Kongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebellevesting van Kibumba ingeneem, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo.
“Hulle is daar ingegrawe en die M23 beset steeds Kibumba,” het die bevelvoerder gesê, wat anoniem wil bly. “Op die Rwandese grens hulle het ‘n tenk en 82mm mortiere, maar hulle vuur nie op ons nie. Ons is nie seker hoekom nie.”
Intussen beweer bronne dat president Kabila bande met van die Toetsi’s van M23 het en dat die buitelandse mag hom in ‘n moeilike posisie plaas aangesien hy nie meer die rebelle vir sy politieke doeleindes kan aanwend nie.
Die M23-rebelle wil afstig van die DRK en ‘n tuisland oprig.
Die mag wat teen die reblle optree is gewapen met gewere, granaatlanseerders, mortiere en masjiengewere en sê die manne is gereed vir die volgende aanval .
Die Kongolese bevelvoerder kolonel Mustafa Mamadou het aan die media die liggame van verskeie M23-rebelle naby die Rwandese grens uitgewys.
Mamadou beweer dat die dele van die dooie rebelle se uniforms Rwandees is en het dit as bewys voorgehou dat Rwanda die M23 ondersteun.
‘N VN- militêre bron het aan die Times gesê die Rwandese uniforms is hoogstens “aanwysers, maar nie afdoende bewys” van Rwandese militêre betrokkenheid in hierdie week se stryd nie.
“Jy kan dié uniforms koop by ‘n mark, dus kon hulle die lyke so aantrek. Ons weet net nie,” het die bron gesê .
Mamadou geniet groot steun van sy troepe na ‘n reeks beslissende oorwinnings teen die rebelle . Pogings deur senior militêre bevelvoerders om hom terug te bring na Kinshasa het gelei tot protes onder sy manne.
Die VN het ‘n volledige verslag vrygestel met verwysing na bewyse dat die M23 gesteun word deur Rwanda. Rwanda ontken dit heftig..
In Maart het die brigade, 1345 Suid-Afrikaanse soldate onder die bevel van kolonel Patrick Dube, die eerstes geword wat ‘n offensiewe mandaat van die Veiligheidsraad van die VN verkry het.
Dube het bevestig dat skerpskutters van 6 SA Infanteriebataljon, in Grahamstown, ontplooi is met groot sukses om rebelle uit hul vesting by Drie Torings te verjaag.
