Suidpunt: Wanneer kommunisme en kapitalisme saamsmelt

Terwyl daar hierdie week [29] op die sypaadjies in Hermanus katte soos groenmielies oor die kole gebraai is, het Suidpunt “FINAL HOUR” van X-ray Dogs gekoop, afgelaai en “The Final Countdown” van Europe op YouTube geluister. Die Jungiaanse Synchronizität het hom nie ontgaan nie. Ter elfder ure het ons op daardie uiters dramatiese noot, met ‘n ef-fen-se-ver-trag-en-de- “Evacuate the Dancefloor” van. Cascada. die. hasepad. gekies.

Reguit.

Af.

Diep.

Die.

Konyntjiegat.

In.

Wie is die “Ons”? Ek en Wolfie.

Suidpunt ken jy. Maar wie is Wolfie?

Dis ‘n lang storie. Kortom: Juffrou het my in Graad 1 by die spinnekopgroepie ingedeel omdat ek goed kon lees. Vir my ouderdom. ‘n Spinnekop het agt oë. ‘n Spinnekop het dus 8 perspektiewe op dieselfde saak om ‘n geheelbeeld te kry. Waarom dan nie ook sommer 8 persoonlikhede ontwikkel nie? Soos ‘n spinnekop dan seker ook grillerigheid vir ander…

So Suidpunt is die een persoonlikheid [INTJ] en Wolfie [INFP] is een van die sewe sluimerende ander. Die gesprekke tussen die twee in my kop is vreeslik onderhoudend. Veral as hulle begin stoele gooi waar woorde nie meer… Gelukkig gebeur dit selde.

Maar op die oomblik lê Wolfie op die naat van sy rug uitgestrek. Kaal bolyf in die sonnetjie. Sy kop rus ontspanne op sy gekruiste voorpote, sy rooi baaibroek hang ontspanne effens los om die heupe.

Daar is ‘n rede hiervoor.

Wolfie het Suidpunt gevra om hom te skilder. En dis presies wat ek doen. Foto’s neem en die skilderkuns is nie dieselfde nie. Foto’s is die meganiese beeldvaslegging van die onderwerp, kras soos dit is. Kuns is die vaslegging wat die skilder sien: die emosie wat die stillewe of hier, die tafereel, oproep. Byvoorbeeld: die ore word skerper en hoekiger gespits, die kristalblou oë word asuurblou gemaak [passend by die Cirro-Cumulus… eh… skaapwolk-hemel], die biseps en die maagspiere van die torso is sterker en dikker omlyn, die grys pensvag kry ‘n roomkleur, dog die rooi broek word valer skakeer [om die boarmspiere meer te belig vir die kyker] en die skerp slagtande wat by die bek uitsteek effens korter gemaak [jy weet mos, so kinderlik-vriendelik soos ‘n wolfwelpie s’n], meer geskaaf en afgerond. Die rug en stert word aansienlik hariger, dikker en donkerder uitgebeeld. Die snorbaarde maar onbelangrike en byna afwesige strakke lyne. Die omliggende gras word groener gemaak. En ‘n gelerige skoenlapper word op die blinkswart neus van sy verdwaasde bakkies ingeteken.

Daar het ek dit nou op doek vasgevang: piëteit, sagmoedigheid en humor. ‘n Brute, harige reus in sy fleur met ‘n vermurfde hart vir die broses onder ons. Die skildery moet nou net droogword.

Nou vir musiek om by die idilliese stemming van die herderslewe te pas.

Pluk die selfoon uit > Musiek > My Musiek > Kunstenaars:

  • “Space invaders” van Hit’nHide herinner te veel aan my “ruimte”/”aura” wat “binnegedring”/”binnegeval” word…
  • “Stay a while” van Mikey B en die Hollander Tiësto pas by Fruttare-roomysadvertensies op die strand.
  • “Golden Sky” van Jan Cyrka? Ook nie, dit pas eerder by my oggendkoffie in ‘n futuristiese termosensitiewe glasbeker.
  • “Flora’s Secret” deur Enya? Ja!

“… in the long grass / look above them / only they can see / Where the clouds are going / only to discover / dust and sunlight / ever make the sky so blue …”

Wolfie (sugtend): Ek wens ons kon ‘n slag vrede tussen die mense maak. Daar is gedurig ‘n toutrekkery tussen Kommunisme en Kapitalisme in Suid-Afrika. Ek raak nou sat daarvan. Oor en oor dieselfde. Kan die mens nie net die twee stelsels laat saamsmelt en endkry nie?

Suidpunt (met ‘n opgetrekte wenkbrou agter sy esel): Ons het mos reeds die semi-staatsdiens, nie waar nie? Buitendien, dis baie gerieflik om albei in dieselfde ekonomie te hê: terwyl die een paniek saai, palm die ander die monopolie in.

Wolfie: Nee, nie daardie “kommunisties” nie. Die egte Kommunisme, die een sonder ‘n staat. Soos jy die vorige keer in jou PRAAG-artikel geskryf het.

Die idealis wat Wolfie darem is. Hy kan soms die mees ongeleë tyd kies om oor politiek te praat. So ek begin my kwaste en palet vinnig en met mening skoonmaak met terpentyn.

Suidpunt: Daar is niks op hierdie aarde wat onmoontlik is nie. As Sowjet-sosialisme en Kapitalisme albei iets in die gemeen het, naamlik die sug na die meeste wins – is ek seker Kommunisme en Kapitalisme moet ‘n raakpunt of wat hê.

My voorskoot word uitgetrek, die esel word weggepak, so ook die kwaste. Die verspotte baret word ook afgehaal. Ek gaan kruisbeen reg voor Wolfie op my bamboesmatjie sit, van aangesig tot aangesig, terwyl sy T-hemp hom kop eerste insluk.

Suidpunt: Kom ons kyk eers na die voordele. Wat maak Kapitalisme vir jou aantreklik?

Wolfie (loer deur die hemp se nek, wurg deur): Wel – meriete. Die ou wat die slimste en die hardste en met die meeste ondernemingsgees werk kry wat hy verdien.

Suidpunt: ‘n Soort meritokrasie?

Wolfie: Ja.

Suidpunt: En die nadele?

Wolfie: Daarvan is ons mos oorbewus – die genadelose uitbuiting van menslike en natuurlike hulpbronne.

Suidpunt: En die Kommunisme?

Wolfie: “Medemenslikheid” word aan ons voorgehou, die nadele beleef ons reeds: alles wat die privaatsektor in uitblink, juis omdat die staatsdiens pateties geword het, word deur die staat net so gevat. Dus, bruikbare oorspronklikheid is nie sy sterk punt nie.

Terwyl hy praat, begin ek iewers in my rugsak rond te grawe na daardie twee VR-brille. Dis eintlik net ‘n raam wat die selfoon vashou. Nie dat ek weet waaroor die groot bohaai in die media omtrent skynwerklikheid of Virtual Reality NOU skielik vandaan kom nie, want toe ek nog op kleuterskool was het “Hackers” (1995) met Angelina Jolie op die silwerdoek gedraai. Strontbont psigedeliese kleure met “Mess with the best, die like the rest” wat telkens gehoor word. Dus. Ons sit hier met tegnologie maklik ouer as 20, 30 jaar? Daar is trouens ‘n tienerboek “Projek X: Vreemde werklikheid” in Afrikaans deur die toenmalige Perskor uitgegee in 1997. Om hierdie optimisme nou ‘n tweede en ‘n derde en ‘n vierde maal te beleef, soos oor videotelefonie [deur koperkabels in die 1970’s, toe deur 3G in die 2000’s, toe deur 4G en 5G in die 2010 en 2020’s], lugskepe, elektriese motors en waterstofmotors maak my eenvoudig blasé. Dis OU nuus met muf, nes hare op ‘n hond se rug.

Suidpunt: Goed. Hierso (gee die een bril aan). Om die waarheid te sê: Ek het trouens self daaraan gedink. Ek het op Second Life vir my ‘n “proefdorpie” geskep. Genaamd “Die Koepel”. Dit herinner baie aan In die tyd van die Esob, Brave New World, Wotan SQ7, Logan’s Run... Maar myne is nie gegrond op ‘n godsdienskultus of ‘n heerssugtige kunsmatige intelligensie of mens nie.  Myne is ‘n wêreld waar mense moontlik sou wou wees. Indien hulle ontevrede raak, kan hulle loop. Maar hulle sal nie. Want ek het al die regte dinge.

Wolfie: En dit is?

Met ons brille op is die grasveld oombliklik omgetower in oneindigende see. Ons sit in die skeertuig. Ek skakel die masjien aan en stuur die vaartuig met ‘n brommergezoem na ‘n afgeleë eiland. Iemand wat in die park nou op ‘n afstand moet verbyloop sal ‘n jongman en ‘n wolf aantref wat besig is met ‘n makabere gebarespel met woorde, of joga. Op bamboesmatjies.

Suidpunt: Onthou jy nog Pokémon Go in 2016?

Wolfie se avatar langs my op die leersitplek knik instemmend. Die Koepel doem op in die verte.

Suidpunt: Kinders en grootmense het mos besete geraak om elke sakmonstertjie te versamel op die vreemdste plekke op aarde. Mense wat gewoonlik Xbox in hul slaapkamer sou speel het die strate ingevaar. Hierdie ekspedisies het egter ook hul tol geëis. Tot dusver is 16 mense dood en 55 beseer volgens pokemongodeathtracker.com. En dit net om vaardigheidspunte te verdien. En hierdie punte is… wel, nutteloos? En tog wys Google Trends Pokémon Go is wêreldwyd alles behalwe dood! Maar wat as ons hierdie stelsel in ‘n kredietstelsel omskep waarmee mens soveel kan koop soos jy verdien? Amper soos kettingwinkels se lojaliteitsprogramme. Om die waarheid te sê het my moeder in hierdie week twéé pare skoene verniet by ‘n winkel gekry. Was dit ‘n euforiese oomblik? Dit was. Het dit haar oornag ‘n trotse ondersteuner van die winkel gemaak? Natuurlik!

Wolfie: En mense hou van die idee “jy verdien wat jy kry”. Of eerder: “Jy kry wat jy verdien”?

Suidpunt (met ‘n grynslag): Presies. En die belonings kom tog so vinnig aangestap! (nou doodernstige gesig) Dink nou vir jouself in as mens vir elke daad wat jy doen beloon word. Jy verdien punte op punte op punte waarmee jy na hartelus kan maak of koop net wat jy wil.

Ek moet skielik voor ‘n paar rotse wegswenk. Het van hulle vergeet.

Wolfie (op sy hoede): Maar wag nou. Wat het dit met Kommunisme uit te waai? Hier is duidelik ‘n rekenaarstelsel wat alles beheer.

Suidpunt: Jy sien, Karl Marx was ‘n bietjie té idealisties. Om te verwag die staat sal oplos sodat een of ander soort Ideale Mens 2.0 sal opstaan en outomaties presies sal weet watter en wie se behoeftes om te bevredig, is onsin. Byvoorbeeld: jy kry altyd mense wat onnodig kla, en “die grootste bek kry die meeste pap”? Ander ly weer broodgebrek in stilte. Jy kry ook hondebollie wat weke lank op die sypaadjie sal bly lê en niemand weet wie dit moet optel nie – allemansgoed is niemansgoed, lui die spreekwoord immers. En as dit nie aan my behoort nie, waarom is dit my probleem? Nou kan mens nog sê dis die munisipaliteit se probleem. Maar wat as die munisipaliteit ophou bestaan?! Of, daar is mense wat nie ewe hard sal WIL werk of KAN werk nie. ‘n Begrip soos “elkeen na sy vermoë” is vreeslik vaag gestel…(sug) Wag, laat ek net gou vasmeer.

Daarna volg ons die steil paadjie op na die ingang.

Wolfie (voort met die gesprek): Nou hoe kom mens daardie probleem te bowe?

Suidpunt: ‘n Soort superrekenaar wat onder meer die gedrag van mense leer ken. Dink gou vir jouself, as jy nou ‘n god was, wat sou jy met mense maak?

Wolfie (onthuts): Ek weet nie.

Suidpunt: Wel, jy sit in die eerste plek met ‘n groep wesens wat tegelyk ‘n vrye wil het en tegelyk ledig kan raak. En ledigheid is die duiwel se oorkussing. Jy moet dus ‘n manier kry om die hierdie paar duisend miertjies besig te hou, want anders gaan hulle net moeilikheid maak. Dit help nie jy gee en gee en gee net nie – want dan wil mense net hê en hê en hê. Uit eerstehandse ervaring weet ons ook die eise raak net al hoe meer. Die een gaan hom doodwerk en die ander gaan die gewillige esel doodgooi. Daar is geen middeweg nie. Dit help ook nie jy laat mense net aan hul vrye wil en ontspanning oor nie, want dan lê almal die hele dag op YouTube of hul selfone rond. Wat hulle minderwaardig laat voel teenoor diegene wat wel iets bereik in die lewe. Mense moet voel hulle werk na ‘n punt toe. Teleologies, met ‘n vaste doel. Dis geen valse beloftes van luilekkerland deur politici nie. Die resultate kan mense vir hulleself aanskou. Hulle moet dit kan sien, beleef. Met ‘n vaste lewensdoel sal geen mens bipolêr raak, eksistensialistiese trane kry of neerslagtig word nie.

Wolfie (‘n spreilig gaan bokant sy kop aan): En nou wil jy “medemenslikheid”, ‘n gemeenskapsgevoel, die staatloosheid, lojaliteitsprogramme, die analise deur ‘n superrekenaar met kunsmatige intelligensie, die selfoonverslaafdheid van tieners, Pokémon Go, selfs SimCity, Farmville en My Little Pony alles saam in een pot gooi?!

Suidpunt: Eintlik weet ek nie hoekom jy so verbaas lyk nie. Die tegnologie is reeds daar. Daar is tans juis siekefondse wat jou met toestemming monitor en kondisioneer oor iets so banaal soos jou motorbestuursgedrag d.m.v. jou GPS-foon. En dit boonop op TV adverteer. Of jou beloon vir griepinspuitings. Of vir die groente en vrugte en produkte wat jy op die mark koop. In een laerskoolomsendbrief waar die lat volgens wet uitgegooi is, word kinders beloon omrede hulle soet is. Hulle kry “kamma-kontant” vir die hoeveelheid keer wat hulle gatkruip VOOR die onderwyser – soos rommel optel. Sodra die regte bedrag bymekaargeskraap word, kan hulle vroeë huistoegaantyd op ‘n Vrydagmiddag letterlik KOOP. Die dae toe ‘n mens nog goeie maniere gehad het omdat dit in beswil van die samelewing is, is verby. Ons het beweeg vanaf die lat, na Pavlov se hondekwylproewe. Behoede ons as daardie hondekoekies opraak!

Wolfie: Nou hoe wil jy hierdie…

Suidpunt: Hoe hét ek hierdie ding laat werk? Dit werk eenvoudig. Deur psigometriese toetse, hommeltuie met kamerabewaking en ander vorme van tegnologie is hierdie rekenaar konstant besig om take…

Ek sluit die portaal oop met my handpalmafdruk. Sjjjjj… gaan hy oop.

Suidpunt: …Ek dink jy moet dit eerder self aanskou.

Binnekant aangekom is Wolfie duidelik oorbluf.

Wolfie: Dit lyk (huiwerende swaar pouse) indrukwekkend?

Want voor ons is afbeeldings van mense soos miere bedrywig. Elkeen doelgerig op pad na een of ander missie. Dis ‘n gekap en getimmer. Mandjies wasgoed wat rondgedra word. Kos wat voorberei word. En soos te verwagte, kom iemand nou aangestap met “verversings”. Vir ons, die aankomelinge. Hy skuif die drankies eenvoudig op die boomstomp wat as tafel dien, en “bliep” word die taak afgemerk. Die volgende opdrag wag klaar weer. Elke dag kry mense letterlik 110 dinge om te doen. Selfs al is ek ook die skepper en argitek van hierdie… gebou is ek maar net nog ‘n avatar soos al die ander. My selfoon [dis nou die een in die skynwerklikheid] begin aanhoudend bliep-bliep-bliep soos die opdragte een na die ander onder mekaar gelys word. Ek gee nie nou ‘n duit om nie, my avatar “drink” nou sy virtuele pita-pita, of wat jy ook al die drankie wil noem.

Maar niks kon Wolfie so verbyster het as die vaal huisies, vaal sakkerige kleredrag en die vaal bestaan nie. Soos vele ander voor hom sou hy waarskynlik presies dieselfde vra: “Hoe kan hierdie mense ooit gelukkig wees?” Daarom spring ek hom een voor.

Suidpunt: Jy het tog seker nie gedink jy gaan op “mense” afkom wat in stralerpakke en spierwit frokkie-katpakke rondloop nie, het jy? Almal begin maar met palmblaar-pantoffels. Gedenk Suid-Korea en Japan… treetjie vir treetjie.

Wolfie: Dié plek herinner darem baie aan Project Findhorn. Is dit ‘n ekodorpie in die middel van nêrens?

Suidpunt: Gee kans, gee kans. Rome is nie in een dag gebou nie. Dit het trouens bietjie broedertwis gekos om die Ewige Stad tot stand te bring. En ‘n moedige moeder van ‘n wolf – want het Romulus nie immers as vondeling aan haar gesoog nie?

Wolfie (ore trek effens plat): Hoe weet jy werklik dit was ‘n wolvin? “Lupa” beteken ook ‘hoer’. Nie juis vleiend vir my spesie nie, maar feite bly feite.

Suidpunt (bloos): O, dit verander die geskiedenis seker, ja. (weer besadig) Maar nou ja, alle paaie, ook jou weergawe van die geskiedenis, lei na Rome. In elk geval – hierdie wesens wat jy hier sien rondloop (beduie met twee vingers) is bloot nabootsers, “simulators”, nie avatars van mense nie. Die gesprek tussen my en jou oor die mikrofone verstaan hulle nie, en dit pla hulle nie.

Wolfie: Bly om dit te hoor.

Suidpunt: Hulle is daar om die proses aan die gang te sit. Jy kan immers nie visse in ‘n dam gooi as daar nie alge is om die soöplankton te onderhou, ens. ens. om uiteindelik by die groot barbers in die voedselketting uit te kom nie. Nou soos jy sou opgemerk het [skuif virtuele foon oor die boomstomp] het ek taamlik baie opdragte gekry om my mee te vermoei.

Wolfie: Ek sien so. Mieliesstamp by Hut 005 is jou eerste opdrag. Dan by Hut 021 is daar…

Suidpunt (onderbreek): Soos jy nou al klaar kan aflei, met elke opdrag wat ek afhandel, kry ek punte. En soos die punte ophoop, kan ek goed koop wat ek wil.

Wolfie: Soos wat nogal?

Suidpunt: Op die oomblik… (lag verleë) vrye tyd. Ons is nou eers besig om die ‘projek’ werklik aan die gang te kry. Sodra ons uiteindelik genoeg hulpbronne verwerk het om infrastruktuur op te bou, begin ons vervaardig en uitvoer. En met die uitvoer kom die invoer van goedere. Sodra die proses soos ‘n geoliede masjien loop kan ons mense begin uitnooi om aan die projek mee te doen. “So that we can move forward”.

Ek het ‘n besondere hekel aan daardie uitdrukking. Veral politici is deesdae verskriklik lief om daardie niksseggende cliché te gebruik. Kyk af na jou voete. Lyk dit enigsins of dit gemaak is om AGTERTOE te beweeg? Nee. Net soos die mens se oë stereoskopiese visie het om VORENTOE te beweeg en te hardloop. Selfs “Ry nog ‘n entjie VORENTOE!” bedoel “moenie links of regs draai nie!”, want ‘n stuurwiel kan immers draai, het hulle dit geweet?

In Afrikaans ken ons wel “vooruitboer” en “agteruitboer”. Dis heeltemal anders. “VOORUIT” en “AGTERUIT” beteken êrens is daar ‘n sentrale punt as verwysingsraamwerk, waarskynlik die “gemiddelde boer”, die “status quo”, die “kompetisie”, “die hede”, “die groep agter of voor my”, “stiksiendheid”. Dis ook nie vreemd die HAT sê “vooruit” beteken: “OM VOOR DIE ANDER TE WEES” nie. Die Afrikaanse taal is letterlik gebou op Mededinging en Kapitalisme!

Wolfie: Maar is erge inflasie nie onvermydelik nie? Hoe meer die punte in omloop is, hoe meer moet daar tog…

Suidpunt: Ja, ja, ek weet. En hoe harder moet jy werk om presies genoeg punte te kry om te koop wat jy wil hê wat gister nog goedkoper was. Maar jy moet ook onthou – deflasie is ‘n ewe, of selfs erger, klein blikskottel. In my eilandgeval – is almal werkers van die gemeenskap. Hulle kan nie afgedank word nie, hulle moet eenvoudig net die verminderde puntetoekenning aanvaar, of waai. Maar aangesien jy so mooi vra vir deflasiewenke. Die menslike hebsug ken ook sy perke. Sodra die selfoon hulle konstant herinner aan produk X wat hulle aangekoop het en die afgelope twee jaar nie gebruik het nie… Dit bring ‘n soort skuldgevoel mee, veral die eerste paar jaar toe die “motorhuis” so vol rommel en bokse geprop is. Hulle kan dan ‘n uitruil-proses van stapel stuur. Met genoeg propaganda sal die mense uiteindelik besef hulle kan nie alles koop wat hulle wil hê nie, want daar is net nie genoeg tyd om alles te benut en waardeer nie. Daarvoor is hulle te besig.

Wolfie wou nog iets sê, maar ek stoomroller my relaas voort.

Suidpunt: Soos in Suid-Afrika in 1976 en Japan in die 2000/2010’s kan jy ook jou “punte” aan die staat “leen” of in der waarheid, skenk. Die verskil is net: Die Suid-Afrikaanse Belastinggaarder het die geld verlang eendag sommer uit die bloute op die belastingstaat aangebring, terwyl in Japan beloftes gemaak is van goeie beleggings wat in die land teruggestoot sal word en aan almal weer uitbetaal sal word. Amper soos ‘n poskantoor-spaarkas. In albei lande het niemand hul geld ooit weer gesien nie. Of dit egter in my stelsel ‘n deflasie gaan veroorsaak, weet ek nie. Miskien kan mens punte na X-aantal dae laat verstryk of laat verdwyn, wie weet? Dit moet ek nog toets. Dan is daar ook die ander wyse om die stelsel te manipuleer – gee goed gratis weg en gaan stort produkte in die see, ens. ens. ens. Daar is baie maniere om ‘n vraag-en-aanbod-kat dood te maak.

Wolfie: Nou wat van ander ruilmiddels?

Suidpunt: Die reguleerder [want ons sit mos sonder ‘n staat, onthou] kan maak wat hy wil. Hy kan ‘n goudverbod uitvaardig, hy kan soos Rusland BitCoin verban [eintlik doen Rusland dit om lasterlike internasionale nieregeringsorganisasies en drukgroepe te muilband, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag. Gedenk maar die Duitse media tydens Apartheid in Soweto wat lekkergoed gegooi het in die asblikke en dan die “honger kindertjies” op beeld vasgevang het… jy sal verstaan], hy kan boetes oplê, wat die volk ook al wil hê, maar die grootste vrees – is verwerping. As vyftig mense tegelyk opdrag gegee word om jou by die portaal uit te smyt vir ‘n paar honderd punte beloning – hoekom nie? Mense soek tog nie ‘n stremming op hul stelsel nie.

Wolfie: Wat van mense wat hulself ooreis?

Suidpunt: Dit sal nie gebeur nie, want die selfoon sal weier om vir jou nog punte toe te ken. Dit kan moontlik ook tot inflasie/deflasie lei, wie weet? Want party dae voel mense meer fris as ander. Ongelukkig kan jy nie “vooruit” werk, d.w.s. die werk van môre of oormôre doen nie. Ek moes daar bietjie burokrasie inwerk, want dit bots met die ander mense se werkstabelle. Die ketting is net so goed soos sy swakste skakel: as die een ou agter is, vertraag dit almal – die agteros moet egter in die kraal kom om kohesie in die gemeenskap te verstewig. Maar wat wil jy bowendien met so baie punte maak? ‘n Vuurpyl bou? Ons het nie ‘n vuurpyl nodig nie. Nog nie. Die hele doel is tog om met meriete en al die gemeenskap te onderhou. So jy stoot die punte weer terug in die gemeenskap in. En dis mos so lekker om jou geld te skenk aan iemand, of een of ander drukgroep wat hul beywer vir iets. Dit laat jou mos goed voel. Trouens, van jou supermarkte doen dit reeds by die kaartkonsole – jy kan jou punte aan liefdadigheidsorganisasies skenk; voordat jou punte na ‘n jaar verval. Die vraag is nou net of jy werklik weet of daardie “geld” deur die organisasies korrek aangewend word?

Wolfie: En as wolwe soos ek net hier bly sit en niksdoen?

Suidpunt: Wel, jy het pas jou gasvrye beker klaar leeggedrink. Omrede ek deel van die stelsel is, is ek geregtig op my bakkie rys. Jy nie. Jy kan soos ‘n bergie word, maar niemand gaan jou jammer kry nie. Ek twyfel of hulle ooit tyd vir jou sal afstaan. Daarvoor is hulle te besig en te ywerig op soek na punte. Goed, daar mag ‘n tannie wees wat jou bejammer, maar sy gaan nie met punte beloon word vir haar caritas nie. Miskien kan selfs van haar krediete afgetrek word, wie weet? Die hele doel is dat jy so gou as moontlik moet assimileer. En dit is om deel van die werkmag te word. Elkeen het sy 110 dinge om te doen. Word jy lastig – tronke is te duur om te onderhou, jy moet dan liewer loop. Of jy sal gedeporteer of uitgesmyt word.

Wolfie: Jammer…

En Wolfie se avatar verdwyn. Daarom haal ek ook my VR-bril af. Sy ore wip regop.

Wolfie: …maar géén mens of dier sal daar wil bly nie. Dis ‘n doodse flippen plek wat van dag een af enige inisiatief aan bande lê. Ek werk vooruit. Ek is nie gemaak om in ‘n hokkie te sit en bevele geblaf te word nie. Dis nie ‘n gemeenskap nie! Jy word dan gedwing om te gee, anders verstryk jou punte! Die hele samelewing is gebou op selfsug! Dis nie ware liefde nie. Jou stelsel verblind mense met liberalistiese help-my-goedvoel-emosie. En om alles te kroon: ‘n blikbrein het die STAAT geword?!

Suidpunt (ingenome): Ek is baie bly jy dink so. Soos vele ander voor jou. In die meeste godsdienste is die verwagting dat die mens homself moet verbeter en na die mense rondom hom uitreik. Eerder uit vrywillige deugsaamheid as plig. Ek het die saak doelbewus gaan omdraai. As mens nou uit ‘n duiwelse oogpunt kyk, dan fokus jy juis op mense se swakplekke. Dis baie makliker om te swig as om te vlieg. Hebsug, eersug en gierigheid, Wolfie, is ‘n lelike strik. Jy kan selfs die duiwel daarmee laat dans. Mens kry nooit daarvan genoeg nie. En as jy die gierigheid vir jou of ‘n stelsel kan maak werk, sonder dat enigiemand agterkom… Maar aangesien die mense van nature omkoopbaar is, moes ek my verlaat op ‘n rekenaar as opdraggewer. Ek hoop jy het nou die antwoord gekry waarna jy gesoek het: om Kommunisme en Kapitalisme te kruis, is moontlik, maar net so selfverterend soos opgewarmde kaliumchloraat en ‘n jelliebeertjie in ‘n proefbuis. Glo my, jy wil dit nie hoor of ruik nie.

Wolfie: Gaaf. (kyk beïndruk na sy skildery, en vergelyk dit met die PRAAG-artikel wat jy nou lees) Ek kry die prentjie.

Daar mag op Quora diegene wees wat daarbuite kla oor surrealistiese “rabbit holes to the average Afrikaans speaking person (and any other reader for that matter)” wat PRAAG bespreek. Hopelik is hulle ABBA-aanhangers, want toevallig is ‘Cassandra’ my gunstelinglied van daardie popgroep; toegewy aan die Griekse mitologie rondom Kassandra wat kon profeteer oor die einde van Troje, maar as vloek niemand na haar wou luister nie. Slaan ag op die woorde, jy is immers gewaarsku:

“But on the darkest of nights /  nobody knew how to fight / and we were caught in our sleep / Sorry Cassandra I didn’t believe / you really had the power / I only saw it as dreams you would weave / until the FINAL HOUR.”

Leon Lemmer: Transformasie aan die Universiteit Vrystaat

“I enjoy travelling with him to the rural communities because in our close friendship the communities could bear witness to the strength of the ties between the young, white Afrikaans-speaking head of students and the older, black rector of the university. I was the godfather of his newly born son and our families had bonded immediately since our arrival on campus” (Jonathan Jansen, Leading for change: Race, intimacy and leadership on divided university campuses, London: Routledge, 2016, 227p, R365, p 153). Die blanke studentedekaan is Rudi Buys. Die swart rektor is die bruin Jonathan Jansen, toe (in 2014) die rektor van die Universiteit Vrystaat (UV). Soos gebruiklik is Jansen oorbewus van mense se pigmentasie, die pos wat hy (as regstelling) beklee en sy leierskap, waarna in die boektitel twee keer verwys word. Ooreenkomstig Jansen se aandrang word almal wat nie wit is nie vervolgens swart genoem.

Sedertdien het hierdie twee gesinne meer verstrengel geraak deurdat Jansen as mede- promotor van Buys se doktorale proefskrif opgetree het. Die titel is: “A phenomenological reading of the racial knowledge and identities of student leaders engaged in reconciliation” (UV, 2017). Die proefskriftitel het ‘n sterk Jansenistiese inslag: “racial knowledge,” “leaders” en “reconciliation.” “Reconciliation” is eintlik ‘n eufemisme vir die radikale manier waarop hierdie tweetal die UV deurmekaar gekrap het; transformasie of “omvorming” (Buys se voorkeurterm) genoem. Albei se moedertaal is Afrikaans. Hulle het heel moontlik Afrikaans gepraat toe hulle in die Vrystaatse platteland gereis en tuis oor en weer gekuier het. Maar in die openbaar gebruik albei by voorkeur die transformasietaal Engels. Die kerngebeurtenis wat Buys en Jansen saambind is die Reitz-sage. “Sage” is die sin van ‘n gebeurtenis “deur fantasie uitgebrei,” soos die HAT dit stel. Dit verhoed egter nie dat hulle boeke en selfs ‘n proefskrif daaroor skryf nie.

Ek het reeds die volgende Jansen-boeke bespreek: Knowledge in the blood: Confronting race and the apartheid past (2009, Praag 24 en 31.03.2018), As by fire: The end of the South African university (2017, Praag 15 en 22.07.2017) en Making love in a war zone: Interracial loving and learning after apartheid (2017, Praag 31.03.2018). In laasgenoemde boek wek Jansen die indruk dat hy met ‘n blanke vrou getrou het (p 9-10). In die Jansen-boek wat ek in die eerste paragraaf noem en wat ek nie voorheen bespreek het nie, noem Jansen egter dat sy “fair-skinned” vrou, wat “Scottish ancestors” het, as bruin geklassifiseer is, “while mine favoured our Khoi/Malay ancestry rather than my Dutch forebears” (p 9). Daarmee distansieer Jansen hom van Afrikaners. Hy assosieer sy vrou met Engelssprekende blankes, wat volgens hom beter as Afrikaanssprekende blankes is. Dit is seker onnodig om by te voeg dat Jansen se gekose huistaal Engels is.

Jansen verwerp “the narrow, positivist thinking that tries to apply an outdated notion of scientific objectivity to human studies” (2). Dit laat aan Jansen en sy dissipel Buys heelwat speelruimte in hulle siening van en verslagdoening oor die Reitz-sage. ‘n Mens moet nie daadwerklike pogings tot objektiwiteit van die ideologie-besoedelde Jansen verwag nie. Volgens sy insig is die “two great events of the 20th century, the Holocaust and Apartheid” (2009-boek, p 52). Oor die Reitz-sage openbaar Jansen ‘n soortgelyke gebrek aan ewewig en insig: “The Reitz incident of 2007/8 remains the event against which all subsequent racial incidents are bookmarked in all media forms” (As far fire, p 214). Hoekom? Want dit “constituted the most serious human rights violation on a university campus in the post-apartheid period” (99).

