Die moles wat Boer, Brit en Bantoe in Suid-Afrika maak, is vir Skoppensboer tragies. Veral as ons kyk na plaasmoorde, korrupsie, riool in die riviere en ultraviolet tolpunte wat saans op die snelweë glim om my en jou sente uit ons sakke te suig soos buiteaardse wesens wat in ons slagare intap.
Skoppensboer is geen wafferse Boer of selfs boer nie. Sy kennis van landbou is beperk tot die plant van konifere of struike in ‘n voorstedelike tuin. Afrikaanssprekende boere met ‘n kleinletter is ook die enigste mense waar Skoppensboer van weet wat in die onlangse verlede vrywillig tot grondhervorming via hul verteenwoordigers by die landbou-unies toegestem het. Moontlik is hulle self moeg vir boer en verlang na ‘n stedelike leefwyse waar hulle oor die jongste opera of dié seisoen se manskoene kan gesels. In elk geval lyk dit asof die regerende Bantoeparty hulle binnekort gelyk gaan gee en van die bekommernisse van reën, peste en die stygende dieselprys gaan verlos. Dis nou as Malemmer se vegtende ekonome nie eerder aan bewind kom en sommer eensklaps ‘n einde aan enige verdere mielie-oeste maak nie.
Die verskillende kultivars van boere met of sonder hoofletter is, soos gesê, vir Skoppensboer omtrent so duister soos die verskillende soorte pere wat ‘n mens in die groentewinkel aantref. Nietemin het hy simpatie vir daardie minderheid boere wat nog nie by die vegtende ekonome aangesluit of al biddende soos by Mekka op daardie Engelse aartappelboer se plaas neerkniel om vir ‘n beter vorm van multikulturalisme te bid nie.
Gepraat van Engelse boere of Boere, is dit nou een spesie wat Skoppensboer nie voor sy oë kan verdra nie. Die enigste reël in die oeuvre van Breyten Breytenbach wat die moeite werd is om aan te haal, is waar hy skryf oor sy vreugde om bokant Engeland in ‘n vliegtuig te gaan urineer. Dit staan op bladsy 34 van die tweede uitgawe van sy Katastrofes en onder die titel “calamity gulch (engelse gedagtes)” skryf hy:
Een van my ideale was nog altyd om op die een of ander wyse die eentonige verloop van die alledaagse in Londen te ontwrig. Ek sou graag die stad vanuit ‘n vliegtuig in die lug wou bemors… Dus wag ek maar totdat ons bo Londen vlieg en gaan urineer dan met ‘n duiwelse behae: ek reën oor die voorstede. Mag die hoë swawelinhoud van my water julle rooigeblikte krismisrose vergiftig.
Feit is dat ‘n mens nie meer Londen toe hoef te gaan om ‘n wrewel in Engelse te ontwikkel nie. Suid-Afrika het nou so Engels geword dat Londen as’t ware daarby afsteek. Waarskynlik is daar deesdae meer Pole en Pakistani’s in Londen as Engelse, dus sal ‘n mens eers ‘n geopolitieke ontleding moet doen alvorens jy doer in die lug in ‘n vliegtuig die ketting trek.
Leon Lemmer skryf juis oor die Engelse satirikus Arthur Keppel-Jones wat ‘n katastrofe vir Suid-Afrika onder Afrikanerregering voorspel het. Toe nou nie. Ons moes wag vir Bantoeregering alvorens dinge regtig beroerd sou raak.
Nou lees Skoppensboer iewers dat RW Johnson, nog ‘n skrywende Engelsman, kwytgeraak het dat die hele Suid-Afrika deesdae soos ‘n Bantoestan geword het. ‘n Mens sien dit aan al die vername Bantoes met blouligkonvooie wat op die tolpaaie rondjaag en aan die casino’s op elke straathoek wat ‘n groot deel van ons hedendaagse ekonomie verteenwoordig. Maar wat Johson nie sê nie, is dat die nuwe Suid-Afrika juis ‘n baie Britse Bantoestan geraak het. Almal praat Engels en verbeel hulle dat hulle familie van die Britse koningsgesin is. Selfs al is hulle swart. Soos ons weet, is ras egter net ‘n sosiale konstruk en daarom kon die WIndsors van Buckingham-paleis en prins Herrie met sy wortelkleurige hare ewe seer swart gewees het. Die verskil tussen ‘n Brit en ‘n Bantoe is net ‘n manier van sien.
Herrie ontmoet aartsbiskop Toetoe In Westminster-abdy
Vandaar dus die matelose bewondering wat alle Britte vir die grootste Bantoebandiet van alle tye, Nelson Mandela, koester. So pas ‘n week of tien dae gelede het die hele Britse heersersklas, waaronder die huidige en vorige eerste ministers, asook die einste wortelhaar-Herrie, ‘n gedenkdiens in Westminster-abdy ter ere van die grynslaggende Nelson bygewoon. ‘n Gedenksteen gaan blykbaar vir die tuislandleier uit Bantoestan Suid-Afrika iewers in die abdy ingemessel word.
Iets wat Skoppensboer nog nooit kon verstaan nie, is waarom Engelse so teen tuislandonafhanklikheid gekant was as hulle reeds lank voor Verwoerd of Vorster onafhanklikheid aan Lesotho, Swaziland en Botswana toegestaan het. Dit lyk asof Bantoestans, veral van die onafhanklike tipe, altyd ‘n goeie idee is, behalwe waar hulle deur Boere tot onafhanklikheid gelei word. Dan is daar iets fout.
Constantia in die Kaap is ‘n Britse oblast wat seker “vir ewig Engeland” sal wees, soos een of ander van hul digters geskryf het. Intussen wankel ons Britse Bantoestan erg tussen Brits en Bantoe en van die een dag tot die volgende weet jy nie of hulle môre Oom Kosie Sukkel in Afrika of God Seën die Koningin gaan sing nie.
Terwyl die Britse media steeds gal braak oor Afrikaners, kan hulle mos niks verkeerds sien met Bantoeregering nie en selfs Vader Jacob word oorkant die Mou as ‘n genie van ware staatsmanskap beskou.
Trouens, dis toenemend moeilik om die verskil tussen Britte en Bantoes te sien. Al onderkskeid wat Skoppensboer raaksien, is dat die Britte groter bedrae geld op ‘n slag van ons steel.
Verder is hulle soos vinkel en koljander, met ‘n gemeenskaplike taal.
Vandag word daar deur die inwoners van die Krim in ‘n referendum oor selfbeskikking gestem. Daarmee is die twee miljoen inwoners van die Krim besig om die wêreldgeskiedenis te verander, want so pas het die internasionale stelsel wat sedert die ineenstorting van die Berlynse muur in November 1989 gegeld het, insgelyks verkrummel.
Amerika, Brittanje en die Europese Unie wou die referendum ten alle koste verhoed, maar Rusland het vanuit die staanspoor die proses beheer en selfs gisteraand se stemming in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies kon dit nie keer nie.
Terwyl die meeste Suid-Afrikaanse koerante vandag oor gister se rugby of die komende verkiesing berig, vind daar in die Krim ‘n gebeurtenis plaas wat vir ons van die uiterste belang is. Nes aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog, word selfbeskikking weereens ‘n internasionale kwessie. Woodrow Wilson, die Amerikaanse president aan die einde van daardie oorlog, het onomwonde verklaar dat “die reg op selfbeskikking… heilig is”. Hy het ook sy beroemde “veertien punte” gestel wat selfbeskikking veronderstel het.
Jan Smuts het gesê dat die toekoms van Suid-Afrika altyd van buite die land bepaal sal word. Dit was so in 1899, maar ook in 1990. Die Nasionale Party het in die tagtigerjare die binnelandse stryd teen die ANC, SAKP en sy bondgenote gewen, maar dit in die buiteland verloor. Met die hulp van die destydse Sowjetunie, Oos-Duitsland, Swede, asook die magtige links-liberale partye en media in Brittanje en die VSA, is die destydse NP-regering gedwing om met ‘n skimagtige terreurbeweging genaamd die ANC te “onderhandel”.
Terwyl mnr. FW de Klerk in sy referendumvraag van 1992 aan die blanke kiesers ‘n mandaat versoek het om met onderhandeling voort te gaan, het hy die “ja”-stem as carte blanche geïnterpreteer om tot ‘n volskaalse politieke, ekonomiese en militêre kapitulasie in te stem. Net soos twee miljoen hoofsaaklik Russiessprekende inwoners van die Krim ná die Amerikaans-gesteunde magsgreep op 22 Februarie 2014 hul onder ‘n vreemde meerderheid bevind het, word die Afrikaner vanaf 27 April 1994 op alle gebiede oorheers.
Die ineenstorting van die Berlynse muur was ‘n swaar slag vir Links en natuurlik vir die Sowjetunie wat byna dadelik begin verbrokkel het. Hier is egter die ironie: pleks dat De Klerk hierdie keerpunt in die wêreldgeskiedenis in sy guns aangewend het om die Suid-Afrikaanse kommuniste en links-liberale te troef, het presies die teenoorgestelde gebeur! Soos ek al tevore geskryf het, het FW ‘n geleentheid in ‘n ramp omskep.
1989 was die deus ex machina wat vir die Afrikaner ‘n ramp geskep het; kan die huidige gebeure in die Krim die katalisator word wat ons volk weer na vryheid lei? Weereens gaan dit om ‘n eksterne faktor buite ons beheer wat groot verandering bring.
Die enigste logiese afleiding oor die ramp van 1989 wat ‘n mens kan maak, is dat FW de Klerk na Groot Brittanje oorgeloop het en begin het om die Britse belang in ons land te bevorder. Ook sy broer Wimpie, wat ‘n groot kokkedoor in beide die Broederbond en die Afrikaanse media was, het in die aanloop tot die Groot Afrikaneroorgawe met die Britse geheimediens in Londen vergader, soos wat Chris Louw in sy boek Boetman en die swanesang van die verligtes berig het.
Afrikaners het tydens die Koue Oorlog besonder goed gevaar. Die periode vanaf 1948-1989 wat deur Leon Lemmer vandag as die “Afrikanerperiode” in ons geskiedenis gekenskets word, was ‘n bloeityd vir die land wat vinnig tot ‘n nywerheidsland ontwikkel het. Maar veral die Afrikaner was vir die eerste keer werklik verenig oor al vier provinsies, asook die ou Suidwes-Afrika wat feitlik as ‘n vyfde provinsie van Suid-Afrika geadministreer is. Die Afrikaanse kultuur, onderwysinstellings, weermag, Eskom, Transnet, Yskor, Sasol, die SAL, die SAUK en ander semi-staatsinstellings het groot hoogtes bereik, in teenstelling met die korrupte, finansieel wankelrige oorblyfsels van daardie instellings wat vandag oorbly.
Op die tydstip dat ons vyande se droom van ‘n klasselose kommunistiese utopie finaal “tot die asblik van die geskiedenis verdoem is”, om Trotski aan te haal, het daardie Afrikanerperiode egter eensklaps aan sy einde gekom. Dit is vervang met ‘n voortgesette Britse periode waardeur Suid-Afrika grotendeels tot die invloedsfeer van die Verenigde Koninkryk behoort. Afgesien van die nuwe klas van korrupte swart politici en hul meelopers, het Brittanje die meeste by die magsgreep van die ANC/SAKP op Suid-Afrika gebaat.
Om maar enkele voorbeelde hiervan te noem:
Die Indiese vriend van die toentertydse eerste minister, Tony Blair, het Yskor verniet gekry deur middel van ‘n agterbakse finansiële transaksie. Met ons staalnywerheid agter die blad, het Mittal ook ander staalfabrieke in Europa oorgeneem en sodoende die wêreld se rykste staalmagnaat geword. Afrikaners het dekades lank in Yskor se fabrieke gesweet en soms gesterf om Mittal, wat ‘n Britse burger is, se fortuin te skep.
Die oorname van ABSA, waarin die meeste voormalige Afrikanerbanke soos Volkskas en Trustbank saamgevoeg is, deur Barclays het ook nie deursigtig geskied nie en die valuta- en ander implikasies vir die land is nooit verreken nie. Soos ek dit verstaan, het ABSA eers Barclays se takke oral in Afrika met rande gekoop, waarna Barclays dieselfde fondse gebruik het om ABSA uit te koop. Verlede week verseker iemand my dat die helfte van Barclays se dividend tans deur ABSA verseker word wat sy Afrikanerkliënte met kostes melk om Brittanje se grootste bank te midde van die internasionale geldkrisis staande te hou.
Vodacom, die land se winsgewendste selfoonmaatskappy wat insgelyks met die staatsfondse van Telkom ontwikkel is, word vandag deur Vodafone van Brittanje besit. Suid-Afrikaanse selfoontariewe is van die duurste ter wêreld en uiteraard is die winste wat dié Britse maatskappy vanuit Suid-Afrika verhaal, insgelyks van die hoogste ter wêreld.
Britse maatskappye het ‘n leidende rol tydens die korrupte wapentransaksie, waaroor die laaste woord nog nie gespreek is nie, gespeel. Trevor Manuel het in die geheim en sonder goedkeuring van die parlement ‘n ooreenkoms met die Britse regering gesluit waarmee die Suid-Afrikaanse belastingbetaler betalings aan die Britse wapenmaatskappye waarborg. Blykbaar het ons nog nie eens begin om aan die wapens af te betaal nie en word daar tans net rente gedelg.
Soos die toeval dit wil hê, is Manuel se vrou, Maria Ramos, ook die uitvoerende hoof van ABSA en dien op die uitvoerende komitee van Barclays. Sy is nie eens ‘n gebore Suid-Afrikaner nie (op haar geboortesertifikaat staan blykbaar Lissabon), maar het voorheen aan die Universiteit van Londen nagraads gestudeer, wat haar seker kwalifiseer om ‘n leidende rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie te speel, eers by Transnet en nou by ABSA.
My vermoede is dat daar ‘n langtermyn- Britse plan was om Suid-Afrika ná 1948, maar veral ná Republiekwording in 1961 en ons uittrede uit die Statebond, oor te neem en by verstek deur ‘n swart regering te laat regeer. Die ANC-bewind beskik oor geen werklike mag nie omdat die weermag afgetakel is en sy eie kaders uit ‘n spul hopelose, korrupte en onbekwame skurke bestaan wie se ambisie nie verder strek as om die staatskas leeg te steel nie. Die mag agter die troon is die Verenigde Koninkryk, met Rusland en China wat deur middel van BRICS poog om dié magsgreep op die land af te water.
Weereens: onthou Jan Smuts se gesegde: Ons lot sal vanuit die buiteland bepaal word.
Die Krim
Vandaar dus my opgewondendheid oor wat nou besig is om in die Krim te gebeur. Ten einde die Sowjetryk af te takel, het die VSA die beginsel van selfbeskikking ondersteun en oral in Oos-Europa die onafhanklikwording van state binne die Russiese invloedsfeer gesteun. Waar daar wel pro-Russiese regerings tot stand gekom het, het George Soros en ander Amerikaners se nie-regeringsorgansisasies die plaaslike politiek deur sogenaamde “kleurrevolusies” gemanipuleer om pro-Amerikaanse satellietstate rondom Rusland te vestig. Op 22 Februarie het die jongste van dié revolusies of staatsgrepe plaasgevind toe die verkose president van die Oekraïne, Viktor Janoekowitsj, uit sy land moes vlug nadat die Amerikaanse NRO’s duisende mense opgesweep, maar ook huursoldate betaal het om die onluspolisie met bofbalkolwe en koeëls te bestook.
