NG Kerk-dominee verwerp Calvinisme, omhels ‘diversiteit’ (Islam en Judaïsme)

‘n NG-predikant van die Groote Kerk in Kaapstad, ds. Riaan de Villiers, het ‘n herrie ontketen omdat hy na afloop van ‘n kerswaak vir die vermoorde Moslems van Christchurch gesê het dat die Calvinistiese uitverkiesingsleer verwerp moet word. Alle gelowe moet omhels word en dit sou selfs “rassisties” wees om te glo dat alleenlik Protestantse Christene gered word.

Hy het ook gesê dat “Jesus oor Moslems treur”. Gewoonlik word Christene deur Moslems as “ongelowiges” beskou, met verskeie verse in die Koran wat Moslems oproep tot djihad of “heilige oorlog” teen die ongelowiges.

Lede van De Villiers se gemeente is aangemoedig om verlede Sondag die kersweek in die Anglikaanse St. Georg-katedraal in Kaapstad by te woon.

Volgens ds. Riaan de Villiers is die aanval deur Brendon Tarrant in Christchurch op ‘n moskee die “produk van ’n giftige vermenging van denkwyses soos onder andere nasionalisme, rassisme, vreemdelingehaat en misplaaste geloofsoortuigings van uitverkorenheid.”

By implikasie het De Villiers Protestantse Calviniste wat wel aan die uitverkiesingsleer glo as “medepligtig” aan Brenton Tarrant se terreurdaad beskou kan word.

“As die kerk dié sienings in hulle midde akkommodeer of toelaat, is hulle medepligtig,” het De Villiers gesê.

Daar is ook gepraat van “Moslembroers en -susters”, waaroor De Villiers sedertdien gekritiseer is.

Ds. Riaan de Villiers het aan Die Kerkbode verklaar: “In Christchurch is kinders van God met onbeskryflike geweld om die lewe gebring terwyl hulle besig was om te bid. Jesus treur hieroor en sy kerk behoort hierdie mense te omarm en saam te treur.”

Die Kerkbode berig verder dat Jacques Strydom, ’n lidmaat van die Groote Kerk, sê hy het eers die waarde van die kerswaak besef toe hy sien hoe “divers” die bymekaarkoms is. “Dit maak my opgewonde dat kerke nie net oop kan wees vir verskillende mense nie, maar selfs ook vir ander gelowe,” sê hy.

Intussen woed ‘n polemiek rondom De Villiers se uitsprake op die Facebook-blad van Die Kerkbode.

In sy reaksie het ds. Schalk Strauss van die APK gesê: “Ek glo nie wat ek lees nie! Niemand keur die sinnelose geweld goed nie, maar om te beweer: ‘In Christchurch is kinders van God met onbeskryflike geweld om die lewe gebring terwyl hulle besig was om te bid. Jesus treur hieroor en sy kerk behoort hierdie mense te omarm en saam te treur’, is verregaande! Jesus Christus treur eerder oor valse uitsprake soos hierdie!”

In nog ‘n plasing op Facebook, sê Hans Steyn: “Die dominee moet van sy amp ontneem word en geskors word vir die skokkende uitlating — Moslems is mense en verdien simpatie maar hulle bly heidene.”

Sowel die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika as die Joodse Raad van Afgevaardigdes het vóór 1994 terreuraanvalle op onskuldige burgerlikes in Suid-Afrika ondersteun of goedgepraat. ‘n Moslem, Aboobaker Ismail, het ‘n sleutelrol gespeel om die Kerkstraatbom van 20 Mei 1983 te laat ontplof.

Leon Lemmer: Denis Worrall: Verligtheid baar die nuwe Suid-Afrika

Deesdae mag daar eintlik nie oor ras gepraat word nie. Ons is glo almal net mense. Daar is dus net een ras, die menseras. Almal word as gelyk en wesenlik eenders beskou. Almal is dus bekwaam genoeg om almal se lot te bepaal; vandaar demokrasie. Die meerderheid moet die oppergesag uitoefen anders word ‘n misdaad teen die mensdom gepleeg. In die Suid-Afrika van weleer is vier rasse onderskei: blankes, bruines, Asiate en swartes. Die blankes het die oppergesag uitgeoefen. Onder hulle leiding is die land ontwikkel tot die suksesvolste en voorspoedigste in Afrika. Die blankes het van die veronderstelling uitgegaan dat hulle die land beter as die nie-blankes kan bestuur. Daar was dus ‘n hiërargie van rasse. Deesdae word geredeneer dat sodanige hiërargie op stereotipering berus; dus dat ‘n valse veralgemenende beeld van die kwaliteit (bv kundigheid, bekwaamheid) van daardie vier rasgroepe doelbewus deur die blankes ter eie bevoordeling geskep is.

Binne die tradisionele rasgroepe kan verskillende etnisiteite onderskei word. Wat opval, is dat diegene wat ‘n geskiedenis van (relatiewe) prestasieloosheid het, verkies om die werklikheid van ras- en etniese groepe te ontken. Op hierdie manier deel die nie-presteerders in die prestasies van die presteerders. ‘n Ons/hulle-onderskeid word as uit die bose beskou. Die nie-presteerders ag hulleself gevolglik as die gelyke vennote van die presteerders. As die nie-presteerders in die meerderheid is, verseker ‘n demokratiese opset (een mens, een stem) dat hulle ‘n kwalitatiewe minderheid kan oorskadu; dus dat hulle ‘n polities meerderwaardige posisie inneem; selfs ‘n moreel meerderwaardige posisie deur bv te lieg en die geskiedenis te herskryf.

Naas ‘n blanke, bruin en swart ras word ‘n geel ras soms onderskei. Die Chinese en Japannese het histories gepresteer en doen dit steeds. By hulle is daar dus ras- en etniese trots en geen noemenswaardige beswaar klink daarteen op nie. Daar is net een ras wat deesdae wêreldwyd trots op hulle prestasies misgun word en dit is die blankes. In Suid-Afrika is daar twee etnisiteite wat ‘n land geskep het wat as ideaal en trekpleister vir swartes in Afrika dien, naamlik die Afrikaners en die blanke Engelssprekendes (oftewel Engelse). Die Afrikaners het in veel groter mate lewensruimte aan die Engelse gegun as andersom. Die Engelse (bv Charles Somerset en Alfred Milner) wou die kulturele kern van die Afrikaner, te wete Afrikaans, vernietig. Deesdae poog die ANC-regering om dieselfde te doen. Die tradisionele onderskeiding van vier rasse word tans voortgesit, maar met ‘n ander motivering as voorheen: om swartes soveel moontlik te bevoordeel en blankes soveel moontlik te benadeel. Die veronderstelling dat swartes ‘n land net so doeltreffend soos die blankes kan bestuur, lê reeds meer as twee dekades lank aan skerwe, met bv Eskom as ‘n toonbeeld van swartes se onbekwaamheid en geneigdheid tot roofbou (uitputting/afbreking van ‘n instansie) en korrupsie, oftewel steelsug.

Vanaf 1652 tot omstreeks 1980 is die werklikheid van ras en die noodsaaklike rol wat dit in die voortbestaan van die land moet speel plaaslik algemeen erken. Daarna het vermurwing ingetree. Die kernwaarheid is dat blankes tradisioneel in beheer van die land was. Rasse(onder)skeiding is in blanke geledere algemeen aanvaar as ‘n noodsaaklike voorwaarde vir die voortbestaan nie net van die blankes nie, maar ook vir ‘n voorspoedige land. Rassesegregasie/apartheid/afsonderlike ontwikkeling met (oorwegend) blanke stemgeregtigdes was die meganisme waarmee blanke beheer oor die land verseker is. Die aftakeling van rasse(onder)skeiding sou noodwendig oorheersing deur swartes tot gevolg hê. Denis Worrall (gebore in 1935) skets die rol wat hy in die vernietiging van blanke politieke gesag gespeel het in sy boek, The independent factor: My personal journey through politics and diplomacy (2018, 236p, R275; Amazon Kindle $9,19). Die outeur het die gedrukte uitgawe self gepubliseer.

In die eerste voorwoord maak David Grant, ‘n politieke geesgenoot van Worrall, gewag van “real reform” (Kindle 149) en loof hy Worrall se “massive contribution to the process of democratisation in South Africa” (157). Regter Ian Farlam verwys in die tweede voorwoord na “meaningful change” en Worrall se “enlightened views” (170). Werklike hervorming, demokratisering, betekenisvolle verandering en verligtheid is almal eufemistiese formulerings van wat ons as gevolg daarvan het, naamlik swart politieke oorheersing. In sy eie voorwoord noem Worrall sy boek “a memoir” (206). Hy bedank mense soos “my old friend” (2539), “my good friend” (2648), Max du Preez, en Jannie Momberg (wat ‘n ANC-parlementslid en daarna ambassadeur in Griekeland was) vir hulle ondersteuning (214). Later skryf Worrall oor Donald Woods, wat uit Suid-Afrika verban is en wat voorheen die uiters linkse redakteur van die Oos-Londense koerant, die Daily Dispatch (in die volksmond beter bekend as die Daily Disgrace) was: “I knew and liked Donald very much and I saw quite a lot of him in London” (2568). Dit gee ‘n aanduiding van hoe uiters links Worrall se politiek is.

Worrall het ‘n ma van Ierse afkoms en ‘n Engelssprekende pa gehad. Sy ouers was Sappe wat in 1961 teen republiekwording gekant was. Worrall het later ‘n lid van die Verenigde Party geword. Hy het in Cradock, Wellington en Bellville grootgeword. Veral in Bellville het hy Afrikaans en Afrikanerkultuur goed leer ken. “My upbringing and specifically my schooling in Bellville freed me of that ‘benign superiority towards Afrikaners’ which characterised white English-speakers down the years” (292). “Whereas to English-speaking whites, and a very powerful leader like General Smuts and even Jan Hofmeyr, the discrimination against black people and persons of colour which they introduced and enforced as policy was simply racial in kind. By contrast, the driving force behind the apartheid of Afrikaners was as much nationalism and the natural determination to grow itself as racial consciousness. In the end, the real struggle for control of South Africa would be between two indigenous nationalisms – the Afrikaner and the African” (300). “[Nowadays] there is a new national identity emerging in which white South Africans are likely to be subordinate players” (292).

Die outeur het vroeg met Edmund Burke (1729-1797) en John Stuart Mill (1806-1873) se liberalisme kennis gemaak. Aan die Universiteit Kaapstad het Worrall veral in die filosofie (tot die verwerwing van ‘n magistergraad) en die regte studeer. Hy het later die graad LLB aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) voltooi. Hy het ‘n lektor in politieke wetenskap aan Unisa geword. Hy het spoedig ‘n Fulbright-studiebeurs ontvang vir doktorale studie van 1961 af aan Cornell University, Ithaca, New York, waar hy ‘n assistentdosent in die departement politieke wetenskap was. Andrew Murray se onderrig in politieke filosofie aan die Universiteit Kaapstad het blykbaar ‘n deurslaggewend invloed uitgeoefen en hom gemotiveer om sy doktorale studie oor federalisme in Nigerië te onderneem. Hy moes ook die doktorale program suksesvol voltooi. Hy het met bv Allan Bloom (1930-1992) en William Buckley jr (1925-2008) kennis gemaak.

“I familiarised myself with the race relations situation academically and in a practical way by participating in organised study groups to the South – notably Mississippi and Alabama. These trips made two strong inpressions on me. The first was just how ubiquitous segregation was; and, secondly, the arrogance of Northerners towards Southern liberals who were working to change the situation – especially given what was clear, that the problem was not simply a Southern one. Country club discrimination was widespread in the north as was evident in the Rotary clubs I was invited to address and even Ithaca, where Cornell is situated, had its significant African-American suburb” (548). Lyndon Johnson het die Civil Rights Act (1964) en die Voting Rights Act (1965) op die wetboek geplaas. “What should be very evident is that I admired Lyndon Johnson enormously” (598).

“President Kennedy was the first in 1961 to use the term ‘affirmative action’ as a way of redressing the advantages of discrimination that had persisted” (598). Na aanleiding van die swart burgerregtebeweging in die jare sestig stel Worrall hierdie vrae oor die Amerikaanse samelewing: “Was it a society of individuals, as the founding fathers assumed and the Constitution instructed? Or was it a society of communities and individuals?” (598). “The widely accepted view until then was that the US was a country of immigrants, and as new waves of [white] immigrants came, they melted into the existing American nation” (605). Nathan Glazer en Daniel Moynihan het hierdie siening in hulle boek, Beyond the melting pot (1963), bevraagteken. “Their researches had shown that the children and grandchildren of earlier immigrants to New York City had retained their ethnic consciousness and therefore that the phenomenon of persistent ethnic identities over the course of generations would continue” (605).

Die bevolking van ‘n land bestaan uiteraard uit sowel ras-/etniese groepe as individue. Maar blankes is in groter mate as swartes individualisties, wat egter geen regverdiging bied vir die buitensporige bevoorregting van swartes as minderheidsgroep in Amerika en die absolute afwesigheid van groepregte vir die blanke minderheid in Suid-Afrika nie. Die assimilasie van die hoofsaaklik blanke immigrante in Amerika verskil van etniese groep tot etniese groep, met bv die Jode wat meesal moeilik en net deels assimileer. Voor die Tweede Wêreldoorlog was die uitgesproke voorkeur in Amerika vir blanke immigrante, wat vanweë kleiner kulturele verskille veel makliker geassimileer het as die baie nie-blanke immigrante wat sedertdien wettig en onwettig op die land toesak.

Die groot mate waarin die situasie van die blanke Amerikaners versleg het, blyk uit die teenstand wat Donald Trump vir die bou van ‘n muur op die grens met Mexiko ondervind. Daar word openlik kant gekies vir onwettige immigrante, dus vir diegene wat hulle aan ‘n misdaad skuldig (wil) maak. Maar dit is niks in vergelyking met die situasie van die kleiner wordende blanke minderheid in Suid-Afrika nie. Onwettige immigrante kom op groot skaal (miljoengewys, soos by korrupsie) oor die grens maar geen politieke party of ander instansie voer ‘n veldtog daarteen nie omdat hulle nie, al is dit valslik, van vreemdelinge haat en rassisme beskuldig wil word nie.

Daar word nie meer van Amerikaanse swartes verwag om met die blankes te integreer nie. Aan swartes word die keuse gelaat om apart of tussen die blankes te woon; ‘n keuse wat nie in dieselfde mate vryelik deur blankes uitgeoefen mag word nie. In Suid-Afrika is die ANC-regering ingestel op die verswelging van die blanke minderheid deur die swart meerderheid. Gedwonge integrasie geld dus as ‘n opgedringde verpligting op alle terreine, bv woongebiede, skole en universiteite. Die swartes het egter ‘n vrye keuse: hulle kan in tradisioneel swart gebiede woon en aan tradisioneel swart skole en universiteite studeer, of hulle kan hulle tuismaak in tradisioneel blanke woongebiede, skole en universiteite. Dit word geregtigheid genoem.

Worrall skryf oor Amerika: “Yes, desegregation had to happen – social and economic backgrounds caused by centuries of political inequality had to be compensated for by group-based affirmative programmes and actions. These would involve racial preferences and quotas, and when applied in, for example, educational institutions they raised all sorts of questions. How would this affect academic standards? How would it affect university autonomy? And how would quotas affect groups who were possibly overly represented in America’s best universities – for example Jewish Americans?” (614). “We have yet to find answers to the thorny question of how one reconciles a commitment to individual liberty and rights with the rights and interests of groups” (620).

Die agterstand van swartes kan myns insiens nie sonder meer uitsluitlik aan beweerde benadeling deur blankes toegeskryf word nie. In Amerika word sogenaamde regstellende aksies deesdae afgeskaal. Om die bevoordeling van swartes op ‘n rasgebaseerde/rassistiese grondslag asook raskwotas sonder meer volgens die Amerikaanse model op Suid-Afrika van toepassing te maak, is hoogs onbillik; onder meer omdat swartes nie, soos in Amerika, as ‘n minderheid nie, maar sedert 1994 as die oorweldigende meerderheid polities in beheer van die land is. Dit is ook skandalig dat geen keerdatum vir regstellende aksie in Suid-Afrika gestel is nie.

‘n Rektor soos Wim de Villiers verknies hom nie oor die verlaging van akademiese standaarde en die verlies van universitêre outonomie en die inkorting van akademiese vryheid nie. Vir De Villiers is dit ‘n passie om te doen wat polities reg is. Om te handel volgens wat akademies reg is, is klaarblyklik van mindere belang. In Amerika het die stelsel dermate ontaard dat ‘n beperking geplaas word op die getal Jode en Asiate wat tot universitêre studie toegelaat word, dus daardie twee groepe wat akademies die beste presteer. Hierdie irrasionele versteuring word veroorsaak deur die voorkeur wat om nie-akademiese redes aan swart studente gegee word. In Suid-Afrika word daar openlik en doelbewus kwaai gediskrimineer teen die groep wat akademies die bewese voortreflikste akademiese presteerders is, naamlik die blankes, bv by toelating tot studie in die geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

“African independence was followed in the US in the 1960s with immense pride and optimism. The general sentiment, especially among academics and church people was … ‘that the Africans were creating a wonderful new world, a sort of new humanism’ … That this heavy optimism was to end in profound disappointment is not part of my story” (628). Hoekom nie? Worrall het hom deurgaans beywer vir die afskaffing van apartheid en vir swart politieke oorheersing in Suid-Afrika. Ter regverdiging van sy politieke rol behoort hy te erken dat hy drooggemaak het en wenke te gee oor hoe die skade herstel kan word.

Worrall haal die historikus, Arnold Toynbee (1889-1975), aan: “South Africa is important to the whole world – because if it can find answers as to how its different races, languages and religions can live together in peace, nobody in the world can claim to fail” (739). Worrall voeg by: “I believed in this statement of his and must have quoted it in hundreds of speeches and articles I wrote” (739). Maar Toynbee se ydele hoop is tot dooie letters getransformeer. Die nuwe Suid-Afrika is berug as een van die gewelddadigste samelewings in die wêreld. Dié geweld het sy oorsprong feitlik uitsluitlik in swart geledere. Anders as tydens die blanke bewind kan dit nie meer goedsmoeds regeringsgeïnisieerde sistemiese geweld genoem word nie. Het dit nie tyd geword dat groepe en individue verantwoordelikheid vir hulle gedrag aanvaar, verskoning daarvoor vra en daar dan drastiese maatreëls getref word om geweld aan bande te lê nie?

Vir sy doktorale proefskrif het Worrall ‘n jaar lank veldwerk aan die University of Ibadan in Nigerië gedoen. In Nigerië is daar, soos in Suid-Afrika, groot kulturele verskille by die verskillende etniese groepe. Daar is wyslik op ‘n federale regeringstelsel besluit. Dit is iets wat Suid-Afrika reeds sedert 1910 nodig het, maar die magsbehepte ANC het op ‘n gesentraliseerde eenheidstaat aangedring en die ruggraatlose grondwetlike onderhandelaars van die NP het daaraan toegegee. Federalisme is dus iets wat Suid-Afrika by Nigerië kan leer.

‘n Ander opsig waarin Nigerië (en bv Senegal) ‘n navolgenswaardige voorbeeld stel, is dat verkiesings oor naweke plaasvind. In Suid-Afrika het die ongesonde gewoonte posgevat om verkiesings in die middel van die werksweek, dus op Woensdae, te hou, wat verseker dat die ekonomie maksimaal ontwrig word. Verkiesingsdag word tot ‘n openbare vakansiedag verklaar en gevoeg by die buitensporig baie ander openbare vakansiedae. Geen politieke party of ander instansie het die sin om beswaar teen hierdie dwase praktyk te opper nie. Myns insiens moet verkiesings op Saterdae plaasvind. Die dag daarna kan kennis van die uitslae geneem en indien nodig feesgevier word. Voor en ná so ‘n naweek behoort daar soos normaalweg gewerk te word.

Ná ‘n besoek aan sy familie in Kaapstad het Worrall na Amerika teruggekeer. Agtien maande het daarna verloop voordat hy sy proefskrif voltooi het en dit goedgekeur is. In 1964 het hy in Amerika ‘n Romeense vrou, Anita Denise Ianco, ‘n doktorale student in sielkunde, ontmoet. Nadat sy haar geboorteland verlaat het, het sy agtereenvolgens in Israel, Kuba en Kanada gewoon. Worrall hou daarvan om haar as ‘n kosmopolitiese mens voor te hou. In 1964 was Worrall ‘n assistent-professor aan die University of California Los Angeles en van 1965 af vir twee jaar ‘n lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Natal in Durban. In 1965 het Worrall met Anita getrou en het sy sielkunde aan dieselfde universiteit in Durban doseer.

“On my return to South Africa I began to identify persons I wanted to meet and from whom I could get a better grasp of where the country was going and what their hopes and concerns were. So it was that, aside from local city and provincial officials, I wrote to several national figures among whom were Prime Minister Dr Hendrik Verwoerd, Minister of Justice John Vorster and Harry Oppenheimer of Anglo American” (781). Al drie het ‘n onderhoud aan hom toegestaan. Verwoerd het hom met sy intelligensie beïndruk. Toe Worrall later ‘n parlementslid was en Vorster die eerste minister “we used to play chess together on a Friday or Saturday evening at his Groote Schuur residence” (818). Oppenheimer “was … responsible for Anglo American funding Anita’s research in South Africa” (796). Sy het haar doktorsgraad eers in 1972 aan Cornell University voltooi.

Worrall se loopbaan het veral twee opvallende kenmerke. Eerstens was dit vir hom ‘n passie om belangrike en invloedryke mense te leer ken; reeds in Amerika en later in Brittanje, maar ook en veral in Suid-Afrika. Byvoorbeeld, “Anita and me being sought after by Embassy people” (1046). By my het dit die indruk van vrypostigheid gewek. Wie hy geken het, het die meetsnoere vir hom in lieflike plekke laat val. Deel van hierdie strategie was om dikwels onthale aan te bied. Byvoorbeeld, “Our modest apartment [in Pretoria] became an intellectual salon to which Anita’s cosmopolitanism added enormously” (1057). Hy verwys ook na “several dinner parties at our home in Linden” (1140). Ek vra my af: Hoeveel leestyd het sy sosiale bedrywighede vir hom gelaat? Tweedens het hy nooit lank in dieselfde pos gebly nie. Dit lyk asof hy in so ‘n mate ‘n trekvoël was dat sodra hy sy werksituasie onder die knie gehad het en werklik ‘n bydrae vir sy werkgewer kon lewer, hy op vertrek na elders gestaan het. Een van die kenmerke van die boek wat ek die hinderlikste vind, is selfverheerliking. Dwarsdeur sy loopbaan het hy blykbaar die gunstige kommentare bewaar wat oor hom gelewer is en hy haal hulle blykbaar sonder skroom oorvloediglik in die boek aan.

Van die mense waarmee Worrall bevriend geraak het, was koerantredakteurs en ander joernaliste wat vir gunstige publisiteit kon sorg. Hy het agtereenvolgens weeklikse rubrieke in die Sunday Tribune, Die Beeld en Rapport behartig, wat hom landswyd bekend gemaak het as “an enlightened English-speaking South African” (912). Dit het vir hom om die daarstelling van ‘n “inclusive society” in Suid-Afrika gegaan (929). Hy het die maandelikse meningstydskrif, New Nation (1967-1974), tot stand gebring. Die koste is deur die intekenaars, kopers en adverteerders gedra. “We brought together the most extraordinary collection of relevant thinking people in South Africa at that time” (960).

Van 1967 af was Worrell vier jaar lank ‘n senior lektor in politieke wetenskap aan Unisa. In 1971 is die volgende boek met hom as redakteur gepubliseer: South Africa: Government and politics; “an introductory textbook and general guide to the institutions of government and the processes of politics in this country” (1066). Toe was Worrall reeds van die begin van daardie jaar af senior lektor in die department internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Die Worrall-egpaar het ‘n babaseuntjie aangeneem. Later, in 1974 en 1975, het sy vrou geboorte aan twee seuns geskenk. “I developed relations with most [newspaper] editors at the time” (1103). Die Randse Afrikaanse Universiteit “was a major source of connections under the vice-chancellorship of Pieter de Lange. But, to be perfectly frank, I expanded and developed the relations I already had with Potchefstroom [University]” (1132). [Vir Pieter de Lange se bedenklike rol in die politieke magsoorgawe aan swartes: Praag 23.09.2018. Kyk ook hier onder.]

Ná net twee en ‘n half jaar by Wits het Worrall in Julie 1973 die direkteur van die Institute of Social and Economic Research aan die Universiteit Rhodes in Grahamstad geword. Maar reeds in November 1973 het hy, sonder dat hy ‘n lid van die Nasionale Party was, vir John Vorster, die eerste minister, gaan spreek oor die moontlikheid om tot die politiek toe te tree. Dit lyk vir my na opportunisme. Soos deur Vorster aanbeveel, het hy in Desember 1973 ‘n onderhoud met PW Botha, die NP se Kaaplandse leier, gehad. ‘n Algemene verkiesing is in April 1974 gehou en op 30 Mei 1974 is Worrall met Vorster se goedkeuring, eerder as dié van Botha, as ‘n NP-senator aangestel. Hy het ‘n huis in Oranjezicht, Kaapstad, gekoop.

“As a member of the National Party caucus and having declared my interest in foreign affairs and all aspects of race relations, I joined those committees and spoke in those debates” (1298). “I made some pretty advanced public pronouncements obviously of a highly verligte nature (in the political idiom of the time), which I could do because I was an appointed Senator and, secondly, because everybody knew that I only became a member of the National Party after my appointment as a Senator. I devoted my maiden speech to promoting the interests of the coloured community. I opposed censorship and book bannings. I made the case for English-speakers to play a mediating role in South Africa. I backed and praised Brian Bamford for a speech calling for the government to let races mix freely … I positioned myself very clearly on the left wing of the National Party” (1305).

“In a debate at the University of Cape Town … I said I was committed to the creation of a political system in which citizenship would be realised for all South Africans” (1313). “I also adopted a strong liberal position relating to private schools and their freedom to choose their pupils” (1321). Deesdae word nóg private nóg openbare skole toegelaat om hulle leerlinge vryelik, dus sonder regeringsinmenging, te kies. Het Worrall al beswaar daarteen aangeteken? Ek dink nie so nie.

Teen die einde van 1975 was Worrall die NP-kandidaat vir ‘n tussenverkiesing in Durban-Noord maar die kandidaat van die Progressiewe Party het gewen. In 1977 was hy die NP-kandidaat vir die algemene verkiesing in Kaapstad-Tuine. Worrall het met ‘n meerderheid van 1 761 stemme gewen. “Three years later the NP would lose the constituency with Dr Dawie de Villiers, a candidate with the highest Afrikaner pedigree” [?] (1395). Een van die redes wat Worrall vir sy sukses in Tuine aanvoer, is: “I had a cosmopolitan and photogenic wife who was known to speak five languages and who did her share of canvassing” (1405). Waarna Worrall gestreef het, was “increasingly expanding the inclusiveness of the South African social and political system” (1440).

PW Botha het hom aangestel as die voorsitter van die Konstitusionele Komitee. “The Prime Minister’s appointment of me, probably the most verligte member on government benches, to the position therefore came as an unpleasant surprise to right wingers” (1448). Hy noem Pik Botha “the most enlightened member of the Cabinet in terms of domestic policy” (1648). Ná PW Botha se rubicon-toespraak in 1985 het Pik glo gevra: “What can I do to get this old bastard to change?” (2053). Worrall skryf: “PW Botha fell into the Rubicon he had promised to cross” (2083). Hy noem PW se toespraak “visceral xenophobia” (2083) terwyl PW in werklikheid getoon het dat hy die ruggraat het om nie, soos sy opvolger daarna gedoen het, eerloos aan swart mag oor te gee nie.

Aan die begin van1983 het Worrall diens as Suid-Afrika se ambassadeur in Australië aanvaar. “A very general view was that I was being shipped out to Australia because of a conflict with Chris Heunis, the Minister of Constitutional Development and my direct superior. Closely connected to this was the opinion that views I had expressed about the essential inclusion of black South Africans in any constitutional framework exceeded the bounds of government policy at the time” (1483). Hy verwys na “the presence in Australia of a growing number of South African emigrés. In my time as Ambassador it would have numbered around 100 000 but today [2018] it is probably closer to 200 000” (1532). “One thing we assiduously avoided in all public statements was any reference to Australia’s race relations problem” (1570). “Australia is probably the most successful melting pot in the world – more so even than the United States. It has an intellectual culture, which includes brilliant art, literature, music and architecture, and it has exceptional facilities to experience all this” (1627). Dit kon ook van die Suid-Afrika van weleer gesê word. In albei gevalle danksy ‘n blanke regering.

In Augustus 1984 het Worrall in Londen aangekom as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk. “Prime Minister [Margaret] Thatcher met President PW Botha once and was not impressed” (1652). Sy het glo min ondersteuning vir haar anti-sanksies-standpunt betreffende Suid-Afrika van die Amerikaanse president, Ronald Reagan, gekry. Worrall “supported her fundamental assumptions about South Africa and what South Africa needed to do” (1734), naamlik “internal liberalisation” (1756), bv die afskaffing van apartheid, die vrylating van Nelson Mandela en oorgawe aan ‘n swart politieke bewind. Thatcher hoef immers nie daagliks self, soos ons die afgelope kwarteeu, in so ‘n opset te probeer lewe nie. Desnieteenstaande skryf Worrall: “Thatcher was South Africa’s best friend internationally” (2024). “She needed to see progress in South Africa to a more racially inclusive society” (2024).

Worrall verwys glad nie na Robin Renwick, die Britse ambassadeur in Suid-Afrika (1987-1991), nie, omdat Renwick ná Worrall se vertrek uit Londen hier begin funksioneer het. Maar Renwick het beklemtoon dat Thatcher teen apartheid was en dat die mate wat sy die NP-regering met haar anti-sanksie-standpunt ondersteun het met ernstige voorbehoude gepaard gegaan en dus op losse skroewe gestaan het. Eintlik het sy ook maar die ondergang van die plaaslike blanke politieke mag begeer en aangehelp (Praag 28.10.2017).

Destyds het die linkse Dene Smuts na ‘n besoek aan Londen geskryf: “Worrall’s notable views included the creation of multiracial local councils and a clear statement of intent about the inclusion of black South Africans” (2032). Die eufemismes wat vir Thatcher en Worrall se standpunt gebruik is, is “move forward” (1756, 2360) en “sufficient movement” (2310); dus, stuur Suid-Afrika oor die afgrond van swart mag. Daardie verlangde vooruitgang/”progress” het sedert 1994 geblyk agteruitgang te wees. Charles Powell, “Thatcher’s foreign affairs private secretary” (1734), het gesê: “I used the reformist Worrall, who had political ambitions of his own, almost as my spy within South African officialdom” (1741). Dit lyk vir my na ‘n disfunksionele en onetiese ambassadeur wat met ‘n buitelandse regering saamspan terwyl hy veronderstel is en betaal word om die Suid-Afrikaanse regering te dien. Geoffrey Howe, die Britse minister van buitelandse sake het Suid-Afrika in 1986 besoek. “Somebody who impressed him very much was Professor JP de Lange, who at the time was die head of the Afrikaner Broederbond organisation” (2331).

Oor sy tyd as ambassadeur in Londen skryf Worrall: “While I knew I could handle the situation politically, intellectually and emotionally, after four years I had a strong sense of having been let down by my own side” (2506), verwysende na die NP-regering wat nie vinnig genoeg “vorentoe beweeg” nie; al het dit later geblyk agteruitgang te wees. “I understood that the ANC was and would be an essential part of a peaceful [!] solution to the South African situation” (2576). Die ANC het egter nooit sy voorliefde vir geweld afgesweer nie. Tydens die grondwetlike onderhandelinge en sedertdien kan Suid-Afrika nie as ‘n vreedsame land gekarakteriseer word nie. Ná skaars twee jaar as ambassadeur in Londen het hy Suid-Afrika in die laaste vier maande van 1986 vier keer besoek. “Between September 1986 and early Januarie 1987 I told a handful of people of my planned resignation and my intention to run in the May election as an independent candidate” (2591). Johann Rupert en Harry Oppenheimer het hom hierin finansieel ondersteun.

Worrall het as ambassadeur bedank en in Februarie 1987 in Suid-Afrika aangekom; “the great white hope of South African politics” (2719; ook 2961). Die NP het sy nuttigheidswaarde vir Worrall verloor. Hy het besluit om as ‘n onafhanklike kandidaat die stryd teen Chris Heunis as die sittende NP-parlementslid in die Helderberg-kiesdafdeling, Somerset-Wes, aan te knoop. Maar Worrall se verkiesingswerkers was, soos dit ‘n linkse politikus betaam, hoofsaaklik lede van die Progressiewe Party. “My colleagues and I promoted an end to all discrimination, the scrapping of the Group Areas Act, the unbanning of political parties, the release of political prisoners and open-ended negotiations towards a new democratic constitution for all South Africans” (2799). Dit het vir Worrall om “radical change” gegaan (2815); dus dat blanke oorheersing plek vir swart oorheersing moet maak. Het daar toe in 1994 ‘n einde aan rassediskriminasie gekom? Is dit maar goed en reg dat daar sedertdien suiwer rassisties en toenemend blatant teen blankes gediskrimineer word?