Oor sy boek, Making love in a war zone, het ek geskryf: “Die Reitz-voorval is ongetwyfeld die gebeurtenis waaruit Jansen die meeste slaankrag teen Afrikaners geput het. ‘There is now a growing research [!] literature on the subject of Reitz, the shorthand reference to the racial abuse [!] of black workers by white students. Reitz was the white male residence where the atrocity [!] occurred’ (60-61). In geen normale samelewing sou die veroordeling van wat heel moontlik onskuldige studentepret was sulke buitensporige afmetings aangeneem het nie. ‘Four white students racially [!] abused five black workers’ (52). Hoekom? Want dit is ‘n geval van ‘one of … the white boys appearing [!] to urinate into the food that they then gave to the unaware workers to ingest. When a video of this utterly reprehensible event leaked onto social media, the level of anger from all quarters was unprecedented in the history of South African universities [!]. How could young whites born after apartheid do such horrific [!] things to black people?’ (52)” (Praag 31.03.2018).

Maar die twee Jansen-boeke waaruit ek oor die Reitz-sage aangehaal het, is vir hoofsaaklik Suid-Afrikaanse lesers bedoel. Sy 2016-boek is in Engeland gepubliseer en vir veral oorsese lesers bedoel. Daarin handel die hele hoofstuk 2 oor: “Explaining the Reitz scandal.” Die Reitz-sage word hoogs oordrewe beskryf as “the single most horrific act of racism ever to be perpetrated on a university campus” (17). Dus, die rasgemotiveerde moorde en verkragtings wat op universiteitskampusse voorgekom het, is nie so erg soos die Reitz-voorval nie. Die Reitz-koshuis is vernoem na FW Reitz, die president van die Oranje-Vrystaat (1889-1895). “Reitz would become shorthand for a racist atrocity in a university student residence once named to honour him” (17).

Wat gebeur het word soos volg deur Jansen verwoord: “The four [white] boys would treat the senior black workers of the university as if they were first-year students” (17). “They made them drink strong liquor … They had the workers line up for athletic sprints … They made the workers dance to music, and even joined in, as the senior citizens [!] tried to stay upright. And then the act that turned stomachs all over the world [!] – they urinated into a pot of food, and gave this to the workers to ingest … Throughout this macabre event the white boys relaxed, laughing and clearly making fun of the black workers in the process and whom themselves appear to having a ball” (18).

Die geheel indruk is myns insiens die klaarblyklike goeie verhouding wat tussen hierdie blanke studente en die swart werkers bestaan het. Jansen erken: “There is an overriding sense of normality … a strange affection between workers and students” (33). Maar ook hier diep Jansen ‘n beswaar op: “Why are these older people called on their first names?” (23). In die nabetragting ter diskreditering van die blankes is groot klem op die ouderdomsverskil tussen die twee groepe gelê. Die swartes kon glo ouers gewees het. Jansen dik dit soos volg aan: “The measured role of the older woman, the nurturing mother, the giver of life” (30). Die werklike ouderdomme van die swartes is nie bekend gemaak nie, maar Jansen oordryf sekerlik doelbewus as hy hierdie werkers bejaardes (65+ jaar) noem.

Wat onbetwisbaar is, is dat dit lyk asof die werkers die gebeure geniet het; dat dit glad nie ‘n groot skandaal, ramp en onreg is wat besig is om op die video te ontvou nie. Maar wat Jansen teen die bors stuit, is dat jong blankes hier “bevele” aan swartes gee wat sonder meer deur hulle uitgevoer word; dus ‘n baas/klaas-verhouding: “black people being paraded for the fun of white people” (21), “an underlying racial contempt for black people” (22), “all-powerful white men lording [!] over vulnerable [!] bodies” (31). Met sulke oordrywings maak Jansen ‘n gek van homself. Die ergste is dat Jansen doelbewus lieg: “they urinated into a pot of food.”

Een van hierdie blanke studente het ‘n verslag van 112 bladsye oor die Reitz-gebeure aan Jansen besorg. Daarin staan (blykbaar vertaal uit Afrikaans): “The mixture contained water, bread, coffee, protein powder, raw garlic and milk – the impression could be created that someone had urinated into it, but it never happened” (19). Maar Jansen is vasbeslote om die blankes weens werklike urinering te verdoem. Sy kommentaar op hierdie uitdruklike ontkenning is: “It does not matter … The fact that one of you showed on video the action of urinating into the food conveys what you wanted the viewers to believe you actually did. What happened after that does not matter; here the symbolism is the reality [!]” (19). Dus, as jy ‘n moord simuleer (bv vir verfilming), het jy volgens Jansen werklik ‘n moord gepleeg. Wat Jansen tot lieg dryf is dat blankes (wat hy nie goedgesind is nie, om dit sag te stel) aan die moontlikheid gedink het om die kos van swartes (aan wie se kant hy hom sonder voorbehoud skaar) te besoedel.

Dat Jansen in sy 2016-boek doelbewus oor die urinering vir buitelandse lesers lieg, blyk uit sy 2017-boek waarin staan: “Back in 2007/8, a notorious student-made video capturing the act of urinating, or, more likely [!], pretending to urinate, on the food of five black workers” (As by fire, p 99). Ek vind dit gevolglik moeilik om agting vir Jansen as akademikus en as mens te hê. Pierre de Vos, wat sterk linksgesind is, bevestig dat Jansen se vertolking van die Reitz-insident hoogs oordrewe is: “I do believe that this situation was blown completely out of proportion. It was a media goldmine that probably rivalled the Waterkloof-4. The fact is that there were no signs of trauma until it became a public spectacle” (2016-boek, p 19). Desnieteenstaande skryf Buys, met Jansen as mede-promotor, ‘n doktorale proefskrif (dus iets wat veronderstel is om ‘n ernstige akademies-wetenskaplike onderneming te wees) wat die Reitz-sage uitbeeld as dié keerpunt in die transformasie/omvorming van die UV van ‘n blanke Afrikaanse universiteit na ‘n oorwegend swart Engelse universiteit.

In opvolging van sy proefskrif het Buys (gebore in 1974) die volgende boek gepubliseer: Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening (Kaapstad: Penguin Books, 2018, 179p, R250; Amazon Kindle $14,95). Anders as die proefskrif is die boek in Afrikaans. Na afloop van sy studentedekaanskap aan die UV (2010-2014) is Buys as ‘n navorsingsgenoot in die UV se Fakulteit Teologie aangestel. Sy doktorsgraad is blykbaar in teologie toegeken, ná sy vroeëre voltooiing van ‘n magistergraad in teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Teen die agtergrond van wat hier bo oor die beweerde urinering geskryf is, kan lesers op grond van die volgende sin besluit wat hulle van Buys dink: “In ‘n vroeëre toneel [in die video] word gewys hoe een van die studente, sonder die werkers se medewete, in die brousel urineer” (Kindle 83). Soos sy vriend Jansen wil Buys teen wil en dank die skyn van urinering tot werklike urinering transformeer. Sonder sodanige “omvorming” van die werklikheid sou die Reitz-sage inboet aan emosionele trefkrag, kan dit met minder stelligheid voorgehou word as dié deurslaggewende gebeurtenis in die transformasie van die UV en verloor Buys se proefskrif en boek baie van hulle sinvolheid, gevolglik is “die Reitz-voorval omarm en as kleinood aangegryp” (2988). Buys skryf: “Reitz [het] mý omvorm” (3108).

In die afwesigheid van werklike urinering sou Buys, soortgelyk aan Jansen, nie soos volg kon skryf nie: “Die skokkende beelde van die video het Suid-Afrika en die wêreld [!] met afgryse vervul … Hoe is dit moontlik dat, na bykans twee dekades van demokrasie in Suid-Afrika, so iets kon gebeur?” (90). Suid-Afrika se “demokrasie” dateer uit 1994. Die video is in 2007 gemaak en het in Februarie 2008 op die sosiale media verskyn. Buys se “bykans twee dekades” (20 jaar) is dus sowat 13 jaar lank. Sy Jansenistiese neiging tot oordrywing blyk ook uit die volgende sinne: “Die foltering [!] wat Reitz Kamerwonings vir Kovsies meegebring het, was ook ‘n loutering [!]* vir Suid-Afrika. Dit was duidelik dat ‘n katarsis [!]** vir Kovsies ook ‘n katarsis vir Suid-Afrika sou wees” (95). “Kovsies se goeie naam het aan skerwe gelê. ‘n Rasseoorlog het opnuut gedreig” (211). Soos een van die studenteleiers dit gestel het: “Hoe was dit moontlik dat die Reitz-studente die ondenkbare kon doen?” (1247). Buys kom met hierdie uiters vergesogte aanspraak: “Die video het ook die mite dat apartheid ‘n oplossing was vir konflik as abnormaal en immoreel ontbloot” (1885). [* Louter: “suiwer; reinig … sedelik verbeter” (HAT). ** Katarsis: “(sedelike) reiniging/loutering, bv deur ontlading van gevoel in ‘n drama” (HAT).]

Vir sy proefskrif het Buys navorsing aan die Paulo Freire-Instituut van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles gedoen. Paulo Freire (1921-1997), “die gerekende Brasiliaanse opvoedkundige” (2041), se verpolitiseerde pedagogie vind aansluiting by die kritiese teorie van die marxistiese Frankfurt-skool en dus by hedendaagse kulturele marxisme, asook by Frantz Fenon (1925-1961) se anti-blanke anti-kolonialisme. Steve Biko het inspirasie uit Freire se idees vir sy swartbewussynsbeweging geput. Russel Botman se pedagogie van hoop en sy Hoop-projek aan die US is ‘n direkte uitvloeisel van Freire se marxisme. Soos Jansen en Buys het Freire hom aan die kant van die “onderdruktes” (dus swartes) geskaar (3055) en “sosiale geregtigheid” bepleit. Freire wou die magshiërargie tussen wit en swart omkeer (3049). Dit is presies wat Jansen en Buys aan die UV vermag het. Buys maak positief gewag van Freire se “kritiese ingesteldheid” (3044, 3049) maar dit geskied binne ‘n marxistiese raamwerk. (Oor Jansen se marxistiese mentaliteit: Praag 24.03.2018). Jansen en Buys was, soos die vier studenteleiers (kyk hier onder), tussengangers maar nie vredemakers nie (3103). Jansen en Buys het die UV-koshuiskultuur “herontwerp” (2787), dus die bestaande orde, geskep deur blankes, vernietig. Buys noem dit “kultuurvernuwing” (2764).

Transformasie aan twee eens Afrikaanse universiteite, die US en UV, sluit dus ‘n groot skeut marxisme in. Voorheen het die teologiese fakulteite aan Afrikaanse universiteite sterk weerstand teen kommunisme gebied. Deesdae is baie van die dosente egter bevrydingsteoloë wat kulturele marxisme bevorder deur Westerse beskawing en kulture af te kraak. Wim de Villiers doen dieselfde deur die US telkens ‘n Afrika-universiteit te noem. Suid-Afrika word sedert 1994 deur die ANC regeer wat nie net sosialisties is nie, maar ook baie kenmerke van marxisme openbaar, gevolglik kraai daar by kruipsugtiges geen haan oor die weg wat die US en UV ingeslaan het nie. Op hierdie kampusse is geen idees te links nie terwyl regse idees glad nie geduld word nie. In hierdie sin bestaan daar geen akademiese vryheid meer aan enige Suid-Afrikaanse universiteit nie. Maar ek moet noem dat ek gunstig beïndruk is met die Afrikanerstudente aan die UV wat (aanvanklik) nie aan misleide ideologiese druk toegegee het nie. Aan die Universiteit Pretoria het Afrikanerstudente Nelson Mandela in 1991 van die kampus verjaag (Jansen 2009-boek, p 114).

In sy boek Making love in a war zone doen Jansen verslag oor onderhoude wat hy met tien interrassige paartjies op die UV-kampus gevoer het. Die Jasenistiese inslag van Buys se doktorale studie blyk uit die feit dat die “veldwerk” bestaan het uit onderhoude wat hy met vier UV-studenteleiers gevoer het: ‘n swart man, ‘n wit man, ‘n wit vrou en ‘n swart vrou. Buys beweer dat ‘n onderhoud of onderhoude met ‘n enkele student voldoende sou gewees het (1798) as hy nie met so ‘n erg verdeelde kampus en samelewing te make gehad het nie. Plaaslik verskil studente se ervarings volgens hom sowel ras- as geslagsgewys, vandaar die onderhoude met vier studenteleiers (1804), wat almal Damaskus-ervarings agter die blad het (1875).

Anders as in die verslag van Jansen se studie in Making love in a war zone, waarin selfs foto’s van die tien paartjies gepubliseer is (en waarteen ek etiese besware geopper het – Praag 31.03.2018), gebruik Buys skuilname vir sy respondente en hulle naasbestaandes, wat hulle in groot mate tot anonimiteit reduseer. Hy verwoord meesal wat hulle te sê gehad het eerder as om hulle woordeliks aan te haal. Dit laat die navorser met ‘n groot mate van vryheid in nuansering, maar hy noem dat elk van die viertal die finale teks oor sy/haar onderhoude, waarop hoofstuk 2 tot 5 gebaseer is, goedgekeur het (1815). Maar in latere hoofstukke improviseer Buys vryelik oor hierdie onderhoude. My indruk van die proefskrif, in soverre dit neerslag in sy boek gevind het, bv die sewe lesse oor verandering (hoofstuk 6) en die sewe insigte oor versoening (hoofstuk 10), is dat dit ‘n (tevergeefse) gesmag na akademies-wetenskaplike substansie en respektabelheid is.

Daar is veral een opsig waarin Buys iets nuuts staan probeer maak: die idee van ‘n tussenin identiteit. Buys en die vier studenteleiers word voorgehou as tussengangers tussen die blanke en die swart studente; dus versoeners, brugbouers, vandaar die boektitel. Soos die Reitz-sage word tussenin wees tot ‘n kleinood verhef (1875). Om werklik tussenin te wees, beteken dat jy jou ras- en geslagsidentiteit agterlaat en glo ‘n nuwe menswees betree (1764); dat jy anders wees koester (1930). Tussenin wees kan glo tot ‘n volwaardige identiteit omvorm word (3027), ‘n vaste en mondige identiteit (3032), ‘n nuwe opwindende identiteit (2076), bv om Afrikaner én Afrikaan te wees (2451). Apartheid kry die skuld vir die ontwrigting van tradisionele identiteite (2013), gevolglik is die skepping van ‘n nuwe soort identiteit glo nodig.

Die omarming van tussenin wees geskied egter op die gevaar af dat jy kies om nóg vis nóg vlees te wees, dus om tussen die boom en die bas te beland, bv sowel manlik as vroulik te wees. Buys beweer dat ‘n tussenin identiteit moontlik is sonder om jou uniekheid, agtergrond en kulturele herkoms te versaak (1399, 2076), dus sonder om verloopte status te verwerf (2025); dat tussenin wees ‘n aanvullende identiteit is (2030). Maar dit kan ‘n minder gevestigde kultuuridentiteit wees (1759). Tussenin wees kan sekerlik jou tradisionele identiteit ondergrawe. Dalk is dit noodwendig só omdat verandering/aanpassing veronderstel word. Soos een van die blanke Afrikaanssprekende studenteleiers dit stel: Sy “het nie gedink dat dit ‘n goeie ding is om ‘pro-Afrikaans’ te wees nie” (1382). Daarmee wórd sy ‘n verloopte Afrikaner.

Buys skryf: “In die nuwe Suid-Afrika het gevestigde wit kultuuridentiteite vervaag, in die mate dat jong wit Afrikaners byvoorbeeld dikwels eerder as Afrikaans of Suid-Afrikaans beskou wil word. Wat al die kosmopolitiese en nuwer identiteite gemeen het, is dat hulle as vermengings van twee of meer ander identiteite, of dan as ‘n afwatering van ‘n oorspronklike identiteit, beskou kan word” (2019). Maar wesenlik kom dit neer op ‘n wegbeweeg van kultuuridentiteite (2025) en dit word myns insiens in groter mate van blankes as van swartes verwag/vereis. Hoewel ek verstaan wat Buys probeer bereik, moet onderskei word tussen essensiële en versaakbare kultuurelemente. Byvoorbeeld, swartes (wat die bruin elite, soos Jansen, insluit) sien maklik af van hulle moedertaal maar vir my as Boer is Afrikaans die ononderhandelbare kern van my kultuur.

Soms kan Buys se vertolking van die geskiedenis bevraagteken word, bv: “Teen 1995 kon die universiteitsbestuur nie anders nie as om teësinnig [?] vir lief te neem met die ontstaan van aparte wit en swart koshuise op kampus – ‘n opsie wat nooit deur die universiteit as amptelike beleid aanvaar is nie. Aparte koshuise was toe vanself reeds aan die ontwikkel” (113). Buys druk hom dubbelsinnig uit. Aanvanklik is swart studente slegs vir studiedoeleindes toegelaat. Huisvesting op die kampus is nie aan hulle verskaf nie. Teen 1995 is begin om swart studente ook op die kampus te gehuisves maar in aparte koshuise. Dit is só gedoen ten einde rassewrywing te voorkom of dit ten minste te verminder. Om ‘n tradisioneel blanke kampus vir swart studente oop te stel, is ‘n radikale verandering. Om wit en swart studente toe eensklaps saam in ‘n koshuis te huisves sou verregaande gewees het.

Maar Jansen en Buys het verder gegaan. Dit is nie ontwrigtend en onbillik genoeg om toe te laat dat swartes ‘n eens blanke kampus toenemend oorneem nie. Wit studente is verplig om 50/50% saam met swartes in dieselfde koshuis te woon. As studentedekaan was dit Buys se hoofokkupasie en voorreg om sodanige integrasie af te dwing. Ook dit was nie radikaal genoeg nie: Wit en swart studente móét dieselfde slaapkamers deel. Dit is in ooreenstemming met Jansen se uitgesproke versugting dat wit en swart mense so intiem moontlik verstrengel moet wees, insluitende seksuele verhoudings. “Jansen beskou nabyheid tussen wit en swart as die belangrikste faktor wat versoening by Kovsies moontlik gemaak het” (2082). Die teenoorgestelde kan die waarheid wees: dat opgedringde nabyheid konflik tussen rasse (kan) veroorsaak. Die Jansenistiese UV-beleid het as grondslag veronderstelde wesenlike eendersheid van mense, bv dat rasverskille bloot velkleur- oftewel pigmentasie-verskille is (610, 1630). Fisieke ooreenkomste (bv dat alle mense asemhaal en rooi bloed het) is beklemtoon terwyl fundamentele geestelike verskille, bv van kulturele aard, geminag en geïgnoreer is. Almal is glo sommer net mense (667). Dit alles “danksy die nasionale beleid van rasse-integrasie” (775).

Dat daar werklike kultuurverskille tussen wit en swart studente bestaan, kon egter nie suksesvol deur Jansen en Buys ontken word nie. Die blanke studente was oorwegend Afrikaanssprekend en die swart studente (vir studiedoeleindes) oorwegend Engelssprekend. Hoe kon Jansen en Buys, wat taal betref, hulle ideaal van eendersheid bewerkstellig? Deur by voorkeur, selfs uitsluitlik (bv by koshuisvergaderings), Engels te praat. Wat was die uiteindelike en hoogs gekoesterde ideaal van hierdie tweetal? Eerder ‘n Engelse as ‘n Afrikaanse of tweetalige universiteit. Daardie taalgelykmaking is teen die einde van Jansen se termyn as rektor bereik, al het Jansen in sy intreerede in 2009 plegtig belowe dat Afrikaans tydens sy ampstermyn veilig sou wees. Jansen se belofte dra dieselfde gewig as dié van FW de Klerk, bv dat die finale grondwet aan die blanke kiesers vir goed- of afkeuring voorgelê sou word, dat blanke boere se eiendomsreg/kaart- en transport veilig sou wees, ens.

Daar is ‘n ander valse veronderstelling waarop Jansen en Buys se gedwonge rasse-integrasie berus: dat rasseskeiding onnatuurlik is terwyl rasse-integrasie so natuurlik soos water is. In Jansen se boeke oor toestande op die hoofkampus van die Universiteit Pretoria en dié van die UV hinder dit hom herhaaldelik dat ras- en kultuurgroepe geneig is om met hulle eie ras- en kultuurgenote te assosieer. Dink aan die goeie ou dae: “Verskillende wit en swart woonbuurtes was normaal. Aparte graadklasse vir Afrikaans en Engels was normaal. Aparte wit en swart vriendekringe was normaal” (1973). Blankes verkies die geselskap van mede-blankes en swartes verkies die geselskap van mede-swartes. Afrikaanssprekende blankes assosieer by voorkeur met ander Afrikaanssprekende blankes en Engelssprekende blankes assosieer by voorkeur met ander Engelssprekende blankes. In die geval van Indiërstudente het Jansen opgelet dat Moslems met Moslems en Hindoes met Hindoes assosieer.

Die veelgeprese 1996-grondwet lui: “Everyone has the right to freedom of association” (artikel 18). Maar dit is waarvan die ANC en ANC-kornuite soos Jansen en Buys nie hou nie, gevolglik is daar oral in die land, insluitende die UV, gedwonge rasse-integrasie. Die feit dat die proses onder dwang geskied, toon dat rasse-integrasie onnatuurlik is. Pleks van dit te erken, hou Jansen vol dat rasse-integrasie natuurlik is. Hy gee die nalatenskap van apartheid, dus blankes, die skuld vir die verwydering wat daar tussen rasse bestaan. Wanneer kultuurverskille as rede vir segregasie opgehaal word, word dit afgemaak as verskuilde rassisme.

Daar is by sowel Jansen as Buys dubbele standaarde. Rasse-integrasie is op ‘n 50/50%-grondslag aan histories blanke koshuise opgedring, maar nie (in naasteby dieselfde mate) aan die koshuise vir swartes nie.* Dit blyk baie duidelik uit Buys se boek. Die UV se strewe na diversiteit het “in wese rasse-integrasie in koshuise behels” (251). “Die beleid was … in wese op diversiteit in wit koshuise gefokus” (194). Militante dwang is die rede vir die suksesvolle en volslae integrasie van die tradisioneel blanke UV-koshuise. [* Daar word verwys na ‘n swart manskoshuis wat geen wit studente gehuisves het nie (1659). Een van die studenteleiers was die eerste blanke wat tot ‘n swart manskoshuis toelating verkry het (1002). ‘n Ander studenteleier was een van die eerste blankes wat in ‘n swart dameskoshuis gewoon het maar sy het net ‘n jaar daar uitgehou (1325).]

Die skuld vir die nie-integrasie van die koshuise vir swartes word op die blanke studente gepak. Blankes is meesal nie bereid om in die swart koshuise te woon nie. Die werklike rede vir die verskil in behandeling van wit en swart studente is myns insiens dat Jansen en Buys hulle mes vir die blankes ingehad het; dat hulle die blankes ‘n les wou leer. Die valse veronderstelling is dat blankes heling van die siekte van rassisme nodig het maar nie swartes nie. Anders as in die geval van blankes was Jansen en Buys die swartes goedgesind, des te meer omdat integrasiedwang by swart koshuise die swartes tot geweldpleging kon/sou aanspoor.

Die 50/50%-integrasie van die eens blanke koshuise bring mee dat al hoe minder blankes daar wil tuisgaan. Dit het spoedig gelei tot oorwegend swart koshuise en mettertyd tot koshuise wat (feitlik) uitsluitlik swart is. “In the English universities … all-white residences would eventually become all-black residences at institutions like Wits and UCT” (Making love in a war zone, p 53). “Residences were now under pressure to become exclusively black, thereby losing one of the most important [Jansenistic] functions of a residential education: bringing diverse students into the learning commons that a residence provides” (As by fire, p 185). Waarop dit neerkom, is dat swart studente owerheidsgesubsidieerde verblyf by die universiteit het terwyl blanke studente meesal duurder vir verblyf moet betaal wat ongerieflik ver van die universiteit kan wees, wat verdere onkostes vir hulle meebring. Wanneer die blanke studente afgestudeer het en werk soek, vind hulle dat ingevolge ANC-beleid voorkeur aan die aanstelling en bevordering van swartes gegee word. Sodanige rassediskriminasie word in die naam van regstelling en geregtigheid bedryf.

Maar selfs dit stel Jansen nie tevrede nie. Hy vertel met smaak dat as privaat instansies dit gewaag het om losiesgeriewe spesifiek vir ontheemde blanke studente te adverteer, hy sy neus daarin gesteek het en gepoog het om daardie pogings te saboteer deur bv in die pers beswaar teen sodanige rassediskriminasie aan te teken of selfs ‘n klag by die Menseregtekommissie aanhangig te maak. “The more black students coming into a residence, the more white students would leave … the racial integration on campus would spark the development of private white Afrikaans residences around campuses such as in Bloemfontein. I had exposed in the media a student accommodation advertisement in the local Afrikaans newspaper for ‘non-affirmative action Christian women’; the words ‘white women’ would have sufficed and yet those very words reflected the language of South Africa’s white-supremacist history” (Making love in a war zone, p 53). Is Jansen se gedrag nie dalk ‘n toonbeeld van swart heersugtigheid nie; dus dat alles moet voldoen aan die vereistes wat hy en die swart meerderheid ingevolge swartmag-ideologie stel?

(Voorgraadse) universiteitstudente is deesdae feitlik almal sogenaamde “vrygeborenes”, dus mense wat ná 1994 gebore is. ‘n Mens kan jou afvra: Is daar in hierdie groot era van vryheid nie dalk ‘n alternatief vir blatante, gedwonge rasse-integrasie nie? Waarom nie aan studente die keuse bied tussen enersyds ‘n geïntegreerde en andersyds ‘n kultuureie-koshuis nie? Dit is ‘n moontlikheid wat glad nie deur Buys geopper word nie. Jansen het wel daaraan gedink. “Why not simply allow these South African students to live in separate residences? (2016-boek, p 11). “There is, however, a grave danger in segregation” (12). Volgens Jansen het blankes, veral Afrikaners, valse (“fraudulent”) kennis in hulle bloed; kennis wat hulle saam met moedersmelk en daarna, tydens apartheid en selfs tot op hede, ingekry het. Daarenteen beskik Jansen, seker danksy sy Khoi-bloed, oor nuwe, korrekte kennis. Rasse-integrasie is volgens Jansen noodsaaklik vir die heropvoeding van blankes, veral Afrikaners (‘n “waarheid” wat ook deur Wilhelm Verwoerd III* eerstehands ervaar is: Bloedbande, Kaapstad: Tafelberg, 2018, 304p, R290). Jansen skryf: “Integration benefits white students … unlearning bad habits” (2016-boek, p 12). Jansen en Buys ag hulleself as geskikte opvoeders om hierdie heropvoeding te verskaf. [* Buys skryf: “Toe Wilhelm Verwoerd, die kleinseun van Hendrik Verwoerd … sy lidmaatskap van die ANC aankondig, [het] ek saam met lede van die ANC voor die saal gedreunsing en rondgedans” (2319).]

Buys se betrokkenheid by die UV het begin toe hy en ‘n horde ander “deskundiges” in transformasie en versoening op die kampus toegesak het om teen groot koste vir die UV die integrasie van swart studente te “fasiliteer”. “In 1994 there were 8 057 (84.28 per cent) white students on the original campus and only 1 503 (or 15.72 per cent) black students … in 2004, the white student numbers had increased to 8 707 but the proportion stood at 40.17 per cent – less than half the 1994 percentage – because the black student numbers had risen sharply to 12 971 (or 59.83 per cent)” (2016-boek, p 10). Dít is ware transformasie: die vinnige verswelging deur swartes van ‘n eens blanke kampus.

Uit Jansen se boeke en Buys se boek is dit duidelik dat hierdie transformasie groot trauma in blanke geledere (die studente en hulle ouers, asook die dosente en ander personeel) veroorsaak het. Vir die swartes was/is daar simpatie en baie geld is/word bestee om hulle tuis te laat voel. Vir die ontheemde blankes is daar nie ‘n soortgelyke reddingsboei nie. Die swartes is klaarblyklik bemagtig om te ontvang wat hulle na bewering toekom en selfs meer as dit. Die blankes ontvang glo hulle verdiende loon en moet sien hoe kom klaar. “Die algemene perspektief [is] dat transformasie die verlede moet regstel waarin swart studente benadeel en wit studente bevoordeel is” (1947). Weens onder meer verswelging word die blanke studente nou benadeel en die swart studente buitensporig bevoordeel. “Geregtigheid” het aan die UV geskied danksy mense soos Jansen en Buys.

Polities byderwets word veronderstel dat niks aan die blankes se huidige situasie verander hoef te word nie. Blankes is ‘n ignoreerbare, verkleinende minderheid op die UV-kampus (en in Suid-Afrika) wat hulle na die oorweldigende swart meerderheid moet skik. Die swartes is hiermee tevrede, gevolglik is dit ‘n oorwegend tevrede UV-studentekorps. Versoening tussen wit en swart is dus nie meer so noodsaaklik soos vroeër nie. Dit is tipiese Nuwe Suid-Afrika-geregtigheid. Die Jansen/Buys-kombinasie se taak is, wat hulle betref, bevredigend afgehandel. Maar waar is die veelgeprese diversiteit wat nagestreef is? Verswarting en verengelsing werk toenemende monokulturaliteit op kampusse in die hand, maar daaraan word nie enigiets gedoen nie. Buys skryf: “Versoening moet … oorgaan in omvorming” (2890). Die teenoorgestelde is eerder waar: transformasie sou glo versoening tot gevolg gehad het. Transformasie het die verswelging van die blankes deur die swartes meegebring maar nie beduidende versoening nie. Die Afrikanerstudente en -personeel neem bv nie vir lief met Engels as onderrigtaal nie. Kultureel is daar myns insiens geen afdoende rede waarom blankes hulle na die wense van die swart meerderheid moet skik nie.

Samevattend: Jansen is ‘n bruin mens wat verkies om swart te wees. Sy moedertaal is Afrikaans maar sy gekose huis- en eerste taal is Engels. Hy beskou sy transformasie van die UV – wesenlik suksesvolle verswarting en verengelsing – sekerlik as ‘n reuse sukses. Maar dit is strydig met ‘n beginsel wat aan die blanke UV voorgehou is: “‘n ongesonde kultuur … wat oorheersing voorstaan” (1069). Dus, wit oorheersing is sleg, soos tydens apartheid, maar swart oorheersing is goed, danksy “demokrasie”. Jansen het aan die Boere bewys dat ‘n universiteit binne enkele jare onherkenbaar kan verander, maar ongelukkig sonder om akademies te verbeter omdat politieke oorwegings belangriker as akademiese oorwegings geag word.

As blanke behoort dit vir Buys moeiliker te wees om sy gewete te stil, veronderstellend dat hy so iets het. Die koshuise is toenemend swart en sal eersdaags (feitlik) uitsluitlik swart wees. Die voorbeeld wat hy as Afrikaanssprekende met sy vooropstelling van Engels gestel het, het die norm aan ‘n eentalig Engelse UV geword. Wat Buys bereik het, is byderwets-polities reg maar akademies verkeerd. Maar die ANC is hoogs tevrede. In laaste instansie is dít wat vir hom en Jansen saak maak. Dít is die UV-nalatenskap van die Jansen/Buys-tweemanskap.

Buys-spore lê veral by die eens blanke koshuise. Dié bekroning van sy werk is dat die JBM Hertzog-koshuis, eens vernoem na ‘n voortreflike Afrikaner, nou die Beyers Naudé-koshuis heet, vernoem na ‘n verloopte Afrikaner wat terrorisme ondersteun het. ‘n Euwel het glo plek vir ‘n engel gemaak. Is dit nie hartversterkend nie? Eind goed, alles goed? Nee, dit is strydig met ‘n beswaar wat voorheen as geldig beskou is: “Die koshuis se eensydige assosiasie met historiese figure” (957).

Motors: Uiterste pole!

As motorjoernalis kry ek die geleentheid om baie gereeld met allerlei soorte rygoed kennis te maak!

Partykeer is dit betreklik basiese rygoed en ander kere heel luukse, eksklusiewe en duur motors. Die gevolg hiervan is dat ‘n mens so gewoond raak aan beide kante van die spektrum dat jy werklik die oomblik waartydens jy die reuk van ‘n nuwe motor moet inneem en waardeer soms heeltemal misloop.

Party motors is so algemeen dat ek as joernalis heeltemal deurskynend voel in die motor en dan is daar ander wat weer so skaars is dat ek amper te bang is om met hulle te ry uit vrees dat iemand by elke verkeerslig of stopteken iets positiefs of negatiefs in die verbygaan gaan skreeu! En dit gebeur nogal hoor. Die mens is maar ‘n snaakse wese.

Ek het die voorreg gehad om twee van Mercedes-Benz se mees eksklusiewe rygoed vir n paar dae onderhande te neem.

