praag.co.za

Kastrate in die Nuwe Suid-Afrika-koor

Written by

in

,
Farinelli, 'n beroemde kastraat uit die agtiende eeu (Skildery deur Carlo Broschi)
Farinelli, ‘n beroemde kastraat uit die agtiende eeu (Skildery deur Carlo Broschi)

deur Leon Lemmer

Kastrate het tot die einde van die 19de eeu dikwels in kore en as soliste opgetree. Hulle het hulle voorpubertydse stemtoon behou en kon note sing wat nie vir vroue moontlik is nie. Danksy oefening kon kastrate groot longkrag ontwikkel en dus lank en hard sing. Omdat hulle nie testosteroon in hulle bloed gehad het nie, was hulle beenstruktuur nie sterk nie. Hulle kon en wou nie veg nie. Pleks van hulle te verset, was hulle hoogs aanpasbaar. Hierdie buigsaamheid het meer as net hulle stemme gegeld.

Die motivering vir kastrasie was dikwels om ‘n gewaande groter saak as eie belang te dien. Dit kom neer op eie verslawing, onderwerping en bestraffing. Ná kastrasie was dit steeds moontlik om met oorgawe in ‘n koor te sing en daarvoor komplimente te ontvang, maar dit was nie moontlik om ‘n nageslag te verwek en bv leiers op te lewer nie. Tog was daar kastrate wat ná so ‘n katastrofe steeds gedink het dat hulle hulle goed van hulle taak gekwyt het; dat mense aan hulle dank verskuldig is en eerder die onomkeerbare moet aanvaar.

Kastrasie ontneem ‘n man van sy seksuele vermoëns. Sodanige aksie klink na ‘n dwase stap. Dit is egter moontlik om ook in ‘n ander sin gekastreer te word, bv om willens en wetens jou politieke mag te verloor en dan weens ‘n gebrek aan politieke testosteroon net lof vir hierdie steriliteit te hê en selfs sover te gaan om met die vyand te heul. Sodanige kastrasie geld dan nie net mans nie en kan dus ook by vroue aangetref word.

Kastrasie kan dus letterlik of figuurlik vertolk word. Politieke kastrate is diegene wat aktief meegewerk het om die blankes en veral Afrikaners van hulle politieke mag te ontneem en/of juig omdat dit deesdae die geval is. Politieke ontmanning is vir hierdie kastrate heeltemal aanvaarbaar. Sodanige toestand word nie deur hulle afgekeur nie omdat gemeen word dat die land nou in beter hande is. Hierdie kastrate probeer om mense met propaganda sag te maak en om die deugde van politieke steriliteit te besing.

In die pers was daar onlangs ‘n klassieke voorbeeld van figuurlike kastrasie. Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) was sedert sy ontstaan ‘n oorwegend Afrikaanse inrigting. Onder die leiding van Jakes Gerwel as rektor en Jaap Durand as viserektor is die UWK tot ‘n eentalige Engelse universiteit getransformeer.

Die huidige rektor, Brian O’Connell, het hom soos volg hieroor uitgelaat: “Daar kan mense wees wat sê dit is onregverdig teenoor Afrikaanssprekendes, maar daardie was ‘n groothartige gebaar soos min. ‘n Opoffering deur Afrikaanssprekende studente … Hulle het gesê aangesien ons broers en susters nie toegang het tot hierdie taal nie, gaan ons hulle help deur onderrig in Engels te ontvang. Dit was amper asof studente Afrikaans opgeoffer het ter wille van goeie lesings, want wanneer jy lesings in twee tale aanbied, neem dit jou twee keer so lank” (Die Burger, 28.06.2013, p 15).

‘n Beter manier van doen vir sowel die UWK as tradisioneel Afrikaanse universiteite sou wees om, soos in die res van die wêreld, van studente te verwag om die onderrigtaal van die universiteit aan te leer as hulle verkies om juis daar te studeer. O’Connell se redenasie dui op ‘n tipiese kastraatmentaliteit.

In die politiek van die nuwe Suid-Afrika is daar baie blanke Afrikaanse mans, insluitende Broeders van weleer, wat die kastrate se hoë C’s (of is dit A’s vir Afrika?) sing. FW de Klerk se refrein is dat hy ‘n onbewysbare groter ramp as die huidige ANC-bewind voorkom het. Pik Botha het in 1994 die deuntjie gesing dat die Nasionale Party (NP) die verkiesing met miljoene stemme sou wen. Willie Esterhuyse het luid vir die ANC gesing, maar sedert sy groot vriend Thabo Mbeki die trekpas gekry het, het sy stem nogal stil geword. Marthinus van Schalkwyk is seker die hoogs betaalde koorknaap in die wêreld omdat hy passievol daaroor was dat die NP deur die ANC verswelg moet word.