Daar was buitelandse inmenging in die algemene verkiesing in Helderberg in Mei 1987, bv eerste minister Margaret Thatcher se “indirect but highly publicised association with my campaign” (2855). Uit ‘n totaal van meer as 18 000 stemme het Worrall met 39 stemme teen Heunis verloor. Daarmee het hy bewys dat sy politieke beleid lewensvatbaar kan wees. In Maart 1988 is die Onafhanklike Party gestig, met Worrall, Wynand Malan en Esther Lategan as die leidende politici, “dedicated to achieving open-ended negotiations aimed at creating a peaceful South Africa with equal rights for all” (3007). In April 1989 is die Onafhanklike Party ontbind in die Demokratiese Party (DP, wat later die Demokratiese Alliansie, DA, geword het) met ‘n driemanskap, Worrall, Malan en Zach de Beer, as leiers. Nie een van die drie se ego was klein genoeg om vir die ander terug te staan nie.

In die algemene verkiesing in September 1989 was die DP se ideaal “the creation of a single harmonious nation” (3331). Deesdae is daar steeds geen Suid-Afrikaanse nasie nie en is daar nog minder sprake van harmonie. ‘n Federale konstitusionele opset is deur die DP in die vooruitsig gestel. As ‘n aanhanger van globalisme was Worrall blykbaar meer begaan oor wat buitelanders dink as oor die fatale gevolge van die DP se beleid vir blanke Suid-Afrikaners. Hy het die blanke kiesers gevra “to send a message to the international community … the days of apartheid are over” (3406). Dit word “normalisation” genoem (3456). Worrall was die DP-kandidaat in Durban-Berea en is met ‘n meerderheid van 4 279 stemme tot parlementslid verkies. Sowat 30% van die Afrikaanssprekende blankes het in daardie algemene verkiesing vir die DP gestem. Die NP het minder as die helfte van die blanke kiesers se stemme getrek, met die Konserwatiewe Party wat groot winste behaal en die amptelike opposisieparty geword het.

Die kiesers het hulle rug al hoe meer op die NP gedraai. In hierdie onbenydenswaardige situasie het FW de Klerk sy fatale parlementêre openingstoespraak op 2 Februarie 1990 gelewer waarin hy die DP se beleid in groot mate onderskryf het. “I must confess to having shared every bit of the excitement and admiration for De Klerk’s performance” (3483). “The real issue facing us is not reform of our society but its transformation” (3512), dus oorgawe aan meerderheidsregering en swart mag, spesifiek oorgawe aan die gewelddadige, kommunistiese ANC. Dit blyk dat Worrall reeds die vorige Kersfees op sy opportunistiese manier ‘n kaartjie met goeie wense aan “Madiba” gestuur het (3519). Nelson Mandela verkies dat die troetelnaampie “Madiba” gebruik word wanneer hy aangespreek word (3526). “Everybody who had met him had come away impressed” (3526). “It also struck me that he was a natural conservative” [!] (3533). Mandela het hom mos teen die oorheersing van enige rasgroep oor ‘n ander uitgespreek maar hy het in werklikheid sy lewe gewy aan sy ideaal dat swartes die land moet regeer; maak nie saak hoe onbeholpe, korrup, ondoeltreffend en onsuksesvol nie.

Worrall het blykbaar ervaar dat die grondwetlike onderhandelinge in die “regte” rigting beweeg. Oor die lot van die blankes het hy hom nie bekommer nie. “The main advantage of participation in the negotiations was the individuals I met” [!] (3583). Hy was “particularly impressed by … Roelf Meyer … [he] has an uncluttered mind” [!] (3583). In 1993 is die Oorgangsgrondwet aanvaar en op 27 April 1994 is die “eerste demokratiese algemene verkiesing” in Suid-Afrika gehou. Die ANC het 62.6% van die stemme gekry en die DP 1.7%. Volgens Worrall het die land nou “a viable alternative political system” gehad (3660). “To the extent that I, with my support base, contributed to this momentum and signalled the end of ‘white only’ politics, I have a sense of achievement and of making a difference” (3685). Verandering is egter nie noodwendig verbetering nie. “As in the 1980s, most South Africans [not: most whites] recognise the need for change, reform, redress and redistribution” (3692).

Tony Leon het in Mei 1994 die leier van die DP geword. En Worrall? Soos Leon Wessels het Worrall nie kans gesien om ‘n parlementslid te wees in die nuwe politieke opset waarvoor hy en Wessels hulle beywer het nie. Vergete was sy stelling: “I always regarded myself as a politician of vocation” (2531). Hy het hom van 1994 af eerder met ander dinge besig gehou, bv “as a consultant to international investors and foreign business companies” (191), dus globalisme; nie blankes se belange en sekerlik nie Afrikanerbelange nie.

Die enigste resensie van die boek wat ek gelees het, is dié van Jannie Gagiano (Eikestadnuus, 7.02.2019, p 10). Dit raak nóg kant nóg wal omdat die aard van die boek duister bly. Warroll het op sy kenmerkende manier op dié resensie gereageer deur die Stellenbossers “I got to know well” te lys en ander besonderhede oor homself te publiseer (Eikestadnuus, 28.02.2019, p 7). Naas publisiteit vir homself was hy op soek na lesers vir en veral kopers van sy boek. Die boek is op 2 Maart in Stellenbosch bekend gestel, nadat hierdie kosmopoliet dit reeds in November in Londen gedoen het. Wat buitelanders van hom en Suid-Afrika dink, is vir hom skynbaar steeds belangriker as hoe die plaaslike blankes teen wil en dank daagliks die nuwe Suid-Afrika ervaar.

Nederlandse verkiesings: ‘Die vermetelheid en domheid van mag is gestraf’

Die behoudende Nederlandse party Forum vir Demokrasie (FvD) is nou die sterkste party wat uit die verkiesings vir die Nederlandse provinsiale raad kom. Met twaalf setels het die VVD soveel ontvang as die liberale VVD-party van premier Mark Rutte.

Baudet het gesê dat hy nie ‘n paar transaksies in ‘n agterkamertjie met Rutte sal sluit nie, en ‘n beroep op nuwe parlementêre verkiesings gedoen.

In absolute terme is die meerderheid van stemme op die FvD uitgebring, wat in 2016 deur Thierry Baudet gestig is (14,4 persent, VVD: 13,8 persent). Die Christen-Demokrate en GroenLinks het elk nege setels behaal. Geert Wilders se Partij voor de Vrijheid (PVV) het byna die helfte van sy kiesers verloor in vergelyking met 2015 en het net ses in plaas van nege setels gekry.

In sy sege ná die middernag-uitslag het Baudet gesê hy sal “teen die vermetelheid van mag” optree. Hy het beklemtoon dat die FvD nou een van die grootste partye in die land is en dat die verandering aan die gang is. “Ekonomiese en politieke kapitulasie kom tot ‘n einde,” het hy aan NOS gesê.

Baudet het die gevestigde politici gekritiseer. “Hulle glo in niks, maar aanbid net een afgod: klimaatsverandering.”

Die party van Baudet, wat teen immigrasie gekant is en skepties staan teenoor klimaatsverandering, wil die Paryse klimaatooreenkoms van die tafel vee en die moontlikheid van bindende referendums weer inbring.

“Ons word vernietig deur die mense wat ons moet beskerm,” het Baudet in sy toespraak gesê, wat deur die nasionale nuuskanaal uitgesaai is. Hy het gesê hulle moet bekommerd wees oor die Nederlandse beskawing, sy kuns, musiek en voorspoed. “Die vermetelheid en onnoselheid van mag is vandag gestraf.”

Die publieke uitsaaiers en die meeste van die klassieke media het voor die stemming ‘n haatveldtog teen Baudet gevoer. Op sosiale media is vergelykings met 1933 en 1939 deur linkses geskets. “Haat het oorwin,” het die linkses gekla. Die media vergelyk Baudet se oorwinning met dié van Donald Trump in die VSA.

Die dag voor die verkiesing het ‘n spotprent met Baudet op ‘n kis in ‘n koerant verskyn. En die nasionale televisienetwerke het die potensiële kiesers van die Forum vervloek as “mense wat swartes haat”.

Maar Baudet het blykbaar geen skade gehad gely weens die haatveldtogte wat teen hom en sy party gerig is nie.

Die wenners van Woensdag se verkiesing sal nie net hul setels op provinsiale vlak vul nie, maar hulle sal ook die samestelling van die Eerste Kamer, die Nederlandse Senaat, bepaal. Dit sal in Mei plaasvind, met nuwe lede wat op 11 Junie hul plekke inneem.

PVV-leier Geert Wilders het Baudet met sy veldtog gelukgewens en het beklemtoon dat die “unieke PVV-klank” steeds in die Senaat gehoor sal word. “En ses sitplekke is nie niks nie.”

Selçuk Öztürk van die Turkse DENK het gesê dat sy party nou vir die eerste keer deel van die Senaat is. Volgens hom sal DENK die opposisie teen partye soos FvD en PVV en hul “xenofobiese” idees steeds.

Leon Lemmer: Adam Habib: ‘n Gladdejantjie oor die studente-onrus

Sedert 2015 is daar studente-onrus in Suid-Afrika. Dit is deel van die onverkwiklike, gewelddadige werklikheid wat as die nuwe Suid-Afrika bekend staan. Die studente-onrus het in Maart 2015 begin met die RhodesMustFall-beweging [RMF]. Max du Preez het die eis vir die verwydering van Cecil John Rhodes se standbeeld op die kampus van die Universiteit Kaapstad goedgepraat met die naïewe opmerking dat hy nog nooit van Rhodes gehou het nie. In Oktober 2015 is die onrus met hernude ywer voortgesit in die FeesMustFall-beweging [FMF]. Met Susan Booysen as redaktrise is die volgende boek gepubliseer: Fees must fall: Student revolt, decolonisation and governance in South Africa (Johannesburg: Wits University Press, 2016, 350p, R350). Die boek handel oor die beginmaande van die onrus (Oktober 2015 tot Junie 2016). Die skade aan universiteitseiendom het toe reeds R460 miljoen beloop (p 37). Maar die departement hoër onderwys “calculated the total cost of the damage to the infrastructure of South African universities in 2015 to be R1 billion” (Adam Habib, bron hier onder, Kindle 1060).

‘n Goeie opsomming van die aanloop tot en verloop van die onrus word in Booysen se boek verskaf (318-327). Soos uit die boektitel blyk, het dekolonisering* die wagwoord in die plek van transformasie geword. Volgens Andile Mngxitama beteken dekolonisering “burn down the university” (146). “Oppression outweighs property damage much of the time” (299). Soos die benamings RMF en FMF aandui, is daar nie ‘n begeerte om konstruktief/opbouend te wees nie. Fallisme is op afbreking/vernietiging ingestel. “The emphasis is on physical violence (largely in the form of burning material campus symbols and infra-structure) in response to the brutalisation wrought by structural violence” (10). Strukturele/sistemiese geweld duur glo voort weens onder meer “the incomplete and compromised 1994 transition” (16). In FMF-geledere is geweld gedefinieer as “an experience of structural oppression” en as “a defence against dehumanisation” (329).

[* “Decolonisation was seen as distinct from transformation, which was deemed a reformist programme reflective of the politics of the ‘rainbow nation’. By contrast, decolonisation … represents a much deeper notion of change – one that forces universities to delink themselves from their apartheid and colonial moorings and re-establish themselves in the postcolonial moment” (Habib 1964).]

FMF het van die begin af ‘n reeks protesaksies omvat, “ranging from the boycotting of classes, to the barricading of entrances and exits, to the hostage taking of council members, to the expression of slogans such as ‘kill all whites’, to the production of a film and the erection of a symbolic shack, to the marches on major sites of political power, to the throwing of petrol bombs at buildings and buses, to the burning of books, tyres, artworks, buildings and cars, to the spread of human faeces on a statue and in lecture halls, to the blocking of traffic on roads outside university campuses and the throwing of bricks at motorists, and to the threats to shut down polls during municipal elections” (294). Kortom, die ANC se onbeskaafde, gewelddadige handelinge tydens die “bevrydingstryd” dien as voorbeeld vir FMF-aksies en word tot op hede voortgesit. Dit is wesenlik ‘n pro-swart- en anti-blanke veldtog. “#FMF was a black-led struggle for radicalism” (26).

FMF is deur die ANC-regering veroorsaak. In reële terme is die owerheidsubsidie aan universiteite elke jaar verminder. Dit het aanleiding gegee tot jaarlikse verhogings in studie-onkoste wat hoër as die inflasiekoers was. Universitêre studie het onbetaalbaar duur geword, gevolglik is studente gemobiliseer om teen die hoë studiegeld te betoog; aanvanklik vir ‘n laer, inflasieverwante verhoging, daarna vir geen verhoging nie en mettertyd vir gratis tersiêre onderwys. ‘n Ander opsig waarin die ANC-regering FMF veroorsaak het, is dat hy die indruk wek dat (feitlik) enigeen die reg op tersiêre onderwys het; dus dat bv iedere universiteit jaarliks al hoe meer studente moet toelaat. Dít ten spyte van die feit dat meer as die helfte van die studente nie hulle studie suksesvol voltooi nie. Die universiteite het op hulle beurt fouteer deur ANC-gedienstig hulle toelatingsvereistes te verlaag en boonop dosente op nie-akademiese gronde (bv ras en geslag) aan te stel en te bevorder. Dit is in reaksie op ‘n FMF-eis soos: “We require alternatives to structures which mainly benefit straight white middle-class men” (55). “There is an ideological and political coherence between much of the #FeesMustFall movement and African National Congress (ANC) government” (8; ook 26).

Booysen se boek word oorheers deur die menings van studente en ander linkse elemente, bv dosente. Dit is ‘n geval van “scholarly secondary voices and activist primary voices” (vii). Akademiese oorwegings word deur politieke voorkeure oorheers. Asof dit ‘n mensereg is, word die belange van swartes sonder meer ten koste van dié van blankes bevorder. “Athabile Nonxuba defines Fallism as ‘an oath of allegiance that everything to do with oppression and conquest of black people by white power must fall and be destroyed'” (4). Die universiteit word as uitgangspunt gebruik: “Students are re-imagining the functioning of a university” (54-55). Dit gaan egter nie net om die herdefiniëring (bv dekolonisering) van universiteite nie, maar om die revolusionêre verandering van die hele (plaaslike) samelewing. “The fight is to free our education completely, permanently and ultimately free society” (111).

Marxisme speel ongetwyfeld ‘n deurslaggewende rol. Die marxis, Louis Althusser (1918-1990), het “universities as extensions of the state apparatuses” beskou (28), vandaar die FMF-strategie om anargie op universiteitskampusse te saai ten einde die regering te dwing om aan die studente se eise toe te gee. Dit is in ooreenstemming met Frantz Fanon (1925-1961) se idee van dekolonisering: “a program of complete disorder” (58). Booysen skryf: “It was a modest but reasoned step to move from nonracialism and cross-class unity to the identity politics of black consciousness, African nationalism, intersectionality, assertive feminism and post-patriarchy” (6-7). Hierdie boek is ‘n klassieke voorbeeld van “activist-scholarship” (viii).

Rebels and rage

Die geskiedenis van die FMF-beweging is onlangs tot 2018 aangevul in Adam Habib (gebore in 1965) se boek, Rebels and rage: Reflecting on #FeesMustFall (Jeppestown: Jonathan Ball, 2019, 238p, R250; Amazon Kindle $16,09). Habib is sedert 2013 die rektor van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Voor dit was hy ‘n dosent aan die Universiteit Durban-Westville en later verbonde aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Hierna was hy ‘n vise-rektor van die Universiteit Johannesburg. Na verstryking van sy eerste termyn as Wits-rektor is ‘n semester studieverlof aan Habib toegestaan. Met die finansiële ondersteuning van die Ford Foundation* het hy in 2018 ses maande lank aan die Hutchins Center for African and African-American Research, Harvard University, deurgebring en hierdie boek geskryf (Kindle 194).

[* Dit is ironies dat ‘n filantropiese fonds wat sy stigter, die polities regsgesinde Henry Ford (1863-1947), se van dra, ontaard het in ‘n uiters linksgesinde instansie; dermate dat Henry Ford II (1917-1987) in 1976 as trustee bedank het omdat hierdie stigting te anti-kapitalisties geword het.]

Aan Wits is Habib die opvolger van Loyiso Nongxa (1768). Vir ‘n Indiër en daarby ‘n Moslem (2367) om ‘n swarte se plek as Wits-rektor in te neem, verg ‘n sterk struggle-getuigskrif. Volgens eie erkenning is sy denke deur veral Karl Marx (1818-1883) en Leon Trotsky (1879-1940) beïnvloed. Habib verwys na die rol wat ‘n boek van Vladimir Lenin (1870-1924) in sy “political past” gespeel het, naamlik Left-wing communism: an infantile disorder, “a polemical text in which the leader of Bolsheviks lays into ultra-left traditions in the communist movement for their failure to appreciate the importance of tactics and strategies and the necessity of compromise in the struggle to advance the revolution” (944). Dat Habib radikaal linksgesind is, blyk uit die feit dat hy van 2006 tot 2010 weens die vermoede van aandadigheid aan terrorisme toegang tot Amerika geweier is (Wikipedia)

Vroeër het Habib ‘n doktorsgraad aan die City University in New York verwerf. Politieke wetenskap is sy spesialiteitsgebied. Sy vorige boek is South Africa’s suspended revolution: Hopes and prospects (Wits University Press, 2013). Sy marxistiese oriëntasie, in die Lenin/Trotsky-idioom, blyk reeds duidelik uit die boektitel. Hy begeer verdere revolusionêre verandering: “breaking out of our structural impasse and achieving progressive outcomes” (127). Fatima is Adam se Eva. As studente was albei United Democratic Front- (UDF-) aktiviste. Habib is ‘n uitgeslape kalant wat vinnig op sy voete kan dink terwyl hy ‘n saak in mooi klinkende voue lê; ‘n gladdejantjie (“smoothie”).

Habib begin sy boek op ‘n marxisties-globalistiese noot: “We recognise that things can and must change … our collective commitment to addressing inequality within the global academy. If we truly believe in an egalitarian world, then we need to work towards a global academy of commons … Universities can only successfully contribute to addressing inequality if … they enable access for students from poor communities” (93). Marxiste erken nie ras- en etniese verskille nie; slegs klasverskille. Dwarsdeur sy boek gee Habib voorkeur aan armes en gemarginaliseerdes pleks van aan akademies bekwame studente. “The overall goal in our student recruitment was to achieve a strategic balance between demographic representation and cosmopolitan orientation” (136). Marxisme/kommunisme is ‘n sodanige wêreldwye verskynsel. Habib stel “an alternative future” in die vooruitsig (2094).

Habib loof die marxis, Neville Alexander (1936-2012), se boek, One Azania, one nation (1979), waarin Alexander onder die skuilnaam No Sizwe hom onder meer oor Afrikanernasionalisme uitlaat (118). In sy intreerede as Wits-rektor het Habib na “great activists and organic intellectuals” soos Antonio Gramsci (1891-1937) en Steve Biko (1946-1977) verwys (127). Habib is uiters linksgesind en eenogig, bv “I am particularly supportive of the Palestinian struggle, given the atrocities that the Israeli state has been party to” (424). Nelson Mandela word Suid-Afrika se “most illustrious son” genoem (703). Habib verwys ook na “one of the ANC’s most beloved elder couples, Walter and Albertina Sisulu” (893).

“In the late 1990s … the University of Transkei [UT] effectively embarked on a strategy to address its historical infrastructure disparaties by deliberately pursuing a financial deficit” (109). Hy noem die UT “one of the country’s strongest historically black universities,” terwyl die UT dit nooit was nie. Implisiet is ‘n verwyt gerig aan die “apartheidsregime”. Die waarheid is dat die blanke politieke bewind die UT uit die grond opgebou het. Soos in die geval van al die ander universiteite vir nie-blankes is ‘n spesiale jaarlikse vestigingsubsidie deur die blanke politieke bewind aan die UT betaal. Om bekwame blanke dosente na swart plattelandse universiteite te trek, is ‘n spesiale gebiedstoelae maandeliks aan iedere sodanige dosent betaal. Die latere finansiële ondergang van die UT is deur wanbestuur veroorsaak. Toe blankes in beheer van die UT was, was dit finansieel gesond. Nadat swartes beheer oorgeneem het, is finansiële dissipline oorboord gegooi. Studenteskuld het toegeneem en geen daadwerklike pogings is aangewend om die skuld in te vorder nie. Anders as die tradisioneel blanke universiteite is die tradisioneel swart universiteite vir inkomste grootliks van klasgeld en owerheidsubsidie afhanklik. Hulle doen nie genoeg moeite om ander inkomstebronne te ontgin nie. Anders as by die eens blanke universiteite is daar by die swart universiteite geen noemenswaardige vrywillige finansiële ondersteuning uit die gemeenskap nie, onder meer omdat daardie universiteite in veel groter mate as die tradisioneel blanke universiteite ‘n swak naam verwerf het omdat hulle bedrywighede te dikwels deur bv boikotte en onrus lamgelê word.

Wat die falliste gemeen het, is “all questioned the identity of the university and what it meant to be an African institution in the 21st century” (144). Die Europees-Westerse wortels van Wits en van die universiteitswese as sodanig word agterweë gelaat. Wits en die ander tradisioneel blanke universiteite moet teen wil en dank verander word. “It was unacceptable for black students not to feel at home at South Africa’s public universities” (152). En blanke studente? Nêrens breek Habib ‘n lansie vir hulle nie. Weens verswelging deur swartes voel blankes al hoe meer ontuis aan die eens blanke universiteite. Aan die tradisioneel swart universiteite kon blankes nog nooit tuis voel nie.

“The #FeesMustFall movement began at Wits” (152). Dít is ‘n bron van trots vir Habib omdat hy dit as “a legitimate social struggle” beskou (686). Solomon Mahlangu (1956-1979) is weens sy militante MK-bedrywighede ter dood veroordeel. Habib noem MK-terrorisme “a noble cause” (225). Mahlangu “became the mythological mascot of South Africa’s #FeesMustFall protest” (225). Die groot mate waarmee Wits hom amptelik met MK-terrorisme en FMF vereenselwig, blyk uit die feit dat die gebou wat as Senate House bekend gestaan het tot Solomon Mahlangu House hernoem is (274). Daar is ook die Robert Sobukwe Building (1191), die Umthombo Building (1306) en die Steve Biko Centre for Bioethics (1298). “13 new buildings and other sites have been renamed” (2054). Dít moet noodwendig minstens sommige blankes vervreem maar Habib bekommer hom eerder oor die swartes en kla oor die blankes se “failure to understand the alienation that black staff and students experience” (2136). Daar is ‘n Black Students Society (3481) en heel moontlik ‘n personeelvereniging vir swartes, maar sulke eksklusiewe organisasies ter beskerming van blankes se belange is seker(lik) ontoelaatbaar.

‘n Opsig waarin Habib as rektor deesdae met die historiese ANC/MK verskil, is dat hy kampusgeweld afkeur (383). Hy verwys na die Sanlam-ouditorium van die Universiteit Johannesburg wat afgebrand is. “It is this blasé attitude towards violence that has come to haunt both the #FeesMustFall movement and the universities, and it is perhaps the single greatest curse afflicting South Africa’s contemporary political system” (1084). Die ANC is ongetwyfeld die vader van die voortgesette politieke geweld in Suid-Afrika, met Nelson Mandela as die ANC-lid wat eerste die geweldsopsie bepleit en toegepas het ten einde die politieke doelwit van swart oorheersing te bereik. Soos die ANC redeneer Habib dat geweld in die blankbeheerde ou Suid-Afrika geregverdig kan word maar nie in die nuwe demokratiese Suid-Afrika waarin swartes beheer uitoefen nie. “Fanon and Biko wrote about revolutionary violence in the crucible of the colonial struggle. Is it legitimate to transpose these ideas onto a democratic era, which … provides the space not only for protest, but also the right to vote out the political elite?” (3564). Terwyl Habib die Wits-rektor is, sal hy teen geweld op die kampus wees.

Habib karakteriseer die ideale universiteit tereg as “a safe and free space for ideas” (160) maar dit is deesdae nie naasteby die geval nie. Anders as voorheen het dit op die kampusse te gevaarlik geword om saans klasse aan te bied of toetse en eksamens te skryf. ‘n Vrye vloei van linkse idees vind sonder beperkings plaas maar standpunte regs van die middel word nie geduld nie. Aan Wits is daar ‘n “Israel Apartheid week” (424), maar daar sal nie ‘n pro-Israel-week wees nie; nog minder ‘n pro-Afrikaner- of pro-Afrikaansdag, al was iemand soos bv NP van Wyk Louw (1906-1970) jare lank (1958-1970) ‘n Wits-dosent. Die Afrikaansdepartement is gesluit. Daar is nie ‘n Van Wyk Louw-gebou nie. Die “intellectually vibrant and humane university that we collectively envisioned” (168) is wat Afrikaners en Afrikaans betref ‘n verbeeldingsvlug. Dit grief des te meer omdat Wits se buuruniversiteit, die Randse Afrikaanse Universiteit, in ‘n oorwegend swart Engelsmedium University of Johannesburg ontaard het.

Wanneer ‘n mens die boek lees, is dit kwalik voorstelbaar dat Wits om akademiese redes bestaan; dus dat onderrig aangebied en navorsing gedoen word. Politieke bedrywighede oorheers. “Almost all of the student leaders’ academic performance was poorer than it should have been” (457). Die opstandige studente wil hê dat hulle tydens (massa)samekomste volgens die meerderheidsmening universitêre besluite neem (936). Dít terwyl seker die meeste van hulle nie eerstehandse ondervinding van ‘n ordentlik funksionerende skool het nie; om van ‘n universiteit, wat ‘n andersoortige opvoedkundige inrigting is, nie te praat nie. Desnieteenstaande word dit telkens toegelaat dat ‘n student die voorsitter is by byeenkomste waar daar van Habib of ander bestuurslede verwag word om op te tree (bv 1314). In die sug na demokratisering word die studente toegelaat om in ‘n te groot mate beheer oor sake uit te oefen. “Some students are particularly rude in the classroom” (2103) en “some students [are] manipulating race to bypass assessment processes” (3153).

Vir FMF het dit om veel meer as akademiese sake gegaan. “There were calls for the termination of all legal contracts with service providers, the immediate insourcing of all employees working in outsourced service companies, the dissolution of the Senate and Council, and the reimagining of the university so that all substantive decisions were made in an assembly with all stakeholders, including the students” (962). In 2000 het Wits tereg die bestuur en administrasie van werkers aan kommersiële maatskappye uitgekontrakteur. Dit is bekend dat private ondernemings meer doeltreffend en ekonomies as openbare ondernemings funksioneer. Universiteite bespaar dus koste met uitkontraktering en word in staat gestel om op hulle kernfunksies, onderrig en navorsing, te konsentreer.

Dit is heeltemal verkeerd dat toegelaat is dat die werkers en die studente teen die universiteit saamspan deur die inkontraktering van werkers te eis. Dit is ‘n nie-akademiese saak wat niks met studente as studente te make het nie, maar wel met studente as aktiviste. Habib is ten gunste van inkontraktering. Let op die mooi voue waarin hierdie gladdejantjie die saak lê: “A progressive pragmatism began to dominate Senate deliberations – one in which achieving socially just outcomes was still important, but in which these outcomes were to be achieved in a way that preserved the essence of what it meant to be a university and recognised that we operate in the world that exists, rather than one we wish existed” (970).

Die werkers, sowat 1 500, wat by inkontraktering betrokke was, sluit talle groepe in: “cleaning, catering, grounds, waste, security … [and] maintenance” (1541). Wat was die resultate van die inkontraktering? Sekerlik nie hoër produktiwiteit en ‘n verbetering in die gehalte van die werk wat gelewer word nie. “The quality of the services had declined” (1674). Dít en aansienlik hoër uitgawes is weens die inkontraktering van werkers genoodsaak terwyl die studente vir laer studiegeld betoog, asof dit nie teenstrydig is nie. “Their remuneration tripled in under two years” (1681). Wat inkontraktering betref “government … refused to provide financial support” (3456). Aan bv die Universiteit Kaapstad het inkontraktering veroorsaak dat talle professore uit diens gestel is. In ruil daarvoor het werkers kollegas met siektefonds- en pensioenvoordele geword wie se kinders voortaan op vrystelling van studiegeld geregtig is. Hiermee het universiteite aan “sosiale verantwoordelik/geregtigheid” gewen maar akademies is groot verliese gely.

Die vergoeding van Wits se uitvoerende bestuurslede het ook onder die soeklig gekom en is as buitensporig bestempel (1624). Die teenargument is dat hulle vergoeding mededingend moet wees. Soos Jonathan Jansen roem Habib daarop dat hy behoeftige studente uit sy eie sak met studiegeld ondersteun (1640). Dit in sigself kan daarop dui dat hy te veel geld “verdien” (eintlik: ontvang). Die kernfunksies van die universiteit is onderrig en navorsing. In hierdie opset is die professore dus die kernelemente. ‘n Rektor ontvang ongeveer dubbel die vergoeding van ‘n professor. Dit kan nie geregverdig word nie. In 2014, dus op die vooraand van die studente-onrus, het Habib ‘n jaarlikse salaris van R3.353 miljoen ontvang. Wat nodig is, is dat die rektor se vergoeding aan dié van dosente gekoppel moet word. Hy moet nie meer as 50% meer as ‘n professor ontvang nie. Daar is deesdae ook talle ander poste, bv dié van vise-rektore en direkteure, waaraan salarisse gekoppel is wat hoër as dié van ‘n professor is. Baie geld kan bespaar word deur sulke poste, sowel as die vergoeding daaraan verbonde, te verminder. Die spandabele Jacob Zuma het net een adjunk gehad, maar ‘n rektor kan die luukse van bykans ‘n halfdosyn adjunkte, elk met allerhande byvoordele, hê.

Die plaaslike universiteite is nie meer wat hulle eens was nie. Voorheen was daar blanke en swart universiteite, asook Afrikaanse en Engelse universiteite. Ook oorwegend behoudende/regse en progressiewe/linkse universiteite. Dus gesonde diversiteit. Deesdae is hulle almal in oorheersende mate gehomogeniseer tot linkse swart universiteite met Engels as onderrigtaal. “The university system expanded from about 420 000 students in 1994 to about 1.1 million in 2014” (489). “Because 55 per cent of university students did not graduate, the sector was not providing sufficient returns on investment” (761). Hoe meer studente jaarliks toegelaat word, hoe hoër styg die druipsyfer, tensy akademiese standaarde, soos die toelatingsvereistes, verder verlaag word. Wat nodig is, is strenger keuring van studente op akademiese gronde, bv bewese akademiese prestasie, en die handhawing of verkieslik verhoging van akademiese standaarde in die toetse en eksaminering.

Universiteite behoort elitistiese inrigtings te wees, waar die room van die samelewing versamel word en nie die gepeupel op grond van bv velkleur, geslag of armoede nie. Habib, daarenteen, gee voorkeur aan ‘n universiteit as deel van “a global academy of commons” (93). In die praktyk vaar rasgroepe akademies nie almal ewe goed nie maar dit word aan die skoolstelsel toegeskryf. “White and Indian students, who often perform better in these tests as a result of better schooling systems” (1777). In bv Amerika vaar dieselfde twee rasgroepe beter as die ander groepe. Wat doen Wits hieromtrent? Hy diskrimineer teen presterende blanke en Indiërstudente. “[They] are required to achieve a higher point score to gain entrance than African and Coloured students” (1785). “Forty per cent of seats in the MBChB programme are now determined simply on the basis of academic results” (1785). Ook hier word toegelaat dat “sosiale verantwoordelik/geregtigheid” swaarder as akademiese oorwegings weeg. Maar daardie 40% wat op akademiese gronde tot MBChB-studie aan Wits toegelaat word, is hoër as by bv die fakulteit geneeskunde van die Universiteit Stellenbosch. Die US se ANC-gedienstigheid het skynbaar geen perke nie.

Aan Wits is daar sowat 36 000 studente (2580). Wits is nie meer die universiteit wat hy eens was nie. Dit het bv ‘n oorwegend swart universiteit geword. In 1994 was 35% van die studente swart. In 2018 was dit 82%. “Blacks comprise 90 per cent and Africans 79 per cent of professional and administrative staff … Black staff comprise 49 per cent and Africans 32 per cent of academics … Much still needs to be done. More needs to happen on the academic staffing front and in the senior management cohort” (1711). Waarmee Wits besig is, is “accelerating transformation” (1947) en “approaching our demographic targets” (1719). Wat hier bepleit word, is dat Wits al hoe meer ontwit moet word. Die “wit” moet as’t ware uit Wits gehaal word. Onderliggend is die uitgangspunt van gelykheid/eendersheid; dus dat die personeel in al die afdelings en op alle vlakke veral die swart demografie moet weerspieël. Dít sou polities korrek wees, maar sekerlik nie akademies korrek nie. Habib verwys egter goedkeurend na “transformation and its gains” (1727).

