Johannes Comestor: Twee Afrikaansinstansies ondermyn Afrikaans

Conrad Steenkamp, die voltydse besturende direkteur van die Afrikaanse Taalraad (ATR), het my destyds op LitNet (1.11.2016) uitgedaag om my “uiteenlopende opinies en opvattings” oor die ATR op skrif te stel. Ek het moeite gedoen en met ‘n teks van tien getikte bladsye gereageer. LitNet het verkies om my teks nie te publiseer nie. Op my versoek is die artikel, “Waarom die Afrikaanse Taalraad nie ‘n Afrikaanse taalraad is nie,” op Praag (13.11.2016) gepubliseer. Dan Roodt het Steenkamp destyds gevra om op Praag te reageer maar hy het versuim om dit te doen.

Op LitNet (16 07 2018) het Marnus Kok, ‘n Netwerk24-joernalis van Bloemfontein, geskryf oor ‘n gesprek oor die toekoms van Afrikaans wat hy by die Vrystaatse Kunstefees bygewoon het. Sprekers soos Theuns Eloff en Dever Breda het opgetree, maar Kok het tot die oortuiging gekom dat hierdie gepraat nie Afrikaans se toekoms sou verbeter nie. Hy dink aksie is nodig.

Ek het soos volg gereageer (LitNet 18.07.2018): “Marnus, dit is ironies om te spesifiseer waar begin moet word om mense ten bate van Afrikaans te aktiveer. Eerstens, Afrikaansinstansies soos die ATKV, ATM, ATR, FAK, LitNet en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns behoort byeen te kom en gesamentlik op ‘n plan van aksie te besluit en dit toe te pas. Tweedens, Afrikaansdosente moet as deel van hierdie plan individueel genader word en versoek word om aktief aan die stryd om die behoud van Afrikaans, insluitende hierdie gesamentlike aksie, deel te neem. Wanneer ek op LitNet en elders ‘n beroep op die genoemde instansies en persone doen om hulle vir Afrikaans en daarby suiwer(der) Afrikaans te beywer, is daar geen reaksie nie. Erger, daar is Afrikaansdosente wat openlik daarop roem dat hulle nie deel van die taalstryd wil wees nie. Met so ‘n gesindheid word Afrikaans kwalik redbaar. Wanneer ek pro-Afrikaans op Netwerk24 reageer, val dit op dat daar meesal geen ondersteunende reaksie is nie. Die apatie/onverskilligheid by Afrikaansinstansies en -dosente het na die Afrikaanssprekende publiek deurgesuur. Eens Afrikaanse universiteite moet geteiken word om tot inkeer te kom wat Afrikaans betref eerder as om hoop op private universiteite met beperkte finansiële middele te vestig.”

Conrad [Steenkamp] het soos volg gereageer (LitNet 29.07.2018): “Johannes, jy noem: “Eerstens, Afrikaansinstansies soos die ATKV, ATM, ATR, FAK, LitNet en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns behoort byeen te kom en gesamentlik op ‘n plan van aksie te besluit en dit toe te pas.’ Het jy één voorstel vir hierdie ‘plan van aksie’ en hoe dit toegepas kan word?” Steenkamp se reaksie kan as ‘n (neerbuigende) uitdaging vertolk word. Ek het juis op 18 Julie probeer om nie verdere gemeenplasighede kwyt te raak nie en eerder ‘n plan van aksie uit te stippel. Maar soos CJ Langenhoven gesê het: “‘n Halwe begryper het ‘n goeie woord nodig.”

Ek het toe ‘n artikel van vier bladsye onder die opskrif, “‘n Manifes vir Afrikaans,” geskryf en op 1 Augustus na LitNet vir publikasie gestuur. Omdat ek reeds jare lank eerstehandse ervaring van LitNet se voorliefde vir sensuur het (enigiets wat nie polities korrek genoeg is nie, word sonder verduideliking geïgnoreer), het ek op dieselfde dag hierdie artikel ook direk aan Steenkamp gestuur. Voorspelbaar het LitNet nie my artikel gepubliseer nie en soos gebruiklik geen verduideliking verskaf nie. Seker net so voorspelbaar is dat daar geen reaksie van Steenkamp was nie; nie eens die beleefdheid van ontvangserkenning nie.

Die geskiedenis van 2016 het hom pas herhaal: (1) Steenkamp daag my op LitNet uit om my standpunt te stel. (2) Ek doen dit. (3) LitNet weier om my teks te publiseer. (4) Steenkamp word ‘n ander kanaal vir reaksie gebied maar hy versuim om daarvan gebruik te maak. Wat skandalig is, is dat die indruk op LitNet gewek word dat ek nie in staat is om op Steenkamp se uitdagings te reageer nie, terwyl die teenoorgestelde die geval is: dat Steenkamp nie op my omvattende reaksies kan of wil reageer nie. Ek dink dit is gewoon ‘n skande dat twee Afrikaansinstansies, LitNet en die ATR, saamspan om Afrikaans te ondermyn.

LitNet is die hoofplatform vir die propagering van die brouseltaal Kaaps en duld gevolglik geen pleidooi vir suiwer(der) Afrikaans op sy webwerf nie. Ton Vosloo het dit reeds in die aanloop tot die stigting van die ATR in 2008 duidelik gemaak dat dit vir die ATR in die eerste plek nie om die bevordering van Afrikaans gaan nie, maar om ‘n politieke doel, naamlik versoening. Soos in die geval van LitNet word Kaaps eerder as Standaardafrikaans bevorder. Wat bygevoeg moet word, is dat sowel LitNet as die ATR vir hulle voortbestaan van die finansiële ondersteuning van Naspers/Media24 afhanklik is. Die tragedie is dat suiwer(der) Afrikaans gevolglik nie deur hierdie twee Afrikaansinstansies (daadwerklik) ondersteun word nie. Geldsug bestendig sodoende die ondergang van ordentlike Afrikaans. Afrikaans as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, is besig om in sy swernoot te gaan.

Met die uitsondering van ‘n enkele sin (wat te make het met die vertraging van my reaksie en wat dus nie meer ter sake is nie) bestaan die res van hierdie artikel uit ‘n woordelikse aanhaling van my artikel wat op 1 Augustus aan LitNet gestuur is.

‘n Manifes vir Afrikaans

Johannes Comestor

Johan van Wyk het in sy rubriek, Van alle kante (Die Burger, 2.12.2017, p 10), geskryf dat Afrikaans se posisie sedert 1994 “dramaties verswak” het. “Die ironie is dat dit met die hulp en ondersteuning uit Afrikaanse geledere bewerkstellig is. ‘n Nog groter ironie is dat dít wat veronderstel was om Afrikaans lewend te hou, naamlik om dit te praat, nog nooit so morsig soos in die afgelope 23 jaar gedoen is nie … wanneer het ons dan so loslit en so slapgat geword?”

Afrikaans verkeer in ‘n stryd om oorlewing. Diegene vir wie Afrikaans belangrik en erns is, behoort iets daaromtrent te doen. As individu kan ek nie veel vermag nie, al spreek ek my ernstige kommer al meer as twee dekades lank uit … Daarbenewens sukkel ek dikwels om my standpunt gepubliseer te kry. As ek op bv Netwerk24 ‘n pro-Afrikaansbetoog lewer, word dit nie gepubliseer nie of daar is feitlik geen reaksie of ondersteuning nie. Die heil van Afrikaans is nie meer ‘n saak wat voorrang by baie Afrikaanssprekendes geniet nie. My taalgenote is skynbaar siek en sat vir “taalbulle” soos ek.

Daar word verkeerdelik veronderstel dat wat ek skryf nie polities korrek is nie, terwyl ek bloot die belange van Afrikaans hoër as ander oorwegings stel. Iemand soos Denver Breda skryf enkele kere op LitNet oor bv Khoisan-taal en word dan spoedig uitgenooi om sy standpunt by byeenkomste te stel. Die Afrikaans Taalmuseum en -monument (ATM) hou die een byeenkoms na die ander oor bv die invloed van die destydse slawe op Afrikaans omdat die ATM se fokus “tans op die miskende variëteite en geskiedenisse van Afrikaans” is (Michael Jonas, Rapport, Weekliks, 28.01.2018, p 10). Inligting oor Khoisan- en slawe-invloed kan interessant wees, maar hulle invloed op Afrikaans was minimaal en lewer nie ‘n bydrae tot die oorlewingstryd waarin Afrikaans verkeer nie.

As ons werklik begeer dat Afrikaans moet oorleef, is dit noodsaaklik dat die klem op Afrikaans geplaas word en nie op bv versoening, meertaligheid, die voortreflikheid van die koloniale taal Engels as wêreldtaal, die variëteite van Afrikaans, ens, nie. Eerstens behoort daar ‘n onmiskenbare verbintenis tot die bevordering van Afrikaans te wees. Tweedens moet daar ondubbelsinnig duidelikheid verkry word oor watter soort Afrikaans bevorder behoort te word. Dit moet tog sekerlik ‘n Afrikaans wees wat die moeite werd is om voor te stry, ‘n Afrikaans waarop ons trots kan wees, ‘n Afrikaans wat ‘n taal uit eie reg is, dus nie geradbraakte Afrikaans waarin onnodige Engelse woorde in oorvloed aanwesig is nie.

Op LitNet is daar talle voorbeelde van gesprekke wat ek oor die jare met bv Afrikaanstaalkundiges gevoer het. Iedere keer het die gesprek gestuit by dieselfde rubikon, wat my gesprekgenote nie wou oorsteek nie: Dat ‘n veldtog vir taalsuiwerheid gevoer moet word, dat ons die moed van oortuiging moet hê om te sê dat Engelsbesoedelde Afrikaans nie aanvaarbaar is nie. Watter Afrikaansvariant is die geskikste vir bevordering? Daar is klaarblyklik net een, naamlik Standaardafrikaans, wat deurlopend aangepas word en nie uit die lug gegryp is nie maar uit die Afrikaansvariëteite gedistilleer is. Afrikaanstaalkundiges soos Tom McLachlan, jare lank lid van die Taalkommisie, en Willem Botha, die hoofredakteur van die WAT, het hulle al ten gunste van taalsuiwerheid uitgespreek maar hulle van kritiek op Kaaps weerhou.

Die kernprobleem is dat Kaaps ‘n mengsel van Afrikaans en Engels is. Daar word veronderstel dat die meeste bruin mense Kaapssprekers is, dat Kaaps ‘n variant van Afrikaans (eerder as van Engels) is, dat die meeste Afrikaanssprekendes dus bruin is en dat dit vorentoe in toenemende mate die geval gaan wees, gevolglik is die toekoms van Afrikaans deurslaggewend van bruin mense afhanklik en nie van blanke Afrikaanssprekendes nie. Die rede waarom Afrikaanstaalkundiges wegskram van pleidooie vir taalsuiwerheid is klaarblyklik omdat hulle Kaapssprekers nie aanstoot wil gee nie. Daarmee ignoreer hulle die feit dat talle bruin mense naas Kaaps ook uitstekende Standaardafrikaans magtig is. Daar kan ‘n diepgevoelde behoefte by sommige/baie Kaapssprekers wees om suiwer(der) Afrikaans te praat. Dmitri Jegels het tydens navorsing in Manenberg vasgestel dat bruin ouers verlang dat hulle kinders suiwer oftewel Standaardafrikaans en -engels moet praat (Frank Hendricks en Charlyn Dyers, redakteurs, Kaaps in fokus, Stellenbosch: Sun Media, 2016, p 106-107).

Deur op suiwer(der) Afrikaans aan te dring, word sowel blanke as bruin Afrikaanssprekendes oor hulle taalgebruik aangespreek. Kaaps word nie in sy geheel ongewens verklaar nie, maar slegs in soverre dit Engels is en wanneer dit gaan om die soort Afrikaans wat vir eerbare oorlewing wenslik is. Kaapssprekers kan en sal ongetwyfeld voortgaan om hulle mengeltaal ongestoord te praat. As bv Afrikaanstaalkundiges die moed het om taalsuiwerheid te bepleit, sal dit taalhigiëne bevorder. Sowel blanke as bruin Afrikaanssprekendes sal dan hopelik in groter mate poog om Standaardafrikaans te praat, soortgelyk aan die manier waarop hulle sedert 1994 onverminderd Standaardengels probeer praat.

In Nederland is in 2015 ‘n taalmanifes gepubliseer om wal teen verengelsing te gooi (WAM Carstens en EH Raidt, Die storie van Afrikaans, Deel 1: Uit Europa en van Afrika, Pretoria: Pretoria Boekhuis, 2017, p 399, 516). In Suid-Afrika bestaan daar ‘n veel groter gevaar van verengelsing as in Nederland. ‘n Andersoortige manifes vir Afrikaans is nodig, sodat ooreengekom kan word oor wat onder Afrikaans verstaan word en wat gedoen moet word om die voortbestaan van daardie Afrikaans te bevorder. Teen die einde van verlede jaar is so ‘n manifes gepubliseer (Leon Lemmer, ‘n Manifes vir Afrikaans, Praag 8.12.2017), maar dit het min kommentaar ontlok en geen konkrete resultate opgelewer nie.

Omdat die Afrikaansmanifes as ‘n werks- of gespreksdokument gepubliseer is, het ek die vrymoedigheid om dit soos volg aan te pas.

Afrikaansmanifes

Ons as Afrikaanssprekendes verklaar hiermee dat

● ons trots op Afrikaans is

● ons groot waarde aan Afrikaans as volwaardige taal heg

● ons eis dat Afrikaans as amptelike taal tot sy reg kom

● ons Afrikaans oral en altyd gebruik waar en wanneer dit enigsins sinvol is

● ons bereid is om telkens vir Afrikaans in die bres te tree

● ons daarop aandring dat afdoende skool- en naskoolse onderrig in Afrikaans beskikbaar moet wees

● ons Afrikaans so suiwer moontlik hou en gebruik

● ons veral teen die verengelsing van Afrikaans waak

● ons Standaardafrikaans as rigsnoer koester

● ons volhard met die Europees-vastelandse grondslae van Afrikaans

● ons Kaaps, in soverre dit Engels is, nie as ‘n geskikte oorlewingsvorm van Afrikaans beskou nie.

Oor elkeen van hierdie elf items kan daar gedebatteer word. Oor die toepassing van elk kan verduidelikings gegee word. Byvoorbeeld, oor die vierde item kan genoem word dat Afrikaanssprekendes geneig is om hoflikheidshalwe in Engels te antwoord as hulle in Engels aangespreek word, of erger dat baie Afrikaanssprekendes geneig is om vreemdelinge eerder in Engels as in Afrikaans aan te spreek. Myns insiens behoort Afrikaanssprekendes vreemdelinge in Afrikaans aan te spreek en in Afrikaans te antwoord wanneer hulle in Engels aangespreek word en met Afrikaans vol te hou totdat dit duidelik is dat die ander persoon nie Afrikaans verstaan nie. Deur anders op te tree, word by implikasie te kenne gegee dat Engels meerderwaardig is, terwyl daar geen grondige rede is waarom Afrikaans as minderwaardig beskou behoort te word nie.

My plan van aksie, my reddingsboei, vir Afrikaans is dat ‘n Afrikaansinstansie, soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat seker die omvattendste Afrikaansinstansie is, ‘n Afrikaansmanifes soos die bostaande aan ander Afrikaansinstansies en aan al die Afrikaansdosente of hulle departemente sirkuleer vir aanpassings en kommentaar en hulle dan pols oor die wenslikheid/noodsaaklikheid van ‘n gesamentlike byeenkoms oor die toekoms van Afrikaans, met ‘n veldtog ter bevordering van (groter) taalsuiwerheid as een van die oogmerke. Die ander Afrikaansinstansies hoef nie op die Akademie te wag om die eerste skuif te maak nie. Byvoorbeeld, Conrad Steenkamp van die ATR, of enige van die ander Afrikaansinstansies, kan die bal aan die rol sit deur die (aanvanklike) leiding te neem en daarmee aan te toon dat Afrikaans vir hom erns is.

Na dese behoort die ideaal van inklusiwiteit ten alle koste, bv “Dit maak nie saak hoe jou Afrikaans klink nie,” deur ‘n normgewende beginsel vervang te word, bv “Afrikaans as wesenlik ‘n nie-Engelse taal,” ‘n Afrikaans wat uit eie reg naas Engels kan voortbestaan, dus ‘n Afrikaans wat nie soos Kaaps kennis van Engels veronderstel voordat dit verstaan kan word nie. ‘n Voorspelbare argument waarmee asseblief nie vorendag gekom moet word nie, is dat geen taal suiwer is nie. Dit is duidelik dat ‘n suiwerder Afrikaans moontlik en wensliker is as die geradbraakte Afrikaans waarmee ons daagliks gekonfronteer word. Die status van Afrikaans as ‘n taal uit eie reg, dus as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, moet herstel word. Dit is die soort Afrikaans wat Afrikaanssprekendes opnuut trots op hulle taal kan maak en hulle kan aanmoedig om Afrikaans tot in die verre toekoms te handhaaf.

Suidpunt: Die opvallende raakpunt tussen Afrikaans en Korsikaans

Jy onthou seker my ellelange PRAAG-artikel waarin ek die verwerping van Nederlands bespreek het. Daar het ongelukkig een puntjie agterweë gebly. Soos onkruid in die blombedding of ‘n vlek op ‘n sitkamermat kan jy dit nie miskyk nie, maar met verloop van weke, maande en jare raak jy net gewoond daaraan en vergeet daarvan.

Afrikaans het sy ontstaan as amptelike taal nie eintlik te danke aan die Afrikanerdom, die Duitsers, die Hollanders, die Skandinawiërs – ag, die hele boel afstammelinge van sekere volke Europeërs nie.

Nog minder die Kaapse Maleiers. Dis nou afgesien van die feit dat in Nederlands daar beslis meer Indonesiese woorde opgeneem is as wat Afrikaans ooit sal kan hê. Het die Hollandse digter Gerrit Komrij ook lankal gesê – maar die Afrikaanse proffies is mos slim. Daar is selfs ‘n woordeboek uitgegee getiteld Indisch lexicon : Indische woorden in de Nederlandse literatuur : een vervliegende woordenschat deur Peter Mingaars in 2005 met CD-ROM. Ons praat hier van byna 19 000 woorde. En let wel: dit is maar woorde wat dikwels ook geleentheidshalwe op skrif gebruik is. As jy nog nie weet nie – die verskil tussen Maleisies en Indonesies is maar gering – die Hollands-Britse skeidslyn het die sprekers van die Maleisiese dialekkontinuum van mekaar geskei, net soos die Limburgers tussen Duitsland, Nederland en België. Of die Nederlandssprekendes al langs die grense van Frankryk, België en Nederland en Duitsland. Dis regtig nie te moeilik om te begryp nie.

Nog minder kon die Afrikataalsprekers Afrikaans vingeralleen tot stand gebring het.

Dames en here, die enigste groep wat werklik Afrikaans tot amptelike taal gedryf het is… die Britse owerheid en die Engelse pers. Lord Milner en gevolg self.

NOOIT! Dis Absurd! Onmoontlik.

Het ek ook gedink met die lees wie verantwoordelik was vir die oprigting van die Van Riebeeckstandbeeld (Veertien gedenktekens van Suid-Afrika, 1961, pp. 13-14):

Die Standbeeld van Jan van Riebeeck

(Geskryf deur Dr. A.J. Böeseken)

Cecil Rhodes die skenker en John Tweed die beeldhouer

Toe Rhodes in 1890 Eerste Minister van die Kaapkolonie geword het, was hy reeds in die besit van ‘n baie groot fortuin. Van al sy rykdom het hy egter byna nooit iets vir sy eie gerief of die veraangenaming van sy persoonlike lewe gebruik nie [sic!].  Nou het hy gevoel dat hy ‘n woonplek wou hê wat meer in ooreenstemming sou wees met sy status as eerste minister. In 1891 het hy gehoor dat een van die ou Hollandse huise in die mark sou kom en het hy besluit om dit te koop en daar te gaan woon. Spoedig was hy ook eienaar van die omringende gebied, wat destyds omtrent ₤60,000 gekos het. Aan hierdie landgoed het hy die oorspronklike naam teruggegee en dit “Groote Schuur” genoem.

[…]

In weerwil van sy politieke bedrywighede – hy het in 1893 sy tweede kabinet saamgestel – het Rhodes ‘n breë belangstelling vir die kuns, veral vir die bou- en beeldhoukuns, aan die dag gelê. Die enorme fortuin waaroor hy beskik het, het hom in staat gestel om meer as net belangstelling te toon, en so is dit aan hom te danke dat verskeie ou Hollandse huise herstel en ander in dieselfde styl herbou is.

Sy bewondering vir oudhede het hom ook ‘n geesdriftige versamelaar van ou Kaapse meubels gemaak.  Toe hy na sy tweede kabinetsvorming nouer aansluiting met Jan Hendrik Hofmeyr en sy volgelinge gesoek het, het hy onwillekeurig nog meer klem en nadruk gelê op sy bewondering vir die oud-Hollandse tradisies, waarin die Kaap gewortel was. In 1895 is die Rhodes-prys vir geskiedenis bv. nie slegs vir die studie en kennis van die Britse Ryk uitgeloof nie, maar ook vir die bestudering van die geskiedenis van ons land vir die tydvak 1648 tot 1688.

Die besluit om ‘n standbeeld van Jan van Riebeeck te laat maak, was dus in ooreenstemming met hierdie ideale. […] Kaapstad, het hy aan een van sy vriende gesê, sou spoedig die hoofstad van ‘n verenigde Suid-Afrika wees, en dus wou hy help om dit ‘n pragtige en sierlike hoofstad te maak. Tweed is opnuut genader met die versoek om ‘n meer as lewensgrote [sic] beeld van Jan van Riebeek te maak. Rhodes was gewillig om die beeldhouer ₤1,000 te betaal[…]

Nou breekt mijn klomp. Jy wil die hele wêreld van Kaap tot Kaïro verower vir Haar/Sy Majesteit, maar raak liries oor ‘n paar skrootmeubels – van die afstammelinge/voorgangers van die einste mense wat hul kultuur juis deur jou dade aan die kwytraak is.

Of dalk is ek net te krities: argeologie [van uitgestorwe stamme], opgrawings en artefakte, die studie rondom die opbloei en verval van beskawings en ryke, skattejag op relieke, en skoenlappervang was immers daardie tyd van die fin-de-siècle mos hoogmode. Hoe skaarser, hoe beter. Dit was nou voordat Paulo Coelho minder as ‘n eeu later met Die Alchemis (1988) se soektog na die “skat van die hart” die hele Jungiaanse popsielkunde op loop gesit het – dat die mens dieper in sy onbewuste moet delf en grawe; sommer net daar op die sielkundige se rusbank. Al wat van daardie versamelsug-dae van weleer oorgebly het is Indiana Jones en Lara Croft op DVD. En ‘n paar toeriste op begeleide safari- en staptoere tussen die stomende, fermenterende buffelmis deur. Die res van ons dwaal maar in die kuberruimte of biblioteke rond.

Maar hierdie restourasiedrome van Rhodes was natuurlik vóór die Jameson-inval (wat sy planne vir ‘n verenigde Suid-Afrika opgedonder het), sy bedanking as eerste minister in 1896, sy vriendskap met onse Jan Hendrik Hofmeyr en die Afrikanerbond wat versuur het, die openbare mening wat skerp teen hom gedraai het, sy huisie Groote Schuur wat in 1896 deur die brand verwoes is (en hom in die put van ellende, stilstuipe, selfbejammering en selfopgelegde slagofferskap laat beland het: “What with raids, rebellion, famine, rinderpest and now my house burnt, I feel like Job, all but the boils” (p. 16)).

Ek is seker die standbeeldprys wat ondertussen óók gestyg het was dan seker maar ‘n kleinigheidjie.

Boonop [kon ek ook vir jou met of sonder ‘n Garmin sê!] het niemand geweet waar Van Riebeeck nou eintlik sy eerste spoor in die sand getrap het nie. Uiteindelik, in Oktober 1898, het Rhodes maar self die plekkie aangewys waar die beeld moes staan. Soos die tyd aangestap het, het hy belangstelling in sy Sondagmiddagprojekkie verloor – sy drome was immers toe aan skerwe. Rhodes was buitendien in Europa toe hy ‘n kabelbriefie aan die burgemeester gestuur het om met die onthulling voort te gaan, aangesien die datum van sy terugkeer onseker was. Met soveel sware las wat op sy skouers rus, wat selfs Atlas seker met simpatie sou betrag, het Rhodes die loopplank eers op 18 Julie in Kaapstad laat les opsê (p. 17-22).

Die standbeeld is op 18 Mei 1899 onthul, met die burgemeester van Kaapstad, miester Ball, wat sonder ironie in Ingels met die grootste lofliedere oor Jan van Riebeeck gekoer het [wat dooi’ Jan in die hiernamaals geen woord van sou verstaan nie]; oor pionierskap en so. Alles was, eweneens sonder ironie, in rooi getooi – rooi was die tapyte, rooi die omheinings wat die eregaste van die hoi polloi geskei het, en, net soos ons huidige parlementsopening, was die orkes geklee in… raai? Rooi.

Groot was die toeval, toe ‘n Nederlandse oorlogskepie, die Ajax, nou juis daardie dag, asof ‘n bestiering, die Kaapse vaarwater binnegevaar het. Die skip het immers so netjies ingepas by die dekor en rekwisiete – asof Van Riebeeck en sy manne self die Britte op land met die hand kom groet het. Die offisiere en manskappe is vriendelik by die verrigtinge verwelkom.

Na al die spietses van die burgemeester [wat niemand in elk geval kon hoor nie, want by niemand het gedink om die verkeer tot stilstand te bring tydens die plegtigheid nie…boonop het Ball sag gepraat] en dankies vir de heer Rhodes in absentia en skaregejuig, het die Britse orkes [die First Liverpool Regiment] die Britse volkslied gespeel en daarna “het drie hoera’s weerklink vir die burgemeester en vir die heer Rhodes” (p. 17-22) en almal het maar weer huis toe gegaan.

Sedertdien het elke seevoël uit pure verveling ook sy draai, sagte landing, buiging en merk gelaat op die standbeeld. Die feit bly egter staan – hoe onaangenaam die waarheid op jou kop ook al moet kwets – dit was nie die Afrikaner wat daardie beeld van Jan van Riebeeck in die Kaap opgerig het nie. DIT WAS DIE ENGELSE!

Nou kyk, om ‘n standbeeld op te rig is een ding, maar om nou nog die Afrikaans taal ook “staan te maak”? Dis mos waansin?

Ontkenning bly egter die mees voorspelbare reaksie van ‘n menslike antwoord.

Paps was onlangs in Italië. Tydens sy werksbesoek was hy op Sardinië, ‘n eiland benoorde Sisilië. By sy tuiskoms het ek ‘n boek gekry en ‘n rooierige geldnoot wat ek eers aangeneem het ‘n vyftigrandnoot is. By nadere ondersoek sien ek dis ‘n tieneuronoot – omtrent drie keer die waarde. Dit is egter die boek, getiteld S’Istòria de Sardinna (2000, pp. 45, €6,00) deur Frantziscu Tzèsare Casula wat my belangstelling geprikkel het. Ja, “Die geskiedenis van Sardinië.” Die onherkenbare woorde soos “limbra”, “sos” en die allervreemdste gebruik van die gravisaksent en akute aksent het my klaar oortuig dis geen Standaarditaliaans hierdie nie. Bietjie google bring my by ‘n boekinventaris wat sê: “Sardo logudorese”, oftewel, “Die Logudorese subdialek van Sardies/Sardinies, self ‘n dialek van Italiaans.” Omrede Sardinies self uit vier hoofsubdialekte bestaan, is dit vir my juis interessant dat hierdie spesifieke subdialek wat tot literêre skryfidioom verhef is, Logudorees, aangrensend aan Katalaans in die weste, juis redelik ver in die noorde en ook baie ver van Cagliari, die (hoof)hawestad doer onder in die suide van die eiland geleë is.

Sommer uit pure stuitigheid probeer ek kyk of Google Translate hierdie taal sal herken. Sonder om enige moeite te doen met akuut- en gravistekens en met ‘n doelbewuste spelfout aan die einde begin ek oortik: “Sos primos omines chi si sunt istabilidos in Gaddura e in sa Sardinna sent…”. Google Translate herken die teks as Korsikaans. Glad nie sleg nie – dit is die eiland net noord van Sardinië.

Korsika, sover ek reg onthou, is mos die eiland waar Napoleon gebore is. En dis mos ‘n Franse eiland? Voorheen wel Italiaans (ja, dit was eers in besit van die Republiek Genua vanaf die 13de eeu, en selfs ‘n ouer deel van Italië, Etrurië vanaf die jaar 539 v.C.)?

Die een vraag lei na die volgende:

Kan die Franse en Italianers Korsikaans verstaan? Hoe verwant is Korsikaans aan Italiaans, as dit so naby lyk op Sardies? En dit bring my uiteindelik by ‘n antwoord op Quora.com :

Italians can understand Corsican very well,.Among the italian dialects( linguistically Corsican cannot be considerated a separated Language also if many people like to call it Lingua ), it’s one of the closest to standard italian.Just Tuscan is the only one dialect closer to standard Italian than Corsican.The only big difference among Italian and Corsican is the use of U where Italian use O.It was so also in medieval Italian and it’s still so in many Italian dialects , bit not in standard Italian or in Tuscan that have transformed U in O. Other difference is the strong french accent of the Young Corsican generations, but old generations had a completly italian accent..One accent that seemed a mix of Tuscan and South Italian. Cismontano or better, northern dialect is totally Tuscan, the Southern dialect has a stronger presence of the pre-tuscan romance Language, that I supose was similar to Sardinian, but is still highly intelligibile for Italians.

En dan, tref die groot aha!-oomblik:

Despite the efforts of the French government to separate Corsicans from Italians ( absurdly fearing Italian interferences in the island ) telling them, in the schools, and everywhere, that their Language is a separated romance language, Corsican is just a variety of Italian very close to Tuscan and to standard Italian.You change the U with O, and avoid the modern french accent of the new generations and Corsican is perfectly Italian.Corsican is so far from Italian as Parisian slang from French.

French, of course, is not intelligible with Corsican, the only similarity derives from the far same origin in Latin Language.

Nou toe nou. Terwyl die Italiaanse owerheid aan al sy dialekte dieselfde voorregte gee, maar Duits in Suid-Tirool tog vir jare onderdruk het, sien ons by die Franse owerheid iets wat my baie herinner aan koerante wat vuur spoeg teen “Kitchen Dutch”.

Aan die een kant wil dit lyk of ‘n (nuwe) veroweraar met ‘n vreemde taal heel eerste ‘n taal van sy onderdane ‘n ruk lank sal verduur. Vier rigtings kan ingeslaan word: (1) gedwonge assimilasie, (2) om die taal aan sy eie sprekers oor te laat, (3) of om die taal van die vreemde volke verder te ontwikkel of (4) om soos Duitsland ‘n lingua franca wat reeds bestaan het in Duits-Oos-Afrika (naamlik Swahili)  ongesteurd sy gang te laat gaan of uit te bou, terwyl die administrasietaal steeds Duits bly.

Die Koning van Frankryk het byvoorbeeld met die uitroep van die Ordonnance de Villers-Cotterêts in 1539 ‘n uiters vrygewige stap gevolg, al was dit maar punt (2) – alle tale in Frankryk was voor die reg gelyk. Of jy nou Elsassies gepraat het, Bretons, dit maak nie saak nie: alle tale is voor die regter gelyk. Elkeen moet in sy moedertaal verhoor en ondervra word. Ek dink geen mens in die huidige Suid-Afrika kon ooit so “liberaaldenkend” wees nie. Soos die konings en die adel se koppe gerol het na afloop van die Franse Revolusie het ‘n drakoniese taalbeleid in Frankryk opgestaan wat doelbewus klein taaltjies begin onderdruk het. Veral Bretonssprekers het swaar gely [Bretons is boonop ‘n Keltiese taal, wat hom nog meer die omega-wolf maak waarop die ander pik]. Deesdae is die Franse minder stief op hul taalonderdane.

Nederland volg ‘n Punt (2)-(3) met sy dialekte en Fries. Ja, jy mag maar jou boek in Twents (dialek) en Fries (taal) skryf. Die onus rus op die sprekers om die dialekontwikkeling verder te voer. Ja, ons gee elke jaar hordes geld aan die Friese Instituut. Maar tog verhollands die Friese teen ‘n skrikwekkende tempo. Ons was ons hande in onskuld.

Apartheid-Suid-Afrika het ook nommer (2)-(3) gevolg, met ‘n skerper neiging na nommer 3. As mens kyk na al die vreemdetaalwoordeboeke wat voor 1990 tussen Afrikaans en ander Afrikatale geskryf is, te midde van al die sanksies en te midde van die ekonomiese boikotte… moet ek regtig my sin voltooi? Daar is werklik moeite gedoen om tale te ontwikkel en om Afrikatale te leer ken. In Transvaal was ‘n Afrikataal op ‘n stadium selfs verpligtend. Daarteenoor het ek my sterkste bedenkinge of Fries vandag as pligvak noodwendig in Amsterdam doseer word. Of Wallies en Gaelies in Londen.

Die ‘ontstaan’ van Afrikaans toon wel ‘n raakpunt met Korsikaans. Heel eerste kom die “nuwe” heersers af op ‘n dialek van ‘n taal. Dialekvorming en die ontstaan van dorps- en streekstale is so algemeen soos môre heeldag – ‘n moedertaalspreker, soos ek reeds tevore geskryf het, is meer gepla oor die bloutong onder die skape as om elke vyf sekondes na ‘n woordeboek te hol om tog die korrekte bewoording te gebruik. Taalverandering is normaal. Taalverloedering is wel iets anders.

Maar die uitsondering word gemaak – hierdie dialek word vir die een of ander rede óf sleggemaak (“Kitchen Dutch”) óf ‘n bastertaal genoem óf verkleineer óf word onderwerp aan taalpartikularisme. Enigiets word gedoen om hierdie dialek van die stamtaal te onderskei. En te skei. Dit kan wees omrede diegene wat NIE in Suid-Afrika gebore is nie [net om duidelikheid: ek praat nie noodwendig van die gebore Franssprekendes op Korsika of gebore Engelssprekendes in Suid-Afrika nie], dikwels moeite het om hierdie dialek onder die knie te kry. Nie dat ek weet waaroor die bohaai gaan nie, want as jy Italiaans op Korsika [‘n klipgooi ver van Italië] sou praat, of Nederlands in Suid-Afrika, is dit ewe gangbaar. As jy nou regtig belangstel in die dialek kan jy ‘n taalboekie daaroor skrywe. Maar dikwels is die heerserstaal se sprekers net onwillig en dwars om enige ander taal aan te leer.

Ironies genoeg word geen onderskeid getref tussen Korsikaanse Frans (en kreool) en Standaardfrans of Suid-Afrikaanse Engels (en kreool) en Britse Engels nie. Frans is mos Frans en Engels bly Engels. Daarvoor sou ‘n mikroskoop oorbodig wees.

Dan begin die volk homself anders of uniek en veral broos en afgesonderd van die wêreld sien. Weer weet ek nie waarom nie, want met al die tekste in Romaanse, Germaanse en Slawiese tale en selfs Latyn daarbuite voel mens glad nie so op ‘n taaleiland vasgekeer of alleen nie. Elkeen het wel sy eie rasionele en irrasionele insigte op die plek waar hy hom bevind – en dis die rede wat die groot bindingsmiddel tussen lesers en eeue is. “Daar is lewe anderkant [dorpsnaam]”, is ‘n spreekwoord waarmee ek grootgeword het.

Dalk is dit Stockholmsindroom, dalk is dit die pers wat met herhaling op herhaling mense breinspoel. Want uiteindelik vind die skeuring tog maar plaas. Ons sien dit onder die Vlaminge wat ook onder Franse bewind was [en Brussel wat steeds verfrans] wat tog nie daardie “halfjoodse” Hollands van die Nederlanders wou praat nie. Soos Guido Gezelle aangehaal word in Van Eeden (1995) se boek Afrikaans hoort by Nederlands:

“Ik ben geheel zeker dat de tijd allengskens gekomen is dat wijlieden, al te maal katholieke nederlanders, behooren op malkaar te steunen, liever als voortdurend naar het half joodsch, half heidensch Hoog-Holland te gaan om steun en goedkeuring!” Hollands het Gezelle gesien as ‘n wangeskape ‘bastaardtaal’. Ook die oorname van Franse leenwoorde in Hollands was vir hom ‘n gruwel, want ook Frans het hy as ‘n ontaarde taal gesien. Vir Gezelle was Vlaams die ware Nederduitse taal, die Katolieke taal van de Katolieke Vlaminge, en het “West-Vlaamsch, zooals het in het dialect voortleeft, onverbasterd gebleven; het bezit nog de zeggingskracht der oude, zuivere natuurtalen”.

Dis nou wragtig interessant. Klaarblyklik begin die onderdaan later soos die maghebber self klink. Maar nou vind ‘n ommeswaai plaas: die dialek probeer homself “verskoon”, “regverdig”, “op ‘n voetstuk plaas”, “heiliger as heilig”, beter as die “oorwinnaarstaal se opponente” maak. Miskien moet ek jou weer herinner aan my onderhoud met Dr. Roodt:

In die Taalgenoot van Somer 2016 kom ek op ‘n gedig (Getiteld: “Eie in sy soort”) af met die volgende drie inleidende verse: “Dit is beter as Spaans / En selfs beter as Frans / Dit is Afrikaans.” Die gediggie lys dan ‘n klomp Afrikaanse skrywers en genres. Dat die digter, ‘n tydskrifleser, seker niks van die Franse of Spaanse taal, letterkunde, wysheid of Franse aanhang deur Brusselaars weet nie kan ‘n blinde met ‘n stok aanvoel. Soos die dwangrym. Dit is wat nié in die gedig staan nie wat my pla. Die digter het onbewustelik haar onderdanigheid aan die superieure Engels bely. Of moet ek dankbaar wees sy het nie Nederlands, Duits en Russies saamgesleep nie?

En vreemd genoeg, is die vreemdtalige owerhede tog te bly oor hierdie skeuring. Want nou is die ‘groot vyand’ aansienlik kleiner gemaak en geen bedreiging meer nie.

Maar waarom daar altyd ‘n wen-verloor in stede van ‘n wen-wen– of gelykop-situasie moet wees het niemand skynbaar ooit oor nagedink nie.

Nou bly die interessante vraag wat die Korsikane gaan maak. In die verlede het die Franse probeer om die taal te onderskei van Italiaans, maar die Korsikane het net elke keer gesê: “DUH, L’HONORABLE CHÂTELAIN de POEPHOL! ONS IS ‘N DIALEKGROEP VAN ITALIAANS! AL MILLENNIA LANK. Rome is skaars 400 km hiervandaan, met ‘n bietjie see en ‘n paar skeepswrakke tussenin… weet jy ooit hoe om ‘n atlas te gebruik? Nee? Gebruik dan jou maatband.” Tog het Korsikaans sy eie skryftaal gekry sedert die Fransman met sy sleeptassie aangeland het op die Aéroport d’Ajaccio Napoléon Bonaparte. En hier ontstaan die problematiek: noudat Korsikaans sy eie skryfwyse gekry het, is dit ‘n taal of dialek? Asof ons nooit Limburgs en Twents onder oë gehad het nie – natuurlik kan elke dialek besluit om sy eie spelreëls te ontwikkel.

Maar – die teerling is gewerp.

Afrikaans is die uitvloeisel van die botsing met ‘n entiteit wat as ‘n bedreiging beskou is/word. Sonder Engels sou alle Afrikaanssprekendes waarskynlik vandag steeds “Hollands” gepraat het. Van Boet en Saartjie en Sus en Daan sou niemand op skool gehad het nie – wel Annie M. G. Schmidt se Jip en Janneke. Want, soos ek voorheen geskryf het rondom Frans – die Franse het tot 813 n.C. geglo hulle praat Latyn of Romeins (“Gallo-roman”). Totdat die vergelyking tussen die Klassieke Latynse en Oudfranse tekste gemaak is en – “haai, ons het ons vir eeue lank vergis, wil jy nou meer!” As jy glo jy praat Hollands, dan praat jy mos Hollands. Niemand gaan jou anders kan oortuig nie.

Daar is ‘n tweetalige boek getiteld: Problemi e prospettive della pianificazione linguistica in Sardegna (2016) [Probleme en perspektiewe rondom die taalbeplanning op Sardinië] wat ek op my wenslysie geplaas het. Uit wat ek aflei kry hierdie taal/dialek ook maar modderige tweederangse status op die eiland self – dis die Standaarditaliaans wat deurgaans respekteer word. Ek twyfel of Afrikaans, as dialek, die bietjie prestige sou bekom het wat hy selfs tans geniet.

Wat op taalpolitieke terrein sou gebeur kan mens lank oor spekuleer – enigiets vanaf ‘n taalmodel soortgelyk aan Suriname [Nederlands word daar as prestigetaal erken en is hoog aangeskrewe] tot totale uitwissing [soos in Indonesië die geval is]. Dis nou voor die aankoms van die Engelse of sedert ‘n verdrag onderteken is wat die Kaap permanent aan Nederland sou teruggee. Of ‘n Nederlandse avonturier in die monarg se oor sou fluister om na die binneland uit te brei, lyk hoogs onwaarskynlik. Dis nou alles vóór die uiteindelike onafhanklikheidsverklaring in die 1960’s tot 1970’s, volgens die postkoloniale mode.