Die Mercedes-Benz S63 Cabriolet van voor.

Voor ek die motors van Mercedes-Benz Suid-Afrika af ontvang het, het ek beide die spesifieke modelle nog net in tydskrifte gesien: die AMG GT-C Roadster en die AMG S63 Cabriolet 4Matic is nou glad nie die tipe rygoed wat jy elke dag op die pad sien nie. Nie eens in plekke soos Waterkloof, Sandhurst of Zimbali nie. Beide die motors is aflaankapmodelle wat hulle nog meer eksklusief maak as hul gewone hardekapstalmaats. Nadat ek hulle aan Mercedes terugbesorg het, het ek nie weer een van die twee iewers op die pad in Suid-Afrika gesien nie.

Bakwerk

Die GT C Roadster van agter af.

Die GT C Roadster is n klein kompakte motor wat baie laag in sy 325/35 R20-duimtekkies hurk. Teen 4544mm is hy korter as ‘n Mercedes CLA maar net-net langer as ‘n A-Klas-Mercedes. Die GT C is 1939mm breed wat hom 16 cm breër as die CLA maak of, beter gestel, 2,5cm breër as ’n S-Klas. Wat sy hoogte betref, is die Merc 1,2mm laer as ’n Porsche 911 GT3 teen slegs 1259mm. Die GT C se agterwiele is byna op die hoeke van die motor, dus is daar geen oorhang nie en die neus is in die ware sportmotortradisie baie lank – amper soos die Jaguar E-Tipe van ouds. Gelukkig maak die deure soos ‘n gewone motor se deure oop en nie opwaarts soos die SLS wat die GT C se voorganger was nie. Reg van voor herinner die motor my nogal baie aan die 300 SL van die sestigerjare. Dinge is net effens meer modern met ‘n groot sierrooster en twee nate op die enjinkap. Die hoofligte is byna soos ‘n kat se oë 45 grade na buite gekantel en die groot Mercedes-embleem in die middel van die sierrooster maak dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone afslaankapmotor is nie.

Van agter is die twee uitlaatpype in die agterste lugskort ingebou en dit is ook nie jou gewone ronde pype nie. Die agterste ligte is klein skrefieliggies wat mooi op die hoeke van die motor gemonteer is en net effens om die hoeke strek. Die begasiebakdeksel en agterste wielboë is so hoog dat die bokant van die windskerm en kopstutte net-net sigbaar is. ‘n Drukvlerk wat elektronies op en af verstel kan word, skuil reg op die lip van die kattebak met ‘n dun derde remlig reg in die middel bo die drukvlerk.

Die Merc S63 Cabriolet van die kant af, met die dak afgeslaan.

In teenstelling met die GT C, is die S63 Cabriolet ‘n baie lang, groot motor. Dit is nie verniet die grootste sportmotor in die Mercedesstal nie. Teen 5044mm is die S63 500cm langer as die GT C of, beter gestel, ‘n hele 14 cm langer as ‘n VW Kombi. Teen 1913mm is hy 1,4cm breër as die S-Klas sedan en hy staan 1422mm hoog op sy 285/40 R19-bande, dit is darem 7,2cm laer as die S-Klas sedan.

Die S63 Cabriolet van agter af, met die dak opgeslaan. Selfs met die dak op, lyk dit mooi.

Die S63 Cabriolet is persoonlik vir my een van die heel mooiste motors op die pad. Sagte doelgerigte lyne wat duidelik beklemtoon dat hierdie iets spesiaals is, is oral te bespeur. Beide die GT C en die S63 is toegerus met sagte seildakke wat binne 11 sekondes kan oop- of toemaak. Daar is ‘n regte glasagterruit en raamlose kantruite. Die S63 se voorste ligte het dieselfde vorm as dié van die GT C; daar is net effens meer glasoppervlakte en ons toetsmotor was toegerus met Swarovski-kristalle in die voorste ligte. Ja, hierdie is ‘n eksklusiewe ryding soos ons gesê het! Groot driehoekige luginlate onder aan elke hoek van die motor laat die S63 nog skerper lyk en die sierrooster is dieselfde groot aggressiewe rooster met die reuse- Mercedesembleem wat ons ook in die GT C aantref. Die neus is insgelyks lank, maar vertoon nie heeltemal so uitgestrek soos dié van die GT C nie. Van die kant gesien, lyk die S63 nie so lank soos wat hy is nie en die deure bied baie meer staaloppervlak as wat daar glasoppervlak van die kantruite is. Of die S63 se dak nou op of af is , hierdie Merc lyk goed! Die GT C lyk ‘n 100 keer beter met sy dak af- as opgeslaan, maar hierdie S63 is net eenvoudig mooi vanuit elke hoek gesien.

Binneruim

Dit wemel van die raakskerms in die S63 Cabriolet.

Beide die GT C en die S63 is pure Mercedes aan die binnekant. Iets wat Mercedes nogal baie goed regkry, anders as BMW en Audi, is om hul veskillende modelle se binneruime uniek van die ander modelle in die reeks te laat voel. In die GT C voel jy net spesiaal, maar in die S63 voel jy soos ‘n spesiale koning . Die GT C se middelkonsole is een groot stuk aluminium met ronde drukknoppies aan weerskante van die ratkierie. Die rathefboom is ook anders as in ander Mercedesse en dit is ‘n baie kort breë hefboom wat volmaak in jou handpalm lê. Vier ronde, verstelbare luginlate net onder die drukskerm wat lyk asof hy in die lug dryf en leer reg rondom die binneruim.

Agtersitplekke van die S63 Cabriolet.

‘n Klein portiewe stuurwiel met plat onderkant en regte aluminiumknoppies op die stuurwiel rond die binneruim mooi af. Daar is ‘n windbreker wat outomaties hier agter die insittendes se koppe op en af gestel kan word asook een bo die voorste windskerm. Die voorste een keer dat die insittende natgespuit word wanneer die dak af is en jy die voorruit met die reënveërs moet skoonspuit. Daar is AMG-kentekens in aluminium op die stuurwiel en in leer op die sitplekrugleunings. Sitplekke is verhit en verkoelbaar asook elektronies verstelbaar en die Mercedes Air Scaf wat warm lug deur die kopstutte in die insittendes se nek blaas is standaard. Die GT C is ‘n tweesitplekmotor waar die S63 ‘n viersitplekmotor is. Binne die S63 is alles wat jy in die GT C sou aantref behalwe die ekstra twee agtersitplekke. Die leer is in ‘n diamantvorm gestik en daar is net soveel meer ruimte en baie meer leer orals. Die stuurwiel in die S63 lyk insgelyks anders, asook die middelkonsole waar daar ‘n tienduimraakskerm in die middel van die konsole geplaas is en direk langs hom voor die bestuurder ‘n tweede tienduimraakskem. Dus, byne die helfde van die vertoonpaneel voor die bestuurder is raakskerm! Daar is ‘n pragtige houtafgewerkte middelkonsole tussen die agterste sitplekke ook met inboude aluminiumluginlate en bêreplekkies. Wat die bagasieruim betref, het die GT C slegs 165 liter se pakplek. Nou dit klink min, maar as jy in ag neem dat hierdie ‘n sportmotor is en dat hy oor 50 liter meer pakplek as ‘n Porsche 911 beskik, is dit nie te sleg nie. Ons kon darem ‘n skooltas en ‘n oefensak daar inkry. Die S63 is natuurlik heelwat groter, maar as gevolg van die afslaandak is die ruimte slegs 350 liter wat op sy beurt weer 50 liter groter as dié in die BMW 6-Reeks is oftewel 10 liter meer as die ruimte wat jy in ‘n A-Klas-Mercedes sou aantref. Glad nie sleg nie.

Enjin

Wat die enjins van hierdie twee AMG-monsters betref, is dit eintlik waaroor alles gaan. Ja, jy kry n baie spesiale bakwerk en binneruim, maar hierdie enjins is werklik iets besonders. As ‘n mens in ag neem dat die GT C ‘n klein sportmotor is wat dieselfde as ‘n Golf GTi weeg en nie minder nie as 410 Kw se krag lewer wat twee en ‘nhalf keer meer as ‘n Golf GTi s’n is en 680 NM se wringkrag deur die agterwiele teer toe stuur, dan besef jy eers hóé spesiaal hierdie motor is. Hierdie is ‘n 4-literpetrol-8-silinderenjin wat deur ‘n 7-spoed outomatiese ratkas alles in toom hou. Dié syfers kan gehoor word elke keer wat die raaslepel diep ingetrap word. Daar is ook ‘n knoppie in die middelkonsole wat ‘n kleppie in die uitlaatstelsel beheer sodat die motor óf sag en beskaafd klink óf rou en kwaad soos ‘n leeu wat regtig de duiwel in is. Ons hou van die leeuverstelling. Wat die sogenaamde meer beskaafde S63 aanbetref, lyk die syfers so effens anders en as ‘n mens hierdie motor eers ervaar het, kan jy nie glo dat Mercedes werklik waar nog meer krag uit ‘n 8-silinder kon tap nie. Nou moet ‘n mens in ag neem dat die S63 heelwat groter en swaarder as die GT C is. Teen bykans 2650kg weeg die S63 Cabriolet slegs 100kg ligter as n Hyundai H1-bus. Die S63 word aangedryf deur ‘n 5.5-liter-V8-enjin met 2 turbo’s en hy lewer 430 KW en n hele 900 NM se wringkrag. In die afslaankapweergawe word die krag deur al vier wiele teer toe gestuur en die 7-spoed- outomatiese ratkas help om alles te beheer.

Verrigting

Die GT C is deur Mercedes se AMG-manne ontwikkel om juis ‘n direkte mededinger met die Porsche 911 te wees en anders as die ou SLS is die GT C baie ligter en meer vlugvoetig; dus ‘n baie meer geskikte teenstander vir die 911. Met syfers van 3,7 sekondes van rus tot 100km/u en ‘n maksimumsnelheid van 316km/u is die GT C werklik n sportmotor met baie skop! Wat die S63 betref, is dit sekerlik die vinnigste en kragstigse motor wat ek al bestuur het. Neem nou in ag dat hierdie S63 Cabriolet byna 700kg swaarder as die GT C weeg, dan is die verrigtingsyfers eenvoudig verbysterend. Die groot Benz het 3,9 sekondes nodig om tot by 100km/u te versnel en in standaardgewaad met die beperker in plek hou hy op versnel by 250km/u. Maar as jy Mercedes mooi vra, verwyder hulle die beperker en dan raak sy asem eers by 310km/u op. Wat egter nog meer indrukwekkend is, is die manier waarop die motor byna onmiddellik veral vanaf 120km/u to 160km/ versnel. Dit neem slegs 3 sekondes van 120 na 160 en alles gebeur glad en soomloos. Brandstofverbruik in albei die motors is ook nie wat ‘n mens sou verwag van n groot V8 met 2 turbo’s nie. Die GT C het ons ‘n gemiddelde verbruik van 9,1 l/100km gegee en die S63 kon ‘n syfer van 9,3l/100km aanteken. Dit beteken dat jy 824km ver in die GT C sou kon ry met sy 75-litertenk en 860km met die S63 se 80-litertenk.

Gevolgtrekking

Nou kyk, nie een van hierdie twee AMG-Mercedesse is bekostigbaar nie, veral nie vir ons gewone sterflinge nie, maar plaas hulle in hul onderskeie segmente en dan sien ‘n mens eintlik watse waarde vir jou verrigting en luukse geld die motors bied.

Die GT C ding mee teen motors soos die Porsche 911 GT3 Touring en is R132 000 goedkoper as die Porsche, bied 220Nm meer wringkrag, 42 KW meer krag, is 0,2 sekondes vinniger tot by 100km/u en het ‘n sagtedak wat kan afslaan. Maar vir die R2 744 295 wat die GT C jou uit die sak gaan jaag, kan jy ‘n AMG SLC 43 koop plus ‘n E400 4 Matic plus ‘n C220d vir jou vrou en dan kan jy nog R15 000 se brandstof ook vir jou drie motors ingooi. Wat die S53 Cabriolet betref, ding hy mee teen motors soos die BMW M6 Convertible wat 18KW minder bied en 220Nm minder asook 0,4 sekondes stadiger tot by 100km/u is. Of die Maserati GranTurismo Sport waar die Benz byna R500 000 goedkoper is. Die Mazza bied egter meer krag en wringkrag en is vinniger tot by 100km/u met ‘n hoer onbeperkte spoed. Dít gesê, teen R2 968 418 sal ek eerder ‘n AMG E400 Cabriolet 4Matic asook ‘n GLC 250d 4Matic en ‘n X250d Power 4Matic koop en dan nog ‘n oorsee se reis meemaak en R15000 se brandstof in die voertuie kan gooi!

Hierdie is albei droommotors wat bewys dat Mercedes-Benz van die heel beste rygoed ter wêreld bou, maar dit is darem maar vreeslik baie geld vir ‘n motor!

Mercedes Benz GT C Roadster

Prys

3 uit 5

Voorkoms buite

5 uit 5

Binneruimgehalte en afwerking

5 uit 5

Ruimte en praktiese toepassing

3 uit 5

Agter die stuur

5 uit 5

Enjin en ratkas

5 uit 5

Op die pad

5 uit 5

Veiligheid

5 uit 5

Totaal

36 uit 40

 

Mercedes Benz S63 Cabriolet 4Matic

Prys

3 uit 5

Voorkoms buite

5 uit 5

Binneruimgehalte en afwerking

5 uit 5

Ruimte en praktiese toepassing

4 uit 5

Agter die stuur

5 uit 5

Enjin en ratkas

5 uit 5

Op die pad

5 uit 5

Veiligheid

5 uit 5

Totaal

37 uit 40

 

Leon Lemmer: Oor die Australiese politiek

Vroeër vanjaar was Australië plaaslik polities in die nuus toe een van sy ministers die mening uitgespreek het dat daar voorkeur aan Suid-Afrikaanse boere as immigrante gegee behoort te word. Hierdie uitlating is in Afrikanergeledere verwelkom en voorspelbaar deur die ANC-regering verdoem. Uiteindelik was daar ‘n aanduiding dat in die buiteland amptelik kennis van die benarde situasie van Suid-Afrikaanse blankes geneem word. Wat ek my afgevra het, is: Waarom nou eers en waarom ‘n respons van net ‘n enkele land?* Waar is die reaksie van die baie ander lande wat luidrugtig en vol gewetenswroeging teen rassediskriminasie en apartheid te velde getrek het? Waarom nie die huidige (wraaksugtige) rassediskriminasie deur die ANC-regering veroordeel nie?

[* Hongarye bied dalk ook ‘n heenkome aan blanke Suid-Afrikaanse vlugtelinge. Die Visegrad-lande (Hongarye, Pole, Tsjeggië, Slowakye) verset hulle teen die massa-immigrasie uit die Midde-Ooste, Ooste en Afrika wat Europa oorspoel. Die Europese Unie (EU), onder die leiding van Duitsland en Frankryk, verwag dat alle EU-lande volgens kwotas hierdie “vlugtelinge” moet inneem. Die Hongaarse eerste minister, Viktor Orban, het in 2016 gesê: “Hungary would open its door to ‘true refugees’ – those from Western Europe fleeing the breakdown of their societies” (Julian Langness, Identity rising, St Paul: ES Linden, 2017, 337p; Amazon Kindle $1.14, 3003). As Europeërs kwalifiseer blanke Suid-Afrikaners moontlik ook. Maar om Hongaarse burgerskap te bekom, sal dit maar bars gaan om Hongaars, ‘n nie-Euro/Indo-Germaanse taal, baas te raak.]

Soos in Amerika en Brittanje is daar tradisioneel twee groot politieke partye in Australië. In die regering wissel die Arbeidersparty en die Liberale Party (in koalisie met die Nasionale Party) mekaar af. Die Arbeidersparty is links en die Liberale Party en Nasionale Party regs van die sentrum. Soos in Amerika en Brittanje het die tradisioneel duidelike onderskeid tussen die twee hoofpartye gedurende die afgelope dekades vervaag. “The Libs never gave a damn about ordinary people, while Labor have given up their blue-collar roots” (Royce Kurmelovs, Rogue nation: Dispatches from Australia’s populist uprisings and outsider politics, Sydney: Hachette, 2017, 272p; Amazon Kindle $14.02, 1789). “Labor has largely abandoned the bottom 30 per cent to pursue the aspirational middle ever since 1996” (3117). Daar is ook talle kleiner politieke partye* en “onafhanklikes” wat koalisievennote in die sentrale (of federale) regering of in die ses staatsregerings kan wees. Kurmelovs verwys na “the deeper sickness within the major parties” (3048).

[* Daar is bv die United Patriots Front (UPF): “Among the loose constellation of extreme groups which make up Reclaim Australia, the UPF were the most militant. They were fascist in the plainest sense of the word” (2305). Kurmelovs gebruik die term “fascis” glad te graag as hy iemand wil slegsê – kyk hier onder.]

Die kernprobleem wat die kiesers al hoe meer met die politiek het, is die politici. Die politici is dikwels kansvatters wat nie die mas in die openbare sektor kan opkom nie en hulle dan tot die politiek wend, wat buitensporige vergoeding en byvoordele bied, terwyl geen bewys van formele kwalifikasies of prestasie vereis word nie. Nigel Farage het as leier van die United Kingdom Independence Party (UKIP) bekendheid verwerf. Hy sê: “People are not disenchanted with politics. They are disconnected from the politically-correct carer class of politicians. Just look at them. It is like a game. They are all fighting desperately to hold the middle ground. They are made up of focus-groupies, triangulators, dog-whistlers, politicians who daren’t say what they really mean. And we [UKIP] are different from that. We stand up and tell it like it is and whether people agree with it or nor at least they know where we stand … and I’m proud of that” ( Matthew Lynn, Independently minded: The rise of Nigel Farage, Endeavor Press, 2014, 67p; Amazon Kindle $4.59, 73).

UKIP “is an uprising against a professional, managerial class of politicians, and against the alliance of big business and big government that is not only estranged from ordinary people, but increasingly doesn’t seem to care much about them either” (91). “Democracies had been hi-jacked by professional politicians, creating a network of parties, think-tanks, bureaucracies, lobbyists and political correspondents that talked mainly to each other and for whom politics was really just a career rather than a calling” (651). Die Europese Unie, volgens Farage, “has been captured by a bureaucracy, which has put its own survival above any other objective” (508). “UKIP became the protest party, the anti-system party” (690).

“Farage is well aware that campaigning as an anti-politician is a big part of his appeal” (708). YouTube word beskryf as “the single most important factor in the rise of [UKIP]” (381). Farage het 100 000 volgelinge op Twitter (385). Die naam Reclaim Australia is eintlik dieselfde as UKIP se slagspreuk: “We want our country back” (86). “Withdrawing from Europe [is] a way of re-claiming [British] sovereignty and the power to make decisions locally” (809). Al hoe meer Australiërs eis hulle land terug omdat hulle voel dat die blanke inwoners deur nie-wit immigrante uit Asië en Afrika verswelg word.

Die inkrimping van die tradisioneel groot politieke partye in Australië en die opkoms van kleiner partye en die verkiesing van onafhanklikes bring mee dat koalisies gevorm moet word voordat daar ‘n regering kan wees. In hierdie situasie “the country independents became kingmakers” (Kurmelovs 1576). In koalisie maak hulle dit vir die groter partye moontlik om ‘n regering te vorm, wat beteken “power is a cooperative relationship” (1616). “With the trend towards government by coalition and a persistently fractured Senate, populists are powerful. Each represents a regional blend on the same general theme, operates on the same basic principles, and will often work with each other at the expense of the major parties. They are, in a manner of speaking, a decentralised, emergent political party” (3031). As gevolg van die moontlikheid van koalisievorming “voting for a minor party or independent candidate is a lottery, as there’s no way of knowing where your vote will end up. This may be true, but then politics itself has never been a perfectly rational process” (3053).

In opvolging van my rubriek oor Chinese indringing in Australië en elders (Praag 16.06.2018) het ek Kurmelovs se boek gelees. Daarin word na “the Asian Invasion” van Australië verwys (1341). Dit gaan nie net om immigrante nie, maar ook om vlugtelinge, wat nie net om politieke redes gevlug het nie, maar dikwels eerder om ekonomiese redes. Die boek word geadverteer as “essential reading about Australian politics.” Die outeur is ‘n joernalis wat eerstehandse kennis van die Australiese politiek het. Sy invalshoek is die tans reeds geykte verbandlegging tussen drie verskynsels: die verkiesing van Donald Trump as Amerika se president in 2016,* die 2016-referendum-uitslag wat die uittrede van Brittanje uit die Europese Unie tot gevolg gaan hê (Brexit), asook politieke populisme,** wat die vorm van anti-elitisme kan aanneem. Hierdie drie verskynsels word as ‘n verskuiwing na regs vertolk. Die volgende is ‘n onmiskenbare hoewel versluierde anti-Trump-verwysing: “What had happened to us, and the rest of the world, when fear-mongers and conspiracy nuts were suddenly put in charge of nuclear codes and the national budget?” (91).

[* Trump se verkiesing is in Australië onder meer verwelkom as “the ‘beginning of the Western spring’, a reference to the Arab Spring that toppled autocratic regimes across the Middle East” (1465).

** “Populism … is radical democracy and a by-product of neglect or indifference by the status quo. It works by taking different interests and binding them together against a common enemy, a coalition of the underdogs united, despite the traditional antagonisms or apparent contradictions between them, along a clear overarching theme” (3015). “Populism in itself isn’t a bad thing, but it’s what you combine it with that makes it potent. Mixed with the left, it focuses on those with money and power. Blended with the right, it takes aim at immigrants, refugees and enemies of the nation. Keep it in the centre and everyone ends up unsatisfied. Put it in a coalition and its worst impulses are tempered, allowing it to do some good by pushing for reform in those area that sorely need it. Give it majority rule, things can turn ugly” (3020) – bv die ANC se mobilisering van anti-blanke sentiment.]

Kurmelovs se teks het by my van meet af dieselfde indruk as Gabriël Botma se boek, Polemieke (Praag 7.04.2018), gewek – dat Kurmelovs eerder links as regs neig en hy sy politieke oortuigings, soos Botma, grootliks terughou tot kort voor die einde van sy boek. Die leser word op ‘n rit op ‘n jollielorrie (“band wagon”) van aktualiteit geneem, wat veraangenaam word deur goed geformuleerde, vloeiende teks. Die outeur het baie van die inligting tydens veldwerk op die Australiese platteland versamel – nie in die stede waar die politici by voorkeur vertoef nie – wat uiteraard die waarde van die boek verhoog. Kurmelovs verwys na ‘n spesifieke politikus wat hy beskryf as “a walking stereotype, an embodiment of the way city folk see country people” (1506), wat by daardie politikus sekerlik ‘n skeut vooroordele en wanvoorstellings insluit. Die oorgrote meerderheid Australiërs is stadsbewoners.

Die saambindende faktor in die teks is Pauline Hanson (gebore in 1954), “an iconic Australian brand” (202) en die leier van die politieke party One Nation. Sedert 2016 is sy en drie van haar partygenote senatore in die federale parlement in Canberra. One Nation is soos volg gekarakteriseer: “We are a predominantly working-class nationalist party – what some may call a ‘right wing’ workers’ party” (1407) – dus nie aan dieselfde kant as die Arbeidersparty nie. “What makes us a ‘workers’ party’ is that the membership and support base of One Nation is made up of often poorly paid, hardworking Aussies whose basic decency, quiet patriotism, strong moral compass and fierce work ethic define them as the heart and soul of our nation” (1413). Wat hieruit afgelei kan word, is dat One Nation se ondersteuners blankes is. Een van hulle huldig die volgende menings: “I’m not against immigration, we’ve had good people come into this country before. They didn’t live on handouts. I’m here [at a One Nation meeting] to stand for Australian values our forefathers fought for and to see that the Australian lifestyle, culture and laws that we have always known, carry on into the future” (2276).

Kurmelovs skryf: “Once Trump had gone global, all it would take was one heartfelt lie in a post-fact universe [or “post-truth politics” – 468]* for One Nation to sweep through those areas of the country that were so cynical, so withdrawn, they would turn the whole system on its head” (180). “One Nation shared its name with the title of a speech Don Watson had written for Labor prime minister Paul Keating [1991-1996], and she barnstormed the country to spread the word” (240).

[* Trump “was just the biggest, loudest voice engaging in ‘post-fact’ or ‘post-truth’ politics” (1330). Naas die geykte etiket “racist” is “post-fact” en “post-truth” die nuwe terme waarmee konserwatiewes sleggesê word as daar nie van hulle regse politiek gehou word nie. Maar Trump is eerder nasionalisties as regs.]

In die Wikipedia-artikel oor Hanson (waarvan Kurmelovs ruimskoots gebruik maak, veral in hoofstuk 2) word genoem dat sy van rassisme beskuldig word omdat sy gekant teen Asiate en swart Afrikane as immigrate is. Sy het swart Afrikane met die toename in misdaad in Australië verbind. Sy verwerp multikulturalisme en het haar gevolglik die verwyt van xenofobie/vreemdelingehaat op die hals gehaal. Sy het dit veral teen Moslems as immigrante. “We are in danger of being swamped by Muslims who bear a culture and ideology that is incompatible with our own.” Hanson het die owerheidsbevoordeling van die inheemse Australiërs (“Aboriginals” en die “Torres Strait Islanders”)* bo ander Australiërs as die uitdrukking van politieke korrektheid gekarakteriseer en dit as omgekeerde rassediskriminasie veroordeel.

[* In die Amerikaanse idioom noem Kurmelovs hierdie twee groepe “First Nations” (2965). Wie eerste op ‘n plek was, word deesdae polities byderwets beklemtoon, bv die Khoi-San in Suidelike Afrika. Van groter belang, myns insiens, is wat die verskillende etniese groepe tot stand gebring het. Die Torres-seestraat is tussen Australië en Papoea-Nieu-Guinee. Soos die ANC het albei die genoemde Australiese inboorlinggroepe hulle eie vlae, wat in die Wikipedia besigtig kan word. In Suid-Afrika mag ons vorige landsvlag eintlik nie meer vertoon word nie en ons vorige volkslied verkieslik nie gesing word nie. Ek dink Afrikaners behoort (soos Steve Hofmeyr) ongeïntimideerd voort te gaan met die sing van die pragtige “Die Stem”, want daarop kan kwalik verbeter word. Die vorige landsvlag was egter ‘n kompromie waarop verbeter kan/moet word, bv deur die Britse vlag weg te laat. Ek dink die tyd is ryp vir die ontwerp, bekendstelling en daarna die deurlopende en wydverspreide openbare vertoon van ‘n Afrikanervlag. As ‘n Australiese inboorlinggroep ‘n eie vlag kan hê, dan sekerlik ook die Afrikaners. Dit kan (aanvanklik) as ‘n kulturele eerder as ‘n staatkundige vlag gebruik word, bv die VOC-vlag (my broer se voorstel) of die Prinsenvlag (Dan Roodt se voorstel). Afbeeldings van albei verskyn in die Wikipedia.]

Hanson beskou globalisering en ander polities byderwetse standpunte as ‘n bedreiging vir Australiërs se identiteit. In Australië is daar – soos (veral voorheen) in Brittanje en Europa – in politieke geledere wydverspreide onwilligheid om te erken dat bv immigrant-ingevoerde multikulturaliteit probleme veroorsaak. Maar dink aan Enoch Powell (1912-1998) wat in Brittanje ‘n vroeë stem roepende in ‘n woestyn van ontkenning was (Praag 30 April 2016). In die hoofstroom-inligtingsmedia in Australië is daar sterk teenkanting teen Hanson se idees; dermate dat sy en haar partygenote verplig voel om hierdie media te vermy en hulle eerder tot die sosiale media te wend.

“When people start to worry about their future, they start to look for alternatives” (163). Dit is sekerlik die stadium waarin Afrikaners behoort te wees. Aan die begin maak Kurmelovs dit duidelik dat sy boek nie oor die politieke hoofstroom handel nie maar oor alternatiewe (69). “I did not want to write it from the perspective of the major parties … Instead, my book would be told from the perspective of the rogues and the strays who are now sitting in parliament” (91) – vandaar die boektitel. Hy beskou sy boek as “a field report on the health of our democracy,* asking why politics seemed to be unable to see the barbarians coming until they were storming the gate” (79). Dié formulering is (dalk) doelbewus dubbelsinnig. Word met daardie “barbare” die hedendaagse multikulturele stroom immigrante bedoel wat regse politici tot verset motiveer of verwys “barbare” na die al hoe groter aanhang wat regse politieke partye, bv One Nation, by die kiesers geniet?

[* Democracy functions when the losing side of an election continues to see their quality of life get better, despite the result” (2993). In hierdie sin is daar in die nuwe Suid-Afrika nie ‘n funksionerende demokrasie nie.]

Die persepsie bestaan dat immigrante werksgeleenthede van Australiese burgers ontneem. Hanson “was someone who preyed on the hopes and frustrations of working-class and country people” (85). “Hanson drew her support from women, the elderly, those without university qualifications and those in trades – who were all angry at the government” (3004). Kurmelovs wou eerstehands kennis met regse politici en hulle ondersteuners maak. “If I wanted to understand something [! – not someone/somebody] like Pauline Hanson with any real clarity, if I wanted to know what the hell happened out there, I had to be out there with the rest of them” (101).

Die verwagting dat Hillary Clinton in 2016 tot Amerikaanse president verkies sou word, word ‘n “collective delusion” genoem (118). Trump het die frase “drain the swamp” effektief in sy verkiesingsveldtog gebruik (147, 455) om te illustreer hoe van ongewenste dinge ontslae geraak moet word, net soos ‘n moeras sonder water nie muskiete/peste kan huisves nie. Trump het dieselfde woorde as voorgangers soos Ronald Reagan en Pat Buchanan gebruik. Maar selfs in die Wikipedia-artikel is daar geen blyke dat Benito Mussolini dieselfde frase vir politieke doeleindes benut het deur na die Poltine-moeras in Italië te verwys nie. Die volgende uitlating het my aan die ANC-regering herinner wat veral blankes, maar eintlik almal wat nie swart Afrikane is nie, vervreem en nogtans van nasiebou praat: “These days, they’re on about ‘Nation Building’ … But it’s a pie chart, not people. It’s figures in a book, not people” (1838).

Hanson het verwag dat Australië dieselfde koersverandering sou ondergaan as wat deur Trump en Brexit gesimboliseer word (281). Sy bewonder ook Vladimir Poetin se leierskap (2872). Daar is myns insiens heelwat onderliggende distansiëring, selfs vyandigheid, van Kurmelovs in die volgende twee aanhalings oor One Nation: “This [2016] was a turning point. Until then, the party had been a small but fanatical movement of Australian nationalists, each chasing their own unique vision of an Australia that no longer existed.* Then, it was a protectionist party, of the ‘Buy Australian’ variety. Now, it was hard-wiring itself into international networks of climate-change deniers and obscure ideological driven think tanks. In other words, One Nation was now speaking with an American accent” (310). “After all, she [Hanson] had done it first, before Brexit, before Trump, all the way back in ’96. She had championed a bizarre [?] ethno-nationalism before the internet helped similar groups network their way across the planet, and it had made her one of the most recognisable Australians … No, she was no Trump, but they were cut from the same cloth” (337).

[* Kurmelovs verwys hierna as “the poisonous nostalgia that has helped Hanson rise again” (3004). In Suid-Afrika word polities byderwets van Afrikaners verwag om nie nostalgies oor die verlede te wees nie. Sodanige nostalgie sou misplaas wees slegs as die hede beter is as wat die verlede was.]

“One Nation’s rise or fall depended on their ability to ‘professionalise’ in the way Marine Le Pen, daughter of French fascist Jean-Marie Le Pen, had done for her father’s party when she forced him out and took control” (1106). Hanson, anders as Marine le Pen, “will never become prime minister” (3031) omdat Hanson nie van dieselfde stoffasie as Marine le Pen is nie. Hanson se opgang, ondergang en terugkeer in die politiek herinner eerder aan “the dotcom bubble in the late nineties” (1202). ‘n Ondersteuner sê: Hanson “said a lot of things he agreed with, a lot of things he thought other people were too afraid to say” (2699). Maar daar is blykbaar nie genoeg onderliggende substansie en sigbare finesse by Hanson nie. Die toespraak van Hanson wat Kurmelovs in besonderhede aanhaal (2799), klink goed beredeneerd, maar die vraag is of sy dit geskryf het. Dit is kommerwekkend dat daar in One Nation nie ‘n plaasvervanger vir Hanson te bespeur is nie. Haar partygenote word “Pauline Hanson-lite” genoem (1929). Hanson het aanvanklik te vroeg met haar goeie idees op die politieke terrein verskyn. Noudat daardie idees al hoe meer aanvaarding verwerf, lyk dit asof Hanson en One Nation nie oor die vaardighede beskik om werklik ‘n deurbraak te maak nie. Maar juis omdat daardie idees aanvanklik onbekend of ongewild was, is dit onaanvaarbaar om hulle sonder meer as populisties te etiketteer.