“The African and Coloured staff … expressed much concern about the low numbers of African academic staff and the dominance of whites among the professoriate. There were some expressions of concern that academics from the rest of the continent were prioritised in appointments … There was even the suggestion that there should be a moratorium on the appointment of white staff” (1907). Dit kom neer op anti-blanke rassisme. Hierdie nie-blanke personeel wil op grond van ras bevoordeel word en in die proses blankes benadeel. Talle swart dosente uit die res van Afrika is sedert 1994 aan die plaaslike universiteite aangestel, dikwels omdat in die naam van transformasie voorkeur aan hulle bo plaaslike blanke kandidate gegee word. Die res van Afrika word deurlopend van sy karige voorraad gekwalifiseerde akademici ontneem. In hierdie opsig word daar nie sorg gedra dat “sosiale verantwoordelikheid/geregtigheid” teenoor ander Afrika-lande geskied nie.

Ras speel ‘n groot, soms deurslaggende, rol by Wits en in die res van die nuwe “nie-rassige” Suid-Afrika. Wanneer swartes onsuksesvol by bevorderings is, “[they] simply assumed that the outcome was due to racism. In one particular case, the staff member repeatedly challenged the outcome on racial grounds, even though the entire promotions committee comprised black staff. In addition, in multiple cases staff who had been dismissed or were being dissiplined for corruption, sexual harassment or other serious violations cynically resorted to playing the race card as their first defence. It has also become common for parents of all races to challenge our admission decisions by alleging racism when their child is not admitted” (2171).

Soos dit ‘n politieke aktivis sedert die apartheidsera betaam, hou Habib nie van polisie-teenwoordigheid op die kampus nie, al is die polisiediens nie meer ‘n skaduwee van die doeltreffende organisasie wat dit eens was nie. “Our police force is neither appropriately organised nor adequately trained for a democratic society” (3606). Tydens onrus is by voorkeur private sekuriteitspersoneel op die Wits-kampus ontplooi, wat volgens Habib se opdragte moes optree. Die polisie handel egter volgens eie goeddunke en laat hulle nie deur Habib en andere voorskryf nie. Wanneer onrus ernstige afmetings aangeneem het, is die polisie ontbied. Dit het die gewenste uitwerking gehad: “The presence of police and private security deterred any violence” (986). “Clearly, the police and private security had stabilised matters” (1002).

Oor polisie-optrede is Habib kwaai gekritiseer, onder andere deur verlinkse Wits-personeel. Tydens studente-onrus was Habib ampshalwe verplig om Wits se belange bo sy eie politieke voorkeure te stel. Hy was dikwels oorhoops met verlinkse personeel, bv dosente, wat die studente-onrus opgestook het. Wits se Centre for Applied Legal Studies het gearresteerde studente bygestaan. Habib skryf: “We were comfortable with their doing this” (1068). Dit is ‘n verskynsel wat hom ook aan die ander universiteite voorgedoen het; dat sommige personeellede die misdadige studente simpatiek gesind was en hulle waar moontlik gehelp het, maak nie saak hoeveel skade hulle aangerig het nie.

Wits wou bv hê dat een van die belhamels in die studente-onrus uit polisie-aanhouding vrygelaat word. “We had even contemplated housing him at my official residence … In the end, we made arrangements with the Jesuit Institute to provide housing for him in the city centre” (2758). Daar is dus agteroor geleun om hierdie voorbok goed te behandel, asof hy iets goeds vir Wits en die samelewing gedoen het. “We would not stand in the way of student leaders being released” (2909). Habib is voorwaardelik ten gunste van amnestie vir misdadige studente. “I could only support the call for amnesty if it were qualified and the protesters acknowledge that violence and arson are not legitimate strategies for protest in universities and democracies” (3639). Dit is om misdadigers wat miljoene rande te skade aangerig het heeltemal te lig daarvan te laat afkom. My standpunt is dat hulle, indien nodig, lewenslank dwangarbeid moet verrig, dus totdat hulle arbeid verrig het wat die ekwivalent is van die skade wat hulle aangerig het.

Dosente in veral sosiologie en sosiale/kulturele antropologie het uitgemunt in hulle sabotering van universitêre gesag en dissipline. Dit geld ook ander dosente in die humaniora en sosiale wetenskappe. Veral in hierdie geledere is leerplanne gedekoloniseer (1972). “The Humanities faculty … often prided itself on having the most politicised and socially conscious academy in not only the institution, but also the country” (1379). In uitsonderlike gevalle is studente geskors, maar dit is gewoonlik kort daarna opgehef (1076). ‘n Mens sou eerder dink ‘n universiteit is ‘n opvoedkundige inrigting en dat alles moontlik gedoen sou word om misdadigers swaar te straf. Hulle vernietig eiendom en skend immers die regte van studente wat ongehinderd wil studeer.

Die aanleiding vir FMF was oënskynlik hoë studiegeld. Maar baie studente betaal nie die studiegeld wat hulle skuld nie en kom weg daarmee omdat groot bedrae telkens afgeskryf word. In daardie sin geniet die nie-betalers reeds gratis universitêre onderrig. Studielenings word in baie gevalle nie terugbetaal nie. Teen die einde van 2015 “the total historical debt had already crossed the R100 million threshold – the financial burden of clearing this debt would be unsustainable for the institution … The protesters believed that, if there was to be no free education, there should be no education at all” (1174). Daarom is gepoog om die kampusse in die ANC-idioom onregeerbaar te maak. Habib en Wits “support the idea of free education and highlight the inclusive benefits that society could derive from it” (1403). Gratis studie moet onderrig-, akkommodasie- en onderhoudskoste insluit (1412). Soos tydens slawerny moet alles aan die (arm/swart) student voorsien word.

Jacob Zuma het na aanleiding van die studente-protes in 2015 aangekondig dat studiegeld nie in 2016 verhoog sou word nie. Die staat sou die universiteite vir hierdie verlies vergoed. Op 16 Desember 2017, kort voor die ANC se verkiesing van die volgende president, het Jacob Zuma onverwags aangekondig: “Free education for all students in universities and technical vocational education and training (TVET) colleges with family income of less than R350 000 per annum. The plan was to be implemented over five years and would commence with new first-year students in the 2018 academic year” (3080). Hoekom het Jacob Zuma dit gedoen? “To tilt the scales at the [ANC] conference in favour of his preferred candidate, Nkosazana Dlamini-Zuma” (3080). Maar Cyril Ramaphosa is tot president verkies. Sowat 40% van die studente sal mettertyd by gratis studie baat, maar die finansieringsprobleme van studente uit huishoudings met ‘n inkomste van minder as R600 000 per jaar, die sogenaamde “missing middle” – “the vast majority of students at universities like Wits and UCT” (3088) – word nie hiermee aangespreek nie.

Die gevolge van hierdie besluit van Jacob Zuma is ingrypend. Swartes het weer bewys dat geweld ‘n doeltreffende manier is om die verlangde resultate te behaal. “Violence had become an ‘addictive reality’ for many Fallists” (3555). “It is incontestable … that … there was an almost infantile romanticising of violence” (3555). Maar let op hoe gladdejantjie Habib dit elders vertolk: “It must be said that, at least at the rhetorical level, most of the leaders of #FeesMustFall professed a commitment to peaceful action. Peaceful mobilisation also seemed to be the substantive intent of the vast majority of its supporters” (3473).

‘n Ander gevolg van die Zuma-besluit is die toenemende verswelging van universiteite deur studente wat akademies swak toegerus is. “The EFF and Julius Malema in particular called on students to flood the universities and claim their place” (3115). Verder, deurdat die ANC-regering eensydig besluite oor universiteitsake neem, is die outonomie van hierdie inrigtings verder weggekalwe. Die finansiële welsyn van universiteite is al hoe meer uitgelewer aan die regering se beloftes dat hulle vir verliese vergoed sal word, dus dat hulle subsidiëring verhoog sal word. Maar dit veroorsaak dat universiteite vir hulle voortbestaan al hoe meer van die regering afhanklik word, wat tot die verdere erodering van hulle outonomie lei.

Habib voer aan dat ‘n politieke oplossing nodig is om universiteite se probleme op te los (3139). Maar dit moet die besef insluit dat universiteitstudie nie ‘n reg is nie en vir die meerderheid skoolverlaters nie beskore is nie. Die kolleges (TVET’s) behoort baie meer studente as die universiteite te akkommodeer (3209). Die kollege-sektor sal hergestruktureer en heropgebou en uitgebou moet word. Myns insiens met die herinsluiting van die eertydse technikons, wat verkeerdelik as universiteite geklassifiseer is. Veralgemenend: By universiteite gaan dit om opvoeding, onderrig, teoretiese begronding en beroepsvoorbereiding. Kolleges, daarenteen, is op afrigting vir beroepsbeoefening ingestel, met (heelwat) minder teoretiese begronding. Die onderwyskolleges sal ook moet herlewe. Sonder genoeg bekwame, professionele onderwysers sal die gehalte van skoolonderwys nie verbeter nie en sal die uitsaksyfer aan universiteite en kolleges nie verlaag word nie.

Verder sal die ANC en veral swartes tot hierdie besef moet kom: “There is no such thing as free education. Someone always has to pay” (3158). Insgelyks is daar nie so iets soos bv gratis water, vullisverwydering, elektrisiteit, televisie, mediese sorg en skoolonderrig nie. Die grootskaalse manier waarop daar op inkomstebelasting- en dienstebetalers geparasiteer word, is nie volhoubaar nie en is ook immoreel; eintlik misdadig. Daar is diegene wat die koste van die aangekondigde gratis tersiêre onderwys met bv ekstra belasting op die superrykes wil bestry (3167). Maar die gevolgtrekking waartoe Habib kom, is: “South Africa simply does not have sufficient resources in state coffers to implement comprehensive, free higher education for both universities and TVET colleges” (3192). Nog minder sou gratis skoolonderrig deur die staat bekostig kon word. Gratis hoër onderwys is in elk geval absurd as daar nie ook gratis skoolonderwys is nie. Die onkoste van “gratis” universitêre onderwys kan deels verhaal word “by a graduate tax structured through the payroll” (3250). Baie studente sou kon baat by ‘n stelsel van “bank-funded but government-guaranteed loan[s]” (3284).

Daar is ‘n wesenlike probleem wat glad nie deur Habib aangespreek word nie; waarskynlik omdat hy bang is om swartes aanstoot te gee. In die naam van transformasie werf universiteite deesdae by voorkeur swart kandidate met studiebeurse. Die matrikulant word voor hierdie keuse gestel: Kom studeer aan bv die Universiteit Stellenbosch of bly tuis en hoogs waarskynlik werkloos en krepeer saam met jou familie. So ‘n student kan moontlik na die kampus kom primêr om verblyf en kos te ontvang en nie noodwendig om (ernstig/toegewyd) te studeer nie. Van die studiegeld wat hy ontvang, word nie vir studie (bv die aankoop van boeke) aangewend nie, maar aan sy kreperende (uitgebreide) familie gestuur. Weens sy persoonlike omstandighede saboteer hy dus self sy studie.

Ingeskrewe studente wat nie studeer nie, is by uitstek diegene wat onrus stook. Hulle behoort so gou moontlik verwyder te word. Andersins is daar, soos duidelik uit Habib se boek blyk, oud-studente en nie-studente wat die kampus betree om kwaad te stook. Hulle moet toegang tot die kampus verbied word en oortreders moet swaar gestraf word. Maar by mense soos Habib weeg “sosiale verantwoordelikheid/geregtigheid” swaarder as akademiese oorwegings, gevolglik word anti-akademiese elemente sagkens behandel en staan dit hulle in te groot mate vry om met hulle ontwrigtende gedrag voort te gaan. Die marxis Habib bly ingestel op voortgesette revolusie: “I see myself as a progressive who is committed to the goals of social justice and an alternative political and socioeconomic order” (3407). “Mass action and social mobilisation are an essential component of the strategic arsenal required for changing our world” (3415).

Habib is sekerlik diep bewus van die ongedurigheid in die verhouding van Indiërs en swartes; nie net plaaslik nie maar ook in Oos-Afrika, bv Uganda en Kenia. Nogtans het Indiërs en swartes in die “bevrydingstryd” saamgewerk. Sedert 1994 word die belange van swartes egter geprioritiseer, wat Habib as rektor in ‘n ongemaklike posisie aan die oorwegend swart Wits plaas. Hy is op sy pasoppens vir swartes, soos blyk uit die volgende twee voorbeelde. “Some senior black academics who profess to be committed to the transformation agenda … are almost completely divorced from day-to-day interactions about how to transform institutions. I stress that this does not apply to all black staff” (2128). Die Mellon Foundation is versoek om meer beurse vir studie aan bv Harvard en Oxford beskikbaar te stel. Oor sodanige bevoordeling is die swartes in hulle noppies, al is daar by daardie universiteite geen sprake van gedekolonialiseerde leerplanne en kampusse waar hulle tuis sal voel nie. “Officials of the Mellon Foundation … remained silent even though they recognised the contradiction; reluctantly [!], I stood up and pointed it out” (2162).

Een van Habib se skemas is “competencies to be developed in indigenous languages among staff and students” (1932). ‘n Nuwe taalbeleid is aanvaar. “Given the limited institutional resources available, the first step in this plan was to change all letterheads, business cards and signage to reflect three languages: English, isiZulu and Sesotho. Language courses specialising in conversational isiZulu and Sesotho have also been established” (2070). Wat dwarsdeur die boek afwesig is, is enige verwysing na Afrikaans. Habib is moontlik nie eens Afrikaans (behoorlik) magtig nie. Hy verwys uitsluitlik na Engelse inligtingsbronne. Die soort meertaligheid wat Wits beoefen, behoort ‘n wekroep te wees vir Afrikaansinstansies, soos die Afrikaanse Taalraad en die ATKV, wat hulle dikwels meer entoesiasties vir meertaligheid as vir die bevordering van Afrikaans beywer. Wanneer in die nuwe Suid-Afrika na inheemse tale verwys word, word daar meesal aan swart tale gedink en nie aan Afrikaans nie. Insgelyks word meertaligheid, naas Engels, al hoe meer met swart tale geassosieer Vir Afrikaans is dit ‘n verloorsituasie.

Max Price, die rektor van die Universiteit Kaapstad (2008-2018), was eerste om aan die eise vir die inkontraktering van werkers toe te gee. Dit het tot ‘n kettingreaksie aan die ander universteite gelei. Habib toon ook aan dat Price selfs in groter mate as hy afkerig van sekuriteitsmaatreëls en veral polisie-teenwoordigheid op die kampus was. Die Universiteit Johannesburg, daarenteen, was veel meer geredelik op voorkomende beveiliging ingestel en is gevolglik minder deur die onrus ontwrig. Price verdedig sy besluite teen Habib se vertolking in ‘n artikel (Daily Maverick, 12.03.2019). Price noem dat hy besig is om ‘n boek oor die studente-onrus te skryf. Verwag dus verdere selfregverdiging.

Eskom straf Suid-Afrika met deurnagbeurtkrag

Ná jare van korrupsie, plundery en wanbestuur, is Eskom kennelik besig om al hoe verder in duie te stort want die elekrisiteitsverskaffer het gister (Saterdag) deurnagbeurtkrag van 16 tot 17 Maart aangekondig. Terwyl Eskom die Mosambiekse tifoon daarvoor blameer, is dit heel waarskynlik die onbekwaamheid van sy aardig besoldigde en korrupte topbestuur en amptenare wat daarvoor verantwoordelik is.

In ‘n twiet vermeld Eskom in sy gewone ANC-eentalige Engels:

Daar word verwys na ‘n “verlies aan keppêssitie” en die tifoon in Mosambiek. Blykbaar voer Suid-Afrika elektrisiteit van Mosambiek in — seker deel van ‘n korrupte transaksie — terwyl daar al jare lank elektrisiteit gratis of met nie-terugbetaalbare lenings aan die Zimbabwe-monster verskaf word.

Opvallend ook is hoe sekere woonbuurte naby Megawattpark in Sandton, waar die meeste van Eskom se korrupte miljoenêrbestuurders woon wat al jare lank die elektrisiteitsreus besteel, nie deur beurtkrag geraak word nie… Hulle ligte bly aan.

In sy reaksie het dr. Dan Roodt van PRAAG twee twiets in die rigting van Eksdom afgevuur:

Dan Roodt oor Guillaume Faye: die regse Sartre

Een van die voorste intellektuele van die Franse “Nieu-Regs” (nouvelle droite), wat later sy eie idees oor die lot van die Weste ontwikkel het, is pas dood. Dan Roodt kyk na die man en sy idees en vergelyk hom met Jean-Paul Sartre aan die linkerkant van die politieke spektrum.

Guillaume Faye het tussen 6 en 7 Maart gesterf. Hy het ‘n aantal geskrifte agtergelaat wat nou behoorlik gelees kan word, aangesien ons die geleentheid kwyt is om hom bloot ‘n vraag te stel by een van sy talle openbare lesings regoor die wêreld. Ek het hom twee keer in Amerika tydens 2006 en 2012 ontmoet, en het dadelik ‘n affiniteit met sy ikonoklastiese intelligensie aangevoel.

‘n Profeet word nie in sy eie land geëer nie, soos die spreekwoord lui, en miskien was dit ook die geval met Faye. Kort ná die aankondiging van sy dood was ek geskok om ‘n paar minagtende opmerkings oor hom te lees deur sommige voormalige kollegas en vriende uit die dae toe hy lid was van die Franse nouvelle droite (Nieu-Regs), veral die GRECE. Laasgenoemde akroniem staan ​​vir Groupement de recherche et d’études pour la civilisation européenne en word meestal geassosieer met sy stigter Alain de Benoist, wat later vir Guillaume Faye as ‘n “ekstremis” getipeer het.

Liberale of linkses sal waarskynlik dieselfde ding van De Benoist self sê. Die Engelse Wikipedia beskryf GRECE as “‘n etnonasionalistiese dinskrum”. De Benoist was nog altyd baie versigtig om hom nie nasionalisties te noem nie; in ‘n onderhoud met BuzzFeed het hy hom as ‘n ondersteuner van Bernie Sanders en Jean-Luc Mélenchon (die verlinkse Franse politikus) beskryf. In dieselfde onderhoud sê hy: “Een van sy bitterste gevegte was met Guillaume Faye, wat in die middel van die 80’s met De Benoist gebots het, aangesien Faye die soort oordrewe rassistiese posisies begin inneem het wat De Benoist wou agterlaat.”

Die R-woord, wat ten minste een keer in elke linkse toespraak of publikasie voorkom. As ons nou daarna kyk, is die posisies van De Benoist en Faye van dieselfde orde, en verteenwoordig ‘n poging om die Europese en Westerse identiteit te red. Albei was onverbiddelik gekant teen die laissez-faire immigrasie wat deur Links en immigrasioniste gepredik is. Maar dalk wou Faye, altyd die avant-gardistiese voorloper, verder gaan en die argument tot sy uiteinde voer, waar dit polities onkorrek word.

Baie Franse intellektuele van sy geslag het openlik ‘n oproep op Marxistiese revolusie gedoen, selfs pedofilie, soos Daniel Cohn-Bendit, die Europese LP en voormalige Maoïstiese studenteleier van die Mei 1968-opstand in Parys. Op die een of ander manier word mense en veral die media nie daardeur ontstig nie. Jean-Paul Sartre, wat miljoene boeke verkoop het wat die Westerse mens as eensaam, alleen en absurd uitbeeld, het selfs linkse terroriste verdedig. Hy en sy metgesel, Simone de Beauvoir, het hulself laat afneem saam met Fidel Castro en Ché Guavara wat duisende mense koelbloedig doodgeskiet het. Oënskynlik is dit as bewonderenswaardig en glansryk beskou.

Daarom vergelyk ek Guillaume Faye met Sartre: hy was ‘n betrokke intellektueel wat die wêreld wou verander. Ek het ‘n aanhaling gevind van Faye in ‘n onderhoud oor Nietzsche wat hierdie siening ondersteun:

“Dit is baie vreemd, want die publisiteitsbewuste wie se ideologie, polities korrek en konformisties, is presies die teendeel van Friedrich Nietzsche se filosofie. In werklikheid het die pseudo-Nietzscheans ‘n ernstige filosofiese fout begaan: hulle het beweer dat Nietzsche ‘n teenstander van die gevestigde orde was, maar het voorgegee dat hy nie verstaan ​​dat dit hul eie orde was nie: die egalitarisme wat uit ‘n sekulêre interpretasie van die Christendom gekom het. Christelike morfiese van binne en buite. Maar hulle het geglo (of het geneig om te glo) dat Nietzsche ‘n soort anargis was, terwyl hy ‘n onverbiddelike nuwe orde voorgestel het. Nietzsche was nie soos sy nabootsers ‘n rebel in pantoffels nie, maar ‘n revolusionêre visioenêr. “

Faye het volkome begryp ​​dat die stryd tussen Links en Regs in die Weste oor die afgelope twee eeue teruggevoer kon word na twee stelle idees, verpersoonlik deur twee figure wat so verskillend was soos Karl Marx en Friedrich Nietzsche. Aan die een kant, die klem op opsweping, jaloesie, sosialisme, wat diegene met talent of skoonheid straf, met wit skuldgevoelens en andersyds Nietzsche se klem op teling en afkoms, aristokratiese waardes en smaak, ‘n amorale onskuld.

Faye betrek ook Nietzsche se idee van die “goeie Europeër” wanneer hy praat van sy eie Europese of Westerse nasionalisme, wat alle Europese volke omhels as die nasionale komponente van een beskawing. Hy het gedink dat “eng nasionalisme” tot die wêreldoorloë van die twintigste eeu gelei het en was nie skaam om te sê dat hy ‘n Italianer of ‘n Duitser as sy landgenoot en sy broer beskou het nie, maar nie ‘n Afrikaan of Arabier wat die Franse nasionaliteit gehad het nie.

Sulke uitsprake het Faye in konflik gebring met die Franse owerhede en linkse NRO’s wat hom van “rassisme” beskuldig het. Ná die publikasie van sy boek, La colonisation de l’Europe, is hy met 300 000 Franse frank (sowat R600 000) beboet omdat hy durf waag het om die idee te betwis dat dit moontlik was om miljoene derdewêreldimmigrante in Frankryk te integreer.

In daardie boek verklaar hy onomwonde dat Islam onversoenbaar met Europa is. Hy verwerp die gedagte dat die Magreb of Noord-Afrika ooit deel van Frankryk kan word soos sommige sosialiste al aangevoer het. “Die Magreb het niks om tot Europa by te dra nie, geen ekonomiese of geopolitieke voordeel nie. So ‘n huwelik sou wees soos om jou aan ‘n parasitiese struktuur te verbind. “(La colonisation de l’Europe, p. 41.)

Faye sien egter ook die hand van Amerika om Europa nader aan Islam te dwing en die kunsmatige kloof tussen “Westerlinge” en “Slawe” in stand te hou. ‘n Swak Europa verseker die wêreldwye hegemonie van die VSA.

Aan die ander kant onderskei Faye tussen daardie Moslems van min of meer Europese afkoms, soos die Turke en die Afrika- of Midde-Oosterse Moslems. Hy verwys na Duitsland, wat tot voor sy besluit om Midde-Oosterlinge te verwelkom, veel minder immigrasieprobleme soos misdaad en onluste as Frankryk gehad het. “Wat bewys dat dit nie die wetlike status van vreemdeling te wees wat die immigrant onassimileerbaar maak nie, dit is sy etniese oorsprong. Die Turke van Duitsland, wat vreemdelinge is, veroorsaak veel minder probleme en kos die Duitsers baie minder as wat die Afro-Arabiere die Franse staat kos, en laasgenoemde beskik grotendeels oor Franse burgerskap! “(La colonisation de l’Europe, p. 42.)

‘n Bietjie na die negentiende-eeuse bioloog Georges Cuvier met sy leer van “katastrofisme” waardeur hy die evolusie van die aarde verduidelik het, heg Faye veel waarde aan katastrofes of rampe. Hy voorsien ‘n komende ramp wanneer immigrasie, rassevermenging en die finale verowering van die Weste deur die Derde Wêreld sal lei tot ‘n ineenstorting van die beskawing, veral in Europa, maar moontlik selfs op wêreldwye skaal.

Sy leer van “archeofuturisme” bied ‘n uitweg uit die komende ramp. Terwyl die mensdom terugkeer na sy primitiewe, stamgebonde voorgeskiedenis soos wat in Afrika en dele van Asië tot die twintigste eeu geheers het, sal ‘n elite-minderheid tegnologie kan aanwend om ‘n nuwe beskawing te skep. Daarom het die Engelse vertaling van sy boek Archeofuturisme die onderskrif: “Europese visioene vir ‘n postrampspoedige tydvak.”

Aan die begin van die tweede hoofstuk van Archeofuturisme verklaar hy: “Slegs radikale denke is vrugbaar, want dit is die enigste wat in staat is om gewaagde idees te skep om die heersende ideologiese orde te vernietig en ons in staat te stel om onsself van die bose kringloop van ‘n mislukte stelsel van beskawing te verlos. ”

‘n “Toeloop van rampe” sal Europeërs in ‘n nuwe Donker Tyd dompel, en die moderne uitwis — iets wat in elk geval ‘n soort Protestantse en Angelsaksiese uitsondering was. Hy noem die moderne ‘n “pirriese oorwinning”, wat die kiem van sy eie vernietiging in hom omdra. Hy onderskei agt “ramplyne” wat die moderne sal oorweldig:

  1. Metastase van die Europese sosiale weefsel, in wese die demografiese kolonisering van die noordelike halfrond wat die ontwikkelde sentrums huiseves deur die globale Suide.
  2. Ekonomiese en demografiese krisis, met die verspreiding van armoede en werkloosheid, wat reeds in Frankryk en Suid-Europa gebeur, en wat ‘n “Derdewêreld-Europa” tot gevolg het.
  3. Die chaos van die Suide, wat van groot Derde Wêreld-stede soos Rio de Janeiro, Lagos, Kinshasa, Meksikostad, Koeala Loempoer, ensovoorts,  versprei waar ‘n gewelddadige misdadige onderklas saamleef met ‘n superryk elite wat beskerm word deur gewapende private waarmagte.
  4. ‘n Wêreldwye ekonomiese krisis, wat gekenmerk word deur dalende markte, depresiasie van geldeenhede, nie-terugbetaling van soewereine skuld, soos ons reeds gesien het, maar nog nie op ‘n heel rampspoedige skaal nie.
  5. Die oplewing in fundamentalistiese godsdienstige fanatisme, veral van Islamiste, maar ook van sommige Hindoes.
  6. ‘n Konfrontasie tussen Noord en Suid op teologiese en etniese gronde, met die rassebegronding van alle politiek. “Paradoksaal genoeg het egalitêre kosmopolitisisme gelei tot geglobaliseerde rassisme,” skryf Faye.
  7. Die onophoudelike besoedeling van die planeet.
  8. Die verspreiding van kernwapens, veral in Asiatiese lande.

Sodra die rampspoed sy hoogtepunt bereik, met die ineenstorting van moderne stelsels, sê Guillaume Faye dat “die mensdom sal terugkeer na die argaïese waardes wat suiwer biologies en menslik is (dws antropologies): die skeiding van geslagsrolle; die oordrag van etniese en volkstradisies, spiritualiteit en priesterlike organisasie; sigbare en strukturele maatskaplike hiërargieë; die aanbidding van voorvaders; rites en toetse vir inisiasie; die herstelling van organiese gemeenskappe (van die familie tot die volk); die deïndividualisering van die huwelik (egverbintenisse moet die sorg van die hele gemeenskap betrek en nie net van die egpaar nie); ‘n einde aan die verwarring tussen erotiek en eggenootskap; die prestige van die krygerkaste; ongelykheid wat sosiale status betref … ”

Benewens sy pessimisme oor die toekoms van die moderne, sal Guillaume Faye onthou word vir sy vurige oproep tot die stryd, met die titel Waarom ons veg: ‘n manifes vir die Europese weerstand. Dit is vir die eerste keer in die oorspronklike Frans in 2001 gepubliseer, en roep mense van ‘n gemeenskaplike Europese beskawing op om te verenig teen die vele bedreigings wat hulle in die gesig staar. Faye sê:

“Ek was nog altyd ‘n ‘nasionalis’ – nooit ‘n ‘Franse nasionalis’ nie, maar eerder ‘n ‘Europese nasionalis’. Ten spyte van haar drome van grootsheid (wat haar ontwyk het), is Frankryk te klein. Om te bestaan, om onsself te verdedig, om ons in ‘n toenemend moeilike wêreld te verweer, is dit nodig om op ‘n groter vlak as ‘n vastelandse blok te hergroepeer. “

Maar enige verwarring met die soort kosmopolitiese “Europeanisme” van die EU-politikus Guy Verhofstadt, word gou deur Faye reggestel. Sy Europa, soos hy dit stel, sou “die Pentagon se nagmerrie wees… ‘n etnosentriese Eurosiberia. Dit is ‘n langtermyn-unie van Wes-en Sentraal-Europese volkere met die Russiese Federasie – ‘n unie vry van Islamisering, Amerikaanse hegemonie en nie-Europese kolonisasie. ”

Elders in dieselfde manifes verwys hy na Europa se Prometheaanse vermoë om bo dodelike uitdagings uit te styg:

“Mens moet altyd hoop. Ons mense beskik nog oor enorme hulpbronne. Ten spyte van die voortdurende ondermyning, moet die tragiese kreatiwiteit van die Europese beskawing nog geblus word. “

Hier is ‘n video (in Engels) van ‘n toespraak wat deur Guillaume Faye in 2012 gelewer is by die American Renaissance-konferensie naby Nashville, Tennessee.

Leon Lemmer: ‘n Karakterisering van Amerika en Suid-Afrika

Tom Kawczynski is ‘n Amerikaner van Pools-Russiese oorsprong wie se voorgeslagte hulle 150 jaar gelede in Amerika gevestig het. Hy was aan die begin van 2018 in Amerika landswyd in die nuus toe hy op 37-jarige ouerdom ná net ‘n jaar as dorpsbestuurder van Jackman in Maine ontslaan is. Jackman is ‘n dorpie met minder as ‘n duisend inwoners; hoofsaaklik blankes. Sy vergoeding was $49 000 per jaar en hy het ‘n skeidingspakket van $30 000 ontvang. Die rede vir sy ontslag is sy uitlewing van sy konserwatiewe oortuigings. Sy standpunt is dat hy buite werkstyd vry is om sy eie menings bekend te maak. Hy dink Islam is nie verenigbaar met Westerse beskawing nie. Vir blankes eis hy dieselfde regte op as vir ander rasse. Hy is pro-blank sonder om ander rasse te haat. Aangesien swartes toegelaat word om te kies of hulle apart of geïntegreerd wil woon of lewe en daar bv oorwegend swart universiteite bestaan, is hy ‘n voorstander van vrywillige rasseskeiding, dus dat blankes dieselfde regte as swartes moet hê.

Sedert sy ontslag het Kawczynski hom voltyds op skryfwerk toegelê; enersyds om ‘n inkomste te verdien en andersyds om sy idees verder te ontwikkel en hulle bekend te stel. Met die oog hierop is die webwerf www.nationalright.us geskep. Hy het vriendskapsbande met die webwerf: www.europeanamericansunited.org. “The central idea I support is we should build our life around quality rather than equality” (boek genoem in volgende paragraaf, Kindle 2905). Vier beginsels vorm die grondslag van sy idees: “responsibility, liberty, morality, and identity” (2915). Hy het die afgelope jaar drie e-boeke by Amazon gepubliseer: op 10 Mei, 27 Augustus en 22 November. Die vraag is of dit ‘n volhoubare manier is om genoeg inkomste te verdien, onder meer omdat jy nog jonk is en sy vrou boonop aan Lyme-siekte ly en groot mediese uitgawes verg.

Someone has to say it

Kawczynski se eerste boek is: Someone has to say it: The hidden history of how America was lost (2018, 247p; Amazon Kindle $11,49). Die Amerikaanse hoofstroom-inligtingsmedia (koerante, populêre tydskrifte, radio, televisie en selfs internet, bv Google en Wikipedia), akademie/universiteite en die vermaaklikheidsbedryf (bv rolprentvervaardigers) is oorwegend linksgesind oftewel kultureel marxisties. “The Bolsheviks who ran the Soviet Union were as overwhelmingly Jewish as our media, academia, and financiers are today” (658). Die valse beeld wat van Amerika geskep word, is dié van ‘n onregverdige/”unjust” samelewing.

Die tema van die boek is om die verswygde en meer korrekte of waarheidsgetroue geskiedenis van Amerika na vore te bring. “Race matters more than ever, and it’s more than skin deep” (84). “What I said is that a religion [Islam] that marries off children, stones women for adultery, and sees beheading as a corrective might not be the best fit in America” (91). “Americans everywhere tire of this predictable hypocrisy where everything is fine and good unless it happens to be white, male, rural, traditional, Christian, or straight” (99). “I also think it’s okay to be white. Actually, I think it’s fantastic to be white” (123).