Omdat die meesal Russiese inwoners van die Krim nie onder ‘n Amerikaanse marionetregering wil leef nie, het hulle met die steun van Rusland besluit om vandag referendum te hou. Alle voorspellings dui daarop dat die bevolking met ‘n oorweldigende meerderheid ten gunste van óf onafhanklikheid van die Oekraïne, óf inlywing by Rusland gaan stem.
Die Amerikaners, asook Duitsland en die res van die Europese Unie wat lyk my net skoothondjies van die VSA geword het, dreig nou met omvattende ekonomiese sanksies teen Rusland omdat hulle vandag se referendum as “onwettig” beskou.
Waneer dit egter die VSA pas, is selfbeskikking nie onwetttig nie, soos die beroemde geval van Kosovo wat in 2008 tot ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring teenoor Serwië en die res van die Federasie van Joego-Slawië oorgegaan het. Ten einde sy Serwiese bondgenoot te ondersteun, het Rusland tevergeefs die onafhanklikwording van Kosovo probeer teenstaan.
In sy verklaring ná afloop van sy ontmoeting met John Kerry, die Amerikaanse buitelandse minister, het die hoof- Russiese diplomaat, Sergei Lawrof, die lande en bevolkingsgroepe genoem wat oor die afgelope aantal jare meesal met Brits-Amerikaanse steun selfbeskikking verkry het. Volgens Lawrof moet die Krim as ‘n spesiale geval hanteer word, net soos wat die VSA en ander Westerse moondhede in 2008 die onafhanklikheid van Kosovo as ‘n spesiale geval gesien het. Lawrof het verder gesê:
“Is daar presedente in die internasionale reg. Daar is presedente, natuurlik. Elkeen verstaan dat die Krim vir Rusland iets baie belangriks, wat dit vir Rusland beteken. Dit beteken oneindig meer as die Falklandeilande vir die Verenigde Koninkryk of die Comore-eilande vir Frankryk.”
Onder Afrikanergroepe het die Kosowo-geval die afgelope aantal jare belangstelling gewek, omdat dit gesien word as ‘n voorbeeld van ‘n bevolkingsgroep wat hom eensydig onafhanklik kan verklaar, iets wat deur die volkereg en artikel 1 van die Verenigde Nasies se handves ondersteun word.
Die probleem is egter dat Kosowo sonder die militêre steun van NAVO en Amerikaanse erkenning nooit onafhanklik van Joego-Slawië sou geword het nie. Omdat soveel Afrikaners prokureurs en advokate is, sien hulle politiek ook soos ‘n hofsaak wat deur een of ander regter beslis gaan word. Politiek gaan egter oor mag en, soos wat die VSA oor die afgelope aantal jare gedemonstreer het, maak hy wat oor mag beskik die reëls. Diie Obama-bewind en die sogenaamde “neocons” of neokonserwatiewe in die VSA voel hulle nie meer aan reëls gebonde nie. Al wat tel, is naakte magsuitbreiding en Oekraïne, Rusland, Iran en ander lande wat aan die Amerikaanse empaaier ontkom, verkeer in hul visier.
In hul legalistiese benadering tot politiek, maak Afrikaners die fout om die volkereg of selfs die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet met sy beroemde artikel 235 as die bepalende faktor in ‘n volk se onafhanklikheidstryd te sien. Artikel 235 lui immers:
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ‘n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ‘n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
In weerwil van dié mooiklinkende artikel, geniet Afrikaners vandag geen selfbeskikking of selfs selfregering nie. Die Britse Ryk is bloot deur ‘n Bantoeryk vervang… Of is die Bantoeryk dalk net ‘n voortsetting van die Britse Ryk, soos ek hier bo probeer aandui?
Interessant is dat ‘n geskil oor taalregte ook die huidige konflik in die Oekraïne onderlê. Een van die eerste dinge wat die nuwe pro-Amerikaanse bewind in Kiëf gedoen het, was om die Russiese taal oral in Oekraïne te verbied! Lui dit iewers by ons ‘n klokkie? Afrikaans wat uit die staatsdiens en die groot maatskappye geweer word, veranderings van Afrikaanse name, met Afrikaanse skole en universiteite wat verengels word?
Vandag werk duisende Afrikaners vir die Britse Ryk omdat hulle swartes, kleurlinge en Indiërs Engels leer of hulle in Engels onderrig. Ons belastings word insgelyks gebruik om Engels te bevorder en Britse vooroordele, selfs oor ons eie mense, in die land en elders ter wêreld te versprei. Kortom, Afrikaners het die slawe van die Britse Bantoeryk geword!
Die Angel-Saksiese standpunt oor die Krim het egter ‘n nuwe verdeling teenoor Rusland, selfs ‘n nuwe Koue Oorlog, geskep. Die nuwe globale bars of kraak gaan nie meer oor ekonomiese filosofie – kapitalisme teenoor kommunisme – nie, maar oor identiteit en nasieskap. Die Anglo-Amerikaanse Ryk is onherroeplik verbind tot multikulturalisme en ‘n gemengde identiteit met ‘n onderliggende anti-blanke substraat. Hierteenoor staan Rusland ‘n klassieke volkskap gegrond op nasionalisme en die erkenning van nasionale soewereiniteit en taalregte voor. Ironies is Wladimir Poetin, wat tans deur CCN, die BBC, die New York Times en ander links-liberale media vir ‘n “nuwe Stalin” uitgekryt word, een van die gewildste leiers onder Westerse konserwatiewe. Obama se aggressie in Oos-Europa word deur Amerikaanse konserwatiewe soos Pat Buchanan en Ron Paul gestriem. In Wes-Europa is Poetin veral gewild onder die nuwe geslag nasionalistiese kiesers wat die Franse Front National of die Nederlandse PVV of die Oostenrykse Vryheidsparty ondersteun.
Ook onder Afrikaners styg die bewondering vir Poetin wat oënskynlik alleen die Amerikaanse reus en sy Britse en Europese sikofante aandurf deur selfbeskikking en die voortbestaan van kleiner volkere teen ‘n allesoorheersende imperialisme verdedig.
Die breuk in die wêreld wat die Nuwe Koue Oorlog meebring, loop ook deur Suid-Afrika: aan die een kant die imperialistiese Anglo-Bantoe-Suid-Afrikaner en die ander kant die Afrikaner, die Khoisan, Vendas en ander groepe wat op selfbeskikking aandring.
Afrikaners sal die selfbeskikkingsyster moet smee terwyl hy warm is. Binne die volgende dae en weke sal ons vertoë tot buitelandse ambassades en moondhede moet rig waarin ons insgelyks op ‘n referendum oor selfbeskikking aandring. Die Britse ambassadrise in Suid-Afrika, Judith Macgregor, het gister getwiet dat die referendum in die Krim “onwettig” is, anders as die Skotse referendum oor selfbeskikking wat in September gehou word.
Wel, kom ons stel ‘n voorbeeld aan die wêreld deur ‘n wettige referendum in Suid-Afrika oor Afrikanerselfbeskikking te hou, met die moontlike hulp van mev. Mcgregor wat soveel begrip vir die Skotse vryheidstrewe toon. Oor die presiese grense van ‘n Afrikanerstaat en ons bates kan agterna onderhandel word, solank die beginsel erken word dat ons – soos die Kosoware, die Katalane, die Skotte en die Russiese inwoners van die Krim – onsself moet regeer.
Ek is selfs bereid om ‘n deel van die Noord-Kaap as tuisland te aanvaar, mits ons vir die infrakstruktuur en ander bates in Gauteng uitbetaal word. Dit is triljoene rande werd en ons gaan nie sonder vergoeding daarvan afstand doen nie. As die VSA so pas elf miljard dollar vir die nuwe, onverkose bewind in die Oekraïne kan skenk, is daar sekerlik baie internasionale fondse beskikbaar om vryheid vir Afrikaners te verseker.
Brittanje het nog altyd dubbele standaarde teenoor, enersyds Boere en Afrikaners, en andersyds die Sotho’s, Tswanas, Swazi’s, Iere, Skotte, Falklanders, Oekraïners, ens., gehandhaaf. Britse Bantoestans soos Lesotho en Swaziland wat nie eens hul eie staatsdienssalarisse sonder buitelandse hulp kan betaal nie, geniet volle onafhanklikheid terwyl hulle die territoriale integriteit van Suid-Afrika skend. Maar die Afrikaner word in ‘n onderdanige, verdrukte posisie teenoor die korrupte Bantoe-imperialiste gehou.
Hoe rym dit?
Dit spreek vanself dat ons in die komende verkiesing vir Front Nasionaal behoort te stem, om aan te toon dat daar steun vir die beginsel van Afrikanerselfbeskikking bestaan.
Of is ons al so deur Amerikaanse en Britse multikulturele propaganda gebreinspoel dat ons bereid is om slawerny in die vorm van plaasmoorde, geweld, permanente taal- en rassediskriminasie te aanvaar?
Die meerderheid Afrikaners hoef ons nie in die aanvanklike fase van dié beweging te ondersteun nie. In elk geval het niemand ooit in 1992 ten gunste van oorgawe aan die ANC/SAKP ingestem nie; ‘n komitee van Verraaierkaners rondom mnr. FW de Klerk het dit bloot namens ons gedoen ten einde hul Noord-Atlantiese meesters tevrede te stel. Gehoorsaam soos wat hulle is, het die meerderheid Afrikaners agterna daarby ingeval en is verder deur die media gebreinspoel om die juk te aanvaar.
Wat nou belangrik is, is dat ‘n saakmakende minderheid vryheidsgesinde Afrikaners hul stemme ten gunste van selfbeskikking moet uitbring. Ook die intellektuele en politieke debat moet binne die nuwe geopolitieke konteks gevoer word, waarin selfbeskikking soos ná 1918 ‘n kardinale rol speel.
Ons het niks meer om te verloor behalwe die kettings wat ons aan die gewelddadige, korrupte eenheidstaat bind nie!
praag, die dinkskrum vir Afrikanervryheid en -selfbeskikking. Sluit aan!
Arthur Keppel-Jones (1909-1996) het die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in sy boek voorspel: When Smuts Goes: A history of South Africa from 1952 to 2010, first published in 2015 (Cape Town: African Bookman, 1947, 203p). Uit die datums blyk die aktualiteit van die teks. Die outeur was ‘n dosent in geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand, maar het hom in 1959 in Kanada gevestig. In 1972 het hy Suid-Afrika besoek en erken dat sommige van sy voorspellings foutief is. Sy pa was ‘n Brit en sy ma was ‘n afstammeling van die Britse setlaars.
Uit sy boek blyk Keppel-Jones se bewondering vir die Britte en selfs kolonialisme. Hy was ‘n Anglofiel wat bv van die veronderstelling uitgegaan het dat Rhodesië ‘n vesting van Britse voortreflikheid sou bly. Sy siening van die Afrikaner-bewind en Britse kolonialisme blyk uit die volgende: “The Republic had achieved its aim of keeping the Kaffir ‘in his place’. He had not been allowed to advance in civilization. That he would have made an advance, under the determined and patient guidance of civilised leaders, is proved by what has happened to the branches of his race in other African countries” (p 174).
Natal was Keppel-Jones se gunsteling provinsie omdat dit meer Britsgesind as die Kaap en veral as die Transvaal en Oranje-Vrystaat was. Hy het begrip gehad waarom sommige wou hê dat Natal van die Unie moet wegbreek. Hieruit kan reeds sy Afrikaner-haat afgelei word. Keppel-Jones was deurdrenk van liberalisme en was oortuig dat federalisme ‘n oplossing vir Suid-Afrika se grondwetlike probleme bied. Maar hy het gedink niks hiervan sou in Suid-Afrika tereg kom nie. Sy boek skets nie ‘n utopie nie, maar ‘n distopie.
Voordat ek Keppel-Jones se teks ontleed, is ‘n lemmeristiese historiese oorsig nodig:
Na Unie-wording was die eerste drie eerste ministers: Louis Botha (1910-1919), Jan Smuts (1919-1924, 1939-1948) en Barry Hertzog (1924-1939). Al was Hertzog ‘n Afrikaner, was sy bewind in samewerking met Engelse elemente. Die periode van 1910 tot 1948 kan as ‘n oorheersend Engelse/Britse periode in Suid-Afrika se politieke geskiedenis gekarakteriseer word. Van 1948 tot 1994 was die Nasionale Party (NP) aan die bewind, met as eerste ministers (en van 1984 af as staatspresidente): DF Malan (1948-1954), Hans Strijdom (1954-1958), Hendrik Verwoerd (1958-1966), John Vorster (1966-1978), PW Botha (1978-1989) en FW de Klerk (1989-1994). Dit kan die Afrikaner-periode genoem word.
Van 1990 tot 1994 was egter ‘n oorgangs- of afgrondsfase toe De Klerk evolusionêre politieke ontwikkeling vir revolusionêre oorgawe verruil het. Skielik was die tradisionele veiligheidsmagte (weermag en polisie) nie meer alleen in beheer van wet en orde nie. Wanneer daar ‘n samedromming van swartes was, is die beheer aan selfaangestelde ANC-“marshals” toevertrou. Dit was die aanvang van die tirannie van die meerderheid in die vorm van swart mag.
Sedert Unie-wording was daar dus ‘n Engelse (1910-1948), ‘n Afrikaner- (1948-1989) en daarna ‘n swart (in meer as een sin) periode. In breër verband kan gesê word dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit drie eras bestaan: die voor-beskawingsperiode, die beskawingsperiode (1652-1989) en die na-beskawingsperiode. Hier verwys “beskawing” na Europese beskawing.
Keppel-Jones se teks handel oor die Afrikaner-era, wat hy gedink het in 1952 (en nie 1948 nie) sou begin, en daarna die swart-era tot 2010, wat hy voorspel het reeds in 1988 sou begin. Hy het gedink die bewind van sowel die NP as die ANC sou katastrofies wees. Die hele periode wat hy dek (1952-2010), word as twee opeenvolgende rampe gekarakteriseer. Sy rede vir 1952 as die begin van die NP-bewind is dat dit drie eeue na die landing van Jan van Riebeeck was. Weens gebrek aan ruimte sal ek nie elke keer kan verduidelik dat Keppel-Jones dít voorspel het, maar dat dát gebeur het nie.
Wat Keppel-Jones begeer het, is ‘n heeltemal ander soort revolusie as FW de Klerk se onderhandelde algehele magsoorgawe: “One purpose of the book is … that the salvation of the country can only lie in a reversal of historic tendencies, a reversal so thorough as to constitute a revolution” (p vi). Die “historic tendencies” waarna hy verwys en wat beëindig moet word, is veral die tradisie van rasse-segregasie; in werklikheid ‘n eg Britse tradisie, maar hy erken dit nie. As dogmatiese liberalis reken Keppel-Jones dat segregasie afgeskaf en algemene stemreg ingestel moet word en dat alles dan vorentoe vir al die inwoners wonderlik sal wees.
