Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van die vierjarige Shaskia Michaels van Mitchells Plain in die Wes-Kaap.
“Terwyl die soektog na Shaskia voortduur het die polisie Sondag twee mans, onderskeidelik 41 en 21 jaar oud, in hegtenis geneem op ‘n klag van ontvoering in verband met haar [Shaskia] verdwyning,” het André Traut, polisiewoordvoerder, gesê.
Shaskia is verlede Donderdag laas buite haar ouma se huis in Tafelsig gesien.
Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, het ‘n beloning van R50 000 aangebied vir inligting oor die kind. – Sapa