In die laaste hoofstuk wys Kurmelovs openlik sy ware politieke kleure. Hy besoek die vis- en skyfieswinkel wat Hanson voor haar loopbaan as politikus in Ipswich bedryf het, asof dit noodwendig ‘n ongunstige assosiasie moet wees. Die outeur verlekker hom oor die feit dat Viënamese nou die besigheid besit, dus Asiatiese immigrante waarteen Hanson gekant is: “I … soak in the glorious irony of a Vietnamese refugee family taking over a chip shop once owned by the woman who raised her voice over fears about ‘being swamped by Asians’ and hordes of boat people” (2941). Kurmelovs noem daardie sake-onderneming sonder meer “the birthplace of Australian fascism” (2941). Dít kom van Kurmelovs wat Marine le Pen se National Front-party (onlangs hernoem as Rassemblement National/National Rally) sommer ook as “fascism rebranded” karakteriseer (3111).

“Hanson worked this joint [the fish and chips shop], hers was an ant’s-eye view of the world, with all the limits and constraints and distortions that entails. Everything seems bigger with that perspective. Everything makes you afraid. The newpaper headlines seem louder, so too does the television” (2959). Die armoede, onsekerheid en onvergenoegdheid wat Kurmelovs op die Australiese platteland teëgekom het, bly egter ‘n werklikheid wat nie ontken kan word nie. In hierdie opsig het Hanson nie verkeerd nie. “Economic problems, after all, are felt as cultural problems. Class may frame an issue, but race contours or deepens it. Social media then transmits the result” (2976).

Hanson word beskryf as “a product of random chance that has rewritten the rule book” (3059). “Without her name, One Nation is nothing” (3105). “No amount of data … could have predicted that one racist letter to a Brisbane newspaper would have triggered a series of events that saw Pauline Hanson pushed onto the national stage, leading to a fundamental restructering of the right in Australian politics with long-term consequences for issues as diverse as Aboriginal land rights, refugee policy and even climate change” (3070). “She is a woman of broad strokes, with an aggressive, short-term, transactional approach to politics and an intuitive feel for exploiting people’s arrogrance, anger and hurt, all in the right place, at the write time” (3082). “The people who vote One Nation … may not believe half of what Hanson says, if they’re being honest, but that is not the point. All that matters is that she connects, on some level, with their frustration, their resentment, their need to be recognised as clued in to what’s ‘really going on’, and that she seems to scare the living hell out of the bastards. The louder the outrage, the sweeter the sound” (3093).

Oor die genoemde “racist letter” skryf Kurmelovs: “Hanson penned a letter to the editor of the Queensland Times on 6 January 1996, complaining that white deaths in custody were being overlooked and Indigenous people were being ‘showered with money'”(213). Sy was toe ‘n lid van die Liberale Party. Van 1994 tot 1995 was sy ‘n stadraadslid vir Ipswich. In 1996, toe haar brief gepubliseer is, was sy ‘n kandidaat in die federale verkiesing. Toe hy van die brief hoor “John Howard, as leader of the Liberal Party, dropped her from the ticket and banished her from the party” (218). Op die stembriewe het “Liberal Party” egter steeds teenoor haar naam gestaan. Sy is verkies en het as ‘n onafhanklike haar plek in die federale parlement in Canberra ingeneem (1996-1998).

Fascisme het ‘n verskeidenheid kenmerke sodat die term op sowel linkse as regse politieke verskynsels toegepas kan word. Madeleine Albright skryf: “‘Fascist’ was the most versatile of insults” en “To use the term ‘Fascist’ is to reveal oneself” (Praag 19.05.2018). Kurmelovs het sy politieke gesindheid geopenbaar deur Hanson met die teerkwas van rassisme en fascisme by te kom. Wat hy eintlik wou tuisbring, is dat hy nie van haar politiek hou nie. Kurmelovs is deel van Australië se stedelike politieke establishment. Sy veldwerk op die platteland het hom nie daartoe beweeg om sy politieke heil buite die hoofstroom te soek nie.

Lauren Southern in Australië: ‘Ek is glad nie skaam om blank te wees’

Lauren Southern, die Kanadese YouTube-ster en aktivis — ook teen plaasmoorde in Suid-Afrika — het so pas in Australië aangekom met ‘n T-hemp aan waarop staan: “It’s OK to be white.”

Die 23-jarige YouTube-aanbiedster onderneem tans saam met Stefan Molyneux ‘n toer van Australië se grootste stede waar hulle lesings en toesprake gaan hou. By elkeen van dié geleenthede sal Lauren se dokumentêre video oor plaasmoorde, Farmlands, vertoon word.

Pas nadat haar vliegtuig geland het, het sy aan Sky News Australië gesê dat sy “hoegeneem geen skaamte voel omdat sy blank is nie”.

Tydens dié onderhoud met Rita Panahi van Sky News, het sy verklaar:

“As ek swart was, kon ek sê dat ek trots is, as ek Asies was, kon ek sê dat ek trots is, as ek van enige ander etniese afkoms was, kon ek sê dat ek trotis is want dit is hoe ons kultuur is, maar as ek blank is en sê dat ek trots is, sal die media berserk raak.”

Vanweë ‘n grap wat Lauren Southern oor die homofobie van Moslems in Brittanje gemaak het, is sy enkele weke gelede tot verbode immigrant in Brittanje verklaar. Daar is ook gepoog om haar koms na Australië te verhoed, en haar eerste visumaansoek is deur die Australiese regering van die hand gewys.

Teen Dinsdag het haar Australiese immigrasieprokureurs egter daarin geslaag om vir haar ‘n tydelikse werksvisum vir vier maande na Australië te bekom, en het sy inderhaas na “doer onder” vertrek.

Sy het egter reeds vyandige kommentaar op haar pro-blanke T-hemp ontvang. In aanlynkommentaar het mense gesê dat sy vanweë die T-hemp-slagspreuk “verdien om verkrag te word”.

Benewens die vertoning van haar dokumentêr oor Suid-Afrikaanse plaasmoorde, gaan mej. Southern gedurende haar Australiese toer spraakvryheid propageer.

Senator Pauline Hanson van die One Nation-party, wat Queensland in die senaat verteenwoordig, het via Twitter ‘n ope uitnodiging vir aandete aan mej. Southern gerig waartydens sy haar menings oor Islam en die situasie in Suid-Afrika wil aanhoor.

Leon Lemmer: Die waarde van ‘n lappie grond

Ons het plaaslik die era van owerheidsdiefstal van blankes se eiendom betree. Dit is deel van die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie. In 1990/94 het die ANC suksesvol onderhandel om die politieke mag te bekom. Dit was die eerste rondte van die revolusie. Sedertdien poog die ANC om sy onvervulde ideale te verwesenlik. Dit is die tweede rondte van die revolusie. Die Vryheidsmanifes van 1955, met sy sterk kommunistiese inslag, dien as rigsnoer. Die ideaal is dat alle grond staatsbesit moet word. Alle gesondheidsdienste moet onder die staat ressorteer. Private inrigtings moet ondergeploeg word. Private skole, universiteite, hospitale, mediese fondse, ens, is voorbeelde van instansies wat in hierdie oorgangstyd geduld word maar so gou moontlik uitgewis sal word – as toegelaat word dat die ANC die politieke mag behou.

Die ANC het alles in die stryd gewerp om die politieke mag te bekom. Myns insiens sal hy alles moontlik doen om daardie mag te behou. Tirannie is meer kenmerkend van die ANC as demokrasie. Ek skryf hierdie keer oor die deurslaggewende belangrikheid van iets wat al hoe minder deur die ANC aan blankes gegun word, naamlik grond. Hierdie rubriek dien as aanvulling van wat ek voorheen oor Joegoeslawië geskryf het (Kosovo, Praag 12.05.2018; Uskokke, Praag 1 Julie 2018).

Na die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1989 het Joegoeslawië binne enkele jare in verskillende lande uiteengeval. Serwië, Kosovo en Masedonië is binnelandse state sonder seeverbinding. Montenegro het ‘n substansiële kuslyn van 294 km aan die Adriatiese See, met dorpe soos Hercegnovi, Budva, Petrovac, Bar en Ulcinj. Kroasië het ‘n baie langer kusgebied bekend as die Istrië-skiereiland en Dalmasië. In die noorde van Istrië het Slowenië ‘n kuslyn van net 47 kilometer met dorpe soos Piran, Izola en Koper, wat hierdie land se enigste handelshawe is. Wat minder bekend is, is dat Bosnië-Herzegovina ‘n seeverbinding van net 20 kilometer met ‘n enkele dorp, Neum, het. Die land het nie ‘n eie handelshawe nie en moet daarvoor veral van Polce in Kroasië gebruik maak. Die voorneme is egter om ‘n handelshawe by Neum aan te lê.

Die Neum-gebied was voorheen deel van die staat Dubrovnik maar is na die Habsburg-Ottoman-Oorlog (1683-1697) ingevolge die Karlowitz-verdrag van 1699 afgestaan. Dit is deur die Habsburgers gedoen ten einde goeie betrekkinge met Herzegovina en dus die Ottomaanse Ryk te bevorder. In werklikheid is hierdie gebied reeds voorheen deur Dubrovnik aan die Ottomaanse Ryk verkoop ten einde beskerming teen die gevaar van oorheersing deur die staat Venesië te bekom. Dubrovnik was die toegangspunt aan die Adriatiese See tot die lonende handelsroete na Konstantinopel (tans Istanboel) in Turkye. Die Habsburgse Ryk het ná 1699 sonder sukses probeer om die Neum-gebied van die Ottomans terug te koop. Die Habsburgers wou die skeiding tussen noordelike en suidelike Dalmasië, wat Dubrovnik insluit, ongedaan maak.

Die fragmentering van Dalmasië het in 2013 ‘n ernstige probleem geword toe Kroasië, ná ‘n proses wat ‘n dekade lank geduur het, uiteindelik tot lid van die Europese Unie (EU) toegelaat is. Een van die redes vir die vertraging was dat Slovenië, wat sedert 2004 ‘n EU-lid is, daarop aangedring het dat sy dispute met Kroasië oor grond- en seegebied, bv in die baai van Piran, eers opgelos moet word. ‘n Voorwaarde vir EU-lidmaatskap is dat ingevolge die Schengen-konvensie (wat sedert 1995 in werking is) daar streng toegangsbeheer aan die buitegrense van die EU moet wees. Die Neum-gebied veroorsaak dat die Kroasiese padnetwerk 20 kilometer lank onderbreek word en daar deur die EU vereis word dat aan albei kante streng paspoort- en visumbeheer uitgeoefen moet word. Bosnia-Herzegovina het nie EU-lidmaatskap nie. Hierdie beheermaatreëls is ‘n groot en duur lastigheid vir enigeen wat van noord na suid, of omgekeerd, in Dalmasië reis.

Aan die Dalmasiese kus is daar talle eilande en skiereilande. Naas die ongeluk van die 1699-ooreenkoms is daar die geluk dat ‘n brug op Kroasiese grond- en seegebied gebou kan word wat die Neum-gebied systap. Dan sal die genoemde twee beheerpunte nie meer nodig wees nie. Geld sal op hierdie manier bespaar en baie rompslomp uitgeskakel word. Maar so ‘n brug sal baie geld kos en Kroasië is nie ‘n groot, ryk land nie. Dit is onwaarskynlik dat Bosnië-Herzegovina, met sy oorwegend Moslem-bevolking, binne afsienbare tyd tot die EU toegelaat sal word. Turkye, met ‘n Moslem-bevolking van meer as 80%, kon na jare se probeerslae nog nie EU-lidmaatskap bekom nie. Dit kan ook betwyfel word of die meerderheid inwoners van Bosnië-Herzegovina EU-lidmaatskap verlang. Gelukkig het die EU ingewillig om 85% van die koste van die brug en ompad via die Peljesac-skiereiland te dra, nadat dit geblyk het dat alternatiewe, soos ‘n pontdiens of ‘n ondersee-tonnel, nie gewens is nie.

Konstruksiewerk aan die Peljesac-brug het in 2007 begin maar is telkems vertraag, enersyds vanweë aanvanklike finansiële probleme en andersyds weens besware wat Bosnië-Herzegovina geopper het. Die vryhoogte tussen die see-oppervlak en die brug is van 35 tot 55 meter verhoog sodat seevaart na Neum nie belemmer sal word nie. Die brug sal 2404 meter (1½ myl) lank wees en breed genoeg (21 meter) om 4 verkeersbane moontlik te maak. Die kontrak vir die oprigting van die brug is aan ‘n Chinese maatskappy toegeken. Werksaamhede sou na verwagting verlede maand hervat het en die projek se kontraktuele voltooiingsdatum is 2022. Vir verdere inligting en ‘n geografiese kaart raadpleeg die artikel “Peljesac Bridge” in die Wikipedia.

In Suid-Afrika noodsaak (potensiële) geweldpleging die gebruik van plaaslike arbeid, wat ondoeltreffendheid en vertragings (bv weens stakings) tot gevolg kan hê. Chinese kontrakteurs verkies en vereis selfs (bv in die geval van groot padkonstruksie-kontrakte in Kenia en Tanzanië) dat (uitsluitlik betroubare, ingevoerde) Chinese arbeid gebruik word. ‘n Moontlike bonus was dat baie honde uit die konstruksie-omgewing verdwyn het. Plakkerskampe in Afrika huisves dikwels ‘n oormaat honde terwyl die Chinese baie lief vir hondevleis is; te meer as dit gratis bekombaar is. Die toekenning van die hoofkontrak vir die Peljesac-brug aan ‘n Chinese maatskappy het nie sonder protes verloop nie. Dit word as ‘n voorbeeld van (potensieel) gevaarlike Chinese indringing in Europa beskou (Vir konteks lees: “Chinese indringing in Australië en elders,” Praag 16.06.2018).

Kroasië begeer aaneengeslote grondgebied terwyl Bosnië-Herzegovina eie toegang tot die see verlang. Vir albei is die Neum-gebied gesogte terrein. Dit toon hoe belangrik en waardevol ‘n lappie grond kan wees; dat grond nie iets is wat (maklik) verkoop of geskenk behoort te word nie. Dit het vir Kroasië onbetaalbaar duur geword om die 1699-vervreemding van die Neum-gebied te omseil. Dit sou selfs in groter mate onherstelbare skade gewees het as die EU onwillig was om ruim tot die koste van die Peljesac-brug by te dra. Ons het hier met 1699-onnoselheid oor ‘n klein stukkie grond te make. Onmeetlik groter is die dwaasheid van 1990/94 toe ‘n hele land, die Afrikaners se vaderland, mandaatloos verkwansel is. Die koste van die (permanente) ruïnering van Suid-Afrika sal nooit betroubaar bereken kan word nie.

Een van die hemelskryendste gevolge van die huidige grondwetlike bedeling is dat die ANC-regering beoog om die eiendomsreg van blankes sonder enige vergoeding op te sê. Om grond teen (redelike) vergoeding te konfiskeer is ‘n uiters drastiese stap. Vir enige owerheid om selfs nog radikaler te wees deur op ‘n grootliks rasgebaseerde grondslag aanspraak op grond sonder vergoeding te maak, is absoluut verregaande. Dit druis direk in teen elementêre ordentlikheid, beskaafde (Westerse) norme, die grondbeginsels van demokrasie, nie-rassigheid en doodgewone menslikheid. Voortaan sal die ANC nie meer met integriteit daarop aanspraak kan maak dat hy bv versoening en nasiebou bevorder nie. Wat grondgryp as amptelike beleid duidelik maak, is dat die ANC toelaat dat sy misdadige kern duidelik aan almal geopenbaar word; ook dat die ANC glad nie die vermoë het om tussen misdaad en wat reg is te onderskei nie. Dit is gevolglik ook ‘n ydele hoop dat daadwerklik teen bv plaasmoorde opgetree sal word. Die ANC se beleid is ‘n misdaad teen die blankedom en die Suid-Afrika van weleer – of Cyril Ramaphosa van my standpunt hou of nie.

Grond is iets wat ‘n mens nie bo-oor jou wil hê nie. Grond is iets wat jy onder jou voete wil hê. Niemand behoort toegelaat te word om grond teen jou wil van jou weg te neem nie.

Ramaphosa se miljardêrmentor deur VSA gedagvaar oor geldwassery

Mnr. Ivan Glasenberg, wat volgens ingeligte bronne die “sakementor” en vennoot van Cyril Ramaphosa is, is so pas gedagvaar om dokumente in die VSA bloot te lê. Die dagvaarding is onder die land se wetgewing op geldwassery en teenkorrupsie uitgereik.

Glasenberg, die HUB van Glencore, verskaf ook ‘n aansienlike deel van Eskom se steenkool en is in Switserland woonagtig. Hy beskik oor die grootste aandeel in Glencore, wat hom een van Suid-Afrika se rykste mense maak, hoewel hy in sy kanton in Switserland baie min belasting betaal.

Ramaphosa, tans leier van die ANC en president van SA, is Glasenberg se swartbemagtigingsvennoot by Glencore, waaronder die maatskappy se mynbedrywighede. Ramaphosa het intussen sy twee maatskappye, Shanduka en Pembani, saamgesmelt.

Die oorsprong van Ramaphosa se aanvanklike rykdom is duister, maar daar word bespiegel dat Glasenberg daarby betrokke was. ‘n Ander Joodse miljardêr, Brian Joffe, het glo tydens Ramaphosa se onlangse stryd om die ANC by Zuma oor te neem, vir verblyf in vyfsterhotelle betaal sodat ANC-afgevaardigdes vir Ramaphosa by die kongres kon stem.

Glasenberg mag ‘n baie groot boete van die Amerikaanse regering op die hals haal omdat hy na bewering, tesame met die Israelse miljardêr, Dan Gertler, by omkopery in die Demokratiese Republiek van die Kongo betrokke was. Britse aanklaers is besig om Gertler, wat ‘n bondgenoot van die Kongolese president, Joseph Kabila is, te ondersoek, volgens inligting wat in Mei vrygestel is.

Glencore se oorspronklike stigter, Mark Rich, was lank voortvlugtig uit die VSA vanweë belastingkwessies en omdat hy met Iran in olie handel gedryf het terwyl daar Amerikaanse sanksies teen dié land bestaan het. Rich het uiteindelik amnestie van Bill Clinton op die laaste dag van sy presidentskap in 2001 ontvang.

Leon Lemmer: Die Uskokke en die Afrikaners

Christo van Rensburg het oornag die gewildste Afrikaanstaalkundige geword omdat hy beweer dat Afrikaans reeds in die 16de eeu, dus lank voor Jan van Riebeeck se tyd, bestaan het. Van Rensburg word wyd en syd uitgenooi om hierdie taalkundige stommiteit by byeenkomste soos dié van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die ATKV te verkondig. Die bedoeling is nie om Standaardafrikaans en taalsuiwerheid te bevorder nie, maar eerder om ‘n soort “inklusiewe Afrikaans”, bv Kaaps, wat oormatig met Engelse woorde besoedel is, te ondersteun. Daarom verkondig die ATKV elke Sondagoggend op RSG: “Dit maak nie saak hoe jou Afrikaans klink nie.” Van Rensburg se innoverende dwaasheid oor Afrikaans is hoogs spekulatief (eintlik wensdenkery) en is nie wetenskaplik-taalkundig in bronne gegrondves nie, maar word deur ‘n sug na politieke byderwetsheid gemotiveer.

Voor 1600 het min skepe om die Kaap gevaar en nog minder het in Tafelbaai anker gegooi. Enkele lede van hierdie bemannings het beperkte kontak met ‘n klein aantal inheemse inwoners gehad. Daar was onder meer ruilhandel, maar dit is waarskynlik by uitstek moontlik gemaak deur eerder die voorwerpe te wys en te beduie wat die een party met die ander party wil ruil as wat die Khoi-Khoin in skeppingsvermoë uitgemunt het deur ‘n nuwe taal, Afrikaans, te skep. ‘n Mens kan jouself afvra: Waarom het die Khoi-Khoin se beweerde skeppingsvermoë in (alle) ander opsigte ontbreek? Die bemannings van die skepe was ook nie almal Hollanders nie, selfs nie in die geval van die Hollandse skepe nie. Verder was daar bv Portugese en Spaanse skepe. Ook Engelse skepe met Engelse bemannings, maar ek noem dit met huiwering omdat dit aanleiding kan gee tot ‘n nuwe dogma, naamlik dat die brouseltaal Kaaps lank voor 1652 bestaan het.

Ek beskou Jan van Riebeeck se geselskap en ander Europeërs, wat hulle aan die Kaap gevestig het voor die Britse oorname in 1806, as Oer-Afrikaners. Wat Van Rensburg en diesulkes doen, is om Afrikaners se aandeel in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans af te skaal en dit tydens hierdie byeenkomste selfs te verswyg, insluitende die onbetwisbare Nederlandse wortels van Afrikaans. Daarenteen word die aandeel van die Khoi-San buitensporig verheerlik. Van ‘n taalkundige muis word ‘n polities korrekte olifant gemaak. Jan van Riebeeck (1619-1677) was van 1652 tot 1662 die VOC-kommandeur aan die Kaap. Hy is dus heeltemal ‘n 17de eeuse verskynsel terwyl Van Rensburg van die ontstaan en bestaan van Afrikaans ‘n 16de eeuse verskynsel probeer maak terwyl daar toe seker(lik) nie eens (beduidende) proto-Afrikaans bestaan het nie. In hierdie rubriek skryf ek vervolgens oor die 16de eeu. Hierdie inleiding is nodig geag nie net om ‘n aantal pro-Afrikaanshoue te plant nie maar ook om wat volg in sy historiese konteks te plaas.

Rebecca West

In my rubriek oor Kosovo en Serwië (Praag 12.05.2018) verwys ek na Rebecca West (1892-1983) se beroemde reisboek, Black lamb and grey falcon: A journey through Yugoslavia (New York: Open Road, 1940/2010, 1326p; Amazon Kindle $17,24). In die hoofstuk oor Dalmasië is daar ‘n afdeling oor die dorp Senj aan die Adriatiese See. Daarin word die geskiedenis van die Uskokke* vertel; ‘n klein groepie mense van enkele duisende wat in die 16de eeu floreer het maar in die 17de eeu as diaspora grootliks van die aardbol verdwyn het. Wat my aangegryp het, is die talle ooreenkomste met die Afrikaners, maar daar is ook beduidende verskille. [* Die benaming “Uskok” is afgelei van ‘n woord in die Kroatiese taal wat letterlik om in te spring of in ‘n hinderlaag voor te lê (“ambush”), beteken. Ek het aanvanklik probeer om die spelling van hierdie Engelse benaming te verafrikaans, maar dit het tot te veel probleme aanleiding gegee.]

West beskryf Uskok-bedrywighede in die Adriatiese See, wat tussen Italië en Joegoeslawië is. In die 16de eeu was die staat Venesië in beheer van die talle eilande (Cres, Krk, Rab, Pag, ens) en die suidelike Dalmasiese kusgebied (Novigrad, Zadar, Sibenik, Split, ens); ook die Istrië-skiereiland, bv Pula, in die noorde. Die Habsburgse (of Oostenryk-Hongaarse) Ryk het in Triëst en in Rijeka/Fiume en ander noordelike kusdorpe van Dalmasië (Bakar, Vinodol, Senj, Karlobag, ens), asook in die binneland van Kroasië, gesag uitgeoefen. Die Ottoman-Turke/Moslems het die binneland van Joegoeslawië in die suide en ooste beset. Dubrovnik/Ragusa in die suide van Dalmasië was nominaal ‘n onafhanklike gebied maar onder die beskerming van die Ottomaanse Ryk, dus ‘n protektoraat, wat vryelik handel met Venesië gedryf het.

Dalmasië is om twee redes ‘n smal kusstrook: geografies omdat dit deur die Dinarides-bergreeks van die binneland geskei word en polities/kultureel omdat die inwoners in die binneland Ortodokse christene of Moslems is, terwyl Dalmasië Rooms-Katoliek is. In 395, toe die Romeinse Ryk in twee verdeel is, met Rome as die hoofstad van die westelike en Bisantium as die hoofstad van die oostelike deel (tot 1453, daarna Konstantinopel genoem), is Dalmasië by die weste en die res van Joegoeslawië (soos dit later genoem is) grootliks by die ooste ingedeel. Die geskiedenis van hierdie gebied dateer uit die antieke Griekse en Romeinse tyd. Van die suidelike kusdorpe en -stede (of items in hulle) is Unesco-verklaarde wêrelderfenisgebiede (bv Zadar, Sibenik, Trogir, Split, Dubrovnik). Daar word gewag gemaak van die invalle van barbare, bv die Hunne, soos wat voorgekom het in die geskiedenis van (feitlik) enige land. Wat ek eienaardig vind, is dat Suid-Afrika deesdae voorgehou word as ‘n land wat sedert oertye en sekerlik toe Jan van Riebeeck hier aangekom het, voortreflike inheemse mense gehad het wat idillies in rus, vrede en voorspoed as gelykes saamgeleef het.

Anders as in die geval van ander lande het barbare glo nie Suid-Afrikaanse grondgebied van elders af oor land binnegedring nie. Histories was die land glo vry van barbare en sy geluk duur voort deurdat hier deesdae geen mense is wat as onbeskaafdes geëtiketteer mag word nie. Suid-Afrika se probleme het na bewering in die 17de eeu begin toe blankes van oorsee hulle hier gevestig het. In ander lande het die aankoms van blankes (bv vanweë kolonialisme) ontwikkeling en voorspoed gebring. Dit het glo nie in Suid-Afrika gebeur nie. Hierdie land is blykbaar gedoem om anderster, ‘n unieke of abnormale samelewing, te wees. Deesdae word daar onderskei tussen die heiliges (die nie-rassiste) en die onheiliges (die rassiste), dus die room (die Khoi-San en die indringende swartes) en die skuim (die Europeërs). Die nuwe Suid-Afrika het baie Afrikane wat swart Afrika ter wille is, maar min Suid-Afrikaners wat die land se eertydse glorie kan herstel. Gelukkig is daar darem nog Afrikaners oor.

West skryf die christelike Uskokke “were originally Slavs of blameless character who fled before the Turks as they swept over Bulgaria and Serbia and Bosnia, and formed a strange domestic army, consisting of men, women and children” (2199). Dit het my laat dink aan die Voortrekkergesinne wat in 1838 by Bloedrivier suksesvol weerstand teen uitwissing gebied het. Baie Ortodokse christene het tot in Dalmasië gevlug. Die Turke het christene as “ongelowiges” om die lewe gebring, of hulle onder dwang tot Islam bekeer, of hulle swaarder as Moslems belas. Desmond Tutu het in Londen ‘n magistergraad met ‘n verhandeling oor Islam verwerf, hoewel sy kennis van Arabies uiters beperk is. Terug in Suid-Afrika het hy op sy kenmerkende onoorspronklike manier uiting aan sy anti-blanke gesindheid gegee deur voor te stel dat blankes teen ‘n hoër koers as nie-wittes belas moet word. In die Adriatiese See-gebied in die 16de eeu was die onderskeid tussen christen (hetsy Rooms-Katoliek of Ortodoks) en Moslem van deurslaggewende belang.

Die Uskokke het van 1532 tot 1537 ‘n bergpas by Klis, naby Split, suksesvol teen die Turke verdedig. “Then suddenly they were told by their Christian neighbours to abandon the position. Venice, which had just signed a pact with Turkey … convinced Austria that it would be wise to let Turkey have the pass as a measure of appeasement” (2204). Deesdae is ons plaaslik goed vertroud met die talle vorme wat versoening kan aanneem; selfs owerheidskonfiskering sonder vergoeding van blankes se eiendom word goedgepraat. “Then the Uskoks came down to the coast and settled in this little town of Senj, and performed a remarkable feat. Up till then they had displayed courage and resolution of an unsual order. But they now showed signs of genius” (2204). Dink aan wat onder die leiding van Afrikaners in die suide van Afrika, ver van Europa af, tot stand gebring is.

“Most of them were inland men … But in a short time they had raised themselves to the position of a naval power … The Uskoks has unusual talent for boat-building. They devised special craft to suit the special needs of the Dalmatian coast … light boats that could navigate the creeks and be drawn up on the beach where there was no habour” – soos die Voortrekkers wat as kundige wamakers ontpop het. “They chased the Turkish ships up and down the Adriatic, stripped them, and sank them; and year by year they grew cleverer at the game. This success was amazing, considering they numbered at most two thousand souls. If the Venetian fleet had been directed by men of the quality of the Uskoks the Turks might have been driven out of European waters, which would have meant out of Europe, in the middle of the sixteenth century” (2214). Dit kan vergelyk word met hoe die Afrikaners hulle van 6 April 1652 tot 2 Februarie1990 teen ‘n vyandige oormag gehandhaaf het. West tref ‘n kwalitatiewe onderskeid tussen twee groepe mense, die Venesiërs en Uskokke – die soort onderskeid wat deesdae dikwels as ‘n dwaling gediskrediteer word. In die 16de eeu was daar egter in hierdie geografies gebied ‘n sterk bewustheid van kulturele, veral religieuse, verskille.

Venesië se mag was besig om te taan. “She tried to placate Turkey … She stopped attacking her at sea. To the Uskoks this capitulation of the great Christian powers must have seemed the last word of treachery” (2219) – soortgelyk aan die onttrekking van die Europese koloniale moondhede aan Afrika. “They had, within the memory of all those among them who were middle-aged or over, been driven from their homes by the Truks in atrocious circumstances; and they had believed that in harrying the Turks they were not only avenging their wrongs but were serving God and his Son (2219). Dink aan die gelofte wat die Voortrekkers voor die Slag van Bloedrivier afgelê het.

Van 1571 tot 1573 was daar oorlog tussen Venesië en die Ottomaanse Ryk. Daarna word die Uskokke behandel “as enemies of Christendom, for no other crime than attacking its enemies … How were they to live? Till then they had provided for themselves, quite legitimately, since the Turks had dispossessed them of all their homes, by booty from Turkish ships … There was nothing for the Uskoks to do except defy Venice and Austria, and attack their ships and the Turks’ alike” (2225) – soos die Boere-republieke wat teen die inhalige Britte se diamant- en goudkoors oorlog gevoer het. “For nearly thirty years they lived in such a state of legitimate and disciplined warfare that they attacked only Turkish ships. It is not until 1566 that there is the first record of an Uskok attack on a Christian ship” (2230).

“The Austrians did little to restrain the Uskoks after they had become pirates … it is certain that Venetian officials often bought the Uskoks’ prizes from them and marketed them at a profit in Venice” (2235). “Murder had been a necessary part of such [pirate] expeditions” (2240). Ander lande, bv Brittanje, het gebaat uit handel met blank Suid-Afrika maar voorgegee dat hulle vreeslik begaan oor die welstand van die nie-blankes is. “Both Venice and Austria used the degradation of these men as extra aces in their cheating game. The Austrians pretended to want to suppress them, but rather liked to have them harrying Venice. Venice sacrificed them to her friendship with Turkey, but that friendship was a sham; she never really wept over those Turkish ships … The insincerity of both parties was proven by their refusal to grant the Uskoks’ demand, which was constantly presented during a period of fifty years, that they should be transported to some inland place and given a chance to maintain themselves” (2246). Baie skynheilige Engelse kiesers het destyds vir die Nasionale Party gestem maar voorgegee dat hulle teen apartheid was. Soos die Uskokke begeer baie Afrikaners deesdae selfbeskikking in ‘n eie tuisland.

“Again and again the poor wretches explained that they had no means of living except by piracy, and that they would abandon it at once if they were shown any other way of getting food … At the same time the Uskoks were not allowed to go to any country which was prepared to make room for them … They were shut up in piracy as in jail by powers that affected to feel horror at their crimes” (2251) – soortgelyk aan die afkeer van apartheid wat so graag uitgespreek word sonder om in ag te neem dat dit primêr om die selfbehoud van blankes gegaan het en nie om die benadeling van ander mense nie. Geen buitelandse regering doen werklik moeite om Afrikaners uit hulle huidige benarde posisie te red deur aan hulle ‘n toevlugsoord te bied nie. Dit wil voorkom asof die gewete en moraliteit van Westerse en ander lande op amptelike vlak buitengewoon sensitief is as nie-wittes en veral swartes na bewering benadeel word, maar dat daardie gevoeligheid ontbreek wanneer onreg, soos tans in Suid-Afrika, teen blankes gepleeg word.

