Leon Lemmer: Jonathan Jansen se anti-blanke retoriek

Jonathan Jansen

Jonathan Jansen het ‘n doktorale proefskrif oor Zimbabwe se skoolleerplanne aan die Universiteit Stanford voltooi. Ten spyte van sy beperkte ervaring van universitêre onderrig – hy was ‘n biologie-onderwyser – is hy ingevolge transformasie spoedig as dekaan van opvoedkunde aan die Universiteit Pretoria aangestel. Na enkele jare daar het hy die rektor van die Universiteit Vrystaat (UV) geword, nadat vooraf telkens die versekering gegee is dat ‘n blanke nie in hierdie pos aangestel sou word nie. Met Jansen se aankoms het die UV na bewering dadelik sy stadium van voortreflike innovering binnegegaan. In sy intreerede het Jansen die versekering gegee dat terwyl hy die UV-rektor is Afrikaans sy posisie sou behou. Voor Jansen verlede jaar uitgetree het, is aangekondig dat die universiteit ‘n eentalige Engelse inrigting gaan word. “Both the senate (representing the professors) and the council (representing all stakeholders) overwhelmingly supported the proposal for an English-medium university” (Jansen, 2017-bron hier onder, p 72). Wat na Jansen se vertrek opgeval het, is die groot mate van verligting wat daar in akademiese geledere was. Egte akademici aan veral die UV is dankbaar dat die Jansen-era met sy foefies en geite verby is. Hulle bly hoop dat die destydse akademiese ingesteldheid van die universiteit kan herleef.

My waarneming is dat daar by Jansen ‘n neiging tot loodswaai en opportunisme is. In die nuwe Suid-Afrika, waarin substansiële waardes versaak en gesonde tradisies omgedop word, was Jansen skynbaar suksesvol. Ek is nie so gunstig beïndruk met hom soos wat hy met homself is nie. Anders as wat die gewoonte by die ander Naspers/Media24-koerante is, het die Bloemfonteinse Afrikaanse koerant, Volksblad, kritiek op Jansen se manewales (hy verswyg besonderhede hieroor in sy boek) gepubliseer. Jansen beskuldig die koerant van “publishing extremely racist views of some Afrikaans alumni and community members” (201). Ek het sy destydse boek, Knowledge in the blood: Confronting race and the apartheid past (Lansdowne: UCT Press, 2009, 337p) gekoop, gelees en sy anti-blanke relaas weersinwekkend gevind.

Sy jongste boek is As by fire: The end of the South African university (Cape Town: Tafelberg, 2017, xxiii, 287p, R280; Amazon Kindle $23,34). Ek het nie een van sy talle ander boeke gekoop nie. Daar is twee redes waarom ek sy jongste boek gekoop en gelees het: Dit handel oor die huidige stand van Suid-Afrikaanse universiteite en dit gee ook die menings weer van elf ander rektore waarmee Jansen onderhoude gevoer het. Ek verskil met so baie van wat Jansen te sê het dat ek twee rubrieke daaraan wy. In hierdie rubriek beperk ek my aandag hoofsaaklik by politieke aspekte. Volgende keer sal ek oor veral akademiese sake skryf. Die boektitel verwys na die boek, The fire text time (1963), van die homoseksuele Amerikaanse aktivis vir veral swart regte, James Baldwin (1924-1987). Oor die onlangse plaaslike studente-onrus skryf Jansen: “We are being tested ‘as by fire’ … We have come through the fire before. We can do it again” (253). Daarmee erken Jansen per slot van sake die verwantskap tussen die onlangse opruiende, misdadige studentegedrag en die destydse gewelddadigheid van veral die ANC/UDF. Dit is ‘n destruktiewe erflating waarop ‘n beskaafde mens kwalik trots kan wees.

Jansen kom in die laaste hoofstuk met sy sterkste anti-blanke gif. Hy wys daarop dat universitêre onrus in die res van die wêreld, insluitende ander Afrika-lande, selde gewelddadig is. In Suid-Afrika, daarenteen, is daar die “institutionalisation” van geweld. Geweld is “routine, something repeatable, predictable, and sustainable” (243). Dan volg hierdie vraag: “How did this country at the foot of Africa come to be so violent in its social culture, institutional behaviours, and its student protests?” (243). Wat myns insiens beklemtoon moet word, is dat dit feitlik uitsluitlik swart studente en werkers is wat ons universiteite ontwrig en skade aanrig. Die gewelddadigheid behoort aan hierdie mense toegeskryf en veroordeel te word. Jansen beantwoord sy vraag egter op ‘n manier soortgelyk aan hoe swart aktiviste met die slawerny van twee en meer eeue gelede omgaan: Die skuld word op die blankes gepak.

