Ryk Hattingh soek ‘n koelteboom in Nieu-Seeland

Ryk Hattingh (gebore in 1957) het hom in 1997 in Nieu-Seeland hervestig. Hy het ‘n knieoperasie ondergaan wat hom finansieel ernstig geknou het. Terwyl hy herstel het, het hy tyd gehad om verder aan ‘n boek te skryf. Die boek heet Huilboek (Kaapstad: Human & Rousseau, 2016, 159p, R210; ook as e-boek beskikbaar, bv Amazon Kindle $15). In Nieu-Seeland het Hattingh ‘n winkeltjie, “‘n kiosk van twee by vier meter” (p 65), waarin skoene herstel, sleutels gemaak en graveerwerk gedoen word. Treffend noem hy homself ‘n skoenlapper (46). “Om klein te leef het ‘n sekere allure. Veral as ‘n mens nie ‘n ander uitweg het nie” (92). Tuis is hy die vader van drie kinders en is hy die tuinier en kok. Sy vrou werk as ‘n kunsonderwyseres.

Voordat ‘n mens begin lees, is daar twee redes om te huil. Eerstens is hierdie boek van beskeie omvang se prys buitensporig hoog; des te meer omdat dit op nie-wonderlike papier gedruk is. Maar daar is darem ‘n aantal onduidelike swart-en-wit foto’s, tereg kiekies genoem (20). “Ek weet ek was daar want ek het ‘n paar klein foto’tjies om dit te bewys” (108). Dit is egter ‘n hoë prys om vir ‘n halwe dag se leesgenot te betaal. Maar die teks van hierdie huilboek het my soms laat skaterlag, wat andersins nie dikwels gebeur nie. Tweedens is Michael Botha se bandontwerp en -tipografie esteties ‘n ramp. Die temas, bv nostalgie, leen hom in vele opsigte tot ‘n aantreklike omslag, maar die kans is deur Botha verbeur, soos ook in die geval van die voorkoms van bv Dan Sleigh se boek, Wals met Matilda (2011).

Die boektitel verwys na die outeur se oorgeneigdheid om te huil toe hy ‘n kind was. “Ek weet nie wie nie, ek dink my ma, het my vertel dat ek as kleuter by uitstek ‘n huiler was” (107). Sy ma het ‘n Huilboek gehad waarin hy elke keer as hy huil ‘n merkie kon laat. ‘n Ander boek wat Hattingh op sy herinneringstog lei, is Our Baby, waarin sy ma aantekeninge gemaak en kiekies van sy jeug geplak het: “‘n Uitverkorene, tydelik” (106). “Ek ken elke liewe foto’tjie in die simpel boekie. Dis in ‘n gehawende toestand, want elke keer as ek koers verloor of van die wa af val of deur vrees vir die dood lamgelê word, elke keer as ek betekenis aan my lewe wil gee, elke keer as ek wil verhoed dat die poorte van die hel vir my oopgaan, gryp ek onder meer ook na dié verbleikte pienk boekie met Our Baby in silwer daarop gedruk” (94).

Die boek kan kwalik ‘n roman met karakters en ‘n volwaardige intrige genoem word. Die teks is eerder ‘n vertelling gebaseer op outobiografiese herinneringe met ‘n goeie skeut verbeelding. “Die waarheid verander omtrent elke twaalf jaar” (39). “Die geskiedenis verander elke keer as ‘n mens dit vertel” (78). “Herinnering en verbeelding verkalk met die jare, onthou en droom dans by mekaar verby” (20). “Tyd versplinter in fladderende momente” (62). Soms het ek die indruk gekry dat die fragmentariese terugblikke dalk ‘n te maklike manier is om bladsye te vul. Die outeur erken dat hy eintlik altyd aan dieselfde boek skryf; dat hy aan dieselfde Hattingh-kombersie bly hekel. “In die verlede. Altyd in die verlede, die stories” (49). “As jy jou herinneringe nie digitaal vasgelê het en iewers in die ruim op ‘n wolk of ‘n hardeskyf geberg het nie, loop jy die gevaar om dit te verloor” (98). “Net die lewendes het taal om daaroor te praat. Die ongeborenes en die reeds geleefdes is stil” (111).

