons is

Sedert 1994 het dit duidelik geword dat Afrikaners op allerlei maniere deur ‘n vorige geslag leiers verraai is. Sogenaamde grondwetlike “wigte en teenwigte” is nie die papier werd waarop hulle geskryf is nie. Te oordeel aan die staat, maar ook die howe, se opvatting van Engels as hoofomgangs- en staatstaal in Suid-Afrika, is Afrikaans nie eens ‘n amptelike taal meer van  die land nie. Tensy ons onder “amptelike taal” ‘n blote soort benoeming verstaan, iets in die trant van “diere het ook regte”, maar elke dag stuur ons hulle by die duisende slagpale toe. Ek meen Afrikaans verkeer insgelyks daagliks in die taalslagpale, want telkens word dit uit nog ‘n universiteit, nog ‘n skool, nog ‘n munisipaliteit, provinsie of staatsdiensafdeling geweer.

Terwyl daar voortdurend nuwe en beter “argumente” vir die voortbestaan van Afrikaans uitgedink moet word, hoef die voorstanders van Engels geensins hul optrede of beleid te regverdig nie. Aan die een kant geld ‘n soort “mag is reg” en aan die ander kant hoef hulle maar net te noem dat “Engels ‘n internasionale taal is” en dan verwag hulle dat jy jou bek sal hou en die Rooitaal sal praat. Die versameling van Afrikanerverraaiers en hensoppers het intussen ook aansienlik aangegroei en een van hul gunstelingredenasies, kwansuis ten gunste van die behoud van “‘n bietjie Afrikaans hier en daar” is dat “meertaligheid goed vir rassediversiteit is”. Verder word daar konstant allerlei geluide gemaak oor “moedertaalonderrig”, dikwels deur mense wie se eie bloedjies reeds op ‘n Engelse skool verkeer. Sover ek verstaan, stuur die meeste joernaliste by Naspers se Afrikaanse publikasies en media byvoorbeeld reeds hul kinders na Engelse skole. Die voorbeeld is deur Tim du Plessis gestel, wie se dogter op ‘n Engelse skool was en aan die Universiteit van Kaapstad – daardie giftige Boerehaatinstelling – afgestudeer het.

Vir die doeleindes van my huidige argument, neem ek aan dat daar nie werklik ‘n goeie rede is waarom Afrikaans behoort voort te bestaan nie, net so min as wat daar ‘n goeie rede is waarom die mensdom of planeet Aarde behoort voort te bestaan. ‘n Mens kan seker voorhou dat alles op aarde, waaronder Afrikaans, deel uitmaak van die Skepping en daarom bestaansreg het, maar gewoonlik maak dié argument nie veel hond haaraf teenoor die aggressief progressiewe en sekulêre voorstanders van Engels nie. Dus neem ek hier aan dat, soos Jean-Paul Sartre eens gesê het: “Nee, die heelal bly donker”, en dus sinneloos. Terloops, dié woorde verskyn as motto by Breyten Breytenbach se bundel kortprosas, Katastrofes, wat in 1964 by Afrikaanse Persboekhandel verskyn het. Dit druk ‘n soort Westerse pessimisme en moegheid uit, waaraan vele verengelsde Afrikaners ook lei.

Engels, veral in Suid-Afrika, speel egter ‘n uiters funeste rol. Trouens, ek sou selfs beweer dat Engels in ons land tot volksmoord en misdade teen die mensdom lei. (Noem dit “stelling een”.) Waarom sê ek so? Wel, daar is reeds getuienis daarvan, want toe Sargent en Lord Alfred Milner teenoor mekaar die konsentrasiekampe vir Boerevroue en -kinders geregverdig het, het Sargent onder andere gesê:

“We must appeal to England, and ask the sisters and daughters of those who have been fighting for the Empire to come out and complete that part of the work which their male relatives are unable to accomplish. Our military police had gathered the greater part of the child population into these camps and … I feel that the opportunity during the next year of getting them all to speak English is golden”.

Die voorstanders van Engels mag nie meer Britse imperialiste wees nie, maar hulle bly steeds Engelse imperialiste, dus mense wat Engels as heersende taal agressief wil uitbrei. Boonop was die huidige geslag ANC- en SAKP-leiers eens terroriste wat bomaanvalle op onskuldige burgerlikes geloods het.

Panyaza Lesufi

Dit lei tot my tweede stelling teen Engels: In Suid-Afrika spruit Engelse kultuurpolitiek steeds uit ‘n sin vir heerssug en terreur. Nie net ontken die Engelsgesindes alle norme van taalgelykheid of taalregte nie, maar hulle ontken die reg op lewe self. ‘n Mens hoef maar net te sien hoe die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, optree om te besef dat my stelling juis is.

As ‘n derde stelling: Engels in Suid-Afrika is geen normale taal soos Engels in Engeland of in die VSA nie. Dit word met beide kolonialisme en kommunisme verbind. Die leidende Engelse figure, of dit nou skrywers (soos Nadine Gordimer) of intellektuele (soos Jeremy Cronin of Joe Slovo) of predikante (soos Trevor Huddleston) is, was almal kommuniste of radikale sosialiste wat hul bepaalde totalitêre siening op die res van die samelewing wou afdwing. Dus: Engels is kakiebos, ‘n koloniaal-kommunistiese onkruid hier by ons wat vir ons tot dusver net rampspoed beteken het en vorentoe in verdere volksmoord en menseregteskendings gaan ontaard.

Dit amuseer my nogal dat die teenstanders van Afrikaans voortdurend die Soweto-onluste van 1976 moet ophaal. Op sy beste is dit ‘n tweesnydende swaard, want bewys dit nie óók dat Engels tot die afbrand van skole en die ontwrigting van opvoeding lei nie? Oor die afgelope jaar of meer is ongeveer 30 skole in die Limpopo-provinsie afgebrand. Dit is skole waar Engels as onderrigmedium gebruik is. Die voorstanders van Engelse heerssug brand daarom dikwels skole af, waar Engelse amptenare soos Lesufi nie skole terroriseer, afdreig of die ouers en beheerrade op totalitêre wyse van hul regte ontneem nie.

Verder (stelling vier): Engels lei tot eentaligheid en onkunde. Die meeste ingeligte Engelssprekendes wat ek ken, erken ten minste die bestaan van ander tale en kulture, asook dat sodanige tale en kulture inherent waardevol is. Vele Engelse skrywers soos die Romantiese digters van die negentiende eeu, George Orwell, D.H. Lawrence, Ezra Pound, T.S. Eliot, Oscar Wilde, die Amerikaners Henry James en Ernest Hemingway en James Joyce het Frans geken, asook in Parys gewoon. Die hedendaagse Suid-Afrikaanse gedagte dat alle kennis en insig slegs van een taal – Engels – afhang, is bedenklik en word selfs nie eens in ander Engelssprekende lande gehuldig nie! Plaaslike anglomane demonstreer dikwels ‘n barbaarse onkunde en haat teenoor ander kulture, spesifiek die Afrikaanse kultuur.

Samehangend hiermee, as ‘n vyfde stelling: Engels sonder ons af van Europa en ons Europese erfenis. Suid-Afrika het as ‘n Europese, spesifiek Nederlandse, vestiging ontstaan. Vandaar dus die internasionale afkorting vir die land: ZA, wat staan vir “Zuid-Afrika”. Dwarsdeur ons hele geskiedenis is veral Afrikaners voortdurend vanuit Europa beïnvloed en was daar ‘n wisselwerking met veral Noord-Europese lande waar tale wat aan Afrikaans verwant is, gepraat word: Nederland, Vlaandere, Duitsland, Oostenryk, Switserland, Skandinawië. Die geprogrammeerde uitwissing van Afrikaans soos dit tans geskied, gaan ons vir seker van so ‘n wisselwerking in die toekoms beroof.

Dan: verengelsing lei tot Zimbabwifisering (stelling ses). Soos ek reeds hier bo genoem het, is die Suid-Afrikaanse Engelse kultuur radikaal-links, ekstremisties, selfs terroristies en daarom verwant aan die soort denkbeelde wat daar noord van die Limpopo in Zimbabwe heers. Dit spreek vanself dat die volslae verengelsing van ons land tot dieselfde soort absurde Afro-Saksiese, anti-blanke heerssug soos in Zimbabwe onder Robert Mugabe en sy ZANU PF sal lei. Trouens, so ‘n Afro-Saksiese heerssug is reeds by ons voelbaar.

Sewende stelling: verengelsing lei tot die verdomming van Afrikaners. Daar is geen Afrikaner so dom soos een wat verengels het nie. Nie net het so ‘n persoon ‘n erfenis van etlike duisende jare (die eerste opgetekende waarneming van Nederlands is deur die Romein Tacitus gedoen) afgesweer nie, maar in die praktyk assimileer sulke mense juis by die laagste gemene deler van Engelsheid. In dié opsig verteenwoordig verengelsing ‘n verghwarring by Afrikaners, want ‘n hoë kultuur, ‘n kultuur van Noord-Europese oorsprong omgewe van letterkunde, musiek, styl en verfyndheid, word verruil vir ‘n ontwortelde Engelse kultuur van die massa. Soos die “Franskiljons” van België, raak sulke mense veral hatig op Afrikaans, as ‘n oordrewe blyk van hul nuwe lojaliteit jeens Engels en Engelsheid. Weereens is die verengelsde Naspersjoernaliste soos Adriaan Basson of Max du Preez goeie voorbeelde van dié sindroom.

In die lig van bogaande sewe stellings, gaan veral die Afrikanerbevolking nie verengelsing oorleef nie. Dit gaan tot ons ondergang lei en kan selfs in fisieke volksmoord ontaard soos wat die atawistiese Engelse idees van die negentiende eeu begin oorheers. Ook die totalitêre, kommunistiese Engelsheid van die twintigste eeu wat ons met Slovo en Cronin, asook hul vele dissipels soos Mandela of Blade Nzimande, verbind, hou vir ons ‘n lewensgevaar in.

Ns. Terwyl ek dié geskryf het, het ek tydens ‘n internetsoektog ‘n ou stuk van my ontdek wat hierby aansluit en blykbaar nie hier op Praag beskikbaar was nie. Daarom word dit nou ook hier geplaas, hoewel met die oorspronklike verskyningsdatum rondom 2006:

Dan Roodt: Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner

 

Suidpunt: Waarom is Hollands weggegooi vir Afrikaans?

Een van PRAAG se getroue lesers, op Disqus bekend as Sussie se Vissie, wou weet waarom die Afrikaner/Boer so maklik die Hollandse kultuurtaal, waarop hy tog so heilig was, so maklik kon prysgee vir Afrikaans. Wat sou die rede hiervoor wees?

Dit volg na aanleiding van Leon Lemmer se resensie – Wannie Carstens se ‘Storie van Afrikaans’ op 26 November 2017.

Die presiese bewoording lui:

Mnr Lemmer,

Met die koloniale besetting van onder meer Amerika/Australië het Engels in sy geheel, redelik ( indien nie absoluut nie ) – as landstaal behoue gebly.

Benewens aksente wat opmerklik verskil en jou blindelings in staat stel om tussen dié twee nasionaliteite te kan onderskei, hoe’t dit gebeur dat Afrikaans in taal, woord en spelling so radikaal weggeswaai het van SY aanvanklike Nederlandse/Hollandse volkstong en/of besetter?

Ek kry nie my blondine-intellek om dié een nie.

Het ons voorsate as ongeletterde plebs/uitskot doodeenvoudig gesukkel om uiting te kon gee aan Hoog Nederlands – en toe die weg van n tipe ‘fanagalo’-Nederlands gevolg waarmee hul hulself gemaklik kon vind?

Argentinië met sy besetters-geskiedenis dieselfde. Ofskoon jy afgeraai word om NIE Spaans in Argentinië te leer praat nie, is die gemene deler as taal, nie so radikaal vervreem soos die van Afr en sy Nederlandse grootouer nie.

Insgelyks sekere Afrika lande. Het enige van hul in n soort van ‘fanagalo’-Frans metamorfeer?

Die beweegrede(s) tot n soeke na n EIE eertydse ‘nuwe taal’ ( gegewe die status quo van bg vermelde lande ) – slaan my dronk.

 

Op Leon Lemmer se reaksie, herhaal sy haar standpunt.

Dkie vir u repliek.

My skrywe opgesluit in u sin ‘…dis primer die blanke Hollandsprekendes wat hul tradisionele taal aangepas het’.

My vraag dus:- Waarom so radikaal? Wat was hierdeur bereik?

Die oogmerk te wees wat?

Andersyds gee ek u met als gelyk, en kan u aanvaar net sotte ( behalwe blondines ) sal hul verwerdig om iemand met u statuur…te probeer vasvra.

 

Aanvanklik was my brief teen 29 November reeds 17 bladsye lank, maar ek moes toe ongelukkig van voor af begin.

Hier volg die redes.

REDE 1. SIMPATIE TEENOOR DIE SPREKERS VAN AFRIKAANS, DIE TAAL VAN DIE ONGELETTERDE.

