African National Congress ( ANC) se sekretaris-generaal Gwede Mantashe sê die omstrede ekonomiese aspekte van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) sal nie afgeskryf word nie. Die Alliansie se ekonomiese beraad kon die naweek nie ooreenstemming bereik oor die ekonomiese hoofstuk van die plan wat reeds deur die regering en die ANC aanvaar is nie. Hulle het
Bush vra om verskoning oor verklaring van Mandela se afsterwe
Die woordvoerder van die voormalige Amerikaanse president George HW Bush het om verskoning gevra nadat ‘n verkeerde verklaring oor die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela se afsterwe uitgereik is. Jim McGrath sê hy het ‘n voorbereide verklaring van Bush se medelye oor die dood uitgereik nadat hy die Washington Post se nuus oor Mandela se
Lees verder: Bush vra om verskoning oor verklaring van Mandela se afsterwe
Nuwe polisiekommissaris bedank paar uur na aanstelling
Die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega is skerp gekritiseer omdat sy nie die agtergrond van Bethuel Mondli Zuma nagegaan het voordat sy hom as provinsiale kommisaris van Gauteng aangestel het nie. Phiyega moes sy aanstelling terugtrek ‘n paar uur nadat sy dit aangekondig het. ‘n Woordvoerder van Agang, Moeketsi Mosola sê nadat dit aan die lig
Lees verder: Nuwe polisiekommissaris bedank paar uur na aanstelling
DRK maak reg om rebelle uit te dryf
Kongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebellevesting van Kibumba ingeneem, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. “Hulle is daar ingegrawe en die M23 beset steeds Kibumba,” het die bevelvoerder gesê, wat anoniem wil bly. “Op die Rwandese grens hulle het ‘n tenk en 82mm mortiere, maar hulle vuur
Lyk van negejarige in Knysna moontlik dié van verkragtingslagoffer
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n nege-jarige meisie in Knysna. Die Wes-Kaapse polisie sê die 32-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat die meisie se liggaam Saternagnag gevind is. ‘n Woordvoerder, Bernadine Steyn sê die meisie het [Saterdag]oggend saam met maats gespeel toe die verdagte hulle te
Lees verder: Lyk van negejarige in Knysna moontlik dié van verkragtingslagoffer
Help ons om meer uit te vind oor Piet Croucamp!
Geagte leser, Die rol van dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg in die beswaddering van Afrikanerdenkers en -aktiviste lyk vir ons al hoe meer duister. Waarmee is die man werklik besig? Wat is sy agenda of doelwit? Daarom doen ons hier ‘n ernstige beroep op een en almal wat hom al ontmoet, met
Lees verder: Help ons om meer uit te vind oor Piet Croucamp!
Klag teen Piet Croucamp by die Universiteit van Johannesburg gelê
Ná die onlangse omstrede veldtog wat dr. Piet Croucamp teen dr. Louise Mabille van Tuks gevoer het, het mnr. Johann Botha van Johannesburg ‘n klag teen Croucamp by die Universiteit van Johannesburg aanhangig gemaak oor sy “onprofessionele en onetiese gedrag”. Die teks van sy brief aan die universiteitsbestuur is op die Engelse praag te vinde.
Lees verder: Klag teen Piet Croucamp by die Universiteit van Johannesburg gelê
Rustenburg se voortbestaan in gedrang weens mynbou-onrus
deur Johannes Myburgh Onrus in die mynbousektor het Suid-Afrika ontstig, maar die voortdurende chaos het die land se platinumgordel baie swaar getref, wat selfs die voortbestaan van ‘n hele stad in die gedrang bring. Eers was daar die geweld en toe die gepaardgaande afleggings. Ná maande van arbeidsonrus en jare van hoë koste, beplan twee
Lees verder: Rustenburg se voortbestaan in gedrang weens mynbou-onrus
Kastrate in die Nuwe Suid-Afrika-koor
deur Leon Lemmer Kastrate het tot die einde van die 19de eeu dikwels in kore en as soliste opgetree. Hulle het hulle voorpubertydse stemtoon behou en kon note sing wat nie vir vroue moontlik is nie. Danksy oefening kon kastrate groot longkrag ontwikkel en dus lank en hard sing. Omdat hulle nie testosteroon in hulle
My stryd teen Naspers
deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad In Amerika gebruik hulle die term “culture war” vir die soort bittere woordestryd wat dikwels rondom omstrede kwessies soos ras, geslag en godsdiens veral op Amerikaanse kampusse losbars. Die afgelope weke voel dit vir my asof daar ‘n kultuuroorlog in Afrikaans ontketen