Ek het die boek uit die oogpunt van ontheemding gelees en bespreek die teks ook uit hierdie hoek: “Om vir altyd die bestaan van ‘n tuiste te vermoed” (11). Daar is aspekte wat ek agterweë laat, soos die Loslyf-gedeeltes. Die anatomie van mense is oral dieselfde. Emigrasie verander dit nie. “Jy hoef nie jou gene in te pak nie” (26). Maar ek wil ontsmetting nie te ver dryf nie. Sy geografiese beskrywing van sy nuwe vaderland (hy het reeds burgerskap – 50) is nogal treffend: “Die twee ou eilandjies dryf mos soos twee drolle doer onder in die see rond” (64). In Nieu-Seeland is daar min aksie: “Elke drie minute gebeur fokkol en dan hou dit vir ‘n dag aan” (64). Drank en dwelms speel ‘n groot rol in die vertelling. “Ek was goed vertroud met die weë van buitensporigheid. Ek het volhard in my oormaat” (66).

Die outeur ervaar Suid-Afrika as ‘n verlies, maar ‘n mens kan wonder of dit wedersyds só is. Hy het vroeg in sy lewe self besluit dat hy te boos vir die hemel is (113-114), maar hy skryf ook dat hy “nie ‘n goeie heiden is nie” (153). Hy beskryf homself as ‘n “mislike seuntjie” (108), “‘n irriterende kind” (19), “‘n plofbare vent” (17) en “‘n toegewyde hedonis” (69). Hy het ‘n “alternatiewe, aweregse benadering tot dinge” (64) en het nie “die eed van nugterheid afgelê” nie (68). Hy verwys na sy “onvoorspelbare aard en prima donna-houding” (149). “Ek leef nou wel in die 21ste eeu, maar tog beskou ek myself nie as ‘n moderne mens nie. Eksentriek dalk. Wanaangepas miskien. Idiosinkraties [eienaardig] gewis … ek het agtergeraak, die tyd het my verbygesteek … ek [sal] nooit weer kan inhaal nie” (155).

Dit blyk dat hy goeie kennis van veral voëls en bome het. “Ek … droom van die bome in Suid-Afrika … Ons … soek bome op en neem foto’s en staan in die koeltes en dan kyk ons wat gebeur” (121). Hy onderskei tussen die spesies wat hy reeds in Suid-Afrika geken het en die “vreemdelinge” (14) wat hy in Nieu-Seeland teëkom, bv die tui, “‘n endemiese sangvoël wat … soos towerklokkies in die boomtoppe lui” (38). Die reën en die wind stem hom weemoedig. “Alles wieg in hul wortels … die reën en die wind nooi hulself in” (53). “Koud en skraal die temende noordooster” (102); na aanleiding van Eugène Marais se gedig “Winternag”: “O koud is die windjie en skraal.” “Die wind kan nie die verlange wegwaai nie … Die reën was niks weg nie … Jy verlang as jy wakker is. Jy verlang as jy slaap. Jy droom selfs dat jy verlang. En dan word jy wakker en jy kan dit nie meer verduur nie. Jy het genoeg gehad” (112).

In Nieu-Seeland gaan hy voort om in Afrikaans te skryf. Anders sou dit wees: “Klank het jou versaak. Jy sluk stof” (11). Hy is gelukkig om bv ‘n Afrikaanse tandarts te hê (57). Dan is daar sy boeke: “boeke wat my gemaak het wat ek is” (53). Toe hy in die vreemde land aankom, moes hy sy taal “by die ingang los, die onbekende betree, die niet omhels” (71). “Maar taal soos ‘n klip het die spieël tussen my en die wêreld versplinter” (110). Hy onthou Suid-Afrika se republiekwording in 1961. “Almal was Afrikaans. En wit natuurlik” (72). “In … die vroeë sestigerjare … was die hele wêreld Afrikaans en in beheer” (74).

Die outeur bly bewus van “toe die wêreld anders was” (13). “Die kontoere lê mos anders hier as daar waar jy vandaan kom” (91). “Aanvanklik klop jou verwysingsveld nie met jou omgewing nie … Jy wil dit herkenbaar maak” (14). “Jy wil behoort … Deel van iets wees” (44-45); “‘n bondgenoot … van die hede” wees (41). “Vervreemding is ‘n gegewe. Al hobbelend op die slingerpad na afwesigheid” (44). “Ek wil … hierdie pynlike plek vaarwel roep” (12). “Dit ontknus jou” (14) Daar is selfs diepe terneergedruktheid, ‘n vrees vir die onbekende. “Ek weet ek is depressief, want ek ervaar die wanhoop … jy word angstig op ongeleë tye … Dat ek soms miskien wil doodgaan van die hartseer” (52). “Ongelukkig bestaan daar nie ‘n app wat hartseer kan besweer, of woede kan beheer nie” (157).