“There seems to me nothing more natural than loving what you are, whatever that may be, as race, ethnicity, and heritage, are things about which we have no choice in what we are bestowed … Were I to have written about the rights of black people, or Latino people, or any approved hyphen-based identity [eg African-American], I would probably be getting an award right now for my enlightened thinking. For the approved groups, identity is seen as a positive means of self-actualization and a way for groups to redress grievances” (132). Insgelyks het blankes in Amerika en Suid-Afrika die reg op selfbeskikking en om teen onreg, bv rassediskriminasie, te stry. “While every other group can organize to their benefit, all we can do is to be glad to be permitted their sufferance while they undo all that our parents and the generations before them sweat and bled to build and be grateful for the opportunity to right their wrongs by giving away all our wealth, our control, and ultimately, even our population – as is happening in both America and Europe” (148).

Ná die Tweede Wêreldoorlog “facts became racist. Saying blacks are more likely to commit violent crimes, though demonstrably true by statistics, is racist. Saying Jews are disproportionately able to secure professorships or have massive over-representation in the media, though easily provable, is racist. Saying Muslims are more likely to commit mass acts of terror than organized groups in the west, though evident, is racist. And the single biggest crime, for which we bled and fought in World War II, was to prevent race from ever being used to look at people” (1100). Nasionalism het toe ook ongewens geword.

“World War II may eventually be understood as the culmination of a great civil war within the west, where Marxism won, and the forces of dialectical materialism – which is to say that having stuff would lead to the greatest happiness – defeated the nationalists – those who believed people mattered as the groups they had existed as for many years, and the dissolution of the white race was embraced unanimously as the prize of the victors” (1116). “With LBJ[ohnson], these cultural Marxists found someone willing to adopt their program wholesale” (1441). “Civil Rights equated to Black Power” (1465). Gelykheid het plek gemaak vir die bevoordeling van swartes (1457). “The Hart-Cellar Act of 1965 … encouraged immigration from the Third World with quotas and chain migration” (1480). “It was impolitic to question the new people being brought in from the Third World because they were people too” (1662).

“The 1960s questioned everything and kept nothing … No stone was left unturned in a battle against inequity, which in many ways was a struggle against nature itself” (1631). “Life is not fair. People have unequal talents. Groups have imbalanced merit” (1638). “Obama was the fulfillment of the cultural Marxist strategy, a platform devoid of content save to realize the long-term goal of equality for all people” (2789). “Blacks vote Democrat. Latinos vote Democrat. Only whites divide their votes, because we’re the only ones who don’t think of our own people when we vote. This is because fifty years of culture and education have taught us to hate who we are, and to see ourselves as some sort of oppressors rather than as the originators of the civilization which powers most of the world at this point” (2797).

“Some call this white genocide. At a minimum, it is white displacement. It starts by negating our proud legacy as a people, taking away the accomplishments of our civilization. It accelerates with an agenda to bring in people by the hundreds of thousands into only countries founded by white people. It is facilitated by a media that puts out imagery daily encouraging our submission and marginalization. And it ends, as it does now in South Africa, with the loss of our rights and status as we become minorities” (2797). Oor Suid-Afrika skryf Kawczynski verder: “Cecil Rhodes was responsible for plundering much of the wealth of Africa and for the predicament of South Africa, a country actively being erased of its white settlers, today” (2158).

The coming civil war

Die voorafgaande toon Kawczynski se regsinnigheid. Hy is goed ingelig en beskik oor goeie insig. Hy skryf onderhoudend en duidelik, maar ek het min wat nuut is in sy eerste boek gevind. Sy tweede boek is myns insiens baie beter: The coming civil war (2018, 397p; Amazon Kindle $11,49). Sy tema is die groter wordende gaping tussen liberaliste en konserwatiewes, oftewel globaliste en nasionaliste, wat tot die verbrokkeling van Amerika en selfs burgeroorlog kan lei. Die beeld wat Kawczynski oor Amerika voorhou, is soortgelyk aan die verbrokkeling van die Europese Unie en selfs burgeroorlog, wat Julian Langness in Europa voorsien (Praag 15.09.2018). Kawczynski se standpunt oor Amerika is soos dié van bv Billy Roper: Ethnostate (2018, 190p; Amazon Kindle $3,44). Dit is egter ‘n onderwerp wat ek eerder in ‘n latere rubriek sal bespreek.

In Amerika het die agteruitgang van die blanke Westerse kultuur in 1965 tydens die bewind van Lyndon Johnson (1908-1973, president 1963-1969) begin. Kawczynski verwys na “the betrayal of 1965” (370), bv die Hart-Celler-wet ten gunste van immigrasie uit die Derde Wêreld (474), toe begin is om aan die eise van die swartes se gewelddadige burgerregtebeweging toe te gee. “As soon as the Cold War was won, the Cold Civil War began” (2686). Dit herinner aan FW de Klerk se verraad in 1990/94 in Suid-Afrika. Toe die oorlog teen terrorisme tot ‘n einde gekom het, het die kulturele oorlog teen die blankes, veral die Afrikaners, begin.

Kawczynski kom met elementêre waarhede voor ‘n dag, bv: “Different people are different. Not everyone is the same. Men and women are different” (538). “Look at South Africa, at the brutal murders of White people who gave away their once First World country to have peace. They gave their homeland to Blacks for racial peace, either not realizing or perhaps, not caring enough that these people were communists in waiting. Now they are being butchered, murdered, stripped of their rights … The ideology being employed against Whites here [in America], with the doctrines stating we are to be held accountable for all history’s wrongs, is no different” (3363).

After Trump

Kawczynski se derde boek is: After Trump: How nationalism can save America (2018, 136p; Amazon Kindle $11,49). Dit is meer as bloot ‘n pro-Trump-boek. Trump is volgens die outeur besig om ‘n gesonde grondslag vir die toekoms te lê. Amerika se eie belange moet voorop gestel word: “America First.” Op hierdie manier sal die land weer ‘n grootse voorbeeld of ideaal aan ander lande stel: “Make America Great Again” (184). Amerika sal egter op die lange duur slegs by die Trump-era baat as Trump se beleid nie net voortgesit word nie, maar geradikaliseer word. Trump is te geneig om kompromieë aan te gaan (236). “What Trump is doing is identifying those who want to assimilate to our historic values of industry, opportunity, and fairness, and welcoming them into the tent, hoping that enough people will switch to shift the culture for good” (244).

Trump reik uit na minderheidsgroepe, dus nie-blankes, terwyl Kawczynski Amerika se herontdekte heil in blankes vind: “The only real choice is to recognize White identity at the heart of future endeavors” (1083). Hy wil Amerika se toekoms op sy “White Western Christian heritage” bou (582). “As Whites remain the majority in this country with over 60% of the population, and equally relevant, as well over 90% of the voting Right, we are functionally already united upon this basis and are only hindered by our unwillingness to voice the obvious: The Right essentially is White America” (1083). Hoe kan blankes verseker dat hulle die meerderheid kiesers bly? Deur in plaas van een mens, een stem, kwalitatiewe vereistes aan kiesers te stel, bv funksionele geletterdheid, ‘n misdaadvrye geskiedenis, nie-afhanklikheid van staatstoelaes, ens. “Nationalism does not mesh well with democracy” (1134). Vóór 1990 was daar selfs in die allerlinksste politieke geledere eenstemmigheid dat ‘n stelsel van een mens, een stem, ongewens in Suid-Afrika is. Desnieteenstaande is dit die resultaat waarmee ‘n groepie ruggraatlose en hoogs onbekwame blanke Afrikaanssprekende onderhandelaars voor die dag gekom het.

Tensy radikaal met die benadering van die afgelope halfeeu gebreek word, gaan die blankes as die huidige meerderheid in Amerika teen die middel van hierdie eeu deur ‘n nie-blanke meerderheid verswelg word – soos wat met katastrofiese gevolge al hoe meer in Suid-Afrika gebeur. Dink aan onteiening sonder vergoeding by die lees van die volgende: “So long as the human instinct to want what another has remains, and people are willing to use these impulses to manipulate others, we will always deal with people who seek to gain through theft what they are either unable or unwilling to gain through merit … They want to take your stuff, and then take you out for keeping from [them] what they see as their birthright” (251).

“That’s why identity politics emerged on the Left: not as a healthy celebration of culture and heritage to which all people of all races and ethnic groups should be equally welcome to participate, celebrating their own unique contributions, but as a means to organize entire groups in defence of their worst habits, to cultivate generational resentment, and ultimately supplement the existing malcontents with millions more. These people being brought in from foreign nations are not being introduced to America because of what they can contribute, but rather because they add chaos into our system, causing more strife and anger. And that’s precisely why the Left fights so hard to maintain a system that disproportionately brings in random people from some of the most violent parts of the world. The rhetoric doesn’t match the reality, but the way they keep us from speaking against what they are doing is to punish us with epithets like ‘racist,’ because they know that if they don’t control us through fear and intimidation, we will destroy them with truth” (258).

“If we define ‘American’ to mean ‘anyone who wants to be here,’ we’ve already lost the argument to the globalists. We can define this by race, by culture, by belief, by ideas, by law, or some combination of such. But whatever choice we make, we need to define our American nation in a way that unifies a core of people behind a common set of principles and with the willingness to defend one another and govern in the best interests of all those so defined” (801). Sy strategie is: “We work from our current position toward increasingly greater stability, more social, cultural and racial homogeneity, and clearly assert first on a legal and then increasingly on a cultural basis, the distinctiveness and exceptional uniqueness of America” (808).

Amerika is ideologies in twee verdeel. Hierdie twee kampe dryf al hoe verder van mekaar en word dus al hoe meer onversoenbaar. Aan die linkerkant is die liberaliste, sosialiste, kulturele marxiste, globaliste, ens, dus die aanhangers van gelykheid/middelmatigheid. Aan die regterkant is die konserwatiewes, behoudendes, christene, nasionaliste, ens, die aanhangers van kwaliteit/meriete. Wat nodig is, is ‘n stratregie waarvolgens die regses die oorhand oor die linkses kan kry. Die aangewese manier om dit te doen, is die herstel van die tradisionele Amerikaanse Westerse kultuur, insluitend ‘n terugkeer na die eertydse immigrasiebeleid waarvolgens voorkeur aan blanke immigrante gegee is. Daar is (of was) so iets soos ‘n kenmerkende Amerikaanse kultuur. Dit is ‘n blanke en onmiskenbaar Westerse/Europese kultuur waarop Amerikaners opnuut trots gemaak moet word. Tradisionele waardes moet herontdek en uitgebou word.

Kawczynski beskou kulturele nasionalisme as ‘n brug tussen burgerlike/”civic” en etniese nasionalisme (888). Vir blankes is so iets myns insiens moontlik in ‘n land met ‘n blanke meerderheid, soos tans nog in Amerika. Vir Afrikaners in Suid-Afrika val kulturele en etniese nasionalisme verkieslik saam. Afrikaners se kultureel-etniese nasionalisme is heeltemal onversoenbaar met die nasionalisme van die swartes, wat die land sedert 1994 polities en kultureel oorheers en deur swart Afrika-nasionalisme gevoed word. Sedert die 1960’s word die kultuur van die Amerikaanse blankes ook al hoe meer negatief deur die vinnige vermeerdering van die nie-blankes beïnvloed. “We are a less cultured people than we were just three generations ago … It was a safe America, a healthier America, and one where the family was the center of life and optimism was abundant” (948). In die nuwe Suid-Afrika kan daar kwalik sprake van sekuriteit en optimisme wees. Hoogs ontstellend is die vinnige agteruitgang van die gemeenskapslewe van die blankes en veral die Afrikaners, wat op vernietiging kan afstuur.

Wat is die kiem wat blanke kultuur in Amerika verwoes? Die liberaliste “bought the story of equality and that is how they killed our culture. So, how do we rebuild the culture? We start by admitting that equality is not only an unachievable goal, it is an undesirable one. We aim for supremacy – American supremacy – taking the best people we have here, strengthening the existing majority with those from without who have the most to contribute, and actively standing against those who threaten those of us who want to build. We cannot co-exist with Marxism, and we need to retake our schools, our media, and restore the institutions of civic life” (962). “America was once a country with weak laws and a strong culture, and it worked because the culture itself mandated the habits which allowed us to enjoy such liberties without the heavy hand of the state. Now, we are a country with a divided culture, but strong laws” (993).

Kawczynski vestig die aandag op ‘n belangrike waarheid: “Laws and habits create culture” (985). Dit is omdat die blankes/Afrikaners nie meer die wette maak nie dat ons so ontuis in die nuwe Suid-Afrika voel. Die nuwe wette (bv ter bevordering van gelykheid en gedwonge rasse-integrasie) ondermyn doelbewus die tradisionele gewoontes en dus die kultuur van Afrikaners. Ons behoort nie toe te laat dat dit gebeur nie. Wat nodig is, is “to stand for our beliefs without apology and without quarter for those who think they can steal from us what we fairly earned, possess, and develop” (1023).

Oor die immigrasiebeleid skryf Kawczynski dat duidelikheid verkry moet word oor wat Amerika tans is en wat die land behoort te word. Hy steun die repatriasie van onwettige immigrante (1334). “With stronger enforcement measures, the southern border wall which we desperately need is but a preliminary step in a much more comprehensive series of acts we must take” (1342). “We do not need and do not want more people from the Third World” (1394). So ‘n verbod sal, wat Kawczynski betref, nie Afrikaners insluit nie, want hy weet dat ons Eerste Wêreld-mense is wat sonder ons toestemming in 1994 in die Derde Wêreld gedompel is.

“If we are going to contemplate changes to immigration, what I would argue is that we need a system where we define what we want for ourselves and find only those people who will help us achieve those goals as potential new members of our society. One example which comes to mind, which is getting more publicity these days, is the sad plight of the Boers in Africa. Christian people of European extraction, they confront a government which wants to steal their land, earned and worked over generations, to fulfill a communist plot to redistribute these productive holdings to masses who have no knowledge or experience in farming the land, but who have numbers and racially motivated angst and ideology to steal that which they did not earn. People like the Boers will understand why America is special, and if anyone deserved a better chance, it would be them” (1401). Let daarop dat hy nie Engelssprekende blankes en ander plaaslike linkses ook as uitsonderlik geskikte immigrante identifiseer nie.

Tydens besprekings van die ANC se voorneme om die eiendom van blankes sonder vergoeding te onteien, is die toestand waarin Venezuela verval het telkens as waarskuwing voorgehou. Kawczynski koppel ook hierdie twee lande. “I suggest you look into what is presently happening in South Africa or Venezuela as two probable examples of what might be in store for our future if the Marxists are allowed to take control. It may very well sicken you to discover what humanity is capable of, sometimes merely to survive, and how such horrors can be inflicted upon fellow men. These are modern day calamities, perhaps even genocides, but the media ignores them because, as is the case in nearly every circumstance, the Left is the one responsible for the deaths” (2283).

Dit gebeur al hoe meer in die Amerikaanse literatuur dat die nuwe Suid-Afrika voorgehou word as die slegste scenario vir wat in Amerika kan gebeur. Byvoorbeeld, Julian Langness skryf soos volg oor “the worst-case scenario for America”: “Everyday life would likely be like Brazil or South Africa … there would be massive crime, massive suffering, and little-to-no way to turn things around” (Praag 15.09.2018). Greg Johnson skryf: “If white Americans want to see what life is like as a despised minority in a majority non-white society, they need only look at South Africa today” en “To appreciate what life will be like once whites are a hated and powerless minority within a majority non-white, Third World country, we only need to look at the fates of whites in Rhodesia and South Africa” (Praag 4.11.2018).

Kawczynski skryf: “In some ways, Venezuela is simpler and less grotesquely violent than South Africa because unlike the latter, race isn’t there to serve to ramp up the violent impulses” (2336). Ek laat Venezuela vervolgens agterweë en beperk my aanhalings tot wat Kawczynski oor Suid-Afrika skryf (2291-2321). Ek dink hy toon redelik goeie insig in ons plaaslike geskiedenis. Maar sal bv die Nasperskoerante sy siening publiseer? Ek dink nie so nie.

“Thirty years ago, it was a progressive First World nation, settled by European settlers in an area that was actually less populated by natives than our own North America and those roots stretch back well over three hundred years. When we hear Africa, we think of Black people and the tribes which primarily inhabit the center of that vast continent, but the reality is that the southern tip of the continent was empty save for a few placid tribes and some nomadic herdsmen. Here, Dutch settlers built their first colony which would eventually, after years of strife and conflict, including the shameful creation of the first concentration camps by their British imperial overlords, emerge as South Africa.

“Those same British, who in their ravenous desire to exploit the gold and diamond mines for which South Africa is now famous, imported Africans from Zulu and other tribes to the north of South Africa to undertake the dangerous labor, to displace the native Boers as the Dutch came to be called, and to extract the wealth of their country for their global enterprise. If this sounds like the precursor to the global corporatism which sustains the Left today, you’ve earned your Rhodes Scholarship as many of the worst ideas were piloted down there.

“In response to this, the South African government tried to manage the importation of so many foreigners to their land through the Apartheid regime, which while castigated and demonized by the media, was simply an effort to separate the different groups in society into self-governance. In the same way America was made up of different states like Massachusetts, Pennsylvania, and Virginia, with different peoples and different beliefs, South Africa was also a polyglot state where the British forced together Boer, British, Zulu, and other peoples, each of whom primarily occupied certain areas, and who had different traditions and values.

“For as much as it has been derided by those who squawk about equality, the system worked a thousand times better than the current regime in meeting the safety, logistical, and agricultural needs of the people, protecting the rights of the settlers and their private property, a value they brought with them from Europe, but which the radicalized minority groups, who quickly came to be a numerical majority through an extraction driven immigration policy, opposed, because they thought majority rule allowed them to do whatever they wished.

“The world agreed with the latter, and celebrated joyously as Nelson Mandela, an avowed communist, came to power in South Africa, marking the end of an era. The old South African flag was erased, the symbols of its history were destroyed, its anthem forbidden, and a new power came to the fore. Twenty-five years have passed: Where are we?

“The infrastructure is crumbling, people are seeking to leave in mass exodus even as the government forbids such action [?], and its major city which literally sits on a river to the ocean is in danger of running out of water. A safe, clean, First World country has now become known for crime, corruption, and in this very year, the government is voting to now legally seize land from families who have worked and held title to it for generations in the name of social justice. Does than sound familiar?

“You’re not allowed to say this, but the media turns the other way because the crimes are being committed by the Black majority against a White minority. The depressingly commonly occurrence of Boer Farmers being brutally slaughtered after their families are made to watch is covered up by that government, and those who speak out find their lives in peril. These people are not even political, but simply wish to exist and follow the rule of law they had embraced for centuries. Democracy changed that, and a new population meant new laws, with radical Marxist justice having no respect for life, liberty, or property, the foundations upon which South Africa was built just as surely as the United States.

“You don’t have to believe me. Do your own research and see what happens when nations think they can admit anyone, because we’re all good people and those feelings are what count. Besides, equality isn’t supposed to mean hurting those who have things, like you probably do if you had the resources to purchase my book. But the funny thing about Marxism is for all their rhetorical talents, and all their theories on redistribution, they don’t seem to understand the first bit about why and how people produce things. So, if you do, and you give them power, you had better expect them to use you and abuse you.” Inderdaad: die ANC-regering is by voorkeur besig met roofbou ten koste van die blankes; dus om te parasiteer op wat die blankes besit en tot stand gebring het pleks van self op eie inisiatief te skep en daarop voort te bou.

Suidpunt: Hoe ons meer Europeërs e.a. by die Afrikaanse kultuur kan betrek

Nadat ek Dr. Roodt se video gekyk het, dink ek steek daar tog waarheid in om met Europeërs sake te doen. Was dit nie immers ‘n Deen wat in 2017 op GoFundMe.com ‘n ruime skenking van €500 gemaak het, met die pragtige woorde:

You don’t have to thank me. As a matter of fact I want to thank you, you’re the one doing the actual work. So thank you.”

En dit bloot omdat Dr. Roodt ‘n Pro-Afrikaanse toer deur Europa wou maak! Die mikpunt was €2.000,00 , en baie ander het vurig bygedra (wat juis ‘n bydraende faktor kon wees – veral as iemand spesiaal uit Bloemfontein gery het net om ‘n €50- en €70-noot te kom gee).

Kyk mens egter na Pienaarsig se Animal Rescue (https://www.gofundme.com/pienaarsig-animal-rescue), wat sedert 25 Julie 2018 gelys is, het niemand tot op datum (2 Maart 2019) ‘n halwe sent daarin gestort nie: ‘n koeëlronde nul. Pienaarsig is ‘n township (lokasie vir die ouer garde) by Nieu-Bethesda. Die mikpunt was ook €2 000. Vergelyk mens hiermee die €1,444 wat binne slegs drie dae ingesamel is vir Dr. Roodt, staan jy verstom. Dis ‘n wonderwerk!

Waarom sal ons met Europeërs wil saamwerk?

Maar die Afrikaner stel nie belang in skenkings nie. Hy weet hoe Europeërs dink: hulle is bereid om geld voor te skiet, maar, anders as by die Chinese owerheid, soek hulle resultate of sekere kulturele/maatskaplike aanpassings volgens hulle eie voorwaardes. Self sal die Europeërs nie die werk wil doen nie, want hoe sal die Derdewêreldland ooit op sy eie twee bene kan staan? Europa is egter geen engel nie; hy sal eenvoudig sy reëls verskerp om sy eie landbouers te beskerm, ten koste van Suid-Afrikaanse boere – of het ek dit nou mis? Die Chinese meng egter nie by die politiek in nie, of so sê Jeffrey de Visser op Quora:

While the West are concerned about “developing” Africa, China is actually developing it – they’re building the roads, railways, malls and other such projects with economic value. While the West is concerned about doing things “right” and telling African leaders what they can and cannot do, China doesn’t care about that and leaves the ethical dilemmas where they belong: with Africans. Is China colonising Africa? Definitely not – but the West is definitely trying to keep a finger in the pie, with decreasing levels of success. That provides opportunities for the Chinese.

Maar daar is sprake van swak vakmanskap en storting van minderwaardige oorskotprodukte, geen innovering en onoorspronklikheid wat klakkeloos vanaf Japannese bloudrukke gekopieer is, goedkoop invoere wat die eie plaaslike nywerhede lamlê, maar bowenal: van rustof wat vir die geldhulp/arbeid verruil word. Ek kry onlangs in die pos ‘n koevertjie met Der Südafrika-Deutsche gedagteken 31 Desember 2018. Op die agterkant in die regterhoekie onder sien ek die volgende beriggie:

Sie Südafrikaner wundern sich, über die geplante Erhöhung der Strompreise, ja? Na, lesen Sie:

7,2 Millionen Tonnen Kohle, die aus Richards Bay Harbor für China bestimmt sind.

36 chinesische Schiffe warten auf die Ladung von Kohle im Hafen von Richards Bay.

Wo ist der Mangel jetzt, Eskom?

Jedes Schiff braucht etwa 36 Stunden um geladen zu werden.

Durchschnittlich 200.000 Tonnen Kohle pro Schiff.

Es ist Grad A Anthracit.

Der Informant sagt auch, dass Eskom über riesige Kohlevorrätte verfügt.

Wird Bilder senden, sobald sie ankommen.

(Informationen gesendet als erhalten.)

Wir erhalten leider bisher keiner Bilder und keine weiteren Informationen.

—-

Vryelik vertaal:

As Suid-Afrikaners wonder julle seker oor die beplande elektrisiteitstariefverhoging, nie waar nie? Goed, lees verder:

7,2 miljoen ton steenkool is vanuit die Hawe van Richardsbaai na China op pad.

36 Chinese skepe wag in die Richardsbaaise Hawe om volgelaai te word met steenkool.

Waar is die steenkooltekort nou, Eskom?

Dit duur omtrent 36 uur om ‘n enkele skip vol te laai.

Gemiddeld 200.000 ton steenkool per skip.

Dit is eersteklas antrasiet.

Die informant sê ook dat Eskom oor ‘n reuse steenkoolvoorraad beskik.

Sal foto’s stuur, sodra hulle aankom.

(Inligting verbatim weergegee.)

Teen druktyd het ons ongelukkig nog geen verdere beelde of inligting ontvang nie.

Fopnuus? Of ‘n rokie waar daar ‘n veldbrand woed? Die Wahrheit ist irgendwo da Draußen.

Maar, kom ons veronderstel dit is waar. Dan sit die Afrikaner dus tussen twee vure, eintlik drie: aan die een kant het jy ‘n land met ‘n rooi vlaggie wat jou hulpbronne soek vir sy eie mense se gewin, aan die anderkant het jy Westerse regerings wat die Afrikaner tot in die grond sal vertrap as dit moet, suiwer om politiek. En dan het jy Rusland, wat jou met ope arms inwag terwyl jou grond braak lê vir ander om te vat. Eurasiafuture.com voer op 4 Augustus 2018 aan Rusland speel ‘n baie snaakse skaakspel met die Afrikanervraagstuk:

Russia could gain a lot from this inflow of investment into such a strategic sector as agriculture, especially since it would be driven by people who have decades’ worth of experience putting their skills to use with proven results. Furthermore, Russia’s soft power would skyrocket in the Western countries where Boer awareness campaigns are concentrated, as would the appeal of its immigration-land reform policy that would have been responsible for delivering these farmers from danger. The country would be fulfilling its humanitarian responsibilities and also bringing development to its own people as a result, making this a mutually beneficial approach that couldn’t seemingly be any more perfect.

Nevertheless, Russia can’t control how other countries, especially its BRICS strategic partner South Africa, view its actions, and Moscow’s assistance to the same Boers whom many Africans loathe might undermine its soft power as it quietly returns to the continent given the perception that millions of people have of them as “racist pigs”. In addition, South Africa would almost surely object to Russia de-facto legitimizing the Boers’ narrative of racist victimization, which could complicate their bilateral relationship even further after last year’s unexpected nuclear deal setback and possibly even provoke Pretoria to take the lead in opposing the recent expansion of Moscow’s influence in Africa depending on how offended it becomes”.

[…]

Of course, in winning an important soft power battle among pro-Trump Americans, Russia does not want to alienate South Africa’s government by passively facilitating the narrative that whites are in danger by remaining in South Africa as the section of Andrew Korybko’s analysis from a previous section clearly indicates. The key here is for Russia to support the migration of white South African farmers to Russian soil while simultaneous to this, China can offer assistance to Pretoria in helping black South Africans to cultivate the redistributed land formerly owned by white South Africans.

This could allow Russia to play the role of “hero” in the eyes of the American right, while allowing China (a country largely disliked by the pro-Trump American right), a fellow BRICS partner of both Russia and South Africa to play the role of economic saviour in helping South Africa to develop its agricultural economy in a new era. This itself fits in with China’s goal of expanding BRICS connectivity initiatives throughout Africa. As a permanent member of the BRICS, South Africa is as good a place to initiate such an agricultural development scheme as any.

Ausgefuchst!

Nou ja, politiek is vuil, en so is mag. Kultuur – in die besonder, taal – kan egter ‘n verlengingstuk van mag wees, of bloot ‘n simbool. En pleks daarvan om op die bose regerings te fokus, fokus ons eerder op die goedhartige en goedgesinde burgery.

Dit help egter nie mens maak sakke vol geld deur met oorsese lande ruilhandel te dryf, maar jou eie kultuur gaan ten gronde nie. Dan kan jy netsowel die status quo handhaaf soos wat dit is: supermarkte koop van regoor die wêreld die mees gesogte invoergoedere, maar doen niks in die guns vir Afrikaans nie. Ook nie om die invoer-/uitvoerland se kultuur te bevorder nie, buiten miskien die Belgiese sjokolade as produk self.

Gestel jy vra jou Sweedse werkgewers of jy by hulle ‘n gedrukte Sweedse Bybel kan (oor)koop – dit is ‘n vreemde versoek in ‘n hoogs gesekulariseerde land, aangesien jy met e-Sword tot drie vertalings daarvan gratis kan aflaai. En tog sê dit iets. Op soortgelyke wyse sê dit ook veel van jou as jy ‘n Afrikaanse groete- of verjaarsdagkaartjie (maak dit ‘n Steve Hofmeyr-CD) aan die Europeër skenk, byna in dieselfde liga as wat ‘n Japannees of Koreaan vir jou ‘n kraanvoël-sleutelhouertjie gee. Of as ‘n Hollander vir jou ‘n hele pakkie vol egte watertand stroopwafels (“120 stuks”) stuur; daardie hoogs verslawende kaloriegoed moet subiet herdoop word: Hollandse heroïen. Jy kry nooit genoeg daarvan nie.

Jy moet verstaan dat daar in Swede en Holland, nou al jarelank ‘n “ons-het-geen-kultuur” heers, net soos in Kanada (hoe dúrf jy sê Paw Patrol is geen kultuur nie?!), waarteen Denemarke vir jare bestand gebly het.  Ironies genoeg egter van Denemarke is sy koekies wat mens op die supermarkrakke vind, waarop nêrens ‘n enkele woord Deens aangebring is nie. In Denemarke self sal mense jou gou-gou in Engels antwoord as jy probeer Deens praat, want watse nonsens is dit dan dié? Jy verstaan Engels, ek verstaan Engels, jy vat te lank om ‘n Deense woord te vind, en eintlik mors jy net ons albei se tyd. So! Die Yslanders, wie se taal selfs die Duitsers (wat vir geen Russies wegskram of stuit nie) beskou as moeilik, is weer te bly as iemand probeer; hulle is maar net 300 000 op ‘n eensame eilandjie in die Noordsee. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

Maar, om iemand se taal sonder halfhartigheid te probeer praat [en produkte daarvan koop] wys darem jy gee om vir hul tradisies, jy wil die persone beter leer ken, jy wil jou tyd afstaan om ‘n taal te leer ken wat jy vir baie jare lank nog sal gebruik vir die oor-en-weer-uitruil van inligting. Jy verwag dus goeie betrekkinge die volgende paar dekades vorentoe. En die Europeërs bou op vertroue en sekerheid (en natuurlik wie teen die billikste prys die beste werk kan lewer). En jy wil jou verstaanbaar maak. Die een hand was die ander: die Afrikaner leer Sweeds, die Sweed leer Afrikaans. Oulik. Albei baat daarby.

So laat ons kyk wat ons aan die saak kan doen om die kloof te dig.

Duolingo

Die Afrikaanse professore en hoofstroommedia, lyk dit my, ken net een pad. Naamlik Deep Throat, dis nou William Mark Felt, se woorde: “follow the money”.  Dalk omdat hulle glo geld kan selfs die duiwel laat dans. Fout! Jou gewone mens wat reeds deur die kultuurorganisasies en al wat stelsel ontnugter is (want wat is die afgelope 25 jaar bereik?), het hul voorgeneem om nie ‘n sent verder uit te gee nie. Die enigste mens wat Jan Intellek vertrou, is homself. Oor goud, het Warren Buffet gesê: “It doesn’t do anything but sit there and look at you.” Iemand moet nog steeds die werk doen; geld doen nie die werk nie. Geld is bloot ‘n wortel voor die neus.

En wat mens die kwaadste maak: die gebedel bly by “ons mense”.  Daar word géén moeite gedoen om die mark en afsetgebied uit te brei nie; vir my seker die toppunt van alle onnoselheid. As ‘n Euro 16 keer harder as 1 Rand kan werk, beteken dit immers jy as Suid-Afrikaner moet 16 keer harder werk om ‘n Euro te ewenaar. Jy weet voor jou heilige siel die Afrikaner het nie die geld nie. Jy weet mos die bruin mense en die swart mense het nie die geld of noodwendig die belangstelling nie. Die banke bied natuurlik eindelose moontlikhede om daardie probleempies die hoof te bied, maar ook die eindelose rentetjies terugbetaalbaar en ‘n kontrak wat met die bloedrooi stempel op sy geldmag-Engels sê: “We own your ass.” So sit, sit ons. Arme ons.  Se maai: waar daar nie ‘n mark is nie, skép jy een. En waar beter as die buiteland wat by ons elkeen individueel in persoon kom belê?

Ek moet wel byvoeg: uit ervaring verkies die aanleerders om eerder niefiksie in Afrikaans te lees as noodwendig die fiksie. En dit moet ons fokusgebied wees.

Maar vir die een of ander rede, afgesien van die Woordfees en ander kunstefeeste wat presies dieselfde nut tot markuitbreiding het as prostitusie onder ‘n brug, moet daar altyd ‘n webwerf gestig word wat nie, soos PRAAG, met advertensies werk nie, maar borge. Daardie borge word dikwels uit Afrikanergeledere leeggemelk – geld wat op ander maniere aangewend kon word. Advertensies en reklame word ten duurste geloods om aandag te trek op die nuweling wat almal se probleme gaan oplos. Onderhoude op TV en radio volg. ‘n Hele drama wat uitloop op vier bedrywe: opgang,  blinken, verzinken, vergeten. Later verdwyn die webwerf saggies sonder dat iemand opgemerk het in stilte. Vir die soveelste maal.

As dit nié borge is nie, dan is dit miskien ‘n gulde manier waarop belasting weggewerk word, ek praat onder korreksie. Want iets maak nie vir my sin nie!

