DRK maak reg om rebelle uit te dryf

gomaKongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebellevesting van Kibumba ingeneem, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

“Hulle is daar ingegrawe en die M23 beset steeds Kibumba,” het die bevelvoerder gesê, wat anoniem wil bly. “Op die Rwandese grens hulle het ‘n tenk en 82mm mortiere, maar hulle vuur nie op ons nie. Ons is nie seker hoekom nie.”

Intussen beweer bronne dat president Kabila bande met van die Toetsi’s van M23 het en dat die buitelandse mag hom in ‘n moeilike posisie plaas aangesien hy nie meer die rebelle vir sy politieke doeleindes kan aanwend nie.

Die M23-rebelle wil afstig van die DRK en ‘n tuisland oprig.

Die mag wat teen die reblle optree is gewapen met gewere, granaatlanseerders, mortiere en masjiengewere en sê die manne is gereed vir die volgende aanval .

Die Kongolese bevelvoerder kolonel Mustafa Mamadou het aan die media die liggame van verskeie M23-rebelle naby die Rwandese grens uitgewys.

Mamadou beweer dat die dele van die dooie rebelle se uniforms Rwandees is en het dit as bewys voorgehou dat Rwanda die M23 ondersteun.

‘N VN- militêre bron het aan die Times gesê die Rwandese uniforms is hoogstens “aanwysers, maar nie afdoende bewys” van Rwandese militêre betrokkenheid in hierdie week se stryd nie.

“Jy kan dié uniforms koop by ‘n mark, dus kon hulle die lyke so aantrek. Ons weet net nie,” het die bron gesê .

Mamadou geniet groot steun van sy troepe na ‘n reeks beslissende oorwinnings teen die rebelle . Pogings deur senior militêre bevelvoerders om hom terug te bring na Kinshasa het gelei tot protes onder sy manne.

Die VN het ‘n volledige verslag vrygestel met verwysing na bewyse dat die M23 gesteun word deur Rwanda. Rwanda ontken dit heftig..

In Maart het die brigade, 1345 Suid-Afrikaanse soldate onder die bevel van kolonel Patrick Dube, die eerstes geword wat ‘n offensiewe mandaat van die Veiligheidsraad van die VN verkry het.

Dube het bevestig dat skerpskutters van 6 SA Infanteriebataljon, in Grahamstown, ontplooi is met groot sukses om rebelle uit hul vesting by Drie Torings te verjaag.

 

4 thoughts on “DRK maak reg om rebelle uit te dryf”

  1. We prefer to define ourselves in terms of where we are going, not where we come from. Man is so much smarter now than he was before that anything from the past is outdated and irrelevant to us. Our ignorance of the past is not due to a lack of information but of indifference. We do not believe that history matters. Albeit, the concept of history plays a fundamental role in human thought. It raises the possibility of “learning from history” and it suggests the possibility of better understanding ourselves in the present, by understanding the forces, choices, changes and circumstances that brought us to our current situation. It is therefore unsurprising that historians and philosophers have sometimes turned their attention to efforts to examine history itself and the nature of historical knowledge. These reflections can be grouped together into a body of work called philosophy of history. My wife is one of those historians who examined history and did not merely stop at the dates and names of predecessors and their recorded events in the remote past but she worked her intellectual chisels way beyond the surfacing appearances and embarked on a deeper journey into the enshrouded historical truth which took her to the then still mystified world of ancient Egypt where she came to discover that this is where human conscience first emerged in the history of mankind.

  2. Kol Dube het bevestig skerpskutters van 6 SA Infanteriebataljon het met groot sukses geslaag om rebelle uit hul vesting by Drie Torings te verjaag. Wel, ek glo dit nie. Kongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebelle vesting van Kibumba ingeneem in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. M23 sal nie skerp skutters toelaat om so naby hulle te waag nie. Die gebied is dig begroei. Die M23 is besig om hierdie outjies te out flank en te omsingel. Dis ‘n taktiek wat die Zulu ‘n beeshoring noem. Sodra die M23 slag gereed is sal die sports begin. My geld is op M23. Ek hoop daar is genoeg sakke, kiste en ys!

Maak 'n opvolg-bydrae