“Ons moet op die een of ander manier die lewe agter die rug kry” (13-14). “Ek … bedink allerhande maniere om myself van die gras af te maak” (51). “Is jy? Indien wel, wie? Wat doen jy hier?” (15; ook 47). “Hier weet ek nie eens wie ek vandag is nie” (82). “Ek sou kon trane stort as ek moes. Maar ek doen dit nie. Ek is nie ‘n akteur nie, ek maak nie meer kruisies in die huilboek om my aandag van die werklikheid af te trek nie. Ek bly net hier, op hierdie plek, en waar is dit? Waar is my mense? Hulle is nie hier nie, hulle is weg” (106-107). Dit is “asof ek ‘n hele lewe geleef het, met huil as my enigste manier van kommunikasie … Ek was soos water. Of vuur. Oral en nêrens” (109).

“Ten beste leer jy algaande om jou geen met blymoedigheid op te neem” (14). “Dis dan wanneer ‘n mens ‘n plek moet hê om heen te gaan. ‘n Bosveldplasie of ‘n huisie in die berge. ‘n Wegkomplek langs die see. ‘n Tuin selfs. Jy kan bossies uittrek of saadjies plant. Kompos omkeer, natgooi … As jy jouself in ‘n tuin bevind en met jou hande hier in die klamtes vroetel om die bossies met wortel en al uit te trek, as die bye en muskiete en brommers om jou ore vlieg, en ‘n swerm mossies in die pruimboom kwetter, keer ‘n ou sug na die lewe weer terug” (152).

Hattingh is uit Suid-Afrika weg weens “die snelle Zimbabwefisering van alles” (17). “Hoe het dit gebeur dat alles so kon versplinter het?” (35). In Suid-Afrika is hulle motor gesteel en hulle het hulle huis teen ‘n groot verlies verkoop. Maar hy is polities korrek behep met herinneringe aan die nie-wittes uit sy kinderdae, “die paradys van sy jeug” (34): Simon, die tuinwerker, en sy vrou Poppie, die huiswerker, en veral Outa Toon, ‘n Boesman, wat sy ouma se wyn gesteel het. Later, op die plaas wat deels aan sy pa behoort het, was daar werkers, Vincent en Samson. Hoewel daar kort-kort verwysings na Outa Toon opduik, weet die outeur nie veel van hom nie. Aan die einde van die boek stel hy Outa Toon oor die nuwe Suid-Afrika aan die woord: “Hier bestaan nie meer nie, my basie. Die snaar het gebreek. Hier is nie meer ‘n lied nie. Lankal nie meer nie … jy is ‘n basie. Vir ‘n basie om te wees, moet daar ‘n Outa Toon wees, mense soos ek om basie se wêreld te bou” (159). Hier verwys Hattingh ongetwyfeld na sy herinnerings- en verbeeldingswêreld, want van werklik bou in swart Afrika sou min sonder die teenwoordigheid van blankes tereg gekom het. [Dit herinner my aan die teenoorgestelde mening wat deur die kommunis Robert Paul Wolff gehuldig word. Na aanleiding van ‘n besoek aan Suid-Afrika het hy geskryf: “The black population … had built the road I drove in on from the airport, and indeed the airport itself” (A life in the academy, Wellington, NZ: Society for Philosophy & Culture, 2013, 693p; Amazon Kindle $11,39, 8570). Voorheen was die titel: Autobiography of an ex-white man (2005), volgens die Wikipedia.]

Maar sy jeug was nie altyd net ‘n paradys nie. “Familie, jy sien. Almal weet hulle fok jou op, soos Philip Larkin verduidelik het” (60). Hy haal egter nie die betrokke gedig aan nie:

They fuck you up, your mum and dad.
They may not mean to, but they do.
They fill you with the faults they had
And add some extra, just for you.

“Ek kon eintlik nooit wegkom van daardie plek af nie. Dis asof ek daar ‘n sekere bewussyn bekom het waaraan ek my lewe lank moes werk om te verander” (36). “Elke plek het mos sy eie siel … ‘n mens raak lief vir plekke. En vir mense in daardie plekke” (86). Ek dink ‘n mens kan dit kultuur noem; Afrikanerkultuur, wat hoogstens onvolmaak by ‘n ander kultuur, soos dié in Nieu-Seeland, kan aanpas. Suid-Afrika is sy “Murgland” (99). “‘n Mens kan verander. Maar dis nie maklik nie” (16). “So het my nuwe lewe begin vorm aanneem. Nie maklik om op ‘n eiland gestrand te wees nie. Nie as daar ‘n kontinent in jou agterkop lê nie” (45). Daar is ‘n gevoel van grootskaalse verlies: “My eiland ‘n repie grond in ‘n ontsaglike oseaan” (48).