“The violence of contemporary South Africa cannot be understood outside of the country’s history over the centuries … The violence … comes from somewhere in our past” (243-244). Met ander woorde Jansen verkies om huidige swartes nie (ten volle) vir hulle gewelddadigheid verantwoordelik te hou nie. Vir my is dit so helder soos daglig dat “bevrydingsbewegings” en by uitstek die ANC deur skandalige voorbeeldstelling die huidige geweldskultuur by die swart massa geskep het. Dit is die ANC wat getoon het dat geweld lonend is, dat geweld dié manier is om te kry wat ook al begeer word. Maar Jansen soek die fout by die blankes. Soos die mode is, begin hy by kolonialisme maar hy verklaar nie waarom ander vorige kolonies (met tradisionele rassesegregasie) nie so gewelddadig soos Suid-Afrika is nie, behalwe seker om implisiet apartheid die skuld te gee. Om die vinger na die aard van plaaslike swart mense te wys, sou polities inkorrek wees. Hy misbruik die vyeblaar van apartheid om veral Afrikaners by te kom.

Soos die ANC beskou Jansen die gewelddadige aksies van veral nie-wittes teen apartheid as moreel regverdigbaar. Maar ek gaan vir Jansen iets gee waaroor hy gerus kan nadink. In die destydse Driekamerparlement het die bruines en Asiate myns insiens groter politieke inspraak in hulle eie sake gehad as wat die blankes tans in die “demokratiese” parlement het. Die ANC ontken eenvoudig dat daar iets soos etniese eie sake in die Suid-Afrikaanse (myns insiens fiktiewe) “nasie” bestaan terwyl die ANC voortgaan om sy eie etniese troetelgroep, die swart meederheid, te bevoordeel. Nieteenstaande die beduidende politieke inspraak wat hulle in die Driekamerparlement gehad het, het baie bruines en Asiate hulle destyds onder die vaandel van die ANC/UDF by die gewelddadige swartes geskaar. Die blankes wat tans in ‘n polities swakker posisie is as die destydse bruines en Asiate wend hulle egter nie tot gewelddadige protes in die nuwe Suid-Afrika nie. Dit dui myns insiens daarop dat mense nie net individueel nie maar ook etnies-groepsgewys, dus kwalitatief, verskil. Dit kan wees dat die blankes uiteraard of van nature nie net minder gewelddadig as die swartes is nie, maar ook minder gewelddadig as die bruines en Asiate.

In sy boek stel Jansen egter die gewelddadigheid van apartheid en by implikasie van die blankes (veral die Afrikaners) voorop terwyl hy die uiterste gewelddadigheid van veral die swartes (grootliks) verswyg. Sover ek weet het die ANC nog nooit geweld amptelik afgesweer nie. Dit is heel moontlik, selfs waarskynlik, dat die ANC geweld weer op groot skaal sal mobiliseer as hy bv gevaar loop om ‘n algemene verkiesing te verloor. In so ‘n geval kan die oorverteenwoordiging van swartes in die weermag en polisiediens deur die ANC effektief misbruik word. In die ANC met sy sterk sentralisering van mag, gegrond nie net op marxisme nie maar tradisioneel ook op die stamhoofstelsel, is daar geen fundamentele gebondenheid aan demokrasie nie. Demokrasie is bloot die meganisme wat die ANC tans in staat stel om politieke mag uit te oefen. In die ANC is daar myns insiens geen wesenlike beswaar teen ‘n outoritêre eenpartystaat nie. Die ANC wil letterlik ten alle koste die politieke mag behou, soos wat hy voor 1994 ten alle koste die mag wou bekom. Dit maak nie vir die ANC saak as die land tot in die grond afgebreek word nie. Eiebelang word voorop gestel.

“What colonial intrusion did was to make violence normal, to impress violence into the systems of control and domination over African people … South Africa remained swamped in violent conflict through the years leading up to Union in 1910. The successive Union governments, as well as the apartheid governments after 1948, regularised violence in every state institution as a way of keeping black people – and the minority of white resisters – in subjugation to laws of political repression and economic exploitation” (244). Dit is suiwere, onoorspronklike retoriek.

“The long years of apartheid rule also served to entrench violence in the South Aftican psyche. The victims of apartheid – and those who struggled against it – are not relics of the past. They are living human beings bearing the scars of apartheid’s brutality … Many of them teach and lead us, even as the new generation of students contemptuously dismiss their life-and-death struggles for freedom. These embodiments of apartheid’s violence look normal, on the outside. But they, and all South Africans, have been traumatised directly and inter-generationally by the violence of apartheid” (244).

Let daarop dat Jansen deurgaans na apartheidsgeweld verwys, dus na blankes, sekerlik veral Afrikaners, as die geweldenaars. Geen woord word gerep oor die terroristiese geweld van bv die ANC en PAC nie. Let op hierdie formulering: “When ending apartheid looked impossible, ordinary people rose up against the might of the white nationalist state and brought a terrorising power to its knees” (251). Dít is iets wat Jansen in Amerika geleer het: om aan jou teenstanders iets toe te skryf waaraan jou geliefde groep skuldig is. Amerikaanse swartes is by verre die gewelddadigste groep onder die “voorheen benadeeldes,”.gevolglik keer swart aktiviste die bordjies om en beskuldig die blankes van (institusionele/ingewortelde) geweld. In die voorafgaande aanhaling doen Jansen dieselfde. Dit is die ANC wat by uitstek ‘n geskiedenis bevlek met terrorisme het, maar Jansen skryf terrorisme toe aan die “white nationalist state,” dus die blanke regering van ná 1948.