Maar selfs al sou ‘n Britse kolonie en die gevolglike Groot Trek deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en al sou die Anglo-Boereoorlog gewen word deur die Boererepublieke – die uiteinde van volk en taal staan alles reeds in Steve Hofmeyr se boek, Die verste uur (2011), klaar ondubbelsinnig uitgepluis (pp. 73 & 78):

“Watter boek soek u?”

[…]

“Enigiets oor die geskiedenis van die Afrikaner oor die afgelope honderd jaar.”

“Die wie, meneer?”

O fok, dink ek. Iemand val van ‘n perd af in die Modderrivier en vee ‘n hele nasie uit?

“Daar is eers onlangs ‘n meer ordentlike boekstawing van Afrikane-geskiedenis, deur die Keniaan, Grinzane Rouki. Sy spesialiteit is Sahara-Suid. Maar van die Afrikaners weet ek niks nie. Is dit die werk waarna u soek?”

[…]

“O, ek het die Afrikaners opgespoor. ‘n Kleinerige stam voor die groot verengelsing in die Kaapkolonie. Maar dit is nie NZAR-geskiedenis nie. Daar was wel wedersydse taalbande en -forums…”

Die Boervolk het oorgebly, die Afrikaners het heeltemal verengels.

Die gevolgtrekking waartoe die karakter Jamie dan uit die naslaangidse kom, word in uiters dubbelsinnige taal verwoord (p. 77):

Die Tweede Aanslag op Boeregrond vanuit swart buurlande misluk en loop uit op die Sub-Sahara-federasie, deels in weerwil van Europese bure en deels in pogings om die Boere deur beter handel as handelsvennoot te betrek. Betrekkinge bly louwarm.

So ook, aanvanklik, betrekkinge tussen die Afrikaners en Boere. Daar is wel Prellers, Celliers’s, Leipoldts, Malherbes en ‘n Totius, maar literatuur sonder die swaar juk van Britse propaganda en Engelse infiltrasie wat ons taal vlerke sou gee. Daarom ook geen Ossewabrandwag, geen ANC…”

Het die swaar juk van Britse propaganda en Engelse infiltrasie as noodwendige katalisator, die aandrywer gedien vir die Afrikaanse taal? Of het Die Taal juis later, dus in die verhaalhede, in medias res, wél nuwe grense deurbreek en floreer, as gevolg van hierdie las wat ontbreek en die ekonomiese opbloei van die Boererepublieke – waarin Jamie hom tans bevind? Die boek laat die leser self besluit.

Leon Lemmer: Die Uskokke en die Afrikaners

Christo van Rensburg het oornag die gewildste Afrikaanstaalkundige geword omdat hy beweer dat Afrikaans reeds in die 16de eeu, dus lank voor Jan van Riebeeck se tyd, bestaan het. Van Rensburg word wyd en syd uitgenooi om hierdie taalkundige stommiteit by byeenkomste soos dié van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die ATKV te verkondig. Die bedoeling is nie om Standaardafrikaans en taalsuiwerheid te bevorder nie, maar eerder om ‘n soort “inklusiewe Afrikaans”, bv Kaaps, wat oormatig met Engelse woorde besoedel is, te ondersteun. Daarom verkondig die ATKV elke Sondagoggend op RSG: “Dit maak nie saak hoe jou Afrikaans klink nie.” Van Rensburg se innoverende dwaasheid oor Afrikaans is hoogs spekulatief (eintlik wensdenkery) en is nie wetenskaplik-taalkundig in bronne gegrondves nie, maar word deur ‘n sug na politieke byderwetsheid gemotiveer.

Voor 1600 het min skepe om die Kaap gevaar en nog minder het in Tafelbaai anker gegooi. Enkele lede van hierdie bemannings het beperkte kontak met ‘n klein aantal inheemse inwoners gehad. Daar was onder meer ruilhandel, maar dit is waarskynlik by uitstek moontlik gemaak deur eerder die voorwerpe te wys en te beduie wat die een party met die ander party wil ruil as wat die Khoi-Khoin in skeppingsvermoë uitgemunt het deur ‘n nuwe taal, Afrikaans, te skep. ‘n Mens kan jouself afvra: Waarom het die Khoi-Khoin se beweerde skeppingsvermoë in (alle) ander opsigte ontbreek? Die bemannings van die skepe was ook nie almal Hollanders nie, selfs nie in die geval van die Hollandse skepe nie. Verder was daar bv Portugese en Spaanse skepe. Ook Engelse skepe met Engelse bemannings, maar ek noem dit met huiwering omdat dit aanleiding kan gee tot ‘n nuwe dogma, naamlik dat die brouseltaal Kaaps lank voor 1652 bestaan het.

Ek beskou Jan van Riebeeck se geselskap en ander Europeërs, wat hulle aan die Kaap gevestig het voor die Britse oorname in 1806, as Oer-Afrikaners. Wat Van Rensburg en diesulkes doen, is om Afrikaners se aandeel in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans af te skaal en dit tydens hierdie byeenkomste selfs te verswyg, insluitende die onbetwisbare Nederlandse wortels van Afrikaans. Daarenteen word die aandeel van die Khoi-San buitensporig verheerlik. Van ‘n taalkundige muis word ‘n polities korrekte olifant gemaak. Jan van Riebeeck (1619-1677) was van 1652 tot 1662 die VOC-kommandeur aan die Kaap. Hy is dus heeltemal ‘n 17de eeuse verskynsel terwyl Van Rensburg van die ontstaan en bestaan van Afrikaans ‘n 16de eeuse verskynsel probeer maak terwyl daar toe seker(lik) nie eens (beduidende) proto-Afrikaans bestaan het nie. In hierdie rubriek skryf ek vervolgens oor die 16de eeu. Hierdie inleiding is nodig geag nie net om ‘n aantal pro-Afrikaanshoue te plant nie maar ook om wat volg in sy historiese konteks te plaas.

Rebecca West

In my rubriek oor Kosovo en Serwië (Praag 12.05.2018) verwys ek na Rebecca West (1892-1983) se beroemde reisboek, Black lamb and grey falcon: A journey through Yugoslavia (New York: Open Road, 1940/2010, 1326p; Amazon Kindle $17,24). In die hoofstuk oor Dalmasië is daar ‘n afdeling oor die dorp Senj aan die Adriatiese See. Daarin word die geskiedenis van die Uskokke* vertel; ‘n klein groepie mense van enkele duisende wat in die 16de eeu floreer het maar in die 17de eeu as diaspora grootliks van die aardbol verdwyn het. Wat my aangegryp het, is die talle ooreenkomste met die Afrikaners, maar daar is ook beduidende verskille. [* Die benaming “Uskok” is afgelei van ‘n woord in die Kroatiese taal wat letterlik om in te spring of in ‘n hinderlaag voor te lê (“ambush”), beteken. Ek het aanvanklik probeer om die spelling van hierdie Engelse benaming te verafrikaans, maar dit het tot te veel probleme aanleiding gegee.]

West beskryf Uskok-bedrywighede in die Adriatiese See, wat tussen Italië en Joegoeslawië is. In die 16de eeu was die staat Venesië in beheer van die talle eilande (Cres, Krk, Rab, Pag, ens) en die suidelike Dalmasiese kusgebied (Novigrad, Zadar, Sibenik, Split, ens); ook die Istrië-skiereiland, bv Pula, in die noorde. Die Habsburgse (of Oostenryk-Hongaarse) Ryk het in Triëst en in Rijeka/Fiume en ander noordelike kusdorpe van Dalmasië (Bakar, Vinodol, Senj, Karlobag, ens), asook in die binneland van Kroasië, gesag uitgeoefen. Die Ottoman-Turke/Moslems het die binneland van Joegoeslawië in die suide en ooste beset. Dubrovnik/Ragusa in die suide van Dalmasië was nominaal ‘n onafhanklike gebied maar onder die beskerming van die Ottomaanse Ryk, dus ‘n protektoraat, wat vryelik handel met Venesië gedryf het.

Dalmasië is om twee redes ‘n smal kusstrook: geografies omdat dit deur die Dinarides-bergreeks van die binneland geskei word en polities/kultureel omdat die inwoners in die binneland Ortodokse christene of Moslems is, terwyl Dalmasië Rooms-Katoliek is. In 395, toe die Romeinse Ryk in twee verdeel is, met Rome as die hoofstad van die westelike en Bisantium as die hoofstad van die oostelike deel (tot 1453, daarna Konstantinopel genoem), is Dalmasië by die weste en die res van Joegoeslawië (soos dit later genoem is) grootliks by die ooste ingedeel. Die geskiedenis van hierdie gebied dateer uit die antieke Griekse en Romeinse tyd. Van die suidelike kusdorpe en -stede (of items in hulle) is Unesco-verklaarde wêrelderfenisgebiede (bv Zadar, Sibenik, Trogir, Split, Dubrovnik). Daar word gewag gemaak van die invalle van barbare, bv die Hunne, soos wat voorgekom het in die geskiedenis van (feitlik) enige land. Wat ek eienaardig vind, is dat Suid-Afrika deesdae voorgehou word as ‘n land wat sedert oertye en sekerlik toe Jan van Riebeeck hier aangekom het, voortreflike inheemse mense gehad het wat idillies in rus, vrede en voorspoed as gelykes saamgeleef het.

Anders as in die geval van ander lande het barbare glo nie Suid-Afrikaanse grondgebied van elders af oor land binnegedring nie. Histories was die land glo vry van barbare en sy geluk duur voort deurdat hier deesdae geen mense is wat as onbeskaafdes geëtiketteer mag word nie. Suid-Afrika se probleme het na bewering in die 17de eeu begin toe blankes van oorsee hulle hier gevestig het. In ander lande het die aankoms van blankes (bv vanweë kolonialisme) ontwikkeling en voorspoed gebring. Dit het glo nie in Suid-Afrika gebeur nie. Hierdie land is blykbaar gedoem om anderster, ‘n unieke of abnormale samelewing, te wees. Deesdae word daar onderskei tussen die heiliges (die nie-rassiste) en die onheiliges (die rassiste), dus die room (die Khoi-San en die indringende swartes) en die skuim (die Europeërs). Die nuwe Suid-Afrika het baie Afrikane wat swart Afrika ter wille is, maar min Suid-Afrikaners wat die land se eertydse glorie kan herstel. Gelukkig is daar darem nog Afrikaners oor.

West skryf die christelike Uskokke “were originally Slavs of blameless character who fled before the Turks as they swept over Bulgaria and Serbia and Bosnia, and formed a strange domestic army, consisting of men, women and children” (2199). Dit het my laat dink aan die Voortrekkergesinne wat in 1838 by Bloedrivier suksesvol weerstand teen uitwissing gebied het. Baie Ortodokse christene het tot in Dalmasië gevlug. Die Turke het christene as “ongelowiges” om die lewe gebring, of hulle onder dwang tot Islam bekeer, of hulle swaarder as Moslems belas. Desmond Tutu het in Londen ‘n magistergraad met ‘n verhandeling oor Islam verwerf, hoewel sy kennis van Arabies uiters beperk is. Terug in Suid-Afrika het hy op sy kenmerkende onoorspronklike manier uiting aan sy anti-blanke gesindheid gegee deur voor te stel dat blankes teen ‘n hoër koers as nie-wittes belas moet word. In die Adriatiese See-gebied in die 16de eeu was die onderskeid tussen christen (hetsy Rooms-Katoliek of Ortodoks) en Moslem van deurslaggewende belang.

Die Uskokke het van 1532 tot 1537 ‘n bergpas by Klis, naby Split, suksesvol teen die Turke verdedig. “Then suddenly they were told by their Christian neighbours to abandon the position. Venice, which had just signed a pact with Turkey … convinced Austria that it would be wise to let Turkey have the pass as a measure of appeasement” (2204). Deesdae is ons plaaslik goed vertroud met die talle vorme wat versoening kan aanneem; selfs owerheidskonfiskering sonder vergoeding van blankes se eiendom word goedgepraat. “Then the Uskoks came down to the coast and settled in this little town of Senj, and performed a remarkable feat. Up till then they had displayed courage and resolution of an unsual order. But they now showed signs of genius” (2204). Dink aan wat onder die leiding van Afrikaners in die suide van Afrika, ver van Europa af, tot stand gebring is.

“Most of them were inland men … But in a short time they had raised themselves to the position of a naval power … The Uskoks has unusual talent for boat-building. They devised special craft to suit the special needs of the Dalmatian coast … light boats that could navigate the creeks and be drawn up on the beach where there was no habour” – soos die Voortrekkers wat as kundige wamakers ontpop het. “They chased the Turkish ships up and down the Adriatic, stripped them, and sank them; and year by year they grew cleverer at the game. This success was amazing, considering they numbered at most two thousand souls. If the Venetian fleet had been directed by men of the quality of the Uskoks the Turks might have been driven out of European waters, which would have meant out of Europe, in the middle of the sixteenth century” (2214). Dit kan vergelyk word met hoe die Afrikaners hulle van 6 April 1652 tot 2 Februarie1990 teen ‘n vyandige oormag gehandhaaf het. West tref ‘n kwalitatiewe onderskeid tussen twee groepe mense, die Venesiërs en Uskokke – die soort onderskeid wat deesdae dikwels as ‘n dwaling gediskrediteer word. In die 16de eeu was daar egter in hierdie geografies gebied ‘n sterk bewustheid van kulturele, veral religieuse, verskille.

Venesië se mag was besig om te taan. “She tried to placate Turkey … She stopped attacking her at sea. To the Uskoks this capitulation of the great Christian powers must have seemed the last word of treachery” (2219) – soortgelyk aan die onttrekking van die Europese koloniale moondhede aan Afrika. “They had, within the memory of all those among them who were middle-aged or over, been driven from their homes by the Truks in atrocious circumstances; and they had believed that in harrying the Turks they were not only avenging their wrongs but were serving God and his Son (2219). Dink aan die gelofte wat die Voortrekkers voor die Slag van Bloedrivier afgelê het.

Van 1571 tot 1573 was daar oorlog tussen Venesië en die Ottomaanse Ryk. Daarna word die Uskokke behandel “as enemies of Christendom, for no other crime than attacking its enemies … How were they to live? Till then they had provided for themselves, quite legitimately, since the Turks had dispossessed them of all their homes, by booty from Turkish ships … There was nothing for the Uskoks to do except defy Venice and Austria, and attack their ships and the Turks’ alike” (2225) – soos die Boere-republieke wat teen die inhalige Britte se diamant- en goudkoors oorlog gevoer het. “For nearly thirty years they lived in such a state of legitimate and disciplined warfare that they attacked only Turkish ships. It is not until 1566 that there is the first record of an Uskok attack on a Christian ship” (2230).

“The Austrians did little to restrain the Uskoks after they had become pirates … it is certain that Venetian officials often bought the Uskoks’ prizes from them and marketed them at a profit in Venice” (2235). “Murder had been a necessary part of such [pirate] expeditions” (2240). Ander lande, bv Brittanje, het gebaat uit handel met blank Suid-Afrika maar voorgegee dat hulle vreeslik begaan oor die welstand van die nie-blankes is. “Both Venice and Austria used the degradation of these men as extra aces in their cheating game. The Austrians pretended to want to suppress them, but rather liked to have them harrying Venice. Venice sacrificed them to her friendship with Turkey, but that friendship was a sham; she never really wept over those Turkish ships … The insincerity of both parties was proven by their refusal to grant the Uskoks’ demand, which was constantly presented during a period of fifty years, that they should be transported to some inland place and given a chance to maintain themselves” (2246). Baie skynheilige Engelse kiesers het destyds vir die Nasionale Party gestem maar voorgegee dat hulle teen apartheid was. Soos die Uskokke begeer baie Afrikaners deesdae selfbeskikking in ‘n eie tuisland.

“Again and again the poor wretches explained that they had no means of living except by piracy, and that they would abandon it at once if they were shown any other way of getting food … At the same time the Uskoks were not allowed to go to any country which was prepared to make room for them … They were shut up in piracy as in jail by powers that affected to feel horror at their crimes” (2251) – soortgelyk aan die afkeer van apartheid wat so graag uitgespreek word sonder om in ag te neem dat dit primêr om die selfbehoud van blankes gegaan het en nie om die benadeling van ander mense nie. Geen buitelandse regering doen werklik moeite om Afrikaners uit hulle huidige benarde posisie te red deur aan hulle ‘n toevlugsoord te bied nie. Dit wil voorkom asof die gewete en moraliteit van Westerse en ander lande op amptelike vlak buitengewoon sensitief is as nie-wittes en veral swartes na bewering benadeel word, maar dat daardie gevoeligheid ontbreek wanneer onreg, soos tans in Suid-Afrika, teen blankes gepleeg word.

Maar ook in Suid-Afrika word daar met twee mate gemeet. Weens religieuse onderdraagsaamheid het die Talibanse Moslems in 2001 twee reuse Boeddha-beelde van onderskeidelik 35 en 53 meter hoog, wat uit die 4de en 5de eeu dateer, in die Bamiyan-provinsie in Afganistan met plofstof vernietig. Hierdie vandalisme is wêreldwyd veroordeel. In Suid-Afrika word die een monument na die ander weens politieke onverdraagheid vernietig, na elders verskuif of buite sig geplaas. Hierdie aksies word deurgaans deur swartes bedryf en is uitsluitlik teen die belange van blankes en veral Afrikaners gemik. Dit is pogings om die historiese nalatenskap en herinneringe van hierdie etniese minderheidsgroepe uit te wis en hulle kultuureie te vernietig. Dít terwyl minderheidsgroepe in ander lande polities korrek beter eerder as slegter deur die meerderheid behandel word. Sover ek weet is wat met monumente in Suid-Afrika gebeur nog nooit met die genoemde Taliban-vadalisme in verband gebring nie, nie in die buiteland nie en ook nie binnelands nie, terwyl albei die gevolg van ideologiese onverdraagsaamheid is. Omdat daar van die blankes se kant nie (genoeg) daadwerklike regmatige verset is nie, word toegelaat dat die aktivistiese plaaslike swartes hiermee wegkom. Dit dien as aanmoediging om al hoe groter kanse te waag, al hoe meer astrant en uitdagend te word en die blankes dus al hoe meer te benadeel en veronreg.

“In the end their problem was settled in the course of an odd war between Austria and Venice … This war [also called the Uskok War]… lasted three years [1615-1618] … A good many [Uskoks] were hanged and beheaded and the rest were transported, as they themselves had requested for fifty years, to the interior” (2261). In Suid-Afrika bring die Afrikaners deesdae offers in die vorm van bv uitermatige blootstelling aan misdaad, insluitende moorde, die erns waarvan deurlopend deur die onsimpatieke owerheid misken en selfs ontken word. Vir die selfbeskikking van blankes of Afrikaners in ‘n eie tuisland is daar geen simpatie by die ANC nie.

“There were no stout fortresses built for them, or hopeful villages, for no certain trace of them can be found. Some say their descendants are to be found on the Alps at the very southern end of Austria; others have thought to recognise them on the slopes of a mountain in North Italy. It is to be feared that their seed was scattered on stoney ground. That is sad, for the seed was precious” (2266). West verwys hier na die gelykenis van die saaier (Matteus 13: 3-8; Lukas 8:5-8). Daarvolgens is daar voëls/misdadigers wat die saad/oes steel en onkruid wat dit verdring. Die gelykenis veronderstel dat grond nodig is om ‘n oes moontlik te maak. Maar dit is juis grond wat al hoe minder aan Afrikaners gegun word, of dalk glad nie meer nie.

Aan die ontwortelde Uskokke is nie huise toegeken nie. In die nuwe Suid-Afrika verwag nie-wittes dat hulle sonder teenprestasie gratis huisvesting en dienste moet ontvang. As daar nie gou genoeg aan hulle eise voldoen word nie, word gewelddadige optogte gehou en sabotasie gepleeg, wat meesal eerder gunstige as ongunstige gevolge vir hulle het. Onrusstokers het aan hulleself die reg toegeëien om enige pad, insluitende hoofweë, te blokkeer, dikwels sonder dat vooraf vertoë gerig is. Dan moet daar vasgestel word waaroor hulle gegrief is en beloftes aan hulle gemaak word. Intussen moet die motoriste teen eie ekstra koste en tyd “alternatiewe roetes” gebruik. Dit is onwaarskynlik dat so ‘n abnormale en ekonomies ontwrigtende situasie op so ‘n groot skaal al ooit in ‘n ander land voorgekom het en boonop skynbaar onbepaald deur die owerheid geduld word.

Ná 1902 en veral sedert 1994 is baie Afrikaners oor die aardbol versprei. In Argentinië, Angola, Kenia, Zimbabwe, ens, het bitter min van hulle oorgebly. Hoeveel tekens sal daar teen die einde van hierdie eeu oor wees van Afrikaners in Brittanje, Australië, Nieu-Seeland, ens? En in Suid-Afrika? Selfs hier sal hulle plek hulle nie meer ken nie, tensy daar gou erns met Afrikaner-rehabilitasie gemaak word. Daar sal daadwerklike verset teen vertrapping en veronregting moet kom en selfbeskikking sal kompromisloos nagestreef moet word. As Indiërs of Jode deur swartes van rassisme beskuldig word, volg daar dadelik fel reaksies van individuele Indiërs of Jode en hulle instansies. Wanneer Afrikaners vals beskuldig word, is daar meesal dawerende stilte. Sodanige apatie moedig verdere valse beskuldigings en veronregting aan.

Catherine Wendy Bracewell

Catherine Wendy Bracewell het in 1985 ‘n doktorale proefskrif oor die Uskokke aan Stanford University voltooi. Sy het dit opgevolg met die volgende boek: The uskoks of Senj: Piracy, banditry, and holy war in the sixteenth-century Adriatic (Ithaca: Cornell University Press, 1992, 352p; Amazon Kindle 2015, $16.10). Bracewell is ‘n dosent aan die School of Slavonic and East European Studies van University College London. Die uitgebreide agtergrondsinligting wat West in haar reisboek verstrek is verbasend omdat sy dit in die voor-internet-era vermag het. Bracewell kon met haar wetenskaplike studie noodwendig op West se poging verbeter maar die kerngegewens het dieselfde gebly. Bracewell oordryf haar taak met herhalings en die verskaffing van besonderhede oor onbenullighede, maar sy het klaarblyklik deeglike argivale navorsing in verskeie lande en tale gedoen. ‘n Moontlike tekortkoming is dat sy min aandag skenk aan die verskille tussen Ortodokse christene (veral Serwiërs wat uit die binneland na Dalmasië gevlug het) en die tradisionele Rooms-Katolieke inwoners (veral Kroate) aldaar. Sy beweer die integrasieproses het moeiteloos verloop, waarmee sy ‘n (potensieel) groot probleem dalk te maklik afmaak.

Bracewell gaan van die volgende standpunt uit: “The term uskok denotes not a nation but a profession” (Kindle 103). Soos in die geval van “cossack” skryf Bracewell “uskok” gevolglik met ‘n kleinletter. “Kosak: lid van ‘n Oos-Slaviese volk van veral die Oekraïne wat as ruiters beroemdheid verwerf het” (HAT 2015). Die benaming “Kosak” word met ruiters geassosieer en “Uskok” veral met seerowers. Die benaming “Boer” word histories veral met landbou/boerdery verbind. Bracewell onderskei tussen die etniese en sosiale betekenis van “Kosak” en “Uskok” en gee voorkeur aan die sosiale betekenis. Volgens haar is die “uskoks” dus “sea and land raiders who served as irregulars in die Habsburg border garrison in Senj for almost a century” (149). “The uskoks were never solely, nor even primarily, sea raiders. Their piracy was largely a matter of ransacking vessels they found in port, often while on an expedition to raid inland” (2532).

Dit is inderdaad so dat sowel die Kosakke as die Uskokke meerdere etniese groepe omvat het. Maar om die Uskokke en die Afrikaners in hierdie rubriek sinvol te vergelyk, is dit nodig om groepverwantskap by albei te beklemtoon, wat terseldertyd (in groot mate) etnisiteit/kultuur insluit. “The uskoks did form a self-conscious unit with a distinctive uskok identity” (4248), al was hulle nie ‘n nasie nie. Sowel die Uskokke as die Afrikaners word deur hulle dade gekenmerk en kan daarvolgens geprys of veroordeel word. In navolging van die HAT (bv Kosak, Boer), asook die meeste outeurs, skryf ek Uskok gevolglik met ‘n hoofletter.

Etniese groepe is geneig om aan die rante uit te rafel, soos die destydse amptelike klassifikasie van blankes en bruin mense, wat jaarliks aanleiding tot gevalle van herklassifikasie gegee het. Wat Afrikaners betref, het die Afrikanerdom sedert 1994 drasties verklein maar sy etniese kern is gesuiwer deur bv baie kruipsugtiges en hanskakies af te skud. Die HAT beskryf “Boer” as: “(wit) persoon (met ‘n sterk gevoel van nasietrots) wie se moeder- of huistaal (gewoonlik) Afrikaans is; Afrikaner.” Let op hoe essensiële Afrikaner-kenmerke deur die gebruik van hakies opsioneel verklaar word.

Daarna word die volgende “sensitiewe kwessie” (p xv) aangeroer: “Hoewel ‘n bepaalde, konserwatiewe groep (wit) Afrikaanssprekendes, lede van die taalgemeenskap wat na ‘n eie heimat soos die historiese Boererepublieke hunker, na hulle self as ‘Boere’ verwys en hierdie benaming verkies, teken ander (wit) Afrikaanssprekendes eksepsie aan as hulle so genoem word en kan hulle dit as kwetsend/neerhalend/rassisties aanvoel/beskou.” Deur eie toedoen is sulke nie-Boere myns insiens dan ook nie-Afrikaners. “Afrikaner” word beskryf as: “(veral wit) persoon (met ‘n sterk gevoel van nasietrots) wie se moeder- of huistaal Afrikaans is.”

Bracewell het heeltemal reg wanneer sy skryf: “The term ‘Turk’ has acquired an ethnic meaning, entirely inappropriate to this area [Yugoslavia], where so-called Turks were often recently converted Slavs. In the sixteenth century ‘Turk’ was used much more broadly, to refer to the Ottoman state, to Muslims, or even to Christian subjects of the Ottoman Empire” (103). Soos in die geval van “Turk” dui die term “Arabier” nie altyd op ‘n enkele etnisiteit nie. Byvoorbeeld, in Noord-Afrika, veral in Algerië en Marokko, word die Berber-Moslems dikwels sonder meer, maar etnies verkeerdelik, Arabiere genoem. Die Berbers se taal, (T)Amazigh, verskil drasties van Arabies. Verder word soms beweer dat die Berbers voorheen blank was.

“The Habsburg archdukes and the Emperor, with papal support, hailed the uskoks for their role as a bulwark of Christendom, crediting them with preserving Europe from the onslaught of the Turk” (154). Maar wanneer Venesië die Uskokke beveg het, bv om guns by die Turke te soek of omdat die Uskokke Venesiese skepe van Turkse goedere beroof het, was die Pous geneig om kant teen die Uskokke te kies. Maar dit het nie sonder ‘n mate van skynheiligheid geskied nie. Die Rooms-Katolieke Kerk het ‘n tiende van die Uskokke se buit ontvang (4334). Die Habsburgers, wat lisensies vir seerowery aan die Uskokke uitgereik het, het hulle in die steek gelaat wanneer hulle beter betrekkinge met Venesië begeer het en Venesië optrede teen die Uskokke se seerowery geëis het. Daar was “economic, political, and religious competition between the three empires that met in die Adriatic” (256).

Die Uskokke was ‘n klein groepie mense en ‘n speelbal wat fyngemaal is deur vier groter magte, wat elkeen voorkeur aan sy eie belange gegee het: Venesië, die Habsburgers, die Ottomaanse Ryk en die Pous as die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. Dit herinner aan die blanke bewind in Suid-Afrika waar die blankes in wêreldperspektief ‘n ignoreerbaar klein groepie mense is en wat deur Westerse regerings soos Amerika en Brittanje op elke moontlike manier ondergrawe is om die swart meerderheid in Suid-Afrika en in die res van Afrika ter wille te wees. Die argument dat die plaaslike blankes gesorg het dat Westerse beskawing, die christelike geloof, doeltreffende regering en ekonomiese voorspoed hier bewaar en bevorder word, het hierdie sterk Westerse en verswelgend groot Afrika-magte nie van hulle vernietigingsdrang laat afsien nie.

Die Uskokke was binne die Habsburgse Ryk en terselfdetyd op die grense van die Venesiese en Ottoman-gebiede in Senj gevestig. Hulle was nie formeel deel van die Habsburgse leër nie maar daar is van hulle verwag om met die verdediging te help. “The uskoks, most of whom received no pay, were largely dependent on plunder for their livelihood and the fact that they so suppported themselves without further draining the empty coffers of the Frontier authorities, and indeed paid a portion of their booty to their military commanders and to the Habsburgs themselves, made them particularly attractive as border troops” (186). Dat blank Suid-Afrika een van die min lande (indien nie die enigste nie) in Afrika was wat nie deel van die bedelorde was wat van buitelandse hulp afhanklik was nie, het hom nogtans geen gunsteling in Westerse geledere gemaak nie.

Die Uskokke se plundertogte kan aan die nie-betaalkultuur van die Habsburgse Ryk toegeskryf en in daardie sin geregverdig word. Die beleid van rasse-segregasie, wat plaaslik deur die Britte begin is en in 1948 apartheid geword het, is ingestel om die selfbehoud van die blankes en die ontwikkeling en voorspoed van die land te verseker. Maar hierdie kernoorwegings is nie deur buitelandse moondhede of deur magshonger, destruktiewe binnelandse en ander Afrika-elemente aanvaar ter regverdiging of aanvaarding van die beleid nie. Soos bv slawerny en kolonialisme is apartheid sonder meer as irrasioneel, immoreel en onregverdigbaar verdoem, dus asof net slegte en onnosel mense so iets kon uitdink en toepas.

Bracewell se gesonde benadering tot die Uskokke is: “Asking not only what they did, but [also] why they did it; asking not just what were their relations with their allies, their victims, and each other, but also how they perceived and justified these relations” (404). Die Uskokke was rowers, stropers of plunderaars omdat hulle nie grond gehad het om op te boer nie en hulle as grenswagte glad nie of selde deur die Habsburgse owerheid betaal is of in elk geval te min betaal is om van te lewe. Daarom het hulle as vlugtelinge uit die Ottomaanse Ryk hulle in weerwraak gewend tot die plundering van Moslem/Turkse eiendom. Daarmee het hulle gehoop om terselfdertyd die belange van hulle christelike godsdiens te bevorder. Insgelyks, in plaas van apartheid, wat skaars vier dekades lank in ‘n enkele land met ‘n relatief klein bevolking toegepas is, hoogs oordrewe as ‘n misdaad teen die mensdom te etiketteer, behoort daar eerder billikheidshalwe nie net besin te word oor wat en hoe apartheid was nie, maar ook waarom dit toegepas is, naamlik om die blankes se selfbehoud, te midde van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar, te verseker.

Die Uskokke het aanvanklik slegs op land rooftogte uitgevoer. “During raids lasting weeks or months, the uskoks lived off the land or what they could capture, ambushing merchant caravans or Ottoman border troops, plundering cattle and taking prisoners for ransom” (193). Enersyds herinner dit aan die kundige manier waarop die blanke bewind binnelands en in die buurlande terroriste uitgeroei het. Andersyds laat dit ‘n mens dink aan die diefstal van blanke boere se vee, wat op groot skaal tot op hede plaasvind, sonder dat die regering aanvaarbare vordering met die bekamping van hierdie en ander misdade maak. Die probleem is nie net die kenmerkende ondoeltreffendheid van die huidige owerheid nie. Daar is moontlik ook ‘n element van simpatie met die misdadigers, gegewe die misdadige verlede (bv vandalisme, sabotasie en terrorisme) en hede (bv politieke moorde en korrupsie) van die ANC. In die ANC se DNS is daar ‘n misdadige kern, wat ‘n klad op die naam van Suid-Afrika is.

Nadat die Uskokke seevaardig geword het, het hulle hulle ook op seerowery toegelê en veral hiervoor bekend en berug geword. Aanvanklik is Turkse skepe wat Turkse goedere aan boord gehad het, geplunder. Mettertyd “these goods were increasingly carried on Christian vessels and formed an important part of the Adriatic trade. They were often carried on Venetian ships … Claiming the right and the duty to plunder the goods of the infidel, uskok bands in their small light barks ambushed shipping in Dalmatia’s ports and coastal waters and ransacked cargoes for merchandise belonging to Turks and Jews … fear of them [the Uskoks] was a factor that led Venice to send its great galleys to guard the merchantmen that sailed north from Split” (198). Die Habsburg-hawens is deur Venesië geblokkeer om optrede teen die Uskokke af te dwing en hulle bedrywighede aan bande te lê.

“The Venetians and Turks labeled the uskoks pirates and brigands. To the Habsburgs they were part of the Military Frontier, referred to as soldiers and servicemen” (268). “There was a clear distinction in the sixteenth century between pirates and corsairs, and between irregular soldiers and brigands” (273). Dit is maklik om tussen ‘n “pirate” (seerower) en ‘n “brigand” (struikrower) te onderskei, want eersgenoemde steel op see en laasgenoemde op land. Die onderskeid wat Bracewell egter wil tref, is tussen wettige en onwettige roof. Wettige roof is volgens haar wanneer sulke dade deur die owerheid goedgekeur is – soos die terrorisme van die ANC, wat met die seën van die Verenigde Nasies bedryf is, en nou, as “demokratiese” regering, die beoogde konfiskering sonder vergoeding van blankes se eiendom. “Both the corsair and the border soldier were rewarded with their own plunder. Thus it was not personal profit that distinguished between the pirate and the corsair – both were motivated by the hope of booty – but the legitimacy conferred by a recognized authority” (278). Byvoorbeeld: “In the Ukraine and the Crimea … cossack bands raided … on behalf of the Christian princes of Poland-Lithuania or Muscovy” (356).

Daar kan aangevoer word dat die ANC nie ‘n wettige owerheid is nie omdat die blanke kiesers nooit tot die huidige grondwetlike bedeling ingestem het nie. Die meerderheid blanke kiesers het bloot goedkeuring verleen dat onderhandelinge gevoer mag word, maar onderhewig aan die uitdruklike FW de Klerk-belofte dat die grondwet waarop ooreengekom is aan hulle vir goed- of afkeuring voorgelê sou word. Dit is nooit gedoen nie. Dit is verraad in sy suiwerste vorm. As die ANC ingevolge hierdie redenasie nie ‘n wettige regering is nie, is die beoogde onteiening van blankes se eiendom, as dit – soos beoog word – sonder vergoeding geskied, owerheidsdiefstal. Die vraag is verder of daar werklik so iets soos wettige misdaad, bv roof of terrorisme, kan wees. Veralgemenend kan seker gesê word dat alles wat in Suid-Afrikaanse blankes se besit is, of dit nou grond of plase of huise of wat ook al is, gekoop is en van niemand gesteel is nie. Daar bestaan in hierdie konteks dus nie so iets soos regverdigbare terugsteel deur wie ook al nie.

Die Britse marxistiese historikus, Eric Hobsbawm (1917-2012), het ‘n soort misdadiger geïdentifiseer waarmee ons reeds goed bekend is: “An outlaw regarded as a criminal by the state but as a hero by the peasantry” (295). In die ou Suid-Afrika is diegene wat misdade gepleeg het ten einde ‘n swart regering aan die bewind te stel “terroriste” genoem. In die nuwe Suid-Afrika word hulle “vryheidsvegters” genoem en as helde, volksvaders en -moeders, ikone, ens, vereer. “There is some relation between a bandit’s real behavior and his subsequent myth” (487). Dit kan ook van terroriste gesê word.

Maar daar is ‘n ander hedendaagse terminologiese verskynsel wat my mateloos irriteer. Net soos die Uskokke dikwels/meesal sonder nuanse as misdadige seerowers gekarakteriseer word, word die blanke regering van ná 1948 deesdae sonder meer die “apartheidsregering” (of “apartheidsregime”) genoem. Weens propaganda, wat veral deur die ANC versprei is, het klein mensies in die hede, bv kabouters wat as politici en joernaliste funksioneer, gesorg dat die benaming “apartheidsregering” onkrities ingeburger is en in algemene gebruik gekom het. Daarmee word die veelkantigheid van die destydse Afrikanerregering tot ‘n enkele aspek gereduseer, naamlik daardie element, te wete apartheid, waarvan die ANC en ander swart mag aanhangers en hulle meelopers nie hou nie.

In werklikheid het die Afrikanerregering oor ‘n wye front gepresteer. Daar is doeltreffend en behoorlik geregeer en daarby grootliks sonder korrupsie. Paaie is geteer en behoorlik in stand gehou. Wet en orde is gehandhaaf, danksy ‘n uitstekende polisiediens en weermag. Suid-Afrika was toe ‘n veilige, voorspoedige land gekenmerk deur Westerse standaarde en beskawing. Derduisende skole, huise en talle klinieke, hospitale en universiteite is opgerig en die deeglik geboude strukture is behoorlik in stand gehou; grootliks danksy blanke belastingbetalers en die arbeid van bekwame blanke amptenare. Die sentrale, provinsiale en plaaslike regerings het deurgaans gunstige ouditeursverslae ontvang. Geen munisipaliteit was miljoene rande in die skuld soos tans algemeen voorkom nie. Die owerhede het geld by uitstek aan dienslewering en verbeterde infrastruktuur bestee; nie soos tans aan salarisse, bonusse, konsultante, byvoordele (soos ampsmotors), reise, onthale, ens, nie. Deur die term “apartheidsregering” te gebruik, word die voortreflikhede van die vorige bedeling misken en die ernstige gebreke van die huidige regering gekamoefleer. Geen regering is sonder gebreke nie. Ten spyte van die tekortkominge van blanke regerings het die woord “Afrikaner-regering” vir my, op grond van eerstehandse ervaring sedert 1948, ‘n veel gunstiger klank as swart of ANC-regering.

Die vernaamste opsig waarin Bracewell se uiteensetting met dié van West verskil, is dat die Uskokke nie so gou en so volledig verdwyn het nie. In 1617 het die Venesiërs en die Habsburgers die Verdrag van Madrid gesluit. Daarvolgens was die Habsburgers verplig om die Uskokke uit Senj te verwyder, weg van die Adriatiese See waar hulle seerowery so baie probleme vir veral die Venesiërs veroorsaak het. Hulle is dus in die binneland (bv te Brinje, Otocac en Brlog) hervestig maar oor ‘n lang tyd. Sommige het terug na Senj gedros en weer rooftogte uitgevoer. Gedurende die hele 17de eeu het Uskok-roofbedrywighede steeds voorgekom. Eers in die 18de eeu het hulle as ‘n faktor waarmee rekening gehou moet word, verdwyn.

Leon Lemmer: Die Universiteit Stellenbosch se Eeufees

“As hulle stilbly, sal die klippe uitroep!” (Lukas 19:40). Omdat hulle swyg, moet ek skryf. Die Universiteit Stellenbosch (US) vier vanjaar sy Eeufees. My skrywe val saam met die herdenking van die US-stigtingskenker, Johannes Henoch Marais (8.09.1850-30.05.1915), se sterfte 103 jaar gelede. Ek het al dikwels geskryf oor die toestand waarin die US verval het – ‘n inrigting wat histories ‘n uitnemende Afrikaner- en Afrikaanse universiteit was. Die huidige rektor, Wim de Villiers, se herhaaldelik uitgesproke ideaal is dat die nie-wit studente en nie-wit personeel (veral die dosente) teen vanjaar in die meerderheid moet wees. Met die oog hierop is die US se akademiese keuringsnorme verslap. Soos sy voorganger, die ANC-aktivis Russel Botman, gee De Villiers as die uitvoerende hoof van ‘n akademiese inrigting vrye teuels aan sy linkse politiek ten koste van die akademie. Sy passie is dat die beeld van die US dié van ‘n nie-wit (dus swart) Afrika- en nie-Afrikaanse (dus Engelse) universiteit moet wees.

In Mei het ons belangrike herdenkingsdatums beleef, vandaar hierdie skrywe. Dit is ‘n vervolg op my “Ope brief aan Wim de Villiers” (Praag 21.02.2018), wat op Moedertaaldag gepubliseer is en waarop De Villiers hom nie verwerdig het om te antwoord nie. In hierdie rubriek gaan ek, afgesien van enkele bladsyverwysings na vyf bronne, nie soos gebruiklik talle bronverwysings verskaf nie. Wat ek skryf kan gestaaf word met die bronverwysings wat ek in vorige rubrieke verskaf het, asook met die inligting wat op die US-webtuiste beskikbaar is.