Dalk som hy sy eie situasie en dié in Suid-Afrika op wanneer hy skryf: “Ons was nog nooit so verdwaal soos nou nie … verlore selfs as ons tuis kom. Ons het vergeet waar ons vandaan kom. Nie ‘n benul waarheen ons op pad is nie” (99). “Ek het omtrent alles vergeet. En as ek vergeet, wend ek allerhande metodes aan om te onthou. Soms lees ek gedigte, want die regte gedig op die regte tyd kan soos ‘n gaffel in die vergetelheid gedruk word om daardie ontwykende herinneringe soos ‘n spartelende geelstert te haak en oppervlak toe te bring” (100).

Hattingh is ‘n “landsverlater” (26), ‘n “glyer” (64), ‘n vlugteling, ‘n immigrant wat opstandig is en met sy gevoelens worstel. “As jy kwaad is … is jy nie kwaad genoeg nie … Waar’s jou verset? Hoekom kom jy nie in opstand nie? Wanneer laas het jy gal in die straat gebraak … Wanneer laas het jy … so hard gevloek dat die weerlig hier om jou begin dans het? … Kwaad omdat hulle met jou kop gesmokkel het, met jou brein gemors het” (101-102). Hy dink heel moontlik aan FW de Klerk se suksesvolle onderhandelings vir mandaadlose algehele politieke magsoorgawe. “Nou die dag nog is almal in Suid-Afrika gerieflik aan die neus gelei deur die kru dog doeltreffende propaganda-apparaat van die ou orde” (115).

Hy ken die brutaliteit van die nuwe Suid-Afrika. “Ons is magteloos. Ons sien elektroniese beelde van ‘n politikus tussen haar eweknieë van oor die hele planeet by die een of ander wêreldkonferensie, uitspattig opgetof in bont gordynmateriaal, wat die oomblik aangryp om haar regering se sotlike beleid jeens vigs uit te blaker. Met bloed aan hul hande rits die blinkvet fokkers en hul falanks van gatlekkers rond in persoonlike stralers of splinternuwe Duitsvervaardigde voertuie op pad iewers heen. Op pad iewers heen waar die tafels kraak onder die gourmetdisse wat hulle in skandalige hompe in hul gesigte en handsakke prop. Van die opheffing van die armes, agtergeblewenes, straatkinders, boemelaars, bergies, bitter min … Rykdom, roem, en mag. En die grootste daarvan is mag” (115-116). By hom is daar sprake van nihilisme. “Dis snaaks hoe ‘n mens nooit ophou weet jy kan die wêreld nie verander nie … Tyd, sê almal, heel alles” (121). “Hoe jy eintlik geen invloed het op niks nie” (143).

Hattingh is een van derduisende blankes wat Suid-Afrika die afgelope dekades verlaat het omdat die omstandighede vir hulle onhoudbaar geword het. ‘n Mens vra jou af: Watter reg het FW de Klerk en sy patetiese onderhandelaars gehad om die land so om te dop dat dit vir baie mense met beskaafde Europese waardes onleefbaar geword het? Aan die ander kant is daar die magbehepte elemente wat Suid-Afrika onregeerbaar wou maak en bereid was om dit tot in die grond af te breek. Watter morele reg het hulle as regering om geen poging aan te wend om die land aanvaarbaar vir die room van sy burgery te maak nie? Daardie room syfer weg tot voordeel van ander lande. Hulle plek word ingeneem deur onwettige immigrante en vlugtelinge wat meesal ‘n oormaat van ellende maar geen kundigheid het nie. Nóg die vorige bewindhebbers nóg die huidiges aanvaar verantwoordelikheid vir of het skuldgevoelens of gewetenswroeging oor oud-Suid-Afrikaanse ontheemdes wat daagliks deur versengende heimwee en hartverskeurende ontreddering verswelg word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Wie is Ryk Hattingh?

    • Riempies

      As ek n raaiskoot kan waag – iemand wat Ja gestem het en toe
      besef het hy het eintlik baie drooggemaak en toe dadelik die sinkende skip
      verlaat het.

      • Johann Schutte

        Dis `n verstommende ding. Hier is BAIE van hulle. Gevlug, maar steeds pro NSA. En hulle bly langtand vir die plaaslike neestemmers. Ek vryf dit by elke geleentheid so goed ek kan in.

        • Kalium_Chloraat

          Diesel – dieselle ou storie: “Daai mense doer ver van my af moet sus en so maak.” Ek het dieselfde ondervinding in NZ gehad. Al MANNE wat ek daar ontmoet het, Expats en NZeelanders, was twee oud NZ soldate en ‘n handjievol Suid Afrikaners. Oor die algemeen het die Suid Afrikaners daar my die meeste geïrriteer. NZ het vir my al as die melktert- in-die-lug land voorgekom.

      • Kalium_Chloraat

        Is al die Ja-stemmers dan nie dood nie?