Maar ook in Suid-Afrika word daar met twee mate gemeet. Weens religieuse onderdraagsaamheid het die Talibanse Moslems in 2001 twee reuse Boeddha-beelde van onderskeidelik 35 en 53 meter hoog, wat uit die 4de en 5de eeu dateer, in die Bamiyan-provinsie in Afganistan met plofstof vernietig. Hierdie vandalisme is wêreldwyd veroordeel. In Suid-Afrika word die een monument na die ander weens politieke onverdraagheid vernietig, na elders verskuif of buite sig geplaas. Hierdie aksies word deurgaans deur swartes bedryf en is uitsluitlik teen die belange van blankes en veral Afrikaners gemik. Dit is pogings om die historiese nalatenskap en herinneringe van hierdie etniese minderheidsgroepe uit te wis en hulle kultuureie te vernietig. Dít terwyl minderheidsgroepe in ander lande polities korrek beter eerder as slegter deur die meerderheid behandel word. Sover ek weet is wat met monumente in Suid-Afrika gebeur nog nooit met die genoemde Taliban-vadalisme in verband gebring nie, nie in die buiteland nie en ook nie binnelands nie, terwyl albei die gevolg van ideologiese onverdraagsaamheid is. Omdat daar van die blankes se kant nie (genoeg) daadwerklike regmatige verset is nie, word toegelaat dat die aktivistiese plaaslike swartes hiermee wegkom. Dit dien as aanmoediging om al hoe groter kanse te waag, al hoe meer astrant en uitdagend te word en die blankes dus al hoe meer te benadeel en veronreg.

“In the end their problem was settled in the course of an odd war between Austria and Venice … This war [also called the Uskok War]… lasted three years [1615-1618] … A good many [Uskoks] were hanged and beheaded and the rest were transported, as they themselves had requested for fifty years, to the interior” (2261). In Suid-Afrika bring die Afrikaners deesdae offers in die vorm van bv uitermatige blootstelling aan misdaad, insluitende moorde, die erns waarvan deurlopend deur die onsimpatieke owerheid misken en selfs ontken word. Vir die selfbeskikking van blankes of Afrikaners in ‘n eie tuisland is daar geen simpatie by die ANC nie.

“There were no stout fortresses built for them, or hopeful villages, for no certain trace of them can be found. Some say their descendants are to be found on the Alps at the very southern end of Austria; others have thought to recognise them on the slopes of a mountain in North Italy. It is to be feared that their seed was scattered on stoney ground. That is sad, for the seed was precious” (2266). West verwys hier na die gelykenis van die saaier (Matteus 13: 3-8; Lukas 8:5-8). Daarvolgens is daar voëls/misdadigers wat die saad/oes steel en onkruid wat dit verdring. Die gelykenis veronderstel dat grond nodig is om ‘n oes moontlik te maak. Maar dit is juis grond wat al hoe minder aan Afrikaners gegun word, of dalk glad nie meer nie.

Aan die ontwortelde Uskokke is nie huise toegeken nie. In die nuwe Suid-Afrika verwag nie-wittes dat hulle sonder teenprestasie gratis huisvesting en dienste moet ontvang. As daar nie gou genoeg aan hulle eise voldoen word nie, word gewelddadige optogte gehou en sabotasie gepleeg, wat meesal eerder gunstige as ongunstige gevolge vir hulle het. Onrusstokers het aan hulleself die reg toegeëien om enige pad, insluitende hoofweë, te blokkeer, dikwels sonder dat vooraf vertoë gerig is. Dan moet daar vasgestel word waaroor hulle gegrief is en beloftes aan hulle gemaak word. Intussen moet die motoriste teen eie ekstra koste en tyd “alternatiewe roetes” gebruik. Dit is onwaarskynlik dat so ‘n abnormale en ekonomies ontwrigtende situasie op so ‘n groot skaal al ooit in ‘n ander land voorgekom het en boonop skynbaar onbepaald deur die owerheid geduld word.

Ná 1902 en veral sedert 1994 is baie Afrikaners oor die aardbol versprei. In Argentinië, Angola, Kenia, Zimbabwe, ens, het bitter min van hulle oorgebly. Hoeveel tekens sal daar teen die einde van hierdie eeu oor wees van Afrikaners in Brittanje, Australië, Nieu-Seeland, ens? En in Suid-Afrika? Selfs hier sal hulle plek hulle nie meer ken nie, tensy daar gou erns met Afrikaner-rehabilitasie gemaak word. Daar sal daadwerklike verset teen vertrapping en veronregting moet kom en selfbeskikking sal kompromisloos nagestreef moet word. As Indiërs of Jode deur swartes van rassisme beskuldig word, volg daar dadelik fel reaksies van individuele Indiërs of Jode en hulle instansies. Wanneer Afrikaners vals beskuldig word, is daar meesal dawerende stilte. Sodanige apatie moedig verdere valse beskuldigings en veronregting aan.

Catherine Wendy Bracewell

Catherine Wendy Bracewell het in 1985 ‘n doktorale proefskrif oor die Uskokke aan Stanford University voltooi. Sy het dit opgevolg met die volgende boek: The uskoks of Senj: Piracy, banditry, and holy war in the sixteenth-century Adriatic (Ithaca: Cornell University Press, 1992, 352p; Amazon Kindle 2015, $16.10). Bracewell is ‘n dosent aan die School of Slavonic and East European Studies van University College London. Die uitgebreide agtergrondsinligting wat West in haar reisboek verstrek is verbasend omdat sy dit in die voor-internet-era vermag het. Bracewell kon met haar wetenskaplike studie noodwendig op West se poging verbeter maar die kerngegewens het dieselfde gebly. Bracewell oordryf haar taak met herhalings en die verskaffing van besonderhede oor onbenullighede, maar sy het klaarblyklik deeglike argivale navorsing in verskeie lande en tale gedoen. ‘n Moontlike tekortkoming is dat sy min aandag skenk aan die verskille tussen Ortodokse christene (veral Serwiërs wat uit die binneland na Dalmasië gevlug het) en die tradisionele Rooms-Katolieke inwoners (veral Kroate) aldaar. Sy beweer die integrasieproses het moeiteloos verloop, waarmee sy ‘n (potensieel) groot probleem dalk te maklik afmaak.

Bracewell gaan van die volgende standpunt uit: “The term uskok denotes not a nation but a profession” (Kindle 103). Soos in die geval van “cossack” skryf Bracewell “uskok” gevolglik met ‘n kleinletter. “Kosak: lid van ‘n Oos-Slaviese volk van veral die Oekraïne wat as ruiters beroemdheid verwerf het” (HAT 2015). Die benaming “Kosak” word met ruiters geassosieer en “Uskok” veral met seerowers. Die benaming “Boer” word histories veral met landbou/boerdery verbind. Bracewell onderskei tussen die etniese en sosiale betekenis van “Kosak” en “Uskok” en gee voorkeur aan die sosiale betekenis. Volgens haar is die “uskoks” dus “sea and land raiders who served as irregulars in die Habsburg border garrison in Senj for almost a century” (149). “The uskoks were never solely, nor even primarily, sea raiders. Their piracy was largely a matter of ransacking vessels they found in port, often while on an expedition to raid inland” (2532).

Dit is inderdaad so dat sowel die Kosakke as die Uskokke meerdere etniese groepe omvat het. Maar om die Uskokke en die Afrikaners in hierdie rubriek sinvol te vergelyk, is dit nodig om groepverwantskap by albei te beklemtoon, wat terseldertyd (in groot mate) etnisiteit/kultuur insluit. “The uskoks did form a self-conscious unit with a distinctive uskok identity” (4248), al was hulle nie ‘n nasie nie. Sowel die Uskokke as die Afrikaners word deur hulle dade gekenmerk en kan daarvolgens geprys of veroordeel word. In navolging van die HAT (bv Kosak, Boer), asook die meeste outeurs, skryf ek Uskok gevolglik met ‘n hoofletter.

Etniese groepe is geneig om aan die rante uit te rafel, soos die destydse amptelike klassifikasie van blankes en bruin mense, wat jaarliks aanleiding tot gevalle van herklassifikasie gegee het. Wat Afrikaners betref, het die Afrikanerdom sedert 1994 drasties verklein maar sy etniese kern is gesuiwer deur bv baie kruipsugtiges en hanskakies af te skud. Die HAT beskryf “Boer” as: “(wit) persoon (met ‘n sterk gevoel van nasietrots) wie se moeder- of huistaal (gewoonlik) Afrikaans is; Afrikaner.” Let op hoe essensiële Afrikaner-kenmerke deur die gebruik van hakies opsioneel verklaar word.

Daarna word die volgende “sensitiewe kwessie” (p xv) aangeroer: “Hoewel ‘n bepaalde, konserwatiewe groep (wit) Afrikaanssprekendes, lede van die taalgemeenskap wat na ‘n eie heimat soos die historiese Boererepublieke hunker, na hulle self as ‘Boere’ verwys en hierdie benaming verkies, teken ander (wit) Afrikaanssprekendes eksepsie aan as hulle so genoem word en kan hulle dit as kwetsend/neerhalend/rassisties aanvoel/beskou.” Deur eie toedoen is sulke nie-Boere myns insiens dan ook nie-Afrikaners. “Afrikaner” word beskryf as: “(veral wit) persoon (met ‘n sterk gevoel van nasietrots) wie se moeder- of huistaal Afrikaans is.”

Bracewell het heeltemal reg wanneer sy skryf: “The term ‘Turk’ has acquired an ethnic meaning, entirely inappropriate to this area [Yugoslavia], where so-called Turks were often recently converted Slavs. In the sixteenth century ‘Turk’ was used much more broadly, to refer to the Ottoman state, to Muslims, or even to Christian subjects of the Ottoman Empire” (103). Soos in die geval van “Turk” dui die term “Arabier” nie altyd op ‘n enkele etnisiteit nie. Byvoorbeeld, in Noord-Afrika, veral in Algerië en Marokko, word die Berber-Moslems dikwels sonder meer, maar etnies verkeerdelik, Arabiere genoem. Die Berbers se taal, (T)Amazigh, verskil drasties van Arabies. Verder word soms beweer dat die Berbers voorheen blank was.

“The Habsburg archdukes and the Emperor, with papal support, hailed the uskoks for their role as a bulwark of Christendom, crediting them with preserving Europe from the onslaught of the Turk” (154). Maar wanneer Venesië die Uskokke beveg het, bv om guns by die Turke te soek of omdat die Uskokke Venesiese skepe van Turkse goedere beroof het, was die Pous geneig om kant teen die Uskokke te kies. Maar dit het nie sonder ‘n mate van skynheiligheid geskied nie. Die Rooms-Katolieke Kerk het ‘n tiende van die Uskokke se buit ontvang (4334). Die Habsburgers, wat lisensies vir seerowery aan die Uskokke uitgereik het, het hulle in die steek gelaat wanneer hulle beter betrekkinge met Venesië begeer het en Venesië optrede teen die Uskokke se seerowery geëis het. Daar was “economic, political, and religious competition between the three empires that met in die Adriatic” (256).

Die Uskokke was ‘n klein groepie mense en ‘n speelbal wat fyngemaal is deur vier groter magte, wat elkeen voorkeur aan sy eie belange gegee het: Venesië, die Habsburgers, die Ottomaanse Ryk en die Pous as die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. Dit herinner aan die blanke bewind in Suid-Afrika waar die blankes in wêreldperspektief ‘n ignoreerbaar klein groepie mense is en wat deur Westerse regerings soos Amerika en Brittanje op elke moontlike manier ondergrawe is om die swart meerderheid in Suid-Afrika en in die res van Afrika ter wille te wees. Die argument dat die plaaslike blankes gesorg het dat Westerse beskawing, die christelike geloof, doeltreffende regering en ekonomiese voorspoed hier bewaar en bevorder word, het hierdie sterk Westerse en verswelgend groot Afrika-magte nie van hulle vernietigingsdrang laat afsien nie.

Die Uskokke was binne die Habsburgse Ryk en terselfdetyd op die grense van die Venesiese en Ottoman-gebiede in Senj gevestig. Hulle was nie formeel deel van die Habsburgse leër nie maar daar is van hulle verwag om met die verdediging te help. “The uskoks, most of whom received no pay, were largely dependent on plunder for their livelihood and the fact that they so suppported themselves without further draining the empty coffers of the Frontier authorities, and indeed paid a portion of their booty to their military commanders and to the Habsburgs themselves, made them particularly attractive as border troops” (186). Dat blank Suid-Afrika een van die min lande (indien nie die enigste nie) in Afrika was wat nie deel van die bedelorde was wat van buitelandse hulp afhanklik was nie, het hom nogtans geen gunsteling in Westerse geledere gemaak nie.

Die Uskokke se plundertogte kan aan die nie-betaalkultuur van die Habsburgse Ryk toegeskryf en in daardie sin geregverdig word. Die beleid van rasse-segregasie, wat plaaslik deur die Britte begin is en in 1948 apartheid geword het, is ingestel om die selfbehoud van die blankes en die ontwikkeling en voorspoed van die land te verseker. Maar hierdie kernoorwegings is nie deur buitelandse moondhede of deur magshonger, destruktiewe binnelandse en ander Afrika-elemente aanvaar ter regverdiging of aanvaarding van die beleid nie. Soos bv slawerny en kolonialisme is apartheid sonder meer as irrasioneel, immoreel en onregverdigbaar verdoem, dus asof net slegte en onnosel mense so iets kon uitdink en toepas.

Bracewell se gesonde benadering tot die Uskokke is: “Asking not only what they did, but [also] why they did it; asking not just what were their relations with their allies, their victims, and each other, but also how they perceived and justified these relations” (404). Die Uskokke was rowers, stropers of plunderaars omdat hulle nie grond gehad het om op te boer nie en hulle as grenswagte glad nie of selde deur die Habsburgse owerheid betaal is of in elk geval te min betaal is om van te lewe. Daarom het hulle as vlugtelinge uit die Ottomaanse Ryk hulle in weerwraak gewend tot die plundering van Moslem/Turkse eiendom. Daarmee het hulle gehoop om terselfdertyd die belange van hulle christelike godsdiens te bevorder. Insgelyks, in plaas van apartheid, wat skaars vier dekades lank in ‘n enkele land met ‘n relatief klein bevolking toegepas is, hoogs oordrewe as ‘n misdaad teen die mensdom te etiketteer, behoort daar eerder billikheidshalwe nie net besin te word oor wat en hoe apartheid was nie, maar ook waarom dit toegepas is, naamlik om die blankes se selfbehoud, te midde van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar, te verseker.

Die Uskokke het aanvanklik slegs op land rooftogte uitgevoer. “During raids lasting weeks or months, the uskoks lived off the land or what they could capture, ambushing merchant caravans or Ottoman border troops, plundering cattle and taking prisoners for ransom” (193). Enersyds herinner dit aan die kundige manier waarop die blanke bewind binnelands en in die buurlande terroriste uitgeroei het. Andersyds laat dit ‘n mens dink aan die diefstal van blanke boere se vee, wat op groot skaal tot op hede plaasvind, sonder dat die regering aanvaarbare vordering met die bekamping van hierdie en ander misdade maak. Die probleem is nie net die kenmerkende ondoeltreffendheid van die huidige owerheid nie. Daar is moontlik ook ‘n element van simpatie met die misdadigers, gegewe die misdadige verlede (bv vandalisme, sabotasie en terrorisme) en hede (bv politieke moorde en korrupsie) van die ANC. In die ANC se DNS is daar ‘n misdadige kern, wat ‘n klad op die naam van Suid-Afrika is.

Nadat die Uskokke seevaardig geword het, het hulle hulle ook op seerowery toegelê en veral hiervoor bekend en berug geword. Aanvanklik is Turkse skepe wat Turkse goedere aan boord gehad het, geplunder. Mettertyd “these goods were increasingly carried on Christian vessels and formed an important part of the Adriatic trade. They were often carried on Venetian ships … Claiming the right and the duty to plunder the goods of the infidel, uskok bands in their small light barks ambushed shipping in Dalmatia’s ports and coastal waters and ransacked cargoes for merchandise belonging to Turks and Jews … fear of them [the Uskoks] was a factor that led Venice to send its great galleys to guard the merchantmen that sailed north from Split” (198). Die Habsburg-hawens is deur Venesië geblokkeer om optrede teen die Uskokke af te dwing en hulle bedrywighede aan bande te lê.

“The Venetians and Turks labeled the uskoks pirates and brigands. To the Habsburgs they were part of the Military Frontier, referred to as soldiers and servicemen” (268). “There was a clear distinction in the sixteenth century between pirates and corsairs, and between irregular soldiers and brigands” (273). Dit is maklik om tussen ‘n “pirate” (seerower) en ‘n “brigand” (struikrower) te onderskei, want eersgenoemde steel op see en laasgenoemde op land. Die onderskeid wat Bracewell egter wil tref, is tussen wettige en onwettige roof. Wettige roof is volgens haar wanneer sulke dade deur die owerheid goedgekeur is – soos die terrorisme van die ANC, wat met die seën van die Verenigde Nasies bedryf is, en nou, as “demokratiese” regering, die beoogde konfiskering sonder vergoeding van blankes se eiendom. “Both the corsair and the border soldier were rewarded with their own plunder. Thus it was not personal profit that distinguished between the pirate and the corsair – both were motivated by the hope of booty – but the legitimacy conferred by a recognized authority” (278). Byvoorbeeld: “In the Ukraine and the Crimea … cossack bands raided … on behalf of the Christian princes of Poland-Lithuania or Muscovy” (356).

Daar kan aangevoer word dat die ANC nie ‘n wettige owerheid is nie omdat die blanke kiesers nooit tot die huidige grondwetlike bedeling ingestem het nie. Die meerderheid blanke kiesers het bloot goedkeuring verleen dat onderhandelinge gevoer mag word, maar onderhewig aan die uitdruklike FW de Klerk-belofte dat die grondwet waarop ooreengekom is aan hulle vir goed- of afkeuring voorgelê sou word. Dit is nooit gedoen nie. Dit is verraad in sy suiwerste vorm. As die ANC ingevolge hierdie redenasie nie ‘n wettige regering is nie, is die beoogde onteiening van blankes se eiendom, as dit – soos beoog word – sonder vergoeding geskied, owerheidsdiefstal. Die vraag is verder of daar werklik so iets soos wettige misdaad, bv roof of terrorisme, kan wees. Veralgemenend kan seker gesê word dat alles wat in Suid-Afrikaanse blankes se besit is, of dit nou grond of plase of huise of wat ook al is, gekoop is en van niemand gesteel is nie. Daar bestaan in hierdie konteks dus nie so iets soos regverdigbare terugsteel deur wie ook al nie.

Die Britse marxistiese historikus, Eric Hobsbawm (1917-2012), het ‘n soort misdadiger geïdentifiseer waarmee ons reeds goed bekend is: “An outlaw regarded as a criminal by the state but as a hero by the peasantry” (295). In die ou Suid-Afrika is diegene wat misdade gepleeg het ten einde ‘n swart regering aan die bewind te stel “terroriste” genoem. In die nuwe Suid-Afrika word hulle “vryheidsvegters” genoem en as helde, volksvaders en -moeders, ikone, ens, vereer. “There is some relation between a bandit’s real behavior and his subsequent myth” (487). Dit kan ook van terroriste gesê word.

Maar daar is ‘n ander hedendaagse terminologiese verskynsel wat my mateloos irriteer. Net soos die Uskokke dikwels/meesal sonder nuanse as misdadige seerowers gekarakteriseer word, word die blanke regering van ná 1948 deesdae sonder meer die “apartheidsregering” (of “apartheidsregime”) genoem. Weens propaganda, wat veral deur die ANC versprei is, het klein mensies in die hede, bv kabouters wat as politici en joernaliste funksioneer, gesorg dat die benaming “apartheidsregering” onkrities ingeburger is en in algemene gebruik gekom het. Daarmee word die veelkantigheid van die destydse Afrikanerregering tot ‘n enkele aspek gereduseer, naamlik daardie element, te wete apartheid, waarvan die ANC en ander swart mag aanhangers en hulle meelopers nie hou nie.

In werklikheid het die Afrikanerregering oor ‘n wye front gepresteer. Daar is doeltreffend en behoorlik geregeer en daarby grootliks sonder korrupsie. Paaie is geteer en behoorlik in stand gehou. Wet en orde is gehandhaaf, danksy ‘n uitstekende polisiediens en weermag. Suid-Afrika was toe ‘n veilige, voorspoedige land gekenmerk deur Westerse standaarde en beskawing. Derduisende skole, huise en talle klinieke, hospitale en universiteite is opgerig en die deeglik geboude strukture is behoorlik in stand gehou; grootliks danksy blanke belastingbetalers en die arbeid van bekwame blanke amptenare. Die sentrale, provinsiale en plaaslike regerings het deurgaans gunstige ouditeursverslae ontvang. Geen munisipaliteit was miljoene rande in die skuld soos tans algemeen voorkom nie. Die owerhede het geld by uitstek aan dienslewering en verbeterde infrastruktuur bestee; nie soos tans aan salarisse, bonusse, konsultante, byvoordele (soos ampsmotors), reise, onthale, ens, nie. Deur die term “apartheidsregering” te gebruik, word die voortreflikhede van die vorige bedeling misken en die ernstige gebreke van die huidige regering gekamoefleer. Geen regering is sonder gebreke nie. Ten spyte van die tekortkominge van blanke regerings het die woord “Afrikaner-regering” vir my, op grond van eerstehandse ervaring sedert 1948, ‘n veel gunstiger klank as swart of ANC-regering.

Die vernaamste opsig waarin Bracewell se uiteensetting met dié van West verskil, is dat die Uskokke nie so gou en so volledig verdwyn het nie. In 1617 het die Venesiërs en die Habsburgers die Verdrag van Madrid gesluit. Daarvolgens was die Habsburgers verplig om die Uskokke uit Senj te verwyder, weg van die Adriatiese See waar hulle seerowery so baie probleme vir veral die Venesiërs veroorsaak het. Hulle is dus in die binneland (bv te Brinje, Otocac en Brlog) hervestig maar oor ‘n lang tyd. Sommige het terug na Senj gedros en weer rooftogte uitgevoer. Gedurende die hele 17de eeu het Uskok-roofbedrywighede steeds voorgekom. Eers in die 18de eeu het hulle as ‘n faktor waarmee rekening gehou moet word, verdwyn.

Suidpunt: Kommunisme en Kategismus (1969)

Op Hermanus besoek ek en Moeder ons geliefde tweedehandse liefdadigheidswinkeltjie, waar al die inkomste vir die dierewelsyn aangewend word.

So kom ek af op Die Katkisasieboek, 1969, een-en-twintigste druk (een van 30.000 kopieë) wat ‘n skamele R5,00 kos. My moeder raai my af om die boek te koop, miskien omrede sy nou in ‘n ander gemeente is, en/of die leerstelling ook nou al 50 jaar later verouderd is. Of omrede sy haar eie katkisasie in 1968 onthou het as ‘n “klug” – die predikant voor het die vrae gestel, die katkisante in die agterbanke het die antwoorde in die katkisasieboek gelees en na die banke voor versprei waar die beantwoording moes plaasvind.

Maar hoe ken jy my? Terug by die vakansieoord tas my hand rond tussen die stapel PAW Patrol-DVD’s [Verbruikerisme De Luxe], The Matrix Trilogie-pakket [New Age Gnostisisme De Luxe], Die Hobbit [Satanisme De Luxe] en ‘n hele paar vreemdetaalhandboeke en -woordeboeke [Heidense Volksvreemdheid De Luxe] en [ha! hier is hy!] gryp die boek wat met die Calvinisties sobere bruinpapier en hardeplastiek oorgetrek is.

By die inhoudsopgawe soek ek onder “Geloofsleer en Sedeleer” onder die hoofstuk “III. Sektes en Dwalinge” vir Les 79. Ek wil weet wat die Kerk oor Kommunisme destyds te sê gehad het. Wat die jong katkisante/kategumene dalk moes leer.

‘n Mens sou opstelle kon skryf oor die houding teenoor “sektes” en hoe die Kerk hom eintlik aan elkeen van hierdie “kenmerke” self skuldig maak, maar sulke moddergooiery sal my gemanikuurde hande net vuil maak.

Oor die “Die Roomse Gevaar” (sic, bl. 350-353) word byvoorbeeld gesê:

Die Roomse Kerk beskou homself as die enigste ware en onfeilbare kerk.

Russellisme, Pinkstersektes, Apostoliese sektes, Sabbatariërs, Christian Science, Spiritisme, Adventisme, Mormone, Vrymesselary, Afrika Evangelie Bond, Die Oxford-Groep, Christelike Instituut, ens. ens. ens. kom almal onder skoot.

Deel van “Hul Optrede” [dis nou sektes], is (bl. 319):

(a)    Geestelike hoogmoed: Eiegeregtig en self-oorskattend veroordeel hulle die Kerk en val die lidmate aan onder die waan dat hulle alleen alle waarheid en saligheid besit. In verwaandheid veroordeel die een sekte ook die ander as dwalende […]

Net mooi op die volgende blad, bladsy 320, word gestel hoe mens sektes moet hanteer:

As u altyd die standpunt van u [Suster]kerk, d.w.s. die Bybelwaarhede soos u kerk dit vertolk, ken, kan u elke sekte-aanval die hoof bied en sy wapens afslaan.

Dis nou interessant. Kostelike dubbele standaarde. Jy/hulle mag nie, maar ek/ons mag. So hier het ons een sekte van die Christendom wat ander sektes van die Christendom veroordeel. Goed om te weet.

Maar dit raak erger! Op dieselfde blad:

Geen getroue lidmaat sal sekteboeke aankoop nie. By u eie kerk en sy boekwinkels kan u oorvloedig gesonde geestelike literatuur kry. Elke boek wat u by sektes koop, al gooi u dit in die vuur en al koop u dit om van hulle ontslae te raak, is die geldelike steun waarmee hulle meer boekies druk en versprei en waardeur hulle u gesonde belydenis en suiwere kerkleer meer en meer probeer ondermyn.

En op bl. 405 (“Die pligte van ‘n goeie lidmaat”):

Elke lewende lidmaat sal [sic!] inteken op ons kerk se amptelike organe, Die Kerkbode en Die Voorligter, dit lees en help versprei. Dit geld ook vir ander tydskrifte deur ons eie Kerk uitgegee. Die boeke van vreemde kerke en sektes moet geen getroue lidmaat koop of lees nie.

Als goed en wel, tot jy universiteit toe gaan waar ‘n wye verskeidenheid bronne voorgeskryf en geraadpleeg moet word. Boonop laat die Engelse/Joodse/Duitse/Hollandse kollegas by die werk nie vir hulle voorskryf wat om te lees en wat nie – en hulle gaan met mekaar oor politiek gesels, hulle gaan oor “verbode onderwerpe” gesels – en die Afrikanerkind gaan met ‘n bek vol tande staan, met sy duimpies in ‘n hoekie speel of oorweldig word deur sy onwetendheid. Veral as sy kollegas verbluffende logiese antwoorde na sy kant toe slinger wat nie in sy Katkisasieboek te vinde is nie. Dis maar ‘n kwessie van tyd. Het hy maar die verbode literatuur gelees kon hy daarop voorbereid gewees het.

Of, het die Kerk geweet hy het geen kat se kans teen die ander sektes nie? Waarom dan so aggressief in die defensief op sy agterpote staan?

Maar gelukkig het ons in 2018 darem soekenjins waarmee mens elke denkwyse self kan ondersoek. Gewoonlik staan 30 skuiwergate as antwoorde slaggereed.

Ek gaan voort met my leeswerk. My oë bly stip gefokus op bladsy 338 en 339:

DIE KOMMUNISME

Die Grondbetekenis

Die woord kommunisme is afgelei van die Latynse woord communie wat beteken: gemeenskap. Alle privaatbesit moet opgehef word en in besit en onder beheer van die gemeenskap geplaas word. Besitting en rykdom is diefstal.

Kommunisme is materialisties en veg net oor stoflike waardes, soos eiendomme, fabrieke, myne, produksiemiddele, ens. Hulle wil net van brood lewe (Matt. 4:4) en is vyandig teenoor alle geestelike waardes soos die siel, godsdiens, hemel en God. Dit is dus die godsdiens vyandig.

Kommunisme is ‘n klassestryd. Die voer die stryd van die werkende klas teen die besittende klas. Nasionale of volksgrense bestaan nie, dis net werker – of dit Rus, Duitser, Engelsman, Zoeloe, Indiër, of wat ook al is, dit maak geen saak nie – teen besitter. En wat is die gevolg in Suid-Afrika? Hier is 90% van die besitloses naturelle. Hier stuur die kommunisme doelbewus af op ‘n swart barbarestaat [sic!]. Die naturelle word op alle maniere opgestook en gevoed met griewe, agterdog en vooroordeel teen blankes, veral teen die Afrikaner en sy kerk.

Goeie bliksem! Dit lyk my die Susterkerke het destyds geen benul gehad wat kommunisme werklik behels het nie. Van die gewelddadige revolusie-vleuel in die Ooste en die “rustiger” dialektiese beredenering in Brittanje en Swede het die kerk skynbaar nie geweet nie. Ek glo ook nie hulle was opgewasse genoeg om hul gemeentelede deeglik te waarsku nie. Iewers het hulle die klok gehoor lui, maar nie geweet waar die bel hang nie. Hoe kan dit ook anders as jy nie eens ander sektes se literatuur mag lees nie?

Ek sou dus sê dis ‘n baie, baie gevaarlike speletjie om jou gemeentelede in die duister te hou.

Maar laat ons die kat die bel nou aanbind.

Dit is eintlik ironies dat presies in dieselfde jaar as die herdrukte Katkisasieboek ‘n ander boek uitgegee is, getiteld Kommunisme: teorie en praktyk, uitgegee deur die Universiteit van Pretoria. Hoe sou mens vir die gemeente verduidelik dat kommunisme juis handel rondom tradisie, godsdiens inkluis, wat in die oë van die kommuniste ‘n sosiale konstruk is wat duisende jare gelede uitgedink is om mense gevange en onderdanig te hou aan die heersersklas?

Hoe verduidelik die herder van die gemeente aan sy skapies die ironie: Die Kommunisme is hierdie noodwendige, natuurlike evolusie beskou van die Nywerheidsomwenteling (waarom dan druk vir ‘n revolusie, as dit tog vanself sal gebeur? kan mens tereg vra), net soos die mens eers bang was vir die natuur, maar die tegnologie die mens in staat gestel het om op matige wyse die natuur te trotseer. Maar nou, hier,  gebeur interessante teenstrydighede tussen Lenin en stigter Marx. Marx het geglo die kommunisme sal sy revolusie in die Weste kry, soos die werkersklas gatvol vir die ryk base raak en dan die wêreld op sy kop keer. Lenin het eenvoudig te veel van Marx en Engels gerook, op ‘n agterlike plasie (dis nou Tsaar-Rusland) eenvoudig die onmin gekaap tot sy eie voordeel. Want ‘n werkersklas was daar eenvoudig nie – dit was boere, met slegs hier en daar ‘n fabriekswerker. Maar die Hegeliaanse tese, antitese en sintese is raakgesien: Tsaar, onderdane en Kommunisme as noodwendigheid. So het dit later uitgebrei na die wêreld: kolonialiste, gekoloniseerdes = kommunisme. Onderdrukker (iemand wat het, wat as maghebber beskou word) – onderdrukte (iemand wat nie het nie, gediskrimineerd voel) = kommunisme is die oplossing.

Op bl. 182-183 van die Tukkies-boek skryf Generaal H.J. van den Bergh in die hoofstuk “Die Kommunisme in Suid-Afrika” die volgende:

Ten opsigte van Suid-Afrika wil ek slegs enkele gedeeltes aanhaal uit ‘n dokument getiteld “How to be a Good Communist” wat te Rivonia gevind is toe die Polisie op 11 Julie 1963 op die geheime hoofkwartier van die Kommunistiese Opperbevel in Suid-Afrika toegeslaan het – om Hoover se stelling ook ten opsigte van Suid-Afrika te staaf. Die betrokke stuk is in die handskrif van Nelson Mandela, een van die kommunistiese voorbokke van die “African National Congress” en is opgestel om te dien as handleiding vir nuutgewerfde lede van die Kommunistiese Party. In die stuk, wat later as bewysstuk by die hof gedien het, skilder Mandela ‘n interessante prentjie, gesien teen die Hoover definisie. Hy sê dat:

“Under a Communist Party Government, South Africa will become a land of milk and honey… there will be enough land and houses for all. There will be no unemployment, no starvation and no disease. Workers will earn decent wages, transport will be cheap and education free. The victory of Socialism in the USSR, in the People’s Republic of China, in Bulgaria, Czechoslovakia, Hungary, Poland and Rumania, where the living conditions of the peoples were in may respects similar and even worse than ours, proves that we too can achieve this important goal. Communists everywhere fight to destroy capitalist society and to replace it with Socialism, where the masses of the common people, irrespective of race or colour, will live in complete equality, freedom and happiness.”

