VF Plus raak multikulti, benoem Peter Marais

Die Vryheidsfront Plus, wat hom reeds sedert 1994 daarop roem dat hy ‘n party is wat Afrikanerselfbeskikking voorstaan, het hom nou volledig tot multikulturalisme verbind deur ‘n bruin politikus, mnr. Peter Marais, as sy “premierskandidaat” in die Wes-Kaap te benoem.

“Die VF Plus is ʼn party wat hom beywer vir die beskerming van minderheidsgroepe in Suid-Afrika, en Peter Marais, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad, se aansluiting by die party word verwelkom aangesien dit wys dat die VF Plus erns het met sy uitreiking na minderhede,” het die leier van die party, dr. Pieter Groenewald in ‘n verklaring gesê.

Marais het homself beskikbaar gestel as kandidaat vir die Wes-Kaap en die party se nasionale- en provinsiale strukture het hom ingevolge die vereiste prosedure benoem as hul premierskandidaat vir dié provinsie.

“Rasgegronde wetgewing soos Regstellende Aksie (RA) en die diskriminerende effek daarvan, veral op wit en bruin mense, is ʼn werklikheid en dit is daarom verblydend en noodsaaklik dat goeie samewerking tussen verskillende groepe en die VF Plus gevestig word om hierteen terug te veg,” het Groenewald voorts gesê.

Ook staan “die VF Plus se deur oop vir almal wat hulle kan vereenselwig met die beleid, beginsels en waardes van die party en is die enigste party in Suid-Afrika wat in hierdie opsig aan minderhede ʼn ware heenkome bied en terugslaan vir ʼn beter toekoms vir almal.”

Volgens Pieter Groenewald, “is Marais  ʼn deurwinterde politikus en as premierskandidaat bied hy bewese kundigheid en ervaring wat hom sonder twyfel die Wes-Kaap se voorste premierskandidaat maak.”

“Suid-Afrika se politieke landskap is besig om te verander en die VF Plus sal deur sy samewerking met minderhede ʼn toenemend-belangrike rol speel om die ANC te vervang en as deel van ʼn koalisieregering ʼn beter toekoms vir alle mense in die land te verseker,” het Groenewald sy verklaring afgesluit.

SA se huidige kiesstelsel die beste

Mulder en Joemat-Pettersson
Mulder en Joemat-Pettersson

Die huidige proporsionele kiesstelsel is die geskikste kiesstelsel vir Suid-Afrika het Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye verklaar. Omdat dit die beste kiesstelsel vir Suid-Afrika is, behoort dit behou te word en nie verander te word nie. Dit is die bevinding van ’n navorsingstudie oor kiesstelsels wat vir ’n doktorsgraad aan die Noordwes Universiteit gedoen is.

Die Vryheidsfront Plus se parlementêre leier, Pieter Groenewald, het hierdie week sy doktorsgraad in Politieke Studies by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ontvang met hierdie studie. Die titel van sy proefskrif is: “Die Suid-Afrikaanse nasionale kiesstelsel – ’n kritiese ontleding en alternatiewe.” Die studie is gedoen onder leiding van prof. Andre Duvenage van die Noordwes-universiteit.

Die doel van sy studie was om te bepaal of die bestaande geslotelys- proporsionele verteenwoordigende kiesstelsel die geskikste kiesstelsel vir Suid-Afrika is. In sy studie het dr. Groenewald twaalf verskillende kiesstelsels se voor- en nadele ontleed. Dit is gedoen aan die hand van ’n evalueringsmodel wat hy ontwikkel het. Die evalueringsmodel bestaan uit verskillende kriteria waarteen elk van die twaalf kiesstelsels gemeet is. Sy bevinding was dat die huidige geslotelys- proporsioneel verteenwoordigende kiesstelsel, die geskikste kiesstelsel vir Suid-Afrika is, en ook behou moet word.

Die kritiek teen die huidige kiesstelsel is dat dit te veel mag aan party strukture gee en nie die verantwoording van verteenwoordigers verseker nie. Dr. Groenewald het bevind dat kiesstelsels nie die mate van verantwoording van verteenwoordigers verseker nie. Dit word verseker deur die interne reëls en dissipline van die verteenwoordigers se politieke partye. Dit is ook nie kiesstelsels wat kandidate in ʼn verkiesing aanwys nie, maar die onderskeie politieke partye. In enige aanwysing van kandidate sal die leierskap en partyburokrasie ʼn bepaalde rol speel, ongeag die tipe kiesstelsel.

Die VF Plus se verteenwoordigers in die parlement is tans die hoogs gekwalifiseerde span in die parlement met drie doktorsgrade en ’n advokaat in hulle midde.

Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase

Piketberg-plaasIn ’n voorgestelde beleidsdokument oor die vrywillige toekenning van aandele aan plaaswerkers van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming word o.m. voorgestel dat ’n plaaswerker met 10 jaar diens op ’n kommersiële plaas geregtig moet wees op 10% aandele in die eienaarskap van die grond. Voorts word bepaal dat ná 25 jaar diens ’n werker geregtig moet wees op 25% aandele en op 50% ná 50 jaar.

Geen melding word gemaak oor wat gebeur as daar verskeie werkers op ’n plaas is wat al langer as 10 jaar daar is nie. Die stelsel sal nie “afdwingbaar” wees nie, maar boere word aangemoedig om “vrywillig” deel te neem. Die doel van die voorgestelde beleid is “om ongeregtighede sedert die 19de eeu reg te stel”.

Volgens die dokument het plaaswerkers, insluitende tydelike en seisoenwerkers, oor die jare heen vir “hongerlone” gewerk en is daarom nou geregtig op aandele in die plase waar hulle woon en werk. In reaksie op die beleidsdokument is kritiek fel, o.a. van Agri SA, TLU SA en Graan SA.

Pieter Groenewald van die VF Plus sê die voorstelle “kom neer op niks minder nie as die brutale onteiening van grond soortgelyk as wat in Zimbabwe gebeur het. Dit is duidelik dat die grondhervormingsprogram ‘n klaaglike mislukking is en dat ander planne nou beraam word om grondeienaars sonder vergoeding te onteien.” – Ditsem Nuus

Jong kommuniste ‘blaas rassehaat aan’

“‘n Memorandum wat die Jong Kommuniste Liga van Suid-Afrika Vrydag (22/01/10) in Christiana aan die Provinsiale Onderwysdepartement oorhandig het, getuig van rassehaat en onkunde oor die Grondwet van Suid-Afrika. Om in die memorandum te vra dat Afrikaans in alle openbare skole verbied moet word en dat Engels die onderrigtaal moet wees, is ‘n miskenning van die reg op moedertaalonderrig soos vervat in die Grondwet. Hierdeur misken die Jong Kommuniste Liga al die ander inheemse tale en bevorder die taal van kolonialisme. Die Jong Kommuniste is net besig om rassehaat aan te blaas en skep polariserings soos Cosatu in Noordwes,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier in Noordwes en hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Groenewald meen verder dat “dit ook duidelik is dat dit die plaaslike tak van die Kommunisteliga is wat ‘n klein groepie van die gemeenskap uitmaak en nie verteenwoordigend is nie. Die memorandum is aan die Noordwes-onderwysdepartement oorhandig en gerig en het niks te make met die Gekombineerde Skool Christiana nie. Die Gekombineerde Skool Christiana voldoen en funksioneer binne alle bepalings van die Onderwysdepartement en lewer ‘n hoë standaard van onderrig. Die Jong Kommunisteliga se lede moet eerder ‘n werkswinkel bywoon waar hulle onderrig kan ontvang oor die bepalings en werking van die Grondwet van Suid-Afrika.”

светФільчаков прокурор

Slikdam naby Vaalrivier onaanvaarbaar

Image

Pieter Groenewald

Die oprigting van ‘n mega-slikdam naby die Vaalrivier, oos van Stilfontein deur Simmer & Jack, is onaanvaarbaar. Die mega-slikdam gaan 1 400 hektaar beslaan en sal ‘n groot bron van besoedeling wees. Eienaars van kleinhoewes sal die slagoffers wees van mynstof omdat die mega-slikdam tussen hulle en die heersende noordwestewinde gebou gaan word.

"Die Vaalrivier kan erg besoedel word en dit hou ‘n gevaar in vir die inwoners van Klerksdorp wie se drinkwater aan die onderloop van die megadam gepomp word. Eienaars en belangegroepe het reeds appèl teen die oprigting van die slikdam aangeteken en ek het reeds vrae aan die minister van omgewingsake en waterwese in die parlement ingedien”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes en inwoner van Stilfontein.

 “Die omgewingsimpakstudie is gebrekkig, aangesien die inwoners van die kleinhoewes nie geraadpleeg is nie en geen radiologiese navorsing oor die impak van die megadam gedoen is nie. Dit het ook aan die lig gekom dat die LUR vir omgewing en landbou in Noordwes die aansoek goedgekeur het ten spyte van besware deur amptenare van die departement van landbou. Die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder, wat ook leier van die VF Plus is, sal genader word om vas te stel hoekom die departement van landbou se besware geïgnoreer is. Die nuwe mega-slikdam sal 1 400 hektaar vrugbare landbougrond tot niet maak. Vir toekomstige voedselsekerheid moet alle landbougrond sovêr moontlik behou word. Die departement van waterwese het nog nie die aansoek goedgekeur nie. Ek sal in die parlement die minister van waterwese versoek, om in die belang van die gemeenskap die aansoek te verwerp,” het Groenewald gesê.

хороший стоматологтопкарго отзыв