Sasolburg se gemeenskapsradiostasie Karabo FM is afgebrand in ‘n oënskynlike brandstigtingsaanval, het direksievoorsitter, Sam Mkhwanazi gesê. “Twee gewapende mans wat hul gesigte verberg het, het in die ateljee ingekom met 25 liter petrol. Hulle het dit Saterdagnagoral uitgegooi en daarna die plek aan die brand gesteek,” het hy gesê. Hy het gesê die twee het
Misdaadintelligensiehoof steeds in sy pos
Waarnemende hoof van misdaadintelligensie Chris Ngcobo het nie sy pos verlaat nie, het die SAPD gesê. “Hy is nog steeds in sy pos, hy het nie uit die posisie getree nie,” het ‘n woordvoerder lt.genl Solomon Makgale gesê. City Press het berig dat Ncgobo uit sy posisie getree het as ‘n gevolg van ondermyning deur
Vrouejoernalis verongeluk R3m Ferrari
Bekroonde vrouemotorjoernalis Melinda Ferguson het ‘n rare R3.2 miljoen Ferrari California verongeluk, terwyl sy besig was om die motor te toets–bestuur. Volgens die Sunday Times, het die voorval verlede week in Johannesburg gebeur toe Ferguson gebots het met ‘n Mitsubishi Pajero. Die blits van ‘n V8 GT, wat 338kW se krag lewer is tans by
Stoei terug vir 2020 Spele
Een van die wêreld se oudste sporte, stoei, het sy plek op die Olimpiese Spele se Sportrooster behou nadat die sportliggaam oorweeg het om dit af te haal vir 2020. Ná ‘n stemmery deur die Internasionale Olimpiese Komiteelede in Buenos Aires in Argentinië is besluit om dit wel in te sluit as item. Die IOK
Petroljoggies staak
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê duisende van sy lede in die motorbedryf begin vandag staak. Dit sluit petroljoggies en vakbondlede by onderdelehandelaars, paneelkloppers en motorwerkswinkels in. Motoriste is gewaarsku om seker te maak dat hulle brandstof het voordat petroljoggies Maandag ophou werk. Die vakbond NUMSA het bevestig dat samesprekings met werkgewers vasgeval het. Die woordvoerder van
Pinetown-gru-ongeluk: Bestuurder voor
Die vragmotorbestuurder die gru-ongeluk wat 22 lewens geëis het in Pinetown veroorsaak het, KwaZulu-Natal, verskyn vandag in die hof. Sy voertuig het teen vier minibustaxi’s en ‘n motor gebots. Aanvanklik is geglo dat 27 mense omgekom het. Die bestuurder, ‘n 23-jarige burger van Swaziland, is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal op aanklagte van strafbare manslag
Vermiste kind: Twee aangekeer
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van die vierjarige Shaskia Michaels van Mitchells Plain in die Wes-Kaap. “Terwyl die soektog na Shaskia voortduur het die polisie Sondag twee mans, onderskeidelik 41 en 21 jaar oud, in hegtenis geneem op ‘n klag van ontvoering in verband met haar [Shaskia]
Afrikaans kort ‘n nuwe mediamodel
deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Moontlik was daar ‘n tyd in die negentiende eeu toe mense koerante gelees het bloot om ingelig te word. As deel van jou koerant het jy sommer op die koop toe die jongste aflewering van ‘n vervolgverhaal deur Charles Dickens of Honoré
Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase
In ’n voorgestelde beleidsdokument oor die vrywillige toekenning van aandele aan plaaswerkers van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming word o.m. voorgestel dat ’n plaaswerker met 10 jaar diens op ’n kommersiële plaas geregtig moet wees op 10% aandele in die eienaarskap van die grond. Voorts word bepaal dat ná 25 jaar diens ’n werker geregtig moet
Lees verder: Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase
City Power werk nasionaal saam met polisie om saboteurs aan te keer
‘n Ondersoek om vas te stel wie vir die sabotasie van substatsies in Johannesburg verantwoordelik is, is tans aan die gang. City Power werk saam met die polisie op plaaslike en nasionale vlak om die werkers vas te trek wat vir verskeie kragonderbrekings in en buite die stad verantwoordelik is, het Sol Masolo, woordvoerder, gesê.
Lees verder: City Power werk nasionaal saam met polisie om saboteurs aan te keer