Nadat apartheid afgeskaf is, is meer mense gewelddadig gedood as tydens die anti-apartheidstryd omdat die ANC ten alle koste die 1994-verkiesing wou wen ten einde die politieke mag te bekom. Is dít ook die skuld van apartheid en die blankes of moet die fout eerder by bv die magslus en immoraliteit van ANC-kamerade gesoek word? Die frase (in die voorlaaste paragraaf hier bo) “many of them teach and lead us” verwys na bv terroriste en ander geweldenaars wat in die nuwe Suid-Afrika in topposte geprop is, insluitende ‘n beduidende aantal wat as rektore ontpop het. Jansen verwys na hierdie rektore wanneer hy skryf: “not a few activists from the anti-apartheid days” (15), dus “the appointment of cadres as vice-chancellors” (221).. Byvoorbeeld, Max Price word beskryf as “a good man, with struggle credentials” (135). ‘n Mens sou dink dat rektorskap ‘n belangrike opvoedkundige posisie is waarin misdadigers en kwaaddoeners per definisie nie aangestel word nie. In die nuwe Suid-Afrika dien dit egter op ‘n absurde manier as ‘n sterk aanbeveling. Die woord “inter-generationally” (in die voorlaaste paragraaf) het Jansen by Amerikaanse identiteitstudies gaan leen. Na eeue en talle geslagte ly swartes glo nog steeds aan die “pynlike” nagevolge van bv slawerny en word daar van hedendaagse blankes verwag om daarvoor om verskoning te vra en op te dok.

Om in te vryf hoe sleg blankes is, gaan haal Jansen die volgende ongetoetste bewerings uit die verslag van Desmond Tutu se sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie: “It was the white policeman throttling a black activist, smothering a fellow citizen with a wet bag, raping a woman resister, burning black bodies while enjoying a braai, shooting youth from the inside of a police van, throwing activists from police buildings, or hanging them in their cells. This kind of intense interpersonal violence went on for decades” (244-245). Daar is nie ‘n woord oor wat hierdie “slagoffers van apartheid” gedoen het nie. Jansen wil klaarblyklik hê die lesers moet dink dat hulle onskuldige slagoffers van blanke gewelddadigheid is. Jansen kan gerus ‘n poging aanwend om suiwer objektief die volgende vraag te beantwoord: Wie maak hulle getals- en persentasiegewys, in die verlede en in die hede, in Amerika en in Suid-Afrika, die meeste aan geweld skuldig, die blankes of die swartes?

“What made the apartheid years different from the experience of our neighbouring countries was both the longevity and the intensity of state-sanctioned violence. We were the last of the African nations to experience the end of white rule [1994], following Zimbabwe (1980) and Namibia (1990), and right up to the end the violence escalated in a desperate attempt to prevent the inevitable” (245). Hier lieg Jansen doelbewus. Hy gee voor dat blankes wat die mag wou behou primêr vir die buitensporige geweld van 1990/94 verantwoordelik was en nie die magshonger ANC nie. En wie is verantwoordelik vir die buitensporige gewelddadigheid sedert ons “bevryding” in 1994? Myns insiens die bedenklike voorbeeld van ongebreidelde gewelddadigheid wat deur veral die ANC tydens die “bevrydingstryd” gestel is. Of sal Jansen “inter-generationally” eerder die skuld daarvoor aan apartheid en dus aan die blankes toedig? Laasgenoemde lei by implikasie tot die absurde beskuldiging dat blankes eintlik vir bv die huidige vlaag plaasmoorde op blankes verantwoordelik is. Geen wonder dat die ANC-regering nie voorkeur aan die bestryding van plaasmoorde wil verleen nie; dus, die Boere kry blykbaar volgens die ANC en Jansen se siening bloot hulle verdiende loon.

Dwarsdeur die boek gebruik Jansen byvoeglike naamwoorde om sy linkse politiek aan die lesers op te dring. Hy skryf van die “notorious” Verwoerd (x), die “racial ideologue” JBM Hertzog (x) en ook die “racist” Hertzog (53). CR Swart word verwyt vir “his contribution to the racial misery of black people” (53). Jansen wou die CR Swart-standbeeld op die UV-kampus met een van Ismail Mahomed (1931-2000) vervang, die Indiër ANC-aktivis met minimale regskwalifikasies en geen ondervinding as appelhofregter nie, wat deur Nelson Mandela as hoofregter in die Appelhof aangestel is bo ‘n ervare blanke appelhofregter met ‘n doktorsgraad. Jansen vind dit blykbaar in orde dat ‘n muurpaneel van Jan van Riebeeck in die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen deesdae bedek word “with transparent glass panels bearing the names of slaves and indigenous people” (54). As Jansen se voorouers ook van die blanke kant gekom het, kan ‘n mens vra: Waarom net die blankes wegwens?