Jukskei (eintlik DF Malan) het in 1952 eerste minister geword. Hy was die leier van die linkervleuel van die NP. Bult (eintlik Hans Strijdom) was die leier van die regtervleuel en sou Jukskei in 1962 opvolg, maar as leier van ‘n NP-wegbreekgroep, die Christelik Nasionale Republikeinse Party (CNRP). Tereg word voorspel dat die kommuniste en vakbonde dadelik kortgevat is. Ook dat die blanke verteenwoordigers van swart belange in die parlement en die stemreg van bruines in die Kaapprovinsie afgeskaf is. Ook dat woon- en sakegebiede etnies geskei is en dat die Indiese regering daaroor besware in die Verenigde Nasies (VN) geopper het. Tereg is voorspel dat ‘n tevergeefse poging aangewend sou word om die aanliggende Britse protektorate (Basoetoland/Lesotho, Betsjoeanaland/Botswana en Swaziland) by Suid-Afrika in te lyf.
Die sterkste teenstand van die NP-regering het van die Engelse universiteite gekom. Fort Hare, die enigste universiteit vir swartes, is in 1963 gesluit. In werklikheid is Fort Hare in 1960 deur die NP-regering oorgeneem en nog vier nuwe universiteite vir nie-blankes is gestig (Durban-Westville, Noorde/Turfloop, Wes-Kaapland en Zoeloeland). Heel korrek voorspel Keppel-Jones dat sommige swartes, Indiërs en Jode in ondergrondse politiek saamgespan het. Baie Britsgesindes het geëmigreer. Radio-uitsendings is onder regeringsbeheer geplaas. Die NP het in 1958 die amp van goewerneur-generaal as seremoniële staatshoof, die eedaflegging aan die Britse kroon en die Britse vlag afgeskaf met die oog daarop om ‘n republiek buite die Britse Statebond uit te roep. Politieke gevangenes is gemartel en die paswette is in verskerpte mate toegepas. Die outeur noem uiteraard nie dat die eerste paswette tydens die eerste Britse bewind aan die Kaap (1797-1803) ingestel is nie.
Die NP-regering word (moontlik verkeerdelik) as sterk anti-semities voorgestel. As immigrante was Jode onwelkom en dié wat hulle na Uniewording hier gevestig het, is van hulle stemreg en burgerskap ontneem. “The English language was deprived of official status in 1964” (p 199). Afrikaans is in 1966 tot die enigste amptelike taal verklaar. Afrikaans word die onderrigmedium ook aan die tradisioneel Engelse skole en universiteite. “I find my children’s minds are being poisoned at school” (p 81). Plek- en ander name is verafrikaans. Net blankes (Jode uitgesluit) het burgerskap. Die Vierkleur is die landsvlag van die Republiek Ossewa, geproklameer in 1966. Die CNRP word die enigste politieke party en die staatspresident kry absolute mag. Pretoria word die wetgewende, uitvoerende en regterlike hoofstad. Die provinsies word afgeskaf. Nasionalisering word ingestel. Die regering word ‘n fascistiese regime genoem.
Die uittog van emigrante van 1955 af word die Tweede Groot Trek genoem. Die Indiërs kan na Indië en die swartes na buurlande gaan. Die vloei van swartes uit Suid-Afrika was soveel groter as die invloei dat die regering dit gestop het om te verseker dat genoeg goedkoop arbeid beskikbaar is. Oor so ‘n swart vlugteling skryf Keppel-Jones: “Should he, being summoned by any European to stop, refuse to do so, he could be shot” (p 85). Die lande waarheen blankes gegaan het, word korrek geïdentifiseer, behalwe Rhodesië en Kenia, wat Keppel-Jones steeds beskou het as lande wat aan blankes leefbare omstandighede bied. Oor Rhodesië is hy optimisties: “It is doubtful if any country has ever shown such rapid and startling development” (p 84).
Volgens Keppel-Jones was daar in 1972 opstande onder nie-wittes, veral swartes, teen die Afrikaner-regime. Dit het met moord, verminking, brandstigting en plundery gepaard gegaan. Die Transkei is selfs onafhanklik verklaar. In Zoeloeland was daar ‘n soortgelyke strewe. “The United Nations placed Zululand under British trusteeship, the building of the naval base at Kosi Bay was begun” (p 110). Die Afrikaner-regime het ingegryp. Dit word “the Tenth Kaffir War” genoem (p 90). In Johannesburg was daar “babies bleeding to death beside the corpses of their mothers … The people of Orlando and Pimville were … annihilated … About 50 000 were killed in the Western Native Township” (p 91-92). “Searches would be conducted and wherever any firearms were found in a non-European area, the nearest inhabited place would be razed to the ground and its inhabitants shot … A large proportion of those who had taken up arms against the régime had been killed in the fighting or after surrender” (p 105). Daar was vuurpelotons en konsentrasiekampe. Die outeur verskaf nooit weersinwekkende besonderhede oor wat swartes aan blankes gedoen het nie.
“Higher education for the non-Europeans had been abolished. In June, 1972, the Volksraad unanimously agreed to prohibit the teaching of reading and writing to any Native, Asiatic or Coloured person … No non-European might own any business or employ any person, nor might he practice any profession independently” (p 106). Tydens die bewind van die wit regime het die paaie slaggate gehad en dienslewering het gefaal, blykbaar omdat die swartes nie wou saamwerk nie. Die VN het ekonomiese maatreëls teen Suid-Afrika ingestel, bv “an increase in customs tariffs … to offset the advantage it gained from cheap labour” (p 121).
Die blanke regime se dilemma word soos volg beskryf: “If they fought their destruction was certain. But the alternative … giving rights and power to all the races … was an unmentionable horror … The evil genius of their history had driven them on to their present predicament, and would drive them on again to their inevitable end” (p 129). Dat apartheid ‘n voortsetting en aanpassing van die Britse beleid van rasse-segregasie was, word nie deur Keppel-Jones genoem nie. Hier is sy standpunt: “Some of the old social distinctions might have been retained if the Republic had followed a generous and liberal policy towards the black race from the beginning. But there is no chance of it now” (p 168).
In 1972 “the United Nations were called upon to consider whether they thought it wise to set the precedent of intervention in the internal affairs of another country. Every nation, surely, had political, economic and cultural traditions and usages which were suited to its own character” (p 134). In 1977 is Suid-Afrika uit die VN geskop en is oorlog verklaar. Die Britte en Amerikaners het die oorlog namens die VN teen die Suid-Afrikaanse regime gevoer. Dit word die “Derde Vryheidsoorlog” genoem (p 156). Van Simonstad en Kosibaai af het die Britte ‘n skeepsblokkade uitgevoer. Die Simonstadse vlootbasis is jare voor dit deur die Afrikaner-regime aan die Britte afgestaan. Die waarheid is die teenoorgestelde: Die NP-regering het hierdie vlootbasis ten duurste van die Britse regering gekoop. Vergelyk dit met die enklawe Walvisbaai wat deur die ANC-regering gratis aan Namibië oorhandig is.
Die Amerikaners het glo ‘n militêre basis in Mosambiek gehad en die Portugese regering was ook teen die blanke bewind gekant. Die oorlog is ook uit Rhodesië oor die Limpopo-rivier gevoer. Die swartes het in opstand gekom, “all whole-heartedly on the side of the invaders” (p 146). “Murders on lonely farms, in suburban homes and in dark city streets were a nightly occurrence” (p 139). Die Suid-Afrikaanse vloot was in Saldanhabaai. Daar was ook “a fleet of ox-wagons to eke out the resources of the railways” (p 140). Pretoria was “the last ditch of the régime” (p 157). “The people of the capital saw themselves as trekkers who had retired into laager to ward off the savage onslaught” (p 158). Vir die outeur was sy verwysings na ossewaens, juskei, trekkers, laer, ens, blykbaar baie snaaks.
“No candid mind could see for the Republic any prospect but complete and final collapse. The defeat would be absolute, unlike the defeat of almost any other state. When France fell in 1940, when Germany fell in 1945, there remained a French and a German people in occupation of their historic territories. These peoples could not be destroyed. They might recover their strength and greatness at some future time. The South African Republic was in a different sort of danger. The ‘nation’ there was not the people of the country, but merely a small section whose existence and identity depended on the subjection of the rest. Liberate the Africans and the ‘South African nation’ would vanish from the scene, never to return” (149-150). Dit is myns insiens Afrikaners se dure plig om Keppel-Jones in hierdie opsig vorentoe verkeerd te bewys.
“The world looked on at the nemesis which the White South African nation had brought upon itself” (p 152). “No one could deny that the Republicans had brought this on themselves … their possession rested in the last resort on bayonets, and we have knocked the bayonet out of their hands … we should have interfered in South Africa before it came to this” (p 154-155). Oor die Voortrekkermonument in 1977: “A neat bombing job on the evening of the 23rd blew the structure to atoms, wiped out the bitter-enders in it, and extinguished for ever the sacred flame of Republicanism that had hitherto symbolised the unquenchable motion of the Volk” (p 163). Let op die outeur se woordkeuse: neat, wiped out, sacred, unquenchable. Maar Keppel-Jones voel dat hy nog nie genoeg gif teen Afrikaners versprei het nie: “Not all the leading personalities of the Republic had the happiness to die while the Vierkleur still waved” (p 164).
“The whole story of the South African Republic might be interpreted in military terms as that of a people who failed to understand that they must cope with more dangerous weapons than assegaais. So obsessed were the Republicans with the romantic migrations of their ancestors that they could never get away from the picture of themselves as sturdy trekkers defending their race against the puny weapons of black savages. Had they fully understood … their task … it might have occurred to them that the only defence would lie in a policy that would satisfy the world’s conscience. But this had not occurred to them. So Pretoria was a laager, and its citizens would hardly have been surprised to see a posse of young heroes ride in through a gap in the wagons with a thousand sleek, bellowing cattle seized from the enemy” (p 158). Veediewe is dus helde in Keppel-Jones se oë.
Na die oorlog het die VN ‘n militêre goewerneur in Suid-Afrika aangestel. “The supremacy of the whites was to be destroyed – world opinion demanded it, the war had been fought for that purpose, and much trouble and suffering would be avoided if the white citizens made up their minds to accept the new situation with a good grace” (p 168). Wat voorsien word is “a great future for South Africa if only all races would co-operate in a spirit of true South Africanism” (p 169). “In the reconstruction of the political, administrative and social system of the country no distinctions were to be made on the ground of race or colour” (p 166). “In 2011 the census officials abandoned the practice of distinguishing between races in their returns” (p 178). Is daar enige moontlikheid dat dit in die nuwe Suid-Afrika sal gebeur, of is sodanige rassistiese grondslag veel eerder die alfa en omega van die ANC se beleid teenoor blankes?
As rassediskriminasie die grootste euwel in die ou Suid-Afrika was, waarom het die grondleggers van die nuwe Suid-Afrika nie die elementêre insig gehad om rassediskriminasie te verbied nie? Pleks daarvan word rassediskriminasie tot in die oneindige toekoms toegelaat, mits dit teen wittes, en net wittes, gepleeg word. Van almal, dus dié wat in die nuwe bedeling bevoordeel en dié wat benadeel word, word daar egter verwag om die nuwe Suid-Afrika te laat werk. Let op in hoeverre geregtigheid na Keppel-Jones se VN-oorlog seëvier: “It would be necessary to eject the great numbers of non-Europeans who had taken forcible possession of white men’s property. But for this the government had no stomach” (p 173).
Deel van “a great mass of sullen bitter-enders for whom adaptation was out of the question” (p 169) het in 1978 na Argentinië geëmigreer. Ander het na Duitsland gegaan. Al die lande wat met die blanke regime simpatie gehad het, kan as fascisties beskou word: Argentinië, Duitsland, Japan en Spanje. “The total drain of European population from South Africa between 1977 and 1983 fell slightly short of the million mark” (p 178).
Wat is hierdie studeerkamerliberalis se siening van swartes? Die swart boer “had been accustomed to a primitive standard of living. He would improve it a little – more mealie meal to fill the aching maw would be welcome. More cattle and wives would improve his social status. But beyond that what he chiefly wanted was leisure, inactivity in the sun, escape from the intolerable tyranny, too long endured, of we[r]k … The life of glorious ease and few, simple wants appealed to them. The result was a decline in agricultural production … The same problem had to be faced in industry and mining. Native workers in these occupations were willing to apply themselves to the old tasks sufficiently to make a living of sorts for themselves and their families. But very few could be found who preferred hard, sustained work and the comforts of a civilised life to spasmodic efforts punctuating a life of sunbasking leisure” (p 174).
Vergelyk dit met hierdie na-oorlogse werklikheid: “The dependence of the country’s economy on the shrinking but still significant European population. It provided the skill in industry and agriculture and almost all the leadership and organising capacity in trade and finance … The backward races must be educated, but how?” (p 175). Teen 1986 “the civil service had begun in the lower [!] grades to employ these [non-white] products of the schools” (p 179). In die nuwe Suid-Afrika word daar egter geëis dat die demografie (dadelik) op alle vlakke weerspieël word.
Die VN het gedink “the period of tutelage ought to last at least thirty years” (p 180). Maar die swartes se sug na mag kon nie beheer word nie. Ook weens die druk van die sogenaamde wêreldmening is spoedig besluit om demokratiese verkiesings met algemene stemreg te hou. In 1987 “town, village and distict councils were elected … Illiterate voters – the very great majority – were assisted by ballot papers in which the candidates were represented by pictorial symbols” (p 180).
“The first party to be organised was the African National Party [ANP – ANC?], which hoped to win votes by demanding loudly that the troops must go and the country be granted independence. It drew support mainly from the more backward Africans and worked closely with the witch-doctors … But the party was not exclusively African, and succeeded in rallying many Coloured and Asiatic supporters and not a few white collaborationists” (p 180). Keppel-Jones kan verskoon word as hy nie kon voorsien dat oud-Broederbonders onder die meelopers sou tel nie.
Ooreenkomstig die outeur se liberalistiese ideaal het die South African Progressive Party egter in 1988 die eerste demokratiese parlementsverkiesing gewen. ‘n Verdere vervulling van Keppel-Jones se liberalistiese droom is dat ‘n wit man in 1989 as die seremoniële president verkies is. Is daar enige kans dat ‘n wit mens (om van ‘n wit man nie te praat nie) so ‘n hoë pos in die sogenaamde nie-rassistiese en nie-seksistiese nuwe Suid-Afrika sal beklee?
Die eerste agt hoofstukke handel oor die dom en bose Afrikaner-regime. Daarna volg ‘n hoofstuk oor die VN-oorlog en een oor die VN-bewind, waartydens gepoog is om Suid-Afrika reg te trek. Na hierdie lang aanloop tot ‘n demokratiese, regverdige Suid-Afrika, word ‘n enkele hoofstuk aan die swart bewind gewei. Die opskrif is: “The return to barbarism” (p 184). Die tema is: “the extraordinary decadence of a once vigorous and apparently prosperous country;” dit “reduced the civilisation of South Africa to a level that was barbaric by the standards of the previous generation” (p 184). Twee destydse voorbokke vir “bevryding”, Alex Boraine en Sampie Terreblanche, het pas elk ‘n boek gepubliseer om uitdrukking aan hulle ontgogeling te gee. Wat albei van meet af aan moes besef het, is dat nóg verpligte rasse-skeiding nóg gedwonge rasse-integrasie vryheid is.