Gaan na die US-webwerf en soek: “Jan Marais”. Die jongste verwysing, maar nie die teks nie, is na ‘n toespraak wat Ton Vosloo in 2015 by die Woordfees gelewer het. Maar Vosloo het eerder oor die ontstaan van Nasionale Pers en Die Burger as oor die US gepraat. By vanjaar se Woordfees was daar nie ‘n enkele byeenkoms ter huldiging van Marais nie. In 2015 is Marais ‘n eeu na sy dood gedenk; nie deur die US nie maar deur Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF). Op 30 Mei 2015 het HJMNF in die oggend ‘n kranslegging by Marais se graf teen die hang van Papegaaiberg gehou. De Villiers het hierdie geleentheid bygewoon. Dieselfde aand het HJMNF ter huldiging van Marais ‘n onthaal in sy eertydse woonhuis op Coetzenburg aangebied. By daardie geleentheid het die genooide gaste elk ‘n eksemplaar van ‘n pragpublikasie, Nalatenskap sonder einde: Die verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers, geskryf deur die historikus Pieter Kapp (216p, R290), ontvang. Hierdie gedenkboek is deur HJMNF gepubliseer; nie deur die US nie. In sy toespraak het die uittredende voorsitter van HJMNF, oud-US-rektor Andreas van Wyk, geen melding van Marais se US-stigtingsvoorwaarde gemaak nie. Hierdie verswyging is myns insiens laakbaar omdat Afrikaans toe (soos tans) onder groot druk aan die US verkeer het.

Gaan na die US-webwerf en soek: “Afrikadag”. Daar is talle verwysings na hoe Afrikadag (25 Mei) deesdae jaarliks deur die US gevier word. Dit blyk dat Afrikadag deur die US selfs tot Afrikamaand opgegradeer is. In 2015 het De Villiers by die viering van Afrikadag deur die US se Fakulteit Geneeskunde gesê: “Ons is Afrika.” Vanjaar is Afrikadag weer op 25 Mei by daardie fakulteit gevier met voordragte uitsluitlik in Engels. Die vorige dag het Jonathan Jansen ‘n Afrikadaglesing by die Fakulteit Teologie gelewer. Toe het De Villiers gesê: “Ons is ‘n Afrika-universiteit.” Elke jaar op 12 November vier die US Afrika-universiteitsdag. Op 12 April vanjaar was Jansen ‘n spreker by die US se jaarklikse Nelson-Mandela-kollokwium. ‘n Ander spreker was Wilhelm Verwoerd, wat sy oupa, Hendrik Verwoerd, se politiek verfoei. Hy is ‘n navorsingsgenoot in die Beyers Naudé-sentrum van die US se Fakulteit Teologie. By daardie geleentheid het De Villiers gesê dat die doel van die kollokwium is om Mandela se “waardes en nalatenskap” te bevorder.

Vanjaar is ‘n berig gedateer 24 Mei op die US-webwerf gepubliseer oor ‘n gesprek wat die US-museum oor “ikoniese struggle-liedere” aangebied het. Die sing van sulke liedere word aangemoedig; nie CJ Langenhoven se pragtige “Die Stem” wat vanjaar ‘n eeu gelede geskryf is nie. Die eerste drie strofes is op 30 Mei 1918 voltooi (JC Kannemeyer, Langenhoven: ‘n Lewe, Kaapstad: Tafelberg, 1995, p 376). Dieselfde Langenhoven het sy “hoofskedel” aan die US bemaak. Die US het nie sy aanspraak hierop dertig jaar na Langenhoven se dood uitgeoefen nie (Kannemeyer, p 18). Maar dit toon onmiskenbaar Langenhoven se lojaliteit teenoor hierdie universiteit. Tog word nóg Langenhoven nóg “Die Stem” deur die De Villiers-US gehuldig.*Langenhoven is een van baie Afrikaners wat deesdae deur die getransformeerde US verloën word. Onder hierdie miskendes is eerste ministers Malan, Verwoerd en Vorster. Herinneringe aan hulle is sedert 1994 stelselmatig op die US-kampus uitgewis. Op 24 Mei vanjaar is ook berig dat die US se Departement Afrikaans daardie maand twee konferensies oor tolking en vertaling aanbied. Dit is “so beplan dat dit met die US se Eeufeesviering sowel as Afrikadag saamval.” Soos in 2015 wend hierdie Afrikaansdosente egter geen poging aan om Marais te huldig nie. Daar is by hulle ook geen daadwerklike openbare weerstand teen De Villiers se verengelsingsbeleid nie.

[* “Langenhoven se visie van die groei van Afrikaans as pilare in ‘n snelstygende boog” het argitek Jan van Wijk se ontwerp van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl geïnspireer (Jan van Wijk, Taalmonument, Tokai: Historical Media, 2014, p 6). Nogtans wend die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) geen poging aan om Langenhoven en “Die Stem” te huldig nie. Michael Jonas, die direkteur van die ATM, skryf: “Die Monument se fokus is tans op die miskende variëteite en geskiedenisse van Afrikaans” (Rapport, Weekliks, 28.01.2018, p 10). Niks word dus deur die ATM gedoen om bv Langenhoven en NP van Wyk Louw (die ander skrywer wie se werk die ontwerp van die Taalmonument geïnspireer het) te huldig nie.]

Vroeër vanjaar is die US se geskiedenis lank prominent op daardie webwerf verwoord. Daar is darem verwys na Marais se skenking, die reuse bedrag van £100 000, wat die stigting van die US in 1918 moontlik gemaak het, maar nie na die ruim finansiële ondersteuning wat die US sedertdien deurlopend uit twee Marais-fondse ontvang nie. Oor die ander Marais-fonds, Het Jan Marais Fonds (HJMF), skryf Kapp: In sy geheel beskou sou dit “nie onbillik wees nie om te beweer dat die fonds … tussen sewe en 10% van die staat se subsidie tot die Universiteit se inkomste bygedra het” (Kapp, p 174). Myns insiens is daar in die genoemde historiese oorsig doelbewus ook geen woord gerep van die uitdruklike stigtingsvoorwaarde wat Marais gestel het nie: Onderrig moet aangebied word “in en door middel van de hollandse taal in zijn beide vormen (dat will zeggen Afrikaans zowel als Nederlands) en wel te dien einde dat in sodanig onderwijs de hollandse taal in zijn beide vormen als voormeld geen mindere plaats dan de andere officiele landstaal zal innemen” (Kapp, p 9; ook p 167).

Aan die begin van die US se eeufeesjaar is die eerstejaarstudente op 25 Januarie uitsluitlik in Engels verwelkom. Dit het heftige kritiek ontlok omdat dit (tereg) vertolk is as openlike uittarting deur De Villiers; dat hy wou demonstreer dat die US nie ‘n Afrikaanse universiteit is nie. Hy het immers in sy intreerede op 29 April 2015 meerdere kere gesê: “Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie.” Daarna het De Villiers hierdie gewraakte stelling by ander geleenthede herhaal. Toe die US se aanstellingskomitee, voor sy aanstelling as rektor, ‘n onderhoud met De Villiers gevoer het, het De Villiers beweer dat die posisie van Afrikaans aan die US ingevolge sy oortuiging “ononderhandelbaar” is (Eikestadnuus, 19.11.2015, p 1). Voor die einde van sy eerste jaar as rektor, op 12 November 2015, het De Villiers egter, met die ondersteuning van sy bestuurspan, aangekondig dat hy Engels met ingang 2016 “die primêre taal van kommunikasie en administrasie” aan die US wil maak. De Villiers wou hiermee die voorkeurtaal van die minderheid op die kampus dié onderrigtaal van die US maak ten koste van die meerderheid, te wete die Afrikaanssprekendes en ander wat Afrikaans (goed) magtig is. Die US-raad het vir ‘n wyle weerstand gebied maar versuim om De Villiers se gedrag as blatante kontrakbreuk te takseer.

Op 23 Maart vanjaar is ‘n eeufeesherdenkingsdinee in die Paul Roos-saal gehou. Soos hy in sy intreerede en telkens daarna gedoen het, het De Villiers verskoning gevra vir “die onregte van die verlede.” Soos hy ook by ander geleenthede gesê het, vind De Villiers dit verkwiklik dat die jaar waarin die US sy eeufees vier, saamval met die herdenking van Mandela se geboorte ‘n honderd jaar gelede. Die huidige US vier Mandela-dag elke jaar op 18 Julie. Na verwagting sal vanjaar se Mandela-viering die voriges oortref, al het Mandela geen daadwerklike verbintenis met die US nie. Desnieteenstaande het die US in 1996 ‘n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Die US se Mandela-manie vergestalt kruipsug in sy suiwerste vorm. Die kontinuum beskaaf – onbeskaaf het die akademie by die beskaafde en terrorisme by die onbeskaafde pool. De Villiers en diesulkes poog om hierdie uiterstes bymekaar te bring.

Jan Marais se geboorte- en sterfdag word nie deur die US gedenk nie; selfs nie in 2015 ‘n eeu na sy dood nie. Sover bekend is geen byeenkoms ter huldiging van Marais in 2015 of vanjaar op die US-kampus gehou nie. Die US het selfs nog nooit amptelik erken dat Marais se skenkingsvoorwaarde nie in sy huidige taalbeleid nagekom word nie. Alle lesings moet deesdae ten minste in Engels wees. Dieselfde vereiste geld nie vir Afrikaans nie. Oor die mindere plek wat Afrikaans tans in vergelyking met Engels beklee, kan daar geen twyfel wees nie. Dat De Villiers die hooflaksman van Afrikaans aan die US is, is myns insiens ook baie duidelik. Mandela en Afrika word deesdae elke jaar in buitensporige mate deur die US gedenk. Dieselfde geld nie vir Jan van Riebeeck (6 April), Afrikaans (14 Augustus) of Jan Marais nie. As iets met Afrikaners of Afrikaans te make het, word dit dikwels verdag gemaak deur dit as verdelend, uitsluitend, nie-inklusief, nie-divers, monokultureel, rasgegrond (selfs rassisties) en dus as ongewens af te maak.

Onlangs is ‘n koshuis van die US se Fakulteit Geneeskunde na die vigslyer Nkosi Johnson vernoem. Voor dit is ‘n koshuis op die US-hoofkampus na die vorige rektor, Russel Botman (die eerste “swart” US-rektor), vernoem. Botman het deurlopend ‘n reuse rol in die afskaling van Afrikaans gespeel. Aan die US is daar geen teken van erkentlikheid teenoor of huldiging van Jan Marais nie, behalwe die standbeeld van die beeldhouer Coert Steynberg, wat op 10 Oktober 1950 (dus op die destydse Krugerdag) onthul is. Marais se standbeeld staan op die Jan Marais-plein, maar dit word eerder die Rooiplein genoem sodat Marais se (eens) kosbare nalatenskap ook in hierdie opsig verdoesel word. As daar erkentlikheid teenoor Marais was, sou daar ten minste jaarliks ‘n amptelike US-kranslegging by sy standbeeld gehou word en sou sy naam prominent op die kampus gewees het, bv as gebou- en selfs as universiteitsnaam.

As ‘n universiteit om nie-akademiese (naamlik politieke) redes na kwaaddoeners soos Nelson Mandela en Walter Sisulu vernoem kan word, waarom nie ook na ‘n voortreflike Afrikaner en weldoener soos Jan Marais nie? Marais is beskryf as ‘n “Afrikaander van den ouden, echten stempel – een waardige burger, een ware patriot … hij [was] een navolgenswaardig voorbeeld voor zijn volk en hun nageslacht” (Kapp, p 120). Jan Marais se vrou, Elizabeth (1867-1953), en van die ander Marais-broers het die US en filantropiese projekte in ruime mate ondersteun, maar hulle ontvang geen erkenning meer nie. Pleks daarvan verkies die huidige US om eerder mense soos Mandela, Desmond Tutu, Beyers Naudé, Russel Botman en selfs Nkosi Johnson te huldig.

Na aanleiding van die voorafgaande kan minstens sewe vrae gestel word:

  1. Daar was heelwat genooide gaste by die genoemde HJMNF-onthaal in 2015 en die US-eeufeesonthaal in 2018. Waarom is daar klaarblyklik nie ‘n enkele van daardie eters en drinkers wat vir Jan Marais in die bres tree weens die verregaande miskenning van sy nalatenskap deur die huidige US-bestuur (en by name Wim de Villiers) nie?
  2. Waarom spreek nie ‘n enkele van die ses trustees van HJMNF hom/haar luid en duidelik teen hierdie wanpraktyk uit nie?
  3. Waarom teken Afrikaansinstansies soos die Afrikaanse Taalraad, ATM, ATKV, FAK en die Suid-Afrikaans Akademie vir Wetenskap en Kuns nie beswaar aan oor die manier waarop hierdie eeufeesjaar ingeklee word nie?
  4. Die oudstudente van die US het voorheen dikwels sterk besware teen die afskaling van Afrikaans geopper. Waarom klink daar geen besware uit die US-konvokasie op teen die bogenoemde selektiewe voorstelling van die US-geskiedenis nie?
  5. Die US-raad is veronderstel om oorhoofse beheer oor al die bedrywighede van die US uit te oefen. Waarom sorg die voorsitter en die talle raadslede nie dat drasties teen enigeen opgetree word wat op hierdie myns insiens hoogs onetiese manier die skenkingsvoorwaarde van Marais ignoreer nie?
  6. Die uitgelese Anton van Niekerk is op die US-kampus. Hy gee graag hoog op oor sy kennis van etiek. Hy doen hom voor as ‘n openbare intellektueel wat hom geroepe voel om onreg reg te stel wanneer en waar dit voorkom. Ongelukkig soek hy onregpleging by uitstek by blankes en veral Afrikaners. Waarom is hy tjoepstil oor die flagante immoraliteit aangaande Marais?
  7. Les bes is daar die Afrikaansdosente op die US-kampus. Dit is myns insiens onmoontlik om hulle absolute onaktiwiteit oor Marais in 2015 en ook in 2018 te regverdig. Waarom is nie ‘n enkele van die huidige US-Afrikaansdosente prominent betrokke by die stryd ter behoud van Afrikaans nie? – nie aan die US of in breër verband nie.

Daar is min sake wat my meer met wrewel, droefheid, bitterheid en wanhoop vervul as die Jan Marais-aangeleentheid. Dit is onwaarskynlik dat enige ondersteuning uit die hoofstroom-inligtingsmedia, bv die redaksies en rubriekskrywers van Afrikaanse koerante, sal kom. Hoe is dit moontlik dat Afrikaners sedert 1994 in so ‘n mate kollektief apaties geword het? Waar is (al) die eens fanatieke Afrikanerbroeders heen? Myns insiens verkies hulle om eerder hulle (skyn)transformasie ten toon te stel.

Netwerk24-rubriekskrywer noem Afrikaners ‘Boerbare’ en rassistiese moordenaars

Regter Johann van der Westhuizen, ‘n rubriekskrywer van Beeld en Netwerk24, het ‘n week gelede met uitdagende minagting teen Afrikaners as “Boerbare” in die Saterdaguitgawe van Beeld uitgevaar. Die artikel is ook op Netwerk24 se aanlynportaal gepubliseer onder die titel, Hoe lyk ‘n Boerbaar? Ontstoke lesers van Netwerk24 het op die Disqus-kommentaflewering by die artikel gereageer en die oudregter van die Grondwethof wat blykbaar “verheug” was toe Afrikaans by Tuks afgeskaf is, van stereotipering en Boerehaat beskuldig.

Een van die lesers, Jeffrey Aucamp vra:

“Wie gee al die kruipers die reg om aanhoudend wit mense en Afrikaners te beledig? Hoekom laat Netwerk24 dit toe? Max, Sloet, Van der Westhuizen se soort se stories hoort in aasblikke.”

Van der Westhuizen beskryf Boere en Afrikaners só in sy artikel:

Dalk eet ’n Boerbaar boerewors en drink hy Klippies-en-Coke of Black Label, totdat hy ver gekom het in die lewe en Chivas Regal op verjaardae ontvang. Wanneer hy per abuis ’n vegetariër na ’n vleisbraai nooi, sê hy: “Moenie bekommer nie, daar sal genoeg slaai wees”, asof hy met ’n slak praat. Die kos is egter onskadelik en word ook deur talle nie-Boerbare geniet. Dit is die dieper boosheid wat saak maak.

’n Boerbaar is agter die tyd, weens stompsinnigheid, gebrekkige opvoeding, of hardkoppige opset. Hy dink simplisties, vrees dat sy verstand sal uitval as hy oopkop is en haat twyfel omdat dit hom verwar. Derhalwe is sy besluite vinnig, finaal en verkeerd. Sy gesin wil hy volgens die wil van die Here kragdadig regeer en dissiplineer, soms met die hulp van ’n sopie of twee. Op die oog af is hy “ ’n man wat sy man kan staan”, met “ ’n oog wat nie wyk” en “ ’n bars kan kyk” . . . minstens totdat ’n ferm oog terugkyk.

Onseker, weerloos en wondbaar in die wye wêreld wil ’n Boerbaar meerderwaardig voel oor iemand. Rassisme is die maklikste pad daarheen, omdat mense volgens velkleurkodes uitgeken kan word sonder om hulle te leer ken en te probeer verstaan.

Hy geniet dit om halfnaakte, geraamtedun swart kinders wat op straat bedel te verneder. Dit doen hy egter ook met oulike jong blonde kelnerinne wat sy sewende bier saam met sy man-size biefstuk, tjips en uieringe op sy restauranttafel neerplaas. Soms rand hy plaaswerkers aan – natuurlik net wanneer hulle dit verdien. Wanneer een doodgaan het hy nie die opset gehad om moord te pleeg nie, óf omdat hy nie besef het wangevoede mense gaan so maklik dood van ’n pak slae nie óf omdat hy nie seker was hulle is mense nie.

Hoe lyk ’n Boerbaar?

Dikwels groei baie hare op sy pienk aartappelvormige gesig met brandewynare op ’n geswolle rooi neus. Soms is hy byna so blas soos dié waarop hy neersien. Hy dra ’n kakiehoed, -hemp, -broek en -kouse, maar soms stoot hy ’n trollie kaalvoet in ’n supermark. Sy kinders gaan soggens skool en saans bed toe met baie vuil voetjies. Hy bestuur dikwels ’n bakkie en teel duiwe…

Boerbare bestuur ook Mercedesse. Hulle dra modieuse pakke, Ray-Ban-sonbrille en duur parfuum in hul professionele praktyke en waar hulle in lesinglokale en rondom blink konferensietafels transformasie predik en ons demokratiese Grondwet aanbid.

Toe ek laas jaar voorstel dat ons Afrikaans geniet en bevorder deur onder meer die mooiste Afrikaanse gedigte deur middel van ’n populêre kompetisie aan te wys, het geleerde Boerbare die idee afgeskiet omdat die taalstryd nie ’n “Sondagskoolpiekniek” is nie. Volgens hulle moet ons eerder veg tot in die hoogste hof. Wanneer ons verloor, soos gereeld gebeur, vra ons goedgelowige lede van vakbonde en kultuurorganisasies om meer van hul karige geldjies te skenk om iewers in wêreldhowe voort te stry.

Dus put ek nou maar self wysheid uit Afrikaanse poësie en musiek, waarop ek trots is. Valiant Swart sing: “Die meeste mense is maar zef.”

Twee van die eerste reaksies op die Disqus-kommentaarafdeling van Netwerk24 was dié van Jan Tarantaal en Marius du Plooy:

Jan Tarantaal: “Die grootste klomp geskrewe riool wat ek nog teegekom het. Dan is dit ons eie mense wat ons so slegsê (en uitlewer). Dit nogal deur ‘n “geleerde”. Met sulke vriende het ons nie vyande nodig nie. Ongelooflike veralgemenings en die versterking van skewe stereotiperings. Milner en Rhodes sou trots wees op hierdie Boerehaters! Wel, ek is ‘n trotse Boer, maar ‘n Boerbaar? Nee! Die skrywer is baie duidelik ‘n neus-in-die-lug regter wat neerkyk op volksgenote en hul verkleineer. Dis sulke regters wat kruip by die ANC-regime en wat Boeremaglede wat nie ‘n bom gestel het nie, vir 30 jaar tronk toe stuur, terwyl hulle swart kitsbankopblasers dalk vir ‘n jaar tronk toe stuur. Pateties verby!

Marius du Plooy: Korrek. Linksverkrampte, selfhatende drek van ‘n kruiperkaner. Swak, swak,swak. Ek daag die outeur van die ontlasting hier bo uit om soortgelyke veralgemenings oor swartmense te pleeg. Hy sal egter nie; besmet met die PK- virus soos hy is. Linksverkramptheid is ‘n afstootlike verskynsel.

In sy reaksie op Van der Westhuizen se uitbarsting, het die liberale regsgeleerde, Christof Heyns, hom op dieselfde Disqus-kommentaarafdeling van Netwerk24 soos volg uitgelaat:

Christof Heyns: “Ek lees graag Johann van der Westhuizen se rubrieke. Hy was my professor, is my kollega en ons is al dekades lank vriende, soos hy al in een van sy rubrieke genoem het. Ek hoop ons sal nog jare lank saam bier drink.

Maar vandag moet ek sê, ek stem wragtag nie saam met wat hy sê nie.
Die rubriek is ‘n stortvloed van meestal uitgediende stereotipes (gaan ons mekaar werklik aartappelkoppe noem?), basies gemik teen Afrikaners wat nie ryk of geleerd of gesofistikeerd is nie.

Meeste mense probeer maar hulle bes om te oorleef, dalk iets te doen wat iemand help, en miskien vir ‘n oomblik van geweet te word. In die proses maak ons baie droog. Dit is die human condition en is nie die kenmerk van enige klas in enige groep nie.

As die rubliek rassisme aan die kaak wil stel: ek en hy weet maar te goed hoe rasssemeerderwaardigheid net soveel, dikwels net in meer gesofistikeerde vorm, in alle lae van die samelewing voorkom. Maar maak dit dan die teiken, nie klas nie.

Die poging aan die einde om ‘n NP van Kyk Louw-sousie oor alles te gooi – basies ‘moenie skiet nie, ek is eintlik een van julle’ – maak die trant van intellektuele snobisme eintlik net erger.

Soos Valiant se volledige aanhaling lui: ‘Man, Johann, die meeste mense is maar lekker zef’. Dit sluit my en jou in. En as ons kanse kry wat ander nie het nie – soos om ‘n rubriek te skryf na ‘n lang en suksesvolle loopbaan – is die idee dat ons ons mede-zeffers saam moet neem, nie verguis as aartappelkoppe nie.

Dis weer tyd vir ‘n bier. As dit Black Label is, betaal ek. Maar geen aartappelskyfies dié keer nie.”

Nog ‘n leser antwoord op Van der Westhuizen se anti-Afrikaanse stuk:

FJ Pool: Uit Regter Johann van der Westhuizen se beskouings van hoe n boerbaar lyk, is ek ook miskien in sy groep boerbare. Daarom wil ek graag vir hom beskrywe hoe lyk my ondervindings van n “Jatsbaar”. n Jatsbaar gaan na Dakar saam met sy mede Afrikaner uitverkopers van ons boerbare om n gesogte joppie te kry, en ons boerbaars se eiendom in die Grondwethof van ons weg te neem om sy Dakar vennote se staatskaping van justisie en strafregstelsel vir korrupsie en diefstal (mineralereg van boerbaars) te verwesenlik. Die Jatsbaars beskerm dan die korrupsie en staatskaping in talle howe deur n klug van alle sake (moord, korrupsie, geldwassery, sameswerings) te maak. Die optrede in die howe van die Jatsbaars en justisie in die (Kebble-Selebi-Aggliotti-Zuma) sake, veroorsaak dat justisie en strafregstelsel in n Mafia verander, en wat nou ook boere se plaas eiendom bedreig. Jatsbaars is nou groot besigheidsmanne, soos een baie goeie voorbeeld beskrywe was deur Stefaans Brummer in sy artikel, “Dikgang Moseneke, the bussinessman judge”. Van SAMROC deur talle omstrede korrupte transaksies tot in SacOil saam met die uitverkoper korrupte Afrikaners, en dikwels met OBK geld. In SacOil saam met ANC intelligensie, en staatskaper Skerpioen base. Ek kan ook n lang beskrywing gee van wie en wat n “Jatsbaar” vir my is met talle ware ondervindings van gebeure. Jatsbaars het veroorsaak dat SA totaal deur geheime groepe en geldmagte gekaap is, en Zuma met korrupte sameswerings uit justisie, soos die “Spy Tapes” uit sy pos verwyder is deur groot staatskaping uit justisie, met die ondersteuning van Jatsbaars. Ek bly liewer n boerbaar, want dan is ek meer eerlik as baie Jatsbaars, en ek is trots daarop.”

Daar is vele Netwerk24-skrywers wat gereeld hul afkeer en minagting jeens Afrikaners en Boere verwoord, maar Van der Westhuizen het hier alle grense oorgesteek. Hoe voel PRAAG-lesers daaroor? Antwoord hier onder op Disqus. – Redaksie

 

Dan Roodt: Onderhoud met Suidpunt

“Op die gevaar af dat ek soos destyds toe dit mode was, ‘postmodern’ klink, meen ek die sin van ons Afrikaanse kultuur is juis in daardie tussen-in-wêreld te vind: tussen Afrika en Europa, maar ook tussen Europese kulture.” In hierdie wydlopende onderhoud oor die Afrikaanse kultuur, media en letterkunde, antwoord dr. Dan Roodt op ‘n hele reeks indringende vrae deur die rubriekskrywer Suidpunt.

Letterkundiges en resensente het die neiging om te sien wat hulle wil sien in ‘n teks. Dikwels sal hulle ook Barthes of Derrida se leerstellinge op ‘n roman probeer maak pas. Pas dit nie, is die boek outomaties ‘n flop. Dit noem ons Hineininterpretierung of inlegkunde. Daarom soek ek by u die waarheid: wat het Dr. Dan Roodt met Moltrein beoog? Is H.P. van Coller korrek as hy sê Moltrein is ‘n parodie van die Sestigersbeweging, en veral Die Ambassadeur en Donkermaan deur André P. Brink? Ek sien tog ‘n bietjie waarheid daarin. Afgesien van die vurige passie, is ons intellektuele hoofkarakter soos in Orgie meer ingesteld op (selfs behep met) werke uit die verlede, maar skep self nie werke nie. Behalwe die boek self.

Ja, ‘n vriend van my het gesê “dit is die laaste Sestigerroman”. Dit bied egter ‘n realistiese en nie-verromantiseerde blik op Parys. Maar dit het ook vir my daaroor gegaan om ‘n tydvak (die tagtigerjare) te beskryf, ‘n tyd toe daar oral geweldige propaganda teen Suid-Afrika en Afrikaners geproduseer is. Origens is dit ‘n roman in die Franse styl, ietwat ironies en vol detail oor Parys, die moltrein en Frankryk self.

Koop Moltrein hier

Die uiteenlopende resensies verstom my. Joan Hambidge het om politieke redes toe pas PRAAG verlaat (as ek dit reg het), maar haar resensie was steeds vleiend en waardig. Jakes Gerwel het beslis nie met u politieke standpunte saamgestem nie, maar het die roman eweneens geloof. Daar was L.S. Venter en Deborah Steinmar wat nie u werk gunstig ontvang het nie. Maar hier kom André P. Brink en skryf ‘n “hatige strydskriffie”, soos u dit stel, op 6 Junie 2004. Eers 6 jaar later (14 Junie 2010) plaas u die repliek op LitNet en toe ‘n maand of wat later op PRAAG. Waarom dan so lank wag?

Ek was aanvanklik nie seker of ek hoegenaamd daarop moes antwoord nie. Dit is seker nie etiket vir ‘n skrywer om op ‘n resensent te antwoord nie. In die ou dae het ‘n mens dit maar gedwee verduur. Gegewe Brink se vooroordele en mistastinge, het ek egter besluit om my eie reëls te maak en wel daarop te antwoord. Brink is nou oorlede, ek wil amper sê gelukkig, en daarom kan ‘n mens nou meer vrylik oor sy rol in die Afrikaanse letterkunde praat. Myns insiens het hy ‘n baie negatiewe rol gespeel. As resensent in Rapport het hy dikwels skrywers om persoonlike redes of uit jaloesie bygekom en geen objektiewe maatstawwe gebruik nie. Verder was hy ‘n soort anglofiele, linkse Bloedsap wat selfs volksmoord oor Afrikaners wou afroep, ten minste in een van sy onderhoude met ‘n Franse TV-span. Hy kon nie vir homself dink nie, het nie veel van filosofie en ander dinge geweet waarna hy dikwels verwys het nie en het maar net die anti-Afrikaanse, anti-Suid-Afrikaanse stroom gevolg, hopende om die buiteland te beïndruk. Waarskynlik het hy gehoop om deur verraad teen sy eie mense die Nobelprys te verwerf; die Swede is seker mal genoeg vir so iets. Daarom is dit seker nie verbasend dat hy nie van Moltrein met sy meer onafhanklike, ironiese perspektief op ons politiek gehou het nie.

In “Volksblad” van 5 Oktober 1985 is daar die berig getiteld: “Skryf Brink blitsverkopers?”. Daarin staan nog op bl. 7: “Die verwoede jong akademikus en skrywer Dan Roodt gaan selfs so ver om Brink se ‘Kennis van die aand’ saam met Ena Murray se ‘Sluiers van wierook’ in ‘n kursus oor triviaal-literatuur by die Universiteit van Durban-Westville aan te bied. “In albei boeke word ‘n morele stryd uitgebeeld – ‘n eienskap van triviaal-literatuur. Baie stereotipes kom ook voor, veral in die uitbeelding van die vrou. Sy is of ‘n madonna of ‘n hoer”, sê mnr. Roodt. Hy gee toe dat daar by Brink ‘n literêre aanbod is. “Maar dis ‘n ooraanbod. Die boek het byvoorbeeld sewe motto’s”.

Ja, dis waar, ek het so ‘n kursus aangebied destyds. Daar was ‘n sentimentele, soetsappige element by Brink, iets uit Die Huisgenoot of Ena Murray waarvan hy nooit ontslae kon raak nie. Hy wou hom ook as ‘n groot intellektueel aanbied, vandaar die oordadige motto’s en aanhalings om ons van sy erudisie te oortuig.

Dink u Brink het sy kans afgewag om wraak te neem of was hy maar net in sy gewone sorgelose bui? Of was dit miskien oor sy naam genoem word op bl. 99? Langs “Ingrid Jonker”, “wat in ‘n gestig opgeneem is”, juis oor hul verhouding wat op die rotse beland het? “Wat haar miskien vir altyd geknak het”?

Ja, dit het moontlik ‘n rol gespeel. Toe ek die boek geskryf het, was ek nie so bewus van al die fynere besonderhede rondom Ingrid Jonker en Brink se verhouding nie. Later toe die biografieë eers verskyn het, het ek daarvan bewus geraak. Dus het hy moontlik aanstoot geneem.

Weet u min of meer hoeveel gedrukte boeke (of miskien e-boeke) van “Moltrein” al verkoop is? By die Wes-Kaapse openbare biblioteke was daar destyds ‘n besonder groot aanvraag – daar is vandag so 160 eksemplare op die biblioteekrakke oor (dié wat nog nie voete gekry het nie). Is dit wel moontlik om ‘n syfer en ‘n datum te gee?

Sover ek onthou, het ons 2500 boeke gedruk en daar is seker so 300 oor, dus het daar 2200 verkoop oor die jare. Ek het ook gehoor dat daar by die Engelse meisieskool Roedean in Johannesburg voortdurend eksemplare daarvan uit die biblioteek en klaskamers gesteel word. Daar is ook heelwat Afrikaanssprekende meisies in die skool, dink ek. Op ‘n manier is dit nogal ‘n eksotiese roman in Afrikaans, gefokus op Parys, maar tog met allerlei soort klassieke verwysings na Balzac en die hedonistiese eet- en drinkgewoontes van die held en heldin.

Driehonderd bladsye skryf mens nie op ‘n enkele Sondagmiddag klaar nie. Hoe lank het die skrywe van hierdie roman geduur?

Ja, dit was nogal vreemd, want ek het jare gelede in Parys daaraan gewerk en dit toe weer in Suid-Afrika voltooi. Maar soveel tyd het eintlik verloop dat dit nie meer tydsgebonde was nie. Dit was eers meer onmiddellik en daarna ‘n soort herinnering, ‘n terugskouende blik. Ek wou egter doelbewus iets Proustiaans ook daarin verwoord… ‘n soort terugreik en herskepping van die verlede. Die eintlike skryfwerk het my miskien nie so lank geneem nie.

Moltrein vind ek geen “regse” boek nie – eerder op dieselfde politieke niveau as “Om na ‘n wit plafon te staar” deur Jaco Kirsten (2009). As ek na Z.B. du Toit se boek “Die nuwe toekoms” kyk, verbaas dit my hoe hierdie boek nog in 1999 deur die voorganger van LAPA, J.P. van der Walt en Seun, gepubliseer is. Maar reeds in die Wes-Kaapse staatsbiblioteke is min sulke “uitdagende leesstof” (sic) vir “groter biblioteke” (sic) oorweeg, hoewel “What if there were no whites in South Africa?” (2015) vandag in byna elke lokasiebiblioteek te vinde is. Terloops, die vertaling “Negrologie” se lot is bepaal op grond van ”Die Burger” se resensie van 13 Februarie 2006 – “Ongunstige resensie. Los eerder.” Wanneer sou u sê het die aanslag op sogenaamde “regse” boeke begin?

Weereens dink ek die verlinksing van die Afrikaanse letterkunde het met Brink en waarskynlik met Breytenbach reeds in die sestigerjare begin. Brink se negatiewe resensies in die vroeë sestigerjare oor F.A. Venter se boeke het reeds op sy verskuilde anti-Afrikaner-ingesteldheid gedui. Enigiets wat histories of nasionalisties van aard was, het hy verwerp. Die ander Sestigers was gewoon nie in staat om hom teë te gaan nie. Ek vermoed Etienne Leroux was nie so links nie, maar hy sou dit nie gewaag het om dit te sê nie, want Brink en ander sou hom onmiddellik daarvoor gestraf het.Nou onlangs lees ek iets raak wat Etiennie Leroux oor die (myns insiens patetiese) bruin skrywer Adam Small kwytgeraak het, in Kannemeyer se biografie oor Leroux. Kortom, Small het Leroux daarvan beskuldig dat sy mitologies geïnspireerde, sardoniese boeke eintlik ‘n verskuilde “affiniteit met apartheid” had. In Leroux se notaboek teken hy  volgens Kannemeyer (Leroux: ‘n lewe, bl. 482) aan:

“As ek nie wit was nie, en hy nie so kleurbewus was nie, sou ek Adam Small al lankal onder sy gat geskop het.”

Duidelik het Etienne Leroux teen die prikkels geskop. Maar die polities korrekte Brink het bloot die Engelse Suid-Afrikaners soos Nadine Gordimer en Alan Paton nagepraat. Dan was daar “betrokkenheid” oftewel engagement wat aan Jean-Paul Sartre ontleen is. Daar was egter nooit werklik ‘n debat oor politiek en letterkunde in Afrikaans nie, of enige nuanse en verwikkeldheid soos dit in Europa gedoen is nie. Dis eenvoudig maar net ingevoer soos wat ons deesdae Chinese skoene invoer. En almal het dit klakkeloos begin napraat. Teen die tagtigerjare was die Afrikaanse letterkunde feitlik marxisties. Ampie Coetzee, wat by Wits ‘n dosent van my was, het so ‘n barbaarse klein boekie, Marxisme en die Afrikaanse letterkunde, geskryf wat so min of meer die kroon op dit alles gespan het. Deesdae sien ons eintlik maar net die voorsetting daarvan: almal verkeer nog in ‘n soort dwaal en het nog nooit uit die tagtigerjare wakker geskrik nie. Daar is nie nuwe idees nie. En natuurlik: enige kritiek op die huidige bestel of op Afrikaregerings word as “regs” en selfs “verregs” deur akademici en letterkundiges gesien. Vandaar dus die negatiewe resensies vir Negrologie wat deur ‘n liberale, dog Afro-realistiese joernalis geskryf is. Nog iets wat ek intussen vir myself uitgewerk het, en intussen bevestig het, is dat die Swede tydens die tagtigerjare ook geld aan die linkerkant van die literêre spektrum ingepomp het by wyse van ‘n skenking aan die uitgewery Taurus. Nie te lank gelede nie het ek ‘n e-pos aan John Miles geskryf en hom direk daaroor uitgevra, waarna hy dit erken het.

Dis nogal uiters ironies. Tans het ek ‘n taamlike belangstelling in Swede en veral die regse beweging aldaar. Selfs die Sweedse ambassadrise in Suid-Afrika volg my op Twitter. Op ‘n vreemde manier sien ek ‘n lotsverbondenheid met Swede, wat ons deur hul kranksinnige inmenging en steun vir die ANC oor die afgrond gestoot het, maar nou self weens Islamitiese immigrasie ondergang in die gesig staar. Die punt is egter: net so min as wat die gemiddelde Afrikaner ‘n marxis is, iets wat ‘n mens vanuit die Afrikaanse hoofstroommedia en akademie sou kon aflei, net so min is die gemiddelde Sweed so waansinnig links soos hul huidige regering met sy oordrewe feminisme en etnomasochisme.

Ek het ‘n sterk vermoede u het voor u verblyf in Frankryk op hoërskool reeds Frans geleer. Kyk, ek het nou al baie grammatikaboeke, woordeboeke en klaswerkboeke in Afrikaans oor die Duitse taal gevind en gekoop, maar slegs één tweetalige Afrikaans-Franse woordeboek uit die 1950’s wat nooit herdruk is nie. Hoe op dees aarde kon mens Frans op skool in Suid-Afrika destyds leer? Daar was immers nie die geriewe wat ons vandag het nie. Ook nie YouTube, Larousse Online en Duolingo nie.  Was daar byvoorbeeld Bescherelle vervoegingsboekies (“La conjugaison pour tous”) beskikbaar? Hoeveel woorde kon mens dan nou leer? En watter voorgeskrewe werk het leerlinge gekry?

Ek het destyds op skool so effens Frans gedoen, maar dit was eintlik meer op universiteit en in Frankryk self waar ek blootstelling aan die taal gehad het. Ek weet egter by Helpmekaar hier in Johannesburg, asook by verskeie hoërskole in Pretoria en elders word Frans steeds gedoseer. Daardie woordeboek is beslis verouderd en ons kort ‘n nuwe, meer uitvoerige weergawe. Bescherelle het my gehelp met vervoegings van werkwoorde en deesdae kan mens sommer sulke dinge op die internet opkyk. Vir vertaling help die Frans-Nederlandse woordeboeke ook taamlik, want Afrikaans is mos maar naby aan Nederlands.

Aan Stefanie Niewoudt het u op 15 Junie 2004 oor u verblyf in Parys geskryf: “Veral in Frankryk was die anti-apartheidsbeweging ‘n blote afdeling van die Franse Kommunistiese Party, en dit het my laat besef dat hulle ‘n eie agenda gehad het om Afrikaners te beswadder in reaksie op hul eie morele probleme as gevolg van die kritiek op die kommunisme en die uiteindelike heengaan van die stelsel in Oos-Europa.” Daarnaas het u ook geskryf: “Dit is nodig dat ons belangrike internasionale werke ook in Afrikaans lees en ontslae raak van die filistynse luiheid om Engels as ons venster op die buiteland te, beskou.”  Is daar nog iets wat u vandag sou wou byvoeg wat die Franse taal u geleer het? Hoe het Frans u lewensuitkyk andersins ook verander?

Sjoe, ja, dit is nogal ‘n ingewikkelde en taamlik persoonlike vraag. Toe ek jonk was, het ek ‘n soort frankofiele fase beleef toe alles wat Frans was vir my wonderlik was: Franse letterkunde, filosofie, voedsel, klere, sjampanje en wat ook al. Mettertyd het ek egter ook meer realisties of krities na Frankryk begin kyk en vandag voel ek my meer aangetrokke tot Noord-Europa, die Lae Lande en selfs Skandinawië. Daar is egter bepaalde dinge in Frankryk wat uniek is en ‘n sekere soort intellektuele onverskrokkenheid wat ‘n mens net kan bewonder. Alain de Benoist, wat seker die grootste onbeskaamde regse denker van ná die tweede wêreldoorlog in Europa was, is iemand wat vir my heelwat perspektiewe geopen het, oor hoe ‘n mens denke en taaltrots of volkstrots met mekaar kan laat rym. Ek staan ook by die gedagte dat ‘n mens eerder Europese tale as Engels moet lees, want dit sluit nouer by Afrikaans aan. Nederlands en Duits, wat naby aan Afrikaans is, maar ook Frans en selfs Italiaans. In die vroeë twintigste eeu het baie Afrikaanse skrywers noue kontak met Europa gehad en was ook Europese tale magtig. Nederlands is ‘n taal wat onderskat word: mens kan die meeste dinge ook in Nederlands of Nederlandse vertaling lees. Ongelukkig is Nederlandse boeke nie so beskikbaar by ons nie, maar in e-boekvorm kan hulle seker wel bekom word.

Rue Meslay in Parys se 3de arrondissement, waar die Roodts destyds gewoon het.