Jansen verwys na die “imperialist arrogance, capitalistic greed, and racial meanness” van Cecil Rhodes (50). Rhodes het die grond geskenk waarop die Universiteit Kaapstad (UK) gebou is (49). Maar beterweter Jansen skryf: “It was not his land to begin with … If anything, this was the land of the Khoisan that he had expropriated” (50). Die Khoisan moes seker sonder kaart en transport besluit het wat met hierdie grond gedoen moet word, “in a colonial backwater that was at once racist and homophobic … Rhodes had the audacity to claim he was bringing ‘civilisation’ to the Dark Continent” (50). Dus, volgens Jansen was daar selfs vir die Khoisan geen heil in die koms van die Westerse beskawing na Afrika nie. Maar as die terrein waarop die UK gebou is eintlik aan die Khoisan behoort, is dit sekerlik die blankes wat op die eienaarskap van al die verbeterings op daardie grond aanspraak kan maak. Desnieteenstaande aanvaar Jansen en diesulkes sonder meer dat swartes, indien nie ten volle nie dan ten minste deels, op eienaarskap van die UK aanspraak kan maak. Volgens hierdie redenasie behou nie-wittes eeue lank hulle aanspraak op eienaarskap van bv grond terwyl blankes vanselfsprekend afstand van hulle eienaarskap van infrastruktuur moet doen. Dit is sekerlik ‘n geval van rasgebaseerde dubbele standaarde.

Benewens sy afkeure skryf Jansen goedkeurend van die “struggle hero” Beyers Naudé (x, 53), die “erudite” Njabuklo Ndebele (68), die “respected journalist” Henry Jeffreys (127). die “energetic” Kader Asmal (156), die “respected academic” Mahmood Mamdani (156) en die “struggle hero” Chris Hani (245). ANC-kamerade soos Nelson Mandela en Govan Mbeki behoort glo aan “the greatest generation” van Fort Hare-studente (143), al het Mandela as moeilikheidmaker nie sy graadstudie daar voltooi nie. Jansen hou van Jakes Gerwel se “rethinking of Afrikaans,” André Brink se “anti-apartheid literature” (166) en Bill Nasson se “reinterpretation of the South African War” (167). Jansen bedoel die Anglo-Boere-oorlog, maar hy verkies om eerder die Britse benaming te gebruik, waarmee hy ook die term “Boer”, waarin hy ‘n renons het, vermy.

Xolela Mangcu en Christi van der Westhuizen word beskryf as “two activist-intellectuals” (129). Die uiters anti-blanke Mangcu skryf glo “thoughtful articles in the media” (235). Die Jansen-UV het dit sinvol geag om ‘n “progressive” beeldhouwerk, “resistance art”, blykbaar ‘n sameflansing van “scrap-metal waste”, van die bruin “struggle artist”, Willie Bester, te koop en op die kampus uit te stal (129). Dit is nog ‘n Jansen-foefie maar is die soort beeldhouwerk wat hy bo die volwaardige standbeeld van CR Swart op die kampus verkies. Jansen skryf ook van die “rich and inspiring struggle songs from the past” (80), “a proud tradition of anti-apartheid protest” (2) en “the heroic struggles of students against apartheid in the 1970s [Jansen’s UWC student era] and 1980s” (216).

Vir hulle bydrae tot sy boek gee Jansen in die voorwerk erkenning aan twee radikaal linkse elemente in die UV se Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid, die bruin direkteur, André Keet, en sy blanke adjunk, JC van der Merwe (xix). Hierdie Instituut het in die plek van die Reitz-koshuis gekom. Vier blanke studente het op ‘n video gemaak asof hulle op die kos van vyf swart werkers urineer (99). Die gebeure is opgeblaas tot die Reitz-insident. Jansen noem dit “the racist Reitz scandal” (199). “The Reitz incident of 2007/08 remains the event against which all subsequent racial incidents are bookmarked in all media forms” (214). Hoekom? Want dit “constituted the most serious human rights violation on a university campus in the post-apartheid period” (99). Net ‘n uiters bevooroordeelde mens sal so ‘n stelling maak. Niemand is gedood of beseer of selfs werklik skade aangedoen nie. Die blanke studente is geskors en die UV het skadevergoeding aan die werkers betaal al is hulle nie werklik benadeel nie. Is daar al ooit owerheidsvergoeding aan die blanke naasbestaandes van ‘n plaasmoord betaal? Moet blankes maar leer om dubbele standaarde te aanvaar al het die groot era van geregtigheid glo in 1994 aangebreek? ‘n Petrolbom is in die kantoor van die rektor van die Universiteit Kaapstad gegooi. Watter beswaar opper Jansen daarteen? “What if there had been in there a black woman cleaning” (137). Oor wit slagoffers van geweld bekommer Jansen hom skynbaar nie. Heel aan die begin van sy inleiding verwys Jansen reeds na “the long, dark days of apartheid” (1). Het dit nie in Suid-Afrika, insluitende sy universiteite, sedertdien akademies stikdonker nag geword nie?

Volgens Jansen is Afrikaans “not simply a language of instruction; it was a symbol of exclusion” (71). Afrikaans “remains deeply associated with the casual [gemaklike, ongeërgde, onverskillige?] violence, racism, and contempt against black people … Afrikaans will not endure as a language of instruction in any South African public university. Its powerful political symbolism through association with the apartheid past weighs far too heavily in the inherited memories of black students” (77). Jansen assosieer Afrikaans sonder meer met “racist whites” (137). Die rektor van die Noordwes-Universiteit, Dan Kgwadi, “appeared to be less enthusiastic about their [racist whites’] self-apportioned cultural asset, Afrikaans” (138). Uit hierdie formulerings spreek Jansen se weersin in sy moedertaal, Afrikaans, baie duidelik.

