Petroljoggiestaking verby

joggieDie vakbond Numsa het ‘n beroep op petroljoggies gedoen om onmiddelik terug te keer werk toe.

Petroljoggies het drie weke gelede begin staak terwyl hulle ‘n salarsiverhoging van 30 rand per uur geëis het.

Vrydag het Numsa ‘n verhoging van twee rand per uur aanvaar wat beteken die werkers kry ‘n verhoging van 11,6 persent.

Die woordvoerder van Numsa, Casto Ngobese sê die ooreenkoms beteken petroljoggies se staking is verby, maar die staking in die onderdelesektor duur nog voort. – RSG

Petroljoggies staak

joggieDie metaalwerkersvakbond Numsa sê duisende van sy lede in die motorbedryf begin vandag staak. Dit sluit petroljoggies en vakbondlede by onderdelehandelaars, paneelkloppers en motorwerkswinkels in.

Motoriste is gewaarsku om seker te maak dat hulle brandstof het voordat petroljoggies Maandag ophou werk.

Die vakbond NUMSA het bevestig dat samesprekings met werkgewers vasgeval het.

Die woordvoerder van die vakbond, Karl Cloete, het gesê die staking sal in Gauteng begin, terwyl die ander provinsies Woensdag en Donderdag by die arbeidsoptrede sal aansluit.

Optogte word Maandag in Randburg en Kaapstad beplan.

NUMSA eis ‘n verhoging van R30 per uur in alle sektore vir werkers wat meer as R6 000 verdien. Hulle eis ook ‘n nagskoftoelaag van 20 persent van die normale loon, en ‘n middagskoftoelaag van 15 persent.

Cloete sê Numsa verteenwoordig sowat 70 000 werkers in dié sektor.

Die mynwerkersvakbond AMCU sal na verwagting dié week ook begin staak nadat die ander vakbond – die NUM – sy staking by goudmyne verlede week opgeskort het.

Lede van AMCU het by ‘n massavergadering op Carletonville aan die verre Wes-Rand ten gunste van ‘n staking gestem nadat hulle ‘n salarisaanbod van agt persent van die hand gewys het.

AMCU eis R12 500 vir werkers op intreevlak, maar goudprodusente sê die verhogings is onrealisties in ‘n sukkelende ekonomiese klimaat.

Petroljoggies staak nie

pompDie verwagte staking deur petroljoggies is opgeskort, het ’n amptenaar van die National Union of Metalworkers (Numsa) Maandag gesê.

‘n Amptelike stakingskennisgewing aan werkgewers is nog nie uitgereik nie, sê Castro Ngobese, ’n woordvoerder.

Werkgewers het hul “bereidheid om verder te onderhandel” verklaar nadat hulle met die staking gedreig is.

Numsa sal Woensdag en Donderdag met die Vereniging van Brandstofkleinhandelaars (FRA) en die Kleinhandelmotorbedryf (RMI) ontmoet.

“Ons ondersteun die proses van konstruktiewe onderhandeling,” het Ngobese gesê.

Daar is 72 000 petroljoggies en ander werkers in die motorbedryf. Numsa het verlede week gesê dat onderhandelings in Julie skipbreuk gely het.

Die eerste fase van die loononderhandelinge het reeds in Mei begin. 

Numsa, wat sowat 100 000 werkers in die kleinhandel-motorbedryf verteenwoordig, eis ‘n minimumsalaris van R6 000 per maand.

Petroljoggies staak van Maandag

joggieTot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie.

Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”.

Die NUM het intussen aangedui dat hulle ‘n salarisooreenkoms met goudmynprodusente wil aangaan voor Vrydag se spertyd om ‘n staking in die bedryf te voorkom.

Die NUM se hoofsekretaris, Frans Baleni, sê ‘n staking is die laaste uitweg. Die NUM het die afgelope Saterdag aan produsente sewe dae tyd gegee om te voldoen aan sy eis vir ‘n salarisverhoging voordat hulle tot ‘n staling oorgaan.

Gesprekke tussen die SATAWU-vakbond en die SAL om ‘n einde te maak aan die lugdiens-staking van twee dae, is in Johannesburg hervat.

Die hoofsekretaris van SATAWU, Zenzo Mahlangu, sê die lugdiens wil nie sy aanbod van ‘n verhoging van 6,5% hersien nie. Hy sê SATAWU is ook nie bereid om in te stem tot enige bedrag minder as die aanvanklike eis van 12% nie.

Hy sê nog ‘n vakbond is gereed om môre tot ‘n staking oor te gaan.