Die Hollander Arnoldus Pannevis was alleen maar bekommerd oor “het geestelijk heil van de gekleurde bevolking van dit land” en wou daarom ‘n Bybel vertaal kry in eenvoudige “Afrikaansch-Hollandsch”, net soos daar vir die bewoners van sekere Deense Wes-Indiese eilande ‘n Nuwe Testament in “Neger-Hollands” vertaal is (Scholtz, 1939:226). ‘n Ander Hollander van geboorte, Casper Peter Hoogenhout, het dié uitsig verbreed (Scholtz, 1939:229):

“Jij sal miskien seh, […] die Engelse het oweral skole en kerke ver die bruin mense opgerig. Maar nou vra ek weer, as hulle dan nie eens die Hollanse taal reg kan verstaan nie, hoe sal hulle dan die Engelse verstaan? Nee! daar mot meer gedaan wort, daar mot in hulle eige taal geskrijwe en ver hulle gepreek wort, 1 Cor. 14, en nie alleen ver die bruin mense nie, maar ook ver banja blanke, want daar is ook regte banja blanke wat die Hollanse taal nie half verstaan nie. Ja die Hollanse taal sal naderhand heeltemaal in Afirka gedaan raak, en die Afirkaanse sal daarvoor in die plek kom, en das ook reg. […] Nou mot een eenvoudig Afirkaner jaare lang leer om die Hollans en Engels te verstaan, ik seh “verstaan”; en dat kom omdat et nie hulle taal is nie, maar omdat die Hollanse taal “half” vreemd is en die Engelse glad vreemd. Was daar een Bijbel en andere boeke in de Afirkaanse taal, dan sal een arm Afirkaaner in ses maande meer kan leer as nou in ses jaar. Maar wag maar die tijt sal kom.”

Maar hulle albei het tog iets in gemeen: om vir ‘n ongeletterde groep ‘n teks verstaanbaar te maak. Vir die halfgeletterde én ongeletterdes.

Steyn (1980:192-193) wys onder meer na Dr. W.J. Viljoen wat sy roeping ernstig opgeneem het – Nederlands sou gehandhaaf word in sy Vrystaatse Onderwysdepartement, waarvan hy die hoof was. Hy het altyd met sy amptenare Hooghollands gepraat, en geëis dat alle dokumente en notules in Nederlands moes wees:

“Een keer was C.R. Swart, latere Staatspresident, by hom op kantoor. Dr. Viljoen het die swart kantoorbode laat kom en in Afrikaans vir hom gesê: ‘Ou Jan, gaan haal gou vir ons twee koppies tee.’ Daarna sit hy sy gesprek met mnr. Swart in Nederlands voort.”

Wat is so vreemd hieraan? Kyk eens. Hierdie aanhaling bevestig net weer: Nederlands is duidelik die taal van die Beskaafde Blanke, Afrikaans die taal van die swarte, bruine en ongeletterde blanke Afrikaner.  As die meerderheid Afrikaners ongeletterd of halfgeletterd was (soos ons later sal sien), het Afrikaans nie selfs méér tot die volk gespreek as Nederlands, die taal van die kulturele elite nie? As groepstaal, die taal van die verontregte? Die taal van die onderdrukte?

REDE 2: WANBEGRIP WAT DIE BEGRIP “NEDERLANDS” WERKLIK BEHELS.

Daar is geen duidelike omskrywing wat die begrip NEDERLANDS werklik behels nie – handel dit oor iets wat soos verstaanbare Nederlands LYK (korrekte vervoegings en verbuigings, maar idiomeskat wat afwyk toelaat, tot so ‘n mate dat ‘ou bokke het stywe horings [oude bokken hebben stijve horens]’ mens laat giggel soos ‘n jong non in ‘n komkommerbedding)? Of lyk hierdie Nederlands soos deur die Staatsamptenary en wetenskaplikes in Nederland geskryf en gepraat? Of, is Nederlands ook hierdie afgewaterde spreektaal sonder vervoeginge, wat ook al sy ander subdialekte insluit?

Vir baie mense lyk dit my is dit moeilik om taaldinamiek te verstaan. Dat ‘n taal nooit staties bly nie. En tog soms wel. Waarom anders kon Yslands sy drie woordgeslagte (manlik, vroulik, onsydig) behou, terwyl sy stamtaal, Oudnoors, afgewater het tot twee geslagte en die meeste van sy vervoeginge van ontslae geraak het tot ons by Moderne Noors uitkom? Is Noors te veel deur Deens, wat op sy beurt deur Platduits en Sweeds beïnvloed is, beïnvloed? Skynbaar ja  (Steyn 1980:117). Maar hoe het Yslands sy identiteit en struktuur behou onder Deense heerskappy? Yslands het ‘n stewige, gevestigde letterkunde – en sy sprekers se geletterdheid word plek-plek selfs tot bibliomanie oordryf in Jules Verne se “Voyage au centre de la terre” (1864), waar daar geen boeke in die Yslandse biblioteke te vinde is nie, omrede hulle almal uitgeneem is. En daar was nie te veel inmenging deur ander lande op hierdie eiland in die middel van nêrens nie. Maar niks het deur die eeue heen verander nie, so waarom sou die woordeskat en grammatika hoef te verander?

Tog, mens kry Litaus in Oos-Europa, en ook hierdie taal het deur al die oorloë, onkunde en wie weet wat als ook nie veel van sy oorspronklike struktuur ingeboet nie (die Russe was ook nie dáár in die streek veel doenig nie). Of was hy maar net ‘n vervelige Baltiese saadjie wat vir jare oor die hoof gesien is en toe, skielik, op ‘n dag, onder die stof ontkiem en gebloei het tot ‘n landstaal toe die lentegeur van onafhanklikheid in die lug hang?

Eerstens moet ons goed begryp daar was nie eintlik ‘n Standaardnederlands (kunstaal) voor die verskyning van die Statenvertaling in Nederlands nie. Elkeen het die Bybel en hul proefskrifte voorheen maar in sy eie dialek of stadstaal oorgeskryf. Literêre stukke soos ”Lanseloet van Denemerken”, ”Van den Vos Reynaerde” en ander Abele Spele is almal in dialekte geskryf in die Middeleeue. Dit is waarom sekere ou Nederlandse boeke selfs later uit die 1600‘s vir my moeilik leesbaar is (ver van Amsterdams), terwyl ander verbasend maklik is (naby aan Amsterdams). Selfs Luther se Duitse Bybel  van 1522 het die Standaardiseringsproses begin, maar die vertaling self is deurspek met regionalismes soos hy in die omtrek die mense vir uitdrukkings gaan rondvra het om sy vertaling mee te voltooi.

Tweedens moet ons die totstandkoming van die Standaardtaal verstaan.

1. Enige dialek in ‘n kontinuum kan tot Taal verhef word indien die volk (stam, kultuur) en intelligentsia (soos taalkundiges) of maghebbers van ‘n land (en baie keer internasionaal) dit so aanvaar. Fries in Nederland is ‘n voorbeeld hiervan en so ook Katalaans in Spanje. Soms is geld die vernaamste faktor – soos tydens die Hansetyd toe Platduits of Nederduits hoë prestige gehad het, maar mettertyd oorskadu is deur Hoogduits van die magtiger konings. Die Standaardtaal weet ons is daar om mense binne ‘n land met verskillende dialekte te help om mekaar te verstaan en die volk (of landgenote) te verenig = dit is kunsmatig. In Nederland het die twee provinsies Holland die kitaar op ekonomiese gebied geslaan, die koningshuis is daar gesetel, die Staten-Generaal (parlement) is daar gesetel  – so die dialek van die provinsies Holland, d.w.s. Noord- en Suid-Holland, sou die swaarste stempel op hierdie kunsmatige Standaardtaal afdruk.

2. Soos vele streke in Nederland self en sy kolonies het niemand ‘n eenvormige onderwys gehad nie en die meeste burgers was ongeskoold. Drastiese verbetering het eers vanaf die 19de en veral in die 20ste eeu verwesenlik.  

3. Hierdie ongeskooldheid of halfgeskooldheid plaas heelwat nadruk op die betrokke dorpstaal, streekstaal of dialektaal, wat afwyk van die Standaardtaal wat reeds in die stamland of hoofsentra aan die vorm is of gebruik word. Dialekte het soms die neiging om na mekaar of weg van mekaar te groei soos die tyd aanstap. Sekere dialekte is ook traag om te verander (hoë stabiliteit), ander verander weer blitsvinnig (wat ‘n eeu gelede geskryf is, is vandag onleesbaar). Dit hang alles af van mobiliteit, verlatenheid of hoeveel die mense in ‘n land of streek geneig is om rond te trek; en of ‘n ander taal besig is om in te meng. Hoe meer beweeglik die plaaslike bevolking geraak het (via spoorweë) binne die land self (dit is nou Nederland), hoe meer is ander onverstaanbare landsdialekte (EEUE OUER as die Suid-Afrikaanse dialekte en dus ook meer afwykend van Standaardnederlands van die Randstad) teengekom, en dus is die belang van die Standaardtaal al hoe meer hoog op prys gestel om met sprekers van ander onverstaanbare dialekte te kommunikeer. In Suid-Afrika het die subdialekte (streekstale) destyds nog nie so ver afgewyk nie (want dit was nie so oud nie), behalwe deur Engels wat met die verloop van baie jare al hoe meer sy invloed op hierdie verskeie dialekte afgedruk het. Verder het elke tweede Suid-Afrikaanse boer beslis nie in sy lewe ‘n pelgrimsreis na Amsterdam onderneem nie.

Volgens die Featurefrekwensiemetode staan die Afrikaans, wat erken word as ‘n afsonderlike (dogter)taal van Nederlands, veel nader aan die Nederlandse Standaardtaal  (23ste op die lys) as die ander dialekte op Vlaamse, Nederlandse en Franse bodem (Duinkerken). Suid-Limburgs in Kerkrade wyk die meeste af (Van Eeden, 1995:6-9).

4. Die dialek waarin kommunikeer word begin al hoe meer afwyk van die beskoude Standaardvorm, of elitetaal, of koningstaal in die stamland.

5. Sodra die Standaardtaal (Nederlands, ‘n kunstaal) uiteindelik gefinaliseer en landwyd of internasionaal aan skole onderrig word, is dit vir party makliker, ander moeiliker, om by die Standaard aan te pas. Dikwels is daar ook ander hindernisse, soos in Vlaandere en Suid-Afrika, waar volksbewustheid en gebrek aan media (biblioteke en beskikbaarheid van leesstof), ook verdere weerstand teweegbring om die Standaardtaal (destyds genoem Algemeen Beschaafde Nederlands) te aanvaar. Limburgs in Nederland sal weer nie maklik besluit om eerder “Duits” te wees as Nederlands nie. Hier gaan dit weer om nasionale eenheid en pragmatiek: Limburgs binne die Nederlandse landsgrens groei al hoe meer na die Standaardnederlands as kultuurtaal toe, in Duitsland na Standaardduits.

Teen daardie tyd (die finalisering van Standaardnederlands) is Afrikaans deur wat ek “verwildering” en ander “evolusie”/”vereenvoudiging”/”veranalitisering” noem reeds gevorm. Ek dink mens sou tereg kon noem Afrikaans was teen 1900 die produk van 250 jaar se onkunde en swak skoolopleiding van (Randstad)nederlands weens omstandighede. As, ás almal in die Kaap de Goeie Hoop, onder die Nederlandse regering

1)      verplig sou wees om geskool te word in Staatsnederlands [Ryksnederlands? Randstadnederlands?] tot op gevorderde vlak (tot net voor universiteit?),

2)      daar geen invloede van buite was nie [alle ander voormalige Nederlandse kolonies wat deur Engeland oorgeneem is, het heeltemal verengels],

3)      daar genoeg Hollanders gekom en gegaan het om die nuwe wendings in die taalgebruik oor te dra,

4)      daar genoeg opvoedkundige leesstof beskikbaar was om die “geletterde Boere” besig te hou,

sou dit die afwyking beslis gestrem het [afhangend hoe goed opgelei die skoolmeesters was].

Ongelukkig weet ons ook die V.O.C. en die Staat Nederland self het aanvanklik absoluut die minimum, feitlik bôggerôl gedoen om die kolonies te ontwikkel (Kaapstad sou in hierdie opsig waarskynlik nie groter as Suurbraak geword het nie). Maar Engeland kon wel, want hy was nie so baie in duur Europese oorloë betrokke soos die ander koninkryke op die Europese Vasteland nie en verder was hy nie soos Denemarke, Nederland en sekere dele van Frankryk afhanklik van slegs die Engelse kanaal nie. Op daardie gebied was hy onaantasbaar.

‘n Mens sou nou kon spekuleer of die lewe onder die Nederlandse vlag beter sou verloop het.  Nederland het eers werklik teen die laat-1800‘s tot laat-1930‘s belangstelling in sy kolonies begin toon [ook maar net omdat Frankryk en Engeland dit met hul eie gedoen het; dis nou as die ontdekking van goud in die Hoëveld nie reeds ‘n stormloop veroorsaak het deur geleidelike gebiedsuitbreiding noordwaarts nie, as dit ooit sou gebeur het…]. Soos Indonesië (voorheen Nederlands-Indië) egter toon, het die Hollanders steeds nie veel beleggings daarin gepomp nie – dit was steeds ‘n kolonie wat op die primêre sektor ingesteld was: landbou, bosbou, mynbou, vissery, jag. Daarteenoor het die Britte in Indië (die een besuide die Himalajagebergte) begin fokus op vervaardiging (om selfs nog groter wins te maak met die goedkoop vervaardigde produkte met goedkoop arbeid).  

Bos (1941) werp vir ons lig op die onderwerp. Eers in 1817 word die eerste Europese skooltjie oopgemaak in Weltevreden, Nederlands-Indië. In 1860 kom daar die Gymnasium Koning Willem III tot stand, wat die moontlikheid bied om aan Nederlandse universiteite te studeer.

Tot met die volgende eeuwending lyk sake ook maar beroerd met al die omliggende skooltjies. “Dit bleek o.a. uit een in 1900 door het Nederlansch Indisch Onderwijzers Genootschap ingestelde enquête: van 1476 toegelaten ‘Europeesche‘ leerlingen verstond 621 of 41,5% in het geheel geen Nederlandsch; 433 of 29,3% kenden slechts een weinig Nederlandsch en slechts 422 of 29,2% begrepen en spraken de voertaal bij het onderwijs behoorlijk” (p. 16).  Teen 1937 was daar 10 middelbare skole soortgelyk aan Gymnasium Koning Willem III. Lycea (middelbare skole wat slegs Latyn aanbied en nie Oudgrieks nie) was daar vier – twee bestuur deur die regering en twee privaat (p. 23).