Hy verwys na die Universiteit Stellenbosch se berugte Luister-video waarin glo aangetoon word “how Afrikaans actually functions to humiliate and harass non-Afrikaans speakers and … ensure their failure on the campus, in the classroom, and in the dance halls, food outlets, and bars of the surrounding community” (72-73); asof dit die verantwoordelikheid van die universiteit is om die hele dorp te transformeer. Jansen se lagwekkendste opmerking ten koste van Afrikaans is dat hy net “rudimentary” Afrikaans geken het toe hy ‘n UWK-student geword het (104-105). Die waarheid is dat die UWK van 1960 tot 1987 ‘n tweetalige maar oorwegend Afrikaanse universiteit was omdat Afrikaans die moedertaal van die meeste studente, insluitende Jansen, was. Dit is eers tydens Jansen se studietyd in Amerika dat hy besluit het dat Engels sy eerste taal is. Maar hy kan gerus ernstige oorweging skenk aan die volgende frase van Ngugi wa Thiong’o wat hy aanhaal: “The colonial ‘language was the means of spiritual subjugation'” (160).

Oor die eens Afrikaanse universiteite beweer Jansen: “Openness in the culture of these campuses was never ingrained in their founding missions or operating ideologies. Instead they were, more than the liberal [white English] universities, direct offspring of the apartheid state with security built into their institutional DNA as a defense against perilous ideas from the outside” (89). Die waarheid is egter dat feitlik al die eens Afrikaanse universiteite voor 1948 gestig is en daar deurlopend stemme teen apartheid op daardie kampusse opgeklink het. Daar was toe ‘n veel groter uitwisseling van verskillende menings as tans omdat net linkse, bv marxistiese, idees deesdae as aanvaarbaar geag word. Enige uiting wat nie links is nie word as verregs geëtiketteer en nie deur die universiteitsowerhede geduld nie.

In 1960 het die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) met onderrig vir bruin studente begin. Die universiteit is teen groot koste met die geld van veral blanke belastingbetalers opgerig, uitgebou en onderhou. Die UWK het goeie tersiêre onderrig binne die bereik van talle bruines gebring wat andersins daar sonder sou moes klaarkom. Aan die UWK het bruin kultuur ‘n bloeityd beleef soos nooit voorheen nie. Dit was eers tydens die rektorskap van Jakes Gerwel (1987-1994) dat toegelaat is dat die universiteit met swart studente, self dié sonder universiteitstoelating, oorstroom word en die vrye uitlewing van bruin kultuur aan bande gelê is. Hierdie verswarting van die UWK het nie sonder teenstand uit bruin geledere verloop nie.

In die voor-Gerwel-era het die oorgrote meerderheid studente studiebeurse van die Departement Kleurlingsake ontvang. In die jare sewentig was Jansen ‘n UWK-student en hoogs waarskynlik ‘n beurshouer van die “apartheidsregime,” al het hy dit nog nooit erken nie. Daar is ook geen erkentlikheid by hom vir die akademiese vorming wat hy daar ontvang het nie. As die UWK nie bestaan het nie, sou Jansen nooit sy eerste graad verwerf het nie. Hy was ‘n ondankbare maar hoogs bevoorregte student terwyl hy nie op voltydse tersiêre studie geregtig was nie. Om politieke redes vind Jansen dit nou nodig om die akademiese gehalte van sy BSc-graad te diskrediteer.

Met die vorige twee paragrawe as agtergrond kan die volgende uitlatings van Jansen beoordeel word:

“Black institutions of higher learning were originally created as sites of inferior education … Like the other bush colleges [universities], the University of the Western Cape (UWC) was designed to fail. It was heavily staffed by second-rate Afrikaner academics who could not make the grade at the well-funded established universities, such as the nearby Stellenbosch. UWC was deliberately denied high-status disciplines such as medicine and engineering. Its original facilities were barely comparable to those of a white high school in the leafy suburbs. There were no spacious sporting grounds with high-quality atheletics tracks and state-of-the-art gym facilities. The library holdings were elementary, and luscious lawns and gardens that adorn the marketing brochures of most ambitious universities did not exist” (104).

Jansen het die vermetelheid om gratis op al hierdie dinge aanspraak te maak by ‘n universiteit wat ‘n dekade oud was. Alles wat Jansen van ‘n universiteit begeer het, is mettertyd teen groot koste deur die blanke regering bygevoeg. Aan die begin van die jare sewentig, dus voor Jansen sy opwagting as student gemaak het, het die UWK reeds oor ‘n indrukwekkende biblioteekversameling beskik wat uitstekend geadministreer is. Geen student is in hierdie opsig benadeel nie. Die stelling dat die UWK “was designed to fail” is ‘n inflame leuen. Die NP-regering het skool- en universitêre onderwys verskaf wat stukke beter was as die ANC-regering se latere pogings, ook wat onderwys aan nie-wittes betref. Maar Jansen skryf neerhalend van die “microwaved diet of Bantu Education” (231). Die UWK en Durban-Westville, die universiteit vir Asiate, het uitstekende dosente getrek omdat hierdie twee universiteite in groot stedelike gebiede geleë is. In talle gevalle het uitgelese akademici van blanke universiteite poste aan die UWK aanvaar.