Was die egpaar Roodt dus voorbereid op Frankryk? Mense soos Jan Rabie is op 27-jarige ouderdom soontoe sonder om ‘n woord Frans te ken. Inteendeel, hy moes sukkel-sukkel met ‘n woordeboekie om verblyf vra; en het wel blyplek in ‘n chambre de bonne gekry. Het u miskien later (soos Rabie) in Frankryk klasgeloop by Alliance française? Of was dit onnodig?

Ons het aanvanklik ook maar gesukkel, want mense praat nie op straat soos in die boeke nie, maar ná so ‘n paar maande het ons darem goed reggekom. Ek het elke dag die koerant gelees en TV en radio het ook baie gehelp. Ek het nooit eintlik formeel die Franse taal in Frankryk bestudeer nie, wel Franse filosofie waarin ek ‘n soort pre-doktorsgraad behaal het. Agterna het ek ook vir ‘n doktorsgraad in Franse filosofie geregistreer, maar dit nooit voltooi nie, anders as my Ph.D. in Afrikaans natuurlik.

Party mense glo die beskrywing van geslagsomgang hoort nie eens in mediese vaktydskrifte nie, laat staan nog op maagdelik reine papier in letters rangskik om in Afrikaans verwoord te word. Maar seks in u boek kry uiteenlopende simboliek en dit verskil van karakter tot karakter. Soos die daad voor die setel van die Europese Gemeenskap wat volgens die boek self as middelvinger dien. Maar veral die “wisselwerking” tussen Anton du Preez en Madame de Laisné herinner my in die besonder aan ‘n ou veteraanmotor wat onder die stof met die eerste sleuteldraai die V12-enjin laat brul. Versinnebeeld dit miskien ou tradisies (of ou Frankryk) wat bietjie meer lewe ingepomp moet word? Of is hierdie herlewingspoging, soos in die geval van die onvrugbare, verraaide en bejaarde Madame de Laisné, vrugtelose tydverdryf wat spot met die eksistensialisme? Of was dit maar net ‘n doodgewone ruiltransaksie soos die boek dit stel? ‘n Guns vir ‘n guns?

Ja, terugskouend het dit miskien nie in ‘n Afrikaanse boek gehoort nie. Ek respekteer die norme en waardes van Afrikaners en dat hulle dikwels meer konserwatief oor sulke dinge as byvoorbeeld Franse is. ‘n Mens word egter afgestomp deur al die seksbeskrywings in soveel Franse romans sodat heelwat daarvan ook hul weg na Moltrein gevind het. Dit was ook ironies bedoel, as ‘n soort antwoord op die kitsch van Brink en die Sestigers waarin daar altyd ‘n jong meisie met “appelborste” teenwoordig is.

Dit val my onmiddellik op u gebruik die ouer Gänsefüßchen-aanhalingstekens. Is dit met opset so gedruk (tradisie vs. Naspers se Engelse “aanhalingstekens”), of volg u slegs die definisie uit die WAT van 1970 letterlik: Leesteken bestaande uit dubbele kommas – soms ‘n enkele komma – wat in Afrikaans, Nederlands en Duits voor onder die reël geplaas word (,, _____ “)[…]

Ek hou nogal van daardie aanhalingstekens en wonder waarom hulle nie kan terugkom nie. Oorspronklik het die Afrikaanse drukwese oorgeskakel na die Engelse tipe aanhalingstekens in die vroeë dae van elektronika toe meeste stelsels in Suid-Afrika net vir Engels voorsiening gemaak het. Maar deesdae bied tegnologie mos ‘n legio moontlikhede. Dit was my poging om ons ou Afrikaanse aanhalingstekens te laat herleef; dit lyk net soveel mooier.

Is die Parysenaars werklik so afsydig en geslote soos in die boek uitgebeeld word? Of is dit maar ‘n eienskap van alle Europese hoofstede wat deur “indringers” bedreig voel?

Ek dink Parysenaars is nogal afsydig, anders as op die Franse platteland byvoorbeeld, waar mense vriendeliker is, op voorwaarde dat jy Frans kan praat. Ander stede wat ek met Parys sou kon vergelyk, sou Amsterdam of Stockholm wees, waar mense oor die algemeen baie hofliker en behulpsamer is. Self was ek egter lanklaas in Frankryk, hoewel ek later vanjaar vir ‘n hele paar weke wil teruggaan. Dalk sal ek dan beter kan sê of die Parysenaars steeds afsydig is!

Waarom het die land Frankryk vir Afrikaners soveel meer bekoring in die letterkunde as byvoorbeeld Duitsland, Holland en België? Dink die Germaanstaliges te veel dieselfde of is daar ander mites waarvan ons onbewus is? Of is dit miskien omdat die Franse kultuur so versluier is met paradokse, soms skynheiligheid, geringstellings en mooi woorde, terwyl die Germaanse stamme amper barbaars reguit is? Of is dit die ancien regime, of die magtige Franse Ryk (onder Napoleon), vooruitgang, dekadensie en geskiedenis wat steeds mense na Parys toe lok? Of lyk die Franse taal op die oog af net eksoties?

Ja, dis nogal ‘n interessante vraag. Ek vermoed dat die ontdekking van Parys deur Amerikaanse skrywers soos Hemingway of Norman Mailer heelwat hiermee te make gehad het. Dit was met ander woorde ‘n mode in die Engelse of Angel-Saksiese wêreld, wat noodwendig ook na Afrikaans oorgewaai het. Maar u is reg oor die eksotiese: omdat Frans as Latynse of Romaanse taal so ver van Afrikaans verwyder is, vind mense dit eksoties en daarom interessant. Aan die ander kant meen ek dat vele Afrikaners ‘n band met Frankryk voel vanweë die Hugenote-geskiedenis. Daar is soveel Afrikaners met Franse vanne en selfs Franse voorname — terwyl hulle natuurlik self geen woord Frans kan praat nie! Dis daarom ook ‘n geval van bloed is dikker as water. Dan is daar die groot hoeveelheid publisiteit wat die geslag Franse skrywers wat as “eksistensialiste” bekendgestaan het, ontvang het, regoor die wêreld. Ek onthou dat selfs van my Engelstalige medestudente aan Wits destyds intens hierin belanggestel het. En dan seker Franse kultuurbemarking: die Franse maak op een of ander manier seker dat ander van hul kultuur te hore kom!

Daar word gereeld in die media geskryf Frankryk is gebou op ‘n elitêre samelewing: van die skoolvakke wat jy neem, tot die handelsmerk van jou plakkies – dit maak alles saak. Is dit nie maar ‘n mite wat deur die Franse regering self geslagtelank aan die lewe gehou word nie? Nou die dag kom ek op ‘n Franse regeringsverslag af wat (steeds!) aanvoer Latyn word slegs deur “kinders uit bevoorregte gesinne” geleer (om hul glo van onderpresteerders af te sonder). Dit is ‘n voorstelling uit die 1800’s wat beslis nie in Duitsland en Nederland geldig sou wees nie; daar is Latyn net nog ‘n taal soos C++ vir ‘n programmeerder.

Ja, dis nogal ironies. Die Franse het die aristokrate se koppe tydens die Revolusie afgekap, maar die aristokratiese of elitêre norm geld steeds. Franse is geneig om snobisties te wees en as jy deftig aangetrek is, behandel mense jou beslis beter en meer beleefd. Latyn en ou-Grieks word steeds as skoolvakke aangebied; nie almal neem dit nie, maar ‘n bepaalde elite seker wel. Frans en wiskunde is egter die twee vakke wat werklik saak maak. En skoolkinders moet omtrent vyf honderd jaar se letterkunde onder die knie kry en eksamens daaroor skryf.

Ek kan nie verstaan waarom Suid-Afrikaanse skrywers soos Rabie en Brink destyds gereeld boeke by boekekraampies (bouquinistes, p. 17) gekoop en dan vir ‘n ander boek ingeruil het nie. Niemand skryf oor Parys se gratis openbare biblioteke vir brandarm reisigers nie. Wat maak hierdie boekhandel so besonders? Waarom die groot bohaai?

Ja, die Franse dorpsbiblioteke of stedelike biblioteke in Parys is heel goed. Persoonlik het ek hier en daar ‘n boek by die boekekraampies langs die Seine gekoop, maar oorwegend tyd in boekwinkels deurgebring. ‘n Franse boekwinkel is nogal spesiaal, moet ek sê en geen twee is presies dieselfde nie. En in min ander lande sal filosofiese essays seker ooit blitsverkopers word.

Sonder u besoek aan Frankryk sou Moltrein nie kon bestaan het nie. Maar, in ‘n alternatiewe geskiedenis, waar sou u anders destyds wou wees op daardie tydstip?

Miskien in Japan? Op ‘n stadium was ek ‘n Japanofiel, en my jongste seun leer knaend Japannees en kan dit selfs lees. Daar is iets aan die minimalistiese estetiek van die Japannese wat my aantrek. En dan is dit ook so ‘n inherent nasionalistiese en homogene land. My vriend Jared Taylor in die VSA, wat in Japan grootgeword het, se sin vir ‘n homogene blanke of Westerse kultuur is sterk daardeur beïnvloed, dink ek.

Hoe sou u sê stem die Franse kultuur die meeste en die minste met die Afrikanerkultuur ooreen? Nou, meer as 13 jaar na u skrywe van “Moltrein”?

Die eerste en ooglopende verskil is dié van godsdiens. Frankryk is van oorsprong ‘n Katolieke land terwyl ons weer Protestants of Calvinisties is. Al is tagtig persent van Franse vandag ateïste of agnostici, merk ‘n mens tog die Katolieke waardes in Frankryk sterk op. Dis nou nog afgesien van die groot hoeveelheid indrukwekkende katedrale waarmee die land besaai is. Franse is sekerlik meer intellektueel en verfynd as Afrikaners, maar ons aan die ander kant is meer gesteld op persoonlike higiëne en meer gedissiplineerd. ‘n Ooreenkoms wat Andŕe P. Brink en ander nooit sou raaksien of toegee nie, is dat sowel Franse as Afrikaners baie nasionalisties is, veral natuurlik taanasionalisties! Kyk maar na die groot hoeveelheid Franse vanne tydens die Eerste Taalbeweging in Afrikaans. Dan het ons dít in gemeen dat ons histories dikwels nogal oorlog teen Engeland gemaak het. In die negentiende eeu was dit net ons, Napoleon en Tsaar Niklaas I wat dit gewaag het om militêr met Brittanje op die kruin van haar mag slaags te raak. Nog ‘n ooreenkoms dink ek, is dat sowel Afrikaners as Franse baie op kookkuns gesteld is. Ek dink selfs dat Afrikanervroue beter kokke as Franse vroue is, hoewel ons natuurlik nie oor so ‘n groot tradisie van restaurant-kookkuns beskik nie, anders as die wêreldberoemde Franse.

Gepraat oor taal. Die gebruik van stringe Franse sinne in u boek het my vrééslik geboei (dit kon netsowel esoteriese Latyn gewees het); ons is al so uitgekuier met die Engelse slêngwoorde. Ek het in die WAT van 1970 opgemerk hoeveel Franse leenwoorde en verwaarloosde Afrikaanse woorde daarin opgeneem is wat ons so te sê nooit in die hoofstroommedia lees of hoor nie. Soos bête noir. Raadpleeg mens Nederlandse bronne, is juis die teendeel waar – die een joernalis probeer meer geleerd en voorbarig as die ander lyk. Waaraan kan mens hierdie Suid-Afrikaanse tendens toeskryf? Verstandelike isolasie? Of probeer die hoofstroommedia die taal so eenvoudig hou om die maksimum gehore te trek? Vir meer geld? Of is dit sprekend van onkunde of laksheid, soos die AWS wat in die 2002-uitgawe (p. 528) van “babasitter” gebruik maak, al is “babawagter” reeds in die 1950’s in die WAT opgeneem?

Dit kan seker maklik as pretensieus opgeneem word om soveel Franse sinne in ‘n boek in te sluit, maar my bedoeling daarmee was juis ‘n “vervreemdingseffek” by die leser, iets soos Bertolt Brecht se fameuse Entfremdungseffekt. Die leser behoort te ervaar dat dit juis ‘n vreemde wêreld is, wat heelwat aanpassing verg.

Self het ek natuurlik ‘n broertjie dood aan Engelse slêngwoorde. Dis ook waar wat u sê aangaande al die Franse leenwoorde in Afrikaans wat natuurlik via sewentiende- en agtiende-eeuse Nederlands na ons toe gekom het. Baie Afrikaners gebruik “mushroom” in plaas van die korrekte “sampioen” wat uiteraard aan die Frans champignon ontleen is. Ek skryf dit aan die Engelse verpakkings en restaurantspyskaarte toe. Dit maak egter my ore seer! Trouens, daar is niks wat my dag so kan bederf as om die woord “mushroom” te hoor nie.

Wat die onnoselheid van ons joernaliste betref, dink ek juis dis ‘n gebrek aan enige Europese blootstelling wat tot hul verdomming lei. Dis nie soseer IK of ‘n gebrek daaraan nie, maar hulle leef heeltemal in ‘n Engelse wêreld, lees net Engels of sien die wêreld vanuit ‘n Brits-Amerikaanse perspektief, sonder veel nuanse of begrip. Dan is die eenvoud van die koeranttaal ook in nabootsing van die Londense tabletkoerante wat poog om so wyd as moontlik te hark. Trouens, sedert 1994 is daar feitlik geen verskil tussen die Britse poniekoerante en Beeld of Die Burger nie; hulle wy insgelyks ewe veel aandag aan die Britse koningsgesin! Pleks dat hulle oor die Nederlandse koningsgesin skryf, as hulle dan móét.

“Babawagter” is beslis ‘n mooier woord. Ek is bevrees daar vind ‘n verrotting by die AWS en selfs by die WAT plaas. Hoe kon Gerda Ondendaal, wat volstrek vyandig teenoor Standaardafrikaans staan, ooit ‘n aanstelling in die Woordeboekkantoor bekom? Dis mos waansin!

In die Taalgenoot van Somer 2016 kom ek op ‘n gedig (Getiteld: “Eie in sy soort”) af met die volgende drie inleidende verse: “Dit is beter as Spaans / En selfs beter as Frans / Dit is Afrikaans.” Die gediggie lys dan ‘n klomp Afrikaanse skrywers en genres. Dat die digter, ‘n tydskrifleser, seker niks van die Franse of Spaanse taal, letterkunde, wysheid of Franse aanhang deur Brusselaars weet nie kan ‘n blinde met ‘n stok aanvoel. Soos die dwangrym. Dit is wat nié in die gedig staan nie wat my pla. Die digter het onbewustelik haar onderdanigheid aan die superieure Engels bely. Of moet ek dankbaar wees sy het nie Nederlands, Duits en Russies saamgesleep nie? Hoe prik mens iemand se Anglo-Saksiese borrel?

Ja, in dié opsig kan ‘n taamlik uitgebreide besoek aan Frankryk waarskynlik wondere verrig, om net ‘n klein bietjie aan die omringende Engelse heelal te ontsnap! Ek vind werklik globale Engels benouend; dit maak mens kloustrofobies, want daar is tog soveel meer as Hollywood en imperiale politieke korrektheid. Selfs Duitsland of Nederland kan ‘n tonikum wees vir sulke mense wat werklik niks anders ken nie.

“Moltrein” is intertekstueel deurspek van Franse skrywers en titels. Ek is ook seker u het tot vandag toe beslis veel meer anderstalige boeke gelees wat nie in die boek opgeneem is nie. Watter van hierdie ou boeke (verkieslik voor 1900) sou u vir die opkomende geslagte ten sterkste aanraai om te lees?

Sjoe, ja, daar is natuurlik fantastiese ou skrywers, veral Franse skrywers uit die negentiende eeu. Balzac en Stendhal is sterk aan te beveel. En natuurlik Flaubert, hoewel hy bietjie na links neig. Daar is ook ander, minder bekende figure, soos Joris-Karl Huysmans wat my fassineer. Laasgenoemde was van Nederlandse of Vlaamse afkoms, maar het in Frankryk grootgeword en in Frans geskryf. In Houellebecq se jongste roman Soumission (Onderwerping) is daar ‘n hele rits verwysings na hom.

Wat ek vind, is dat daar in elke kultuur ‘n soort “donker kant van die maan” bestaan wat nooit belig word nie. Baie van die ouer Afrikaanse skrywers moet ons herlees in die lig van wat nóú gebeur. Verlede jaar toe ek in Leeuwarden was, het ek die boekhandelaar Markus de Jong gaan opsoek. Hy was smalend oor Ingrid Jonker, wat byna kinderlik onbeholpe was, sover dit haar poësie betref. Maar volgens hom was haar pa, Abraham Jonker, ‘n goeie skrywer, helaas egter nie-links. Mandela of selfs André P. Brink sou hom nooit aanhaal nie, dus het ons van hom vergeet.

In Frankryk was daar in die vroeë twintigste eeu allerlei figure wat in vandag se taal regs of selfs verregs was. Iemand soos Céline byvoorbeeld, ‘n ongelooflike skrywer wat selfs deur die hoofstroom vereer is, maar anti-Joods en pro-Duits was. Onlangs het ek ‘n essayis ontdek, René Guénon — sy boeke word nou weer deur Gallimard, die grootste Franse uitgewer, uitgegee — wat tradisie teenoor moderniteit bepleit het. Trouens, sy mees bekende boek heet La crise du monde moderne (Die krisis van die moderne wêreld). Dis dalk ‘n boek om in Afrikaans te vertaal. Wat is die huidige ANC-bewind anders as ‘n laaste stuiptrekking van die moderne wêreld?

Anton du Preez is soms baie vaag omtrent sekere skrywers – ek sou graag bietjie meer duidelikheid daaromtrent wil hê. ‘n Mens weet nooit of “Moltrein” eendag voorgeskrewe materiaal word nie. Die Italiaanse strukturalis wat James Bond ontleed het (bl.221) is ongetwyfeld Umberto Eco. Maar op bl. 273 word na ‘n Franse roman verwys wat later “deur ‘n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Ambassade in Parys” vertaal sou word. Indien hierdie boek eg is, wat is die titel en wie was die vertaler?

Nou vra u my bietjie vas, ek sal dit weer moet gaan nalees en mooi dink oor wie ek in gedagte gehad het.

Terloops, wat dink u van Nederlands, en Afrikaans se verhouding met hierdie taal? ‘n Ene prof. Erik Van Der Straeten het in “Taalgenoot” van Winter 2016 die tydskrif in Hollands uitgetrap oor hulle in ‘n artikel “Le petit prince” durf/waag in Engels aanhaal – dit moes in Frans of Afrikaans wees. Die Suid-Afrikaanse akademici weet klaarblyklik ook nie wat hulle wil hê nie en die Afrikaanse taalvaders het vir die nakomelinge geen aanwysings gelos wat om met Hollands te maak nie. Langenhoven het wel in sy outobiografie erken: diegene wat Nederlands ken se Afrikaans bly die beste. Nietemin moet ons nie van die Standaardiseringstydperk van die 1930’s tot 1950’s vergeet toe “blootsvoet” verhewe bo “kaalvoet” gestel is nie. Toe ek onlangs by Taaladvies.net gaan kuier het, merk ek egter hoeveel derduisende sinonieme, nuutskeppings en voorsetsels in België en Nederland gebruik en aanvaar word – ‘n spyker vir elke gat – terwyl Afrikaans soos ‘n Reduktionsprache slegs één woord of uitdrukking sal toelaat. Die herkoms en presiese taalgebruik sal in Afrikaans skynbaar altyd in die duister wees of in onsekerheid gehul bly. Nêrens staan daar ‘n reël op klip uitgekap dat mens nie al die nuttige Nederlandse woorde en spreekwoorde mag opneem in jou Afrikaanse woordeboeke nie. EN GEBRUIK NIE. Vind u die woord “Neerlandisme” belaglik? Of is daar ‘n soort sosiolinguistiese minderwaardigheidsgevoel onder Afrikaanssprekendes teenoor Nederlands wat nooit uitgewis sal word nie? En voortdurend doelbewus benadruk word?

Ja, ek weet nie presies wat ‘n Neerlandisme is nie. Ek het al gedreig om die sterk werkwoorde in literêre Afrikaans terug te bring. Vele Afrikaanse skrywers gebruik byvoorbeeld “had” in plaas van “het gehad” in hul vertellings. Dit klink beter en is minder omslagtig. Daar is baie mooi uitdrukkings in Nederlands wat ons gerus kan gebruik, eerder as die uitskot van anglisismes wat die huidige Afrikaans ontsier. Dit kan ook baie nuttig wees om vreemde bronne in Nederlands aan te haal, want die meeste belangrike Franse en Duitse boeke is in Nederlands vertaal.

Die verhouding tussen Afrikaans en Nederlands is kompleks, en het sekerlik met ons gedeelde identiteit te make. Ook al die politieke omwentelinge sedert die tweede wêreldoorlog. Eers was die Nederlanders links en ons regs. Nou geld die teenoorgestelde. Die hele Afrikanerelite is tans so te sê marxisties, terwyl Nederland oor een van die sterkste regse bewegings in Europa beskik. Die meeste jong Nederlandse intellektuele neig na regs. Ironies genoeg, dink ek daar is waarskynlik vandag meer waardering vir Afrikaans en die Afrikanergeskiedenis in Nederland as in Suid-Afrika en selfs onder Afrikaners!

Self beteken “Afrikaner” vir my ook: “Eurokaner”. Veral met die kuberruim, is Nederland of Europa net ‘n muisklik ver. Ek dink daar was ‘n stadium in Afrikaans toe ons Afrika verromantiseer het as ‘n plek vol inboorlinge en grootwildjag, soos by Sangiro, maar deesdae weet ons veel beter watter aspekte van die vasteland ons aanstaan en watter nie. Daarom sal ons verhouding tot Europa en die Weste altyd belangrik bly, veral in die letterkunde. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat die hele Sestigerbeweging eintlik ‘n volslae mislukking was, ‘n interessante mislukking, maar nogtans het dit nie geslaag nie. ‘n Vername aspek daarvan was ‘n soort heraansluiting by die Europese problematiek, veral natuurlik dié van Frankryk. Maar ek is bevrees dat dit maar baie oppervlakkig en sonder ‘n blywende uitwerking geskied het. By die eerste, die beste geleentheid het die Afrikaanse skrywers maar weer voor Haar Majesteit Engels geknieval, saam met Die Huisgenoot, Naarpers, FW de Klerk en die res. Dis eintlik tragies, die verwarring van ons tydgenote.

Bekommer dit u hoe vinnig Afrikaans besig is om te verander? Of is dit simptomaties van kleiner taaltjies wat hul vrywillig aan groter tale onderwerp? Ek praat nie noodwendig oor Anglisismes nie (“Ek het skoon vergeet” is so oud soos 1844 volgens Changuion se boekie), maar ons eie Afrikaans. Onlangs by Duolingo loop ek my rieme styf: “Zij zwemt behoorlijk goed” beteken “sy swem nogal/betreklik/soos dit behoort goed” (dus, nie dééglik nie), terwyl “Het is zeker belangrijk” beteken “dit is beslis/sonder twyfel/vir seker belangrik”. “Bombasties” het in Afrikaans ook vernaamlik “onbeskof” geword. Joan Hambidge (wie se uitsprake ek gewoonlik besonder billik vind) het iewers op RSG se “Die tale wat ons praat” van 22 Mei 2015 (ek sien die potgooi is ondertussen verwyder) gesê ‘n taal moet vloei; verbete anglisismejag grens aan skoolvossery. Maar by Versindaba ontplof sy op 26 Junie 2014 om 16:54 oor die hoofstroom-Afrikaanse aanbieders oor RSG wat nie meer ‘n voorsetsel reg kan gebruik nie.

Ja, dit is kommerwekkend. Dis nie soseer ‘n Afrikaanse probleem nie, as ‘n politieke probleem. Ons is soos die Grieke tydens die Turkse oorheersing. Of die Baltiese state onder die Russiese. Dis eenvoudig onmoontlik om staande te bly terwyl jy polities so verskriklik oorheers word. Daar is feitlik geen instelling meer oor wat nie oorgeneem en verengels is nie.

Dan het ek ook ‘n teorie, noem dit die Johannesburgse teorie. Johannesburg was nog altyd die stert wat die hond geswaai het. En natuurlik is die SAUK en ander media in Johannesburg. Die omroepers van RSG woon in die Engelse Johannesburg en verengels gaandeweg in hul uitkyk en taalgebruik. As hulle in Pretoria gewoon het, sou dit soveel beter gewees het. Die soort Afrikaans wat ‘n mens in Johannesburg hoor, is eenvoudig afgryslik.

Op politieke vlak sien mens ook in Johannesburg hoe joernaliste wat uit huis uit Afrikaans is, Afrikaanse skole bygewoon het, ens., binne enkele jare nie net verengels nie, maar ook opperste Boerehaters word. Kyk maar na Adriaan Basson en Pieter du Toit van Beeld. Engelstalige kommuniste sou ons meer genadig wees as hulle.

Selfs die ATKV is in Johannesburg gesetel! Dis geen wonder dit gaan so sleg met Afrikaanse media en organisasies nie.

Gegewe die oordadige getal futuristiese wetenskapsfiksierolprente uit die 1990’s, het die berg in die nuwe millennium ‘n muis gebaar. Of saam met Mark Shuttleworth landuit verdwyn. Nie een van ons dra ‘n stralerpak nie en die puin en rommel van betogers het vertiendubbel. Ook wil dit my voorkom hoe meer intellektueel en uitvoeriger verskillende Wikipedia’s raak, hoe dommer en dunner word die inhoud van die gedrukte media en skoolkinders. Hulle probeer nie eens meer meeding of belangstel nie. Dink u ook die hoofstroommedia mors eenvoudig ons tyd? Waarom lees, kyk en luister dan so baie mense nog daarna?

Ja, dis vir my ‘n raaisel, waarom mense hulle nog aan die hoofstroommedia steur. Maar iewers gaan dit nog oor “die gerug waaroor almal praat”. Al steur jy jou nie aan die gerug nie, lyk jy te veel na ‘n buitestaander as jy nie daarvan weet nie. Ook op Facebook deel mense naarstiglik berigte van News24 met mekaar. Waarvoor? wonder mens.

Aan die ander kant dink ek YouTube is besig om in ‘n baie interessante medium te ontwikkel. Dis veel beter as TV en ‘n groot verskeidenheid selfs intellektuele ondwerpe word daarop bespreek. Die enigste probleem is miskien dat iemand iewers in die toekoms ‘n stokkie daarvoor mag steek. Sensuur deur die groot maatskappye en selfs regerings (soos die Britse regering) is aan’t toeneem. Te veel mense is besig om terug te praat, teenoor die hoofstroommedia en die globaliste.

Ons is reeds bekend met die waarde wat die wetenskapstale Frans, Duits en Latyn bied. Maar gegewe die Weste wat sy eie ondergang nou al sedert Spengler se dae bewerkstelling, moet ons nie maar défaitisties Oosterse tale en kulture begin aanleer nie? Ek dink nou aan redelik konserwatiewe volke soos die pro-Westerse Koreane en Japannese wat veral deur die Europeërs en die Amerikaners verafgod word. Of: is die hele Oosterse ekonomie eintlik maar net gebou op Westerse behoeftes en begeertes? Sonder om Westerse waardes werklik te verstaan? En gaan die Koreane en Japannese kort voor lank maar dieselfde afwaartse kultuurgang toon soos die Weste?

Ek dink daar is ‘n natuurlike proses aan die gang waardeur veral jongmense baie meer in die Ooste belangstel, veral Korea en Japan. Op die oog af lyk hulle beslis minder dekadent as ons. Daar is egter iets aan die Westerse skeppingsdrang wat uniek in die wêreldgeskiedenis is. Ek onthou hoe geskok ek destyds in Parys was toe ‘n Japannese medestudent in die lesingsaal van Gilles Deleuze doodeerlik vir my gesê het: “Maar ons beskik oor niks, geen intellektuele tradisie nie.”

Daarom sou die ondergang van die Weste vir die hele mensdom ‘n groteske ramp wees… Maar ek meen vele mense begin dit so verstaan. En die Afrikaner staar natuurlik hier te lande sy eie “eindspel” in die gesig.

Laaste vraag: hoe moet ons teenoor ander Europese minderheidsgroepe in Suid-Afrika optree? Hoe bewaar mens die Natal-Duitsers se kultuur? Of Portugese wat so hard probeer assimileer, om “Suid-Afrikaans” (wat ‘n onbegrip!) te probeer wees, deur hul eie kultuur af te lê?

Ek sou graag wou sien dat ons veel meer van hul verhale ook in Afrikaans verwoord. Op die vooraand van my besoek aan Pole, verkeer ek intens onder die indruk van hoeveel duisende Pole en Tsjegge na ons land gekom het in die dae toe dit ‘n toevlugsoord weg van kommunisme was. Die Afrikaner, veral die polities korrekte Afrikaner met sy kwasi-Engelse obsessie met die swartman se lot, het hom nooit hieraan gesteur nie. Dis nodig dat ons dit verwoord, al is dit net in die vorm van fiksie.

Op die gevaar af dat ek soos destyds toe dit mode was, “postmodern” klink, meen ek die sin van ons Afrikaanse kultuur is juis in daardie tussen-in-wêreld te vind: tussen Afrika en Europa, maar ook tussen Europese kulture. Vanweë ons geografiese verwydering van die Europese vasteland, kyk ons op ‘n manier vars daarna.

Deesdae, as ek teruggaan Europa toe, voel ek as Eurokaner amper meer Europees as die Europeërs self. Verlede jaar was ek vir die eerste keer in die Rijksmuseum in Amsterdam. Dit was ‘n groot skok vir my gestel. Soveel skoonheid, soveel finesse, alles vanuit Nederland, waar ons vandaan kom.

Terloops, Elsa Joubert is waarskynlik een van ons mees afskuwelik polities korrekte skryfsters, ‘n soort vroulike André P. Brink. Maar haar vroeë roman Ons wag op die kaptein wat in Angola afspeel, is regtig die moeite werd om te lees. Dit tower die hele Portugese wêreld voor jou op, maar ook die donker kant daarvan in Afrika: die praktyk van swart houvroue, die mulat-kinders en hul dilemma tydens die onvermydelike konflik tussen swart en wit. Sy skryf selfs oor Afrika-toorkuns en menslike liggaamsdele wat daarin gebruik word. Ek twyfel of so ‘n boek vandag gepubliseer sou word, en beslis nie deur die NB-uitgewerye nie!

Dit voel soms vir my asof ek nog eintlik niks geskryf het van wat ek voel nie… Maar die probleem van Suid-Afrika is dat mens as’t ware in die donker rondtas, soos ‘n slaapwandelaar. Dit neem jou jare om net sekere eenvoudige werklikhede te verstaan.

Ek sou sê dat daar vandag ‘n baie klein groepie Afrikaners, ook jongmense, is wat te midde van al die swartgalligheid en ondergang, tog vorentoe beur. Ons kort bloot ‘n nuwe idee, of dan die vernuwing van ‘n ou idee. Vir my gaan dit om die herontdekking van ons Europese en Westerse identiteit. Met verafrikanisering, métissage (die Frans klink beter, maar dis eintlik net ‘n mooi woord vir verbastering) en marxistiese nivellering het ons ‘n doodloopstraat bereik. Dis tyd dat ons die ou pioniersgees van ons voorouers herontdek: dié van die Voortrekkers, maar ook van die Nederlandse en Portugese ontdekkingsreisigers.

Ongelooflik! Minister van basiese onderwys antwoord Afrikaanse betogers

‘n Sonderlinge gebeurtenis het hom so pas in Suid-Afrika afgespeel: die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het ‘n dag of wat gelede ‘n groepie pro-Afrikaanse betogers formeel in ‘n brief beantwoord. Gewoonlik ignoreer die ANC-bewind enige vertoë deur Afrikaners oor Afrikaans volstrek en ontken implisiet die bestaan van die taal en sy sprekers.

Volgens mnr. Wessel Basson van ToekomsVonk, wat onder meer ‘n pop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, aan ‘n boom voor die departement van onderwys se hoofkantoor in Pretoria opgehang het, “verwelkom Toekomsvonk die terugvoeringsbrief van die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshegka na aanleiding van aksies oor die aanvalle op Afrikaans by skole die afgelope tyd”.

ToekomsVonk beskou die Minister se aanbod tot dialoog met die Afrikaanse Gemeenskap as positief en ‘n stap in die regte rigting.

Volgens Basson, is dit “egter jammer dat die departement nie vroeër gereageer het op ons versoekskrifte nie. Onnodige konflik kon vermy gewees het.”

ToekomsVonk sal in samewerking met organisasies soos Praag, die Federasie van Minderhede en ander belangegroepe so spoedig moontlik ‘n gesprek met die Minister aanvra.

Mnr. Wessel Basson het voorts verklaar: “ToekomsVonk moet dit beklemtoon dat ons altyd verbind is tot ‘n vreedsame proses rondom die behoud van die Afrikaans in ons skole.

“Al wat burgerregte organisasies soos ToekomsVonk begeer, is dat ons moedertaal Afrikaans gerespekteer word vir al die 6,7 miljoen mense plus bevolkingsgroepe soos bruin, wit en swart wat dit wil praat en waarin hulle wil studeer.”

Hier volg die repliek van die minister in die oorspronklike Engels.

Die brief wat van die dept. van basiese onderwys ontvang is.

Brief: Oor Lesufi-pop en ‘rassisme’

Na aanleiding van die Lesufi-pop wat blykbaar oornag sy verskyning gemaak het in Pretoria en die etiket van “rassisme” wat nou weer om volksgesindes se nekke gehang word, die volgende.

Behalwe die feit dat die geskreeuery oor “rassisme” nou uiters vervelig raak, besef geagte mnr. Lesufi skynbaar nie dat hy besig is om mee te doen aan volksmoord nie. Hy is besig om ‘n internasionale konvensie ten opsigte van volksmoord te oortree.

In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:

11.28  ‘Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:

i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)

11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder volksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…’

Kan die afdwinging van ‘n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste “ernstige sielkundige leed” wat die lede van ‘n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?

Mnr. Lesufi moet maar hand in eie boesem steek. Wat is sy beheptheid met die onderdrukking van die taal Afrikaans? Voel hy magtig en meerderwaardig? Voel hy minderwaardig?

Die “ongelykhede van die verlede” kan nie “reggestel” word deur Afrikaans te probeer doodmaak nie. Mnr. Lesufi en sy administrasie moet daarop konsentreer om probleme in eie geledere reg te stel bv. swak opgerigte put-toilette* en wanadministrasie wat aanleiding gee tot die afbrand van bestaande infrastruktuur.

—Elma Potgieter

*In die laerskool in Noordwes was ek in ‘n skool met put-toilette en geen kind het ooit in daardie put-toilette geval nie.

Suidpunt: Ek is nou klaar met Afrikaanse tydskrifte

Dis al diep in Aprilmaand en ek is besig om my boekrak en kartonbokse te takel. Tydskrifte en boeke word sorgvuldig krities bekyk, resorteer en sorteer: herwinningsak, biblioteek, antikwariaat of vriende/familie?

Daar is ‘n tyd om te kom, ‘n tyd om te gaan: my sin vir Afrikaanse tydskrifte is nou op.

DIE AANLOOP

Die eerste wat onder my weggeehamer beland is die Taalgenoot. Hulle kry my suster. Sy het daarvoor gevra.

Die Taalgenote het ek by my haarkapster op die dorp gekoop. Haar bejaarde vader [nou in sy saliger rus] was tot sy dood lid van die ATKV. Hy het die kwartaallikse tydskrif gereeld na sy dogter gebring. En sy het die kopie weer vir my gegee. Al om die 70 dae+ wanneer ek daar ‘n draai maak. En, soos mens maar is, wil jy ook niks verniet hê nie. Hulle het ook die geld nodig. Vir brood en so. Op daardie stadium het ek weer die leesstof benodig, omrede die Afrikaanse kultuurwêreld daarin bespreek is [soos resensies, agter-die-skerms-kyke, nuwe genres, die stand van vertaling, boekverkope, ens.]. Die universiteit het geen nuwe eksemplaar meer aangekoop nie (mens wonder seker hoekom?). Om buitendien ‘n fotostaat by die universiteit aan te vra van ouer kopieë is ‘n omslagtige en tydrowende marteling – dan moet die tydskrif maar liewer in my besit wees.

Om dieselfde rede het ek ‘n ander hopie leesstof gekoop; die Tydskrif vir Letterkunde uit 1988 tot 1990. Hul geskiedenis loop terug na Mosselbaai. Ek weet nie of dit net ‘n Hartenbos-Mosselbaai-ding is nie, nè, maar met ons het die inwoners vreeslik geselserig geraak. Hulle vis ongemerk uit oor jou agtergrond, waar jy bly, wat jou beroep is, kyk ongemerk waar pappie se motor staan; maar jy steur jou nie daaraan nie, want jy is in ‘n vakansiebui. En dis immers “Suid-Kaapse vriendelikheid”. Die goeie ou waardes, dink jy nog. Nou kyk, met my moeder het dit by ‘n haarsalon gebeur, en met my by ‘n boekekraampie. Die prys is by die haarkapster so taks opgestoot (nadat die hare reeds gekap en die prys voorheen afgespreek is!), en ek, as verleë student, moes R300,00 vir 10 papierdun tydskriffies opdok by ‘n boekekraampie [van tweedehandse boeke] wat boonop vir liefdadigheid geskenk is! Die ou boekekraamvrou het so ‘n regte steekbaard gehad; die ou heks van Endor uit die Kinderbybel in lewende lywe. Van die boeke wat ek toe koop sê sy sommer die prys wat voorin staan is verkeerd en maak dit hoër. Dis mos Boerebedrog!

Vandag is ek spyt ek het nie summier op my hakke omgedraai en uitgeloop nie [as onderhandelingstaktiek om die prys te laat daal]. Maar hei, jy is verleë, jy het die goed nodig vir jou studies. Die Wet van Transvaal geld ook hier onder in die Kaap. Ek begin al meer dink Afrikaners is daarop uit om mekaar te bedonder en uit te roei.

Die teerling is gewerp: na die biblioteek toe met julle.

‘n Ander hopie, die De Kat-tydskrifte, het ek by die biblioteek teen R1,00 stuk gekoop. Hulle toekoms is nog duister.

Nou terwyl ek op 10 April besig was om deur die tydskrifte vir oulaas na inligting te sif, kom ek af op ‘n lesing van Hennie Aucamp.

Hy praat oor alles en nog wat. Daarin trek hy te velde teen enige sensuur, ook kommunistiese boeke wat verbrand of verban word [hy praat van ‘Anna Seeghers’ en ‘Lion Feuchtwanger’ wat ‘gelukkig’ nog gelees word – name waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Is dit ‘naamsmousery’?].

Maar hy bepleit ook vir ‘n vryer ontdekkingstyd in die laerskool en later. Kinders moet Nederlands speel-speel op laerskool kry met heerlike avontuurverhale; kinders moet toegelaat word om Rooi Jan-, Tarzan– en Keurboslaanboeke te lees en te geniet (en onderwysers moet hul bek daaroor hou), anders grens dit aan indoktrinering en permanente vervreemding van die letterkunde. Hy dink glad nie seunskinders sal “‘n trek na hoogs verfynde styl in hul laerskooljare” hê nie. [Eintlik probeer hy net sê: laat hulle soveel van hierdie verstrooiingsliteratuur lees totdat hulle genoeg daarvan gehad het. En klaar is met die dinge van ‘n kind.]

Hy vra hom af of die Afrikaanse letterkunde ruim genoeg is om te voorsien in die behoeftes van mense wat Afrikaans lees, soos Afrikaans-, Engels- of Duitssprekendes, maar ook Xhosa- en Zoeloesprekendes.

In dieselfde troonrede vra hy egter terselfdertyd groot asseblief dat Afrikaans aangevul moet word met vertalings, want aai, “[o]ns kan dit nie bekostig om geslag na geslag leerlinge op die skraal dieet van nostalgie groot te maak nie.” […] “Kan die Engelsman ooit respek vir die Afrikaanse boek ontwikkel as hy ruggraatlose storietjies voorgeskryf kry? Gee vir hom Raka, sê ek, dat hy kan voel: dis die moeite werd om hierdie teks te verower, want dit is groots gedink” (p.32).

En dan, die volgende paragrawe (p. 33):

Wat vertalings betref, het Afrikaans oor die afgelope dekades bestendig agteruitgeboer. Die populêre tydskrifte van my jeug, Die Huisgenoot, Die Naweek, Die Huisvrou en Die Brandwag het hul ontspanningstaak ruimer gesien as die hedendaagse tydskrif. Hulle het gereeld vertalings geplaas uit Duits, Frans, Sweeds, Noorweegs, Italiaans. Ek het De Maupassant, Deledda en Pirandello in my laerskooljare leer ken in populêre Afrikaanse tydskrifte. Dit het ‘n spontane absorbering van letterkunde beteken. Op grond van tydskrif-vertalings het ek en my suster vertalings begin koop met ons spaargeld, want ons het gevoel: hier is dinge wat ons ánders, várser, na die wêreld laat kyk. Wie vroeg genoeg wêreldletterkunde ontdek, sal die lewe nooit weer met die oogklappe van kleinburgerlikheid kan aankyk nie. Dalk is dit die grootste euwel van ons tyd: dat daar te veel van alles beskikbaar is; ook leesstof. Die kans dat jy die goeie ding kan misloop, is nou soveel sterker. Want waar sal jy die goeie ding soek? Nie meer in populêre tydskrifte nie. Die draers van populêre kultuur, soos Die Huisgenoot en Rooi Rose, probeer alles vermy wat na elitisme sweem.