“De vraag, of Indië eigen instellingen van Hooger Onderwijs noodig had, werd tot ongeveer 1910 vrijwel eenstemmig ontkennend beantwoord.” Die Eerste Wêreldoorlog het egter studiereise na Nederlandse universiteite bemoeilik en die behoefte na ingenieurs het in Indonesië intussen groter geword.  En juis daarom het die eerste tegnikon eers in 1920 oopgemaak (p. 26).

Die Anton de Kom Universiteit van Suriname is eers op 8 Mei 1966 in die lewe geroep. Volgens hul webwerf: “De Universiteit begon op 1 november 1968 met slechts een faculteit, namelijk de Surinaamse Rechtsschool die in de Faculteit der Rechtswetenschappen was opgegaan. Hoewel de Geneeskundige School ouder is dan de Rechtsschool maakt de juridische faculteit langer deel uitvan de universiteitsgemeenschap dan de medische faculteit. De Geneeskundige School, Suriname ‘s oudste instelling voor hoger beroepsonderwijs, ging pas op 26 september 1969 in de universiteit op.”

Op 25 November 1975 word Suriname onafhanklik – en die Nederlandse koninklikes het ‘n jolige fees op die boot daaroor gehou.

Vergelyk nou hiermee: “In 1817 het ‘n toekomstige predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Abraham Faure, wat toe in Nederland student was, voorstelle gedoen vir die ontwikkeling van hoër onderwys in sy vaderland*. Tien jaar later sou hy saam met ander vooraanstaande Kaaplanders, onder wie James Adamson van die Skotse Kerk, die voortou neem in die stigting van ‘n Atheneum in Kaapstad – die Suid-Afrikaanse Kollege.” [*Hy was waarskynlik gatvol vir die liberale teologie / vrysinnige Protestantisme aan Nederlandse universiteite]

Dié kollege in Kaapstad is in 1829 geopen, maar dit was eintlik niks meer as ‘n middelbare skool nie (Boucher, 1973:3); so het SACS High ontstaan. Paarl Gimnasium het op 12 Januarie 1858 en Paul Roos Gimnasium is in 1866 in Suid-Afrika oopgemaak. Die teologiese seminarie, die Victoria-kollege, wat later die Universiteit van Stellenbosch sou word, is in 1866 gestig (Boucher, 1973:19).

Dit is dus moeilik om met sekerheid te sê of Suid-Afrika onder Hollandse bewind ‘n universiteit sou gekry het in die 1800’s indien genoeg mense daarvoor sou gevra het. Vergeleke met Indonesië wil dit tog so voorkom.

In Holland het dinge in die laat-19de eeu ook nie veel beter as Suid-Afrika en Indonesië onder die V.O.C. of Nederlandse vlag gelyk nie, veral nie vir die vrou nie. My oupa aan Hollandse vaderskant, se skoonsuster, se moeder, kon nie eens haar handtekening maak op die huweliksregister om die troue van haar dogter en skoonseun te bevestig nie (daar was destyds ‘n wet in Nederland waar die ouers hul kinders onder dertigjarige ouderdom skriftelik moet toestemming gee om te trou). Sy kon nie lees of skryf nie [dit staan uitdruklik so geskryf op die huweliksregister]. En dit was op 3 Junie 1936! Sy was buitendien toe al ‘n vrou van amper 64 jaar oud. Nou moet jy ook weet – die eerste leerplig word eers in 1900 in Nederland aangeneem en tree op 1 Januarie 1901 in werking. As die stamland so lyk, hoe lyk die kolonies dan nie?

6. Indien daar geen eerstehandse kontak is met die persone wat die Standaardvorm SPREEK nie (ook d.m.v. radio, televisie, telefoon, rolprente, plate, videokonferensie) bly die afstand tussen Standaardtaal en dialek of “afwyking” groot. In ‘n land met weinige invloed deur Hollanders tydens die koloniale Britse ryk, is die afwykingsproses van Afrikaans van Standaardnederlands hoegenaamd nie stopgesit nie.

7. Die spreektaal van die blankes (Plathollands/Afrikaans) is gebruik as onderrigmedium van Hooghollands en ander vakke in Transvaal. In die Kaap was dit Engels. Albei het teenproduktief gewerk om Hollands aan die leerlinge oor te dra en baie maal was selfs die ingevoerde onderwysers uit Holland  (of diegene wat daar gaan studeer het) in die Boererepublieke  ook nie goed genoeg gekwalifiseerd nie. Verder is die leerlinge in die Kaap nie aangemoedig om Nederlands op skool te praat nie.

8. Alleen die tyd sal leer of die dialekkontinuum in Nederland vandag heeltemal deur skoolonderrig en mediablootstelling sal verdwyn – sodat slegs een eenvormige Standaardtaal sal oorbly. Die vraag is ook of, indien Afrikaans by Nederlands gebly het, die Suid-Afrikaanse dialek hierdeur beïnvloed sou word en ook heeltemal sou verdwyn het.

9. Punt nommer 1 tot 8 kan ‘n streep deur getrek word word na aanleiding van die volgende voorbeeld: Die Duitsers het van die beste skole in Amerika gehad (en het beslis meer literêre en wetenskaplike skatte as Afrikaans!), en tog is die taal daar aansienlik verswak. Onder andere deur iets so simpel soos stigma tydens die Eerste Wêreldoorlog, omstreeks 1917 en daarna. Dit was ‘n skande om ‘n Duitser te wees op heilige Amerikaanse grond, en ons is almal bewus hoe Duitsland by die Verdrag van Versailles verneder is (hoewel die Amerikaanse Kongres tog later hierdie verdrag sou verwerp het). Baie Amerikaanse state het die gebruik van Duits in skole, op straat, oor die telefoon en op vergaderings verbied. In party state is Duitssprekendes geteer en veer, ander is geslaan, verneder, uit hul werk verdryf; predikante wat in Duits gepreek het se huise is snags geel geverf, sonder dat die daders vervolg is. Waar 9 miljoen Amerikaners in 1910 nog Duits gepraat het, was daar teen 1966 maar sowat 50 000 sprekers onder agttienjarige ouderdom oor (Steyn, 1980:15-17; 53).

10. Watter kant van die spoorlyn jy bly, gaan dalk bepaal watter dialek jy verkies.

Petrus van Eeden se gratis beskikbare boek op die internet, “Afrikaans hoort by Nederlands”, beskou die opkomende Nasionalisme, Outonomie en Eie Identiteit (as samebindende middel in die strewe na onafhanklikheid), geen stedelike bevolking en klein elite (vox populi = Vox Dei?), lae skoling (soos om Matriekwiskunde af te water) en die Romantiek (Engels en Nederlands is die bose gekunstelde maghebber, Afrikaans is die wonderschöne, ongekunstelde, gemarginaliseerde natuurkind in die donker hoekie van vergetelheid) as die vernaamste redes waarom Afrikaans later tot standaardtaal verrys het.

Van Eeden behandel slegs vier bladsye oor ”lae skoling” (p. 146 tot 149). Ek lig slegs drie punte uit.

1. Turkye het in 1922 sy eie identiteit gesoek. Die Persiese en Arabiese woorde is uit die taal gewerp en Europese leenwoorde is in gebruik geneem; die Arabiese  skrif is verwerp en met die Latynse alfabet vervang. Boonop is die skryftaal en taalreëls vereenvoudig (of, gemoderniseer). Nou haal ek Van Eeden aan wat sê (p. 146): “hierdie radikale verandering [is] vergemaklik, deur die feit dat in 1927 maar sowat 10% van die bevolking geletterd was. Hierdie drastiese taalhervorming sou onmoontlik gewees het, indien die Turke destyds goed geskoold en welgesteld was.”

2. Van Eeden haal dan Nederlandse navorsing aan wat dui mense wat hoër geskoold is, sal die spelling behou soos dit is [NEEM KENNIS, TAALKOMMISSIE!]. ‘n Moeiliker of ingewikkelde spelwyse sal hulle nie afskrik nie; ‘n oorvereenvoudigde spelwyse sal hulle egter juis teen die bors stuit – want dit kan mos lei tot vervlakking van die taal. Of die Nederlandse spelwyse behoue sou gebly het of in ‘n snaakse Duitse lopende skrif, Fraktur, runeskrif, Gotiese alfabet, Cyrillies of selfs Sjinese piktogramme of spykerskrif geskryf sou word maak nie saak nie – ‘n mens leer wat hy leer op skool. En basta.

3. Boonop was die gehalte onderwyser in Suid-Afrika destyds (*en vandag?) nie juis universeel wat wonders nie (p. 147) – daar was onderwysers wat skaars hul name kon skryf, selfs soms hul name as Potchefstroom, Pretoria en Witfontein aangee, met die maandname twee of meer spelfoute begaan, eenvoudige somme misreken, die getalle met ses tot sewe syfers nie sonder foute kon opskryf of uitspreek nie, nie ‘n werkwoord van ‘n selfstandige naamwoord kon onderskei nie.

Hiermee vergelyk Van Eeden (1995:149):

“Uit die werk van Bortoni-Ricardo (1985) is dit ook duidelik dat persone uit die lae sosio-ekonomiese vlakke van die Brasiliaanse samelewing, probleme ervaar met die vervoeging van die werkwoord. Hoe armer en laer geskoold die Brasiliaan, hoe meer afgewater die vervoeging van die werkwoord asook ander grammatikale vereenvoudiginge. Die opvoedingsproses hou dan in dat die ergste afwykings eers deur middel van addisionele skoling bygebring word. Kyk ‘n mens na die uitlatinge van Mansvelt teen die einde van die vorige eeu, dan blyk dit duidelik dat die Afrikaners wat die laagste geskoold was, ook die fleksievorme van veral die werkwoord die meeste verwaarloos het. Diegene met minder as een jaar skoolopleiding en volgens Mansvelt, suiwer Hollands gepraat het, se taal was “volstrekt niet van buigingsvormen ontbloot” (De Villiers 1936:128). Kombuis-Hollandstaliges, mense dus wat minder as ‘n paar maande skoolopleiding geniet het, het volgens Mansvelt ook nog ‘n suiwer Hollands gepraat, maar hul taal het “bijna alle buigingsvormen, vooral bij de werkwoorden verwaarloost.”

Gegewe al bogenoemde feite, laat dit my eerlikwaar wonder of die onderwysers ooit geweet het wat ”Nederlands” beteken.

Niemand is eintlik nou nog seker wat die losse begrip “Nederlands” behels nie. Wat ek, Suidpunt, onder Standaardnederlands verstaan is om in die stemtoon, die idiomeskat, die woordeskat, uitdrukkings, die sinsbou, die “gees”, die bybetekenisse van Nederlandse woorde geheel en al met die Nederlanders s’n te laat ooreenstem soos hulle vandag oor die radio praat, en veral soos by sobere hofstukke gebruik word. Net omdat ek werkwoorde korrek vervoeg en selfstandige naamwoorde die regte verbuiging gee, beteken dit nie ek praat suiwer Nederlands nie.  Dan kry jy geen Nederlands-Nederlands nie, maar Suid-Afrikaanse Nederlands.

Dit hang weereens af hoe inklusief die akademie wil wees.

Nou sal Sussie natuurlik wys na die Engels en Frans en vra waarom daar nie so baie kreooltale in die Afrikalande is nie en waarom die Amerikaanse Engels nie so erg verskil van Britse Engels nie.

Ons moenie vir een oomblik dink die meerderheid Afrikane van voormalige Franse kolonies praat Frans AS MOEDERTAAL nie. Wat jy daar oor die TV of Youtubevideo hoor is die aangeleerde taal. Wat jy op die skoolbanke kry. Wat moedertaal betref, is mens mos mee houtgerus – jy glo dit is outomaties korrek. Jy gaan nie elke vyf minute hol na ‘n woordeboek uit vrees vir die verkeerde woordkeuse nie. Maar dit gaan ook afhang van jou taalprioriteit. As mens uit ‘n Afrikastam van nederige herkoms spruit, wat ‘n goeie en blywende indruk wil skep en sosiale opgang wil maak deur jou fleurige, gekunstelde, dog hoflike (en ‘n skeutjie vleiende) taal in ‘n derdewêreldland om die boonste sport te bereik, dan moet jou taalgebruik (wat by skoolbank-Frans begin het) keuriger as jou mededingers s‘n wees. As jy ‘n landbouer is wat heel toevallig ”Nederlands” as moedertaal praat, is bloutong onder die skape ‘n veel groter probleem.

Ek stel ook voor die lesers gaan kyk by http://langscape.umd.edu/map.php . Regoor die hele Afrika, met die uitsondering van die suide, sien ek geen Frans of Engels op die kaarte nie. As jy inzoem na die Suid-Afrikaanse stede, daar floreer Engels, maar nie Frans of Portguees in plekke soos Brazzaville en Luanda nie. Die kaarte is egter hoogs veralgemenend – daar is plekke soos Fairview wat ooglopend Afrikaans is – of is dit die huispersoneel wat daar permanent ingetrek het? Sover ek onthou was plekke soos Parow, Bellville, Durbanville (Pampoenkraal) nog altyd Afrikaans. En, in my wildste drome kan Kayelitsha en Kenilworth nie Afrikaans wees nie. Maar tog, volgens die 2011-sensus was Hermanus 76,1% Afrikaanssprekend [nou nie juis die indruk waaronder ek verkeer het nie]. Ook in my eerstejaarsvoorgeskrewe Aardrykskundehandboek deur Bergman en Renwick (2008:275), slaan Afrikaans soos varkmasels op die Afrikavasteland uit. Op die vreemdste plekke. Daar is egter geen beduidenis van Engels of Frans of Portugees op Renwick en Bergman se Afrikakaart nie – wel Arabies.