Daar word verwys na “the dishonesty and corruption of the great mass of officials … the failure … to set a high standard of morality and idealism … the sudden elevation of ignorant and starving people to positions of financial responsibility … it has been abundantly proved that a large part of the revenue stuck to the various palms through which it passed … Judges and magistrates abandoned the blindness of justice; the police, whose eyes could rightly have remained open, were willing to close them. Partiality and corruption so permeated the atmosphere that … wealth was universally acknowledged to be the only basis of security. This conviction intensified the struggle [!] to get rich by any and every means. In a country like South Africa the accumulation of wealth inevitably implied, as its corollary, the abject poverty of the vast majority of people” (p 185). “Corruption became … the main road to riches, and one got on to this road by way of official jobbery” (p 186).
Weens “poor workmanship … exports rapidly declined” (p 186). Daar was “unwillingness to make a greater effort than was absolutely necessary … The pursuit and idolatry of wealth by the liberated black man was a part of his inheritance from his white mentors and predecessors” (p 186). Aan wittes word dus deel van die skuld gegee. “If the reader is tempted to regard these things as the reflection of some weak strain in the African race, he must remember, first, that they are found in the people of European and of Asiatic descent also. And he must observe how different is the case of Africans whose history has been different from that of their fellows in the Republic” (p 196).
“Political orthodoxy was required of all officials. This meant in practice a control of the personnel by the government in power … It was inevitable that under these circumstances the physical condition of the country should deteriorate. Much of the damage inflicted in the war was never repaired” (p 186). “The energy which is absent from all these activities is given with reckless abandon to the pursuits of the leisure hours” (p 195). “Criticism is resented … Hard work and even the deference characteristic of good manners are regarded as the badges of servility” (p 196). “The poverty of the government prevented it from spending money on dams and other constructive works … the Natives continued to overstock the rapidly eroding pastures … Considerable areas formerly fertile land … turned in … to desert … Native names of towns everywhere supplanted the Dutch and English” (p 187). “Importunate beggars pester the traveller in every street” (p 196).
In 1996 was daar ‘n staatsgreep. Sowel die eerste minister as die president is vermoor. Daar was vier amptelike tale: Zoeloe, Sotho, Xhosa en Afrikaans. “The use of English had died out” (p 190). Die nuwe staatshoof is in 2002 in ‘n bomontploffing dood. Met iedere bewindsverandering word die regering meer radikaal. “The people in Britain and the United States were grievously disappointed by the results of their great efforts of 1977. In Britain many condemned the government’s hasty withdrawal from South Africa after a short occupation. They pointed to the contrast between the state of the Republic and the civilised conditions of the neighbouring British territories” (p 192). “Beyond the border you are in a different world” (p 196), bv in Swaziland “everything here suggests efficiency, prosperity, civilisation” (p 197).
Wat Keppel-Jones herhaaldelik probeer tuisbring, is dat Britse swart onderdane wonderlik vaar maar dat Suid-Afrikaanse swartes weens die Afrikaners se bose beleid heeltemal faal. “Work was … a burden imposed by his masters, something to be avoided if possible … The ruling race failed to impose the high standards of Europe on the Natives, because that would have raised them out of their humble position. The result was that the primitive standards of the backward people were ultimately accepted by the more advanced” (p 197-198).
‘n Lid van die vorige blanke bewind het sy standpunt soos volg gestel: “The Kaffir is really a cheerful, happy person who is content with little and respects a firm master. Our policy was one of firmness and of allowing him to develop along his own lines … Now the Kaffirs have got the country … and they are destroying it. We knew this would happen, but, of course, the English government only listens to Kafferboeties” (p 193). Onlangs is gesê dat ‘n land wat atoombomme kon vervaardig in Nelson Mandela se skoot geval het, maar dat hy ‘n land geken aan vuvuzelas nagelaat het.
“South Africa has reverted to its original state of savagery” (p 202). Die Afrikaners se standpunt is: “If only we had been left alone, we could have been a happy country, but we have always had interference from overseas” (203). Keppel-Jones se standpunt is: “Their national ox-wagon took the wrong road though another road was available” (p 202), naamlik die een wat die goeie Britte bewandel.
Soos verwag kon word, is sommige van Keppel-Jones se voorspellings korrek en ander verkeerd. Wat duidelik blyk, is dat hy enersyds ‘n naïewe liberalistiese Anglofiel was en andersyds dat hy hoogs negatief bevooroordeeld teen Afrikaners was. Met nabaat is dit ook opvallend hoe min hy werklik van die swartes gedink het. Maar hy kon onmoontlik FW de Klerk se onderhandelde algehele magsoorgawe voorsien het. Dit is so vergesog dat ek, wat die oorgang na die nuwe Suid-Afrika meegemaak het, na twee dekades steeds nie die bitttere werklikheid van sodanige absolute dwaasheid kan glo nie. Die blankes se nederlaag in Keppel-Jones se VN-oorlog sou ‘n mindere verleentheid gewees het. Maar De Klerk roem daarop dat hy, danksy sy versiende staatsmanskap, oorlog voorkom het.
praag: geen ander Afrikaanse publikasie publiseer naastenby soveel interessante en prikkelende artikels nie! Sonder u lidmaatskap kan dit egter nie voortgaan nie. Sluit hier aan!
Een definisie van die konsep “vryheid van assosiasie” is die reg om by groepe van die mens se eie keuse aan te sluit, of om sulke groepe te verlaat. Dit staan mens vry om byvoorbeeld te kies om aan ‘n klub, ‘n politieke party of aan ‘n kerk te behoort. Mag nie net mense nie, maar ook private organisasies soos ‘n klub, kerk of politieke party ook op hulle beurt kies om hul vryheid van assosiasie uit te oefen; om byvoorbeeld nié met my te assosieer nie? Geld vryheid van assosiasie dus ook vir regspersone of vir organisasies?
Ek sou dink die antwoord is ‘n besliste ja. As ek weier om die Joodse geloof aan te neem, en aandring daarop dat Jesus inderdaad die Messias is, mag die rabbi my sy sinagoge verbied. As ek my wangedra by die gholfklub, en aanhoudend my telkaart moedswillig verkeerd invul, mag die klub my uitskop.
Wanneer ek dus kies om my te assosieer met ‘n organisasie, ontstaan daar ‘n kontrak tussen my en die organisasie. As ek in die sinagoge wil aanbid, stem ek ooreen dat ons die Ou Testament se God gaan aanbid, en nie vir Jesus nie. As ek my wil assosieer met ‘n gholfklub, kom ek ooreen dat ek nie onnodige gate op die setperk sal maak of my sal wangedra in die kroeg nie. Op grond van ons kontrak, laat hulle my toe om met hulle te assosieer. As ek nie hou van die gholfklub se reëls nie, as ek ‘n vark van myself wil maak in ‘n kroeg, kan ek ‘n ander klub gaan soek waar my gedrag verdra sal word.
Dus: Vryheid van assosiasie is ook iets wat vir privaatorganisasies geld. Hulle kan kies met wie hulle wil assosieer. Vryheid van assosiasie gaan ook egter gepaard met ‘n ooreenkoms en ‘n kontrak. As ek my kontrak verbreek; as my teenwoordigheid die ordelikheid in ‘n organisasie – die ghofklub hierbo – versteur, mag hulle my uitskop. Vryheid van assosiasie strek baie ver; selfs tot by anti-blanke-rassisme. Daar is selfs talle organisasies in Suid-Afrika wat dit duidelik maak dat hulle nie met blanke werknemers wil assosieer nie. Talle advertensies vir vakatures bevat die woorde: “EE Only”, maw “geen blankes is welkom nie.” Privaatinstansies kan dus hul reg tot vrye assosiasie uitoefen.
Of kan hulle?
Die Duitse Skool in Kaapstad is ‘n privaatorganisasie. Die belastingbetaler befonds nie die skool nie. Die skool, soos bykans alle Suid-Afrikaanse skole, het reëls rondom skooldrag, gedrag ensovoorts. As mens na die naam van die instansie kyk, Deutsche Schule Kapstadt, is dit ‘n redelike afleiding om te maak dat die skool ‘n bepaalde kulturele inslag sal hê. Nee, ek stel dit te sagkens: Jy moet verstandelik gestrem, of uiters moedswillig, wees om nie te besef dat ‘n Duitse skool Duits sal praat, en Duitse kulturele waardes sal aanhang nie.
Nietemin het twee Kaapse Moslemouers al die voor-die-hand-liggende tekens moedswillig geïgnoreer, en hul Moslemdogter by die Duitse Skool laat inskryf. Sy is van Egiptiese herkoms. Waarom ‘n Moslem haar wil opdwing aan Duitsers, weet nugter. Die skool het toe, heel voorspelbaar, beswaar gemaak teen die meisies se Moslemkleredrag. Die domastrantheid van die ouers verstom. Dit is nou asof ek my Christendogter by ‘n Moslemskool wil inskryf, en dan ontsteld raak as hulle haar verbied om ‘n kruis om haar nek te dra.
Dieselfde verskynsel woed al vir jare by ‘n ander privaatinstansie, die Afrikaanse Susterskerke. In hierdie geval is dit nie Moslems nie (dit kom seker nog) maar homoseksuele wat ‘n verbete veldtog voer om hulself aan die kerk op te dwing. Nie net moet die kerk skriftuurlike aanmanings ignoreer nie, maar is daar boonop ‘n veldtog om homoseksuele ook as leraars toe te laat.
In beide voorbeelde hierbo het die betrokke instansies geswig voor hierdie absurde eise van die opdringeriges. Die Duitse Skool het sy kleredragreëls gaan verander, en die Moslemstert in die proses toegelaat om die Duitse hond te swaai. Ek wag in spanning vir ‘n Boesman-ouer om aan te dring dat sy kindertjies die skool mag bywoon, terwyl hulle slegs in gatrieme geklee is. Wie sê immers Boesmans se kultuur is nie ewe geldig as die Moslemkultuur nie? So ook is die Susterskerke gewikkel in gesprekke en onderhandelings, en kort voor lank sal homoseksuele, sado-masochiste, nekrofiele en wie ook al anders, in die bediening kan staan.
Die teenoorgestelde gebeur egter bykans nooit nie. Heteroseksuele, Christelike westerlinge het meestal glad nie hierdie vreemde neiging om hulle op te dwing waar hulle nie welkom is nie. Ek kan nie aan een voorval dink waar ‘n westerling aangedring het op die reg om byvoorbeeld ‘n Christenkerk in Mekka op te rig nie. Dit lyk dus toenemend vir my asof sogenaamde vryheid van assosiasie, naas die belaglike konsep van sogenaamde nie-rassigheid in Madibatopië, onderhewig is aan ernstige beperkings as die organisasies of individue wat dit wil uitoefen, van ‘n westerse herkoms is. Nie net mag westerlinge nie hul vryheid van assosiasie uitoefen nie, maar word hulle onder dwang verplig om dit prys te gee.
Moslems mag vrouens uit die hoof-Moskee verbied, en niemand sê boe of ba daaroor nie, teenoor die enorme druk wat op die NGK uitgeoefen word om lesbiërs en manlike gays as predikante toe te laat. Geen westerling sal droom daarvan om Christelike simbole in ‘n Moslemskool te wil gaan vertoon nie, teenoor ‘n westerse, Duitse skool wat gedwing word om Moslemkopdoeke toe te laat in sy skool.
Sogenaamde vryheid van assosiasie vir westerse, heteroseksueel-georiënteerde individue bestaan dus kwalik meer. Al vryheid wat wel bestaan, is dié van nie-westerse, nie-Christelike, nie-heteroseksuele individue en organisasies, om hulle aan westerlinge op te dwing.
Die nuwe “gonswoord” vir politieke partye is werkskepping. Party, soos die DA en ANC, koppel selfs getalle daaraan. “600 000 new jobs”. Dit is blote retoriek. Enigeen kan dit skree. Selfs die VF+ en sy vennote skree dit.
By Front Nasionaal beskou ons “werkskepping” as ‘n simptoom; nie die siekte nie. Jy kan nie werk uit die bloute skep nie.
FN se standpunt is dat jy net werk op ‘n natuurlike wyse kan skep as jy die omstandighede daarvoor skep – dan sal dit ‘n natuurlike proses wees.
‘n Drastiese verandering is nodig aan immigrasiewette. Elke Chinees, Nigeriër of Zimbabwiër wat in Suid Afrika wil werk, moet voldoen aan streng kriteria wat vaardighede, opleiding en waardetoevoeging betref. As persone het FN niks teen buitelanders nie, maar wat ‘n probleem is, is dat buitelanders met min of geen opleiding heeltemaal te maklik toegang het tot Suid-Afrika en daarmee die burgers van SA van geleenthede ontneem. Sommige waarnemers reken dat daar soveel soos 10 miljoen buitelanders oor die grense gestroom het die laaste twintig jaar. Dit is onaanvaarbaar. Dit is een van die redes waarom miljoene jong werkloses doelloos rondloop en hulle ook wend tot misdaad.
‘n Drastiese verandering is insgelyks nodig in die sosiale lewe van Suid-Afrikaners. Ons is in alle opsigte ‘n welsynstaat, met sowat 12 miljoen mense wat staatstoelaes ontvang. Die kriteria vir veral kindertoelaes moet dringend bekyk word. As ‘n 17-jarige weet sy gaan ‘n maandelikse kindertoelaag kry, is daar geen inisiatief om werk te soek, werk te skep, of te sorg dat sy nie swanger raak nie. Trouens, soos die staatstoelae tans daar uitsien, is dit eerder ‘n aansporing vir buite-egtelike swangerskappe.
Front Nasionaal eis ‘n dringende herroeping van alle diskriminerende wetgewing soos regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, tenderprosedures en kwotas. Slegs meriete en werksetiek moet die werksmag bepaal. Dit sluit ook in ‘n verandering aan munisipale regulasies wat uitvoerende burgemeesters met geen ondervinding anders as politieke retoriek uitfaseer. Daar moet teruggekeer word na ‘n professionele stadsklerk en stadsekretaris soos in die vorige stelsel die geval was.
Daar moet dringende maatreëls ingestel word om bevolkingsaanwas aan te spreek. Water- en elektrisiteitsgebruik is reeds onder druk; maatskaplike toelaes neem toe; die vraag na huise neem onrusbarend toe.
Front Nasionaal meen dat as daar indringend gekyk word na bogenoemde sal werkskepping ‘n natuurlike proses wees. Ons glo dat jy daarmee die siekte behandel en nie die simptome nie.
Dit is nie goed genoeg om net te skree: “Skep werk!” nie. Enigeen kan dit doen. Dis die populêre ding om kwyt te raak.