Dis asof hierdie groep in ‘n gebou vasgekeer is. Paniekbevange word ure se moeite ingeploeg, honderde werksure onnodig gesteel, kyk net hoe tap die sweet!, ‘n tonnel word dwarsdeur die ingevoerde Italiaanse teëls geboor, dwarsdeur die aardkors tot in China gegrawe…  terwyl die kamerdeur se knop net gedraai moes word. Dit was nog heeltyd oop.

Ek het dit in die verlede ook al teëgekom: “Ons moet nuwe intensiewe vorme bedink! Ons moet nuwe uitdrukkings kry! Ons moet nuwe vergelykings skep!” Al in die rondte, al in die rondte, ‘n polka, ‘n salsa, ‘n briekdans, ‘n foxtrot. Maak onsself net moeg. Nee, ons moet net mooi niks! Jy moet net ‘n slag jou oë oopmaak: die werk is reeds vir jou gedoen sedert die Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Wat ons wel kort is ‘n kroniek, ‘n geskiedenis, ‘n lys wat reeds gedoen en bereik is. Die antwoord is voor die hand liggend.

Want my liewe PRAAG-leser: waarom moet die Afrikaner in 2019 altyd van voor af die Groot Trek kaalvoet oor die doringbesaaide Drakensberg deurmaak as daar reeds ‘n geteerde N1 vol slaggate Lufthansa (net die beste!) is wat funksioneer en jou nie eens ‘n blou sent kos nie? Neem nou maar Duolingo.

Duolingo is ‘n taalaanleerprogram waarin enige taal wat beskikbaar is geleer kan word, vir dié wat wil. Dit is gratis, hy het ook sy eie toepassing (apparatus digitalis) vir jou foon en ook hulle maak geld met advertensies. Die hele webwerf word in stand gehou deur sy bydraers, die publiek. Jy teken in en kan onmiddellik begin met watter taalkursus jy wil, op jou tyd. Jy vertaal woorde en frases [jy kan kies of jy die woorde wil intik, en of jy die woorde in blokkies wil rondskuif in die regte volgorde], kry terugvoer, maar kan ook vrae vra en kommentaar lewer. Die rekenaar merk elke vraag, voordat jy na die volgende vraag aanpak. Maak jy ‘n fout, word die vraag aan die einde van die les weer herhaal. Die gemeenskap is baie vriendelik en hulpvaardig, want almal het presies dieselfde doel en elkeen weet iets. Jy kan mense beloon met Lingots, die “geldeenheid” wat jy met oefeninge verdien, waarmee jy ietsie by die winkel kan koop. Al die grammatika-inligting kan jy ook vooraf gaan kry by https://duonotes.fandom.com .  Maar die eintlike leerproses is die vrae wat jy of ander tydens die oefeninge (ge)vra (het).

Die meeste sinne word uitgespreek [net ‘n paar het robotstem-sinne]. Daar is nie ‘n taal wat nie onder die 300 000-kerf (taalaanleerders) het nie.  So, Afrikaans sal oornag ‘n groot aanhang kry. Miskien nie soveel soos Sweeds (1,07 miljoen) en Hollands (1,31 miljoen) nie, maar tog baie. Deens is na hoeveel jaar steeds by 538 000 aanleerders, en Noors by 785 000 – die getalle groei maar stadig. Duits staan op 7,13 miljoen aanleerders, Frans op 12,7 miljoen en Spaans op 21,8 miljoen, soos op 2 Maart 2019. Dis steeds meer as wat enige universiteit kan behartig.

Boonop dag ek Afrikaans is dan so maklik?

Die enigste paar probleme is die volgende:

  1.       Die meeste bydraers is anoniem of het skuilname. Vir ‘n professor wat sy stempeltjie op iets wil afdruk is dit nie baie… aanloklik nie.
  2.       Die bydraers moet  duisende sinne en vrae skep om vertaal te word, op stelselmatige wyse. Dit kan nogal tydrowend wees.

3.       Die meeste gebruikers soek hulpbronne. Nou moet ek vir jou sê die Sweedse aanlynhulpbronne ( https://forum.duolingo.com/comment/5723209 ) is self nogal beperk, en selfs hul etimologiewoordeboek (bloot ‘n afgetaste boek!) is vir my nogal nie op die standaard wat etymologiebank.nl handhaaf (wat elke liewe Nederlandse en Afrikaanse etimologiewoordeboek se inskrywings bevat) nie. Die goeie nuus is wel dat die Afrikaanse universiteite al hul ou bronne besig is om beskikbaar te stel. Ek het trouens ‘n lys vakwoordeboeke opgestel, waarvan mens ‘n paar sommer regstreeks kan gaan besoek. Soos die ou Eskomwoordeboek van 1986 – jy hoef dus nie meer van ‘n “inverter” te praat nie, maar ‘n 15-kVa-wisselrigter (soos ook opgeneem in die WAT). ‘n Mens kyk net snaaks na “load shedding” wat destyds die afskuwelike leenvertaling “lasafwerping” toebedeel is. Gelukkig het ons vandag die woord “beurtkrag” [hoewel ek die woord “beurtwater” nie voor my oë kan verdra nie – as mens destyds van “leibeurt” kon praat, waarom vandag nie “waterbeurt” nie?].

  1.       Duolingo maak dit ontsettend moeilik om woorde en sinne na Notepad te kopieer, wat vroeër nie so was nie. Ek leer frases uit my kop deur vanaf papier te memoriseer of na ou antwoorde te kyk. Deesdae skryf ek die Franse vrae in ‘n oefeningboek met die hand uit. Die Sweedse kursus tik ek oor.
  2.       Dit hang grootliks van die bydraers af of die sinne nuttig of nutteloos is, sonder om die lesse kurkdroog en vervelig te laat. Soms kry jy onsinnige sinne by die Engelse Duolingo soos “Äpplet är under björnen. – The apple is under the bear.” Of: “Mina föräldrar tycker inte om att du äter myror. – My parents do not like that you eat ants.”  Ander kere weer nogal nuttig: “Vargen springer mot renen. – The wolf runs toward(s) the reindeer.” ‘n Mens sou miskien ‘n bietjie meer kultuur in die tekste wou kry, miskien meer frases uit reisgidse of tegniese jargon wat almal gebruik, meer as net die diere soos die elk en die wolf. Die logo van Sweeds op die “Language Courses for English Speakers” is die Stadsaal Stockholm met blou agtergrond, terwyl Holland ‘n Kinderdijkwindmeul is (blou agtergrond) en Duitsland die Brandenburgpoort (swart agtergrond). By Afrikaans sou die Taalmonument die vanselfsprekende keuse wees – hoewel swart, koraalrooi, kerriegeel, ligblou en olyfgroen die enigste keuse agtergrondkleure is om van te kies. Gewoonlik strook daardie kleur met die vlag van die land waar die taal die meeste gepraat word. Toevallig het die huidige Suid-Afrikaanse vlag al vyf.
  3.       Vir die groter tale, by name Spaans, Portugees, Frans en Duits (https://stories.duolingo.com/ ), is daar 120 luisteroefeninge elk met verhale wat grafies afspeel, waarna jy ‘n veelkeusevraag moet beantwoord, of woorde invul. Die Duits is vir my lekker, maar die Frans is natuurlik hondmoeilik. Ek sou graag so iets in Afrikaans wou hê, maar weer…
  4.       Jy sal ‘n beginselvaste professor of groep mense moet kry wat genadeloos Anglisismes bestry en die Standaardafrikaans hooghou by die Engelse weergawe, anders gaan enige antwoord later reg wees. Maar mens moet nou ook nie so verstok raak dat mens nie die antwoorde toelaat wat op vier verskillende wyses in Engels uitgedruk kan word nie. Jy moet ook onthou dat mens Hollanders en Duitsers en Spanjaarde het wat ook via Engels leer [of mense wat reeds Duits of Hollands magtig is], wat moontlik vrae gaan hê oor “Valse vriende”.
  5.       Dit gebeur elke keer dat dieselfde vraag oor en oor deur gebruikers gestel word, omdat elke vraag sy eie besprekingsblad het. Die bydraers/moderatore moet bontstaan om hierdie vrae te beantwoord, indien nodig. Manalleen kan niemand alles doen nie. Verder kry jy ook die hansworse wat seks in die sinne wil insien, ens. ens. ens. Soms is dit gewaagd en dubbelsinnig, maar waar die kommentaar té eksplisiet raak (want daar is ook 12-jariges en jonger wat jy daarteen moet beskerm), moet die kommentaar geskrap word.
  6.       Dit is uiters moeilik om die gees van ‘n taal in Engels aan die gebruikers oor te dra. By die Frans op die Duitse Duolingo word sinne egter dikwels gekies wat maklik in Duits vertaal.
  7.   Duolingo kan jou net tot op ‘n punt help. ‘n Aptytwekker wees. ‘n Hulpmiddel in ‘n wêreld waar handboeke peperduur of ontoeganklik is. Ek bedoel, as Navajo, een van die nutteloosste tale daarbuite, behalwe vir die versyfering tydens die Tweede Wêreldoorlog, op Duolingo aangebied word, seer sekerlik moet daar vir Afrikaans ‘n plekkie gegun word.  Maar ongelukkig is al die doeltale nie in of vir al die tale (waarin geleer word) beskikbaar nie. Latyn vir Engelssprekendes word beoog om 7 Januarie 2020 in Beta-modus geloods te word; iets waaroor ek bitter bly is. Waarom die Duitsers nog nie een op die been gebring het nie, is vir my ‘n raaisel: dit is tog hul derde geliefdste vreemdetaal naas Engels en Frans.
  8.   Dit voel my dikwels of ons dieselfde woorde tot in ewigheid gaan gebruik, terwyl Schaum’s Outline Series French Grammar deur Mary E. Coffman baie vinniger met mens beweeg, en al die 394 oefeninge van 1973 regtig met elke oefening moeiliker word.
  9.   Nog ‘n groot probleem is dat jy nie “vorentoe” kan blaai nie. Jy is op jou vlak (“level”) vasgevang, totdat jy genoeg oefeninge voltooi het, of ‘n toets aflê wat jou tot 22 vlakke vorentoe laat hop.

As ons ooit ‘n groot gros mense in aanraking met Afrikaans wil bring, dan moet Duolingo sonder verwyl gebruik word. Onmiddellik. Ek is egter bevrees dat die aanleerder daarna die taal moet oefen met moedertaalsprekers – of dit nou op Language Exchange is, aan ‘n penmaat skrywe, of ‘n tegniese Wikipedia-artikel in die sandput moet aanmekaartimmer, dit kan nie daar gelaat word nie. Maar nou het iemand ‘n Afrikaanse kernwoordeskat opgebou: wat nou? Wat is volgende? Wat staan hom nou te doen. Dit behandel ek volgende.

En hier staan ek nou, voor die groot aansoekvorm: https://incubator.duolingo.com/apply .

Wie sal mens die eer gee om die eerste aansoekvorm in te vul?

Vertalings: ‘n noodsaaklike euwel?

Ek is een van daardie mense wat agterstevoor om werk. Ek het eers uit Duits vertaal, voordat ek Duits werklik leer lees het. Hoe werk dit? Ek het vir my ‘n Wikipedia-artikel gekry (destyds was ek mal oor luislange, vandag laat die goed my koud) en het op ‘n dag net daar en dan besluit om hom te vertaal. Ek het my Trümpelmann-woordeboek nadergetrek en elke liewe woordjie nageslaan wat ek nie kon uitmaak nie. Soms moes ek my ou Unabridged Collins ook nadertrek. Ek het my nie gesteur aan die uitgange nie, ook nie die lidwoorde nie. Verder het ek swaar gesteun op ‘n veeltalige kosmopoliet wat toe nog in Londen gebly het, wat na my vertalings gekyk het. Daarna het nog twee artikels gevolg.  Ja, ek het destyds ook Google Translate gebruik (soms Duits-Engels, soms Duits-Nederlands). Dit was in die jare voordat ek seker linguee.de en reverso.net begin raadpleeg het.

Onder die vorige hofie het ons reeds gesien werk Duolingo (letterlik twee-taal?) op die vertaal-tegniek. ‘n Woord of sin verskyn – jy moet vertaal.

Dit gaan seker nou simpel klink, maar wat is die nut van vertaling?

Vertalings kan ook boekvorm aanneem, en daaroor wil ek nou gesels. In Rigtingbedonnerd (2012:187-188) deur Fred de Vries lees ons die volgende:

Ná ons eerste gesprek het ek gereeld vir Roodt raakgeloop. By ‘n bekendstelling van sy roman Moltrein in Pretoria. By die bekendstelling van Kontrei in die Boekehuis in Johannesburg. Die boeke wat sedert 2000 by sy uitgewery, Praag, verskyn het, se voorkoms is eenvoudig maar smaakvol: wit omslag, blou letterwerk, geënt op die ontwerp van die Franse uitgewery Les Éditions de Minuit. Hy wil die Afrikaners laat kennis maak met wêreldliteratuur, sê hy. Daarom het hy Un An van die Fransman Jean Echenoz vir Praag in Afrikaans laat vertaal, asook Im Krebsgang van die Duitser Günter Grass.

Hy het ook die regte probeer verwerf vir ‘n Afrikaanse vertaling van JM Coetzee se roman Disgrace, maar daar het niks van gekom nie (die boek is later deur Fanie Olivier vir Struik vertaal en uitgegee as In oneer). Maar dit is wel tekenend van sy visie dat literatuur, taal en politiek onlosmaaklik aan mekaar verbonde is. Disgrace is in Suid-Afrika verguis omdat Coetzee ‘n pessimistiese beeld van die nuwe Suid-Afrika skets wat indruis teen die idee van ‘n Reënboognasie wat lank populêr was. “Die boek behandel belangrike kwessies”, sê Rood in ons tweede gesprek, hierdie keer in die deftige Hyatt Hotel in Rosebank. “Dinge soos aanvalle op wit boere en bedenkinge oor die nuwe Suid-Afrika. Die boek kan goed werk in Afrikaans, veral onder die titel ‘Skande’. Afrikaners het die nuwe bedeling as ‘n skande ervaar.”

Is dit die eerste keer in my lewe dat ek lees van vertaalregte wat geweier kan word? Ek besit twee vertalings van Die Aneïs in Afrikaans, en niemand het ooit oor die verskillende interpretasies gekla nie. Naomi Morgan (2017/2018?) én André P. Brink (1994) én J. P. L. Krige (1957) het almal Die klein prinsie van Antoine de Saint-Exupéry (1943) vertaal of tot verhoogteks verwerk. Goed om te weet, want ek sit met die Hollandse De kleine prins op my boekrak, vertaal deur Laetitia de Beaufort-de Hamel in 1951 (die 21ste herdruk hiervan in 1994). Skynbaar was haar vertaling vlekkeloos en onverbeterlik, wat eintlik vreemd is as jy dink dat elke stem ‘n teks anders sal benader. So ook met Disgrace.

Tot sover het veral Protea-uitgewers en Praag nogal moeite gedoen om Europese boeke te vertaal.

My grootste probleem met vertalings, om uit te reik na ander volke, is dat dit teenproduktief kan werk. As jy byvoorbeeld die Afrikaanse vertaling van ‘n boek gelees het, waarom sou jy, byvoorbeeld, die Frans wil leer? Dieselfde geld vir Afrikaans ook.

As leermetode, wanneer jy met die oorspronklike én vertaalde uitgawe voor jou sit, kom jy ook nooit in kontak met die oorspronklike doeltaal nie. Voor jy jou oë uitvee, het jy jou so in die taal verdiep waarmee jy reeds gemaklik is, dat jou doeltaal agterweë bly, voer Alex Rawlings aan in sy boek, How to speak any language fluently (2017:152-153).

My antwoord daarop: Ja en nee.

Ja: Dit het weliswaar met my gebeur toe ek Die Stunde des Schakals (2010) probeer lees het. In ons biblioteek is die Engelse vertaling (The Hour of the Jackal) beskikbaar, wat met die befondsing van die Goethe-Institut vertaal is. Nou sit jy die twee boeke naas mekaar, albei met sy eie liniaaltjie, maar ek het so gekonsentreer op die Engels dat ek nooit by die oorspronklike Duits uitgekom het nie. Albei boeke was egter vir my nuut, want ek het nog nie die Engelse teks deurgelees nie.

Nee: Ek ken The Jungle Book en The Second Jungle Book tot so ‘n mate uit my kop (jy kan dit al resiteer!) dat ek hoegenaamd nie meer in die Engelse weergawe belangstel nie.  Jy konsentreer ook nou hoe die Deense, Afrikaanse en Latynse weergawes klink van The Hobbit, self ‘n voorgeskrewe boek wat ek in Graad 8 (Standerd 6) gehad het. Die eintlike probleem is bv. met Latyn (Hobbitus ille) om die woorde van ‘n sin in boksies te verpak, soos “enkelvoud-manlik-akkusatief-selfstandige naamwoord” en “eerstepersoons-enkelvoud-hede-aktief-indikatief-werkwoord”; om dus die hele taal uitmekaar te haal, wat nogal tydrowend kan wees, al is daar ‘n briljante webwerf soos https://www.frag-caesar.de/ beskikbaar, of aflaaibare programme soos Legible Latin.

Vertalings is ook daarvoor berug om nuanses in te boet (om die “betekenis” korrek oor te dra, maar nie met die regte “gevoelswaarde” nie; dink byvoorbeeld aan die barokagtige mooiskrywery teenoor die moderne gebruik van slegs drie woorde); om swak of oorbodige sinne en soms paragrawe weg te laat (hulle word dus nooit vertaal nie); en, om weer uit Rawlings op dieselfde bladsye aan te haal wat die leermetode aanbetref: “[…] like doing a Sudoku with the answers on the opposite page”.

Maar dit weet ek mos, want ek vertaal self in my vrye tyd vir Wikipedia: vertalings mag nie soos vertalings klink nie. Ek stem ook nie met Rawlings saam nie – waarom kry mens dan “fraseboekies”? Natuurlik gaan jy in die tweetalige Wat en Hoe?-taalgidse vir reisigers kyk na “Is er post voor mij?” met die antwoord regs “Ist Post für mich da?” Met sulke sinsnedes en vaste uitdrukkings kom jy vinniger aan die gang, selfs sonder grammatikalesse. Dit is donkiewerk om alles uit jou kop te leer, maar dit is gelukkig bruikbaar.

Een nut van vertalings is wel dat hulle as modelantwoord kan dien, omdat jy waarskynlik in die toekoms weer met dieselfde frase te doene gaan kry, of weer sal gebruik.  Jy lees Omsingel die laer van die heiliges klaar en vergelyk die teks met die oorspronklike. Jy leer dus hoe om gemaklik met die taal om te gaan. Reverso.net en Linguee.de werk presies dieselfde: jy sien die een frase aan jou linkerkant, jy sien die duidelike nuanseverskille aan jou regterkant afhangend van die konteks, soos oorgedra deur professionele vertalers. Die gesoute vertaler sal wel wéét wat die gemiddelde Afrikaanse leser nie weet van die vreemde kultuuragtergrond nie, en daarom kan voetnotas of woordelyste agter geplaas word om die leser beter toe te lig. Laat ek drie voorbeelde aanhaal uit “Probleme opgelewer deur kulturele verskille vir vertalingsekwivalensie in Afrikaans-Russiese, en Russies-Afrikaanse tekste” (Johan Lubbe &Theo du Plessis, 1999:144):

In die volgende voorbeeld begaan die vertaler ‘n fout omdat sy nie ingelig is oor die gebruik van die Afrikaners om mekaar se hande te neem terwyl hulle voor die ete God dank nie:

‘Nog iemand kom binne juis wanneer Hattingh vir hom beduie dat hy moet aansit, in dieselfde werkklere as die ander: eers wanneer George sy uitgestrekte hand neem, kan hy in die dowwe lig aan die gelaatstrekke en bewegings uitmaak dat dit ‘n meisie is’ (Schoeman, 1972: 7).

[…]

Die Russiese vertaling van hierdie greep is verkeerd, want die vertaler het nie die situasie reg verstaan nie, en as resultaat het George in die vertaling die meisie se hand geneem terwyl hy haar groet.

Die volgende voorbeeld handel eweneens oor ‘n Afrikaanse gewoonte wat in Russies onbekend is:

‘… tant Miemie het van hulle vergeet waar sy oor haar geweekte beskuit sit en slobber en mevrou Hattingh telkens met ‘n nuwe woordestroom in die rede val’ (Schoeman, 1972: 44).

[…]

In Rusland word die gewoonte om jou beskuit of koek, of enigiets in tee of koffe te doop as ‘n teken van slegte opvoeding beskou. Die vertaler het hierdie detail in die vertaling weggelaat, miskien om tant Miemie nie te aanstootlik te laat lyk nie. Hier volg nog ‘n voorbeeld wat aantoon dat die verskil in gewoontes ‘n misverstand kan veroorsaak:

‘Hoe weet hy dit, hoe weet hy hoe sy daar tussen die varings gestaan het, ‘n boerevrou met grys hare, terwyl sy die bediende opdragte gee?’ (Schoeman, 1972: 48).

[…]

In Rusland is daar nie ‘n gewoonte om varings in tuine te plant nie. Hierdie plant kom net in woude voor. Maar in die verhaal handel dit oor ‘n plaas, en die Russiese leser sal miskien nie mooi verstaan hoekom ‘n boervrou op ‘n plaas tussen varings staan nie.

Dit kan woordeboeke hoegenaamd nie doen nie, ook nie  VivA Vertaal nie, want daarvoor is die ruimte beperk. Maar woordeboeke is weer baie netjies volgens die alfabet gesorteer, wat beteken jy kan na hartelus self nuwe en vreemde frases stelselmatig uitsoek en deurwerk waarvan jy tot nou toe salig onbewus was, terwyl die bovermelde webwerwe bloot vir jou die vertaling uitskop van die frase waarvan jy reeds bewus is.

Die allergrootste voordeel van vertalings? Spoed! ‘n Kind het nóú inligting oor die leeu op Wikipedia nodig, want môre is die skooltaak se keerdatum; hy sal miskien bereid wees om die Engelse blad deur te lees as die Afrikaanse leesstof nie beskikbaar was nie, maar sodra sy Afrikaanse potlood opgetel word, is vertaling skielik nie meer so maklik nie. As Google Translate nie so lekker na Afrikaans wil vlot nie (soos ons maar alte goed weet!), verloop twee tot vyf uur wat hy andersins binne slegs vyf tot vyftien minute kon afgehandel het.  Of, dit word eenvoudig moeder se deurnagwerk.

Maar nou sal baie veeltaliges ook vir jou sê: ”Ek lees al so gemaklik Frans of Duits of Russies dat ek dikwels ‘n vertaling onnodig ag – as ek dit kan doen, kan ander ook mos?” Nou kom die teenantwoord: afgesien van die kulturele geletterdheid, afgesien van die spoed, afgesien van die onkundigheid, hoe sal ander weet watter werke daardie tale te bied het as die leek nooit ‘n voorsmakie daarvan in sy eie taal gekry het nie?

Vraag: moet mens nie liewer die oorspronklike werk koop in stede van die vertaling nie? Tot voordeel van die Afrikaans, baat die vertalings die plaaslike uitgewers vir ‘n kort tydjie (want ons sien, anders as by Laetitia de Beaufort-de Hamel se vertaling van De kleine prins, selde, indien ooit, ‘n herdruk in Afrikaans), voordat iemand maar weer die proses van vooraf moet begin. Dit is hoekom ons sit met die ritse op ritse op ritse boeke wat uit die Frans in die 1960’s en 1970’s in Afrikaans vertaal is, maar niemand ooit lees nie, want jy kry dit nie meer nie.  Die Afrikaanse vertaler van 2019 weet immers sy werk is wat die geld betref ook nie juis lonend nie, en daarom is die vertaling dikwels maar ‘n liefdeswerkie by ‘n privaatuitgewer. As mens egter vir die een of ander rede nie ‘n uitgewer wil rykmaak nie, en in toeganklikheid glo (om die Afrikaanse taal te laat floreer), is daar altyd Wikisource.org wat jou die geleentheid bied om ‘n vertaling van, byvoorbeeld “De l’Universalité de la langue française” (1784) deur Antoine de Rivarol, of van Markies De Sade se werke, in enige taal oor te sit, ook in Afrikaans. Solank die vertaalde teks net gratis, verniet en toeganklik op Wikisource bly, want wie weet hoeveel internasionale wetgewing jy andersins sou verbreek!

Vertalings duur ook dikwels lank (omdat die boeke eers laat ontdek word) en teen die tyd wanneer die vertaling verskyn, is die oorspronklike blitsverkoper ou nuus. Om jou ‘n idee te gee: Ek het Steve Feasey se Changeling: Zombie Dawn (uitgegee 2011) ‘n paar Sondae gelede gelees, en hierdie slotroman van die pentalogie het eers sewe jaar ná die oorspronklike publikasiedatum in Denemarke verskyn, getiteld Formskifter:Dødehæren. Ek dink nie daar is ‘n Nederlandse vertaling beskikbaar nie. Aan die ander kant het Prof. Dr. Naomi Morgan se vertaling, Omsingel die laer van die heiliges eers 17 jaar ná die oorspronklike Le Camp des Saints (1973) verskyn, en tog, tot vandag toe, is die werk, net soos Oswald Spengler, steeds brandaktueel – omdat die prosesse hulself oor en oor en oor herhaal en uitspeel.

Ander kere droog die geld op, of daar is weinig belangstelling van die leserspubliek se kant af. Ek dink aan Pieter Aspe se boeke waarvan daar drie, vier(? ) vertalings in Afrikaans verskyn het, en toe ook nie weer nie. Wat sou verkeerd geloop het? Weet iemand?

Maar hoekom ek deesdae eintlik die oorspronklike werk bo die vertaling verkies is suiwer om simboliese redes.

Kyk, op Google Play (se “verkoopstaat”) en Amazon.com wéét die verkoper wie die koper is: jou naam en jou nasionaliteit verskyn. Dit wil sê, jou rekeningnommer verskyn, plus nog “Suid-Afrika”. Dit wys vir die verkoper dat hier wel mense in Suid-Afrika is wat in die boeke belangstel. Hoe meer mense boeke in vreemde tale lees, hoe beter die indruk wat dit skep.

Daar bly egter die goue middeweg, naamlik resensies of Wikipedia-opsommings in Afrikaans (byvoorbeeld Schwarzbuch WWF , en by Omsingel die laer van die heiliges het ek die oorspronklike taal naas die vertaling in die aanhalings gebruik). Ek het verlede maand by libris.kb.se sommer uit ledigheid rondgesoek na boeke oor die Afrikaner in Sweedse biblioteke, en een getiteld Bron över Blood River deur Kajsa Norman het met ‘n skrikwekkende omslag na my gegluur. “Nog ‘n ondermynende boek oor Afrikaners?”, het ek gewonder, en na die volgende blad beweeg. Maar toe ek 28 Februarie op PRAAG soek na die sleutelwoorde “Rian Malan” (wie is hierdie vent? Dalk verlangse familie van die nou swygsame Yvonne Malan?), verskyn Leon Lemmer se resensie reg voor my. Hoewel die resensie nou die Engelse vertaling van Norman se boek behandel, werk dit op dieselfde beginsel: binne vyf tot vyftien minute weet jy die hoofpunte. Die resensie gaan óf my belangstelling verder prikkel (die oorspronklike weergawe in Sweeds van Leopard Förlag is wel op Google Play te koop teen R243,29, aansienlik duurder as die Engelse vertaling – R126,70) om die taal verder te leer (want dalk is daar nog sulke werke waarvan die publiek salig onbewus is), óf afstoot. Dieselfde sou mens met Vargattacken (2018) deur Lars Berge kon doen.

Ek stel my veral ten doel om die boeke doelbewus in Afrikaans te resenseer; soms op Goodreads, soms op PRAAG. As die boek nog in geen ander taal vertaal is nie, of jy haal sinne uit die boek aan in sy oorspronklike taal, is dit vir my ‘n bonus. Gou sal die Europeërs insien: “Hierdie boek word so ver as Suid-Afrika gelees. My magtig, het hy spesiaal so duur betaal net om die oorspronklike Sweeds te lees? Haai, siestog, miskien moet ons prysdiskriminasie [Derdewêreldlande betaal aansienlik goedkoper as eerstewêreldlande] toepas.” Gaaf, goedkoper boeke = groter leesverskeidenheid = kultuuruitbreiding.

Ek moet ook byvoeg dat ‘n jong Fin onlangs by die Afrikaanse Wikipedia ‘n draai by ons gemaak het. Hy sê hy verstaan Afrikaans goed, en vir ‘n tiener is sy Afrikaans ook nie sleg nie, en daarom het ek vir hom ‘n paar boeke op Google Play aangeraai wat hy kan deurlees (skadelose boeke deur Jaco Jacobs) om die taal verder te oefen. As jy iemand se belangstelling kan prikkel met onderwerpe waarvan hy hou, dan is ons reeds oor die hond se rug. As hy enige vrae het, of vashaak, kan hy ons kontak. Hy hoef nie die boeke te koop nie – net die voorskou deurlees. So was die een hand die ander.

Wikipedia

Reeds op 9 April 2007 skryf Dr. Roodt die volgende :

Dit is daarom van die uiterste belang dat Afrikaners vir hulle ‘n gebied in die kuberruim moet afbaken. Ten dele is dié proses reeds aan die gang, maar dit moet versnel en verhewig word. Die totale Afrikanergeskiedenis, -kultuur, en -letterkunde behoort vrylik op die internet beskikbaar te wees.

Een manier op dit reg te kry, sou wees om die Afrikaanse weergawe van die sogenaamde Wikipedia uit te bou. Laasgenoemde is ‘n gratis aanlyn-ensiklopedie wat deur vrywillige samewerking in elkeen van die vernaamste tale ter wêreld tot stand gekom het. Tans verkeer die Afrikaanse Wikipedia in die 46ste posisie wat die aantal gepubliseerde artikels daarin betref, dus nie baie hoog op die lys nie. Myns insiens behoort alle bestaande Afrikaanse kultuurorganisasies en akademici saam te werk om so ‘n Afrikaanse ensiklopedie tot een van die grootstes op die internet uit te bou. Afrikaans kan maklik een van die top twintig Wikipediatale, naas Engels, Duits, Frans, Spaans, ens. word. Afrikaanse boeke waarop daar nie meer kopiereg bestaan nie, behoort ook stelselmatig op die internet opgelaai te word.

Dit was twee jaar en vier maande voordat ek self by Wikipedia aangesluit het.  Slegs in een opsig sal ek met die aanhaling verskil: fokus eerder op die gehalte van die artikels as die hoeveelheid. Die Sweedse artikels is dikwels net vyf sinne, wat die gehalte van die ensiklopedie regtig verswak.

Ek gaan nie te veel vanuit die binnekring skryf nie, want dan gaan ek boekdele vul. Sommer puntsgewys hoe dit ons help met die voornemende Afrikaanse aanleerders:

  •         Ons kry gereeld besoekers: Finne, Swede, Brasiliane, Russe, noem maar op. Ek het reeds geskryf oor die Fin.
  •         Die groot verleentheid, maar ook die grootste geleentheid by Wikipedia is juis dat ons almal daarso skryf oor ons eie belangstellings. Dit kan nogal neuk as jou eie belangstellings die volgende insluit, terwyl jou doodgewone skoolkind egter na die allerjongste Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfers en inligting rondom Mosambiek soek: die Groot Katte, dieresiektes, Goties, Middelnederlands, Middelhoogduits, vergelykende taalkunde(d.w.s. die Junggrammatiker, die filologie voor Ferdinand de Saussure se “betekenaar”/”betekende” gebruiklik geraak het – want ek is daarvan oortuig dit was die vernaamste dryfveer agter soveel woordeboeke), Afrikanermitologie (soos “Die Vloek van Boontjieskraal”, “Waar ruwe rotse”, ens.), nuutskeppings en taalfossiele, Afrikaanse wetenskapsfiksie, lys van vertalings in Afrikaans;  die wêreldwye belangstelling in Duits as vreemdetaal; Latyn; die doeltreffendste taalaanleermetodes; woordherkoms; oorklankingskuns; vertaalkuns; taalpolitiek; wolwe; die Furry Fandom (as subkultuurverskynsel) en voorheen ook luislange. Dit is wêrelde ligjare uit mekaar. Aan die anderkant bied dit juis die nismark waarna mense soek. Die taalaanleerders soek dikwels nuwe inligting, of in ‘n ander doeltreffende vorm aangebied, wat hulle, en sóós hulle, nog nooit in hul eie taal gelees het nie.
  •         Alle Wikipedias het ‘n geselshoekie. Die Duitse “Auskunft” en die Nederlandse “Taalcafé” gebruik ek nogal gereeld. Maar in die verlede het ek iets in F.F. Odendal se Aspekte van taal  (s.j.) gelees omtrent Yslands wat die afgelope eeue nooit verander het nie. Om sy stelling op die proef te stel, het ek die Yslanders op die Yslandse Wikipedia sommer reguit gaan vra of dit wel so is. Een vrou het gesê haar kind, wat 17 jaar oud is, kan Oudyslands met gemak lees, buiten die paar spelfoute. Verstommend. ‘n Ander keer het ek die rekenaarspeletjie X-files: Resist or Serve op YouTube gekyk, en hier het ek ‘n klomp Russiese dialoog gehoor en graffiti teen die muur gesien in ‘n ou uitgediende Sowjetstrafkamp naby Toengoeska; Google het niks hieroor opgelewer nie, en ek wou steeds weet wat daar staan. By die Russiese Wikipedia was daar twee Russe wat met liefde my gehelp het om hierdie snaaksighede te ontsyfer – een trouens ‘n Russiese Jood.  Ek wens net meer buitelanders wil vir ons op die Afrikaanse Wikipedia vrae kom vra. Want tot dusver het niemand eintlik nie.
  •         Een veeltalige kosmopoliet by ons, wat gereeld van plek na plek reis, bewerk gereeld sy eie persoonlike Duits-Afrikaanse woordelysie. Dit is veral nuttig noudat Trümpelmann en Erbe (1983) se woordeboek stagneer het.
  •         Daar is ‘n Duitser woonagtig naby Berlyn wat by ons in 2008 aangesluit het. Hy het reeds bietjie Nederlands geken, maar het aanvanklik net donkiewerk gedoen: sjablone bewerk, artikels kategoriseer, ensovoorts. Eers vanaf 2011 het hy met geradbraakte Afrikaans op die besprekingsblaaie begin skryf. Soos ons hom aan meer bronne blootgestel het, hy meer Afrikaanse radio geluister het, en ons sy taalfoute reggemaak het, het sy Afrikaans verbeter. Eers onlangs het sy Afrikaans regtig uitstekend geraak – soms beter as ons s’n! Hy het my eenkeer gevra om vir hom ‘n eNuus-video op YouTube te transkribeer, want hy kon die bruin verslaggewer se Afrikaans glad nie verstaan nie (dit gebeur heel dikwels dat die palatalisasie ‘n struikelblok vir taalaanleerders is). Dit is ‘n man wat glad nie die voorreg gehad het om voltyds Afrikaans te leer nie; hy het ook verlede jaar Suid-Afrika die eerste keer besoek tydens Wikimania in Kaapstad, voordat hy op die N2 deurgereis het tot in die Oos-Kaap (P.E.) – maar hy het veel bereik binne 10 jaar. Ek beny sy geduld! Hy kon nie soos die Duitserin Alex Karel (RSG-potgooi op 10 Oktober 2010) ‘n intensiewe tweeweeklikse kursus voltooi nie. Oor hierdie laasgenoemde potgooi sal ek gou die volgende opsom, want dit is nie meer op RSG se webwerf beskikbaar nie:
– Alex is ‘n “gereelde besoeker” aan Suid-Afrika.