Ons moet onthou die volkere in die Afrikalande is baie stamgebonde, en die Engels en Frans wat nou deel van die destydse évolués  (ontwikkeldes, beskaafdes) uitmaak is ‘n skepping van die vroeë 1900’s. Lees mens deur David van Reybrouck se “Congo: een geschiedenis” (2010:231-242), was daar enkele swartes in hierdie Belgiese kolonie wat wel deel van dié évolués wou word. Dan moes hul hele lewenswyse, kultuur en uitkyk ooreenstem met die Westerse heersers s‘n – wat met sekere voorregte gepaardgaan. Dan kon hulle wyn drink, verdere geleerdheid ontvang, in dieselfde swembaddens plons as die Belge (maar soos Van Reybrouck skryf (2010:233): ”Als het zwarte in het zwembad sprong, gingen de blanken eruit. Lijfstraffen met de chicotte golden nog steeds voor alle Afrikanen, zelfs voor hen die Latijnse naamvallen kenden en de speeches van De Gaulle lazen”), later selfs meer blankevoorregte verkry… maar vir die meeste volke van die Belgiese Kongo was dit suiwer gatkruip en ontkenning van jou eie stam, vir weelde.  Dis vernederend om boetie-boetie met die heersers te probeer speel. Nietemin was die belangstelling groot om sosiale opgang te maak. Die keuringsproses was egter streng (Van Reybrouck, 2010: 236): ”In 1958 waren slechts 1557 ‘burgerlijke verdiensten‘ uitgereikt en slechts 217 ‘immatriculaties‘, op een bevolking van veertien miljoen inwoners.”  Tog was daar in 1947 op Kongolese dorpies 110 intellektuele klubs, met altesaam 5 609 lede.  Hierdie syfer sou toeneem vanaf 1952 tot 1956 vanaf 131 na 317 klubs. Die inskrywingstal het gestyg vanaf 7 661 tot 15 345 lede.

Verder is dit onbillik om aannames rondom Frans te maak as jy self nie Frans magtig is nie. Frans is ‘n taal wat alles behalwe foneties ooreenstem met die spelvorm. Dieselfde regionalismes stem ook duidelik nie ooreen met die Académie se Frans nie. Maar, as jy wil glo jou Frans is Frans, dan is dit Frans. Dieselfde met die Suid-Afrikaanse Nederlandse dialek van destyds en die halfduitse Limburgs van vandag – as jy vas glo jou Nederlands wat jy praat is Nederlands, dan is dit Nederlands. Geen haan sal daarna kraai nie.

Dit is wat Van Eeden eintlik wil sê: Sulke afwykings IN NEDERLAND EN BELGIË word eenvoudig “dialekte”, “stadstale” en “dorpstale” van Nederlands genoem wat in die verlede deur bykans homogene Nederlanders en Vlaminge gepraat is. By ons in Suid-Afrika word dit sommer ‘n nuwe taal. Onthou, daar was nie radio’s en televisies in elke liewe huishouding in Europa wat Algemene Beschaafde Nederlands die huis indra nie! Sommige dialekte, stadstale en dorpstale wyk véél meer as Afrikaans van die Standaardnederlands af.

Dit is dus nie verbasend nie (1995:52):

“Ten spyte van die hoë tempo waarteen die Vlaminge die Nederlandse standaardtaal nagepraat het, het die aantal Vlaminge wat die standaardtaal, gedurende die sestigerjare as spreektaal gebruik het, nog nie 3% van die Vlaamse bevolking gehaal nie (Willemyns 1971:7). Volgens Botha (1976:6) gebruik minder as 1% van die Vlaminge die Nederlandse standaardtaal, en het hy waarskynlik slegs na die gesproke taal verwys.”

Maar al sou die hele hutspot-idee van Afrikaans as die uitvloeisel van hoogs flekterende tale wat gelyke speelveld soek (Nederlandse, Duitse, Franse, Deense, Sweedse, Noorse selfs Khoi-dialekte?) , net soos by die onlangs ontdekte mynerstaal, Cité-Duits, in België, waarvan die proses haarskerp ooreenstem met die vorming van Afrikaans (Van Maris, 2017), voorgehou word, hou dit ook nie stand teenoor Amerikaans nie. Amerika is immers veel ouer, daar was ook vlae immigrante uit verskeie dele van Europa wat toegeskryf kan word aan oorloë, hongersnood, ekonomiese ineenstorting, beter werksgeleenthede, familie wat reeds gevestig is. Nou hoekom lyk hierdie Engels nie veel anders as dié van Brittanje nie? Of is ons so gewoond aan Amerikaans en Brits dat ons geen verskil meer kan raaksien nie?

Steyn (1980:51) voer aan hierdie miljoene immigrante wat aangekom het en hul ou tale verleer het, kan toegeskryf word aan “waarskynlik die onderwys”. Tog was daar vir baie lank Duitse skole in Amerika. Maar “algaande het die verskillende state op aandrang van die federale regering begin vereis dat net Engels die onderrigtaal in private en openbare skole moet wees”. Verder was daar tot met die 1960’s ‘n baie sterk assimilasiebeleid, en hiervan was Engels die voertaal. Die rolprentbedryf baie later het ook sy werk deeglik gedoen.

Laat ons dus kyk hoe het die onderwys in Suid-Afrika gelyk.

REDE 3: TE MIN LESURE IN NEDERLANDS

Om meer uit te brei omtrent punt 6: was die Nederlands wat op skool geleer is, werklik Nederlands? En van hoeveel tyd praat ons?

Volgens M.E.R., skryf Steyn (1980:191), was “alle skoolboeke [in Transvaal voor die Tweede Vryheidsoorlog] in Nederlands”, “maar die Afrikaanse onderwyseres en kinders het Afrikaans gepraat.” Dit was in alle vakke so. Die onderrigmedium was in Afrikaans, die boeke geskrewe in Hollands.

En tog sê Mansvelt op 1 Mei 1890 eintlik: slegs 12 maande is nodig om “Nederlands” (nou nie goeie Nederlands-Nederlands nie, maar wel ‘verstaanbare’, skaflike Nederlands vir Suid-Afrika) werklik te leer skryf en praat met die korrekte vervoegings (Van Eeden, 1995:148):

“[…] de taal die men bijv. te Stellenbosch niet alleen op openbare vergaderingen, maar ook in den omgang nog hoort van mannen, die mij zelf verzekerd hebben, dat zij in hun jeugd niet meer dan twaalf maanden onderwijs genoten hebben van den een of anderen weggelopen matroos of soldaat. Deze taal nu, hoezeer ook in vele opzichten van de Nederlandsche schrijftaal afwijkende, is in haren zinsbouw, zoowel als woordenschat, zuiver Hollandsch en volstrekt niet van buigingsvormen ontbloot […]”

Maar oor Kombuis-Hollands: “Dit is de taal die bijna alle buigingsvormen, vooral bij de werkwoorden verwaarloost.” Hierdie taal word volgens Mansvelt gebruik deur persone wat slegs enkele maande gebrekkige onderwys geniet het. Nogtans beskou Mansvelt dit as ‘n verrassing dat Kombuis-Hollandstaliges, ondanks die feit dat die Kaap toe al vir byna ‘n eeu onder Engels bestuur was en skoolopleiding vir die Afrikaner pateties was, dié mense “nog zulk een betrekkelijk zuiver Hollandsch spreken” (Van Eeden, 1995:148).

Hoewel Van Eeden in ‘n optimistiese trant skryf ”Verder is dit belangrik om daarop te let dat Mansvelt hierdie twee soorte Afrikaans, wat bloot gebrekkige Nederlands was, steeds as suiwer Nederlands beskou het” [skietgoed om taalamalgamasie te steun] loop my beker allermins van vreugde oor.

Mansvelt se “zuiver Hollandsch” en “12-maande-Nederlands” is duidelik nie die drawende Standaardtaal wat in die Nederlandse Eerste en Tweede Kamer (parlement of ‘Staten-Generaal’) weergalm word terwyl ander verveeld aan pepermentjies suig nie. Daarvan het Afrikaans (of Suid-Afrikaanse Nederlands) reeds te ver van hierdie nuwe kunstaal (Standaardnederlands) afgewyk.

Maar let nou mooi op:

Om ‘n lewende taal aan te leer, soos hierbo genoem, is geen sprake van die grammatikadrilwerk eintlik nodig nie. Die leermeester is ‘n Hollandse matroos of soldaat wat gedros het – iemand wat waarskynlik die taal (as moedertaal) magtig is. Soos in die Pruisiese skool van desjare (as ek Waquet se “Latin or the empire of the a sign” (2001:32) korrek verstaan) is Latyn geleer uit die vuis praat nog voordat die grammatika behandel is. Soos ons “Hallo!”, “Lekker naweek!”, “Lekker slaap” leer praat en later al hoe meer ingewikkelde sinne gebruik. Jy moet konstant op jou voete dink; dis die beste leermeester. ‘n Lewende taal leer jy deur kontak, voortdurende praatwerk.

Daardie jare (19de tot in die middel van die 20ste eeu) was drilwerk met grammatika en verbuigings- en vervoegingstabelletjies die obsessie (veral in die Duitse klasse in Suid-Afrika sou hierdie drilwerk nog lank voortgesit word), nie soos vanaf die 1980’s toe iemand skielik agterkom “maar ons leer mos deur te praat” en “opstelle skryf” nie. Op die huidige oomblik is ek bewus van Marianne Dircksen (2016) aan die NWU wat skryf oor Latynonderrig in Amerika wat so, soos ‘n lewende taal, aangeleer moet word.

In die 1980’s het die resensent, ene J. Hilton (1982:152-156) destyds verbonde aan die Universiteit van Fort Hare, W.G.J. Lubbe se ”Latyn vir Regte” (1981) en D.M. Kriel se ”Latyn vir die regstudent” (1977) gekritiseer: Lubbe en Kriel benadruk glo die skryf- en uitspraakoefeninge te veel – dit is glo te tradisioneel. Latyn hoef immers vandag in die 1980‘s slegs GELEES te word:

”Both books would appear to be adaptations of the traditional approach to the teaching of Latin to a specialized vocabulary.   Given the lack of goal definition of these books it is still strange that the underlying assumption – that the courses will equip the students to READ Latin better – is ignored. The goals of the traditional courses are to produce students who can write and even speak Latin.  The goals of Latin teaching have now generally changed (and this is implicit in the books under review) and one would expect a change in content to facilitate the attainment of these goals.”

Hoe het tye nie verander nie! Moet ek nou sê hierdie twee Afrikaners was hul tyd vooruit?! Of word die siklus voltooi? Die sirkel word rond? Déjà-vu? Dit lyk darem baie naby aan die Pruisiese skool van ouds! Die geskiedenis herhaal eenvoudig homself. Ongelukkig het hierdie uit-die-vuis-leer-metode een nadeel (wat Waquet ook op dieselfde blad noem): by die Franse skole is eeue gelede wel bevind met hul naslaan-drilwerk-en-woordeboek-naslaan-metode kan die leerlinge skaars in Latyn praat, en hul woordeskat maar gering, maar op skrif is hul werk veel meer afgerond.

Sonder daardie skryflesse kon jou Nederlands (of, die kunstaal, Standaardnederlands, so goed soos ‘n dooie taal) op soortgelyke wyse allermins gekunsteld afgerond word. Jy moes as’t ware die volle Matriek loop (of, soos Hertzog, selfs verder) om die fynere nuanses te verstaan. Die belangrikste faktor by taalaanleer soos hierdie, by dooie tale, bevind die Franse sosioloog, Philippe Cibois (2015), is TYD. Jy kan byvoorbeeld nie verwag iemand in die jaar 2012 wat 400 uur per skooljaar aan Latyn moet afstaan, sal sy voorgangers, wat 900 uur per skooljaar moes deurworstel, kan klop of ewenaar nie.

Dieselfde geld met Nederlands.

Ongelukkig kon ek nie Langenhoven se outobiografie  “U dienswillige dienaar” uitneem by die biblioteek nie (dit is reeds uitgeneem) en ek moes my verlaat op my bydrae op die Afrikaanse Wikipedia-artikel wat ek in die verlede daar geplaas het. Hy skryf:

“Ons kinders is gemaak Engels praat, selfs buitekant die skool, maar nooit was daar van Meester se kant die minste poging om ons te maak Hooghollands praat nie, selfs nie met hom nie, en selfs nie in die Hollandse klasse nie. Daar by ons, soos orals elders, was dit maar ‘n vanselfsprekende saak dat jy ‘n Afrikaner enige vreemde taal kan leer praat maar nie Nederlands nie. […] Meester Bloemkolk had van teoretiese grammatika geen grondige logiese begrip nie. (Ek het daar ‘n Hollandse spraakkuns op skool gebruik – die liewe ou Stucki s’n. Maar dáár was ook geen stucki logika in nie.) Maar Meester het my, vir meer as die betrokke standaard van onderwys en ouderdom, deeglik Nederlands geleer. Toe ek uit sy skool weggegaan het, het ek dit seker min swakker geskryf as wat ek dit vandag kan skryf. Verder het hy my, by die skoolwerk verby, ‘n menige Nederlandse boeke geleen om te lees en ek het hulle verslind. En daar is geen twyfel aan nie dat my woordeskat (wat ek vandag nog altyd te armoedig vind vir die uitdrukkings van my gedagtes) deur Nederlandse lees en studie verbeter is.”

Duidelik sit ons hier met Waquet se “Franse Latynskool”.