Vertalings is nou tot letterkundige tydskrifte verban. Het Volk sal nie meer aan buitelandse kieme blootgestel word nie. Het Volk sal kragtig gedy op ‘n roomys-en-roomkoekdieet. Wat ‘n ironie: dat tegnologie – die tydskrif, T.V., video’s, – ‘n laer om ons begin trek wat ons visie versper. Want ons kyk ons vas teen uiterlikhede: teen Dallas en die Britse Vorstehuis.

Volgende blad:

Maar waar, o waar, moet die stem van die Afrikaanse kritikus vandag opklink? Standpunte is opgedoek, wat vir my die treurigste voorbeeld bly van ‘n kultuur wat homself verraai het.

Hy gaan op dieselfde bladsy dan behoorlik te kere oor kritici wat in dagblaaie publiseer, weens ‘n gebrek aan ruimte in literêre tydskrifte, glo hy. Die meeste akademici is skynbaar bitter moeilik te speen van die allerjongste literêre –ismes en hul geskriffies is gewoonlik bo die gemiddelde leser se jakkals.

En dan, uiteindelik, die volgende relaas (p. 37):

Maar die Afrikaanse tydskrif – op De Kat na – sien sy kultuurverpligting teenoor Afrikaans nie meer in so ‘n ernstige lig nie. Ek dink hier spesifiek aan Die Huisgenoot en die Sarie.  Die Sarie kondig nou, o, so Amerikaans, boeke aan: ‘n foto van ‘n boekomslag, ‘n paar sentimeter teks, en daarmee basta. En eenmaal, in geseënder tye, het Rykie van Reenen, onder die skuilnaam Elizabeth Tradoux, kolomme geskryf in Sarie oor die jongste Opperman en Van Wyk Louw, in toeganklike Boere-Afrikaans, en só die ”groot kanonne” met gemak aan haar lesers verkoop.

Praat jy met tydskrifredaksielede oor die vervlakking wat hul tydskrifte ondergaan het, kyk hulle jou meewarig aan. ”Die tye waarvan jý praat, is vir altyd verby”, sê hulle dan, ”ons gee die publiek wat hulle vra.” Is skitterskyn werklik al wat die publiek wil hê, of wil hulle nou hê waaraan hulle gewoond gemaak is: diepdruk en glanspapier en internasionale perskopie? Hoekom is De Kat dan só ‘n sukses? Bewys dit nie dat daar ‘n behoefte is aan ‘n Suid-Afrikaanse tydskrif vir denkende mense nie; ‘n brug tussen massakultuur en opperkultuur?

‘n Paar bladsye terug skryf hy (p. 34):

Dis ook Uys [Krige] wat voortdurend waarsku teen die onoordeelkundige gebruik van die kwalifikasie groot binne die Afrikaanse kritiek. ‘n Mens hoor te dikwels van boeke wat ”briljant”, ”verbluffend”, of  ‘n ”kragtoer” is, waar hierdie boeke hoogstens verdienstelik is. Die Afrikaanse boek mag uiteindelik hieronder ly – ‘n publiek wat keer op keer mislei word, gaan ophou koop. ‘n Hollandse vriendin wat ál die pieke in Afrikaans meegemaak het, weier om langer Afrikaanse poësiedebute te koop of selfs te lees. Elke keer die ”fanfare”, sê sy, en as jy die bundel oopmaak, dan maar weer ‘n ”pubergeklodder”.

Hierdie rede is nie kort voor Aucamp se dood in 2014 gelewer nie. Dit was op 7 Oktober 1987 op Welkom voor leeskringlede en bibliotekarisse, ”gereël deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biblioteek- en Inligtingswese (Vrystaat-tak), in samewerking met H.A.U.M. (literêr), die Direktoraat Kultuursake, en De Kat. ” Die volledige teks kan jy vind by Tydskrif vir Letterkunde, Mei 1988 (XXVI:2), bl. 26 e.v.

Ek dink dit is hoog tyd vir ‘n ordentlike resensie.

DIE AFWATERING

As jy vandag die ATKV-Taalgenoot naas die huidige De Kat plaas, kan mens kwalik enige verskil sien.

Jy sien, op bl. 60 van die ATKV se Taalgenoot van September 2006 staan daar nog uitdruklik:

Een van die ATKV se waardes lui soos volg: ‘Die ATKV baseer sy aktiwiteite op ‘n Christelik-Bybelse grondslag’. Wanneer ‘n persoon om lidmaatskap aansoek doen, verklaar hy onder meer dat hy ál die waardes van die ATKV onderskryf en nastreef […] die voornemende lid […] aanvaar dat die ATKV die Christelike boodskap uitbou. In die verlede het lede verklaar dat hulle aan die Christelike geloof behoort. In praktyk het dit dikwels beteken dat die persoon slegs aan ‘n Christelike kerk behoort en nie werklik Christelike waardes uitlééf nie.  Met die nuwe formulering van hierdie voorwaarde verklaar die lid dat hy of sy die Christelik-Bybelse waardes ondersteun, respekteer en bowenal nastreef. Verder aanvaar die lid dat die ATKV die Christelike boodskap uitdra. Die ATKV is dus steeds onbeskaamd Christelik en ‘n aflegging en verbreking van hierdie verklaring is ‘n gewetenskwessie van die betrokke lid.

Dit was nou in die jare van Johan van Schoor aan die stuur. Die tydskrif het eintlik baie aan die Vrouekeur van destyds herinner. Gewoonlik ook ligte leesstof passend by die vakansieluim by een van sy oorde.

Teen omtrent nege jaar later het die organisasie die Christendom en die Afrikaner se edele ideale by die agterdeur uitgesmyt, en BOKPOOT met dekadensie en marxisme vrye toegang by die voordeur gegee. O nee, ek lieg, want by die aansoekvorm  staan daar die volgende reliek heel onder: ”Ek verklaar hiermee, namens myself en my gade, dat… Ons die uitlewing van die Christelike waardes van die ATKV respekteer en aanvaar dat die ATKV die Christelike boodskap uitbou.” O, ek sien – op ‘n tegniese puntjie is julle nie meer fundamentalisties nie: die ‘Christelik-Bybelse waardes’ het gewaai. Geen kommer, geen kommer, die Voortrekkers se Verkennerhandleiding uit 1983 (derde druk) is véél minder inklusief as julle s‘n:

As jy nie ‘n gelowige Christen is nie, sal jy nie tuis voel in Die Voortrekkers nie. Die geloof in die drie-enige God is die lewenskrag van die Beweging, en een van sy doelstellings is om dié geloof by jou in te skerp. As verkenner sal jy by elke Voortrekkerbyeenkoms deel wees van ‘n groep mense wat die Christelike godsdiens met dankbare vreugde beoefen. Gebruik die geleentheid wat die Voortrekkers jou bied om die liefde tot God en jou naaste oral en altyd te laat geld.

As jy nog nie seker is wat die bogenoemde Voortrekkerreël (p.6) van destyds behels nie:

Om God te eer

Ons begin by ons verhouding tot God. As ‘n Voortrekker oor God praat, bedoel hy dié God wat die Vader van Jesus Christus is en wat sy Heilige Gees aan ons gegee het. Hy is die drie-enige God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Ons ken Hom omdat Hy Hom aan ons geopenbaar het.

Die Bybel bevat die getuienis oor sy openbaring.

[…]

Wat ons aan Hom verskuldig is, leer ons in die Bybel.

Dis net ironies dat die ATKV te midde van hierdie marxistiese tydskrif [lees verder] vir die Bybelgenootskap stap ter fondsinsameling (nog in 2016 laas, verneem ek).

Maar terug by die minder elitistiese, onfascistiese tydskrifte.

Nou die Taalgenoot-tydskrif, wat eens vreeslik op sy agterpote was oor byvoorbeeld liberale wetgewing rondom homoseksualiteit en aborsies (April 2005, p. 13-16), nogal getiteld ”Regstelsel sonder remme?”, skryf tans ewe onbeskaamd oor die vreugdes en stigma van homoseksualiteit, veral ‘koekstamp en giggel’ [om nou uit die Gayle-leksikon aan te haal]. So nou en dan word ‘n paar uitspattige foto’s van ”fopdossers” [hulle gebruik die woord, nie ek nie] en transvestiete geplaas, sommer vir die grap. En hier dag ek heeltyd homoseksuele trek maar heel alledaags aan, soos die res van ons sterflinge. Verder: kleurblinde verhoudings, vroue-chauvinisme [of, soos die kommentator Jared van Niekerk dit stel, mannetjiesvroue wat al hoe meer lyk soos die einste spesie wat hulle verag (mans!), nie feministe wat maar gewoon ‘selfde werk’ = ‘selfde geld’ = ‘selfde respek’ = ‘selfde regte’ wil hê nie], seks [of dan, erotiese kapitaal] – laat waai maar. Toevallig doen De Kat dit ook.

Die geweldige obsessie met randfigure en minderhede ken egter sy perke. Want ” ‘n klein randgroepie” – dis nou PRAAG-skrywers/-lesers volgens ‘n woordvoerder van AfriForum, Kallie Kriel, luidens die RSG-nuusbulletin op 13 November 2014 om 13:00 – sal nooit hul voorblaaie haal nie.

Albei is glanstydskrifte met PICA-benoemings (of -pryse). Albei behandel Zef- of swak, onooglike agterbuurtdekor (roes) as iets verhewe of alternatief teenoor die logiese, rasionalistiese denkwyse wat vorm, funksie, skoonheid, suiwerheid en eenvoud adellik nastreef. Laasgenoemde is seker te elitisties – nee, nivellering moet plaasvind. Net soos die onderskeid tussen suiwer en onsuiwere taal nou dadelik moet uitgewis word ( https://dekat.co.za/afrikaans-is-cool-my-bra/ ).

Albei tydskrifte gesels met ‘n marxistiese ingesteldheid oor die Afrikaner se geskiedenis; dog hunker hulle ewe onbeskaamd terug na die glorieryke Britse koloniale tye toe alles glo beter was. Die helde is Amerikaans, met inligting wat jy ewe lui-lui van die Engelse Wikipedia kon afgetrek het.

* “Identiteitskrisis”,

* “die kuns van wit manlikheid”,

* “Geweld: ‘n Afrikaner-erfenis?”,

* “Die taal van ‘n revolusie – Nasionalisme kaap die taal”,

* Afrikaanse popmusiek wat tydens Apartheid soos die Schlagermusiek van Duitsland was: Apartheid het juis die lirieke deur sensuur oppervlakkig gemaak net soos die Nazi-Duitsland se Kraft durch Freude… [KULTUURMARXIS-BINGO! DAAR KRY HULLE DIT WÉÉR REG!] met die uitstaanskrif: ”In teenstelling met poëtiese lirieke, wat introspeksie vereis, verlei Afrikaanse popmusiek” [vernaamlik seker deur Afrikaners gesing?] ”sy gehoor tot vlak ekstase wat bydra tot die ontkenning van ongemaklike realiteite in Postapartheid-Suid-Afrika”.

Al hierdie aanvalle, ekskuus, byderwetse perspektiewe moet die niksvermoedende leser op sy vakansie op sy opblaasmatrassie op Klein Kariba vir lief van kennis neem. Taalgenoot. Lente-uitgawe 2016, met Nicola Hanekom op die voorblad langs die Azaniëvlag. Tema op die rugkant: Erfenis. Eintlik: Die sondes van die vaad’re. Ironies genoeg het Japie Gouws, die destydse besturende direkteur, dit goed gedink om in hierdie ”kwartaallikse pragtydskrif”, soos hy dit stel, op bladsy 79 van dieselfde uitgawe te skryf: ”Die ATKV se doelwitte is om taal en kultuur te gebruik sodat mense mekaar kan verstaan.”

excreta tauri astutos frustrantur

Skynbaar het hierdie aantygings niemand ontstel nie, soos jy later sal sien met die sirkulasiesyfers. Ek kom nog daarby.

Maar so gepraat van identiteitskrisis, ek het iets uit Aucamp se lesing vergeet (p. 37):

Ons is ‘n oorgangsgeslag, het dr. Con de Villiers gesê, en ons weet dit. En dan het hy hom op Keiser en Galileër van Ibsen beroep, ‘n grootse drama oor die oorgang van „die ou heidense sekerheid“ na die nuwe ideologie, die Christendom. Die eerste Christelike keiser sê op ‘n keer: „Die oue is nie meer mooi nie, maar die nuwe is nog nie waar nie.“

En dis waar die Afrikaner vandag is: op die grens tussen die ou en die nuwe. Die nuwe, naamlik Suid-Afrikanerskap is nog nie mooi óf waar nie, want niemand weet presies hoe dit gaan wees nie. Jonger skrywers begin hulle pad invoel in die onbekende in; ouer skrywers staan dikwels terug, nie omdat hulle onsimpatiek is nie, maar omdat hulle nie energie vir die oortog het nie.

Antjie Krog het eenkeer in Stellenbosch die dilemma van die jong Afrikaner gestel. Haar ouers en Van Wyk Louw, het sy gesê, het geweet wat ‘n Afrikaner is, en kon vanuit dié gerustheid skryf; maar sý weet nie meer mooi wat ‘n Afrikaner is nie.

Onthou ook hierdie stuk, ek kom later daarnatoe terug. Terug na die tydskrifte.

So nou en dan as naskrif word darem ietsie oor die natuur se agteruitgang genoem. Om die puntekaart vol te maak. Of dit nou kurkdroog is vir twee jaar, net om die volgende twee jaar oorvloedige reën te kry; nee, selfs al is die weer DOODNORMAAL – jy sal dit hoor: dis klimaatsverandering/aardverwarming/kweekhuiseffek. Op skool het ons geleer klimaat = láááángtermynweerstoestande (oor 50 jaar+), nie elke uur van yr.no se webverfrissings nie.

Albei tydskrifte bestaan uit meer foto’s as skryfwerk. Meer opinies as feite. Albei gaan grawe in vervalle hole en krotbuurte waar [dikwels] vroeër Afrikaners gebly het, maar laasgenoemde die wyk geneem het – miskien om die leser skuldig te laat voel en ‘n geldjie te laat gee in die verkruppelde leefruimte? Of nee, daar word gewys hoe kosmopolities kleurryk die plek nou is, met ‘n ander gee-gee-gee: “Geborge GemeenskapsGevoel”. Ander kere gaan hulle op hol oor gentrifikasie in die hartjie van Johannesburg (en die arme, arme uitgesetenes), min wetende in Amsterdam (ja, ek lees ook soms Het Parool, https://www.parool.nl/4531110 ) is daar ‘huisjesmelker(s)’ [iemand wat leef op huurgeld, of buitensporig baie huurgeld vra en soms weekliks die geld gaan opeis] wat tot 1.600 adresse (lees: eiendomme, woonstelle, meenthuise) BESIT! Ek probeer steeds kloutjie by die oor kry wat die sin van ‘gentrifikasie’ in ‘n Afrikaanse tydskrif werklik is – want duidelik, vergeleke die Hollandse ‘kapitalistiese grondvergrype’, verkeer Suid-Afrika in ‘n sosialistiese paradys. Daardie berigte in Taalgenoot en De Kat is duidelik nie op mý van toepassing nie. Ek besit nie eens eiendom nie. So waarom moet ek dit lees? Hulle moet die EFF eerder Amsterdam toe stuur. Die bottelblond van GroenLinks sal hulle met ope arms verwelkom. Liewe Taalgenoot en De Kat: Wat julle skryf mors net spasie en spreek van jul eie onkunde. Asseblief, skeur uit. Gooi weg. Dis soos advertensies van KanTong, Mmmm…Fresh! en Vanilla Coke in die jaar 2018 – nie een is meer met ons nie.

Taalgenoot adverteer LAPA eksklusief (wel, duh, in Oktober 1996 het die ATKV vir J.P. van der Walt en Seun gekoop en die naam verander na Lees Afrikaans Praat Afrikaans), De Kat adverteer weer onbekostigbare luukshede en handelsmerke. Waaronder mnr. Rupert se elegante Cartier-kroonjuwele, toe ek laas nog gelees het.

En so nou en dan kry jy as bonus (half)naaktheid op die voorblad van albei tydskrifte. Of sommer net gephotoshopte tiete tussen die riete. Selfs die slegste staatsmatras sou bloos oor die onsmaaklikheid. Als by die prys ingesluit. Ongelukkig het selfs opelyf-Loslyf gevou, maar siende blind moet ons nou nog ‘n dèjá-vu hiervan kry. Eintlik verbasend in ons heelal waar pornografie, ekskuus weer, KUNS, so maklik bekómbaar is.

Maar 69 111 kopieë, van Kwartaal 4, 2017, soos die sirkulasiesyfer toon van Taalgenoot (waarvan die meerderheid lede, wat min of meer R1.000,00 per annum betaal, die vier eksemplare jaarliks gratis ontvang), kan tog sekerlik nie verkeerd wees nie. Die sirkulasiesyfer word uitdruklik so gestel op Marklives.com ( http://www.marklives.com/2018/02/abc-analysis-q4-2017-the-biggest-circulating-consumer-mags-in-sa/ ). Hoewel my niggie, ook lid, erken sy het nie geweet van die [destyds onlangse] ontwikkeling op Hartenbos nie; sy prop die tydskrif (nog in sy plastieksakkie) gewoonlik êrens in ‘n laai en vergeet daarvan. Sy kry skaars tyd om te lees, sê sy.

Maar nietemin, Hennie Aucamp (rus in vrede) sou seker steeds trots gewees het op die uitsonderlike akademiese verdienstelikheid en allerlei onderwerpe oor hogere kuns. Sy aspirasies vir De Kat, en seker ook Taalgenoot, brand in die redaksies nog hoog. Die vlam staan onuitblusbaar sommer ‘punt in die wind’. Daar word mos in diepte gesels oor die relevansie van Loci Communes Theologici as deel van ons Nederduits Gereformeerde én Hervormde kerke se erfenis? Nee? Of wat van hoe bruikbaar die Antidotarium Gandavense (aptekersboek van Gent) uit 1663 nog vir ons is? Ook nie? Goed, kom ons maak dit maklik: hoe lyk Nielsen BookData se verkoopsyfers in Afrikaans? Ek weet resepteboeke en outobiografieë gaan weer bo-aan die topverkoperlys wees, want die Afrikaner het vergange jare gelede al die koring van die kaf geskei wat bruikbaarheid betref. Maar kyk, nè, ons moet darem iets bruikbaar vir die laer-/hoërskool leerlinge én nagraadse studente ook hê, man.

Maar nee, ons het hier twee identiese klone (verskoon my pleonasme). Ek wonder net watter uitgewer gaan watter een nou eerste aanvat oor hierdie skaamtelose kopieregskending wat idees betref. Ek wag in spanning.

DIE SLOTSOM

Uit alles wat ek tot dusver geskryf het, merk ek die volgende:

  1. Dit  is nie meer vir my lonend om deur 99,99% van die excreta rond te dool en delf na 00,01% bruikbare artikels nie. Nog minder om die excreta onder my bed soos konyne aan te hou.
  2. Populêr-wetenskaplike tydskrifte in Afrikaans kan twee uiterste rigtings inslaan waarvan Aucamp gepraat het: of volkome akademisering [en dikwels verengelsing], of verdere afwatering en verloedering. En die lesers dring nie aan op beter onderwerpe nie? Waarom nie? ‘n Derde rigting bestaan ook wel: die uitgewer maak toe en trek die tydskrif saam na sy geldgraf.
  3. Waar godsdiens uit die Afrikaanse tydskrifte verwyder of afgewater word, ly die sekularisering by die glanstydskrifte noodwendig tot marxistiese onderwerpe. Met Standpunte se geval, ‘n literêre tydskrif, het André P. Brink by ‘n vergadering gesê hy wil dit in ‘n militante blad omskep, dat letterkundige gehalte nie die enigste maatstaf sal wees nie, maar ook sosiale en politieke oorwegings (J.C. Steyn, 1980, Boekewêreld, p. 441). Aai, aai, aai. Blykbaar bestaan daar nie iets in die Afrikaanssprekende taalruimte van ‘n ontspanne libertynse gees [NIKS (bo in die hemel of onder op die aarde) is my baas nie, maar haai, ek het die vryheid om te kan vlieg! Kom ek kyk hoe hoog!] of verdere distillering van die beste uit die verlede of veredeling of verhoging van die hele mensdom tot ‘n halfgoddelike wese nie. Daar is net géén middeweg nie. Dis alles net bergaf. Alles uit die verlede is uit die staanspoor uit die bose en moet ongedaan gemaak word. Trouens, die tydskrifte bly eenvoudig net in die verlede vassteek – by Apartheid. Uit verveling raak ek weg in ‘n dagdroom oor ander onderwerpe.

Dié tafereel: Ek droom oor ‘n palmtakskuiling op ‘n tropiese eiland stoksiel-salig-alleen tussen twee reuse kokosneutpalms met ‘n oneindigende sandstrand. ‘n Hangmat met knoop-en-doop-patrone. En hier lê jy: ‘n Hooftooisel vrugte soortgelyk aan Carmen Miranda s’n. ‘n Papegaaibont oopknoophempie met losse skeloranje baaibroek. Hibiskus agter die oor. Seerower-oorbelle, opsioneel. Goue ketting om die nek. Nee, maak dit blommekrans van frangipani-blommetjies. ‘n Glas yskoue vrugtesap met ‘n rietjie en oopvousambreeltjie. Sandjies en skoenlappertjies tussen die toontjies. ‘n Swartluiperd op die klapperhaarbed vir geselskap wat RRRAU sê (ek los maar eers my slang in sy mandjie). Branders breek teen ‘n waterkonstante 28ºC. Seesproei. Kristalhelder water, blouselblou in die ope lug met net hier en daar ‘n stapelwolkie teen die gesigseinder. ‘n Ligte roering in die oggendlug. Temamusiek van Brandon Fiechter (‘Coral Reef’) – Ware Eilandmusiek. En daar het jy dit: die strewe na eenvoud moet vooropgestel word. Neem hierdie streekproef in jou motorhuis… Watter kartondose staan in ons pad na eenvoud? Almal hou tog van hierdie idilliese beeld? Dalk nie:

Na een jaar begon het eentonige leven [in Tahiti] sommigen te vervelen. Zij [de matrozen] misten hun rum en zij dachten aan Londen (Arthur Schendel, Eiland in de Zuidzee, 1936, 115).

Nou maar goed, dan. Volgende.

Of: ‘n futuristiese gebou iewers in 2025. Dystewels, katpak en handskoene wat pas asof hulle aangegiet is. Die elektriese motor staan by die laaipunt. 98% klaar, sê jou tablet. Kliniese daktuine in wolkekrabbers wat stiptelik-gerekenariseerd hulself die soveelste keer benat en reguleer met dieselfde water wat in 2022 nog  ingetap is. Skaars ‘n druppel gaan verlore. Slaaiblare word binnenshuis verbou en geoes vir die minimark benede. Proefplase wat goed in Singapoer ontvang is (soos Sky Greens), brei uiteindelik hierheen uit.

Dít terwyl Taalgenoot en De Kat magspraatjies hou oor die skaduwee van Apartheid? Geen wonder die ATKV moet leesprojekte konstant van stapel stuur nie – die jeug wil nie meer lees nie. En mens wonder tereg hoekom.

  1. Die redaksielede en moontlik lesers self sit met ‘n identiteitskrisis. Wanneer word hierdie spul adolessente in hul 30’s, 40’s, 50’s, 60’s+ nou ‘n slaggie groot? My liewe genade (!), net pubers onder 25 spring nog tussen Cybergoth- en Furry-subkulture rond. Op 21 (ook al 7 jaar terug) was ek in ‘n geweldige depressiewe put van ellende oor die sin-van-die-lewe, nie oor Afrikanerskap of identiteit nie! Die dood was permanent voor my deur: baie dankie aan die rigtinglose, liberale skool- en universiteitsopleiding hiervoor. C.J. Langenhoven het toevallig presies dieselfde gevoel op universiteit – dat die lewe maar bloot ‘n siek spel is. Seker genoeg om ‘n genie soos hy na die drank en die pen te dryf. Gelukkig, te midde van die momento mori, sien mens tog op die ou end nut in jou hande, en as jy sien iemand gebruik jou werk met die grootste blydskap, maak dit mens gelukkig. En spoor jou aan om selfs iets nuttigers te doen. Nie dat jy onvervangbaar is nie, maar dis iets bruikbaars waarop ander kan voortbou. En dan begin jy belangstel in die patroonmatigheid van mense: dieselfde probleme wat kort-kort opduik. Kort voor lank begin jy ‘n effense utilistiese ingesteldheid kry, en begin gou insien wanneer praatjies afstuur op ‘n dooie punt. Daarom is dit vir my onnodig, selfs onsinnig, om nog derms te ryg oor iets so abstrak soos Afrikanerskap, of Boere-identiteit. Kortom kom dit maar net neer op: jou woord is jou eer (en middelvinger vir die globaliste). En dis dit.

Dalk is dit omrede my grootouers aan vaderskant Hollanders is, en ek miskien bietjie nader aan ‘n Europeër voel, maar oor so iets gaan ek nie my polse sny nie. Wat my betref is die hele Afrikaneretos (van 28 bladsye) vervat in Verkennerlewe van die Voortrekkers. Daar is ook referate gehou in die 1960’s soos ‘Die Waardes van die Afrikaner’ ens. As jy dus nog nie weet wat ‘n Afrikaner is nie, moet jy teruggaan laerskool toe – want duidelik kan jy nog nie lees nie.

  1. ‘Suid-Afrikanerskap’ is maar net ‘n vae herinnering aan nasionalisme. Dit het niks om die lyf nie: juis omrede jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument en paspoort nie soveel voordele inhou soos ‘n Duitse een nie. Mense het praktiese wesens geword: hulle hou nie daarvan om perdedrolle vir sitroene verkoop te word nie. Wat my betref het die Afrikaners post-1994, hetsy apaties, hetsy sinies, hetsy opportunisties, hetsy etnogesentreerd, hetsy rasgesentreerd geword, én party kots (teen hul beterwete) nog steeds ‘n sierlike reënboog en poep nootvas op maat van die Shosholoza ‘n skittery 1994-eenhorings in hul rubrieke.
  2. Nou sal mense dikwels, soos Japie Gouws in twee tydskrifte geskryf het, sê ”ons moet gesels en gesprekke voer”. Die doel is glo om brûe te bou tussen die onderskeie kulture. Want so leer ons mekaar mos ken. In teorie. Maar wat is daar nog oor om te sê? Gaan ons gesels oor die wetenskap? Oor die uitsonderlike geleenthede wat X bied? Gaan ons gesels oor die nuutste tegnologiese ontwikkelinge? Gaan ons gesels oor die watervoorraad wat opgebou moet word? Gaan ons gesels oor damme wat geskrop moet word vir die volgende reëns in die Wes-Kaap? Nee. Ons gaan gesels oor ras. En klas. En die onreg van die verlede. En blanke bevoorregting. So is dit nou eenmaal op die kussings borduur. (Nou is ‘n gulde geleentheid om na my denkbeeldige eiland te vlug).

Ek kry al hoe meer die idee ons word doelbewus, ambagtelik bearbei; aan die gesels of skel/vloek gehou. Waarom? Hou hulle besig; die gesprekke lei tog nêrens heen nie. Waarom? Om hulle aandag van nuttiger werk af te weer. Waarom? Sodat hulle te besig is met wrewel op te bou as om hul staal as volk te wys. Waarom? Want waarom sal jy wil deel wees van daardie morrende kwynende klakous-volk? Goeie vraag.

Dr. Dan Roodt het reg: kultuurmarxisme is soos sifilis. Dalk eerder soos vigs.

Deur direkte oorlogverklaring sonder rede kan die bevolkings mense nie verminder word nie – dis onmenslik. Maar waarom nie mense universeel verdom nie? Waarom mense nie onredelik maak nie? Hul skool- en universiteitskurrikula wêreldwyd verswak nie? Hul desensitiviseer deur onmenslike geweld op TV en videospeletjies uit te beeld nie? Waarom mense nie ongeduldig maak nie [vergelyk die prikkelbaarheid van doodgewone mense in ‘n Leon Schuster-fliek van destyds en onlangs]? Waarom mense nie oorsensitief maak vir woorde soos die uiters doeltreffende ‘kreupelsorg’ wat ek sommer nou die dag in die destydse Panorama lees (‘wat ‘n vieslike naam kon die Apartheidregering nie bedink het nie!’), maar minder sensitief vir die uiters swak diens vir ‘gestremdes’ in staatshospitale nie (‘ag, dis maar orals so’)? Dis amper soos: kies tussen ‘n uiters doeltreffende ‘ouetehuis’ tydens Apartheid, of minder doeltreffende ‘tehuis vir bejaardes’ van vandag. Sulke sagte woordjies om die pyn mee te verdoof, my liefie.

Maar waarom nie mense teenoor mekaar opsweep nie? Waarom nie tweedrag saai nie? Waarom twee keiharde stene [kultuurstelsels] wat nie saam kan maal nie, juis met mekaar laat slaags raak nie?

Ook hiervan is die heilige, morgenrood-soete-dou Afrikaans duidelik nie vry nie.

Speel ons uiteindelik in die hand van die globaliste?

As jy nog nie die stilprent Metropolis van Fritz Lang gekyk het nie, beter jy dit spoedig doen. Op die ou end kry die globaliste tog wat hulle wil hê, deur die robot-weergawe van Maria. Versinnebeeldend van die dekadente media van die 1920‘s. En 2020’s.

Ek dink die poeletjie Afrikaanse tydskrifte het vir my te klein geword.

SUIDPUNT SE NUWE PAADJIE

Ek kan my heelwat hooggeplaastes indink wat ‘n ertjie gaan kraam oor mense soos ek wat hul neuse optrek vir Afrikaanse goed. Maar, Meneer, Mevrou, Dominee, Professor, u Majesteit, U Heiligheid die Pous – met alle respek, dit-moi, lisez-vous vraiment cette merde?

Je voudrais m’excuser pour mon français qui n’est pas sans fautes, mais ce n’est pas ma langue maternelle. C’est pourquoi j’apprends le français. J’ai alors décidé de chercher de nouveaux horizons.

Suidpunt: En wat nu met het Nederlands?

In ‘n vorige artikel “Waarom is Hollands weggegooi vir Afrikaans?” het ek gekyk na die geskiedenis van Kaap-Hollands wat later Afrikaans sou word. Daar is gekyk na die swak onderwys [met min lesure in Nederlands], die ewe swak onderrigmetodes, die ongunstige maatskaplike omstandighede, die ruim begrip “Nederlands”, ‘n volk wat vas glo wat hy praat is Hollands (net soos die Galliërs destyds vas bly glo het hulle praat Latyn, totdat dié tot hul skok moes ontdek dis ‘n ander taal) en laastens die ontstaan van die taalbeweging.

In hierdie artikel wil ek my toespits op Nederlands, die hondedrol op die sitkamermat [wat? klink steeds beter as die anglisistiese “olifant in die kamer” oor die radio…]. Sedert 1983 is die ‘sinonieme’ Nederlands en Afrikaans in die Grondwet van bed en tafel geskei (as middelvinger vir die Nederland-Belgiese kultuursanksies teen Suid-Afrika), Middelnederlands was nooit op skool aangebied nie, en sedert 1994 en daarna word Nederlandse tekste nie meer op openbare skole in die Afrikaanse taalklas aangebied nie. In die Grondwet geniet Nederlands géén minderheidstaalregte soos Duits of Tamil, en ander godsdienstale nie. Hier en daar word wel bietjie aandag gegee aan Nederlands op universiteit in die Departement Afrikaans, hoewel maar mogge troffe.

Volgens Google Trends is Suid-Afrika die 14de land ter wêreld op die ranglys wat persentasiegewys nog iets rondom “Nederlands” google, veel meer as Nederland se destydse kroonjuweel, die voormalige Nederlands-Indië, dit wil sê, Indonesië (26ste op die lys). Land Nommer 1 is nie Nederland of België nie, maar Suriname. Ook Wikipediastatistiek bevind Suriname en Suid-Afrika toon steeds belangstelling in die Nederlandse Wikipedia, maar Indonesië so te sê nie.

Die probleem wat ek wil uitklaar is die gebruik en nut van Nederlands self onder Afrikaners/Boere. In 2018. Ek gaan dus die wedersydse “eiebelang” van die V.O.C. (ons eie buitelug-musiekblyspel van ‘Pirates of the Caribbean’, oorgeklank in Nederlands), Kruger se Hollanders (broodnyd en ‘n spul beterweters), die Tweede Vryheidsoorlog (“slapgat-regering!”), die Nazi-inval van Nederland (“Nederland dien ongelukkig nou as Autobahn na Londen, en ons onafhanklikheid!”), en die anti-apartheidsterrorisme (“verraaiers!”) en die aanval op Nederlandse toeriste (“ja-nee, kry nou vir julle!”) oor die hoof sien.

Maar ten spyte van die Nederlandse boekwinkels in Transvaal van destyds, sal die moderne Afrikaner eerder soos bye rondom die Duitse boekwinkels koek. Soos Hutten Buchdienst se webwerf self sê. En hoekom nogal nie? ‘n Mens het tog koopvryheid? En so was dit ewe simbolies by die onthulling van die Maria de la Queilleriestandbeeld in Kaapstad op 2 Oktober 1954: dit was nie “Mevrouw” Koningin Juliana of 16-jarige Kroonprinses Beatrix wat die feestelike verrigtinge kom bywoon het nie. Dit was die mees GEHATE man in Nederland – ‘N DUITSER! – Prins Bernhard (Friedrich Eberhard Leopold Julius Kurt Carl Gottfried Peter, Graaf van Biesterfeld). Hy het in sowel Nederlands as Engels sy toespraak gelewer (‘Veertien gedenktekens van Suid-Afrika’, 1961, pp. 22-29).

Maar kom ons probeer maar hou by die taal, en taal alleen. Ek aanvaar in my skrywe Nederlands bly ‘n taal op sy eie, en Afrikaans ‘n taal op sy eie. Nes Noors en Deens. Ek gaan nie taalamalgamasie in hierdie artikel bepleit nie.

STAND

Nederlands in party moderne Boerehuise is vir my baie soos die ikone wat in die Красный угол (kom ons noem dit sommer die ‘heilige hoekie’) van elke gelowige in Rusland se huis uitgestal word. Of in ons Boerewoning, die Statenfamiliebybel wat plegstatig reg onder die die neus van bebaarde ooms op familiefoto’s of De Breede en Smalle Weg (met die loerende Vrymesselaarsoog) op die gepoleerde embuiatafel geplaas is. Of in die vertoonkas, agter slot en grendel. Daadwerklike nut het die Heilige Boek nie, want niemand lees ooit daaruit nie. Dit het, wel, “sentimentele waarde”. Of dien net soos die volstruisdoppe en tarentaalvere eenvoudig as Africanaversiering. Wat jy in elke Vyfsterhotel met die vervelige luiperdvel-Afrikatema sal kry.

‘n Florerende boekemark soos te sien onder die Nordiese sustervolke het nooit werklik tussen Afrikaners/Boere en Nederlanders ontwikkel nie. Want niemand wil saamspeel nie: in Nederland word Afrikaans ywerig (net soos by Engels, Duits en Frans) na Nederlands vertaal, en in Suid-Afrika word die Engelse of handjievol Afrikaanse vertalings van die Nederlandse tekste gelees.

Hoofsaaklik immigrante het Nederlandse boekwinkels in Suid-Afrika in die verlede ondersteun, maar soos hulle een na die ander genaturaliseer het, was hetsy Engelse of Afrikaanse boeke hul nuwe gunsteling. My ouma was versot op Engelse liefdesverhale – so iets het sy in Nederland nie geken nie. Totdat sy later sinies oor die liefde geword het: “Die einde is altyd dieselfde; of die paartjie kom tog by mekaar uit, of nie”.

Dis nou diegene wat wel gelees het. Al die Nederlandse boeke wat ek nog gekoop het by antikwariate was eers die eiendom van toeriste uit Nederland, of immigrante uit Nederland, of voormalige voorgeskrewe boeke op Suid-Afrikaanse skole en universiteite. Selfs deur Google Play en Amazon is Nederlandse boeke nogal redelik moeilik bekombaar.

Jou gemiddelde Afrikaner lees, wel, Afrikaanse boeke. Maar soos my Aardrykskundeonderwyseres hautain opgemerk het: “Afrikaanse boeke maak jou lui.” Dus, lees hulle ook Engels. As jy na plekke gaan soos die Facebookgroepie “Lekkerlees Boekrak” is dit presies ook wat jy daar sal kry. Slegs Afrikaanse en Engelse boeke word daar druk bespreek. Soms het ek gefantaseer hoe Dan Roodt of Elma Potgieter ‘n stuiwer, ‘n knuppel, of dalk ‘n moerse bom tussen die skare sal ingooi: “Het julle hierdie Franse boek van Molière gelees? Sy taalgebruik is tog SO keurig! ;)” Maar besef mens mors net jou tyd. Dis jou gemiddelde leser, gevorm, gebrei, grootgemaak, bestem vir die gepeupelpers.

Ek herinner my ook aan Pieter van Eeden se brief gedateer 22 Julie 2015  ( http://archive.is/ZtJyq ) :

Spies skryf ons taalband met Nederlands is nie verbreek nie. Dit is ’n illusie. Slegs enkele Afrikaners benut Nederlands en andersom. Vir die gemiddelde Afrikaner is Nederlands vandag net so vreemd soos Italiaans en Grieks.
Ek kan ’n sprekende voorbeeld aanhaal. By my Amsterdamse werkgewer is ongeveer 20 Afrikaners in diens. Hulle is almal tussen vyf en tien jaar in Nederland. Ek gesels gereeld met hulle. Dit blyk hulle kommunikeer met Nederlanders in slegs een taal: Engels. Ek staan nou die dag by ’n paar van hulle en hulle adviseer mekaar oor boekwinkels in Amsterdam waar hulle Engelse boeke kan koop! Bid jou aan! Ek dag dat hulle bevind hulle in ’n taalparadys met Nederlandse boeke in oorvloed! Wie sal ons bedank? Die Afrikaanse taalmanne wat taalskeiding met Nederlands bepleit het!

 

Maar ek dink dis miskien ‘n klein bietjie kwaai gestel.

Jou meer gekunstelde Afrikaanse leser sal benewens Afrikaans én Engelse boeke ook hetsy Franse, hetsy Duitse, hetsy Nederlandse boeke bietjie deurblaai [wat hulle ook al in die hande kan kry]. Dis die spreekwoordelike ‘Krismis’/’Kersfees’-onderskeid van Ou Genis uit P.G. du Plessis se “Koöperasiestories”. Jou héél gekunstelde mense, word getrek deur Japannees, Russies, Hebreeus, of lees, soos J.B.M. Hertzog en C.J. Langenhoven, sommer een Sondagnamiddag tekste in Latyn een stryk deur vir die lekkerte. Sulke mense kan ek slegs met brommergroen jaloesie beny, maar om so iets van die gemiddelde Afrikaner te aspireer, is net iets waarvan die meerderheid 1950-Nasionaliste (en miskien ou N.P. van Wyk Louw ) kon droom.

Maar het mens Nederlands ooit nog nodig? Ja, ek weet van die woordherkoms van Afrikaans, dit is interessant en als, maar is kennis van Nederlands werklik so broodnoodsaaklik?

MY ERVARINGE

Binne slegs één maand het ek op verskeie gebiede met Nederlands te doene gekry.

GETUIENIS 1.

Ek kry een laat Vrydagmiddag ‘n oproep van my kleinneef en sy vrou. Hy het ‘n stamboom op MyHeritage.com en ‘n Nederlanderin het aan hom geskryf. Sy was heel verbaas toe sy verneem die stamboomoptrekker kom uit die Suide. Sy is ‘n verlangse afstammeling van my betoorgrootvader en -moeder, en wil graag weet hoe die vurk nou in die hef steek.  My kleinneef  (albei van ons is derdegeslagimmigrante) het my spesiaal geskakel oor een sinnetjie. Die woord “eventueel” het hom kop laat krap. Skaars was sy sin klaar of ek klaar die verwarring op: “eventueel” beteken in Hollands, net soos in ou Afrikaans, “moontlik”. In die konteks wou sy weet of my kleinneef “moontlik” foto’s sal stuur, en nie “uiteindelik” soos met Engels “eventually” die geval is nie.

Ek stuur die foto’s van my oupa en dié se mamma en pappa êrens uit die 1930’s. Ook van sy suster. En sy ouer broer, die grootvader van my kleinneef. Met my Nederlandse ouma se afsterwe in 2012 het al hierdie kiekies van haar skoonfamilie in my skoot beland (ek het dan so mooi gevra).

Maar die Nederlanderin is nie tevrede nie – nej, sy soek bewyse. Nêrens kry sy inligting wat my oupa of groottante skakel met my oupa- en oumagrootjie nie. Die Nederlanderin en my kleinneef het hul doodgesoek na inligting op wiewaswie.nl, maar kon niks kry nie.