In die kastratekoor is daar talle ander wat met oorgawe die lof van die nuwe Suid-Afrika besing: Roelf Meyer, Leon Wessels, Dawie de Villiers, Sampie Terreblanche, Jaap Durand, Frits Gaum, Max du Preez, JP Landman, Pierre de Vos, Wannie Carstens, ens. Sedert Anton van Niekerk se politieke testosteroon onder sy lessenaar vergruis is, sing hy ekstra hard in hierdie koor. Vergoeding bly nie agterweë nie. Vandeesweek is berig dat ‘n minister hom in ‘n etiekkomitee aangestel het (Die Burger, 30 deser, p 5). As ‘n mens se ego dors is, word publisiteit om die geringste rede gesoek.

Piet Crowcamp is die baba in hierdie groep lofsangers. Hy word maklik uitgeken omdat hy weens onbeholpenheid sy doek verkeerd aan het. Oor wat hy ‘n egte akademikus ter wille van politieke gewin aangedoen het, het hy blykbaar geen gewete nie. Dit is verblydend dat haar kollegas in die departement aanvanklik Crowcamp se opdringerige inmenging teengestaan het. Die tragedie is egter dat (sover bekend) geen akademikus vir haar daadwerklik in die bres getree het nie. Dit is gewoon ‘n skande dat die universiteit dadelik en sonder meer haar bedanking aanvaar het. Hiervoor kan daar geen akademiese regverdiging wees nie. Die motivering is suiwer op politiek gegrondves. Wat hiermee tuisgebring word, is dat al die plaaslike universiteite en hulle akademici in die ban van die ANC en sy kommunistiese minister van hoër onderwys verkeer.

Behalwe diegene wat voluit in die Nuwe Suid-Afrika-koor sing, is daar darem ook diegene wat die haglike verval om hulle raaksien en deesdae ‘n bietjie sagter sing: Tim du Plessis, Theuns Eloff, André Brink, Breyten Breytenbach, ens.

Kastrasie kan onnatuurlik beslag kry of dit kan aangebore wees. Voorbeelde van gebore kastrate wat lustig die loflied “Nelson Mandela is die volmaakte ikoon” sing, is Helen Zille, Patricia de Lille, Ruda Landman en Antjie Krog.

Weens fundamentalisme, fanatisme, dogmatisme, opportunisme, ens, is die kern van die genoemde kastratekoor goed gevestig. Nogtans word verdere nominasies van verdienstelike kandidate ingewag.

Comments

24 responses to “Kastrate in die Nuwe Suid-Afrika-koor”

  1. Dan Roodt Avatar

    Leon, hierdie verdien die Hertzogprys! As Hertzog nog geleef het, sou hy self die prys vir jou aanbeveel het. Dis eenvoudig pragtig, die metafoor som dit alles op.

    In die ou bedeling was hulle almal Kruiperkaners en nou is hulle Kapaterkaners.

    1. Albert Brenner Avatar
      Albert Brenner

      Kapaterkaners keuringsproses by Naspers.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Brenner – briljant toegepas – ek het nou n paar
        soos Tim Du Plessis, Jan-Jan Joubert, Koos Bekker, Piet Croucamp in my geestes oog gesien – probeer dit is skreeeeusnaaks!

  2. Christiaan Rudolph Potgieter Avatar
    Christiaan Rudolph Potgieter

    Met so ‘n resensie klink dit baie goed. Ek sal dit more(Sondag) lees, aangesien ek nie meer rapport lees nie sal ek agteroor lê met n stukkie The Moody Blues – To Our Children’s Children’s Children musiek luister en my more in die woorde geniet.

  3. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Uitstekend, Leon!

    Jou metafoor is perfeksie.

    Onder is n onlangse gesprek tussen my en Piet Croucamp..

    Ek: Hey Piet, I know a eunuch who sounds like an owl.
    Piet: Who?

  4. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Hier was Breyten Breytenbach se jubelende sopraan stemmetjie direk na sy kastrasie (sy eksiel)…

    ………..

    mammie

    ek is spoegspoggerig hier

    soos ‘n klopsetroep met Nuwejaar

    en vanaand sal ons vuurmaak bo-op die tafel:

    ek hang my hart in die voordeur se wind

    se kleintydse wieg

    en lig my lied en my hier en my vrou:

    …..(Die Hand Vol Piep)

    En hier is sy verSLETe alto stemmetjie nou, in 2012….