Toe die UWK in 1960 begin het, het die Universiteit Stellenbosch maar pas daarin geslaag om ‘n mediese fakulteit te kry. Die regering was toe nie en is steeds nie finansieel daartoe in staat om die duur fasiliteite wat mediese en ingenieursonderrig verg aan iedere universiteit te vestig nie. Die afwesigheid daarvan aan die UWK kan dus nie aan apartheid toegeskryf word nie. Jansen swyg oor die Fakulteit Tandheelkunde wat in die jare sewentig aan die UWK gevestig is. Daar is besluit dat Asiatiese studente van Durban-Westville en bruin studente van die UWK om die helfte die beskikbare plekke sou deel omdat die regering nie terselfdertyd sulke fasiliteite ook by Durban-Westville kon bekostig nie. ‘n Uitstekende akademikus, Manie Breytenbach, is as die eerste hoof van tandheelkundige opleiding aangestel. Hy het aan my genoem dat nie ‘n enkele bruin student suiwer akademies vir toelating tot die beperkte aantal plekke in hierdie studierigting sou kwalifiseer nie omdat daar elke jaar genoeg akademies heelwat beter Asiatiese studente aansoek gedoen het. Die regeringsvoorskrif was egter dat Asiate en bruines die fasiliteite om die helfte sou deel, gevolglik is ooreenkomstig gehandel. Dit is bekend dat bruines die bevolkingsgroep is wat hulle persentasiegewys die minste op tersiêre vlak laat geld. Juis daarom kan die talle bruin rektore, insluitende Jansen, wat skielik in die nuwe Suid-Afrika ontpop het myns insiens onmoontlik suiwer akademies regverdig word. Is Jansen se insinuasie dat die UWK mediese en ingenieursopleiding moes verskaf het sinvol as daar nie ‘n beduidende getal bruin studente was wat daarin suksesvol kon studeer nie? Soos Jansen in ‘n ander konteks oor nie-wittes erken: Sulke bruin studente was “simply not there” (235).

Fort Hare, Zoeloeland en die Noorde (Turfloop/Limpopo) was die eerste drie universiteite vir etniese swartes. Omdat hulle in afgeleë nie-stedelike gebiede geleë is, het die “apartheidsregime” maandeliks ‘n gebiedstoelae bo en behalwe ‘n salaris aan iedere dosent betaal ten einde beter, verkieslik akademies goeie, dosente te trek. Die nuwe etniese universiteite (Fort Hare was die uitsondering – dit was ‘n bestaande universiteit wat deur die NP-regering oorgeneem is) het almal jaarliks ‘n ekstra vestigingstoelae van die NP-regering bo en behalwe die gewone owerheidsubsidie ontvang, juis om die geriewe te ontwikkel wat Jansen aan iedere universiteit verlang.

Die toestand waarin die eens etniese universiteite (trouens alle plaaslike universiteite) sedert 1990 akademies en andersins verval het, is nie ‘n betroubare weerspieëling van wat die etniese universiteite eens was nie. Hoe meer die eens etniese en ander universiteite deur ‘n oorwegend swart raad, rektor en bestuur, dosente en studente oorgeneem is, hoe verder het hulle akademiese aansien gedaal. Maar dan is dit Jansen wat skryf van “the darkest days of the apartheid state’s assault on universities … those dark decades” (126). Dit kan politieke duisternis wees waarvan Jansen uit sy oogpunt skryf, maar nie akademiese duisternis nie. Deel van Jansen se slegsêery is dat die eens etniese universiteite glo “ethnic birthmarks” dra (105). Dit is myns insiens net mense wat nie op hulle etnisiteit trots is nie wat ‘n weersin in etnisiteit as sodanig het. Die punt is dat Jansen ‘n onbetroubare skrywer oor die Suid-Afrikaanse universiteitswese is weens sy renons in apartheid, blankes (veral Afrikaners) en Afrikaans.

Ten slotte moet ek die aandag vestig op seker die irriterendste kenmerk van die boek: die buitensporige mate waarin Jansen vir homself lof het. Reeds in sy 2009-boek het hy sy voortreflike leierseienskappe hemelhoog geprys. In sy jongste boek sit hy hierdie betoog voort. “In writing this book, I have interspersed my own leadership experiences among those of my eleven colleagues” (xvi). “The leadership task is almost impossible” (21). Jansen “spent most of my working life teaching and leading young people” (27). “A university leader’s academic speciality … affects the way he or she leads” (18). Daar kan waarheid hierin wees. Hy verwys na ‘n rektor wat “a curriculum specialist” is en hier het hy ongetwyfeld homself op die oog.