Dit is egter die “hoe” van werkskepping wat die beroepspolitici nie aanspreek nie.
Vandat ons nuwe politieke party Front Nasionaal gestig is, word ons geweldig aangeval, veral van regs en verregs. Die Vryheidsfront Plus, asook allerlei groeperinge met die prefiks “Boer-” in hul benaminge, beskou Front Nasionaal se deelname aan die komende verkiesing as ongevraag, verdelend en selfs ‘n vorm van “verraad”.
Soos ek reeds vantevore geargumenteer het, bevind die Afrikaner hom tans in ‘n ondergeskikte posisie teenoor die swartman, maar ook die Geldmag in Suid-Afrika, vanweë ‘n probleem van denke. Teenoor die opkoms van die ANC, die SAKP, maar ook Afrikanervyandige maatskappye soos Vodacom en Barclays-ABSA, verkeer die Afrikaner tans in ‘n toestand van verlamming, besluiteloosheid en onderlinge broedertwis.
Iets wat PRAAG oor die afgelope jare reggekry het, is om ‘n nuwe intellektuele basis vir die Afrikaner te verskaf, wat aansluit by die Goue Tyd van Afrikanerpolitiek, maar ook in pas is met die moderne, eietydse nasionale bewegings in Europa. Veral in Nederland en Frankryk het ‘n nuwe geslag denkers en aktiviste opgestaan wat besig is om die politiek in daardie lande grondig te verander. Daar is honderde en selfs duisende boeke téén die kommunisme en linkse hegemonie geskryf; eers daarna het politici daarin geslaag om stemme by die stembus te begin verwerf en om in die hoofstroommedia opgeneem te word. PRAAG het oor die afgelope veertien jaar daardie rol van intellektuele voorhoede vir die nuwe beweging vervul en ‘n duik in die links-liberale propaganda gemaak.
So pas gister het ‘n 16-jarige skoolseun in Nederland sewe dollar aan Front Nasionaal via PayPal geskenk. Hy sê hy sou graag meer wou bydra, maar omdat hy nog op skool is, beskik hy oor geen inkomste nie! Ek wonder hoeveel 16-jarige Afrikaners sou tagtig rand aan ‘n Nederlandse politieke party skenk? Of sou hulle selfs die name van politieke partye in Nederland ken? Dis egter tekenend van die nuwe politieke bewussyin in Nederland dat veral jongmense hulself deel voel van ‘n wêreldwye stryd om die Europese beskawing te red, ook in Suid-Afrika waar die vooruitsigte vir enige beskawing hoegenaamd besig is om daagliks te taan.
Verregse Afrikaners meen dat dit futiel is om aan nasionale verkiesings deel te neem en dat gewapende opstand die enigste manier is om van die ANC en SAKP se oorheersing ontslae te raak. Tot dusver het diegene wat hulself op gewelddadige wyse daarteen wou verset egter bedroë daarvan afgekom. Enersyds is alle Afrikaanse organisasies deur die staat ingesypel en werk informante kliphard teen betaling om mede-Afrikaners by die staat te verkla en desnoods in die howe te laat skuldig bevind. Ek meen alle volkere wat deur ander oorheers word, vertoon hierdie tendens: een deel van die mense werk saam met die vreemde heerser en die ander deel verset hom daarteen, hetsy ondergronds, hetsy op ‘n min of meer wettige manier.
Omdat verregses nie aan verkiesings deelneem nie, is dit futiel om met hulle oor partypolitiek te redeneer. Hulle is ook nie as kiesers reregistreer nie en hoewel hulle nou in verkiesingstyd oorloop van menings oor hoe en vir wie ander behoort te stem, gaan hul stemme (of dan “nie-stemme”) geen verskil aan die uitslag maak nie.
Een van die argumente wat verregses gebruik om deelname aan die politieke stelsel te ontmoedig, is die bewering dat sodandige deelname die status quo “legitimeer” of bevestig.
Vele marxiste gebruik ook dié argument. Toe ek in my eerste jaar by Wits was, het ons in die staatsleerklas ‘n voorgeskrewe boek van die Britse marxis, Ralph Miliband, gehad met die titel The State in Capitalist Society. Daarin argumenteer hy juis dat deelname aan die politieke stelsel beperkend is, ten minste vir “revolusionêre partye”:
“Merely by taking part in the work of the legislature, [opposition parties] help the government’s business. This is one of the main problems of revolutionary parties. As they enter existing parliamentary bodies, so are they also compelled, however, reluctantly, to take a share in their work which cannot be purely obstructive.” (bl. 50)
Terloops, destyds as eerstejaartjie kon ek dit nie vermoed nie, maar Ralph Miliband was ‘n goeie vriend van Joe Slovo en hulle het gereeld in Londen saamgekuier. Dit was seker nie toevallig dat Miliband se boek destyds by Wits voorgeskryf is nie. Merkwaardig is egter die feit dat albei die marxistiese Miliband se seuns, David en Ed, in die onlangse verlede ‘n prominente rol in die Britse politiek sou speel. David was die Britse minister van buitelandse sake en Ed Miliband is tans die leier van die Arbeidersparty. David Miliband het tydens sy ampstermyn ANC-terreur teen apartheid-Suid-Afrika in die openbaar verdedig.
Ed Miliband, huidige leier van die Britse Arbeidersparty
Die politiek is ‘n klein wêreld! En kennelik het die Miliband-seuns nie hul linkse vader se raad te letterlik opgeneem nie.
Onder aanvoering van Joe Slovo en ander prominente kommuniste vanuit Londen, het Suid-Afrika ‘n linkse revolusie ondergaan en is die De Klerk-bewind soos ‘n nat waslap uit die pad gesmyt. Intussen word Afrikaners via die media – ook natuurlik die Nasperskoerante! – blootgestel aan linkse denke, maar dan gaan dit merendeels daaroor om die ideologie van politieke korrektheid en witskuld te vestig, asook om Afrikaneronmag en gebrek aan getalle te beklemtoon.
Gister na afloop van ons Front Nasionaal-vergadering, het ons insgelyks gepraat oor die swak vertoning van konserwatiewe Afrikaners teenoor die linkse revolusionêre in Suid-Afrika. Onder andere spruit dit uit Afrikaners se onkunde oor die marxisme, feminisme, afrosentrisme en ander denkrigtings wat die linkses in hul aanslag rig. Ons mense is ook oningelig oor die geskiedenis van kommunisme in die twintigste eeu, waaronder die 100 miljoen mense wat in die Groot Gelykmaak gesterf het. Vanaf 1978 toe die SA Kommunistiese Party amptelik die doktrine van ‘n massa-oorlog (people’s war) omhels het, het honderdduisende mense reeds tydens Suid-Afrika se Groot Gelykmaak gesterf. In ons tyd verhewig die gewelddadige aanslag teen die blanke middelklas, waaronder natuurlik plaasboere. Tensy die linkse revolusie by ons gestuit word, gaan hy nog baie slagoffers eis.
‘n Verdere punt wat Miliband in sy boek maak, is dat die staatsmasjinerie ook nie eintlik vatbaar vir verandering is nie, selfs al kom ‘n ander party aan bewind. In die geval van Suid-Afrika, is ons hele staatsadministrasie natuurlik deur die ANC en Kommunistiese Party oorgeneem, sogenaamd “getransformeer”, dus sal selfs die DA geen hond haaraf kan maak indien hy ooit die verkiesing sou wen nie. Iets wat onder huidige omstandighede hoogs onwaarskynlik is.
Waarom dus nog hoegenaamd stem, indien ons weens ons getalle nie eintlik veel invloed by die stembus kan uitoefen nie? Is die HNP-slagspreuk, “Stem reg, bly weg” nie maar die regte nie? Ironies poog die leier van die HNP en verkose president van die Boere-Afrikanervolksraad, mnr. Andries Breytenbach, juis tans om ‘n afspraak met president Jacob Zuma te bekom. Alternatiewelik loods die Volksraad aansoeke in Suid-Afrikaanse howe en korrespondeer met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, ‘n liggaam wat deur die 1996-grondwet in die lewe geroep is.
Daarmee wil ek nie polemiseer nie en dis elkeen se goeie reg om die benadering te volg wat hy wil om Afrikanervryheid te herwin. Maar wat is nou eintlik die verskil daartussen om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse regstelsel, voor regters wat deur die ANC aangestel word, en aan verkiesings deel te neem? Op ‘n manier het ek meer vertroue in die oppartydigheid van die Onafhanklike Verkiesingskommissie as in die onafhanklikheid van die regbank! Hoe dit ook al sy, daar bestaan ‘n klomp redes waarom ons aan verkiesings behoort deel te neem:
ons mag nie ‘n situasie skep waar bestaande partye soos die DA en selfs die Vryheidsfront Plus, wat samewerkende opposisie met die ANC bepleit, as “woordvoerders van die Afrikaner” optree nie;
daarmee saam, moet ‘n groepering soos Front Nasionaal in die SA parlement bestaan wat onverskrokke die herstel van Afrikanersoewereiniteit bepleit en nie net ‘n soort volkstaat wat behels dat ons almal na ‘n uithoek van die land moet wegtrek nie;
buitelandse politieke partye wat die Afrikanersaak goegesind is, verkies om met ‘n politieke party te skakel, eerder as buite-parlementêre organisasies;
die ANC, DA, EFF, Cope, ens., gebruik die politieke stelsel en belastingbetalersfondse om hul doelwitte te bevorder en ons sou ons benadeel indien ons nie dieselfde doen nie;
die parlementêre stelsel, asook verkiesings, bied aan ons die geleentheid om ons standpunte in die massamedia te stel en sodoende die heersende linkse ideologie teen te werk;
wêreldwyd verkies mense om aan verkiesings deel te neem tensy hulle met geweld van die stembus weggehou word, daarom gaan ‘n groot klomp Afrikaners in elk geval stem, ongeag wat boikotters te sê het;
as verkose politieke verteenwoordigers kan ons bande met buitelandse ambassades en moondhede smee, wat ons kan help om weer vryheid te verwerf;
die buiteland sal slegs na ‘n politieke party luister, nie na ‘n guerillagroep sonder verkose woordvoerders nie;
pleks van vrugtelose appèlle op die ANC te loods vir afsprake met ministers, kan eise vir eie skole, universiteite, hospitale, veiligheid en ander instellings regstreeks in die parlement gemaak word.
Die groot gevaar wat egter bestaan vir enige politieke party met verteenwoordigers in die Kaapse parlementsgebou, is dat hy “deur die ANC gebreinspoel word”, iets waarvan die ontleder RW Johnson die DA onlangs beskuldig het.
This is the real disaster, that the DA has been so brain-washed by the ANC that not only has it lost its way but it is no longer offering South Africans a real choice.
Ook die Vryheidsfront Plus het aspekte van ANC-denke verinnerlik en, soos Hannes Engelbrecht dit onlangs gestel het, het “Pieter Mulder die eenheidstaat met gemak omhels”.
Sulke “breinspoeling” en beïnvloeding deur die regerende party vind egter plaas weens ‘n gebrek aan ‘n intellektuele kultuur en ondeurdagte standpunte. Nóg die DA, nóg die VF Plus beskik oor ‘n alternatiewe visie vir die land en vir die Afrikaner en word daarom intellektueel deur die SA Kommunisteparty oorheers wie se propaganda hulle dikwels onbewustelik of klakkeloos napraat.
As Afrikaners en blankes nie bereid is om die Front Nasionaal in te stem nie, gaan ons huidige rampspoedige agteruitgang net versnel.
Tensy ons wakkerskrik, is die huidige Zimbabwe ons voorland binne tien tot twintig jaar, selfs gouer indien die EFF se skouspelagtige groei voortgesit word!
Front Nasionaal kort steeds fondse om aan die verkiesing deel te neem! Skenk geld aan die regterkant van ons webblad via bankoordrag, kredietkaart of PayPal.
Die Amerikaner Charles Knipp is ‘n vet, gay man van 45 wat ‘n swart vrouekarakter genaamd Shirley Q. Liquor speel – gewoonlik voor ander gay mans. Dit word egter ook as ‘rassisties’ beskou.
deur Leon Lemmer
Daar is minstens drie groepe in die samelewing wat deesdae met erg oordrewe simpatie in die Westerse samelewing behandel word: gays, vroue en swartes. Dit word gedoen op grond van beweerde vorige benadeling. Ek gaan nie pleit vir ‘n ongewysigde terugkeer na die verlede nie. Wat nodig is, is dat hierdie soort vrugte van die hedendaagse veramerikaanste liberalisme met ewewigtige konserwatisme benader word.
Gays het weens misplaaste simpatie ‘n plek in die Westerse samelewing verwerf wat hulle nie naasteby verdien nie. Gaywees is ‘n verskynsel wat teen die grein van die samelewing ingaan, want as dit algemeen inslag vind, sou dit die einde van die mensdom beteken. Daar kan geredeneer word dat die mensdom liewer nie moet bestaan nie; dat alles pragtig “groen” sal word sodra alle mense verdwyn. Pleks van fatalisties sodanige idealistiese droom na te jaag, is dit myns insiens beter om die bestaan van die mensdom te aanvaar en die samelewing te probeer hervorm, hoe moeilik dit ook al is. Gaywees is besig om onrusbarend toe te neem. Selfs beperkte resultate sal ‘n verbetering van die huidige situasie wees.
Gaywees kan aangebore of aangeleer wees. Dit is die omvang wat die aangeleerde vorm aanneem wat my tot droefheid stem. Sodra iets in die mode is, is daar baie mense wat daardie toestand nastreef. Mense wil nie verstok voorkom nie. Hulle wil eerder op die snypunt van gebeure wees. Hulle soek aanvaarding en erkenning deur saam met die stroom te beweeg. Deur gay te word, of voor te gee om so te wees, dink sulke mense dat hulle hulle beeld verbeter en voordele gaan pluk.
Die aangebore vorm van gaywees kan op simpatie aanspraak maak, maar dan as ‘n afwyking van die norm, soos in die geval van ‘n kreupele of iemand wat hakkel. Net soos die beweging van die kreupele of die spraak van die hakkelaar nie ‘n nastrewingswaardige voorbeeld daarstel nie, moet die gaymens se seksuele gedrag nie tot normaliteit verhef en sy/haar gedrag nie as navolgenswaardige voorbeeld voorgehou word nie. Simpatie moet nie oordryf word nie, want die gevolg kan wees dat die gestremde nie hard genoeg probeer om deur eie inspanning nader aan (of tot by) die norm te kom nie.
Gedrag wat goed genoeg vir enkelinge is, is nie noodwendig goed genoeg vir almal nie. Private, diskrete geslagsverkeer tussen gays behoort (soos bordele) as ‘n duldbare euwel beskou te word. Daarmee word geen seën daaroor deur die breër gemeenskap uitgespreek nie. Deur gays toe te laat om formeel of amptelik te trou, is egter om te ver agteroor te leun. Gayhuwelike gee aan sodanige verhouding die skyn dat dit net so normaal soos ‘n heteroseksuele huwelik is, terwyl dit glad nie die potensiaal het om ‘n nageslag te verwek nie. Daar is ‘n fundamentele verskil tussen ‘n boorgat wat water gee en een wat droog is. Die een is ‘n potensiële bate vir die samelewing, terwyl die ander een geen breër bydrae lewer nie.