– Binne ‘n jaar of twee het sy die taal baasgeraak.

– In 2004 het sy die eerste woorde aangeleer: op die paaie, soos “Stadig!”, of in die trein, op die stasie, op die plakkate. Motief: “Engels is nie die enigste taal wat ek in Suid-Afrika moet praat nie”.

– In 2007 het sy die digitale Die Burger, wat jy sal onthou destyds nog gratis was en nie alles onder een dak by Netwerk24 nie, begin nadertrek om “‘n bietjie te lees”, “te verstaan”, “maar dit was net ‘n paar woorde”

– In 2008 tot 2009 het sy twee kursusse gedoen (twee weke se formele onderrig! Maar waar? RSG sê nie.)

– Sy het ook RSG se potgooie geluister (“lekker luistergoed”).

– Daar was die lus om Afrikaans te leer (motivering)

– Die Afrikaanse grammatika is nie te moeilik nie.

– Sy het ‘n kollega in Duitsland wat Nederlands praat (sy praat met Alex in Nederlands, Alex antwoord in Afrikaans)

– Sy dink glad nie Afrikaans is ‘n “vinnige taal” nie [d.w.s. as mens stadig praat sal Duitsers begryp sonder enige moeite nie; daarmee stem ek heelhartig saam! Duits op spoed het ek op die Navy NCIS-DVD’s self beleef.], want daar is die leksikale afstand, soos “die kontreitale”. Soos die dialekte in Nedersakse vs. Beiere: niemand verstaan mekaar nie, die Hoogduits is die standaardtaal om die kommunikasie te vergemaklik. En om sake in Afrikaans nog te vererger is daar die Brabbelmix (waar Afrikaans en Engels vermeng word), wat nie in Duitsland bestaan nie. [Gaaf! Nog ‘n rede om Standaardafrikaans suiwer te hou. Uit die mond van ‘n Duitserin.]

– “Wat het Afrikaans vir jou beteken?”, vra Fonnie du Plooy. Haar antwoord: “Die selfbewussyn het verhoog” (sy bedoel seker die selfbeeld); “taal is ‘n sleutel tot kommunikasie” vir die “verstaanbaarkeit” (haar enigste ander fout tydens die onderhoud was toe sy haar verspreek het met “genoek”, maar toe gou blitsvinnig verander het na “genoeg”).

– “As jy Afrikaans met my praat, dink jy in Afrikaans, of vertaal jy uit Duits?” vra Fonnie du Plooy. Dis ‘n mengelmoes, antwoord sy. Dr. Ernst Kotzé sê hy moet in Japannees eers in Afrikaans dink, terwyl die woorde in Duits nou al sommer vanself kom.

Die Afrikaanse Wikipedia kan dus ook vir buitelanders die geleentheid bied om hul Afrikaans te oefen en in die proses ‘n bydrae lewer tot ons taal. Dit het sy nadele (ons is nie altyd streng nie), maar ook sy voordele (baie nuttige arbeid). Masjienvertalings word outomaties uitgevee – niemand duld dit nie.

Woordeboeke

Soms val ‘n woordeboek uit die hemel sommer “doef!” op my lessenaar. Soos Langenscheidts Taschenwörterbuch Schwedish-Deutsch/Deutsch-Schwedisch (1958, 5de oplaag 1965) teen R5,00. ‘n Mens sou nou dink hierdie woordeboek sal al my probleme oplos om Sweeds aan te leer, want ek hoef nie in Engels  meer te dink waar die sinsbou opmerklik verskil van die kontinentaal-Europese Wes-Germaanse tale nie. So maklik is dit egter nie: so kom ek nou die dag op die woord “skottepengen” af wat wel in Duits bekend staan as “Schußgeld”. As dit nie nog ‘n leenwoord uit die Duits self is nie! Jy weet alte goed dit beteken “geld wat aan ‘n professionele jagter uitbetaal word vir die pesdier(e) wat hy geskiet en van kant gemaak het”, maar dit kos nogal rondsoek om die juiste woord in Afrikaans te kry – en uiteindelik moet jy maar volstaan met “beloning”.

Die feit bly staan: dit is juis daardie rondsoek wat onnodig tyd kos. Vir sowel die taalaanleerder as die moedertaalspreker. As jy vir twee tale moet dink, is ‘n tweetalige woordeboek geen luukse nie.

My enigste beswaar is net dat woordeboeke, wat seker een van die grootste geskenke is tussen volke, dikwels nie deur albei partye ewe veel waardeer word nie. As mens kyk na die vertalings uit Afrikaans in Frans begin ek al hoe meer dink die Afrikaner lui die klokkie by die verkeerde adres. Kyk mens egter na die Afrikaans-Duitse woordeboeke, het die Afrikaner en die Duitser ewe veel moeite in die verlede in die projek gestort. Kortom: ek verkeer onder die indruk die Franse leer geen ander taal buiten miskien Engels uit noodsaak en Latyn en Duits (om ‘n trappie hoër as die gepeupel te wees) as simbool. Aan die ander kant het die Franse in die verlede en in die hede en in die toekoms, steeds boeke en tekste geskryf wat ‘n groot invloed op die Weste gehad het en sal hê; daarby kan die Afrikaner steeds sonder twyfel baat vind.

Ek voel egter net daar is sekere volke wat net meer “bereid” sal wees om Afrikaans aan te leer as ander, en dit is met hulle waarmee ek gemaklik sal saamwerk (om ook, op hul beurt, hul taal en kultuur te verbrei). Woordeboekskryf is ‘n ontsaglike moordende, tydrowende en omslagtige werk wat nie vinnig geskied nie; dit begin dikwels by woordelysies wat kernwoordeboeke word, en uiteindelik groot woordeboeke. Afgesien dat mens voltyds 11 jaar nodig het om ‘n ordentlike woordeboek saam te stel (dikwels in woordeboekspanne), sal jy agterkom woordeboeke verskil nie drasties van die vorige uitgawes nie, juis weens die arbeidsintensiteit daarvan.

Wikiwoordeboek kan ‘n verskil maak, hoewel ek uit die besoekerstatistiek bevind dat by die allerbeste Wikiwoordeboek, die Franse een, daar selde, indien ooit, die vreemde tale besoek word. Dieselfde met die Afrikaanse Wikiwoordeboek, dieselfde met die Duitse Wikiwoordeboek.  Daar is ‘n groter waarskynlikheid dat ‘n buitelander by die Afrikaanse Wikiwoordeboek die lemma “befok” (met permissie gesê) se betekenis sal verlang, wat nie in WAT, of HAT of Verklarende Afrikaanse Woordeboek as lemma opgeneem is nie, en tog as tussenwerpsel, byvoeglike naamwoord en bywoord byna alledaags (én in die voorgeskrewe poësie op universiteit; daarvan is ek getuie!) gebesig word, as om byvoorbeeld ‘n Sweedse woord na te slaan.

Die moderne Wikiwoordeboeke, veral die Franse een, help ontsettend baie as jy nie weet hoe om ‘n woord te verbuig of uit te spreek nie. Jy kan ook met Kiwix.org hierdie woordeboeke, net soos die Wikipedias, aflaai (dit gaan wel ‘n rukkie duur, want die goed is groot).

Verder moet ons ook onthou dat die vertalings in die woordeboeke slegs riglyne of modelantwoorde is. Om aanvanklik letterlike vertalings as groentjie te lewer is heeltemal toelaatbaar, almal doen dit – maar daarna moet jy jou kneukels knak en so oorspronklik en so duidelik met die woord binne konteks omgaan as wat jy kan. Elke liewe vertaling se konteks en woordkeuse bly uniek, en daarom kan die woordeboek nie altyd vir jou die regte antwoord gee nie.

Ondertiteling van YouTube-video’s

Daar is ook ander plekke waar jy betrokke kan raak, wat miskien minder arbeidsintensief is, maar tog die druppel word wat die 10 ℓ-gieter volmaak. Ek dink aan transkribering vir kort video’s. Dit is so lastig om ‘n liedjie te hoor, of nuus, maar nie te weet wat daar aangaan nie. Ek het byvoorbeeld vir ‘n paar Nederlandssprekendes gevra om handjie by te sit met die volgende uittreksel, en toe die volgende in die kommentaarbalk geplaas:

https://www.youtube.com/watch?v=TkhTEOHBXOQ

Rocky: Hier zijn de lichtjes, versieren maar!

Chase: Ja!

Skye: Ja! Kom op dan!

Wij gaan met de Kerstboom verder, falalalala – woef-woef-woef-woef!

Elke pup, en lab. en herder, falalalala-woef-woef-woef-woef!

Kerst zit vol met leuke dingen, falala-lalala-woef-woef-woef!

Dus gaan wij dit Kerstlied zingen, falalalala – woef-woef-woef-woeeef!

Onsinnig? Kinderagtig? Nee, daar sal weer ‘n Kersfees wees, iemand sal weer hierdie “aanbeveelde” video sien, iemand sal wonder wat gesing word. As jy moet weet, die Nickelodeon-DVD’s op my rak het geen onderskrifte nie (wat die Frans ‘n nagmerrie maak). Maar as mens met die Nederlanders “saamwerk” maak jy jou as Afrikaanssprekende sigbaar. Dit wys jy is ernstig oor die taal wat jy aanleer, en dit wek simpatie. Boonop kom jy gou agter dat van die Nederlandssprekendes ook self nie weet wat daar gesing word nie!

Jy sal ook by elke reklameblad vir Nederlands by die onderskeie universiteite sien dit is Afrikaans aanverwant, m.a.w. “leer asseblief Nederlands as jy ook Afrikaans wil leer ken”. Nou ja! “Leer Afrikaans as jy Nederlands wil ken” kan ons ook aanvoer.  Jy kan jou veral toespits op die Afrikaanse video’s, want die meeste buitelanders vind Afrikaans nie altyd besonder foneties nie (en dit is Afrikaans ook nie).

Tot slot

Ek glo vas Duolingo behoort die grootste gros toekomstige Afrikaanssprekers van regoor die wêreld in te katrol, sonder om die Afrikaner ‘n sent uit die sak te jaag. Ek dink ons het lank genoeg betaal vir platforms en organisasies wat niks tot uitvoering bring nie. Die probleme wat ons van Amerikaners, Duitsers, ens. by daardie gemeenskapsgeskepte projek te wete sal kom, wys die skuiwergate uit wat in die verlede misgekyk is.

Volgende aan die beurt kan Wikipedia, Wikiwoordeboek en Vertalings (wat almal toeganklik en vry is), onderskrifte en ‘n stroopwafel die weg oopbaan vorentoe. Natuurlik moet ons nie vergeet van die vrye, toeganklike en onafhanklike Afrikaanse media wat nié, soos sekere herstigte koerante, agter ‘n betaalmuur wegkruip nie.

Leon Lemmer: Afrikaners: ‘Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind’?

Die Nederlandse regering was een van die grootste kritici van die Afrikanerbewind in Suid-Afrika. Apartheid is verdoem sonder om ter versagting die historiese bande tussen die twee lande in ag te neem. Hierdie strategie het ten minste deels te make met Nederlandse skuldgevoelens oor sy koloniale geskiedenis, bv in Indonesië. Ek het die eerste keer daarmee kennis gemaak toe ek Multatuli (letterlik: Ek het baie gely) (Eduard Douwes Dekker, 1820-1887) se satiriese roman, Max Havelaar, of de koffij-veilingen der Nederlansche Handelsmaatschappy (1860) gelees het. By Amazon is die Kindle-weergawe van die oorspronklike teks (396p) gratis beskikbaar terwyl ‘n Engelse vertaling (364p) $5.14 kos. Dekker het griewe teen die koloniale bewind gekoester. Hy was gevolglik geneig om te oordryf. Tog bied die boek ten minste ‘n mate van insig in Nederland se koloniale verlede, des te meer omdat die outeur agtereenvolgend in verskillende dele van die hedendaagse Indonesië gestasioneer was: Java, Soematra, Soelawesi/Celebes en Ambon.

Wanneer ‘n hedendaagse Nederlandse joernalis oor Suid-Afrika skryf, weet ‘n mens dat hy blootgestel was aan en beïnvloed is deur die kritiek wat oorvloediglik in die hoofstroom-inligtingsmedia teen Afrikaners geopper is. Fred de Vries is geen uitsondering nie. Hy het grootgeword te midde van “die Nederlandse afkeer van Afrikaners” (p 388). Toe hy na ‘n verblyf van vyf jaar in Kenia en Uganda, waar hy swart bure gehad het (15), in Suid-Afrika aankom, moes hy eers sy “teësin in Suid-Afrika en die Afrikaners oorkom het” (20). Hy erken sy “vroeëre skeptisisme” oor Afrikanerkultuur en Afrikaans (288). Dit is duidelik dat hy ernstige voorbehoude spesifiek oor Afrikaners (gehad) het, maar nie oor enige van die ander plaaslike etniese groepe nie.

Sy negatiewe gesindheid is in ‘n mate versag omdat hy van 1992 tot 1995 en daarna weer van 2003 af jare lank in Suid-Afrika as die plaaslike verteenwoordiger van onder meer die Nederlandse koerant, De Volkskrant, gewerk en gewoon het. Hy het moeite gedoen om met ‘n breë spektrum van blanke Afrikaanssprekendes, insluitende Afrikaners, in gesprek te tree. As jong Suid-Afrikaanse blankes weens die kultuurmarxistiese massa-inlingtingsmedia nie daartoe in staat is om ‘n realistiese beeld van die apartheidsera te vorm in vergelyking met die nuwe Suid-Afrika nie, hoe kan dit van ‘n Nederlandse joernalis soos De Vries verwag word, wat eintlik ná apartheid hier aangekom het?

Op grond van De Vries se plaaslike verblyf en ondersoekende joernalistiek is die volgende boek van hom gepubliseer: Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner post-’94 (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 408p). Die bladsyverwysings in die voorlaaste paragraaf hier bo het op hierdie boek betrekking. Die titel van die oorspronklike Nederlandse teks is: Afrikaners: De lotgevallen van een volk op drift (2012). Die outeur wek die indruk dat baie van die onderhoude met Afrikaanssprekendes in Engels gevoer is. ‘n Bundel van hierdie Engelse gesprekke is reeds in 2008 deur Wits University Press gepubliseer, wat ‘n aanduiding kan bied van die politieke oriëntasie van die boek en sy outeur. Die Afrikaanse boektitel het my laat dink aan Koos du Plessis se “Kinders van die wind”-liriek, vandaar die opskrif van hierdie rubriek. “Rigtingbedonnerd” verwys na die Afrikaners wat “rigtingloos soos verdwaalde skape” (93) sedert 1994 “as gekortwiekte minderheid probeer om hul plek te vind in die nuwe, demokratiese Suid-Afrika” (5). Hy betrek nie bruin Afrikaanssprekendes nie (6). Die illustrasie deur Eduard Claassen op die voorkant van die boek toon twee osse wat in verskillende rigtings aan ‘n ossewawiel beur.

“Hierdie boek is ‘n persoonlike speurtog deur die hele Afrikanerdom … om uiteindelik uit te kom by ‘n antwoord op die vraag: Is daar nog plek vir ‘n wit mens in Suid-Afrika?” (11). Maar die plaaslike blankes omvat meer as Afrikaanssprekendes. Veral sedert 1994 is dit ook noodsaaklik om twee groepe Afrikaanssprekende blankes te onderskei: Afrikaners, wat bv nasionalisties en identiteitsbewus is, en nie-Afrikaners, wat die nuwe politieke bedeling aanvaar en bv geredelik verengels. Dit blyk dat De Vries slegs hierdie nie-Afrikaners aanvaarbaar vind; gevalle soos Koos Kombuis, Johannes Kerkorrrel, Rian Malan, Breyten Breytenbach, Max du Preez, Antjie Krog, Christi van der Westhuizen, FW de Klerk, Danie Marais, Theuns Eloff, Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden en Mark Kannemeyer. Dit is dus hoogs misleidend as De Vries beweer dat sy Afrikaners almal dieselfde doel het: “Om waardig te oorleef en te bly voortleef as Afrikaners, verkieslik ín Suid-Afrika” (11). Afrikaanssprekende blanke nie-Afrikaners poog om te oorleef deur hulle seile na die politieke wind te span, dus ANC-gedienstig te wees, bv deur hanskakies te word en in werklikheid as nie-Afrikaners voort te bestaan.

Dwarsdeur die boek bly De Vries “‘n buitestander … ‘n regte uitlander” (3), ‘n toeris: “Jy kry nie ‘n gevoel dat jy deel is van iets nie” (277). “‘n Afrikaner sal ek nooit word nie” (389). Byvoorbeeld, vleisbraai is nie een van sy “gunsteling-aktiwiteite” nie (16). ‘n Buitestander kan ‘n welkome mate van objektiwiteit bied maar De Vries se beoordeling berus uiteindelik op subjektiewe reaksies. Hy het “al hoe meer gefassineerd geraak” met die Afrikaners se “verskille en ooreenkomste met die Nederlanders. Terselfdertyd was ek verbaas oor al die teenstrydighede wat inherent is aan die Afrikaner – ‘n plofbare, byna selfvernietigende mengsel van onbegrip, halsstarrigheid en innemendheid” (5). De Vries dink blykbaar dat begrip/beterweterigheid en verdraagsaamheid/toeskietlikheid hom toekom.

Hy veronderstel valslik dat hy die salige middeweg bewandel: “Iewers in die warboel van historiese bande, minagting en bewondering vir die Afrikaner wat die afgelope agt jaar tot my deurgedring het, het ek ‘n inwoner van die Middelwêreld geword wat nêrens meer tuis voel nie” (388). Myns insiens is die Afrikaners vir De Vries eerder ‘n stokperdjie wat tot voordeel van sy loopbaan as joernalis gevoelloos gery word. Byvoorbeeld, na aanleiding van Julius Malema wat “Skiet die Boer” gesing het, stel De Vries die vraag: “Was dit nou werklik nodig om die leier van die ANC-jeugliga aan te kla oor hy ‘n ou ANC-strydlied gesing het?” (205). De Vries beweer selfs: “In ‘n ekonomiese opsig gaan dit met die meeste Afrikaners beter as voor 1994” (207).

De Vries se standpunt kan soos volg opgesom word, wat per slot van sake die vernietiging van die Afrikaners impliseer; dat ons soos ekskresie kompos moet word: “Dis sewentien jaar ná apartheid en die voorheen eensgesinde Afrikanervolk is soos ‘n kissie nagvlinders waarvan die deksel gelig is. Hulle knipper hul oë teen die fel sonlig en fladder verdwaas en verward in alle rigtings. ‘n Klein groepie ekstremiste wat bande met buitelandse eendersdenkendes het, dink nog steeds in terme van ‘n rasseoorlog. Ander hou die visier gerig op ‘n Volkstaat en die ideaal van selfbeskikking. Orania is vir hulle ‘n voorbeeld dat dit kán werk – hierdie onversetlike poging tot Afrikaner-selfverwesenliking. Maar die meeste Afrikaners wil niks weet van ‘n oorlog, ‘n volkstaat of die strewe na selfregering nie. Hulle is bereid om op [onder?] te gaan in die nuwe Suid-Afrika … die nagvlinders wat nou sonder vlerke is” (178). “Om in Suid-Afrika te oorleef, moet jy offers bring, jou Westerse self grotendeels ontken” (225). Hy verwag van die Afrikaners wat hy nie van homself sal verwag nie.

Ek het De Vries se boek lank gelede as ‘n geskenk ontvang maar nagelaat om dit te lees. Suidpunt het onderaan een van my onlangse rubrieke (Praag 27.01.2019) gevra dat ek hierdie boek bespreek. Dit het my aangespoor om De Vries se teks te lees. Ek is dankbaar dat ek dit uiteindelik gedoen het. Suidpunt kan dus bedank of verwyt word vir wat ek hier skryf. Suidpunt verwys bv na die Nederlanders se voorliefde vir Antjie Krog. LitNet-lesers weet teen hierdie tyd dat net ‘n bepaalde soort Afrikaanssprekende, wit en bruin, deesdae kort-kort na Nederland genooi word om as sprekers by byeenkomste op te tree of as deelnemers aan sulke samekomste. Twee van die vereistes is dat hulle apartheid moet verdoem (en verkieslik ANC-gedienstig moet wees) en dat hulle hulle seën oor Kaaps as die toekoms van Afrikaans moet uitspreek (of in elk geval nie oor geradbraakte Afrikaans beswaard moet wees nie).

Daar is ‘n bibliografie van 64 items aan die einde van die boek. Vir die kritiese leser is dit egter gou duidelik dat De Vries ‘n beperkte insig in die Afrikaner en sy geskiedenis het. “Ras het vir die apartheidsdenkers swaarder geweeg as kultuur” (6). Hy skryf dit met verwysing na bruin Afrikaanssprekendes, dus uitgaande van die foutiewe veronderstelling dat die kultuur van Afrikaners en bruin mense identies is. “Daardie ‘witheid’ waarop Afrikaners hulle soms so graag beroep, is ‘n fabel … Afrikaners is ‘n gemengde volk, of kreole” (6). Die historikus Hans Heese het egter op grond van wetenskaplike navorsing aangetoon dat blankes 93% blanke bloed het. De Vries ignoreer hierdie bevinding of is onbewus daarvan. Hy steun eerder op Breyten Breytenbach se vergesogde polities-gemotiveerde bewering: “Ons is ‘n bastervolk met ‘n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so … Ons moet kompos wees … In daardie gedeelte van ons bloed wat van Europa kom, was die vloek van meerderwaardigheid” (6).

Dit is juis die Europeesheid van die plaaslike blankes wat daarvoor gesorg het dat Suid-Afrika vóór 1994 die mees ontwikkelde en voorspoedigste land in Afrika was. ‘n Kernwaarheid is dat blankes toe polities en andersins in beheer van Suid-Afrika was. De Vries beskou die onverkwiklike Suid-Afrikaanse hede as ongetwyfeld beter as die (apartheids)verlede. Verskynsels soos “gulsigheid, uitbuiting en magshonger” was glo die grondslae van apartheid (79). Apartheid word valslik met Joseph Conrad se novelle, Heart of darkness (1899), geassosieer, dus met die uiterste mishandeling van swartes deur blankes in die destydse Belgiese Kongo (79).

“Wat veral in ‘n mens se gedagtes bly maal, is hoe vindingryk apartheid uitgedink is en hoe hierdie onmenslike [!], voortdurend aangepaste ideologie oor sowat tagtig jaar [? 1948-1994] daarin geslaag het om voor die oë van die hele wêreld ‘n swart meerderheid te onderdruk deur ‘n eiesoortige kombinasie van wetgewing, godsdiens, onderwys, werkreservering, angs, geweld en propaganda” (81-82) – asof daar nie baie soortgelyke stelsels van rasse-(onder)skeiding bestaan het en steeds bestaan nie; ook asof die ANC nie ‘n soortgelyke stelsel ten bate van swartes en ten koste van blankes bedryf nie; ook asof die “apartheidsregime” gewelddadig was maar nie die ANC en PAC nie.

In 1994 het die Afrikaners glo “alle politieke mag prysgegee” (8). In werklikheid is die blankes se politieke mag sonder hulle goedkeuring en teen hulle beterwete deur ‘n klein groepie ruggraatlose, onbekwame, blanke Afrikaanssprekende politici op ‘n verraderlike, mandaatlose manier van hulle ontneem. Met verwysing na Chris Louw se uitlatings oor die NP-elite skryf De Vries: “‘n Siek moraal wat apartheid, tuislande, die verhongering en onderdrukking van swart mense en rasmeerderwaardigheid goedpraat. En daarna onderhandel hulle ewe uitgeslape met die ou vyand, verloën al hul ou ideale en gee die land tevrede en selfvoldaan oor aan die ANC” (94-95).

De Vries skryf Suid-Afrika het ná 1994 “met rasse skrede verander” (11). Daardie “rasse” wat die verandering bewerkstellig het, is die swartes. Dit behoort ook duidelik gestel te word dat die veranderings meesal nie verbeterings was nie; dat verandering in daardie konteks hoofsaaklik verval en agteruitgang was en is. Hoe oppervlakkig De Vries se kennis is, blyk uit sy opmerking dat die Taalmonument in die Paarl in 1975 onthul is, “‘n halwe eeu nadat Afrikaans ‘n amptelike taal geword het” (160). Wat hy nie noem nie en dalk nie weet nie, is dat die eintlike rede vir die onthulling in 1975 is dat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) ‘n eeu tevore in die Paarl gestig is.

De Vries skryf: “Geskiedenis [is] nie meer so ‘n belangrike hoërskoolvak nie en … die leermateriaal [is] gotendeels op ‘n ontleding van die oorsake en gevolge van apartheid gerig” (58). Hy noem dit maar veroordeel dit nie; ook nie dat al die leerplanne met net swart skoliere in gedagte opgestel word nie. Pleks daarvan beweer De Vries, na aanleiding van sy besoek aan die museums by Bloedrivier, “hoe uitgeslape die geskiedenis destyds al verdraai is” (82). Dalk probeer hy onsekerheid wek oor wie die Bloedrivier-veldslag gewen het, die Boere of die Zoeloes. Die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier en die Anglo-Boereoorlog word “mitiese gebeure” genoem “wat verreikende invloede op die volksaard [van die Afrikaners] sou hê” (104).

Let op hierdie mislike formulering oor Afrikaners se verset teen swart oorheersing: “Wat het ná al die jare oorgebly van hierdie gedruis [!], van die belofte om lewens op te offer vir vryheid, van die dreigement om nooit oor te gee nie?” (59). Daar is blykbaar nog nie genoeg Afrikanermonumente verskuif of afgebreek nie. “Die Voortrekkermonument staan sowaar nog, in al sy lomp [!] 41 meter glorie [!], met sy sirkel ossewaens en sy helde gebeitel in klip” (60).

Wanneer daar waardering en applous vir Bok van Blerk is nadat hy “De la Rey” gesing het, is De Vries se kommentaar: “dom, banaal, goedkoop, die ene massahisterie” (66). Hy haal die anti-Afrikaner Max du Preez (goedkeurend) aan wat hierdie liedjie beskryf as: “Viagra vir jong puisiegesigte en skaam-kwaad ooms” en die ewe nie-Afrikaner Koos Kombuis wat dit “musikale laertrekkery” noem (67). “De la Rey” dien as “‘n metafoor vir ‘Boeretrots.”’ Dit was glo “‘n meesterplan van die ouens [!] wat die liedjie geskryf het om honderd jaar terug te gaan, na ‘n tyd toe Afrikaners nog nie deur apartheid besmet [!] was nie, toe helde nog helde was” (68). Dus, tydens en ná apartheid behoort daar nie meer Boeretrots of Afrikanerhelde te vinde te wees nie.

Hoofstuk 8 handel oor “die groot argitek, FW de Klerk” (100). Die nuwe Suid-Afrika-gebou wat hierdie argitek hom in 1990 verbeel het, het egter nooit werklikheid geword nie. De Klerk het ‘n onderhoud aan De Vries toegestaan. “Hy beskou dit as sy taak om te sorg dat die nuwe Suid-Afrika, waarvoor hy pa staan, op koers bly. ‘En veral – en dit is die hartklop van die FW de Klerk-stigting – om te waak dat die grondwet eerbiedig word en nie ‘n blote stuk papier bly nie. Want die grondwet is die beliggaming van ‘n historiese ooreenkoms wat bereik is deur ‘n proses van gee en neem. Dit is ‘n kompromis waarop ons trots is, ‘n werkbare kompromis'” (104). De Klerk kan kwalik werklik glo wat hy hier beweer. Die grondwetlike onderhandelinge was ‘n proses van gee en neem, maar in die sin van: Die NP gee en die ANC neem. Die ooreenkoms was nie soseer ‘n kompromis nie as ‘n proses van die een toegewing na die ander deur die NP aan die ANC.

Die Grondwet blyk nou nie eens die blankes se besittings teen onteiening sonder vergoeding te beskerm nie. Leon Wessels het vertel dat FW de Klerk dit in 1996 lank en sterk oorweeg het om in die parlement teen die aanvaarding van die Grondwet te stem. Sedertdien het De Klerk en sy stigting ontpop as verbete voorstanders van die Grondwet. Dit is moeilik om ‘n groter en vollediger verloorder as FW de Kerk te bedink. Hy probeer om die blaam van hom af te skuif. Byvoorbeeld: “Een van die redes waarom die nasiestaat in Suid-Afrika misluk het, is omdat wit mense te selfsugtig was” (106). As hy maar in groter mate die wense van die blanke kiesers in ag geneem het, bv selfbeskikking. Dan sou hulle tans in ‘n minder benarde situasie gewees het. De Klerk gaan voort met sy proses van ontkenning van die wrede werklikheid van sy skepping, die nuwe Suid-Afrika. Byvoorbeeld, oor die huidige gebrekkige owerheidsdienslewering sê hy: “Die gehalte [het] ongelukkig ‘n bietjie [!] gedaal” (366).

De Klerk beweer dat “‘n minderheid van die wit mense my as ‘n verraaier sien” (110). De Vries borduur (goedkeurend) voort: “‘n Mens kan dit nogtans ‘n wonderwerk noem dat die partye hoegenaamd tot ‘n vergelyk gekom het en dat daar in 1996 ‘n grondwet gestalte kon kry wat wêreldwyd as die toppunt van vooruitgang geprys is. Tog moet dit vir De Klerk frustrerend wees: Hy het soveel vermag [!] en tog relatief min erkenning gekry” (110). Die wonderlikheid van die Grondwet in globale perspektief is een van die mites waarop die nuwe Suid-Afrika gebou is. So ‘n demokratiese opset is heeltemal ongeskik vir Suid-Afrika met sy talle hoogs verskillende etniese groepe. As die Grondwet die toppunt van vooruitgang was, waarom is daar sedertdien konstante agteruitgang?

De Vries was ‘n aantal jare lank die eienaar van ‘n huis in Vrede in die noordooste van die Vrystaat, in ‘n buurt wat al hoe meer deur swartes ingeneem word. Sommige van die bure was swartes. Die eiendom het ‘n boord met vrugtebome gehad. As verligte mens het hy “vir die kinders gesê hulle kan maar kom vrugte pluk” (117). Op ‘n keer toe hy daar aankom, blyk dit dat daar by sy huis ingebreek is. “Allerhande dinge maal deur jou kop, maar veral woede, wanhoop … en wraakgedagtes” (117). “Meteens hoor jy jouself dinge sê soos ‘dit gaan nie werk in hierdie land nie.’ Jy betrap jouself dat jy rassistiese gedagtes dink” (116). Hy het sy huis toe teen inbrake beveilig. Hy verkneukel hom daaraan dat die diewe gelyk het nie swart te wees nie maar sy blanke bure (120).