        • Riempies

          Jip jy het my – hy kon nie stem nog nie maar ek het darrem
          gesê dit is n raaiskoot.

          Ek het natuurlik ook n ander mening oor xpats. As mens burger
          geword het en jou kinders grootgemaak het en jou kleinkinders in die “nuwe land”
          gebore is behoort daar darrem ook n vorm van lojaliteit te ontwikkel teen oor
          jou nuwe land wat jou beter behandel het as jou geboorteland vanwaar jy pad
          gegee het omdat dit vir onmoontlik geword het om saam te leef met barbaarse
          standaarde.

          Ek glo dat n stukkie van die meeste xpats se hart agtergebly
          het – maar as mens aan die kinders en kleinkinders dink wat lojaal teenoor
          hulle land is – het jy as die enige wat Suid Afrika onthou n plig teenoor jou
          nageslag.

          • Kalium_Chloraat

            Die gedurige skuldgevoel aan hoekom hulle die land, wat hulle politieke teorie verduidelik so goed te werk, so sleg werk en die trots wat hulle dwing om nie hul liberale foute te erken en hul idees te verander nie. GROOT kognitiewe dissonansie. ‘n Land en mense verwerp.

          • Daar was nog ‘n referendum belowe as ek reg onthou, die een van 1991 was mos net om te se dat die NP met die vyand kan onderhandel. Ek dink baie van die siele wat ja gestem het het gedink hule gaan weer ‘n kans he, want dit was die belofte. Toe het die NP en FW gelieg en word ons land vir die vyand gegee en ons toekoms geplaas in die hand van ‘n Terorris

          • Kalium_Chloraat

            Ek onthou die beloftes van nog ‘n referendum, maar na die NP se verraad het die meeste NP’s DA toe getou. Ek dink eerder dat hulle trou aan die NP was en blindelings in sy leiers geglo het. Ek ken die NP’s van daardie tyd en die hele spul van hulle koop nog steeds die Burger en ander Media 24 produkte. Nou nog hoor ek die “FW het geen keuse gehad nie”, “Daar sou oorlog gewees het”, ens verskonings.

      • Johann Schutte

        Ek het `n vermoede jy was toe reg.

        Loslyf’s first editor, Ryk Hattingh, was no stranger to controversy, as he had previously worked as sub-editor under Max du Preez for the anti-apartheid newspaper Vrye Weekblad.[6] Through the magazine, Hattingh wished to redefine the dominant perception of Afrikaner people and culture. He claimed, “Afrikaners have always been portrayed as khaki-klad repressed people and I wanted to show them as normal, sexual f***ing human beings!”[7]

        • G

          Dis dieselfde een en hy is NZ toe want sy dwelmverslawing het hande uitgeruk en hom en sy gesin te duur gekos. Sy vrou het getrek om die siel te red. Geen simpatie van my nie. Swak mens.

  • Johann Schutte

    Hy beskryf die Groot Suid Stille-Oseaan Tragedie, wat almal hier vermy. 4.5 miljoen mense LEWENDIG vasgekeer.

  • Ray

    Ek het vir Ryk ‘n Kurt Darren CD gestuur. Ek verstaan hy huil nie meer nie.

    • Rooikop

      Daai geraas sal enige iemand permanent die weghollings gee.

      • Johann Schutte

        Fokit (skies), Ek het na Afrikaanse musiek gesoek op Youtube en op ‘Die antwoord’ afgekom.

        Julle is erger af as wat ek gedink het. Speel die goed op die radio?

        • Rooikop

          Hi Johann gelukkig speel hulle nie daai drek op die radio nie. Is dit nie hartseer dat die die eerste goed is wat opkom as jy Afrikaanse musiek googeloer nie?

          • Wim

            Hulle promotors het spesifiek ‘n naam gesoek boaan die alfabet sodat mens hulle eerste raaksien.

          • jan

            Hulle is ook Vrydenkers en OGOTTERS met ritme.

        • Dit is seker die enigste manier om die K.. by die mense uit te kry gee dit weg LOL

  • Rooikop

    Ek kry die ou jammer. Hy skryf oor die verlies van sy vaderland – Hy het gekies om elders te gaan bly, van ons ander “suckers” is nogsteeds hier – dalk omdat ons nie kan geepad nie of omdat ons te hardekwas is. Die feit is beide groepe het hierdie verlies aan vaderland. Ons ervaar dit daagliks as jy deur slaggate ry, as die taxi jou by die robot afsny, as jy minder kan koop omdat Zuma en Gordhan baklei.