Ek beskik ongelukkig oor te min tyd om deur die proefskrif “Onderwys aan die Kaap onder die Kompanje 1652 – 1795: ‘n kultuurhistoriese studie”  (1936) te lees en beroep my dus op ander bronne. Ek sou wel aanraai dat die leser hierna gaan kyk by http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/63726 .

Ons weet ten minste 50% van die heel eerste Hollandse nedersetters in Suid-Afrika was analfabete (Van Eeden, 1995:147). Ons is ewe deeglik bewus van die uiters lae skoolbywoningsyfers, veral in die platteland gedurende hierdie tydperk waar selde slegs meer as een jaar skoolgegaan is (Scholtz, 1939:208). Hetsy die geriewe was eenvoudig nie daar nie, of die vraag daarna was afwesig by die eenvoudige maar uitmergelende leefwêreld van die selfonderhoudende boer en sy gesin, of daar was eenvoudig net nie die geld of die tyd vir die kind of ouer wat daarna begeer het nie.

Die feit bly staan: Jy kan onmoontlik nie binne 1 jaar al die grammatika van Nederlands baasraak nie. Nie as jy al die nuanses wil lees, vasvang en self skryf nie.

Rol meer as 250 jaar vorentoe en Van Eeden skryf (1995:147):

Uit onderwysstatistiek blyk dat slegs 11,24% van die leerlinge in staatsondersteunde skole gedurende 1908 in standerds hoër as standerd vier was (Zietsman 1992:83). Die volgende tabel gee ‘n duidelike beeld van die onderwyssituasie, uitgedruk in persentasie:

 

Jaar

Graad

Standerd 3

Standerd 4

Standerd 5

Standerd 6

Standerd 7

1901

47,32

9,98

6,89

3,46

1,74

0,64

1908

44,19

10,25

7,63

4,56

2,84

1,12

 

Dan gaan hy voort (1995:147):

Volgens Zietsman (1992:83) is daar volgens die inspeksieverslae, gedurende dié tyd, soms eers in standerd 4 met formele onderrig in Nederlands begin, en het die oorgrote meerderheid Afrikaners dus nooit werklike onderwys in die taal ontvang nie, aangesien slegs ‘n fraksie Afrikanerkinders by skoolhoër en matriek uitgekom het. Selfs prominente Afrikanerleiers, tydens die eeuwenteling, het dikwels bitter weinig, indien enige formele skoling geniet (vergelyk De Villiers 1936:220).

 

My eie oupa (gebore 1904, oorlede 1981) van moederskant is ook ‘n produk van die Engelse Kaapse regering- en onderwysstelsel – hy kon slegs Standerd 3 klaarmaak, daarna moes hy teen sy sin (al wenend) gaan skape oppas. Voorheen moes hy donkie-ore dra as hy nie Engels in die klas wou of kon praat nie. Sy vrou (gebore 1914, oorlede 1954) haal darem Standerd 6. Die briewe wat my Oupa wel latere jare geskryf het aan sy kinders was in Afrikaans, sonder spelfoute, wel met die kenmerkende ÿ en nie y of die argaïese ij nie. Sy spelkennis het hy uit Afrikaanse Christelike boeke opgedoen wat hy in sy vrye tyd gelees het.

Ek beskik wel hier oor ‘n boekie deur ene Willem S. Logeman (“Professor in de Moderne Talen aan het Zuid-Afrik. College te Kaapstad”), geskryf te Zeepunt, Juli 1901, getiteld: “Leesboek en Grammatika met oefeningen, Voor den Vierden Standaard”. Wat onmiddellik opval is dat die boek geskryf is soos vir iemand wat in Engels onderrig word. Die Hollandse tekste wat vir oefeninge gebruik word, het Engelse opsommings vanaf bl. 195 tot 219. Daar is ook ‘n woordelys in die boekie wat tweetalig is (bl. 155 tot 194) – dis baie snaaks vir ‘n Nederlandse handboek. Nog iets: die vervoeginge van „ik bak, gij bakt, hij bakt, wij bakken, u bakt, zij bakken, jelui bakt of jullie bakken, u bakt, de heeren bakken, zullie / zij bakken“ word eers hier in Standerd 4 (Graad 6!) werklik behandel.

Wil jy nou wragtig vir my sê Hollands is eers vanaf die vierde standerd werklik geleer?! Waar is die verskeie passiewe vorme, die verledetydsvorm, die toekoms, die onbepaalde wyse (infinitief)? Waar is die onderskeid tussen die onvoltooide en voltooide onbepaalde wyse? Die gebiedende wyse (BAK!!)? Die voorwaardelike “zou bakken”? O, hier is ‘n paar van hulle. Maar min. Daar word net in hierdie palmgrootte boekie ( 17 x 12 x 1 cm ) van 223 bladsytjies (steekproef: hoogstens 33 reëltjies per blad van 8 woorde elk, merendeels met grafika wat die woordaantal drasties inkort) heel terloops genoem die subjunktief of aanvoegende wyse is vreemd in die alledaagse taal. En waar leer jy mense die uitspraak? Afrikaanse uitspraak is duidelik nie Nederlandse uitspraak nie – jy verwar net die kind.

 Die boekie alleen sal mens kan help om baie, BAIE eenvoudige kinder-Nederlands miskien te lees – maar dit hou as die enigste, ALLERLAASTE taalhandboek op skool vir die kind alleen absoluut niks belowends in nie. Volgens Gerda Odendaal  (2016:262): “Dat die bron in ’n bepaalde behoefte voorsien het, blyk daaruit dat dit tot 1907 verskeie uitgawes beleef het”. Odendaal spesifiseer nie die latere verdeling in Standerds nie, so ek is salig onbewus of jy later ‘n matriekhandboek vir  Nederlands gekry het. Wag, ek kyk gou by Worldcat – Net Standerds 2 en 3 word hier gelys. Die oorspronklike boek van 1898 (vir alle standerds) was ook net 288 bladsye lank. Maar wat ons wel weet uit die syfers van 1901 en 1908 (sien bo):  daardie “bepaalde behoefte” was maar MIN! Want daar was MIN leerlinge.

Van den Heever maak in sy biografie oor Hertzog doodseker ons verneem slegs tot 3 ure per week (1944: 185, 199, 224) is aan Nederlands afgestaan voor en net na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog onder Engelse bewind. Indien daar ooit streng by hierdie ure gehou is.

Met al hierdie wind van voor – wie sou dan ooit in Holland kon gaan studeer, laat staan nog sy doktorsgraad daar kon verwerf het? Wie sou nou ‘n kat se kans kon hê? Wel, ons liewe Genl. Dr. Barry Hertzog kon.

By die Victoria-kollege waar Hertzog sy B.A.-graad verwerf het, was slegs 1 uur per week aan Nederlands afgestaan, later sou dit 2 ure per week word (Van den Heever, 1944:36). Ten spyte van al hierdie hindernisse, kon hy wel na Amsterdam gaan in Augustus 1889, die aanvang van die nuwe akademiese jaar in Europa. Duidelik staan daar wel in Van den Heever se boek: ”Hy het Nederlands hier deeglik leer skrywe en praat, en veel later, soos die geval was met baie van sy geslag, sou hy met moeite ‘n suiwer Afrikaans skrywe, want die ingekerfde Nederlandse vorm sou steeds weer, deur die Afrikaanse heen, opduik” (Van den Heever, 1944:42).  Om Nederlands te leer skryf en praat het nie van nature gekom nie  – nie ná ongeveer 250 jaar van ‘ongeletterdheid‘ [of, afskeiding van die Hollands] wat sy eie loop in Suid-Afrika geneem het nie. Maar, Hertzog het deurgedruk. Let ook op die aantal jare wat hy in Nederland deurbring – dit noem ons ‘n taalbad.

Uiteindelik is sy proefskrif in 1892 afgehandel en aanvaar; in Nederlands. En Hertzog het gepromoveer. Blykbaar was hierdie prestasie nie ‘n alledaagse verskynsel nie, want die ”Stadsnieuws” maak ‘n moerse ophef oor hierdie “jonge man” (soos oorgetik deur Van den Heever, 1944:43):

[…]

“De jonge man, die tot doctor in de rechtswetenschap werd bevorderd, is genaamd James Barry Munnik Hertzog en geboren te Wellington, in de Kaapkolonie. Toen hij drie jaren geleden uit Zuid-Afrika hierheen kwam, had hij reeds aan de universiteit der Kaap de Goede Hoop den graad van “Bachelor of Arts” behaald. Daar de graden aldaar verleend hier te lande worden erkend, is het aan de Kaapsche studenten gemakkelijk gemaakt hier verder te studeren.

De heer Hertzog nu is de eerste Zuid-Afrikaander, die aan de Amsterdamsche Universiteit den doctorstitel heeft verworven, en het doet ons veel genoegen te kunnen melden, dat reeds een vrij aanzienlijk aantal zijner landgenoten, evenals hij, aan de Amsterdamsche Universiteit de voorkeur heeft gegeven. Onze Universiteit heeft blijkbaar in Zuid-Afrika geen slechten naam.”

[…]

 

Dit was dus wel moontlik om Nederland te besoek met jou karige Nederlandse opleiding (hoewel Hertzog se ouers ook welgestelde mense was).

En tog, net voor Hertzog se terugkeer was hy steeds geen swaaier van die Prinsenvlag in Suid-Afrika nie. Getrou aan sy dialek [Afrikaans was teen die helfte van die 20ste eeu in die Webster nog so beskryf – Dutch dialect], skryf hy in die jaar 1891 aan die Amsterdamse Studenteweekblad waarvan stukke op 29 April, 6 Mei en 13 Mei geplaas is (vertaal deur Van den Heever, p. 44-47) die volgende:

Dit pas by die Afrikaner-karakter en landsaard. Dit is ‘n hoogs analitiese taal net soos Engels.

[…]

Dit behoort mense te oortuig van die volslae astrantheid om te probeer om in Suid-Afrika ‘n taal in te voer wat so hoog sinteties is soos Nederlands met al die ingewikkeldheid en fraiings van verbuiging. Dié poging is gedaan en sommige, wat nog nie die volledige mag van taal oor die denkwyse van ‘n volk deurgrond nie, hou daarmee aan. Hulle gees moet nog ontsluit word vir die groot feit in die wetenskap en in die taal dat ons in die vooruitgang van gemeenskap en mens eers die sintetiese en dan die analitiese het, eers die samegestelde en dan die eenvoudige. Hulle kan sekerlik nie onder die indruk verkeer van die waarheid dat van die analitiese taal ‘n teruggang is en aan die grense van die onmoontlike behoort nie; dié verandering bring ‘n totale wysiging in die denk- en uitdrukkingsvermoë van ‘n volk. Ons kan, na aanleiding van die terugkeer na Nederlands, net so wel verwag om te sien dat ‘n rivier se stroom terugvloei. Dit laat trouens die Afrikaner se taal bloei ten spyte van sy kragtige en meerderwaardige mededinger, Engels; dit beloof aan laasgenoemde ‘n swaar en volgehoue stryd om baasskap in Suid-Afrika.

 

MAAR AFRIKAANS BLY OOK DEELS BEVRORE NEDERLANDS

Afrikaans hoef nie as Fanagôlo-Nederlands beskou te word nie, maar eenvoudig ‘n ander rigting wat ingeslaan is. Soos Linux-rekenaartale; elkeen dien sy doel. Ek begryp al te goed die Afrikaner/Boer soek die WARE JAKOB. Die 100% egte suiwer koffiebone. Die 100% suiwer goue Krugermuntstuk. Die 100% egte Coco Chanel. Die 100% egte Pierneef. Die 100% suiwer Nederlands, ”soos dit destyds gepraat is”. Laasgenoemde is egter soos om rekenaars in die Middeleeue te gaan soek – dit het nie bestaan nie. As jy suiwer puristies te werk wil gaan, dan gaan jy eindig met ‘n taal waarmee skeepsjongens aangesê is om die hawens blink te poets met Sarel Skropborsel. As jy nog nie tevrede daarmee is nie, gaan jy op Indogermaans afkom: skaflik genoeg vir mense wat in strooihutte bly en ‘n paar runderpesbeeste aanhou. Of dalk nog in die Steentydperk vasgevang sit. Dit is die spreekwoordelike MS-DOS in ‘n rekenaarwêreld oorheers deur Java en Android. Jy kan ook maar net “soveel” daarmee doen.

Maar wat nou van die Franse daar doer bo in Quebec? Hulle gebruik tog ‘n taal GEBOU OP die 16de-eeuse Paryse dialek wat aansienlik minder lettergetrou uitgespreek word as moderne Standaardfrans. Ek het op YouTube by die kommentaar mense steen en been sien kla hulle kan, met al hul moeitevolle Franse klasse op middelbare skool, nie ‘n snars verstaan wat hierdie mense sê nie.

Maar Afrikaans het ook, net soos die taal in Quebecse Frans, sekere dele van die ou Nederlands behou wat in die Standaardnederlands vergete is.  ”Voortdurend zitten te slapen” in moderne Nederlands word vandag in Deens en Afrikaans nog albei los geskryf: “sit en slaap” en “sidder og sover” . Natuurlik weet ons dit beteken nie letterlik om te sit en slaap nie (iets wat ek by Duolingo opmerk veral die Britte mee kleitrap wat Deens leer, maar nie diegene wat sekere dialekte Amerikaans praat nie), want dit is die “present continuous tense” (-ing)  van die werkwoordtyd wat in Afrikaans en Deens en Nederlands ontbreek. Maar Afrikaans kan soos Nederlands ook “aan die” gebruik (“Ik ben aan het” + infinitief): “Ek is aan die werk, aan die slaap, aan die skrywe, aan die kook.”  So ‘n mens kan in Afrikaans sê:  “Ek is besig om die blomme nat te gooi”, “Ek gooi (nou) die blomme nat.”,  “Ek is aan die blomme natgooi”, “Ek staan en gooi die blomme nat” of “Ek staan en blomme natgooi”. Almal dui op die onvoltooide teenwoordige tyd.