Geen probleem: ek tik my oumagrootjie se naam in, kry al die name op die ‘gezinskaarten’ (sensusopnames) op wiewaswie.nl (dodelike bewyse!), som twee briewe op wat in Nederlands deur my groottante geskryf is uit Amerika aan my grootouers, heg ‘n Amerikaanse doodsberig met die sterftedatum aan die e-pos, en siedaar!

GETUIENIS 2.

Ek het op 4 Maart 2017 ‘n boek oor skeepsrampe aan die Overbergse kus (2012) gekoop. Betreklik dun. Teen R200,00. Ek was nogal teleurgesteld dat die geraadpleegde bronne slegs in Engels geskrywe is, want gegewe al die veeartsenykundige boeke uit die 1950’s wat van Franse, Deense, Duitse, Nederlandse en betreklik min Afrikaanse bronne gebruik gemaak het [wat toe nog nie so volop was nie], verwag ek in 2018 nie veel minder nie.

So kom ek op Dr. Jan Malan se boek af (klaar gelees 27 Maart 2018), “Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722” (2017). Malan het in 2010 sy navorsing begin, want êrens was daar ‘n “Malan(g)” betrokke by die hele storie. Genoeg om ‘n Hugenote-afstammeling lont te laat ruik. En deur sy navorsing vlek Dr. Malan ‘n hele paar leuens oop wat gereeld in Afrikaanse en Engelse bronne keer op keer, herhaaldelik, ad nauseum, opduik.

Meestal maak mense blindelings en swaar van E. Rosenthal (‘The Hinges Creek’) en Lawrence Green (‘South African Beachcomber’) se (postmoderne?) fiksie / kontreistories / opgetekende legendes gebruik. Maar wat kan ons nog skok? Hierdie pikkedilletjies is klein teen die film ‘Krotoa’! Dit is mos fiksie wat sommer oornag in die reine waarheid omgetower word. En in feitegidse gepubliseer word.

Nou volgens “oorlewering” het Kaptein van Soest doelbewus landwaarts geseil om die V.O.C. se skip te kelder in die Agulhasrif. Deur die skip te kelder, kon hy vragroof of wrakroof pleeg en op Vergelegen gaan begrawe. Of iemand kry om die grawewerk te doen. Die skelm handlangers/boere sou glo op die duine met rookseine slaggereed staan (haai, amper soos in die verhaal “Die lanternswaaier” (2011)!). Een van die offisiere was boonop bewus van die kaptein se smokkelbedrywighede, en sy lyk word kort daarna met ‘n gapende wond ontdek! Die vrag vol edelgesteentes, goud, silwer en ornamente word in die vrugteboorde begrawe. So gaan Van Soest later na die Kasteel, om nie agterdog te wek nie. Die wrak moet egter ondersoek word – ja, niks lyk snaaks nie, die wrak kan maar aan die brand gesteek word.

Maar Hendrik Klopper, van Vergelegen, raak vreeslik neerslagtig. Sy gewete begin hom pla. En die ander ook. En toe word Klopper doodgeskiet – deur wie, weet niemand nie – en net hy het geweet waar die skat is! En Van Soest is nêrens te vinde nie. Ek haal aan:

“Nog rus die goewerneur nie en uiteindelik word Van Soest, Van der Heiden en Malan van strandroof aangekla. Hulle beken die roof teen die VOC en word gemartel om te onthul waar die skat versteek is. Almal getuig egter dat Klopper dit kan verklaar en dié geheim is saam met hom in sy graf. Uiteindelik is Van Soest ter dood veroordeel en geradbraak. Van der Heyden en Malan is in kettings na Batavia verban.” – bl. 70, “Skeepsrampe aan die Agulhas-kus”, Jeannette Grobbelaar, 2012.

Dit is moeilik om die hele boek (2017) van 161 bladsye op te som in enkele paragrawe, maar kom ons probeer:

Dr. Malan vind egter al bogenoemde is ‘n ‘broodje aap’. Wat in die V.O.C. se amptelike dokumente staan strook nie met Rosenthal en Green se fiksie nie. Die hele skeepsramp kan toegeskryf word aan seestrome, die nalatigheid van loodpeiling wat nie gedoen is nie (en die offisiere en skeepskaptein wat mekaar die skuld toegeslinger het en hulself vervolging probeer spaar het), die weer wat deinserig was en misgissings wat die kaartberekeninge betref. Van Soest het hééltyd by die wrak gebly [terwyl ander Kaap toe gestap het], hoewel hy geen beheer gehad het oor die gewelddadige matrose wat links en regs alles loop staan en plunder het nie.

Die res van die verhaal kan jy vlugtig gaan lees by

Deel 1: https://family.morkel.net/wp-content/uploads/Schoonenberg-Malan-1-Finaal-.pdf en

Deel 2: https://docmh.com/the-philosophy-of-money.html?utm_source=die-voc-skip-schoonenberg-waarheid-en-verdigsel-deel-ii-strandroof-na-stranding-in-1722-pdf&utm_campaign=download

of

Deel 2: https://docmh.com/download/documents-oVIG5tyi9YiJWOBgO4iGtri0gh3vjDByo95ktttthB23ftaUoirIAzyGGr1QUte9t9kMs

Die Raad van Justisie aan die Kaap het die kaptein en sy offisiere aan nalatigheid skuldig bevind en die vonnisse het gewissel van ontslag uit die diens van die VOC tot berisping. Alle (ontslane) bemanningslede is weer repatrieer na Nederland (met goedkeuring van die owerheid). Want hulle moet leef, die wêreld staan nie stil nie. Kaptein Van Soest het ongemerk die Kaap op ‘n Britse skip verlaat. En is in Nederland weer aangekeer – want hy is sonder die medewete van die Kaapse Justisie daar weg. En die Kaapse Justisie wou die (nou ontslane) kaptein eers in die Kaap hou, indien ander sake of verhore weer mag opduik.

Nou waar kom die idee van die “kelder-gedagte” vandaan?  Nóg in die getuienis, nóg in die uitspraak is enige sprake van doelbewuste stranding, skryf Malan. WATWOU NOG ‘N SKAT! Kyk, Van Soest het sy verhoor so lank moontlik uitgerek. En toe die Raad van Justisie aan die Kaap eers in 1724 (twéé jaar na die stranding!)  hul uitspraak lewer, was die Here XVII allermins beïndruk. Hulle het (heel emosioneel) in ‘n brief aangevoer dat Van Soest hul skip aspris gekelder het net om hul goed te roof en te plunder. Daar is die saadjie geplant vir verbeeldingryke vlugte. Van Soest is glad nie in die Kaap ter dood veroordeel nie: hy is van sy pos onthef, het sy rang en salaris verbeur, is onbevoeg verklaar en hy mag nooit weer in die Kompanjie se diens tree nie. Boonop is al sy besittings wat aan die Kompanjie behoort het, gekonfiskeer.

Al hierdie bronne en getuienisse rakende die Schoonenberg-saak (in sy oorspronklike Hollands) is boonop in die Kaapse argief saamgebundel.

GETUIENIS 3.

Ek het in Februarie/Maart begin vertaal aan die “Bête du Gévaudan” uit die Franse Wikipedia in Afrikaans. Sommer as vingeroefening, om te kyk of ek van Frans hou of nie [die antwoord bly met volstrekte sekerheid nee!]. Na afloop van die vertaalpoging, kyk ‘n Franssprekende (wat Afrikaans beter as ek ken) na my werk en maak hier en daar ‘n regstellinkie. Weens ‘n gebrek aan ordentlike tweetalige woordeboeke in Afrikaans, het ek dikwels van die tweedehandse Prisma Nederlands/Frans en Frans/Nederlandse Prisma-woordeboekies gebruik gemaak. Om Engels as abbataal te gebruik sou nie gewerk het nie. Hoe anders sou ek geweet het van ‘n “haakbusdraer” (porte-arquebuse) of “growwe haelkoeëls” (chevrotines) of “hondeknegte” (valets de limiers)? Sulke woorde word kwalik in die grootste en moderne Collins Engels-Franse woordeboeke opgeneem, laat staan nog die Afrikaans-Frans/Frans-Afrikaanse Woordeboek van 1950. Die enigste Afrikaanse uitgawe tot op datum. Interessant genoeg is die Prisma-woordeboekies wat ek gekoop het skaars in die verlede gebruik. Daar is nou al ‘n Prisma én Van Dale-toepassing vir Androidfone, maar ek bly skugter vir sulke tegnologie.

GETUIENIS 4.

Ek het agtergekom mens se houding teenoor Nederlands word baie beïnvloed deur hoe mens “voel”. Dit is glad nie baie logies of rasioneel nie, maar mens leer mettertyd hoe om ‘n taal “lief” te kry. Tog kry ek elke keer die vader van alle hoofpyne as ek ‘n Italiaanse teks deurkyk. Dis net onverklaarbaar.

Nederlands was nog altyd vir my ‘n taal wat met Freudiaanse vrye assosiasie die volgende woorde sou oproep: hout, oud, stokkerig, stug, styf, swaar, bruin wolsokkies, vergeelde albums, mosbedekte grafskrifte, dekadensie, lewensmoegheid, verkalking, sepiafoto’s, vergeelde dagboeke, vaal boekomslae, donker leerboeke, verrotte karvele. ‘n Taal in rou.

Met boonop my grootouers wat albei eens Hollanders was, kon ek allermins die woord “Nederlands” met “jonk” en “energiek” vereenselwig. Selfs by oorklankings soos “The Lion King I & II”-DVD’s het Simba en Nala vir my “oud” en “bejaard” in Nederlands geklink. So ook ander Disney-films. Geers Pardoel se kletsrymery kon my nie oortuig nie – die taal is op sterwe na dood. Daarteenoor is Standaardsduits vir my sprankelend, IMAX-volkleur, ‘n uitgelate karnaval, die sprokiestaal wat prinse en prinsesse praat, karamelwarm, ‘n Jacuzzi gevul met borrelende lemonade, kortom: pret met heliumballonne!

En toe kom “Paw Patrol” op DVD. En dit is vrolike kinderstemme in Nederlands wat deur die oorfone jil en gil. En as KINDERS dit praat, daarin kan lag, woel en krioel, wel, dan… dan lewe die taal mos weer! En as kinders Nederlands kan verstaan, dan, dan kan ek ook mos? Dan is Nederlands nie meer ‘n “verhewe” graftaal nie, maar net anders… ‘n Ander tipe Afrikaans of Duits. Miskien kan ek dit leer skryf, dalk praat?

In die verlede het ek Nederlands deur Duolingo probeer leer, maar elke keer tou opgegooi. “Nee, wat! Ek sal nooit Nederlands verstaan nie!”

Die eerste fout, soos met die meeste windgat-Afrikaanssprekendes wat daar aankom, is om NIE die taalreëls te lees nie. By heelwat kommentare het ek gesien hoe verlekker Afrikaanssprekendes hulle daarin hoe die Engelssprekendes en veral die Amerikaners en Britte sommer lekker sweet. Nederlands is dan SO maklik! Hier is nou hul uitverkore gebied. Dis asof al hulle ‘Empire’-wraak op daardie kommentaarblaaie uitgewoed word. Maar tog ook aan hul minderwaardigheidsgevoel uiting gee.

Maar geleidelik, soos ons vorder van Vlak 8 boontoe, raak die grootgat-kommentaar al hoe minder. En al hoe stiller. Want tot almal se skok is Nederlands nie Afrikaans nie. Jy probeer verniet Afrikaans te MAAK pas.

Maar as jy van die begin af aanvaar: Nederlands is maar net ‘n taal soos Duits met ander reëls, loop dinge aansienlik makliker. Die doel is om soos ‘n Hollander te probeer dink. Dit, dink ek, sou veral ‘n groot struikelblok by die Afrikaner/Boer van destyds op skool gewees het wat vas geglo het hy praat “Nederlands” tuis.

Van die eerste probleme wat mens kry is die woordgeslagte, want skielik is alles manlik, vroulik (de) en onsydig (het). Meisje is net soos by Mädchen in Duits onsydig (‘n het-woord), maar jy weet gelukkig nou reeds waarom: dis ‘n verkleinwoord – ‘das Mädchen’ van die amper uitgediende ‘die Maid’, en ‘het meisje’ van ‘de meid’.

Algaande begin die het- en de-woorde interessante invloede op die byvoeglike naamwoorde uitoefen. Byvoorbeeld:

DE-woord

de grote hond (enkelvoud, bepaalde lidwoord)

een grote hond (enkelvoud, onbepaalde lidwoord)

grote hond (enkelvoud, geen lidwoord)

de grote honden (meervoud, bepaalde lidwoord)

grote honden (meervoud, geen lidwoord)

mijn oude hond

deze oude hond

 

HET-woord

het schone huis (enkelvoud, bepaalde lidwoord)

een schoon huis (enkelvoud, onbepaalde lidwoord)

schoon huis (enkelvoud, geen lidwoord)

de schone huizen (meervoud, bepaalde lidwoord)

schone huizen (meervoud, geen lidwoord)

mijn schone huis

dit schone huis

 

Vir ‘n tyd lank het ek gewonder of die naam “De Oude Arena” (‘n blok woonstelle gebou op ‘n ou, voormalige skouterrein) korrek is.

Dan haal jy maar jou ‘Van Dale’ uit die rak, of jy besoek http://www.vandale.nl/ .

Inderdaad, “arena” is vroulik, ‘n de-woord. In hierdie geval enkelvoud.

‘De’ word vooraan die woord geplaas, ‘n bepaalde lidwoord.

En dus is “De Oude Arena” grammatikaal korrek.

 

Nou wat is die doel van hierdie vroulikheid?

Streng gesproke kan alle selfstandige naamwoorde in Afrikaans ge-“hy” word. Maar in Afrikaans kry ons ook te kampe met verwoede vrouechauviniste (want feministe is hulle beslis nie!) wat uit pure kangeit praat van “Afrikaans bal haar vuis!”. Maar in Nederlands gaan jy onder veel strenger taalreëls gebuk. Vir Nederlandici skeel daar waarskynlik iets met die poppies se opvoeding. Want “Het Afrikaans” is tog onsydig! Dis ‘n taal. Dit moet wees “Het Afrikaans balt zijn vuisten.” Maar ‘n kerk is wel vroulik, dus “de kerk en haar lidmaten”. Dit mag wel. Daarom kan mens ook miskien sê “De Oude Arena en haar inwoners”.

Maar helaas, ‘n boot is manlik én vroulik tegelyk, ‘n ‘schip’ is onsydig, ‘n ‘auto’ is manlik, ‘n ‘wagen’ is manlik, ‘n ‘trein’ is manlik en ‘n vliegtuig is onsydig. ‘n Land is in Nederlands ook onsydig. Dus: “Brittannië en ZIJN koloniën” En my motor? HY ry lekker!

GETUIENIS 5.

Ek lees op GeenStijl.nl (PRAAG se ‘niggie’ in Holland) omtrent referendums, in hierdie geval die sogenaamde “Sleepwet”, oftewel ‘Wet op de inlichtingen- en veiligheidsdiensten 2017’. Dit is afgelei van ‘sleepnet’ + ‘wetgeving’. ‘n Sleepnet word gebruik in die seewater om sommer alle soorte vis, groot of klein, op een slag te vang. Die vis word dan sorteer op die bote. Maar hierdie “sleepwet” het te make met inligting – ‘n hele buurt se inligting word gevis, wat beteken alle privaatgeselsies kan afgeluister word deur die spesiale magte. Van die hele buurt. Gestel Mohammed gesels met Piet, en Jan en Klaas gesels in dieselfde buurt, word al vier hierdie manne se selfone, tablette, ens. afgeluister. Al is daar slegs een verdagte in die hele buurt. ‘n Groot gedeelte van die land het onomwonde vir hierdie wet “nee” gestem, hoewel die uitslag steeds geen versekering bied dat hierdie afluistery sal voortgaan of nie.

Terwyl ons nou oor sulke referendums gesels: By ons dink ek outomaties weer aan die Beskerming van Staatsinligting (Snoerwet). Hierdie wet is deur die meerderheid in die parlement aanvaar, die “tea-gal” Lindiwe Mazibuku het haar moer gestrip en in die ‘States’ verder gaan studeer. Sedertdien het ons niks meer van haar gehoor nie.

Die Suid-Afrikaanse Engelse koerante (met die talrykste lesers, klakouse en Afrikaanse nablaffers!) het nie één naastenby soveel durf soos GeenStijl.nl nie. GeenStijl het druk op die Nederlandse regering geplaas met 427 939 handtekeninge om ‘n referendum uit te roep rondom die EU-assosiasie met Oekraïne. Dit was op 6 April 2016. Om ‘n referendum in Nederland uit te roep het jy ‘n petisie met ten minste 300K handtekeninge nodig. En nou moet jy weet: in Holland word daar, so lyk dit my, bykans elke maand ‘n referendum gehou. In my hele 28-jarige leeftyd het ek nie by ‘n enkele referendum in Suid-Afrika gestem nie – want by die laaste een in 1992 was ek nog ‘n suigeling! By ons in Suid-Afrika word handtekeninge slegs vir ‘griefskrifte’ gebruik. Waarvan niks ooit kom nie. Word hierdie handtekeninge miskien net op die verkeerde tafel neergeplak? Hoeveel mag het die Suid-Afrikaanse burgers om ‘n referendum aan te vra?

Die burgerregtegroepe het miskien nog baie by Nederland te leer.

GETUIENIS 6.

Ek was oudergewoonte besig om deur Deviantart.com te soek na mooi prente, toe ek op ‘n foto van twee jong, spelende Kaapse luiperdjies afkom. In ‘n dieretuin êrens in België. Die gegewens van die luiperds word ook vlugtig genoem. Ook dat die Kaapse luiperd oor die algemeen kleiner as die res gebou is. Hierdie kommentaar is alles in Engels geskryf. Toe ek sien die oplaaier is Nederlands, skryf ek sommer in Afrikaans oor die Kaapse luiperd se verwarrende geskiedenis in die kommentaarbalk. Sommer so spontaan.

Melanisme word in 1883 in die omgewing Grahamstad aangemeld [Kaapkolonie]. Die groot twis ontstaan reeds tussen 1924 en 1932 tussen wetenskaplikes [wetenschappers] Allen en Pocock. Allen voer aan die ‘Kaapse luiperd’ is veel meer gedronge as die luiperds in die noorde (Transvaal en die res van Afrika), en met ander pelstekstuur; die luiperds in die Kaap moet dus ‘n ander naam kry (met die benaming: ‘Panthera pardus melanotica’). Pocock voer weer aan dit is onnodig, melanisme is melanisme.

Maar toe ook sommer oor die politiek:

Die nieregeringsorganisasie, Cape Leopard Trust, maak groot druk om die ‘Kaapse Luiperd’ te red van uitwissing deur bewusmakingsveldtogte in die jare 2003/2004+. Maar géén genoegsame DNS-ondersoeke kon tot dusver bewys “Panthera pardus pardus” (Afrika-luiperd) verskil van die ‘Kaapse luiperd’ (met die oorgeërfde kunsmatige benaming: ‘Panthera pardus melanotica’). Die Trust voer weer aan alle vorige DNS-bevindinge van ander wetenskaplikes is halfgebak, aangesien data, proefnemings en monsters uit die Kaapse omgewing ontbreek. Die skeptici voer aan: indien alle luiperds in Afrika presies tot dieselfde subspesie (onderzoort, P.p. pardus) behoort, waarom moet die ‘Kaapse luiperd’ in die besonder spesiale aandag kry?

Dit alles het ek aangeteken op die Afrikaanse Wikipedia, met die artikelnaam “Kaapse luiperd”.

Daarop antwoord sy:

“Wauw, ik had geen idee van die politieke historie (dat soort zaken krijgen wij hier dan weer niet te horen…)

Wel bijzonder dat er aandacht voor is, in ieder geval!

Bijzonder toch ook wel, dat het speciaal aan de kaapse luipaard wordt gekoppeld, dat melanisme. Ben benieuwd of er ooit nog een uitspraak komt.”

 

Nederland het ook nog baie by Suid-Afrika te leer.

GEVOLGTREKKING

  1. Te midde van die private en staatsinstansies in Suid-Afrika wat al hoe meer Nederlands as ‘oertaal’ of ‘brontaal’ afskeep (sowel die Kaapse as Transvaalse argief is vol Nederlandse dokumentasie, wat die geskiedenis ‘n toe boek maak vir ander Suid-Afrikaners), en so te sê die rugstring van Afrikaans verbrysel, is Nederlands as kultuurtaal belangriker as ooit. Veral om aantygings, mites ens. rondom die geskiedenis te weerlê.
  2. Die kontak tussen Afrikaner/Boer en Nederlanders is weens noue verwantskap of belangstellings nog weinig deurgebreek. Die kommunikasie word egter deels bemoeilik, indien veral die Afrikaner/Boer nie besef die Nederlander beskik oor geen Afrikaanse woordeboek nie. Maar dink die Afrikaner hoe die Hollander die Afrikaanse teks waarskynlik sal lees, word kommunikasie aan weerskante van die Middellandse See vergemaklik. Niks hoef eers op omslagtige wyse vertaal te word nie.
  3. Terwyl Afrikaans tans ‘n effense taalkundige droogte beleef wat tweetalige vreemdetaalwoordeboeke aanbetref, kan Nederlandse woordeboeke en bronne steeds as uitstekende en aanvullende plaasvervangers dien.
  4. Sowel Suid-Afrika as Nederland dien elkeen as proefplaas in vele opsigte. Tog word presies dieselfde foute onbewustelik keer op keer in die onderskeie samelewings begaan, bloot omrede kontak tussen die twee volke (se geesgenote!) nog gans te min is.
  5. Dikwels is al wat nodig is om Nederlands as ‘n springlewende taal te beskou, springlewendige kinderstemme.

Leon Lemmer: Jonathan Jansen oor grenselose interrassige verhoudings

Uit sy boek, Knowledge in the blood: Confronting race and the apartheid past (Lansdowne: UCT Press, 2009, 337p), blyk Jonathan Jansen se algemene benadering tot ideologie/politiek en in die besonder sy toepassing daarvan op die akademie. Wat in my bespreking (Praag 24 Maart) agterweë gebly het, is die opsigte waarin hierdie teks voorbrand maak vir sy 2017-boek (besonderhede hier onder). Die duidelikste aanduiding van waarnatoe hy neig, is in die volgende aanhaling gegee: “The single most important challenge they [white students] face to making it in the new South Africa is to move out of their white comfort zone and to embrace, not tolerate, their fellow human beings who, despite the accident of skin color, are in fact no different from them” (p 90).* Wat Jansen predik, is dat alle mense wesenlik eenders is, dat ras-, etniese en kultuurverskille geïgnoreer kan en behoort te word en dat hulle, wit en swart, mekaar (letterlik) moet omhels en dat daardie omhelsing (soos duidelik uit sy jongste boek blyk) gerus/liefs geslagsverkeer kan insluit. [* “There is no biological basis for race” (Jansen, 2017-boek, p 32) en “legislation made citizens white and therefore by exclusion non-white” (43).]

Jansen se passie is rasse-integrasie. Oor sy tyd aan die Universiteit Pretoria (UP) skryf Jansen: “The [education] faculty leadership [ie Jansen] appreciated and encouraged common learning spaces … including eating together. I must say that for me these were sometimes very difficult [eating] sessions. The white and the black students would, predictably, sit next to one another by race” (134). “In twelve years of deanship at two universities in South Africa, I found that the social patterns of students’ social lives were segregated by race and ethnicity even though they shared the same university campus … African students have their marked space on the campus, gathering in groups on the lawn in the same areas day after day. Afrikaner students have their spaces on the grass, as if someone had circled these areas for communal assembly. Colored students, without exception, assemble in much smaller groups but unmistakably have their familiar areas of congregation. Indian student groups are also unyielding to integration, at Pretoria especially, and with a trained eye it is easy to see from the dress of the young people concerned that Muslim students hang out separately from other students in the Indian community. And even though there might be one or two students of color in the white English circles of students, their spaces too are marked by the same language and ethnic affiliations” (135-136).

Oor sy tyd aan Durban-Westville University skryf Jansen: “I saw, for the first time, the real dilemmas of racial interaction, racial intolerance, and racial camaraderie among African and Indian staff and students. It was here that I found how race and ethnicity could be invoked by and among black [ie nonwhite] people for very destructive political interests. For example, being ‘African’ could be cited to demand privilege against ‘Indians’; being ‘Indian’ could be asserted to retain social distance from the ‘African'” (2). “African” en “Indian” word tussen aanhalingstekens geplaas want “the author uses the word ‘black’ to mean every person who is not ‘white’, since he does not acknowledge apartheid-era classifications op people by colour” (vi). Dit kom neer op ‘n ontkenning of ignorering van ras- en etniese verskille by nie-wittes (heel moontlik ter wille van politieke solidariteit). By blankes, daarenteen, tref Jansen ‘n skerp etniese onderskei tussen Engelssprekendes, wat hy redelik goedgesind is, en Afrikaners, wat hy kwalik kan duld. Anders as Jansen onderskei ek vier geykte rasgroepe: blank, bruin, swart en Asiaat.

“If there is one thing therefore that can be said about schools and universities in South Africa, it is that they are legally desegregated but socially segregated spaces. One reason for these stubborn patterns of racial association is that at the level of teachers and leaders, the same trends are to be observed; in other words, there is no adult modeling of alternative ways of being together among those deemed to be different … in each and every one of these [university] spaces, students are segregated by race. Nowhere is this more firmly defended than among the white Afrikaans students. I complained about this in order to gauge their [Afrikaner] reasoning. Their explanations: ‘But our cultures are different’; ‘We are more comfortable with our own kind’; ‘We have the same language’; ‘This is how we were brought up’; ‘Nobody should force us to be together …’; ‘Why is this a problem? It’s natural for people to be with their own'” (136). Jansen se standpunt is egter: “We needed to steer the students by example toward the goals of social integration that we had set for all our students” (214).

Na aanleiding van wat Jansen hier bo beweer, kan aangevoer word dat hy klaarblyklik die mate van eendersheid by mense oordryf. Hy verlang vrywillige rasse-integrasie, maar as dit nie gebeur nie wend hy hom tot gedwonge integrasie, soos hy by die UV-koshuise gedoen het. Hy erken dat ten spyte van statutêre desegregasie sosiale segregasie voortgaan. Enersyds dui dit myns insiens op die diepgewortelde, dus wesenlike, aard van mense; soort soek soort. Hierdie essensiële aard van mense wil Jansen op grond van sy misleide ideologiese ingesteldheid verander. Andersyds keer hy laat dit bars teen die aanduidings dat gedwonge integrasie klaarblyklik minder natuurlik as vrywillige skeiding is, want dit sal apartheid aan redelikheid laat wen terwyl hy apartheid nooit genoeg kan verdoem nie. Dat Afrikaners uitgesonder word as dié etniese groep wat die sterkste teen rasse-integrasie gekant is, beskou ek as ‘n pluimpie. Dit toon dat Afrikaners waarde heg aan wat hulle is en bereik het, al is daar by Jansen geen waardering hiervoor nie. Jansen kla: “It is hard to teach against ‘innate’ understandings of race secured in the minds and hearts of white students” (137). In hierdie verband maak hy egter nie beswaar teen swartes se benadering tot ras nie; ook nie teen sy eie aanhang van swart mag nie.

By die laaste middagete wat Jansen vir UP-studente aangebied het, het 10 swartes opgedaag en geen wittes nie. Toe kon hierdie elftal lekker gesels. ‘n Swart damesstudent sê toe: “I would really like to date some of those white boys” (138). ‘n Swart mansstudent voeg by: “I would really like to date some of the white girls on campus” (138). Dit was welkome water op Jansen se integrasie-sonder-grense meul. Aanvanklik was hierdie uitlatings “too much for my black consciousness state-of-mind” (138), maar hy herstel gou en komplimenteer homself: “As an experienced teacher stumped for a response, I again played for time. ‘Well’, I said to the now eagerly awaiting audience of ten young black adults, ‘tell me more'” (139). Volgens Jansen kla hierdie studente toe: “What was natural among college students, the act of dating, took on severe and rigid racialized forms. When dancing was organized between two or more koshuise, it was white students going with white students, and by language” (139).

“This criticism had little to do with dating per se and everything to do with the artificiality of social relations between black and white students. What would come completely naturally to young people, the act of dating, was the one firm line that nobody would cross on this race-divided campus. Nowhere was this racial distancing between girls and boys more acute than at the former Afrikaans universities. When I travel … to the English-speaking white universities, I would without fail notice interracial dating; though by no means widespread and common on the English campuses, it nevertheless existed and without the head-turning effects this would have on the Afrikaans campuses” (139). Dit is een van die opsigte waarin Engelssprekende blankes, volgens Jansen, beter as Afrikaners is.

“No knowledge has been more forcefully transmitted from parents to children before and after Apartheid than the knowledge of racial and ethnic purity” (139). “White South Africans can tolerate, to some extent, the ‘innocent mixing’ of black and white where the possibility of sexual relations is remote. But the most vivid image of racial fanaticism – black men and white women – remains a powerful knowledge in the memories of white South Africans” (167). Die “racial distancing between white women and the black dean [ie Jansen] would ease for some white women as they became comfortable with the collegial relationship and … overcame the sexual stereotyping of black men that formed part of the knowledge inheritance of white South Africans” (168). Nie-wittes is glo “more comfortable with open relationships across race and gender [than whites]” (191-192).

“A conditional pragmatism does not, however, mean lifting all the barriers to social interaction; it is conditional, also, in its embrace of the Other. These [Afrikaner] parents would resist any intimate social relations with black leaders [eg Jansen] or parents, and some would disown their children if, for example, a black lover was brought home. Many – though certainly not all – Afrikaner parents would frown on and discourage a black-white friendship, especially if it became known in their white neighborhood and among their white friends. Teaching and leading [!] their children on the university campus is one thing; sharing homes, lives, and loves is another” (241).

Jansen beweer: “Every year I would encounter at least one heartfelt story from a black student and a white student who had found love together. They know this is something I admire and applaud as a completely natural consequence of what happens when people interact with one another on the basis of a common humanity, rather than in response to racial essences that trap their emotions and constrict their thoughts” (228). ‘n Blanke vrouestudent het glo gesê: “I love Thabo … The problem is that if Dad finds out, he will kill me … If we go all the way, and ignore my parents, I will be thrown out of my home and will lose all my family; my parents will disown me, I just know that” (228).

“It is difficult to explain the depth of emotional stress that I experience when I encounter such tragedy. Here the bare bones of human wholeness (in the loving students) and human tragedy (in the disapproving parents) are revealed at the same time. In these repeated stories, two knowledges clash: the knowledge of the past and the knowledge of the future. As a leader [!], what do you say? Fortunately, by the time I got to Pretoria I had as academic leader [!] and university teacher encountered similar difficulties among South African undergraduate students [at Durban-Westville University] who defied boundaries – Muslim and Hindu students, African and Indian students, Muslim and Christian students” (228-229).

“The natural response is to want to encourage the students, to tell them to follow their hearts, to hail them as a necessary generation that will need to break the madness of segregation and the persistence of bigotry. At the same time, such a response must alert students to the very real consequences of isolation and dispossession, an often unbearable loss for any human being and especially for those coming from closed cultures where the affection and endearment of loved ones mean so much to their sense of community, purpose, and direction in life. In the end, I found that the only meaningful role for leadership [ie Jansen] was to affirm the courageous actions of young people and outline the positive and negative consequences of their decisions. In the end, however, it is their decision” (229).

“In a racially divided community, it makes no sense for leaders to teach about multicultural education or espouse values of interracial community if their daily lives do not demonstrate the living out of such commitments” (273). In sy jongste boek word dit duidelik waarom Jansen so fanaties behep met seks oor die wit-swart kleurgrens is. Ook in hierdie opsig beskou hy homself ongetwyfeld as ‘n navolgenswaardige leier of pionier.

Making love in a war zone

Jonathan Jansen en sy blanke vrou, Grace, wie se ouers haar volgens hom verwerp het.

Jonathan Jansen se jongste boek is, Making love in a war zone: Interracial loving and learning after apartheid (Johannesburg: Bookstorm, 2017, 224p, R300; Amazon Kindle $21,65). Op die eerste bladsy van die teks word drie keer na Afrikaans verwys (p 7). Hoofstuk 1 begin met verwysing na landdros AH de Wet wat ‘n ontugwetsaak hanteer (27) en “the iconic photograph of the peeping magistrate in the Apartheid Museum” (31). Soos gebruiklik is Jansen daarop uit om Afrikaners en Afrikaans af te kraak. Op die buitekant van die boek word doringdraad uitgebeeld. Die inleiding begin met ‘n beskrywing van ‘n insident waarin die “swart” Jansen met ‘n wit vrou (“my fiancée” – 10) in sy motor deur ‘n polisieman voorgekeer word. Die bedoeling is om ‘n toepassing van die Ontugwet uit te beeld. Hierdie paartjie het daarna getrou en tydens hulle wittebroodsreis was daar nog ‘n beweerde ras-insident, hierdie keer in ‘n restaurant in George. Dit bied aan Jansen die geleentheid om na PW Botha as “apartheid’s bulldog” te verwys (10). Sy troue hou vir Jansen in “the memory of personal pain about rejection and reprisal by one side of the family for being the darker-skinned partner in a serious relationship. My father-in-law did not show up for the wedding. My future wife had to leave her family home the moment we asked permission to ‘go out’ together” (20).

“This kind of harassment became routine for us as a dating and now married couple, but it was nothing compared with the thousands of people whose lives were destoyed by the separation of families and the denial of love. I would discover some of these tragic family stories in the Section 5 Chronicles, an archival research project for this book in which I invited members of families broken up by apartheid’s race laws to deposit their stories. Section 5 refers to that section of the Population Registration Act (5), which allowed persons to change their racial identities based on ancestry, appearance and acceptance by the community” (10). Jansen se navorsing is uiteraard daarop ingestel om apartheid te diskrediteer. Soos die voorsitter van die UV-raad tereg aan Jansen gesê het: “You seem to have an obsession with that [racial integration and interracial dating and marriage]” (13). Maar die drie voorbeelde van ongeverifieerde (soos by die Waarheids- en Versoeningskommissie) stories wat Jansen aanhaal, lewer nie veel op nie. Jansen se gevolgtrekking is egter: “These three extracts from the archive are illustrative of the pain and confusion caused by ripping families apart by virtue of the race-classification laws of the time” (10). “While the rest of the world started to move away from an obsession with legalised racial discrimination, the South African state bedded down with a definitional madness that would make it a laughing stock among civilised nations” (36). Rassediskriminasie word sedert 1994 met hernude ywer voortgesit, maar in sy nuwe gedaante (bv regstellende aksie) geniet dit die heelhartige steun van Jansen.

Wat Jansen glad nie in ag neem nie is eerstens dat die destydse rasklassifikasie tot op hede in die praktyk voortbestaan en dat dit tans by uitstek ter benadeling van blankes ingespan word. Ook dat dit tans, soos Jansen erken, ter bevoordeling van “black people in general and Africans in particular” gebruik (eintlik misbruik) word (2009-boek, 29, 287). Tweedens toon die deurlopende moontlikheid van herklassifikasie hoe menslik die destydse beleid, ten minste in hierdie opsig, toegepas is. “Those who saw the gap applied for reclassification; few were denied” (2017-boek, 13). Jansen dink egter daar was geen menslikheid in hierdie wetgewing nie. Die wet op gemengde huwelike en die ontugwet “were applied with a vengeance on South African society” (43). Derdens is dit hoofsaaklik in die geval van bruines (“presumably racially mixed”* – 36) dat herklassifikasie soms nodig was, soos duidelik in die tabel (38) aangetoon word. “Race was therefore very fluid” (39). Dit is omdat rasklassifikasie in die geval van blankes, swartes en Asiate maklik is, maar in die geval van bruines is dit moeiliker omdat bruin almal insluit wat deur daardie drievoudige rassif geval het. Dit is die essensie van wat Marike de Klerk oor bruines gesê het. Anders as Jansen dink ek nie dit was die uitdrukking van “racial disgust” nie (46). Vierdens weet Jansen (soos ek) eerstehands dat ‘n ligte velkleur op bv die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in die apartheidsera baie meer gesog as ‘n donker velkleur was. Noudat die bevoordeling omgekeer is, noem ontwikkelde bruines, soos Jansen, hulleself by voorkeur swart, maar wit bly die norm waarna heimelik gestreef word; dermate dat Jansen erken dat vir ‘n nie-witte om met ‘n blanke te trou (sosiaal/kultureel) opwaartse mobiliteit is (32). Sosiaal is daar ‘n gevestigde hiërargie: wit, Asiaat, bruin, swart, met ‘n nie-wit student “dating a white person as ‘the ultimate status symbol'” (51). “Loving down” vind in bv die volgende drie gevalle plaas: “white to black or coloured to African or Indian to black” (32).

[* “Mixed race (meaning coloureds) implies the existence of pure races, a racist assumption” (45). Jansen ontken die werklikheid van rasse, wat meebring dat hy nie kan verklaar waarom sowel die NP- as die ANC-regering die bevolking hoogs effektief in dieselfde vier rasgroepe verdeel nie. As absoluut suiwer rasse nie (meer) bestaan nie, sou dit in die praktyk steeds moontlik wees om redelik suiwer rasse (of etniese groepe) van erg gemengde rasse of (etniese groepe) te onderskei.]

“People continue to drift towards homogenous groups (their own race) when there is absolutely no [!] reason to do so” (14). Jansen gee hier voor dat hy die rasionele element in ‘n see van irrasionaliteit is. In werklikheid is dit verstaanbaar waarom bruines, in soverre die groep ‘n nie-homogene ras is, (biologies) minder groepsgebonde as die ander drie rasgroepe is. Bruines kon wel poog om kultureel in groter mate groepsgebonde te wees. Tydens apartheid was daar tekens van ‘n ontluikende eiesoortige bruin kultuur op bv die UWK-kampus, wat duidelik van blanke, Indiese en swart kultuur onderskeibaar was en steeds is, bv Afrikaans is die essensie van Afrikanerkultuur terwyl dit opsioneel vir (ontwikkelde) bruines is. Hierdie biologiese nie-homogeniteit bring mee dat bruines meer as die ander drie rasgroepe geneig is om seksueel oor die rastou te trap.

“You are more likely to love across the colour line if you are English-speaking rather than Afrikaans-speaking; or if you are coloured by designation rather than African; or if you are Christian rather than Muslim or Jewish or Hindu. There are class distinctions; you are more likely to love without boundaries if you are middle class rather than poor. And there are generational variations; younger couples are more likely to date and marry across lines of race and ethnicity than was the case with their parents” (14). “Within all these variations there are those individuals who break the trend, who stand out [eg Jansen], who defy expectation and who love whom they like” (15). Hy verwys na hierdie geval: “The husband is [an Indian] Muslim, and he married a Hindu woman, while their Indian daughter went on to marry a Jewish boy. This is rare in South Africa or anywhere else in the world, for that matter. Theirs are, no doubt, stories of hope” (15). Hoop op wat? Sulke “intimate couples … signal hope for social transformation” (206). Niks word gesê oor hoe gelukkig mense in hierdie soort verbintenisse is nie maar “interracial married couples have higher rates of divorce in countries like the USA” (210). “Who are the people who defied laws (then) and who defy convention (now) to create these kinds of unions with all the costs involved?” (15). Die samelewingsnorm is anders: “You love within your race, ethnic group, religious community and sexual affiliation” (16).

Jansen vind sy eie gedrag lofwaardig. “I have always been drawn … to … those who lived against the grain of public expectation” (54). “I have always been drawn to people who dwell in the borderlands … Baanbrekers … pioneers. These are people who refuse to be defined by social norms or constrained by historical patterns of association … Border-crossing people” (16). Dus oor-die-tou-trappers, selfs skoorsoekers. Ek sê nie sulke gedrag moet verbied word nie. Maar diesulkes kan gerus besef dat seksuele aktiwiteit wat ras- en etniese grense misken, uiters riskant is. Die huwelik is ‘n problematiese onderneming, wat kwalik ten goede deur grondige kulturele verskille beïnvloed kan word. Wanneer Jansen, oorbewus van sy gesagsposisie as dekaan of rektor, interrassige seksuele aktiwiteit aanmoedig, kan hy gerus in groter mate die jeugdigheid en gebrek aan insig van die studente in ag neem en ook die voorkeur van hulle ouers, wat meesal (dalk altyd) in groter mate as Jansen hulle belange op die hart dra.

In sy 2009-boek het Jansen heelwat ten koste van UP te sê. Noudat hy daar weg is, kom hy met kritiek op UV. US is seker volgende aan die beurt. Hy noem UV “the Mississippi of South Africa. Rural, argricultural, insular, religious and conservative, this is not a place for breaking out” (17). “In this part of the country the practice of racial exclusion continues as if nothing happened after 1994″ (192). “As in other parts of the world – such as the American South, with its history of slavery – region matters in terms of the intensity of reaction to interracial relationships. It quickly becomes apparent in the interviews that Bloemfontein is such a place, part of the very conservative Free State, compared with other regions of the country … It was one of the Boer Republics, so that distinction offers some explanation when compared with the more liberal Cape and Natal provinces of those days … in the rural Free State, the majority of white-owned farms remained beyond the reach of transformative forces … Children trapped inside these racial enclosures, where relations of white masters and black labourers continue undisturbed, would emerge into urban university life and find the transition disorienting. They lacked the competences to adjust to the Bloemfontein campus, where equality of relations was now required as a matter of policy and practice” (188).