Sonder om ooit met ‘n ongunstige woord oor Nelson Mandela, die ANC of swartes vorendag te kom, skryf De Vries oor Hendrik Verwoerd: “Dit is moeilik om eerbied te hê vir ‘n rassistiese intellektueel wat ‘n onnoembare hoeveelheid leed op sy gewete het” (126). Met hierdie gesindheid het hy die “godverlate plek” Orania, van “‘n groepie fanatieke, selfversorgende Afrikaners,” besoek (124). Volgens Frans de Klerk, die adjunkpresident van die Orania-beweging, is Orania “‘n soort bedevaartsoord … vir eendersdenkendes” (134), maar volgens De Vries is daar “‘n gebrek aan samehorigheid” (135). Hy meld “die dorp se kenteken is ‘n mannetjie wat sy moue oprol” (127) en dat dit daar veilig is (125). “Daar is nie ‘n polisieman of veiligheidswag in sig nie. Daar lê nêrens ‘n blikkie of ‘n stukkie papier op straat nie” (131). Volgens De Vries is “Orania ‘n plekkie … waar Afrikaner-wees as ‘n stokperdjie beoefen word” (133). Volgens ideoloë is Orania “‘n Afrikanerlaboratorium” (133).

Carel Boshoff sr (1927-2011) het tydens De Vries se besoek nog gelewe. Hy verwys na Boshoff “en sy kamerade” (129) wat myns insiens doelbewus gemeen is. De Vries erken dat hy hom tydens sy Orania-besoek aan sarkasme skuldig gemaak het (134). Ek bevraagteken of die volgende ‘n akkurate weergawe van Boshoff se mening is: “Volgens hom het Afrikaners hulle sedert die sestigerjare deur ekonomiese welvaart laat verlei en ‘n onbesorgde lewe in ommuurde voorstede nagestreef, terwyl hulle hul taal en kultuur heeltemal [!] verwaarloos het” (128). Inteendeel, dit was juis die bloeityd van Afrikaans en Afrikanerkultuur. De Vries skryf: “Niemand sal ontken dat Orania rassiste het nie” (135). Dié nedersetting verteenwoordig glo “pogings om aan die tyd ‘n ander kinkel te gee en die onvermydelike op ‘n afstand te hou, ongeag of dit modernisering of swart oorheersing is. En om eerlik te wees, is ek verlig wanneer ek by Hopetown weer swart en bruin Suid-Afrikaners sien en terug is in die komplekse, energieke mengsel van rasse en kulture” (136). Dus, terug in bv die misdaadnes, waarvan De Vries met sy Nederlandse paspoort maklik kan ontsnap. Vir meer inligting oor Carel Boshoff en Orania: Praag 19.12.2015.

In hoofstuk 11 skryf De Vries oor Afrikaners en hulle plase, wat glo “gemitologiseer” word (138). ‘n Swart werkers wil nie “eendag” die blanke se plaas hê nie: “Ek wil dit nóú hê!” (142). Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie, sê tereg van die swartes: “Daar heers ‘n ander kulturele houding. Hulle lewe vir vandag. Môre tel nie. Hoe kan jy ‘n besigheid [bv boerdery] op dié manier bedryf?” (147). Van Zyl voeg by: “Die ANC is besig met ‘n weldeurdagte poging om die wit mens te verdryf … ‘Hulle wil die bestaande orde verander en hulle doen dit op die Afrikamanier. Suid-Afrika is nou doodgewoon ‘n Afrikaland, vol mense wat hulleself verryk” (147). “Gee vir my ruimte waar ek myself kan wees … Ek voel tuis by die Westerse manier van doen. Hierdie land is ‘n moeras, waar jy moet soek na die oorblywende eilandjies” (380).

De Vries het Kroonstad besoek. “Dit is een van talle dorpe wat ná die einde van apartheid ‘n metamorfose [transformasie/agteruitgang] ondergaan het. Die middedorp het intussen grotendeels swart geword” (150). Dieselfde word van Potchefstroom gesê (289). Pretoria het “die afgelope tien, vyftien jaar byna onherkenbaar verander” (357) maar geensins verbeter nie. De Vries het die terrein van die ABO-konsentrasiekamp by Kroonstad besoek. “Onkruid en steekgras het alles [bv die grafte] toegegroei. Die hek is ook weg” (152). Tussen die bruin woonbuurt Brentpark en die swart woonbuurt Constantia is daar ‘n grasvlakte. “Hier is ‘n paar jaar gelede ‘n sportveld met pawiljoene aangelê … Daar is niks meer van oor nie … Die doelpale, die hekke, die pawiljoene – álles is weg” (153). Daar het eens “‘n vleuelklavier, ‘n duur Yamaha, … in die stadsaal gestaan … Op ‘n dag wou ‘n bekende pianis ‘n optrede in die stadsaal reël. Maar die klavier was weg. Verdwyn. ‘Uiteindelik het dit uitgekom dat dit deur die [ANC-]stadsraad aan ‘n sjebien in Bloemfontein verkoop is.’ Die klavier is nou in ‘n ietwat gehawende toestand terug op Kroonstad” (238). Dit gee ‘n aanduiding van wat verandering/transformasie kan behels. De Vries veroordeel nie sulke gebeure nie en niemand vra verskoning daarvoor nie. “Soveel wat gesteel, verwaarloos of stukkend is. En dan het ons nog nie eens gepraat oor die gate in die paaie, die lekkende waterpype, die barste in die riolering en die wydverspreide korrupsie nie” (153).

Die gevolg is “dat nóg wit nóg swart belasting wil betaal. Wit mense omdat hulle geen verbetering sien nie; swart mense omdat hulle dit nog nooit geken het nie”[!] (153). Dit is ‘n tradisie wat die ANC geskep het: Swartes hoef nie te betaal vir bv die munisipale dienste wat hulle van die owerheid ontvang nie. Die gevolg is “ineenstorting aan alle fronte” (155). De Vries gee doelbewus valslik voor dat wat in Kroonstad gebeur maar bloot ‘n voortsetting is van wat tydens apartheid die geval was, terwyl die vóór- en ná-1994-era in werklikheid hemelsbreed verskil: “Poste in die munisipaliteit word gevul (soos trouens ook onder apartheid) deur familie, vriende en partylede. Tenders word (ook soos onder apartheid) toegeken aan ondernemings wat noue bande met die regerende party het” (156). Met die tragiese chaos in Kroonstad as agtergrond wil De Vries Afrikaners (eerder as die swartes) verander. Eufemisties noem hy dit “die herdefiniëring van die Afrikaners” (157). Vir hom is daar skynbaar ‘n ligpunt: “Slegs die erg verkramptes onder hulle [Afrikaners] stem nog vir ‘n uitsluitlik Afrikanerparty” (157).

Afrikaans word sonder meer ‘n “hibridiese” taal genoem (161); “tegemoetkomende kreools” (163). Hy meld darem tereg dat Afrikaans “die stem en siel van die Afrikaners” is (162). Danie Marais beweer: “In baie opsigte is ons [Afrikaners] die stiefkinders van die Westerse en Nederlandse kolonialisme … Maar waar die vorige geslagte graag die Europese oorsprong van die taal beklemtoon het en vreeslik trots was op hul Europese herkoms, besef ons hoe totaal [!] verbaster ons eintlik is. Ons is kreools en trots daarop. Ons wil in Afrika tuishoort, nie in Europa nie” (163). Maar dit is juis die Europeesheid van die plaaslike blankes wat gesorg het dat Suidelike Afrika beter as die res van Afrika was. Dit is nie in landsbelang nie en nog minder in die Afrikaners se belang as hulle verafrika deur biologies en taalgewys te verbaster. “Die spilpunt vir die oorlewing van Afrikaans lê by die universiteite en die skrywers” (163). Maar sekerlik ook by Afrikaner-ouerhuise en Afrikaanse skole, asook by Afrikaansdosente en alle Afrikaanssprekendes wat hulle vir suiwer(der) Afrikaans beywer. “Die ANC-regering wil nie meer instellings vir wit mense hê nie en nog minder vir Afrikaners. Danksy [! eerder: weens] die samesmelting met swart universiteite en hoërskole het die Afrikanerkarakter van die meeste universiteite verdwyn” (164). De Vries verwys ook na “die beroemde [! eerder: berugte] Dakar-konferensie” gehou in 1987 (164).

De Vries hou van Marlene van Niekerk se uitbeelding van die tradisionele Afrikaner en die hedendaagse “wegkalwing” daarvan (168). Afrikaners het glo ‘n “bevlekte verlede” (169). “Triomf was ‘n groteske roman oor ‘n duister onderwerp (die rigtinglose, wanhopige, rassistiese ‘armblankes’ in die naderende nuwe Suid-Afrika), maar tog lig, danksy die growwe taal. Regses was woedend daaroor. Hoe kan iemand – nogal ‘n Afrikaner [?] – die volk [let op die sarkasme] op so ‘n skandalige manier as ‘n ontaarde spul uitvaagsels uitbeeld?” (169). Die onprakties-gebore Van Niekerk (sy kan bv nie motor bestuur nie) het al, soos bv Sonja Loots, met talle teenstrydige uitsprake oor Afrikaners en Afrikaans vorendag gekom, bv: “‘n Mens kan selfs vra of iets soos ‘n gesamentlike kultuur wel hier [in Suid-Afrika] bestaanreg het. Om onder dergelike omstandighede ‘n aggressiewe vorm van Afrikanernasionalisme te predik, is dom en verkeerd” (170). Ek dink eersgenoemde stelling is korrek en die tweede foutief. Van Niekerk is egter in die kol as sy byvoeg: “Ek bespeur geen groen-tendense nie. Ek sien die inhalige, uitbuitende gedrag van die nuwe pierewaaierklas. Ek merk ‘n onverskilligheid ten opsigte van klein [?], waardevolle sake: die kunste, die tale, die vissies in die riviermondings van Natal. En ek skaam my verskriklik” (171).

Oor Karel Schoeman se Na die geliefde land, JM Coetzee se Disgrace en Marlene van Niekerk se ander roman, Agaat, skryf De Vries: “Dit is onheilspellende variasies op die romantiese plaasroman uit die jare dertig. Hulle almal speel af in ‘n land waar die regdenkende [!] deel van die bevolking lankal hul tasse gepak het, op vervalle plase waar die magsverhouding omgekeer is en ‘n handjievol bittereinders probeer staande bly in ‘n vyandige, ontredderende omgewing. Dit is boeke oor ontheemding en skrynende nostalgie. En op die agtergrond huiwer die spookbeeld van ‘n afgetakelde wit volk in donker Afrika – die verskrikking vir nasionaliste uit die jare dertig, veertig en vyftig” (174). Onmiddellik hierna maak De Vries gewag van “die verwronge Afrikanerkultuur” (174). Hy is geen bondgenoot en sekerlik geen bewonderaar van die tradisionele Afrikaner nie.

De Vries het verskeie kere met Etienne van Heerden gesels. Op De Vries se mislike manier: “Ek wou weet wanneer hy besef het dat hierdie idille van ‘n onbedorwe land vals was” (172). Van Heerden vertel toe van die Karoo-plaas waarop hy grootgeword het, “daardie ewige mitiese plaas, die hemel van die platteland … ‘Boeregemeenskappe was destyds ‘n vreemde smeltkroes van geweld en geborgenheid,’ het hy vertel” (172). Dwarsdeur sy boek probeer De Vries om die Afrikaner op sy plaas sover moontlik te ontheilig. Maar let op Van Heerden se teenstrydige uitsprake, onder meer gevoed deur sy sug na verligtheid en sy begeerte om in Nederland, wat hy dikwels besoek, welkom te voel. “Hy is nie bang dat die taal [Afrikaans] of die [Afrikaner]kultuur sou verdwyn nie …’Wat taal betref, dink ek hulle [FW de Klerk en sy onderhandelaars] moes ‘n fermer posisie ingeneem het. Beslis wat die onderwys betref … Maar verder moet ons God op ons kaal knieë dank, want dit is ‘n wonderwerk” (173). Maar dan kla Van Heerden met verwysing na LitNet soos volg: “Die stryd vir ‘n kulturele webwerf is moeilik in ‘n land waar woorde soos ‘gehalte’ en ‘diepgang’ uit die leksikon verdwyn het” (294). Hy moes hom klaarblyklik eerder by verwestering as afrikanisering geskaar het. Vir LitNet koester hy hierdie mooi ideaal: “Ek moet dit nooit gebruik as ‘n manier om bepaalde idees te verkondig nie” (295). Terselfdertyd wil hy “seker maak dat dit niks rassisties of lasterliks bevat nie” (295). In hierdie opsig word die sensuurnet met besonder klein gaatjies in die praktyk baie wyd gespan; dermate dat idees wat naasteby as regs vertolk kan word, met obsene oorgawe buite LitNet gehou word.

Die aandag word daarop gevestig dat Eben Venter se roman., Horrelpoot, op Joseph Conrad se novelle, Heart of darkness, gebaseer is. In Venter se distopie word Afrikaans getransformeer tot “‘n brabbeltaaltjie wat nog net verlangs soos Afrikaans klink” (175). Dít is ‘n wesenlike gevaar as die sogenaamde Afrikaansinstansies en -dosente op hulle ingeslane weg voortgaan deur nie taalsuiwerheid te bepleit nie. Venter sê van een van die karakters: “Koert is die versinnebeelding van die taal wat heeltemal tot niet gaan” (176). “Van die geletterde, beskaafde, semi-Europese Afrikaner wat ná 1948 op die toneel verskyn het, is daar in Venter se roman niks meer oor nie. Hy word geheel en al deur donker Afrika oorskadu” (175). Venter vra: “Wat is dit tog met Afrikaners? Is dit ‘n soort cultural cringe? … Afrikaans is ‘n geweldig ekspressiewe taal. Ek is ‘n absolute kampvegter vir die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium op Stellenbosch. Een universiteit ten minste, for God’s sake” (176). Afrikaans, as ‘n taal waarin enigiets wat in Engels moontlik is, gesê kan word, maak die gebruik van Engelse woorde, frases en uitdrukkings oorbodig. Maar De Vries het die onderhoud met Venter moontlik in Engels gevoer.

Dan Roodt word deur De Vries saam met Eugène Terre’Blanche as ekstremiste geklassifiseer (184). Oor Terre’Blanche se Afrikaner-Weerstandsbeweging skryf De Vries: “Ons [kan] die paramilitêre verregses voorlopig wegpak in die kas van anachronismes” (200). Maar Roodt is glad nie in daardie liga nie. Hy is met bedrywighede in die metapolitiek besig. “Roodt geniet nie alleen ‘n reputasie as verkramp nie, maar ook as voorstander van politieke onafhanklikheid vir die Afrikaner … Roodt is die stigter van Praag … ‘n groep Afrikanernasionaliste wat sedert 2000 ‘n stryd voer vir die behoud van die Afrikaanse taal en kultuur en hom nou ook beywer vir ‘n Volkstaat” (185). “Roodt beskuldig die ANC van ‘n Pol Pot-idealisme ingevolge waarvan die ander party alles moet opgee” (186). “Sy visie [is] dat literatuur, taal en politiek onlosmaaklik aan mekaar verbonde is” (187-188). “Apartheid … was nie ‘n volksmoord nie, geen misdaad teen die mensdom nie” (188). De Vries kom met hierdie onbedoelde kompliment: “Roodt is in alle opsigte die omgekeerde [teenoorgestelde] van Antjie Krog. Waar Krog ‘die ander’ wil omhels, wil Roodt hom sover moontlik op ‘n afstand hou. Hy voel vir Krog niks anders as veragting nie, en so ook vir al die ander Afrikaners wat probeer om met die postapartheid-Suid-Afrika te integreer” (188).

Roodt word soos volg aangehaal: “Ons probleem is dat ons in radikale omstandighede lewe, in een van die gewelddadigste samelewings op aarde. Maar ons sit met ‘n willose konformisme … En dié wat weier, word verstoot of gestigmatiseer” (189). Ook: “Veral die swart elite het ‘n sterk rassebewussyn. Omdat hulle so verwesters is, het hulle nie meer ‘n taal of kultuur wat hulle bind nie – nog net die kwessie van ras … Uiteindelik sien ek nie hoe Afrikaners in fisieke, kulturele en taalkundige opsig binne die huidige Suid-Afrika gaan oorleef nie. Maar Afrikaners beskik oor ‘n geweldige vermoë om ‘n eie wêreld te skep, om vir hulself te sorg. Dis net dat die wil nie nou daar is nie” (190).

De Vries is behep met die “herdefiniëring van die Afrikaner” (228), dus om van die Afrikaner iets te maak wat hy nie is nie. In hierdie konteks bring hy ‘n “ruimdenkend[e]” “ander Afrikaner,” Antjie Krog, ter sprake (228). “Ons praat weer in daardie mengelmoes van Engels, Afrikaans en Nederlands. Sy vloek nog steeds soos ‘n matroos” (235). Soms dop ‘n onverwagte (moontlike) waarheid uit, bv “Niemand wil swart of homoseksueel wees nie” (235). “Krog wou [as propagandis] buite haar eie taalgemeenskap gelees en verstaan word en deel uitmaak van ‘n groter Suid-Afrikaanse kanon” (229). Om hierdie rede was dit vir haar belangrik dat haar idees eerder in Engels as Afrikaans gepubliseer word, al is dit kritiek op veral Afrikaners wat in haar visier is.

Krog weef glo “‘n tapisserie van waarhede” (230). Sy ondersteun bv De Vries se renons in konserwatiewe Afrikaners op die platteland: “Die wesenlike rassisme kom voort uit angs. In die uitsprake herken jy die fatalisme, die besef dat daar ‘n onvermydelike en onomkeerbare einde gekom het aan die hemel op die platteland” (231) – sekerlik ook die einde van Suid-Afrikaanse stede wat ‘n onmiskenbare Europese aanskyn gehad het. Byvoorbeeld, “Stellenbosch is [was?] ‘n stukkie Europese beskawing in Afrika” (258). Antjie se huidige man, John Samuel, blyk ‘n ligpunt in die duister Krog-huis te wees: Hy “funksioneer as die skeptikus wat sy vrou weer terugbring aarde toe as sy te entoesiasties begin fladder. Sy glimlag. ‘Saans kyk ons nuus en dan sê hy: “Aitsa, hulle steel al weer. Watse ubuntu-kak het ons nou hier?”‘” (237).

Dalk oorweeg Antjie ‘n alternatief vir John. De Vries vra: “Sou sy, as sy kon, met ‘n swart man getrou het? ‘Ja, ek dink so,’ sê sy sonder aarseling” (238). Haar ideaal is: “Jy is wie jy is, maar jy meng met die ander” (367). In daardie proses wil sy hê dat blankes/Afrikaners oorboord moet gaan; dat hulle hulleself etnies-kultureel moet vernietig: “Die idee [is] om saam te lewe, te integreer waar jy werk en waar jy woon. Jy het kleinkinders wat nie meer wit is nie; jy het familielede van kleur. Só moet dit ook wees. Só sou ek graag [!] hier wil oorleef” (367). Die punt is: Die toekoms hoef nie só te wees nie. Ék wil nie só oorleef nie.

Mark Kannemeyer van Bitterkomix-faam sê: “Ek sal bly wees as Afrikaans heeltemal oplos en van die aardbodem af verdwyn. Want dit is die taal van die skurke en ek ken hulle soort deur en deur, beter as enigiemand anders. Hulle het nooit iets vir my gedoen nie en ek is nie van plan om vir hulle iets te doen nie. Ek gee ook nie ‘n moer om vir die taal nie. Ja, goed, dis ‘n mooi taal om in te skrywe en vir die poësie. Maar ek het geen besondere liefde daarvoor nie. Dit was die werktuig van die onderdrukkers. Die politieke konnotasies wat daaraan kleef, is te skrikwekkend. Ek sal nie ‘n traan daaroor stort nie” (265).

Rian Malan het ‘n soortgelyke negatiewe opvatting jeens die toekoms van Afrikaans en Afrikaners. “Die Boere sal weer deur die vuur gaan en anders daar uitkom. Hul taal sal ‘n geraamte word wat nog net in een of ander variant van tsotsitaal voortleef. Hul velkleur sal van die huidige ‘beswaarlik wit’ na effens goudkleurig verander” (369).

Hoofstuk 26, met die opskrif “Onwillige Voortrekkers,” is seker die aangrypendste in die boek. “Ons het in ‘n trek beland waaraan ons glad nie wil deelneem nie” (358). Die hoofstuk handel oor Afrikaners wat na Australië geëmigreer het; veral dié in Perth, maar ook in Melbourne. Van die voordele is dat “hulle nie saans hul deure hoef te sluit nie” (339). In Australië, anders as in die nuwe Suid-Afrika, is daar “veiligheid, paaie sonder gate, skoon water en ‘n regering wat goed funksioneer” (340). Daar word geskat dat “nagenoeg ‘n miljoen wit mense die land sedert 1994 verlaat het. Volgens die laaste Australiese sensus het Perth in 2006 sowat 40 000 Suid-Afrikaners gehad, hoofsaaklik wit mense. In die lig van die uittog oor die laaste vyf jaar word dit nou [2012] geskat op maklik 60 000. Grappenderwys word Perth ‘Bloemfontein by die see’ genoem, of ‘Perthfontein'” (341).

“Jy [kan] slegs ‘n sterk gemeenskap … hê as jy ‘n elite het. Maar nou verlaat hierdie elite die land” (354). Wat hierdie waardevolle Afrikaners landuit gedryf het, is “misdaad, geweld, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en veral [om om te sien na die belange van hulle] … kinders” (341). Die emigrante het “gatvol” geword vir toestande in die nuwe Suid-Afrika (349). Die oorsprong van al die probleme kan na ‘n enkele verskynsel en rasgroep herlei word: oorheersing deur die swartes. “Suid-Afrika het toenemend die soort samelewing geword waar dit nie meer vanselfsprekend is dat ‘n mens daar sal wil bly nie” (353). “Ek word liewer daarvan beskuldig dat ek ‘n lafaard as ‘n moedige sterfgeval is” (355). Die Jode het eerste padgegee, daarna die blanke Engelssprekendes en laastens die Afrikaners (342).

Oor een ding behoort daar geen twyfel te bestaan nie: “Emigrasie is traumaties” (342). “Hoe dit moet wees om jou land op te gee omdat dit vir jou onleefbaar geword het, omdat jy vir jouself geen toekoms daar sien nie” (356). Dit is moeilik/(feitlik) onmoontlik om in ‘n ander land as jou vaderland tuis te voel (345). Ek het al dikwels gewonder of FW de Klerk en sy mede-hensoppers al ooit beswaard gevoel het oor wat hulle hierdie emigrante aangedoen het. Maar die blankes wat in Suid-Afrika agtergebly het, is baie meer en ondervind heel moontlik selfs meer trauma as die emigrante (Praag 13.10.2018) maar daar is by die genoemde hensoppers geen teken van skuldgevoelens hieroor nie. Een van die emigrante sê: “As jy nie meer ‘n [effektiewe] stem in jou eie land het nie, is daar vir jou niks meer oor nie” (346). “Daar [is] nie meer vir hulle [blankes] plek in die spel van die landspolitiek … nie” (349).

Sy hou “die regering van FW de Klerk verantwoordelik vir die toestand waarin Suid-Afrika hom bevind. ‘Hulle het ons verraai'” (347). “In die omarming van ons bevryding het ons ook ons eie verdwyning verwelkom” (358). “Eers moes ek myself weer ontdek. Ek het my identiteit verloor” (348). In Australië/die buiteland is dit ‘n waarheid soos ‘n koei: “Die [Afrikaner]kultuur en die taal [sal] mettertyd … kwyn” (350). Die oud-Suid-Afrikaners in Australië het hoofsaaklik mede-oud-Suid-Afrikaners as vriende (343). Hulle vind ook makliker by oud-Zimbawiërs aansluiting (344) as by die gevestigde Australiërs. “Afrikaners het te kampe met die feit dat [hulle] mateloos nostalgies is” (357). Vergelyk bv die nostalgie en bitterheid van Ryk Hattingh (1957-2017) wat na Nieu-Seeland uitgewyk het (Praag 21.05.2016).

In die laaste hoofstuk is daar nie juis sprake van salwende woorde vir en simpatie met die Afrikaners nie. “As jy mooi dink, verskil Suid-Afrika nie veel van die res van die kontinent nie” (390). Inderdaad, Suid-Afrika verafrika daagliks meer en teen ‘n ontstellende tempo. Maar vóór 1994 was daar ‘n reuse verskil tussen ‘n verwesterde Suid-Afrika en die res van Afrika en dit het vir die blankes/Afrikaners ‘n onstilbare groot gemis geword. De Vries bied hierdie skrale troos, met ‘n angel in die stert: Daar is “egter beslis vir Afrikaners ‘n plek in Suid-Afrika, selfs al is dit net weens ‘n gebrek aan ‘n alternatief” (390).

“Wat gaan die verhouding tussen assimilasie, integrasie en segregasie wees?” (391). Dit gee aan beterweter De Vries die geleentheid om aan Afrikaners die leviete van onderhorigheid en selfverloning, van etniese en kulturele identiteitsontkenning (of “herdefiniëring,” soos hy dit noem), voor te lees. “Om suksesvol met ander bevolkingsgroepe saam te leef, hang ook van talle niemeetbare faktore soos nederigheid, inskiklikheid en geduld af. Daar word ongelukkig alte maklik vergeet watter afskuwelike, mensonterende stelsel apartheid was” (391).

Dus, stroop jou van Afrikanertrots en kruip by die moreel voortreflike meerderheid, stel hulle belange voorop en moet nooit waag om op te hou om ten bate van hulle, die nuwe “ons”, op te offer nie. Ek stel voor dat ons as Afrikaners eerder iemand anders as Fred de Vries nader om die koers vorentoe aan te dui.

 

Dan Roodt: Koreane is dalk ‘n voorbeeld vir Afrikaners

Suid-Koreane regoor die wêreld, waaronder in New York (sien foto), het gister hul onafhanklikheidsbeweging van ‘n eeu gelede gevier. ‘n Sewentienjarige meisie, Joe Gwan-soen, het dit op 1 Maart 1919 begin. Sy is later deur die Japannese bewind destyds in Korea aangehou en doodgemartel. Ná die tweede wêreldoorlog is Korea in twee verdeel en die Suide het onafhanklik geword.

Ek hou van Koreane: hulle is beleefd, nederig, hardwerkend en eerlik, met konserwatiewe waardes. Sommige Koreaanse disse is heerlik en ek eet gereeld swart rys met kimtsji (‘n soort sauerkraut met ‘n pikante smaak).

In 1957 was Suid-Korea armer as Ghana. Vandag beskik die land oor die elfde grootste ekonomie ter wêreld, met ‘n BNP van $1,6 triljoen — meer as 4 keer groter as Suid-Afrika s’n.

Dis ook ‘n baie veilige land om te besoek, met een van die laagste moordsyfers ter wêreld (50 keer laer as SA s’n). Ek was nog nooit in die Verre Ooste nie, daarom wag ek nog vir ‘n geleentheid om Korea en/of Japan aan te doen!

Omdat Koreane trots op hul ras, erfenis en identiteit is, beskryf sommige polities korrekte Westerlinge hulle as “rassisties” en “chauvinisties”. Ek dink ek sou daarmee kon saamleef. Immers is ek self trots Afrikaans.

En mag ons eendag weer vry wees, al martel hulle party van ons dood, soos vir die Suid-Koreaanse heldin, Joe!

Die ander vraag is: Sou Noord- en Suid-Korea kon herenig, soos Oos- en Wes-Duitsland in 1990? Dit is ‘n kwessie wat iewers in die agtergrond sweef terwyl Donald Trump met Kim Jong-Oen oor kernwapens en die opheffing van VS-sanksies teen Noord-Korea probeer onderhandel.

In 1989 toe die Berlynse Muur ineenstort, het die Franse Sosialistiese president, François Mitterand, alles in sy vermoë gedoen om die hereniging van Duitsland te keer. Hy het tereg gevrees dat Duitsland met sy groot bevolking van 80 miljoen mense weer kon begin om Wes-Europa ekonomies en andersins te oorheers. Dog hy kon dit nie keer nie, omdat Duitsers aan weerskante van die ideologiese grens tussen kommunisme en kapitalisme, wat deur die Muur versinnebeeld is, gevoel het dat hulle bymekaar hoort.

Noord- en Suid-Koreaanse atlete onder een vlag tydens die 2018-winterspele

Die verdeling tussen Noord- en Suid-Korea het in 1945 begin toe Japan uit die land gesit is en die ou Sowjetunie die Noorde beset het en die VSA die Suide. Op die oog af lyk die verdeling selfs sterker as die destydse tussen Oos- en Wes-Duitsland. Albei lande is vandag in wese ook kliëntstate van twee groot moondhede: China en die VSA. Nogtans het die twee Koreas ‘n gesamentlike damesyshokkiespan na die 2018- Olimpiese winterspele in die Pyeongchang-graafskap, Suid-Korea, gestuur. Die spanne van albei lande het insgelyks onder een vlag wat ‘n herenigde Koreanse skiereiland voorstel, aan die openingseremonie deelgeneem.

‘n Verenigde Korea sou ‘n formidabele moondheid wees: die Noorde beskik oor kennis van kernwapens, waaroor die huidige geskil met die VSA gaan, terwyl die Suide een van die wêreld se mees welvarende ekonomieë verteenwoordig, net ‘n kortkop agter Kanada op die wêreldranglys. ‘n Herenigde Korea sou dus ‘n groter ekonomie as Kanada, ‘n G7-land, hê en ‘n gepaardgaande militêre slaankrag wat dit van Amerikaanse beheer sou verlos.

Waarskynlik is dit in sowel China as die VSA se belang om Korea verdeeld te hou, ten einde dit beter van buite af te kan manipuleer. Jonger Suid-Koreane aanvaar dat hul land vir altyd in twee gedeel sal wees, terwyl ouer mense dit steeds betreur.

In Koreaanse films en TV-reekse word die unieke aard van die Koreaanse taal, kultuur en identiteit egter steeds daagliks gevier.

Vergeleke met die dekadensie van die Weste, is Suid-Korea omtrent ewe konserwatief as Noord-Korea, waar die inwoners gereeld in die Westerse media as “robotte” beskryf word.

Tienermeisies in die Noord-Koreaanse weermag, wat in die Britse media as ‘robotte’ beskryf is

Soos hul Oosterse bure, Japan en China, het die Suid-Koreaanse “robotte” insgelyks al bewys met watter ywer, dissipline en toewyding hulle ondernemings kan bedryf en samelewings sonder misdaad of verval in stand kan hou. Samsung is maar een bekende voorbeeld daarvan, ‘n maatskappy wat met ingenieursvernuf en skeppende bemarking die Amerikaanse Apple dikwels die loef afsteek.

Ons moet egter verby stereotipes kyk, asook die groot ideologiese “meesterverhale” wat aan ons voorgehou word. Ten eerste moet ons die stereotipe beeld wat ons van onsself het, en wat grotendeels deur ons vyande tot stand gebring is, beveg.

In weerwil van verwoestende oorloë, verdeling en besetting, het die Koreane in ‘n groot mate daarin geslaag en pluk vandag die vrugte daarvan, met toenemende sukses en onafhanklikheid.

Hulle onthou egter steeds vir Joe Gwan-soen, ‘n soort vroulike Jopie Fourie. Dis nodig dat ons ook ons helde en heldinne uit die verlede eer, ten einde die stryd om vryheid en onafhanklikheid in die hede te kan aanpak.

Leon Lemmer: ‘Die eggenotes agter Afrikaner politieke leiers’

Terwyl ‘n uitvoerende staatshoof in sy amp is, ontvang hy heelwat publisiteit en word hy ‘n bekende persoon. Sy eggenote weerkaats in ‘n mate hierdie bekendheid omdat sy bv soms saam met hom afgeneem word of hier en daar ‘n toespraak lewer. Wanneer ‘n staatshoof of oudstaatshoof sterf, ontvang die gebeure gewoonlik heelwat publisiteit. In opvallende mate geld dit nie sy eggenote nie. Ten spyte van haar (eertydse) bekendheid, ontlok haar oorlye, dikwels lank na dié van haar man, min indien enige publisiteit. Maar daar was tog ‘n tyd toe sy direk of indirek (groot) invloed op haar eggenoot as staatshoof en dus die land uitgeoefen het.

Die eerste paragraaf wek die indruk dat die staatshoof ‘n man en sy eggenote ‘n vrou is. Deesdae is dit nie noodwendig meer die geval nie. ‘n Vrou kan ‘n staatshoof wees. ‘n Staatshoof en sy/haar lewensmaat kan selfs van dieselfde geslag wees. Van ons word verwag om dit as normaal te beskou. Daar word geredeneer: Solank hulle mekaar liefhet en ondersteun, is alles in orde. Maar so ‘n egpaar kan nie eie kinders hê nie. Daarteen word opgewerp: Daar is egpare bestaande uit twee verskillende geslagte wat ook nie eie kinders het nie. Die uitsondering is blykbaar net so geldig soos die reël, ens.