 Ek het ook agtergekom ”weeluis”  is ‘n argaïsme wat in Afrikaans behoue gebly het – in Nederlands het die woord teen 1858 reeds verduits: “bedwants”, uit “Bettwanze” of “Bett-Wantze”.

Die oorlede Nederlandse digter, Gerrit Komrij, sê oor Afrikaans (in ‘n onderhoud teenoor Herman Wasserman): ”Ek het dit oor die byna onomskryfbare gevoel dat Afrikaans gedeeltelik ‘n bevrore Nederlands is – nie versteen of doods – maar bevrore, gestol, in die tyd stilgeword, as jy in ‘n soort tydmasjien meteens gekonfronteer word met ‘n beeld uit ‘n ander tyd, met ‘n tafereel uit ‘n vergete provinsie.”

En nou wil ek afsluit deur die volgende vraag: Waarom kan ons Afrikaans net nie met rus laat nie? Waarom hom verwyt dat hy ‘n Fanagalô-Nederlands is? ‘n Onegte Nederlands? Kom ons herskryf net gou die vraag van vroeër:

Het ons Franse voorsate as ongeletterde plebs/uitskot doodeenvoudig gesukkel om uiting te kon gee aan Klassieke en Volkslatyn – en toe die weg van n tipe ‘fanagalo’-Latyn gevolg waarmee hul hulself gemaklik kon vind?

Tegnies gesproke het hierdie Fanagalô-Latyn, vir ons beter bekend as Frans, met verloop van jare magtiger as sy voorganger geword. Op talle terreine dwing Frans nog respek af, soos in Europa en Afrika. Ook by die Olimpiese Spele. Die Verenigde Nasies. En selfs in Japan. In die beginjare het hierdie „Latyn“ in die skadu gebroei, onder volk en land wat Latyn aangeneem het, maar wat die stamtaal beslis nie na behore kon praat nie. Waar sou die Middeleeuse Franse romans ooit vir Vergilius se “Die Aeneïs” kon ewenaar? Op daardie stadium sou die Galliërs nog net kon droom om soos die Romeinse keisers van weleer die wêreld te besit.  Vir jare het hulle geglo hulle praat Romeins/Romaans (langue romane). Op die vraag aan die geskiedkundige Ferdinand Lot “Wanneer het ons opgehou om Latyn in Gallië te praat?” was sy lakonieke antwoord: “Nooit”. Die Galliese inwoners het vas bly glo hulle praat presies dieselfde taal as hul voorouers (Latyn), maar binne enkele eeue was die taal onherkenbaar. Toe Karel die Grote die klasse in die Klassieke Latyn laat herleef, het mense gou begin besef hul gesproke Latyn lyk HOEGENAAMD nie dieselfde soos dié van Vergilius en kie nie. Wat ‘n ontnugtering. Wat ‘n geweldige skok.

Dit het lank geduur om van daardie tradisie weg te breek. Donders lank. Maar uiteindelik het Frans in die jaar 1539 (méér as ‘n anderhalf jaarduisend later!) die amptelike taal van die reg en administrasie van Frankryk geword, in die plek van Latyn.

Die Keltiese en Germaanse woordeskat toon duidelik hoe Frans ook eintlik maar ‘n hutspot van omliggende tale en dialekte was.  Vergelyk byvoorbeeld die bekende “leunstoel” in Frans: fauteuil > faudestueil > faldistôl > faldstuol > valtstuol (Middelhoogduits  vir “voustoel” of “klapstoel”). 

Latyn het van 3 woordgeslagte (manlik, vroulik en onsydig) en SOV-sinsbou “versleg” / “veranalitiseer” / “vereenvoudig“ /  “verwilder” tot 2 woordgeslagte (manlik en vroulik) en SVO-sinsbou. Dit is Frans.  En dit is nog voordat mens insien hoe die woordbetekenisse ook boonop deur die eeue verander het!

Afrikaans het dus niks om oor skaam te wees nie, ewe min as Frans.

–          Suidpunt

Bronne:

Bergman, E.F. & Renwick, W.H. 2008. Geography: people, places, and environment. Fourth Edition. New Jersey: Pearson Publishers, p. 275.

Bos, R. 1941. Hoe het groeide: Het onderwijs in Nederlandsch-Indië, Januari-Februari. ( https://web.archive.org/web/20130702101442if_/http://62.41.28.253/cgi-bin/imageserver/imageserver.pl?oid=FFHBID19410901-001-1941-0008&key=&getpdf=true  )

Boucher, M. 1973. Spes in arduis: ‘n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.

Cibois, P. 2015. Statistiques de la rentrée, mais de l’an dernier. ( http://enseignement-latin.hypotheses.org/9059  )

CNTRL.fr s.v. ”fauteuil” (http://www.cnrtl.fr/etymologie/fauteuil )

Dircksen, M. 2016. Reassessing Latin pedagogy : a proposed model for South African learners. Akroterion, 61(1):59-73.

Hilton, J. 1982. Review. Akroterion, 27(3-4): p. 152-156. (http://journals.co.za/deliver/fulltext/akro/27/3-4/535.pdf?itemId=/content/akro/27/3-4/AJA03031896_534&mimeType=pdf&containerItemId=content/journal/akro )

Laloli, Henk. 1994. Technisch onderwijs en sociaal-ekonomische verandering in Nederlands-Indië  en Indonesië, 1900-1958.Scriptie Vakgroep Economische en sociale geschiedenis Universiteit van Amsterdam. (http://amsterdamhistorie.nl/bestanden/onderzoek/Technisch%20onderwijs%20nederlands-indië.pdf )

Langscape Maps. ( http://langscape.umd.edu/map.php )

Logeman, W.S. 1901. Leesboek en Grammatika met oefeningen, Voor den Vierden Standaard. Tweede nauwkeurig herziene druk. Kaapstad: Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij.

Matthias Lexers Mittelhochdeutsches Taschenwörterbuch. 1965. (1885) 31. Auflage. Stuttgart: S. Hirzel Verlag. s.v. ”valtstuol”. S. 263.

Odendaal, G. 2016. Die  rol  van  die  US  se  Departement  Afrikaans  en  Nederlands  in  die  ontwikkeling  van  die  Afrikaanse  leksikografie:  Die  Nederlands-Afrikaans-stryd  gedurende die aanvangsjare. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56 (1): 256-276  (http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v56n1/16.pdf )

Paarl Gimnasium: http://www.paarlgim.co.za/index.php/ons-skool/geskiedenis

Sacs High: http://sacshigh.org.za/about/history/

Scholtz, J. du P. 1939. Die Afrikaner en sy taal: 1806-1875. Kaapstad: Nasionale Pers.

Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.

UVS: Anton de Kom Universiteit van Suriname ( http://www.uvs.edu/over-ons/geschiedenis/ )

Verne, J. 1864. Voyage au centre de la terre. ( http://www.gutenberg.org/cache/epub/4791/pg4791-images.html ):

Van den Heever, C.M. 1944. 2de druk. Generaal J.B.M. Hertzog. Johannesburg: A.P.-boekhandel.

Van Eeden, P. 1995. Afrikaans hoort by Nederlands: ons Afrikaanse taalverdriet. S.l.: Brevitas. (http://www.afrikaans.nu/afrikaans_hoort_by_nederlands.pdf )

Van Maris, B. 2017. Hoe net over de grens razendsnel een unieke taal ontstond. NRC.NL ( https://www.nrc.nl/nieuws/2017/02/17/hoe-net-over-de-grens-razendsnel-een-nieuwe-taal-ontstond-6727658-a1546528  )

Van Reybrouck, D. 2010. Congo: een geschiedenis. Amsterdam: De bezige bij. pp. 231-242.

Waquet, F. 2001 (1998). Latin or the empire of a sign: from the sixteenth to the twentieth centuries. Translated by John Howe. London: Verso, p. 32:

In the case of France the dominant impression was of similarity, with equal fluency in composition of both prose and vers; (Matthew) Arnold was impressed, however, by the amount of homework French children turned out, owing to the freer use of anthologies an a purely mechanical grounding in grammar. In Prussia, he was intrigued by the use of spoken Latin among teachers and pupils (although he noticed that the practice was in decline): young Prussians possessed enviable vocabulary and fluency, which also enabled them to read very extensively; but their composition, by contrast, lacked the elegant classical style that their French and English temporaries were taught to reproduce, the finish that the abler pupils from the better public schools could give their Latin verse.

Wasserman, H. 2001. ”Vrees God en hou jou kruit droog”. Beeld, 26 Julie:2. (Opgeneem in Unisa-Leesbundel vir AFK3043: Taalvariasie en taalpolitiek).

Wikipedia:

https://af.wikipedia.org/wiki/C.J._Langenhoven

https://af.wikipedia.org/wiki/Litaus (‘n vertaling van die Duitse weergawe)

https://af.wikipedia.org/wiki/Weeluis (my eie navorsing omtrent die woordherkoms is daar geplaas)

https://de.wikipedia.org/wiki/Litauische_Sprache

https://en.wikipedia.org/wiki/Évolué (‘n vertaling van die Franse weergawe)

https://fr.wikipedia.org/wiki/Évolué

https://fr.wikipedia.org/wiki/Gallo-roman_(langue)

https://fr.wikipedia.org/wiki/Ordonnance_de_Villers-Cotterêts

https://nl.wikipedia.org/wiki/Leerplicht

https://nl.wikipedia.org/wiki/Limburgs

https://nl.wikipedia.org/wiki/Nederlandse_dialecten#Indeling_van_de_dialecten

https://nl.wikipedia.org/wiki/Onderwijs_in_Nederlands-Indië

https://nl.wikipedia.org/wiki/Technische_Hogeschool_Bandoeng

https://nl.wikipedia.org/wiki/Universitas_Indonesia

Youtube:

Gordy, T. 2015. Je devine des expressions quebecois! ( https://www.youtube.com/watch?v=AgcP4_2btU0  ) Opgelaai: 13 Junie 2015. Kommentaar benede: I learned French at school for 7 years, but I can’t understand Canadian French at all! Maybe only 5 percent! / i’m in my 6th year of studying it and i can get the main idea, but only if they’re also very expressive with their actions, otherwise it’s a blur.

Kovsies se kleurlingrektor smyt 20 ton biblioteekboeke weg om ‘studentevermaak te skep’

Die revolusie wat deur die Broederbondverraaiers aan die Vrystaatse Universiteit ontketen is, stoom voort want so pas het bekend geraak dat die nuwe kleurlingrektor, wat die Boerehater en propagandis Jonathan Jansen opgevolg het, die hele universiteitsbiblioteek laat leeg maak het om plek te maak vir swart studente wat rekenaarspeletjies wil speel.

Volgens die universiteit se amptelike woordvoerder, Lacea Loader, “(is dit) prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, se visie om fisieke en virtuele spasies te skep wat veeldoelige leerruimtes vir studente aanmoedig – met die klem op ‘studente se ervaring’ wat hul akademiese sukses en lewenslange leer sal ondersteun”.

Aanvanklik is gedink dat die universiteit die boeke weggesmyt het om nuwe boeke aan te koop, maar dit blyk nou dat die Petersen heeltemal met boeke wil wegdoen en van die die biblioteek ‘n soort “virtuele speletjiesentrum” wil maak. Twee handelaars in skroot en afval op Bloemfontein, mnre. Brendon Muller en Neels de Villiers van die firma Avery Scrap Metal and Glass Recyclers het toevallig gesien hoe twintig ton boeke uit die biblioteek afgelaai word om verpulp te word. Deur hulle toedoen is ‘n gedeelte van die universiteit se boekversameling gered.

Onder die boeke wat Petersen laat wegsmyt het, tel Africana-items soos tydskrifte wat langer as honderd jaar oud is. In enige beskaafde land sou sulke items volgens argivale standaarde bewaar word, maar in Suid-Afrika stu die revolusionêre vernietiging voort.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het vroeër vanmiddag gesê: “Hierdie soort vernietigende optrede deur ‘n universiteitsowerheid neem ‘n mens slegs tydens moorddadige, ekstreme bewinde soos dié van Pol Pot in Kambodja, Mao Tsetoeng se Kulturele Revolusie of Mengistu in Ethiopië waar. Kennelik het Bloemfontein nou insgelyks in sulke ekstremisme verval, nadat eers Jonathan Jansen en nou Francis Petersen oorgeneem het.”

Hy het die vernietiging van kultuurerfenis ‘n “internasionale misdaad” genoem. “Dit ly geen twyfel dat wat nou aan die Universiteit van die Vrystaat aan die gang is, ‘n oortreding van internasionale verdrae en die volkereg verteenwoordig nie. Ons erfenis word daar vernietig, op dieselfde barbaarse wyse as wat  daar vroeër standbeelde aangeval is. ‘n Klag behoort teen alle betrokkenes ingedien te word, sowel in Suid-Afrika as oorsee,” het dr. Roodt gesê.

Kleurlingmans skuldig aan moord op skryfster Winnie Rust

Nigel en Johannes Plaatjies, die beskuldigdes in die moord op die Afrikaanse skryfster Winnie Rust, is vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof deur regter Elize Steyn skuldig bevind. Benewens die moord op Winnie Rust, het die twee ook gepoog om die Rust-woonhuis aan die brand te steek om die spore van hul daad uit te wis.

Winnie Rust. Foto: Wikipedia.

Winnie Rust, wat haar oor ‘n tydperk van jare oor Nigel Plaatjies ontferm het en as sy weldoener opgetree het, is deur hom en sy oom vasgebind en verwurg. Hierna het hulle ‘n gasstoof oopgedraai en ‘n brandende kers daarvoor gelos in ‘n poging om die hele huis te laat afbrand.