“Just as Mississippi is sometimes referenced as a metaphor for race, racism and negative race relations in American literature and public imagination, so too the Free State has come to signify a place of racial conservatism in South Africa” (23). Jansen se weersin is geaktiveer deur “the long history of Afrikaner republicanism dominating the region” (18). In die Vrystaat kry jy nie boere en werkers nie. Nee, dit is glo “white farmers and impoverished black farm labourers” (18). “Racism would often express itself in muscular form, led by [Afrikaner] men who found ready resort in weapons and who routinely [!] abused black farm labourers … overgrown* men in tight khaki clothing … brutalising, sometimes killing, black men” (19). [* Jansen is self oorgewig met ‘n hangpens.]

Daar was “mean racial policies”, soos dat Indiërs nie eens in die Vrystaat mag oornag het nie. Die rede hiervoor was glo “protecting the Boers from competition” (18). Die Bloemfonteinse Afrikaanse koerant, Volksblad, wat kritiek op Jansen gelewer het, word “a racially venomous mouthpiece” genoem (18-19). Waarmee kan hy Afrikaners verder slegsê? “In Excelsior … White Afrikaans middle-class men came for their jollies. Businessmen, politicians and dominees sought interracial sex with black women until the news leaked and the police arrested the black women. Shame fell on the white men, punishment enough … For this book I was not, however, interested in transactional or opportunistic sex but in romantic love and the close bonds of friendship across the invisible but very real colour line that exists to this day” (19).

Die Reitz-voorval is ongetwyfeld die gebeurtenis waaruit Jansen die meeste slaankrag teen Afrikaners geput het. “There is now a growing research [!] literature on the subject of Reitz, the shorthand reference to the racial abuse [!] of black workers by white students. Reitz was the white male residence where the atrocity [!] occurred” (60-61). In geen normale samelewing sou die veroordeling van wat heel moontlik onskuldige studentepret was sulke buitensporige afmetings aangeneem het nie. “Four white students racially [!] abused five black workers” (52). Hoekom? Want dit is ‘n geval van “one of … the white boys appearing [!] to urinate into food that they then gave to the unaware workers to ingest. When a video of this utterly reprehensible event leaked onto social media, the level of anger from all quaters was unprecedented in the history of South African universities [!]. How could young whites born after apartheid do such horrific [!] things to black people?” (52). Let op tot watter verregaande gevolgtrekking kom Jansen op grond hiervan: “This was a rebellion against interracial residences on a formerly white campus. The very idea of such racial closeness, let alone intimacy, was enough to draw out such violent [!] hatred” (52).

“What brings me to this study … is not lingering pain” (oor sy ervaring van sy eie interrassige verhouding en troue) maar “intellectual curiosity … The first objective of this book is therefore scholarly” (20). ‘n Ander “objective is a political one, and that is to deepen our democracy through the project of nation-building and human togetherness” (21). Tydens apartheid was daar “a nation-building purpose to sex and marriage legislation” (42). Jansen dink dat rasvermenging deesdae dieselfde doel kan dien. Die ideaal is glo om “a more just and equal society” te bou (21). “South Africa might have stood out among nations for ‘its morbid fear of miscegenation unparalleled in intensity anywhere else in the world’, but it was certainly not alone in its obsession with interracial intimacy. In fact the two most notorious race-regulating regimes of the twentieth century were South Africa and the United States” (30). “Reprisal as a practice was an everyday experience in race-obsessed regimes such as the USA and South Africa” (189).

“It was not only words that kept interracial intimacies invisible and interracial marriage so rare in the colonial period, under apartheid and in the democratic period … ‘mixed marriage’ was so visible that social ostracism could be relied on to keep such desires in check” (46). “At the root of the continuation of a practice of racial discrimination is the retention of categories of distinction in the way human lives are regulated in the present, eg South African’s insistence on talking about citizens as belonging to ‘population groups’ … namely white, coloured, Indian and African” (47). Jansen ontken halsstarrig die opvallende werklikheid van ras. Hiervoor blameer hy Afrikaners as die hoofsondaars. “The key institutions rendering white separateness and white standards of behaviour normative remain largely untransformed from apartheid to democracy – the white Afrikaans families, schools and churches” (47).

Oor die drastiese vermindering van Afrikaanse skole en die verdwyning van Afrikaanse universiteite (waartoe hy doelbewus ‘n daadwerklike bydrae gelewer het) kla Jansen nie. Hy wil van rasgeïntegreerde skole en universiteite kweekplekke van onder meer interrassige seksuele verkeer maak. “The desegregated white English schools … offer much greater chances of interracial intimacy … such breakthrough relationships hardly ever happen … in the still largely segregated white Afrikaans high schools” (49). “Undoing oppression in dangerous and divided communities requires bringing together the perpetrators and the victims in the same dialogic space. This means there is diminished opportunity for such a dialogic encounter in segregated classrooms” (2009-boek, 260). Volgens Jansen moet dit nie by gesprekvoering bly nie. Veel groter interrassige intimiteit is sy ideaal. Wit en swart op dieselfde kampus is nie genoeg nie. Ook nie wit en swart in dieselfde koshuis nie. Nee, hulle moet kamermaats wees (2017-boek, 48). Die “hostile reactions to the very idea of shared spaces for living and learning has to do with attitudes ingrained in the hearts and minds of young white South Africans” (48). Jansen het sy posisie as rektor misbruik deur nie net die koshuise op ‘n wit-swart 50%-50%-grondslag tot rasse-integrasie te dwing nie, maar ook om ‘n verpligte indoktrinasiekursus vir alle voorgraadse UV-studente in Jansenisme in te stel. Maar: “A short course in the core curriculum or an occassional speech on a university platform was not going to disturb ingrained knowledge about race, racial purity and racial segregation – let alone interracial intimacy” (48).

“The more black students coming into a residence, the more white students would leave … the racial integration on campus would spark the development of private white Afrikaans residences around campuses such as in Bloemfontein” (53), Selfs dit will die wraaksugtige Jansen nie aan blankes/Afrikaners gun nie. “I had exposed in the media a student accommodation advertisement in the local Afrikaans newspaper for ‘non-affirmative action Christian women’; the words ‘white women’ would have sufficed and yet those very words reflected the language of South Africa’s white-supremacist history” (53). Maar is Jansen se gedrag nie dalk ‘n toonbeeld van swart heersugtigheid nie; dat alles moet voldoen aan die vereistes wat hy ingevolge sy swartmag-ideologie stel? “In the English universities there were no deep attachments to residential tradition as among their Afrikaans counterparts, with the result that all-white residences would eventually become all-black residences at institutions like Wits and UCT” (53). Hiermee word ‘n onreg teenoor blanke studente gepleeg, maar daarvoor het Jansen geen sensitiwiteit nie. Terselfdertyd toon hierdie verwysing na twee histories blanke Engelse universiteite dat (anders as wat Jansen graag voorgee) blanke Engelse studente, wat ras betref, nie soveel “beter” as Afrikanerstudente is nie.

“My campus lectures or public speeches urged integration rather than segregation” (48). Rasgeïntegreerde onderwysinstansies help ook met die vervulling van Jansen se ander wens, naamlik die vernieting van Afrikaans as onderrigmedium, want namate die swart komponent van skoliere en studente groter word, word die instansies al hoe meer eentalig Engels. Sowel Jansen as Russel Botman het hulle uitgespreek teen aparte Afrikaanse en Engelse klasse omdat dit nie rasse-integrasie bevorder nie. Integrasiepolitiek is vir diesulkes belangriker as die behoud van Afrikaans asook akademiese oorwegings soos moedertaalonderrig.

Deel van Jansen se navorsing vir hierdie boek was om ‘n video-onderhoud met elk van 10 UV-studentepaartjies te voer (16). Hulle is “deliberately mixed in terms of relationship status” (54). “What these very different couples have in common is that one member of the pair is black [ie non-white] and the other is white” (55). Wat hulle gemeen het, is dat almal in 1994 of later gebore is en gevolglik “born frees” (46) of “Mandela’s children” (50) genoem word. Foto’s van al die paartjies word in die boek by die teks van hulle onderhoud gepubliseer. In al die gevalle word eers die een en daarna die ander lid van die paartjie aan die woord gestel. Hier onder doen ek dieselfde. Oor die gepubliseerde teks van die onderhoude sê Jansen: “The editing was limited largely to matters of grammar, fluency and relevance” (218).

Wat lengte betref is hierdie rubriek ‘n dubbeldoor; ‘n “double whammy,” soos die Amerikaners so graag sê. Lesers wat tyd wil/moet bespaar, kan die volgende tien paragrawe – waarin die gevallestudies bespreek word – oorslaan en direk na die gevolgtrekkings gaan.

Die eerste paartjie is Afrikaanssprekend: ‘n wit predikantsdogter en ‘n bruin dame. Die blanke sê: “When I was in high school I had this best friend, a black guy, and my parents actually told me, ‘You know what, if you were to date we would not have a problem'” (65) Sy sê ook: “You can always learn something from someone if you can just open yourself up to any experience. I think a lot of Afrikaans people limit themselves. They want to stay in their comfort zone” (66). Haar bruin vriendin vertel: “My dad is the one that encourages anything for us. But for my mom, when you date a black, it’s traditions and it is this and it is that … I think they would welcome a white guy more than they would a black guy” (70). Hierdie paartjie is behep met uitdagings (“challenges”). Albei kom uiters vlak oor, maar dit kan te wyte wees aan die onderhoud wat in Engels gevoer is. Die teks lees moeilik, gevolglik het ek ontsien om die res van die boek te lees, maar die ander onderhoude lees makliker. Jansen hou van hierdie paartjie: “They … worked closely together to solve difficult problems of [compulsory] racial integration and the transformation of especially formerly white men’s residences on campus” (63). By hierdie paartjie is dit ‘n geval van vriendskap. Daar is by hulle blykbaar geen sprake van ‘n interrassige seksuele verhouding nie. Van hierdie bruin student word later gesê: “[She] was dating a black African man at the time of writing” (180). Die verskil-ontkennende Jansen kom vervolgens tot ‘n gevolgtrekking wat hom pas: In hierdie “unusually close relationship … their respective ‘cultures’ are anything but different” (180). Volgens Jansen ontwikkel hierdie blanke vrou “a keen moral understanding of what is right and what is wrong, atypically without any sense of racial-group loyalty” (180). “That capacity for unaffiliated judgement of what apartheid society would regard as ‘your own people’ comes from belonging to a decent family” (181). Die militante pro-swart Jansen het myns insiens in hierdie konteks seker nog nooit self die “capacity for unaffiliated judgement” geopenbaar nie.

Die tweede paartjie is ‘n Engelse blanke man en ‘n bruin Engelse vrou. Die man sê: “I never really was taught, you could say, to see colour” (78) maar hy het tog opgelet: “At school you would never see a white girl dating a black guy … the only exception … my Asian friends … could date white girls, black girls, and coloured girls” (79). “My mom is very relaxed about everything” (81). Hy vertel haar: “‘I am dating a girl of colour’, and then she was like, ‘luckily she is not black’. … she was just thinking from a culture perspective; there is a big culture difference” (81). Hy sê: “I think subconsciously it’s engraved into all white people … that you are better, you are superior … You will obviously never get rid of racism” (81-82). “That type of engraving that occurs over the years creates the stigma and the stereotype” (83). “We are all human. We share that humanity … I don’t enjoy the typical Afrikaner perspective … in my faculty … we have all white people sitting on one side of the class and all the black people on another. I used to sit by the black people because I am English [!]” (83). Sy bruin vriendin vertel: “My father would say he was not white, he was flesh, or he was brown … when I was in high school the first guy I dated was Chinese. Then I dated a Greek guy” (85). “When I was in my first year I dated a very, very Afrikaans guy … he got kicked out of the house for dating me. I was in my first year and he asked me to marry him and I ran away” (86). “My father … would always tell me, ‘You don’t have to feel like they are better than you in any way. You are not different from anyone'” (87). “My mother was just like, ‘… you’re an educated woman from an educated family'” (88). Hierdie bruin student voeg by: “There were people who really went through a tough time, and most of them were the black students, especially in residences. Either they were completely ignored by everyone or everyone stayed friends in their groups” (89). Hierdie paartjie het bereik wat Jansen so hartstogtelik begeer. Daar is ‘n brood in die oond: “there is a baby on the way” (88), “the first child born out of a loving relationship” (193).

Die derde paartjie is ‘n blanke Engelse dame en ‘n swart man gebore in Lesotho. Hierdie vrou sê haar ouers is baie liberaal. Haar pa woon in Kaapstad en haar ma in Durban. Sy besef haar vriend “is a different race … I think initially my mother’s response was how my dad was going to react … I am very close to my mom” (94). Die mansvriend het ‘n enkelma wat in Pretoria woon. “My mother is very liberal” (97). Hy was van die begin af in tradisioneel blanke skole. “I didn’t even know what racism was until I got to Grey. Grade 8 was a big culture shock, having to learn Afrikaans and actually seeing how different people are. As time went from Grade 8 to Matric, you would see even the Afrikaans people who were not necessarily racist but very conservative” (95). Hy het sy vriendin “through mutual friends” ontmoet (96). “It got serious a year later … She made the first move” (96). Dit is na hierdie man wat Jansen verwys wanneer hy skryf: “With one exception, all of the students in the couple pairs are light-skinned to varying degrees” (196). Hierdie verhouding is nie volgehou nie. Hierdie dame “now dates a different black student” (210).

Die vierde paartjie is mediese studente, ‘n Indiërvrou en ‘n blanke Engelse man. Hulle is “romantic partners” en daar is die “challenge of religious and cultural identity” (99). “We have been dating for two-and-a-half years” (102, 110). Hierdie vrou is in Indië gebore en het via Lesotho, waarheen haar ouers verhuis het, na UV gekom. “Nobody thinks I am Indian. They think I am either Greek or Afrikaans, a dark-haired Afrikaner” (104). Haar vriend beaam dit: “Everyone thinks she is Afrikaans” (110). Sy sê: “I have not told my parents about him” (102). “My parents never were racist” (101). Sy vertel van haar vorige vriend wat net matriek gehad het. Haar ouers het geredeneer: “His brain has not matured … We are not the same caste, so their mindset is totally different” (103). “My parents fear that I will not be a Kashmiri any more, that I will not follow the traditions … My parents are very conservative, and at the moment the biggest problem about telling them that I am dating a boy, even if he was Kashmiri, is the fact that they immediately think intimacy” (102). “And yet my brother was allowed to date. He had a girlfriend for six years, which my parents knew about, and eventually he also had to break up that relationship. Not because my parents said so; my parents were fine with him marrying her when they met her. She was Malaysian, and my brother and his partner realised that their cultures and traditions would not fit for some reason, and so they decided to break up” (103). Van hierdie Indiërdame se mansvriend word gesê dat sy ma “still cannot really speak Afrikaans” (108) en “My school was a good place, being an English school” (108). “We have never felt like anyone was judging us [this couple]. I think it is different with the Afrikaans students. They could be in the English class, but they are Afrikaans. They tend to keep amongst themselves. My whole time living in Bloem I have not made many Afrikaans friends” (110). Nêrens in Jansen se boek is daar vanweë etnisiteit en kultuur groter weerstand teen interrassige verhoudings as by hierdie Indiërs nie. Hierdie verhouding het misluk. Hulle is “no longer together” (210).

Die vyfde paartjie is ‘n bruin Engelssprekende vrou wat met ‘n blanke Afrikaanssprekende man getroud is. Jansen is hoogs in sy skik met hierdie dame omdat sy hom gehelp het met lesmateriaal vir die verpligte indoktrinasiekursus in Jansenisme (UFS 101) wat deur Jansen ontwerp en uitsluitlik in Engels gedoseer is, selfs voordat die UV eentalig Engels geword het. Sy sê: “I looked different from the other kids” (115). “I was bullied at school because of how I looked” (116). Soos haar ouers is sy as bruin geklassifiseer “even though I don’t look it … They often actually see me as Asian … sometimes when I speak Afrikaans, people would see me as white” (117). “We were not the general loudness of being coloured” (115). “I had an incredibly strong character” (116). ” I am a very strong-willed person” (120). “I spoke English … I learnt very quickly to become more fluent in Afrikaans … In my first year, we went to the South African War Museum, formerly the Anglo-Boer War Museum. I was horrified at what was happening there. It was a lot of white Afrikaners who had gotten together, and they were basically marching against the putting up of a statue of Nelson Mandela … I remember … not wanting to be seen in a crowd like this at all because of what they were marching against” (118). Sy het haar blanke man na haar ouers in Oos-Londen geneem ‘n jaar nadat hulle getrou het. “They didn’t have an issue with us at all, because the family is quite interracial. If I had brought a black guy home, it would not have been the same reaction” (120). Haar man vertel: “Around Grade 4 … we heard that we were going to get English classes. That meant that now other races were going to join the school … To be honest, there were some groups that were seen as ill-disciplined, sometimes because of their colour” (121-122). Voor hulle troue was hierdie paartjie betrokke by ‘n kerkopvoering. “She wanted to show me the ropes about acting, even though I was the director” (123). “My parents actually never had a problem with our relationship … I think it’s because of the church, the Old Apostolic Church. I think in the church we see that it’s not about your skin colour; it’s about what is on the inside. God wants to take care of your soul, and your soul does not have a colour. So, why should we care about colour if we say we are children of God but we cannot live it?” (124). Van sy vrou sê hy: “She will always put God first” (123).

Die sesde paartjie lyk op die foto asof albei bruin is. “They wouldn’t think anything of us” (129), dus hulle word nie as ‘n gemengde paartjie aangesien nie. Die vrou se ma is Engels en haar pa Afrikaans. Haar vriend is blykbaar eerder Afrikaans. Sy en haar ouers het bruin vriende. “I have always had coloured boyfriends. I don’t think I have had a single white boyfriend” (129). Haar vriend sê: “I actually never knew she was white … I thought she was coloured because her friends are coloured … I think it’s the way that I dress sometimes. They can see I am coloured” (131). “I think I am very charismatic” (130). In die studentekafeteria let hy op: “The non-white people sit here and the white people sit there” (132). Jansen lewer die volgende kommentaar op die onsekerheid rakende die rasklassifikasie van die dame: “Race cannot be read off the phenotype or physical appearance of a student [really?]. And so people around these student couples make active and on-the-spot assumptions about racial identity based on a quick survey of epidermal presentation, language usage, attitudes and company kept” (195).

Die sewende paartjie “might only have been really good friends” (135). “We are best friends” (137). Albei is Afrikaanssprekend. Sy is blank en hy is bruin. Hy sê: “There was a stage when I was in high school when I was seeing a white girl. Back then people would be looking” (138). Sy UV-vriendin “has never been home with me” (139). Sy is die enigste kind van geskeide ouers. Dit is haar grootouers wat na haar omsien. “Even though from the past, they have grown and they have changed” (143). Sy was in ‘n laerskool met baie swart kinders en Engels het spoedig die oorheersende taal geword. Sy het daarna ‘n eentalige Afrikaanse hoërskool bygewoon. Haar ouma sê: “I see now how I must read my Bible, that love sees no limitations” (141). Hierdie ouma se kleinkind sê: “I have adapted so well that I can actually be friends with anyone” (142). “I have so many friends who are from different races and different cultures” (143). Sy het aan haar bruin vriend gesê: “‘You are going to come to my wedding’ … I know that I will get a husband that is as comfortable with different racial friends as I am” (143).

Die agste paartjie word beskryf as “both good friends and committed partners” (145). Die man is bruin en sy vriendin is blank. Albei is Rooms-Katoliek. “Growing up among coloureds, your parents also came to think that it was more natural to stay within the same race” (147). Hy het ‘n oorwegend blanke hoërskool bygewoon. “Going to grade 7 was a whole new experience for me, almost like starting school again, because the mentality of everyone and the level at which they did things was not so much to say better, but different” (147). Op die kampus “I would feel a little uncomfortable if we were surrounded by a lot of whites … Bloemfontein is definitely, I think, the hardest place to have an interracial relationship … I showed my mom pictures [of my girlfriend] … and she was fine with it … My dad was very happy because [she] was my first girlfriend … I think they were just happy that I was in a relationship … It was something new because most of my family are in relationships with coloured people. What makes the youth, or our generation, feel more comfortable are the experiences in the school environment, because it is more diverse … more interracial relationships are going to happen when people spend time together, not noticing the differences as much as before” (149). Sy blanke vriendin kom uit “a very open-minded family” (150). Haar ma se agtergrond is Italiaans en Pools terwyl haar pa ‘n Nederlander is. “When I was twelve we adopted … a little coloured boy” (151). Jansen noem hulle ‘n “open and inclusive family” (181). Sy was in ‘n oorwegend blanke privaatskool, wat ook internasionale skoliere gehad het. “At the age of twelve it was compulsory to learn Zulu until Grade 9” (151). “We have never really looked at race in my [parents’] house … They didn’t really notice colour and didn’t really react to colour … you are a person and that is what matters” (152). “Being a multiracial couple was nothing we have ever clicked about until someone actually pointed it out” (154). “My mom said: ‘We are really happy for you'” (155). “I am a people’s person, I love people” (153). “We love each other and we are happy. We do find it’s more the older, Afrikaans people who have more judgement … In my opinion, a white and a coloured would be more looked at than a black and a coloured, because it’s more that whole non-white and white thing … We have been dating for almost fifteen months, and we have already discussed how we are going to get married one day” (156). “I think it has just been so natural between the two of us” (157).

Die negende paartjie is ‘n bruin Afrikaanse vrou en ‘n blanke Engelse vrou. Hulle is “best friends” (161). Die bruin student het Afrikaanse skole bygewoon en sê: “Most of my friends are white girls” (160). “I study in English. I am in the English class. It was my choice because my world is not going to be Afrikaans forever … It is the universal language, so I chose English. My parents support me” (160). “My parents are very liberal in a sense. My mom and dad raised me to never look at someone based on their race” (161). Haar blanke vriendin “sees life as I do. I went home with her and I liked it … [She] is friends with everyone regardless of what they look like … [She] will count as my friend forever. She is someone that I would want my kids to know or to have as a godmother” (161). Die blanke vriendin sê: “I had friends of all races and there were sleepovers at our home with black and white kids. My parents are also committed to equality. My mom definitely sees a person for who they are, not what they look like. Dad has his moments where he is a little more racist” (153). Sy het nog nie haar vriendin se ouerhuis besoek nie. Dit gaan hier klaarblyklik om vriendskap en nie om interrassige seksuele verkeer nie..

Die tiende paartjie is ‘n bruin homoseksuele Afrikaanssprekende man en ‘n blanke heteroseksuele Afrikaanse vrou. Jansen skryf: “I discovered an exceptional friendship of a gay black man and white Afrikaans woman who defied every stereotype of togetherness on or off this Free State campus. The interview was conducted in Afrikaans … and translated into English” (165). Die man sê hy het op skool die Afrikaanse klasse saam met ander bruin skoliere bygewoon. “My mom’s coloured and my dad is black, and no one in our family has white friends who they are so close to … The first time my parents met [my girlfriend], it wasn’t uncomfortable at all …; My mom asks, my dad asks, ‘Is this the woman you are going to marry, my child?’ And then I would say, ‘No. It’s just someone who is very close to me’ … [She] is not my only white friend, I have many others. For me, it’s only human. I like people. That’s all” (167). “I would never want to end my friendship with [this girlfriend]. For me it is for now and forever. The binding factor is love and trust … this really comes with trust. Trust, comfortability, and love for each other” (169). Maar dan noem hy: “I’m doing Honours and she’s not with me … I now struggle because I want to try and get someone in [her] place” (169). “I think she can carry on without me. She can, but I am now more dependent on her than she was on me when we met. At that time, [she] was more dependent on me because she needed more support, but now I completely need it from her” (170). Sy vriendin sê dat haar vriend “very quickly becomes negative … This is where I could encourage him … I had to study throughout the night. We mostly studied through the night together. We sometimes studied at his residence, but mostly at my flat because it’s too noisy for me at his residence … sexually he feels that he doesn’t fit in anywhere … though [he] is a social butterfly and has ten million friends, he would never tell anyone about my past or anything like that” (171). Haar ouers is albei dood. “I was eighteen when they died” (172). “My mom … taught me from a very young age that there is no difference between you and a black person. When I was small, my mom said their cookies were just left in the oven a little longer. Jesus just forgot them in the oven a little longer. This is why they’re a bit darker” (171). Jansen was lank in daardie oond. “In our street, my two black friends lived opposite us and my mom allowed them to sleep over at our house and allowed me to go and sleep over at their place … So perhaps because I grew up in this way I am drawn to and sometimes feel more comfortable with other race groups than with members of my own race group … If I could take [my boyfriend] home, I think my mom would definitely have accepted it … I could see my dad was not crazy about the idea … He didn’t really know how to deal with black people” (172). Sy was in ‘n Afrikaanse hoërskool. Sy is die moeder van ‘n kind oor wie geen besonderhede verskaf word nie, behalwe dat Jansen verwys na “a baby born out of wedlock” (200). Dit is hierdie feit wat van deurslaggewende belang is om hierdie vriendskap te verstaan. Sy sê: “I can honestly say in my university classes the white students would never share notes with me. Never. Because I’m an outsider, totally. I don’t talk to them at all because I don’t have time for friends” (172-173). Haar vriend “was responsible for getting the notes … I would never have obtained my degree without [my friend] because sometimes I couldn’t be here and sometimes I felt I simply couldn’t do it any more” (173). Dit is duidelik dat sy as ‘n enkelouer nie al die klasse kon bywoon nie. Sy het haar vriend nodig gehad om die klasaantekeninge te bekom. Hulle het mekaar ook in hulle studies aangemoedig. Hy en sy “perhaps serve as benefits to each other” (174). Sy sê: “People sometimes get the wrong idea about us” (172). “People would stare, assuming we were lovers because we were sitting and eating together … In class, we shared notes, but later the students accepted it and realised there was nothing sexual between us” (173). Jansen noem dit ‘n “very close friendship” (200).

Jansen begin sy gevolgtrekkings oor die onderhoude met die volgende stelling: “There are no longer any legal barriers to interracial love or marriage, and no physical barriers to racial integration in the classrooms and residences of formerly white universities” (176). Die ironie is dat hierdie opset, wat vir Jansen hemels is, nie aan die tradisioneel swart universiteite geld nie. Soos in die geval van die tradisioneel blanke skole is dit die tradisioneel blanke universiteite wat veelrassig geword het. Tradisioneel swart skole en universiteite is steeds oorweldigend swart sodat rasvermenging kwalik daar kan voorkom. Oor die tien paartjies in sy gevallestudie skryf Jansen: “Though they were born and raised after the end of apartheid, the close friends and lovers have lived in the shadow of harassment and hatred … The first thing these post-apartheid couples discovered was that when you cross the line separating black and white in South Africa, there will be blood [!]. In other words, there is a price to pay among friends, family, peers and even complete strangers. We know that while intraracial relationships proceed relatively smoothly, interracial relationships, whether as friends or lovers, bring the wrath of society down on the heads of courageous couples” (176). “Even though the laws regulating racial association have been lifted, the social practices that allocate racial place and privilege still operate with painful consequences for those who bear the brunt of an unrehabilitated society” (197).

Vanwaar hierdie weersin in (intieme) interrassige verhoudings? “It comes across as a general position that is held, an anti-black stance” (177). Soos gebruiklik is Jansen hier pro-swart en anti-blank. In die onderhoude is dit duidelik dat nie-wittes (veral Indiërs en swartes en nie soseer bruines nie) ook besware teen (intieme) interrassige verhoudings het. “Black people react with the same racial essentialism to which they had been subjected by white racism” (187). Dan volg hierdie skandalige aantyging: By nie-wittes is daar glo “a sense of once again being devalued [!] by white standards” (187). Jansen erken dat die Indiër “the fiercest father reaction among the couples studied” geopenbaar het (178). Jansen skryf dan hierdie Indiër se houding – “very Indian” (179) – ewe gemoedelik toe aan “traditional Indian norms” (178). Maar Jansen openbaar nooit sodanige verdraagsaamheid jeens tradisionele blanke norme nie, veral nie jeens Afrikanerwaardes nie. Hierdie verskil in taksering blyk duidelik wanneer hy later skryf van “racist white or traditional Indian family units” (204).

Let op hoe Jansen blankes, sekerlik spesifiek Afrikaners, se gal werk: “Culture often functions as the more respectable code word for race … Race is too crude a reference in everyday South African talk … ‘Our cultures are different,’ I would often hear white students say … It is as if the word culture itself justifies separateness” (180). Weer eens word blankes vir kritiek uitgesonder. “To date [a black person] … should not be a problem, in a normal society … But this is South Africa with its looming past hanging over race relations” (180). Jansen versuim egter om bv Indië, met sy tradisionele kaste-stelsel, as ‘n abnormale samelewing te brandmerk.

Jansen, ironies a swartmag-aanhanger, stu voort met sy anti-blanke vertolking en sy ignorering van die weerstand teen intieme interrassige verhoudings wat daar by baie nie-wittes aangetref word. “Consistent research elsewhere, signalling on the part of black parents (compared with whites) is more positive [ie upward mobility?], if somewhat guarded, when it comes to interracial intimacies. In none of the cases were there any early signs of negative messaging when it came to relations with white people. This makes sense, of course, historically, the obsession of colonial and apartheid [ie white] governments was with protecting the so-called [!] purity of the white race. Racial insulation was not an obsession of black people” (182).

Hoekom is Jansen so fanaties ten gunste van rasgeïntegreerde skole en universiteite? “Children who attended white or overwhelmingly white schools will struggle much more with racial integration in universities and in society than those whose schools were more integrated. And those from segregated schools will find it much more difficult to enter into interracial love and friendships than those who had such experiences before they started university” (184). “When opportunities for learning and living together are lost to white and black students through the experiences of segregated high schools, they bring an uninterrupted and bitter knowledge onto the university campus” (187). Jansen kom met hierdie onbedoelde kompliment vir Afrikaners vorendag: In die geval van “white Afrikaans-speaking youth … the tendency is strongest to remain loyal to language, culture and ethnic group” (185). “The more intimate the scenarios became, the lower the comfort levels among some groups of students” (187).

Samevattend skryf Jansen: “White-coloured friendships and intimacies still are more common than white-African liaisons, and that black African men in relationships with white women remain an exception” (196). Daar is klaarblyklik “differential assimilation … skin tone matters in interracial dating preferences. The student couples would find that hierarchies of race still matter in South African society. For many in the coloured community, marrying white is a movement of upward status … Black African, as under apartheid, is lowest on the social hierarchy of racial preference in the ordering of South African society” (196-197). “Racial stigma and stereotype outlasts racial laws and policies … differential value … places whites at the upper end of the preference scale and Africans at the lowest end. In this sense, apartheid did its work well” (205). Maar dit is ook die geval in samelewings wat nooit onderhewig aan apartheid was nie.

Jansen keer terug na sy allerhande soorte kennis (soos uiteengesit in sy 2009-boek, Praag 24 Maart). “Scripted knowledge is the knowledge acquired by human beings about how to behave in particular situations. The social situation, in this context, is the interracial encounter in public spaces. The reacting parties are working off their scripted knowledge about how to respond to black and white couples who break the unwritten rules about racial intimacy. Their reaction is not spontaneous; it is acquired from years of direct and indirect learning about what are acceptable relationships, and what are not” (202-203). Jansen is hier weer besig om sy oortuiging te probeer regverdig dat rasse-integrasie natuurlik en rasse-segregasie onnatuurlik is. Grondliggend is daar die dogma dat daar nie so iets soos ras is nie, dat ons almal dieselfde oerhistoriese oorsprong het, asof dit kon verhoed dat oor millennia grondige verskille in bv kultuur ontwikkel het.

Jansen beweer “this book … offers … a conceptual approach that privileges understanding over judgement and empathy over criticism” (220). Ek het egter probeer aantoon dat daar ‘n buitensporige neiging tot veroordeling van en kritiek op Afrikaners in die boek is. Uit sy perspektief skryf Jansen oor die tien paartjies: “These human actors still reach out over racial, ethnic and class divides in order to make more perfect relationships after apartheid” (220). Maar Jansen skryf ook: “At the time of writing (at the end of 2016), all but two relationships have ended” (210). Al wat nog bymekaar is, is die vyfde (die twee getroudes) en die tweede (van brood-in-die-oond faam) paartjie. Laasgenoemde twee “continue to thrive” (210), maar Jansen meld nie of hulle getrou het nie. Die laaste sin van Jansen se hoofstuk oor sy gevolgtrekkings klink gevolglik onoortuigend: “What these courageous young people demonstrate in a still-divided and dangerous society is the possibility of what can happen when institutions (the home, the school, the university and more) are themselves transformed to make living, learning and even loving together a reality despite the ever-present past” (210-211).

In hierdie studie is Jansen se siening van homself “the university’s leader-manager [who] turns into the scholar-researcher” (218). Jansen het as rektor hierdie studie onderneem en tien studentepaartjies aan video-onderhoude onderwerp, waarvan hy die teks saam met hulle foto’s, asook hulle name, vanne, studierigtings en heelwat inligting oor hulle gesinsagtergronde, in hierdie boek gepubliseer het. Ek bevraagteken die etiese verantwoordbaarheid van die publikasie van hierdie navorsing in hierdie boekvorm. Hierdie twintig studente was jonk en onervare en daar is heel moontlik sommige van hulle en hulle ouers wat ongelukkig is oor die manier waarop Jansen hulle jeugdige verhoudings permanent geboekstaaf en wêreldkundig gemaak het. Dit is om hierdie rede dat ek, anders as Jansen, nie een van hulle by die naam genoem het nie.

Leon Lemmer: Jonathan Jansen se marxistiese mentaliteit

Ek wil Jansen se jongste boek, Making love in a war zone (Johannesburg; Bookstorm, 2017, 224p, R300; Amazon Kindle $21,65), waarin hy rasvermenging/verbastering/hibriditeit bepleit, bespreek. Soos dikwels die geval is, hou hy homself as toonbeeld voor. Ek ag dit egter nodig om eers te skryf oor Jansen se boek wat as aanloop hiertoe gedien het, Knowledge in the blood: Confronting race and the apartheid past (Lansdowne: UCT Press, 2009, 337p). Voorheen het ek ‘n ander boek van Jansen, As by fire: The end of the South African university (Cape Town: Tafelberg, 2017, 287p, R280; Amazon Kindle $23,34), bespreek (Praag 15 en 22.07.2017). Ek skryf hierdie en die volgende rubriek oor Jansen op die gevaar af dat dit die indruk kan wek dat Jansen meer aandag ontvang as wat hy verdien. Naas sy anti-Afrikaner- en anti-Afrikaansgesindheid is daar egter sy (kulturele) marxisme waarteen ernstig gewaarsku moet word. Jansen se marxisme is eerder van ‘n sosiale as ekonomiese aard sodat sy eie welgesteldheid hom geensins pla nie.

Jonathan David Jansen (gebore in 1956) het die graad BSc aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal, waarskynlik danksy ‘n studiebeurs van die Departement van Kleurlingsake. Daarna was hy ‘n biologie-onderwyser in Vredenburg en Distrik Ses. Dit was destyds vir dese en gene maklik om ‘n Amerikaanse studiebeurs te bekom, mits jy nie-wit is. Jansen is in 1985 na Amerika. Aan Cornell University het hy die graad MSc behaal en daarna die graad PhD aan Stanford University. Albei hierdie universiteite is bekend/berug vir hulle fanatieke pro-swart gesindheid. Die titel van Jansen se doktorale proefskrif is: “The state and curriculum in transition societies, Zimbabwe 1980-1990” (1991, 265p). Daar is geen grondverskuiwende insigte in hierdie tesis wat daarop kan dui dat ‘n internasionaal gerekende opvoedkundige op die punt was om sy toetrede tot die akademie te maak nie.

Jansen het ses jaar lank in Amerika vertoef en het onder meer tyd gehad om aan anti-apartheidsbedrywighede deel te neem (p 1 – alle bladsyverwysings is na sy 2009-boek). In 1991 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en aanvanklik nie-akademiese werk in Johannesburg gedoen (2). Die jare negentig was egter die tyd toe die spook van transformasie (wesenlik verswarting en verengelsing wat betref studente en dosente/personeel) aan die plaaslike universiteite begin loop het. Jansen is in 1994 as departementshoof en daarna dekaan van opvoedkunde aan die Durban-Westville University aangestel sonder dat hy, soos tradisioneel vereis word, deeglike (eintlik enige) ondervinding van akademiese doseerwerk gehad het.

As deel van Johan van Zyl (rektor 1991-2001) se oordrewe en akademies hoogs skadelike transformasieplan aan die Universiteit Pretoria (UP), is Jansen in 2000 as dekaan van die fakulteit opvoedkunde aangestel. Jansen beweer dat hy uitgenooi is om aansoek om die pos te doen (4). Van Zyl het in 2001 die uitvoerende hoof van Sanlam geword en ook daar groot ontwrigting en smart by blankes weens sy oordrewe transformasiebeleid veroorsaak. Jansen het in Pretoria aangebly en tot 2007 daar alles in sy vermoë gedoen om van UP ‘n nie-Afrikaner- en ‘n nie-Afrikaanse universiteit te maak. Hy verwys na “the decency of revolt” (1) en “the centrality of education in the resistance project” (2). Jansen is dermate met linkse ideologie besoedel dat geen objektief-wetenskaplike benadering van akademiese werk van hom verwag kan word nie. In Durban “I started to teach and engage black [Indian] university students about the meaning of struggle and the trajectory of change … guided by the pain … of students” (2).

Jansen se 2009-boek is sy “account of change at the University of Pretoria” (xi). Die hooftitel is ontleen aan ‘n gedig van Macdara Woods (v). “Knowledge in the blood for me means knowledge embedded in the emotional, psychic, spiritual, social, economic, political, and psychological lives of a community” (171). Jansen se definisie kon baie korter gewees het. Die kennis wat Afrikaners in hulle bloed omdra, dus wat Afrikaners wesenlik tradisioneel/histories is, is vir Jansen absoluut verwerplik terwyl die kennis wat swartes in hulle bloed omdra die soort kennis is waarna Afrikaners moet streef as hulle hulle wil reinig van die smet van apartheid. Hy is vervul met wanhoop oor Afrikaners want “knowledge in the blood is not easily changed” (171). “Political and cultural identities are not like an overcoat that can be slipped off as easily as weather changes” (250). Jansen vertel met smaak hoe die rektor glad nie belang gestel het in die kandidatuur van die drie Afrikaners wat op die kortlys vir die dekaanskap was nie. Van Zyl het nie eens hulle onderhoude bygewoon nie (5). Hy wou (ten alle koste) ‘n swarte (eintlik bruine) as dekaan aanstel. Jansen bestempel Van Zyl as “charismatic”, “smart” en ‘n “political entrepreneur” (4). “Van Zyl … left an indelible mark on the institution [UP]” (5), maar nie in die sin van verbeterde akademies-wetenskaplike gehalte nie.

In 2009 is Jansen as rektor aan die Universiteit Vrystaat (UV) aangestel. Weens transformasie was dit weer nie vir hom nodig om teen blanke kandidate mee te ding nie. Die voorsitter van die UV-raad, Faan Hancke, het maande voor Jansen se aanstelling telkens die versekering gegee dat ‘n blanke nie as rektor aangestel sou word nie. Teen die feite in en kenmerkend Jansenisties skryf hy: “I had decidedly not thought of myself as an affirmative action candidate” (153). In die middel van 2008 het Jansen die manuskrip van hierdie boek aan Stanford University voltooi. Dit is my oortuiging dat geen rasionele akademikus Jansen vir die pos van rektor sou oorweeg het as die inhoud van hierdie boek voor sy aanstelling bekend was en afdoende verstaan is nie.

Teen die einde van verlede jaar is Jansen as ‘n dosent en navorser in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel. Toe het die rektor, Wim de Villiers, Jansen op die US-webwerf (20.10.2017) as “one of the leading pedagogues of our time” geloof, al is dit bekend dat die US deesdae by voorkeur nie-wit dosente aanstel. In ‘n nota voor in die boek word gesê Jansen “does not acknowledge apartheid-era classifications of people by colour” (vi). Dit stel hom in staat om homself nie as bruin nie maar as swart te herklassifiseer. Die feit is dat hy ingevolge apartheid se rasklassifikasies met die toekenning van studiebeurse en aanstelling in poste bevoordeel is. Jansen behoort goed in te pas by die ontaardings- en ontwortelingsproses waarmee De Villiers besig is. Saam sal hulle kan sorg dat die laaste reste van ‘n Afrikaner- en Afrikaanse US vernietig word. Jansen noem ‘n vorige US-rektor, Chris Brink, wat soos Jansen sterk anti-Afrikaner- en anti-Afrikaansgesind is, “openminded and accommodating” (121). Brink se opvolger, Russel Botman, het dieselfde gesindheid geopenbaar. Jansen sal nie beswaar hê teen die US-koshuis wat na Botman vernoem is nie. Hy het wel beswaar teen ‘n koshuis met die naam Huis Voortrekker (126).