Een van die gevolge van die gayverskynsel is dat daar deesdae nie sonder meer aanvaar word dat daar net twee geslagte is nie. Ewewigtige konserwatisme vereis egter bevestiging van die onomstootlike feit dat daar inderdaad net twee redelik maklik identifiseerbare geslagte is. Werklike mengvorme van hierdie twee is so uitsonderlik dat dit nie as ‘n derde geslagsoort erkenning verdien nie. Dit bring my by feminisme.
Dit is ‘n feit dat vroue eeue lank as die swakkere of minderwaardige geslag beskou is. Maar kom ons dink ‘n oomblik na oor die gewone huislike situasie van ‘n getroude man en vrou. Dit is heeltemal moontlik dat die vrou meer ondernemend, vindingryk, emosioneel gebalanseerd, ens, as die man kan wees. Sy kan die sterkere en meerderwaardige vennoot in die huwelik wees. Dit sou verkeerd wees om haar negatief te etiketteer bloot omdat sy lid van die vroulike geslag is.
Maar dit sou insgelyks dwaas wees om vroue op grond van beweerde vorige benadeling as deurgaans beter as mans te beskou, soos militante feministe doen. Deesdae word dikwels van die standpunt uitgegaan dat vroue net so begaaf soos mans is, dat hulle die helfte van die mensdom is en dus die helfte van poste moet beset. Dit is ‘n kwantitatiewe benadering wat kenmerkend van bv die ANC is. Dit verduidelik die ousiefisering, oftewel versustering, van die openbare lewe in die nuwe Suid-Afrika. Sodanige “maklike” oplossing gee skynbaar voortreflike erkenning aan menseregte, maar die resultaat is nie noodwendig geregtigheid nie.
Wat nodig is, is om onderskeide by werk- en taaksoorte te tref. Vir sommige beroepe/take kan mans meer geskik as vroue wees, terwyl dit andersom in ander gevalle kan wees. Mans is dikwels/gewoonlik liggaamlik sterker as vroue; nie omdat mans bevoordeel en vroue benadeel is nie, maar omdat dit van nature of biologies so is. Mans is dus meer geskik as vroue om mynwerkers te wees. Insgelyks word soms beweer dat vroue psigies beter as mans toegerus is om kleuteronderwys te gee of maatskaplike werk te doen.
Naas die genoemde onderskeide by werk- en taaksoorte is dit nodig om individue se vermoëns of talente te evalueer. Op hierdie manier kan uitsluitsel verkry word oor watter individue vir watter poste die geskikste kandidate is. Dit is iets waaroor nie sonder meer geslagsgewys besluit kan word nie. Die sleutel tot ‘n rasionele uitkoms en geregtigheid is die objektiewe beoordeling van individuele meriete. Daar moet nie vooraf om ideologiese redes arbitrêr en veralgemenend besluit word mans of vroue is beter of albei geslagte is ewe goed nie.
Daar is ‘n doodgewone natuurlike rede waarom mans tradisioneel meer poste as vroue beset. Dit het niks met die benadeling van vroue deur mans te make nie, maar met Moeder Natuur se besluit dat net vroue geboorte kan skenk. Dit beteken op sy beurt dat baie vroue nie deurgaans in dieselfde mate as mans tyd en aandag aan ‘n beroep kan bestee nie. Beroepsbeoefening is nie noodwendig meerderwaardig in vergelyking met kinders grootmaak en opvoed nie. Aan die einde van hulle lewens besef baie bejaardes dat die aandag wat hulle aan hulle kinders en kleinkinders bestee het baie meer waarde het en groter genoegdoening verskaf as die materiële opbrengs van beroepsbeoefening. In die hedendaagse klimaat waarin baie mense naarstiglik soek na die opsigte waarin hulle benadeel is, kan mans ‘n sterk saak daarvoor uitmaak dat Moeder Natuur hulle benadeel het omdat hulle nie geboorte kan skenk nie.
Dit bring my by die derde groep wat op slagofferskap aanspraak maak, naamlik veral militante swartes. Hulle wil graag dié benadeeldes en dus ter kompensasie dié bevoordeeldes wees. In die VSA hou die swartes niks daarvan dat regstellende aksie ook bv die Native Americans (Indiane) en die Hispanics bevoordeel nie. In die nuwe Suid-Afrika tref ‘n mens ‘n soortgelyke afwysende houding by die swartes aan betreffende regstellende aksie ter bevoordeling van bruines en Asiate. Niks wat die ander slagoffergroepe deurgemaak het, kan volgens swartes naasteby vergelyk word met die mate waarin hulle weens slawerny, kolonialisme, imperialisme, rasse-segregasie en (die kersie op die koek) apartheid gely het nie. Hulle hoef glo niks meer te bewys nie. Daar word van “die stelsel” verwag dat swartes bevoordeel moet word sonder dat die nodige teenprestasie vereis word. Hulle glo dat al die euwels wat swartes getref het, ‘n enkele groepsoorsprong het, naamlik die bose wittes.
Die (teoretiese) gelykheid van alle mense word deesdae glad te dikwels as ‘n aksioma aanvaar. As dit in die praktyk lyk asof alle groepe nie ewe voortreflik funksioneer nie, is dit na bewering nie vanweë die ongelyke besit van talente nie. As dit lyk asof die swartes minder suksesvol as bv die wittes is, word dit toegeskryf aan die benadeling van swartes deur wittes. Die swartes beskou hulle dus as geregtig op skadevergoeding. Dit maak nie saak hoe lank gelede beweerde benadelende praktyke soos slawerny, kolonialisme en segregasie afgeskaf is nie. Dit is van geen belang dat dit vorige geslagte is (sommige van baie lank gelede) wat benadeel is nie. Waarop swartes aandring, is dat hulle huidige geslag en toekomstige geslagte swartes (skynbaar) onbepaald tot in die verre toekoms bevoordeel moet word, want dit is glo die nawerking van daardie ongure dade van wittes wat in die stelsel voortduur.
Dit is waarom bv Jacob Zuma halsstarrig voortgaan om apartheid (dus wittes) die skuld te gee as swartes se funksionering, bv by dienslewering, veel te wense oorlaat. ‘n Onrealistiese sug na geregtigheid veroorsaak dat swartes geregtig voel op behuising met spoeltoilette, water, elektrisiteit, televisie-ontvangs, munisipale dienste, ens, sonder dat volle (dus nie-gesubsidieerde) betaling vir hierdie voordele vereis mag word. Asof dit ‘n mensereg is, word daar verwag dat ander mense (bv wittes) vir die voordele moet betaal wat swartes geniet. Bevoordeling sonder teenprestasie is in werklikheid ‘n onding.
In Allan Bloom (1930-1992) se veel geprese blitsverkoper, The Closing of the American Mind (London: Penguin, 1988, 392p), word na Friedrich Nietzsche (1844-1900) verwys wat gesê het: “Inequality among men is proved by the fact that there is no common experience accessible in principle to all” (p 201). Bloom voeg by: “Equality … has no place for genius” (p 223-224). “In egalitarian society practically nobody has a really grand opinion of himself” (p 250). “A permanent feature of democracy, always and everywhere, is a tendency to suppress the claims of any kind of superiority” (p 329).
Met verwysing na swartes aan universiteite lys Bloom kenmerke soos “permanent quotas in admission, preference in financial assistance, racially motivated hiring of faculty, difficulty in giving blacks failing marks, and an organised system of grievance and feeling aggrieved” (p 95). Al hierdie euwels het hulle in oortreffende mate aan Suid-Afrikaanse universiteite ingeburger. “The fact is that the average black student’s achievements do not equal those of the average white student in the good universities, and everybody knows it. It is also a fact that the university degree of a black student is also tainted, and employers look on it with suspicion, or become guilty accomplices in the toleration of incompetence” (p 96).
Onderliggend aan bostaande is daar verskeie beginsels:
Mense dink noodwendig ingevolge veralgemening. Byvoorbeeld, as ‘n bepaalde groep misdaadgeneig blyk te wees, is ‘n mens geneig om liewer ander groepe te vertrou. As ‘n bepaalde groep hom histories as voortreflik bewys het, is daar die neiging om take eerder aan lede van daardie groep toe te vertrou. In die nuwe Suid-Afrika het ons die absurde situasie dat juis diegene met ‘n bewese rekord van voortreflike prestasie, naamlik die blankes en veral die blanke mans, indien enigsins moontlik uit poste gehou word. Geen wonder dienslewering is so pateties nie.
Individue binne groepe verskil. Individue moet dus nie uitsluitlik ingevolge hulle groepverwantskap bevoordeel of veroordeel word nie.
Bewustheid van wandade behoort met bewustheid van weldade gebalanseer te word. Byvoorbeeld, hoeveel erkenning kry blankes vir al die goeie wat hulle tot stand gebring het in vergelyking met die geweeklaag oor beweerde wandade wat hulle gepleeg het? Dit is gewoon vermetel om van slegs een groep, naamlik die wittes, te verwag om skuldig te pleit en verskoning te vra.
Moenie die huidige geslag verantwoordelik hou vir vorige geslagte se wandade nie. Aan wat reeds gebeur het, kan nie verander word nie. Ons kan wel sorg dat die hede beter as die verlede is en moontlik ook dat die toekoms beter sal wees. Een van die beste maniere om dit te doen, is om erkenning te gee aan en die nodige ruimte te skep vir diegene met ‘n bewese prestasierekord.
Simpatie is nie suiwer rasioneel gegrondves nie. Dit moet met gesonde oordeel gebalanseer word. As ‘n (wit) onderwyseres dit nodig vind om (swart) kinders te vermaan dat hulle hulle (meer) gereeld moet was, moet dit nie as rassisme veroordeel word nie, maar waardeer word as ‘n professionele en noodsaaklike deel van daardie onderwyseres se opvoedings- en opheffingstaak.
Geen groep of individu is volmaak nie. Daar is deesdae egter die neiging om groepe soos gays, vroue en swartes in die geheel en individue in daardie groepe deurgaans goed voor te stel. Wit mans, individueel en groepsgewys, daarenteen, mag nie net heftig gekritiseer word nie, maar ook bespotlik gemaak word. Enige groep of individu wie se gedrag nie op standaard is nie, behoort aan billike kritiek onderhewig te wees. Dit is die sleutel tot groeps- en individuele verbetering.
Hierdie skrywe handel oor drie groepe wat in Westerse geledere toenemend slagofferstatus verwerf het. Om hulle beweerde benadeling teen te werk, word al hoe meer maatreëls ingestel om van alle indiwidue in hierdie groepe bevoordeeldes te maak. In ewewigtige konserwatiewe geledere word tereg geprotesteer dat individue nie op grond van toevallige groepsverwantskap bevoordeel of benadeel moet word nie. Die status van ‘n individu behoort deur sy gedrag, dus deur sy gehalte as mens, bepaal te word. Op sy beurt bepaal (of beïnvloed) die gedrag van individue die aansien van die groepe waartoe hulle behoort. Naamsverandering van ‘n groep help nie vir lank as die gedrag van individue in daardie groep steeds veel te wense oorlaat nie. Dit is bewese prestasie en nie groepsverwantskap nie wat deurgaans erken behoort te word.
Die destruktiewe gevolge wat die bogenoemde slagoffergroepe in die samelewing het, word vererger deur die interne dinamika van hierdie verskynsel. Byvoorbeeld, ‘n indiwidu is nie net gay nie, maar ook ‘n vrou en daarby swart. So ‘n individu kan dus drievoudig op slagofferskap aanspraak maak. By implikasie word beweer dat so ‘n mens drievoudig benadeel is en dus drievoudig op bevoordeling aanspraak kan maak. Maar hoekom by drie ophou? Die persoon kan ook fisiekgestremd en vet wees, ensovoorts, en ook op grond daarvan dink dat sy benadeel word. Dit word ‘n multi-slagoffersindroom.
Wat hier gesê word, is nie vergesog nie. In Amerika is multi-slagofferskap reeds die alledaagse werklikheid waarmee almal teen wil en dank moet saamleef. In hierdie opsig vind wat in Amerika gebeur al hoe meer weerklank in Suid-Afrika. Hierdie onverkwiklike verskynsel kry toenemend momentum deurdat hierdie slagoffergroepe mekaar ondersteun en mekaar tot erger radikaliteit en maatskaplike ontwrigting aanspoor. Die amptelike erkenning wat hulle geniet en die propagandamasjinerie waaroor hulle beskik, blyk uit die feit dat talle Amerikaanse universiteite voor- en nagraadse kursusse in Gay, Women’s, Black, Disability en selfs Fat Studies aanbied. As u my nie wil glo nie, lees gerus Bruce Bawer se boek, The Victims’ Revolution: The rise of identity studies and the closing of the liberal mind (New York: HarperCollins, 2012, 400p; Amazon Kindle $11.99).
Het Obama in akademiese drag ook die Nazi-saluut gegee? Maar Beeld en Hannelie Booyens sê niks…
deur Leon Lemmer
Nelson Mandela is op Donderdag, 5 Desember, dood. Op Vrydag, 13 Desember, toe die Mandela-histerie op sy hoogtepunt was, is ‘n rubriek deur Hannelie Booyens gepubliseer. Ek het daaroor soos volg geskryf:
“Van die bedenklikste teks wat die afgelope tyd in Die Burger (en Beeld) gepubliseer is, is afkomstig van Hannelie Booyens, ‘n joernalistiekdosent, wat al die pro-Mandela-koerantvoorbladsye wil lamineer en monteer in die gange van die Skool vir Kommunikasiestudies van die Noordwes-universiteit [NWU]; klaarblyklik omdat sy ‘n groot Mandela-bewonderaar is.
“Sy is hoogs ontsteld dat honderde Potch-koshuisstudente, bv dié van Veritas, as deel van hulle ontvangs- en bekendstellingsritueel ‘n saluut gegee het wat haar aan die Nazi-saluut herinner. Dit is glo ‘n aanstootlike simbool van Ariese meerderwaardigheid en van ‘benouende denke’, ‘veral as dit gebeur op ‘n oorwegend wit en Afrikaanse kampus.’ Booyens sien seker uit na die verwagte verswarting en verengelsing van hierdie kampus.
“Sy vertel dat sy vroeg Vrydagoggend [6 Desember, na Mandela se dood die vorige aand], dus die dag toe die jongste Mandela-ophef in al sy felheid begin het, met verf en ‘n kwas na ‘n sypaadjie is waar daar ‘n swastika in die sement uitgekerf is. ‘Oor dié teken van haat het ek ‘n wit vredesduif geskilder met dié woorde: “Dankie, Madiba!”‘ Dit is ironies dat dit juis sy is wat in ‘n kampuspublikasie (13 Jun) teen impulsiewe gedrag gemaan het. Sy het sekerlik nie besin oor hoe die kampus sou lyk as almal op haar manier uitdrukking aan hulle politieke oortuigings gee nie. Aangesien daar tans nog orde op die kampus gehandhaaf word, hoop ek die universiteitsowerheid tree ferm teen haar op” (Praag 22 Des).