Nigel en Johannes Plaatjies het twee goue ringe en skootrekenaars uit die woning weggedra. Hulle het ook die vermoorde mev. Rust se bankkaart geneem en R5000 uit haar rekening onttrek. Die juweliersware is aan ‘n pandjieswinkel vir R1200 verkoop.

Terwyl Nigel skuld beken het op die aanklag van diefstal wat verband hou met die onttrekking van R5000, het Johannes Plaatjies skuld op dié klag ontken. Daarom het die regter slegs vir Nigel aan die diefstal van die R5000 skuldig bevind.

Maar albei die Plaatjies-familielede is, benewens die moord, aan ander klagte van diefstal en bedrog skuldig bevind aangesien hulle gepoog het om kruideniersware en ‘n selfoon met Winnie Rust se bankkaart te koop.

Regter Steyn het in haar uitspraak gesê dat albei “kop in een mus” was sover dit die roof en diefstal betref en “beplan het om voordeel uit Rust se dood te trek… Die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat hulle dit saam beplan en betrokke was.”

Hoewel sy albei aan moord op Winnie Rust skuldig bevind het, het sy gemeen hulle is onskuldig aan die klag van poging tot moord op Rust se eggenoot.

Vonnis sal op 5 Februarie 2018 opgelê word.

Leon Lemmer: Elsa Joubert as Afrikaanspratende nie-Afrikaner

Elsa Joubert (gebore in 1922) het in haar 95ste jaar die derde deel van haar outobiografie voltooi: Spertyd (Kaapstad: Tafelberg, 2017, 208p, R275; Amazon Kindle $22,91). Die boek het net 200 bladsye teks met min woorde per bladsy. Let op die buitensporige pryse waarteen hierdie boek te koop is. Die titels van die vorige dele van Joubert se outobiografie is ‘n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Ek het die Engelse vertaling van laasgenoemde werk op Praag (10 Junie) bespreek omdat die Afrikaanse teks selfs as e-boek $35 kos.

By daardie vorige geleentheid het ek die aandag op Joubert se gebrekkige vaderlandsliefde/patriotisme gevestig. Tydens apartheid het sy ontuis in Suid-Afrika gevoel. In die nuwe Suid-Afrika is sy steeds ongedurig. Tevredenheid/berusting wil nie oor haar toesak nie. Binne perke is dit seker aanvaarbaar, want selfvergenoegdheid kan dwaas en selfs afstootlik wees. In die vorige politieke bedeling was sy egter soms selfs gekant teen pogings om Afrikaans te bewaar. In die huidige opset het sy spoedig tot die besef gekom dat Afrikaans eintlik die enigste band is wat sy met die Afrikanerskap van haar kinderjare behou het. Sy het voorheen gepoog om verskille in ras, etnisiteit en kultuur te ontken; dat blankes in Afrika Afrikane moet word, dus moet verafrika. Later het sy blykbaar besef dat blankes nie maklik ontwesters word nie. Sy het haarself toe begin afvra of daar vir blankes plek in Afrika is, maar dit gedoen sonder om die houding van Afrikane te kritiseer. Dit het geblyk dat marxisme darem vir haar onaanvaarbaar is. Uiteindelik het sy besef dat ‘n mens sy identiteit eerder moet koester as opoffer.

In haar jongste boek word daar weifelende politieke en ander standpunte ingeneem. Lesers moet dus nie verwag dat hierdie rubriek klaarheid oor Elsa Joubert gaan bring nie. Waarop sy vasstaan, is dat sy steeds nie op Afrikanerskap kan of wil aanspraak maak nie. “Afrikaners is dit wat die meeste denkende Afrikaners reeds vir ‘n lang tyd nié meer wou wees nie. Sommige het hulleself [voorheen] Boere genoem” (p 123). In ‘n sin wil sy eerder ‘n Afrikaan wees: “Daar is ‘n diep, stil band tussen ons, tussen dié wat vir Afrika, sy woestyne en sy ooptes, lief is” (151).

Opsigte waarin Joubert aan insig gewen het, is die ouderdom en die broosheid van die lewe. “Al pad wat met minimum angs aangepak kan word, is die pad na die verlede” (9). “Om baie dinge te leer akkommodeer, is die vereiste van oudword. Ek hou nie van die woord ‘aanpas’ nie, ‘versoen met’ is miskien beter, maar dit dui aanhoudendheid, sonder einde, aan. In die woord ‘akkommodeer’ is daar hoop, dis tydelik, dit gaan verby” (43). Die ouderdom bring al hoe groter bewustheid van die onderskeid tussen liggaam en gees. Dit is moeilik “om te aanvaar dat die liggaam op ‘n ander pad as ek loop” (186-187). Aanvanklik skryf sy: “Die woonstel word nie my tuiste nie” (48). Later: “My woonstel is vir my ‘n redding, ‘n heenkome, ‘n skuiling … Ek is eindelik tuis” (54) en “na ‘n week gaan ek huis toe” (186), die Berghof-aftree-oord in Kaapstad.

Die inwoners van ‘n ouetehuis lei ‘n skynlewe (26); ‘n pseudo-lewe (153). Hulle is “skynmense” (153). Hulle is “skimmense” (156) wat “skimlewens” lei (155). Meedoënloos word almal ouer. “Skimtyd is aan die kom; elkeen het ‘n plekkie in die sagte pensvel waar die pyltjie sal binnedring, elkeen na sy aard” (158). “Eintlik kan Verlies die naam van al sulke oumensgeboue wees” (154). Wanneer jy jou intrek in die ouetehuis neem, is dit “‘n lewenswyse wat jy aflê en ‘n nuwe lewenswyse wat jy moet aanleer” (36). “Die mantel van sorgsaamheid wat deel van ouerskap was, het nou stadig en sag oor die kinders se skouers gaan lê” (135). “Ons is hier so uit die lewe, dit lyk my ons leef deur ander se emosies” (30). “Die droefgeestigheid wat agterbly sodra die deure agter die kinders toegaan, hoe kan ons dit bestry?” (158). In ‘n ouetehuis is jy in die voorportaal van die dood. “Dis al sekerte wat ons het, dat ons sal doodgaan” (94). “Dis ‘n gevaarlike paadjie wat jy nou loop, ‘n smal bruggie bokant ‘n afgrond” (42). “My lewe is nou ‘n doodloopstraat” (45). Geen wonder dat die inwoners “kamerkoors” ontwikkel nie (61). Die ouderdom met sy gebreke, operasies en siektes het sy leer ken. “Van die dood weet ek nog nie” (189).

Soos voorheen gaan Joubert polities oorverlig voort om na gelykheid en eendersheid te streef waar daar nie gelykheid en eendersheid is nie. “Ons het osmose behandel in plante en dit was altyd vir my wonderlik hoe die buisies die vog opsuig van mekaar totdat hulle gelyk is. Kan ons nie in ons wêreld van politiek en minderbevoorregtes ‘n bietjie die beginsel van osmose invoer nie?” (176-177). Wat Joubert nie in ag neem nie, is die sinsnede “vog opsuig van mekaar,” wat wedersydse onderskraging impliseer; dus nie eenrigtingverkeer van die gewer na die ontvanger, of van die gasheer na die parasiet, nie.

Joubert se verligte politiek kom veral tot uiting in haar omgang met bruin mense. Lenie, haar ma se huishulp, se woonplek is glo in die jare vyftig in die Paarl weens apartheid (die wet op groepsgebiede) verskuif. Lenie het “witgewerkte hande” gehad (10); “die wit binnekante van bruin mense se hande” (11). Maar dan gaan Joubert oorboord deur na die “fyn gelaatstrekke” van bruines te verwys en dit as “French faces” te karakteriseer. Hoekom? Omdat hulle glo “afstammelinge van die Franse Hugenote” is (11). Dalk is dit in uitsonderlike gevalle waar, maar meesal nie.

Sy onthou tydens vakansies in die Strand, toe sy ‘n kind was, hoe “bruin kinders wat op die rante van die stuk strand waar ons teken, kom loer, mekaar begin aanpor om nader te kom, maar hulle word weggeja” (76). Oor bruin werkers destyds in die Strand skryf Joubert op haar oordrewe manier: “Dis omdat die seewater daar langs die jetty vuil is en die branders gevaarlik kan word dat die werksmense na die middagetes daar kon kom swem” (78).

By geleentheid op reis deur die Karoo het Joubert se ouers haar opdrag gegee om ‘n gaar hoender, wat hulle as padkos gehad het maar waarvan die varsheid nie meer heeltemal vertrou is nie, aan bruin mense op ‘n karretjie te gee. Sy reageer daarop soos volg: “Ek wil om vergifnis vra oor die vir-ons-bedorwe hoender wat ek vir die karretjiemense gegee het” (80).

By Joubert was daar lank ‘n brandende begeerte om “swart skrywers van Afrika … aan die Afrikaanse leserspubliek bekend te stel” (84), insluitende boeke wat destyds verbode was (85). Sedertdien het die bruin huishulp in haar kombuis ‘n swarte geword; werklik swart, nie generies swart nie. Huishulpwees in ‘n blanke huishouding is ‘n voorbeeld van wat elders ‘n “ongemaklike naasbestaan” genoem word (137). In ‘n storie, “Agterplaas”, wat Joubert vóór Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) geskryf het, staan: “Daar is die swart vrou wat werk in my huis. Sy is nader aan my as ‘n suster … Sonder dié lewe is ek soos ‘n liggaam wat nie skaduwee maak nie” (122). Daardie “nader aan” dui egter veral op fisieke teenwoordigheid; glad nie op etnies-kulturele nabyheid/eendersheid nie. Carel Boshoff (1927-2011), die stigter van Orania, het heldere insig in hierdie saak gehad: As blankes, soos Joubert, nie bereid is om hande-arbeid te doen nie, is dit uiteindelik nie net haar liggaam wat ‘n swart skaduwee werp nie; die hele land word, soos tans, in ‘n swart skaduwee gehul.

Sy het noodgedwonge haar ideale aangepas. “Eers was my groot passie om Afrikaners te oorreed om swart skrywers van ons land en van die kontinent in vertaling te lees. Toe was my passie om nie-Afrikaanssprekendes Afrikaanse skrywers in vertaling te laat lees. Alles te laat. Nou wil ek deurgaans net smeek: Lees ‘n boek, enige boek, oor iets wat tot jou spreek, gee die boek ‘n kans. Hou hom in jou hande en lees hom” (150). Dit is betreurensaardig dat Joubert so ‘n pleidooi moet lewer. Vir my is ‘n boek soos ‘n gesonde dwelm. Ek moet altyd minstens een boek beskikbaar hê sodat ek kan lees wanneer so ‘n geleentheid hom ook al voordoen.

Een van die bruin mense wat gunstiger as blankes voorgestel word, is die taximan, David Klein. Byvoorbeeld, “Miskien was die engel maar David Klein gewees wat so versigtig en beskermend met ons werk, die oues van dae wat hy dokter toe ry” (115). Klein is die enigste persoon in die boek wat “meneer” genoem word (15, 16), waarskynlik as vergoeding vir beweerde “miskende menswaardigheid” (139). Klein se lonende roeping is om wanneer nodig die bejaardes van en terug na die Berghof-aftree-oord te vervoer. “Wat draai meneer Klein so? Dan betaal ek hom nog ‘n plaas se geld ook” (131). Voorheen was hy ‘n briewebesteller, het hy “possak gedra … ‘n jong man met geen ander toekoms nie” (33), volgens Joubert. Apartheid kry die skuld! Dit laat “my oë weer vol trane” (33). Hoe kan sy vir hierdie beweerde onreg vergoed? “Ek gaan vir David Klein geld in my testament nalaat” (32).

Joubert is sosialisties ingestel; dus, sy is ubuntu-getrou. Mededeelsaamheid is die wagwoord (100). Dit is nie genoeg as ons “alles gee wat ons nie nodig het nie” (99-100). Jy moet bereid wees om weg te gee wat jy nodig het – soos ‘n plaas? “Gee is wanneer dit vir jou swaar is om afskeid te neem van ‘n trui wat nog gebruik kan word” (101). Hoekom bied ons weerstand teen so iets? Dit is glo omdat ons “herinneringe aan die ‘goeie ou dae’ troetel” (101). Dit is “groepsdenke” wat die “struikelblok” is (101). Sy verwyt haarself oor “die nie-raaksien van ander, veral in my grootwordjare afgesny van ander rassegroepe” (117).

Joubert vertel hoe sy in De Waal-park in Kaapstad met ‘n hou platgeslaan en beroof is. Deur wie? “Vier mans, jonk nog” (12). Inligting oor hulle ras of kleur word doelbewus verswyg. Aanvanklik wou sy niemand van die misdaad vertel nie. Haar skoondogter het egter die voorval aangemeld maar, soos te wagte, “niks gebeur nie” (13).

Blankes word strenger as nie-wittes beoordeel. Soos in die vorige deel van haar outobiografie hou Joubert steeds nie van die Britte nie (15). ‘n Inwoner van die ouetehuis, ‘n “Ingelsman”, vertel: “My vrou en twee van my kinders is deur die Mau-Mau in Kenia in ‘n lokval doodgemaak” (37, ook 127, maar daar is hy ‘n Ier). Van Joubert se kant is daar geen emosionele reaksie of kritiek op die Mau-Mau se onmenslike wreedhede nie. ‘n Nederlandse inwoner vertel van haar ondervinding in die Ooste tydens die Tweede Wêreldoorlog en kort daarna toe Indonesië van die Nederlandse koloniale juk “bevry” is. “Haar pa is onthoof in die oorlog en haar broer, hangend aan ‘n valskerm oor die hawe van Singapoer, voos geskiet. ‘Dit was vir ons ontsettend om te moet aanvaar dat die liewe, vredeliewende Javane met wie ons so goed klaargekom het met al die verborge haat vorendag kon kom'” (63). Soos bv die eens vredeliewende, onderdanige ANC/UDF- en PAC-lede later in Suid-Afrika?