    Daar is frustrasie in almal van ons se lewens. ‘n Woede oor die zimbabwefisering, ‘n onmag om die situasie te verander, ‘n addisionele woede oor elke plaasmoord. Ons almal verlang na die dae toe jy Afrikaans in ‘n bank kon praat, nie Angels (Afrika engels) nie. Toe ons nie enorme bedrae geld aan sekuriteit moes spandeer nie, toe jou jy en jou kinders in Afrikaans kon leer.

    Maar ons mense is gepasifiseer – hoe ook al, (kerk, weermag ens) sodat niemand ‘n vinger sal verroer nie. Ons mense is net so windverwaai soos daai bome, die verskil is net dit is nie altyd sigbaar nie, die winde van verandering verniel ons net so of ons dit wil erken of nie.

    Weet net een ding, die mense het ‘n behoefte om sy moedertaal te praat. (Ek het dit ervaar toe ek net ‘n paar weke landuit was, net nog een van die hardegatredes hoekom ek nog hier is). Ek dink dit is juis hierdie aanslag wat ons mense weer sal laat op- en saamstaan.

    • leonlemmer

      Rooikop, ek dink jy sien die saak in die regte perspektief. Hattingh se boek het nie by my die indruk gewek dat hy enigsins die nuwe Suid-Afrika verwelkom het nie; eerder die teenoorgestelde en daarom het hy uitgewyk en moet hy nou die prys daarvoor betaal.

      • Riempies

        Leon toe ek jou resensie klaargelees het het my oë geswem in
        my trane – deels deur Ryk se boek en deels jou mening daarvan. My kommentaar
        was maar net een faset – wat ek aangeraak het uit n weereens n baie ryk skrywe van jou. Daar was egter nog vele ander fasette wat onder
        die loep kon gekom het. Ek het nogal verwag dat Johann Schutte ook sou reageer.

        • leonlemmer

          Riempies, ek waardeer jou kommentaar en die van al die ander getroue lesers van my skrywes. Ek verwag van niemand om altyd met my saam te stem nie. Praag is moontlik die platform wat die beste voorbeeld van vrye meningswisseling stel. Dit is waarom ons dit so waardeer. As Praag nie daar was nie, sou seker geen instansie gepubliseer het wat ek te se het nie.

          • Johann Schutte

            Nie sekere of dit dieselfde Mnr Hattingh is nie.

            Wikipedia:

            Loslyf’s first editor, Ryk Hattingh, was no stranger to controversy, as he had previously worked as sub-editor under Max du Preez for the anti-apartheid newspaper Vrye Weekblad.[6] Through the magazine, Hattingh wished to redefine the dominant perception of Afrikaner people and culture. He claimed, “Afrikaners have always been portrayed as khaki-klad repressed people and I wanted to show them as normal, sexual f***ing human beings!”[7]

          • leonlemmer

            Hattingh se verbintenis met Vrye Weekblad en Loslyf is twee van vele fases in sy lewe. Soos baie ander mense is hy deur die brutaliteit van die nuwe Suid-Afrika ontnugter. Lees bv die voorlaaste paragraaf van my skrywe. My teks handel oor hoe hy homself in sy jongste boek voorstel en spesifiek uit die oogpunt van nostalgie, heimwee of verlange.

          • Johann Schutte

            Jou beskrywing van sy anti-afrikaner en pornografiese aktiwiteite as ‘fases’ is eufemisties en normaliseer sy vernietigingswerk.

            Jy prioretiseer sy ‘lyding’ in die vreemde bo sy deelname aan sy destruksie van beskaafdheid. Ek vind dit onsmaaklik.

            Ek dink sy verlies-huilery is van soortgelyke integriteit as sy gerapporteerde missie om Afrikaners via die Loslyf as ‘khaki-klad repressed people’ te bevry, en te emansipeer as ‘normal, sexual f***ing human beings!” (Wikipedia).

            Hy maak net geld en trek aandag man.

            Doen vir ons `n apologetiese iets oor die ‘Die antwoord’.

          • jan

            Johan , sien julle die soort ouens daar in NZ wat gedurig rondloop en weeklaag soos Tomkat wat sy pere verloor het?
            Waaroor gesels julle as julle mekaar opsoek?
            Het julle Saffer vriende of vermy julle mekaar.?

          • Johann Schutte

            Ek dink Tomkat huil opportunisties. Ek het die ding nie gelees nie (en sal ook nie), maar my aanvoeling is dat hy `n gaping gesien het vir die voorsiening van so `n bietjie populere/immergroen lektuur. Pornografie en sentimentele klaagliedere oor hoe anders dit tog kon gewees het, val hieronder.

            Van die ‘stede’ in NZ -enigiets met `n vierverdieping gebou kwalifiseer- (soos Hamilton) het duisende SAfrikaners. Ek weet dat van hulle net onder mekaar kuier, en na jare geen Kiwi vriende het nie.