Hannelie Booyens… ‘uiters links’ en ‘n Madiba-aanbidder
Let op dat Booyens teen die einde van die jaar verwys het na wat na bewering aan die begin van daardie akademiese jaar op die Potchefstroom-kampus van die NWU gebeur het. Dit is dus ‘n ou koei wat uitgegrawe is. Dit is gedoen enersyds weens Booyens se uiters linkse politiek en andersyds weens haar militante feminisme waarvolgens ou wit mans met grys skoene nie weet hoe om ‘n universiteit te bestuur nie. Dit is te betwyfel of hierdie jong mens veel van naziïsme verstaan, want selfs haar kennis van Suid-Afrika se onlangse geskiedenis, bv die terroriste se bedrywighede, is so gebrekkig dat sy onmeetlike waardering vir Mandela het. Mandela was in murg en been ‘n geweldenaar wat nooit geweld as politieke middel afgesweer het nie. Booyens verkies egter om hom met ‘n vredesduif te assosieer of simboliseer.
Booyens se skrywe is waarskynlik die oorsprong van die storm wat pas oor die NWU losgebars het. Wat sy reggekry het, is om die wit bestuur van die NWU sleg voor te stel. Die huidige veldtog teen die Potchefstroomse kampus van die NWU word gevoer in afwagting op die swart rektor, Dan Kgwadi, wat Theuns Eloff op 1 Junie sal vervang. Wat blykbaar beoog word, is dat wanneer Kgwadi om nie-akademiese redes (Praag 15 Des) beheer oorneem, dit moet lyk asof sy bewind ‘n verbetering op die tradisionele wit beheer gaan wees. Maar hierdie “verbetering” gaan van ‘n politieke, dus pro-ANC, aard wees. Akademies gaan dit sekerlik nie ‘n verbetering wees nie.
Vanjaar se bohaai het op 11 Februarie begin, ná die studente se ontvangs- en bekendstellingsprogram, toe die Potchefstroomse kampusrektor, Herman van Schalkwyk, op die NWU-webwerf berig het dat daar onbehoorlike praktyke by die manskoshuis Over de Voor en by die dameskoshuis Karlien was. Die betrokke huiskomiteelede is van hulle pligte onthef. Van sulke mense word verwag dat hulle hulle verantwoordelikhede teenoor die universiteit moet nakom. As daar menseregteskendings is, sal die kampusbestuur glo nie skroom om op te tree nie. Ooreenkomstig die mode word daar van koshuisstudente verwag om verpligte menseregtesessie by te woon. Heel teen die einde verwys Van Schalkwyk na “groetgebare … wat aanstoot kan gee.” Teen die betrokkenes is daar glo reeds opgetree.
Dit is bekend dat van die verantwoordelikste poste in die nuwe Suid-Afrika deur onbekwame, onverantwoordelike en, in sommige gevalle, misdadige elemente beklee word. Dit sou hoogs onbillik wees as Booyens se uitlatings die NWU aan die giere van diesulkes uitlewer. Diegene wat deesdae daarop roem dat hulle aan die “bevrydingstryd” deelgeneem het, het hulle nie net aan wandade skuldig gemaak nie, maar dikwels ook aan (ernstige) misdade. Daar kan geredeneer word dat die ANC se sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie (op bevooroordeelde wyse) hierdie mense se misdaadrekords uitgevee het. Die feit bly dat hierdie mense se moraliteit sodanig was, en dalk steeds is, dat hulle bereid was of is om misdade te pleeg. ‘n Mens moet dus nie so dwaas wees om ‘n instansie soos die NWU aan beoordeling en verguising deur sulke ANC-elemente bloot te stel nie. Maar dit is presies wat weens die Booyens-geïnisieerde Nazi-saluut-storie gebeur het.
Maar daar is naas Booyens nog Afrikaanssprekende blankes wat gesorg het dat hierdie onbeduidende inisiasiegebruik tot iets verskrikliks deur die ANC opgeblaas kon word. Dit word wesenlik ‘n herhaling van die Reitz-voorval aan die Universiteit Vrystaat waarmee daardie rektor, Jonathan Jansen, hom met anti-blanke retoriek gate uit geniet het. Dit herinner ook aan Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch, se skandalige poging om daardie universiteit se eertydse departement volkekunde met Nazi-bedrywighede te assosieer. Al drie gebeure is tot die uiterste misbruik om blankes as Nazi-gesinde rassiste voor te stel.
Die eerste aanduidings van waarheen sake gedryf word, het op 21 Februarie in ‘n berig in Die Burger (p 3) gekom; ‘n berig wat sekerlik van Beeld oorgeneem is. Beeld het ‘n span van vier joernaliste saamgestel om die Potchefstroomse kampus van die NWU te diskrediteer. Kritiese lesers van die Naspers-koerante weet dat sulke joernalisspanne nooit na die toneel van bv ‘n plaasmoord gestuur word nie. Oor plaasmoorde word dikwels nie berig nie, of daar word doelbewus bitter min publisiteit aan gegee. As blankes van moord verdink word (Waterkloof-4, Griekwastad, Oscar Pistorius, ens), word geen onkoste egter deur Media24 ontsien nie en word dag na dag oor ‘n lang tyd omvattend oor die saak deur talle joernaliste berig. Die indruk word inderdaad deur hierdie koerante gewek dat die buitensporig hoë getal moorde wat in die nuwe Suid-Afrika gepleeg word aan wittes te wyte is.
My hipotese is dat Booyens met haar rubriek van verlede jaar, en/of deur aanhitsing sedertdien, Adriaan Basson oortuig het dat hier ‘n geleentheid is om die enigste universiteitskampus waar Afrikaanssprekende blankes nog in beheer en Afrikaans steeds die onderrigtaal is, naamlik Potchefstroom, so sleg moontlik voor te stel. Geen besware word teen die twee ander NWU-kampusse (Mafikeng en Vaaldriehoek) geopper nie, hoewel dit in albei gevalle akademies baie slegter as in Potchefstroom gaan. Sedert Booyens se genoemde rubriek van verlede jaar is verdere rubrieke van haar gepubliseer. Haar gesindheid en standpunt het dus guns in Media24-geledere gevind.
Daar is nog ‘n feit wat my hipotese onderskraag dat Booyens die bron van die huidige debakel is. In die berig van 21 Februarie staan daar: “‘n Dosent het onlangs ook op ‘n uitgekerfde swastika in sement afgekom. Met oudpres Nelson Mandela se dood het sy ‘n duif daaroor geverf.” Let op dat Booyens se naam (doelbewus) verswyg word; ook dat na die duif verwys word, maar die inskripsie “Dankie, Madiba!” word (doelbewus) verswyg. Booyens was hoogs waarskynlik dié kontakpersoon toe die joernaliste naarstiglik op soek na ‘n smeerstorie op die Potchefstroom-kampus besoek afgelê het.
In die berig word genoem dat The Higher Education Transformation Network “die universiteit as ‘n rassistiese instelling uitmaak. Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende interdik aan die NWU toegestaan om ‘n Facebook-inskrywing waarin die swastika saam met die NWU se naam verskyn, te verwyder.” Herman van Schalkwyk besef dat die veldtog teen die NWU heeltemal oordrewe is: “Hy vind sprake van ‘n ‘Nazi-neiging’ op die kampus ‘belaglik’.”
Op 22 Februarie berig Die Burger (p 6) dat die departement hoër onderwys “geskok” oor die “Puk-groet” is. Die direkteur-generaal, Gwebs Qoonde, ‘n kommunis, het gesê hierdie saluut “druis in teen die grein van die demokratiese grondwet;” iets wat natuurlik elke keer beweer word as daar iets is waarvan die ANC nie hou nie. Dié departement het belowe om ‘n mediakonferensie oor hierdie saak te hou. Theuns Eloff, die NWU-rektor, “het gesê die ophef wat daar oor die groet gemaak word, is heeltemal gek … dis teleurstellend dat dit so buite verband geruk is.” Maar sowel Eloff as Van Schalkwyk “het gesê die instelling bied onvoorwaardelik verskoning aan en alle moontlike maatreëls is in plek om te verhoed dat dit weer gebeur.” Hierdie twee akademici weet dit is ‘n sotlike veldtog wat teen die NWU gevoer word, maar hulle besef ook dat die ANC ‘n (onverdiende) magsposisie in die nuwe Suid-Afrika beklee wat met die geringste aanleiding tot die uiterste teen wittes misbruik word.
In ‘n ander berig op dieselfde bladsy word genoem dat die kampusbestuur in die etensuur met studente oor die beriggewing gepraat het. “Die studente wat die amfiteater volgesit het, het uitgebars van die lag toe hulle hoor ‘n persepsie is in die media geskep dat ‘n Nazi-kultuur op kampus heers.” Ou videogrepe word glo in die pers gebruik. Rikus Fick, die studentedekaan, het gesê: “Ons vra onvoorwaardelik om verskoning as ons aanstoot gegee het.” Voorheen was die wittes goed genoeg om die land te ontwikkel. Waarvoor anders is hulle in die nuwe Suid-Afrika geskik, behalwe om as slaansak te dien en om om verskoning te vra?
Op 23 Februarie het News24 berig dat The Higher Education Transformation Network die minister van hoër onderwys versoek het om die bestuur van die NWU oor te neem. Die woordvoerder, Hendrick Makaneta, het gesê dat hulle bly is dat hulle nou grafiese bewyse van die “racist practices” het. Dat dit verouderde fotomateriaal is, maak geen verskil as hierdie swartes ‘n stok soek om blankes mee by te kom nie.
Thandi Modise, die premier van die provinsie Noord-Wes, het gesê die provinsiale regering monitor die gebeure op die Potchefstroom-kampus. “She said it was disturbing, because the incident demonstrated that segments of our young, white people were still vulnerable to ethnic and racial indoctrination.” Die beskuldigings het dus al tot indoktrinasie geëskaleer. Soos gebruiklik word net wittes rassiste genoem, hoewel daar op die foto’s ook swartes is wat die saluut gee.
Die Burger het op 24 Februarie (p 6) berig dat die NWU gevaar loop om deur Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, onder administrasie geplaas te word. Theuns Eloff, wat oor drie maande as rektor uittree en dus nie veel langer deur die ANC-regering geïntimideer kan word nie, het gesê die saluut is niks nuuts nie. “Die Romeine het dit al gedoen en die studente doen dit al jare lank. Die meeste weet nie van die Nazi-konnotasie nie.”
Op die 25ste het die aangewese rektor van die NWU van hom laat hoor (Die Burger, p 2). Dan Kgwadi se standpunt is, soos verwag kon word, soos dié van die ANC-regering. Hy “meen die Nazi-saluut is geheel en al nie in ooreenstemming met die burgerlike samelewing en sy aktiwiteite nie.” Daardie “burgerlike samelewing” verwys seker na wat in die nuwe Suid-Afrika graag “die mense” (“the people”), dus die swartes, genoem word. Hulle woord is deesdae mos wet. Volgens wet “kan Nzimande by die NWU … ingryp deur ‘n bepaalde opdrag aan die instelling te gee oor aksies wat by die instelling geneem moet word.” Nzimande het ‘n verslag van die NWU aangevra.
Dit lyk asof daar in die praktyk weinig sprake van akademiese vryheid en universitêre outonomie in die nuwe Suid-Afrika is. Op 28 Februarie was Kgwadi se standpunt op RSG dat (wit) rassisme op die Potchefstroom-kampus voorkom. Let ook op hoe Kgwadi sonder meer van die veronderstelling uitgaan dat dit ‘n Nazi-saluut is. Dit lyk nie asof daar veel objektiwiteit, akademiese en wetenskaplike gesofistikeerdheid en doodgewone insig van hom verwag kan word nie.
Die storie van die Nazi-saluut is, soos hierbo aangedui, blykbaar deur Booyens begin. In Die Burger (25 Feb, p 16) verduidelik ‘n leser waarom beweer word dat die saluut uit die Romeinse tyd kom. Benito Mussolini het dit via die skrywer Gabriele D’Annunzio (1863-1938) vir gebruik deur die Italiaanse fasciste oorgeneem. “Hitler en die Nazi’s het dit weer afgekyk van die Italiaanse fasciste … aangesien die Romeinse Ryk die suksesvolste wêreldryk nóg was, het dit besonderse byval by Hitler se beskouing van die geskiedenis gevind. As die yl Romeinse verbintenis wel aanvaar word, is Nzimande mos nou eintlik geskok oor ‘n kultuur wat die wêreld ‘n veel ryker plek gemaak het as Hitler en sy Nazi’s. Dis tog ook so jammer hy sien nie die skreiende ironie in sy eie uitgediende Kommunistiese Party (asook ons regerende party en die grootste spul unies) se mildelike gebruik van die term ‘comrade’ vir mekaar nie. Die term is tog gebore in die Russiese revolusie en ‘n staat wat die wêreld nie net aan die hel van kommunisme blootgestel het nie, maar ook leiers soos Joseph Stalin wat man alleen die dood van meer van sy eie mense veroorsaak het as enige iemand voor of ná hom.”
Op 26 Februarie het Die Burger (p 5) berig dat Gwebs Qonde op ‘n nuuskonferensie gesê het dat die NWU nie met verduidelikings moet kom nie, maar moet optree. Uit hierdie aanmatigende houding van kommuniste soos Nzimande en Qonde blyk dat hulle meen die verhouding tussen die departement hoër onderwys en universiteite is dié van baas teenoor klaas. Ek vind dit bedroewend dat geen universiteit nog die akademiese integriteit gehad het om bewaar teen hierdie soort kommunistiese dominansie te maak nie. Tradisies wat vir “sommige op die oppervlak na kulturele en spanbou-geleenthede lyk, dra by tot ‘n kultuur van uitsluiting en die voortbesrtaan van stereotipes oor ras, geslag en seksualiteit,” aldus Qonde. Met kenmerkende kommunistiese sluheid het Qonde “die NWU gekap oor bewerings van intimidasie en viktimisering van studente en personeel wat uitpraat oor onaanvaarbare praktyke. ‘Die universiteit moet verseker dit gebeur nie en nié op ‘n heksejag gaan nie’.” Dit is ‘n duidelike poging om tugstappe teen diegene wat die NWU diskrediteer en onrus stook by voorbaat te probeer saboteer.
In ‘n berig in Beeld (27 Feb) spreek Hoër Onderwys Suid-Afrika (Hesa – voorheen die Komitee van Universiteitshoofde) hom sterk uit teen die NWU-gebeure. “‘Universiteite moet menswaardigheid en menseregte beskerm en bevorder. Dit moet ook beslissend optree waar sulke waardes in die gedrang gebring word’ … Hesa is daartoe verbind om met sy lede (universiteite) saam te werk om institusionele kulture te bou wat teen rassisme en seksisme is en sosiale insluiting en respek vir diversiteit bevorder … Hesa verwelkom die erns waarmee die NWU-leiers die kwessies op sy kampus gepak het en hoop dat daar op aksies besluit sal word wat die waardes van die Grondwet versterk.” Dit is duidelik dat Hesa die ANC se standpunt onderskryf. Dít verbaas nie, want binne drie maande sal net een blanke rektor (van die Universiteit Kaapstad) inspraak in Hesa hê.