Die Hooverdefinisie is (bl. 182):

“Communism (Marxism-Leninism) is the revolutionary, materialistic ideology used by its adherents to justify their efforts to seize power by any and all menas for the forcible establishment of ‘n world-wide totalitarian social order.”

Maar die ironie van die saak is juis dat die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke tot sy ontbindingsfase wel SOSIALISTIES gebly het en nooit kommunisme bereik het nie. Kommunisme behels dat DIE STAAT MOET OPLOS EN VERDWYN; sosialisme is slegs die voorganger. Nieuwoudt skryf (p. 33):

Omdat die begrip Staat tot ‘n groot mate met die kapitalistiese orde verbind is, het Marx ook hierdie nuwe bedeling nie ‘n “staat” genoem nie maar wel ‘n “gemeenskap”.

Die revolusie en die diktatuur van die proletariaat is en bly egter net voorstadiums in die strewe na ‘n klaslose gemeenskap, wat die hoogste fase van kommunisme is en die ideaal wat Marx wou bereik. Sy uiteindelike kommunistiese gemeenskap is dus in die kapitalistiese sin van die woord vir hom geen staat meer nie, want daardie konsep van staat verdwyn: met ander woorde, die staat sal verdwyn. In hierdie opsig sluit Marx dus by die anargiste aan deurdat hy ‘n staatlose gemeenskap in vooruitsig stel. Dit is volgens sy werke egter nie baie duidelik hoe hierdie gemeenskap sal funksioneer nie en net soos sy Utopiese kollegas is hy besonder vaag oor hierdie toekomstige sosiale orde. “In place of the old bourgeoisie society, with its classes and class antagonisms, we shall have an association in which the free development of each is the condition for the free development of all. ”

Volgens Marx sal hierdie gemeenskap die hoogste vorm van die kommunisme wees. Die verslawing en onderdrukking van die enkeling wat uit die verdeling van arbeid onder die kapitalistiese stelsel voortvloei, sal tot ‘n einde kom. Daarmee saam sal ook die antitese tussen verstandelike en fisiese arbeid verdwyn. Dit sal eweneens beteken dat die arbeid nie meer bloot ‘n metode is om aan die lewe te bly nie, maar dit sal ‘n basiese noodsaaklikheid van die lewe self wees. Terselfdertyd sal die produksiemagte toeneem omdat die individu self in die algemeen verbeter het en ‘n hoër stadium van ontwikkeling bereik het. Koöperatiewe rykdom sal toeneem en die kapitalistiese orde met sy beperkte horisonne sal verdwyn. Wanneer dit gebeur, glo Marx, sal die gemeenskap kan verklaar “van elkeen volgens sy bekwaamheid en aan elkeen volgens sy behoeftes”.

Alhoewel hierdie droomwêreld van Karl Marx vergesog mag klink, word die ideaal nog steeds nagestreef […] Gedurende die eerste [fase] (1961-1970) moet die materiële en tegniese grondslae gelê word. Tydens die tweede (1971-1980) moet die afrondingswerk gedoen word sodat daarna oorgegaan kan word tot die volkome kommunistiese gemeenskap.

Nieuwoudt sluit dan heelwat paragrawe later af (p. 34):

Die grootste beswaar wat teen hom [Marx] ingebring kan word, gaan juis teen die sogenaamde materialistiese interpretasie van die geskiedenis. Die veronderstelling dat materiële omstandighede die denke van die mens bepaal, moet noodwendig verwerp word, want in die praktyk sal gevind word dat ander faktore soos godsdiens, kultuur, volksbeskouings en opvoeding net so ‘n groot, indien nie groter rol nie, speel in die lewensbeskouing van die mens.

Generaal H.J. van den Bergh skryf op bl. 183 en 184 [om nou die Mandelageskrif op te volg]:

In Rusland is die kommuniste reeds meer as vyftig jaar aan bewind, en selfs in byna al die ander lande wat Mandela in sy geskrif noem, gaan die volkere al meer as twintig jaar gebuk van kommunisme. As Mandela gelyk het, sou ‘n mens met reg kon verwag het dat die kommuniste teen hierdie tyd reeds lankal die paradys wat hulle aan Suid-Afrika voorhou, in die lande tot stand sou gebring het. Die teenoorgestelde is egter waar. Soveel mense het uit die kommunistiese “paradys” na die vrye lande van die wêreld gevlug dat die heersers verplig was om grense met doringdraadversperrings, mynvelde, gewapende wagte en masjiengeweertorings te verseël.

[…]

Die soorte state wat Lenin, Stalin, Mao Tse-Toeng en ander kommunistiese leiers van die twintigste eeu tot stand gebring het, waarin hul eie bevolkings reeds jare lank onder ‘n genadelose en onverbiddelike diktatuur van hul kommunistiese partye gebuk gaan, toon weinig ooreenkoms met die werkersparadys waarvan Karl Marx en Friedrich Engels gedroom het. Lenin en sy opvolgers het nie die beloofde paradys van vrede, gelykheid en ‘n oorvloed van aardse goedere geskep nie, maar wel ‘n nuwe heersersklas, wat nie slegs oneindig magtiger is as die fabriekseienaars van Marx en Engels se tyd nie, maar die werkers op ‘n nog veel genadeloser wyse uitbuit.

Ek het reeds by ‘n vorige geleentheid die stelling gemaak dat kommunisme, in hierdie lig gesien, inderdaad die hoogste vorm van kapitalisme is.

En nou gooi ek ook my bietjie olie op die vuur. Dit het my laat wonder: waarom, as alles dan so wonderlik was, vlug niemand Sowjetunie toe nie? Mense gaan na die plekke wat vir hulle na een of ander heilstaat lyk. Of waar die geld is. Waarom is vliegtuie vol mense dan nie na die Sowjetunie toe karwei om permanente burgerskap te verkry nie? Wat het hulle gekeer? Waarom het die hele Afrika in elk geval nie op hierdie utopiese uitnodiging [die Sowjetunie] toegesak het nie, gaan my verstand vandag heeltemal te bowe. Seker maar die Swart Nasionalisme wat destyds hoogmode was. En vandag? Sjina, Kuba, Viëtnam en natuurlik Noord-Korea, bied vandag nog heenkome vir die werkersklas wat so ‘n hekel het in die Kapitalistiese Nyweraars. Waarom trek niemand soontoe nie? Dis tog ‘n vry wêreld waarin ons woon?

En as die Berlynse Muur dan nou daar was om die Kapitalisme en Westerse invloede uit te hou, waarom is mense doodgeskiet wat van die Kommunisme na die Weste wou vlug? Ek glo nie Apartheid sou ooit mense doodgeskiet het wat na die Sowjetunie wou vlug nie – hulle sou tog te bly gewees het om van die terroriste ontslae te wees.

Maar nou terug na die Katkisasieboek. Die volgende kontrakommunistiese voorsorgmaatreëls word op bladsy 340 getref:

Elkeen van u moet u deeltjie doen om:

(a)    Ons eie volk weer terug te lei tot Gods Woord, tot die Huis van die Here en tot die diens van die Here. Gods Woord gee leiding en raad, die Huis van die Here bind die gelowiges saam en die godsdiens bewaar die indringing van giftige en sielsverderwende gedagtes en beskouinge.

(b)   Ons eie veragterde en verarmde volksgenote op te hef, sodat kommunisme nie in hul harte ‘n broeiplek kry en hulle vyandig teen kerk en godsdiens maak nie. Kleiner gemeentes en beter, intensiewer geestelike bearbeiding is hiervoor noodsaaklik. Kommunisme kan geen ingang kry waar daar kerkbewustheid bestaan en ‘n kragtige geestelike lewe bloei nie.

(c)    Om die houvas van die kerk op die kleurlinge en naturelle weer terug te kry. Die kommunisme speel op die snare van die nie-blanke gemoedere: behuising, opvoeding, gelykstelling, onderlinge huwelike veral ná die oorlog. Ons sendingwerk moet so intensief wees dat dit alles wat die nie-blanke in die arms van die kommunisme drywe, afsny en hulle in die arms van die kerk en godsdiens ontvang. Christus is die oplossing van elke probleem. Ons moet hulle tot Christus bring. Die Evangelie is die sterkste wapen teen die kommunisme.

(d)   Sosiale geregtigheid toe te pas. Ekonomiese ongeregtigheid en onbillikheid, maatskaplike misstande veroorsaak klassestryd en rassenyd. By een deel van die volk ontstaan ‘n wrok of haat teen die ander deel. Dit vorm ‘n vrugbare akker vir die kommunisme. Handel volgens Miga 6:8 en kommunisme kan nie wortels skiet in hart en samelewing nie.

Jammer, maar op sy minste is nie eens ‘n kind so naïef nie.

Ten eerste word godsdiens deur die Kommunisme uit die staanspoor beskou as ‘n mensgemaakte konstruk, die Bybel inkluis. Enigiets wat uit ‘n Christen, Moslem, Boeddhis, ens. se mond kom sal outomaties verkeerd wees. Wat kom dus eerste – die hoender of die eier?

Dit maak dus nie saak hoe jy ook al jou godsdiens met die Bybel probeer regverdig nie [soos in die Katkisasieboek tussen bl. 339 tot 340 uiteengesit word “van Adam se dae af” tot “Christus wat geldbesit nie veroordeel het nie”, “die kruis van Christus wat vir die kommunisme geen plek het nie” [aangesien die produksiemiddele die verlosser van die mensheid is], die “Kommunisme wat ‘n opstand van die mens teen God is”, ens. ens. ens.], jy gaan jou teen ‘n muur vasloop, want jy is “nog een wat gebreinspoel is deur die ou orde”. Gaan jy Oswald Spengler nadertrek, wat ook “beïnvloed is deur die ou orde”?

Kortom: Deur uit die Bybel en Katkisasieboek aan te haal gaan jy nie ‘n kommunis bereik of bekeer kan kry nie. As jy van die begin af nie ‘n Christen of kerklidmaat was nie, en reeds in die kloue van die kommunistiese dialektiek beland het, is daar geen salf meer te smeer nie. Wat die Christene betref, hulle kan gerysmier word, iets wat die Katkisasieboek self toegee:

Sy vatbaarheid.

Die menslike gemoed is baie vatbaar vir die kommunisme, want:

(a)    Van nature het die menslike hart ‘n teësin vir godsdiens en het griewe teen kerk, owerheid, besitter, ens. en is meteens ‘n goeie broeiplek vir die godsdiensvyandige kommunisme.

(b)   Van nature is die mens geneig tot hebsug wat graag wil besit wat nie syne is nie, en sal gryp na die wonderlike voordele wat die kommunisme voorgee om hom te bring.”

Die kerk staan dus magteloos en toekyk, ongeag al sy sendingwerk.

Net ‘n wonderwerk of Goddelike ingryping sal dus vir die ongelowige Thomas oortuig. Of, as jy bewyse kan lewer dat kommunisme self net ‘n baie onoorspronklike sosiale konstruk is juis omrede geen nuwe waardes, of eerder, NORMES bedink is nie, maar slegs oues wat met die hand uitgesoek is. Verder bied die Kommunisme geen teleologiese einddoel behalwe nivellering en uitbreiding van die nuwe geloof nie – die pad vorentoe lyk maar uitsigloos.

Of: indien die individu so ontgogel is deur die wrede werklikheid wat Kommunisme meegebring het.

Ten tweede kom die laasgenoemde reël (“Sosiale geregtigheid”) so reg uit die kommunismehandboek, en dit laat my tereg wonder of die skrywer van die Katkisasieboek se kerkhoed eintlik ‘n rooi baret is. Of is dit die eerste krakie in die dop van die Christelike Kommunisme wat besig is om uit te broei in die kerk? “Sosiale geregtigheid” lyk darem te veel na die letterlike vertaling van “Social Justice [Warrior]”. Die gevolge daarvan is alles behalwe goed.

Wat presies verstaan jy onder “ekonomiese ongeregtigheid en onbillikheid”? In die huidige en destydse konteks van die Kommunisme beteken dit: jy het meer as ek, daarom het jy op een of ander wyse my besteel, en daarom moet ek vergoed word sodat ons gelykwaardig kan wees. Ongeag of jy jou dienste eksklusief aan buitelanders verskaf en niemand se werk, talente of geld “steel” nie.

Nou goed dan, aangesien die katkisasieboek so mooi daarop aandring [en indirek aanvoer dat die “kleurlinge en naturelle” met groot oë handjiesgevou mooi syntoe sal bly staan terwyl die blanke lidmate op elke gebied sal moet voorvat om die vrede te bewaar], lyk die implikasies so:

– Dit sou beteken dat geen blanke tydens Apartheid meer as ander rasse of sy eie volk mag hê nie en almal in verbeeldinglose kloonhuisies of strooihutte sonder tuin of motorhuis sal moet bly [die tuinier en huishulp in Apartheid-Suid-Afrika is dus outomaties werkloos]. Sodat niemand jaloers word nie. Hoe minder goed mens het, hoe minder instandhouding en probleme het jy (dis waar), en hoe minder is daar om weg te dra en hoe minder die versekeringskoste. Maar hoe verklaar jy die gelykenis van die tien talente? God gee aan wie Hy wil, sodat die betrokke persoon meer daarmee kan woeker – en omrede hy/sy vir die taak opgewasse is.

– Bogenoemde gaan ook ‘n invloed hê op werkskepping: koop jy minder goedjies waarvan jy hou [om tog die vrede tydens Apartheid te bewaar…], lei dit tot werkverliese. Ek gaan dus nie jou trommetjie, draadkar, Afrikamasker en uitgekerfde kameelperdjie koop nie. Want ek mag nie meer besit as ander nie. [Ekskuus, niemand mag eintlik iets besit nie]. Ek is werklik baie jammer. Nee, ek het mos nou net gesê ek wil nie jou vervloekte goed hê nie! Het jy blompotte vir ore?

– Dit sal beteken niemand mag tydens Apartheid meer verstand as ander hê nie. Niemand mag sy talente ten volle ontwikkel nie.

– Ons praat van werksetiek, ons praat van belegging, ons praat van vooruitdink, ons praat van werkskepping. Net omrede my denkwyse [gegrond op Europese eekhorings wat voedsel berg vir die lang winterslaap] doeltreffender is as joune en jy nou jaloers daarop raak weens die sosiale ongeregtigheid wat dit nou meebring [pleks om die boer die kuns af te vra…], moet ek my doeltreffende stelsel nou tydens Apartheid kapot maak net om die vrede te bewaar?

– Dit sal ook beteken, omrede die Afrikanerbevolkingspiramide heeltemal op sy kop gekeer is (wat die Katkisasieboekskrywer duidelik nie voorsien het nie), met alleen die oogmerk om almal tydens Apartheid gelukkig te hou net om nie tot kommunisme te verval nie, dat:

* die kerklidmate van Generasie X dubbeld soveel werk sou moes doen of skep of oor ‘n ruimer innovering/intellek/dryfkrag/mededinging as die veel groter aantal Baby Boomers moes beskik,

* die Generasie Y van die kerk tien keer soveel sou moes doen of onderhou as hul voorgangers,

* Generasie Z en daarna [as Apartheid nog sou voortduur] selfs ‘n swaarder las sou moes dra of onderhou as al hul voorgangers.

Dit is die teorie. In die werklikheid is die las en hulpbronne tussen die onderskeie geslagte onreëlmatig versprei: jy kry “jappies”, “rykes”, en “armblankes” oor al die ouderdomsgroepe heen. Jy kry Baby Boomers van die Afrikanerdom wat die Generasie X, Y en Z van die Afrikanerdom moet onderhou – en die meeste Baby Boomers sou teen dié tyd nou in elk geval al aftreeouderdom bereik het. Die kommer sou dus wees: Sodra die ouer geslagte een na die ander wegval, verdubbel die werklas eksponensieel op diegene wat agterbly. Hulpbronne wat outomaties geërf word van die voorgangers sou geen gegewe wees nie.

Of: die jonger geslagte sou beter tegnologie [robotte ingesluit] of doeltreffender werkwyse moes gebruik het om die werklas aansienlik te verlig.

Of: van die verouderde strukture sou eenvoudig gesluit en gesloop moet word. Want hoe meer jy het, hoe meer moet jy in stand hou. Daar is nie meer tyd vir nostalgie as 1 persoon nou 20 mense se werk moet doen en regmaak nie [onthou die omgekeerde bevolkingspiramide van die Afrikanerdom]. Deesdae is die hartverskeurende afskeid gelukkig nie meer nodig nie, want die infrastruktuur val sommer vanself in duie weens swak instandhouding deur die huidige owerhede.

Of: hulle sou noodwendig MOES emigreer om die immer groterwordende las vry te spring wat uitsluitlik ten doel het om daardie Gini-koëffisiënt te laat krimp; wat net nog ‘n swaarder las laat op die kerklidmate wat in Apartheid Suid-Afrika agterbly.

Of: hulle sou van die buitelandse hulp moes inroep [nou ja, daar was die sanksies tydens Apartheid], en ‘n myn, strandgebied of wat die buitelander ook al op sy wenslysie het moes prysgee. Mens kon seker dit later weer nasionaliseer, maar dan sou geen buitelander meer hul ‘onbaatsugtige’ hulp kom aanbied nie.

Maar, die land het nou helaas in kommunisme verval. En streng gesproke ook die hoofstuk in die katkisasieboekie van 1969. Daar is niemand meer om te paai, te soebat en te smeek nie.

Jy kan dus met ‘n geruste hart besluit om op die Verenigde Nasies se Mandeladag [as ons in 2018 in ‘n postapartheidomgewing steeds volgens hierdie 1969-Katkisasieboekie sou werk] nie eens uit jou bed te klim nie. Jy hoef nie ‘n vinger te verroer nie. Mens kan nou alles in die bekwame hande van die ywerige Gutmenschentum van Europa laat – die Euro het tog meer waarde as die Rand as jy xe.com besoek. Waarom sal my Rand sestien keer harder moet werk as ‘n enkele Euro sestien keer so doeltreffend is (soos op 24 Junie 2018)? Volgens die syfers van Statistiek Suid-Afrika is daar buitendien nou meer Europese toeriste per maand as in die jaar 2010. Nie dat ek ooit teen enigeen van die toeriste op my dorp vasloop nie, maar die staat is mos altyd reg.

Dit is nog voordat ons inreken die staatkas wat geplunder word deur daaglikse vandalisme, brandstigting, swak polisiëring, ‘n staat sonder ‘n weermag, onbevoegte, lui en geldhonger amptenare, dwelmbase en bendegeweld wat orals uitbreek, moord en verkragting wat die nuwe wintersport geword het, beleggings wat die land uitvloei en leegbloei, kundigheidsverlies, massaverstedeliking en verouderde infrastruktuurverbrokkeling… terwyl ek ‘n gemeenskapsgroentetuintjie skoffel ter herinnering van Mandela. Wat ‘n jukstaposisie.

Liewe donder, duidelik was hierdie Katkisasieboek in en vir ‘n ander tydperk geskryf! Ek dink werklik nie die opsteller van die Katkisasieboek het geweet waarvoor hy vra nie.

Maar nou wéét ons. Te laat.

As jy my nou sal verskoon, ek gaan nou agteroorsit en my PAW Patrol-DVD’s geniet terwyl ek nog kan.

“Do the Pup Pup Boogie / Shake it, move it / Show ’em that you got that Pup-Pup stuff /

Do the Pup Pup Boogie / Shimmy, groove it / Can’t get enough, can’t get enough.”

Leon Lemmer: ‘n Dubbele moord in Springs in 1977 op Robert en Jeanne Smit

In die Naspers/Media24-koerante word berigte oor verdagte en werklike moordenaars in buitensporige besonderhede en (indien enigsins moontlik) daagliks saam met talle foto’s gepubliseer, mits hulle blank is. Voor en tydens die verhoor en in die ellelange nabetragting word elke sensasionele vesel uitgerafel, sonder enige teken van deernis met die betrokkenes. Op hierdie manier word ‘n verwronge werklikheidsbeeld by die lesers gewek, naamlik dat blankes in ruime mate bydra tot die status van die nuwe Suid-Afrika as die moordmekka van die wêreld.

Wanneer swartes die verdagte of werklike moordenaars en blankes die slagoffers is, verskyn daar minder en korter berigte of sulke gebeure kry geen publisiteit hoegenaamd nie. Die uitgangspunt is blykbaar dat die nuwe Suid-Afrika ten behoewe van bv versoening en nasiebou beter as wat hy is, voorgestel moet word. Sensasie word polities byderwets op ‘n selektiewe manier nagejaag. Naas die koerante vervul die weeklikse tydskrif Huisgenoot hierin met oorgawe ‘n ondersteunende rol. Dit sou bv interessant wees om te weet hoeveel blankes deur swartes op plase vermoor word en in hoeverre berigte hieroor verskyn.

Wat veral opval, is dat daar na plaasmoorde geen nabetragting gehou word nie; dat daar nie na hierdie plase gegaan word en in besonderhede berig word oor die onherstelbare rampspoed wat die naasbestaandes getref het nie. Die groot leemte wat op hierdie plase ervaar word, word in die perswese nie as ‘n leemte in beriggewing erken nie. Om oor so ‘n pynlike situasie te berig, behoort in die kraam van bv die smartvraat-joernalis Willemien Brümmer te pas. As iemand wat op haar radikale politieke oorverligtheid roem, het sy, sover ek weet, nog nooit so ‘n rampgebied besoek en daaroor ‘n berig gepubliseer nie. Wat sy onlangs wel gedoen het, is om bv die oud-MK-soldaat en -terroris, Jeremy Vearey (Praag 26.05.2018), te besoek en kritiekloos en selfs bewonderend oor hom te skryf (Netwerk24, 6 Junie 2018).

Brümmer, ‘n agterkleinkind van CJ Langenhoven, is pas toegelaat om ‘n ellelange, striemende aanval op Danie Langer, die besturende direkteur van die FAK, in Die Burger (20 deser, p 9) te loods. Dit blyk dat haar ekstreme politiek van haar pa kom, wat ‘n dosent aan die Universiteit Kaapstad was. Haar grootoupa het rede gehad om uiters teleurgesteld in sy enigste kind, sy dogter Engela, te wees. Dit blyk dat hy te meer rede sou hê om hom van Willemien se giftige anti-Afrikaner-gesindheid te distansieer. In haar jongste skrywe lê sy haar pa woorde in die mond ter verkleinering van “Die Stem”, wat glo “in elk geval nie ‘n goeie gedig [is] nie. Dis te blikkerig, te vol trompetgeskal, veels te eensydig in die klem op Afrikaners as ‘knegte van die Allerhoogste’. Die opvatting van Afrikaners as ‘n uitverkore volk, ‘teen die hele wêreld vry’, is in elk geval deur die geskiedenis geweeg en te lig bevind. Anders as jy en jou organisasie, roem ons nie op ons verlede nie. Ons sien ook nie ‘Die Stem’ as ‘n simbool van Afrikaner-identiteit nie. Dit mag jou dalk ontstel, maar daar is duisende, dalk miljoene Afrikaanssprekendes wat met pres Ramaphosa saamstem dat ‘Die Stem’ en die ou landsvlag simbole van diskriminasie, verdrukking en ellende is.” Die politiek van hierdie skepsel behoort vir iedere Afrikaner absoluut verwerplik te wees.

In die tydperk van Afrikanerbewind, van DF Malan tot PW Botha, was die Vorster-era (1966-1979) myns insiens ‘n laagtepunt. Dit was die tyd van die Inligtingskandaal met bv Louis Luyt wat as front gebruik is vir die publikasie deur die regering van die koerant The Citizen. Veral die verraad wat deur Vorster teen Ian Smith se blanke bewind in Rhodesië gepleeg is, bly myns insiens onvergeefbaar. In daardie tyd het ek meer ongemaklik oor die Afrikanerregering gevoel as op enige ander tyd, behalwe natuurlik toe die FW de Klerk-groepie die blanke bewind mandaatloos en doelbewus in sy swernoot gestuur het. In John Vorster se tyd was Hendrik van den Bergh die hoof van die geheimediens. Dit lyk asof daar toe politieke moorde, soms gekamoefleer as selfmoorde of hartaanvalle, gepleeg is.

Politieke moorde was eintlik ‘n onbekende verskynsel in blank Suid-Afrika. Die moord op Hendrik Verwoerd in 1966 was hoogs uitsonderlik. Ná Vorster is die geheimediens op ‘n heeltemal ander grondslag geplaas. Dit is bekend “dat PW Botha nie langs dieselfde vuur gesit het as John Vorster en Hendrik van den Bergh nie” (Liza Smit, bron hier onder, p 178). ‘n Heeltemal ander tradisie leef voort in veral die ANC, waar moord deel van hierdie instansie se magshonger en geweldskultuur is. Soos tydens die “bevrydingstryd”verneem ons in die nuwe Suid-Afrika feitlik weekliks van politieke moorde, veral in Natal. In beginsel is daar geen werklike verbintenis tot en onderskrywing van demokrasie deur die ANC nie. Die ANC wil ten alle koste aan die bewind bly, al is hy glad nie in staat om doeltreffend te regeer nie.

Teen hierdie agtergrond kan Liza Smit se boek, Ek is Liza Smit (Aucklandpark: Jacana, 2018, 268p, R240), beoordeel word. Daar is ook ‘n Engelse weergawe beskikbaar. Die outeur (gebore in 1964) is die jongste kind van die egpaar Robert (1933-1977) en Jeanne Smit (1934-1977), wat in 1958 getroud is. Liza het ‘n ouer broer, Robert/Robbie (gebore in 1962). Waaroor die boek wesenlik handel, word soos volg deur Hermann Giliomee verwoord: “Teen die einde van 1977 is Robert Smit [senior], ‘n Afrikaanssprekende NP-kandidaat vir die [parlementêre] verkiesing [in Springs], en sy vrou vermoor in wat gelyk het na ‘n huurmoord. Smit was voorheen ‘n regeringsamptenaar en het vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds [IMF] bygewoon. Daar is agterna gegis dat Smit moontlik die verbreking van valutabeheer wou onthul. Niemand is ooit van die moorde aangekla nie” (Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 535). Sy vrou is vermoor omdat vermoed is dat Smit die gewraakte inligting aan haar meegedeel het. Smit verwys voortaan na Robert Smit senior. Sy seun word Robbie en sy dogter die outeur of Liza genoem.

Aan die begin verwys Liza na die “relatief veilige Suid-Afrika van die laat sewentigs” (6). By haar is daar egter min blyke van waardering vir die vorige politieke bestel. Omdat haar ouers tydens en daarby dalk in opdrag van lede van die destydse blanke regering vermoor is, is die outeur geneig om haar vertroue in die ANC-regering en selfs sy beleid te stel, bv die gelykheidsdogma: “Niemand is verhewe bo ander nie” (23). “Die vorige bedeling het met soveel dinge weggekom en selfs na hulle nie meer aan die bewind was nie, loop die spoke van hul verlede nog rond. En hierdie spoke is nog net so magtig en onaantasbaar soos destyds” (176).

Liza koester die (ydele) hoop dat die ANC-regering iets omtrent die onopgeloste moorde sal doen: “Dalk gaan iemand in die huidige regering voort met dit wat my pa ontbloot het en wat hom en my ma hul lewens gekos het” (182). Sy boekstaaf haar “algehele vertroue in die WVK [Waarheids- en Versoeningskommissie]” (245) en selfs: “She was looking to President Mandela as her last resort to unravelling the mystery of the unsolved murders” (84, 186). In werklikheid het die WVK uitgemunt nóg in die agterhaling van die waarheid nóg in die bevordering van versoening (kyk hier onder). Dit is onwaarskynlik dat Mandela enige (ernstige) aandag aan die Smit-moorde gegee het. Hy sou daardie gebeure seker wel aangegryp het as hy die blanke bewind daarmee kon diskrediteer.

Van 1971 tot 1974 was Liza se pa by die IMF in Washington werksaam. Daar was sy in ‘n veelrassige skool. Dit word vertolk as ‘n teken dat “die VSA ver voor Suid-Afrika was en dat mense daar almal gelyke regte gehad het en dat swartmense daar nie net op plase gewerk het as arbeiders nie” (24). Daarna terug in Suid-Afrika het Liza ‘n Afrikaanse skool bygewoon. “Ek kon nie die stywe, formele skoollewe kleinkry nie. Vandag besef ek dit was ‘n groot kultuurskok. Oorsee het ek met gewone klere skoolgegaan in ‘n ontspanne skoolkultuur. Hier was alles formeel en styf, tipies aan die Afrikanerkultuur van daardie tyd” (44). Anders as in die geval van Dawie de Villiers, wat sy kinders na ‘n kort oorsese verblyf plaaslik in ‘n Engelse skool geplaas het (Praag 17.03.2018), was dit vir die Smit-egpaar “ondenkbaar” dat hulle kinders in Suid-Afrika in ‘n ander taal as in Afrikaans sou skoolgaan (98). “Ons pa was … nie ‘n Broederbonder nie” (191).

Hoewel die Smit-moorde die onderliggende, saambindende faktor in die boek is, is die teks terselfdertyd die outobiografie van die skryfster. Met die skryfwerk is Liza deur Raquel Lewis bygestaan, wat noem dat die teks omsigtig verwoord moes word om bv regsgedinge te vermy. Ek het aanvanklik bedenkinge oor die boek gehad. Aan die begin staan bv: “Ek cope steeds … ek aanvaar … dat dit nooit regtig okay gaan wees nie” (8). Ook in veral die twee laaste hoofstukke neig sulke subjektiewe reaksies om te dik vir ‘n daalder te word. In die laaste hoofstukke word die indruk terselfdetyd gewek dat die meetsnoere uiteindelik in lieflike plekke geval het. ‘n Vriendin verskaf die volgende treffende beskrywing van Liza: “Sy is nou soos ‘n nuwe plantjie wat opgekom het uit ‘n afgebrande grasveld” (257).

In die geheel beskou, is dit egter ‘n geslaagde boek waarin die boodskap onderhoudend meegedeel word. Daar is onnodige Engelse woorde, asook taal- en drukfoute, maar hulle kom in ‘n beperkte mate voor. Twee elemente moes in die teks versoen word: enersyds die outeur se vertelling en andersyds haar voorlegging aan die WVK. Elkeen van die eerste 22 hoofstukke (daar is 24 altesaam) word afgesluit met ‘n fragment van haar WVK-voorlegging. Ek het aanvanklik gewonder of dit die beste opsie is, maar was teen die einde oortuig dat dit reg is om op hierdie manier die WVK-teks stuksgewys aan die lesers bekend te stel.

Aanvanklik was ek bekommerd dat die aanslag van die boek amateuragtig sou wees, soos in die geval van bv die outobiografie van Dawie de Villiers. Die vertelling het my egter spoedig meegesleur en my as leser dankbaar gelaat dat ek die boek gekoop het. Die deurslaggewende faktor is die indruk van opregtheid wat die outeur wek. Met verwysing na Raquel Lewis skryf Liza: “Ek was nog nooit so oop en eerlik met iemand nie … Ek dink die twee grootste lesse wat ek by haar geleer het, is om in waarheid te leef en vir nou te leef” (250). Dit gaan vir Liza om die blootlegging van die waarheid; enersyds oor die moorde en andersyds oor haarself en haar familie en vriende. Dit gaan vir haar glad nie om ‘n gekoesterde, gunstige beeld van haar en haar familie voor te hou soos in bv die genoemde De Villiers-outobiografie nie. Sy is onthutsend eerlik oor haarself en andere, insluitende haar oorlede ouers.