            Dis ongesond, en ek probeer Kiwi vriende ook maak. Die probleem is, die Kiwis dink hulle is normaal, so dit gaan moeilik.

            Maar as die SAfrikaners bymekaar kom, doen hulle presies wat hulle in SA sou gedoen het. Dis altyd `n mo*rse verligting om net Afrikaans te kan praat.

          • Riempies

            Jan jy loop ook altyd en soek diskoers by enigeen wat jy kan
            betrek.
            Weet jy mense se lewens bestaan uit veelfoudige fasette. En
            by uitstek ons Afrikanervolk.

            Daardie mense in die buiteland kuiers gesels skinder
            bespreek net soos ons hier. Leer nuwe geregte eet wat nie so vry algemeen in Suid
            Afrika te kry is nie. EN hulle verlang ook. (Nie na jou nie)

            Maak julle biltong in Orania of is dit altyd te warm daar?

          • jan

            Julle Saffers is altyd so hempie-raak-my-gatjie-nie.

            Ek soek nie diskoers nie ons bespreek die mentaliteit van Boere uitgewekenes. Die lot wat nêrens inpas nie soos die wat op Sunette Bridges artikel beskryf word en wat nou uitgevee is. Die heldom Sosiopate wat net met hulself kan klaarkom soos waaksaam wat gedurig sy eie knaters lek en hogere bome pis as hy nie sy alie kan bykom nie.
            My vriende in Austr vermy die ander Saffers soos die pes. As ons oorsee by die kinders gaan kuier in Ingeland en Afrika dan soek die expats ons spesiaal op en gesels ‘n hond uit ‘n bos uit.
            Hoe lyk die tipiese Tsafendsaffers Vrydenkers en OGOTTERS?

            My Pa het hul waarde beskryf soos wanneer jy 1000 pond in hulle se hoesenaam sou opsteek is hulle net 1 pennie wêrd. Kan jy aan ‘n voorbeeld dink? hmm

            Maar nie almal nie…

          • Riempies

            Ja ek wil jou so graag antwoord maar die vet weet jy raak so
            baie onderwerpe aan in een paragraaf dat dit n goeierede is dat jy van my
            Saffer kan maak asgevolg van my frustrasie sommer net hier en dadelik.

            Die bekwaaldheid wat jy so kwistig hier opnoem is n
            Afrikaner-ding – nie net ateiis of Vrydenkers of wat ookal nie – gee self Christene n halwe kansie en hulle
            vertel jou gou wie hulle “huisvriende” is en kyk dan net hoe gou word die ruggiestyf
            en staan die neksenings uit as die kop van trots teruggetrek word met n statiese
            glimlag.
            En wat van die Biltong?

          • jan

            Johan
            Die giftige anti -Afrikaners is so divers soos al die ander soorte gif

            Sianied en fosgeen in ons mynhope
            Carbamaat [Two Step] en organofosfaat op ons landerye
            Arseen en tokieseafval in ons water
            Asbes in ons lug
            Talidomide [ van die para -olimpiese spele] medisyne op ons rakke wat in groot maat uigedeel word deur enige verpleegkundige sonder apteek.
            Toksiese afval van papier meule in ons bergstrome
            Suur reën van koper smeltery
            Radio-aktiwiteit ?
            Anti-afrikaners is soos enige Piet- My- Vrou Koekoekkuiken en kanker

            Psigopatiese Sataniste soos Tsafendas
            .
            Hulle is mi die room van die etter ast’ware

      • Cousin Vinnie

        Leon, ek het self n paar jaar in die buiteland gewoon en en net so gehuil. Nou huil ek omdat ek teruggekom het…baie spyt, want dis ook n paar jaar gelede voordat die paw-paw die fan geslaan het hier. Plaas dat ek liewer daar vasgebyt het. Ons huil almal HARD!! Dis hard hier en dis n GROOT AANPASSING DAAR! GEEN GRAP, en waarom…omdat ons as n Volk uitverkoop is deur ons ” leiers”!

        • Johann Schutte

          Ek is ook terug SA toe. Het probeer om in die Kaap te vestig, omdat dit kwansuis beter gaan daar (as in Wes Transvaal), en toe na twee jaar besef ek sal weer `n interkontentintale skuif moet maak as ek my kinders `n beskaafde lewensomgewing wil gee, sonder voortdurende bedreiging van verkragting.

  • jan

    Ja ons is almal wit Saffers. Ons Volk is in ballingskap hier en oorsee.
    Dis net oneindig minder moeite en goedkoper om plaaslik aan te pas in die vreemde land wat na ONS gekom het – binnelandse emigrasie versus buitelandse emigrasie.