Aan die begin het ek genoem dat Booyens beswaard oor beweerde Ariese meerderwaardigheid is. As ‘n mens objektief na die geskiedenis kyk, is daar heelwat wat op die moontlike meerderwaardigheid van sekere (etniese) groepe, bv die Duitsers en Jode, kan dui. Wat sekerlik waar is, is dat alle groepe, geoordeel aan hulle prestasies, nie ewe talentvol of voortreflik is en in daardie sin gelyk of eenders kan wees nie.
As dit belangrik geag word dat ons ons van fascisme moet distansieer weens sommige fasciste se wanprestasie, geld dit soveel te meer vir kommunisme. Fascisme was vir ‘n baie korter tyd as kommunisme ‘n beduidende faktor in die geskiedenis. Fascisme het die dood van baie minder mense as kommunisme veroorsaak. Nou kom Nzimande, die plaaslike hoofkommunis, en spreek sy verontwaardiging oor die gebruik van ‘n beweerde Nazi-saluut uit. Die Nazi’s het net in die buiteland dood en verwoesting gesaai. Die Nazi-saluut behoort dus plaaslik minder verontwaardiging te ontlok as die kommunisme, wat weens bv die UDF/ANC se terroristiese bedrywighede baie plaaslike mense op aaklige wyse gedood en vermink het. Die ANC-saluut, die swaai van ‘n gebalde vuis in die lug, wat so kenmerkend van die “vredesikoon” Nelson Mandela was, behoort as veel meer afkeuringswaardig as die Nazi-saluut beskou te word. Verder is daar ook die ANC se sterk standpunt teen Israel, wat sekerlik heelwat meer as ‘n skeut anti-semitisme bevat.
Deel van die destruktiewe rekord van die ANC is die afbrand van die biblioteek van die Universiteit van Zoeloeland. Talle kere is in die pers berig dat Nzimande daarop roem dat daardie daad van brandstigting volgens eie erkenning sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd” was. Dit is my oortuiging dat iemand wat so ‘n veragtelike daad gepleeg het hom lewenslank vir die bekleding van ‘n openbare pos gediskrediteer het. Myns insiens sou so iemand in geen beskaafde land in ‘n kabinetspos aangestel word nie; allermins in dié van hoër onderwys. Hoe kan Nzimande met enige morele gesag die leviete aan ‘n universiteit oor enige saak voorlees as hy skuldig is aan die vernietiging van soveel akademies waardevolle inligting en hy miljoene der miljoene rand se staatsgeld in vlamme laat opgaan het?
Maar daar is ook ‘n les in die klein vuurtjie wat Booyens gestook het en deur wittes soos die Naspers-joernaliste verder aangeblaas is. Daardie vuur moet in die kiem gesmoor gewees het. Kyk watter momentum het dit in die ANC se hande opgebou. Die ANC weet reeds dekades lank hoe om blankes met vuur en swael te beveg.
Die oorgawe of ondergang van blankes geskied nie sonder die medewerking van blankes nie. Swartmag regeer die land weens die ruggraatlose magsoorgawe van FW de Klerk, wat die hartlike samewerking van verloopte Afrikaners soos Roelf Meyer en Leon Wessels gehad het. Potchefstroom, as die laaste wesenlik blanke en Afrikaanse universiteitskampus in die land, gaan van 1 Junie af vinnig verswart en verengels weens die hartlike samewerking van blankes. Hoewel blanke akademici steeds in die meerderheid in die NWU se senaat is, het die meerderheid senaatslede ten gunste van die akademiese liggewig Dan Kgwadi (eerder as die egte akademikus Herman van Schalkwyk) as rektor gestem. Dit is in die akademiese belang van die NWU én in die openbare belang dat hierdie besluit dringend heroorweeg word.
Pierre de Vos sê so ewe aan ‘n paar mense wat kommentaar lewer op sy jongste prul waarin hy hom by die heksejag op Potchefstroomse studente oor ‘n sogenaamde “Nazi-saluut” voeg:
I was hoping any of these comments actually engaged with the substance of the argument I presented. Sadly not. Oh well, one day.
Sjoe, is daar enige “substansie”? Daardie idioot wat Desmond Tutu se “analise” van apartheid in die WVK-verslag geskryf het, het mos beweer dat Afrikaners oor ‘n “outoritêre kultuur” beskik en toe een of ander aanhalinkie uit Adorno gegee. Sover ek onthou, was hy ook van die Universiteit van Kaapstad.
Ek dink De Vos adem maar net die soort Boerehaatteorieë wat op sy kampus rondsweef uit en die meeste van die tyd weet hy nie eens waar hulle vandaan kom nie, weens ‘n gebrekkige kennis van Westerse denke, filosofie en geskiedenis.
Tydens die Weimarrepubliek het Hitler in stryd getree met die kommuniste en naarstiglik gesoek na simbole en rituele wat hulle s’n kon naboots. Pleks van die hamer-en-sekel het hy die swastika gekies wat blykbaar op sy Katolieke kerkgebou in Oostenryk iewers al baie lank vertoon is.
Die oorspronklike model vir nasionaal-sosialistiese rituele en simbole was dus kommunisme. Soos ‘n hele paar mense, onder andere die Nederlandse politikus Martin Bosma, onlangs opgemerk het, was nasionaal-sosialisme eintlik ‘n linkse ideologie. Beide kommunisme en NS verteenwoordig vorme van “burgerlike godsdiens” of dan die aanbidding van wat Koos Malan in sy boek Politokrasie “die jaloerse god”, die staat, genoem het.
De Vos se “ontleding” – dis nie ‘n ontleding nie, want hy poog geensins om enige werklike neutrale beskrywing of begrip van die voorval aan te bied nie – verteenwoordig, soos ek reeds voorheen in ‘n Engelse kommentaar gesê het, op sigself ‘n afskuwelike stuk “groupthink” en konformisme.
Kom ons neem nou ‘n hele paar treë terug, soos die spreekwoordelike “antropoloog vanaf Mars” sou kon doen. Waarmee hy besig is, is presies waarvan hy die studente op Potch beskuldig. Hy voel hom deel van ‘n groep – die linkse Engelse stam van vervelige, dom akademici op Rondebosch. Behalwe hy is ‘n effense buitestaander wat nie eintlik Engels is nie, daarom moet jy die waardes van sy groep – asook sy Boerehaat – nog meer beklemtoon in ‘n angsvallige poging om tot die groep te behoort.
Dus, Afrikaners is Nazi’s. Of ten minste diegene wat tydens die tweede wêreldoorlog lede van die Ossewabrandwag was. Dit strook met die amptelike SAKP-siening deur die lid Brian Bunting in sy boek The Rise of the South African Reich.
Wat De Vos onder “kritiese denke” verstaan, is juis om binne stamverband te konformeer en die vooroordele van sy groep klakkeloos te herhaal en op Afrikanerstudente te projekteer. Waarskynlik beskik vele van daardie meisies wat hul koshuislied sing en hul arms in die lug swaai oor meer kritiese denke as ‘n paar departemente aan die UK saam. In elk geval sal hy nie weet nie, want hy het met geen van hulle gepraat nie; nie eens Beeld het hulle menings gevra nie. Soos onder Stalin, word daar aan hulle vertel: Ons wéét julle dink sus, en van nou af aan sal julle só dink.
Gesien vanuit ‘n (kultuur)-marxistiese oogpunt, is ‘n “goed funksionerende universiteit” soos De Vos dit noem een waar studente die “kritiese teorie” van Horkheimer of Marcuse of Adorno of wie ook al bemeester, tesame natuurlik met Das Kapital, en daarna die wêreld om hulle “krities” begin ontleed. Die postmoderne filosowe – en verder terug natuurlik Nietzsche – het reeds jare gelede aangetoon tot welke mate die marxisme dieselfde struktuur as dié van ‘n godsdiens vertoon.
Dus, om “krities te dink” beteken binne sy raamwerk – of dié van sy stammetjie Boerehaters aan die UK, wat een en dieselfde raamwerk is – om “sonde” by ander raak te sien. Dit gaan om die afdwing van die polities korrekte kode en daar word fundamentalisties genoeg van ons almal verwag om ons daarby neer te lê. Ook die koshuisstudente op Potch.
Nes onder kommunisme en NS, gryp die staat in elke aspek van ons lewens in: in die ekonomie, in die opvoeding, in die verhouding tussen ouers en kinders, in ons openbare en privaatlewens. Die staat, asook akademici wat blykbaar nie meer “navorsing” doen nie, maar hulle voltyds met heksejagte op “sondaars” besig hou, bedreig op ‘n wesentlike manier ons vryheid.
Hierdie staatlike “morele leer” wat met fanatisme op ons afgedwing word en waar selfs ons taal en onskuldige gebare deur die linkse dwepers – amper het ek die woord “ajatollas” gebruik, maar ek dink dit sou ‘n belediging vir Moslems wees – gepolisieer word, staan in jukstaposisie met die bandelose wreedheid, verkragting en sadisme wat ons jaar na jaar in Suid-Afrika ervaar. Soos alle vorme van fanatisme, is politieke korrektheid wêreldvreemd en glad nie van toepassing op die “wrede paradys” waarin ons woon nie.
Die haas totalitêre en fanatiese denkbeelde van politieke korrektheid is so ver verwyder van die Afrikanerkultuur en -lewensbeskouing, wat in die Joods-Christelike godsdiens en die Europese Verligting gewortel is, dat ons nie meer dieselfde land kan deel nie. Net soos Indië en Pakistan na godsdiens in twee state uiteengeval het, sal Suid-Afrika in ten minste twee state verdeel moet word.
Die libgestremdes in die VSA is opnuut erg beswaard oor voorgestelde wetgewing in die Amerikaanse deelstaat, Arizona. Libgestremdes het maar nou eenmaal hierdie gewoonte om hulself intens oor relatiewe onbenullighede op te werk. Arizona se voorgestelde wetgewing sou byvoorbeeld mense wat godsdienstige besware teen gayhuwelike het, die reg gee om dien ooreenkomstig op te tree. As ‘n Christen-egpaar byvoorbeeld ‘n gastehuis besit, en ‘n getroude gay paartjie wil by die gastehuis oornag, sou die gastehuis se eienaars mag weier om die paartjie daar te laat slaap, op grond van die eienaars se oortuigings.
Vir iemand wat nie ‘n libgestremde is nie, is dit moeilik om te sien wat fout sou kon wees met hierdie voorgestelde wetgewing. Eerstens, as Gastehuis A jou nie wil toelaat nie, gaan slaap bloot in Gastehuis B! Waarom in ieder geval iemand wil dwing om jou te akkommodeer as jy besef jy is onwelkom? Maar dis presies wat die kulturele marxiste in die VSA wil doen: Hulle wil hulself aan mense opdwing, of hulle nou welkom is of nie. Dit is absurd. As ek byvoorbeeld ‘n hamtoebroodjie wil eet, sou ‘n imam of ‘n rabbi die volste reg hê om my hulle moskee of sinagoge te verbied terwyl ek my toebroodjie wil geniet. Vir my om myself nou aan hulle op te dwing, om, soos ‘n tipiese Amerikaner, ‘n absurde hofsaak te wil loods om hulle te dwing om my vark in ‘n moskee te laat eet, sou nie net tydmors wees nie, maar ook indruis teen die Jood of Moslem se reg om sy eie geloofsoortuigings uit te leef. Die gedwonge assosiasie met diegene wat lewensstyle aanhang wat teen ‘n Christen se oortuigings indruis, maak eweneens inbreuk op die Christen se geloofsvryheid, en spreek eintlik van ‘n ongevraagde, fascistiese inbreuk op mense se vryheid van assosiasie asook dwingelandy.
Ja, ‘n verbod op my wat wil vark eet in ‘n moskee is natuurlik diskriminasie. Ek hou immers van spek vir ontbyt en hamtoebroodjies, maar ‘n rabbi of ‘n imam mag teen my (en varkboere) diskrimineer en my hulle huise van aanbidding verbied, terwyl ek my varkvleis eet. Ek kan nie redelikerwys daaroor wil gaan kla nie. Dit word billike diskriminasie genoem. Daar is wel billike diskriminasie, en diskriminasie is oral ‘n aanvaarde feit van die lewe. As ek more by Heyneke Meyer gaan aanklop, gaan hy teen my diskrimineer, want ek gaan beslis nie gekies word vir die Springbokspan nie. Geen hof sal my egter gelyk gee dat Meyer onredelik gediskrimineer het nie. Matrikulante, selfs in die ou dae, kon nie mediese dokters word as hulle nie goeie simbole in matriek behaal het nie. Die universiteite het teen hulle gediskrimineer. Niemand kan egter redelikerwys kla oor bostaande voorbeelde van diskriminasie nie.
Die probleem kom in wanneer die linkses en kulturele marxiste vir hulself of selektief die reg opeis om te mag diskrimineer, maar andere wil verhoed om ook te diskrimineer. Assimetriese diskriminasie, waarin een party mag diskrimineer, maar die eerste party ‘n tweede party probeer verhoed om ook so te maak, is ‘n probleem. Dan word dit onbillike diskriminasie, wanneer een party besluit hy mag self diskrimineer, maar ‘n ander party van daardie selfde reg probeer ontneem.
Vat rasstellende aksie, ‘n prima-voorbeeld van asimmetriese diskriminasie. Die Madibatopiese grondwet praat weliswaar van sogenaamde billike diskriminasie, maar rasstellende aksie is allermins billik. Rasstellende aksie is onbillik, want dit is asimmetries. Daar mag teen blankes gediskrimineer word, maar nie teen swartes nie. As daar dan wel billike diskriminasie teenoor werknemers moet wees, laat dan gerus toe dat ‘n swart sake-eienaar teen blanke werknemers diskrimineer. Laat swart-beheerde ondernemings gerus toe om vakatures te adverteer wat lees: “EE only.” Maar laat blanke ondernemings dan toe om presies dieselfde te doen, om, soos die studente-akkommodasie in Bloemfontein gemaak het, te adverteer: “Slegs nie-regstellende-aksie kandidate”.
Dinge werk egter nie so nie. Daar is ‘n skreiende asimmetrie. Waarom is dit aanvaarbaar vir talle personeelagentskappe om derduisende advertensies te plaas wat lui: “AA only”, maar sou ‘n blanke onderneming dit waag, is daar ‘n geweldige geskree vanuit die oord van die ekstreemlinkses? Die studente-akkommodasie in Bloemfontein, wat presies dieselfde gedoen het wat talle personeelagentskappe gedoen het, is deur ‘n histeriese koor van skuim-om-die-mond libgestremdes as rassiste uitgekryt. Logieserwys behoort hierdie diskriminasie vinkel en koljander te wees – as swartes teen blankes mag diskrimineer by die werk, vereis regverdigheid en simmetrie dat blankes ook so mag maak teen swartes.
Dit is een van die talle probleme met die kulturele marxiste: Hulle wil as’t ware vark in ‘n sinagoge eet, en as iemand durf beswaar aanteken, skree hulle dat hy homofobies is en wil hulle hom dagvaar.