Die vragmotorbestuurder die gru-ongeluk wat 22 lewens geëis het in Pinetown veroorsaak het, KwaZulu-Natal, verskyn vandag in die hof.
Sy voertuig het teen vier minibustaxi’s en ‘n motor gebots. Aanvanklik is geglo dat 27 mense omgekom het.
Die bestuurder, ‘n 23-jarige burger van Swaziland, is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal op aanklagte van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur in die Pinetown-landdroshof verskyn.
Die gru-ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 19:00 op die hoek van Fieldshillweg (M13) en Richmondweg in Pinetown gebeur. Die gebeurtenis is deur ‘n kameratjie op ‘n motoris se truspieëltjie verfilm.
‘n Beampte van die KwaZulu-Natalse padverkeersdirektoraat, het aan Jeff Radebe, waarnemende president, gesê die vragmotor se lisensie het op 31 Augustus verval.
Dipuo Peters, minister van vervoer, het ’n hoëvlak-ondersoek na die ongeluk gelas. – Sapa
