Mimi Coertse sing ‘Heimwee’

Luister na die bekende Afrikaanse lied, “Heimwee”, soos uitgevoer deur Mimi Coertse.

Heimwee

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide
en die klinkende klank van geld

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan
wil terug na die vrye ruimte
waar ‘n siel in woon, wat verstaan

O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daarbo
en my hart skiet vol van heimwee
en my drome swem in my oë (x2)

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim

Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn
want o, ek verlang na die velde
na die ewige sonneskyn

Mimi Coertse

Mimi Coertse

Mimi Coertse (1932-), is ‘n Suid-Afrikaanse sopraan. Sy is welbekend vir haar vertolking van Afrikaanse kunsliedere.

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika.[2] In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela. Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol.[3] Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgevoer.

In die 1960’s tree sy dikwels ook in ander Europese operasentra op. In 1966 ken die Oostenrykse regering die titel Kämmersangerin aan haar toe.

In 1973 keer sy terug na Suid-Afrika, waar sy gereeld vir die destydse streeksrade optree, terwyl sy tot in 1978 ook nog kontrakverpligtinge in Wene nakom. Sy ‘n gereelde gas op Suid-Afrikaanse verhoë en ook ‘n gereelde uitsaaier op radio en televisie.

In 1996 word sy deur Oostenryk se Bondsministerie vir Wetenskap en Kuns met die goue Österreichisches Ehrenkreuz (Oostenrykse Erekruis, eerste klas) vereer, die hoogste eerbewys wat ’n kunstenaar in dié land kan ontvang. In dieselfde jaar werk het sy die EP The Diva Divine saam met Nataniël uitgereik.[4] In 1998 word ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 2013 van Unisa aan haar toegeken.

Sy het haarself ook toegespits om jong Suid-Afrikaanse sangers uit te wys en op te lei. In 1998 stig Mimi Coertse en Neels Hansen die Black Tie Ensemble, ‘n ontwikkelingsprojek wat jong, klassiek-opgeleide sangers die geleentheid bied om die gaping tussen hulle opleiding en ‘n professionele optrede te oorbrug.

Vererings en toekennings

1961: Medalje van Eer van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
1966: Die prestige titel van “Kammersängerin” vanaf die Oostenrykse Regering.
1985: Sy ontvang die Dekorasie vir “Meritorious Services” in Suid-Afrika ter erkenning van haar bydrae tot die Kuns.
Augustus 1996: sy ontvang die hoogste eerbewys wat ‘n kunstenaar van die Oostenrykse Regering kan ontvang: die “Oesterreichische Ehrenkreuz für Wissenschaft und Kunst”.
1998: Sy ontvang ‘n D. Phil. van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika.
2002: Sy ontvang die goue “Rathausmann” vanaf die burgemeester van Wene, Dr. Michael Häupl.
2002: ‘n Ster, voorheen bekend as Sagittarius RA 18h 56m 14,74’s DZ25Vsu0W, is na haar genoem.[5]
2004: Sy behaal ‘n 94ste plek in die SAUK3 se stemming om die 100 grootste Suid-Afrikane van alle tye te bepaal.
2008: Die Mimi Coertse Museum van Afrikaans open by die Huis vir Afrikaanse Poësie (hAp) in Capital Park, Pretoria.
2012: 1 Julie – 30 September: Spesiale uitstalling in die Staatsoperamuseum, Wene: Mimi Coertse, ‘n Weense vrou uit Suid-Afrika.

Repertoire

Behalwe vir haar Afrikaanse kunsliedere het sy onder andere die volgende operas uitgevoer:

Die Towerfluit (Wolfgang Amadeus Mozart) – Koningin van die Nag
Il Seraglio (Wolfgang Amadeus Mozart) – Constance
Ariadne auf Naxos (Richard Strauss) – Najade, later Zerbinetta
Rigoletto]] (Giuseppe Verdi) – Gilda
Les contes d’Hoffmann (Jacques Offenbach) – Olympia, Antonia, Giulietta, Stella
Palestrina (Hans Pfitzner) – die engel
Carmen (Georges Bizet) – Frasquita
Martha (Friedrich von Flotow) – Martha
Mignon (Ambroise Thomas) – Philine
La traviata (Giuseppe Verdi) – Violetta
An Irish Legend (Werner Egk) – vroulike hoofsanger
Unverhofftes Begegnen (Joseph Haydn) – vroulike hoofsanger
I Pagliacci (Ruggiero Leoncavallo) – Nedda
Arabella (Richard Strauss) – Fiaker-Milli
Bastien und Bastienne (Wolfgang Amadeus Mozart) – Bastienne
The Merry Widow (Franz Lehár) – Hanna Glawari
Lucia di Lammermoor (Gaetano Donizetti) – Lucia
Die Fledermaus (Johann Strauss II) – Rosalinde
L’heure espagnole (Maurice Ravel) – Concepcion
Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Elvira
La bohème (Giacomo Puccini) – Musetta
Norma (Vincenzo Bellini) – Norma
Così fan tutte (Wolfgang Amadeus Mozart) – Fiordiligi
Falstaff (Giuseppe Verdi) – Mrs. Alice Ford
Turandot (Giacomo Puccini) – Liu, ‘n jong slavin
Angelique (Jacques Ibert) – Angelique
Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Anna
Die schweigsame Frau (Richard Strauss) – Aminta, Tímida
Die ägyptische Helena (Richard Strauss) – Aithra
Daphne (Richard Strauss) – Daphne
Don Carlos (Giuseppe Verdi) – Elisabeth von Valois

Bron: Wikipedia.

Paul Simon dagvaar horlosiemaker

Paul Simon

Paul Simon

Paul Simon wil die verspreider van 'n musikale horlosie dagvaar omdat dié sy liedjie Bridge Over Troubled Water gebruik het.

Die sanger en liedjieskrywer het Rythm in die VSA voor die federale hof van New York gedaag.

Hy sê die maatskappy het nooit sy toestemming gehad om die muurhorlosies wat die beroemde liedjie speel te verkoop nie.

Simon wil 10 miljoen dollar hê van die filiaal van 'n Japannese vervaardiger.

Simon se regspan beweer dat die maatskappy sedert 2003 meer as 40 000 muurhorlosies verkoop het wat Bridge Over Troubled Water speel.

slots game onlineФильчаков

Genoeg-CD is ‘n vonds!

Koop nou met u kredietkaart.










Image

So nou en dan kom daar ’n vonds oor jou pad waarvan jy kwalik genoeg kan kry. Die CD wat ek ’n ruk gelede toevallig in ’n musiekwinkel raakgeloop het, is só ’n ontdekking.

Genoeg is genoeg ! heet die album. Daar is ’n prentjie van ’n weegskaal op die omslag. Die skaal trek swaar na onder met die volgende woorde daarop gebalanseer:

Bedrog

Geweld

Misdaad

Korrupsie

Diensverskaffing

Onbevoegdheid

“10 Protesliedjies deur ons land se nuwe stemme,” meld die omslag verder.

Groot was die verrassing toe ek die name van die kunstenaars agterop bekyk. Bekende sangers soos Koos Kombuis, Bok van Blerk, Klopjag en Gian Groen het bydraes gelewer.

Die boodskap in bykans al die liedjies is dieselfde : almal is moeg vir misdaad en korrupsie. Die reënboognasie oortuig nie meer nie. Afrikaners is ontnugterd. Hierdie protesmusiek gaan waarskynlik iewers deur iemand met die Voëlvrybeweging vergelyk word. Die groot verskil is egter dat die kunstenaars van Genoeg is genoeg! nie om verskoning vra nie. Die skuldgevoel is weg en is vervang met ’n strydlustige opstandigheid teen die onreg van die huidige bestel, soms met ’n weemoedige noot daarby.

Abel Kraamsaal het spesiaal ’n snit genaamd B.E.E vir dié CD geskryf – myns insiens een van die treffendste liedjies van die album :

Toe die gravy trein ontspoor

Het ons miljoene verloor

En ons politicians sing steeds voor in die koor…

Bedrieg en vermoor, dis net ons wat bly verloor

Maar daar is iets wat ons kan doen

Teen hierdie knoeiery

Ons moet hande vat en saamstaan,

Teen daai B.E.E…

Omgekeerde rassisme is aan die orde van die dag

Terwyl boere op plase wakker lê in die nag

Vir die eerste keer word die werk van Liezl Op Bladsy 5, Hanru Niemand en die Transkei Cowboys gehoor. Die nuwelinge Glaskas en Foto Na Dans maak ook hulle verskyning.