Wat my lojaliteit as leser verder verseker het, is die oorgawe waarmee die outeur jare lank skynbaar geen onkoste of moeite ontsien het nie om twee dinge te probeer vasstel: “Ek was dit aan my ouers verskuldig om uit te vind hoekom hulle vermoor is en deur wie” (164). In die loop van haar ondersoek is gepoog om haar op talle maniere te mislei, maar sy was deurgaans bedag op disinformasie. Die intelligente manier waarop sy met inligting omgaan, is prysenswaardig. Sy het talle dreigemente ontvang en is by meer as een geleentheid omkoopgeld aangebied om haar te probeer ontmoedig om met haar ondersoekende werk voort te gaan, maar sy het haar nie laat afskrik nie. “Teen daardie tyd het hulle my al geken as ‘n hardkoppige mens sonder vrees” (181). “Ek kan my egter op geen kundigheid beroem nie – dit was eerder ‘n kombinasie van jeugdige voortvarendheid, vasberadenheid, liefde vir my ouers en ‘n diep gevoel van verantwoordelikheid teenoor hulle om die onreg wat hulle aangedoen is, bloot te stel. Ek wou net antwoorde kry en ek het baie opgeoffer om dit te probeer kry” (186).

Te oordeel aan die fyn besonderhede wat oor haar onderhoude en ondersoeke verstrek word, lyk dit asof Liza buitengewoon oplettend is en ‘n goeie geheue het. Sommige van die (telefoniese) gesprekke het sy op band opgeneem (164). Die gesprekke wat woordeliks in die boek neerslag vind, het my laat dink aan James Boswell se beroemde biografie, The life of Samuel Johnson (1791), wat lank voor die era van klankopnames gepubliseer is. Maar Johnson het soms gesien hoe Boswell aantekening maak. Liza het sekerlik kort na onderhoude dieselfde gedoen. Haar broer het skynbaar glad nie Liza se entoesiasme vir hierdie projek gedeel nie. Die inligting word sistematies en duidelik meegedeel; ook in haar WVK-voorlegging. ‘n Mens kan kwalik glo dat hierdie WVK-dokument in ‘n enkele week (18 tot 23 Augustus 1997 – p 18, 181) voltooi is. Waarskynlik het daardie teks reeds voor dit in ‘n redelike mate bestaan. In haar ondersoekende werk is sy deur veral Alet van Rensburg bygestaan: “Sy is ‘n uiters betroubare persoon ongeag van die feit dat sy ‘n joernalis is” (204). Dit laat my dink aan die persoon wat gesê het hy wil nie agter X se rug praat nie maar hy dink hy is ‘n bibliotekaris.

Verskeie moontlike redes vir die Smit-moorde word aangevoer, bv die bewering dat vyf destydse ministers by valutabedrog betrokke was (37). Daar was ook sprake van “onwettige kommissies op oorsese staatslenings” (83). In Liza se WVK-voorlegging staan: “Volgens gerugte sou ons ouers se moorde glo ook verband gehou het met ‘sanctions busting’, wapens, olie en kernwapens … Ons vermoed dat ons pa in hierdie veld van sanksie-omseiling op die onwettige transaksies en kommissies afgekom het” (155). “Newsweek, ‘n Amerikaanse nuustydskrif, het in Maart 1979 beweer dat Smit afgekom het op bewyse dat miljoene rande en goud onwettig uit Suid-Afrika geneem word. Die geld het na bewering uit geheime fondse gekom wat deur die destydse Departement van Inligting gebruik is om fronte te skep wat Suid-Afrika se beeld in die buiteland moes help bou” (68).

Die WVK se bevinding het Liza se hipotese bevestig: “Ek is ingelig dat dit ‘n politieke moord was wat in opdrag van die destydse NP-regering uitgevoer is. Hulle sou alles in hul vermoë doen om die skuldiges aan die kaak te stel. Ek was vol moed en baie positief, maar het nooit weer van iemand by die WVK gehoor nie. Nie ‘n woord nie” (182). In die WVK-verslag word die Smit-moorde met dié van die anti-apartheidsaktivis Rick Turner (in 1978) en Renamo se Orlando Christina (in 1983) verbind (183). “The Commission received no amnesty applications in respect of the Smit killings … The Commission finds that Robert and Jeanne-Cora Smit were killed by members of the security forces” (184).

Evelen, die weduwee van ‘n vorige direkteur-generaal van buitelandse sake, Neil van Heerden, bevestig eintlik die WVK-bevinding: “Dit was en is uiters moeilik om te glo dat dit ons eie mense was wat verantwoordelik was” (202). “Sy het tydens die gesprek ook verwys ‘dat een persoon se ego so in sy pad kon gestaan het'” (203). Aan die einde van haar WVK-voorlegging verskaf Liza die volgende samevatting van haar standpunt: “Die mees tragiese is dat dit voorkom of hierdie menseregte-skending gepleeg is uit selfsug, geldmag en ego’s … Ons voorlegging kom basies daarop neer dat alle bewerings daarop dui dat die opdrag vir ons ouers se moorde op kabinetsvlak deur minstens een persoon geneem is.* Dit dui ook daarop dat die land se veiligheidsmagte vir hierdie taak gebruik is en dat die rede vir die moorde gesoek moet word in die verantwoordelikes se soeke na mag en geld, wat moontlik met staatsgeheime – waarskynlik sanksie-omseiling, olie, kernvermoë en wapens – verband gehou het” (244-245). [* Blykbaar bedoelende dat een of meer kabinetslede betrokke was, eerder as dat dit ‘n kabinetsbesluit was.]

Daar is ander (dalk verwante) faktore wat tot die Smit-moorde kon gelei het. In Frankryk het Smit as ‘n arbiter in ‘n saak tussen Alusaf en Aluswiss opgetree en teen die Suid-Afrikaanse maatskappy uitspraak gelewer, wat tot doodsdreigemente teen hom gelei het (55). Daar was ook die Salem-skeepskandaal. “Die skip het na bewering sy olie op die oop see aan Shell verkoop en dit in Durban-hawe gelewer. In 1980 [dus ná Smit se dood] is die skip vol water gepomp en aan die weskus van Afrika laat sink … Die versekering het R19,6 miljoen vir die skip en R46 miljoen vir die vrag uitbetaal. Suid-Afrika se regering is betrek by die skandaal omdat die regering frontmaatskappye gehad het wat gebaat het by die versekeringseis. Beeld het berig dat my pa moontlik op die beplanning van die Salem-bedrogspul afgekom het en gedreig het om dit openbaar te maak” (165-166). Voor hy die politiek betree het, was Smit die besturende direkteur van so ‘n frontmaatskappy, Santam Internasionaal (73).

Oor wie verantwoordelik vir die Smit-moorde was, word verskeie moontlikhede genoem, bv dat Hendrik van den Bergh vir kolonel Dries Verwey van die polisie opdrag gegee het om die Smit-egpaar te vermoor (38). ‘n Ander bron beweer dat daardie besluit deur die hoof van die polisie, Mike Geldenhuys, aan Verwey opgedra is; dat Van den Bergh nie by die moorde betrokke was nie “maar wel by die toesmeer later” (224). Dit is moontlik dat ‘n buitelander gehuur is om die moorde te pleeg (77), bv ‘n “ex-Rhodesiër” (237) of iemand uit die Kongo (234). Albei oorledenes het skiet- en steekwonde gehad. Veral die steekwonde is nie ‘n kenmerkende manier waarop blankes of Afrikaners moord pleeg nie.

In Liza se lewensverhaal is daar talle elemente wat aan tipiese sepiemateriaal herinner. Sy het as skoolkind begin rook. In 1982 het sy as agtienjarige die eerste keer getrou. Twee kinders is uit hierdie huwelik gebore, ‘n dogter en ‘n seun. Na 18 jaar het Liza geskei. Haar broer Robbie het ook geskei. Eers in hoofstuk 13 word genoem dat Robbie en Liza die aangenome kinders van die Smit-egpaar is (136). In 1996 het Liza haar biologiese ma en halfsuster ontmoet, maar haar halfbroer, James, is twee jaar tevore in ‘n motorongeluk dood. Liza was in 1964 as baba vir aanneming beskikbaar omdat haar ma toe ongetroud was en die geboorte ‘n verleentheid vir die familie was. Haar biologiese ma het twee keer getrou. Liza het nooit haar biologiese ma as haar eintlike ma aanvaar nie omdat sy baie geheg aan haar aangenome ma, Jeanne, was; baie meer as aan haar aangenome pa, Robert. “Ek het ‘n ma gehad en was nie op soek na iemand om haar mee te vervang nie” (242). Liza se biologiese pa is op ‘n jong ouderdom oorlede.

Liza het in 2001 die vyfde vrou geword van haar tweede man, wat hom aan gesinsgeweld skuldig gemaak het. Dit herinner aan Karina Szczurek se boek, The fifth Mrs Brink: a Memoir (2017); nie dat daar hier ook sprake van geweld was nie, maar bloot dat die skrywer André P Brink ook vyf keer getrou het. Liza het in 2014 van haar tweede man geskei. Dit is nadat sy in 2013 weens depressie en selfmoordgedagtes in ‘n psigiatriese hospitaal behandeling ontvang het. Liza se seun se bene is verlam sedert ‘n motorfietsongeluk. Hy is aan ‘n rolstoel gekluister. “Ek het vir hom daardie motorfiets gegee” (232). “Ons leer daagliks dat Gerrie se rolstoel eintlik die begin van ‘n nuwe lewe was eerder as die einde daarvan” (253).

Naby die einde van haar boek kom Liza met die onthulling dat haar pa, Robert Smit, by meer as een buite-egtelike verhouding betrokke was, wat groot smart vir haar ma, Jeanne, veroorsaak het omdat sy daarvan bewus was. “Hy het selfs ‘n verhouding gehad met een van my ma se beste vriendinne. Dit het uiteraard die voetstuk waarop ek my pa gesit het, laat kraak. My hele beeld van hom as pa, gesigsman, politikus en wêreldklas-ekonoom was aan flarde geruk en ek het gesukkel om te aanvaar dat hy ‘n mens met foute was … My ma was vir my die verpersoonliking van liefde en hier moet ek hoor my pa het haar verraai. Sy het nooit geskroom om hom by te staan in alles wat hy aangepak het nie en moes uiteindelik met haar lewe boet vir haar lojaliteit aan hom” (258). Ook: “My ma het al die jare die ‘skuld’ vir hul kinderloosheid op haar geneem, maar in werklikheid het die probleem by my pa gelê” (136).

Liza se vertelling toon in watter ingrypende mate die moord op haar ouers haar lewensloop beïnvloed het. “Op 22 November 1977 is ons lewens wreed ontspoor” (244). “My lewe is in ‘n lewende hel verander deur moordenaars” (109).

Toe Robert Smit die NP-kandidaat in die verkiesing geword het, het hy by verskeie geleenthede “openlik gesê dat hy iets baie belangriks bekend gaan maak sodra hy verkies is” (54). “Dit sou Watergate na ‘n Sondagskool-piekniek laat lyk” (63) en dat sy onthullings “die land sou skud tot heel bo” (68). Die skuldiges (dalk die staatshoof en/of ministers) sou aan die kaak gestel word. Vorentoe was daar twee moontlikhede. Die een uitweg was om Smit se stilte te koop deur toe te gee aan sy eise. Dit sou egter tot gevolg hê dat Smit sommige van die hoogste politici deurlopend kon afpers. Daar is bv beweer: “Smit het hierdie inligting as wapen gebruik en geëis dat hy lid van die parlement word en later aangestel moet word as minister van finansies” (69). Die ander uitweg was om hom en sy vrou te vermoor.

By die Smit-egpaar se begrafnis het John Vorster sy hand op Liza se skouer gelê. “Hy het moeg en afgerem en hartseer gelyk” (91). By dieselfde geleentheid het Pik Botha na bewering vir Liza gesê: “Hy wens hy kon meer vir ons doen, maar dat sy hande afgekap was” (92), maar Botha het dit daarna ontken (93). Hermann Giliomee noem dat Vorster ‘n “swak administrateur was … Daar was geen kabinetsekretariaat nie en die mees junior minister het in ‘n oefeningboek rekord van die besluite gehou” (Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 93). As daar tydens ‘n kabinetsvergadering oor Smit gepraat en besluit is, bestaan daar heel moontlik geen rekord hiervan nie. Dit is egter onwaarskynlik dat dáár oor so iets soos moord besluit sou word. Te veel mense sou so ‘n besluit geheim moet hou. Sowel PW as Pik Botha was kabinetslede. “Volgens PW Botha was sy van-genoot energiek en intelligent, maar ‘n ‘politieke sif’ wat te veel dinge deurgelaat en te maklik gepraat het” (Willie Esterhuyse, Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 109).

Die besluit om die Smit-egpaar te vermoor is waarskynlik deur die staatshoof of deur een of meer ministers geneem. Soos in 1990/94 is nie die Nasionale Party of die NP-regering in sy geheel skuldig nie maar moontlik ‘n klein groepie NP-lede. Volgens ‘n joernalis “het Vorster beweer dat ons pa die hele bedrogstorie met hom (Vorster) bespreek het en dat Vorster toe die fout gemaak het om die betrokke kabinetsminister in ‘n kabinetsvergadering te konfronteer. Die volgende ding wat (volgens die joernalis) toe gebeur het, was dat die Smit-egpaar vermoor is” (156). ‘n Mens vra jou af: Sou die ophaal van die saak in ‘n kabinetsvergadering nie juis die betrokke minister ontmoedig en verhoed het dat die moorde gepleeg word nie? “As ons oordeel aan Vorster se houding by ons ouers se begrafnis en aan hoe oud hy skielik voorgekom het, glo ons nie dat Vorster by die moorde betrokke was of [vooraf] daarvan geweet het nie” (157). Ook: “Ek is nogal geneig om generaal ‘Lang Hendrik’ van den Bergh te glo as hy sê hy self het niks met die moord op my pa en ma te doen gehad nie” (163).

“Nou, veertig jaar later, is die moorde steeds ‘n raaisel. Ek glo steeds dat ek en Alet naby aan ‘n deurbraak was, of dat ons dalk reeds die waarheid by iemand gehoor het en dit net nie besef het nie. Maar die waarheid was in hierdie geval baie nou verweef met leuens. Ek moes aanvaar dat my speurwerk dalk vrugteloos was en dat ek my en my gesin se lewe verniet daardeur ontwrig het. ‘n Deel van my is bly ek het dit gedoen, want nou het ek ‘n bietjie meer vrede as wat ek andersins sou gehad het. Maar die onbeantwoorde vrae bly en ek het nie ‘n ander keuse gehad as om my verlies te aanvaar nie. Ek het die pad wat ek moet loop, lankal aanvaar, al word dit nooit makliker nie” (187).

Liza se slotsom is: “Ek glo ons het met ons ondersoeke naby aan die waarheid gekom, maar ten spyte daarvan dat ons duisende kilometers agter getuies aangery het en ten spyte van baie hulp, raad en bystand deur die jare, is ons niks nader aan die waarheid as destyds nie. Is ek spyt oor die WVK-verslag? Nee, al het dit ongeveer twee jaar van my lewe oorheers, want dit was iets wat ek eenvoudig net móés doen. Ek weet ek het alles moontlik gedoen om die waarheid uit te vind en dit het vir my afsluiting gegee” (259-260).

Dan Roodt: Vanuit Warskou, Brussel en Berlyn: ‘n plan teen grondonteiening

‘n Week gelede het ek by Jan Smutslughawe geland, terug van ‘n warrelwindtoer deur Europa waartydens ons ‘n groot aantal Afrikanervriende ontmoet het en vele meer gemaak het. Let wel: Ek sê nie OR Tambolughawe nie, omdat ek hom nie as marxistiese terroris wil vereer of erken nie. (Meer oor Jan Smuts en Pole later, want soos William Faulkner gesê het: “Die verlede is nooit dood nie. Dis nie eens verby nie.”)

Waar sal ek begin om die vele opwindende vergaderings, konferensies en ontmoetings te beskryf? Ter inleiding kan die leser dalk die YouTube-video kyk wat ons sommer op ‘n selfoon by die Brandburghek in Berlyn op Vrydag 8 Junie opgeneem en dadelik aanlyn gepubliseer het:

Indien ek op dié video moeg lyk, is dit omdat die reis teen dié tyd al sy tol begin eis het: ons het byna 4000 km per motor afgelê, hoofsaaklik op snelweë tussen Lublin in Pole en Brussel, met die grand finale in die Duitse hoofstad.

Dít alles het met ‘n twiet begin! Enkele maande gelede het ek op Engels getwiet dat ons die Pole destyds ‘n toevlug gebied het toe hulle van kommunisme wou vlug, en dat hulle ons tans dalk die guns kan terugbetaal:

Twitter is ‘n vreemde medium: ‘n mens druk ‘n gedagte of idee of feit in 140 karakters (tans darem bietjie meer) uit, maar gewoonlik val dit op dowe ore, of só lyk dit altans. Groot was my verbasing dus toe ek feitlik onmiddellik reaksie vanaf individuele Pole verkry! En só, bietjie vir bietjie, het die 140 karakters op Twitter tot ‘n grootse reis na Lublin en Warskou ontwikkel, wat my ook na Brussel, die hoofstad van die EU en Berlyn, die hoofstad van die belangrikste EU-land geneem het.

My twiet is intussen 327 kere hertwiet en 636 mense het daarvan gehou. In Maartmaand was dit my toptwiet wat die meeste mense bereik het. Dit is 87 000 kere gelees.

Dit voel egter asof ek ‘n miljoen karakters nodig het om die gevolge van my eerste 140 te beskryf. Daarom moet ek miskien met die belangrikste elemente begin: die bereiking van PRAAG se doelwitte in Europa.

As ek die doelwitte skoolmeesteragtig sou moes lys, lyk hulle so:

  • Om steun van regse partye in Europa te werf vir ‘n plan teen grondonteiening;
  • om plaasmoorde en die gestadigde volksmoord teen ons verder te internasionaleer deur daarvan insgelyks ‘n Europese politieke kwessie te maak
  • om kulturele en talige diskriminasie teen Afrikaans, wat aan ander Europese tale soos Nederlands en Duits verwant is, aan Europeërs bekend te maak;
  • om die ophemeling van kommunistiese leiers soos Joe Slovo en Bram Fischer na wie strate vernoem word, onder Europeërs se aandag te bring.

In al hierdie doelwitte het ons ryklik geslaag. In drie Europese parlemente (die Poolse Sejm, Duitse Bundestag en Europese parlement in Brussel), sal die kwessie van plaasmoorde geopper word sodat regerings en alle politici daarvan kan kennis neem.

Verskeie politieke partye en bewegings in Europa is bereid om aan ons alle steun te verskaf ten einde grondonteiening te stuit: Duitse AfD en Blou Party, die Poolse onafhanklike parlementslid Robert Winnicki (voorheen van die Kukiz’15-beweging), asook die regerende Wet en Orde-party ( Prawo i Sprawiedliwość) in dié land. By die Europese parlement in Brussel het die volgende partye hul steun aan ons stryd toegesê: Vlaams Belang (België), Rassemblement National (Frankryk, voorheen Front National), tesame met mev. Janice Atkinson (tans onafhanklik, maar voorheen lid van die Britse UKIP).

Mev. Atkinson het vir ons ‘n hele konferensie in ‘n ouditorium van die Europese Parlement gereël waaraan ek, sy, Philip Claeys van die Vlaams Belang en Jacques Colombier van die Rassemblement National deelgeneem het. Aanvanklik het sy byna ‘n uur lank met my ‘n onderhoud gevoer wat oor die Europese parlement se kanaal uitgesaai is.

Mnr. Philip Claeys gaan versoek dat reisbeperkings op ampsdraers van die ANC soos Cyril Ramaphosa en sy hele kabinet op Europese vlak ingestel word, soortgelyk aan dié wat teen Mugabe en lede van ZANU-PF gegeld het nadat dié land tot grondgryp oorgegaan het.

By die Europese Parlement in Brussel het ek ‘n konferensie van die parlementêre groep “Europa van Nasies en Vryheid” toegespreek, wat goed bygewoon is. Onder andere het ek ook ‘n paar woorde in Afrikaans en Frans gesê wat getolk is. Ek het boonop versoek dat Afrikaans tot minderheidstaal in Europa verklaar word aangesien dit slegs in naam enige amptelike status in Suid-Afrika geniet en daar aktief teen Afrikaans deur die ANC-bewind gediskrimineer word.​

Agterna het ek ook met mnr. Marcus Pretzell van die Duitse Blou Party (gelei deur sy gade, Frauke Petry) gesels wat insgelyks oor Suid-Afrika bekommerd is. ‘n Jonger lid van die Franse Rassemblement National, Bastien Rondeau-Frimas, het my op Frans verseker dat “die lot van Afrikaners die een kwessie is waaroor die Franse jeug almal begaan is”. Blykbaar sal ek op ‘n volgende besoek aan Europa met twee van die belangrikste Franse politici, Louis Aliot en Marine Le Pen, kan vergader om die Franse steun vir Afrikaners verder te bespreek. Let daarop dat ongeveer vyftig persent van alle Franse onder 25 vir die Rassemblement National stem, dus is die helfte van jongmense in daardie land aan ons kant, moontlik selfs meer!

‘n Vriend en ondersteuner wat ek verlede jaar tydens my besoek aan Bonn, Brussel en Amsterdam ontmoet het, mnr. Johan Grobbelaar, het my op die tog vergesel. Ons het per motor vanaf Warskou na Lublin in Pole gereis, daarna deur Duitsland tot in Brussel en weer terug na Berlyn waar ons die toer afgesluit het; dít alles binne iets meer as ‘n week. Uitputtend, maar dubbel en dwars die moeite werd!

Besoek aan Lublin

In Lublin, Pole is ek genooi om ‘n politieke en Protestant-godsdienstige groep, Stroomop (Idź Pod Prąd) tydens hul jaarlikse politieke kongres oor Suid-Afrika toe te spreek. Dié groep word gelei deur ‘n Protestantse pastoor, mnr. Pawel Chojecki, asook die politikus en vorige liggaamsbouer Marian Kowalski. Hulle modelleer hul op president Trump en die Amerikaanse konserwatiewe beweging wat sowel ‘n Christelike as ‘n anti-liberale en anti-kommunistiese aanslag saamvoeg. In Pole is die gruweldade van kommunisme oral nog vars in die geheue en wat my verstom het, is hoe die Pole onmiddellik ons situasie as ‘n uitvloeisel van die ANC-SAKP se marxistiese ideologie begryp het. Die gedagte dat ons eiendom binnekort deur die staat onteien gaan word, vervul hulle met afgryse, juis omdat dieselfde met hulle tydens veertig jaar van kommunisme gebeur het.

Een van die skyfies tydens my lesing oor Suid-Afrika en ons kommunistiese oorname.

Die beweging Stroomop staan krities teenoor die Katolieke Kerk, vanweë hul Protestantse ingesteldheid, maar ook omdat die Roomse Kerk oor die afgelope aantal jare polities links en selfs marxisties geraak het. Die vorige Poolse pous, Johannes Paulus II oftewel Karol Józef Wojtyła, het tydens sy ampstermyn van 1978 tot 2005 ‘n meer konserwatiewe benadering gevolg en word steeds in Pole vereer, onder andere in die kapel by die Poolse parlement waar die stoel waarop hy ingehuldig is, steeds bewaar word. Die huidige Argentynse pous, Franciskus (Jorge Mario Bergoglio) is ‘n Jesuïet en ondersteuner van mevrou Merkel en immigrasie na Europa.

Hier verduidelik ek wat grondonteiening sonder vergoeding behels terwyl my Poolse tolk dit na dié taal vir die gehoor vertaal.

Interessant is ook dat vele lede van Stroomop in Lublin ‘n T-hemp gedra het met die Engelse slagspreuk: “I am a Chirstian, not a pacifist.” Ek het verskeie lede van die groep daaroor uitgevra, en hulle verstaan daaronder dat Christene bereid moet wees om hulself te verdedig, asook meer strydvaardig te wees in die konflikte wat steeds die wêreld teister, sowel in Europa as in Suid-Afrika.

Tydens my twee toesprake in Lublin het ek genoem dat daar groter ekonomiese samewerking tussen Pole en Afrikaners behoort te wees, iets wat groot byval gevind het. Sowel Pole na die tweede wêreldoorlog as Suid-Afrika tans, het onder kommunisme gely. Daardeur is mense mishandel, verontmenslik en verarm. Daarom moet miljoene patriotiese Pole tans buite die land self werk omdat hul ekonomie steeds nie groot genoeg is om aan die totale bevolking werk te verskaf nie. Net so eindig honderde duisende Afrikaners vandag in plakkerskampe of moet emigreer weens die ANC-kommunistiese regering se diskriminerende wetgewing en maatreëls.

Omdat Pole oor sy eie geldeenheid, die zloty, beskik, is pryse daar redeliker as in die eurosone waaronder Duitsland, Benelux, Italië, Frankryk, ens. val. In teorie behoort handel tussen Pole en Suid-Afrika dus moontlik te wees aangesien daar nie sulke groot prysverskille soos tussen ons en die eurosone bestaan nie. Ek was beïndruk met die gehalte van Poolse verbruikersprodukte, veral voedselprodukte. Vele van die voedselvervaardigers in Suid-Afrika staan nie net volksvyandig teenoor Afrikaners en Afrikaans nie, maar het ook hul pryse hemelhoog opgestoot.

Saam met Pastoor Pawel Chojecki van Stroomop (Idź Pod Prąd) (regs)

Danksy Stroomop en ander aktivistiese groepe in Pole, beskik ons nou oor ‘n vriendelike kanaal vir kommunikasie en samewerking met dié groot land met sy byna veertig miljoen inwoners, benewens die diaspora-Pole wat ‘n verdere tien tot twintig miljoen mense bedra.

Terug in Suid-Afrika, het ek my in ‘n muur van vyandigheid, veral van die ANC-beheerde staatsmedia, vasgeloop. Anders as vir Kallie Kriel van Afriforum, wou RSG my nie geleentheid gee om my wedervaringe tydens die Europese toer met hul luisteraars te deel nie. Volgens Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor, kan hy “niemand op RSG toelaat wat sy kollegas op sosiale media aanval” soos wat ek dit gedoen het met Lynette Francis nie. In ‘n vorige rubriek het ek verwys na Francis se “marxistiese sekte” genaamd “Praat Saam”, tesame met die werfbobbejane soos Hein Willemse, Rudi Buys en Elmien du Plessis wat hy sy as enigste “gesaghebbende” meningsvormers oor ingewikkelde kultureel-politieke kwessies gebruik.

Foeta Krige het gedreig “om Beeld te bel” wat my sou swartsmeer sodat ek uiteindelik soos Vicki Momberg in die tronk sou beland weens my kritiek op Willemse, Buys en Du Plessis. Ek vind dit nogal interessant dat RSG en die Naarpersorgane so nou saamwerk in hul propaganda-aksies teen Afrikaners wat die heersende marxistiese ideologie verwerp.

Tot dusver het daar egter niks van Krige se dreigement gekom nie, en eintlik sou ek dit geniet om deur die hoofstroom- linkse media aangevat te word, want ek het soveel minagting vir hulle en hul klakkelose, onnosele aanvaarding van die SA Kommunisteparty se idees dat ek geen so ‘n aanval vrees nie. Iewers is daar nog redelike mense in Suid-Afrika en in die buiteland wat deur die fanatisme en leuens van dié bestel kan sien.

Nog iets wat vir my baie leersaam in Pole was, was hoe ‘n groep soos Stroomop (Idź Pod Prąd) YouTube gebruik sodat hulle as’t ware oor ‘n aanlyn-TV-kanaal met direkte uitsendings beskik. ‘n Doktorale student en dogter van die stigter, Eunika Chojecka, 29, het haar Ph.D.-proefskrif opgeskop om haar voltyds aan die kanaal te wy. Tans in Suid-Afrika gebruik ons YouTube en soortgelyke kanale nog veels te min om alternatiewe media teenoor KykNET en die SAUK te skep.

In Augustus gaan ek vir vakansie terug Europa toe, maar gaan ook ‘n draai in Parys te maak om verdere kontak met Franse groepe en partye te bewerkstellig. Ek mag dalk selfs die betoging voor die SA ambassade in Den Haag bywoon.

Soos ek al voorheen gesê het, is die Pro-Afrikaanse beweging internasionaal veel sterker as wat die kunsmatige anti-apartheidsbeweging van destyds ooit was. Anti-apartheid was kunsmatig, omdat dit bloot deur ‘n klein groepie links-radikales met Skandinawiese, Nederlandse en Sowjetfondse aan die gang gehou is. Die internasionale afkeer van die ANC-bewind en die geweld van plaasmoorde is tans veel sterker onder gewone mense as wat die kunsmatige anti-apartheid ooit was!

 

Motors: Opel Grandland stof sportnutsmededingers uit

Opel se wortels dateer terug na ‘n firma wat naaimasjiene vervaardig het, en deur Adam Opel in 1862 gestig is. In 1886 begin die maatskappy fietse vervaardig en sy eerste motor volg in 1899.

Die Duitser Adam Opel het vanaf 1899 tot 1931 met beperkte aandeelhouding van General Motors uit die VSA motors vervaardig. Vanaf 1931 het GM volle beheer oorgeneem van Opel en is die motor wêreldwyd met ope arms ontvang en het letterlik miljoene weergawes van hul opwindende modelreeks verkoop. In Europa as Opels, in Australië as Holdens en in Britanje as Vauxhaulls.

In Suid-Afrika is Opel tot en met 1986 deur GM versprei, maar met die ontrekking van GM uit Suid-Afrika as gevolg van sanksies is die Delta Motor Koorporasie gestig en Opel is nie net plaaslik vekoop nie maar ook vervaardig. Met die terugkeer van GM in 2003 het General Motors weer die leisels oorgeneem. Hierdie ooreenkoms het tot Maart 2017 voortbestaan toe GM weer vanuit die plaaslike mark ontrek het. Hierdie keer het GM besluit om die Opelverwantskap van byna 86 jaar te beëindig en Opel was sommer net so sonder heenkome.

Die Franse motorreus PSA wat Peugeot en Citroen vervaardig, het opel by GM vir ‘n bedrag van 2,2 miljard euro gekoop. Wat Opel in Suid-Afrika betref, het Isuzu uit Japan wat ook onder die GM-vaandel in SA verkoop is, die fabriek in Port Elizabeth oorgeneem. Opelmotors word vanaf 1 Januarie 2018 deur Willams Hunt Handelaars versprei. Williams Hunt is al sedert 1903 deel van die plaaslike motorlandskap. Hulle is ook deel van die Unitrans Groep. Williams Hunt het landswyd takke, onder meer in Centurion, Pretoria, Edenvale, Midrand, Randburg, Port Elizabeth, Kroonstad, Klerksdorp, Humansdorp en Fourways. Hulle verskaf ook onderdele en dienste vir Chevrolet, Isuzu, Saab, Cadillac en Hummer.

Ons het die geleentheid gekry  om die splinternuwe Opel Grandland X vir n paar dae onder hande te neem.

Die Opel Grandland X Enjoy van agter

Marksegmentmededingers

Net om die Grandland X mooi te klassifiseer: hierdie is ‘n nuwegenerasie- SportNutsVoertuig. In die plaaslike mark ding die volgende motors regstreeks mee met die Grandland X: Peugeot se 3008 1.6T Allure waarop die Grandland gebaseer is, Ford Kuga 1.5T Trend out, VW Tiguan 1.4 TSi Comfortline out en dan die Hyundai Tucson 1.6 Turbo Elite.

Bakwerk

Die Opel is tipies Duits met skoon doelgerigte, onderbeklemtoonde lyne wat mooi skoon en skerp vertoon. Daar is n middelplooi op die enjinkap wat die motor meer luuks laat vertoon en van skuins voor lyk die Opel baie meer sportief, asook kleiner as wat hy werklik is. Teen 4477mm is die Opel langer as die 3008 en die Tucson, maar ‘n aks korter as die Kuga en net-net korter as die Tiguan. Die 17-duimwiele kan na ons mening nog groter en dit sal dan die motor nog meer sportief laat vertoon. Die Grandland X is wel die breedste van al die bogenoemde motors teen byna 1860mm. Wat die asafstand betref, is die Opel langer as die Tucson maar net-net korter as die Ford en die VW. Van agter is die Grandland X ‘n bietjie generies en na ons mening is die syprofiel en voorkant werklik die mooier deel van die motor. Klein plat agterliggies en ‘n daklyn wat afkom na die relatiewe klein agterruit gee die Grandland X ‘n koepeeagtige voorkoms. Van al die bogenoemde voertuie lyk die Opel die meeste na ‘n effens groter luikrugmotor eerder as na ‘n SportNuts.

Binneruim

Die Grandland X beskik oor heelwat ruimte

Opel se binneruime was nog altyd baie funksioneel, maar effens aan die plastiekerige kant. Die laaste generasie Opels is heeltemal in ‘n ander klas wat ergonomie en materiaal aanbetref. Die motor voel enige dag net so prima soos die Tiguan en strate beter as die Tucson. Daar is swart leer en sagtegevoeloppervlaktes oral waar jy sal raak as jy in die motor sit.

