Jong kommuniste ‘blaas rassehaat aan’

“‘n Memorandum wat die Jong Kommuniste Liga van Suid-Afrika Vrydag (22/01/10) in Christiana aan die Provinsiale Onderwysdepartement oorhandig het, getuig van rassehaat en onkunde oor die Grondwet van Suid-Afrika. Om in die memorandum te vra dat Afrikaans in alle openbare skole verbied moet word en dat Engels die onderrigtaal moet wees, is ‘n miskenning van die reg op moedertaalonderrig soos vervat in die Grondwet. Hierdeur misken die Jong Kommuniste Liga al die ander inheemse tale en bevorder die taal van kolonialisme. Die Jong Kommuniste is net besig om rassehaat aan te blaas en skep polariserings soos Cosatu in Noordwes,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier in Noordwes en hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Groenewald meen verder dat “dit ook duidelik is dat dit die plaaslike tak van die Kommunisteliga is wat ‘n klein groepie van die gemeenskap uitmaak en nie verteenwoordigend is nie. Die memorandum is aan die Noordwes-onderwysdepartement oorhandig en gerig en het niks te make met die Gekombineerde Skool Christiana nie. Die Gekombineerde Skool Christiana voldoen en funksioneer binne alle bepalings van die Onderwysdepartement en lewer ‘n hoë standaard van onderrig. Die Jong Kommunisteliga se lede moet eerder ‘n werkswinkel bywoon waar hulle onderrig kan ontvang oor die bepalings en werking van die Grondwet van Suid-Afrika.”

светФільчаков прокурор