Oor leerplanne haal Jansen die volgende op: “Those in power consciously select what is worth teaching and knowing and, in the process, assign value to what goes in and what is left out of the curriculum” (155). Dit beskryf seker die manier waarop skoolleerplanne deesdae in Suid-Afrika met sy ideologie-behepte ANC-regering saamgestel word. Alles hoef egter nie verpolitiseer te word nie. Op universiteitsvlak kan suiwer akademies, bv so ideologies neutraal moontlik, oor leerplanne besluit word. Sommige vakgebiede, bv wiskunde en van die natuurwetenskappe, leen hulle kwalik tot verideologisering. “Claims that science is ‘colonial’ and needs to be scrapped ‘as a whole’ … are, of course, ridiculous” (156). “For the pan-Africanist, the call for Africanisation in the curriculum is a nationalist imperative that asserts African identity and rejects the imitation of Europe in the quest for African knowledge, culture, and aspirations in the substance of what we teach and learn. For students, this means reading books by African authors, learning about artworks by African artists, rediscovering African greatness through scientific achievements by Africans [examples?], studying African cinematic works, and so on. Crudely put, the curriculum is and should be about Africa, not about Africa in relation to Europe and the distant West” (159-160).

Heimlik dink Jansen dat hy as opvoedkundige ‘n voorsprong bo ander rektore het. In werklikheid misluk opvoedkundiges wat, soos Jansen, voorheen skoolonderwysers was dikwels in die akademie omdat hulle wesenlik onderwysers bly en nie groei tot volwaardige akademici nie. Hy beweer rektore werk “eighteen hours a day and over weekends” (4). Later blyk dit dat hy eintlik na homself verwys het. Na sewe jaar as rektor van die UV het hy uitgetree: “Seven years of working eighteen hours a day” (13). Dit is ongetwyfeld ‘n erg oordrewe aanspraak. Jansen spog dat hy as ‘n Stanford-navorsingsgenoot, wat in Oktober 2016 begin het, vier boeke voltooi het (xix). Blykbaar spreek hy tot ‘n leërskare aanhangers: “more than 90 000 followers on my Twitter account and 5 000 followers on Facebook” (215).

My indruk is dat rektore in die nuwe Suid-Afrika dikwels deurslaggewend om nie-akademiese, veral politieke, redes aangestel word. Volgens Jansen, daarenteen, is rektore ‘n begaafde uitsoekgroepie met skaars talent. Jansen is uiteraard een van hulle. “Among them [vice-chancellors] are some of the best available scholars, leaders and managers of these vexed institutions called universities” (250). Hy lys die elemente van “the weight of scholarship” waarvoor hy klaarblyklik homself as model gebruik: “research publications, scholarly books, funding grants, students supervised and graduated, international esteem, and so on” (236). Jansen “raised more than R1 million” om UV-studenteleiers na Duitsland en Pole te stuur “to see how Jews and Germans dealt with memory and memorials from the great tragedy of the Holocaust” (54-55). Hoekom juis Duitsland en Pole besoek? Omdat Jansen die Holocaust met “the great tragedy” van apartheid assosieer en hy hierdie (grootliks fiktiewe) verband by daardie studente wil tuisbring.

As rektor het Jansen nie al daardie harde werk gratis gedoen en sy gewaande uitmuntende leiding kosteloos verskaf nie. Hy het ‘n buitensporige salaris plus rojale byvoordele ontvang. Maar die goeie Jansen het nie alles materialisties vir homself gehou nie. “I once again dipped into my personal banking account. But if my wife found out I would be dead meat; we were already supporting too many students from the family budget. And I could not bear my secretary coming into my office and once again giving me those big eyes that said, ‘Alweer’ (Not again). That would be infinitely worse than appearing before a long-suffering priest to confess that you had sinned again” (28). Ek wens Jansen kon byvoeg dat ras geen rol by sy goedertierenheid speel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Ons praat nou van dieselfde Jansen wat op KookNET se Kwêlaprogram ‘n paar jaar gelede hierdie rustige, kalme, vaderlike figuur, gesinsmens, mense-mens uitgestraal het om nasiebou te bevorder? Waar daar vir alle rasse ‘n plekkie onder die son gegun word nie? En het die ATKV-tydskrifte nie bladsy op bladsy oor hom geskryf wat hy alles vir Afrikaans beteken nie? Donder, dis nou beeldpoets. Dankie mnr. Lemmer.

    En terloops, in die volgende berig, hoeveel foute wys hy oor homself uit? ‘n Mens moet neutraal oor mensself wees.

    • sussie se vissie

      Hoor jou.
      Die keer saamstem met vorige repliek-kommentators.
      Sou nie twee woorde afstaan aan hierdie obese jingoistiese tweegevreet totnot nie.
      Al te fraai en oënskynlik Afr puriteins tydens o/houde op Kyknet.
      Vreet hy en sy ewe totnot-gesin uit by KFC N1 Stad….is dit ‘dêrrie’ voor en ‘dêrrie’ agter.
      Sou veel eerder sien Leon here en dames onder die loep neem…wat saak maak.
      ‘Waste of time….on this bloated bag of shyte’.
      Gee 10-jaar…en mense sal die herinneringe van n Joggie Jansen oproep.
      Leon se skrywe poleer die glans van n ster wat gedog het….hy skitter eens.