    Ons het soos bannelinge geen burgerregte nie – midde in Milner Kitchener Rhodes tipe verskroeide aarde volksmoord. Waar dink julle het die Swartes dit geleer = Wit Vrydenkers en OGOTTERS en Baalkultus ?

    Maar ons het ‘n reddingsboei [ -tjie] – binnelandse emigrasie waar mens met veel minder moeite en dieselfde eie arbeid van oorsee ondenkbare groot vrede en veiligheid kan geniet. Hier by ons geliefdes.

    Die plek paradys se naam begin met ‘n OOOOO en eindig met ‘n AAAAA!

    En hou op tjank.

    Ons toekoms is NIE in die hande van Juice en Bleks en Gam nie ons lot is in ons eie hande met ‘n tuiste in die Genade van ons God wat nog altyd ons redding was – waarvan monumente getuig.

  • jan

    My opstel oor selfbeskikking kan u gerus maar plaas met of sonder die goedjies wat aanstoot mag gee. Dis minstens wreed eerlik en die waarheid.

  • Thys Du Plessis

    Lyk my as jy lus het om na die gekerm van die goddeloose te luister vanweë die oordeel wat oor hulle uitspeel dan lees jy die boek.

    Daar bestaan nie iets soos n vaderland sonder:

    “Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
    vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
    die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,
    om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
    ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
    uitgegee op gesag van die HOOGSTE se hand.”

    As jy nie aan God behoort nie behoort jy ook nie aan die volk nie en het jy nie n vaderland nie.

    Net soos ons land is ons taal iets wat God van ons hand sal eis, maar sonder Hom beteken Afrikaans ook niks.

    Ryk keer terug tot jou skepper en jy sal leef.

  • Ignus Grobler

    Hier sal ek bly. Afrika is my huis. Hier sal ek sterf vir my volk en vaderland.
    Maak nie saak joe swaar ek moet kry of hoeveel waffers ek moet skiet om te oorleef nie.
    As jy eers die rooi stof van Afrika op jou “boots” het kry jy dit nie af nie.
    En dis wat gebeur het met die mense wat weg gehardloop het.
    Daai rooi stof roep jou terug.
    Hier is ek gebore. Hier het ek groot geword. Hier sukkel ek vir my familie. Hier sal ek veg vir my familie. Hier sal ek sterf vir volk en vaderland.
    Hier is my huis,my bloed en my graf

    • Thys Du Plessis

      “In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
      In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
      In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
      Dee! geen ander land ons Iiefde, trek geen ander trou ons af”

  • Bernard

    Het gewonder wat van Ryk geword het. Op skool al was hy van die Max du Preez tipe anders denkendes. Slimmer as die gemiddelde stadsjapie was koshuis toe gestuur is As ek vandag terugdink is dit moontlik hoekom sy pa hom in die koshuis gesit het. Uit Leon se regie lyk dit nie of hy daarna terugverwys nie – tipe van ‘n kognitiewe dissonansie met dit wat moontlik deelgemaak het van sy ouers se “opf..”, soos hy beweer

    Kudos vir Ryk om met sy CV Nieu Seeland toe te verhuis het. Waarskynlik was sy vrou die primere aansoeker. Wonder hoekom hy nie saam met Max Riebeeckstad toe is nie. Sy Damaskus oomblik het dalk te gou aangebreek met die kapings en inbrake.

  • Johann Schutte

    Dankie vir die inligting. Is Leon Lemmer bewus daarvan?

  • leonlemmer

    ‘n Onderhoud met Ryk Hattingh is op LitNet (27 Mei) gepubliseer.

  • Felix

    Ryk het gekry wat hy verdien – ewige ongelukkigheid. Vraag: wat was sy werklike politieke oortuigings toe hy by Vrye Weekblad doenig was? ʼn Werklike geloof in menseregte en demokrasie of was dit net skynliberalisme? Teleurstellend dat sy werklike kleure nou blootgelê word. Geen mens kan selfrespek hê as jy jou waardes en oortuigings nie uitleef nie. Wat die boek aanbetref; ondanks die goed geskryfde teks is die storie onsamehangend, erg narsissisties en niksseggend. Hy is ʼn “nowhere man”, tuisteloos op ʼn “drywende drol” in die Stille Oseaan. In antwoord op die vraag of hy sy plek al daar gevind het sê hy onentoesiasties dat hy wel “ʼn goeie idee van die getye, stand van die maan, seisoene en die rigtings van die wind het”. Niks meer as dit nie. Behoort hy daar? Klink nie so nie. Geen wonder nie dat hy hom op ʼn slegte plek fisies en geestelik bevind nie. Hy behoort ook nie meer hier nie.