    “If a young South African were to ask me whether he or she should stay or leave, my bitter advice would be to go.”

  5. Tine Avatar
    Tine

    Ai, Lemmer op Sondae! Dit is met groot afwagting dat ek die dae van die week aftel vir jou rubriek, Leon. Absolute treffer vandag. Uitmuntend geskryf!

  6. jan Avatar
    jan

    Om die metafoor af te rond en perfektheid te gee is die feit dat Servetus seker die berugste ketter van alle kastradas is. Vervolg deur Calvyn oor sy ketterse dwalinge en op die brandstapel gesterf sonder berou.

    Die groot vyand van Calvinism se teologie:

    God openbaar Hom in die skepsel [afgodediens / selfaanbidding]
    God drie-eenheid is veelgodery volgens Servetus [ Ontken Jesus as God]
    Kerk en Staat moet een wees volgens Servetus [ = teokrasie waarteen die hele hervorming van protestantisme opgestaan het teen die Roomse teokrasie]

    So dis steeds die geval tot vandag toe die kanker van die Christendom.

    Maaaaar Daniel was ook ‘n kastrada van liggaam maar NIE van gees nie.
    En Ester het haar hele volk gered en
    En Hamman het aan die galg gehang saam met sy hele familie – die galg wat hy vir God se volk gebou het.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Jan met die standaarde in die NSA sterk oppad terug na die middeleeue – moet ons dalk so van tyd tot tyd aanhaak by die halsband moordenaars – en begin ketters verbrand – hier is alreeds n hele paar wat soebat daarvoor.

      1. jan Avatar
        jan

        Ja wragtag Riempies!!
        Dis na hulle wat ek verwys as Tsafendas- pers / -kultus.
        Prof Dap Louw is besig met ‘n studie oor psigopatie in ons samelewewing en Croukamp en E de Kock se verhouding is uitstekende studiemateriaal.
        Psigopate het ALTYD leierskapseienskappe.[voorbokke] maar nie vice versa nie.- Goddank.

        1. manie Avatar
          manie

          Jy’t meer in gemeen met Tsafendas as wat jy dink..

      2. manie Avatar
        manie

        Is Winnie jou rolmodel?

    2. manie Avatar
      manie

      Jy wys maar net dat Calvyn niks beter was as die Roomse kerk nie.. vervolg die wat nie met jou Christenskap saamstem nie.. hy kon nie mense vervolg het as hy nie “kerk” en “staat” in sy sak gehad het nie.. nes die fariseers..

      Iemand wat ander nie wil behandel soos hy self behandel wil word nie, kan tog nie ‘n Christen wees nie… al het hy die mooiste verklarings.

      1. jan Avatar
        jan

        manie is verseker ook so ‘n Kastraat of Kastrol of sommer niks besonders nie
        Dra jy ‘n kopdoek hmm?

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        n Baie eensydige stelling sonder om te besef dat dit ook n tweesnydende swaard is, nie waar nie?

        1. manie Avatar
          manie

          Julle tweetjies moet oplees oor Sebastian Castellio.. tydgenoot van Calvyn..

          “Om iemand dood te maak beskerm jy geen dogma nie.. jy maak bloot iemand dood.”

          Hoeveel is nie al om die lewe gebring in die “naam van God” nie.? Jesus is die vernaamse.. dis waar die tweesnydende swaad le..

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Nou verwar jy my – wat het hierdie stellings van jou in gemeen met jou oorspronklike kommentaar waarop ek gereageer het?

          2. manie Avatar
            manie

            Moenie so lui wees nie. Ek doen moeite om julle goed te lees.

          3. Riempies Avatar
            Riempies

            Jy doen verniet moeite om te lees want jy verstaan niks nie gebruik jou tyd liewer erens anders meer produktief – dink jy nie?

          4. manie Avatar
            manie

            bou nou ‘n nasie.. met huigelaars

          5. Riempies Avatar
            Riempies

            Wie bou n nasie?

            Wat is n “nasie”?

  7. Rebel Avatar
    Rebel

    Leon, jy skrywes is die hoogtepunt van my week. Briljant!!! Dit laat my onmiddellik dink aan die tragiese film, Il Castrato, van Farinelli. Dit is presies wat die ANC aan Afrikaner-akademici gedoen het. Gekastreerdes!

  8. Josef Fourie Avatar
    Josef Fourie

    Baie goeie skrywe – ek het lanklaas so ‘n goeie metafoor gesien.

  9. doring Avatar
    doring

    BRILJANT! Wat ‘n fees om jou skrywes te mag geniet, Leon! Jou simboliek is in die kol!

Leave a Reply