  • Karel Combrinck

    Wat op aarde sou ‘n mens tog nou kon sê oor Zimbabwe se skoolleerplanne wat ‘n doktorsgraad verdien. Die een of ander wit liberaal by die Stanford Universiteit het hom opngetwyfeld gehelp om, iets uit hierdie miserale onderwerp op te tower. En is Zimbabwe se onderwysstelsel nou ‘n model vir ons? Is dit die soort patroon vwat Jonastoon op ons wil afdwing? Foeitog, ons is dan alreeds ‘n rommelrepubliek.

    • More Karel,
      inderdaad. mens kan net jou kop in ongeloof skud. Hulle dwaal rond in hul eie droomwêreld en verdwaal hulle ook nog.

  • Dis nie vir my beskeidenheid duidelik waar die grootste kulturele angst berus nie. By die “wittes” of by die Afrikaan? Ons kom nie verby die spasmiese “knee-jerk” reaksies jeens mekaar se kultuele verwagtings nie. Plaas ons mekaar nou in groter gefokusde opgewassenheid begin uitlos en elkeen sy/ haar Selfbeskikking en Selfbestuur doelwitte, – veral volhoubare sosio-ekonomiese doelwitte, – begin werklikheid maak. “Showmanship to stewardship” soort van ding. Dis tog duidelik as mens gaan oplees in die Volksraadverslag aan die Buiteland en werke soos die van ds. F.N. van Niekerk oor invloed in die kerke, Gunter Schicklgruber oor die politieke landskap of advokaat P.J. Pretorius oor Afrikanersake om maar enkeles in die SA politieke konteks te noem, dat die “bende aktiwiteite” volstoom voortstoom met bitter min, indien enige postiewe of volhoubare uitkomste op die grondvlak. Die blanke man, vrou en kind op die grond sal moet hande vat en klein sosio-ekonomiese ko-operasies moet bewerkstellig om sover moontlik van die gekhede rondom ons te oorkom en te oorleef. Selfbestuur op grondvlak is daagliks meer krities, want die mallemeule, sirkusse, narre, vryval-omval en angst-gedrewe korrupsie (waarmee doktorsgrade verwerf word sonder beoordeling van integriteit) wys min kans tot werklike vrugte wat sal hou. Medeburger in die Nuwe SA, – ruk daardie giftige aarvoeding uit jou lyf, oorwin die vries-reaksie en kry koers!

    • sussie se vissie

      Sielsmoeg vir n pleidooi om alewig plystertjies op rofies te moet plak.
      Die onafwendbare versugting ( anders as jou essay ) – op te som in twee sinne:
      Ek soek n leier. ( anders as n kultuurmeester )
      n Bestel waaronder ek in rus & vrede mag oud word. Ek ag my geen mot wat in n kokontjie sy bestaansreg opeis nie.

      • Vissie … snik! … jou stoel was weer leeg om die ASK se vergadertafel. Kom lei ons, – toe, asb. (En Vissie, gee kans asb. Mens moet baie oefen as jy ook eendag vir Praag wil skryf!)

        • sussie se vissie

          Jou aspirasies versinnebeeld juis dit wat ek ondervind as ek na die klomp kultuurpoppies se str@nt op ASK-podiums te moet sit en luister.
          Hul skryf en praat vir n gehoor, met verskuilde/altruïtiewe motiewe daaragter.
          Eet eerder 1kg T-skyf in versadiging – as om die pyn van 20kg spookasem ( getooi met fieterjasietjies ) – te moet verorber.
          Nietemin.
          Leef jou drome uit. Slegter as sekere ander Praag-bydraers kan dit seker nie.

          • Vissie, jou moontlike sinisme kan sekerlik beter gefokus vrugte dra daar by die ASK! Of wil jy nie ‘n mosie vir die nuwe Volksraadmandaat by http://www.vvk.co.za indien nie, asb? Jy kan almal mos mooi reghelp uit jou ondervinding en versameling motgevrete T-hemde. Ek stem saam oor die spookasem en die warm-lugborrels, – dit speel onproduktief maar betowerend vir die kanondonkies en kanonvoer wie getrou ledefooie of tiendes bydra, inderdaad. Dis gaan mos nou al vir jare van Afrikaner misleiding voort d.m.v. Selfbeskikkingsgeelwortels en dan die strategiese selfbeskikkingsbal-neergooitegniek, van die speelveld sonder doelpale afstap en alwetend van die kantlyn-af advies gee (terwyl ander bronne ‘n onrusbarende geheelprentjie van als skets). Baie dankie vir die grasie tot skryfstylinoefening, Vissie. Waardeer opreg.

      • Bittereinder

        Pleistertjies en kokonnetjie.

        • sussie se vissie

          …so kom ons om…so kom ons om.

  • Skisofreen

    Was vir my net nodig om tot by Stanford te lees om die opstel te verstaan. Hulle het egter ‘n interessante sin vir humor (let op die gewel):
    http://www.mosaicsouthafrica.com/1892-spookhuis/history/