Ockert Geyser se boek, Die eggenotes agter die Afrikaner politieke leiers: Ongeskrewe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis (Naledi, 2019, 301p, R275), weerspieël die tradisionele toedrag van sake: ‘n man as staatshoof en ‘n vrou as sy eggenote. ‘n Verdere knieknik vir die tradisionele opset is dat al hierdie egpare blank is. Blankheid in daardie hoë geledere is iets wat sedert die 1994-transformasie plaaslik onbekend geword het en weens die nuwe “nie-rassige” benadering vorentoe seker onbekend sal bly. Die outeur was ‘n geskiedenisdosent en direkteur van die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (INEG) aan die Universiteit Vrystaat. Sy jongste boek is eerder ‘n populêre as ‘n akademiese werk.

Die hele tydperk vanaf Uniewording in 1910 (Louis Botha se vrou) tot by die politieke afgrond van 1994 (FW de Klerk se eerste vrou) word gedek. Die outeur handhaaf ‘n goeie balans tussen wat hy oor die vroue (sy eintlike onderwerp) en hulle mans (die staatshoofde) skryf. Ek skryf oor hierdie vroue in dieselfde volgorde as in die boek. Die lewensloop van 13 vroue word in kort hoofstukke belig, gevolglik verskaf ek normaalweg net by aanhalings bladsyverwysings. Soos in die boek skryf ek in meer besonderhede oor die ouer garde omdat inligting oor hulle moontlik minder bekend is as oor die vroue wat later op die voorgrond getree het.

Annie Botha

Louis Botha (1862-1919, eerste minister 1910-1919) se vrou, Annie (1864-1937), die oudste kind van ‘n boer van Swellendam, was van Ierse afkoms en Engelssprekend. Hulle is in 1886 getroud. Annie het “volkome Boere-gesind geword … Na alle waarskynlikheid het sy vir Louis Engels geleer sover hy dié taal magtig was. Aangesien hy selde Engels gepraat het, het hy en Annie tuis in Afrikaans gekommunikeer” (p 24). Tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO, 1899-1902) het sy ‘n lidmaat van die NG Kerk geword. In 1904 was sy die mede-stigter van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, wat hulpdienste aan Afrikaners gelewer het. Ná haar man se dood het sy geskryf: “I shall never get accustomed to his absence” (47).

Isie Smuts

Jan Smuts (1870-1950, eerste minister 1919-1924 en 1939-1948) se vrou, Isie (1870-1954), was ‘n kind van die Kriges van Dorpstraat in Stellenbosch, wat daarvoor bekend was dat hulle “geen liefde vir die Engelse gehad het nie. Isie het vir jare lank, selfs lank ná die Anglo-Boereoorlog, hierdie antagonisme teenoor die Engelse gekoester” (51-52). Isie, afgelei van Sybella en Engels uitgespreek (dus nie Issie nie), was soos Jan ‘n student aan die Victoria College, die voorloper van die Universiteit Stellenbosch. “Albei was ietwat terugetrokke en skalks gereserveerd; albei was bo en behalwe hul belangstelling in die plantkunde en filosofie ook intens geïnteresseerd in die letterkunde – Smuts in die Engelse en Isie in die Duitse letterkunde” (53). Isie kon klavier speel en mooi sing. Hulle “korrespondensie [het] by voorkeur eers in Engels geskied, daarna in Hollands en later in Afrikaans” (54). Hulle is in 1897 getroud.

“Isie se voortgesette antagonisme …. teenoor die Engelse was in die Smuts-gesin ‘n onverkwiklike situasie … Louis Botha het later vertel dat toe hy ná die Anglo-Boereoorlog op ‘n keer met Isie gepraat het, hy ontdek het hoedat haar voortgesette voorkeur en entoesiasme vir ‘n republikeinse staatsvorm en haar renons vir [in] die Engelse toe selfs nog meer intens was as ooit tevore. Haar weersin in die Engelse was van só ‘n aard dat haar ses kinders [behalwe drie babas wat nie hulle 2de jaar oorleef het nie] met uitsondering van die laaste … gebore is in Isie se bed waarop ‘n landsvlag van die ZAR [Zuid-Afrikaansche Republiek] gedrapeer was” (64). Van 1903 tot 1912 wou sy letterlik nie onder die Britse vlag geboorte skenk nie. Die Smuts-egpaar het ook ‘n aangenome dogter gehad.

Isie is beskryf as Jan se “delightful eccentric wife” (28). Annie Botha het Isie “a dear, sweet, understanding friend” genoem (46). Soos Annie het Isie ‘n prominente rol in die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie gespeel. Sedert 1909 het Jan en Isie in Doornkloof in Irene, by Pretoria, gewoon. Isie het selde in Pretoria en Kaapstad in die premierswoning gebly. Sy word intelligent genoem maar “sy het niks van seremonie en status gehou nie” (72). Die Britte wou haar met die die titel CBE (Commander of the British Empire) vereer, maar sy het dit van die hand gewys.

“Ofskoon sommige Isie as ietwat eksentriek ervaar het as gevolg van haar eiesoortige gebruike en gewoontes, was dit altyd haar ongekunstelde en ongedwonge lewenslustige lewenswyse wat mense bygebly het” (78). Sy word ‘n “uitmuntende gasvrou” genoem (78), maar iemand wat die opset in die Doornkloof-huis geken het, het aan my vertel dat selfs wanneer belangrike gaste opgedaag het, Isie bv ‘n blikkie vis vir aandete sou oopmaak. As daar kritiek op haar was, het haar man gesê: “Los vir Isie.” In 1942 het sy ‘n ligte hartaanval gehad en veral sedert 1944 het haar gesondheid agteruit gegaan. Sy het nie haar man se begrafnis bygewoon nie maar na die radio-uitsending van die diens geluister.

Mynie Hertzog

Barry Hertzog (1866-1942, eerste minister 1924-1939) en sy vrou, Mynie (1864-1942), het, soos die Smuts-egpaar, mekaar as studente aan die Victoria College ontmoet. Mynie was ouer as Barry maar hy is sowat sewe maande ná haar oorlede. Mynie en Isie het hulle vriendskap, wat uit hulle jeug in Stellenbosch dateer, lewenslank voortgesit, ten spyte van die latere politieke verskille by hulle mans. Mynie is later beskryf as “daardie sagte, moederlike mev Hertzog” (96). Soos Isie was Mynie “stil, gereserveerd en beskeie van geaardheid” (85).”Net soos Isie Smuts het ook Mynie nie die kollig, wat haar man se posisie later in die samelewing gebied het, uitgebuit nie” (86). Isie word “klein van postuur” genoem (51), maar uit ‘n foto (95) kan afgelei word dat Mynie selfs kleiner as Isie was.

Isie was minder godsdienstig as haar man. In teenstelling daarmee was Mynie uiters godsdienstig. “Alhoewel Hertzog en Mynie eintlik nie goeie kerkmense was nie, kan daar uit hul algemene optrede en lewensfilosofie afgelei word dat hulle albei toegewyde Christene was” (98). Hulle het aan verskillende kerkgenootskappe behoort. “Hy was lid van die NG Kerk en sy het aan die Apostoliese Kerk behoort” (98). “Die NG Kerk [was] vir haar ‘te doods en te oninspirerend'” (99). Die Hertzog-egpaar is in 1894 getroud. Die dood aan verstikking van hulle eersteling, ‘n dogterjie, het meegebring “dat Mynie haarself aan sosiale verpligtinge onttrek het” (88). Van 1899 tot 1905 is hulle drie seuns gebore.

Tydens die ABO is Mynie in Port Elizabeth in ‘n konsentrasiekamp aangehou en daarna in die Meerbank-kamp by Durban. “Hier in Meerbank het Mynie se gesondheid met verloop van tyd ‘n ernstige knou gekry, wat tot gevolg gehad het dat sy feitlik vir die res van haar lewe ‘n semi-invalide was” (89-90). Anders as Isie was Mynie “nooit bitter teenoor die Engelse nie” (90). “Mynie het glad nie geglo in die voorgeskrewe medisyne wat deur geneeshere voorgeskryf is nie. Sy het hoofsaaklik aan homeopatiese middels geglo … Sy het veral geglo aan natuurlike middels en onder meer aan nat lappe en veral kasterolie” (99). Toe dit in 1924 lyk asof Barry die eerste minister sou word, het Mynie gesê: “Ek wil regtig tog nie die eerste minister se vrou wees nie” (94). Mynie het toe aan haar seuns gesê “dat sy elke aand bid dat die Here haar liewer moet wegneem” (94).

“Mynie is baie selde in die openbaar aan die sy van die Generaal [Hertzog] gesien” (94). Isie het altyd verkies om liewer so onsigbaar moontlik in die agtergrond te bly; as’t ware soos die pous se vrou. Maar dit geld in selfs groter mate vir Mynie. “Mynie het Hertzog nooit op enige buitelandse besoek vergesel nie” (95). Sy was geen goeie gasvrou vir die staatsman Hertzog nie, al word sy beskryf as “‘n kok sonder weerga” (92). “Dit was nie soseer omdat sy onwillig was nie, maar dit was nie in haar aard om sosiale kontak te maak en in die openbaar op te tree nie” (87). Aan huis in Bloemfontein was die Hertzog-egpaar egter bekend vir hulle gasvryheid. “Toe daar aan die begin van die dertigerjare tekens van toenadering tussen die twee politieke strydrosse, Hertzog en Smuts, was, het dit sonder twyfel vir Mynie veel vreugde besorg” (95).

Die grofste fout in die boek is dat hoofstuk 3 met “Albert Hertzog” begin (83) en die leser dalk eers later agterkom dat James Barry Munnik Hertzog bedoel word (85). Albert (1899-1982) was die Hertzogs se oudste seun en ‘n NP-minister (1954-1968). In 1969 het hy van die NP weggebreek en is die Herstigte Nasionale Party onder sy leiding gevorm. Hy was vanweë sy verkramptheid bekend. Wat minder bekend is, is dat sy eerste vrou, Katie Whitely, Engelssprekend was.

Maria Malan

DF Malan (1874-1959, eerste minister 1948-1954) se tweede vrou, Maria (1905-1973) was die NP-organiseerder vir Calvinia, met Malan as die Volksraadslid (1918-1938). “Dit is nogal ironies dat doktor Malan aanvanklik by herhaling aan Maria Louw voorgestel moes word voordat hy haar onthou het” (102). Dit herinner aan ‘n NP-politikus wat ‘n lang pad per motor saam met Malan gereis en deurlopend gesprek met hom gevoer het; hy in ‘n agterste en Malan in die voorste passasiersitplek. Toe hulle uiteindelik arriveer by die byeenkoms, maak die politikus vir Malan die motordeur oop, met Malan wat verbaas was om hom daar aan te tref. Malan was bekend vir sy “skugterheid en teruggetrokkenheid” (105). In 1937 toe hy met Maria getrou het, was Malan “‘n man van drie-en-sestig en sy ‘n vrou van twee-en-dertig” (106).

Malan se weduwee-stiefma, Esther, was sedert 1908 sy huishoudster. In 1926 het hy op 52-jarige ouderdom met Mattie, wat 23 jaar jonger as hy was, getrou. In 1927 is sy seun Danie en in 1929 is Hannes gebore. In 1930 het Mattie gesterf. Daarna was Esther se suster, Nettie Fourie, sewe jaar lank Malan se huishoudster. Sy het ‘n uitstekende verhouding met die twee seuns gehad. Sy was moontlik op Malan verlief en het dalk gedink dat sy die tweede mevrou Malan sou word. Die kernprobleem met Maria was dat sy bykans ‘n oujongnooi en baie jonger as Malan was en sy die stiefmoeder van Malan se twee seuns geword het. ‘n Potensiële voordeel van sy tweede huwelik was dat sowel Malan as Maria baie in die politiek belanggestel het, ‘n “besondere saambindingsfaktor [wat] bykans” heeltemal “in sy eerste huwelik afwesig was” (105).

Maria het geleer om motor te bestuur omdat Malan so ‘n swak bestuurder was. Sy sig was swak. “Daarby was hy so ingedagte dat hy nie daartoe in staat was om sy aandag by die pad te bepaal nie. Selfs in die huis het hy nie altyd geweet wat om hom aangaan nie” (110). Hulle huis in Seepunt is vergroot sodat Nettie na die nuwe kamer verskuif kon word. Dit het nie die probleme opgelos nie. “Dit het spoedig duidelik geword dat Maria en Nettie net nie in een huis sou kon saamleef nie” (110). Die twee seuns was aan Nettie geheg en wou Maria nie aanvaar nie. By die meeste lede van Malan se familie was daar “nie ‘n gevoel van spontane hartlikheid teenoor Maria nie” (111). Nettie is spoedig na ‘n woonstel in die nabyheid van die Malan-woning verskuif. In 1942 het die Malans na Môrewag, ‘n woning in Stellenbosch, verhuis. Nettie is in 1943 oorlede. Ná miskrame het die Malans in 1948 ‘n Duitse weeskind, Marietjie (gebore in 1944), aangeneem.

Maria het gemeen dat Nettie die seuns “heeltemal te veel toegelaat” het (112); “dat gebalanseerde opvoeding sterker dissipline vereis” (113). Sy wou “haar gesag as [stief]moeder behoorlik … laat geld … Hulle mag nie meer strokiesprente gelees het nie aangesien Maria gemeen het dat dit hul aanleer van Engels sou ondermyn. Verder is hul besoeke aan die bioskoop drasties ingekort. Somtyds was sy amper raadop met Hannes se humeur en woedebuie en Danie se tafelmaniere wat veel te wense oorgelaat het. Om hierdie probleme aan te spreek, besluit Maria toe om ‘n puntetoekenning in te stel vir die beoordeling van swak maniere deur die week” (113), waarvoor ‘n prys of straf uitgedeel is. Malan “het hom onvoorwaardelik vereenselwig met sy vrou se besluite en optredes” (114).

“Oor die algemeen was Maria Malan nie ‘n maklike mens nie … In die omgang, buite en binne die party, was sy nie gewild nie … sy [het] op baie se tone getrap … sy [was Malan se] klankbord en selfaangestelde nie-amptelike raadgewer. Sy was vas van plan om haar binne die party as invloedryk en onvervangbaar, veral vir Doktor, te vestig” (114). NP-politici, soos FC Erasmus en PW Botha, later albei ministers, het “met die hulp van Maria periodiek sekere sake onder doktor Malan se aandag [ge]bring” (114). “Dit was veral tydens doktor Malan se ampstermyn [as eerste minister] dat mevrou Malan se inmenging agter die skerms in besluitneming steeds groeiende kommer tot gevolg gehad het” (119). In 1954 het Maria hartprobleme ondervind en het Malan besluit om uit die politiek te tree. “Hy was in alle opsigte volkome afhanklik van haar bystand en ondersteuning” (122). PW Botha het Malan as sy mentor beskou, maar Maria het hom ná Malan se dood “totaal geïgnoreer en uitgeskuif” (125).

Ek het die Malan-egpaar in 1948 gesien toe hulle ná die verkiesing per trein van Kaapstad na Pretoria gereis het. Die trein het op al die groterige stasies gestop sodat Malan vir die kiesers kon bedank vir die vertroue wat hulle in die Nasionale Party gestel het.

Mabel Jansen

EG Jansen (1881-1959, goewerneur-generaal 1951-1959) het in 1912 met Mabel (1889-1979) getrou. Jansen was ‘n volgeling van Barry Hertzog terwyl Mabel vir DF Malan gesteun en deurgaans koersvas die belange van die Nasionale Party bevorder het. Toe Jan Smuts met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog hom by Brittanje geskaar het, het Jansen besluit om hom by Malan te skaar. Mabel was ‘n merkwaardige vrou met ‘n sterk persoonlikheid wat met doelgerigte vasberadenheid die Afrikanersaak op talle terreine, veral van kulturele aard, bevorder het, soos ‘n mens van ‘n Pellisier (haar nooiensvan) kan verwag. Sy het baie daarvan gehou om die eggenote van die goewerneur-generaal te wees.

‘n Dienspligtige wat wag by die Jansens se ampswoning in Kaapstad gestaan het, het vertel dat hulle geen probleem met Jansen gehad het nie maar doodbang vir Mabel was. “In haar persoonlike hoedanigheid was Mabel Jansen nie geliefd nie” (142). Daar is aan my vertel dat toe Mabel na haar man se dood uit Kaapstad op die spoorwegstasie by haar huis in Irene aangekom het, daar niemand was om haar te ontmoet nie. Sy het iemand oorreed en gehuur om haar bagasie met ‘n kruiwa tot by haar huis te stoot. Sy het sekerlik beter as dit verdien.

Susan Strijdom

JG (Hans) Strijdom (1893-1958, eerste minister 1954-1958) se tweede vrou was Susan (1910-1999), met wie hy in 1931 getrou het. Sy is beskryf as ‘n “aanvallige, verfynde vrou” (143) wat nederig en pretensieloos en glad nie polities ingestel was nie. Dit is in skrille teenstelling met Maria Malan. DF Malan wou Strijdom nie as sy opvolger gehad het nie, ten minste deels omdat Maria nie van Strijdom gehou het nie.

Susan was die suster van Jan de Klerk, die pa van Willem/Wimpie en FW. Strijdom het Jan as ‘n minister in sy kabinet aangestel, al was Jan nie ‘n politikus nie. Hierdie aanstelling is destyds as nepotisme wyd veroordeel, maar dit het aan die De Klerks ‘n voet in die politieke deur laat kry, met mettertyd katastrofiese gevolge. FW de Klerk het mandaadloos aan swart mag oorgegee en daarmee die Afrikanervolk ondergeploeg; iets wat heeltemal teen die grein van Strijdom sou ingaan. Met die Anglo-Boereoorlog kon selfs die Britte nie die voortbestaan van die Afrikaners in dieselfde mate as De Klerk ondermyn nie.

Die outeur noem dat die aktrise, Margaretha van Hulsteyn (1896-1970), Strijdom se eerste vrou was. Hy verwys egter glad nie na David Bloomberg se interessante boek oor haar nie (Praag 24.12.2017), terwyl hy wel kennis geneem het van Martie Retief-Meiring se boek (2008) oor FW de Klerk se tweede vrou, Elita.

Betsie Verwoerd

Hendrik Verwoerd (1901-1966, eerste minister 1958-1966) en Betsie (1901-2000) het in 1927 getrou. Sy word ‘n “minsame maar sprankelende mensie” genoem (167). “Betsie Verwoerd was klein en tenger van bou, selfs ietwat broos van voorkoms, waar dr Verwoerd self ‘n kolos van ‘n man van oor die ses voet was” (162-163). Albei was intellektueel hoogs begaafd. Sy het onselfsugtig vir hom gelewe en bv bykomende leeswerk namens hom gedoen wanneer hy te besig was. By die Verwoerds het werk voorkeur geniet, gevolglik het hulle nie dikwels onthale aangebied nie. Daar word genoem dat Betsie in toeristeklas na Europa gevlieg het. Vergelyk dit met die talle politici en hulle aanhangsels van veel mindere gehalte wat deesdae dikwels op staatskoste oorvloediglik in die mees luukse klas vlieg.

Betsie het myns insiens gefouteer deur in 1995 saam met Nelson Mandela in haar huis in Orania tee te drink. Dit was immers deel van Mandela se Afrikaner-paaiery. Daar word verwys na die dagboek wat Betsie bygehou het. Hoewel sy uiters omsigtig te werk gegaan het om moontlike latere misbruik van die inhoud te voorkom, is dit presies waaraan haar een kleinseun, Wilhelm, hom skuldig gemaak het (Praag 28.07.2018). Ek het Betsie as weduwee ‘n enkele keer gesien toe sy saam met haar skoonseun, Carel Boshoff, en ander familielede die botaniese tuin in Bettysbaai besoek het.

Nellie Swart

CR Swart (1894-1982, goewerneur-generaal 1959-1961, staatspresident 1961-1967) se vrou, Nellie (1903-1986), word onthou vir haar sjarme, grasie en minsaamheid. Sy was ‘n uitmuntende kok. Hulle het in 1924 getrou. Sy het geen belangstelling in die aktiewe politiek gehad nie.

Lettie Fouché

Jim Fouché (1898-1980, staatspresident 1968-1975) het in 1920 met Lettie (1900-1993) getrou. Jim het gesê dat Lettie “grootliks die kweekbodem help vorm [het] waaruit ek in die openbare lewe ontplooi het” (192). Ná sy aftrede het hulle hulle in hulle huis in die Strand gevestig. Ná Jim se dood is sy in die Altena-ouetehuis in die Strand versorg. Terwyl Jim die staatspresident was, het my ouers op ‘n bank op ‘n stasieperron gesit toe ‘n trein met Jim daarin stadig deur die stasie beweeg het. Jim het my ouers vriendelik gegroet. My ouers was hoogs beïndruk met Jim se nederige meelewendheid.

Margo Diederichs

Nico Diederichs (1903-1978, staatspresident 1975-1978) het in 1932 met Margo (1907-1998) in die huwelik getree. Sy het ‘n hooghartige indruk gewek en was nie so geliefd soos haar voorgangers, Nellie Swart en Lettie Fouché, nie. In Julie 1995 het Nelson Mandela 19 dames, “die weduwees en eggenotes van voormalige vryheidsvegters, eerste ministers en presidente/staatspresidente van Suid-Afrika” in die presidensiële ampswoning in Pretoria onthaal (14). Dit is die soort veelrassige byeenkoms wat in Mandela se kraal gepas het. Betsie Verwoerd, Tini Vorster en Elize Botha het die onthaal bygewoon en ook Margo. Die idee vir die byeenkoms het van Margo gekom. “Volgens die president [Mandela] was mevrou Diederichs ook die eerste vrou wat hom met sy inhuldiging as president gelukgewens het” (15). Dit lyk asof Margo deeglik getransformeer het, veral as in ag geneem word dat haar man as ‘n Nazi-gesinde beskou is.

Tini Vorster

John Vorster (1915-1983, eerste minister 1966-1978, staatspresident 1978-1979) se vrou, Tini (1917-2000) was die dogter van PA Malan, ‘n prokureur van Worcester wat besonder invloedryk in Afrikanerledere was, bv in die direksie van Nasionale Pers en Sanlam. “Tini Malan was skrander, skerp, prakties, positief en sterk polities georiënteer” (215), maar sy het nie in John se politieke bedrywighede ingemeng nie. As student het sy die lesings in maatskaplike werk aan die Universiteit Stellenbosch bygewoon wat deur Hendrik Verwoerd uit die vuis, dus sonder notas, aangebied is. John en Tini het in 1941 getrou. Kort daarna is John vanweë sy Ossewa Brandwag-aktiwiteite in Koffiefontein geïnterneer (1942-1944). Die Vorster-egpaar was tot die ontbinding in 1951 lede van die Afrikanerparty. Sy het as huisvrou en met kos uitgemunt. “Ek sien om na hom [John] en sy klere” (233). Van John het Tini gesê: “Hy is die maklikste mens om mee saam te leef, want hy sleep jou nooit in by iets waarby jy nie ingesleep wil wees nie” (234). Ná John se dood het sy in die Serenitas-aftree-oord in die Strand gewoon.

Elize Botha

PW Botha (1916-2006, eerste minister 1978-1984, staatspresident 1984-1989) se eerste eggenote was Elize (1922-1997). Hulle het in 1943 getrou, Die enigste keer wat ek PW eerstehands gesien en gehoor het, was toe hy ‘n NP-organiseerder was, dus voordat hy ‘n parlementslid geword het. Hy het hom by DF Malan geskaar en teen Hans Strijdom. Elize is beskryf as “a gracious and homely person” (257). “PW en Elize het mekaar ongelooflik goed aangevul. Hy, ietwat voortvarend, aggressief van geaardheid, by tye uiters moeilik en Elize weer op haar beurt rustig, vriendelik en uitsonderlik diplomaties” (249). Sy was versot op haar eie verjaardag. Dit het PW laat sê: “Jou verjaardag is soos ‘n Swazi-begrafnis: dit hou ‘n week aan” (250). Elize was “daarop ingestel om nooit misbruik te maak van haar voorregte as eggenote van mnr Botha as minister en later as premier en staatspresident nie. Sy het haar man nooit op amptelike buitelandse besoeke vergesel as sy nie normaalweg ampshalwe op uitnodiging by só ‘n besoek ingesluit is nie” (255).

Marike de Klerk

FW de Klerk (gebore in 1936, staatspresident 1989-1994) se eerste vrou was Marike (1937-2001). Hulle het in 1959 getrou. Hulle het drie aangenome kinders gehad. Marike is as konserwatief beskou, met Tini Vorster en Eleanor Roosevelt as haar rolmodelle. Eleanor het te make gehad met Franklin Roosevelt se buite-egtelike verhouding met Lucy Mercer, soortgelyk aan FW se buite-egtelike verhouding met Elita Georgiadis. Marike het “met verloop van tyd die prooi van bykans vernietigende spanning geword” (280). “Vir Elita het Marike geen goeie woord gehad nie” (285) en “Elita was by tye erg verbitterd teenoor Marike” (286).

Marike “did not hesitate to criticise FW in public” (272). “Hoe dieper FW in die kalklig in beweeg [het] hoe eensamer [het] Marike” geword (276-277). By haar was daar ‘n gevoel van persoonlike onsekerheid. “In haar rol as die eggenoot van die staatshoof het Marike aanvanklik vreemd, onseker en selfs onwaardig gevoel. Gedurig het daar by haar die vraag ontstaan of sy waardig genoeg is om so ‘n posisie te beklee en of sy werklik enigsins bevoeg is en selfs of sy bekwaam genoeg is daarvoor” (278). FW word beskryf as “the relaxed smoker” (272). FW en Marike het in 1998 geskei. FW en Elita het in 1999 getrou. In 2001 is Marike deur ‘n sekuriteitswag vermoor.

Zimbabwe binnekort sonder brood weens valutatekort

Zimbabwe kan binne ‘n week sonder brood wees nadat meelvoorrade afgeneem het weens die land se versuim om  vir ingevoerde koring te betaal, volgens ‘n vertroulike brief wat Maandag aan bakkers deur die land se graanmeulenaarsgroep geskryf is.

Dié radikale, afrosentriese land wat berug is weens sy antiblanke maatreëls en grondgryp, verkeer in die greep van ‘n ernstige tekort aan Amerikaanse dollars wat tekorte aan brandstof en medisyne veroorsaak, aangesien president Emmerson Mnangagwa sukkel om sy voorverkiesingsbeloftes na te kom om die chaotiese ekonomie vinnig te laat herleef.

Zimbabwe voer koring in, wat met plaaslike graan vermeng word om meel vir brood te maak. Brood is die land se naasgrootste stapelvoedsel na mieliemeel.

Lynette Veremu, hoofbestuurder van die Graanmeulenaarsvereniging (GMAZ), het aan die Nasionale Bakkersvereniging van Zimbabwe (NBAZ) geskryf om te sê dat die land nie in staat is om te  betaal vir 55 000 ton koring in doeanebeheerde pakhuise in Mosambiek en Harare nie.

“Ons is jammer om te adviseer dat die huidige voorrade van ingevoerde koring vir broodmeel tot 5 800 ton uitgeput is en dat ons minder as agt dae se nasionale broodmeelvoorraad het,” lui die brief.

Die woordvoerder van GMAZ, Garikai Chaunza, het die brief bevestig en gesê: “Dit is die situasie waarmee ons gekonfronteer word.”

Video: Dan Roodt oor Afrikaanse ondernemings

Afrikaners en veral jongmense, verkeer tans met hul rug teen die muur. Die ANC se wetgewing maak dit byna onmoontlik om werk te kry by groot maatskappye, wat nog te sê in die staatsdiens wat slegs vir swartes gereserveer is. Wat is die oplossing?

In hierdie video wat aanvanklik intyds via Facebook gestroom is, doen Dan Roodt oplossings aan die hand oor hoe Afrikaners vir hulself werk kan skep, veral vir jongmense wat deur regstellende aksie en SEB geraak word.

Mimi Coertse sing ‘Heimwee’

Luister na die bekende Afrikaanse lied, “Heimwee”, soos uitgevoer deur Mimi Coertse.

Heimwee

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide
en die klinkende klank van geld

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan
wil terug na die vrye ruimte
waar ‘n siel in woon, wat verstaan

O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daarbo
en my hart skiet vol van heimwee
en my drome swem in my oë (x2)

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim

Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn
want o, ek verlang na die velde
na die ewige sonneskyn

Mimi Coertse

Mimi Coertse

Mimi Coertse (1932-), is ‘n Suid-Afrikaanse sopraan. Sy is welbekend vir haar vertolking van Afrikaanse kunsliedere.

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika.[2] In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela. Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol.[3] Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgevoer.

In die 1960’s tree sy dikwels ook in ander Europese operasentra op. In 1966 ken die Oostenrykse regering die titel Kämmersangerin aan haar toe.

In 1973 keer sy terug na Suid-Afrika, waar sy gereeld vir die destydse streeksrade optree, terwyl sy tot in 1978 ook nog kontrakverpligtinge in Wene nakom. Sy ‘n gereelde gas op Suid-Afrikaanse verhoë en ook ‘n gereelde uitsaaier op radio en televisie.

In 1996 word sy deur Oostenryk se Bondsministerie vir Wetenskap en Kuns met die goue Österreichisches Ehrenkreuz (Oostenrykse Erekruis, eerste klas) vereer, die hoogste eerbewys wat ’n kunstenaar in dié land kan ontvang. In dieselfde jaar werk het sy die EP The Diva Divine saam met Nataniël uitgereik.[4] In 1998 word ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 2013 van Unisa aan haar toegeken.

Sy het haarself ook toegespits om jong Suid-Afrikaanse sangers uit te wys en op te lei. In 1998 stig Mimi Coertse en Neels Hansen die Black Tie Ensemble, ‘n ontwikkelingsprojek wat jong, klassiek-opgeleide sangers die geleentheid bied om die gaping tussen hulle opleiding en ‘n professionele optrede te oorbrug.

Vererings en toekennings

1961: Medalje van Eer van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
1966: Die prestige titel van “Kammersängerin” vanaf die Oostenrykse Regering.
1985: Sy ontvang die Dekorasie vir “Meritorious Services” in Suid-Afrika ter erkenning van haar bydrae tot die Kuns.
Augustus 1996: sy ontvang die hoogste eerbewys wat ‘n kunstenaar van die Oostenrykse Regering kan ontvang: die “Oesterreichische Ehrenkreuz für Wissenschaft und Kunst”.
1998: Sy ontvang ‘n D. Phil. van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika.
2002: Sy ontvang die goue “Rathausmann” vanaf die burgemeester van Wene, Dr. Michael Häupl.
2002: ‘n Ster, voorheen bekend as Sagittarius RA 18h 56m 14,74’s DZ25Vsu0W, is na haar genoem.[5]
2004: Sy behaal ‘n 94ste plek in die SAUK3 se stemming om die 100 grootste Suid-Afrikane van alle tye te bepaal.
2008: Die Mimi Coertse Museum van Afrikaans open by die Huis vir Afrikaanse Poësie (hAp) in Capital Park, Pretoria.
2012: 1 Julie – 30 September: Spesiale uitstalling in die Staatsoperamuseum, Wene: Mimi Coertse, ‘n Weense vrou uit Suid-Afrika.

Repertoire

Behalwe vir haar Afrikaanse kunsliedere het sy onder andere die volgende operas uitgevoer:

Die Towerfluit (Wolfgang Amadeus Mozart) – Koningin van die Nag
Il Seraglio (Wolfgang Amadeus Mozart) – Constance
Ariadne auf Naxos (Richard Strauss) – Najade, later Zerbinetta
Rigoletto]] (Giuseppe Verdi) – Gilda
Les contes d’Hoffmann (Jacques Offenbach) – Olympia, Antonia, Giulietta, Stella
Palestrina (Hans Pfitzner) – die engel
Carmen (Georges Bizet) – Frasquita
Martha (Friedrich von Flotow) – Martha
Mignon (Ambroise Thomas) – Philine
La traviata (Giuseppe Verdi) – Violetta
An Irish Legend (Werner Egk) – vroulike hoofsanger
Unverhofftes Begegnen (Joseph Haydn) – vroulike hoofsanger
I Pagliacci (Ruggiero Leoncavallo) – Nedda
Arabella (Richard Strauss) – Fiaker-Milli
Bastien und Bastienne (Wolfgang Amadeus Mozart) – Bastienne
The Merry Widow (Franz Lehár) – Hanna Glawari
Lucia di Lammermoor (Gaetano Donizetti) – Lucia
Die Fledermaus (Johann Strauss II) – Rosalinde
L’heure espagnole (Maurice Ravel) – Concepcion
Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Elvira
La bohème (Giacomo Puccini) – Musetta
Norma (Vincenzo Bellini) – Norma
Così fan tutte (Wolfgang Amadeus Mozart) – Fiordiligi
Falstaff (Giuseppe Verdi) – Mrs. Alice Ford
Turandot (Giacomo Puccini) – Liu, ‘n jong slavin
Angelique (Jacques Ibert) – Angelique
Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Anna
Die schweigsame Frau (Richard Strauss) – Aminta, Tímida
Die ägyptische Helena (Richard Strauss) – Aithra
Daphne (Richard Strauss) – Daphne
Don Carlos (Giuseppe Verdi) – Elisabeth von Valois

Bron: Wikipedia.