Die instrumente is baie goed uitgelê met alluminiuminsette net op al die regte plekke. Die geïntegreerde drukskerm wat die navigasie en radio asook ‘n hele rits ander funksies vir die verstellings van die ligte en deure, ensovoorts insluit, is maklik om te gebruik. Ruimte is ook opvallend meer as in die Tiguan en Tucson. Wat laairuimte betref, bied die Opel presies dieselfde as die Tiguan en sowat 20liter meer as die Tucson en die Ford.

Die Grandland X se instrumentepaneel

Elektriese verstelling vir die sitplekke sowel as sitplekverwarmers asook verkoelers vir die sitplekke en ‘n verwarmer vir die stuurwiel plus bloutande vir jou foon en ‘n togbeheer asook baanwisselhulpmiddels, glybeheer, blindekolhulpmiddels, asook voor- en agterparkeersensors en sybotssensors is alles deel van die Opel se skietgoed.

Enjin

Bagasieruim van die Grandland X

Die Grandland word aangedryf deur ‘n 1.6-literturbo-enjin wat 121Kw en 240NM se wringkrag lewer. Die voorwiele dryf die Opel aan deur ‘n outomatiese ratkas. CO2-uitlaatgasse is slegs 156g/km. Die enjin voel glad en kragtig en selfs met vyf mense en bagasie in die motor trek hy besonders sterk en glad. Ratskakelings is sekuur en byne soomloos en binne-in die motor is die rygehalte ferm maar tog nie so stamperig soos in die Tucson nie. Ons het die gevoel gekry dat hierdie enjin nog heelwat meer krag kan lewer as hy so bietjie gepoleer word. Beslis een van die gemaklikste en stekste 1.6-enjins wat ons in ‘n lang tyd teëgekom het.

Gevolgtrekking

Teen R465 000 is die Opel meer bekostigbaar as die Tucson en die Tiguan en slegs R27 000 duurder as die Kuga. Hy is slegs R5000 duurder as die Peugeot 3008 1.6 Alure waarop hy gebaseer is. Die prys sluit ‘n 5-jaar- 120 000km-fabriekswaarborg asook ‘n 5 jaar/90 000km-diensplan in. Na my mening kan die Opel Grandland X Enjoy nie oorgesien word wanneer daar in hierdie segment gekyk word na ‘n motor nie! Dit sal beslis my eerste keuse wees tussen al die bogenoemde mededingers.

Opel Grandland X Enjoy

Prys 4 uit 5
Voorkoms buite 5 uit 5
Binneruimgehalte en afwerking 5 uit 5
Ruimte en praktiese toepassing 4 uit 5
Agter die stuur 5 uit 5
Enjin en ratkas 5 uit 5
Op die pad 4 uit 5
Veiligheid 5 uit 5
Totaal 37 uit 40

 

Leon Lemmer: Chinese indringing in Australië en elders

In my jeug het Australië algemeen as “wit Australië” bekend gestaan. Die Australiese federasie is in 1901 gevorm en in 1931 is die land se onafhanklikheid deur Brittanje erken. In 1851 tot 1861 was daar goudkoors in Australië, soos ietwat later in Suid-Afrika. Soos in Suid-Afrika is Chinese mynwerkers en Indiese suikerplantasiewerkers in die 19de eeu in Australië ingevoer. By die blankes was daar teenstand teen veral immigrante uit China en die eilande in die Stille Oseaan, soos die naby geleë Melanesië, waarvandaan Australië se oorspronlike inheemse bevolking gekom het. Hierdie inheemses is tans minder as 3% van die bevolking van sowat 25 miljoen. In 1967 is volle Australiese burgerskap aan hulle toegestaan.

 

Anders as grootliks monokulturele Australië was Nieu-Seeland, soos Suid-Afrika, ‘n multikulturele Britse kolonie. Nieu-Seeland se Maori’s kom oorspronklik uit Polinesië en is tans byna 15% van die bevolking van sowat 4,9 miljoen. Asiate is bykans 12% van die bevolking (Chinese sowat 100 000 en Indiërs bykans 70 000), met blankes se dalende meerderheid op 73%. In 2013 was daar 54 279 Suid-Afrikaanse inwoners in Nieu-Seeland. Nieu-Seeland skyn (amptelik) minder begaan oor Chinese indringing te wees, onder meer omdat Australië se grondgebied 28,7 keer groter as dié van Nieu-Seeland is en daardie land dus meer potensiële leefruimte aan massas Chinese immigrante kan bied.

 

Juis vanweë Australië se eertydse bekendheid as ‘n blanke land is dit moeilik om te bepaal watter persentasie van sy huidige bevolking blank is. Die blankes is steeds stewig in die meerderheid maar as persentasie van die bevolking verswak hulle posisie voortdurend. Daar is bykans ‘n miljoen Chinese inwoners met ietwat minder immigrante uit die Indiese subkontinent. Daar is ook sowat ‘n kwartmiljoen Filippyne en ietwat minder Viëtnamese. Teen 2016 het 162 449 Suid-Afrikaners hulle in Australië gevestig. Soos die Britse koningshuis onlangs het Australië sedert 1973 ooreenkomstig die mode doelbewus al hoe meer multikultureel geword.

 

Toe ek met leeswerk vir hierdie rubriek begin het, het ek die volgende publikasie bestel: Clinton LeFort, White Australian policy (2014, 12p; Amazon Kindle R3,44). Daar is dosyne publikasies van hierdie outeur op Amazon beskikbaar, maar hierdie een is sekerlik die swakste waarde vir geld wat ek by Amazon ervaar het. Anders as wat ek gehoop het, bied die teks geen kernagtige opsomming van die onderwerp nie. Slegs enkele feite word in ‘n swak geformuleerde teks genoem en selfs herhaal. Daar is ook drukfoute.

 

“In 1901 in order to safeguard a higher standard of living and to maintain a unified nation of British influence a White Australian Policy was enacted” (Kindle 8). “The significant contribution of the White Australian Policy referred to the unity of one people and one nation … At first sight the White Australian Policy could be understood as a racist expression. The commonwealth [federation of Australia] had far more lofty ideas than racism. The White Australian Policy had for its sole purpose to unify the ethnic unity of the entire Australian nation; this was particularly true for the British population influence. White Australian [Policy] meant a share[d] commonality among those of the same ethnic background” (29). “Its aim was to consolidate those elements of national interest that unified British influence, while at the same time ridding itself of elements of national disunity” (45).

 

“Following the need to allow British and other European countries preference of immigration status over … non-European countries, the Australian Government between the years 1901-1973 developed a White Australian Policy. This preference was later dismantled over several years to allow other Europeans as well as non-Europeans equal status of immigration” (14). Met die Japannese het die Australiese blankes destyds ‘n beter verhouding as met ander Asiate gehad (50). Chinese immigrasie is reeds in 1855 deur wetgewing beperk (57), nadat sowat 25 000 Chinese immigrante in 1854 tot 1857 as goudmynwerkers in Australië aangekom het (62).

Oor hierdie onderwerp verskaf ‘n Wikipedia-artikel, “White Australia policy,” vollediger inligting as LeFort. Dit is veral die blanke arbeiders wat teenstand teen nie-wit immigrante gebied het. Aanvanklik is by voorkeur net Britse immigrante toegelaat omdat kulturele eensoortigheid nagestreef is en daar gepoog is om die nadele van multikulturaliteit, bv etniese wrywing, te vermy. Daarna is ander Europeërs ook as immigrante toegelaat. In 1973 is afgesien van ras as ‘n toelatingskriterium, wat in 1975 opgevolg is deur wetgewing wat rassediskriminasie verbied (‘n stadium wat tot op hede nog nie in Suid-Afrika bereik is nie). Vanaf die 1850’s was die sterkste besware deurgaans teen die Chinese immigrante. Sedert 2009 word meer Chinese as enige ander etniese groep egter as immigrante toegelaat.

In die vorige eeu is vier Statebondslande – Australië, Nieu-Seeland, Kanada en Suid-Afrika – erken as gebiede waar daar ‘n gevestigde Europese bevolking woonagtig is. In 1994 het Suid-Afrika as dié Afrika-bakermat van Westerse beskawing op ‘n verraderlike manier ondergegaan. Ons eertydse vaderland word deesdae glad nie meer as ‘n beduidende blanke enklave gereken nie. Terselfdertyd is oordrewe multikulturaliteit in Kanada nagestreef. In die bevolking van 37 miljoen is daar in Kanada meer as ‘n miljoen Chinese. Meer as 60% van die immigrante is deesdae Asiate, veral Chinese en Indiërs. Ek het voorheen verwys na wat Ricardo Duchesne oor hierdie onderwerp geskryf het (Praag 24.02.2018).

Australië is tradisioneel beskou as ‘n “outpost of the British race.” Dit is heeltemal verstaan- en regverdigbaar dat Australië ingevolge sy Wit Australië-beleid aanvanklik sodanig wou bly. Sy geografiese ligging in die Ooste, ver verwyderd van die oorwegend blanke Weste, het egter die voortsetting van hierdie immigrasiebeleid aan bande gelê. Daar is geswig voor die politieke byderwetsheid van multikulturaliteit. Australië het ‘n diverse en “oop” samelewing geword, met die noodwendige gevolg dat sy tradisionele blanke kulturele identiteit al hoe meer verwater word. Die nabyheid van China, die land met die grootste bevolking ter wêreld (meer as 1,4 biljoen), hou rasioneel (eerder as rassisties) ‘n wesenlike kulturele bedreiging vir blanke Australiërs in. Sake word verder gekompliseer deurdat sowel die in- as uitvoer van hierdie twee lande wedersyds van mekaar afhanklik is; van Austalië se kant in groter mate as van China se kant. Sy geografiese ligging veroorsaak dat Australië ingevolge sy handelsbande ‘n Oosterse land is terwyl hy ingevolge sy kultuur tradisioneel ‘n Westerse land is.

Soos in Brittanje, Wes-Europa en Kanada is daar in Australië (en Nieu-Seeland) deesdae die neiging om die gevare wat nie-wit immigrante vir die blankes se kultuur inhou, te onderskat en selfs te ignoreer; veral in politieke geledere asook in die hoofstroom-inligtingsmedia. Teen hierdie tendens in is die volgende boek van Clive Hamilton, ‘n Australiër (gebore in 1953), gepubliseer: Silent invasion: China’s influence in Australia (Richmond, Victoria: Hardie Grant Books, 2018, 376p; Amazon Kindle $11,49). Allen & Unwin sou aanvanklik die boek gepubliseer het, maar het besluit dit sou beter wees om liewer nie die Chinese regering aanstoot te gee nie (Kindle 109). Hierdie soort sensuur kan ‘n algemene tendens word. “One might expect that Cambridge University Press (CUP) would be one of the fiercest defenders of academic freedom, yet in August 2017 it buckled to pressure from Beijing and blocked 300 online articles from its respected journal China Quarterly, articles red-flagged by the Chinese censors for dealing with issues like the Cultural Revolution and the Tiananmen Square massacre” (3737).

Hamilton is ‘n dosent wat spesialiseer in toegepaste etiek. Hy gaan uit van die standpunt dat geestelike of kulturele welstand (“wellbeing”) belangriker as ekonomiese voorspoed is. “Since the 1980s, we have set economy before everything else and put power in the hands of those who tell us we must sacrifice everything to it, including our sovereignty as a free country” (5129). “There is a … reason for our sensitivity to economic pressure: the enormous influence of free-market thinking whose unspoken assumption is that the economy must come before everything else, including our freedom. China apologists repeatedly downplay or evade the importance of freedom and the threats to it. Or they insist that economic growth is the best way to guarantee freedom, as if money can buy the rule of law rather than corrupt it” (2555). “The perception of our economic dependence gives China immense influence over Australia” (2561).

Die outeur is besorg oor die toenemende houvas wat China op Australiese aangeleenthede kry; dermate dat die land se soewereiniteit al hoe meer bedreig word (169). “We have been allowing it to happen under our noses because we are mesmerised by the belief that only China can guarantee our economic prosperity and because we are afraid to stand up to Beijing’s bullying” (179). “China is the second-ranked economic power in the world (first by some measures)” (136). “Around a third of our exports go to China” (2101). Daar is “the belief (much exaggerated) that only China saved us from the 2008 global recession and has been the main source of our prosperity ever since” (184). “In addition to being our largest tradingpartner, China is ‘our largest source of immigrants, our largest source of overseas students and our largest source of international tourists'” (1384). “Australia ranks second behind the United States as a destination for the massive capital outflow from China” (2123). Maar benewens Chinese eienaarskap van Australiese bates is daar “the substantially larger amount owned by American and Japanese companies” (2118).

Aan die begin van sy voorwoord noem Hamilton dat “a handful of very rich Chinese and Chinese-Australian businessmen had become the largest donors to our major political parties. They had bought a lot of influence” (105). Daar is diegene wat beweer dat die nuwe Chinese dissipelskap vir Australië nie gevaarliker as die tradisioneel oorheersende Amerikaanse invloed is nie. Hamilton dink anders: “There is a world of difference. Australia may have sacrificed some of its independence, mainly in defence policy, to be in an alliance with the United States, although the degree is open to debate. But after decades of ‘American colonialism’ do we really feel that our daily lives or democratic freedoms are constrained by this foreign power?” (120). “The United States hasn’t attempted to erode the rule of law. Nor has it attempted to mobilise a diaspora to oppose Australian policy” (125). Hamilton verwys hier na bv die protesoptogte wat Chinese in Australië hou en die aandrang van die Chinese regering dat Chinese Australiërs lojaal aan China moet wees. China wil Amerikaanse invloed in Australië neutraliseer: “China must wean Australia off Uncle Sam’s tit” (2284). Weens die toegeeflikheid teenoor China in amptelike geledere kan hierteenoor geredeneer word: “No need to wean as this kangaroo will hop to where there’s plenty” (2284).

“The CCP [Chinese Communist Party/Chinese Kommunistiese Party – CKP) adopts a cynical attitude towards international law – use it when convenient, ignore it or denounce it otherwise” (959). “China’s Supreme Court has rejected the principle of independence of the courts from the political system as ‘erroneous western thought'” (985). “China’s legal system is not independent but a tool of the state” (985). In ‘n mate is dit ook waar van Suid-Afrika, soos bv Hermann Giliomee uitgewys het. Die CKP “condemns academic freedom as a ‘polluting’ Western idea” (1832), soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse universiteite wat geen poging aanwend om akademiese vryheid te handhaaf nie. Dit is nie net aan anti-Westerse en pro-Afrika-sentiment te wyte nie, maar ook aan kruipsug. “Academic freedom is not only the ‘moral foundation of the modern university’ but is at the very heart of free speech in Australian society” (3737).

In Suid-Afrika word vryheid van uitdrukking egter al hoe meer aan bande gelê en daar is van owerheidsweë dreigemente om dit te vererger. Die ANC sou myns insiens hartstogtelik graag vryheid van denke (veral van Afrikaners) aan bande wou lê, soos in China: “The party’s program of ‘thought management’ sets the political and ideological rules that constrain the relationship, rules that no university in Australia would accept for its own staff and students” (3742). Soos in China word “interventionist academic policing” (3652) deur die ANC-regering sonder gesonde weerstand deur al die plaaslike universiteite toegelaat. Van Australië word gesê: “Our universities ‘have substantially withdrawn their capacity for sustained, genuinely independent analysis of contemporary China or of Chinese history'” (3674). Anders as tydens apartheid, klink daar bitter min kritiek uit die plaaslike universiteite op teen die ANC-regime.

“The rate of immigration from China is too fast to allow assimilation, so that parts of Sydney no longer feel like Australia. Chinese-heritage (and other Asian) students are monopolising places at highly desirable selective schools [and universities]” (189). “There are five times more Chinese students in Australia than in the United States” (4171). “Nearly half of the students had overstayed their visas” (591). Dit is soortgelyk aan wat in Suid-Afrika gebeur. Veral aan die eens Afrikaanse universiteite word voorkeur aan swart studente uit sub-Sahara-Afrika bo blanke studente gegee sodat daardie inrigtings hulle rasprofiel ingevolge transformasie kan “verbeter”; dus sodat die kampusse so vinnig en soveel moontlik verswart kan word. Baie van hierdie buitelandse swartes vestig hulle in Suid-Afrika, onder meer omdat universiteite en ander instansies onder regeringsdruk verkeer om eerder swartes as blankes in diens te neem en te bevorder.

Daar is Chinese Australiërs wat hulleself as Australiërs beskou en eerder Taiwan (“Republic of China” – ROC) ondersteun. “They have watched with dismay and a sense of foreboding as new waves of Chinese have arrived – billionaires with shandy histories and tight links to the party [CCP], media owners creating Beijing mouthpieces, ‘patriotic’ students brainwashed from birth (but still seeking residency), and professionals marshalled into pro-Beijing associations set up by the Chinese embassy. And among many, a pervasive sentiment that ‘their hearts lie in the Chinese motherland’, as the CCP likes to put it” (194). Die CKP gaan uit van die veronderstelling dat “overseas Chinese have the potential to become politicized and mobilized as a highly coordinated ethno-nationalist force with transnational loyalties to influence political, economic, diplomatic, and military outcomes” (1057).

Die Chinese inwoners wat lojaal teenoor Australië is, “are deeply worried about the growing influence of the Chinese Communist Party in the million-strong [“over one million” – 547, 5180) diaspora in this country. They are worried about the coming backlash, when Anglo-Australians wake up to what is happening” (199). “They can see that as each year passes the number and influence of Chinese-Australians loyal to Australia are being swamped by the number and influence of Chinese in Australia loyal to Beijing and who regard the PRC [People’s Republic of China] motherland as their true home” (214). Waarna China streef is “to counter and eliminate dissent and critical voices. But this ‘negative’ goal has a positive counterpart – to use the diaspora to transform Australian society in a way that makes us all sympathetic to China and easy for Beijing to control. Australia will then assist China to become the hegemonic power in Asia and eventually the world” (553). “It’s for this reason that … the CCP now promotes emigration of Chinese nationals” (563). ‘n Ander rede is: “There are more migrants leaving China illegally than legally” (563).

‘n Kernoorweging is dat China ‘n kommunistiese land is; dat die Chinese regering en die CKP identies is. Daardie party “is engaged in a systematic campaign to infiltrate, influence and control the most important institutions in Australia. Its ultimate aim … is to break our alliance with the United States and turn this country into a tribute state” (140). Die CKP het in 2004 in Beijing op hierdie strategie besluit: “Henceforth Australia should be included in China’s ‘overall periphery'” (147) – soortgelyk aan Amerika se Monroe-leer, wat uit 1823 dateer, waarvolgens sowel Noord- as Suid-Amerika die VSA se invloedsfeer is. “Its recent occupation of islands, and the building of military bases on them, brings China’s southernmost border close[r] to [Australia]” (153).

“The first objective of including Australia in its overall periphery … was to secure Australia as a reliable and stable supply base for China’s continued economic growth over the next twenty years. The longer-term goal was to drive a wedge into the America-Australia alliance” (153). Besonderhede word deur die CKP uitgewerk oor hoe “China could most effectively attain … ‘comprehensive influence over Australia economically, politically, culturally, in all ways’ … China would also use economic measures to force Australia to make concessions on a range of matters, including military affairs and human rights” (158). “Australia (along with New Zealand) was seen as the ‘weak link in the western camp’ and has been the site for the Chinese party-state to test its methods of infiltration and subversion … Australia’s openness, relatively small population, large number of Chinese immigrants and commitment to multiculturalism have weakened our capacity to recognise and defend against this threat” (169).

“New Zealand has shown itself to be more responsive to Beijing’s demands than Australia” (941). “China plans to dominate the world, and has been using Australia and New Zealand as a testing ground for its tactics to assert its ascendancy in the West” (2205). “As the CCP sees it, Australia has three advantages as a testing ground for its expansion into the Western world. The first is our geopolitical position, which actually makes us ‘the weak link in the western camp’. The second is our very large community of ethnic Chinese, ‘people who have intimate and diverse links with the PRC, have often been ideologically trained, and a majority of whom have a strong sense of Chinese chauvinism’. And the third is our multicultural policies, which permit Chinese loyal to Beijing to promote ‘Chinese values and customs’ as excuses for advancing the positions of the CCP” (2642). Australië betaal ‘n duur prys vir sy “oopheid”; dus sy versaking van sy eertydse “bunker mentality” (2094) weens sy omarming van multikulturaliteit.

Hamilton toon met talle voorbeelde aan hoe sommige Australiese politici, wat hy by die naam noem, met oorgawe aan die Chinese regering se verwagtinge voldoen (bv 474). Ook hoe aktief die Chinese ambassade-personeel met inmenging in die Australiese politiek is, bv onder die dekmantel van frontorganisasies. “Trade unions number among the organisations in this country targeted for infiltration by the CCP’s agencies” (382). Waaroor Hamilton veral besorg is, is dat ‘n Chinese biljoenêr beheer oor die hawe van Darwin, in die noorde van Australië, verkry het (411). Dit is juis van daar af wat indringing in Australië veral in ‘n oorlogsituasie kan geskied. “A 99-year lease of Darwin Port was sold to a Chinese company with close links to the CCP in 2015. In 2014 China Merchants, a state-controlled conglomerate, paid $1.75 billion to buy the Port of Newcastle, the world’s biggest coal export port and close to the air force base at Williamstown. When the Port of Melbourne was sold to a consortium of investors in 2016, the Chinese state-owned sovereign wealth fund CIC Capital grabbed a twenty per cent share” (2344). “The United States government has learned to be more guarded. It has noticed, for example, Chinese companies attempting to buy land, ports and industrial facilities in close proximity to military installations” (2289).

Die boodskap wat amptelik deur die Chinese regering versprei word, is ‘n hervertolking van hulle geskiedenis – soortgelyk aan die manier waarop die ANC die Suid-Afrikaanse geskiedenis vervals. “It was no longer an internationalist story that united the oppressed of China with the oppressed around the world but a nationalist story that set the Chinese people against the rest of the world” (278). Daar word op die uniekheid (“exceptionalism” – 327) van die Chinese nasionale identiteit en “a strong sense of chosenness” (440) aanspraak gemaak. “No longer victims, they would be victors” (294). “The century of humiliation that ended in 1949 [when the Communists were victorious] was succeeded by a hunderd-year marathon in which China will resume its place at the centre of the world” (411). Dit is nie bloot ‘n voorstelling van China se “regaining its past glory as a great nation” nie (272) maar ‘n aanspraak dat China “the world’s greatest civilisation” is (278), wat as “socialist” (322) – en nie as kommunisties nie – gekarakteriseer word.

Die 21ste eeu toon na bewering “the great rejuvenation of the Chinese nation” (411). Terselfdertyd sal dit glo die “post-American era” wees (422). “China aims to achieve global dominance not by direct military confrontation with the United States but by pursuing economic domination” (451). Oorheersing deur handel en kulturele indringing deur migrasie word “China’s soft power” genoem (671, 722). “To be Chinese is to belong to a race” (761). Die Chinese regering bevorder ‘n “common ethnic consciousness” by alle Chinese (795). Dit is in skrille teenstelling met die identiteitsontkenning wat polities byderwets in die Weste gepredik word: dat alle mense wesenlik eenders is, dat ras bloot ‘n konstruk en eintlik ‘n illusie is, dat kultuurverskille oorbrugbaar is, dat assimilasie en integrasie van almal in die samelewing moontlik is, ens.

Teen hierdie dwaasheid in het Brittanje vir Enoch Powell gehad. In Australië is daar bv Pauline Hanson: “She made her name in the 1990s by warning darkly of Australia being swamped by Asians … ‘The Chinese are the most racist people in the world'” (817). Hanson is teen Asiate, swart Afrikane en Moslems as immigrante, asook teen multikulturalisme (kyk die Wikipedia-artikel oor Hanson). In hierdie konteks is daar die volgende kompliment: “The right is more consistent in its scepticism towards China. The right has always held a knee-jerk hostility to anything that has the word ‘communist’ attached to it” (998). Blankes wat as groep hulleself as meerderwaardig beskou, word polities byderwets veroordeel maar “Chinese historically have seen themselves as superior to other Asian people” (822). Dieselfde kan van die Japannese gesê word. Vandaar die bitterheid waarmee die Chinees-Japannese Oorlog (1937-1945) geveg is. “Accusing China critics of racism and xenophobia is an effective tactic because it builds on white Australia’s deplorable [?] history, including anti-Chinese sentiment going back to the goldfields” (2262).

In China “from the early 1990s every child who began school became the subject of an intense and unrelenting program of patriotic education” (294), wesenlik “anti-Western nationalism” (299). Die CKP word identies met die Chinese nasie verklaar (305, 327), wat herinner aan die ANC wat homself graag as die enigste verteenwoordiger van die plaaslike swartes beskou (het). “Controlling people’s thoughts obviates the need to control their behaviour and the party has striven constantly to implant patriotic thoughts into the minds of the people” (310). “Monuments, memorial halls, historical relics and museums have sprouted, all reinforcing the new narrative” (317), wat ewe-eens aan die nuwe Suid-Afrika herinner. Die Chinese party-staat “values order over freedom, ethics over law, and elite governance over democracy and human rights” (428). “The CCP line [is] that economic progress trumps abuses of human rights” (1003).

“One Belt, One Road (OBOR) – also known as the Belt & Road Initiative (BRI) – is a grand strategic agenda designed to link China as well as Africa and Oceania. Inspired by the ancient Silk Road, and first mentioned by President Xi Jinping in 2013, it now has two routes, one over land and one across the seas. The driving force behind the strategic initiative is the vast sums of cash China has in reserve for investment and foreign aid. One powerful motive is to sustain China’s economic expansion by sending Chinese money, businesses and labour overseas, with a view of diversifying energy supplies, stimulating underperforming home provinses, and cultivating outlets to fill China’s huge industrial overcapacity for steel and other building materials. Yet its ambitions go well beyond economic ones”(2371). “OBOR has found more immediate acceptance in New Zealand [than in Australia], with the National Party government willingly signing up to it” (2489).

“Ports are particularly valued because of China’s dependence on sea trade and for their strategic functions in times of peace and conflict” (2422). “In July 2017, Sri Lanka found it necessary to sell a seventy per cent stake in the [Hambantota] port to China in a bid to recover from the heavy burden of repaying a Chinese loan obtained to build the facility. The creation of crippling indebtedness is a powerful Chinese tool under OBOR. Other nations, particularly those with a history of conflict with China, like Vietnam and India, are far more sceptical, seeing the New Silk Road as a formidable means for China to advance its stategic as well as its economic dominance. An Indian scholar has argued that China is using OBOR as ‘the silk glove for China’s iron fist’. China already dominates some small and poor nations in Southeast Asia (such as Cambodia and Myanmar) and Africa (Namibia, Angola). Its growing influence in Latin America prompted the head of Mexico’s trade agency to say, ‘We do not want to be China’s next Africa'” (2410). “It would be naïve to try to separate the flow of OBOR investment funds to countries like Malaysia and Indonesia from China’s commitment to controlling the South China Sea” (2422). Hou in hierdie konteks ook in gedagte daar is “the Chinese maritime militia, a vast reserve army of military-trained civilians working in the fishing industry and ports” (2432). “It would be only a matter of time before China sent its armed forces abroad to protect Chinese owned facilities and Chinese citizens” (2444).

Oor Chinese imperialisme skryf Hamilton: “I felt fearful, afraid for Australia’s future being stolen from us by an overwhelmingly powerful force” (1086). “While a number of countries (such as Brazil and Argentina) have taken measures to stop Chinese firms buying up their arable land, Australia’s free trade agreement with China is removing barriers and global banks are lining up to facilitate the buy-up” (2134). Daar is ‘n groot wanbalans: “Australia’s import barriers are virtually non-existent while China’s remain formidable” (2609). ‘n Soortgelyke wanbalans kom by immigrasie voor: “China has very restrictive immigration policies” (4352) – soos ook Japan. Van Westerse lande soos Australië, daarenteen, word egter verwag dat hulle hulle vir ongebreidelde immigrasie moet oopstel.

“Real estate has generated more anxiety than any other China-related issue” (4415). “In 2016 overseas buyers, eighty per cent of them Chinese, snapped up twenty-five per cent of all new housing in New South Wales, and sixteen per cent in Victoria. The percentages would be higher for Sydney and Melbourne” (4432). ‘n Koerantberig verwys na “Chinese developers ‘roaring back into Melbourne’ in the second half of 2016, with three-quarters of available development sites sold to mainland Chinese investors” (4454).”Cities around the world, led by Hong Kong and Vancouver, have taken measures to severely limit real estate investment from the Chinese mainland” (4437).

Hamilton stel maatreëls teen Australië se buitensporige afhanklikheid van China voor, bv Australië “[should] embark on sustained efforts to diversify our economy so that we become less reliant on China … we should build a more balanced alliance with the United States by pursuing an Alliance of Asian Democracies, bringing together the democratic states of India, Japan, South Korea, Indonesia, New Zealand and Australia” (5155).

China is nie net besig met die “bullying of its neighbours” nie (1003) maar ook met extending its new form of imperialism in places like Africa” (1008). Naas handel, gaan dit vir China sekerlik ook om “non-commercial goals” (2156). “China is a dictatorship that controls much of the economy and uses this control to pursue political influence and regional strategic dominance” (2622) met wêreldoorheersing as sy uiteindelike doel. Kulturele indringing word met onder meer “Confucius Institutes” vermag (935). “Confucius Institutes are ‘an important part of China’s overseas propaganda set-up'” (4029). “Today there are over 500 Confucius Institutes around the world. Publicly, their tasks are to teach Chinese language, promote Chinese culture and encourage advanced China studies” (4035). Die geld vir hierdie institute “is actually provided by the CCP’s External Propaganda Department and is ‘laundered’ through the Ministry of Education” (4040).

“China must make the requirements of the socialist core values system permeate every aspect of cultural undertakings” (4104). “In the United States, the conservative National Association of Scholars (NAS) called for them [Confucius Institutes] all to be closed down. It was echoing the conclusions of the American Assosiation of Professors, which in 2014 characterised the institutes as ‘an arm of the Chinese state’, denouncing them as an arrangement that ‘sacrificed the integrity of the university'” (4064). “Several universities have closed their institutes in response to these concerns, including the University of Chicago, Pennsylvania State University and a number in Canada” (4080). Dit is amper onnodig om by the voeg dat die Universiteit Stellenbosch, wat deesdae ‘n toevlugsoord vir bykans enige euwel (insluitende kommunisme) is, ‘n Konfusiaanse Instituut huisves.

Suid-Afrika is kwesbaar vir Chinese indringing, onder meer weens die ANC-regering se onkundigheid, gebrekkige toewyding en misdadige neigings, soos korrupsie. Die ANC-regering is nie bedag op die Geel Gevaar (“Yellow Peril” – 4804) nie, net so min as wat hy hom steur aan die wesenlike gevare wat die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar vir die land inhou. ‘n Enkele familie, die Indiese Guptas, het plaaslik in ‘n merkwaardige mate met staatskaping geslaag. Die CKP kan sekerlik baie erger en meer as die Guptas in Suid-Afrika vermag. Die ANC-regering het (anders as Botswana – 2689) bv reeds geswig deur op Chinese aandrang nie die Dalai Lama in die land toe te laat nie (2684). Naas Botswana is daar ook ‘n mate van weerstand teen Chinese invloed in Zambië: In 2007 “the opposition leader in Zambia, Michael Sata, was expressing it bluntly: ‘We want the Chinese to leave and the old colonial rulers to return … At least Western capitalism has a human face; the Chinese are only out to exploit us'”(2717).

Waar sal Afrikaners tuis voel? In Afrika wat reeds deur sosialistiese swart Afrikane oorweldig is of in Australië wat al hoe meer deur Chinese ingeneem word? ‘n Moontlike antwoord is: Ware tuiskoms vereis dat Afrikaners ‘n eie tuisland moet hê, ‘n heenkome vry van brutaliteit, maak nie saak op watter kontinent nie (met die moontlike uitsondering van Antarktika).

 

Video: Vanaf die Brandburghek in Berlyn

Dan Roodt berig vanuit Berlyn oor PRAAG se pas afgelope Europese Vriendskapstoer. Hy is bemoedig deur die groot steun vir die Afrikanerstryd in Suid-Afrika veral onder jong Europeërs.

Hou die webblad dop oor die volgende paar dae vir nog inligting, foto’s en video’s aangaande ons Europese toer, asook belangrike aankondigings en nuus oor hoe grondonteiening in Suid-Afrika gestuit gaan word.