Daar is verder bydraes deur Snotkop, Zinkplaat, Die Kaalkop Waarheid, Rian Malan, Mallies le Roux, Blouklip, Die Helde en Die Melktert Kommissie.

Sommige van hierdie kunstenaars is nog nie baie bekend nie, maar gaan beslis nog vir hulleself naam maak. Een van die interessantste figure is die sanger Snotkop. Sy regte naam is Francois Henning. Op sy webwerf word sy musiek soos volg beskryf: “Die edgy ‘funk-punk-rock’ album sal jou ma laat regop sit en haar kinders laat toesluit in hulle kamers.”

Henning het in 2000 sy eerste kontrak losgeslaan as “Lekgoa” – die land se eerste wit kwaito- sanger. Hy het vinnig een van die mees gewildste kwaito-sterre in Suid-Afrika geword. Henning en sy ses dansers het dwarsdeur Afrika getoer en voor miljoene aanhangers opgetree. Hy is ook vir beide Sama en Kora All Africa-toekennings genomineer. “Lekgoa” het ’n groot impak gemaak op gehore in Frankryk en London en daar is verskeie internasionale dokumentêre programme oor hom vervaardig. Ná vier jaar as Suid-Afrika se wit kwaito-held het Henning egter besluit dat dit tyd is om eerder in sy moedertaal te sing.

Sy liedjie op die album Genoeg is genoeg! heet Ons gaan dit nie vat nie en is uitdagend strydlustig. Die musiek is natuurlik dié van Twisted Sister:

Ons gaan dit nie vat nie

Nee, ons gaan dit nie vat nie

Ons gaan dit nie vat nie, nee nee nee

Ons het die reg om te veg, ja

En dis die een ding waarvoor ons sal opstaan

Nardus du Plooy en sy Pretoria-gebaseerde groep, Die Kaalkop Waarheid, se liedjie Willem is een van die hoogtepunte van die album.

Willem, hierdie brief wat ek skryf,

Ek bid dat jy dit kry…

Die rassehaat en nyd sê vir my:

Hoeveel keer gaan ek nog probeer

Om my onskuld te bewys?

Hoeveel keer geëtiketteer, ontken, verwyt?

En wanneer kom die vrede?

En wie gaan ons kan help?

En wat was die redes?

Was dit mag? Gesag? Was dit geld? …

Ek hoor ons tyd is nou verby

Vir my was die grootste verrassing op die album die verwerking van Sarie Marais deur Hanru Niemand. Die melankoliese toon van hierdie liedjie bly mens dae lank by.

Niemand het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en woon tans in Bloemfontein. Sy eerste CD heet Tot Stilte. Hy is in 2005 aangewys as ’n beurshouer van die Mandela-Rhodes-stigting en was een van Maties se beste studente.

My Sarie Marais is so ver van my hart

Dalk iewers in ’n sloot

Soos Siembamba se kindjie met sy kop oopgekloof

Ja, dalk is my Sarie dood

O bring my terug na daai ou, ou land

Daar waar my Sarie woon

Waar Siembamba nog speel oor die radio

Daai land was so wonderskoon

Mineurklankies is daar wel. Die vrotsige Afrikaans van sommige kunstenaars (ag nee, Melktert Kommissie) en die swak taalversorging van die Afrikaans op die omslag ("die Afrikaans spreukende jeug“) doen ’n bietjie afbreuk aan die kwaliteit van die produk. En Rian Malan … ja, miskien moet hy hom eerder by joernalistiek bepaal.

Dit bly egter fassinerend om te sien hoe die versetbeweging in Afrikaans stadig maar seker vorm aanneem. Hierdie album is een van die opwindendste manifestasies van die protes in Afrikaanse geledere.

Sorg dat jy ’n eksemplaar bekom! Bestel dit teen R100 by inlig@praag.org of betaal per kredietkaart hier.










.

Genoeg is genoeg!

 Hoezit Music

дизайн отдыха в банеДанильченко Харьков