Joubert se pa wou hê dat sy die goue middeweg volg. “Maar ek kon nie” (14). Sy noem haar ma “‘n eiewys ou dame” (17). Dit lyk asof die appel nie ver van die boom geval het nie. “Ek weet nou vir die eerste keer ek was nie, soos my ma sou gesê het, ‘n ‘pleasant child’ nie, nie ‘n inskiklike kind nie. Ek lyk skoorsoekerig, eiewys, koppig en egosentries” (117). Wanneer Joubert na haar ma verwys, is sy geneig om na Engels oor te slaan. Die ouderdom louter ‘n mens sodat jy al hoe sagter word. “Jy moet leer toegee, met grasie, om gehelp te word” (65). Ander kere slaan haar vroeëre koppigheid deur: “As ek self besluit, is dit nie so ondraaglik soos dit sou wees as my kinders of wie ook al dit vír my doen nie” (132). “Ek moet meer oorreedbaar wees, minder onwrikbaar; meer toegee, minder aan my eie opinies vasklou, meer na ander luister, en die groot vyand is ‘righteous indignation’ … Jy het waarskynlik aan die negatiewe help bou deur jou gedagtes” (197). Ja, anders as in die geval van veral bruin mense is Elsa Joubert geneig om Afrikaners ongunstiger voor te stel as wat hulle was en is.

Haar seun moedig haar aan om voort te arbei as skrywer. “Dit gee ‘n struktuur aan my dag” (135-136). Die skrywer in Joubert kom tevoorskyn wanneer sy beswaar opper teen die manier waarop Afrikaanssprekende kinders deesdae praat; dat ‘n enkele Engelse woord, soos “nice”, “cool”, “stunning” of “amazing”, gebruik word om sonder skakerings ‘n ervaring te beskryf (19). “Julle verloor nog al julle woorde” (20). Joubert heg groot waarde aan woorde. Oor haar as bejaarde skryf sy: “Woorde wat wegraak, is traumaties” (64), maar “gedagtes wat verlore gaan, is ‘n groter probleem” (64). “Dit voel my ek het weer my ou kwaal, ek moet alles agternaloop met woorde, anders weet ek nie wat regtig gebeur het nie” (61).

Daar is ‘n palmboom in die tuin van die ouetehuis wat hulpeloos aan swamme uitgelewer is. Dit kan vertolk word as ‘n simbool van ‘n land soos die nuwe Suid-Afrika wat weens ‘n dwase politieke opset gedoem is. Joubert skryf waaragtig: “Ons moet gewoond raak daaraan” (30). Sy het haar vroeëre politieke strydlustigheid afgeskaal en wil nie polities inkorrek stry teen onreg in die hede nie.

Afrikaners vind steeds nie behae in haar oë nie. “Wat is ‘n groepsidentiteit? Dis ‘n prentjie soos jy aan jouself dink, as mens en as lid van ‘n groep. ‘n Mens moet ‘n identiteit hê … Ek dink nie ‘n groep word uitgewis deur nederlaag [die Anglo-Boere-oorlog] nie, maar deur onreg [apartheid]” (124). “Moet ons aanvaar dat die Afrikaner sy identiteit gekry het in ‘n vals kollektiewe ‘heerser/baas-klas’ teenoor ‘n vals kollektiewe ‘onderhorige klas’? … daarom is hy nou identiteitloos. En daarom dat hy soveel diskoerse hou oor die vraag: Wat is ‘n Afrikaner? En sy enigste groepsbate, sy taal, is onder druk. Vinnig aan die gly. Dalk moet ons aanvaar dat nasies of volke uit die mode is. En dat alle tale onder bedreiging is van ‘n wêreldtaal. Kompertaal. En ons daarby berus” (125). Die verwysing na kompertaal is misplaas. In die geval van Afrikaans is dit die wêreldtaal Engels wat ‘n groot bedreiging vir sy voortbestaan inhou. Is dit naasteby wys om, soos sy voorstel, in die dreigende ondergang van Afrikaans te berus?

“Ek dink Afrikaans, ek praat Afrikaans. Ek is ‘Afrikaansprater'” (190). “Al sê my kop vir my ons moet aanbeweeg, dat Afrikaans se tyd verby is, ons moet globaal dink, dan sê my hart nog steeds: Ek is ‘n Afrikaanse taalpatriot … My standpunt het nou helder geword: Los die groepdenke of groepsidentiteit. Bewerk die klein erfie wat jou toebedeel is, en alles sal daarmee saamkom” (128). Totdat swartes met hulle sterk groepsbewussyn (swart mag) sonder vergoeding of gewete ook op daardie klein erfie beslag lê?

Die nuwe Suid-Afrika is anders as die oue en nie noodwendig beter nie. In Kaapstad is die Parade saans “helder verlig, daar is sekerheidswagte met honde. Só ken ek dit nie” (48). Treine is nie meer dieselfde nie. “Die trein is oud en kort verf; die vensters is nie gewas nie” (49). Ook: “Ek nie meer lus is vir Seepunt se promenade nie” (131-132). Die hoofredes is moontlik omdat Seepunt multikultureel en gevaarlik geword het, maar dit word nie gesê nie. “Die werkers toi-toi, hulle gooi klippe in die pad, hulle rol bande uit, die bande gaan lê en hulle word aan die brand gesteek” (98). “Ons is lamgeslaan deur die geweld wat ons nou reeds so lank moet verteer. Ons gebou is beveilig met ‘n nuwe elektriese heining van gepunte staalstawe. Ons het ons eie kragopwekker en snags deurpriem die sterk soekligte die omringende donker” (99). Dis soos in ‘n oorlogsituasie, terwyl wyd beweer is dat die nuwe Suid-Afrika vrede sou bring. Anders as die ewe onpraktiese Karel Schoeman is Joubert darem nie beswaard oor die elektriese heining nie.

Maar oor die nuwe Suid-Afrika openbaar Joubert ‘n gesindheid van: Nogtans sal ek jubel. “Wie ek en my mense is? Wie ons is noudat ons nie meer die gehate nasionaliste of apartheidsmense is nie? … Afrikaans is meer as die gehate apartheidstaal … [Anglisisties:] Taal alleen is ek nie” (126). Later, wanneer iemand sê: “Laat dit alleen”, noem sy dit “n “gruwelike anglisisme” (185). Sy het mettertyd “‘n verbintenis met die ander mense wat saambly hier in Berghof” ontwikkel (126). “‘n Verskeidenheid van mense wat ons grense uitstoot” (126); dus die saligheid van diversiteit. “Ek voel ‘n band wat wyer strek as taal. Ek is bly om bevry te wees van die ou dinge van die inperkende verlede. Hoe verryk hierdie mense my nie” (126-127). Ander kere, veral wanneer sy aan haar kleinkinders dink, besef sy blykbaar dat die nuwe Suid-Afrika ‘n kolossale en (vir wit mense) gevaarlike gemors is, “te verskriklik om te bedink. Wat lê alles vir hulle voor?” (143-144).

Dit lyk asof daar by Joubert ‘n sin vir wat prakties is, ontbreek. Oor haar ma skryf sy: “Sy was nooit baie goed in die kombuis nie; ek ook nie” (82). Op haar oudag besef sy egter “hoe gesellig ‘n kombuis kan wees” (82). Sy erken dat sy nie veel “gesonde verstand” het nie (54). Let op hierdie eienaardige, eintlik mislike, siening van die Afrikaner se verlede: “Ons het dikwels en graag onsselwers gevier … ons Republiek, of Taal, of ons Gelofte” (67). Volgens haar is die Afrikanervolk “‘n mitiese volk … wat nooit verrys het nie” (68). Sy verwys na ons “geknypte siele” (67). “In 1994, ná die Verandering, was ons skaam en onseker oor hoe om hierdie verlede te hanteer” (68). Joubert verwys na Berta Smit (1926-1997) wat tot haar eer “al een van al ons skrywers [was] wat [in 1994 in ‘n bundel wat deur André P Brink saamgestel is] die eerlikheid gehad het om te skryf: ‘Vanaand om kwart voor twaalf word ons landsvlag vir die laaste keer gestryk … dis soos ‘n vel wat bloeiend van my afgestroop word. Nee, Here, ek kan nie'” (68). Deesdae is Joubert dankbaar vir die stukkie van Die Stem wat darem in die huidige volkslied behoue gebly het (69).

“Die selftwyfel neem toe” (116). “Mens sien en sien ook nie” (107). Soms is Joubert blykbaar die enigste heldersiende onder die blankes in haar geselskap. Byvoorbeeld, op besoek aan ‘n deftige ou plaasopstal in die Paarl: “Julle is blind, wou ek uitroep, kyk om julle rond, sien die ander mense raak, nie net óns wat op hierdie modelle-loopplank tussen die geelhout en blink koper deur stotterend ons balans probeer behou nie. Wie vryf die koper blink, wie smeer die politoer aan die breë planke?” (141).

Ander kere vra Joubert haarself af: “Kan ek my geheue en verbeelding uitmekaar hou? … Ek kan my herinneringe nie vertrou nie. Is dit wat ‘kinds’ word beteken?” (77). Oor “die ou apartheidsdinge” skryf sy: “My herinneringe is daardeur gepokmerk” (118). Sy voel steeds skuldig en herinner ons aan wat die Bybel sê: “Oortredings van die vaders sal tot die derde en vierde geslag oorgedra word. Dis ons kinders, ons kleinkinders en húlle kinders wat sal moet betaal” (118). Asof die blankes nie reeds genoeg rasgebaseerde onreg in die nuwe Suid-Afrika verduur nie.

Soos in die vorige deel van haar outobiografie gaan Joubert voort om oor NP van Wyk Louw se frase “lojale verset” te kla. Dit is glo “‘n mak verset” (123). “Verset moet nie lojaal wees nie. Verset moet skril, sterk, afbrekend wees” (120). Tydens apartheid was Joubert as verset aanstootlik en afbrekend. Tans is sy geneig om eerder te berus. Oor wanneer sy koerante lees, skryf sy: “Afrikaans op Stellenbosch. Nie weer nie. Blaai om” (98). Dit is die soort kondisionering wat verset vernietig. Afrikaners moet eerder volhou om Wim de Villiers en sy meelopers se dwase, onetiese minagting van Afrikaans aan die kaak te stel, al sê die howe hy kan maar lustig voortgaan.

Linkse Duitse kroeg verbied swartes ‘omdat hulle aggressief is en steel’

Die Kreuzweise, ‘n linkse kroeg in die Konrad-Adenauer-Allee in Augsburg, het al meermale probleme met ‘n groep gaste uit Afrika ervaar. Daarom het die kroeg nou besluit om alle swartes op die perseel te verbied.

Tatjana Dogan, die kroegeienares, is nie skaam oor haar politieke verbintenis nie: “Ons is links,” sê sy. Die kroeg is alombekend by linkses in Augsburg, Duitsland. Die uitsmyter by die kroeg het nog nooit vantevore gaste op grond van geslag, ouderdom, velkleur of aantrekstyl onderskei nie.

Maar ná verskeie voorvalle met swartes vanuit Gambië oor naweke, kon sy nie soos tevore voortgaan nie, sê Tatjana. Omdat “vlugtelinge” vanuit Gambië herhaaldelik diefstal gepleeg, aggressief opgetree en met dames gelol het.

Die kroeg handhaaf voortaan ‘n verbod op asielsoekers uit Afrika.

“Ons is nou keelvol! Dis net nie meer snaaks nie. Ek is sprakeloos. Die jong mans luister vir niemand nie, hulle is ongelooflik aggressief en ons kan nie dit nie meer vat nie. Hulle is uit, almal van hulle!” het sy in ‘n Facebook-plasing verklaar.

Die polisie moes ontbied word en is uiteindelik genoop om hul wapens op die swart mans te rig wat chaos in die kroeg veroorsaak het. Volgens die gasvrou het die moeilikheid by ‘n groep van ongeveer 25 asielsoekers uit Afrika ontstaan.

Van die linkses het beswaar gemaak dat dit onregverdig is om alle persone met ‘n donker huidskleur by die onderneming te verbied, maar die eienares wou niks weet nie, al het sy haar simpatie met hulle betuig.

Vlugtelinge vanuit Gambië staan byna geen kans om hul asielaansoek te sien slaag nie, sê sy. Hulle kan nie werk nie, het min geld en ontvang nie Duitse taalkursusse nie. “Dit sou enigiemand gefrustreerd maak,” sê sy. “Daar moet beter na die mans gekyk word.”

Maar sy het darem ‘n ekstra uitsmyter gehuur om die Afrika-probleem hok te slaan, iemand met ‘n “maatskaplike opvoeding”.

Volgens die polisie bestaan al die betrokkenes uit swart mans vanuit Gambië wat in ‘n ontvangsfasiliteit in Danauwörth woon.

Tatjana Dogan sê sy wil nie applous van politieke konserwatiewe ontvang nie, maar sy wil ook nie die probleme wat bestaan verdoesel nie. Sy sê sy is ook vir die veiligheid van haar gaste verantwoordelik.

Oor die afgelope weke het ‘n toenemend groter groep Afrika-migrante die kroeë en klubs besoek, volgens verskeie uitsmyters. Hoewel die meeste restaurante vlugtelinge toelaat, verwelkom hulle nie groter groepe nie.

Die polisie koester ‘n soortgelyke waarneming van die situasie, sê hul woordvoerder, Siegfried Hartmann.