Wat in Jansen se boek staan, is verregaande. Die eerste sin van die “Acknowledgments” lui: “I dedicate this book to my white Afrikaner undergraduate students” (ix). Daar is dus geen twyfel dat Afrikaners in Jansen se visier is nie. Die eerste sin van die “Prologue” lui: “It will never happen again” (1). Wat dikwels oor Naziïsme gesê word, word hier hoogs onoorspronklik op apartheid van toepassing gemaak. Volgens Jansen se insig is die “two great events of the 20th century, the Holocaust and Apartheid” (52). Die hele proloog is eintlik ‘n loflied vir homself. Soos Jansen se gewoonte is, word talle (onverifieerbare) staaltjies dwarsdeur die boek vertel wat fiktief aandoen of ingeklee word soos dit hom pas. Wat hierdie anekdotes gemeen het, is dat Jansen dink dat hy deurgaans die held is. Wat interessant sou wees, is as ‘n mens kon weet hoeveel keer hy homself in hierdie boek beskryf as die “black dean” en die persoon wat as leier en uit ‘n gesagsposisie funksioneer; “one who exemplified the taking over of white space and white authority” (234). Hy is heeltemal oorbehep met sy velkleur, die pos wat hy beklee, die gesag wat hy oor blankes uitoefen en die briljante leiding wat van hom uitgaan. In die UV-rektorstoel het hierdie dinge waarskynlik toksiese afmetings aangeneem.

Jansen het nie die akademiese verfyndheid om duidelik tussen kennis (in mense se koppe) en inligting (buite mense se koppe) te onderskei nie. Sy kennis van kennisleer/epistemologie is ongetwyfeld gebrekkig. Inligting word dikwels sonder meer kennis genoem. Aan UP was Jansen se rasgebaseerde klagte: “Knowledge is racially distributed and racially owned, for the important decision makers at the head of the organization are still white … I believe the most important impediment to the racial transformation of academic staff appointments at universities such as Pretoria is that the control over knowledge of processes, resources, and space is still largely in white hands. Knowledge is control” (156). Sedert 1994 beskik die ANC-regering egter oor, of het toegang tot, al die nodige kennis/inligting maar pleks van ‘n redelike mate van beheer oor landsake uit te oefen, is daar veeleerder chaos. Waarnatoe wend Jansen hom vir ‘n oplossing van hierdie probleem? Na marxistiese kritiese teorie. “Critical theory has yet to come to terms with this problem of knowledge and control within universities and how they operate to maintain ideological power and racial privilege at historical white institutions” (157). Is swart mag en swart bevoordeling aan swart universiteite/instansies nie ook problematies nie?

Later verwys Jansen na sy en sy “progressive friends” se (onkritiese) aanhang van kritiese teorie (255). In Amerika “I was raised as a graduate student on critical theory” (256). Hiermee erken Jansen die marxistiese kern van sy pedagogie. Hy het (soos Russel Botman) lof vir bv Paulo Freire (1921-1997). Hy verwys goedkeurend na diegene wat ten gunste van feminisme en anti-koloniale retoriek is en rasteoretici wat die werklikheid van ras probeer ontken. Wat hierdie elemente en Jansen gemeen het, is dat hulle “activist educators” is (256); dus dat hulle hulle ideologiese voorkeure aan studente opdring pleks van hulle daadwerklik op te voed.

“For someone coming out of the oppressive regime of Apartheid education, critical theory was almost an inevitable attraction to help understand and change not just racist pedagogy in South Africa but the entire oppressive system within which it anchored its logic. Critical theory … offers a lens for understanding the role of schools in perpetuating and subverting the race, class, and gender interests of state and society … Critical theory receives and constructs the world as divided between black and white, working and privileged classes, citizens and illegal immigrants, men and women, straight and queer, oppressors and oppressed; its dialogical pretenses notwithstanding, the world is taken as torn among rival groups. Critical theory then takes sides, once this divided world is constructed in terms of these polarities. The goal of a critical education is liberation, to free the oppressed (those on the underside of history) from the shackles of their oppression, and to take on evil systems and resist the agents of exploitation … The evangel of critical theory therefore enables us to see the world from the perspective of those denied human rights or economic access or racial justice … it remains a pedagogy of the oppressed” (256-257).

Waarmee die marxistiese Jansen hom besig hou, is “postconflict pedagogy” (259); dus “the [white] bodies in the classroom, who carry knowledge within themselves … must be engaged, interrupted, and transformed” (258). “A postconflict pedagogy demands that the received knowledge of white students be engaged and interrupted. They, too, are victims of Apartheid, and their heroic stories of conquest and narratives of uniqueness must be disrupted in ways that achieve liberation for white students” (265). “A postconflict pedagogy is founded on hope” (270). Hier vind Jansen as aktivistiese dosent aansluiting by kameraad Russel Botman. “Hope requires recognition of racism and the privilege it bestows; hope demands that the consequences of white history and power be redressed” (271). “I distinguish stories that remind black children about their shared heritage of a colonial past or a slave history (which is crucial [!]) from stories that conclude with a terminal ending of despair and distress. What destoys hope is that the story of the bondage of slavery is not always accompanied by a story of the bravery of the enslaved” (272).

Jansen het dit teen die sogenaamde beangste kennis van Afrikaners wat hy as wesenlik beangste mense uitbeeld. “What I saw was a fearful people, anxious about personal futures and institutional fate; concerned about jobs and security; nervous about ‘transformation’ and what it might portend; and aware of the fragility of language, custom, and culture. Everywhere around me, I witnessed a community struggling to come to terms with loss and change” (7). “The system of Apartheid depended on the few Afrikaner universities, including Pretoria, to generate the fraught knowledge and the loyal expertise that would sustain the system of racial separateness and racial dominance in every sphere of society” (3). In alles wat eie aan UP was, lees Jansen die soort politiek wat hy afkeur, bv die ossewa op die universiteit se wapen (3, 216). Hy wil klaarblyklik nie die touleier wees nie. In sy eie oë is hy ‘n wonderlike anderste soort leier.

“I was excited about working in a completely new terrain, attacted as I always am by challenges that render me a stranger and intruder into a new culture” (4). Wat was verkeerd met UP? “All the professors were white, all the heads of department were male, and all the white administrative staff were Afrikaners” (5). Waarom mag ‘n akademies voortreflike universiteit, wat oor baie dekades deur Afrikaners opgebou is, nie as sodanig voortbestaan nie? Nee, Jansen is eerder daarop ingestel om die ANC-regering se inmenging in universiteitsake te bevorder en geen waarde aan akademiese vryheid en universitêre outonomie te heg nie. Jansen sien homself as “a leader bent on transforming this white university” (18). Sy passie was die verswarting en dus verengelsing van UP en daarna UV.

Jansen het ‘n weersin in die foto’s van sy voorgangers omdat daardie dekane almal “stern and austere Afrikaner men” was (6). “They would be buried” (217). Aan UP van weleer is uitmuntende werk in opvoedkunde gepubliseer maar beterweter Jansen maak dit alles af as “pseudo-scientific pretenses” (298) en “offensive and outdated materials” (131). “I again asked myself how whites had managed to fool black people for so long with the myth that they had academic standards” (210). Jansen het waarskynlik akademies minderwaardig gevoel weens sy gebrek aan substansiële akademiese ondervinding en prestasie. Hy erken eintlik met die frase, “what I was passionate about” (xi), dat sy boek wat ek hier bespreek eerder emosionele galbrakery as ‘n akademies-wetenskaplike werk is

“Afrikaans was not my first language” (4). Afrikaans is ook nie sy huistaal nie. Maar dit is ‘n politiek-gemotiveerde keuse wat Jansen gemaak het. Afrikaans is letterlik sy moedertaal, maar soos by so baie ontwikkelde bruines is daar by hom geen lojaliteit jeens Afrikaans nie. Hy verkondig selfs die soliede twak dat Afrikaners beweer “that they created out of nothing their own language” (61). Hy noem Afrikaans “a familiar but uneasy language. Like many black South Africans, I felt uncomfortable with Afrikaans” (7). “I tried to improve my facility in Afrikaans” (20-21). “I was trying to communicate in Afrikaans when the strongest emotions and the language fluency I had available were in English” (233). Wat Afrikaanse skole betref kom Jansen met die gemene en verderflike argument van “keeping out black children and teachers under the pretense of protecting language rights” (10).

“Afrikaans becomes a respectable way of keeping out black people without the burden of having to make nasty racial arguments” (36). “Afrikaans would be incited as a shield to fight battles over other things” (246). “The shift in language policy at a university is not simply a pragmatic response to include black and other non-Afrikaans speakers; it is read as an attack on the last vestiges of Afrikaner culture and heritage” (69). Omdat hy geen erg aan Afrikaans het nie, kan/wil Jansen hom nie indink in Afrikaners se opregte gehegtheid aan hulle taal nie. Dan openbaar hy die sluwe paai-laai wat hy aan UV uitgehaal het: “Shifting the language policy toward English too quickly would alienate Afrikaans students” (19). “UP will inevitably move toward becoming an English-medium university” (247).

By Jansen is daar nie ‘n gematigde houding jeens blankes nie. Hy beweer dat sy grootouers se eiendom in Montagu aan blankes gegee (“given”) (89, 91) is, terwyl daar destyds ingevolge die groepsgebiedewet in werklikheid nooit sprake van onteiening sonder vergoeding was nie. Dit is waarom die ANC met sy beoogde owerheidsdiefstal van blanke eiendom nie kan beweer dat hy soos die NP-regering maak nie. Maar Jansen se valse vertolking, “what whites stole from my grandparents” (92), verklaar glo sy “hatred at the time for all things white” (89). Plekke soos Distrik Ses “bred within me a deep anger and resentment toward whites. By the time I was introduced to the philosophy of black consciousness, I found this assertive thinking that made black identity and black power central to its ideological tenets much more appealing than the nonracialism of Nelson Mandela’s African National Congress. I had firm views about white privilege and a very clear understanding about redistribution from white hands back to the original inhabitants of the land” (6). Wie was hierdie oorspronlike inwoners? Die Khoi-San en sekerlik nie die swartes nie.

Jansen is ‘n aanhanger van swart mag, maar dit is juis uit hierdie oord dat blanke heerskappy (“supremacy”) veroordeel word. Dit is moontlik dat blankes nie ten koste van ander ras- of etniese groepe bevoordeel is nie; dat hulle sukses aan visie, kreatiwiteit, kundigheid, werkywer, ens, toegeskryf kan word. “What whites achieved was on the basis of their own hard work in a barren land through superior skills” (39). Inderdaad! Dit is waarom Suid-Afrika voor 1994 die suksesvolste en vooruitstrewendste land in Afrika was. Maar mense soos Jansen en Nelson Mandela dink anders. Mandela is in 1991 verhoed om ‘n toespraak op die UP-kampus te hou toe Afrikanerstudente nog murg in hulle pype gehad het.* Mandela sou toe (soos ook in sy outobiografie) op sy misleidende en vermetele manier gesê het: “Whites are living on a volcano. They are deluded if they think they can continue to live as they have on the backs of Black South Africans” (116). Jansen noem dit “a masterful speech that was conciliatory” (116). [* Jansen verskaf ‘n tabel met besonderhede van die protesaksies wat UP-studente in 1990-2007 teen transformasie geloods het (118-119).]

Suid-Afrika onder blanke beheer word ‘n “settler state” (24) en agterlik (25) genoem. Nelson Mandela word geloof as “the international icon of political liberation and human decency” (26). In 1994 neem Mandela se “impressive leadership” ‘n aanvang (27). “Blacks are in power, and things look very, very hopeful” (28). “Jobs favor blacks. Promotions favor blacks … better-qualified whites being overlooked in favor of less-qualified blacks. It is, after all, a black country … Whites have accumulated assets on the back of race … everybody – the black peasant and the white capitalist – has the same vote” (29). Dít is Jansen se idee van geregtigheid. Rassediskriminasie is in orde mits dit ten koste van blankes gepleeg word. “Discrimination in favor of blacks cannot have an end date” (31). Teen blankes moet gediskrimineer word omdat “every white South African was a perpetrator of, and inside, this evil system of Apartheid” (60). Maar hoe kan die huidige militant voortgesette rassediskriminasie teen blankes goedgepraat word as rassediskriminasie in beginsel verkeerd, dus”principally wrong and evil” (63), is?

Waar Jansen dit reg het, is wanneer hy 1994 bestempel as “the complete shift of power into black hands” (45). “Nobody expect[ed] that negotiations will, in the end, be the simple handover op power to a black majority. In short, nobody expect[ed] defeat of such proportions” (46). Dit word dikwels die wonder (“miracle”) van die nuwe Suid-Afrika genoem. In werklikheid is dit die resultaat van die bodemlose onnoselheid van ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes wat sedertdien geen steun meer in Afrikanergeledere verdien of geniet nie. “There is a deep resentment … of the old government for relinguishing power in such a careless manner … the weak-kneed white politicians who betrayed the knowledge, culture, and identity of the Afrikaner” (47).

“The newfound power of the victors must be enforced” (27-28). “The [ANC] government has started to flex its racial muscle … Schools must be integrated” (36). Die nuwe bedeling bring dus nie vryheid nie maar gedwonge rasse-integrasie mee. Swartes is volgens Jansen die wenners en die blankes die verloorders. Ná die Anglo-Boere-oorlog (ABO) is 1994 “the second defeat” (34, 35) van Afrikaners en Jansen juig daaroor. Die ABO dien glo as grondslag vir die “anti-English prejudice” by Afrikaners (67). Wraakgierig wil Jansen die blankes verder in die grond druk. Hy betreur die “moderate” (82) of “soft terms of transition” (29). “Nobody pays attention to the pain of losing” (30). Spesifiek die Afrikaners ly glo aan “feelings of inferiority” (32). Hulle behoort hulle te skaam (34).

Op allerhande maniere het Jansen sy pos as dekaan gebruik/misbruik om rasse-integrasie te bevorder. “Transformation ideals … brought me to this white university” (160). “I invited ten first-year students every week to sit down with me for lunch … the instruction given was that five of the students should be black and five white” (11). Daar was dus altyd meer swartes as wittes aan die tafel. Hy het gereël dat sy studente die Voortrekkermonument en die Apartheidsmuseum besoek en dan agterna hulle gewaarwordinge bespreek (132). Daar is geen moontlikheid dat Jansen en diesulkes op ‘n ewewigtige manier ‘n bespreking oor hierdie onderwerp kan lei nie. Jansen is geen onpartydige arbiter nie. Hy bevorder anti-Afrikaner “disruptive knowledge.” Dit vereis “white students to be set in critical dialogue with black students; to observe examples of leadership [ie Jansen] and living that counter their own logics of race and identity; and to engage the new knowledge presented (the Apartheid Museum, for example) through reexamination of the old knowledge given (the Voortrekker Monument, as the counterpoint example)” (266).

Jansen vertel aan sy blanke studente: “The single most important challenge they face to making it in the new South Africa is to move out of their white comfort zone and to embrace, not tolerate, their fellow human beings who, despite the accident of skin color, are in fact no [!] different from them” (90). Daarmee ontken hy die werklikheid van bv grondige kultuurverskille. Jansen vertel met smaak hoe hy na bewering die leviete aan twee Afrikanerskoolhoofde voorgelees het. “This is a South African university and not an Afrikaans university … my faculty will take in more and more black students, and this means flexibility on the language policy … There is … no [!] anti-Afrikaans sentiment in my leadership of the faculty, but at the same time the deracialization of the university is a national priority [!]” (102-103). “These two Afrikaner principals know the stakes and want not only to ensure language exclusiveness (and thereby racial segregation) in their schools but to retain this political sense into the university as well. As we part, I make clear that history is against their kind of conservative thinking” (104).

Jansen het nie gehou van die nie-onderdanige houding van ‘n blanke boer wat hom kom spreek het oor sy dogter wat ‘n UP-student is nie. “I was going to put him in his place … ‘Now listen here, you, this is my office, and in my office, I tell you what to do. So sit down or get out of here'” (241). Tot watter gevolgtrekkings kom Jansen? “This tendency among white men toward spontaneous combustion” (242) en “What was happening to white parents in these cases was the confrontation of intimate knowledge with new knowledge through the leadership of black people” (243).

Jansen het van sy dekaanskap gebruik/misbruik gemaak om van blanke dosente ontslae te raak (206-207). In hulle plek “more and more like-minded [Jansenist] scholars were hired from the outside” (15). “It called for courageous action with respect to hiring new staff from outside the institutional culture” (18). Die resultaat is “a more cosmopolitan crew of national and international academics” (195); dus dosente wat verkieslik nie-wit en beslis nie-Afrikaans is. “Black colleagues had a broader repertoire of theories and methods, a more fluent language, and a more worldly sense of the intellectual landscape within which ideas were born” (225). Hiervolgens behoort Afrika die voorste kontinent op aarde te wees.

“I traveled to leading universities in North America and Europe, determined to find black South Africans who were in the terminal stage of their doctoral studies and regarded by their academic mentors as holding promise of becoming fine scholars” (205). “I also traveled inside South Africa seeking out excellent black and white academics who had differing social and especially intellectual backgounds, and who could help to transform the foundations that held educational knowledge captive at UP” (205-206). Jansen se ideale was “racial diversity, gender affirmation, and internationalism” (223). “At stake was the broader transformation of the Faculty, of teacher education, of the university, and of the country” (225). Jansen dink dat hy aan UP die groot indoena hiervoor was.

“Departmental designations … had to be renamed and the titles of courses had to reflect a new set of social realities” (15). Jansen het ook begin met “aggressive recruitment of reluctant black students” (19). Ampshalwe leef hy sy swartmagoortuigings vryelik uit asof dit bo verdenking is, maar dan matig hy hom aan om ‘n kollega aan te spreek omdat hy lid van die Boederbond, daardie “hated society,” is (150). In die UP-senaat is genoem “UP was still the first choice for most Afrikaans-speaking students, that these Afrikaans-speaking students had the best high school grades, and the highest pass and progression rates once admitted” (157). Sulke akademies relevante feite ten gunste van Afrikaners wil Jansen nie hoor nie. “Why would a university leader take something as trivial as the race and language of a particular group, his group, to make such specific ethnic claims? … such information by direct inference was in fact offensive to black students and faculty” (157). Die waarheid kan seermaak.

As iemand wat sy proefskrif oor leerplanne geskryf het, is kurrikulumverandering uiteraard een van die baie terreine waarop Jansen dink dat hy ‘n deskundige is. Aan UP het hy met “sweeping reforms” (175) die opvoedkunde-leerplanne getransformeer om dit te reinig van blank- en veral Afrikanergesentreerdheid; dus die “energetic pursuit of curriculum change seeking social justice and corrective knowledge” (197). “A completely [!] new knowledge [Jansenism] would sweep teaching, learning, and assessment within the broad teacher education curriculum … The more than 500 modules made it almost impossible to scrutinize each learning unit to determine the extent to which it shifted the deeper understandings of race, knowledge, and identity toward a more open, tentative [!], and democratic [!] knowledge of school and society” (194). Jansen reproduseer die teks van sy kritiek op die leerplan van ‘n opvoedkunde-semestermodule (176-177). Hy het die betrokke twee dosente op die dekaansmat gekry en sy preek op hierdie (innemend-beskeie) manier afgesluit: “‘I don’t think you understand a word I wrote,’ I told my colleagues, and asked them to leave” (178).

Die nie-opvoedkunde-leerplanne wat buite Jansen se jurisdiksie geval het, is glo nie so deeglik getransformeer nie. Skynaanpassings is gedoen. “It is almost too easy to grant this kind of curriculum the respect of analysis, but it is central to my argument that just below the external changes of the institutional curriculum to conform with new regulatory demands lies an as yet undisturbed set of assumptions about race, knowledge, and identity” (183).

Jansen dink blykbaar dat net swartes die eens Afrikaanse universiteite op die pad van transformasie kan lei. “Consider the university leader who decided to have white Afrikaner colleagues lead workshops on diversity on the Pretoria campus! I repeatedly raised objections, arguing that you could not ask those who were shaped by, and benefitted from, social and institutional racism to be the same persons leading its undoing” (192).

Die waarheid van die veralgemenings wat Jansen oor Suid-Afrikaanse universiteite kwytraak, kan bevraagteken word, bv “the humanities are weakest at the Afrikaans universities and the [natural] sciences are strongest” (180). Hoekom? Jansen verskaf ‘n politieke verklaring: “Science was deployed in the services of the racist state” (180). Die Engelstalige universiteite se leerplanne, genoem “open knowledge systems”, is glo baie beter as dié van die histories Afrikaanse universiteite, genoem “closed knowledge systems” (174).

“More than any other group, the Afrikaner child is a product of an intense set of closed circle interactions that establish and reinforce identity, memory, and knowledge of the past” (70). Hulle leer glo “prejudices toward the English, inherit negativism toward black people, and receive apocalyptic views about post-Apartheid society” (104). “The children probably come away with knowledge of a crumbling society going to the dogs. There is no sense of hope … no … commitment to change, and no anticipation of great things to come” (105) – soos owerheidsdiefstal sonder vergoeding van blanke eiendom, staatskaping, rommelstatus, ens? Volgens Jansen se insig is ons verlede “ugly” (40), “terrible” (41), “atrocious” (69), “painful” (111), ens. “The state media, now in black hands offer different interpretations of the past, present, and future” (88). Ja, deesdae word daar sekerlik ander vertolkings aangebied, maar is hulle nader aan die waarheid? Jansen gee voor dat Afrikaners se verlede so sleg is dat hulle dit nie eens kan verdedig nie: “a culture that still values silence over dialogue about the past” (93).

Daar word na allerhande soorte kennis verwys: fraught, received, transmitted, unexamined, concealed, embedded, settled, controlling, disciplining, direct, indirect, secondhand, fairy-tale, justificatory, dangerous, offensive, horrific, poisonous, traumatic, defensive, confessional, bitter, new, emotional, embracing, corrective, transformative, disruptive, common, personal, intimate, ens, en natuurlik: Apartheid. Gunstige/goeie soorte kennis word aan swartes toegeskryf terwyl ongunstige/slegte kennis aan blankes, veral Afrikaners, toegedig word.

Jansen skryf bv van “the pounding burden of guilty knowledge” (265). Hy verwys na “a new official knowledge” wat glo onderrig moet word met “very different victor narratives” (189). “Knowledge was, and still largely is, white knowledge” (20), wat verstaanbaar is omdat dit blankes is wat bv kreatief dink, ondernemingsgees het en hulle verworwe kennis as inligting rekordeer. Jansen beweer dat die kennis wat aan Afrikaners oorgedra word, bv deur hulle ouers, sleg is. Enersyds is dit “knowledge of a cleaned-up past” (96), want Afrikaners het mos na bewering ‘n morsige verlede. Andersyds: “It was knowledge of black people as terrorists and Communists and of white people as Christian and civilized. It presented black people as a threat to the very existence of white people. Through this mix of activities, children again gained knowledge of fear, the distrust of difference, the defense of privilege, and the acceptance of military-type authoritarian discipline as normative in school and society” (85). Jansen beweer skoolkinders is geleer “how to shoot” in die “school cadet programme” (84). Ek is onbewus hiervan.

Daar is by Jansen geen twyfel dat Engelssprekende blankes beter as Afrikaners is nie. “Afrikaner children appear to be more prejudiced toward blacks than English-speaking children” (84). Aan UP ervaar Jansen die Afrikaner-damesstudente as meer duldbaar as die Afrikaner-mansstudente omdat daar by hierdie mans groter weerstand teen rasse-integrasie is (135). “The gendered nature of confrontation is of course [!] an artifact of the patriarchal character of Afrikaner society and of the aggressive militarism that defined Afrikaner nationalist politics for more than a century” (143). Na die vandalisme, sabotasie, terrorisme, ens, wat so kenmerkend van die ANC/UDF en PAC se politiek was en die gewelddadigheid wat steeds kenmerkend van hulle ondersteuners is, verwys Jansen nooit nie. Hy skryf eerder van “the illegal and murderous activities of the [pre-1994] defense force” (286).

Gedwonge rasse-integrasie is vir Jansen die hoofkuur vir Afrikaners se slegtheid. Hy verwys na ‘n spesifieke skool: “This school … remains largely white and all-Afrikaans after more than fourteen years of South Africa’s nonracial democracy. The pattern of racial settlement remains undisturbed in this school as well, with disastrous social consequences for these people” (94). Afrikanerskole is glo “culturally dangerous … It is an island separated from the realities of a changing South Africa” (100). Alternatiewelik kan ‘n mens redeneer dat sulke skole juis kultuurbehoudend is, maar Jansen redeneer dat sulke kinders “social misfits” sal wees (100). “By not learning about the richness of cultures, traditions, and beliefs among all South Africa’s children, young white students are socially, linguistically, and culturally stunted, precisely because of the inwardlooking nature of their socialization in the early years” (100-101). Maar Jansen wil Afrikaners juis van hulle kultuur en tradisies vervreem en andersoortige kultuur en tradisies aan hulle opdring. Hy noem dit openheid.

Waarin Jansen hom nie kan indink nie is dat Afrikaners aparte skole en aparte sosiale omstandighede verkies; dat kultuurbehoud vir hulle belangrik is omdat hulle kultuur, ten minste vir hulle, beter as ander kulture is. “Surely any notion of a Voortrekker youth is anachronistic” (94). Hy gaan dan voort om die Voortrekkermonument, die Boererepublieke en Afrikaners se historiese vlae en volksliedere as absurd af te kraak (95). En die jaarlikse klopse-karnaval? Dié moet seker voortgaan omdat dit met die armsalige destydse slawe verbind word. Watter soort skool vind guns in Jansen se oë? Hoërskool JG Strijdom wat nou Diversity High heet. “Their plans for integration seem to work” (97). Wat Jansen dwarsdeur sy boek openbaar, is sy “oversensitive racial antennae” (99) wat by voorkeur in blatante Afrikanerhaat uitdrukking vind.

“I find ample evidence for the sociological claim that schools reflect racial ideologies from the broader society and are themselves race-making institutions” (108). Jansen wil rasgeïntegreerde skole en universiteite as Trojaanse perde gebruik om Afrikanerkultuur tot in die grond af te breek. “This is what makes it so difficult for white Afrikaans students to ‘mix’ (as they often put it) with those who are different: black students, white English students, international students, gay and lesbian students” (108). “The longer white students remain inside these cultural and linguistic enclaves, the more difficult it becomes to lead a normal, open, and integrated life in the broader society” (109).

Christi van der Westhuizen word ‘n “young journalist-intellectual” genoem (42) en Amanda Strydom ‘n “progressive Afrikaans singer” (229). Van Antjie Krog word die volgende inflame leuens aangehaal: “All the words used to humiliate, all the orders given to kill, belonged to the language of my heart” (114), dus Afrikaans. Maar Jansen lewer die duidelikste bewys van sy verbete anti-Afrikanergesindheid in sy bespreking van die Lamont-sage van 1931. Lamont het dit teen sowel die swartes as die Afrikaners gehad en albei sleggesê. Wat doen Jansen? Hy rep nie ‘n woord oor wat Lamont van die swartes geskryf het nie, maar hy haal met graagte aan hoe sleg die Boere gesê word: “The Boer predikants are ‘narrow-minded, intolerant, selfish, harsh, and unspiritual’; the Boers were the target of a British mission ‘to civilize and educate them’ since ‘the back-veld Boer bathes only for baptism, marriage and burial’ and ‘has no notions about sanitation and often uses his bedroom as a latrine.’ Not only were the Voortrekkers ‘illiterate boors, surly and morose’ but ‘their favourite pastime was begetting children, both with their wives and their numerous black concubines.’ These ‘utterly degenerate’ trekkers lived ‘worse than natives'” (298). Dit is baie duidelik dat Jansen ook/veral buitelandse lesers vir sy boek in gedagte gehad het, vandaar die vertaling van Afrikaanse woorde. Die boek is terseldertyd ook deur Stanford University Press gepubliseer. As iemand steeds getwyfel het oor Jansen se uiters negatiewe gesindheid teenoor Afrikaners, is alle twyfel nou uit die weg geruim.

“What makes colleagues such a fascinating link in the transmission of knowledge is that they represent the generation having direct experience of living in both worlds. They have knowledge of good (the democratic order) and evil (the Apartheid order)” (168). Dit is moeilik om te glo dat ‘n professor en daarby iemand wat op internasionale akademiese aansien aanspraak maak en topposte beklee het, so ‘n ongenuanseerde standpunt kan huldig. Maar sy mening vloei voort uit kritiese teorie. “By dividing the world neatly into rival camps – the oppressor and the oppressed – a self-righteous stance is assumed that absolves the teacher/liberator or the critical theorist from critically engaging their own place in the state of oppression” (259). Jansen se sogenaamde “critical knowledge” het as aanloop “disrupting [the] received knowledge” (264) van blankes, veral Afrikaners. Die kennis oor die verlede wat Afrikanerkinders van hulle ouers ontvang, is indirekte kennis. Daardie “indirect knowledge … should be directly challenged and critically engaged as a matter of social justice” (264) deur aktivistiese opvoedkundiges soos Jansen en diesulkes.

Danksy demokrasie en die ANC-regering lewe ons glo deesdae “under the pressing sunshine of a new regime of truth” (171). Die dogmaties bevooroordeelde Jansen kan nie verstaan waarom blankes, eintlik Afrikaners, nie met hom in gesprek wil tree oor die verlede nie (147). Die voor die hand liggende rede is dat dit nodelose gesprekke sal wees. Let krities op Jansen se benadering: “You want to talk, not for purposes of accusation but simply out of a deep and unfulfilled desire to know. Knowing about the other side, the perpetrators [!], what happened, resolves something deep inside the emotional and psychological lives of the victims [!]. It is the kind of knowing that black people who lost loved ones during the Apartheid years demonstrate so powerfully at the Truth and Reconciliation Commission” (148). Maar wat van die blankes wat weens terrorisme én sedert 1994 tot op hede geliefdes verloor het weens swart gewelddadigheid? Jansen het geen erg aan “white martyrological memory” nie (149), maar van beweerde swart “pyn” is hy oorbewus.

Jansen is een van diegene “who firmly believed that Afrikaners were racial ideoglots who persecuted black people simply because they are black” (240). “Ideoglots” beteken “stubborn and ignorant people without the capacity to see beyond their own rigidity of mind” (306). In die lig van die voorafgaande is dit vir my duidelik dat dit veeleerder Jansen is wat die ideoglot is.

“For interruption of received knowledge to work, the white student must first be drawn into a trusting relationship” (267). Jansen is ‘n wolf in skaapsklere. Hy het Afrikanerstudente aan UP en UV met sy destruktiewe marxistiese idees vergiftig. Aan hom word sedert onlangs die geleentheid gebied om dieselfde aan US te doen.

Leon Lemmer: ʼn Ope brief aan Wim de Villiers

Die eeufeesjaar van die Universiteit Stellenbosch (US) het begin met jou wat die eerstejaarstudente uitsluitlik in Engels verwelkom. Dit is in ooreenstemming met wat jy in jou intreerede as rektor gesê het: “Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie.” Daarna het jy hierdie stelling by meer as een geleentheid herhaal. Weens die US se nuwe taalbeleid het jou stelling al hoe meer letterlik waar geword. Die US se woordvoerder het verduidelik dat daar buitelandse studente is wat nie Afrikaans verstaan nie, waaruit blykbaar volg dat niks in die taal van die talryke Afrikaanssprekende studente gesê hoef te word nie. Maar is dit nie onder meer Afrikaanssprekendes wat met belasting die US subsidieer nie, terwyl buitelandse studente in geen opsig tot hierdie staatsubsidie bydra nie?

‘n Mens sou dink dat ‘n rektor hom by akademiese sake sou bepaal en nie witvoetjie (of is dit deesdae swartvoetjie?) by die ANC-regering sou soek nie. Maar jy het gesê: “Ons gaan (vanjaar) … erken die universiteit se bydrae tot die onreg van die verlede” (Eikestadnuus, 1 Februarie, p 5). Jou voorganger as rektor, die ANC-aktivis Russel Botman, het dit herhaaldelik gesê. Is hierdie bekentenis/belydenis só belangrik dat dit oor en oor by byeenkomste opgehaal moet word, of is dit dat jy deurgaans probeer verseker dat jou openbare beeld polities nie minder verlig as dié van Botman moet wees nie?

Om etniese redes vind jy dit blykbaar noodsaaklik om polities eerder meer verlig as kameraad Botman te probeer wees. “De Villiers het bygevoeg die universiteit is geëerd om sy eeufees in dieselfde jaar as die geboorte van oudpres. Nelson Mandela in 1918 te vier.” Daarmee gee jy te kenne dat die US graag geassosieer wil wees met iemand wat hom aan terreurdade, soos ‘n bomplantveldtog, skuldig gemaak het. Met ‘n geweldenaar as jou held of ikoon, verduidelik dit waarom die US nie teen gewelddadiges op die kampus optree nie? Sover bekend is van geen sodanige US-student ontslae geraak nie. Geen skadevergoeding is van hierdie misdadigers geëis nie. Is dit hoe die US deesdae sy opvoedkundige funksie vervul? Jy het wél met genoegdoening vertel dat ‘n akademies hoogsgekwalifiseerde blanke dosent, wat geen skade aangerig het nie, weens “rassisme” summier ontslaan is omdat hy uit frustrasie dit gewaag het om ‘n swart student en onrusstoker die waarheid te vertel.

Maar is daar nie iets anders as Mandela se geboorte wat jy in die US se eeufeesjaar moet onthou nie? Behoort 2018 nie by uitstek die jaar te wees waarin Jan Marais deur die US vereer word nie? Hoekom swyg jy daaroor? Omdat hy ‘n dooie, wit Afrikanerman is en nie deur die ANC gereken word nie en dus ook nie deur jou nie? Op 30 Mei 2015 was Johannes Henoch Marais ‘n honderd jaar dood. Ek het gedink jy sou ten minste ampshalwe geroepe voel om die US se stigtingskenker te vereer en dat talle huldigingsbyeenkomste in 2015 op die kampus gehou sou word. Wat het gebeur? Jy het jou darem verwerdig om die kranslegging, gereël deur ampsdraers van Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF), by Marais se graf teen die hang van Papegaaiberg, by te woon. Daardie aand was daar ‘n huldigingsbyeenkoms in Marais se eertydse huis in Coetzenburg, ook deur die HJMNF gereël.

Op die kampus, bv op die Marais-plein by Marais se standbeeld, is geen huldigingsbyeenkoms in 2015 gehou nie. Die US-studente is geensins oor Marais ingelig nie, bv dat hy letterlik die ontstaan van die US moontlik gemaak het. Sonder Marais was daar geen US nie en kon jy nie die US-rektor wees nie. Betaam dit jou om so snood ondankbaar te wees? As Marais swart was, sou jy dit gewaag het om hom in so ‘n mate te misken? Het jy al ooit die versekering gegee dat Marais se standbeeld gekom het om te bly, of het jy ander planne? Het jy al ooit by die studente en personeel daarop aangedring dat hulle van die Marais-plein moet praat en nie van die Rooiplein nie? Of verkies jy en die ANC die benaming Rooiplein?

Maar daar is ook en veral ‘n nie-etniese rede waarom Marais, wat jou betref, blykbaar persona non grata is. Sy hoogs billike stigtingsvoorwaarde is dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie. Veral weens jou uitgesproke anti-Afrikaansgesindheid beklee Afrikaans deesdae aan die US ‘n mindere posisie in vergelyking met Engels, al het jy dit nog nooit openlik erken nie. Wat ek in hierdie eeufeesjaar van jou eis, is dat jy jou skuld aan die afskaling van Afrikaans bely én dat jy dit eties probeer regverdig. Jou pa was jare lank ‘n HJMNF-trustee, sodat hy, soos Jan Marais, in sy graf sou omdraai as hy moet weet dat sy jongste, misleide kind fluks besig is om die US in ‘n eentalig Engelse inrigting te laat ontaard.

Die toestand waarin die US onder jou leiding verval het, is sodanig dat die enigste eerbare uitweg is om alle betrekkinge met Jan Marais se nagelate fondse te verbreek omdat dit baie duidelik is dat die US nie sy voorwaarde nakom nie. Enersyds is my versoek dat jy die US se beheer oor Het Jan Marais Fonds (HJMF) opsê en al die geld na die HJMNF oordra. Andersyds versoek ek dat US-personeellede verbied word om as trustees van die HJMNF te dien, sodat Jan Marais se nalatenskap voortaan vry van enige bande met die US kan funksioneer. Hierdie twee stappe is myns insiens noodsaaklik as jy enigsins daarop aanspraak wil maak dat jy darem in hierdie twee opsigte eerbaar en eties jeens Afrikaans opgetree het.

Afgesien van die US se doelbewuste amptelike miskenning van Jan Marais in 2015 en weer in hierdie eeufeesjaar, hinder dit ook dat die Woordfees by albei geleenthede glad nie reg aan die nagedagtenis van Marais laat geskied nie. Wat ook opval, is dat die US se Afrikaansdepartement heeltemal onbetrokke by die verering van Marais is en hierdie departement hom daarvan weerhou om ‘n positiewe rol in die taalstryd te speel. Is dit omdat ‘n vorige US-Afrikaanstaalkundige, wat ook die hoof van die Taalsentrum was, telkens die versekering gegee het dat Afrikaans nie afgeskaal word nie en in werklikheid voortreflik bestuur word? Jy vertolk die apatie van die Afrikaansdepartement seker as ‘n mosie van vertroue in jou en jou verengelsingsbeleid. Maar gaan jou ingenomenheid met jou transformasie van die US standhou wanneer jy met jou gewete (veronderstellend dat jy een het) in die sonnetjie op die stoep van die ouetehuis sit?

Vandag, 21 Februarie, is Moedertaaldag. Dit het my genoop om hierdie ope brief aan jou te rig.

Gustav Venter: Woernael Nommer Een (Sondag agtien Februarie twintig agtien.)

ʼn Woernael, vir dié wat moontlik enige belangstelling het, is ʼn woernaal vir mense wat aan die hardloop is. En met “hardloop” bedoel ek nie iemand wat laat spaander nie. Mense wat my ken weet dat my drentel-, wandel-, stap- en hardloopgang min of meer dieselfde snelheid oplewer.My kop skud net rustiger as ek wandel en dobber wild op en af as ek hardloop. Die “nael” het dus niks te doen met my liggaamlike versitting nie. Dit dui eerder op iemand wat te veel dinge op een slag aanpak en tussen hulle moet skarrel.

“Woernaal” het ek by die Roodts, Dan en Karin, gekry. Dit is hulle Afrikaans vir “blog.” “Blog” is ʼn hap uit die woord “weblog” en “woernaal” uit “webjoernaal.” “Woernaal” klink baie meer soos iets waarmee ek my wil besig hou. “Blog” herinner te veel aan Joe Bloggs, die instaannaam wat die Engelse en hulle kolonies gebruik vir die alledaagsste van alledaagse mense; Jan Alleman dus. “Woernaal” knik in die rigting van woeker en woer-woer.

Ek het amper 12 jaar gelede my eerste rubriek vir Praag geskryf. Wat is dan die verskil tussen ʼn rubriek en ʼn woernaal? Albei is meningstukke, maar ʼn rubriek is meer diepgaande en die navorsing onberispelik terwyl ʼn woernaal meer gaan oor die skrywer se indrukke op ʼn gegewe oomblik. Wat styl betref, hou die verantwoordelike rubriekskrywer daarby net in die uiterste geval na homself te verwys. M.a.w. presies die teenoorgestelde wat iemand soos Max du Preez, die immergroengevallestudie van hoe om nie ʼn rubriek te skryf nie, dit doen. Lees gerus sy Rumour of Spring en jy besef gou wie die belangrikste persoon in onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis is. Dis nie Verwoerd, De Klerk of Mandela nie, nee, dis Max self. Dit is nou aldus Max self. Blykbaar wentel Suid-Afrikaanse geskiedenis om hom en daarom skryf hy homself, sy diep gedagtes en sy wysheid in elke rubriek in.

My woernaal is nie ʼn rubriek nie en dit gaan oor my belewenis. Derhalwe gaan ek daarin teenwoordig wees.

Ek het gedink daar kan waarde in wees om my reis te beskryf; my karige aandeel in die stryd om die behoud van Afrikaans en Afrikaners. In diens van daardie worsteling pak ek die volgende aan: Die herontwerp van die Afrikaanse uitgeebedryf. Die gebruik van die vervolgverhaal as primêre storiekarweier. Die ontwikkeling van tekenverhaalreekse oor die Vryheidsoorlog, die Grensoorlog en die komende Chaos. En, O ja, ons gaan ʼn nuwe Afrikaanse rolprentbedryf skep. Ek dink dis al… maar ek kan nie seker wees nie.

Wel, niemand het gesê ons mag nie ambisieus wees nie.

Behalwe die A.N.C., die Effies en die Linksiste. Volgens hulle is ambisie die ene blanke meerderwaardigheid. En dit is. Maar nou ja.